13
1 DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK Die Boom van die Lewe was van die begin af binne die mens se bereik, maar nà die sondeval is die mens uit die Tuin van Eden verban (in ‘n fisiese realm in), buite die bereik van die Boom van die lewe wat ‘n geestelike realm was en so was hulle die Ewige Lewe kwyt, want die eet van die Boom van die Lewe het die Ewige Lewe verseker (Gen. 3:22 – 24). Daar is ‘n fisiese lewe en daar is ‘n geestelike lewe. Daar is ook ‘n fisiese dood en ‘n geestelike dood. DIE FISIESE EN GEESTELIKE GEBOORTES EN STERWES Gen. 2:16 En JaHUaH Elohiem het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet Wat vertaal is as “vry eet” (surely eat) in Gen. 2:16 is “eet eet” in Hebreeus (mayest freely eat = akol אכלH398 תאכלtokel H398). As hulle aan die ander kant van die verbode boom sou eet, sou hulle sterwe. Wat vertaal is as “sekerlik sterwe” is “sterwe sterwe” in Hebreeus (shalt surely die = mowt מותH4191 tamut תמ ו תH4191). Gen. 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. Ons kan nie lewe sonder om te eet nie en “eet eet” herinner aan die twee geboortes waarvan ons in die Woord lees. Daar is ‘n fisiese eerste geboorte waarsonder niemand kan bestaan nie. (Dit is interessant dat fisiologies gesproke die asemhalingstelsel van die mens soos ‘n omgekeerde boom lyk.) Behalwe ons fisiese geboorte is daar ‘n tweede geboorte, naamlik ‘n geestelike geboorte, wat die verganklike met die onverganklike beklee (1 Kor. 15:53 - 54). Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is. “Sterf sterf” in Gen. 2:17 herinner aan die twee “sterwes”, naamlik die eerste dood (die fisiese) wat niemand kan vryspring nie en die tweede dood (die geestelike) wat gepaard gaan met die Poel van Vuur, maar diè wat deel is van die eerste opstanding sal dan nie die tweede dood hoef te sterf nie (Open. 2:11, Open. 20:5 - 6, 14) en sal vir ewig lewe.

DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

1

DIE BOOM VAN DIE LEWE EN

DIE AMANDELTAK

Die Boom van die Lewe was van die begin af binne die mens se bereik, maar nà die sondeval is die mens uit die Tuin van Eden verban (in ‘n fisiese realm in), buite die bereik van die Boom van die lewe wat ‘n geestelike realm was en so was hulle die Ewige Lewe kwyt, want die eet van die Boom van die Lewe het die Ewige Lewe verseker (Gen. 3:22 – 24). Daar is ‘n fisiese lewe en daar is ‘n geestelike lewe. Daar is ook ‘n fisiese dood en ‘n geestelike dood. DIE FISIESE EN GEESTELIKE GEBOORTES EN STERWES

Gen. 2:16 En JaHUaH Elohiem het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet

Wat vertaal is as “vry eet” (surely eat) in Gen. 2:16 is “eet eet” in Hebreeus (mayest freely eat = akol אכל

H398 תאכל tokel H398). As hulle aan die ander kant van die verbode boom sou eet, sou hulle sterwe. Wat vertaal is as “sekerlik sterwe” is “sterwe sterwe” in Hebreeus (shalt surely die = mowt מות H4191 tamut תותמ H4191).

Gen. 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Ons kan nie lewe sonder om te eet nie en “eet eet” herinner aan die twee geboortes waarvan ons in die Woord lees. Daar is ‘n fisiese eerste geboorte waarsonder niemand kan bestaan nie. (Dit is interessant dat fisiologies gesproke die asemhalingstelsel van die mens soos ‘n omgekeerde boom lyk.)

Behalwe ons fisiese geboorte is daar ‘n tweede geboorte, naamlik ‘n geestelike geboorte, wat die verganklike met die onverganklike beklee (1 Kor. 15:53 - 54). Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is. “Sterf sterf” in Gen. 2:17 herinner aan die twee “sterwes”, naamlik die eerste dood (die fisiese) wat niemand kan vryspring nie en die tweede dood (die geestelike) wat gepaard gaan met die Poel van Vuur, maar diè wat deel is van die eerste opstanding sal dan nie die tweede dood hoef te sterf nie (Open. 2:11, Open. 20:5 - 6, 14) en sal vir ewig lewe.

