36
1 Jaargang 21 Nr. 6 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Julie 2014 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Vyf geslagte byeen...p4 FruitLips...p8 KANSA erkenning...p10 Bergrivier Kano Marathon...p13 Tuinbou...p14 Troufoto’s...p16 Oud PHS’ers presteer steeds...p22 Rolbalklubnuus...p25 Bergrivierkoor...p27 Comrades Marathon...29 PHS se Bolandspel- ers...p32 Gimnastiek...p34 WIN A R20 000, R10 000 or R5000 Shopping Voucher or 50% of your purchases back!! See in store for details I CAN SAVE & WIN RIGHT HERE! Oud-SSS’er Lt Kol Soos belowe stel Die Piketber- ger met trots ons lesers bekend aan die SAPD Piketberg se nuwe Stasiebevelvoerder. Na 26 jaar in die polisiediens is Luitenant Kolonel Wilma Berna- dette Gordon terug in Piketberg waar sy weg is as net "Bernie". Hierdie oud-leerder van Steyn- ville Sekondêre Skool op Piketberg is 'n trotse Polisievrou. Haar werk is haar passie en sy pak elke uitdaging aan met volle geloof en vertroue in haar He- melse Vader. Om die gemeen- skap te beskerm en te dien, is een van die grootste voorregte. Sy is 'n positiewe mens wat op- staan teen korrupsie en nie ge- weld teen vroue en kinders duld nie. Bernie se seun, Ichan, is 'n stu- dent in Menslike Hulpbron Bestuur aan Boland Kollege in die Paarl. Lt Kol Gordon is oorweldig deur Piketberg se mense wat haar met vriendelikheid en gasvryheid ontvang het. Sy bedank almal wat sy per- soonlik ontmoet het en ook el- keen wat haar telefonies ver- welkom het. Piketberg en veral Steynville Se- kondêr kan voorwaar trots wees op hierdie formidabale vrou. Luitenant Kolonel Wilma Bernadette Gordon Foto verskaf

Julie piketberger 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Julie piketberger 2014

1

Jaargang 21 Nr. 6 � � � � 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Julie 2014

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

℡ 022 913 1939 � 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Vyf geslagte byeen...p4 FruitLips...p8 KANSA erkenning...p10 Bergrivier Kano Marathon...p13 Tuinbou...p14 Troufoto’s...p16 Oud PHS’ers presteer steeds...p22 Rolbalklubnuus...p25 Bergrivierkoor...p27 Comrades Marathon...29 PHS se Bolandspel-ers...p32 Gimnastiek...p34

WIN A R20 000, R10 000

or R5000 Shopping Voucher or

50% of your purchases back!!

See in store for details

I CAN SAVE &

WIN RIGHT HERE!

Oud-SSS’er Lt Kol Soos belowe stel Die Piketber-ger met trots ons lesers bekend aan die SAPD Piketberg se nuwe Stas iebevelvoerder . Na 26 jaar in die polisiediens is Luitenant Kolonel Wilma Berna-dette Gordon terug in Piketberg waar sy weg is as net "Bernie". Hierdie oud-leerder van Steyn-ville Sekondêre Skool op Piketberg is 'n trotse Polisievrou. Haar werk is haar passie en sy pak elke uitdaging aan met volle geloof en vertroue in haar He-melse Vader. Om die gemeen-skap te beskerm en te dien, is een van die grootste voorregte. Sy is 'n positiewe mens wat op-staan teen korrupsie en nie ge-weld teen vroue en kinders duld nie. Bernie se seun, Ichan, is 'n stu-dent in Menslike Hulpbron Bestuur aan Boland Kollege in die Paarl. Lt Kol Gordon is oorweldig deur Piketberg se mense wat haar met vriendelikheid en gasvryheid ontvang het. Sy bedank almal wat sy per-soonlik ontmoet het en ook el-keen wat haar telefonies ver-welkom het. Piketberg en veral Steynville Se-kondêr kan voorwaar trots wees op hierdie formidabale vrou.

Luitenant Kolonel Wilma Bernadette Gordon Foto verskaf

Page 2: Julie piketberger 2014

2

RedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie (((([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen � 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen �022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...

Liefde Marietha

Alasdair Duncan writes… Just a bit of history about the Sunnybrook school. The farm Sunnybrook belonged to George Brooke. His wife, Ethel, nee Versfeld saw the need for the school. I believe that she taught for some time until the department took over.

Alta Marais skryf… Ons gesin van vier verhuis einde Junie na Piketberg en beleef tans 'n gesonde mengelmoes van emosies wat strek van opwinding tot onsekerheid. Ons hoop en ver-troue is egter op die Here wat ons Stuurman is in hierdie nuwe seisoen waarin ons as gesin beweeg. Ek het Die Piketberger op die Internet raakgeloop en wat ‘n aangename ondervinding. Die koerantjie is baie goed uiteengesit en die internet weergawe lees baie maklik, seker net soos die ware Jakob. Dit was baie gerusstellend om 'n bietjie van die dorp en sy mense te lees en ek kan nie wag vir die volgende uitgawe nie. Alta, jy kan die volgende uitgawe sommer self kom aan-skaf. -Red.

Departementshoof : Natuur– en Fisiese Wetenskappe, Steynville Sekondêre Skool skryf... Namens die skool wil ek u bedank vir die artikel oor ons nuwe Science Learning Centre by Steynville Sekondêre Skool. Graag wil ons die volgende donateurs ook bedank: Die Universiteit van Wes-Kaapland vir die nuwe Science Learning Centre wat op 24 April 2014 deur Professor Brian O’Connell amptelik ge-open is. Groot dank aan die pa van die projek, Professor Hartley. Spesiale dank aan me Myrtle February, Direkteur Garden Cities Archway Foundation vir hulle heelhartige ondersteuning en borgskap. Aan almal wat betrokke was om die opening ‘n sukses te maak, ‘n groot dankie. Dankie vir julle bydrae tot ons skool. Dankie vir die deure wat julle open om ons leerlinge in Natuurwetenskappe en Fisiese Wetenskappe meer blootstelling te bied en aka-demies te ondersteun. Mag julle steeds voortgaan om skole te bereik om Science meer leervriendelik te maak in skole.

Marie van Niekerk, Charl en Anneke, Mareze en Heinrich skryf... ‘n Boodskap van dankbaarheid aan die Piketbergers - Vir al die geliefdes en vriende wat vir ‘n geruime tyd vir ons van etes voorsien het. Vir al die blomme, bederfies, kaartjies, boodskappe, tele-foonoproepe, besoeke en drukkies van bemoediging. Die gemeenskap het werklik vir my en ons kinders in hierdie hartseer tyd gedra en ons wil baie dankie sê hiervoor. Ons het baie waardering vir dit! Groete & liefde.

Die Koffertjie met die Mooigoed

PETER DAVID ESAU 09.08.1949 - 17.05.2014

Daar is geen maklike antwoorde vir wat ons nou deurmaak nie. Geen maklike maniere om ons hartseer gesond te maak nie. Ons het iemand so bemind en waardevol verloor en dit het so baie pyn meegebring, maar God belowe: “Eendag sal ons weer ontmoet.” ‘n Hartlike Dankie vir almal wat ons in hierdie tyd bygestaan het op welke manier ookal - dit was ‘n soet druppel in ons bitter beker. Liefde : Peter se familie

Die volgende Piketberger verskyn op 31 Julie

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 Julie

Stuur na: [email protected]

Die heildronk op die Goosen bru-idspaar (dis nou ons) 20jaar gelede bly my steeds by. Oom Philip Malherbe se woorde was min of meer so: “Die huwelik moenie beskou word as 'n reis

wat begin met twee vol koffers nie, dit begin met een leë koffer wat met verloop van tyd volgemaak word.....” Ja, 20 jaar gelede kon mens nog maklik oor koffers praat en almal het verstaan. My ouers is DV op 10 Julie 60 jaar getroud. Ek wonder hoeveel keer is hulle koffer al volgemaak, leeggemaak, neergesit, afgestof, oopge-maak, toegemaak, oorgepak, oorrangskik..... Dis 'n leeftyd van saam bly, werk, bou, dra en verdra, huil, lag, onthou en vergeet, bid, glo, aanhou, uithou, moedhou, volhard, gee en gee en gee..... Dié van julle wat nou nie 'n huwelikskoffertjie pak nie, maar sommer net in hierdie tyd gaan vakansie hou, pak daai reissak of –tas met oorgawe en versprei 'n aan-genaamheid waar jy gaan.

Regstelling: In die vorige uitgawe is Arno Dasen bedank vir die Scheppie Saus KANSA-dag. Dit moet wees Arno Olesen.

