Upload
vuongquynh
View
313
Download
39
Embed Size (px)
Citation preview
ENVIRONMENTAL STUDIES SYLLABUS
GRADES 1 - 3
AFRIKAANS VERSION
Republic of Namibia
MINISTRY OF EDUCATION
JUNIOR PRIMARY PHASE
FOR IMPLEMENTATION 2015
NIED Syllabus: Environmental Studies Junior Primary Phase 2015
Die Ministerie van Onderwys National Institute for Educational Development Privaatsak 2034 Okahandja Namibië © Kopiereg NIED, Ministerie van Onderwys, 2014 Omgewingsleersillabus Grade 1 – 3 ISBN 978-99945-2-051-0 Gedruk deur NIED Webtuiste: http://www.nied.edu.na Publikasiedatum: 2014
NIED Syllabus: Environmental Studies Junior Primary Phase 2015
INHOUD
1. Inleiding ............................................................................................................................ 1
2. Beredenering .................................................................................................................... 1
3. Doelstellings ..................................................................................................................... 1
4. Insluitende onderwys ........................................................................................................ 2
5. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre kwessies ..................................................... 3
6. Benadering tot onderrig en leer ......................................................................................... 3
7. Vaardighede aan die einde van die fasE ........................................................................... 4
8. Omvang en volgorde – pre-primêr tot graad 3................................................................... 6
9. Leerinhoud .......................................................................................................................15
10. Evaluering ......................................................................................................................39
10.1 Doel van evaluering ..............................................................................................39
10.2 Soorte evaluering .................................................................................................39
10.3 Graadbeskrywings ................................................................................................40
10.4 Omskrywing van riglyne vir Deurlopende Evaluering (Besonderhede is beskikbaar
in die Junior Primary National Policy Guide) .........................................................40
10.4.1 Informele Deurlopende Evaluering .................................................................40 10.4.2 Formele Deurlopende Evaluering ..................................................................41
11. Woordelys ......................................................................................................................42
1 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
1. Inleiding
Hierdie sillabus sit die voorgenome leer en evaluering vir Omgewingsleer (Afrikaanse weergawe) vir grade 1 tot 3 van die Junior Primêre fase uiteen. Temas rakende sosiale en ekonomiese sake, gesondheid, veiligheid en voeding en natuurlike wetenskap word hierin byeengebring. Dit val dus binne die "sosiale en ekonomiese", "fisiese" en "natuurwetenskaplike" terreine van leer, maar het tematiese skakels met ander vakke binne die sillabus. Die doelstellings, leerdoelwitte en vaardighede wat mekaar tussen vakke oorvleuel, is deel van noodsaaklike leer binne die totale sillabus. In ideale omstandighede sal 3 (in graad 1 en 2) en 5 (in graad 3) periodes per week vir die vak nodig wees.
2. Beredenering
Leerervarings op die sosiale terrein help leerders om die verhoudings tussen mense en tussen mense en hulle omgewings waar te neem en te verstaan. Dit het te doen met die wisselwerking binne die sosiale, burgerlike, politieke, ekonomiese, kulturele en natuurlike omgewings. Dit help leerders om verantwoordelike landsburgers te word omdat noodsaaklike kennis, begrip, vaardighede en houdings ontwikkel word en ’n grondslag gelê word vir meer ingewikkelde temas van aardrykskunde, geskiedenis, lewensvaardighede, landbou en entrepreneurskap waaraan leerders in die hoër grade blootgestel gaan word.
Dit is veral belangrik vir leerders in die Junior Primêre fase om positiewe waardes en houdings te ontwikkel teenoor geskiedenis, veiligheid en voeding. Dit is in hierdie fase wat leerders lewenslange vaardighede, kennis en houdings aanleer oor hoe om gesond te lewe, vriende te maak, gevoelens te beheer, siekte te hanteer, selfversekerd te wees in moontlik gevaarlike situasies, veranderings in hulle liggame te hanteer en te weet hoe om hulleself te beveilig. Baie van hierdie aanvanklike temas lê die grondslag vir die lewensvaardigheidsprogramme wat in Senior Primêr en daarna aangebied word.
Die doel van leerervarings op die natuurwetenskaplike terrein is om leerders se kennis en begrip van die fisiese en biologiese wêreld waarin hulle leef, te verbeter. Dit sluit in om te verstaan hoe mense die natuurlike omgewing gebruik om menslike behoeftes te bevredig, hoe om vir die omgewing te sorg, en hoe die omgewing op ekologies volhoubare maniere verander kan word. Kritiese denke, ondersoekende benaderings, die vertolking van data en die toepassing van eksperimentele vaardighede is noodsaaklik om die waarde en beperkings van natuurwetenskaplike kennis en metodes, sowel as die toepassing daarvan in die alledaagse lewe, te verstaan. Weer eens, die verwerf van vaardighede, begrip en houdings in hierdie vroeë stadium is baie belangrik vir leer in ’n later stadium.
3. Doelstellings
Die doelstellings van Omgewingsleer is om:
’n lewendige, ondersoekende, waarderende en skeppende denkvermoë te ontwikkel wat leerders in staat sal stel om dinge selfstandig te bespreek, noukeurige waarnemings en ontledings te maak, te eksperimenteer, wetenskaplik te dink, probleme op te los en met oorgawe te werk;
leerders te help om selfvertroue, selfkennis, selfstandigheid en begrip binne die wêreld waarin hulle leef te ontwikkel;
leerders toe te rus met die kennis en begrip, bevoegdhede en vaardighede, asook houdings en waardes wat nodig is vir hulle persoonlike ontwikkeling met betrekking
2 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
tot die veranderings in die Namibiese gemeenskap;
houdings en gebruike te ontwikkel en kennis en aktiwiteite te bevorder wat fisieke en geestelike gesondheid sal verbeter;
demokratiese beginsels op skoolvlak in die onderwysstelsel en in die burgerlike lewe te bevorder;
die leerders se sosiale verantwoordelikhede teenoor ander mense, familielewe, die gemeenskap en die volk as geheel te ontwikkel;
gelyke geleenthede vir die twee geslagte te bevorder, en hulle daardeur in staat te stel om op gelyke vlak en ten volle deel te neem binne die gemeenskap sowel as op alle terreine in die werkomgewing;
positiewe benaderings tot die uitdagings wat deur samewerking, werk en entrepreneurskap gestel word, te bevorder;
begrip te ontwikkel vir die dinamiese interafhanklikheid van lewende en nie-lewende dinge en die omgewing;
die leerder se betrokkenheid by praktiese aktiwiteite vir die bewaring en instandhouding van die natuurlike omgewing te bevorder.
4. Insluitende Onderwys
Insluitende Onderwys is elke leerder se reg. Dit bevorder deelname aan of toegang tot die volle spektrum van opvoedkundige programme en dienste wat deur die opvoedkundige stelsel in hoofstroomskole beskikbaar gestel word. Die gedagte is om steun en erkenning te gee aan die uiteenlopendheid wat onder ALLE leerders aangetref word en om ALLE struikelblokke tot leer uit die weg te ruim.
Basiese Onderwys skep ’n parate gemeenskap, soos in die vooruitsig gestel in Visie 2030, deur insluiting te bevorder. Leerders met leerstruikelblokke en ander eiesoortige behoeftes sal ingesluit word in ’n hoofstroomskool, en hulle behoeftes sal aandag kry deur verskillende onderrigmetodes te gebruik en waar nodig, spesifieke leermateriaal te verskaf. Voorsiening sal gemaak word vir leerders wat so ernstig gestrem is dat hulle geen voordeel sal trek uit bywoning van insluitende skole nie. Dit sal volgens hulle behoeftes geskied met behulp van leer-ondersteuningseenhede, hulpeenhede of hulpskole totdat hulle ’n punt bereik waarop hulle in ’n insluitende skool opgeneem kan word, indien moontlik. Die sillabus, onderrigmetodes en materiaal word aangepas vir leerders in hierdie skole.
Die leerdergerigte benadering tot onderwys is by uitstek geskik vir leerders met spesiale leerbehoeftes, omdat dit bou op wat leerders reeds weet en kan doen, en hulle dan help om nuwe kennis en vaardighede aan te leer. Die sillabusraamwerk vir Insluitende Onderwys spesifiseer die vaardighede wat leerders met spesiale leerbehoeftes behoort te kan bemeester. Individuele Leerondersteuningsplanne (ILOP) moet daargestel word om die individuele leerproses vir leerders met spesiale leerbehoeftes te rig en te evalueer.
Meer riglyne oor hoe om vir leer en onderrig in ’n insluitende klaskamer te beplan, is saamgevat in die sillabusraamwerk vir Insluitende Onderwys (2012). Hierdie riglyne sal help om ALLE leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en benaderings wat tot sukses sal lei in ’n wêreld wat toenemend ingewikkeld raak, vinnig verander en oor ’n magdom van inligting en kommunikasietegnologie beskik.
Die Junior Primêre fase bied gelyke geleenthede vir seuns en meisies en maak dit vir almal moontlik om op gelyke vlak deel te neem. Onderwysers moet leerders eenders sien en behandel, en alle leermateriaal moet op albei geslagte van toepassing wees.
Dit is belangrik om geslagsperspektiewe by alle sosiale temas in te sluit ten einde leerders bewus te maak van geslagstereotipering, van hoe beperkings geplaas word op geslagsgelykheid, en maniere waarop geslagsgelykheid op alle terreine van die lewe bevorder kan word. Dit is veral belangrik dat seuns en meisies in wetenskapaktiwiteite wat te doen het met die studie van die natuurlike omgewing van die begin af vrymoedig sal voel en
3 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
dus motivering sal kry om voort te gaan met natuurlike wetenskap deur hulle skoolloopbaan en daarna.
5. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre kwessies
Interkurrikulêre kwessies sluit in Omgewingsleer, MIV en Vigs, Bevolkingsopleiding, Opleiding vir Mensregte en Demokrasie, Inligting en Kommunikasietegnologie (IKT) en Padveiligheid. Hierdie vakke is bygevoeg by die formele sillabus omdat dit alles gekoppel is aan bepaalde risiko's en uitdagings binne ons Namibiese gemeenskap. Al ons leerders moet verstaan:
wat die aard van hierdie risiko's en uitdagings is
wat die uitwerking daarvan op ons gemeenskap is
hoe dit in die plaaslike opset hanteer kan word
Die grootste risiko's en uitdagings is uitgewys as:
omgee vir en die bestuur van ons natuurlike hulpbronne
die gevolge van MIV en Vigs
gesondheidsprobleme wat verband hou met besoedeling, swak sanitasie en afval
sosiale onsekerheid as gevolg van ongelykheid en bestuur wat regte en verantwoordelikhede ignoreer
swak nakoming van padveiligheidsmaatreëls
sake rakend globalisering Die meeste van die interkurrikulêre kwessies wat genoem is, is reeds as onderwerpe of temas in die Omgewingsleer-sillabus opgeneem. Hierdie sillabus bevat meer voorbeelde van ander skakels met interkurrikulêre kwessies; hieronder word net een voorbeeld van elke interkurrikulêre kwessie gegee:
Bevolkingsopleiding Menseregte en
Demokrasie Inligting en Kommu-
nikasietegnologie MIV en Vigs
Graad 3 Infrastruktuur: Vergelyk tradisionele wonings en skuilings met moderne geboue (en waar hulle geleë is)
Grade 1-3 Om jouself te beveilig in gevaarlike situasies: Beskryf ja/nee vorms van kontak en die reg om "nee" te sê
Graad 2 Kommunikasie: Beskryf kommunikasiemetodes binne die gemeenskap
Grade1-3 Beskryf gedrag teenoor mense met MIV en Vigs
6. Benadering tot onderrig en leer
Die benadering tot onderrig en leer is gebaseer op die paradigma van leerdergerigte onderrig (LGO) soos uiteengesit in ministeriële beleidsdokumente en die LGO se konsepraamwerk. Hierdie benadering verseker optimale leerkwaliteit as die beginsels toegepas word. Daarbenewens bly die tematiese/geïntegreerde benadering die fokuspunt van Junior Primêre onderrig en leer.
Die doel is om leer met begrip te ontwikkel, en daarmee saam die kennis, bevoegdhede en benaderingswyses wat kan bydra tot die ontwikkeling van die gemeenskap. Elke leerder bring ’n magdom van kennis en sosiale ervarings saam skool toe, dinge waartoe die familie, die gemeenskap en wisselwerking met die omgewing bygedra het. Leer in die skool moet die leerder se vooraf kennis en ervarings insluit, daarop voortbou, dit uitbrei en uitdagings daaraan stel.
