6
31 WP vir Janke en Janét Hoërskool Piketberg se netbalsterre, Janke van Schalkwyk, o/12 en Janét Stander, o/14 is na onlangse proewe op Riversdal opgeneem in die WP- Netbalspanne vir hul ondeskeie ouderdomsgroepe. Beide hierdie spelers is ook uitstekende atlete wat PHS al by meer as een Suid-Afrikaanse Atletiek- kampioenskappe verteenwoordig het. Foto verskaf Christie in Akademiespan Christie van der Merwe (16) van Hoërskool Piketberg is ingesluit as die nr 5-slot in die Boland o/18 Akademi- espan wat gedurende die Junie skoolvakansie aan die SARU/Coca Cola Rugbyweek in Dur- ban gaan deelneem. Christie, ‘n volle 1,98m in sy sokkies, is verlede jaar as 15-jarige gekies vir die Boland o/16-span wat aan die Grant Khomo Rugbyweek in Johannesburg deelgeneem het. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Hy speel reeds sedert Gr 10 vir PHS se eerste rugbyspan en trek die skaal op 104kg. Christie volg in sy pa, Chris van der Merwe se voetspore wat ook Cravenweek gespeel het en in 142 wedstryde vir Boland uitgedraf het. Dié talentvolle jong man se droom is om, net soos sy pa, in Frankryk te gaan rugby speel. Foto verskaf Villagers Rugbyklub Wittewater ontvang borgskap van PPC PPC De Hoek het rugbytruie geborg vir die eerstespan van die Villagers Rugby Voetbal Klub van Wittewater. Hier oorhandig William Samuels, regs, van PPC De Hoek die truie aan Josef Burger, onder- voorsitter van die Villagers RVK en Frank Erasmus, Trustee van die Villagers RVK. Foto verskaf deur PPC Op Vrydag 31 Mei het Zhao Chen van Liquorland Piketberg, met trots die rugbybroeke wat hy vir die Villagers Rugbyklub op Wittewater geborg het, tydens ‘n pragtige seremonie oorhandig. Tydens die oorhandiging het hy die rugbyklub alle voorspoed toegewens met vanjaar se ligas en die lede van die rugbyklub het op hulle beurt weer hulle opregte dank en waardering uitgespreek teenoor die borge wat sonder huiwering hulle so ondersteun het. Op die foto bo verskyn Ds F Hans van die Wittewater Morawiese Kerk, Zhao Chen van Liquorland Piketberg en Dirk Adams, voorsitter van die Villagers Rugby- klub op Wittewater. Foto en berig: Piet Jordaan Liquorland borg ook Villagers Rugby Dewald haal finale oefengroep Dewald van Deventer o/13-leerder van PHS en ook vanjaar se hoofseun het die finale Boland oefengroep gehaal. Foto: Marietha Goosen

Piketberger Jul 2013 (4)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Piketberger Jul 2013 (4)

31

WP vir Janke en Janét

Hoërskool Piketberg se netbalsterre, Janke van Schalkwyk, o/12 en Janét Stander, o/14 is na

onlangse proewe op Riversdal opgeneem in die WP-Netbalspanne vir hul ondeskeie ouderdomsgroepe. Beide hierdie spelers is ook uitstekende atlete wat PHS al by meer as een Suid-Afrikaanse Atletiek-

kampioenskappe verteenwoordig het. Foto verskaf

Christie in Akademiespan Christie van der Merwe (16) van Hoërskool Piketberg is ingesluit as die nr 5-slot in die Boland o/18 Akademi-espan wat gedurende die Junie skoolvakansie aan die SARU/Coca Cola Rugbyweek in Dur-ban gaan deelneem. Christie, ‘n volle 1,98m in sy sokkies, is verlede jaar as 15-jarige gekies vir die Boland o/16-span wat aan die Grant

Khomo Rugbyweek in Johannesburg deelgeneem het. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Hy speel reeds sedert Gr 10 vir PHS se eerste rugbyspan en trek die skaal op 104kg. Christie volg in sy pa, Chris van der Merwe se voetspore wat ook Cravenweek gespeel het en in 142 wedstryde vir Boland uitgedraf het. Dié talentvolle jong man se droom is om, net soos sy pa, in Frankryk te gaan rugby speel. Foto verskaf