Page 2: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

2

As daar ‘n eerste opstanding is (1 Thess. 4:13 – 14, Open. 20:6) moet daar ‘n tweede opstanding ook wees en die twee opstandings is 1 000 jaar uitmekaar uit (Open. 20:5 - 6). Om dan deel uit te maak van die eerste opstanding en vir ewig te kan lewe, sal ons van die Boom van die Lewe moet kan “eet” want daardie “eet” transformeer ons na die geestelike. DIE BOOM VAN DIE LEWE “REIK UIT” NA DIE MENS Die Boom van die Lewe (wat JaHUaH self verteenwoordig) is bonatuurlik, bokant ons begrip veelsydig en die Woord sê dan nie dat dit van ‘n spesifieke spesie was nie. Adam en Eva kon terselfdertyd daarvan asook van die ander bome van die Tuin eet, net van die Boom van die kennis van goed en kwaad mag hulle nie geëet het nie. Dit was dus saam met die ander eetbare bome gegroepeer. So is daar verskeie soorte bome in die Skrif wat binne hulle eie konteks elkeen die Boom van die Lewe kan simboliseer waarvan die Amandelboom die een is wat vir ons in hierdie studie die boom van fokus is. Nadat die mens uit die Tuin verban is het JaHUaH voortdurend op verskeie maniere die Boom van die Lewe simbolies binne die bereik van die mens gebring totdat ... die Folterpaal vir ons die uiteindelike Boom van die Lewe in ons realm geword het toe JaHUsha Sy lewe uitgestort het op “die dooie boom”/paal en so het dit ‘n Boom van Lewe vir ons geword .

Hy het soos ‘n vrug aan diè boom/paal gehang en dis waarom ons geestelik van Hom moet “eet” (Joh. 6:53 – 56) sodat ons kan lewe. Dit sal nie help om dit net te weet nie, Hom net aan die Paal te “sien” nie, nee ons moet Sy sterwe vir onsself neem soos wat mens ‘n vrug sal “afpluk” en “eet” (Joh. 1:12). Dit sal verseker dat ons geestelike liggaam lewendig kan word (geestelik gebore kan word, 1 Pet. 1:23). So het die Folterpaal ‘n Boom van Lewe vir ons geword want JaHUsha as die laaste Adam het die dood (wat die eerste Adam oor die mensdom gebring het) daar oorwin en na drie dae volmaak opgestaan met ‘n geestelike liggaam (Gen. 2:17, 1 Kor. 15, 2 Kor. 5:1 – 10) soos ons ook sal moet kan doen, omdat vlees en bloed nie die geestelike Koninkryk van Elohiem kan beërwe nie. As ‘n Lewensboom het JaHUsha dit binne ons bereik gebring. Lank voor die Folterpaal het daar telkens verskeie tipes van die Boom van die Lewe gemanifesteer in die fisiese realm, soos o.a. ...

Die brandende bos.

Noag se ark wat uit hout gemaak was (d.w.s. van bome) wat diegene in die lewe gehou het wat daar binne-in was. Dit was ‘n “Boomboot van Lewe” wat elkeen sou red van die dood as hulle daarin sou gaan.

Isak met die “hout vanaf ‘n boom op sy rug” (Gen. 22) was ‘n tipe van JaHUsha op die Folterpaal (as ‘n Lewensboom) en so het Abraham JaHUsha se “dag” gesien (Joh. 8:56).

Aäron se staf wat lewendig geword het en begin bloei het wat vergelyk met Jeremia se amandeltak.

Page 3: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

3

Daar is nog ander sulke tipes ook maar wat hierdie studie betref “zoom” ons bietjie in op Aäron se staf en op die Amandeltak wat Jeremia gesien het, as ‘n verlenging of tak vanaf die Boom van die Lewe “na ons toe” in hierdie realm van die fisiese wêreld waarheen die mensdom verban is. JaHUaH as ons Lewensboom strek basies “Sy Arm” uit na ons toe d.m.v. ‘n tak of ‘n loot.

Jes. 53:1 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van JaHUaH geopenbaar? Jes. 53:2 Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. ...