Leerders leer op hulle beste wanneer hulle aktief betrokke is by die leerproses deur intensiewe deelname, bydraes en skeppende werk. Elke leerder is ’n individu met sy/haar eie
4 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
behoeftes, leertempo, ervarings en vaardighede. Die onderwyser moet vir hierdie behoeftes van die leerder voorsiening kan maak en leerervarings daarvolgens kan aanpas. Leerstrategieë moet mekaar afwissel, maar buigsaam wees binne goed gestruktureerde lesaanbiedings.
Met betrekking tot die leerdoelstellings en vaardighede wat bereik moet word, moet die onderwyser besluit wanneer dit die beste is om Omgewingsleer-inhoud breedvoerig te onderrig, wanneer dit gepas is om leerders inligting vir hulleself te laat ontdek of na te vors, wanneer hulle verruiming of verryking nodig het, wanneer bepaalde vordering in vaardighede of inligting nodig is, of wanneer die leerders aangemoedig moet word om hulle eie pad deur ’n bepaalde studieveldte vind.
Om in Omgewingsleer in groepe, in pare, alleen of as ’n klas te werk moet die aanbieding georganiseer en doelgerig wees. Spanwerk moet waar moontlik aangemoedig word. Namate die leerders se sosiale vaardighede ontwikkel, kan daar dikwels van projekwerk in groepe gebruik gemaak word. Soos die leerders se persoonlike, sosiale en kommunikatiewe vaardighede ontwikkel, kan hulle stadigaan meer verantwoordelikheid kry om self hulle werk onder die onderwyser se leiding te beplan en te evalueer. Daar is baie geleenthede om vakterreine by mekaar te laat uitkom. Byvoorbeeld, leerders kan hulle skryf-, wiskunde- en kunsvaardighede gebruik om hulle begrip van die Omgewingsleer-vaardighede te illustreer.
Die afdeling oor die natuurlike omgewing in die sillabus laat sterk klem val op die opdoen van kennis, vaardighede en gesindhede deur middel van ’n ondersoekende benadering. Kinders is van nature nuuskierig oor hulle wêreld, en moet ruim geleentheid kry om vrae te vra, voorspellings te waag, waarnemings te maak en ook hulle teorieë oor die lewende en nie-lewende wêreld te toets. Sulke aktiwiteite het geen gespesialiseerde toerusting nodig nie: alledaagse voorwerpe en materiaal uit die onmiddellike omgewing is baie gepas vir onderrig in die Junior Primêre fase. Praktiese aktiwiteite stimuleer ondersoekende gesprekke tussen die leerders. Dit dra ook by tot die ontwikkeling en gebruik van die taal wat nodig is vir begrip. Gesondheid, veiligheid en voeding, en ook elemente uit die sosiale omgewing vereis meer logiese taal, daarom moet tyd ingeruim word om leerders te help om uitdrukking te gee aan hulle gedagtes.
Om lesse interessant en geloofwaardig te maak kan plaaslike gesaghebbendes en deskundiges na die klaskamer genooi word. Besoeke aan plekke in die omgewing soos waterbronne, diere en plante, en aan plaaslike industrieë, verskaf ’n ryk leeragtergrond wat nie in die klaskamer nagemaak kan word nie. Onderwysers word aangemoedig om hulle plaaslike omgewing as ’n waardevolle leerbron in te span.
7. Vaardighede aan die einde van die fase
Wanneer hulle met graad 1 in die Junior Primêre fase begin, behoort alle leerders sosiaal, emosioneel, kognitief en fisiek gereed te wees om formele onderrig te ontvang. Die eerste vyf weke in graad 1 behoort gewy te word aan skoolgereedheidsaktiwiteite.
Wanneer hulle graad 3 Omgewingsleer in die Junior Primêre fase voltooi het, moet leerders oor die volgende vaardighede beskik: Die natuurlike omgewing Leerders beskryf basiese strukture, funksies en lewensiklusse van plante en diere in hulle onmiddellike omgewing. Hulle verduidelik die belangrikheid van skoon waterbronne, en beskryf die uitwerking van waterbesoedeling en hoe om dit te voorkom. Hulle beskryf en demonstreer hoe om hulle omgewing op te pas. Hulle beskryf die eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse. Hulle doen waarnemings van weeromstandighede en bespreek hoe die weer hulle lewens, hulle welsyn
5 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
en hulle sosiale en natuurlike omgewing beïnvloed. Hulle beskryf verskillende soorte energie, die gebruik daarvan in alledaagse situasies en maklike maniere om energie te spaar. Hulle verduidelik waarom die son belangrik is, en beskryf kenmerke in die lug, in die dag en in die nag, in verskillende seisoene. Hulle dink maklike vrae uit en maak voorspellings wanneer hulle dinge ondersoek, en beplan en werk saam aan ’n eenvoudige ondersoek. Hulle gebruik standaard eenhede van meting en teken data aan met behulp van eenvoudige grafieke en tabelle. Hulle vertel ander van ondersoeke en verskaf redelike verduidelikings. Gesondheid, veiligheid en voeding Leerders verduidelik hoe belangrik dit is om ’n gesonde leefstyl te handhaaf, hoe om kos op die regte manier te bêre en voor te berei en beskryf ’n gesonde dieet. Hulle pas persoonlike higiëne toe en beskryf die emosies en veranderings in hulle liggame. Hulle beskryf hoe om hulleself en ander te versorg, en wys hoe om ’n goeie maat te wees. Hulle weet hoe om hulleself in moontlik gevaarlike situasies te beveilig, en hoe om selfversekerd te wees. Hulle beskryf die veilige toepassing van padreëls vir voetgangers, passasiers en fietsryers. Die sosiale omgewing Leerders reageer positief binne hulle sosiale en kulturele omgewing. Hulle beskryf die maatskaplike dienste in hulle gemeenskap, die kenmerke van die Namibiese vlag en wapen, en verduidelik die betekenis van belangrike nasionale, kulturele en godsdienstige feeste. Hulle verduidelik die verskil tussen tradisionele en politieke leiers. Hulle beskryf verskillende soorte behuising, kommunikasie en vervoer, sowel as ’n paar beroepe en industrieë binne hulle streke. Hulle identifiseer sommige van Namibië se natuurlike hulpbronne en neem deel aan ondernemersaktiwiteite. Die temas van Sosiale Omgewing, Gesondheid, Veiligheid en Voeding en die Natuurlike Omgewing moenie as afsonderlike komponente gesien word nie en onderrig moet al drie gelykwaardig insluit. Daarbenewens moet onderwysers ook kennis neem dat sekere aspekte wel as afsonderlike entiteite en op vasgestelde tye deur die skooljaar onderrig moet word. Hierdie aspekte kan gegroepeer word onder die opskrif "Bykomend" soos in die volgende diagram uitgebeeld, en moet op gepaste tye van die jaar onderrig word of wanneer belangstelling daarin spontaan na vore kom.
6 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
8. Omvang en volgorde – Pre-primêr tot graad 3
Toename van vaardighede, kennis en gesindhede deur die Junior Primêre fase word saamgevat in die onderstaande tabel. Die leerinhoud vir Pre-primêr is egter nie ingesluit in hierdie dokument nie en kan in die Pre-primêre sillabus nageslaan word.
Omgewingsleer omsluit leerterreine wat afsonderlike vakke word in die Senior Primêre fase (bv. Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsopvoeding, Sosiale Studies, Lewensvaardighede, ens.). Vakke vir graad 4 is ingesluit om die rigting ná graad 3 aan te dui.
DIE SOSIALE OMGEWING
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
FAMILIES EN GEMEENSKAPPE
Identifiseer en benoem familielede en identifiseer die regte en verantwoordelik-hede van familielede
Onderskei tussen goeie en swak familieverhou-dings
Verduidelik waarom dit belangrik is om ’n lid van ’n familie te wees
Beskryf hoe die rolle van familielede mekaar aanvul/onder-steun
Lewensvaardig-hede Holistiese bewustheid – familiewaardes
Gee belangrike inligting oor hulle skool
Gee belangrike inligting oor hulle skool
Gee belangrike inligting oor hulle skool
BYKOMEND
Projekte Persoonlik
Ondersoeke en
opnames
Waarnemings en
invloed van die weer
Besoekers aan die
skool
Algemene kennis
Velduitstappies en
ekskursies
Belangstellings
Eksperimente
Sake van die dag
en ontwikkelings
Natuur
Verjaardae en ander
familiegeleenthede
7 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
Noem verskillende soorte dienste en beroepe en die rol wat elke lid in die gemeenskap speel
Noem basiese gesondheidsorg-verskaffers in die huis en gemeenskap en verduidelik hulle rolle
Beskryf die belangrikste sosiale aktiwiteite in die gemeen-skap en die maatskaplike dienste wat voorsien word
Verduidelik wat verskillende sosiale groepe in hulle gemeen-skappe doen en beskryf ’n paar openbare dienste wat voorsien word
Sosiale Studies Vestigings-aardrykskunde
FAMILIEKULTUUR, NASIONALE KULTUUR, GESKIEDKUNDIGE GEBEURTENISSE EN MENSE
Identifiseer en noem beginsels uit hulle eie kultuur
Beskryf eie familiegewoontes en seremonies
Beskryf gebruike en kulturele uitings in die plaaslike gemeenskap
Beskryf tradisies van verskillende kulture in Namibië
Sosiale Studies
Beskryf die ontwerp en kleure van die Namibiese vlag
Verduidelik die betekenis van die kleure en beelde van die nasionale vlag
Verduidelik die betekenis van die simbole op Namibiese wapen
Neem deel aan die viering van nasionale feesdae by die skool
Verduidelik waarom Onaf-hanklikheidsdag ’n belangrike dag in Namibië se geskiedenis is
Verduidelik waarom Onafhanklikheids-dag, Cassingadag en Afrikadag belangrike dae in Namibië se geskiedenis is
Onderskei tussen godsdienstige en nie-godsdienstige vakansiedae
Gee die naam van Namibië se president
Verduidelik waarom en hoe plaaslike en nasionale leiers vereer word
Verduidelik die belangrikste funksies van tradisionele leiers
INFRASTRUKTUUR EN MANIERE VAN KOMMUNIKASIE BINNE DIE GEMEENSKAP EN DIE STREEK
Sê waar hulle woon, noem verskillende soorte boumateriaal wat vir hulle huise gebruik is en onderskei tussen soorte huise volgens tradisionele soort, kleur, grootte en vorm
Beskryf hulle huise en meubels
Beskryf en noem boumateriaal wat in die plaaslike omgewing gebruik word.
