40
Jaargang 23 Nr. 1 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Februarie 2016 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Bruide...pp 4,6 Fonteinfees...p9 Lindie Strydom na Piketberg...p12 Tuinbou Kompetisie...p18 Cycle Challenge wins R50 000...p18 Somermark...pp 22,23 SSS se Top Tiene...p35 Sport Uitblinkers...p36 Nuwe opvoeders...p37 PHS hou Kleuresport...p38 Mon - Fri: 7:30 - 8:00pm Sat : 7:30 - 7:00pm Sun : 7:30 - 2:00 pm Bendert Nr 1 Bendert Smit, gr 11-leerder by PHS, is vir die vierde agtereenvolgende jaar die nommer 1 Boland tennisspeler in sy ouderdomsgroep. Foto verskaf

1 die piketberger feb 2016

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: 1 die piketberger feb 2016

1

Jaargang 23 Nr. 1 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Februarie 2016

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Bruide...pp 4,6 Fonteinfees...p9 Lindie Strydom na Piketberg...p12 Tuinbou Kompetisie...p18 Cycle Challenge wins R50 000...p18 Somermark...pp 22,23 SSS se Top Tiene...p35 Sport Uitblinkers...p36 Nuwe opvoeders...p37 PHS hou Kleuresport...p38

Mon - Fri: 7:30 - 8:00pm Sat : 7:30 - 7:00pm

Sun : 7:30 - 2:00 pm

Bendert Nr 1

Bendert Smit, gr 11-leerder by PHS, is vir die vierde agtereenvolgende jaar die nommer 1 Boland tennisspeler in sy ouderdomsgroep.

Foto verskaf

Page 2: 1 die piketberger feb 2016

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers...

Marié Ehlers skryf… Ek en Jacques was bevoorreg om in die Desember-vakansie by my ouers in Die Baai (Port Elizabeth – soms as ek na die Baai verwys vra mense hier rond vir my, “Saldanhabaai of Lambertsbaai?”) te kon gaan kuier. Die pad, veral die N2, was baie besig en elke nou en dan het ek die nommerplate vir Jacques gelees, sodat ons kon weet vanwaar al die besoekers was. Nodeloos om te sê, die meeste was van Gauteng! Op ’n stadium, redelik ver van die huis af, maak ek die opmerking: “Sjoe, as ons darem ’n CBY-motor hier sien, moet ons hulle aftrek en groet.” En so ry ons nader en nader aan die Baai, so 170km daarvandaan is die Stormsrivierbrug en vulstasie en toe ons indraai en nader ry, wat sal ons sien! ’n CBY-motor! Ons is so opgewonde dat ek sommer uitspring en nader gaan. Iemand, wat ek nog nie ontmoet het nie, kyk my verbaas aan toe ek begin praat: “Hallo, is u van Piket-berg? Ons ook! Jacques en Marié Ehlers.” “Ja, ek is. Ek bly op die berg. Hugo Coetzee.” En net daar gesels ons land en sand, soos ou kennisse! Sjoe, dit was heerlik, want jou dorp se mense is mos jou vriende! Ons het die res van daardie dag aan hom gedink en gehoop dat sy reis veilig en voorspoedig sou wees. Ons woon nog net vier jaar op Piketberg, maar daardie dag was dit lekker om te kon sê: “Ons is van Piketberg en het vandag nog ‘n vriend ontmoet!” Oos, Wes, CBY bes!

Elna Laas en kinders skryf... Ons wil net vir Piketberg se mense baie dankie sê vir AL die ondersteuning met Paul se afsterwe op 26 Desem-ber. Elke oproep, drukkie en boodskap waardeer ons uit ons harte uit.

Soos Gouelokkies daarvan hou

Esna en Rudi Brand skryf... Dankie vir almal se gebede tydens ons Driesman se hos-pitalisasie. Hy was opgeneem met ‘n suiker telling van 38 en dit moet 5 - 6 wees. Hy is nou ‘n Tipe 1-diabeet. Hy het letterlik by die dood omgedraai, maar sy werk hier op aarde is nog nie klaar. Hy is ons vegtertjie. Ek wil ook sommer van die geleentheid gebruik maak om beide my ouers, Dries en Carin Rossouw te bedank dat julle altyd daar is en mens kan altyd op jul knoppie druk, jul knop-pies raak nooit op nie. Ek is baie bevoorreg om julle as ouers te hê. Lief vir julle baie. Dan ook almal se oproepe, besoeke en gebede, dankie ek waardeer dit opreg. Dan laaste, maar geensins die minste, twee dierbare vrien-dinne wat ek moet uitsonder, want sonder julle sou ek nie sover kon kom nie, julle was my krukke, Christelle Brand en Marnelle Theron, julle is deur God uitgekies as my vriendinne.

"Hierdie pap is net reg", sê Goue-lokkies, en eet al Baba Beer se pap op. Pappa Beer se pap was te warm en Mamma Beer se pap was te koud. Soos die verhaal vorder, kies Gouelokkies ook Baba Beer se stoel en bed, want dis nie te hard nie en ook nie te sag nie.......dis net

reg. Ek verkies ook dinge net reg. My tee moenie te sterk wees nie en ook nie te flou nie, net reg. Ek ry graag saam met iemand wat nie te vinnig ry nie en ook nie te stadig nie, maar net reg. My bord kos moenie te veel wees nie en ook nie te min nie, maar net reg. Klere wat te duur is, pla my gewete en té goedkoop klere hou nie, so die prys moet net reg wees. 'n Staproete wat te moeilik is, breek my moed, maar 'n té maklike roete laat my voel dis geen uitdaging nie, dus moet dit net reg wees. Leiers wat te streng is, het my nog altyd ontsenu en té gemoedelike leiers ook, dus moet hulle net reg wees. Iewers tussen uiterstes is daar 'n goue middeweg en daarmee voel ek gemaklik. Ons hoop om dié jaar vir julle 'n koerant te gee wat net reg is. "Net reg" in die sin dat dit in ons lesers se smaak val en dat jy goed ingelig sal wees oor wat met ons dorp en sy mense gebeur.

Gebruikte Wendy huis word benodig vir behoeftige persoon.

Skakel asseblief Elna Strauss Tel: 022 913 2391 Sel: 072 507 2991

Gesoek

Valentine’s Saloon Dance tbv Graad R

Saloon: Skoolsaal, Hoërskool Piketberg Datum: Saterdag 13 Februarie

Tyd: 18:00 vir 19:00 Kaartjies: R100 per persoon

Boereworsrolle te koop of bring julle eie eetgoed. Koeldrank, water en ys sal te koop wees of bring

julle eie drankies en glase. Kaartjies beskikbaar by Hoërskool Piketberg

Page 3: 1 die piketberger feb 2016

3

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Somers-

uitverkoping

Op Oujaarsaand het George en Eloise se worshondjie die hasepad gekies nadat vuurwerke by die krieketvelde geskiet is. Haar bestemming was ‘n rotsskeur onder die kruis op die berg. Kennisgewings is op sosiale media geplaas en ‘n be-loning is ook aangebied om die worsie weer te herenig met sy “ouers”. Hul vriende en die verkeersdepartement het ook uitgekyk vir haar. Hennie en Ansie Maree het aanvanklik die hondjie benoud hoor tjank en eerste alarm gemaak. Boetie en Marianne Kirsten was ook betrokke. Die Polisie, onder leiding van Claude Benjamin, het op die snikhete dag geen moeite ontsien om deel te neem aan die soektog nie, maar die eintlike held was Gysbert Kirsten wat laataand, sonder enige lig, die hondjie uitgehaal het uit die rots-skeur. Eloise sê dit was regtig ‘n groot vreugde om haar terug te kry. “Dit was soos iets uit die movies soos ek gehardloop het na haar! Sy het niks seergekry nie. Ek is bitter dank-baar”, het ‘n dankbare Eloise gesê.

