23
Intermediêre Fase Werkskedule Graad 4 Kuns en Kultuur

Fase Intermediêre Werkskedule...Die areas van Kuns & Kultuur is ’n integrale deel van die lewe, en behels die spirituele, materiële, intellektuele en emosionele aspekte van menslike

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Inte

rmed

iêre

Fas

e W

erks

kedu

le

Graad

4Kuns

en Kultuur

VOORWOORD Beleidsimplementering is nie ’n ongekompliseerde taak nie. Dit is ’n proses van interpretasie en betrokkenheid wat oor ’n geruime tyd strek. Ons leer uit hierdie proses en probeer om ons intervensies aan te pas sodat hulle meer gepas en relevant is tot diverse kontekste. Dit wat ons in die afgelope dekade geleer het, het vir ons gewys dat ons almal moet praat, luister en oplossings vind vir die uitdagings wat ons in die gesig staar. Hierdie werkskedules is die resultaat van so ’n beleid en leerposes. Geletterdheid en Gesyferdheid, tesame met ander areas van werk in die Grondslag- en Intermediêre Fase, is belangrike fokuspunte vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Ons wil ons laerskole versterk en moontlikhede skep vir ’n standvastige fondament sodat ons die kanse van leerders in hul skolastiese loopbane kan verbeter. Ons glo dat hierdie fondament geletterdheids- en gesyferdheidsuitslae, slaagsyfers in die algemeen en die omsetsyfer kan verbeter. Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land, en ons hoor in hierdie era van globalisasie, dat lande wat besig is om op te vang die nodige vaardighede moet ontwikkel. Lande soos ons is dus in staat om mededingend en stabiel te wees. Belangriker nog, is om oor ’n gemeenskap van geleerdes wat kan lees, skryf en van skoolgaan hou, te beskik. Die maatskaplike waarde van onderrig kan verbeter word indien die skolastiese poging verhoog word. Die werkskedules sal beskou word as ’n komponent van die pakket wat betrekking het op die Grondslag vir Onderrig-veldtog. Dit word beskou as ’n instrument om ondersteuning te bied en betekenis aan die veldtog te gee. Gesien in die lig van die persepsie dat veldtogte bloot retoriek is, sal die werkskedules as ondersteuningsmeganisme dien om betekenis te verleen aan die bou van fondamente vir geletterdheid en gesyferdheid. Dit is ’n poging om riglyne aan onderwysers te bied oor hoe om elke dag onderrig in skole te lewer. Die werkskedules sal uitgestuur word met die doel om terugvoering uit te lok. Hulle sal ook in geselekteerde skole getoets word. Die dokumente sal as riglyne in Januarie 2009 gesirkuleer word en kommentaar word teen Julie 2009 gevra. Die werkskedules sal ook gedurende Julie 2009 in die praktyk getoets word. Alle kommentaar sal verdere ontwikkeling van werkskedules lei. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is ʼn leerorganisasie en poog om sy omgewing ten alle tye te verstaan. Hierdie leerproses is ’n deurlopende een aangesien ons in so ’n dinamiese en vinnig veranderende konteks funksioneer. Met dit in gedagte, is die uitnodiging om kommentaar te lewer en praktykgebaseerde toetsing ’n poging om die idee van ’n leerorganisasie aan te gryp deur insigte te ontwikkel wat op die menings van onderwysers, asook van diegene in ander diverse kontekste binne ons provinsie, gebaseer is. Ons weet dat ’n sakpas-benadering nie ’n resep vir sukses is nie. Ons weet ook dat ons almal moet luister, praat en oplossings vir ons uitdagings soek. Praktykgebaseerde toetsing en ’n uitnodiging om kommentaar te lewer, sal ons die ruimte bied om te praat, luister en oplossings te soek soos ons voortbeweeg na ’n onderwysstelsel van gehalte vir al ons leerders.

