8
Jaargang 20 Nr. 8 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R2,00 September 2013 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Ons besighede...p4 SA Jongwynskou...p5 Suiderland gee dona- sies...p8 Toerisme se wenfoto...p9 VLV– en Tuinbou Nuus...p10 Wat sê die reg...p14 PCS-nuus...p22 Vrouedag Vierings...p24 Badisa vier 10jaar...p26 PHS Kultuuraand...p27 Interskole...pp 28 & 29 Wiskunde Wenners...p30 PHS wen Interskole the green tree café JJ Stander, hoofseun en Ané Venter, hoofdogter saam met Marius Scholtz, skoolhoof. ‘n Modderbesmeerde seëvierende PHS se 1ste rug- byspan. Die telling was 19-5. Foto’s: Marietha Goosen Hoërskool Piketberg het op 17 Au- gustus die interskole kragmeting teen Hoërskool Porterville gewen. Dít na ‘n week van opwinding ter voor- bereiding vir interskole tesame met erge weersomstandighede. Op rugby- velde wat gelyk het soos modderbad- dens, het PHS as oorwinnaars van die dag geseëvier. Die son het geskyn ty- dens die eerste netbalspan se wed- stryd, maar van die ander netbal is gespeel in gietende reën. PHS het die rugbytrofee gewen asook die algehele Interskole puntetrofee, wat kultuur in- sluit, met 58 punte teenoor 44.

Piketberger SEPT 2013 1

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Local Newspaper

Citation preview

Page 1: Piketberger SEPT 2013 1

1

Jaargang 20 Nr. 8 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R2,00 September 2013

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Ons besighede...p4 SA Jongwynskou...p5 Suiderland gee dona-sies...p8 Toerisme se wenfoto...p9 VLV– en Tuinbou Nuus...p10 Wat sê die reg...p14 PCS-nuus...p22 Vrouedag Vierings...p24 Badisa vier 10jaar...p26 PHS Kultuuraand...p27 Interskole...pp 28 & 29 Wiskunde Wenners...p30

PHS wen Interskole

the green tree café

JJ Stander, hoofseun en Ané Venter, hoofdogter saam met

Marius Scholtz, skoolhoof. ‘n Modderbesmeerde seëvierende PHS se 1ste rug-byspan. Die telling was 19-5. Foto’s: Marietha Goosen

Hoërskool Piketberg het op 17 Au-gustus die interskole kragmeting teen Hoërskool Porterville gewen. Dít na ‘n week van opwinding ter voor-bereiding vir interskole tesame met erge weersomstandighede. Op rugby-velde wat gelyk het soos modderbad-dens, het PHS as oorwinnaars van die dag geseëvier. Die son het geskyn ty-dens die eerste netbalspan se wed-stryd, maar van die ander netbal is gespeel in gietende reën. PHS het die rugbytrofee gewen asook die algehele Interskole puntetrofee, wat kultuur in-sluit, met 58 punte teenoor 44.

Page 2: Piketberger SEPT 2013 1

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op www.piketberg.com

Redaksie

([email protected]) Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected] of sms 079 496 2719

Uitleg:

Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300

Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

Marilyn Rivida skryf… Baie dankie aan Dr van Niekerk, Suster Whitles en Ver-pleegpersoneel by Radie Kotze Hospitaal vir jul puik di-ens gelewer. Hou so aan met julle goeie diens. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Radie Kotze, dié hospitaal in die Swartland. Tops!!!

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van

tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en

hondehokke of … borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected]

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers

Sonja Wend skryf… Jou redaksionele kolom het my laat glimlag! Veral met al die ronde jaartalle en ouderdomme. Ek word hierdie jaar in Desember 50 en besluit toe reeds in Januarie 2013 om dit sommer 'n anderste jaar te maak. Ek reken toe dis 'n blink idee om gedurende die jaar 50 dinge te doen wat ek nog nooit tevore in my lewe gedoen het nie. Jy weet mos darem nou ook dat ek 'n redelike avonturier is en dit beteken noodwendig dat ek al deur die loop van die jare reeds baie dinge aangepak het. Om dus 50 dinge te kry wat ek nog nooit gedoen het nie, is toe ook nie so maklik nie. Kort voor lank besef ek toe ook dat dit beteken dat ek gemiddeld een ding per week moet doen om teen Desember by 50 te wees! My familie, vriende, facebook-vriende en kollegas help dus deurlopend om 'n potensiële lys van doendinge aan te vul. Sonder dat ek dit besef, het dit al heelwat mense geïn-spireer om ook weer die lewe met oorgawe aan te gryp en dis so lekker om baie van die dinge saam met vriende te doen. Sonja het ook die lys by haar brief aangeheg —Red.