Hondjie in berg gekry

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Valentynsdag Blomme

♥ Sondag 14 Februarie

♥ Kochelmanders verskaf 'n

groot verskeidenheid pragtige rose en blomme

vir Valentynsdag

Bespreek asseblief

betyds by 022 913 3761

Page 4: 1 die piketberger feb 2016

4

Plaasmark

Piket-Bo-Berg Saterdag 30 Januarie

Jano en Yolanda Smit is op 21 November 2015 te Zevenwacht Wynlandgoed getroud. Jano is die seun van Deon Smit en Marguerite Marais. Yolanda is die

dogter van Charmaine Mouton van Piketberg. Foto: Edó Photography

Gavin en Jolene Small is op 17 Oktober 2015 op Piketberg in die huwelik bevestig. Die seremonie was in die VG Kerk en die onthaal in die gemeenskapsaal.

Foto: Elanie Coetzee

Stegmann en Annelie Bruwer is op 21 November 2015 in die NG Kerk Piketberg getroud.

Annelie is die dogter van Francois en Nolie Eksteen van Witvlei, Piketberg. Stegmann is die seun

van Helen Bruwer, vroeër van Calvinia. Foto: Moira West

Somerbruide

Albé en Francolene Schreuder is op 2 Januarie te Laatson, Porterville getroud. Albé is die seun van

Martha en wyle Alp Schreuder van Garies en Francolene is die dogter van Peet en Christa

Myburgh van Piketberg. Foto verskaf

♥ ♥

Page 5: 1 die piketberger feb 2016

5

Page 6: 1 die piketberger feb 2016

6

Morné en Cindy van Heerden is op 19 Desember 2015 te Org de Rac Landgoed getroud. Cindy is die PR by

Boland Superspar en een van Die Piketberger se gereelde adverteerders. Foto verskaf

Drikus en Charné Viljoen is op 17 Desember 2015 te Langkloof Rose in Wellington getroud. Charné is die dogter van Jaco en Charlotte Augustyn, vroeër van

Piketberg. Foto: Coba Uys - Coba Photography

Bobby en Cari Greeff is op 18 Desember 2015 getroud te Allesverloren, Riebeek-Kasteel.

Bobby is die seun van Gert en Hettie Greeff van Piket-bo-Berg. Foto: Karien Jordaan

Riaan en Jaen-Mari Greeff is op 12 Desember 2015 te Goudkop, Redelinghuys getroud.

Foto: Kobus van Rooyen

Desemberbruide

Page 7: 1 die piketberger feb 2016

7

Page 8: 1 die piketberger feb 2016

8

Vier geslagte Eksteen Troues by NG Kerk Piketberg

Frans en Sarie Eksteen is getroud op 18 September 1934

Bertie en Rita Eksteen is getroud op 3 September 1960

Francois en Nolie Eksteen is getroud op 14 Desember 1985.

Regs: Stegmann en Annelie Bruwer (neé Eksteen) is

getroud op 21 November 2015.

Op hierdie bladsy is

vier geslag-te Eksteen

troues (1934, 1960, 1985 en 2015)

waarvan die bruidspare elke keer voor die

hoofingang van die NG Kerk Piket-

berg afgeneem is.

Foto’s en inligting verskaf

deur Nolie Eksteen

Page 9: 1 die piketberger feb 2016

9

Page 10: 1 die piketberger feb 2016

10

Versterk Kontantvloei deur Taktiese Belastingbeplanning

In ‘n vorige uitgawe van Die Piket-berger is die onderwerp van belastingbeplanning in die al-gemeen behandel. Daar is onder-skei tussen drie vorms van belastingbeplanning, naamlik stra-tegiese, taktiese en re-aktiewe be-planning. In hierdie artikel word taktiese beplanning bespreek. Taktiese belastingbeplanning is van korttermyn aard en is gerig op belastingbesparings in ‘n spesi-fieke finansiële jaar. Dit bestaan hoofsaaklik uit tydsberekenings-aksies. Indien ‘n ondernemer byvoorbeeld ‘n groot belasbare inkomste vir die huidige belasting-jaar, wat op 28 Februarie eindig verwag, kan hy oorweeg om sekere uitgawes te vervroeg of inkomste te vertraag. Slegs enkele voorbeelde word benoem: * Indien ‘n ondernemer weet dat hy ‘n nuwe voertuig of

‘n stuk toerusting nodig het en hy is ‘n boer of ‘n kleinsake korporasie kan dit vir hom ‘n groot belastingbesparing meebring deur dit voor 28 Febru-arie te koop, want hy kan 50% van die koopprys van die bate teen die huidige jaar se inkomste afskryf.

* In die geval van ‘n kontrakteur kan hy oorweeg om werk wat hy voor 28 Februarie voltooi het eers in Maart uit te faktureer. Die oorskuif van inkomste van een finansiële jaar na ‘n volgende een kan natuurlik weer ‘n belastingprobleem in die volgende finansiële jaar veroorsaak. Dit gee egter aan ondernemers die geleentheid om ‘n behoorlike langtermyn strategiese beplanning te doen, waarin hierdie probleem aangespreek kan word.

Belastingoorwegings moenie altyd die hoofoorweging vir sekere aksies wees nie. Dit moet terselfdertyd uit ‘n kom-mersiële en kontantvloei-oogpunt ook sin maak. Daarom moet die aankope van groot kapitale items op ‘n oordeelkundige wyse beplan en gefinansier word. Benewens korporatiewe belastingaksies kan sekere per-soonlike aksies ook geneem word. Die aankoop van uit-tree-annuïtiete is ‘n voorbeeld hiervan. Heelwat kritiek kan teen die tradisionele uitree-annuïteite ingebring word. Die nuwe generasie uittree-annuïteite skep egter geleenthede wat nie misgekyk moet word nie. Die uit-neem van ‘n redelike groot enkelpremie uittree-annuïteit voor 28 Februarie kan ‘n beduidende verskil aan ‘n per-soon se belastinglas maak. Die neem van gepaste aksies voor 28 Februarie kan ‘n wesenlike en onmiddellike kontantvloeivoordeel mee-bring, want op 28 Februarie moet die tweede voorlopige belastingbetaling gemaak word en as ‘n ondernemer se beraamde belasbare inkomste vir die jaar aanmerklik ver-minder kan word, kan sy voorlopige belasting ook baie minder word. Ondernemers wat advies in verband met taktiese belastingbeplanning voor 28 Februarie verlang, kan ons by die onderstaande nommers skakel. FJS Finansiële Dienste 022 913 2391 of 082 493 3785 of ons webtuiste besoek by www.waardeskepper.co.za

50ste Huweliksherdenking

"Die beste geskenk wat ‘n kind kan kry is twee ouers

wat lief is vir mekaar! Mamma en Pappa, baie geluk met jul 50jr huwe-

liksherdenking op 8 Janu-arie. Baie liefde Rietjies, Dekker, Ousie, Dekkie en

Johann-Chris.

Regs: Hugo en Miemie Ehlers op hul troudag 50

jaar gelede

Foto’s verskaf

JACQUES EHLERS PROKUREURS

het verskuif na

Hoofstraat 54, Piketberg (Langs Le Roux Van Wyk Makelaars)

Tel: 022 913 1144 Epos: prokureurs

@gmail.com Nuwe kantore,

maar steeds goeie,

betroubare diens!