Villagers Rugbyklub Wittewater ontvang borgskap van PPC

PPC De Hoek het rugbytruie geborg vir die eerstespan van die Villagers Rugby Voetbal Klub van

Wittewater. Hier oorhandig William Samuels, regs, van PPC De Hoek die truie aan Josef Burger, onder-voorsitter van die Villagers RVK en Frank Erasmus,

Trustee van die Villagers RVK. Foto verskaf deur PPC

Op Vrydag 31 Mei het Zhao Chen van Liquorland Piketberg, met trots die rugbybroeke wat hy vir die

Villagers Rugbyklub op Wittewater geborg het, tydens ‘n pragtige seremonie oorhandig. Tydens die oorhandiging het hy die rugbyklub alle voorspoed toegewens met vanjaar se ligas en die lede van die

rugbyklub het op hulle beurt weer hulle opregte dank en waardering uitgespreek teenoor die borge wat sonder huiwering hulle so ondersteun het. Op die

foto bo verskyn Ds F Hans van die Wittewater Morawiese Kerk, Zhao Chen van Liquorland Piketberg

en Dirk Adams, voorsitter van die Villagers Rugby-klub op Wittewater.

Foto en berig: Piet Jordaan

Liquorland borg ook Villagers Rugby

Dewald haal finale

oefengroep Dewald van Deventer o/13-leerder

van PHS en ook vanjaar se hoofseun het die finale

Boland oefengroep gehaal.

Foto: Marietha Goosen

Page 2: Piketberger Jul 2013 (4)

32

Tina se Gimnastiekskool wen by Novise Suid-Sirkel

Meer as 220 gimnaste vanoor die Suid-Sirkel het op 25 Mei deelgeneem aan die Novise kompetisie. Tina se gim-naste van Piketberg het uitstekend gevaar. Twaalf van Tina se groter gimnaste gaan in September deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Die groepie sal eersdaags begin met fondsinsamelings waarby die gemeenskap ook kan baat deur groot pryse te wen. Baie sterkte aan die gimnaste en Die Piketberger sien daarna uit om die uitslae bekend te maak.

Level 1: Erna Koegelenberg, silwer, Madelein van Zyl, 2 Silwer, Lené Kruger, 2 Silwer en Lené Nelson,

1 Goud en 1 Silwer.

Level 2: Elsje Basson, 1 Goud en 1 Silwer, Annette Bruwer, 1 Goud en 1 Silwer en Jana Bruwer, 2 Silwer.

Nagenoeg vyftig plaaswerkers van die Piketberg om-gewing het onlangs die jaarlikse Provinsiale Plaaswerkers Sportdag bygewoon. Die werkers het die Lower West Coast-streek verteen-woordig in rugby, netbal, sokker, toutrek en dominos. Die Lower West Coast rugby- en toutrekspanne het na die finale deurgedring. Die rugbyspan is net-net geklop deur hul buurstreek, Up-per West Coast. Die toutrekspan het vir lewe en dood aan die tou geklou, maar moes toe die knie buig voor Wine-lands 1. Lower West Coast het ook verskeie trofees verower ty-dens die prysoorhandigingseremonie.

Berig en foto’s: Pieter Engelbrecht

Plaaswerkers hou Sportdag

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator

te huur

Kontak Margaret 022 913 1777

Page 3: Piketberger Jul 2013 (4)

33

022 - 913 3332

Level 3: Die groepie O/9's wen ook 'n trofee vir die 1ste en 3de plek algeheel: Voor is Annyda Janse, 2 Brons, Marlize Crous, 2 Brons, Renate Coetzee,

1 Goud en 1 Brons en agter, Sumari Hanekom, 1 Goud en 1 Silwer, Elné Burger, 1 Goud en 1 Silwer,

Pamela Booys, 2 Goud. Gimnastiekfoto’s: Marietha Goosen

Karate Manne

By die onlangse Karate gradering het hierdie drie PHS-leerders die volgende graderings ontvang, Jared Whitfield, 1ste Dan, Pieter Bruwer, bruin gordel en CP

Nelson, jnr swart gordel. Foto: Ilse Bruwer

Swartland Sportfees PHS se eerste rugby– en netbalspanne neem deel aan

die Swartland Sportfees op Donderdag 11 en Saterdag 13 Julie te Hoërskool Swartland.