Vergelyk tradisionele huise en skuilings met moderne geboue
Sosiale Studies Vestigings-aardrykskunde
Noem die vervoermiddels wat in die gemeenskap gebruik word
Beskryf hulle familie se vervoermiddels
Beskryf die rol van openbare vervoer in die gemeenskap
Beskryf vervoer in die streek
Sosiale Studies Ekonomiese aardrykskunde
8 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
Beskryf hulle familie se kommunikasie-middels
Beskryf kommunikasie-middels in die gemeenskap
Beskryf kommunikasie-middels in die streek
HANDEL, INKOMSTE, BESTEDING EN SPAAR
Beskryf die beroepe van hulle familielede, en verduidelik waarom ’n familie geld en spaargeld nodig het
Beskryf die beroepe van handelaars in die plaaslike gemeenskap
Beskryf die belangrikste beroepe in die streek en sê waarom dit nodig is
Sosiale Studies Ekonomiese aardrykskunde
Entrepreneurskap-bewustheid in voor-beroepsvakke
Neem deel aan handeldryf, koop- en verkoopaktiwiteite
Neem deel aan handeldryf, koop- en verkoopaktiwiteite
Neem deel aan handeldryf, koop- en verkoopaktiwiteite
GESONDHEID, VEILIGHEID EN VOEDING
’N GESONDE EN VEILIGE LEEFSTYL
Verduidelik waarom ’n skoon omgewing, persoonlike higiëne, liggaamsoefe-ning en rus belangrik is
Verduidelik waarom persoonlike higiëne, oefening en rus belangrik is
Verduidelik waarom persoonlike sindelikheid belangrik is
Beskryf die tekens en simptome van gewone infeksies en verduidelik hoe om dit te voorkom
Lewensvaardig-hede Holistiese bewustheid – persoonlike higiëne
Beskryf hoe MIV en Vigs oorgedra kan word/nie oorgedra kan word nie
Beskryf watter soort kontak met MIV- en Vigs-lyers veilig is en wat vermy moet word
Beskryf watter soort kontak met MIV- en Vigs-lyers veilig is, wat vermy moet word, en hoe om teenoor hulle op te tree
Beskryf die gedrag wat teenoor mense met MIV en Vigs gehandhaaf moet word
Lewensvaardig-hede Holistiese bewustheid – feite en mites oor HIV en Vigs Sosiale Studies Bevolkings-aardrykskunde
LIGGAAMSDELE, VERANDERINGS IN DIE LIGGAAM, GEVOELENS EN SINTUIE
Onderskei tussen liggaamsdele en hulle funksies
Onderskei tussen liggaams-dele en hulle funksies
Noem faktore wat groei en ontwikkeling beïnvloed
Onderskei tussen inwendige en uitwendige liggaamsdele en tussen "private" en "nie-private" liggaamsdele
Lewensvaardig-hede Holistiese bewustheid – Seksuele ontwikkeling
Identifiseer en noem die vyf sintuiglike funksies
Identifiseer en noem die vyf sintuie en hulle funksies
Identifiseer die sintuie en verduidelik hoe om die neus, ore, oë en mond te versorg
Identifiseer die inwendige organe van die liggaam en hulle funksies
Lewensvaardig-hede
9 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
Neem waar hoe gevoelens en buie kan verander
Beskryf verskillende emosies/gevoelens en hoe hulle kan verander
Identifiseer "goeie" en "slegte" gevoelens
Beskryf hoe om gevoelens te beheer
Lewensvaardig-hede Holistiese bewustheid – gevoelens/emosies – sukses en teleurstelling
VRIENDSKAP
Wys omgee en besorgdheid vir ander
Wys omgee en besorgdheid vir maats
Beskryf hoe om maats te maak
Beskryf die eienskappe van ’n goeie maat en hoe om ’n maat vir ander te wees
Lewensvaardig-hede Vriendskap
WEES VERSIGTIG IN MOONTLIK GEVAARLIKE SITUASIES
Identifiseer en beskryf gevaarlike situasies en veiligheidsmaat-reëls in die huis, skool en die onmiddellike omgewing en hoe om gevaar te vermy
Identifiseer en beskryf gevaarlike situasies en veiigheidsmaat-reëls in die huis, skool en die onmiddellike omgewing en hoe om gevaar te vermy
Identifiseer en beskryf gevaarlike situasies en veiligheidsmaat-reëls in die huis, skool en die onmiddellike omgewing en hoe om gevaar te vermy
Identifiseer en beskryf gevaarlike situasies en veiligheidsmaat-reëls in die huis, skool en die onmiddellike omgewing en hoe om gevaar te vermy
Lewensvaardig-hede
Wys hoe om "nee" te sê in ’n ongemaklike, moontlik gevaarlike situasie, beskryf ja/nee vorms van kontak en verduidelik waar om hulp te kry
Wys hoe om "nee" te sê in ’n ongemaklike, moontlik gevaarlike situasie, beskryf ja/nee vorms van kontak en verduidelik waar om hulp te kry
Wys hoe om "nee" te sê in ’n ongemaklike, moontlik gevaarlike situasie, beskryf ja/nee vorms van kontak en verduidelik waar om hulp te kry
Verduidelik in watter situasies hulle moet en kan "nee” sê en wys hoe om "nee" te sê vir onaanvaarbare gedrag
Lewensvaardig-hede Holistiese bewustheid – ja sê, nee sê; respek
GESONDE KOS EN EETGEWOONTES
Onderskei tussen gesonde en ongesonde kos
Beskryf gesonde kos wat gereeld geëet moet word, en gesonde eetgewoontes
Verduidelik hoe om kos higiënies te hanteer en waarom higiëne belangrik is
Verduidelik die regte metodes vir bewaring en voorbereiding van kos en die belangrikheid daarvan
Lewensvaardig-hede Holistiese bewustheid – gesonde kos
10 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
VERKEERSVEILIGHEID
Beskryf goeie passasiers- en voetganger-gedrag
Identifiseer padtekens in die plaaslike omgewing, verduidelik gevare op die pad, wys hoe om ’n pad veilig oor te steek en wys op moontlike gevare op pad skool toe
Verduidelik hoe mense hulle in die verkeer moet gedra – as voetgangers en as passasiers in ’n voertuig
Verduidelik padveiligheid en verkeersreëls vir fietsryers
Lewensvaardig-hede Burgerlike sake – voetgangers; vryheid
DIE NATUURLIKE OMGEWING
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
PLANTE – LEWENDE DINGE MET ’N LEWENSIKLUS (OORERFLIKHEID EN EVOLUSIE)
Beskryf eenvoudige verskille tussen lewende en nie-lewende dinge
Beskryf plante as lewende dinge wat lug, water en sonlig nodig het om te oorleef
Wys hoe die wortels van plante water opneem en wys die uitwerking van sonlig op die blare
Beskryf die uitwerking van lig en water op die groei van plante
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Omgewing – lewende dinge
Beskryf hoe om plante goed te versorg
Beskryf/maak ’n skets van hoe sade ontkiem
Beskryf/maak ’n skets van hoe sade ontkiem
Beskryf die lewensiklus van blomplante
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Hoe om plante te versorg
Identifiseer plante in hulle onmiddellike omgewing en vergelyk die vorms, groottes en kleure van verskillende plante, blare en sade
Identifiseer, noem en gee die belangrikste dele van bome, bosse en gras uit die eie omgewing
Identifiseer plaaslike plante volgens hulle blare en sade
Identifiseer verskillende soorte bome in die omgewing deur waarneembare kenmerke te gebruik
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Die groei van plante
Identifiseer eetbare, oneetbare en giftige plante/vrugte
Identifiseer en noem giftige plante in hulle omgewing
Identifiseer verskillende dele van plante wat as kos gebruik word
Identifiseer plante wat as medisyne gebruik kan word
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Plante
11 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
DIERE – LEWENDE DINGE MET VERSKILLENDE KARAKTEREIENSKAPPE, WOONPLEKKE EN EETGEWOONTES (OORERFLIKHEID EN EVOLUSIE)
Beskryf eenvoudige verskille tussen lewende en nie-lewende dinge
Beskryf diere (insluitend mense) as lewende dinge wat kos, water en skuiling nodig het om te oorleef
Beskryf die verskillende maniere waarop diere (insluitend mense) kos en water in die hande kry
Beskryf die strukture wat diere (insluitend mense) gebruik om rond te beweeg
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Omgewing – lewende dinge
Identifiseer en sorteer huis- en plaasdiere en wilde diere en beskryf hoe om vir plaas- en huisdiere te sorg
Identifiseer fisieke kenmerke en eetgewoontes van huis- en plaasdiere
Identifiseer kos en ander produkte wat afkomstig is van plaasdiere
Onderskei tussen fisieke eienskappe, woonplekke en eetgewoontes van wilde diere en hulle plek in die voedselketting
Sosiale Studies Klimaat – plantegroei en diere in die streke
Sê hoe en waarom wilde diere in Namibië beskerm word
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding
Beskryf eenvoudige ooreenkomste en verskille tussen die voorkoms en gedrag van volwassenes en hulle nageslag
Beskryf die lewensiklus van diere wat groei maar nie van vorm verander nie (metamorfoseer)
Beskryf die veranderings in diere terwyl hulle groot fisieke veranderings ondergaan (metamorfose)
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Omgewing – lewende dinge
WATER – GEBRUIKE, BEWARING EN BESOEDELING (WETENSKAP EN TEGNOLOGIE IN DIE GEMEENSKAP)
Beskryf die belangrikheid van water, noem die gebruike van skoon water en verduidelik hoe om dit te spaar
Verduidelik waarom ons water nodig het en beklemtoon die belangrikheid van skoon water
Verduidelik hoe en waarom water gespaar en gebêre moet word
Verduidelik moderne en tradisionele metodes van watersuiwering
SosialeStudies Ekonomiese aardrykskunde – hernubare natuurlike hulpbronne Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Omgewing – plaaslike hulpbronnne wat in die alledaagse lewe gebruik word
Identifiseer en noem plaaslike waterbronne
Noem plaaslike waterbronne en beskryf die gebruike van skoon water
Noem plaaslike waterbronne en beskryf die gebruike van skoon water
Stel vas waar water in die omgewing gevind word
Natuurlike Weten-skap en Gesond-heidsopvoeding Bewaring van natuurlike hulpbronne
12 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
Identifiseer eenvoudige ma-niere waarop water besoedel raak, die gevare van die drink van besoedelde wa-ter en eenvoudi-ge maniere om waterbesoede-ling te voorkom
Identifiseer basiese oorsake van waterbesoedeling en eenvoudige maniere om dit te voorkom
Identifiseer hoe afval waterbronne besoedel en beskryf hoe dit voorkom kan word
Beskryf hoe die nywerhede bronne besoedel en sê hoe dit voorkom kan word
Sosiale Studies Ekologie
OMGEE VIR DIE OMGEWING EN HOE OM DIT SKOON TE HOU (WETENSKAP EN TEGNOLOGIE IN DIE GEMEENSKAP)
Verduidelik hoe belangrik dit is om die omgewing skoon te hou en demonstreer eenvoudige maniere om dit skoon te hou en daarvoor om te gee
Verduidelik en demonstreer hoe belangrik dit is om die omgewing skoon te maak en daarvoor om te gee
Verduidelik en demonstreer hoe belangrik dit is om die omgewing skoon te maak en daarvoor om te gee
Verduidelik en demonstreer hoe belangrik dit is om die omgewing skoon te maak en daarvoor om te gee
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Omgewing – gee om vir plekke/skool of by die huis Sosiale Studies Ekologie
MATERIE – EIENSKAPPE EN GEBRUIKE (EIENSKAPPE VAN MATERIE)
Sorteer voorwerpe wat kan sink en op water kan dryf
Identifiseer en beskryf voorwerpe wat kan sink en op water kan dryf
Beskryf eenvoudige verskille tussen die fisiese eienskappe van vaste stowwe en vloeistowwe
Beskryf eenvoudige verskille tussen die fisiese eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding
WEER, SEISOENE EN DIE OMGEWING (ENERGIE EN DIE AARDE SE SISTEME)
Beskryf seisoenale veranderings en daaglikse weertoestande
Beskryf seisoenale veranderings en daaglikse weertoestande
Verduidelik waarom weertoestande verander
Verduidelik waarom weertoestande verander
Sosiale Studies Klimatologie – studies rakende die weer Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop-voeding Weer in die natuurlike omgewing
Noem klere en kos wat by sekere weertoestande pas
Noem klere en kos wat by sekere weertoestande pas
Beskryf die uitwerking van die vier seisoene op mense en die omgewing
Beskryf die uitwerking van die seisoene op plante en diere
Sosiale Studies Klimaat
DIE AARDE, DIE MAAN, ONS SONNESTELSEL EN DIE HEELAL
Beskryf dinge in die lug wat maklik sigbaar is
Beskryf hoe die lug in die nag en die dag verander
Beskryf die eienskappe van die lug en van seisoene
Sosiale Studies Astronomie/ Klimatologie
13 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
KRAGTE, BEWEGING EN ENERGIE (ENERGIE IN DIE AARDE SE SISTEME)
Identifiseer eenvoudige energiebronne, veral die son
Identifiseer die alledaagse gebruik van energiebronne, veral die son
Beskryf energiebesparen-de maatreëls en die voordele daarvan
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop- voeding
Demonstreer dat voorwerpe kan beweeg
Identifiseer die uitwerking van energie en kyk na wat dinge laat werk, groei en beweeg
Identifiseer hoe energie beweeg
Identifiseer hoe energie van vorm kan verander
Beskryf die uitwerking van swaartekrag
14 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Die volgende basiese vaardighede moet ingebou word in die tema Natuurlike Omgewing, en moet geëvalueer word. Let daarop dat veral wetenskaplike geletterdheid en gesyferdheid natuurlik by tale en wiskunde geïntegreer word. Afhangend van die aard van die take kan onderwysers self besluit in watter vakgebiede hierdie vaardighede geëvalueer moet word.
