8
Jaargang 20 Nr. 9 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R2,00 Oktober 2013 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Leon se Ontwerp Wen Leon van der Westhuizen, oud-PHS’er en derde jaar argitektuur student by Nelson Mandela Metropolitan Univer- siteit, het met sy ontwerp die “Student Designer of the Year”-prys voor nege finaliste landwyd opgeraap. Caesarstone, ’n internasionale ontwerp– en vervaardigings maatskappy, met hul hoof- kantoor in Israel, loods elke jaar 'n "Stu- dent Designer of the year" kompetisie. Stu- dente moes vanjaar iets ontwerp om die lewe te vier van 'n individu wat 'n groot by- drae gelewer het tot die Suid-Afrikaanse samelewing of omgewing. Leon se ontwerp is van ‘n museum teen Tafelberg ter ere aan dr. Christiaan Bar- nard wat die eerste hartoorplanting in 1967 gedoen het. Die tema is “The Heart of South Africa - get the blood pumping". Al die finaliste is deur Caesarstone Kaap toe gevlieg, waar hulle heerlik bederf is in die Hilton City Centre Hotel, gevolg deur 'n Glansaand in die "Young Blood Art Gallery" waar al die finaliste se ontwerpe uitgestal is. 'n Paneel van vyf wêreldbekende ar- gitekte het die voorleggings bestudeer en groot was die oomblik toe Leon van der Westhuizen van Piketberg as vanjaar se wenner aangewys is. "Hierdie jong ont- werper het die hele paneel se harte gesteel met sy ongelooflike kreatiewe ontwerp wat kop bo skouers bo die ander uitgestaan het. Met al die tonnels en aktiwiteite in die museum, het hy die konsep van die wer- king van die hart fenominaal vasgevang,” Vervolg op p6 Leon van der Westhuizen is aangewys as “The Student Designer of the Year”. Foto verskaf Hoof van Weskus...p4 Goud vir Pep...p4 Lentebruide...p8 Hystoestel herleef...p11 Die Piketberger 20 jaar gelede...p13 Huis AJL Lentetee...p20 Bergrivierkoor...p24 Aurora Gymkhana...p26 Glansryke Matriek- afskeid...pp28,29, 30 Sportprysuitdeling… pp32, 33 Stass kaptein...p33 Gimnastiek...p34

Piketberger Okt 2013 (1)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Local Newspaper

Citation preview

Page 1: Piketberger Okt 2013 (1)

1

Jaargang 20 Nr. 9 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R2,00 Oktober 2013

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Leon se Ontwerp Wen Leon van der Westhuizen, oud-PHS’er en derde jaar argitektuur student by Nelson Mandela Metropolitan Univer-siteit, het met sy ontwerp die “Student Designer of the Year”-prys voor nege finaliste landwyd opgeraap. Caesarstone, ’n internasionale ontwerp– en vervaardigings maatskappy, met hul hoof-kantoor in Israel, loods elke jaar 'n "Stu-dent Designer of the year" kompetisie. Stu-dente moes vanjaar iets ontwerp om die lewe te vier van 'n individu wat 'n groot by-drae gelewer het tot die Suid-Afrikaanse samelewing of omgewing. Leon se ontwerp is van ‘n museum teen Tafelberg ter ere aan dr. Christiaan Bar-nard wat die eerste hartoorplanting in 1967 gedoen het. Die tema is “The Heart of South Africa - get the blood pumping". Al die finaliste is deur Caesarstone Kaap toe gevlieg, waar hulle heerlik bederf is in die Hilton City Centre Hotel, gevolg deur 'n Glansaand in die "Young Blood Art Gallery" waar al die finaliste se ontwerpe uitgestal is. 'n Paneel van vyf wêreldbekende ar-gitekte het die voorleggings bestudeer en groot was die oomblik toe Leon van der Westhuizen van Piketberg as vanjaar se wenner aangewys is. "Hierdie jong ont-werper het die hele paneel se harte gesteel met sy ongelooflike kreatiewe ontwerp wat kop bo skouers bo die ander uitgestaan het. Met al die tonnels en aktiwiteite in die museum, het hy die konsep van die wer-king van die hart fenominaal vasgevang,” Vervolg op p6

Leon van der Westhuizen is aangewys as “The Student Designer of the Year”.