Kom ondersteun hulle!

Page 4: Piketberger Jul 2013 (4)

34

Nazeen Afrika het Sondag 2 Junie sy 2de Comrades gehard-

loop. Sy tyd was 10uur 57min en hy het ‘n bronsmedalje en ‘n back to back medalje verower.

Foto verskaf Gavin Wiggill het Sondag 2 Junie sy 10de Comrades Marathon gehard-

loop en so ook sy permanente nommer gekry. Sy tyd was 9uur 20min en hy het ‘n bronsmedalje verower. Foto: Marietha Goosen

Piketberg Rolbalklub Kampioen van Kampioen

Die dames kampioen vir 2013 is Marianna Kirsten en die mans kampioen is Jannie Visser. Marianna het aan die Boland kompetisie gaan deelneem, waar die verskillende klubs in die Boland se Kampioene deelneem. Eers moes sy aan die Sone-uitspeel deelneem. Sy het hier as wenner uit die stryd getree en so haar verdere deelname aan die kom-petisie verseker. Vir die finaal is die sone wenners en naaswenners in twee groepe verdeel. Marianna het haar groep gewen en so deurgedring na die finaal. Ongelukkig het sy in die finaal teen die kampioen van Robertson ver-loor. Enige iemand wat belangstel om te kom rolbal speel kan gerus vir Marianna skakel by 072 071 6060, of op ‘n Dins-dag en Donderdag middag vanaf 15:00 by die baan ‘n draai kom maak.

Marianna Kirsten

Boere Opskop Saterdag 20 Julie

PHS Skoolsaal Skakel 084 247 2307 vir meer inligting

Peet Myburgh het vanjaar sy 10de Comrades voltooi in

8 ure 58 minute. Hy het in al 10 Comrades die Bill Rowan medaljes verwerf.

Foto: Christa Myburgh

Wilfred Turner het Sondag 2 Junie sy 2de Comrades Marathon

gehardloop. Sy tyd was 11uur 36min en hy het ‘n Vic Clapham-

medalje en ‘n back to back medalje verower.

Foto verskaf

Page 5: Piketberger Jul 2013 (4)

35

Christelle de Villiers - Plaasontbyt vir twee by Green tree Café.

Jaqueline - Moedersdag Hamper. Jo-Anne Lubbe - Salon Sanet Make-Up Makeover!

Internasionale Kinderbeskermingsdag- 31 Mei 2013

Moedersdag Kompetisie wenners:

Baie geluk aan Michiel Visser. Die gelukkige wenner van ‘n R1200 koopbewys.

Almal wat R750 of meer koop, kwalifiseer om in te skryf. Handig u betaalstrokie met u besonderhede

by u vriendelike kassier in, of gooi in die inskrywingsboks.

Op 31 Mei is ‘n gesamentlike poging aangewend by Boland Superspar om die gemeenskap bewus te maak van kinders se regte en verantwoordelikhede en om alle dienste wat

beskikbaar is binne ons gemeenskap te beklemtoon. Op hierdie dag is daar geleenthede gegee om ‘n petisie te teken teen kindermishandeling.

Foto links bo: Dean Jankielsohn het ook sy handtekening gegee teen kindermishandeling.

R1200 Koopbewys wenner!

Hattingh Oogkundiges besoek Boland Superspar!

Skakel vir Elmarie by 022 913 1163 by die Boland Super-spar Deli afdeling vir jou Platter bestelling of stuur ‘n epos

na [email protected] vir ‘n pryslys.

Platters beskikbaar by Boland Superspar!

Windhoek Draught yskas Marvin Benjamen is die gelukkige wenner van die

Windhoek Draught Yskas.

Page 6: Piketberger Jul 2013 (4)

36

Piquetberg Mall is uiteindelik oop!

The Green Tree Café

Coffee and a slice of cake

Coffee and a Jumbo Muffin

Coffee and 2 Pancakes