88
‘N GESEËNDE LEWE Johan Delport

‘N GESEËNDE LEWE

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ‘N GESEËNDE LEWE

‘N GESEËNDE LEWE

Johan Delport

Page 2: ‘N GESEËNDE LEWE

ISBN 978-1-920701-51-2 (Print) ISBN 978-1-920701-52-9 (e-Book)

Eerste publikasie: Februarie 2021 deur Tygerberg [email protected] / www.gesinskerk.co.za

Gedruk en gebind deur Tandym Print1 Park Road, Western Province Park, Epping Industrial, 7475

Page 3: ‘N GESEËNDE LEWE

1

Inhoudsopgawe

Spesiale dankbetuiging 3

Voorwoord 5

WEEK 1: Inleiding 7

WEEK 2: ‘n Lewe afhanklik van God 15

WEEK 3: ‘n Lewe wat treur oor verlore siele 23

WEEK 4: ‘n Lewe van sagmoedigheid 31

WEEK 5: ‘n Lewe wat honger en dors na die reg 39

WEEK 6: ‘n Lewe wat omgee 45

WEEK 7: ‘n Lewe wat skoon is 53

WEEK 8: ‘n Lewe wat vrede maak 61

WEEK 9: ‘n Lewe wat staan vir wat reg is 69

Slotwoord 77

Ander Bybelstudies 78

Page 4: ‘N GESEËNDE LEWE
Page 5: ‘N GESEËNDE LEWE

3

Spesiale dankbetuiging

Paulus sê in Galasiërs 6:2 dat ons mekaar se laste moet dra. Soms is hierdie laste tekortkominge.

Wanneer ‘n mens so ‘n Bybelstudieboekie aanpak, word jy vinnig gekonfronteer met jou eie tekortkominge. Dit is dan wanneer jy die waarde besef van ‘n span wat die Here vir jou gestuur het om jou te help.

Die span wat werk aan hierdie boekie, is nie net goed in wat hulle doen nie, maar is elkeen ook self baie lief vir die Here. Elkeen van hulle leef aktief hul getuienis uit dat Jesus Christus hul Verlosser is.

Dit is juis hierom dat ek so goed saam met hulle werk en met soveel gerustheid en vertroue elke keer teruggaan om hulle wéér vir hulp te vra.

Die span is as volg:

Ds. Chris Heunis - Teologiese versorgingRonel Griessel - Taalkundige versorgingRiaan le Roux - Ontwerp en vervaardiging

Baie dankie. Julle is ‘n “great” span!

Die Here seën julle vir julle harde werk.

Ds. Johan Delport

Page 6: ‘N GESEËNDE LEWE
Page 7: ‘N GESEËNDE LEWE

5

Voorwoord

“Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe

gekom, en Hy het hulle geleer...” (Matt 5:1-2)

In hierdie Bybelstudiereeks, ‘n Geseënde Lewe, kyk ons na die inleiding van Jesus se eerste vollengte preek soos dit opgeteken staan in Matteus 5: 3–12.

Ds. Johan het met hierdie Bybelstudie die praktiese toepassing van die Saligsprekinge van Jesus Christus, soos Mattheus dit opgeteken het, sistematies deurgewerk. In hierdie studie sal die leser en Bybelstudiestudent uitgedaag word met die identifikasie van praktiese Christenskap soos dit in die “normale” Christelike lewe voorkom.

Ons stoei dikwels om betekenis te vind in die navolgenswaardige voorbeeld wat Christus gestel het vir almal wat Hom dien. Galasiërs 5 byvoorbeeld, verwys ook na die “geveg” tussen die vlees en die gees.

Hierdie studie sal heerlike gesprek uitlok wat selgroepe sal lei tot ‘n dieper insig in die nuwe wandel in die Gees, gebou op die verlossing wat Christus vir ons kom bewerk het.

Die leser sal verder uitgedaag word om elke aspek van sy/haar lewe in te rig volgens die Woord van God. Jesus het hier sy dissipels vir hul taak begin voorberei.

Daar word voorgestel dat lesers vooraf die totale Bergrede deurwerk tydens persoonlike Bybelstudie. Daarna sal die Saligsprekinge meer kontekstuele sin maak.

Groetnis Chris Heunis

Page 8: ‘N GESEËNDE LEWE
Page 9: ‘N GESEËNDE LEWE

7

“Van toe af het Jesus begin preek en gesê: ‘Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.’” (Matt 4:17)

WEEK 1

Inleiding

Hierdie 9-weke studie handel oor die Saligsprekinge in Matteus 5:1-12. Om die studie sinvol te begin, moet ons die eerste week spandeer om ‘n stewige fondasie te lê, anders sal ons dalk later sukkel om sekere gedagtes te verstaan.

Ons gaan vandag kyk na die boek Matteus en die hooftemas wat Matteus by sy lesers wil tuisbring. Ons gaan ook kyk na waar die Saligsprekinge inpas by die Bergpredikasie. Jesus bring die saligsprekinge aan sy dissipels en leer hulle hierdeur om só te lewe dat God hulle sal seën.

AGTERGROND: Skrywer: Matteus (Levi)

Geadresseerde: Jode Doel: Om te bewys dat Jesus die Messias, die ewige Koning is.

Geskryf: Omtrent 70 n.C.

In die eerste 4 hoofstukke maak Matteus dit baie duidelik dat Jesus aarde toe gekom het met:

• ‘n Visie: Om die nuwe Koninkryk van God aan te kondig.

‘n Geseënde Lewe

Inleiding

Page 10: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

8

(Matt 4:17)• ‘n Missie: Maak dissipels wat die Boodskap aan die wêreld moet verkondig. (Matt 4:18-22)• Duidelike Doelwitte: - Om mense te leer hoe om ‘n ware verhouding met God te hê. (Matt 22:37) - Om mense te leer om so te lewe dat God hulle sal seën. (Matt 5:3–11) - Om dissipels te maak wat dissipels maak, wat dissipels maak... (Matt 28:19–20)

GESPREKSVRAAG: Lees die 3 verse wat hierbo genoem word as Jesus se doelwitte. Wat leer ons van Jesus uit sy aardse sending? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Twee onderliggende temas in Matteus

Tema 1: Jesus, Moses en die Wet

In Eksodus 20 het Moses op die berg Sinai die Tien Gebooie van God gekry om dit bekend te maak aan die volk.

In Matteus 5–7, die Bergpredikasie, bring Jesus weer die wet aan die volk, maar dié keer in volle perspektief en met die ware betekenis daarvan.

GESPREKSVRAAG: Lees Matt 5:17. Wat beteken hierdie vers? _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Watter implikasie het hierdie vers op ons lewe? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 11: ‘N GESEËNDE LEWE

InleIdIng

9

Tema 2: Jesus, Dawid en die Gesalfde van God

In Matteus 1:1–17 gee Matteus ‘n geslagsregister om dit duidelik te maak vir die lesers dat Jesus gebore is uit die nageslag van Dawid.

Die Jode het ‘n groot verwagting gehad dat God die koningskap van Dawid sou herstel. Hierdie koning sou hulle kom bevry van die Romeine wat hulle onderdruk het.

Later in Matteus 18–25 lees ons verskeie gelykenisse wat Jesus vertel oor die aard van sy Koningskap.

GESPREKSVRAAG Lees Matt 27:28–29. Wat weet ons van die aard van Jesus se Koningskap? ____________________________________________________________________________________________________________________________ Wat was die impak van wat Jesus gedoen het in Matt 27:37–39? _____________________________________________________________________________________________________________________________________

Twee definisies:

1. Bergpredikasie

Die bergpredikasie is die eerste volledige preek van Jesus wat ons in Matteus 5-7 lees. Ons is nie heeltemal seker waar dit afspeel nie, maar ons weet dit was naby die see van Galilea.

2. Saligsprekinge

Die saligsprekinge verwys na die eerste deel van die bergpredikasie. Dit is die deel waarna ons gaan kyk in hierdie Bybelstudiereeks.

Page 12: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

10

Jesus leer sy dissipels

Tema teks: Matteus 5:1–12 Leier: Vra elkeen in die groep wat hulle dink dit beteken om geseënd te wees.

In die Bybelse tyd het die leermeester, of rabbi, soos wat hulle in daardie tyd genoem is, gaan sit en sy leerlinge (dissipels) moes na hom toe kom om geleer te word.

Jesus begin die bergpredikasie met die woorde: “Geseënd is dié...” Daar is altesaam 8 Saligsprekinge en hulle almal handel oor die soort lewe wat God tevrede stel.

Die Griekse woord vir “geseënd” is Makarios.

GESPREKSVRAAG Wat verstaan ons van die woord “geseënd”? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Wanneer ons deur die verskillende vertalings van die Bybel lees, sien ons dat amper elke vertaling Makarios anders vertaal! Die 1953-vertaling gebruik die woord “salig”, die 1983-vertaling gebruik die woord “geseënd” en die ander Bybel-vertalings gebruik “gelukkig”.

Die woord Makarios beteken letterlik “om op ‘n bo-natuurlike manier bevoordeel te word.” Dit is waarom ons, vir die doel van die studie, die woord “geseënd” gebruik.

Wanneer Jesus sy dissipels leer, leer Hy hulle hoe om so te leef dat hulle deur die Here Makarios (geseën) kan word.

Page 13: ‘N GESEËNDE LEWE

InleIdIng

11

GESPREKSVRAAG Noudat jy die betekenis van Makarios ken, wat sou dit beteken om deur die Here geseën te word? _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Ons lees in Matteus 5:1-2 dat daar ‘n menigte mense was wat Jesus gevolg het, nie net ‘die twaalf’ nie. Jesus het sy dissipels geleer en die menigtes het ook saam geluister

GESPREKSVRAAG Wat was die verskil tussen die menigtes en die dissipels? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________ Is daar iets wat ons verhinder om soos Jesus se dissipels na Hom te gaan om deur Hom geleer te word? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Watter aanpassings moet ons in ons lewe maak om by Jesus se voete te gaan sit? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 14: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

12

WEEK 1

Iets om te onthou

Die dissipels moes na Jesus kom om te leer. Dit het gewilligheid en toewyding gevra.

