8
9 Piketberg Toerisme het hierdie jaar tydens die Bergrivier Kano Marathon ‘n Amateurfoto Kompetisie geloods. Daar is twee brugsaamtrekke gehou by onderskeidelik Die Brug (Piketberg) en Moraviabrug (Wittewater). Die vereistes vir die kompetisie was eenvoudig en wel onder andere dat die foto die Bergrivier, die brug en die roeiers moet uitbeeld en dat die fotograaf in die Bergrivierstreek woon. Karlien Visser is aangewys as die wenner van DIE BRUG foto! Piketberg Toerisme wens haar hartlik ge- luk en bedank haar vir haar ondersteuning. Ons wens haar ook alle sterkte en sukses toe vir haar toekoms. Karlien wenner van Die Brug foto Toerisme se wenfoto Dave Ferguson en Georgia Esau namens Piketberg Toerisme saam met Karlien Visser wenner van die Amateurfoto kompetisie. (Sien berig hiernaas). Foto: Marietha Goosen Piketberg Museum het nou sy eie webtuiste! www.piketbergmuseum.co.za — gaan kyk gerus. Matriekafskeid Ons wil graag julle foto’s in ons volgende uitgawe van Die Piketberger Plaas. Stuur foto’s asb na [email protected] voor 10 September 2013

Piketberger sept 2013 2

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Local Newspapar

Citation preview

Page 1: Piketberger sept 2013 2

9

Piketberg Toerisme het hierdie jaar tydens die Bergrivier Kano Marathon ‘n Amateurfoto Kompetisie

geloods. Daar is twee brugsaamtrekke gehou by onderskeidelik Die Brug (Piketberg) en Moraviabrug

(Wittewater). Die vereistes vir die kompetisie was eenvoudig en wel onder andere dat die foto die

Bergrivier, die brug en die roeiers moet uitbeeld en dat die fotograaf in die Bergrivierstreek woon.

Karlien Visser is aangewys as die wenner van DIE BRUG foto! Piketberg Toerisme wens haar hartlik ge-luk en bedank haar vir haar ondersteuning. Ons wens haar ook alle sterkte en sukses toe vir haar toekoms.

Karlien wenner van Die Brug foto Toerisme se wenfoto

Dave Ferguson en Georgia Esau namens Piketberg Toerisme saam met Karlien Visser wenner van die

Amateurfoto kompetisie. (Sien berig hiernaas). Foto: Marietha Goosen

Piketberg Museum het nou sy eie webtuiste! www.piketbergmuseum.co.za — gaan kyk gerus.

Matriekafskeid Ons wil graag julle foto’s in ons volgende

uitgawe van Die Piketberger Plaas. Stuur foto’s asb na

[email protected] voor 10 September 2013

Page 2: Piketberger sept 2013 2

10

Die inwoners en personeel van Huis AJ Liebenberg het ook uitgereik op Mandeladag en die manne wat so

hard werk by ons ambulansdiens gaan besoek. Die inwoners van Huis AJ Liebenberg waardeer al die

besoeke en geskenke wat hulle deurentyd van Piketberg en omliggende dorpe ontvang.

Foto verskaf

Senior Burgers reik uit Piketberg VLV– en Tuinbouklub Nuus

Die Tuinbou en VLV het saam 'n baie geslaagde en inte-ressante vergadering aangebied. Morne Faulhamer van Super Plants Tokai, praat oor die nuwe manier van plante kweek, naamlik deur weefselkultuur. Selle van die moederplant word geneem en baie meer plantjies weten-skaplik gekweek as op die ou konvensionele manier van steggies en saadjies. Die selle word in 'n kultuur, wat lyk soos jellie, gekweek. Hierdie plante is baie sterker as ge-wone plante en kan by 'n verskeidenheid omstandighede aanpas. Hy het ook raad oor tuinuitleg gegee. Sorg dat jou tuin vanaf alle hoeke van jou huis 'n mooi prentjie maak, nie net van die vooraansig nie. Groepeer jou plante vir groter inpak. Sorg vir afwisseling in kleur, vorm en tekstuur. Morne het ook plante saamgebring wat opgeraap is deur die lede, veral die pers anthirium is deur almal begeer. Annatjie Smit wen dit egter met die lootjietrekking. ‘n Ver-skeidenheid lugplante is ook te koop aangebied.