Dr. S. Naicker, Hoofdirekteur: Kurrikulumontwikkeling

WERKSKEDULES KUNS & KULTUUR

INTERMEDIÊRE FASE

GRAAD 4 tot 6 INLEIDING Die Kuns & Kultuur-leerarea dek ’n breë spektrum van Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurgebruike. Die areas van Kuns & Kultuur is ’n integrale deel van die lewe, en behels die spirituele, materiële, intellektuele en emosionele aspekte van menslike strewes in die gemeenskap. Kuns & Kultuur bestaan uit vier dissiplines – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste. Die hoofdoel van die leerarea is om algemene onderrig in Kuns en Kultuur aan alle leerders te bied. NOTA AAN ONDERWYSERS OOR HOE OM HIERDIE WERKSKEDULE TE GEBRUIK Hierdie werkskedules is geskryf om substansie aan die leeruitkomste en assesseringstandaarde te verleen. As ’n onderwyser wat hierdie werkskedules gebruik, sal u in ’n posisie wees om die leerarea met groter duidelikheid en selfvertroue te onderrig. Die werkskedules is daarop gemik om:

• te verseker dat onderwysers ’n algemene begrip van die leeruitkomste en assesseringstandaarde het;

• te verseker dat onderwysers die voorgeskrewe kennis en vaardighede in die Nasionale Kurrikulumverklaring aanspreek; en

• ’n algemene werkstempo binne die provinsie te bereik. Die inhoud van die werkskedules is met omsigtigheid gestruktureer om duplikasie te vermy en ruimte te laat vir ’n verhoogde vlak van kompleksiteit oor die fase heen. Onderwysersgidse, wat die inhoud verduidelik en onderrigmetodes voorstel, vergesel die werkskedules. Wanneer daar vir die jaar wat voorlê beplan word, kan die relevante bladsynommers uit die handboek in die regterkantste kolom van die werkskedule aangedui word. Neem ook kennis dat die werkskedules ontwerp is vir 40 weke en dat die inhoud met omsigtigheid versprei is oor ’n tydperk van 10 weke per kwartaal. Ons hoop dat hierdie dokument nuttig sal wees. ERKENNINGS Hartlike dank aan die onderwysers en kurrikulumadviseurs wat die werkskedules vir die Intermediêre Fase ontwikkel het. Direktoraat Kurrikulum: AOO

- 1 -

WERKSKEDULE KUNS & KULTUUR

GRAAD 4

KWARTAAL 1

Organiserende beginsel: Gebruik liggaam, stem, taal, natuurlike & gevonde bronne

WK LEERUIT-KOMS

ASSESSERINGSTANDAARDE en KERNONDERRIG

OG

MUSIEK 4.1.3.1

Stel ‘maatslag’ (polsslag) en ‘ritme’ bekend. Stel bekend en herken ritmes (loop, hardloop, klein sprongetjies

gee) deur liggaam en stem deur klank en stilte te gebruik.

DANS 4.1.1.1

Verduidelik die belangrikheid van ’n goeie opwarmingsroetine insluitend opkrul van die ruggraat, kniebuigings en swaaie.

DRAMA 4.1.2.1

Doen ’n opwarmings- en afkoeloefening om te ontspan en maak die spiere los.

Verduidelik die belangrikheid van inasem deur die neus deur, ribbekas uitstoot, en uitasem deur die mond.

1

LU 1-4

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2, 4.2.4.2

Stel die gebruik van ritme / musiek / klanke om die gehalte van lyne te ontdek, bekend en verduidelik.

Wk 1

2

LU 1, 3

MUSIEK 4.1.3, 4.2.3, 4.2.3.2

Herken halfnoot- en kwartnootwaardes en ondersoek deur gebruik te maak van liggaam en stem.

Herken tydmaattekens (2/4 en 4/4) deur na musiekpartiture van eenvoudige liedjies te kyk en ondersoek dit deur liggaam en stem te gebruik.

Wk 2

DANS 4.1.1

Doen ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – punt en buig en bons.