Hierdie fisiese wêreld van ons vergelyk met Egipte waaruit Moses die volk moes lei (met die staf as instrument) om hulle na die Beloofde Land te neem, maar vir ons is die Beloofde Land die geestelike, die Koninkryk van die Hemel, wat Open. 22 openbaar as die Tuin waaruit die Mens eens verban is. DIE STAF ‘n Staf/Roede was ‘n simbool van outoriteit. Herders het hulle stawwe gebruik om die kudde te lei en te korrigeer (Ps. 23:4). Die staf van Moses het eerstens belangrik geword by die brandende bos. Moses het skape opgepas met sy staf in sy hand toe JaHUaH hom geroep het en weens die tekens wat Hy met die staf laat gebeur het om Moses toe te rus om die volk te kan uitlei, het die staf ‘n teken geword van JaHUaH se mag en outoriteit wat Hy in Moses se hand gegee het om Sy volk te verlos.

Ex. 4:1 Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: JaHUaH het nie aan jou verskyn nie? Ex. 4:2 Daarop vra JaHUaH vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf. Ex. 4:3 En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ‘n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug. Ex. 4:4 Toe sê JaHUaH vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het ‘n staf in sy hand geword— Ex. 4:5 sodat hulle kan glo dat JaHUaH, die Elohiem van hulle vaders, die Elohiem van Abraham, die Elohiem van Isak en die Elohiem van Jakob, aan jou verskyn het.

As JaHUaH se mondstuk (Ex. 3:10, Ex. 4:10 – 12) was Moses ‘n profeet (Deut. 18:15). JaHUaH het vir Moses ook Aäron wat goed kon praat as ‘n hulp in diè verband gegee en daarmee saam het die opdrag gekom om sy staf in sy hand te neem.

Ex. 4:14 Toe ontvlam die toorn van JaHUaH teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. Ex. 4:15 Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen. Ex. 4:16 En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ‘n mond wees en jy vir hom ‘n elohiem wees. Ex. 4:17 Neem dan hierdie staf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen.

Toe Moses sy staf opgehef het, het die Rooi See oopgegaan (Ex. 14:16). Daarna was die staf van Moses ook betrokke in Ex. 17 toe Israel met Josua as hulle aanvoerder die Amalakiete kon oorwin slegs as diè

Page 4: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

4

staf opgehou was (sien DIE BANIER VAN JAHUAH). Vòòr dit was dit ook met dieselfde staf waarmee die rots geslaan moes word om vir die volk water te kon voorsien (Ex. 17:1 – 7, Num. 20). Aäron moes ook met sy staf wonderwerke doen (Ex. 7:19, 8:5, 16). Sy staf het in ‘n slang verander in Farao se paleis en het toe die Egiptiese towenaars se stawwe ingesluk (Ex. 7:8 – 10). Dit was ook sy staf wat die plaag van paddas veroorsaak het (Ex. 8:5 – 6) asook die muskiete (Ex. 7:16 – 17). Aäron se staf (wat fisies soos ‘n dooie stok/hout gelyk het) het dus ook ‘n belangrike rol gespeel in JaHUaH se plan om Israel uit Egipte uit te lei na die Beloofde Land. Geestelik help dit ons om die “uitstrekking” van JaHUaH “se Arm” na ons toe te verstaan ... dit is soos ‘n verlenging van Hom as die Boom van die Lewe na ons toe met die doel om te verlos. Soos wat Messias dus na die Folterpaal gegaan het, het Hy die mag van die Slang, naamlik die sonde, op Hom geneem vìr ons en die prys daarvan betaal en daarna is Hy weer VOLMAAK opgewek (die Slang is aan die stert gevat). Dit is dit wat Moses en Aäron voor Farao moes “profeteer” d.m.v. ‘n staf wat ‘n slang word en dan weer ‘n staf word. Sien NEHUSTAN DIE SLANG OP DIE PAAL. Die Staf is ‘n simbool van JaHUaH se outoriteit om te kan verlos of om te oordeel, dit is m.a.w. terselfdertyd ‘n simbool van JaHUaH se Verlossing vir Sy volk terwyl dit ook as ‘n Roede kan dien, hetsy wat die Vyand betref of wat afvallige Israel betref of afvalliges ìn Israel soos met Korag, Datan en Abiram. DIE UITSONDERING VAN AÄRON SE STAF Outoriteit kom van JaHUaH, maar in die tyd van Moses en Aäron was daar Korag, Datan en Abiram wat dit nie so wou aanvaar nie.

Num. 16:3 En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is afgesonder; en JaHUaH is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van JaHUaH?

Dit het daartoe gelei dat JaHUaH tussenbeide getree het met noodlottige gevolge vir die rebelle en vir die volk wat toe daarna ook teen Moses en Aäron gemurmereer het (Num. 16). Toe het die opdrag gekom in Num. 17 ...