Foto verskaf

Hoof van Weskus...p4 Goud vir Pep...p4 Lentebruide...p8 Hystoestel herleef...p11 Die Piketberger 20 jaar gelede...p13 Huis AJL Lentetee...p20 Bergrivierkoor...p24 Aurora Gymkhana...p26 Glansryke Matriek-afskeid...pp28,29, 30 Sportprysuitdeling… pp32, 33 Stass kaptein...p33 Gimnastiek...p34

Page 2: Piketberger Okt 2013 (1)

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected] of sms 079 496 2719

Uitleg:

Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van

tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en

hondehokke of … borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected]

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers

David en Myrtle skryf… Alle dank en eer aan ons hemelse Vader vir gebede wat verhoor is en dat Hy ons elke dag in die holte van Sy hand hou. Aan ons kinders, dankie vir die pad wat jul saam met ons loop en “gery” het sedert Mei. Stel jul voor twee 73-jariges wat die pad elke keer moes aandurf Grootte Schuur toe, in die donker en reën en verkeer. Baie dankie vir almal se gebede, sms’e, telefoonoproepe en besoeke. Dankie klink so min, maar dit gaan goed met David, want hy bly positief en glo Jesus wil, kan en sal hom genees. Dankie Ds Johan en Martin vir volgehoue belangstelling.

In Memoriam Dr Francois Erik

van Niekerk Oorlede 18.10.2012

Reeds een jaar van ons

weg. Sag val die trane van

verlange. Nooit sterf die band van

liefde wat ons bind.

Ons bly oneindig lief vir jou. Pa, Ma, Pierre, Sanet

en seuns

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir Die Piketberger advertensies en berigte verskyn 15 Oktober 24 Oktober

Dis Partytjietyd Die afgelope maand word daar ernstig reëlings getref vir Die Piketberger se 20ste verjaarsdagpartytjie. Dié vrolike aand val saam met die verskyning van hierdie uitgawe op Donderdag 19 September. Die uitnodigings is uitges-

tuur en die reaksie was verstommend. Met uitsondering van 'n paar mense, het die meeste gaste flink gereageer en 'n ronde 100 mense gaan daar wees. Dié wat nie kan kom nie, het regtig geldige redes. Wat vir my so fan-tasties is, is die mense se goeie wense en mooi boodskappe wat ingestroom het. Komplimente vir Die Piketberger is kwistig uitgedeel en soos vir enige vrou, was dit vir dié 20-jarige 'dame' in gedrukte formaat won-derlik om gekomplimenteer te word. 'Sy' gaan nou net meer en meer blom en gedy in die toekoms. Ek neem maar aan dat die koerant vroulik is, aangesien dit nou net ek en Barbie is. Soos met dames oor die algemeen, sal dit sekerlik die laaste 'groot' verjaarsdag wees, aangesien 'sy' nou 'n sensitiewe stadium in 'haar' lewe betree. 'n Paar dekades sal nou ongesiens verbygaan, totdat ons by 80 kom, want dis min of meer weer wanneer vroue verder verjaar. Mans, daarenteen, is weer trots op al die myle wat hulle opsit - hoe ouer, hoe ernstiger word hulle

opgeneem en mense luister wanneer hulle praat. Pierre, op die foto, was 50 toe sy koerant, Die Piketberger, die lig gesien het! 'n Goeie tyd in sy lewe vir so 'n kosbare nalatenskap. Ja, dit be-teken Pierre word op 24 September 70 jaar. Baie baie geluk, Pierre. Dankie, nogmaals, vir hierdie juweel wat vir Piketberg uniek maak. Ons beste wense vir 'n voorspoedige aftrede met goeie gesondheid, sodat jy by al die

projekte kan uitkom wat jy nog beplan en vir baie jare nie altyd tyd gehad het nie. Ek het spesifiek 'n foto van Pierre gevra waar hy besig is om hande-arbeid te doen - vir iemand soos hy wat vir baie jare baie moes dink en met mense moes werk, is skep met sy hande 'n groot stuk bevrediging. Ek het iets daarvan beleef met my kombuis-kaste - en kan nou my vorige maand se storie afsluit en sê, die genade was groot en ek kon toe self my kaste verf. Wat 'n onbeskryflike vervullende maand in my lewe! Marietha

Page 3: Piketberger Okt 2013 (1)

3

Page 4: Piketberger Okt 2013 (1)

4

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Somervoorraad

beskikbaar

Hoof van die Weskus

Marius Scholtz, middle, van Hoërskool Piketberg het sy toekenning ontvang van Jannie Beukes, direkteur:

WKOD-Paarl en Gavin de Bruyn, Cape Teaching Leading Institute.