- 2 -

DRAMA 4.1.2.1

Doen opwarmingsroetines, koel af en fokus daarop om: o te ontspan en spiere los te maak o te konsentreer en fokus o in te asem, ribbekas uit te stoot en uit te asem

Doen ’n eenvoudige oefening deur die stem te gebruik en ’n boodskap van een persoon na ’n ander oor te fluister. Die laaste persoon moet sê wat hy / sy gehoor het.

VISUELE KUNSTE 4.1.2.1, 4.2.4.2

Soek kunsbeelde soos plakkate / video’s / digitale beeldmateriaal.

Verduidelik kunsbeelde wat met lyn verband hou om Kuns bekend te stel.

MUSIEK 4.1.3.1, 4.2.3.1, 4.2.3.2

Herken halfnoot- en kwartnootwaardes en ondersoek deur gebruik te maak van liggaam en stem.

Hersien tydmaattekens (2/4 en 4/4) deur na musiekpartiture van eenvoudige liedjies te kyk en ondersoek dit deur liggaam en stem te gebruik.

DANS 4.1.1.1

Ontwikkel ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – punt en buig en bons, en voeg spronge met sagte landings en galop by.

DRAMA 4.1.2.1, 4.1.2.2

Doen ’n ontspannings- en asemhalingsoefening om op te warm. Speel ’n dramaspeletjie soos ‘Simon sê’ (bv. Simon sê staan

soos ’n boom, bobbejaan, die letter ‘t’, ens.)

3

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Stel die tegniek van teken bekend – maak ’n merk: griffel, streep, stippel, gegroepeerde streep.

Wk 3

4

LU 1, 3

MUSIEK 4.1.3.1

Stel konsep van ‘klankbeelde’ bekend en verduidelik. Demonstreer ’n klankbeeld bv. ’n storm, vallende water, deur

bekende rympies en verbeelding te gebruik.

Wk 4

- 3 -

DANS 4.1.1, 4.1.1.2

Ontwikkel ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – voeg spronge by.

Ondersoek die gebruik van verskillende rekwisiete om bewegingswoordeskat uit te brei.

DRAMA 4.1.2.1

Doen ’n ontspannings en asemhalingsoefening om op te warm Gaan voort om ’n dramaspeletjie soos ‘Simon sê’ te speel (bv. Simon sê staan soos ’n boom, bobbejaan, die letter ‘t’, ens.).

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Soek prente wat dieregode, beelde uit godsdiens en mitologie van verskillende kulture uitbeeld.

Bespreek die prente en beelde. Stel ’n maskerprojek bekend en gebruik tekentegnieke, bv. maak

’n merk: griffel, streep, stippel, gegroepeerde lyne om die masker te maak.

MUSIEK 4.3.3.1

Sing ’n kanon / rondte

5

LU 1, 3

DANS 4.1.2.1, 4.1.1.2

Ontwikkel ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – punt en buig en bons, en voeg swaaie op die plek of oor die vloer by.

Konsolideer die gebruik van verskillende rekwisiete om bewegingswoordeskat ui te brei.

Wk 5

DRAMA 4.3.2.1

Gebruik eenvoudige rekwisiete (bv. blik, houer) om verskillende verbeeldingryke gebruike van die gegewe voorwerp te wys en die verskillende stemmings van die voorwerp/e uit te beeld.

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Gaan voort om ’n masker te maak deur verskillende kleure / gevonde voorwerpe & beelde in gewilde kulture te gebruik.

- 4 -

MUSIEK 4.3.3.1

Stel die konsep ‘kanon / rondte’ bekend en verduidelik. Sing ’n kanon / rondte in groepe en begin in volgorde

DANS 4.1.1.1, 4.1.1.2, 4.4.1.1

Ontwikkel ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – punt en buig en bons, en voeg sywaartse buigings en draaie by.

Komponeer ’n dans op ’n kanon Inkorporeer bekende danswoordeskat soos swaaie, spronge,

galop en draaie Gebruik ’n verskeidenheid van rekwisiete (bv. balle, stoele,

sambreel, ens.)

