5
1 LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer 1. Voltooi al die vrae. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord. 3. Jy kry 5 minute om die vraestel deur te lees. Moenie gedurende hierdie tyd skryf nie. 4. Antwoorde moet op die antwoordblad geskryf word. 5. Skryf duidelik en netjies. Nommers moet dieselfde wees as op die vraestel. 6. Trek ‘n lyn na elke vraag. 7. Spelling tel! 8. Jy moet al die vrae antwoord! Moet asseblief nie op die vraestel skryf nie! GRAAD: 6 L S W AFDELING A 1. LEESBEGRIP Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae: Seekatte is slim 1. Party mense dink ‘n seekat is ‘n vieslike, grillerige dier en tot baie onlangs het hulle geglo dat seekatte baie gevaarlik is. 2. Hoewel die seekat familie van die slak is, is hy ‘n slim dier. Om die waarheid te sê is seekatte die intelligentste ongewerwelde diere. Ongewerwelde diere sluit diere soos krappe, sprinkane, slakke en seesterre in, wat nie ‘n geraamte in hul lyf het nie. 3. Die seekat is in baie opsigte soos die mens. Sy oë lyk baie soos ‘n mens s’n en hy kan ook in kleur sien. Hy het dieselfde vyf sintuie as die mens. Hy maak eerder van sy oë en aanraking gebruik om in sy omgewing oor die weg te kom, as van smaak en reuk. Sy vel is baie sensitief en hy sal nie naby ‘n see- anemoon kom nie, omdat dit hom seermaak. 4. Seekatte wat vir navorsing in akwariums aangehou is, het gewys dat hulle regtig oulike diertjies is. Hulle is vol kwaaijongstreke en is altyd reg vir ‘n grappie. Een meneertjie het snags uit sy bak geklim en dan vissies in ‘n ander bak gaan vang. Hy het self weer sy pad na sy eie bak gevind. ‘n Ander kalant het ‘n fotograaf, wat hom geterg het, vol ink gespuit toe die hom uit sy bak gehaal het. 5. Hulle leer ook selfs toertjies, soos om aan die glasbak se vensters te klop of om water uit die bak te spuit om aandag te trek. 6. Maar moenie nou ‘n seekat gaan vang en hom probeer aanhou nie. Net wetenskaplikes weet hoe om hulle in ‘n akwarium aan die lewe te hou, want hulle gaan maklik dood. 7. In die natuur lewe hulle ongeveer ‘n jaar. Die ma lê naastenby 450 000 eiers wat elkeen so groot soos ‘n halwe ryskorrel is. Sy pas die eiers op tot hulle uitbroei en sorg dat daar altyd vars, suurstofryke water oor hulle vloei. 8. Seekatte woon in grotjies tussen die rotse en hou gewoonlik ‘n versameling klippe en skulpe naby die ingang van hul blyplek. Een van hulle agt pote word beskermend om die versameling gehou en wanneer gevaar dreig, trek hulle dit vinnig voor die opening SUMMATIEWE ASSESSERING LEERAREA: Afrikaans HT GRAAD: 5 (Me C Enslin) MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 60 DATUM 1 JUNIE 2016

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL … · MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 60 DATUM 1 JUNIE 2016. 2 9. ... 2. VISUELE TEKS Bestudeer die prentjie en beantwoord

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL … · MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 60 DATUM 1 JUNIE 2016. 2 9. ... 2. VISUELE TEKS Bestudeer die prentjie en beantwoord

1

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer

1. Voltooi al die vrae. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord. 3. Jy kry 5 minute om die vraestel deur te lees. Moenie gedurende

hierdie tyd skryf nie. 4. Antwoorde moet op die antwoordblad geskryf word. 5. Skryf duidelik en netjies. Nommers moet dieselfde wees as op die vraestel. 6. Trek ‘n lyn na elke vraag. 7. Spelling tel! 8. Jy moet al die vrae antwoord! Moet asseblief nie op die vraestel skryf nie!

GRAAD: 6 L S W

AFDELING A

1. LEESBEGRIP Lees die leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae:

Seekatte is slim

1. Party mense dink ‘n seekat is ‘n vieslike, grillerige dier en tot baie onlangs het hulle geglo dat seekatte baie gevaarlik is.

2. Hoewel die seekat familie van die slak is, is hy ‘n slim dier. Om die waarheid te sê is seekatte die intelligentste ongewerwelde diere. Ongewerwelde diere sluit diere soos krappe, sprinkane, slakke en seesterre in, wat nie ‘n geraamte in hul lyf het nie.