Marlize Rossouw, komiteelid van die VLV en Jackie Ferguson, komiteelid van die Tuinbouklub by Morne

Faulhamer van Super Plants Tokai. Foto verskaf

VLV se kalender 3 September: Lente-tee vir Huis AJL (ons soek asseblief ondersteuning). 12 September: Openbare Sake - Mnr Dave Ferguson kom gesels oor ons huiswerkers se kontrakte en mini-mum lone. 17 Oktober: Leefstyl - Demonstrasie deur “Fish 4 Africa” (Boland Superspar) hoe om vis te fillet. 14 November: Afsluiting - Interessante potpourri-vergadering - hou die “pers” dop. 84ste VLVK-KONGRES vind plaas te Stellenberg-Kerkkompleks van 20-22 Augustus 2013. Piketberg vergaderings vind in die Biblioteeksaal plaas om 14h30 – alle nuwe belangstellendes baie welkom. Kom geniet ‘n heerlike koppie tee en verversings saam met ons en so leer ons altyd nuwe dinge.

Vir enige navrae kontak Nicoline Brown 082 477 0665.

Page 3: Piketberger sept 2013 2

11

Tulbagh Lente Kunstefees

Vrydag 6 tot Sondag 8 September Die inwoners van die 3de oudste dorp in Suid-Afrika vier die koms van Lente en nooi u uit na ‘n lekker kuier-naweek waar die kulturele lewe van Tulbagh ten toon gestel word - musiek, kuns, literatuur, wyn en kos.

Musiek-konserte : Albert Frost en die Blues Broers, die Kaapse Filharmoniese Orkes, die Tygerbergse Kinderkoor, die sopraan Magdalene Minnaar, die jazz

ensemble Saxit!, pianiste Francois du Toit en Jose Dias, kabaret diva Daniele Pascal, die Jaloersbokkies, kitaar-virtuoos Loki Rothman, en ander.

Kunsuitstallings : Besoekende kunstenaars o.a. Sol Smook, Jan du Toit, Kevin Stanley, Kobus Walker, Derric van Rensburg sowel as plaaslike kunstenaars Tina Nel, Rochelle Beresford, en ander.

Boekbesprekings : paneelbesprekings deur meester-storievertellers Elsa Winckler, Kristel Loots, Alta Cloete en Chanette Paul, sowel as die plaaslike eko-entrepreneur Jason J Drew. Bekroonde joernalis Carla van der Spuy bespreek haar boek oor kriminele, “Mens of Monster” by die Obiqua Gevangenis in Tulbagh, waar gaste saam met die ge-vangenes ‘n “gevangenis-ontbyt” kan geniet.

Die fees bied ook wynproeë by die vallei se top-wynplase, ‘n kunsvlyt mark, kosstalle-tjies, lewendige musiek by deelnemende restaurante en vermaak vir kinders.

Vir meer inligting besoek www.tulbaghspringsartsfestival.co.za, of skakel Tulbagh Toerisme by 023 230 1348.

Kaartjies vir konserte is beskikbaar by Computicket.

Magdalene Minnaar

Jaloersbokkies

Page 4: Piketberger sept 2013 2

12

Betrekking Aangebied

deur Jannie Lategan

Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook.

Geen naweke. Kontak asseblief 082 780 8698

Gesoek

Huise te huur

Woonhuis te huur met vier slaapkamers op kleinhoewe naby Redelinghuys.

Krag is betaalbaar. Kontak 084 247 2307

Die Piketberger twee dekades later

Wanneer Die Piketberger sy Glinster Her-denking hou van 20 jaar, is dit eenvoudig

vir elke leser, plaaslik, nasionaal en internasionaal, ‘n voorreg om weereens hande te vat in die geloof en ‘n gelukkige en sprankelende reënboogspel van kleur te sien dartel in elke sjampanje druppel. Hierdie Tydskrif bring sóveel vreugdes, sóveel inligting en is boonop deurspek van foto’s wat nostalgie by talle le-sers in herinnering roep. Dit bring mense bymekaar uit. Mag Die Piketberger nog vir baie lank deel wees van vars nuus beriggewing! Ons sê dankie vir ‘n Tydskrif wat eerlik berig sonder enige politieke inmenging. Ons weet nie hoe die Redaksie van hierdie Tydskrif oor-leef met so ‘n lae subskripsie fooi nie, maar die bekostig-baarheid maak dit vir elke behoeftige selfs moontlik om dit aan te koop en te lees. Hierdie rubriek dra sy dankbaarheid oor aan die hele Re-daksie en almal wat deel is van die beplanning, samestel-ling en bladuitleg…asook die hande wat die koerant vooraf vou en aan die hulpvaardige persone wat dit ver-sprei en aflewer. Mag September 2013 ‘n ware vreugdevolle terugkyk, maar ook vooruitkyk dag vir die leserspubliek en die Bes-tuur wees.