Mnr en Mev Booys skryf… Hiermee kan ek vandag met lof praat van die nuwe oog-kundiges (Bierman en Grobbelaar) in Spar sentrum. Ek en my man het die beste diens nog ooit ontvang, die vriendelikheid en diens is die beste. As jy net ‘n bietjie lank wag word daar sommer vir jou die beste koppie kof-fie gemaak, die kinders stap daar uit sonder ‘n gehuil, kry sommer ‘n stokkielekker om aan te kou. Ons wil ook aan die een ontvangsdame sê, “Annalise, jou vriendelikheid gaan jou bitter ver bring, jou omgee waar ookal jy ons kry, praat van die liefde wat jy vir jou medemens het.

Neem asseblief kennis dat Die Piketberger in die ver-volg slegs briewe wat besighede/instansies prys, plaas as hul volle naam en kontaknommers op hul briewe ver-skyn. – Red.

In my Lewe Net soos gister net soos nou Is daar dinge en baie mense waarvan ek hou Maar ek sukkel nog met my hart Ja hy wissel nog gedurig van warm na koud In my lewe....... Dit is die koorgedeelte van Mathys Roets se liedjie, In my lewe, terwyl hy sing van ver-skeie ervarings in sy lewe - skoolgaan, Afrikaans, hartseer, foute, die dood, Parys,

als probeer en 'n mens verloor..... By Die Piketberger het ek die afgelope 16 jaar gesien hoe diere versorg word, bome geplant word, blommekuns beoefen word, prestasies ge-sien wat wissel van skaak, voordrag, drama en perdry, swierige geleen-thede bygewoon van Matriekafskeid tot troues en skoonheidskompe-tisies, die slimstes en die mooi-stes ontmoet, saam gejuig oor donasies aan instansies, klere aan armes, borgskappe vir feeste en mildelike skenkings, my vergaap aan versamelings van speelgoedkarretjies, tee-potte, teelepels, pette en koerante, oorsese lande gesien, saam geëet en getoer en geloop, reunies, skoolkonserte en prysuitdelings byge-woon, hande geklap vir akademiese- en sporttrofees, ingesit by toesprake deur motiveringsprekers, verteenwoordigers en konsultante, met oorgawe saamgevier aan Basaars, Vrouedae, Valentynsdae, Man-deladae, Wêreldbekertoernooie, Lentedae, Interskoles en Oupa- en Oumadae, 'n kykie gekry in families se verjaarsdagvieringe, doopge-leenthede, troues, feeste en reunies, mense se lag en huil gesien, die binnekant van kerke, skole, ouetehuise, besighede, kantore, banke en koffieshops gevoel, nostalgie beleef rondom ou enjins, dagboeke en foto's, mense sien intrek en vertrek, sake-ondernemings sien open en sluit........ en jy vra my waarmee is ek besig? Dis hoekom ek partykeer antwoord: "Ek's hier en daar en oral", want ek weet regtig nie waar om te begin nie. Ek wens ek kon jou vandag vertel van my baksel beskuit, die kombers wat ek klaar gehekel het, die boek wat ek pas gelees het.......dan sou jy verstaan. Dis hoekom ek my kombuiskaste self skuur en self die onder-laag aanwend sodat ek iets kan wys! En as 'n 'back-up' versamel ek maar al die vorige Piketbergers - dalk gaan dit ook deur as gebak, ge-hekel of gelees!

Marietha

Page 3: Piketberger SEPT 2013 1

3

Page 4: Piketberger SEPT 2013 1

4

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Oorsese Somer voorraad

beskikbaar

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Anderson, Nel & Kie Prokureurs Anderson, Nel & Kie Prokureurs het as firma sy ontstaan in 1925 in Hofstraat, Piketberg bekend as Fritz Lam-brechts Prokureurs. In 1957 sluit Sal Anderson by die firma aan en in 1973 word Jan Nel, Anderson se vennoot. Sedert 1982 praktiseer die firma in Hoofstraat 38, Piketberg. Anderson, Nel & Kie is prokureurs, boedel-beredderaars, taksateurs en eiendomsagente.

Prokureurs Estie Windell, Jan Nel en Gerhard Kruger saam met Barbie Breunissen, sekretaresse.