3. Die seekat is in baie opsigte soos die mens. Sy oë lyk baie soos ‘n mens s’n en hy kan ook in kleur sien. Hy het dieselfde vyf sintuie as die mens. Hy maak eerder van sy oë en aanraking gebruik om in sy omgewing oor die weg te kom, as van smaak en reuk. Sy vel is baie sensitief en hy sal nie naby ‘n see-anemoon kom nie, omdat dit hom seermaak.

4. Seekatte wat vir navorsing in akwariums aangehou is, het gewys dat hulle regtig oulike diertjies is. Hulle is vol kwaaijongstreke en is altyd reg vir ‘n grappie. Een meneertjie het snags uit sy bak geklim en dan vissies in ‘n ander bak gaan vang. Hy het self weer sy pad na sy eie bak gevind. ‘n Ander kalant het ‘n fotograaf, wat hom geterg het, vol ink gespuit toe die hom uit sy bak gehaal het.

5. Hulle leer ook selfs toertjies, soos om aan die glasbak se vensters te klop of om water uit die bak te spuit om aandag te trek.

6. Maar moenie nou ‘n seekat gaan vang en hom probeer aanhou nie. Net wetenskaplikes weet hoe om hulle in ‘n akwarium aan die lewe te hou, want hulle gaan maklik dood.

7. In die natuur lewe hulle ongeveer ‘n jaar. Die ma lê naastenby 450 000 eiers wat elkeen so groot soos ‘n halwe ryskorrel is. Sy pas die eiers op tot hulle uitbroei en sorg dat daar altyd vars, suurstofryke water oor hulle vloei.

8. Seekatte woon in grotjies tussen die rotse en hou gewoonlik ‘n versameling klippe en skulpe naby die ingang van hul blyplek. Een van hulle agt pote word beskermend om die versameling gehou en wanneer gevaar dreig, trek hulle dit vinnig voor die opening

SUMMATIEWE ASSESSERING

LEERAREA: Afrikaans HT GRAAD: 5 (Me C Enslin) MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 60 DATUM 1 JUNIE 2016

Page 2: LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL … · MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 60 DATUM 1 JUNIE 2016. 2 9. ... 2. VISUELE TEKS Bestudeer die prentjie en beantwoord

2

9. Hulle sluip meestal snags op die bodem rond en eet graag krappe, krewe en garnale, wat hulle met hulle skerp bekke, wat baie soos ‘n papegaai s’n lyk, uitmekaar trek.

10. Seekatte sal eerder vinnig wegbeweeg as om te byt. As hulle bang is, spuit hulle ook wolkies ink uit, wat nie giftig is nie, maar wat hul aanvaller verwar.

Vrae: 1. Oor watter dier handel die leesstuk? (1) 2. Soek TWEE woorde in paragraaf 1 wat negatiewe (slegte) dinge oor die seekat sê. (2) 3. Voltooi die sin: Die seekat is familie van die ________. (1) 4. Wat is ongewerwelde diere volgens paragraaf 2? (1) 5. Paragraaf 3 sê seekatte is in baie opsigte soos die mens. Noem DRIE redes waarop ons so kan sê. (3) 6. Van watter TWEE sintuie maak seekatte die meeste gebruik? (2) 7. Naastenby hoeveel eiertjies word deur die seekat-ma gelê? (1) 8. Haal ‘n gedeelte uit paragraaf 4 uit wat bewys dat seekatte ‘n humorsin (hou van grappies) het. (1) 9. Voltooi die sin: Seekatte, visse en ander seediere word in ‘n _____ aangehou waar mense na hulle kan gaan kyk. (paragraaf 4) (1) 10. Wat doen die seekat-ma met haar eiertjies? (paragraaf 7) (2) 11. Waarteen waarsku paragraaf 6 ons? 11.1 Wat moet ons nie met ‘n seekat doen nie? (1) 11.2 Hoekom moet ons dit nie doen nie? (1) 12. Noem TWEE dinge wat seekatte graag eet. (2) 13. Wat doen seekatte as hulle bang is? (1)

Totaal Vraag 1 : [20]

2. VISUELE TEKS Bestudeer die prentjie en beantwoord die vrae:

2.1 Wat wou die kinders graag vir ma doen? (1) 2.2 Hoekom lyk die ma nie bly oor die verrassing nie? (1) 2.3 Wanneer bederf kinders gewoonlik vir mamma? (1) 2.4 Wat sou jou ma gedoen het as sy in so ‘n kombuis moes instap? (1) 2.5 Watter tipe boeke dink jy is in die rak bokant die wasbak? (1)

Totaal Vraag 2 : [5]

Page 3: LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL … · MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 60 DATUM 1 JUNIE 2016. 2 9. ... 2. VISUELE TEKS Bestudeer die prentjie en beantwoord

3

AFDELING B: TAAL IN KONTEKS Lees die grappies hieronder en beantwoord die vrae: 3.1 Gee ‘n voorbeeld van elk van die volgende woordsoorte uit die sin:

Die onnie kom kyk wat hy geteken het. 3.1.1 lidwoord 3.1.2 selfstandige naamwoord 3.1.3 persoonlike voornaamwoord 3.1.4 werkwoord in die verlede tyd (4) 3.2 In die laaste reël in Grappie 1 word die woord “kos” gebruik. Maak ‘n sin met die homoniem van “kos”. (1) 3.3 Skryf die basis (stam) in elk van die volgende woorde neer: 3.3.1 geteken (reël 7) (1) 3.3.2 opgevreet (reël 11) (1) 3.4 Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede: Onnie: “Waar is die hond dan?” (reël 12) (1) 3.5 Skryf ‘n bywoord neer uit reël 5. (1) 3.6 Deel die volgende woord in lettergrepe: hondebeskuitjies (1) 3.7 Die volgende sin is ‘n voorbeeld van ‘n ______ Die onnie kom kyk wat hy geteken het. Stelsin Vraagsin Uitroepsin (1) 3.8 Skryf die volgende sin in die ontkennende vorm: Ek is klaar. (1) 3.9 Wat noem ons die leestekens wat in die volgende sin gebruik word? Onnie: “En waar is die hond dan?” (3) 3.9.1 : 3.9.2 “ ” 3.9.3 ? (3)

Page 4: LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL … · MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 60 DATUM 1 JUNIE 2016. 2 9. ... 2. VISUELE TEKS Bestudeer die prentjie en beantwoord

4

3.10 Gee die meervoud van die volgende woorde: 3.10.1 tekenles (1) 3.10.2 skool (1) 3.11 Gebruik “skool” en “hond” om jou eie samestelling te maak. (1) 3.12 Skryf die onderwerp, die voorwerp en die gesegde in die volgende sin neer: Klein Koos moet ‘n hond teken. 3.12.1 Onderwerp (1) 3.12.2 Gesegde (1) 3.12.3 Voorwerp (1) 3.13 Is die sin in vraag 12 ‘n enkelvoudige of ‘n saamgestelde sin? (½) 3.14 Wat is die afkorting van “meneer”? (reël 11) (½) 3.15 Brei die volgende vraagsin uit deur ‘n byvoeglike bepaling in te voeg. Waar is die hond dan? (1) 3.16 Rangskik die volgende woorde in alfabetiese volgorde: hondebeskuitjies ; onderwyser ; tekenles ; onnie (4) 3.17 Soek die byvoeglike naamwoord in die volgende sin: “Mmmm,” sê sy, “maar dis darem ‘n lekker lekker wat jy vir my gegee het Petronellatjie.” (1) 3.18 Wat beteken dit as ons sê, “Haar ouma is ook nie links nie….”? (reël 2) (1) 3.19 Watter woordsoort is die tweede “lekker” in reël 6? (1) 3.20 Skryf die voegwoord in die tweede sin neer. (1) 3.21 Wat is die meervoud van “ouma” in reël 2? (1) 3.22 Skryf die volgende sin oor in die lydende vorm: Die hond spoeg die lekker uit. (1) 3.23 Wat is die verkleining van “mond” in reël 4? (1) 3.24 Waarom word Petronellatjie met ‘n hoofletter geskryf? (1)

Totaal Vraag 3 : [35]

TOTAAL : 60

Page 5: LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL … · MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 60 DATUM 1 JUNIE 2016. 2 9. ... 2. VISUELE TEKS Bestudeer die prentjie en beantwoord

5

AFRIKAANS : GR. 5 (HT) AFDELING C: KREATIEWE SKRYFWERK Skryf ‘n paragraaf waarin jy vertel wat jy dink die perfekte vakansie sal wees. Vertel waarheen jy graag sal wil gaan en sê hoekom jy daarheen wil gaan. (20) Neem die volgende in ag wanneer jy begin skryf:

� Volg die skryfproses wanneer jy skryf. � Wys jou beplanning � Gee vir jou storie ‘n naam; � Jou storie moet 60 – 80 woorde lank wees; � Kyk na die rubriek om te sien waarvoor jy

gaan punte kry.

TOTAAL : 80 AFRIKAANS : GR. 5 (HT) AFDELING C: KREATIEWE SKRYFWERK Skryf ‘n paragraaf waarin jy vertel wat jy dink die perfekte vakansie sal wees. Vertel waarheen jy graag sal wil gaan en sê hoekom jy daarheen wil gaan. (20) Neem die volgende in ag wanneer jy begin skryf:

� Volg die skryfproses wanneer jy skryf. � Wys jou beplanning � Gee vir jou storie ‘n naam; � Jou storie moet 60 – 80 woorde lank wees; � Kyk na die rubriek om te sien waarvoor jy

gaan punte kry.

TOTAAL : 80