Jesus leer sy dissipels om so te leef dat hulle ‘n lewe kan lei wat deur die Here geseën word.

Vers om te onthou

“Hy sê toe vir hulle: ‘Kom hier! Kom saam met My, en ek sal julle vissers van mense maak.’” (Matt 4:19)

Vraag om oor na te dink

Wat beteken dit vir my dat Jesus my Koning wil wees? Is ek bereid om, soos die dissipels, by Jesus aan te meld om

deur Hom geleer te word?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, dankie dat U vir ons deel kom maak het van u nuwe koningkryk. Dankie dat Jesus ook vir my deur die Woord wil

kom leer hoe om ‘n verhouding met U te bou en ‘n lewe te leef wat U tevrede stel, ‘n lewe wat deur U geseën word.

AMEN

Page 15: ‘N GESEËNDE LEWE

InleIdIng

13

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 16: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

14

Notas

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

Page 17: ‘N GESEËNDE LEWE

15

“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Matt 5:3)

WEEK 2

Inleiding

Ons het verlede week gekyk na die agtergrond van Matteus en het begin om te gesels oor die Bergpredikasie en die Saligsprekinge.

Hou in gedagte dat Jesus sy dissipels geleer het, maar dat Hy nie die skares uitgesluit het nie. Groot skares het Hom gevolg en geluister na sy lering (Matt 5:1-2).

Die mense was verbaas oor Jesus se lering, want Hy het hulle geleer met gesag (Matt 7:28-29).

‘n Lewe afhanklik van God

Tema teks: Matteus 5:3 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen. Vra wat hulle verstaan onder “afhanklikheid van God”. Laat dié wat ander vertalings het, dit lees en bespreek die verskille.

‘n Geseënde Lewe

‘n Lewe afhanklik van God

Page 18: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

16

Waarom begin Jesus hier?

Jesus begin sy eerste vollengte preek met die woorde:

“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.” (Matt 5:3)

Die feit dat Jesus hier begin, moet ons aandag vestig op iets baie belangrik.

‘n Bietjie agtergrond:

Matteus skryf vir die Jode. Die Jode het baie respek gehad vir die Here se Naam, soveel so dat hulle hard probeer het om nie die Here se Naam te gebruik nie. Een van die maniere was om die vokale uit die Here se persoonlike naam uit te haal – JHWH, wat ons vertaal met Jehova of Jahweh.

Nog ‘n metode is om ‘n sin passief te skryf, maar eintlik God te impliseer bv. “...klop, en vir julle sal oopgemaak word...” (Matt 7:7-12). Die vers impliseer dat die Here die Een is wat oopmaak.

GESPREKSVRAAG Met hierdie agtergrond in gedagte, Wie doen die seënwerk in die Saligsprekinge? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Waarom, sou jy dink, begin Jesus se groot preek by die Saligsprekinge? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 19: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe afhanklIk van god

17

Kom ons kyk na die betekenis van “Afhanklikheid”

Die woord wat in die 1983-vertaling gebruik word vir “afhanklik”, word in ander vertalings vertaal met “arm van gees”(1953) en “hoe nodig hulle God het”(NLV).

Die Griekse woord wat hier gebruik word is “Petoogoi”.

Die betekenis is: Iemand wat moet bedel om te kan eet; niemand sorg vir hom nie en hy kan ook nie vir homself sorg nie. Dit kan ook verwys na iemand wat gestremd is of siek is.

Vanuit die Grieks kan ons dit direk vertaal met:

Geseënd (bonatuurlik bevoordeel) is dié wat geestelik bedel (by die Here), want aan hulle behoort die koninkryk van die

hemel.

So waarom begin Jesus hiermee?

Die rede is: dit is waar dit MOET begin.... Wanneer ek nie besef dat ek net ‘n geestelike bedelaar is nie, sal ek nie na Jesus toe kom vir redding nie.

Redding is net moontlik wanneer ek weet dat ek, as gevolg van sonde, ‘n bedelaar is. Ek kan myself nie help nie.

GESPREKSVRAAG Lees Jakobus 4:5–10. Dink mooi oor vers 5–6. Wat sê dit van die Here? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Wat sê vers 8–9 van ons toestand? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 20: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

18

Hoe sluit dit aan by vandag se tema vers? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Wat, volgens verse 9 en 10, is die oplossing vir hierdie probleem? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Drie voordele van Nederigheid in jou lewe

Voordeel #1: Nederigheid is die sleutel tot ‘n verhouding met God (Matt 5:3).

Die vers maak dit duidelik: nederige afhanklikheid van die Here is die sleutel tot die koninkryk van die hemel. Soos ons reeds gesê het – dit is waar redding begin.

Ek besef ek kan dit nie self doen nie.

Ek besef dat geen mens my kan help nie.

Nederigheid is om na die Here toe te kom en verlossing by Hom te kry. Ek ontvang redding slegs deur my geloof en vertroue in die Here Jesus te plaas.

Voordeel #2: Nederigheid verminder angs en stres.

Iemand wat weet hoe afhanklik hy van die Here is en goed bewus is van sy redding, se angs- en stresvlakke verminder.

Afhanklikheid van die Here impliseer vertroue. Iemand wat weet dat hy afhanklik is van die Here vir sy hele lewe, het nie ‘n verwagting teenoor die wêreld nie.

My verwagting is teenoor die Here. Ek het genade ontvang by die Here.

Page 21: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe afhanklIk van god

19

Voordeel #3: Nederigheid ondersteun my getuienis.

Omdat my vertroue in die Here is en nie in mense nie, verander my houding ook teenoor die mense om my.

Wanneer ek arm van gees is, gee ek nie voor nie. Ek het niks om weg te steek nie. Dit maak dat mense my makliker sien vir wie ek werklik is! As my vertroue in die Here is, sien mense dit ook raak.

My getuienis word eg vir mense. Die meeste mense gee voor om ander te beïndruk, maar ek lewe in afhanklikheid van die Here – dit ondersteun my getuienis.

Opsomming:

Matteus 5:3 sê vir ons waar lewe in Christus begin: met ‘n oorgawe – ‘n bekering! Dit is meer as net ‘n besluit. Dit is ‘n gewaarwording dat ek sonder die Here Jesus nooit sal wees wat Hy my bestem het om te wees nie. Ek het Jesus nodig in my lewe...

GESPREKSVRAAG Het elkeen van ons al so ‘n oorgawe gemaak? _______________________________________________________________________________________________________________________________ Indien wel, watter verskil het dit in ons lewens gemaak? ______ ________________________________________________________________________________________________________________ Wat beteken hierdie oorgawe nou vir die toekoms? __________________________________________________________________________________________________________________________

Page 22: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

20

WEEK 2

Iets om te onthou

Om in afhanklikheid van die Here te leef, beteken om op Christus te vertrou.

Jesus se heerskappy kry volle betekenis in my lewe wanneer ek myself in nederigheid onderwerp aan Hom.

Vers om te onthou

“Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” (Jak 4:10)

Vraag om oor na te dink

Wat beteken dit vir my om nederig te wees? Wat beteken dit vir my om afhanklik van die Here te wees? Watter deel van my lewe het ek nog nie onderwerp aan die

Here nie?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, ek het U nodig in my lewe. Ek kom bely vandag my afhanklikheid van U. Sonder U is my lewe leeg en sonder sin. Ek bring my lewe in nederige onderdanigheid en kom gee U

heerskappy oor elke deel van my lewe. AMEN

Page 23: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe afhanklIk van god

21

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 24: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

22

Notas

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

Page 25: ‘N GESEËNDE LEWE

23

“Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.” (Matt 5:4)

WEEK 3

Inleiding

Ons het verlede week gekyk na die eerste Saligspreking: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Matt 5:3)

‘n Verhouding met die Here begin met ‘n opregte bekering na Jesus toe – ‘n oorgawe aan die Here. Verlossing is nie moontlik indien ons nie afhanklik van die Here leef nie.

“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh 1:12)

‘n Lewe wat treur oor verlore siele

Tema teks: Matteus 5:4 en 2 Korintiërs 7:8-12 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen. Begin deur die groep te vra waarom hulle dink Jesus sou sê: “Geseënd is dié wat treur.” Een van die Engelse vertalings sê: “Happy are the Sad.” Wat beteken dit?

‘n Geseënde Lewe

‘n Lewe wat treur oor verlore siele

Page 26: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

24

Geseënd is dié wat treur

Wat ‘n vreemde gedagte! Dalk is die idee wat by ons opkom wanneer ons hierdie vers lees, dat die Here hier praat van mense wat deur ‘n moeilike tyd gaan en vir een of ander rede hartseer is.

Ons weet dat hierdie wêreld gevul is met baie hartseer. Sekerlik sal almal wat seer het, vertroos word?

Maar dit is nie heeltemal waarvan Jesus hier praat nie. Alhoewel ons ‘n pastorale taak het in die kerk om mense wat hartseer is, te vertroos, is hierdie ‘n geestelike hartseer waarvan gepraat word. Kom ons kyk na wat hierdie geestelike hartseer is en wat dit vir ons beteken.

Wat sê Matteus 5:4?

Die Griekse woord wat hier gebruik word vir “treur” is pen-thoun-tes.

In die Bybelse Grieks is daar 9 verskillende woorde wat ons in Afrikaans kan vertaal as “hartseer”! Hierdie Griekse woorde omskryf van ‘n ligte hartseer vir dinge wat net nie vir my uitwerk nie, tot ‘n hartverskeurende treur, soos waar iemand rou oor ‘n geliefde.