Num. 17:1 Daarna het JaHUaH met Moses gespreek en gesê: Num. 17:2 Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ‘n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf. Num. 17:3 En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof. Num. 17:4 En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom. Num. 17:5 En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My. Num. 17:6 Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom ‘n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.

Page 5: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

5

Num. 17:7 En Moses het die stawe voor die aangesig van JaHUaH in die tent van die Getuienis neergesit. Num. 17:8 En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word! Num. 17:9 Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van JaHUaH was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem. Num. 17:10 Daarop het JaHUaH vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.

Die staf van Aäron het basies begin “lewe” en moes toe bewaar word voor die Ark van die Getuienis, m.a.w. daar in die Allerheiligste wat diè deel van die Tabernakel is wat ooreenstem met die Middel van die Tuin van Eden waar die Boom van die Lewe is. (In 1 Kon. 8:9 en 2 Kron. 5:10 word bevestig dat daar niks anders in die Ark van die Verbond was behalwe die twee kliptafels van die Verbond nie, wat beteken dat Heb. 9:1 – 4 dalk nie lees soos wat mens kan dink dat dit lees nie.) Sien hierdie vergelykende sketse uit DIE ROETE TERUG NA EDEN ...

Page 6: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

6

Die staf van Aäron wat begin bloei het, d.w.s. lewendig geword het, was simbolies van die lewendmakende Gees van JaHUaH i.v.m. die werk in die Koninkryk van die Hemel. In ander woorde ... dit verteenwoordig die Boom van die Lewe binne-in die Tuin van Eden wat na ons toe “uitreik” d.m.v. die Afgesonderde Gees soos wat dit in Sag. 4 simbolies uitgebeeld is (vergelyk 1 Kor. 2).

Sag. 4:6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van JaHUaH aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê JaHUaH van die leërskare.

AÄRON AS TIPE VAN JAHUSHA Die Afgesonderde Gees van JaHUaH/JaHUsha is ons Lig. Aäron was die hoëpriester en sy naam beteken “Ligbringer”. Hy was ‘n tipe van JaHUsha. JaHUsha as ons Groot Hoëpriester het gekom as die “Lig van die wêreld” soos Hy uitgebeeld is in die Kandelaar wat gemaak is dat dit soos ‘n amandeltak moes lyk (Ex. 25), want die Lam is die Lamp (Open. 21:23).

Joh. 8:12 En JaHUsha het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

As die Lig van die wêreld openbaar JaHUsha Homself in die Woord ... Hy is die Woord (Ps. 119:105, Joh. 1:1, 14). Die Tabernakel was donker daar binne-in en die kandelaar se Lig het die duisternis verdryf, net so verdryf die Woord/JaHUsha die duisternis in ons as “tempels” (1 Kor. 3:16).

Ps. 36:10 Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig.

Die gesig van Sagaria in Sag. 4 (en Johannes s’n in Open. 11) sluit ook hierby aan, asook die sewe kandelaars van Open. 1 – 3 en dit kan gelees word by OPENBARING 11 EN DIE TWEE GETUIES.

Page 7: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

7

Dit bring ons by Jeremia se veelbetekende gesig t.o.v. JaHUaH se verlossingsplan vir die Mensdom toe hy sy roeping as Profeet vir die Nasies (Jer. 1:5) ontvang het. JEREMIA SE GESIG Toe JaHUaH Jeremia geroep het, het hy ‘n gesig gesien ...

Jer. 1:11 – 12 “Verder het die woord van JaHUaH tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia: En ek antwoord: Ek sien ‘n amandeltak. Toe sê JaHUaH vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my Woord om dit te vervul.”

Page 8: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

8

Hierdie skrif wil ons baie meer leer as wat ons op die oog af raaksien. Die amandelboom was die eerste boom wat vrug gedra het in die lente nà die doodsheid van die winter. Net 21 dae na die eerste bloeisels is die amandels daar. In Hebreeus (Strong’s H8247) is die woord vir amandel “shaked”. Dit beteken “om wag te hou oor, wakker te wees”. Ook: “the awakening one”. Die wortelwoord (H8245) se betekenis is ... “to be alert, sleepless, to be on the lookout, hasten, remain, wake, watch for.”

In die Ancient Hebrew Lexicon 2872 word dit sò beskryf .... “Eyes open wide for watching carefully”.