DRAMA 4.1.2.3

Gebruik ’n fabel en identifiseer die verskillende karakters uit die storie.

Selekteer rekwisiete om die rol van die karakter uit te beeld.

6

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Gaan voort om ’n masker te maak deur verskillende kleure / gevonde voorwerpe & beelde in gewilde kulture en tekentegnieke te gebruik.

Wk 6

MUSIEK 4.3.3.1 Formele assessering

Sing ’n kanon / rondte en fokus op goeie intonasie.

7

LU 1, 3

DANS 4.4.1.1, 4.1.2.1 Formele assessering

Ontwikkel ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – punt en buig en bons.

Komponeer bewegings vir ’n danskanon deur spronge, draaie, galop en swaaie te gebruik.

Besin oor dansopvoerings deur gepaste terminologie te gebruik.

Wk 7

- 5 -

DRAMA 4.1.2.3

Gaan voort om rekwisiete te maak om karakters uit die fabel uit te beeld (Week 6).

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Voltooi die maak van ’n masker en fokus op die materiale, tekstuur, lyne en kleur wat gebruik is.

Identifiseer die gepaste terminologie om die masker te beskryf. Skryf ’n paragraaf oor die storie wat die masker uitbeeld.

MUSIEK 4.1.3.4

Skep ander woorde vir ’n bekende kanon.

DANS 4.1.2.1

Ontwikkel ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – punt en buig en bons.

DRAMA 4.1.2.3

Speel die rol van die karakters in die fabel (Week 6) deur die verskillende rekwisiete wat vir die storie geskep is, te gebruik.

8

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Bied die masker aan en lees die storie (paragraaf) wat die masker is uitbeeld.

Stal voltooide maskers uit.

Wk 8

DANS 4.1.2.1

Ontwikkel ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – punt en buig en bons, en ondersoek aksiale en lokomotorbewegings

9

DRAMA 4.1.2.3

Gebruik ’n fabel en beeld verskillende karakters uit die storie uit. Gebruik van rekwisiete

Wk 9

- 6 -

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Portuurassessering van maskers en die storie / boodskap wat dit uitbeeld.

Gee terugvoering.

MUSIEK 4.2.3.3

Bespreek en identifiseer die verskillende groepe instrumente in ’n orkes.

Luister na die toonkleur van die verskillende instrumente, bv. snaar- / wind- / perkussie-

DANS 4.1.2.1, 4.2.1.

Ontwikkel ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. Opwarming van die voete – punt en buig en bons, en ondersoek aksiale en lokomotorbewegings.

Bespreek die gepaste gebruik van woordeskat om eie dans, musiek en die gebruik van rekwisiete te beskryf.

DRAMA 4.1.2.3

Besin oor die opvoering van die fabel of (Week 6).

10

LU 2

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Gaan voort om portuurassessering van die maskers en die storie / boodskap wat dit uitbeeld, te doen.

Gee terugvoering.

Wk 10

- 7 -

WERKSKEDULE KUNS & KULTUUR

GRAAD 4

KWARTAAL 2

Organiserende beginsel: Gebruik liggaam, stem, taal, natuurlike & gevonde bronne

WK LEERUIT-KOMS

ASSESSERINGSTANDAARDE en KERNONDERRIG

OG

MUSIEK 4.2.3.3

Luister na musiek van keuse. Hersien die identifikasie van musiekinstrumente wat gebruik is

in terme van voorkoms en klank wat gemaak word.

DANS 4.1.1.1, 4.3.1.2

Doen ’n opwarmingsroetine insluitend rol van die ruggraat, kniebuigings en swaaie. (10 minute)

Speel rigtingspeletjies in algemene ruimte. Gebruik rigting en beweging om rigtingkombinasies te ontwikkel,

bv. loop drie treë vorentoe, hardloop twee treë na links, ens.

DRAMA 4.1.2.1

Doen opwarmings- en afkoel om: o te ontspan en spiere los te maak o te konsentreer en te fokus o in te asem, ribbekas uit te stoot en uit te asem

11

LU 1, 4

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2.