Page 3: Julie piketberger 2014

3

PIKETBERG DRUKKERS BK 022 913 1679 / 913 1890

Page 4: Julie piketberger 2014

4

Winkel ���� 022-913 2418

� 022-942 1787

Riana Smit ���� 022-942 1787

� 082 921 1977

� 022-913 2646

Vyf geslagte was onlangs in Piketberg bymekaar om Martie van Aswegen, links voor, se 91ste verjaardag

te vier. Martie het agt jaar gelede haar intrek in Piketberg by haar dogter, Ria de Hoog geneem, en kan hier gesien word met voor: haar oudste dogter,

Sarie Leslie (Piket-Bo-Berg) en regs agter haar kle in-dogter, Amanda Jonker van Melkbosstrand, en links

agter haar agter-kleindogter, Danielle Dyssel van Gauteng. Op Martie se skoot sit klein Danté, agter-

agter-kleindogter van 3 maande oud, wat spesiaal vi r die geleentheid Kaap toe gevlieg het.

Foto: Herman de Hoog

Vir Die Piketberger is dit ‘n voorreg om só ‘n kosbare gebeurtenis met ons lesers te deel. -Red

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Vyf geslagte byeen

Sonja ontmoet haar Juffrou by Tillies

Sonia Carstens (neé Ebersohn) het haar St.3 juffrou , Hettie van Zyl (neé van der Merwe) by Tillies op

Piketberg raakgeloop. Sonia was in 1955 by haar in die klas in Spuitdrift Laerskool, Vredendal. Hettie is Nelda van Zyl van Org de Rac se moeder en het in

Lambertsbaai gaan aftree. Berig en foto verskaf

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE

ONDERSTEUNING

WINTER VOORRAAD

BESKIKBAAR

Page 5: Julie piketberger 2014

5

Page 6: Julie piketberger 2014

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Tydens een van die langnaweke in April kamp ek saam met vriende by Citrusdal warm-bronne. “Hoekom skryf jy nie ‘n boek nie?” vra ‘n vriendin van my. “Oor als wat jy beleef in jou werk”. By die Munisipaliteit sien ek gereeld die beste en die sleg-ste kant van ons mensdom. En daar was al baie stories wat diep slote in my hart gelaat het. Hierdie afgelope maand beleef ek weer ‘n storie wat de-finitief in die boek sou wees. Haar naam is Olivia Kayster (*** skuilnaam gebruik). Sy is 78 jaar oud. Haar vriende noem haar Livvie. Sy woon in Aurora. Sy is die trotse ouma van drie kleinkinders, maar sy ken net die een. Die ander twee het haar seun gevat toe hy agt jaar gelede by die voordeur uitgestorm het nadat hy sy Pa aangerand het in ‘n dronkstorm. Hy het self besluit sy Ma sal hom nooit weer wil sien nie. Vanog-gend sit sy en verlang na die twee kleinkinders. Die oud-ste is seker al in die groot skool. Maar daar is nie vandag tyd vir tob nie. Sy moet kerk toe. Sy moet haar saak met die Here gaan regmaak. Haar suster het Vrydag haar toetse by Tygerberg gaan haal en haar laat weet dis ter-minaal. Sy ken nie so ‘n siekte nie, maar haar pastoor se vrou sê dit beteken jou tyd het gekom. Daar bly vir haar net een ding oor om te doen. Sy moet Laaiplek toe om te gaan regmaak met haar seun. Sy Pa is drie jaar gelede dood aan hartseer. Hy was nie by die be-grafnis nie. Het ‘n nota gestuur saam met sy voorman. Dit is Maandagoggend nog donker toe sy in die pad val. Mense met karre dink Aurora en Laaiplek is naby mekaar. Vir haar is dit 35km te voet. Sy stap so flink as wat haar jare en haar skoene haar toelaat, maar is bly toe sy laat-middag ‘n lift kry vir die laaste 12. Die son het al gesak toe die man haar aflaai by Galjoenstraat 6 in Noordhoek. ‘n Vreemde vrou maak die deur oop. Vra nors wat sy wil hê. Sy soek haar seun en sy familie, sê sy. Kan sy inkom?

Die vrou lag skril en sê sy’t hom lankal uitgesmyt. Sy weet nie waarheen hy is nie. Bly al jare nie daar nie. Livvie draai om en stap die nag in. Die seewind waai ysk-oud. Sy hou hoofpad langs waar daar ligte is en soek ‘n plek om te skuil. As sy net minder opsigtelik was; as haar blaas net minder vol was; maar haar helder trui was al wat sy het en die public toilet kos geld. Sy val verslae langs ‘n bos neer en treur oor haar seun. Niksvermoedend sit ek Dinsdagoggend in ‘n Raadsver-gadering. Ons bespreek die finale insette vir ons begrot-ing. My persoonlike assistent laat roep my dringend. Daar is ‘n lid van die publiek wat NOU met my wil praat. Ek kyk ge-steurd op en skud my kop. Wat kan so dringend wees dat een van die direkteure dit nie kan hanteer nie? Op die telefoon is mnr E (*** skuilnaam gebruik). Hy is hoogs ont-steld oor die ongerief wat hom aangedoen is. Daar is onwettige plakkers in Velddrif. Ek skrik. Ons is die enigste Munisipaliteit wat nie ‘n plakkerskamp het nie en dit is my werk om dit so te hou. Mnr E is woedend. Hy het onlangs van Blaauwberg af getrek Velddrif toe oor die ongemak wat hy en sy gesin daar moes beleef met die bedelaars. Dit is sy grondwetlike reg, sê hy, om vry van ongemak en ongerief te leef. Terwyl hy praat, fynkam ek ‘google earth’ om te sien presies waar hy beduie. Ja, dit is munisipale grond. Nee, niemand het toestemming om daar te bou nie. Ja, ons sal iets daaraan doen. Ja, ek sal hom op hoogte hou. Ek verduidelik die prosedure, bedank hom vir die inligting en sit die plan in plek. Ons behuisingsmense en wetstoepassers word ontplooi. Binne twee ure het ek ‘n volledige verslag. Die inligting is kort en bondig. Geen onwettige strukture, geen uitsettingsbevel nodig. Net een vrou onder ‘n bos. Haar naam is Olivia Kayster, ID no 3507201188089. Sy is op ons waglys. Het ‘n huis in Aurora. Sy sê sy het by haar kinders kom kuier. Ek gee opdrag dat my mense haar terugvat huis toe. Ek bel mnr E om terugvoer te gee. Ek vertel Livvie se storie en verwag empatie, verligting, begrip. Toe my woorde opraak is daar ‘n lang stilte. Hy haal diep asem. “En nou vertel jy my ‘n tranetrekker sodat sy onwet-tighede kan aanvang!” “Magtig!” skreeu hy, “Sy het toilet gemaak langs die pad!” Daar is min kere in my lewe dat die publiek my sprakeloos laat. Ek dink ek kon dit op twee vingers tel. Nou drie. Voordat die handstuk die telefoon raak, val my eerste traan op die keybord voor my. Ek is verslae. Ontnugter. Nie oor Livvie nie. Haar storie ken ek goed. Vir drie dae loop en maal die gedagtes deur my kop. Waar presies het ons van die wa afgeval? Wanneer het ons net vir ons-self begin leef? ‘n Vrou in rou en nood. Terminaal. Ver-skrik. Bang en sonder heenkome. Op soek na haar twee verlore kleinkinders en ‘n seun wat lankal vergewe is, maar homself nie kan vergewe nie. En mnr E se enigste behoefte van gerief en gemak. Ek stap laatmiddag huis toe en loer kort-kort of ek nie dalk vir Oom Gert iewers sien nie. Hy is ons bedelaar in Piketberg. Ek wil hom roep en sê ek is jammer dat ek hom die laaste keer so afgejak het. Vir hom vra hoe dit met sy kleinkinders gaan...

Drie Gewels Sentrum Malmesbury (oorkant Binnelandse sake, langs Poskantoor)

Renée Rossouw 0837663811

NUWE VOORRAAD

Page 7: Julie piketberger 2014

7

Page 8: Julie piketberger 2014

8

Vier vrouens vat voor FruitLips (Edms) Bpk is 'n vrugte-verwerkings maatskappy wat gestig is deur vier ‘jong’ entoesiastiese vroulike entrepreneurs. Liebre Eige-laar is aan stuur met Elouise Josephs as produksie bestuurder, Deidré Eigelaar as besigheidsmentor en Esther Swanepoel as die addisionele lid van dié groep aandeelhouers. Die maatskappy ver-vaardig konfyte, marmelades, blatjang en ingemaakte vrugte, met supermarkte en kleinhandelaars as

kliënte. Produkte word tans aan Woolworths, Melissa’s en Pick ‘n Pay gelewer. Die fokus is op handge-maakte vrugte produkte van `n besonderse hoë kwaliteit. FruitLips het die perseel van Intaba oor-geneem en gaan voort met die grondlegging wat deur Intaba gedoen is. Die personeel van Intaba is geïnkorporeer in die FruitLips span. Met Elouise en Liebre aan stuur van sake, gaan die onderneming in volle stoom vorentoe en word opwindende nuwe geleenthede ontsluit. Die geboue is opgradeer, die personeel toegerus met pragtige uniforms, die FruitLips logo is ontwikkel en die bemarkingsplan is in proses van implementering. Met die ervaring van Den Bosch Universiteit en drie Nederlandse honneurs voedsel tegnologie studente, het FruitLips `n geintegreerde plan ontwikkel om wêreldklas produkte te vervaardig. Die perseel se opgradering is volgende aan die beurt. Die Piket-Bo-Berg berge is asemrowend en die gebied wat geseën is met natuurskoon en besonderse mense, is 'n versteekte juweel. FruitLips is 'n vrug verwerkings maatskappy wat konfyt, marmelade, blatjang en ingemaakte vrugte lewer aan kleinhandel-winkels. Die produkreekse is gesentreer om die vrugte vanuit die Piket-Bo-Berg en omstreke. Die FruitLips span nooi ieder en elke om in te loer en die produkte te koop en die area te kom waardeer. Besoekers is welkom van Maandag tot Donderdag vanaf 9h00 tot 15h00.