GESPREKSVRAAG Wat dink ons, beteken die woordkeuse pen-thoun-tes in hierdie konteks? Waarom dink ons gebruik Matteus hierdie woord? ______________________ ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 27: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat treur oor verlore sIele

25

Die 1ste en 2de Saligspreking

Ons het verlede week gesien dat die Here Jesus baie spesifiek by die eerste saligspreking, met ‘n baie spesiale rede, begin het met die lysie...

“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Matt 5: 3)

Jesus begin by die werklike begin van ‘n geseënde lewe. Jesus begin met die saak van verlossing.

Wanneer ons weergebore word of tot bekering kom, dan lewe ons in afhanklikheid van die Here. Ons kan nie terugkeer na die ou, sondige dinge nie. Ons is op die nuwe weg waarop die Here ons geplaas het.

Hierdie nuwe lewe van ons het ‘n belangrike element van geestelike hartseer: Ons is wél verheug oor ons verlossing en ons vryheid in Christus, maar ons is terselfdertyd hartseer oor die mense wat nog in hulle sondige toestand vasgevang is. Ons treur oor die mense wat nog verlore is in hulle sonde. Dit is hierdie hartseer waarvan Jesus praat...

Jesus pleit by die Vader vir ons:

“We have an advocate who pleads our case before the Father. He is Jesus Christ, the one who is truly righteous.”NLT

(1 Joh 2:1)

Hartseer vir verlore siele

Jesus was geweldig hartseer oor mense wat vasgevang was in die ou, sondige lewe (Matt 9:36).

Sodra ons gered word, begin die Heilige Gees om ons meer en meer soos Jesus te maak. Ons kry ook ‘n passie vir siele wat verlore gaan.

Page 28: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

26

Die sonde maak ook óns harte seer. Hoe nader ons groei aan Jesus in ons verhouding met Hom, hoe meer word ons lief vir die dinge waarvoor die Here lief is; hoe meer word ons harte seer oor die dinge wat Jesus se hart seer maak.

GESPREKSVRAAG Hoe laat dit ons voel wanneer ons sien mense sit vas in die strik van sonde? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die Belofte: Vertroosting

“Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.” (Matt 5:4)

Kom ons dink mooi oor die teks... Wie dink ons doen die vertroosting? Die impak van sonde op ons en op ander behoort ons harte te breek, want sonde verniel die lewens van mense vir wie Christus liefhet.

“‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” (Joh 10:10)

Ons harte is seer omdat ons weet dat die Here ‘n vervulde lewe vir mense beplan (Jer 29:11). Die Here Jesus het aan die kruis gesterf om mense te red van verlorenheid – die strik van sonde waarin hulle vasgevang is.

Ons as Christene is nie slegs toeskouers in hierdie lewe nie.

GESPREKSVRAAG Lees Matteus 4:19. Waarom het Jesus die dissipels geroep en waarvoor is Jesus besig om ons op te lei en voor te berei? _________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 29: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat treur oor verlore sIele

27

Jesus betrek sy dissipels by God se meesterplan om mense te red. Dit is waaroor Joh 3:16 gaan.

As dissipels van Christus moet ons die erns van die saak begryp. Ons moet diep treur oor die sondige toestand van die wêreld... en hierdie hartseer kan ons dryf... selfs dryf tot die uithoeke van die aarde! (Matt 28:29–30)

Die belofte van Christus met betrekking tot hierdie saligspreking maak ons op besondere wyse deel van die koninkryk van die Here! Ons is nie sommer net toeskouers van hoe geskiedenis gemaak word nie. Ons het deelname in die verandering in mense se lewens!

GESPREKSVRAAG Op watter manier het ons as gemeente deel daaraan om mense te help om uit die gevangenis van die sonde te kom en daardeur ‘n nuwe lewe in Christus te ontdek? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

Wanneer ons groei in ons verhouding met die Here, treur ons net soos Jesus oor die verlorenes (Matt 5:4), want ons weet dat die sonde groot skade in mense se lewens veroorsaak: sonde breek huwelike op; sonde vernietig huisgesinne; sonde verskeur mense en is verantwoordelik vir die ewige dood (Rom 6:23).

As Christene mag ons nie passief wees teenoor die sonde nie. Jesus kondig ‘n nuwe koninkryk aan, en hierdie is nie ‘n koninkryk van praatjies nie, maar ‘n Koninkryk van aksie en krag! (1 Kor 4:20)

Page 30: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

28

GESPREKSVRAAG Hoe laat die stukkendheid van hierdie wêreld ons voel? _________________ ____________________________________________________________________________________________________________________________ Wat behoort ons reaksie te wees op hierdie stukkendheid? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________ Op watter manier troos die Here ons? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 31: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat treur oor verlore sIele

29

WEEK 3

Iets om te onthou

Hierdie hartseer waarvan Jesus praat, is ‘n heilige (gewyde) hartseer. Dit fokus my hart op dit wat vir Christus belangrik is.

Dit is ‘n tipe hartseer wat maak dat ek kan sien dat die Here nie wil hê mense moet hul eie lewens verniel deur die sonde nie.

Vers om te onthou

“Droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei... Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse

oorwegings die dood.” (2 Kor 7:10)

Vraag om oor na te dink

Wat dink ek wil die Here hê moet ek doen ten opsigte van die skade en stukkendheid wat sonde aan my en die mense om my

veroorsaak het? Wanneer kan ek begin om dit te doen?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, help my om na ander mense te kyk, nie met veroordeling in my hart nie, maar met dieselfde liefde, genade en hartseer waarmee Christus na mense kyk. Gee my asseblief

die moed en oortuiging om met mense te praat oor die Evangelie en om deel te neem aan die uitbreiding van u nuwe

koninkryk. AMEN

Page 32: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

30

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 33: ‘N GESEËNDE LEWE

31

“Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” (Matt 5:5)

WEEK 4

Inleiding

Om vandag se studie af te skop, moet ons verstaan dat, toe Jesus sê: “Geseënd is die sagmoediges...”, dit ‘n skok moes wees vir die mense wat na Hom geluister het.

Tot dusvêr sou sy gehoor met elke saligspreking geskok wees.

#1) “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Matt 5:3)

Hulle sou liewer wou hoor: Geseënd is die wat weet hoe regverdig hulle is...

#2) “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.” (Matt 5:4)

Hulle sou liewer wou hoor: Geseënd is die wat al die goedheid ervaar en partytjies hou...

‘n Geseënde Lewe

‘n Lewe van sagmoedigheid

Page 34: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

32

‘n Lewe van Sagmoedigheid

Tema teks: Matteus 5:5, 11:29 en 21:5 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen. Lees weer Matteus 5:1-12 om almal se geheue te verfris. Lees vandag se verse ook in die 1953-Afrikaanse vertaling, asook in ‘n Engelse vertaling.

Bespreek in die groep: Wat beteken hierdie verse vir jou?

Wat beteken die woord “sagmoedig”?

Die Griekse woord wat in ons Bybel vertaal word as “sagmoedig” kom net 4 keer voor in die Nuwe Testament. Dit is die woord PRAIES. Net soos sommige mense vandag, sou Jesus se gehoor dalk nie gehou het van die woord nie.

Die woord se betekenis is om:

• Altyd die minste te wees• Nederig te wees• Geduldig onder verdrukking van ander te wees• Nie in opstand te kom nie

GESPREKSVRAAG Lees weer Matt 5:5. Waarom sou Jesus dit wat Hy gesê het, vir die mense sê? ________________________________________________________________________________________________________________________ Bespreek elke betekenis hierbo genoem afsonderlik en gee ‘n voorbeeld uit Jesus se lewe waar Hy PRAIES (sagmoedig) opgetree het: #1 _______________________________________________________ #2 _______________________________________________________ #3 _______________________________________________________ #4 _______________________________________________________

Page 35: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe van sagmoedIgheId

33

Wanneer ek PRAIES (sagmoedig) is...

Eienskap #1: Vertrou ek op God Lees Psalm 37:3 en Romeine 8:31

Wanneer ek sagmoedig is, vertrou ek die Here. As die Here vir my is, wie kan teen my wees? Al verloor ek al my besittings, het ek eintlik niks verloor nie! Jesus het tog self gesê: “Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie”. (Matt 10:28)

Eienskap #2: Vertrou ek my lewe aan die Here toe Lees Psalm 37:5

Iemand wat sagmoedig is, is iemand wat sy hele lewe aan die Here toevertrou. Dit maak nie saak wie vír of téén my is nie, ‘n lewe toegewy aan Christus is my eerste prioriteit. Selfs die dinge wat ek dink skeefloop, kan die Here gebruik.

Die feit dat ek nie weet wat die Here se plan met my lewe is nie, beteken nie Hy het nie ‘n plan nie. Die Here hét ‘n plan vir my lewe en Hy kan selfs die slegste dinge vir die goeie laat uitwerk (Rom 8:28).

Eienskap #3: Word ek stil voor die Here en wag op Hom Lees Psalm 46:8,9,11 en Psalm 27:14

Iemand wat sagmoedig is, se oë is op die Here. Dit is nie nodig om angstig te word wanneer dinge nie reg uitwerk nie. Wanneer ek toelaat dat angs my oorval, wankel my vertroue in die Here, en dan is my oë nie meer op die Here nie, maar op my probleme.

Dink aan Petrus wat op die see geloop het. Solank sy oë op die Here Jesus was, kon hy op die see loop – want hy het vertrou. Toe hy na die golwe kyk, het sy vertroue gewankel en het hy

Page 36: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

34

dadelik begin sink.