Foto: David Howburg, die Courant

Marius Scholtz, skoolhoof van Piketberg Hoërskool, is by ‘n glansgeleentheid aangewys as die Beste Skoolhoof in die Weskusstreek. Dit was die Streeksuitdunne vir die jaarlikse Nasionale projek van die Departement van Onderwys om uitne-mendheid in onderwys te vereer. Marius is aangewys as die wenner in die Weskusstreek in die kategorie: Uitne-mendheid in Sekondêre Skoolleierskap. Die volgende rondte is om wenners in die Wes-Kaap aan te wys. Daarna gaan die wenners meeding om die Na-sionale titel.

Goud vir Pep Piketberg se Pep Stores-tak is opge-wonde en verheug oor die goue sertifi-kaat wat hulle ge-wen het. Pep Stores word dwarsdeur die jaar ge-evalueer op s e k e r e p u n t e . Piketberg-tak het hierdie jaar voldoen aan al die kriteria en daarvolgens kon hulle die goue sertifi-kaat Piketberg toe bring. Voorwaar iets om op trots te wees en dit sou nie moont-lik gewees het as hulle nie as ‘n span saamwerk nie. Elke spanlid word bedank vir hul harde werk dwarsdeur die jaar. Pep kan ook hierdie jaar spog dat hulle die Sikhula KunYe sertifikaat huistoe gebring het. Dié sertifikaat gaan aan ‘n persoon wat die waardes van Pep uitleef en daagliks werk aan die groei van Pep asook die groei van sy spanlede. Vanjaar het die toekenning gegaan aan Frances Swanepoel. Pep Stores wil graag al hul klante bedank vir hul wonder-like ondersteuning. Hul klante is vir hulle soos ‘n groot familie en hulle waardeer elkeen.

Frances Swanepoel, regs voor en haar span met hul goue

Hoof, Huis AJ Liebenberg skryf... Dit is met leedwese dat ons afskeid neem van ons geliefde Suster Boys. Ons sal haar altyd onthou as die "moedertjie" wat oor ons almal bekommerd was en oor ons almal ge-waak het. Sy was vir my die spreekwoordelike Moeder Theresa, nie net hier in die Tehuis nie, maar ook in haar gemeenskap. Haar liefde vir haar medemens het sy ten volle uitgelewe en het my diep geïnspereer. Haar aanhaling van die oggendgodsdiens op ʼn Maandagoggend se sportboodskap vir die Siel. Elke verpleegster se wel en wee was aan haar bekend en sy het empatie gehad vir elkeen se omstandighede. Elke verpleegster moes maandeliks ʼn geldjie by haar kom "spaar" vir Desember sodat hulle iets het vir Kersfees en daar was gereeld ʼn broodgeldjie wat sy uitgedeel het aan die personeel. Haar liefde vir die natuur het sy ook hier by die Tehuis uitgeleef deur haar tuintjie - ʼn blommetjie was daar altyd op haar lessenaar in die siekeboeg. Sy het ook graag plantjies en blommetjies uitgedeel.

Huis AJ Liebenberg groet Suster Boys

Wyle Suster Boys Foto verskaf

Page 5: Piketberger Okt 2013 (1)

5

Page 6: Piketberger Okt 2013 (1)