Foto: Marietha Goosen

Leon Wiese Uitrusters

Die Wiese familie besigheid waarby Leon Wiese in 1964 aangesluit het, bestaan reeds sedert 1925. Sy

pa, Pollie Wiese het 'n mans snyers besigheid begin op die perseel waar ABSA vandag is. Hulle het later

geskuif na 'n gebou net langs die Bio, waar Nulandis tans is. Die huidige winkel op die hoek van Voor-

trekker- en Hoofstraat is sedert 1948 in die Wieses se besit. Foto: Marietha Goosen

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir Die Piketberger advertensies en berigte verskyn 10 September 19 September 15 Oktober 24 Oktober 12 November 21 November

- Ons Besighede -

Page 5: Piketberger SEPT 2013 1

5

Mnr Nico Bacon, eienaar van Org de Rac en sy seuns

Grant en Craig.

Armand Lacomme, enigste wenner by die SA Jongwynskou uit die

Swartland. Hy het die SA Kampioen Muskadel trofee gewen.

Die hoofborge: SA Nasionale Jongwynskou en Agri Expo. Streekborge: Santam Land-

bou en Viking Fishing Company.

Plaaslike borge: Liebco Vleishandelaars, Boland

Superspar, AVBOB Piket-berg, Kaap Agri Liquormark, Univeg/Piketco, Piketberg Cash and Carry, Kaap Agri Piketberg en Tweefontein

Boerdery.

Nelda van Zyl, bestuurder, Alda Burger, funksie-koordineerder en

Eliz-Mari Liebenberg, skakel-beampte van Org de Rac.

Alesandro Nel en Tamarin Turk van Cederberg Winery, saam met

Gilmar en Tamara Boshoff. Gil-mar is die wynmaker op Org

de Rac. Foto’s: Marietha Goosen

SA Nasionale Jongwynskou 2013

Al die trofee wenners.

Borge

Page 6: Piketberger SEPT 2013 1

6 Uit die kantoor

van die Munisipale

Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Ek het die afgelope nege maande met baie organisasies en individue in ons munisipale gebied vergader en almal het dieselfde behoefte: hulle wil betrokke wees! Ek glo dit is ‘n wenresep en een van die groot redes hoekom ons dorpe in Bergrivier op so ‘n goeie standaard is. Ja, natuurlik is alles nog nie perfek nie en kan ons saam nog baie meer doen, maar wanneer ek deur die land toer en terugkom huis toe, is ek baie bly dat ek bly en werk suid van die Oranjerivier en spesifiek in Piketberg. ‘n Groot belangegroep is juis besig om te werk aan die netheid en veiligheid by die Shoprite-sentrum in die middedorp. Die Munisipaliteit het die leiding geneem en saam met die SAPD, winkel-eienaars en die publiek met die eienaar van die kompleks vergader om oplossings te soek vir die probleem oor naweke van drink in die open-baar, leeglêery en onnetheid. Ons glo dat ons ‘n groot verskil kan maak en oplossings kan vind. Daar sal binne-kort groot verbeterings sigbaar wees. U kan nog meer betrokke raak by u dorp! Vanaf 10 – 18 September 2013 hou Bergrivier Munisipaliteit ‘n reeks openbare vergaderings waartydens gesamentlike beplan-ning tussen die publiek en die Munisipaliteit sal geskied. Soortgelyke vergaderings is in die verlede in Piketberg baie swak bygewoon en ek wil regtig die publiek uitnooi en vra: Raak betrokke! Kom neem deel en help ons om vir die dorp te beplan. Piketberg behoort aan almal van ons wat hier bly. En u het ‘n sê oor hoe Piketberg oor 10 en 20 jaar kan lyk. Gebruik die kans! Daag op! Neem deel! Bring goeie insette. Ons verwelkom dit. Daar is meer inligting hieroor op ons webtuiste by www.bergmun.org.za en sal ook geadverteer word in die media.

ww

w.puresm

ile.co.za

10—18 September Woon die Munisipaliteit se

vergaderings by.

Hoender Kerrie 500g gaar, opgesnyde hoender 180g gestoomde broccoli 440g geroomde hoendersop 1/2 koppie melk 2 piesangs, opgesny 2t kerriepoeier 2e suurlemoensap 1/2 koppie mayonnaise 3/4 koppie gerasperde Cheddar kaas 1/2 koppie fyn droë broodkrummels

Smeer oondbak liggies en sit al die hoenderstukkies daarin. Versprei gestoomde broccoli en piesang bo-oor die hoender. Meng sop, melk, kerrie, suurlemoensap en mayonnaise en giet bo-oor. Meng liggies. Meng gerasperde kaas en broodkrummels en versprei bo-oor. Bak by 180°C vir + 15-20 minute of tot kaas gesmelt is. Bedien met rys, blatjang en groenslaai.