Eienskap #4: Is ek nie jaloers op die goddelose nie Lees Psalm 37:1–2 en Spreuke 24:19–20

Die vleeslike reaksie van my ou sondige self is om na die welvarende goddelose mense te kyk en te dink: “Kyk hoe goed gaan dit met die mense wat so bedrog pleeg en hulle wat op oneerlike maniere geld bymekaarmaak... Hoekom sukkel ek so?”

Sagmoedigheid beteken my visier is nie op sukses in die wêreld se oë nie, maar op sukses in die Here se oë.

GESPREKSVRAAG Hoe lyk sukses vir die Here in teenstelling met hoe sukses lyk in die wêreld se oë? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die Belofte: Erfenis en Burgerskap

“Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.”AFR53 (Matt 5:5)

Ons sal dalk sagmoedigheid beter verstaan in die lig van hierdie belofte. Met die eerste lees lyk dit dalk asof sagmoedigheid en “die aarde ontvang” of “beërwe” (soos in die oorspronklike taal) niks met mekaar te doen het nie. Maar iemand wat sagmoedig is, lewe nie met ‘n verwagting teenoor hierdie wêreld nie.

Dit is die kruks van hierdie saligspreking: Iemand wat sagmoedig is, kan die verdrukking verduur; hoef nie in opstand te kom nie; hoef nie wraak te neem nie; hoef nie te kla oor die onreg wat hom aangedoen word nie.

Page 37: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe van sagmoedIgheId

35

Waarom nie? Ek en jy kán sagmoedig wees en die lyding van hierdie lewe

verduur, want ons burgerskap is nie van hierdie aarde nie (Fil 3:20–21).

Ons is burgers van die hemel, en omdat ons die verdrukking in hierdie lewe verduur en nie saam met die stroom swem nie, maar heiligheid nastreef, is daar vir ons ‘n erfporsie in Christus. Matt 5:5 in die 1983-vertaling sê: ons Beloning is die Nuwe Aarde.

“Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart.” (Ps 37:11)

Opsomming:

Matt 5:5 moet in sy geheel gelees word. Ek is geseënd as ek sagmoedig is, want ek is dan soos Jesus – presies soos die Vader my wil hê. Die troos is dat ek ‘n mede-erfgenaam van Jesus is.

My erfporsie is ‘n wonderlike erfporsie. Dit is die ewige lewe in Christus Jesus! Dit is nie soos in hierdie wêreld waar diewe dit kan steel, roes dit verteer en motte dit opvreet nie!

GESPREKSVRAAG Is dit redelik van Jesus om te verwag dat ek PRAIES sal wees? _________________________________________________________________________ Watter implikasie het dit op my lewe vorentoe? ______________________________________________________________________________________ Waarom sal ek dit moeilik/maklik vind om so te lewe? _________________________________________________________________________________ Watter troos hou die belofte vir ons in? ____________________________________________________________________________________________

Page 38: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

36

WEEK 4

Iets om te onthou

Word ons dalk te nagekom omdat ons nie saam met die sondige wêreld dinge op hulle manier wil doen nie?

Geseënd is ons! Ons sal direk van die Here ons regmatige erfporsie ontvang!

Vers om te onthou

“Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.” (Ps 37:5)

Vraag om oor na te dink

In watter area van my lewe moet ek leer om sagmoedig te word? Op watter manier moet ek anders dink oor die

verdrukking en onreg van die tyd waarin ons lewe? Hoe gaan ek Jesus se belofte my eie maak?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, dankie dat ek nie op die wêreldse manier hoef te kompeteer om iets hier op aarde te probeer kry nie. My fokus is op U en om meer en meer soos Jesus te word – sagmoedig

in elke aspek! Dankie dat ek ‘n mede-erfgenaam is. AMEN

Page 39: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe van sagmoedIgheId

37

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 40: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

38

Notas

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

Page 41: ‘N GESEËNDE LEWE

39

“Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.” (Matt 5:6)

WEEK 5

Inleiding

Ons kyk vandag na die 4de Saligspreking. Hou in gedagte dat die saligsprekinge die opening is vir Jesus se preek wat bekend staan as die bergpredikasie.

Die hart van Jesus se doel met die bergpredikasie sien ons in Matteus 4:17: Jesus kondig ‘n nuwe koninkryk aan, ‘n nuwe begin met nuwe reëls.

‘n Lewe wat honger en dors na die reg

Tema teks: Matteus 5:6 en Matteus 6:30-33 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen. Bespreek die gedagte in die lig van beide bogenoemde tekste: Wat verstaan ons onder “honger en dors”?

Honger en Dors

Honger en dors is ‘n begrip wat ons goed verstaan, maar dalk

‘n Geseënde Lewe

‘n Lewe wat honger en dors na die reg

Page 42: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

40

nie so goed soos wat Jesus se luisteraars dit sou verstaan nie.

Die konsepte van om honger en dors te wees, was in Jesus se tyd iets wat die mense baie goed verstaan het!

Fisiese behoeftes

“Honger en dors” klink na fisiese behoeftes. Dit dui intensiteit aan. Was jy al ooit honger? Al ooit vir ‘n tyd in die warm son en kon nie dadelik iets kry om te drink nie?

Om honger of dors te wees, is fisies nie baie aangenaam nie. Inteendeel, Jesus se oorspronklike gehoor het goed geweet dat dit tot die dood kon lei.

Groter behoefte

Jesus spreek eintlik met hierdie woorde ‘n groter behoefte aan. Jesus spreek ‘n geestelike behoefte aan...

Dink aan Jesus se ontmoeting met die Samaritaanse vrou in Johannes 4:1-26. Jesus begin die gesprek rondom die fisiese dors, en gebruik dan daardie fisiese behoefte om die vrou se geestelike behoefte aan te spreek.

GESPREKSVRAAG Waarom dink ons het Jesus ‘n fisiese behoefte gebruik om ‘n geestelike behoefte aan te spreek? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Reg, regverdigheid en die nuwe koninkryk van God

“Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.” (Matt 5:6)

Page 43: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat honger en dors na dIe reg

41

St. Augustinus (354nC) se gebed:

Thou madest us for Thyself And our heart is restless

Until it rests in Thee

Om honger te wees, is om nie versadig te wees nie. Iemand wat honger en dors na dit wat reg is, is nog nie versadig nie, maar streef of soek steeds daarna.

GESPREKSVRAAG Lees Matteus 6:30-33. Wat verstaan ons van hierdie verse? _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die Belofte: Hulle sal Versadig word

In Matteus 6:30–33 lees ons dat ons nie so besorgd moet wees oor wat ons moet eet of drink of aantrek nie. Ons moet nie te besorgd wees oor die fisiese behoeftes nie.

Ons moet meer besorgd wees oor ons behoefte na God se koninkryk en na sy wil!

Die woord “reg” in Matteus 5:6 en die woord “wil” in Matteus 6:33 is dieselfde woord in die Grieks!

Die Here wil hê ons moet Hom vertrou vir die fisiese dinge in die lewe. Hy sal vir sy kinders sorg, maar ons moet ons beywer om te honger en te dors na wat reg is – na God se Regverdigheid.

Hierdie beywering van ons gaan gepaard met ‘n belofte: Diegene wat honger en dors, sal versadig word. Hulle sal nie honger bly nie. Hulle sal kry waarna hulle honger, hulle sal vind na wat hulle dors.

Page 44: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

42

Ons dink aan Jesus se belofte:

“Soek en julle sal vind”AFR53 (Matt 7:7)

GESPREKSVRAAG Lees Johannes 6:35. Dink ‘n bietjie na oor hierdie teks. Na aanleiding van vandag se studie, wat beteken dit om versadig te word deur Jesus? _________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Dink aan ‘n paar fisiese behoeftes en bekommernisse wat ons daagliks het en bespreek dan die volgende vrae: Hoeveel van hierdie behoeftes is eintlik ‘n honger en dors na hierdie wêreld? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Hoeveel van hierdie behoeftes is eintlik net begeertes? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________ Hoeveel van my behoeftes is werklik behoeftes wat ek aan die Here moet oorlaat, want hy belowe Hy sal sorg? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

In Matteus 5:6 leer Jesus sy dissipels met hierdie woorde: “Geseënd is jy wanneer jy honger en dors na wat reg is, want jy sal versadig word.”

Onthou, om geseënd te wees, is om op ‘n bonatuurlike manier bevoordeel te word. Wanneer ons honger en dors na die Here

Page 45: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat honger en dors na dIe reg

43

Jesus, na sy geregtigheid in ons lewe, is daar versekering in Jesus se belofte aan ons – ons sal nie teleurgestel word nie!

Volgens Matteus 6:33 sal die Here voorsien in al ons basiese behoeftes, maar Hy sal ook ons siel tevrede stel. Ons sal nie altyd ‘n honger en ‘n dors hê nie, in Christus sal ons vervuld wees.

Die wat na die Here se wil soek, sal dit kry!

GESPREKSVRAAG Lees Hebreërs 11:6. Wat doen die Here vir die wat Hom soek? ______________________________________________________________________________________________________________________________________ Wat is die dinge wat maak dat ek nie honger en dors na wat reg is (Matt 5:6) nie? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Hoe vervul die Here my wanneer ek na Hom honger en dors? ________________________________________________________________________________________________________________________________________ Wat beteken Matteus 6:30–33 vir jou? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Watter belofte hou hierdie verse vir ons in? ___________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________

Page 46: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

44

WEEK 5

Iets om te onthou

Wanneer jy na die Here soek, sal jy Hom vind! Wanneer jy honger en dors na wat reg is, sal die Here jou

tevrede stel en jou versadig. Onthou, wanneer jy weergebore is, dan is jy die Here se kind.

Hy sal vir jou sorg.

Vers om te onthou

“Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

(Matt 6:33)

Vraag om oor na te dink

Wat is jou ingesteldheid? Honger en dors jy na nog meer van hierdie wêreld of is jou begeerte na die Here?