Die FruitLips span

Foto’s: Edó Photograhy

022 913 1101 of 084 487 4840

MATRIX 2014MATRIX 2014MATRIX 2014MATRIX 2014

Liebre Eigelaar

Page 9: Julie piketberger 2014

9

Page 10: Julie piketberger 2014

10

KANSA bedank graag vir Dr Pieter Bruwer vir sy onder-steuning en hulp, reeds agt jaar betrokke by KANSA werksaamhede. KANSA het nou onlangs aan Dr Bruwer ter erkenning vir sy jarelange ondersteuning, ‘n serti-fikaat van erkenning oorhandig. Dr Bruwer verwys gereeld kanker pasiënte vir onderste-uning en hulpmiddels na KANSA en saam met die opge-leide vrywilligers word daar gepoog om in die fisiese, emosionele en praktiese behoeftes van die pasiënte te voorsien. Dr Bruwer is ook reeds die afgelope vyf jaar betrokke by die PSA (Prostaat Antigeen) vroeë opspor-ingstoetsing, gedurende Junie en Julie maand. KANSA en Pathcare is in vennootskap en stel die toets teen ver-laagde koste beskikbaar. Dr Bruwer onderneem om die bloed gratis te trek. Hierdie veldtog sal weer komende Junie/Julie in die Weskusstreek geloods word met Dr Bruwer se ondersteuning.

KANSA sertifikaat van erkenning

Oorhandiging van sertifikaat aan Dr Pieter Bruwer, Piketberg Mediese Sentrum deur Ria van der

Westhuizen KANSA koördineerder Pasiënte Diens. Foto verskaf

KANSA vereer Plofstof

KANSA Weskuskantoor wil graag vir Piketberg Hoërskool bedank vir hul volgehoue deelname aan die Nasionale Shavathon vir die afgelope vier jaar. KANSA SHAVATHON vind jaarliks in al nege provinsies plaas vanaf metropolitaanse gebiede tot semi platte-landse en plattelandse gebiede. Duisende Suid-Afrikaners sluit aan by die geveg teen kanker. Die sukses van die gebeurtenis is afhanklik van die goedgesindheid van wonderlike mense soos skole soos Hoërskool Piketberg. Hierdie jaar het Hoërskool Piketberg weer die mooi bedrag van R6 500 ingesamel. KANSA wil graag die skoolhoof, Marius Scholtz, asook Sanet Ackermann, bedank vir al hul reëlings en organisering in die verband. Dankie ook aan Toni Smuts van Boland Superspar se plaaslike ondersteuning tot die projek jaar in en jaar uit.

Ria van der Westhuizen, middel, met Dorinda Smit, voorsitter van Plotstof, Sanet Ackermann, Marius

Scholtz en Tiaan van Rooyen, onder-voorsitter van Plofstof.

Ria van der Westhuizen, KANSA koördineerder Pasiënte Diens, oorhandig die Sertifikaat van Erkenning aan

Dorinda Smit, voorsitter van plofstof. Foto’s verskaf

Anna Karools is op ‘n vroeë ouderdom

verlam nadat sy in 'n motorongeluk was. Omdat sy niemand gehad het om na

haar om te sien nie, is sy in Huis AJ Lie-benberg opgeneem. Haar staatstoelaag word vir haar losies

aangewend, dus doen sy hekelwerk om aan haar per-

soonlike behoeftes te voldoen. Tussen-

deur doen sy ook hekelwerk vir die Te-

huis se Markdag. Foto: Martin Goosen

Anna hekel vir dag tot dag uitgawes

Vakansieprogram 30 Junie - 4 Julie Kom geniet ‘n week van pret en plesier, knip en pla k

saam met die biblioteektannies. Elke dag van Maandag 30 Junie tot Vrydag 4 Julie

vanaf 14h00-15h00 en Woensdag 12h00-13h00

Page 11: Julie piketberger 2014

11

Page 12: Julie piketberger 2014

12

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg ����022 913 2297

Hoender-Kasserol 2 uie, gekap 15ml olie 4-6 hoenderporsies Sout en peper 1 botterskorsie, geskil en in blok-kies gesny 250ml room 125ml hoenderaftreksel Voorverhit die oond tot 180°C Braai die uie in die verhitte olie tot bruin, haal uit en hou eenkant.

Geur die hoender met die sout en peper en ver-bruin in dieselfde pan. Rangskik die uie, hoender en botterskorsie in ‘n oondbak. Giet die room en die aftreksel oor, bedek met foelie en bak vir 60 minute tot gaar. Sit voor met rys en vars roketblare.

‘n Baie geslaagde gholfdag is gehou op 12 April by De Hoek Gholfklub ten bate van Huis AJ Liebenberg se in-standhoudingsfonds. Hierdie geld sal aangewend word om die tehuis en woonstelle brandveilig te maak. Hulle sê baie dankie aan hul hoofborg, PPC De Hoek en ook aan die volgende borge en persone wat kontant by-gedra het: Nulandis, Rola VW Malmesbury, Liebco Vleishandelaars, Winkelshoek Wynkelders, Dup Meubels, Eswé Visagie, Salon Sanet, Piketberg Apteek, Salon Belinda, Carlo Cooper, Koeltuin Projekte, P Matthee, Piketberg Linnehuis, JP le Roux, Piketberg Bande, H de Hoog, Org de Rac, CP Joubert, Plaasvleis, P Smit, Midas, Shoprite, Chrisjan en Elsabé Liebenberg en Charles Edmonds.

Huis AJL hou Gholfdag

Die Tehuis se "Bunny Girls" wat

deelnemers aangemoedig het en gesorg het vir iets te drinke - baie dankie Elna Calitz en Esmé

Steenkamp. Berig en foto:

Marie de Villiers

Page 13: Julie piketberger 2014

13

Page 14: Julie piketberger 2014

14

Die Piketberg Blom– en Tuinbouklub se Mei-vergadering is gehou by Hebron. Riaan van Breda

van Afriplex het ‘n baie interessante praatjie gele wer oor die gebruik van natuurlike middels in medikasie wat van plante verkry word. Die vergadering besoek ook die fabriek waar boegoe verwerk word na olie. Boegoewater word ook as neweproduk verkry en gebottel. Nico Jones, die bestuurder van die dis-

tilleeraanleg, verduidelik die proses aan die lede van die vergadering. Hierbo is Riaan van Breda, heel li nks

met Piet Uys, Nico Jones en Elmien Uys. Piet en Elmien is die eienaars van Hebron, Piket-bo-berg,

waar die vergadering gehou is.

Tuinbou Praatjies

Carina Kennedy en Moira van der Westhuizen saam met George Retief van Malmesbury Kwekery wat die Piketberg Blom– en Tuinbouklub kom spreek het tydens hul Junie vergadering. Hy het meer vertel oor die reëls vir

die beplanning en uitleg van ‘n prag-tuin asook die nuwe middels op die mark wat gebruik

word vir die voeding van plante en die beheer van verskillende plae wat soms die plante aanval.

Foto’s verskaf

Die volgende tuinbouvergadering is op 6 Augustus , dit neem die vorm aan van 'n blomdemonstrasie deur

van die lede van die Tuinbouklub. Vergadering is 09:00 vir 09:30 by

Piketberg se Biblioteeksaal. R20 besoekersfooi vir nie-lede. Gaste welkom.