Inderdaad het die amandel die vorm van ‘n oog, terwyl daar ook ‘n woordspeling is in die Hebreeuse teks ...

“ ... Ek sien ‘n “shakêd” (H8247). Toe sê JaHUaH vir my: Jy het goed gesien, want Ek is “shawked” (H8245) oor my woord om dit te vervul.”

Jeremia se naam beteken “JaHUaH sal verrys” (om op te tree). Hier het dit gegaan oor die oordeel (die roede) wat oor Israel sou kom soos “ ‘n kokende pot uit die noorde” (vers 13 - 16), maar verder aan in die boek lees ons ook van JaHUaH se plan om daarnà te plant en weer op te bou, Jer. 30 – 33. (‘n Oorsig van die Boek van Jeremia kan gekry word by ... JEREMIAH - Overview). JaHUaH se Woord sal nie leeg terugkeer nie maar doen wat Hom behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Hy dit stuur (Jes. 55:8 – 11).

Ons moet nie doen wat goed is in ons “eie oog” nie, maar wat goed is in die “oog van JaHUaH”, want Hy is wakker (“oop oog”) om Sy woord te volbring omdat Hy ‘n positiewe doelwit vir ons in gedagte het. Abraham het wat goed is in JaHUaH “se oog” in gedagte gehad toe hy gehoorsaam was om vir Isak te gaan “offer” en hy het geglo dat JaHUaH sal voorSIEN. Sien is “ra’ah” (H7200) en Mo-riah is die plek waar JaHUaH voorsien het. Hy was “wakker” om Sy woord te volbring, want Moriah het later die plek geword waar die tempel gebou is wat JaHUsha gesê het Hy sal afbreek en dit in drie dae weer opbou. JaHUsha het gesê dat Abraham reeds al Sy (JaHUsha se) dag gesien het, Joh. 8:56. Abraham was daar “oop van

oog” en “wakker” soos die simboliese amandelvrug om “lewe uit die dood” RAAK TE SIEN. Eers het JaHUaH in Gen. 12:7 aan Abram verskyn (Hy het ge”yera’eh” ... Hy was sigbaar) en ‘n groot nageslag aan hom belowe ... Abraham het dus daar in Gen. 22 geglo dat JaHUaH sal voorsien en vir Isak sal opwek uit die dood (Heb. 11: 18), want Isak was die bron vir so ‘n nageslag ... en Abraham het toe ‘n altaar daar gebou. Dit word duideliker dat amandels simbolies is van die “vooruitSIEN” of hoop op die Ewige Lewe en die Opstanding uit die dood, iets wat net moontlik is as ons kan “eet” van die Boom van die Lewe (wat ook deur die Goue Kandelaar as Amandeltak uitgebeeld word). (Vir ‘n kort opsomming oor die boek Genesis as ‘n agtergrond, sien GENESIS – Overview Part 1 en GENESIS – Overview Part 2).

Page 9: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

9

DIE GOUE KANDELAAR Moses het opdrag gekry om die goue kandelaar as ‘n amandeltak uit te beeld. Dit het amandelknoppe gehad en het ook die amandeltak wat blom gesimboliseer.

Ex. 25:31 Maak ook ‘n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees. Ex. 25:32 En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant. Ex. 25:33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ‘n knop en ‘n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ‘n knop en ‘n blom—so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Ex. 25:34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme: Ex. 25:35 daar moet ‘n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ‘n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan—vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Ex. 25:36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees—alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud. Ex. 25:37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant. Ex. 25:38 Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees. Ex. 25:39 Van ‘n talent suiwer goud moet hulle dit maak—al hierdie voorwerpe. Ex. 25:40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.

Wanneer die kandelaar se lampe brand ... is dit simbolies van JaHUaH se Gees in die Brandende Bos/ Boom van die Lewe toe Hy Moses opdrag gegee het om Sy volk uit Egpte te verlos)? In die Lig van JaHUsha sien ons die lig (Ps. 36:10) en word ons verlos om uiteindelik eendag vanuit hierdie wêreld verlos te word om na ons Ewige Huis te gaan waar die Troon van Elohiem en die Troon van die Lam is, binne-in die Tuin.

DIE EWIGE HUIS Prediker gee vir ons ‘n glimps van die onaangenaamheid van die ouderdom, maar wat tog ook ‘n vooruitsig is dat ons na ons Ewige Huis gaan. Hy gebruik ook die amandelboom as simbool om via die dood weer “te lewe” (die Ewige Lewe te verkry) net soos wat die Amandelboom eerste is om “lewendig” te word nà die doodsheid van die winter.