Is jy meer en meer besig om versadig te word met Christus of met die wêreld?

Wie jy soek, gaan jou versadig!

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Dankie Here vir u getrouheid. Dankie dat U my nie soekende los nie. Dankie dat U my nie los wanneer ek honger en dors na u reg en geregtigheid nie. In u getrouheid trek U my na U toe

en versadig my met u Seun, Jesus Christus. AMEN

Page 47: ‘N GESEËNDE LEWE

45

“Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.” (Matt 5:7)

WEEK 6

Inleiding

Ons kyk vandag na die 5de Saligspreking. Onthou dat die bergpredikasie oor God se nuwe koninkryk gaan. Jesus verduidelik hiermee vir sy dissipels hoe om ‘n lewe te leef wat werklik deur God geseën word. Elke saligspreking gaan ook gepaard met ‘n belofte.

‘n Lewe wat Omgee

Tema teks: Matteus 5:7 en Matteus 18:21-35 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen. Lees vandag se tema tekste in verskillende vertalings.

Wat beteken Barmhartigheid?

Die woord “barmhartig” kan ook vertaal word as “om genade te hê; om te gee vir ander; om diep simpatie te hê”.

Dink aan twee boemelaars as voorbeeld... Die een het so pas

‘n Geseënde Lewe

‘n Lewe wat omgee

Page 48: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

46

brood gekry en sien ‘n ander een wat honger is. Hy voel regtig jammer vir daardie een, want hy weet hoe dit voel. Daarom deel hy sy brood met hom.

Barmhartigheid is wanneer ek genade wys omdat ek reeds genade ontvang het. Ek het dit self nie verdien nie, daarom hoef niemand my genade eers te verdien voordat ek dit uitdeel nie!

GESPREKSVRAAG Waarvan praat Jesus eintlik in Matteus 18:21-35? _________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Hoe is dit van toepassing op Matteus 5:7? _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Waarom verwag die Here barmhartigheid? Lees Matteus 25:31-46

‘n Paar basiese redes...

Hier is ‘n paar Bybelse redes waarom dit vir die Here belangrik is dat ons barmhartigheid bewys aan ander:

REDE 1: Ons het genade ontvang Lees Efesiërs 2:4

In Matteus 10:8 stuur Jesus sy dissipels uit om die evangelie te gaan deel, om siekes gesond te maak en om wondertekens te doen. Hy stuur hulle uit en sê dan die volgende woorde: “Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.”

Jesus bedoel hier letterlik: moenie die mense geld vra vir die wonderwerke wat gebeur nie, want as julle dit doen, sal die mense dink dit kom van julle af. Deur verniet en sonder

Page 49: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat omgee

47

diskriminasie te gee, sal die mense die wondertekens erken as God se werk, en dít sal dan die mense na God trek.

Net so het ons ook God se genade gratis ontvang. Die Here het, sonder dat ons dit verdien of sonder dat daar enige verdienstelike rede was, vir ons genade uitgedeel.

Om die waarheid te sê, ons verdien die teenoorgestelde! Ons verdien die ewige dood. Maar die Here het aan ons genade bewys.

Daarom moet ons, sonder diskriminasie en sonder dat iemand dit éérs “verdien”, genade aan ander bewys.

REDE 2: Ons dien die Here Lees Jakobus 2:12-13

Hierdie is baie sterk verse. As ons nie lewe in barmhartigheid teenoor ander nie, dan sal ons self nie barmhartigheid ontvang nie.

Barmhartigheid triomfeer oor die oordeel! Die Here oordeel nie dié wat barmhartigheid wys nie, want om genade te wys, is deel van ons diens aan die Here.

Omdat ons die Here dien, en omdat ons lief is vir die Here, volg ons nie meer ons eie agenda vir ons lewens nie. Ons lewe volgens die Here se agenda.

• Ons dien die Here deur mense te dien.• Ons dien die Here deur barmhartig te wees.• Ons dien die Here deur genade te wys.

Page 50: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

48

REDE 3: Ons dien ander Lees Lukas 6:35

Ons moet barmhartig wees omdat ons Vader barmhartig is. Dit is ‘n manier om ander te dien. Wanneer ons barmhartig is, wys ons dat ons bereid is om dit wat die Here vir ons gegee het, ook met ander te deel.

Die tweede deel van die vers sê ons moet dit doen sonder om te oordeel. Ons trek mense nader aan die Here deur aan hulle genade te wys, nie deur hulle te oordeel nie.

Ons moet genadig wees, want dit is ‘n manier hoe ons ander mense dien.

Ons moet van onsself gee, want dit is wat die Vader in Jesus van ons verwag.

Die Belofte: Barmhartigheid

Saam met elke saligspreking is daar ‘n belofte. Hierdie saligspreking kom ook met een: God sal aan ons barmhartigheid betoon.

Barmhartigheid moet verstaan word binne ‘n konteks van wanneer iemand wat erg oortree het voor die koning verskyn, en die koning daardie persoon heeltemal vryspreek. Daardie persoon het dan genade ontvang. Hy het barmhartigheid van die koning ontvang.

Ons het reeds genade ontvang van die Here. Eendag wanneer ons voor die troon staan, die Here Jesus sien, en tot die volle kennis en insig kom dat die Koning self sy lewe gegee het om ons vry te spreek, dán sal ons die implikasie van God se barmhartigheid eers werklik kan begryp.

Page 51: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat omgee

49

Opsomming:

Om barmhartigheid te bewys, is om genade te bewys! Ons bewys dit op dieselfde manier aan ander as wat Jesus dit aan ons bewys het – sonder voorbehoud en sonder dat dit verdien hoef te word.

GESPREKSVRAAG Lees weer Matteus 5:7. Op watter manier kan ons genade aan mense bewys? _____________________________________________________________________________________________________________________ ______________________________________________________________ Waarom sukkel ons so om genade te bewys aan ander? _________________ ____________________________________________________________________________________________________________________________ Hoe ervaar ons dit om genade te bewys aan mense van ander nasionaliteite en kulture? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 52: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

50

WEEK 6

Iets om te onthou Die Here verwag van my om genade aan ander te bewys, want ek is Jesus se hande en voete. Op hierdie manier ervaar mense die Here Jesus se liefde. Om genade te bewys teenoor mense,

is deel van my roeping om die evangelie te verkondig, want sonder genade is my boodskap leeg.

Vers om te onthou “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde.”

(Ps 103:8)

Vraag om oor na te dink Wat beteken dit vir my dat die Here barmhartigheid aan my

bewys het? Wie is daar in my lewe teenoor wie ek sukkel om genade te

bewys? Hoe kan ek dit regstel?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, ek wil Ú hart hê vir mense. Ek wil na mense kyk soos U na hulle kyk. Vergewe my waar ek soms harder op mense is as wat U op my is. Help my om barmhartigheid teenoor mense te betoon soos U dit aan my betoon. Help my om Jesus te wees

vir die mense om my. AMEN

Page 53: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat omgee

51

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 54: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

52

Notas

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

Page 55: ‘N GESEËNDE LEWE

53

“Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” (Matt 5:8)

WEEK 7

Inleiding

Sonder om direk na die teks te verwys, kom ons kyk hoeveel van die saligsprekinge ons kan onthou. Lees dan Matteus 5:1–12 om almal se geheue te verfris.

Ons kyk vandag na die 6de Saligspreking.

Onthou die agtergrond waarteen Matteus skryf: hy skryf vir die Jode. Vir hulle was Moses baie belangrik, want Moses het teen die berg opgegaan om die Wet te kry.

Met die berpredikasie is dit Jesus, die Seun van God, wat op die berg is. In plaas daarvan dat hy alleen op die berg is, nooi Hy almal op. Moses, daarenteen, het alleen teen die berg opgegaan, want die mense mag God nie gesien het nie (Eks 19:20-21).

Dink mooi oor die idee dat Jesus self ook God is. Die mense sien Hom, maar weet nie hulle sien Hom nie.

‘n Geseënde Lewe

‘n Lewe wat skoon is

Page 56: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

54

GESPREKSVRAAG Lees Eksodus 33:20. Op watter manier hou hierdie vers verband met Matteus 5:8?_________________________________________________________________________________________________________________

‘n Lewe wat Skoon is

Tema teks: Matteus 5:8 en Psalm 24:3–4 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen. Lees die tema tekste in verskeie vertalings en bespreek die betekenis daarvan. Bespreek ook die verband tussen die eerste en die tweede gedeelte van Matteus 5:8.

Wat beteken dit om “rein van hart” te wees?

“Pure in heart” refers to the condition of the inner core of a person, that is, to thoughts and motivation. - Hagner D.A.

Wat het Dawid gesê? Lees Psalm 24:3–4

Heiligheid is ‘n belangrike tema regdeur die Bybel. Die persoon wat die Here dien, se lewe moet dit wys.

Dawid maak dit duidelik dat iemand wat die Here se heilige berg wil opgaan, heilig moet lewe.

Noem die 4 dinge wat Dawid sê die voorvereistes is om die heilige berg op te gaan: i. _____________________________________________ ii. _____________________________________________ iii. _____________________________________________ iv. _____________________________________________

Bespreek elkeen van hierdie voorvereistes.

Page 57: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat skoon Is

55

Wat het Jakobus gesê? Lees Jakobus 4:8-10

Jakobus maak dit duidelik dat daar aksie van ons verwag word. Die Here is toeganklik. Hy wil hê ons moet na Hom toe kom en Hy maak dit ook moontlik.

Maak ‘n lys van die 4 dinge wat Jakobus sê wat gedoen moet word om rein voor die Here te wees:

i. ____________________________________________ ii. ____________________________________________ iii. ____________________________________________ iv. ____________________________________________

Wat het Jesus gesê? Lees Matteus 22:37

‘n Lewe wat reg/rein is voor God, gaan oor ‘n verhouding met Hom.