Vir verdere inligting, skakel Katinka Morrison

by 082 829 6918

XYZ

Clothing

Dames

Boetiek

Open binnekort in Langstraat 56 by

Fijnbosch en Fieterjasies (Jackie se ou winkel)

Van Klassiek tot Modern

in M tot XXL

Maandae tot Saterdae 071 410 8076

Die ABC van XYZ Clothing 'n Nuwe vars winkel maak eersdaags sy deure oop in Langstraat 56 by die blomme- en geskenke-winkel van Ter-sia Visser, Fijn-bosch en Fie-terjasies. Vir in-w o n e r s v a n P ik e tbe rg s a l "Jackie se winkel" meer be-kend klink. XYZ Cloth-ing beloof om vir alle dames iets te bied van Klassiek tot Mo-dern in groottes van Me-dium tot XXLarge. Die eienaar, Ilze Hallier, is bekend met die handel in klere en wil jou graag ont-moet om uit te vind wat jou smaak is. Die nuwe dames boetiek bied smaakvolle klere in bekostigbare pryse. Terwyl jy 'n koffie geniet, sal Ilze tot jou diens wees. Winkel ure is Maandae tot Vrydae 9vm-5nm en Saterdae 9vm-12vm. Kom kyk gerus of daar iets is wat aan jou daai ekstra sjiek gevoel gaan gee.

Ilze Hallier, die eienaar van XYZ

Page 15: Julie piketberger 2014

15

Vurkhyser

Vurkhyser

Geen akkommodasie of reiskoste word gehef nie.

Produktiwiteit

Page 16: Julie piketberger 2014

16

Arno Stofberg en Nicolene Scholtz is op 29 Maart te Langebaan getroud. Dit was ‘n strandtroue en die

seremonie is behartig deur Ds Martin Goosen. Foto: Charlene Vernooy van Vernooy Photography

De Villiers Mouton en Wilma Louw is op 29 Maart by Ashanti naby die Paarl in die huwelik bevestig.

Foto: Adene Photography

Malcolm Abrahams en Georgia Esau is op 24 Mei in die Morawiese Kerk op Goedverwacht getroud en die

onthaal was by Laatson in Porterville. Foto: Edó Photograhy

Christoff van Wyk, seun van Cecil en Coreen van Wyk en Elani van Huyssteen, dogter van Leopold en

Riana van Huyssteen is op 8 Maart in die NG Kerk Ri e-beek-Wes getroud. Die onthaal is gehou by Het Vlock

Casteel in Riebeek-Kasteel. Foto: Elias Nel

Leeskring 23 Julie “My hel in Dubai” deur Selma Visser

Bespreking: Cecileen Olsen Biblioteeksaal 09:30. Almal welkom.

Verlief, Verloof, Verlore...

Page 17: Julie piketberger 2014

17

ê

Page 18: Julie piketberger 2014

18

DEMONSTRASIE MODELLE

Page 19: Julie piketberger 2014

19

Page 20: Julie piketberger 2014

20

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur

dr. Margaret Mollett

Hoofstraat 21, Piketberg

Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Het GEMS kontrak gekry vir chroniese medisyne

met lae of geen bybetaling!

Mosaïek – maklike binne en naweekprojekte deur

Anita Rossouw en Lounette Fourie

(Human & Rousseau, 2004) Dié boek het ontstaan toe die twee kunstenaars ’n paar ou porseleinskerwe tydens ‘n Ka-

roovakansie opgetel het. “Omdat die skerwe te min was vir ’n volledige projek, moes dit aangevul word met mo-saïekteëls – en net daar het die wonderwêreld van kleur en patrone vir ons oopgegaan.” Die skrywers het geen klasse bygewoon nie, maar nadat hulle baie oor die on-derwerp gelees het en teëlwinkels geraadpleeg het, het hulle gou dié kuns baasgeraak.

“Aanvanklik het dit moeilik gelyk, en ook taamlik harde fisieke werk. Moeilik? Beslis nie. Harde werk? Miskien ja, maar sonder enige twyfel baie bevredigend en die moeite werd. Dis soos ’n pak lekkergoed: as jy eers begin peusel het, kan jy nie ophou nie. Al wat jy wil doen, is knip en plak.” Boonop, hoef jy nie ’n “grootse kunstenaar” te wees om so ‘n “mosaïekmeesterstuk” te skep nie: “Wees verseker dat wat jy ook al maak, dit vir jou sal voel asof jy ’n besondere kunswerk geskep het.”

Die Inleiding word gevolg deur “Basiese toerusting en materiaal; Gereedskap; Keuse van onderwerpe; Krisisbe-heer; Die inrigting van jou werkplek; Kniptegnieke; Mo-saïektegnieke; Stap vir stap mosaïekwerk en bryvulling.” Die voorgestelde “binneprojekte” sluit onder meer die volgende in: “Boksie met drupmatjies; Plantpotjies; Sleu-telrakkie; Yskasmagnete; Blompotte; Badkamer-spieël en Staanskinkbord. “Buiteprojekte” onder meer: “Voëlbadjie; Tuinbankie; Glas op Glas; Muurkershouer en Ronde Ta-fel.”

Maar waar kan die mosaïekteels, gom, toerusting en benodigdhede vir die projekte gekry word? ’n Lys van verskaffers, sluit agt besighede in Kaapstad in, maar die skrywers voeg by dat die nodige produkte vrylik beskik-baar is by plaaslike stokperdjie- en ysterwarewinkels. Nog ’n handleiding wat voornemende mosaïek-kunstenaars sal aanspoor is Mal oor Mosaïek – 25 pro-jekidees (Lapa uitgewers, 2011) . Dit is ’n samestelling van unieke en buitengewone projekte deur Ira Bekker, Karin Wainwright en vyftien ander kunstenaars. Agter op die boek staan daar: “Die idee agter die boek is om ’n spektrum uiteenlopende vars idees, inspirasies en teg-nieke aan die handwerkentoesias te bied wat nie net ’n visuele uitnodiging is nie, maar ook ’n verskeidenheid van werkswyses bekendstel. Die projekte wissel van baie eenvoudig tot meer ingewikkeld en daar is beslis iets vir elkeen.” Net om te kyk na die kleurfoto’s in die twee handleidings maak ‘n mens lus om weg te spring met hierdie beson-dere kunsvorm.

PIKETBER

Verskaffer van nuwe fietse, bv. Avalanche, Raleigh, Dia-mondback, GT. Mongoose en Schwinn.

Ons hou ook fietsonderdele en bybehore aan bv. Ryder, Holdfast, Birzman, Parktool, Camelbak,

WTB, Maxxis, Kenda, Fox, American Classic, Hope, Rock Shox, Michelin Go pro en vele meer!

Special: • 10% afslag op alle Avalanche fietse

• Raleigh fiets helmets vanaf R70

• Bicycle computers vanaf R80. Kom loer gerus in regoor Kaap Agri Drankwinkel in die

Carel van Niekerk Besigheidspark. Besigheidsure:

Maandae – Vrydae Saterdae 08h00 tot 17h00 09h00 tot 12h00 Vir enige navrae kontak Gustav Bonthuys by

0844874840 / 0229131101 of [email protected]

Page 21: Julie piketberger 2014

21

Page 22: Julie piketberger 2014

22

Stuur asseblief foto’s en kort beskrywing van graad, diploma of

sertifikaat na

[email protected]

MEDIESE MEDIESE MEDIESE MEDIESE

PRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

� 022-913 1172 alle ure / all hours ���� 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Oud PHS’ers presteer steeds

Liezl Joubert het haar MB, ChB graad verwerf en werk by die Staatshospitaal op

Worcester.

Ben Olivier het sy Hons BSc in Sportwetenskap (Prestasiesport) aan die

Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy is tans ten-

nisafrigter by Kainos Ten-nis Academy.

Mareza Nortje het haar LLB (nagraads) in Desem-ber 2013 verwerf. Sy het

reeds haar BA Regs-geleerdheid graad in De-sember 2011 ontvang. Sy

is tans besig met haar twee jaar klerkskap by

Terblanche Slabber Pieters Prokureurs te

Malmesbury.

Clireze Julius het haar BA graad in Taal en Kultuur ont-

vang aan die Stellen-bosch Universiteit. Sy is tans besig met haar Na-

graadse Onderwys-sertifikaat (NOS) by dieselfde instituut.

JC Hanekom behaal sy BCom graad in 2012 en

Landbou Ekonomie Hon-neurs in 2013. Hy werk by

Frudata as 'n raadgewende Ekonoom en spesialiseer

in "benchmarking" in uitvo-ervrugte.

Bendle Steenkamp het einde 2010 die BSc Geo-logie graad aan die Uni-

versiteit Stellenbosch ver-werf en in 2013 die graad

B Ingenieurswese. Hy werk tans vir die In-

genieurs Firma Aurecon in die Paarl.

Philip Mostert het sy graad BComm finansiële beplan-

ning in drie jaar voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch ten spyte

daarvan dat hy nie Reke-ningkunde op skool

geneem het nie. Philip het ‘n betrekking by Old

Mutual op Stellenbosch.