Frikkie Strauss

NG Kerk Braai Vrydag 19 Februarie

Kaartjies by Kerkkantoor

Page 11: 1 die piketberger feb 2016

11

Page 12: 1 die piketberger feb 2016

12

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Droom, Glo, Leef : VLV 2016 Piketberg VLV is baie opgewonde om hierdie jaar met ‘n groot geleentheid af te skop! Lindie Strydom, tree op 12 Februarie om 19h00 in die NG Kerksaal op. Haar tweede boek, “Nou is die tyd” het so pas verskyn; sy het verder haar sangdebuut gemaak en die CD verskyn binnekort op die rakke. Sy is ‘n borrelende, en-toesiastiese persoon en sien ons haar as aanbied-er op die KYKNET-program van Geloof, Hoop en Liefde. Piketberg VLV-lede en gaste word uitgenooi – dis ‘n aandfunksie en almal is baie welkom (mans en dames). Vervolgens verskyn die nuwe 2016 Jaarboekie met die VLV-program en datums binnekort en wil ons graag al die borge/besighede in Piketberg hartlik bedank. Sonder die finansiële ondersteuning en die gemeenskap se betrokkenheid sou die vereniging nie 83 jaar al kon bestaan het nie. Ons waardeer julle almal.

VLV-datums : 2016 12 Februarie : Lindie Strydom (19h00) 10 Maart : Landbou-funksie 12 Mei : Gesondheid 9 Junie : Kunste en Handvlyt 8 September : Openbare Sake 20 Oktober : Leefstyl 10 November : Afsluiting Konferensie : 1 en 2 Maart in Citrusdal VLVK Kongres : 28 en 29 Julie – Port Elizabeth Indien daar enige nuwe intrekkers in die gemeenskap is en graag ‘n interessante en leersame oggend saam met die VLV-dames wil geniet, is u baie welkom om met ons bestuur kontak te maak. BORGE: All About Travel; Avroy Shlain; B’Pretti Beauty; Bella Vita Beauty; Boland Superspar; Bonthuys Bicycles; Cornerstone Café; De Berge Gastehuis; Dr S Scheepers; Drs Smit en Morrison; Dup Meubels; Elfrieda’s B & B; Fat Catz Restaurant; Familiekombuis; Keyah Skin & Beauty; Lemon Tree Selfsorg; Liebco Vleishandelaars; Monrose Hair Design; Oregon & More; Perskepot Boutique; PC Tech; Piketberg Apteek; Piketberg Bandediens; Piketberg Drukkers; Praktika; Stik en Stoffeer, Sandra van Wyk Eiendomme; Skoonheidsalon Sanet; Dr Truter; Total en Spur Winkelshoek.

Page 13: 1 die piketberger feb 2016

13

- shop nou oop

Hoofstraat Piketberg 022 913 2385

Maandae - Donderdae 6vm - 9nm

Vrydae - Sondae 6vm - 10nm

U een-stop gerieflikheidswinkel nou in Piketberg by Van Zyls Garage

Ons verkoop

* Koeldranke * Sigarette * Roomys * Kruideniersware

* Lekkers * Motor Olies * Lugtyd * Elektrisiteit

* Ys * Hout

Page 14: 1 die piketberger feb 2016

14

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Ralie tree uit Na 11 jaar by De Berge Gastehuis is dit tyd vir Ralie Marcus om te groet. Ralie was grotendeels verantwoordelik vir die stryk van die gastehuis se linne. "'n Beter stryker sal jy ver moet gaan soek", is die mening van Ralie se kol-legas. Wanneer sy gestryk het, is elke naat op sy plek en glip die duvet sommer maklik in sy sloop. Ralie het by haar ouma en haar ma leer stryk, in die dae van swart ysters, wat op die primus stofie warm gemaak is. "Sy gaan voorwaar gemis word", praat die kollegas verder. Vir eers gaan Ralie rus, maar 'n eie stryk onder-neming is dalk in die nabye toekoms - of iemand wat so 'n behoefte wil aanspreek, Ralie is die een om by te leer.

Ralie Marcus, voor in die middel, by haar kollegas van De Berge Gastehuis. Kloksgewys van links voor

is Carushka Rabe, Jackie Vlotman, Heather Abrahams en Pauline Abjurahman. Foto’s: Marietha Goosen

En so sit ek my eerste Earl Grey- teetjie vir die dag en drink op die oggend van 6 Januarie. Ek was by Stilbaai saam met my familie en het pas klaar gefiets vir die dag. Selfs my Piketberg buurman, Thys Bester, langs die pad gekry. As ek met vakansie is antwoord ek nie sommer my telefoon nie, maar op dié oggend sit ek met my selfoon reg langs my. Dit is matriekuitslae tyd. Ek hoef nie lank te wag voordat Anlerie Truter my bel nie. Sy is die hoof van ons Onderwys Kring. Ek hoor die opwinding in haar stem. Dis eintlik meer as dit. Sy is aangedaan, trots en baie dankbaar. Ek dink ons almal weet dat die Wes-Kaap se ma-triekslaagsyfer die beste in die land was. Die Weskus Distrik, waarin Piketberg val, was die tweede beste distrik in die Wes-Kaap en het vierde beste geëindig in Suid-Afrika! Ons Kring (Kring 2) doen die heel beste in die Weskus Distrik en kry 93% slaagsyfer in 2015 (82% in 2014). Piketberg Hoërskool het weer, soos in die verlede, ‘n 100% slaagsyfer met 2 A-gemiddeldes naamlik Adriana Visser en Wickus Bronkhorst. Steynville Sekondêr ver-baas ons almal en styg vanaf 70% in 2014 tot ‘n alle-mintige 86,1% slaagsyfer in 2015 met Bjoghan Witbooi wat ‘n A-gemiddelde kry. Baie geluk aan ons twee Hoër-skole, die skoolhoofde, alle personeel, elke ouer en almal wat saam ondersteun, gebid en gehelp het. Ook baie ge-luk aan Kring 2. Piketberg se uitslae plaas ons hoër as die Nasionale, Provinsiale en Distrik se gemiddelde! Alle eer aan die Here! In Piketberg was daar sedert Oktober 2015 ‘n projek aan die gang tussen vyf gemeentes waar vrywilligers aange-bied het om vir matrikulante te bid tydens hul eksamens. In Piketberg het 220 matrikulante die eksamen afgelê en vir elkeen is daar op die naam gebid. Dankie aan al die omgee-tannies (en ooms) wat getrou gebid het. Dankie aan die span van Piketberg Biblioteek wat dit alles gereël het. Wys jou wat kan gebeur as ‘n hele gemeenskap agter hul skole inklim! In 2016 doen ons meer! Ek wil graag almal in ons gemeenskap uitnooi wat graag betrokke wil raak om ons vlak van onderwys te verbeter, om te skakel met Sanet van Niekerk van Kring 2 (081 477 5442). Miskien het julle ‘n kamer wat leegstaan wat ‘n matrikulant kan gebruik om in die middae te studeer, of miskien kan jy help met vervoer, aanmoediging, gebed, skryfbehoeftes, leiding gee oor toekomsplanne of wat ook al. Daar het ‘n nuwe groep Piketbergers pas met matriek begin. Ons sal baie graag hierdie prestasie van Piketberg verder wil verbeter en ons Hoërskole help om nog beter uitslae te kry. As ons almal saamwerk, is ons definitief beter.

Die Biblioteekspan wat agter die skerms gewerk het om matrikulante te ondersteun. Voor Jacklyn Daniels en Crazentia Strauss en agter Jessica Carstens, Vi-youneffer Simpson, Tharine van der Westhuizen en Gerna Croeser. In hul hande hou hulle die koeverte

vas wat elke voorbidder gekry het met die matrikulant se naam en van, vakkeuses, eksamenrooster, ‘n

model gebed vir matrieks en voorstelle vir gebedsversoeke in.