HUISHULP BESKIKBAAR 1 dag p/w (onderhandelbaar), koskook ingesluit.

Goeie verwysings. Skakel 082 950 9093

Ek is op soek na ‘n tweedehandse “camping cot”/”cot”/stootkarretjie.

Elna Strauss: Tel 022 913 2391 Sel 072 507 2991

Netjiese 4-slaapkamer plaashuis te huur te Eendekuil. Skakel 072 347 2069.

Zebrafees skop af met blikkie projek ‘n Totaal van R25 126 is ingesamel met die blikkie projek nadat alle uitgawes afgetrek is. Ons wil elke kind en ook ouer bedank vir hulle bydrae. Baie dankie ook aan die OV ouers wat hierdie jaar ingespan is om te help tel en te kontroleer. Die volgende borge word bedank vir die pryse: MTN Piketberg; DUP Meubels; Max Sport; Busta’s; Gym-tech; Leonie Calldo; Keyah Skoonheidsalon en Vanessa de Villiers Fotografie. Dertien leerders het gekwalifiseer vir die pryse: Gr 11 : Karli Truter, gymkontrak; Hano Groenewald, gymkontrak; Gr 10 : Anastacia Adams, skoonheidsbewys geborg deur Leonie Calldo; Gr 9 : Schalk Mouton, selfoon; Gr 8 : Christof Smith, kontantprys; Glenda Dietrich, Keyah skoonheidsbewys; Michaela Smith, “photoshoot” by Vanessa de Villiers Fotografie; Gr 7 : Herold Truter, Max Sports geskenkpak; Gr 6 : Jacques Liebenberg, kontant-prys en Busta’s-bewys; Gr 3 : Edward Theodore Dreyer, Busta’s-bewys; Gr R : Anieke en MJ Moller, fietse. Die leerder wat die meeste geld ingesamel het, ‘n mooi bedrag van R1 609,95 en die wenner is van die IPad, is Martin Louis Saayman, Gr7-leerder.

Anieke en MJ Moller, Gr R-leerders wat fietse gewen het in die Blikkie Projek. Saam met hulle is Elizna Visser en Hendrien van Sittert van die Zebrafees

Komitee. Foto: Kenneth Smit

Betrekking Gesoek

Stuur u advertensies na [email protected]

Salon Cut Above help blokfluit

Tina van Zyl van Salon Cut Above het verlede jaar vir die Blokfluit Ensemble van PHS ‘n GHD ter waarde van R2 500 gegee. Lootjies is verkoop en die geluk-

kige wenner was Joan Visser. Baie dankie, dit het die Ensemble gehelp met fondse vir hul musiektoer na Beijing, China, gedurende die Junie skoolvakansie.

Foto: Berenice Scheepers

Page 5: Piketberger sept 2013 2

13

Page 6: Piketberger sept 2013 2

14

Wat sê die reg?

Christelle de Villiers

Vuur en vlam na 6 jaar vir die Groter Cederberg

Brandbeskermingsvereniging (GCBBV)