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4
ONDERSOEKMETODES OM NATUURLIKE GEBEURTENISSE TE ONTLEED, TE BESKRYF, TE VERDUIDELIK EN TE VOORSPEL
Gebruik praktiese ervarings en sintuie om vrae te vra as die wêreld daarbuite ondersoek word. Gebruik sintuie om data te versamel
Waag raaiskote oor wat tydens ’n ondersoek kan gebeur
Maak eenvoudige voorspellings oor wat tydens ’n ondersoek kan gebeur
Maak eenvoudige voorspellings gegrond op vooraf kennis
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop- voeding
Die onderwyser demonstreer wanneer ondersoeke gedoen word
Beskryf eenvoudige stappe om ’n ondersoek te beplan en uit te voer
Beskryf stappe in meer besonderhede vir die beplanning en uitvoering van ’n ondersoek
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop- voeding
WETENSKAPLIKE GELETTERDHEID Deel inligting met ander deur te praat, te luister en te teken
Deel inligting met ander deur te praat, te luister, te teken, te lees en te skryf
Lig ander in oor ondersoeke en stel redelike verduidelikings voor
Lig ander in oor ondersoeke en stel redelike verduidelikings voor
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop- voeding
Soek inligting in
boeke, tydskrifte en ander bronne
Soek inligting in boeke, tydskrifte en ander bronne
WETENSKAPLIKE GESYFERDHEID Sorteer en rangskik voorwerpe volgens hulle kenmerke, bv. hard/sag; dryf/sink
Orden inligting deur sortering, groepering, lyste en sketse te gebruik
Orden en klassifiseer voorwerpe of gebeurtenisse volgens hulle gemeenskaplike kenmerke
Sorteer en rangskik gebeurtenisse, feite en gedagtes in volgorde
Natuurlike Wetenskap en Gesondheidsop- voeding
PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3 GRAAD 4 Neem waar,
vergelyk, klassifiseer en beskryf met behulp van eenvoudige nie-standaard meetinstrumente om data te versamel
Neem waar, vergelyk, klassifiseer en beskryf met behulp van nie-standaard meetinstrumente om data te versamel
Neem waar, vergelyk, klassifiseer en beskryf met behulp van standaard meetinstrumente om data te versamel
Stel ’n eenvoudige tabel op om waarnemings aan te teken
Stel ’n eenvoudige tabel op om waarnemings aan te teken
Stel eenvoudige staafgrafieke op om bevindings aan te teken
15 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
9. Leerinhoud
Graad 1-leerders moet in die eerste termyn vir minstens vyf weke blootgestel word aan gereedheidsaktiwiteite voordat formele leer begin. Sien die dokument A School Readiness/Preparatory Programme 5 weeks (NIED 2011) en die Integrated Planning Manual Grade 1 (NIED 2010).
TEMA: DIE SOSIALE OMGEWING
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Families en gemeenskappe
Leerdoelwit Leerders verstaan die belangrikheid daarvan om deel te wees van families en gemeenskappe
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
beskryf goeie familieverhoudings, bv. - teken familielede, dramatiseer
goeie familieverhoudings, bespreek wat ’n goeie familielewe laat werk
- identifiseer hulle regte en verantwoordelikhede, bv. hulle reg tot liefde en opleiding, hulle verantwoordelikhede om skool by te woon en na die beste van hulle vermoë te leer
- bespreek die regte en verantwoordelikhede van hulle familielede
gee toepaslike inligting oor die skool, bv. - die naam van die skool, die
skoolhoof, die klasonderwyser en klasmaats
beskryf lede van die familie en sê waarom dit belangrik is om ’n lid van ’n famiie te wees, bv. - teken en beskryf famlielede en
skryf hulle name - bespreek die verskil tussen
gesinne en uitgebreide families in verskillende Namiese kulture
- teken ’n stamboom en dui hulle eie plek daarop aan, asook dié van ander familielede binne die gewone en uitgebreide familie
- bespreek waarom dit belangrik is om deel van ’n familie te wees, bv. ’n gevoel dat jy êrens hoort
gee toepaslike inligting oor die skool, bv. - die naam van die skool, die
skoolhoof, die klasonderwyser en klasmaats
beskryf hoe die rolle van familielede mekaar aanvul/ondersteun, bv. - beskryf die rolle van familielede - dramatiseer en bespreek wat elke
persoon in die huis doen, hoe werk verdeel kan word, wat elkeen kan bydra
- bespreek pleegsorg en aanneming as maniere om weeskinders by ’n familigroep in te sluit
gee toepaslike inligting oor die skool, bv. - die naam van die skool en waarom
dit die naam het, die naam van die skoolhoof, die klasonderwyser en ander personeellede, klasmaats, en die voorsitter van die raad
16 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
noem voorsieners van gesondheidsorg by die huis en in die gemeenskap en verduidelik hulle rol, bv.
- identifiseer wie gesondheidsorg in die huis gee, bv. ma, pa, suster, oppasser
- beskryf die tipe versorging, bv. meet temperatuur, gee medisyne, ens.
- identifiseer wie gesondheidsorg in die gemeenskap gee, bv. dokters/verpleegsters/klinieke, hospitale
- dramatiseer besoeke aan gesondheidsinstellings
beskryf die belangrikste sosiale aktiwiteite in die gemeenskap, bv.
- bespreek en teken webdiagramme van formele en informele groepe waaraan leerders behoort, bv. vriende en klasmaats, kerkgroepe, groepe of klubs waaraan ouers en ouer broers en susters behoort
- dramatiseer ’n paar sosiale aktiwiteite
beskryf verskillende openbare dienste wat gelewer word, bv.
- besoek die plaaslike munisipaliteit (of nooi ’n stadsraadlid uit) en vind uit watter dienste gelewer word, (bv. polisie, klinieke, hospitale, veiligheid, water, krag, bedienings) en vind uit watter dienste hulle bied
- skryf en gee ’n kort verslag oor die besoek
- skryf ’n eenvoudige, vriendskaplike brief aan iemand binne die plaaslike dienste en bedank hom vir sy tyd
- teken ’n eenvoudige kaart van die gemeenskap en merk die plekke waar die dienste gelewer word
- besoek plaaslike ondersteuningsgroepe (MIV/Vigs) en vind uit watter soort ondersteuning hulle gee
Familiekultuur, nasionale kultuur en historiese gebeurtenisse en mense
Leerdoelwit Leerders verstaan hoe familiekultuur, nasionale kultuur en historiese gebeurtenisse asook mense Namibiërs beïnvloed
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
beskryf eie familiegewoontes en vieringe, bv.
- bespreek gewoontes en vierings waaraan die familie deelneem
- bespreek wat om aan te trek (kleredrag) na spesiale seremonies
- vra genooide gaste (bv. ouers) uit oor verskillende soorte kleredrag
beskryf gewoontes en die uitleef van kultuur in die plaaslike gemeenskap, bv.
- beskryf spesiale dae, gebeurtenisse en seremonies wat gevier word en hoe dit gevier word (kleredrag, musiek en gedrag)
- skep kunswerke en dramatiseer hierdie gebeurtenisse
beskryf tradisies van verskillende kulture in Namibië, bv.
- deel inligting oor kulturele tradisies wat in die klas verteenwoordig word
- vra gemeenskapslede uit oor tradisies en kry inligting oor kulturele tradisies in Namibië
- leer liedjies uit ander kulture aan en neem deel aan 'n drama/dans-dag, geklee in tradisionele drag
17 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
beskryf die ontwerp en kleure van die Namibiese vlag, bv.
- teken en kleur die vlag in, en bespreek waar die vlag in die plaaslike gemeenskap gebruik word
- beskryf die kleure en simbole - neem deel aan geleenthede waar
die vlag gehys word
- skep ’n drama/dans met verskillende soorte tradisionele kleredrag
verduidelik die betekenis van die kleure en beelde op die nasionale vlag, bv.
- vind uit wat die gedagte agter die betekenis van die kleure en beelde is; maak ’n collage en skryf die woord vir elke simbool neer
- bespreek wat gebeur as ’n hoogwaardigheidsbekleër die land besoek; wie op TV verskyn; oor wie op die radio gepraat word of wat in die koerante verskyn by amptelike openings; opening van die parlement; Onafhanklikheidsdag en ander nasionale seremonies
- neem deel aan geleenthede waar die vlag gehys word
beskryf die betekenis van die simbole op die Namibiese wapen, bv.
- bespreek die visarend, gemsbok en welwitschia; maak stories daaroor op en mimiek dit met eenvoudige maskers
- bespreek waarom hulle op die wapen is en wat hulle verteenwoordig
- neem deel aan geleenthede waar die vlag gehys word
verduidelik waarom Onafhanklikheidsdag ’n belangrike dag in Namibië se geskiedenis is, bv.
- bespreek waarom die dag ’n belangrike dag in Namibië se geskiedenis is en hoe ons dit vier
- sing die nasionale volkslied saam met ander, lê klem op die regte houding en uitspraak van woorde, bespreek wanneer en waar dit gesing word
identifiseer die naam van die president, bv.
verduidelik waarom Onafhanklikheidsdag, Cassingadag en Afrikadag belangrike dae in Namibië se geskiedenis is, bv.
- bespreek elke dag wanneer dit voorkom en wys op die betekenis daarvan
- sing die nasionale volkslied saam met ander, lê klem op die regte houding en uitspraak van woorde
identifiseer plaaslike, tradisionele en nasionale leiers, en beskryf hoe en waarom hulle geëer word, bv.
onderskei tussen godsdienstige en nie-godsdienstige vakansiesdae, bv.
- bespreek wat openbare vakansiedae is, vir wie hulle belangrik is, en wat mense op openbare vakansiedae doen
- maak ’n lys van godsdienstige en nie-godsdienstige vakansiedae
- sing die nasionale volkslied saam met ander, met die klem op respek, regte houding en die regte uitspraak van woorde
verduidelik die funksies van
18 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- beskryf/dramatiseer hoe dit sal
wees om die president te wees en die land te lei
- vind uit wat die name van die
leiers is en watter posisies hulle beklee, bv. die president en plaaslike leiers
- bespreek hoe om respek en beleefde gedrag te betoon teenoor leiers
- bespreek watter bydraes hierdie leiers gemaak het om so vereer te word
plaaslike, tradisionele en nasionale leiers, bv.
- bespreek die verskille tussen tradisionele en nasionale leiers, bv. hoe hulle gekies word en die rol wat hulle vervul
- nooi plaaslike leiers uit om te kom verduidelik wat hulle doen, bv. raadslede, hoofmanne, ens.
Infrastruktuur en maniere van kommunikasie
Leerdoelwit Leerders identifiseer verskillende soorte infrastruktuur en maniere van kommunikasie binne die gemeenskap en streek
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:`
beskryf hulle huis en meubels, bv.
- bespreek hoe die huise lyk, bou-materiaal wat gebruik is, teken hulle huise
- identifiseer ooreenkomste en verskille tussen verskillende huise
- bespreek die verskillende vertrekke in die huis
- bespreek en noem boumateriaal wat in die plaaslike omgewing gebruik word, bv.
- versamel en maak groepuitstallings met naamkaartjies by voorbeelde van materiaal wat gebruik is om huise en ander geboue te bou
- bespreek hoe dieselfde materiaal gebruik kan word om verskillende vorms en strukture te skep
- bespreek soorte meubels in verskillende vertrekke
vergelyk tradisionele huise en skuilings met moderne geboue, bv.
- maak modelle/teken/skep voorbeelde van tradisionele huise en skuilings, en van moderne huise
- vergelyk deur die ooreenkomste en verskille tussen tradisionele en moderne huise te bespreek
- bespreek waarvoor verskillende vertrekke in verskillende huise gebruik word
19 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
beskryf die famiie se manier van vervoer, bv.
- bespreek en teken eie manier van vervoer skool toe en terug
- bespreek en teken alle soorte vervoer wat in die plaaslike omgewing gesien word
beskryf die familie se manier van kommunikasie, bv.
- bespreek die verskillende maniere waarop nuus versprei word en van kommunikasie, bv. selfoon, telefoon, radio, televisie en koerante (plaaslike media)
- oefen en wys die regte manier om ’n telefoon en selfoon te gebruik
beskryf die soorte openbare vervoer in die gemeenskap, bv.
- bespreek die behoefte aan en belangrikheid van openbare vervoer
- maak ’n piktogram en dui getalle en soorte vervoer daarop aan
beskryf maniere van kommunikasie in die gemeenskap, bv.
- bespreek en teken alle vorms van kommunikasie wat in die plaaslike gemeenskap gebruik word, bv. telefone, selfone, koerante, advertensieborde, advertensies, e-pos, ens.