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

So sit ek ook elke Woensdag-oggend vroeg my twee ver-skillende kleur sakke op my sypaadjie. Verlede week ry ‘n buurman verby, betrap my in my pajamas by my sakke en vra my ‘n paar interessante vrae oor die herwinning op Piketberg. Net daar wonder ek hoeveel van ons dorp se inwoners die antwoorde ken. Nou vertel ek julle: Bergri-vier Munisipaliteit is in die unieke situasie dat alle vullis wat gegenereer word in ons hele area, vervoer moet word na die Highlands Stortingsterrein in Malmesbury. Ons probeer alles in ons vermoë doen om die vervoer-kostes hiervan te beperk. (80% van die totale kostes is die vervoer van die vullis). Ons stort geen vullis meer op ons stortingsterrein in Piketberg nie, omdat ons in die proses is om die terrein te sluit en te rehabiliteer. Slegs groen afval en bourommel word op geselekteerde areas gestort. Die groen vullis word versnipper en vir kompos- materiaal gebruik, terwyl bourommel gebruik word vir dekkingsmateriaal. Maar ons moes die vullis wat vervoer word, verder beperk en daarvoor is die drie sak stelsel (swart, deurskynend en groen) geimplimenteer. Elke hu-ishouding kan twee swart sakke per week uitsit (een daarvan word verskaf) en twee groen sakke met tuinvullis en grassnysels. Deurskynende sakke word gebruik vir herwinning, groen sakke vir groen materiaal en dan natuurlik die swartsakke vir alles wat oorbly. Slegs die swartsakke bereik die oor-laaistasies en word uiteindelik vervoer na die storting-sterrein in Malmesbury. Die doel is dus om so min as moontlik swartsakke te vervoer om kostes te spaar en om die voordeel dan uiteindelik deur te gee aan u, die kliënt. U samewerking het gehelp dat daar reeds 34% in vervoer-kostes bespaar is. Die voordeel vir die publiek was reeds ‘n baie laer vullistarief verhoging in Julie 2013. Op die oomblik doen Velddrif die beste met hul herwinning en ek vra graag dat elke Piketberger drie keer sal dink voordat hulle iets in ‘n swartsak plaas. Kom ons herwin! Dit is die regte ding om te doen! Baie dankie aan Riaan de Vries, Hendrik Krohn en Jaco Breunissen wat hierdie proses in die Munisipaliteit dryf met groot sukses. Herwinning is Her-WENning!

Paprika

1 eetlepel druiwepit-olie 6 ontbeende hoenderborsies Sap van 1 suurlemoen 2 teelepels paprika Sout Grofgemaalde swartpeper 1 eetlepel vars pietersielie, fyngekap Sny borsies deur om twee plat skyfies te kry. Verhit olie in pan. Rangskik borsies in pan. Voeg suurlemoen en paprika by. Geur met sout. Braai 6-8 minute aan elke kant. Plaas op opdienbord. Geur met peper en sprinkel met pietersielie. Genoeg vir 6 mense.

Lente Jolyt by Kruisfontein naby Redelinghuys

083 324 2210

Leon vervolg van p1… was die kommentaar van Jonathan Anstey van die pa-neel. Voorwaar ‘n trotse oomblik, toe dié plattelandse jongman op die verhoog klim en met die grootste glimlag 'n toespraak maak wat getuig van sy passie, drome en baie harde werk. Hy ontvang ‘n pragtige trofee, ge-raamde toekenning en ‘n oorsese reis na twee lande van sy keuse. So word nog een van sy drome be-waarheid....Italië (Rome) en Griekeland. Baie gepas word die glansaand met die wenner van NMMU afgesluit met 'n aanhaling van oudpresident Nelson Mandela: "It always seems impossible until it’s done…”

Skool heropen op 1 Oktober

Page 7: Piketberger Okt 2013 (1)

7

voorskrifbril*

Page 8: Piketberger Okt 2013 (1)

8

Lentebruide

Hanlie Kleynhans en Morné Olesen is op 7 September te Laatson, Porterville getroud. Foto: Adele Joubert Photography

60 jaar Huweliksherdenking

Gert en Elize de Beer het onlangs hul 60 jaar huweliksherdenking gevier met ‘n ete saam met

vriende by Huis AJ Liebenberg. Foto: Esmé Steenkamp

Riana Wium 084 2453 922 [email protected] Kerkstraat 33 Piketberg

Laerskool VRL hou Lentetee PHS se laerskool VRL het ‘n Lentetee gehou vir die inwoners van Huis AJ Liebenberg.

Gielie Hanekom en Carné Rossouw is op 24 Augustus te Laatson, Porterville getroud. Foto: Adele Joubert Photography