Foto: Hanlie Linde

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Page 15: 1 die piketberger feb 2016

15

Page 16: 1 die piketberger feb 2016

16

Huis AJ Liebenberg hou Kersete

‘n Kersfeesete vir Huis AJ Liebenberg is gereël deur die Beheerraad van die ACVV Piketberg. Baie dankie aan die borge wat hierdie mooi geleentheid moontlik

gemaak het: Daniël Rossouw vir die skenk van skaapboude, Winkelshoek vir sap en wyn en Visser

egpaar vir kersgeskenkies.

Huis AJL se personeel sing tydens die Kersete

Huis AJ Liebenberg se inwoners spog ook met hul eie koor tydens Kersete.

‘n Personeel-funksie is

gehou waartydens personeel

beloon is vir lang jare diens

asook vir getroue diens. Colin Hopley

het opgetree by die geleent-heid, gereël

deur Attie van Breda.

Foto’s: Marie de Villilers

Die Piketberger se Datums vir 2016 Knip uit en bêre

Berigte/Advertensie IN

16 Februarie 22 Maart

3 Mei 23 Mei

21 Junie 19 Julie

23 Augustus 20 September

18 Oktober 22 November

VERSKYN

25 Februarie 1 April 12 Mei 2 Junie

30 Junie 28 Julie

1 September 29 September

27 Oktober 1 Desember

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320

Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na:

[email protected]

Page 17: 1 die piketberger feb 2016

17

022-913 2646

Raak DSTV nou te duur vir jou?

Neem n DVD kontrak uit

en spaar!!!

25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00

Nog meer om uit te kies

Tuinbouklub Struktuurontwerpe Die Tuinbouklub van Piketberg nooi alle inwoners van die dorp, oud-inwoners en nuwe intrekkers om die eerste vergadering van die jaar op Woensdag 3 Februarie in die biblioteeksaal by te woon. Anita Jordaan, ‘n demon-strateur in die blommekuns, demonstreer die maak van strukture uit rottang en riet. Hierdie struktuurontwerpe is veeldoelig en kan op verskeie maniere saam met blomme of loof aangewend word vir versiering by funk-sies soos troues. Die voor-deel van die struktu-urontwerpe is dat ‘n mens dit lank voor die onthaal kan maak en dat enigeen dit kan maak, jy hoef nie ‘n blommekunstenaar te wees nie. Met die geleentheid voeg jy net ‘n paar blomme by en daar het jy ‘n ase-mrowende ontwerp. Kom ontdek jou skeppende kant, dit is werklik terapie om te kan skep en terselfder tyd beïndruk jy sommer jou gesin en vriende ook. Die koste verbonde aan die vergadering is R30 vir nie-lede. Ledegeld vir die jaar is R150. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00, die vergadering begin om 09:30.

Kontakpersoon: Katinka Morrison 082 829 6918

‘n Voorbeeld van die struktuurontwerpe wat Anita gaan demonstreer. Hierdie grootte ontwerp kan maklik op ‘n verhoog gebruik word.

Page 18: 1 die piketberger feb 2016

18

Piket-Bo-Berg se Jaarlikse Groente– en Blomtuin Kompetisie

Die Groente- en Blomtuin kompetisie het afgeskop in September met die uitdeel van saad geborg deur Kaap Agri. Jeremy Bryant het aan almal verduidelik hoe om jou eie erdwurm boerdery te begin. So is almal huis toe met ‘n paar "Red Wriggler" erdwurms en saad. Diegene wat hul erdwurms aan die lewe kon hou, is beloon met kosbare erdwurm piepie (vermitea) wat jou plante 'n nuwe lus vir die lewe gee. In Desember is almal, op die verskillende plase, se tuine besoek. Die sukses verhale rondom die erdwurm piepie het ingestroom. Dit was so moeilik om die wenners te kies, nadat almal soveel inisiatief en harde werk ingesit het. Baie geluk aan al die wenners, maar ook aan almal wat deelgeneem het. Wat is nou lekkerder as groente uit jou eie tuin op die tafel en 'n mooi tuin as jy by jou voordeur uitstap? Hierdie kompetisie gaan oor baie meer as net die kwaliteit groente en mooi blomme. Dit dien beslis as 'n agent vir verandering. Dit help deelnemers om 'n trots te ontwikkel wat nêrens gekoop kan word nie. Die wenners het die aand weggestap met groot kontant pryse, geborg deur die Piket-Bo-Berg Inwonersvereni- ging. Dankie ook aan Kaap Agri vir gieters wat geborg is. ‘n Groot dankie aan al die borge wat die kompetisie moontlik gemaak het.

Berig en foto’s: Gus Pickard

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600

Ons vier die maand van Liefde! Kom kry iets spesiaal vir jou

valentyn. Hou ons facebook blad dop vir foto’s.

Piket-bo-Berg Cycle Chal-lenge was one of the five fi-nalists competing for prize money as part of the Western Cape Government’s roll out of support to public events in the province. Delanie Jooste, or-ganiser of the cycle event pitched with the finalists at the first ever Events Incubation Conference in Cape Town. The competition called for creative and exciting ideas which could stimulate growth of the event and in turn in-crease positive socio-economic and environmental impacts within the host town. Delanie’s presentation had both judges and audience dazzled and no one was sur-prised by the announcement. Well done to Delanie and the team! This year’s challenge will take place on 10 September.

Delanie Jooste with competing finalist, Anthony Penderis.

Page 19: 1 die piketberger feb 2016

19

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 20: 1 die piketberger feb 2016

20

deur Jannie Lategan

Dit was ‘n helder sonskyndag, ’n paar jaar gelede, die berge aan die Oosterkim was netjies afgeëts teen die helderblou wolke. ‘n Mooi dag om op Piketberg te wees. Skielik hou hier ‘n Transvaalse Mercedes Benz motor stil en ‘n vrou met ‘n flinke stap kom nader. Met haar ont-moeting, kon jy sien dat sy weet wat sy graag wil hê. Dit het nie lank geneem voordat sy die huis gevind het wat sy haar hart op gesit het nie. Met slegs eers ‘n oproep na haar dokter seun, Wikus in Johannesburg, word die ooreenkoms gesluit. Marie Nienaber het haar stil-stil in Piketberg ingenestel. Sy het nie omgegee om aan mense te sê waar haar ver-houding met haar Vader staan nie. Sy kon met oortuiging praat en met insig en kennis oor Die Bybel. Wanneer sy ingeloer het vir ‘n koppie tee, het sy nooit gegroet voordat sy nie gevra het dat ons hande vat en het sy ‘n gebed gedoen. Dis dieselfde Marie wat die hospitaal geskakel het en voordat die pasiënt die teater binnegaan, net die dokter gevra om vinnig ‘n gebed te doen nie. By die rolbal was sy ‘n vasbyter en het tot onlangs nog gereeld rolbal gespeel. Haar kuier verlede jaar by haar dogter Annie (ook ‘n mediese dokter) in Nieu Seeland, het ongelukkig sleg begin, toe sy daar geval het en ge-hospitaliseer moes word. Sy het daar vir maande gebly om eers tot ‘n mate te kon herstel ná die val voordat sy kon terugkeer na Piketberg. Sy het altyd met die grootste lof van mense gepraat wat sy ontmoet het en wat ‘n rol in haar lewe gespeel het en vir wie sy ook ondersteun het. Haar oorsese sangtoer met Die Bergrivier Koor was ‘n absolute hoogtepunt in haar lewe. Haar kinders was haar prioriteit en het heel beskeie eers baie later genoem dat haar skoondogter, wat met haar seun Wikus in Johannesburg getroud is, Ezilda Becker is…die baas van die Tydskrif De Kat. Dan is daar nog Johannes wat by haar gewoon het en ‘n dogter op St Helenabaai. Marie Nienaber het na Piketberg gekom om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Sy het suksesvol daarin geslaag. Marie het stilletjies heengegaan toe haar Vader haar tydens haar middagslapie op Maandag 18 Januarie 2016 kom haal het. Marie se plek is nou leeg in die kerk, by die bybelstudie, wyksbyeenkomste, agter die klavier by Huis A J Liebenberg en Vrydagoggend se bidstond. Haar plek is leeg by die Rolbalklub. Ons eer die nagedagtenis van ‘n talentvolle en ‘n gelowige vrou. Die vrou wat flink uit haar motor gestap het, het met ‘n visie na Piketberg gekom en dit geleef.