- bespreek maniere van kommunikasie uit die verlede, bv. briewe skryf, boodskappers, rookseine, te voet, posduiwe of te perd
- dramatiseer die lees van ’n nuusbulletin op TV
beskryf vervoer in die streek, bv. - bespreek verskillende soorte
vervoer, bv. op land, op water, in die lug
- ondersoek soorte vervoer wat in die streek gebruik word
- bespreek die rol van openbare vervoer
bespreek maniere van kommunikasie in die streek, bv.
- bespreek die doel van verskillende soorte kommunikasie: snelheidsgrense in die streek, afstandbordjies, waarskuwingstekens op die pad oor diere, internet, e-pos, selfone, nasionale koerante, padblokkades, advertensieborde, ens.
- bespreek die belangrikheid van noodnommers, bv. die brandweer, polisie, hospitaal, nooddienste, ens.
Handel, inkomste, besteding en spaar
Leerdoelwit Leerders verstaan die belangrikheid van handel, en van inkomste, besteding en geld spaar
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
beskryf die beroepe van hulle familielede en verduidelik waarom ’n familie geld en spaargeld nodig het, bv.
- maak ’n klaslys van familielede se beroepe (insluitend huishulpe, tuiniers, ens.)
beskryf die beroepe van handelaars in die plaaslike gemeenskap, bv. winkeleienaars, handwerkers, straatverkopers
- bespreek tradisionele en moderne maniere van handel dryf en verkoop, en die rol van die
bespreek die belangrikste beroepe in die streek en sê waarom hulle nodig is, bv.
- maak ’n lys en vergelyk beroepe in stedelike en plattelandse gebiede (bv. handwerk-produkte, inkomste-genererende aktiwiteite)
20 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
- bespreek waarom daar ’n inkomste vir die familie moet wees
winkeleienaar/klant, bv. - bespreek waarom mense winkels
toe of mark toe gaan
- besoek ’n fabriek en vind uit watter produkte gemaak word en waarom
21 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
neem deel aan handeldryf en aan koop- en verkoop-aktiwiteite bv.
- beskryf items wat ingeruil kan word om geld te maak, (bv. bottels, metaal) en goed wat hulle kan maak om te verkoop
- oefen hoe om te koop deur dramatisering, bv. speel "winkel-winkel" met regte/plastiekgeld of klippies/tellers, ens.
- verduidelik dat ons geld spaar om goed te koop wat ons nodig het of wil hê
- oefen om te spaar, bv. spaar geld/klippies/bottelproppe in ’n bottel
- besoek ’n plaaslike winkel of mark en vergelyk hoe koop/verkoop plaasvind of handel gedryf word, en vra uit oor wat hulle doen, wat hulle verkoop, wie hulle ware koop en waarom hulle werk vir hulle belangrik is
- dramatiseer koop en verkoop - beplan ’n geldinsamelings-
geleentheid vir die klas
neem deel aan handeldryf en aan koop- en verkoop-aktiwiteite bv.
- maak ’n lys van goed wat ons "nodig het" en goed wat ons "wil hê", en identifiseer die verskil tussen "nodig hê" en "wil hê"
- identifiseer goed wat ons "moet" koop en goed wat ons "wil" koop
- bespreek dat ons moet keuses maak oor wat ons koop; ons kan nie altyd koop wat ons "wil hê" nie
- oefen hoe om te koop deur dramatisering, bv. speel "winkel-winkel" met regte/plastiekgeld of klippies/tellers, ens.
- bespreek dat dit nodig is om te spaar sodat ons die goed kan koop wat ons nodig het en wil hê
- oefen om geld te spaar
- besoek ’n handwerk-sentrum en maak ’n lys van handwerk wat in die gebied gemaak word, beskryf die produkte en sê waarom hulle gemaak word
- bespreek hoe verskillende beroepe mekaar aanvul
neem deel aan handeldryf en aan koop- en verkoop-aktiwiteite, bv.
- beskryf goed wat ons "moet" koop en goed wat ons "wil" koop
- wys hoe om keuses te maak oor wat ons koop, bv. Ek het N$10. Gaan ek koek koop of ’n speelding? Waarom?
- samel geld in met klasprojekte - organiseer en neem deel aan ’n
"markdag" by die skool - bespreek dat dit nodig is om te
spaar sodat ons die goed kan koop wat ons nodig het en wil hê
- bespreek hoe om geld te spaar deur van banke gebruik te maak
22 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
TEMA: GESONDHEID, VEILIGHEID EN VOEDING
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
’n Gesonde en veilige leefstyl
Leerdoelwit Leerders verstaan die belangrikheid van ’n gesonde en veilige leefstyl
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
verduidelik waarom persoonlike higiëne, oefening en rus belangrik is, bv.
- verduidelik die belangrikheid van gereelde oefening en rus/slaap vir goeie gesondheid
- bespreek en oefen daaglikse roetines om hare, vel, naels, ore, neus, oë, hande, tande en voete skoon te hou
- bespreek hoe noodsaaklik dit is om hande te was voor en ná behandeling van kleiner velwonde
- oefen om wonde te behandel - bespreek hoe en waar om hulp te
kry as daar onsekerheid is oor die erns van die wond
beskryf watter kontak met mense met MIV en Vigs veilig is en watter konak vermy moet word, bv.
- bespreek vrees vir kontak en hoe om dit te oorkom; die belangrikheid van omgee en veilige fisieke kontak
verduidelik waarom persoonlike higiëne, oefening en rus belangrik is, bv.
- maak ’n lys van oefeninge wat elke week gedoen word, en beklemtoon die belangrikheid van gereelde oefening
- bespreek dat dit nodig is om elke nag ten minste agt (8) ure te slaap
- bespreek waarom ons gereeld moet was/bad, waar ons mag bad en waar nie en waarom; skryf ’n eenvoudige mening neer
- beskryf en skryf ’n gediggie oor hoe belangrik dit is om skoon klere te dra
beskryf watter kontak met mense met MIV en Vigs veilig is en watter kontak vermy moet word, asook hoe om teenoor mense met MIV en Vigs op te tree, bv.
- bespreek vrees vir kontak en hoe om dit te oorkom; die belangrikheid van omgee en veilige fisieke kontak
beskryf die tekens en simptome van die algemeenste aansteeklike siektes in die omgewing en praat oor hoe om dit te voorkom, bv.
- bespreek en maak ’n klasopname van watter siektes die leerders al gehad het
- identifiseer en maak ’n lys van die algemeenste aansteeklike siektes, die simptome en hoe die siektes versprei
- maak ’n plakkaat; dramatiseer hoe om te keer dat siektes versprei, bv. nies of hoes in 'n sakdoek, bly by die huis in geval van siekte, ens.
beskryf hoe om op te tree teenoor mense met MIV en Vigs, bv.
- bespreek die behoefte aan ekstra omgee en liefde vir mense met MIV en Vigs
- bespreek hoe ons nou met hulle kan saamwerk sonder om self die siekte te kry
- bespreek in watter opsig MIV en Vigs verskil van enige ander aansteeklike siekte, bv. dit breek die immuunsisteem af sodat die persoon makliker siek word
23 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- gebruik inligtingstekste, internet, ens. om inligting te kry oor die immuunstelsel, en gee ’n eenvoudige verduideliking, bv. dat goeie kieme in ons liggaam die slegte kieme beveg sodat ons nie ernstig siek word nie
- vra ’n besoekende gesondheidswerker vrae oor MIV en Vigs
Liggaamsdele, veranderings in die liggaam en gevoelens, en sintuie
Leerdoelwit Leerders identifiseer liggaamsdele, veranderingas in die liggaam, gevoelens en sintuie
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
onderskei tussen liggaamsdele en hulle funksies, bv.
- noem en beskryf die verskillende liggaamsdele en die aktiwiteite wat die liggaam kan uitvoer, bv. loop, sit, strek, balanseer, ens.
identifiseer en benoem die vyf sintuie en hulle funksies, bv.
- bespreek die vyf sintuie en pas elke sintuig by sy funksie
- identifiseer verskillende kossoorte volgens smaak, aanraking en reuk terwyl ’n blinddoek gedra word
identifiseer faktore wat groei en ontwikkeling beïnvloed, bv.
- bespreek die behoefte aan gesonde kos, oefening, rus
- bespreek veranderings in voorkoms sedert geboorte
- beskryf verskille en ooreenkomste in mense se liggame en eienskappe wat kan verander (lengte) en nie kan verander nie (vel-/oogkleur)
identifiseer die sintuie en beskryf hoe om vir die neus, ore, oë, mond en vel te sorg, bv.
- speel speletjies om die belangrikheid van sien, hoor, aanraak, ruik en proe te beklemtoon
onderskei tussen "private" en "nie-private" liggaamsdele, bv.
- bespreek liggaamsvoorkoms - bespreek liggaamsdele en hoe
belangrik dit is om party dele "privaat" te hou
identifiseer die inwendige organe van die liggaam en hulle funksies, bv.
- gebruiik prente/plakkate en ondersoek die skelet, die plasing van die hart, longe en ander organe
24 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
beskryf verskillende gevoelens en emosies en gesels oor hoe hulle kan verander, bv.
- identifiseer gevoelsuitdrukkings in hulleself en in ander mense
- gee redes vir hoe/hoekom emosies/buie verander
- bespreek hoe om die sintuie te beskerm, bv. maak ore skoon, gebruik sonskerm
identifiseer "goeie" emosies en "slegte" emosies, bv.
- dink na oor hoe om emosies te identifiseer, stop en dink voor jy optree
beskryf hoe om emosies te beheer, bv.
- identifiseer emosies en stop en dink voor ’n besluit geneem word
- identifiseer persone wat hulp kan gee - bespreek planne oor hoe om hartseer
of woede te hanteer
Vriendskap
Leerdoelwit Leerders verstaan die belangrikheid van vriendskap
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
wys hoe om ’n goeie maat te wees, bv.
- bespreek wie hulle maats is en waarom maats belangrik is
- bespreek en teken hoe om vir maats te sorg, hulle op te pas en te help
- bespreek wat boelie is en wat jy daaromtrent kan doen
beskryf hoe om maats te maak, bv.
- dramatiseer hoe om vriendskappe te begin en te behou
- bespreek maniere om kommer en omgee te wys, op angs en benoudheid te reageer, en te besluit of iemand hulp nodig het
- bespreek en dramatiseer boelie-gedrag en wat jy kan doen as jou maat geboelie word
beskryf die eienskappe van ’n goeie maat en hoe om vir ander ’n goeie maat te wees, bv.
- onderneem ’n ondersoek: "Wat maak van iemand ’n goeie maat?" en teken ’n piktogram
- bespreek hoe om maats te help - bespreek "goeie" en "slegte" geheime - identifiseer verskillende soorte boelie-
gedrag en die uitwerking daarvan - identifiseer mense wat jou kan help
as jy of jou maat geboelie word
- beskryf hoe jy voel as jy geboelie word
25 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Wees versigtig in moontlik gevaarlike situasies
Leerdoelwit Leerders verstaan hoe om hulleself te beskerm in moontlik gevaarlike situasies
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD3 GRAAD 3
identifiseer en beskryf hoe om jouself te beveilig in die huis, by die skool en in die onmiddellike omgewing, bv.
- bespreek hoe om veilig te speel in die son, en om seerkry en ongelukke op die speelgrond so ver moontlik te beperk
- identifiseer voorwerpe in die huis wat gevaarlik kan wees, bv. messe, medisyne, ens.
wys hoe om "nee" te sê in ’n ongemaklike, moontlik gevaarlike situasie, bv.
- beskryf ja/nee-vorms van kontak en bespreek watter vorms van "aanraking" aanvaarbaar en onaanvaarbaar is
- dramatiseer situasies en oefen om hard en duidelik "nee" te sê
- identifiseer mense in die familie en gemeenskap wat kan help
identifiseer en beskryf veiligheidsmaatreëls in die huis, by die skool en in die onmiddellike omgewing, bv.
- bespreek hoe om veilig in water en in die son te speel en hoe om te help as ander in gevaar verkeer
- identifiseer mense wat kan help as iemand in gevaar is
wys hoe om "nee" te sê in ’n ongemaklike, moontlik gevaarlike situasie, bv.