Wat regtig belangrik is, is om met ons hele hart, en met ons hele siel, en met ons hele verstand die Here lief te hê en met Hom ‘n verhouding te bou.

Wanneer ons ‘n verhouding met die Here het, sal ons reg leef. Ons wil hê ons handelinge en ons gedagtes moet aanvaarbaar wees vir die Here.

GESPREKSVRAAG Waarom is ‘n verhouding met die Here so belangrik? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 58: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

56

Die Belofte: Hulle sal God Sien

Saam met elke saligspreking is daar ook ‘n belofte:

“Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” (Matt 5:8)

God wil hê ons moet Hom sien. Dink aan Adam en Eva in die tuin van Eden. In Genesis 2:19 en Genesis 3:8 lees ons dat die Here interaksie met Adam en Eva gehad het. Hulle kon God sien.

Daar was ‘n oop en liefdevolle verhouding tussen God en die mens.

Dit was eers nadat Adam en Eva gesondig het wat hulle die vermoë verloor het om God te sien. Dit het gekom as gevolg van Adam en Eva se sondige toestand. Die teenstelling daarvan om rein van hart te wees, is om sondaars te wees, bedrieërs en geestelik bankrot!

Die dissipels kon Jesus se aardse liggaam gesien het omdat Jesus in ‘n menslike liggaam na die aarde gekom het.

GESPREKSVRAAG Lees Openbaring 1:17. Wat het met Johannes gebeur toe Hy Jesus in sy volle heerlikheid sien? ________________________________________________________________________________________________________________________________ Waarom het dit gebeur? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 59: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat skoon Is

57

Wat beteken dit dan om God te sien?

#1) Om by God toegelaat te word

Eerstens beteken dit dat die Here ons aanvaar as sy kinders. Ons sou nie die teenwoordigheid van die Here kon ingaan as die Here ons nie uitgenooi het nie.

Eendag sal ons in die Here se teenwoordigheid toegelaat word en sal ons die ewigheid in sy teenwoordigheid deurbring (Op 21:3).

#2) Om in verwondering te staan oor wie God is

Om God te sien, beteken om verwonderd te wees en oorweldig te wees deur sy asemrowende teenwoordigheid. Dink aan die lied: “Our God is an Awesome God...”

Saam met die engele en die vier lewende wesens sal ons na ons asems snak en sê: “Heilig, Heilig, Heilig is die Here God, die Almagtige...” (Op 4:8)

#3) Om te rus in God se genade

Om die Here te sien, het ‘n toekomstige toepassing in die hiernamaals, maar dit het ook ‘n hier-en-nou betekenis. Die hier-en-nou betekenis is in die vrede wat ons ontvang; om te rus in die Here se genade. Jesus het self gesê: “Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Matt 11:28)

Die toekomstige toepassing is wanneer ons in die Here se teenwoordigheid gaan wees. Daar gaan geen bekommernisse en hartseer meer wees nie. Ons gaan volkome vrede ervaar (Op 21:4).

Page 60: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

58

Opsomming:

Matt. 5:8 leer ons dat om die Here te dien, beteken om heiligheid in elke aspek van ons lewe na te streef. Dit is nie ‘n halfhartige probeerslag nie. Dit is die passievolle strewe vanuit ‘n rein hart – ‘n hart wat werklik die Here wil dien!

Die Here belowe redding aan diegene wat met so ‘n passie na Hom soek en wat heiligheid in hul eie lewens nastreef. Die dieper betekenis daarvan is om ‘n genooide gas te wees in die Here se teenwoordigheid. Wat kan kosbaarder wees as dit?

GESPREKSVRAAG Wat beteken dit vir ons om rein van hart te wees? ______________________ ______________________________________________________________ Watter uitdagings is daar vir iemand wat so wil leef?_____________________ ______________________________________________________________ Hoe kan ons hierdie uitdagings oorkom?______________________________ ______________________________________________________________ Watter troos hou die belofte in “om God te sien”?_______________________ ______________________________________________________________

Page 61: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat skoon Is

59

WEEK 7

Iets om te onthou Om heilig te lewe is nie ‘n las wat op ons geplaas word nie. Dit is iets wat ons wíl doen as ons lief is vir die Here (Ons kan nog die skade van ‘n onrein lewe baie goed onthou! Dit is ‘n pad

wat ons sekerlik nooit weer wil stap nie – Nee Dankie!).

Vers om te onthou “Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet

julle julle gedagtes rig.” (Fil 4:8)

Vraag om oor na te dink Waar was jy toe die Here jou gered het en wat het alles in jou lewe verander? Wat beteken dit vir jou om in ‘n goeie verhouding met die Here te staan? Sien jy uit om die Here

eendag te ontmoet?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

_______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid Vader, baie dankie dat U my kom red het van ‘n sinlose lewe. Dankie dat U ‘n plan kom maak het in die Here Jesus om my sonde af te skryf. Dankie dat ek nou ‘n rein hart kan hê en dat

ek kan uitsien om U eendag persoonlik te kan ontmoet. AMEN

Page 62: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

60

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 63: ‘N GESEËNDE LEWE

61

“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” (Matt 5:9)

WEEK 8

Inleiding

Vandag kyk ons na die 7de Saligspreking. Met elke saligspreking kap Jesus nog ‘n spyker in die valse geloof wat mense het dat ons verlos kan word sonder om ons lewe te verander!

Tot dusver het Jesus op 6 verskillende maniere gesê dat iemand wat deur die Here geseën word, iemand is wat...

1) ...in afhanklikheid van die Here lewe.2) ...hartseer is oor die skade wat sonde kom doen het.3) ...sy/haar verwagting in die Here stel, nie in die wêreld nie.4) ...die Here se wil soek.5) ...genade wys deur Jesus se hande en voete te wees.6) ...sy/haar lewe instel om heilig te lewe.

‘n Lewe wat Vrede Maak

Tema teks: Matteus 5:9, 5:23–24 en Romeine 5:1 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen. Lees die tekse versigtig deur in 2

‘n Geseënde Lewe

‘n Lewe wat vrede maak

Page 64: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

62

of meer vertalings. Bespreek wat elke teks sê oor vrede en wat die moontlike implikasie is daarvan.

Wat beteken dit om ‘n Vredemaker te wees?

‘n Vers van on-vrede Lees Matteus 10:34

Wat ‘n interessante vers! Wanneer ons Matteus 10:34–39 lees, kan dit dalk klink asof Jesus nie vrede wil hê nie.

Hierdie vers het egter te doen met vervolging, mense wat teen ons in opstand sal kom juis omdat ons die Evangelie verkondig. (Ons sal volgende week meer in diepte oor hierdie vers gesels...)

1. Ons LEWE in vrede

Om ‘n vredemaker te wees, is ‘n keuse wat ons maak. Ons lewe in vrede met ander mense. Ons soek nie vergelding vir die verkeerde dinge wat mense aan ons doen nie. Om te kies om in vrede met ander te lewe, is nie net ‘n gesindheid nie, dit is ‘n omvattende lewensfilosofie.

Vrede met ons broers Lees Matteus 5:23-24

Ons lewe in vrede met die mense naby aan ons. Ons belê doelbewus in die verhoudings naby aan ons: ons gesinne en families, ons vriende, ons kollega’s en ons medegemeente-lede.

Om in vrede te lewe, beteken nie almal is noodwendig ons beste vriende nie, maar dit beteken dat ons op so ‘n wyse lewe, dat die mense naby aan ons die liefde en genade van Jesus in ons kan sien.

Page 65: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat vrede maak

63

GESPREKSVRAAG Wat behels dit om ‘n vredemaker te wees in die verhoudings rondom ons? ____________________________________________________________________________________________________________________________ Watter uitdagings moet ons oorkom om so te kan lewe? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________

Vrede met die mense om ons Lees Romeine 12:18

In ons daaglikse handel en wandel skuur ons skouers met baie mense: familielede, kollega’s, kliënte, werkgewers... Soms gaan dit gepaard met baie stampe en stote.

Ons verhouding met die Here Jesus is die fondasie van ons daaglikse lewe! Ons handel en wandel met mense moet wys dat ons vir meer lewe as net vir die dinge van hierdie wêreld.

GESPREKSVRAAG Op watter gebiede sukkel ons soms om vrede in ons verhoudings te handhaaf? ___________________________________________________________________________________________________________________ Waarom dink ons is dit die geval? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Vrede met ons vyande Lees Matteus 5:44 en Lukas 6:44

Hierdie is dalk die moeilikste van die drie area’s waarin ons vrede moet handhaaf. Om in vrede te lewe met ons gesinslede, ons familielede, ons mede-gemeentelede en selfs met

Page 66: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

64

vreemdelinge is heel moontlik, dalk selfs maklik. Maar wat van vrede met ons vyande?

Ons moet eerstens seker maak dat ons nie vyande maak deur die manier hoe ons lewe, hoe ons besigheid doen of hoe ons optree nie. As iemand kies om vyandig teenoor ons te wees oor ons verhouding met die Here, beskou ons dit as ‘n eer, want hierdie vyandskapsverhouding word dan die plek waar ons ons getuienis kan uitleef!

GESPREKSVRAAG Wie is die mense wat vyandig is teenoor ons?_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Waarom is hulle vyandig teenoor ons? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Wat kan ons daaromtrent doen? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

2. Ons VERKONDIG vrede

Ons verkondig die Evangelie van vrede aan ‘n wêreld wat in onvrede leef met God, ‘n wêreld wat verlore gaan en redding nodig het.

Die laaste twee saligsprekinge hou eintlik nóú verband met mekaar. Die dieper betekenis daarvan om vredemaker te wees, lê opgesluit in 2 ander verse nl. Romeine 5:1 en Efesiërs 6:15.