Page 23: Julie piketberger 2014

23

ALGEMENE VERKOPE/

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE ‘n Vakante pos bestaan by ‘n goed gevestigde besigheid te Piketberg. Mans en vrouens wat energiek, dinamies en betrou-baar is kan aansoek doen. Die volgende vereistes is noodsaak-lik: Pligte :

• Professionele hantering van kliënte;

• Bemarking van besigheid en produkte;

• Die byhou van rekords;

• Algemene kantooradministrasie

• Verkope

• Rekeninge en pos van state aan debiteure

• Voorrade

• Ontvangs van gelde en uitskryf van kwitansies

• Aflewerings

Vereistes: • ‘n Graad 12 sertifikaat

• Rekenaarvaardig in Excel, Word, Powerpoint

• Bestuurslisensie is verpligtend

• Moet bemarkingsgeoriënteerd wees

• Moet onafhanklik, presies en baie georganiseerd kan werk

• Moet uitstekende kommunikasievaardighede hê.

• Minimum van 5 jaar ondervinding

‘n Markverwante vergoedingspakket word u aangebied. Neem kennis diensure is van Maandae tot Vrydae 8:00 tot 17:00 en

Saterdae 8:00 tot 12:30. Rig aansoeke aan Praktika

Faks: 022 913 2959 Epos: [email protected] Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol.

Sluitingsdatum: 8 Julie 2014

VLV besoek Piketberg Christian School

Sprekers Elzanne Richter, Magda Bowers, skoolhoof en Christa Myburgh, VLV-bestuurslid vir Opvoeding

en Kultuur. Berig en foto: Dinette Lochner

Piketberg VLV het op 19 Junie 'n Algemene Ledever-gadering met die tema “Opvoeding en Kultuur” by die Piketberg Christian School gehou. Irene Pickard, maatskaplike werker van Badisa was een van die sprekers wat lede meer vertel het van die Nuwe Kinderwet. Elzanne Richter het vertel oor die ontstaan van die skool en Magda Bowers, skoolhoof, het gesels oor die kurrikulum van die skool. Die graad 1-leerders het ‘n item gelewer en Sarah-Jane Bowers het ‘n sangitem gelewer.

Page 24: Julie piketberger 2014

24

Heerlike Beesbiltong R155,00 per kg

Suiwer Beesmaalvleis R50,00 per kg Koedoebiltong R190,00 per kg

Koedoe droëwors R180,00 per kg

(Net hoeveelhede van een kilogram en meer)

Kontak N Louw 083 441 4032

Wat sê die reg?

Te Koop

Jacques Ehlers

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as

well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

BONSAI BEGINNERS KLASSE

gedurende die Wintergedurende die Wintergedurende die Wintergedurende die Winter----skoolvakansie.skoolvakansie.skoolvakansie.skoolvakansie. Veral bedoel vir skoliereskoliereskoliereskoliere, maar oop vir enigeen.

Klasse word GRATIS GRATIS GRATIS GRATIS aangebied en vervoer kan

gereël word. Skakel: Johan: 083 236 7556Skakel: Johan: 083 236 7556Skakel: Johan: 083 236 7556Skakel: Johan: 083 236 7556

of Cobis: 083 284 4684 vir besonderhedeof Cobis: 083 284 4684 vir besonderhedeof Cobis: 083 284 4684 vir besonderhedeof Cobis: 083 284 4684 vir besonderhede

HOUT Droë braai & kaggel hout

Wingerd R750/1000 of R15/20kg sak (±20 stukke) Rooikrans R1150 / 1000 of

R15/10kg sak (±13 stukke) Gratis aflewering in Piketberg vir 1000

of meer. Kontak Riaan 084 624 0963

TRAILER HIRE

Sleepwaens te huur teen billike pryse Kontak André 084 510 9627 by N7 Tyres

Te Huur

Verkeersboetes: Gevolge van die “Volstruis-Ding”

‘n Leser, en ook ‘n goeie vriend van my, ry ver bo die spoedgrens met sy nuwe motor vanaf Kaapstad na Piketberg nadat hy vir die naweek by sy dogter gekuier het. By Moorreesburg stop ‘n verkeers-beampte hom en ten spyte van sy beste verskonings, gee die verkeersbeampte vir hom ‘n “kaartjie”, maar hy besluit egter om dit te ignoreer en die “volstruis-ding” te doen, naamlik om sy kop in die sand te steek en te hoop dat die kaartjie sal verdwyn. Dit was totdat hy, weer met sy nuwe motor, Windhoek toe ry om hierdie keer vir sy seun te gaan kuier, waar hy op die grens gearresteer word en aangehou word totdat hy voor die hof verskyn vir minagting van die hof. By nadere ondersoek blyk dit toe dat die “kaartjie” wat hy gekry het, in werklikheid ‘n kennisgewing was om in die hof te verskyn, aangesien hy die spoedgrens op die N7 met meer as 40km/h oorskry het. As jy die spoedgrens in ‘n stedelike gebied met 30km/h of meer oorskry of die spoedgrens buite ‘n stedelike gebied met 40km/h of meer oorskry, sal jy ‘n kennisgewing kry om in die hof te verskyn en is die opsie van ‘n boete nie meer beskikbaar nie. (‘n Voorbeeld van ‘n onlangse geval is dié van die sanger Steve Hofmeyer wat 169km/h in ‘n 80km/h sone gery het. Hy het ‘n boete van R10 000,00 betaal in terme van ‘n pleitooreenkoms.) Met die hofverskyning het jy een van drie keuses naamlik, om jou eie verdediging te behartig (self praat), of om ‘n prokureur van jou eie keuse aan te stel, of om aansoek te doen vir regshulp. In baie gevalle besluit mense egter om skuldig te pleit net om die aangeleentheid agter die rug te kry, maar hulle is onbewus van die feit dat hulle dan ‘n kriminele rekord sal hê en dat hulle bestuurderslisensie ook opgeskort kan word. Dit help ook nie om die “volstruis-ding” te doen en te hoop dat die aangeleentheid gaan verdwyn nie. Indien die kennisgewing om in die hof te verskyn geïgnoreer word en die persoon nie op die gegewe datum in die hof verskyn nie, kan ‘n lasbrief vir sy/haar inhegtenisname uitgereik word en kan die lasbrief op ‘n dag wanneer hy/haar dit die minste verwag, soos in my vriend se geval, by ‘n grenspos uitgevoer word, wat tot sy/haar aanhouding kan lei. Soos hierbo aangedui, kan daar ernstige gevolge wees indien ‘n verkeersboete geïgnoreer word en kan dit selfs lei tot aanhouding in ‘n tronk. Gevolglik is dit altyd raadsaam om ‘n prokureur van jou keuse te raadpleeg indien jy ‘n verkeersboete ontvang.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas Skakel Wessel de Beer

0232 320422 of 082 704 3276

Page 25: Julie piketberger 2014

25

Piketberg Rolbalklubnuus Marianna Kirsten het onlangs aan twee groot Boland toernooie deelgeneem. Sy was uitgenooi om aan die Boland Meesters se President uitnodigingskompetisie deel te neem. Dit het in Hermanus plaasgevind. By die toernooi het sy ‘n silwer medalje verower. Sy het ook aan die Kampioen van Kampioene deelge-neem. Verskillende klubs se klubkampioene neem aan die kompetisie deel. Eers was daar die sone uitdunne wat in Langebaan gespeel is. Slegs twee spelers uit elke sone kan deurgaan na die finaal. Marianna en Elna Louw van Yzerfontein het deurgedring na die finaal. Die finaal het in Worcester plaasgevind. Ongelukkig het Marianna nie die kompetisie gewen nie, maar baie goeie rolbal is egter op die dag gespeel en een punt was soms die ver-skil tussen wen of verloor. Marianna is ook ‘n deellid van Plumstead Rolbalklub en neem aan verskeie WP kompetisies deel. Tans speel sy in die onder 45 kompetisie wat WP aanbied. Sy is in die Southern Stars wat die Suidelike voorstede verteen-woordig. Vier spanne wat die verskillende dele van Kaap-stad verteenwoordig speel in ‘n rondomtalie kompe-tisie. Die wenners sal dan teen ‘n WP-span te staan kom. Rolbal is nie net ‘n sport nie, dit is ‘n passie. Jy sal nie weet of jy daarvan hou, voordat jy dit nie probeer het nie. U word vriendelik uitgenooi om die klub te besoek. Balle is beskikbaar en lede is altyd gretig om belangstellendes touwys te maak. Kontak Marianna by 072 071 6060 vir verdere inligting. Baie dankie vir al die ondersteuning wat Piketberg Rolbalklub van die besighede in Piketberg ont-vang. Elke bydrae word opreg waardeer. Hou Die Piketberger dop vir inligting oor ons Besigheidsdag wat binnekort plaasvind.