Waar ‘n rokie trek mag dit jou dalk ‘n paar plase se geld uit die sak jaag. Lidmaatskap aan ‘n Brand-beskermingsvereniging (BBV) kan jou moontlik uit die spervuur red en help dat jy aan al die wetlike vereistes voldoen. Onbeheerde veldbrande vernietig oeste, weiding en infra-struktuur. Tronkstraf, streng boetes en skadevergoeding eise kan opgelê word aan diegene wat nie kan bewys dat voldoende voorsorg getref is ten einde veldbrande te voorkom of te bestry nie. Versekeringseise kan ook hier-deur afgekeur word. Sonder aktiewe lidmaatskap aan 'n BBV word eienaars vanaf wie se eiendom 'n brand ver-sprei skuldig en nalatig beskou tot hul self hul onskuld kan bewys. Die Nasionale Veld en Bosbrand Wet (Wet 101 van 1998) bepaal dat grondeienaars die nodige voorsorgmaatreëls in plek moet hê waar daar ‘n moontlikheid bestaan dat ‘n brand kan ontstaan. Voorsiening word gemaak vir die stigting en bestuur van BBV’s – wie ten doel het om veld-brande te voorspel, voorkom, bestuur en te blus. Die GCBBV is in 2005 geregistreer en bestaan uit grond-eienaars, gemeenskappe en ander rolspelers binne die geografiese gebied van die Weskus Distrik Munisipaliteit, en beslaan tans oor ongeveer 76000 hektaar en 600 lede. ‘n Toegeruste span van 85 opgeleide brandbestry-ders is beskikbaar aan lede om lede te help om te vol-doen aan die Brandwet. ‘n Suksesverhaal en voorbeeld van die koördinering tus-sen ‘n BBV en sy lede is die van Stoffel du Plessis, ‘n boer van Porterville en lid van die GCBBV, op wie se plaas daar ‘n brand uitgebreek het gedurende November 2012. Die Working of Fire span was binne tien minute op die toneel en die brand is binne ‘n halfuur met behulp van twee vliegtuie geblus. Die brand het ‘n bedreiging inge-hou vir ‘n aangrensende woongebied asook die koring-lande van buurplase. Mnr Du Plessis spreek egter sy tevredenheid uit oor die flink optrede van die BBV, en voeg by dat die gemoedsrus gepaardgaande met sy BBV lidmaatskap deur en deur die moeite werd is. Vir verdere inligting oor die GCBBV kontak Charl du Plessis by 079 172 4340 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

‘n Vinger in die PIE...

kersie op die koek te plaas, bied die reg aan die huurder meer beskerming as ooit tevore. Dit is nie verrassend dat verhuurders voel dat die huidige wetgewing deur huurders gebruik, of eerder misbruik word, om huurgeld te vermy en om, tot verhuurders se nadeel, beskerming aan huurders se belange en regte te bied nie. Tye het verander en om bloot die slotte van die perseel te vervang bied deesdae geen vinnige oplossing aan die verhuurder nie. In werklikheid is dit baie moeilik om on-regmatige okkupeerders regmatig uit die eiendom te sit, en dus is dit baie belangrik vir verhuurders om die voor-geskrewe prosedures soos in die PIE-wet vervat, noukeurig te volg. Die Prevention of Illegal Eviction from Unlawful Occupa-tion of Land Act (PIE) kan beskryf word as wetgewing wat ten doel het om sowel huurders as verhuurders se belange en regte gelyktydig te beskerm. Hierdie wet-gewing verbied nie net onregmatige uitsetting nie, maar maak ook voorsiening vir regmatige uitsetting van onreg-matige okkupeerders. Kortliks, die prosedures soos voorgeskryf deur PIE Die verhuurder behoort die huurkontrak ooreenkomstig die kennistydperk soos in die kontrak bepaal, of met een kalendermaand-kennisgewing soos voorgeskryf deur die gemenereg, kanselleer. ‘n Aansoek moet in die toepaslike hof gebring word om die nodige toestemming te verkry om die PIE prosedures aan die gang te sit. Op die dag waarop die aangeleent-heid aangehoor word kry die onregmatige okkupeerder die geleentheid om redes aan te voer waarom ‘n uitset-tingsbevel nie toegestaan moet word nie. Die hof sal slegs so ‘n bevel toestaan na oorweging van die rele-vante omstandighede en oorweging van wat reg en billik is. Die onregmatige okkupeerder mag dus spesiale oor-weginge voor die hof plaas waarom uitsetting nie toegestaan moet word nie. In die praktyk let howe in die besonder op die regte van bejaardes, kinders, gestrem-des en huishoudings waarvan ‘n vrou die hoof is. Die hof het egter wye diskresie om `n geskikte datum vas te stel waarop die eiendom ontruim moet word en die datum waarop die uitsettingsbevel uitgevoer moet word. In die algemeen kan die PIE-prosedures beskryf word as `n uitgerekte proses, en afhangende van die omstandighede neem dit dikwels baie tyd in beslag voordat die onreg-matige okkupeerder die eiendom ontruim. Die verhuurder moet egter steeds elke maand sy verband op die eien-dom betaal terwyl hy nie ‘n inkomste uit die eiendom kry nie. Verhuurders, in plaas daarvan om toe te laat dat die on-regmatige okkupeerder jou frustreer tot die punt waar jy iemand se bene wil breek, neem eerder `n stukkie van die PIE, en laat die huurder regmatig uit jou eiendom sit.