Volgende week praat ons oor die laaste saligspreking: “Geseënd is dié wat vervolg word...” (Matt 5:10)

Page 67: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat vrede maak

65

In Matteus 5:12 lees ons dat hulle die profete net so vervolg het.

Die profete se taak was om die Woord van God aan die volk te bring. Meeste van die kere het die volk nie gehou van die Woord van die Here nie, en dan het hulle die profeet vervolg. Meer hieroor volgende week....

Terug by hierdie week se onderwerp:

Om ‘n vredemaker te wees, is om die boodskap van vrede uit te dra soos Efesiërs 6:15 sê. Wanneer ons die Evangelie verkondig, gáán mense ons vervolg, maar mense gaan ook tot inkeer kom, en so hulle persoonlike vrede maak met God.

Geseënd is die vredemakers. Geseënd is hulle wat die goeie nuus bring.

“Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: ‘Jou God

is Koning!’” (Jes 52:7)

Ons word vredemakers wanneer ons die Evangelie verkondig. Ons bring die boodskap van vrede, vrede tussen God en die mens.

Die Belofte: Hulle sal kinders van God genoem word

Of die wêreld die boodskap aanvaar of nie, hulle kan nie die inhoud van die Evangelie ignoreer nie. Ons het ‘n boodskap: Jesus het aarde toe gekom om dié te red wat verlore is (Luk 19:10)!

Volgens Filippense 2:15 is ons kinders van God. Ons is die ligdraers in hierdie wêreld!

Page 68: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

66

Opsomming:

Jesus maak dit baie duidelik dat, as ons verlos is uit die kloue van die sonde, ons nie kan aangaan met die dinge van die ou lewe nie.

Die eerste 6 saligsprekinge het te doen met ons eie gesindheid en ons opregtheid voor die Here (ons lewe na binne). Die laaste twee het te doen met ons handel en optrede teenoor ander mense (ons lewe na buite).

GESPREKSVRAAG Lees weer Matteus 5:9. Waarom is dit so belangrik om ‘n vredemaker te wees? ______________________________________________________________________________________________________________________ Op watter twee maniere verwag die Here van ons om vredemakers te wees? ____________________________________________________________________________________________________________________________ Waarom is dit belangrik om ‘n kind van God genoem te word? ________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 69: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat vrede maak

67

WEEK 8

Iets om te onthou Ek word ‘n kind van God wanneer ek die Here Jesus aanneem volgens Johannes 1:12. Wanneer ek ‘n kind van God word, kry

ek ‘n nuwe roeping, ‘n mandaat om die Evangelie van vrede aan die wêreld te verkondig

Vers om te onthou “Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: ‘Jou God

is Koning!’” (Jes 52:7)

Vraag om oor na te dink Op watter manier is ek besig om my lewe in te rig om ‘n

vredemaker te wees? Op watter maniere kan ek aktief betrokke wees om die

Evangelie uit te dra?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid Vader, dankie dat ek u kind kan wees. Kom leer my wat dit

beteken om ‘n vredemaker te wees. Kom help my om deur my lewenswandel die Evangelie van vrede bekend te maak oral

waar ek kom. AMEN

Page 70: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

68

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 71: ‘N GESEËNDE LEWE

69

“Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 11Geseënd

is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12Wees bly en

verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” (Matt 5:10-12)

WEEK 9

Inleiding

Ons het verlede week gekyk na die 7de Saligspreking en ons het vir mekaar gesê dat die 7de en die 8ste Saligspreking verband hou met mekaar.

Ons is vredemakers! Ons maak vrede wanneer ons die Evangelie van vrede verkondig (Ef 6:15). En wanneer ons die Evangelie verkondig, moet ons vervolging verwag.

Vandag kom ons by die laaste saligspreking: “Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is...”

‘n Lewe wat staan vir wat reg is

Tema teks: Matteus 5:10, 10:22 en 1 Petrus 4:12-16 Leier: Moedig deelname aan deur almal in die groep ‘n kans

‘n Geseënde Lewe

‘n Lewe wat staan vir wat reg is

Page 72: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

70

te gee om leeswerk te doen. Lees weer Matteus 5:1–12 en bespreek hoe die saligsprekinge in die geheel ons lewens raak. Kyk ook weer na die belofte by elke saligspreking en bespreek wat dit beteken.

Is Jesus se woorde oor vervolging dalk ouderwets en dus nie meer van toepassing op ons moderne Christene nie?

Dit kan wees dat ons onsself bevind tussen Christene. Ons het moontlik grootgeword in ‘n Christen huis, tussen Christen vriende en ons het dalk met ‘n Christen lewensmaat getrou.

Vervolging is iets wat vir ons dalk vreemd is, en wanneer ons lees van vervolging in die Bybel, kan ons dalk dink dit is nie van toepassing op ons nie...

GESPREKSVRAAG Wat sou ons sê is vervolging? _________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Gebeur dit nog vandag en hoe vind dit plaas? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Interessante getalle:

Om die tema van vervolging beter te verstaan, moet ons dalk so ‘n klein bietjie kyk na die wêreld se demografie...

Daar is tans 7,8 biljoen mense op die aarde.

Statistieke sê:

- 2.5 biljoen mense is Christene - 1.8 biljoen mense is Moslem - 1.2 biljoen mense is Hindoe

Page 73: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat staan vIr wat reg Is

71

- 1 biljoen mense glo nie in enige god nie

GESPREKSVRAAG Hoeveel mense ken ons van ander gelowe en watter tipe interaksie het ons met mense wat anders glo as ons? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Vervolging is ‘n werklikheid

Vervolging is verseker ‘n werklikheid. Meer mense word vandag vir hulle geloof vervolg as op enige ander tyd in die geskiedenis!

1. Vervolging wêreldwyd

Volgens die organisasie Geopende Deure se statistieke word daar elke maand:

- 322 Christene vermoor vir hulle geloof - 214 Kerkgeboue vernietig - 722 Christene op die een of ander manier aangerand, mishandel, ontvoer, verkrag of onregverdig gearresteer en gemartel vir hulle geloof!

Dit is belangrik vir ons om te weet dat vervolging ‘n realiteit is.

2. Vervolging in Suid-Afrika

In Suid-Afrika is ons baie bevoorreg om godsdiensvryheid te geniet: meer as 70% Suid-Afrikaners sê dat hulle Christene is.

Ons word dalk nie aktief vervolg in ons land nie, maar godsdiensvryheid kan vir ons ook ‘n probleem word. Wanneer ons doelbewus met Moslems en Hindoes begin gesels oor Jesus, kan vervolging dalk vir ons voorlê.

Page 74: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

72

3. Vervolging in my omgewing

Baie Christene wat aktief hulle geloof uitleef, word daagliks vervolg op maniere waaraan ons dalk nie gedink het as “vervolging” nie.

Vervolging vind dalk plaas wanneer iemand nie bereid is om saam met die “manne” te doen wat hulle doen wanneer hulle vrouens nie by is nie! Of dalk gesels ons nie saam met die ander mense by die koffiemasjien nie en word ons sosiaal verwerp...

Bevorderings wat nie gegee word nie, verhogings wat gesny word, en mense wat op enige ander manier benadeel word omdat hulle nie wil doen wat die groep doen nie, tel ook as vervolging.

GESPREKSVRAAG Op watter maniere word ons vandag vervolg by die huis, werk en skool? (Dink aan klein en groot vervolging) ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Is ons vervolgbaar?

Die vraag wat ons nou onsself moet afvra is: Is ons vervolgbaar? Is ons toewyding aan die Here Jesus só vas dat ons weier om deel te hê aan die manier hoe hierdie wêreld dinge doen? Laat ons ons lig só skyn dat ons vervolging kan ervaar daarvoor?

GESPREKSVRAAG Lees Johannes 15:20, Matteus 10:22 en Matteus 12:30. Wat het hierdie verse in gemeen? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 75: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat staan vIr wat reg Is

73

Waarom is dit so? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die Belofte: Redding

Jesus maak dit duidelik dat ons vervolg gaan word. Ons moet dit verwag en ook bereid wees om deur dit te gaan. Of ons met ons lewens betaal op ‘n brandstapel, en of ons dalk net ‘n verhoging of promosie moet inboet, ons moet vervolging verwag.

Meer as dit, wanneer ons vervolg word, moet ons dit as ‘n voorreg sien om vir ons geloof vervolg te word (1 Petrus 4:16).

Ook met hiérdie saligspreking kom daar ‘n belofte: “...want aan julle behoort die koninkryk van die hemel.” Dit is dieselfde belofte as by die eerste saligspreking! Hoekom? Want, hierdie saligspreking gaan ook oor redding! Wanneer ons vervolg word in hierdie lewe, al is dit tot die dood, moet ons nie bekommerd wees oor ons lewe nie, want ons het ‘n wonderlike beloning wat wag: Die Here se Redding.

Opsomming:

In Matteus 5:10-12 waarsku Jesus sy dissipels oor wat kom, maar Hy bemoedig hulle ook: hulle sal nooit alleen wees nie. Dit maak nie saak wat hier op aarde gebeur nie, ons redding is vas in die Here Jesus!

So wat moet ons dan doen?

Eerstens, volhard. Dalk word ons lewens nie bedreig nie, maar ons word tog vervolg op ander maniere. Ons moet volhard in die geloof.

Tweedens, ons moet bid vir vrymoedigheid. Paulus vra gebed in

Page 76: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

74

Efesiërs 6:19. Ons moet vir mekaar bid – bid vir vrymoedigheid om die Evangelie van vrede te verkondig en bid dat nie een van ons moeg sal word en uitsak nie.