Loslitdag 5 September

Die Loslitdag-veldtog vir 2014 is vandeesweek van stapel gestuur. Mathys Roets het sy ondersteun-ing vir die projek getoon deur die eerste Loslitplakker by Los-litspanlid Tristan Steytler te kry. Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmak-ingsprojek vir persone met gestremdheid. Dis ‘n dag waarop ons vra dat almal in Suid-Afrika gemaklik, formeel of sommer net verspot sal aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike Loslitdag-plakker sal dra. Die Los-litdag-tema vir die jaar is “Bring out the Bling” oftewel “Blink kant bo!”. Dink aan iets om te dra, en maak dit tien keer blinker. Of dra ‘n groot handvol plakkers. Onthou Vrydag 5 September is die dag vir blink aantrek. Vanjaar is Loslitdag se 20ste verjaarsdag en daarom kan mense hul partytjie-uitrustings aantrek. Die projek behoort aan en word beheer deur Die Nasio-nale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika en word jaarliks georganiseer deur die raad se Loslitdag span. Organisasies neem deel aan die projek deur die infra-struktuur van die projek, om fondse in te samel vir die dienste wat hulle aan persone met gestremdheid lewer. Donasies van R10 per plakker is belangrik sodat die no-dige fondse ingesamel kan word ter ondersteuning van persone met gestremdheid se regte tot onderwys, behu-ising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping, met ander woorde, volle inskakeling in die gemeenskap.

Tristan Steytler en Mathys Roets.

Page 26: Julie piketberger 2014

26

20 Jaar Gelede — Julie 1994

VOORBLAD : Mej H Lucas van Hoërskool Piketberg het die Philip McLachlan Werkswinkel in Koorsang byge-woon te Bloemfontein. Chris van der Merwe het vanjaar, na 138 wedstryde in die swart trui, hom nie meer beskikbaar gestel v ir die Bolandspan nie. Die 138 wedstryde wat hy vir Boland gespeel het is ‘n rekord en oortref die vori ge rekord van springbokstut, Chris Koch. Die voertuigtoetsstasie van die Munisipaliteit van Piketberg is nou opgradeer en in werking. Alle klasse voertuie word nou hier getoets vir padwaardigheid en geskiktheid. Saterdag 23 Julie het Nettie Liebenberg en Jackie de Villiers van Hoërskool Piketberg en die hoof, Pi -erre Steenkamp ‘n skoolkoerantkursus by Hoër-skool Brackenfell bygewoon. Op 29 Julie begin Steynville Sekondêr se feesvieringe om sy 10de bestaansjaar te gedenk. Christiaan Strauss het na 21 jaar diens aan die Hoërskool Piketberg aan die einde van Junie af-getree. ‘n Horlosie is deur die skoolhoof, Pierre Steenkamp aan hom oorhandig. ADVERTENSIE: 8-Piece Gourmet Royal Cookware Set consisting of 24cm high pot, 20cm low pot, 16cm high pot with lids, 16cm saucepan and 24cm frying pan plus two stainless steel mixing bowls and sealer lids free with the set for R799,95 at Lewis Stores.

Minette Cronje van Piketberg Animal Welfare het op 23 Mei besoek gebring aan 'n groepie leerders by Wille ms-vallei Primêre skool, Porterville, op uitnodiging v an klas-

onderwyseres Stephanie Louw. Die groepie het die praatjie oor die versorging van troeteldiere terdeë geniet

en elke kind het 'n snoeppakkie en pakkie hondepill e gekry. Instansies wat belangstel in so 'n opvoeding s-

praatjie, is welkom om 079 249 1535 te kontak.

Die wenners van Piketberg Animal Welfare se onlangse lootjieveldtog is Jaco Breunissen, C van Wyk en Hanlie Linde. Geluk aan hulle. PAW wil ook graag almal bedank wat ‘n bydrae gemaak het. Baie dankie ook aan Marietjie Koch en Seun Kitshoff wat ongeag die weersomstandighede, die dorp platgeloop het en lootjies verkoop het.

PAW gee opvoedingspraatjie

Pink Trees for Pauline-projek Geloods deur VLV-Piketberg en Hoërskool Piketberg

“Pink Trees for Pauline” is ‘n nie-winsgewende organisa-sie wat hul beywer om fondse in te samel vir lewe na en gedurende kanker. Dorpe landswyd neem deel aan die pienk veldtog gedurende September en Oktober. Fondse wat in Piketberg ingesamel word, word hier in ons dorp aangewend in samewerking met KANSA. Persone met kanker en families wat geraak word sal baat hierby. Hoe kan ek help? Pienk materiaal gaan vir R20 per meter verkoop word. 2m en 4m stukke is baie gewild. Byvoorbeeld : 2m x R20 = R40 of 5m x R20 = R100 VLV en PHS gaan die materiaal sny en in pakkies verpak. Daar sal ‘n groot bemarkingsdag in samewerking met per-sone en instansies wees en leerders sal ook materiaal versprei. Stuur asseblief vir ons ‘n e-pos, sms of bel ons so gou moontlik, want die materiaal moet dadelik bestel word. Hoeveel materiaal benodig u en hoeveel rand sal u dan borg vir die “Pink Trees for Pauline”-projek?

Nicoline Brown [email protected] of 082 4770665 Dinette Lochner [email protected] of 083 564 5643 Sanet Ackermann [email protected] of 082 557 6239

Baie dankie dat u gaan help om Piketberg ook met

pienk bome te versier!

Page 27: Julie piketberger 2014

27

Agter is Betsie Paulsen, Levona Roberts en Marie Nienaber. Voor is Poppie Paulsen, Helma Kotze en

Ilse Bruwer, almal van Piketberg.

Lede van die Bergrivierkoor

Redenaars Interskole

Die kultuurspan van PHS het die interskole teen Por -terville 6-2 gewen. Die hoërskool se redenaars en

vasvraspan is Adriana Visser, Harry Roux, Hugh Ben-son, Jan-Daniël Roux, Nicola Coetzee, Maria Visser

en Aerin Kotzee, voor. Foto: Sanet Ackermann

Die laerskool se redenaars en vasvraspan is Bosman Rossouw, Janke van Schalkwyk, Lea de Vries, Albert

Grobler en Werner van Rossum. Voor is Pieter Bruwer, Hagan Ludick en Nitheal Cordon.

Foto: Sanet Ackermann

Badisa Piketberg het vir Kinderbeskermingsweek ‘n Poppekas vertoning deur die Brackenfell Polisie vir

die Graad 1 - 4 klasse van Groenvlei Primêr aangebied.

Berig en foto: Hannie Visser

Poppekas vir Kinderbeskerming

Winter Kersfees in Aurora AURORA. – Ten spyte van die ysige koue op Sondag 8 Junie 2014, was daar heelwat mense in die NG Kerk op Aurora byeen om na ‘n uitvoering van die Berg-rivierkoor te luister. Met die eerste lied, ‘n seënbede, ver-ras die koor met ‘n pragtige fluweel klank. Met ongeveer 60 stemme op die verhoog, is dit ‘n groot koor wat ook reg laat geskied aan “Gloria” van Vivaldi en uittreksels uit Bach se Kersfeesoratorium. Ook opvallend was die aan-tal jongmense, met hope talent en pragtige stemme, wat deel is van die koor. Die koor is saamgestel uit koorlede van Piketberg, Aurora, Goedverwacht en Porterville en staan onder leid-ing van Sherlock Fortuin en Alison Müller wat mekaar aanvul en aflos as dirigente en begeleiers. Die koor het groot planne om uitnodigings vanuit Boston (VSA) en België te aanvaar en gedurende Desember 2014 op ‘n kulturele uitreikingsprogram daarheen te reis. Vir hierdie doel berei die koor ‘n spesiale Kersfeespro-gram voor waarby gevestigde gunsteling Kersliedere soos “O die vrolike” en “Kom alle Getroues” ingesluit is. Omdat baie koorlede finansiële ondersteuning benodig om die toer mee te maak, is die Bergrivierkoor besig met ‘n fondsinsamelingsveldtog. Enige voornemende do-nateurs en borge is welkom om die koor te kontak. Die Bergrivierkoor is beslis ‘n produk van hierdie om-gewing waarop almal trots kan wees.

Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Page 28: Julie piketberger 2014

28

deur Jannie Lategandeur Jannie Lategandeur Jannie Lategandeur Jannie Lategan

Legende in eie reg As sy vandag nog sou gelewe het, het sy sekerlik haar eie HAT Woordeboek uitge-bring en waarskynlik 'n leerstoel in Wys-

begeerte in Sosiologie of Wysbegeerte aan 'n Universiteit beklee. Sy was dinamies in eie reg en het op hoë ouderdom nog haar Austin A40 of later jare haar Colt eiehandig bestuur. Haar jarelange huishulp, moes waghou, terwyl sy die mo-tor uit die motorhuis agteruit stoot en het sy haar liederlik vererg as ou Griet uitgeroep het: “Hou sountoe...Miss Cate”! Dis juis met dié motor waarmee sy gereeld haar bure op aanliggende plase besoek het en altyd teruggekeer het met ‘n “Skaap karmenaaitjie”, groente of vrugte en het dan selfvoldaan na haar kuiertjie verwys as “'n Vlieënde kraai het altyd wat.” Woordeboek, ja, sy het haar eiesoortige terminologie ge-had en het nog “Baken pouder” (bakpoeier) in haar koek-beslag gegooi. Na 'n “Hubbert Squash” het sy van gepraat as 'n “Rubber skors”. In 'n sin, het sy ook “groen” gelewe en het sy as sy 'n lemoen afskil, die skil in die son gedroog om later in 'n gereg te gebruik! Sy was bekommerd oor haar huis se “fisie borde” (fascia borde) wat afgeskuur en geverf moes word, asook die “geite” (geute). Haar motortjie het sy gehelp met die “choke” as dit lyk of die motor swaarkry i.p.v. om liefs na 'n laer rat te skakel.