- beskryf ja/nee-vorms van kontak en bespreek watter vorms van "aanraking" aanvaarbaar en onaanvaarbaar is
- dramatiseer situasies en oefen om hard en duidelik "nee" te sê
- identifiseer mense in die familie en gemeenskap wat kan help
identifiseer en beskryf veiligheidsmaatreëls in die huis, by die skool en in die onmiddellike omgewing, bv.
- bespreek hoe om veilig in water en in die son te speel en hoe om te help as ander in gevaar verkeer
- identifiseer mense wat kan help as iemand in gevaar is
wys hoe om "nee" te sê in ’n ongemaklike, moontlik gevaarlike situasie, bv.
- beskryf ja/nee-vorms van kontak en bespreek watter vorms van "aanraking" aanvaarbaar en onaanvaarbaar is
- dramatiseer situasies en oefen om hard en duidelik "nee" te sê
- identifiseer mense in die familie en gemeenskap wat kan help
26 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Gesonde kos en eetgewoontes
Leerdoelwit Leerders verstaan dat gesonde kos en eetgewoontes noodsaaklik is vir groei en gesondheid
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
beskryf gesonde kos wat gereeld geëet moet word, en gesonde eetgewoontes, bv.
verduidelik hoe om kos higiënies te hanteer asook waarom higiëne noodsaaklik is, bv.
verduidelik die regte bergings- en voorgereidingsmetodes en sê waarom dit belangrik is, bv.
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD3 GRAAD 3
- bespreek en teken gesonde kos en ’n gebalanseerde dieet, en ongesonde kos
- bespreek die feit dat gesonde kos en goeie eetgewoontes nodig is om groei en goeie gesondheid te verseker
- identifiseer kos wat plaaslik verkrygbaar is
- identifiseer plaaslike kos en waar dit vandaan kom
- vind uit watter kos natuurlik beskikbaar is of plaaslik geproduseer word, en sorteer dit volgens bron
- bring vrugte, groente en eetbare wortels (indien beskikbaar) en wys hoe om dit te was en te skil
- identifiseer watter soorte rou geëet kan word as dit gewas en/of geskil is, en watter soorte gekook moet word
- bespreek hoe en waarom seuns en meisies kan help om kos in die huis voor te berei
- maak uitstallings met sketse, verpakkingsetikette en monsters van verskillende soorte kos
- vind uit, teken en sit etikette op kos wat versamel en/of in verskillende dele van Namibië geproduseer word
- bespreek hoe verskillende streke kos aan ander streke voorsien
- dink aan verskillende maniere waarop kos in die huis en in die plaaslike omgewing (huise, plase, winkels) gebêre word
27 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Verkeersveiligheid Leerdoelwit
Leerders verstaan die belangrikheid van verkeersveiligheid
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
identifiseer verkeerstekens in die plaaslike omgewing, verduidelik gevare op die pad, wys hoe om veilig oor ’n pad te stap en identifiseer moontlike gevare op pad skool toe, bv.
- teken en beskryf verkeerstekens - bespreek hoe voetgangers/fietsryers
hulle in die verkeer moet gedra identifiseer gevaarlike plekke in die plaaslike omgewing
- oefen goeie voetganger/fietsryer- gedrag
beskryf hoe ’n mens jou as ’n voetganger en as ’n passasier in ’n voertuig in verkeer moet gedra, bv.
- let op na goeie en swak gedrag in verkeer in die gemeenskap en gesels daaroor
- dramatiseer veilige gedrag in verkeer
- skep handwerk van goeie gedrag in verkeer
verduidelik padveiligheids- en verkeersreëls vir fietsryers, bv.
- teken en sit etikette op die belangrikste padtekens vir fietsryers
- oefen handtekens wat fietsryers moet gebruik, handtekens wat verkeersbeamptes gee en die regte reaksie daarop
- lewer ’n praatjie/skryf ’n paragraaf oor basiese verkeersreëls vir fietsryers
- beskryf die pad skool toe en
identifiseer moontlike verkeersgevare
- nooi ’n verkeersbeampte uit, vra en beantwoord vrae oor padveiligheid en fietsryers
28 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
TEMA: DIE NATUURLIKE OMGEWING
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Plante as lewende dinge
Leerdoelwit Leerders verstaan dat die plante in hulle omgewing lewende dinge is en ’n lewensiklus het (oorerflikheid en evolusie)
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
beskryf plante as lewende dinge wat lug, water en sonlig nodig het om te oorleef, bv.
- plant saailinge in verskillende toestande: sommige sonder water, sommige sonder sonlig en neem die groei van die plante waar
- kyk na bome, bosse en grasse in die plaaslike omgewing en bespreek hulle behoefte aan lug, water en sonlig
beskryf/teken hoe saad ontkiem, bv.
- plant verskillende soorte saad in flesse en kyk hoe hulle uitloop
- beskryf ’n eenvoudige prosedure wat wys hoe om ’n saadjie te plant
identifiseer, noem en gee die hoofdele van bome, bosse en gras uit die eie omgewing, bv.
- versamel blare, bas, saad en wortels, vergelyk hulle en voorsien van etilkette
wys hoe die wortels van plante water absorbeer en ook die uitwerking van sonlig op blare, bv.
- plaas plantlote in houers met verskillende kleure water en kyk wat gebeur
- plaas saailinge in verskillende soorte sonligtoestande (bv. in ’n kas, in helder lig) en kyk na die verandering in die kleur van die blare
beskryf/teken hoe saad ontkiem, bv.
- saai saad, neem die ontkieming waar en teken dit, en bespreek ooreenkomste en verskille
identifiseer plaaslike plante volgens hulle blare en sade, bv.
- versamel en vergelyk blare en sade, en sorteer hulle volgens grootte, vorm en kleur
beskryf die uitwerking van lig en water op die groei van plante, bv.
- voer eenvoudige eksperimente uit om te wys hoe lig en water plantgroei beïnvloed
beskryf die lewensiklus van blomplante soos hulle groei van saad tot rypwording tot die voortbring van nuwe sade, bv.
- beskryf hoe plante van stiggies groei deur ’n stiggie te plant en die groei dop te hou deur weekliks rekord daarvan op ’n grafiek aan te teken
identifiseer verskillende soorte bome in die omgewing volgens waarneembare eienskappe, bv.
- versamel voorbeelde van blare, sade en bas van ’n verskeidenheid plante en bome
29 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- skryf ’n gediggie oor bome, blare en saad
benoem en identifiseer giftige plante in die plaaslike omgewing
- soek voorbeelde van giftige en nie-giftige plante
- bespreek waarom giftige plante vermy moet word
- pas plante by hulle sade en blare - gebruik sade of blare en maak ’n
collage
identifiseer verskillende dele van plante wat gebruik word vir kos, bv.
- sorteer plante volgens eetbare plante, bv. wortels, blare, vrugte, stingels
- identifiseer en gee voorbeelde van dele van plante of plante wat as kos gebruik word
- teken plante en bome, en monteer en benoem die voorbeelde
identifiseer Namibië se nasionale plant, die Welwitschia mirabilis, en verduidelik waarom dit so besonders is
identifiseer plante wat as medisyne gebruik kan word, bv.
- maak ’n lys van plante en hulle gebruike, bv. aloe vera – antioksidant, genees wonde
- maak kuns vryfafdrukke van dele van plante wat as medisyne gebruik word
- sorteer giftige en nie-giftige plante
identifiseer hoe sade van spesifieke Namibiese plante versprei word, bv.
- versamel sade/peule en bespreek hoe hulle versprei word, bv. grasse, kameeldoringboom
- gebruik sade/peule vir versierings; maak ’n prentjie met werklike sade en wys hoe hulle versprei word (Graad 4?)
30 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Diere as lewende dinge
Leerdoelwit Leerders verstaan dat diere lewende dinge is, almal met verskillende eienskappe, woonplekke en eetgewoontes (Oorerflikheid en evolusie)
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
beskryf diere (insluitend mense) as lewende dinge wat kos, water en skuiling nodig het om te oorleef, bv.
beskryf die verskillende maniere waarop diere (insluitend mense) water en kos kry, bv.
beskryf die strukture wat diere (insluitend mense) gebruik om rond te beweeg, bv.
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- bespreek basiese behoeftes en sê wat gebeur as daar nie daaraan voldoen word nie
identifiseer fisieke kenmerke en eetgewoontes van plaas- en huisdiere, bv.
- neem plaas- en huisdiere waar en vind uit wat hulle eet en drink, en waar hulle slaap/rus
- beskryf verskille tussen plaas- en huisdiere en wilde diere
- bespreek/vertel stories en skep kuns/drama wat plaas- en huisdiere en wilde diere insluit
- bespreek maniere om kos en water in die hande te kry
- sorteer diere en mense volgens die maniere waarop hulle kos en water kry
identifiseer kos en ander produkte wat van plaasdiere afkomstig is soos varke, bokke, skape en beeste, bv.
- besoek ’n plaaslike slaghuis en identifiseer verskillende soorte vleis afkomstig van plaasdiere
- vra die eienaar van die slaghuis vrae en skryf ’n eenvoudige verslag oor kos en kosprodukte
- vind meer uit oor die eetgewoontes van plaas- en huisdiere
- identifiseer verskillende bewegfings, bv. loop, vlieg, kruip, swem, ens.
onderskei tussen die basiese fisieke kenmerke, woonplekke en eetgewoontes van ’n verskeidenheid wilde diere en hulle plek in die voedselketting, bv.
- kyk na, teken en beskryf insekte en voëls: voorkoms, woonplek, eetgewoontes en vyande
- teken of plak prentjies van die voedselketting wat die verband wys tussen wilde diere, hulle vyande en hulle prooi
- gebruik visuele materiaal, ander tekste en inligting uit onderhoude met gesaghebbendes om feite te versamel oor wilde diere soos reptiele, gevaarlike slange, watervoëls, see- en varswatervis, die visarend en die gemsbok
identifiseer hoe en waar wilde diere in Namibië beskerm word,
31 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
bv. - vind uit watter diere beskerm moet
word en waarom
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
beskryf die lewensiklus van diere wat groei maar nie van vorm verander nie (metamorfoseer), bv. soogdiere soos mense, huis-, plaas- en wilde diere
- versamel prentjies van babas, kinders, volwassenes en bejaarde mense
- bespreek verskille in grootte, gewig en vorm/lengte van ledemate/hande/voete en gelaatstrekke
- gebruik babafoto'svan leerders om te sien hoe hulle verander het
(NB: Leerders hoef nie die term "metamorfoseer" te leer nie)
beskryf die veranderings in diere namate hulle groot fisieke veranderings ondergaan (metamorfose), bv.
- versamel inligting met prentjies of foto's van hoe ’n skoelapper verander van ’n larwe tot ’n insek
- skryf ’n paar sinne oor hierdie veranderings
- maak ’n plakkaat met prentjies
(NB:Leerders hoef nie die term "metamorfose" te leer nie)
Water – gebruike, bewaring en besoedeling
Leerdoelwit Leerders verstaan die belangrikheid van water, gebruike, bewaring en voorkoming van waterbesoedeling (Wetenskap en tegnologie in die gemeenskap)
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
verduidelik waarom ons water nodig het en die belangrikheid van skoon water, bv.
- bespreek waarom ons water nodig het en waarom ons net skoon water moet drink
verduidelik hoe en waarom water in die omgewing en die huis gespaar en gebêre moet word, bv.
- vra ouers hoe water in die huis gebêre word en beskryf ’n eenvoudige prosedure
- identifiseer verskillende maniere om water in die omgewing te bêre, bv. ’n dam of ’n tenk
identifiseer en verduidelik moderne en tradisionele metodes van watersuiwering, bv.
- nooi ’n beampte van Namwater om prosesse van watersuiwering te kom verduidelik of, indien moontlik, besoek ’n suiweringsaanleg
32 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
- skryf ’n tekenkompetisie uit
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
identifiseer plaaslike waterbronne en verwys na die gebruike van skoon water, bv.
- besoek plaaslike waterbronne en vra die persoon in beheer of die water skoon is of nie; skryf ’n verslag oor die besoek, gee eenvoudige stellings om ’n opinie uit te spreek oor hoe skoon die water is
- beskryf en skep ’n voorstelling om te wys hoe skoon water gebruik word
identifiseer ’n paar basiese oorsake van waterbesoedeling en eenvoudige voorkoming, bv.