Stel die konsep van primêre, sekondêre en tersiêre kleure bekend.

Wk 11

MUSIEK 4.2.3.3

Identifiseer geselekteerde musiekinstrumente in terme van toonkleur en algemene toonhoogteklassifikasie (hoog-laag).

12

LU 1, 3

DANS 4.1.1.1, 4.3.1.2

Ondersoek ’n dansreeks wat individueel en in pare in verskillende rigtings beweeg.

Wk 12

- 8 -

DRAMA: 4.1.2.1, 4.1.2.2 Doen opwarming- en afkoeloefeninge. Gebruik dramaspeletjies en oefeninge om die stem en liggaam te

ontwikkel.

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2.

Gebruik primêre kleure (rooi, blou, geel) om sekondêre kleure, bv. (meng twee primêre kleure) en tersiêre kleur, bv. (meng ’n primêre en ’n sekondêre kleur) te meng.

MUSIEK 4.1.3.3

Make perkussie-instrumente deur gevonde voorwerpe, bv. klippe, bottels, blikkies, ens. te gebruik.

DANS 4.1.1.1, 4.3.1.2

Neem deel aan ’n opwarmingsroetine. Gebruik rigting en beweging, om rigtingkombinasies, bv. loop

drie treë vorentoe, hardloop twee treë na links, ens. te ontwikkel.

DRAMA 4.1.2.1, 4.1.2.2

Ontwikkel dramaoefeninge en -speletjies om liggaams- en stemvaardighede te ontwikkel.

Gebruik stem en liggaam in ’n opgemaakte storie. .

13

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.3.4

Ondersoek tweedimensionele en driedimensionele vorme. Beplan in groepe om ’n handpop op ’n stok te maak. Maak natuurlike, afval- en gevonde materiale soos stokkies,

karton, tydskrifte, ens. bymekaar.

Wk 13

14

LU 1, 3

MUSIEK 4.1.3.3.

Ondersoek die klanke van die gevonde voorwerpe. Maak ’n eenvoudige blaasinstrument deur gevonde voorwerpe

soos klippe, blikkies, bottels, pype, ens. te gebruik.

Wk 14

- 9 -

DANS 4.1.1.1, 4.3.1.2

Doen opwarming deur te loop, bv. loop en maak asof jy op verskillende plekke is: bv. opdraand afdraand.

Ondersoek ’n bewegingsreeks in ’n groep deur vyf verskillende rigtings te gebruik.

DRAMA 4.3.2.2

Beplan ’n storie / fabel wat sleutelkarakters bevat. Lei eie en ander se idees in. Skryf die storie / fabel.

VISUELE KUNSTE 4.3.4 Groepwerk

Beplan en ontwerp die maak van die verskillende handpoppe om die karakters in die storie uit te beeld.

MUSIEK 4.1.3.4

Gebruik die gevonde en natuurlike instrumente om patrone te skep wat ’n liedjie kan vergesel wat by die storie / fabel ingesluit kan word.

DANS 4.1.1.1

Simuleer loopstyle van diere, bv. ’n eend waggel, ’n hasie spring, ens. om op te warm.

Ondersoek ’n bewegingsreeks in ’n groep deur vyf verskillende rigtings te gebruik.

DRAMA 4.3.2.2

Skep ’n rol wat die karakters (handpop/pe) in die storie / fabel gaan speel.

Ondersoek en ontwikkel die gebruik van tyd en ruimte.

15

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.1.4.1, 4.1.4.2

Ontwikkel die handpop/pe deur natuurlike, afval- of gevonde materiaal te gebruik.

Gebruik kennis oor die meng van kleure om handpoppe te versier.

Wk 15

- 10 -

MUSIEK 4.1.3.1, 4.1.3.4

Gebruik die gevonde en natuurlike instrumente om klankbeelde te skep wat die storie / fabel sal ondersteun.

DANS 4.1.1, 4.3.1.2

Doen ’n opwarmingsoefening. Skep eie bewegingsin wat in verskillende rigtings beweeg.