Soms het sy net stilweg verdwyn en nie haar planne bek-end gemaak nie, want mense sou dalk kon dink dat sy baie geld sou hê en daarvan het sy nie gehou nie. Dan het sy by haar terugkoms vertel hoe sy met 'n toergroep na Rhodesië gereis het en onder andere 'n goeie beskry-wing van die Zimbabwe Ruïnes gegee. Die armoede wat in Rhodesië geheers het, het haar aangegryp. Of sy het teruggekeer van 'n reis deur Suid-Wes (Namibië) of van 'n blomme-kyk toer deur Namakwaland. Sy was op haar eie ‘n alleen mens, maar haar radio en die “Kerkboden” (Kerkbode), was vir haar van besondere waarde. Selfs soveel as 30 jaar na haar ma se afsterwe, het sy in die destydse Memoriam Kolom van Die Kerk-bode, haar ma se afsterwe opgeroep en dan afgesluit: “van jou arme weeskind”. Van Jaser Carstens het sy altyd met hoë respek en ag-ting gepraat, want aan hom het sy presies verduidelik hoe haar begrafnis uitgevoer moes word. Sy was 'n voorslag met die hekelpen en kon die mees ingewikkelde patroon, slegs vanaf 'n foto, netso hekel. Sy het vir vroue van omliggende plase, rokke, oorpakke en voorskote gemaak om van laslappiekomberse nie eens te praat nie. Lekkers het sy versamel en in groot glaspotte geberg om dan gulhartig uit te deel as kinders vir haar kom kuier het. Met die oorskakeling na die metrieke stelsel, het sy mak-lik vir haar 2 “kilometer” (kg) wors gekoop en by Gings-berg, 'n Joodse winkel van “Mr Abraham en Mr Barnie”, het sy net nooit genoeg vir haar dosyne eiers kon kry nie! Voorts het sy ook 'n streep van veeartsenykunde in haar gene gehad, want as van haar hoenders “harde krop” gehad het, het sy eiehandig die krop (pens) met 'n “Menora blade” oopgesny en die onverteerde kos uitge-haal. Daarna dan met blouvitrioel die pens uitgespoel en toegewerk. Die hoenders het hierdie prosedure oorleef. Die vermoede was dat die blouvitrioel straks as 'n onsmettingsmiddel gedien het. Toe 'n vriendin haar by geleentheid besoek het en 'n vlieg lastig was om die gas se kleinding en sy opgemerk het dat die vlieë darem erg is, het sy verergd opgemerk “het jy dan nou gemeen dat ek halters vir die vlieë moes kry”. Voor die aanvang van elke seisoen, het sy vir haar 'n “ready fit outfit” gaan koop by “Jannie Hanekam”, dit was nou die destydse modehuis, Jeanette Hanekom Modewinkel en Bruiduitrusters. By 'n intertydse Prokureur “Mr Vlok”, het sy gaan raad vra as sy haar testament wou verander, terwyl Mnr Jan Rus-souw van Die Kamer, later bekend as Boland Bank en nog later as Nedbank, haar “beleggings” moes hanteer. Haar karaktervolle en eiesoortige lewenswyse het almal soms lekker laat lag, soos sy onder andere vertel het van 'n hoogs ontstoke Tant Gerrie, wie se oujong kêrel seun, té laat was vir die wyksbasaar en slegs 'n paar “haaksel pasteitjies” te koop kon kry. Op haar laaste uitstappie na haar broer te Franschhoek en by haar jare lange vriendin op Diemerskraal, by die Paarl, het sy teruggekeer en by 'n afdraaipad voor 'n aankomende motor ingery en sodoende in 'n skiereilandse Hospitaal en uiteindelik in 'n Siekeboeg beland, geleidelik haar gesondheid verloor en gesterf het. Een van haar wense in haar testament was, dat al haar meubels en besittings op 'n veiling verkoop moes word. Kosbare meubel erfstukke en fyn porselein, is vir 'n appel en 'n ei verkoop. Daardie jare, het almal straks gedink dit was nie waardevol nie, maar vandag pryk van hierdie stukke in talle huise. 'n Lewe, 'n legende in eie reg, het haar houvas op die lewe verloor. Eensaam soos sy gelewe het, het sy gesterf.

Vakante Betrekking Word deel van ons Super-span!

Kassiere Vaardighede eienskappe:

Graad 12 Wiskunde of Rekeningkunde

(Wiskunde geletterdheid ingesluit) Spontaan en vriendelik, hou daarvan om

met mense te werk Kan akkuraat onder druk werk

Verantwoordelikhede: Vriendelik kliënte help

Hantering van alle betalings metodes (KT/DT kaarte, Tjeks, Rekeninge)

Kontak Santie van den Berg vir enige

navrae by 022 913 1163 Handig in jou CV en kontakbesonderhede by

Boland Superspar. Daar is beperkte poste beskikbaar so doen sommer vandag aansoek

om teleurstelling te voorkom.

Page 29: Julie piketberger 2014

29

PHS se o.16 Rugby toerfonds Gedurende die Junie vakansie toer die o.16 rugbyspan van PHS na Namibië. Hulle het 'n aantal klein fondsinsamelings gehou om te help en op 23 Mei het hulle 'n dans in die skoolsaal gehou om verdere fondse in te samel. Dit was 'n groot sukses en ons wil dit graag deel met en dankie sê aan die gemeenskap wat ons ondersteun het asook aan die borge van die toerfonds, Liebco Vleishandelaars, Org de Rac, Piketberg Apteek, BMS Products, Total Winkelshoek, Fine Brothers, NQF Vervoer en WD Heyns.

Berig en foto’s: Reinet Jonker

Dit was weer Comrades-tyd en heelparty Swartland-ers het weer in Pietermaritzburg weggesring om die moordende ultramarathon oor 89km te troef. Lede

van die Swartland Atletiekklub wat om 5:30 in Piete r-maritzburg aangetree het was vol moed vir die pad

wat voorlê, en dit was 'n spesiale wedloop vir Rich ard Butcher (agter derde van regs) van Piketberg wat sy 30ste Comrades aangepak het. Die lede wat die 89ste Comrades aangedurf het, is agter Christopher Turner (1ste), Wilfred Turner (3de), Heini Cruywagen (1ste ), Richard Butcher, Sakkie du Toit (10de) en Nazeen

Afrika (3de). Voor is Janine Weideman (2de), Dalene du Toit (9de), Adelé Cruywagen (4de) en Nerina

Bester (1ste). André van Rooyen, Hercu Hofmeyr, Adri de Wet en Hannes Pieters, wat afwesig was, het

ook vir die Comrades ingeskryf . Christopher en Wilfred bedank Liebco vir hulle ondersteuning.

Vir dié twee broers was dit 'n groot voorreg om saa m deel te neem.

Berig en foto: Izélle Garcia

89ste Comrades Comrades Lootjie Wenner

Wilfred Turner, Jakobus Liebenberg van Liebco Vleishandelaars, Berenice Scheepers, wenner van die

Liebco Vleishandelaars Geskenkbewys en Christopher Turner. Foto: Orelia Turner

Skoolvakansie 27 Junie tot 21 Julie

‘n Spesiale gelukwensing aan Richard Butcher met sy 30ste Comrades.

Page 30: Julie piketberger 2014

30

Malcolm Kanka (06.01.1997 - 10.06.2014)

Malcolm Kanka, matriekleerder by PHS, is

op 10 Junie skielik oorlede aan 'n hart-

verwante oorsaak. PHS onthou hom vir sy

uitsonderlike vriendelik-heid, gemaklike geaard-

heid en die oorgawe waarmee hy krieket

gespeel het en die Zebra laat dans het.