- besoek ’n waterbron en identifiseer oorsake van besoedeling
- maak ’n eenvoudige piktogram en dui die soorte besoedeling wat gevind is, daarop aan
- bespreek maklike maniere om besoedeling te voorkom (bv. was by die huis, nie in ’n rivier nie) en stel ’n klas-plakkaat saam
- dramatiseer hoe om mense te keer om water te besoedel
- (individu.groep) om te wys hoe om water te spaar
- bespreek waarom water al skaarser word en sê waarom ons dit nie moet mors nie
identifiseer plaaslike waterbronne en die gebruike van skoon water, bv.
- besoek ’n paar plaaslike waterbronne en bespreek hoe hulle gebruik word, bv. e.g. oshanas is bronne wat natuurlik voorkom en word gebruik om vis te vang of mee te was; water word in damme geberg vir drinkwater; riviere is natuurlike bronne en word gebruik vir drinkwater en om te was
identifiseer hoe afval waterbronne besoedel en hoe ons dit kan voorkom, bv.
- vind uit hoe afval by die huis verwyder word
- besoek ’n plaaslike waterbron en vind uit of dit besoedel word deur huishoudelike afval of nie
- maak ’n lys van maniere om van huishoudelike afval ontslae te raak, eerder as om dit in riviere te stort
vind uit waar water in die omgewing gevind word, bv.
- ondersoek waar water in die omgewing gevind word, bv. boorgate, damme, riviere, putte, fonteine, ens.
beskryf hoe besoedeling deur nywerhede veroorsaak word en verduidelik hoe dit voorkom kan word, bv.
- bespreek hoe fabrieke van hulle chemikalieë en afval ontslae behoort te raak
- maak "verhoed besoedeling" plakkate en sit dit op
- skryf ’n brief aan ’n plaaslike fabriek en vra hulle hoe hulle van hulle afval ontslae raak
33 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Omgee vir die omgewing
Leerdoelwit Leerders verstaan die belangrikheid daarvan om vir die omgewing om te gee en dit skoon te hou (Wetenskap en tegnologie in die gemeenskap)
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
verduidelik en wys hoe belangrik dit is om die omgewing skoon te maak en daarvoor te sorg, bv.
- neem deel aan skoonmaak-aksies by die skool en in die omgewing
- bespreek waarom ’n skoon en netjiese skool noodsaaklik is; maak beurte om die klaskamer skoon te maak
verduidelik en wys hoe belangrik dit is om die omgewing skoon te maak en daarvoor te sorg, bv.
- neem deel aan skoonmaak-aksies in die gemeenskap, by die skool en in die omgewing
- skryf ’n gediggie oor omgee vir die omgewing
verduidelik en wys hoe belangrik dit is om die omgewing skoon te maak en daarvoor te sorg, bv.
- neem deel aan skoonmaak-aksies in die gemeenskap, by die skool en in die omgewing
- skryf ’n kort verslag oor ’n skoonmaak-aksie by die skool
Eienskappe en gebruike van materiale
Leerdoelwit Leerders verstaan dat materiale verskillende eienskappe en gebruike het (Eienskappe van materie)
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
identifiseer en beskryf voorwerpe wat kan sink in water of daarop kan dryf, bv.
- eksperimenteer met voorwerpe om uit te vind of hulle sink of dryf
- sorteer voorwerpe wat kan sink of dryf
beskryf eenvoudige verskille in die fisiese eienskappe van vaste stowwe en vloeistowwe, bv.
- giet vloeistowwe in verskillende houers om te wys hoe hulle die vorm van die houer aanneem; vaste stowwe soos boublokkies, potlode, ens. behou hulle vorm
- demonstreer hoe party vaste stowwe (klei) gevorm kan word om in ’n houer met ’n bepaalde vorm te pas, maar hulle kan nie gegiet word nie en is nie vloeistowwe nie
beskryf eenvoudige verskille in die fisiese eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse, bv.
- eksperimenteer met water deur dit af te koel en te verhit sodat dit in ’n vaste stof (ys) en ’n gas (stoom) verander
- skryf die proses neer wat wys hoe om water te vries of te verhit
34 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
- demonstreer hoe party vaste stowwe (rys) gegiet kan word, maar nie vloeistowwe is nie
Weer, seisoene en die omgewing
Leerdoelwit Leerders verstaan hoe die weer ons omgewing beïnvloed (Energie en die aarde se stelsels)
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
beskryf seisoenale veranderings en daaglikse weerstoestande, bv.
- kyk gereeld na die weer en maak ’n eenvoudige tabel (sonnig, bewolk, reënerig, winderig, koud, warm, baie warm, bloedig warm)
noem klere en kos wat pas by bepaalde weersomstandighede, bv.
- pas prentjies van klere by weersomstandighede
verduidelik waarom weerstoestande verander, bv.
- neem die weer van tyd tot tyd waar en teken dit aan op ’n tabel; kyk na die verband tussen veranderings in temperatuur en die aanwesigheid van reën, wind en wolke
beskryf die uitwerking van die vier seisoene op mense en die omgewing, bv.
- identifiseer seisoenale veranderings
- bespreek sportsoorte waaraan mense in verskillende seisoene deelneem
- beskryf gepaste klere vir sekere geleenthede of weerstoestande; doen ‘n kunsprojek wat gepaste klere illustreer
- teken en maak etikette vir verskillende soorte klere
- skryf ’n oorspronklike storie oor toe die nedersetting oorstroom is, ’n brand die skool verwoes het, ens.
verduidelik waarom weerstoestande verander, bv.
- teken gereeld weerwaarnemings aan en kyk na die verband tussen veranderings in temperatuur en die aanwesigheid van reën, wind en wolke
beskryf die uitwerking van die seisoene op plante en diere, bv.
- vra ’n lid van die plaaslike owerheid uit oor plante en diere wat in reënval- en droë gebiede in Namibië oorleef
- besoek plaaslike gebiede in verskillende seisoene en maak ’n lys van plante en diere wat daar voorkom
35 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Die aarde, die maan, ons sonnestelsel en die heelal
Leerdoelwit Leerders verstaan die verhouding tussen die aarde, die maan, ons sonnestelsel en die heelal
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
beskryf dinge in die lug wat maklik sigbaar is, bv.
- neem waar, bespreek en teken dinge in die lug, bv. die son, maan, sterre, ’n paar van die planete
beskryf hoe die lug in die dag en in die nag verander, bv.
- kyk na en bespreek die kleure met sonsondergang
- kyk hoe die maan in die nag en partykeer in die dag sigbaar is
beskryf die kenmerke van die lug en seisoene, bv.
- let op en bespreek dat dit in die winter vroeg en in die somer laat donker word
36 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- bespreek hoe gevaarlik dit is om direk in die son te kyk
- kyk na die lengte van skaduwees in die dag
Kragte, beweging en energie
Leerdoelwit Leerders verstaan dat kragte, beweging en energie in ons alledaagse lewens gebruik word (Energie en die aarde se stelsels)
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
identifiseer eenvoudige bronne van energie, bv.
- teken prentjies van die son, wind en brandstof (bv. om petrol in ’n motor te tap)
- identifiseer die son as die grootste bron van energie
identifiseer die uitwerking van energie en kyk na goed wat dinge laat werk, groei en beweeg, bv.
- let op en bespreek hoe die wind dinge laat beweeg, hoe die son warmte en lig gee om plante te laat groei, hoe voorwerpe beweeg as ’n mens hulle stoot of trek
identifiseer hoe bronne van energie elke dag gebruik word, bv.
- dramatiseer hoe ’n mens petrol in ’n motor tap, krag in die huis aanskakel, kerse gebruik, ’n vuur aansteek om vleis te braai, ens.
- beskryf hoe ons die son se energie gebruik, bv. om in die dag te sien, om warm te bly, vir plante om te groei, vir kos, vir ons gesondheid
bespreek hoe energie beweeg, bv.
- kyk hoe die hitte van ’n vuur die pot laat kook; hoe ’n veer beweeg as ’n mens dit blaas
bespreek energie-besparende maatreëls en voordele, bv.
- maak plakkate om te wys dat ons deure moet toemaak om hitte binne te hou
- loop eerder as ry, skakel ligte af wat nie gebruik word nie
- vind meer uit oor sonpanele en waarom dit in Namibië gebruik word
identifiseer hoe energie vorm kan verander, bv.
- kyk en wys dat daar ’n geluid is as ’n mens ’n bal skop, deur ’n pyp blaas of op ’n drom slaan
beskryf die uitwerking van swaartekrag
- kyk en wys hoe voorwerpe op die grond val of daar bly lê
- vind uit waarom swaar voorwerpe die grond gouer tref as ligte voorwerpe
37 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Die volgende basiese vaardighede moet ingebou word in die tema Natuurlike Omgewing, en moet geëvalueer word. Let daarop dat spesifieke wetenskaplike geletterdheid en gesyferdheid natuurlik by tale en wiskunde geïntegreer word. Afhangend van die aard van die take kan onderwysers self besluit in watter vakgebiede hierdie vaardighede geëvalueer moet word.
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Ondersoekmetodes Leerdoelwit Leerders gebruik ondersoekmetodes om natuurlike gebeurtenisse te ontleed, te beskryf, te verduidelik en te voorspel
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
maak voorspellings oor wat in ’n ondersoek kan gebeur, bv.
- wat sal gebeur as ek water byvoeg? - wat gebeur as jy ’n veer voor jou
neus hou?
die onderwyser neem leiding wanneer ondersoeke gedoen word, bv.
- wat het ons gedoen? - wat het ons uitgevind?
maak eenvoudige voorspellings oor wat in ’n ondersoek kan gebeur, bv.
- Ek dink ’n plant wat in die donker staan, sal doodgaan
beskryf eenvoudige stappe vir die beplanning en uitvoer van ’n ondersoek, bv.
- Eers het ek die water gereed gekry, toe het ek my kleibootjie op die water gesit, toe het ek ...
maak eenvoudige voorspellings gegrond op vooraf kennis
- Toe ons dit vantevore gedoen het, het ek gesien dat die stuk klei in die water gesink het
beskryf stappe in meer besonderhede vir die beplanning en uitvoering van ’n ondersoek, bv.
- skryf ’n eenvoudige prosedure neer, en wys die materiaal wat gebruik is, wat ons gedoen het, wat ons uitgevind het
Wetenskaplike geletterdheid
Leerdoelwit Leerders demonstreer wetenskaplike geletterdheid
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
deel inligting met ander leerders deur te praat, te luister, te teken, te lees en te skryf
lig ander in oor ondersoeke en stel redelike verduidelikings voor
lig ander in oor ondersoeke en stel redelike verduidelikings voor
soek inligting in boeke, tydskrifte en ander bronne
soek inligting in boeke, tydskrifte en ander bronne
38 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Wetenskaplike syfervaardigheid
Leerdoelwit Leerders demonstreer wetenskaplike gesyferdheid
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:
ONDERWERPE GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
organiseer inligting met behulp van sortering, groepering, lyste, sketse
neem waar, vergelyk, sorteer en beskryf met behulp van eenvoudige nie-standaard meetinstrumente hoe om data te versamel, bv.
- gebruik handwydte, ens.
stel ’n eenvoudige tabel saam om waarnememings op aan te teken
rangskik en sorteer voorwerpe of gebeurtenisse volgens hulle gemeenskaplike eienskappe
neem waar, vergelyk, sorteer en beskryf met behulp van eenvoudige nie-standaard meetinstrumente hoe om data te versamel, bv.
- gebruik handwydte, vingerlengte, ens.
stel ’n eenvoudige tabel saam om waarnemeings op aan te teken
sorteer en rangskik gebeurtenisse, feite en gedagtes in volgorde
neem waar, vergelyk, sorteer en beskryf met behulp van eenvoudige standaard meetinstrumente hoe om data te versamel, bv.