@ Sharon Vlok Hair Design 082 4910 434

R790 Normal Price Now R750!!

by appointment only

/ /

TRE Tension and Trauma Releasing Exercises

TRE is ‘n tegniek wat bestaan uit ses eenvoudige strek-oefeninge wat deur mense van alle ouderdomsgroepe bemeester kan word. Dit is ‘n liggaamsgebaseerde tera-pie, en dis nie nodig om private inligting te deel en weer getraumatiseer te raak nie. Die terapie bestaan uit ses sessies waarna jy ‘n lewenslange tegniek besit om self toe te pas. Die strekoefeninge aktiveer ‘n generiese vi-brasie van binne die liggaam, wat van oortolllige span-ning en traumatise ervaringe uit die liggaam ontslae raak. Die meganisme wat die generiese vibrasies ak-tiveer is afkomstig van die breinstam en is iets waarmee alle soogdiere geskape is. Die vibrasie is ‘n absolute natuurlike proses waarvan alle diere gebruik maak, maar die volwasse mens het as gevolg van ons egosentreerde samelewing dit reggekry om die natuurlike proses te onderdruk. Te danke aan Dr David Berceli kan ons weer eienaarskap neem oor die merkwaardige self-herstelling van ons liggame, asook ons ps igiese toestand. Sanmari Vosloo bied die sessies aan op afspraak by Dr Morrison en Smit se spreekkamers. Sy het onderneem om alle kliënte wat September-maand met die sessies begin, teen halfprys te sien. Kontak Sanmari gerus vir meer

inligting by 082 535 0698.

Sanmari Vosloo

Page 7: Piketberger SEPT 2013 1

7

uit te vind hoe

Page 8: Piketberger SEPT 2013 1

8

HOMEWORLD PROPERTIES / EIENDOMME

TEL/FAKS: 022 931 2681 SEL NO: 083 564 3018

EMAIL: [email protected] WEBSITE: www.athomeworld.co.za

HUISE EN WOONSTEL TE HUUR

2 Slaapkamers met elkeen potensieel bad-kamers 1 Badkamer Kombuis, Waskamer, Sitkamer Toegeboude agterstoep Garage Buitekamer wat omgesit kan word na woonstel Verw: POR144

3 Slaapkamers 2 Badkamers Kombuis + Waskamer, Sitkamer, TV Kamer Dubbel Garage

PLUS WOONSTEL EKSTRA: 3 ERWE

Verw: POR 137

TE KOOP Porterville

R995 000,00 OHB vir huis Huis plus erwe

R1 200 000,00 OHB

Porterville R350 000,00 OHB

Riana Wium 084 2453 922 [email protected] Kerkstraat 33 Piketberg

Fritz verjaar

Fritz Lambrechts het onlangs sy 45ste verjaarsdag gevier. Fritz bedryf steeds sy prokureurspraktyk en

speel trom in sy vrye tyd. Foto: Marietha Goosen

Agter is Henry Burrows, skoolhoof Steynville Primêr, Neville van Rooy, adjunk-hoof Steynville Primêr,

Jacques Wium van Steenebrug, Elsabé Liebenberg en Elna Calitz van Huis AJ Liebenberg, Hanri Venter van Steenebrug en voor Gert de Vries van Steene-

brug, Joey Faro, skoolhoof Groenvlei Primêr en Marius Scholtz, skoolhoof Hoërskool Piketberg.

Foto: Marietha Goosen

Suiderland Groep gee donasies vir ontwikkeling

Die Suiderland Groep is produsent en uitvoerder wat spe-sialiseer in tafeldruiwe en sagte sitrus. Die Groep, waar-van Steenebrug deel is, het ‘n geselligheid gereël waarty-dens donasies aan vier plaaslike instansies oorhandig is. Hulle beleid is om saam met plaaslike instansies hande te vat en betrokke te wees by projekte tot voordeel van plaaslike gemeenskappe. Hulle glo aan goeie onderrig en daarom is opvoeding een van hulle prioriteite. Van hulle ander prioriteite is bejaarde sorg en die jeug en kinders in die gemeenskappe. By die geleentheid op Steenebrug naby Piketberg is tjeks oorhandig aan Huis AJ Lieben-berg, Groenvlei Primêr, Steynville Sekondêr en Hoërskool Piketberg.

Hoogtepunte in September 5 September om 19:00 in NG Kerksaal

Riekert Botha 17 September om 09:00 in NG Kerk Koring-

berg Adri-Louise van Lig Tydskrif