’n Huldeblyk aan Marie Nienaber

1915 tot 2015

E-Pos: [email protected]

Kantore en konferensie fasiliteite te huur.

Langstraat, Piketberg. Kontak Belinda de Kock

022 913 2333

Te Huur

Recon Cylinder heads (Skim & P/test) Resleeve engines Rebore engines Grind & Polish Crankshafts Assemble Engines Service & Repair on all makes and mod-

els Aluminium and Stainless Steel and

Cast Iron Welding Diagnostics on all Vehicles Bearing Press

And many more!!! We are RMI, SA Warranties, Motorite, AMP, Hol-

lard approved and many more!!

14 Voortrekker Street, Piketberg

Page 21: 1 die piketberger feb 2016

21

Page 22: 1 die piketberger feb 2016

22

20 Jaar Gelede — Februarie 1996

VOORBLAD: Amanda Lategan, dogter van Jannie en Rosa Lategan het so pas haar studies in die studierigting MBChB suksesvol voltooi. Sy was in 1989 hoofdogter en Dux-leerling van PHS. Michelle Louw van Hoërskool Piketberg en Vernon Julius van Steynville Sekondêr het albei A-gemiddeldes behaal. Sportseun van die Jaar 1995 - Derick Hougaard is vir die derde agtereenvolgende jaar gekies as sportseun van die jaar vir die Laerskool-afdeling van PHS. Isa Eksteen is PHS se sportmeisie van die jaar en ook Dux-leerling van 1995 in die Senior Primêre afdeling. Die wenner van die Akademiese prys in die Laerskool-afdeling van PHS is Eleanor Müller.

ADVERTENSIE PIQ-A-BURGER RESTAURANT *Hamburgers en chips - R10.25

*Sirloin Steak en Salads en chips - R19.95 *Pizza en salads - vanaf R9.95

———- PLAAS TE KOOP - PIKETBERG

10ha met sterk boorgat, ongeveer 6ha geskik vir vrug-tebome, res geskik vir boegoe, proteas of rooibostee, op die berg, asemrowende uitsig, pragtige 4-slaap-

kamer houthuis met 3 badkamers, mooi kombuis, sit-, eet– en tv-kamer en kantoor. Ruim stoor met trekker en

implemente 1200 vrugtebome, arbeidershuis R390 000.00

REKENMEESTERSKLERK BENODIG

Rekenmeestersfirma in Piketberg benodig die dienste van ‘n boekhoudster. Dit moet ‘n

persoon wees met kennis van Pastel en verkieslik met vorige ervaring by ‘n rekenmeesters-firma. Persone wat ander ge-

vorderde boekhouwerk gedoen het, sal ook oorweeg word.

Dit kan ‘n halfdag of voldag pos wees.

Stuur asb CV’s na [email protected]

of lewer af by Voortrekkerstraat 97

Sluitingsdatum 12 Februarie 2016

Kom proe die somer! Piketberg Toerisme hou weer Somermark op Saterdag, 20 Februarie op die Museumgronde. Die mark fokus slegs op tuisgebak/gemaak en handvervaardigde produk-te van die omgewing. Kom koop vrugte van die kon-trei. Vars druiwe, Piket-bo-Berg vrugte, ingelegde konfyte en vars gebak. Stalletjies sal proe porsies aanbied en gratis waatlemoen- en spanspekskywe sal ook uitgedeel word. Vir die kinders bied ons ‘n spring-kasteel, terwyl ma en pa lekker middagete kan geniet. Om 10:00 en 12:00 sal daar gratis begeleide Historiese Piketberg Staptoere aangebied word wat vlugtig by al die historiese geboue in Kerk-, Hoof-, en Voortrekkerstraat sal aandoen. Belangstellendes moet net by die Museum ingang ontmoet. Kom geniet gerus al Piketberg se lekkerte!

Stalletjie aansoeke kan nog tot 5 Februarie gestuur word aan

[email protected].

Vir navrae skakel gerus die toerisme kantoor by 022 913 2063.

Working on Fire in Piketberg

The 26 fire fighters from Working on Fire in the Eastern Cape arrived safely in Piketberg.

26 Fire fighters from Working on Fire (WoF) Eastern Cape recently arrived safely in Piketberg to provide much needed support to the Western Cape as many fires have swept across the province over the past few weeks. The team has currently been dispatched to assist local fire authorities with a fire that broke out in Citrusdal. As part of a resource sharing agreement between WoF and the Provincial Disaster Management Centre, the Stut-terheim team will be stationed in Piketberg under the su-pervision of the Greater Cederberg Fire Protection Asso-ciation. Since December, the Western Cape utilized just under 800 fire fighters who provided fire suppression services to local fire authorities in battling more than 70 veld fires throughout the province. Working on Fire, the National Department of Environmen-tal Affairs Expanded Public Works programme is instru-mental in fighting veld and forest fires. Today the pro-gramme employs more than 750 young men and women who have been fully trained as veld and forest fire fighting and are stationed at over 25 bases throughout the West-ern Cape.

Article and photo: Lauren Howard, Provincial Communications Officer - Working on Fire

Page 23: 1 die piketberger feb 2016

23

Page 24: 1 die piketberger feb 2016

24

Page 25: 1 die piketberger feb 2016

25

'n Groep van 22 leerders wat weekliks die plaasbiblioteek op Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg, besoek, het einde 2015 'n besoek aan die Waterfront gebring. Die akwari-um, 'n bootrit deur die hawe en speeltyd in die nuwe stadspark (Urban Park) in Groenpunt was van die hoogtepunte van die dag. Vra jy egter die kinders wat hulle die beste onthou van die dag, is dit beslis die rit op die roltrap en die "deurskynende" hyser. Sedert 2002 het hierdie biblioteek gegroei van sowat vier kinders tot die 30 - 40 kinders wat elke Dinsdagmiddag die biblioteek besoek. Hier word onder andere lees- en wiskunde bystand verleen aan die kinders en verder het hulle die geleentheid om met opvoedkundige speelgoed te speel en boeke en tydskrifte te lees. Sedert 2015 word daar ook fluitlesse aangebied. 'n Tienergroep kom elke Dinsdagaand saam met 'n paar fasiliteerders by die biblioteek bymekaar waar hulle sake van belang be-spreek. Tydskrifte, Afrikaanse kinderboeke, inkleurkryte, opvoedkundige speelgoed en enige musiekinstrumente is altyd welkom. Op die oomblik verlang ons enige vorm van dromme of tromme vir die tienergroep. Vir meer inligting kan u Riëtte Bryant skakel by 022 914 5652.

Aangetrek in hul reddings-baadjies, sit Wildene en

Meldine op die boot in die Waterfront tydens hul

uitstappie na die Waterfront.

Die wiel-swaai by die stadspark in Groen-punt het groot aftrek gekry en baie gejil

uitgelok.

Gaan hy byt? Clinton, Melvin en Damion is maar

versigting om aan die seester te vat tydens hul

uitstappie na die akwarium.

Die kinders was in vervoering voor die groot tenk waar die visse lewensgroot voor hulle verby geswem

het.