Page 10: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

10

Pred. 12:5 Ook sal hy bang wees vir ‘n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die mens gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat rondgaan.

Wanneer Open. 21 – 22 vir ons aanbreek betree die mens weer sy “Ewige Huis” en is hy terug in die Tuin waaruit die Mens verdryf was. Die “Ewige Huis” is “Bet-El” soos wat Jakob die plek wat eers ”Lus” was gedoop het, nadat hy die droom gehad het van die leer wat tot aan die hemel reik toe JaHUaH met Hom daar vanuit die geestelike realm (die Tuin van Eden) gepraat het soos wat Hy eens met Adam en Eva direk kon gepraat het. Jakob noem dit die “poort van die hemel”, die poort waardeur die mens weer kan terugkeer na die teenwoordigheid van JaHUaH.

Gen. 28:12 En hy het gedroom—daar is ‘n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van Elohiem daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. Gen. 28:16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, JaHUaH is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie. Gen. 28:17 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as ‘n Huis van Elohiem nie, en dit is hier die Poort van die hemel. Gen. 28:18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ‘n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet. Gen. 28:19 En hy het die plek Bet-El genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.

Is die leer hier ook ‘n tipe van die Boom van die Lewe as JaHUaH se “uitgestrekte Arm” (Joh. 1:52) en wat het die die naam “Lus” daarmee te doen? Lus/Lauz is die moderne Arabiese naam vir “amandel”. Dit was dus “die plek van die Amandel”, hierdie plek wat nou ook die “Huis van Elohiem” gedoop is deur Jakob. Die KJV het “amandel” in Gen. 30:37 vertaal as “hazel”.

Gen. 30:37 And Jacob took him rods of green poplar, and of the hazel and chesnut tree; and pilled white strakes in them, and made the white appear which was in the rods.

Dit is dus vanaf Bet-El, vanaf die Huis van Elohiem (die Koninkryk van Elohiem), waar JaHUaH se OOG op ons is, wakker om Sy Woord van ‘n oorvloedige lewe vir ons te volbring, nl. die Ewige Lewe, maar vir die wat nie wil “opgaan” na Sy Huis via Sy uitgestrekte Arm (JaHUsha Messias) as die Boom van die Lewe nie, sal dit ‘n Roede van oordeel wees.

Hy wil ons egter liewer onder Sy oog hou. Hy wil ons verlos en dan leer en lei met Sy stok en staf want Hy is ons Herder, Ps. 23 en Joh. 10.

Ps. 32:8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

Page 11: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

11

PERSOONLIKE TOEPASSING EN WAARSKUWING Die vorm van die letter “Lamed” in Hebreeus lyk baie soos ‘n staf ( ) in die Hebreeuse prentjieskrif. Dis die tipe staf wat die skaapherder gehad het, waarmee hy die skape kon haak en optel as hulle iewers vasgeval het, of weg van die kudde af weggedwaal het. So leer hy d.m.v. sy staf die skape waar hulle nie mag gaan nie en waar kan hulle wei. ‘n Staf is iets waarop ‘n mens leun, dit ondersteun jou. Veral waar mens op moeilike plekke moet trap. Ons moet dus van iewers af gelei word sodat ons ondersteuning het en nie “mistrap” en dan val nie, weg van die genade van JaHUaH af nie. Ons moet seker maak waarop ons leun, want daar wag ‘n FINALE TOETS en die Slang het sy eie namaaksel van die Boom van die Lewe soos mens dit sien in die Kabbalah, maar dit is na regte die Boom van die kennis van goed en kwaad ... die boom wat verbode is om van te eet. Dit mag nie ons staf wees nie.

Maar ... JaHUsha is ‘n Goeie Herder (Joh. 10) en Hy leer en lei ons en oefen ons in die regte weë sodat ons nie so maklik kan afdwaal van die regte pad af nie. Ons moet op Hom as Messias leun. Wanneer ons egter deur misleiding ons onder die outoriteit van die Slang gestel het en aan die Roede van JaHUaH blootgestel is soos wat Farao en die Egiptenare was, kos dit mens net om “af te buk” tot op die knieë om te verootmoedig en te bely (1 Joh. 1:9) en so kan ons dan die Slang aan die stert gryp om weer JaHUsha as Staf van verlossing te hê want Hy het die Slang aan die folterpaal uitgeklee en oor hom getriomfeer. Hy het daarna volmaak opgestaan (net soos die slang wat weer ‘n staf geword het). As ons hierdie stap geneem het, het ons geëet van die Boom van die Lewe en dit transformeer ons om op ons beurt deel te word van die Boom van die Lewe en uit te reik na ander wat oor ons pad kom.