DRAMA 4.3.2.2

Ontwikkel ’n rekwisiet soos ’n handpopteater om die storie / fabel te dramatiseer.

Wk 16

16

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.1.4.1, 4.1.4.2.

Verfyn die ontwikkeling van die handpoppe deur natuurlike, afval- of gevonde materiaal te gebruik.

Gebruik kennis oor die meng van kleure om handpoppe te versier.

MUSIEK 4.3.3.2, 4.4.3.2

Skep ’n klankbeeld in groepe met behulp van die natuurlike, gevonde of gemaakte instrumente.

DANS 4.1.1, 4.3.1.2 Formele assessering

Ondersoek ’n bewegingsin wat swaaie, spronge, galop en draaie op verskillende vlakke en teen verskillende tempo’s insluit.

Beweeg in ’n groep in vyf verskillende rigtings.

17

LU 1, 3

DRAMA en VISUELE KUNSTE 4.1.2.3, 4.1.5.1

Formele assessering Oefen die drama (fabel) in die handpopteater.

Wk 17

- 11 -

MUSIEK 4.3.3.2, 4.4.3.2 Formele assessering

Skep in groepe ’n klankbeeld met die natuurlike, gevonde of gemaakte instrumente – pype, perkussie, ens. Fokus op: o Klanke in vrye ritme om klankbeelde te skep o Klanke wat stories of danse vergesel

DANS 4.1.1.1, 4.3.1. Portuurassessering

Doen ’n opwarmingsroetine Bied ’n dansreeks in ’n groep aan.

18

LU 1, 3

DRAMA en VISUELE KUNSTE 4.1.2.3, 4.1.5.1

Formele assessering

Dramatiseer die storie / fabel in die handpopteater.

Wk 18

MUSIEK 4.2.3.3

Besin oor opvoering van ’n klankbeeld in groepe. Gee terugvoering.

DANS 4.2.1.1 Groep bespreking

Bespreek groep-opvoerings deur gepaste woordeskat te gebruik.

Besin oor gebruik van kostuums, musiek en ruimte in eie gemeenskappe.

DRAMA 4.2.2.1

Besin oor eie en ander se bydrae tot die drama (handpopvertoning) in ’n persoonlike joernaal.

19

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 2.4.1 Groep bespreking

Besin oor die proses om die handpop te maak in ’n persoonlike joernaal.

Wk 19

- 12 -

MUSIEK 4.2.3.3

Skryf oor eie assessering van eie groep en ander se opvoerings in persoonlike joernaal.

DANS 4.2.1.1 Groepbespreking

Besin oor eie dansopvoering in persoonlike joernaal. Stel maniere voor om te verbeter.

DRAMA 4.2.2.1 Groepbespreking

Besin oor opvoerings van die handpopvertoning (drama) in ’n persoonlike joernaal.

Stel maniere voor om te verbeter.

20

LU 2

VISUELE KUNSTE 2.4.1 Groepbespreking

Besin oor die proses om ’n handpop te maak in ’n persoonlike joernaal.

Wk 20

- 13 -

WERKSKEDULE KUNS & KULTUUR

GRAAD 4

KWARTAAL 3

Organiserende beginsel: Gebruik liggaam, stem, taal, natuurlike & gevonde bronne

WK LEERUIT-KOMS

ASSESSERINGSTANDAARDE en KERNONDERRIG OG

MUSIEK en DRAMA 4.4.2.1

Stel die konsep ‘mimiek’ bekend. Verduidelik die bewegings en gesigsuitdrukkings wat mimiek

ondersteun. DANS 4.1.1.1, 4.1.1.2

Doen liggaamsopwarming ter voorbereiding vir dans. Ontwikkel kort bewegingsreekse vir ’n mimiekopvoering in

groepe.

21

LU 1 – 4

VISUELE KUNSTE 4.3.4.1

Beplan die tema. Bespreek uitleg en agterdoek van ’n toneel. Bespreek die idee van ’n collage om ’n agterdoek te skep. Bespreek die gebruik van gevonde, natuurlike en

afvalmateriaal soos karton, blare en papier om agterdoeke te skep.