GESPREKSVRAAG Waarom laat die Here toe dat Christene vervolg word? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________

Wat moet ons gesindheid wees wanneer ons vervolg word? __________________________________________________________________________________________________________________________________________

Hoe kan ons ons lewens inrig om nie onder vervolging moeg te word nie? _______________________________________________________________________________________________________________________________

Page 77: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n lewe wat staan vIr wat reg Is

75

WEEK 9

Iets om te onthou Die Here het ‘n plan met my op hierdie aarde. My tyd hier is

nog nie verby nie. Ek het ‘n roeping om Jesus uit te leef in die wêreld. Ek sal vervolg word, maar ek moet altyd onthou dat Hy

wat in my is, groter is as die duiwel wat in die wêreld is! (1 Joh 4:4)

Vers om te onthou “Wanneer iemand ly omdat hy ’n Christen is, moet hy hom

nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik.” (1 Pet 4:16)

Vraag om oor na te dink Word ek tans vervolg vir my geloof? Waarom?

Is dit iets waaroor ek vrede het? Voel ek te nagekom of voel ek dat my vervolging ‘n voorreg is? Waarom?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid Vader, baie dankie dat ek weet dat ek onder u beskerming

staan. Al sou vervolging my lewe kos, weet ek dat ek die ewige lewe het op grond van u groot genade en liefde!

Help my om bemoedig te word wanneer ek onthou dat ek vervolg word omdat Jesus ook vervolg was.

AMEN

Page 78: ‘N GESEËNDE LEWE

‘n Geseënde Lewe

76

Notas

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

Page 79: ‘N GESEËNDE LEWE

slotwoord

77

Slotwoord

“Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

(Matt 5:12)

Daar is al baie gedebatteer oor wat dit beteken om geseënd te wees. “Geseëndheid” kry egter ware betekenis wanneer dit in die Woord van God geanker word.

Ons het die afgelope paar weke sistematies aandag gegee aan Mattheus 5:3-12. Daar is in diepte gekyk na Jesus se verklarings van wat dit beteken om geseënd te wees. Die gevolglike saamgesels vanuit persoonlike identifikasie met die verklarings, het tot insiggewende nadenke gelei.

Dit word verder aanbeveel, soos in die Voorwoord genoem, dat die bergpredikasie (Matt 5-7) verder in persoonlike Bybelstudie voortgesit moet word. Die bergpredikasie is Christus se uitgebreide boodskap oor en verklaring van die Wet van God soos opgeteken in Eksodus en Deuteronomium.

Daar word ook aanbeveel dat hierdie studie jaarliks herhaal word om ons te herinner aan die uitleef van die praktiese Bybelse waarhede waartoe God ons geroep het. Hy was trouens ‘n sprekende voorbeeld van die stellings oor geseëndheid. As kinders van God is ons sy navolgers in woord en daad.

Groetnis

Chris Heunis

Page 80: ‘N GESEËNDE LEWE

78

Ander Bybelstudies

5 Solas - 5 Ankers

Daar is vyf ononderhandelbares vir ons geloof wat gedurende die Protestante Reformasie gedefinieer is. In hierdie reeks bestudeer ons die 5 Ankers en ons maak seker dat ons geloof hierin geanker en gewortel is.

Genesis

Die Ou Testament en Genesis is nét so van toepassing vandag. In hierdie studie kyk ons na Genesis deur die bril van die Nuwe Testament en bied ‘n verfrissende perspektief op die belangrikheid van Genesis in ons geloof.

Volg My

Dissipelskap is elkeen van ons se ware roeping. Hierdie studie volg die dissipels van waar hulle geroep is tot waar hulle uitgestuur is. Dit bied ‘n uitdaging aan ons as Christene om onsself af te vra: “Volg ons Jesus werklik?”

Page 81: ‘N GESEËNDE LEWE

79

Karakter van God

‘n Studie van God se karaktereienskappe. Deur na God se karaktereienskappe te kyk, leer ons God beter ken en verstaan ons beter wat God van ons verwag.

Dis Oorlog

‘n Verfrissende studie oor die Christen se Wapenrusting. Wanneer dit kom by Geestelike Oorlogvoering is daar baie wanopvattings daar buite. Hierdie studie bied ‘n eenvoudige, Bybelse benadering tot hierdie onderwerp.

Kindskap

Wat beteken dit om ‘n kind van God te wees? Hierdie studie kyk na hoe ons ons identiteit in Christus vind en ons kindskap aanvaar.

Page 82: ‘N GESEËNDE LEWE

80

Jabes

Hierdie studie bied ‘n nuwe blik op Jabes se gebed waar dit weg beweeg van voorspoedteologie. Jabes se gebed word besigtig vanuit ‘n Nuwe Testamentiese perspektief. Ons kyk na die belangrikheid van gebed en ‘n goeie verhouding met die Vader.

Waardes

Waardes definieer ons lewens en is soos ‘n kompas wat ons op die regte pad hou. In hierdie studie kyk ons na die waardes wat ons op die pad van die Woord hou en hoekom waardes belangrik is in ons lewens.

Waarde van die Woord

Sekularisme het ons lewensbenadering baie kom verander. Ook die hoofstroom kerk het ongelukkig nou ‘n meer liberale teologiese aanslag. Hierdie studie daag ons uit om die Bybel weer as die Woord van God te ag en daarvolgens te lewe.

Page 83: ‘N GESEËNDE LEWE

81

Vir Botter of vir Wors

Die huwelik is bedoel om “For Better or for Worse” te wees. In hierdie studie kyk ons na relevante onderwerpe waarmee getroude paartjies gekonfronteer kan word. Doen hierdie studie as ‘n voorhuwelikse of huweliksverrykingskursus.

Internet vIr ChrIstene

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.” - Rom. 12:2a

J.L. D

elport

Johan Delport

Internet vir

Christene

Die tyd waarin ons leef, word gekenmerk aan ‘n oorlading van kommunikasie en inligting. Dit sluit ‘n bonte verskeidenheid

van onderwerpe en temas in. Vryheid van spraak en die spreekwoordelike “mag van die pen” word dikwels as ‘n grenslose reg beskou. Sosiale media en die internet skep dus ‘n omgewing waarin die kinders van God, van alle ouderdomme, baie versigtig moet wees oor hoe om hierdie inligting oordeelkundig aan te wend. Onthou, alles is nie noodwendig geestelik opbouend of “gesond” nie.

Die vraag is dus nie oor wat oor ons pad kom nie, maar eerder oor hoe ons dit hanteer wat oor ons pad kom. Hierdie Bybelstudie skep ‘n platform vir gesprek waar die kind van God kan besin oor alles wat deur die sosiale media en internet op ons skoot land.

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Fil 4:8).

Ds. Chris Heunis

Wie is Johan Delport?

Die Here het Johan gered op 15 Augustus 1994 op die ouderdom van 15. Kort na sy drastiese bekering het hy die roeping van die Here op sy lewe ervaar om voltyds vir die Here te werk.

Johan het na skool by die Baptiste Seminarium sy lisensiaat in teologie gedoen. Hy en sy vrou Tanja is getroud op 2 Desember 2000. Johan en Tanja het eers in Kemptonpark 'n klein gemeente van 20 lidmate bedien vir 2 jaar en is daarna na Bloemfontein Baptiste gemeente beroep waar hulle vir 5 jaar deel was van een van die land se grootste Afrikaanse gemeentes. Op 3 Februarie 2008 het Johan en Tanja Tygerberg Gesinskerk in Durbanville geplant.

Internet vir Christene

Hierdie reeks bied aan die Christen Bybelse filters vir hoe om die internet, sosiale media en selfoonkommunikasie tot eer van God te gebruik. Dit help die Christen om seker te maak dat hy/sy ‘n goeie “aanlyn-getuienis“ uitleef.

Radikaal

Om ‘n dissipel van die Here Jesus te wees, is radikaal - dit is anders as die wêreld. Hierdie reeks kyk na die verskillende fasette van ons geloof en daag ons uit om ‘n radikale lewe in Christus te leef.

Page 84: ‘N GESEËNDE LEWE

82

Kruiswoorde

‘n Sterwende persoon se laaste woorde is gewoonlik baie belangrik en dit is dié woorde wat ons onthou. Hierdie studie gee vir ons die dieper betekenis agter Jesus se laaste woorde aan die kruis wat vir ons van groot waarde is.

7 Tipes Gelowiges

Hierdie studie kyk na die 7 gemeentes in Openbaring 1-4 aan wie daar geskryf word. Ons kyk na wat in elke gemeente gebeur het en wat ons daaruit kan leer.

Die Vrae Wat Mense Vra

Ons het ons gemeente gevra watter vrae hulle het rondom geloofsake. In hierdie reeks kyk ons na die top vrae wat gevra is en antwoord dit deur te kyk na wat die Bybel leer en wat ons as Christene behoort te weet omtrent elke onderwerp.

Page 85: ‘N GESEËNDE LEWE

83

Kenmerke

Wanneer ek as gelowige in Christus geestelik volwasse is, is daar spesifieke kenmerke wat sigbaar word in my lewe. Dit is kenmerke wat my al meer soos Jesus laat lyk en dit bring groot eer aan God.

RE:BOOT

Soos 'n rekenaar of selfoon soms "reboot" moet word om optimaal te funksioneer, so het ons lewens ook van tyd tot tyd uiters noodsaaklike "rebooting" nodig. Ons kyk in hierdie studie na verskeie areas in ons lewe wat gereeld aandag nodig het sodat ons kan leef volgens God se wil.

Identiteit

Wanneer ek ‘n Kind van God word, kry ek ‘n nuwe identiteit - Christus se identiteit. Ons leer met behulp van hierdie Bybelstudie wat die Woord sê wat hierdie identiteit is, en hoe ons dit moet uitleef.

Page 86: ‘N GESEËNDE LEWE

84

Notas

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

Page 87: ‘N GESEËNDE LEWE

85

Notas

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

Page 88: ‘N GESEËNDE LEWE

86

Notas

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________