Joh. 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. Ps. 1:1 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; Ps. 1:2 maar sy behae is in die wet van JaHUaH, en hy oordink sy wet dag en nag. Ps. 1:3 En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.

So word elkeen in JaHUsha deel van geestelike Israel as ‘n Boom van Lewe wat helende blare het vir die nasies en vorm saam die gemeente van nasies soos in Gen. 35:11 (vergelyk DIE OLYFBOOM).

Page 12: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

12

Open. 22:2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

SAMEVATTING Dit was deur die versoeking van die Slang in die een boom dat die mensdom (Adam) met sonde kennis gemaak het en geestelik gesterwe het (Gen. 2:17) ... MAAR ... deur die ander boom, die “Boom” van die Folterpaal (as die “nuwe/hernude” Boom van die lewe), het JaHUsha as die laaste Adam die Slang oorwin en sy kop verbrysel deurdat Hy die dood oorwin het (Gen. 3:15) en so genesing vir die Mensdom gebring wat teengif is vir die Slang se byt. Al moet ons dus die fisiese dood sterwe, hoef ons nie die geestelike dood ook te sterwe nie. Ons hoef nie te “sterwe sterwe” nie, maar moet wel een keer te “sterwe” kom om daarna vir ewig te kan lewe ... às ons sal “eet eet” van JaHUsha as ons Boom van die Lewe in wie ons lewend gemaak word (1 Kor. 15:22). Een keer gebore, beteken twee keer sterwe, maar twee keer gebore beteken net een keer sterwe. Dan sal ons mos liewer twee keer gebore wil wees!

1 Kor. 15:20 Maar nou, Messias is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 1 Kor. 15:21 Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. 1 Kor. 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Messias lewend gemaak word; 1 Kor. 15:25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 1 Kor. 15:26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

In ons daaglikse wandel moet ons dikwels soos Adam ook kies van watter boom ons eet. Adam het gesondig toe hy toegegee het aan sy vlees, aan sy Selflewe. Hy het die Boom van die Lewe verwerp toe hy toegegee het aan dit wat vir homself “goed en aangenaam en begeerlik” was (Gen.3:6). Die folterpaal lyk glad nie soos ‘n Boom van die Lewe nie. Dit lyk nie “goed, aangenaam of begeerlik” nie. Dit lyk inteendeel soos die “dood”, maar die heel uiteinde daarvan is nie die “dood” nie, maar Lewe uit die Dood. In Messias JaHUsha as die Hoof/Kop, gaan ons as Sy liggaam ook deur die dood wanneer ons moeilike keuses moet maak en moet sterwe aan ons eie ek, die SELF, nl. aan dit wat ons wil hê vir die oomblik, vir die hier en nou, aan dit wat so aanloklik lyk, maar dan kies ons liewer om te eet van JaHUsha as die Vrug van die Boom van die Lewe en maak die “beter” maar “moeiliker” keuse wat vir ons soos “sterwe” mag voel en tog sal dit vir ons uiteindelik uitloop op Lewe. So word ‘n ware volgeling van JaHUsha ook gekenmerk ... nie deur woorde nie, maar deur vrug, die Vrug van ‘n lewe in en deur JaHUsha. Dit is SKRIFTUURLIKE ISRAEL.

Page 13: DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK€¦ · Ons ken dit as wedergeboorte en daarsonder kan niemand die Ewige Lewe beërwe nie en dis waar die Boom van die Lewe van belang is

13

Matt. 16:24 Toe sê JaHUsha vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Matt. 16:25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

Ons kruispaaie in hierdie lewe verteenwoordig die moderne Boom van die Lewe en die moderne Boom van die kennis van Goed en Kwaad. Mag ons Hom voortdurend herken en erken wanneer ons by ons kruispaaie kom en keuses moet maak. Mag ons daar DIE DENKE VAN MESSIAS hê en die Lewe kies en nie die Dood nie.

0-0-0-0-0-0

AndriYaH Februarie 2020