Plaaskinders besoek Waterfront

'n Groep leerders by die taspoel in die

akwarium waar hulle hul hande in die water

kon steek.

Foto’s: Riëtte Bryant

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected] Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Besorgd oor jou Medemens Dis hoe ‘n mens vir mekaar moet uitkyk. Toe Dollie du Plessis, ‘n inwoner van Huis AJL, opmerk dat Sakkie Burger nog nie teen 3nm op 1 Januarie sy kos, wat hy gereeld by die tehuis ontvang, kom haal het nie, het sy begin bekommerd raak. Sakkie is altyd stiptelik om sy middagetes te kom afhaal. Nadat sy hom probeer bel het, maar net sy ‘voicemail’ kry het, het sy besluit om die poli-sie te vra om te gaan kyk. Ook hulle het geen antwoord by sy woonstel in die dorp gekry nie en toe besluit om die deur oop te breek. Daar het hulle hom in sy woonstel gekry, erg ontwater en bitter swak agv die versengende hitte. Die polisie het met hom hospitaal toe gehaas en, danksy Dollie en die flink optrede van die SAP, kon Sakkie weer aansterk. Oom Sakkie is egter op 20 Januarie oorlede. –Red

Page 26: 1 die piketberger feb 2016

26

Biddy se Balletskool het 20015 afgesluit met die opvoering getiteld "Die Luie Herfs". Die opbrengs was tbv Die Instituut vir Dowes.

Page 27: 1 die piketberger feb 2016

27

By Besige Bytjies nooi ons alle kindertjies van 0 – 5jaar om te kom kuier in ons goed toegeruste skooltjie. Die huis in Eikelaan 11 het ‘n vertrek vir elke aktiwiteit – ‘n kamer vir opvoedkundige speletjies, een vir kuns, een vir sommer net individuele speletjies, ‘n eet area, kombuis, ruskamer, babakamer, TV-kamer en volledige badkamer. In een van die lokale word bewegingsaktiwiteite aange-bied, meestal op die maat van musiek. Die buite area is gelieflik ingerig met ‘n stewige klimapparaat, ‘n glybaan en prettige sandputte. Dit alles is binne ‘n veilige om-heinde gebied. Die dagprogram verloop soos volg: Die dag word op ‘n gepaste wyse begin met ‘n Bybelstorie, sang en gebed. Daarna volg ontbyt en is dit tyd vir die babas om ‘n kort slapie te geniet. Die res van die kleuters beweeg na die mat vir oggendkring. Tydens oggendkring word die weer van die dag bespreek en is dit ‘n geleentheid om van die seisoene te leer. Die weerkaart word voltooi en die dae van die week en die maande van die jaar word geleer. Na oggendkring word die tema van die week bespreek waar-na dit tyd word vir ‘n kunsprojek, ‘n vinnige verversinkie en dan heerlike sorgvrye buitespel. Na buitespel word daar afwisselend musiek, beweging of opvoedkundige spel soos legkaarte en rygwerk aangebied. Mirina Liebenberg is ‘n opgeleide Vroeë Kind Ontwikkel-ing (VKO) Praktisyn. Sy het haar driejaar kursus voltooi aan Boland Kollege en verwerf haar VKO Vlak 5 Hoër Sertifikaat. Sedertdien was sy in diens van Jacobus Liebenberg waar sy vir Adi opgepas het vir byna 6 jaar. Besige Bytjies het ‘n bekwame assistent, Leah De Wee, wat vir 19 jaar by Trippe Trappe ‘n bekende en geliefde gesig was. Beide Mirina en Leah het ‘n besondere liefde vir veral die kleiner kind. Ons nooi elke maatjie uit om by Besige Bytjies saam te kom speel en ook speel-speel te leer. Ouers wat Besige Bytjies wil besoek is welkom om voor 8 in die oggend en na 12 in die middag dit te doen. Eikelaan 11 is op die hoek van Eikelaan en Loopstraat. Eikelaan kan ook bereik word vanuit Langstraat tussen Fox Build it en B&M Elektries.

By Besige Bytjies is almal baie gelukkig. Juffrouens Mirina Liebenberg en Leah de Wee by Elsje van Schalk-

wyk, Katinka Visser, Rhinus Etsebeth, Nikita Vermeulen en San-Marie Hanekom.

Die veilige en netjiese opset waar Besige Bytjies Bewaarskool geleë is in Eikelaan.

Page 28: 1 die piketberger feb 2016

28

PHS se Graad R’s van 2016

PHS se Graad R-klas met juffrouens Maria Joubert, Marili Hanekom en Luy-Anne Pienaar.

PHS onderwysers se kinders skool toe

Christiaan by sy pa, Wian Koch, wat die RTT onderwyser is.

Jana by haar ouers, Adriaan en Jo-Anne Lubbe. Adriaan gee Wiskunde Geletterdheid en Jo-Anne

Engels.

Johan by sy ouers, Jacques en Iza Schreuder. Jacques gee NW Teg en Iza graad 3.

Foto’s: Marietha Goosen

Hoofstraat, Piketberg (Langs Van Zyls Garage)

076 433 8944

Ligte Etes ook

beskikbaar vanaf

1 Februarie

Mnr en Mej PHS word gekroon op 18 Februarie om 18:30 in die skoolsaal.

Die tema van die aand is trots Suid-Afrikaans.

Kaartjies vir hierdie opwindende geleentheid is beskikbaar by PHS.

Page 29: 1 die piketberger feb 2016

29

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

PHS se Graad 1’s

Foto’s: Marietha Goosen

Page 30: 1 die piketberger feb 2016

30

PHS se Graad 1 klasse

Mrs Susan De Vries with grade 1 (English).

Mev Hanlie Olesen met graad 1.

Mev Suné Rheeder met graad 1. Foto’s: Marietha Goosen

Halfdag huishulp. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Betrekking Aangebied

Esna Brand Piet Retiefstraat 17, Piketberg

022 913 1020 of 082 830 6110 Na ure ook beskikbaar

Bio Sculpture Gel Naels Februarie spesiaal

20% afslag op french en rooi gel.

Kom bederf jouself, maak nou die afspraak en terwyl jy daar

sit, blaai deur die HONEY boekie en kry vir jou nog 'n ietsie mooi net omdat ons

vrouens so spesiaal is.

En as jy dink pappa gaan afgeskeep voel dan kry jy vir

hom van die FLIPPEN LEKKA SPICE.

Page 31: 1 die piketberger feb 2016

31

Graad 1’s word op die pad gesit Een van die tien doelwitte van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) is om ondersteuning te bied aan voor-skoolse kinders en kinders in die laer- en hoërskool binne die grense van Piket-Bo-Berg. Tydens verlede jaar se Cycle Challenge is Korporatiewe spanne genooi om in spanverband in te skryf en sodoende aan ‘n kompetisie binne die Cycle Challenge deel te neem. Hierdie toevoeging tot die Cycle Challenge is in sy kinderskoene en verlede jaar het net een span, Univeg, ingeskryf. Die bestu-ur van die PBBIV het dit goed gedink om die inskrywingsfooi te gebruik om elke kind wat vanjaar by Stawelklip Primêr in Graad 1 ingeskryf is, se lewe makliker te maak. Die besluit uiteindelik was dat elke kind in Graad 1 van ‘n rugsakkie voorsien word, tesame met die lys van skryf-behoeftes wat benodig word. ‘n Maatskappy in Stellen-bosch is genader om die rug-sakkie, met die PBBIV se logo daarop, te maak. Al die skryfbehoeftes is aangekoop en so is elke Graad 1 kind voorsien van ‘n uitveër, skêr, potlood, skerpmaker, inkleur-potlode, inkleurboek, uitdraai kryte, pritt en ‘n “flip file”. Met die opening van die skool op Woensdag 13 Januarie het die voorsitter van die PBBIV, Eric Starke, tesame met die ondervoorsitter, Deidré Eigelaar, die PBBIV koördineerder, Gus Pickard en ‘n bestuurslid, Denver Adams, die sakke aan dertig ingeskrewe Graad 1 kinders oorhandig. Nodeloos om te sê het hierdie groot oog kinders se blydskap geen perke geken nie. Die skool bestuurder, Mnr Pietersen en die Graad 1 opvoeder, Brenda Marcus, is van mening dat die skenking ‘n baie groot impak sal hê op die begin van die kinders se skool