- gebruik liniale, weegskale, termometers
stel eenvoudige staafdiagramme saam om bevindings op aan te teken
39 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
10. Evaluering
Ten einde die volle omvang en vlakke van vaardighede te bepaal is ’n verskeidenheid deurlopende evalueringsituasies in die Junior Primêre fase nodig om ’n geheelbeeld van die leerder se vordering en bemeestering te gee. Deurlopende Evaluering (DE) moet duidelik, eenvoudig en hanteerbaar wees, en stewig geanker in leerder-gesentreerde beginsels en praktyke. Die vaardighede in die sillabus lê die begrip en bekwaamhede neer wat ’n leerder moet bereik en wat geëvalueer moet word. Die doelwit is egter dat die sillabus leergedrewe moet wees, eerder as evaluering-gedrewe. 10.1 Doel van evaluering
Die doel van DE is om betroubare en toepaslike inligting oor die leerder se bemeestering van die vaardighede te bekom. Hierdie inligting moet gebruik word om terugvoering aan leerders te gee oor hulle sterk en swak punte, waar hulle goed doen en waar en hoe hulle behoort te verbeter. Ouers moet gereeld deur middel van ’n formele skoolrapport op hoogte gebring word van hulle kinders se vordering. Hulle moet aangemoedig word om hulle kinders se prestasies te beloon en hulle onderrig te ondersteun. Deurlopende evaluering help onderwysers ook om hulle onderrig te verbeter en vir die leerders ’n beter leerervaring te gee. Die fokus moet wees op evaluering vir leer eerder as evaluering van leer. Ons evalueer om ’n betroubare beeld tre kry van elke leerder se bemeestering van die vaardighede ten einde verder onderrig/leer te verbeter, leerondersteuning te gee en onderrigstelsels te evalueer. 10.2 Soorte evaluering Informele evalueringsmetodes: Die onderwyser moet vasstel hoe goed elke leerder die vaardighede bemeester het wat in die Wiskundesillabus uiteengesit word, en die leerder se vordering daarvolgens bepaal. In ’n groot mate kan dit op ’n informele wyse geskied deur waarneming van elke leerder se vordering in leer- en praktiese situasies terwyl hulle ondersoek, verskynsels en data interpreteer, kennis toepas, kommunikeer en standpunt inneem, sowel as in hulle deelname in die algemeen. Dit beteken dat ’n leerder vir evalueringdoeleindes waargeneem moet word terwyl die onderwyser onderrig gee. Die waarnemings moet deurentyd aangeteken word. Onderwysers neem alle leerders waar tydens die Wiskundelesse. Hulle sien wie aandag gee en wie nie, wie onafhanklik kan werk en wie sukkel om op hulle eie aan te gaan. Deur vrae te vra kan hulle bepaal wie die begrippe verstaan het en wie nie. Deur aktiwiteite fyn dop te hou kan hulle vasstel wie ’n taak kan voltooi deur kennis en vaardighede toe te pas, en wie nie. Die leerders se deelname, betrokkenheid en bydraes tot groepwerk word ook waargeneem. Formele evalueringsmetodes: Dit behels evalueringsmetodes soos vasvra, kort toetse, mondelinge toetse en werkblaaie. Werkblaaie is baie nuttig en kan óf op die skryfbord óf op papier aangebied word. Dit is baie belangrik dat onderwysers hulle werk organiseer en beplan om leerders te evalueer en punte toe ken en dit dan te verwerk uit tien (10). Die gebruik van formele geskrewe en mondelinge toetse kan net ’n beperkte omvang van vaardighede toets, en moet dus nie baie tyd in beslag neem nie. Kort toetse kan gedurende ’n Wiskundeperiode afgehandel word en moet beskou word as ’n gewone Wiskunde-aktiwiteit.
40 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
10.3 Graadbeskrywings Die leerder se vlak van bemeestering in verhouding tot die vaardighede in die Wiskunde-sillabus word in letterwaardes aangedui. Dit is noodsaaklik dat die letterwaardes wat toegeken word, die leerder se werklike vlak van bemeestering weerspieël in verhouding tot die vaardighede. In grade 1 tot 3 hou letterwaardes verband met ‘n persentasie. Die verhouding tussen die waardes wat toegeken word en die vaardighede word hieronder aangedui.
Graad % Vaardigheidsbeskrywings
A 80%+ Bemeester vaardighede uitstekend.Die leerder vaar uitmuntend op al die vlakke van vaardigheid.
B 70-79% Bemeester vaardighede baie goed. Die leerder se prestasie lê beduidend bo die gemiddelde vereistes en die leerder is baie knap op die meeste vlakke van vaardigheid.
C 60-69% Bemeester vaardighede goed. Die leerder het die vaardighede bevredigend bemeester in vreemde situasies en kontekste.
D 50-59%
Bemeester vaardighede bevredigend. Die leerder se vaardighede stem ooreen met die gemiddelde vereistes. Die leerder kan dalk in sommige afdelings ondersteuning nodig hê.
E 40-49%
Bemeester die minimum aantal vaardighede om as vaardig beskou te word. Die leerder het dalk nie al die vaardighede bemeester nie, maar sy/haar bemeestering is genoeg om bo die vaardigheidsvlak te wees. Die leerder het op feitlik alle vlakke leerondersteuning nodig
U 0-39%
Ongegradeer. Die leerder was nie in staat om ’n minimum vlak van vaardigheid te bereik nie, selfs met aansienlike hulp van die onderwyser. Die leerder het leerondersteuning baie nodig.
10.4 Omskrywing van riglyne vir Deurlopende Evaluering (Besonderhede is beskikbaar in die Junior Primary National Policy Guide) Evaluering moet deel uitmaak van die lesbeplanning, en daar moet duidelike evalueringstandaarde wees. Tydens lesse en terwyl leerders besig is met normale klasaktiwititeite is die onderwyser besig met formele en informele deurlopende evaluering vir al die verskillende vaardighede in al die vakke. In die Junior Primêre fase staan evaluering in noue verband met die kriteria. Dit beteken dat, as punte of letterwaardes toegeken word, dit noodsaaklik is dat hulle die leerder se bemeesteringsvlak in verhouding tot die vaardighede moet weerspieël.
10.4.1 Informele Deurlopende Evaluering
Informele Deurlopende Evaluering word gedoen deur noukeurige en geskrewe aantekeninge (sien voorbeeld 10.4.3). Dit beteken dat die onderwyser waarnemings oor bemeestering of probleme op die klaslys aanteken, terwyl die leerders met lesaktiwiteite besig is. Hierdie aantekeninge of opmerkings help dan weer met toekomstige lesbeplanning, vereistes vir leerondersteuning en die toekenning van punte vir Formele Deurlopende Evaluering. Dit is
41 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
nie nodig om ’n opmerking of nota vir elke vaardigheid te maak nie – ’n merkie is al wat nodig is om te wys dat ’n leerder die bepaalde vaardigheid bemeester het. ’n Geskrewe bewys is egter nodig as ’n leerder sukkel en meer hulp nodig het.
10.4.2 Formele Deurlopende Evaluering
Formele Deurlopende Evaluering word gewoonlik gedoen ná afhandeling van ’n tema of as ’n bepaalde begrip geëvalueer moet word voordat ’n nuwe begrip aangepak word. Hiervoor kan verskeie kort skriftelike of mondelinge toetse of vasvrageleenthede oor die termyn versprei word waarvoor die onderwyser dan punte toeken. Gedurende die termyn moet onderwysers rekord hou van die punte wat toegeken is vir Deurlopende evaluering op die Formele Deurlopende Evaluering klaslys. Hierdie evaluering vind plaas gedurende normale klasaktiwiteite. Dit beteken dat daar GEEN “toetsweek” of “toetsrooster” in die Junior Primêre fase (Gr. 1-3) is waar leerlinge moet leer vir toetse nie. Aan die einde van die termyn word die punte vir elke vak bymekaar getel in die “Totaal” kolom. Die “gemiddeld” word bereken deur die “Totaal” te deel deur die hoeveelheid evaluerings wat gedoen is. Die desimale breuke word afgerond volgens die wiskundige reël, bv. 3.2 = 3. Die gemiddelde punt word oorgedra na die Formele Deurlopende Evaluering Rekordvorm in onderskeie kolomme. Die onderwyser tel die kolomme bymekaar om die Totaal te kry en bereken dan die persentasie. Die persentasie word verwerk na letterwaardes soos aangedui in 10.3.
(Besonderhede oor rekordhouding is beskikbaar in die Junior Primêre Deurlopende Evaluering Rekordvorms)
42 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
11. Woordelys
NB Die betekenisse wat hier gegee word, is van toepassing op die woord binne die konteks van hierdie sillabus en nie noodwendig op enige ander konteks nie. Beredeneerde taal - taal wat nodig is om ’n wye verskeidenheid onderwerpe te dek Deurlopende evaluering - meting van leerders se vordering, gebaseer op hulle werk in die klaskamer of toetse/vasvra regdeur die termyn of die jaar eerder as op net een eksamen Ekologies volhoubaar - ’n omgewing wat oor ’n lang tyd op dieselfde vlak sonder skade kan voortbestaan Energie-besparende gebruike - handelinge wat help om die hoeveelheid energie wat ons gebruik, te verminder, bv. om ligte af te skakel as hulle nie gebruik word nie, te loop in plaas van te ry Entrepreneur - ’n persoon wat ’n besigheid organiseer, bestuur en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar Entrepreneurskap - posisie van entrepreneur wees, die organiseer of bestuur van ’n besigheid Globalisering - die gedagte dat die wêreld besig is om tot ’n enkele ekonomie te onwikkel as gevolg van verbeterde tegnologie en kommunikasie Higiëne - die gebruik om jouself en alles rondom jou skoon te hou om ongesteldheid en siekte te voorkom Holisties - die gedagte van die versorging van jou hele liggaam en gees Hoofstroomskole - skole wat hoofsaaklk bedoel is vir leerders wat nie spesiale opvoedingsbehoeftes het nie. Enige skool wat nie ’n spesiale skool is nie. Infrastruktuur - mensgemaakte strukture soos paaie, geboue en kommunikasie Insluiting - om alle partye in te sluit Integrering - ’n kombinasie van dele of voorwerpe wat goed saamwerk Kenmerke - eienskappe van ’n voorwerp Kilometer-bordjies - tekens langs die pad wat aandui hoeveel verder die volgende dorp is Kulturele uitings - oordrag van kultuur deur kuns, stories, kleredrag, ens. Leerstandaarde - geskrewe voorskrifte van wat leerders moet weet en moet kan doen, op grond van hulle onderrig ná ’n bepaalde tyd, bv. aan die einde van Junior Primêr. Dit word ook "inhoudstandaarde" genoem. Leerstandaarde beskryf wat onderwysers vir leerders moet leer en wat leerders moet leer.
43 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
Metamorfose - ’n belangrike verandering in die fisieke vorm van ’n insek of ander dier namate dit ontwikkel, bv. die metamorfose van ’n ruspe na ’n skoelapper Nie-standaard meeteenhede - meeteenhede wat nie akkuraat is nie en net ’n ruwe skatting gee, bv. handwydte Ondersoek - die proses waardeur iemand probeer uitvind wat iets veroorsaak het en hoe dit gebeur het Ondersoekmetodes - maniere waarop leerders antwoorde ontdek op vrae oor die natuurlike omgewing Ontkiem - om te ontwikkel van ’n saad tot ’n plant Oorerflikheid - die genetiese proses waardeur bepaalde eienskappe oorgedra word Simbool - ’n voorwerp of beeld wat ’n dieper betekenis het Skoolgereedheid-/Voorbereidingsprogram - ’n program ontwerp vir graad 1 Namibiese leerders omdat baie leerders nie skoolgereedheid bereik voordat hulle skool toe gaan nie. Dit is ontwerp om leerders te help om die begrippe en bekwaamhede baas te raak wat nodig is vir meer formele leer Soogdier - ’n dier wat uit sy ma se liggaam gebore word (nie uit ’n eier nie), en moedersmelk drink as hy nog ’n baba is, bv. mense, honde, beeste Standaard meetinstrumente - instrumente wat akkuraat meet met behulp van alledaagse eenhede, bv. ’n liniaal Tematiese skakels - verbindings met soorgelyke idees of onderwerpe in ander vakgebiede Uiteenlopendheid - etniese verskeidenheid, asook sosio-ekonomiese en geslagsverskeidenheid binne ’n groep, gemeenskap of instelling Vaardighede - meetbare bekwaamhede wat as noodsaaklik beskou word om ’n taak uit te voer of ’n standaard te bereik Voeding - inneem van kos wat beskou word as gesond; die studie van kosinname en die invloed daarvan op gesondheid en groei Voorafkennis - kennis wat reeds bestaan Wetenskaplike geletterdheid - geskrewe werk en leesstof wat verband hou met wetenskap (die natuurlike omgewing) Wetenskaplike gesyferdheid - wiskundige bekwaamhede wat verband hou met wetenskap (die natuurlike omgewing)
44 JP Omgewingsleersillabus, NIED 2014
The National Institute for Educational Development Privaatsak 2034 Okahandja NAMIBIË Telefoon: +264 62 509000 Faks: +264 62 509033 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.nied.edu.na © NIED 2014
NIED Syllabus: Environmental Studies Junior Primary Phase 2015