2
Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 5 14 Lewe en lewende dinge Aktiwiteit 2: Bladsy 39 Kyk of jy nog voorbeelde van interafhanklikheid kan opspoor. Gebruik die tabel wat volg. Plak n prentjie van die interafhanklikheid in jou boek en verduidelik kortliks die verhouding tussen die twee lewende dinge. Deel jou inligting met die klas. 1. Miskruiers en ander diere se mis Miskruiers is afhanklik van ander diere, veral olifante, buffels en renosters vir hulle mis. Miskruiers lê hulle eiers in die mis, of hierdie mis dien self vir hulle as voedsel. 2. Sebras en blouwildebeeste Daar word gereeld gesien hoe sebras en blouwildebeeste saam wei. Sebras vreet die harde lang grasse. Blouwildebeeste se bekke is egter aangepas om die korter, groener en jonger gras te vreet. Blouwildebeeste baat dus daarby dat sebras die lang grasse kort vreet, sodat hulle makliker by hulle voedsel kan uitkom. 5.1 Koningprotea 5.2 Bloukraanvoël 5.3 Galjoen 5.4 Geelhout

Lewe en lewende dinge - docscientia.co.za · Kyk of jy nog voorbeelde van interafhanklikheid kan opspoor. Gebruik die tabel wat volg. Plak ’n prentjie van die interafhanklikheid

  • Upload
    others

  • View
    36

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 514

Lewe en lewende dinge

Aktiwiteit 2: Bladsy 39

Kyk of jy nog voorbeelde van interafhanklikheid kan opspoor. Gebruik die tabel wat volg. Plak ’n prentjie van die interafhanklikheid in jou boek en verduidelik kortliks die verhouding tussen die twee lewende dinge. Deel jou inligting met die klas.

1. Miskruiers en ander diere se mis Miskruiers is afhanklik van ander diere, veral olifante, buffels en renosters vir hulle mis. Miskruiers lê hulle eiers in die mis, of hierdie mis dien self vir hulle as voedsel.

2. Sebras en blouwildebeeste Daar word gereeld gesien hoe sebras en blouwildebeeste saam wei. Sebras vreet die harde lang grasse. Blouwildebeeste se bekke is egter aangepas om die korter, groener en jonger gras te vreet. Blouwildebeeste baat dus daarby dat sebras die lang grasse kort vreet, sodat hulle makliker by hulle voedsel kan uitkom.

5.1 Koningprotea 5.2 Bloukraanvoël

5.3 Galjoen 5.4 Geelhout

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 5 15

Lewe en lewende dinge

3. Die kwêvoël en herbivore Die kwêvoël hou gereeld wag terwyl ander diere besig is om te wei. Sodra die voël enige roofdiere naby gewaar, sal hulle ’n harde kwê-geluid maak om die ander diere teen die gevaar te waarsku.

4. Luiperds en bome Luiperds trek meestal hulle prooi in ’n boom op. Sodoende beskerm die luiperd sy prooi teen ander roofdiere soos leeus en wildehonde. Die luiperd is dus afhanklik van die boom om sy kos te behou.

Nog voorbeelde van interafhanklikheid in die natuur:

Renostervoëls en herbivore Plantluise en miere

Narvis en anemone Krokodille en Egiptiese kiewiete

Enige gepaste voorbeeld met beskrywing sal hier voldoende wees.