loopbaan. Met hierdie sken-king kon die bestuur van die PBBIV reg aan die begin van ‘n nuwe jaar een van die doelwitte aanspreek en hopelik, met die hulp van vennote, kan hierdie fantas-tiese inisiatief ‘n jaarlikse instelling word. Kinders het baie keer net iewers op hul pad iemand nodig wat hulle in die regte rigting stuur. Hierdie skenking was dalk net wat die Graad 1’s van 2016 nodig het om hulle drome te verwesenlik.

Hierdie Graad 1-leerdertjie kan sy oë nie

glo dat hy pas 'n splinternuwe skoolsak

van Eric Starke ontvang het nie.

'n Splintenuwe skoolsak vir die begin van my

skoolloopbaan kan mos net goeie dinge

beteken.

Brenda Marcus (opvoeder), Deidré Eigelaar (PBBIV), Mnr Pietersen (skoolbestuurder), Gus Pickard (PBBIV), Eric Starke (PBBIV) en Denver Adams

(PBBIV) saam met die Graad 1's van 2016. Berig en foto’s: Gus Pickard

Dit sal baie goed wees om in 2028 in die rondte te wees om te sien hoe goed hierdie kinders in matriek gedoen het en om dan te sien watter impak ‘n inisiatief soos hierdie gemaak het. Laat ons hulle egter dophou, want groot dinge gaan kom!

Piket-bo-Berg Jeug onder leiding van die AGS Moutons-vallei Jeug het 2016 in “Style” afgeskop.

Piket-bo-Berg Jeug

Elmarie en Courtney, links en Michell en Lizaan.

Page 32: 1 die piketberger feb 2016

32

Steynville Primêr se Gr R’s

Juf Elmarié Abrahams met Graad R3.

Juf Lynette Williams met Graad R5. Foto’s: Marietha Goosen

Juf Elouise Julius met Graad R4. Juf Veronique van der Byl, student aan die kollege op

Citrusdal en Juf Marianne Fortuin met Graad R2.

Juf Gerty Esau met Graad R1.

Siphenkosi

Protection Services

Your security Our priority

Now in Piketberg (behind Rangers)

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control.

Contact for free

Email: [email protected]

Phone: 022 913 1128 Cell: 062 286 9583

Your security Our priority

Die volgende Piketberger verskyn op 25 Februarie

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 16 Februarie

Stuur na: [email protected]

Hou dop vir Class of 2028

Page 33: 1 die piketberger feb 2016

33

PIKETBERG

Tel. 022 913 1101

BMX Specials vir Januarie

Avalanche DV8 vir slegs R1 750

Fusion Raptor vir slegs R1 450

15% Afslag op alle Bell Helmets

Groot special op Avalanche Reflex 29er

Slegs R3 680

Camelbak Rogue vir slegs R950 gewone prys R1195 (terwyl voorraad hou)

Feva Foam Starseat vir slegs

R550

Page 34: 1 die piketberger feb 2016

34

Steynville Sekondêr se drie toppresteerders is Bjoghan Witbooi, Wilnite Cloete en Sarelle Klaase. Bjoghan is die toppresteerder en A-kandidaat en

gaan Chemiese Ingenieurswese studeer by CPUT, Wilnite gaan BA-tale studeer by die Universiteit Wes-Kaap en Sarelle Fisioterapie by die Universiteit Wes-

Kaap. Saam met hulle op die foto is mnr F D Saal, hoof van Steynville Sekondêr, links en oudskolier

Wilden Hector, teologiese student in sy 3de jaar aan die Universiteit Stellenbosch, regs. Wilden het die

opening waargeneem op 13 Januarie. Foto verskaf

Steynville Sekondêr se Top 3

Hoërskool Piketberg het weer ‘n 100% slaagsyfer. ‘n Trotse Marius Scholtz, skoolhoof, saam met 2015 se A-kandidate is Wickus Bronkhorst 84% en Adriana

Visser 81%. Baie geluk aan al die matrieks. Foto: Sanet Ackermann

PHS leerders ontvang akademiese erekleure, agter, Johan Visser, Jac Goosen, Barend Smit, Harry Roux

en voor Ané Nelson en Glenda Dietrich. Foto: Sanet Ackermann

Hoërskool Piketberg se Biblioteek prefekte vir 2016 is agter: Lizaan Smit, Anika Jordaan, Ilanri van Rossum,

Lea de Vries en Lize Visser. Voor: Vernelle van Zyl, Bea Pieters, Renay Esau, Maryna Hagen en Joshline

Lintnaar. Foto: Sanet Ackermann

Koningin Ester se Kuns kry A Ester Smit het Visuele Kuns as vak by Die Coetzee Ateljee geneem. Vir haar Graad 12 praktiese projek, het sy besluit om Ester Smit met Ester van die Bybel, te kombineer. Ester van die Bybel was ‘n gewone Joodse meisie wat koningin van ‘n magtige koninkryk geword het. Ester Smit is ‘n gewone meisie in Piketberg, maar triom-feer as koningin oor ‘n hartseer verlede. Haar praktiese projek was ‘n installasie wat ook simbolies met die tabernakel vergelyk is. Die derde deel van die taber-

nakel is die Allerheiligste genoem. Ester se kunswerk het die toeskouer progressief gelei tot by haar allerheiligste, waar sy totale Vryheid gevind het en die kroon van heerskappy oor haar eie lewe opsit. Ester het haar kuns gebruik tot vrymaking van negatiewe emosies en gebeure en verwerf ‘n A-simbool vir die vak in Matriek. Ons is baie trots op jou, Ester!

PHS se slimkoppe

Erekleure vir top skoliere

Biblioteek Prefekte

Lees ook Hanlie Linde se verslag op p14 oor die matriekuitslae van Kring 2 in die Weskus Distrik.

Page 35: 1 die piketberger feb 2016

35

Steynville Sekondêr se Top Tiene

Kloksgewys van links agter is 2015 se graad 8's: Donita Britz, Riduwaan Otto, Jaseron Engelbrecht,

Hadley Thomas, Lizaan Kok, Ralton Adams, Jay-dee Hanekom, Jhacola Carolus, Clayton van Wyk, Sane

Swarts en Ashlynne Holloway.

2015 se graad 9's is agter Jasmine Mackay, Hazel Daars, Gavin de Wee, Allison Diedericks, Zealke

Kayster en Jemina Jaars. In die middel is Sinead Jant-jies, Raquel Adams, Dominique Januarie, Joanique

Claasen, Joslynn May en Lauren-Leigh Beukes. Maril-lie Pedro is afwesig. Voor is Keshe Syse, Sandra

Davids, Tino Januarie, Faith Greeff en Helene Cloete.

Steynville Sekondêr het pas die leerders aangewys wat aan die einde van 2015 die Top Tien persentasiepunte in elke graad behaal het. Die leerders is in volgorde van prestasie gerangskik.

Kloksgewys van links agter is 2015 se graad 10's: Chloë February, Silique Klaase, Marildia

Akermerdien, Lorentia Ambraal, Jaquelize Louw, Selena Faro, Shunay Balie, Ivan Erasmus, Fernich

Saal en Christo Britz.