Jy het eiendom wat jy verhuur. Die huurder het besluit dat hy nie verder die huur kan bekostig nie en geen beloftes, briewe of dreigemente maak enige verskil nie. Nie net weier die huurder om die huurgeld te betaal nie, maar boonop weier hy om die eiendom te ontruim. Om die

Klavierstemmer

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere.

‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Opgelei te Worcester.

Die volgende Piketberger verskyn op 19 September

Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 10 September

Page 7: Piketberger sept 2013 2

15

Adriaan Saul van Winkelshoek Wynkelder is al vir meer as 15 jaar ‘n werknemer en wel bekende gesig van

Winkelshoek Wynkelder. Adriaan is die Bemarking en Verkoops Verteenwoordiger van Vaatjie, Golden Harvest en

Winkelshoek Reeks Handelsmerke. Vir enige navrae of inligting kontak hom gerus by:

Selfoon - 072 067 3568 of Epos: [email protected]

Page 8: Piketberger sept 2013 2

16 meer getender het. Ons vra toe dat die voordeur 'n baie goeie slot moet kry. Dit blyk toe dat toegang tot die hostel gekry word met een van die pakkamers se sleutels. Ons was bly toe die gebou voltooi is en die mense vertrek het. Nog iets interessant. Die seuns is verbied om op die kant van die beddens te sit, maar hulle doen dit tog en sit ook nie stil nie. Die gevolg is dat die balk van die bed swaai en los skeur van die poot. Toe laat ons 'n bed maak waarvan die pote nader na die middel sit en nie op die kopkante nie. Ek glo nie die seuns kon weer 'n bed stuk-kend sit nie. Mnr Awie van der Merwe, die LPR van destyds, het 'n kort woordjie gespreek toe die gebou ingewy is. 'n Groot ideaal is verwesenlik om vir jare en jare 'n nuttige diens te lewer aan die samelewing van Piketberg. Die Piketberger het goeie terugvoer gekry oor die skrywe van Ds Breytenbach. Ds Breytenbach vier DV volgende jaar sy 90ste verjaarsdag.

Pizza World

Seunskoshuis word Seunshostel Ds E S Breytenbach skryf... vervolg van Augustus-uitgawe Toe 'n groot stuk muur al klaar gebou was, kom daar twy-fel oor die stene se gehalte en ek kom na die Buro van Standaarde in Kaapstad en laat die stene toets. Dis toe agste graad stene wat 'n mens gebruik om 'n hoenderhok te bou. Die steen neem 25% water op as 'n mens dit in 'n emmer water sit. Ons laat die bouery staak en die bouer dreig om my te skiet. Hy vertel hy kon nie Bellville stene kry nie. Ek bel hulle en hulle sê ek kan net soveel stene kry as wat ek wil hê. Dit blyk toe dat een van die bouer se borge 'n steenmakery het en dis hy wat die agste graad stene voorsien. Die argitek smeek toe dat ons nie die bouer moet verplig om als af te breek nie. Hulle sal op-drag gee dat die muur met 'n "Dudco/Pudco" gepleister word, wat so dig is dat dit nie water sal deurlaat nie, want dit was juis die noordekant waar die reën vandaan kom. Na die eerste reën het die muur van die eetsaal tog maar deurgeslaan. Die bouer moes meer as 60 000 stene van die terrein verwyder. Die klerk van werke en die bouer se mense het soms lekker partytjie gehou tot ons hom afge-dank het en 'n plaaslike netjiese en deeglike bouer aan-gestel het. Die pleisterwerk binne die gebou was so swak dat dit sulke rimpels gemaak het en uitgesak het. Die verf het ingetrek sodat die mure kol-kol bont was. Die bouer moes toe alles oordoen met 'n rubbermengsel striptic plaster wat ook afgewas kon word. Die bouer sien toe kans om net twee lae verf op die binnedeure aan te bring. Hy sien ook kans om van die houtbalke van die eerste ou skool weer te gebruik in die nuwe gebou, nadat hy vir

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator

te huur Kontak Margaret

022 913 1777