Die meisies by Malcolm Kanka se eksamenbank is Whelan Julius, Nicole Diedricht, Wilmarené Okker-stein, Meagan Turner, Antoinette Pickard, Audrey

Slingers, Andrea Beukes en Allison Somers. Foto: Marietha Goosen

PHS teenwoordig

by ATKV

Dorinda Smit en Nina Cillié het die AJV van die ATKV bygewoon

van 27 - 29 Mei. Foto: Sanet Ackermann

The Race will be taking place on 13 September, which will be the 5th year that this event is being organized by the Piket-Bo-Berg residence association. The race has grown from strength to strength. With approximately 30km of single track and excellent route indications and friendly marshalls contribute to making this a top class event. This event raises funds to contribute to the building of a local community hall for the farming community and other related projects on the mountain. Secondly it raises awareness about this beautiful environment. The race is also used to collect cycling supplies and kit for the under-privileged in the community to support and empower some of the members in the community by providing and assisting them with the maintenance of their bicycles. This programme specifically focuses on the youth, provid-ing them with great exercise and life skills learned by be-ing part of a cycling community.

Salon StellaSalon StellaSalon StellaSalon Stella

Naels Bio Sculpture Gel Naels asook

Bio Sculpture produkte. Skakel 073 867 5556

Sonbed Spesiale Aanbod tot 30 September 2014

R150 vir 10 sessies of R20 per sessie. Skakel 022 913 1638 vir afspraak

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!”

“’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot

iemand se lewe in Msinga en Makathini. Kix het reeds 120 Bybels bymekaar

Page 31: Julie piketberger 2014

31

Page 32: Julie piketberger 2014

32

PHS lewer ses Boland Rugbyspelers en een kaptein

Stass Nel is lid van die o.13 Boland Craven Week Rugbysan. Hy gaan deel-

neem aan die toernooi wat in die vakansie te Durban

gehou word. Foto verskaf

Christie van der Merwe en Erich Kankowski is op-geneem in die o.18 Boland Craven Week Rugbyspan. Erich moes ongelukkig onttrek weens ‘n skouer be-sering en gepaardgaande operasie wat hy moes on-

dergaan. Foto: Marietha Goosen

Benna van der Westhuizen en Gysbert Dippenaar is albei opgeneem in die o.18 Boland Akademie Rug-

byspan. Hulle neem deel aan die toernooi te Worcester gedurende die vakansie.

Foto: Sanet Ackermann

Vier Boland Netbalspelers en twee kapteine vir PHS

Janke van Schalkwyk is opgeneem in die Boland o.13 Netbalspan en ook

aangewys as kaptein van die span. Hierdie span het Silwer verower by die Wes-

Kaap Skole Netbal Inter-provinsiale Toernooi.

John-Elize Runba is op-geneem in die Boland o.12 Netbalspan en dié

span het Goud gewen by die Wes-Kaap Skole

Netbal Interprovinsiale Toernooi.

Foto’s: Marietha Goosen

Anke Schreuder en Rehaldine Snell is opgeneem in die Boland o.14 Netbalspan. Anke

is aangewys as kaptein van die span. By die Wes-Kaap Skole Netbal Interprovinsiale Toernooi ver-

lede naweek het dié span brons gewen.

Corné Wium is aangewys as die kaptein van die o.16

Boland rugbyspan. Hy gaan in die skoolvakansie deelneem aan die Grant Khomo Rugbytoernooi.

Foto verskaf

Page 33: Julie piketberger 2014

33

Page 34: Julie piketberger 2014

34

REACH vaar uitstekend Op 6 en 7 Junie 2014, tydens die Suid Zone gimnastiek kom-petisie, het die gimnaste van die REACH Ritmiese Gimnas-tiek klub (Piketberg) onder afrigting van Tina Piek van Lill, uitstekende prestasies behaal. Hulle het teen meer as 300 gimnaste kompeteer en het nie net op individuele vlak presteer nie, maar ook as ‘n span. REACH het weggeloop met drie spantrofees asook ses hoogste gemiddeldes in onderskeie levels en ouderdomsgroepe.

Level 1 is agter Zhara Gisele Kotze (Goud); Sienna Nel

(Silwer); Mardie Muller (Silwer) en voor Lana Boys

(Goud); Lise Bru-wer (Silwer) en

Leigh Wall (Goud) Lana Boys en Lise

Bruwer behaal hoogste gimid-

deldes in onder-skeie ouderdomsgr

oepe. Die spannetjie wen dan ook die span trofee vir die dag.

Regs, Level 2 en 3 is agter Lené Nelson (level 2 - Goud en Brons); Elsje Bas-

son (level 3 - Goud) en Isabel Lausberg

(Level 3 - Goud). Voor is Lené Kruger (level 2 - Silwer en

Brons); Erna Koege-lenberg (level 2 -

Silwer) en Annette Bruwer

(Level 3 - Goud). Madelin van Zyl

(Afwesig) (level 2 - Silwer en Brons)

Erna Koegelenberg behaal hoogste

gemiddeld in onder-skeie

ouderdomsgroep.

Klub foto: Voor, Zhara Gisele Kotze, Erna Koegelenber g, Lené Kruger, Lise Bruwer, Lana Booys, en Leigh Wal l.

Tweede ry, Annette Bruwer, Jade Wilson, Mia Oberhol tzer, Sienna Nel, Lené Nelson en Mardie Miller. Derde ry, Renate Coetzee, Pamela Booys, Annyda Janse, Nicole Steyn, Mi lah

Baard en Elsje Basson. Agter, Isabel Lausberg, Chris tine van der Merwe, Jané Eksteen, afrigter Tina Piek, Ané Nel son,

Shanda Whitfield en Sumari Hanekom. Berig en foto’s: Chrisna Baard

Die Weskus Distrik kompetisie vind plaas op

30 Augustus.

Level 4 en 4+ voor Annyda Janse (Goud en Brons); Re nate Coetzee (2 Goud); Pamela Booys (2 Goud) en Sumari Han e-kom (Goud & Brons). Middel Nicole Steyn (level 6 - Silwer);

Jade Wilson (level 5 - 2 Goud); Mia Oberholtzer (le vel 5 - Goud en Silwer); Milah Baard (level 5 - 2 Goud) en Sh anda

Whitfield (level 6 - Silwer en Brons). Agter Christi ne van der Merwe (level 6 - Silwer en Brons); Jané Eksteen (leve l 6 - Silwer en Brons) en Ané Nelson (level 8 - Goud). Pame la

Booys, Jade Wilson en Milah Baard behaal hoogste ge mid-deldes in ouderdomsgroepe. Pamela Boys en Renate Co et-

zee asook die level 5's wen die spankompetisie.

Erna Koegelenberg, Lise Bruwer, Lana Booys, Jade Wilson, Pamela Booys en Milah Baard behaal hoog-

ste gemiddeldes in onderskeie levels en ouderdomsgroepe. Berig en foto’s: Chrisna Baard

Page 35: Julie piketberger 2014

35

Piketberg Rugbyklub ont-vang nuwe truie!

New TOPS Cheers Magazine is FREE!

Boland Superspar is weer die hoofborg van Piketberg Rugbyklub. Dit is vir ons ‘n voorreg om geassosieer te word met ‘n rugbyspan wat so ‘n groot invloed onder

kinders het. Hier oorhandig Marietjie Pedro (Winkelbestuurder) asook Paul Williams (Spar

verteenwordiger) die truie aan die eerste span. Die gees was hoog en die mans het dadelik begin foto’s

neem van die nuwe truie wat deur een van die spelers ontwerp is.

Page 36: Julie piketberger 2014

36

Natures Garden Yskas Wenner

Elias Wandi (Fish)

en Janice De Kock

(Sushi) is die

nuwe span by Fish

for Africa. Kliënte

kan by beide die

personeel vis of

sushi bestellings

plaas. Janice het haar opleiding in Sushi voltooi en

sy is baie opgewonde oor haar nuwe beroep. Ons

wens hulle die beste toe by Fish for Africa.

Bestellings kan

ook telefonies

geplaas word.

Voorberg Gevangenis

Mnr en Mev Basson was die wenner van die Natures Garden Yskas-kompetisie. Marlene Visagie (Vloerspanleier) en Toni Smuts (Skakelbeampte)

oorhandig die yskas aan die wenners.

Caren-Lee Mbendeni is die wenner van die Chicka Chicken “Pop a Balloon”

Kompetisie. Hier oorhandig Fizel Adams (Chicka Chicken Spanlid) die koop-

bewys aan haar.

VGK Kerk Piketberg

het ‘n brigade kamp te

Piketberg op 23-25 Mei

gehou. Hester Hagen

(Bestuurder) oorhandig ‘n

R500 Koopbewys aan Mnr

Ryno Williams.

VGK Piketberg Kerk hou Brigade kamp

Fish for Africa en Sushi het ‘n nuwe span!

Op 6 Junie het Goedverwacht Primêr ‘n snoekbraai gehou vir fonds-

insameling. Boland Superspar borg Noodles en Meel vir die dag. Toni

Smuts (Skakelbeampte) oorhandig die bestanddele aan Mnr Erasmus.

Voorberg Gevangenis

hou gholfdag. Lizelle Pedro (Spanleier)

oorhandig die vier Boland Superspar hampers.