Kloksgewys van agter links is 2015 se graad 11's: Jurgen Willemse, Christophai Booise, Rochelle

Swarts, Monique Smith, Shannon Rosant, Patricia Erasmus, Matthew Toontjies, Ashley George en

Caron Petersen. Donovan Christiaans is afwesig. Foto’s: Marietha Goosen

Kersspel 2015 Kerssang 2015

Page 36: 1 die piketberger feb 2016

36

Kix werk gedurende 2016 vir die Otjiekos-projek, waar ons leer hoe om

bedelaars te hanteer. Deur vir 'n bedelaar geld te gee, word "toxic charity" genoem. Dis beter om jou bydraes te maak vir or-

ganisasies - dan word die geld aangewend waar die werklike nood is.

Su-mari Hanekom is ‘n penkop van die Bergrivier Varswaterklub. Sy het on-

langs dié 6.9kg karb gevang by Verlorenvlei.

Die meeste vis vir die dag was 64 en gevang deur

Anton Botha. Die voorsitter van die klub

is Apie Scholtz.

Foto verskaf

Carli Basset is opgeneem in die Boland o/13 tennis-span. Sy neem deel in die Maart skoolvakansie aan

‘n toernooi te Port Elizabeth.

Foto:

Sanet Ackermann

PHS se Krieket Uitblinkers

Matthew Somers het deelgeneem aan die Boland o/13 Nasionale Krieket Toernooi en Lyle Booyse aan die

Boland o/13 Interprovinsiale Krieket Toernooi. Foto: Sanet Ackermann

‘n Groepie mammas met hulle onder 2-jarige

swemmertjies.

Foto: Gielie Visser

Juan de Jongh, Springbok senter en WP-kaptein, wat PHS se sportprysuitdeling as gasspreker bygewoon

het, het daarna 'n bedrag van R5000 geskenk aan ACVV en BADISA. Saam met skoolhoof, Marius

Scholtz, links en Jacques Schreuder, organiseerder, regs is Cornell Nel, ACVV en Hannie Visser, Badisa

met die oorhandiging van die tjek. Foto: Sanet Ackermann

Juan se R5 000

Alison se Swemmers

Sport Uitblinkers

Page 37: 1 die piketberger feb 2016

37

Oud PHS’ers kry graad

Schreuder Burger het sy B.Ing–graad verwerf aan die Universiteit Stellen-

bosch. Foto verskaf

Carla Smit het die BSc Fisio-terapie, 4 jaar graad

verwerf. Foto verskaf

Weer saam skool toe

Retha van der Merwe (neé Liebenberg) en Anchen van Coller (neé De Villiers) was saam in PHS van gr 1 tot 12 en nou is hulle eerstelinge saam skool toe by Olifantsriviervallei Laerskool in Citrusdal. Retha en Anchen se Gr 1 juffrou was Rianna (Bruce) Eksteen. Te oordeel aan Carli en Minke se gesiggies, val die

appel nie ver van die boom nie. Foto verskaf

Nuwe Opvoeders in Piketberg

Twee nuwe opvoeders is

aangestel by Steyn-ville Primêr.

Stacey Booys (links) by Graad 1

en Shamoné Ludick (regs) by

Graad 3.

Foto: Elzanne Boshoff

Hoërskool Piketberg verwelkom Adri van Heerden, NW Teg opvoeder Intermediêr, Laetitia van der Westhuizen, gr 3-opvoeder en Virnen Ludick,

opvoeder vir Afrikaans. Foto: Marietha Goosen

Tuingrond - Piketberg area.

Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Gesoek

Page 38: 1 die piketberger feb 2016

38

PHS hou kleuresport

Junior Victrix Ludorum is Ilanri van Rossum

Junior Victor Ludorum is Damien Markus

Senior Victrix Ludorum is Janke van Schalkwyk

Senior Victor Ludorum is Junior January

Die Geelspan se tema is "Go Greek" met leiers Matthew Luyt en Lize-Marié

Engelbrecht en gelukbringer Lené Loubser. Die Geelspan was die

wenners van die dag.

Die Blouspan se tema is "Death Racers" met leiers

Jamile Sait en Celest du Toit en gelukbringer Kathy-Ann de

Waal. Die Blouspan het die sangbeker gewen.

Die Rooispan se tema is "Superheroes" met leiers Bendert Smit en Melissa

Beck en gelukbringer Stephanie Malan.

Die Geelspan se sjampanje -nooi en -heer

is Micaela Booys en Kaywill du Toit, links.

Die Blouspan se sjampanje -nooi en -heer

is Chrizane Stephan en

Wiltino Schaf-

fers, regs.

Foto’s: Marietha Goosen

Rooispan se sjampanje -nooi en -heer is Liana Prins en Sakkie Burger.

Page 39: 1 die piketberger feb 2016

39

Ray van Rooy hou Kersfunksies vir die bejaardes en kinders

Boland Superspar bied ‘n rewards program aan. Op

hierdie program kry jy winskopies en is sekere produkte elke twee weke

goedkoper. Al wat jy hoef te doen, is om ‘n kaartjie te

vra by die kasregister en te registreer! Vir 6 maande

word daar ook nou ‘n kom-petisie geloods. Al wat jy

hoef te doen, om jou trollie of inkopies gratis te kry, is om jou rewards kaart met

elke aankoop te “swipe” en jy kan wen soos hierdie twee gelukkige dames!

Rewards Program Kompetisie 2015 - 2016

Ray van Rooy hou elke jaar drie groot funksies vir die gemeenskap, naamlik die kersfunksies vir die bejaardes en die kinders en dan sy New Years Bash. Boland Superspar is trots om te sê dat ons met alle erns hierdie gemeenskapsprojekte onder-steun het en dat dit met die hulp van die gemeen-skap ‘n sukses was. Baie dankie vir elkeen se

WE Love our competitions

bydrae asook elkeen wat vir die kinders ‘n gesken-kie gekoop het en by die winkel kom ingee het. Dankie aan Ray van Rooy en Bergrivier Munisipali-teit dat julle die gemeenskap se belange op die hart dra. Boland Superspar is deel van die gemeenskap in diens van die gemeenskap.

Page 40: 1 die piketberger feb 2016

40

WE

OUR

Boland Superspar het op 13 Desember hul jaareindfunk-sie gehou. Daar is soveel personeellede wat gedurende die jaar hard werk en saam met die winkel groei, elke jaar is daar vier toekennings wat gewen kan word. Een vir beste vordering, een vir beste kliëntediens, een vir staat-maker van die jaar en dan spanlid van die jaar. Hierdie jaar se wenners was Handré Geldenhuys vir Beste Vordering, Handré werk in die stoor; Charlene Fortuin vir

Beste Kliëntediens, Charlene werk as ‘n “Supervisor”

Handré Geldenhuys wat die prys vir Beste Vordering gewen het.

Ons Is Trots Op Ons Personeel!

Charlene Fortuin wat die Beste Kliëntediens toekenning ontvang het.

Santie Van Den Berg, regs, Staatmaker van die Jaar.

STAFF

Sally Dietrich wat Spanlid van die Jaar ontvang het.

voor by die kassiere; Santie Van Den Berg vir Staatmaker van die Jaar, Santie is die Front End Bestuurder en Sally Dietrich vir Spanlid van die Jaar, Sally is die “Supervisor” van die slaghuis. Boland Superspar wens elkeen van hulle baie geluk en sê dankie vir hulle harde werk en toewyding. Dankie ook aan elke ander Boland Superspar personeellid vir julle harde werk in 2015, ons waardeer dit en ons weet 2016 gaan net goeie dinge vir die winkel in-hou!