Wk 21

MUSIEK en DRAMA 4.4.2.1

Luister na agtergrondmusiek, bv. stadig, vinnig, hard, sag.

Bespreek die gebruik van mimiek om idees en gevoelens oor te dra.

Besluit op ’n tema vir eie mimiekopvoering.

22

LU 1, 3

DANS 4.1.1.1, 4.1.1.2

Doen ’n liggaamsopwarmingsroetine ter voorbereiding vir ’n dans.

Ontwikkel ’n kort bewegingsreeks vir ’n mimiekopvoering in groepe.

Wk 22

- 14 -

VISUELE KUNSTE 4.1.4.1

Skep ’n collage op A3-papier om ’n agterdoek ter ondersteuning van die mimiekopvoering te maak.

Gebruik die tegniek van oorvleueling van prente en voorwerpe om die collage te maak.

MUSIEK en DRAMA 4.4.2.1, 4.4.3.2

Werk aan aksies / bewegings en gesigsuitdrukkings om die gevoelens en idees van die mimiekopvoering oor te dra.

DANS 4.1.1.1, 4.1.1.2

Doen liggaams- en gesigsopwarming ter voorbereiding vir die dans.

Ontwikkel ’n kort bewegingsreeks vir die mimiekopvoering en voeg voorwerpe / rekwisiete by.

23

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.1.4.1

Gaan voort om die collage wat as agterdoek vir die mimiekopvoering gebruik gaan word, te maak.

Gebruik materiale om vir die agterdoek te oorvleuel.

Wk 23

MUSIEK en DRAMA 4.4.2.1, 4.4.3.2, 4.3.2.1

Werk aan aksies / bewegings en gesigsuitdrukkings om die gevoelens en idees van die mimiekopvoering oor te dra.

Ondersoek klanke om klankbeelde te bou wat die mimiekopvoering kan vergesel.

DANS 4.1.1.1, 4.1.1.2

Doen liggaams- en gesigsopwarming ter voorbereiding vir dans.

Ontwikkel ’n kort bewegingsreeks vir die mimiekopvoering en voeg voorwerpe / rekwisiete by.

24

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.1.4.1

Bespreek die collages van die verskillende groepe ter voorbereiding vir die opvoering, in terme van inhoud, lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte en materiale wat gebruik is en gebruik gepaste terminologie.

Wk 24

- 15 -

MUSIEK en DRAMA 4.4.2.1, 4.4.3.2, 4.3.2.1

Werk aan aksies / bewegings en gesigsuitdrukkings om die gevoelens en idees van die mimiekopvoering oor te dra.

Ondersoek klanke om klankbeelde te bou wat die mimiekopvoering kan vergesel.

Voeg die gebruik van eenvoudige rekwisiete by. DANS 4.1.1.1

Doen liggaams- en gesigsopwarming ter voorbereiding vir dans.

Ontwikkel ’n kort bewegingsreeks vir die mimiekopvoering en voeg voorwerpe / rekwisiete by.

26

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Gebruik foto’s om eie agterdoek met voorbeelde van ander agterdoeke te vergelyk.

Wk 26

27

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE/ DANS/DRAMA/MUSIEK 4.4.2.1, 4.1.2.3, 4.3.1.1 Formele assessering

Doen die mimiek en gebruik rekwisiete en klank.

Wk 27

28

LU 1, 3

VIS. ART/ DANS/DRAMA/MUSIEK 4.4.2.1, 4.1.2.3, 4.3.1.1. Formele assessering

Voer die mimiek op.

Wk 28

29

VISUELE KUNSTE/DANS/DRAMA/MUSIEK 4.2.4.1, 4.2.1.1. Groep bespreking

Gee terugvoering en gee aanbevelings.

Wk 29

30

LU 2

VISUELE KUNSTE/DANS/DRAMA/MUSIEK 4.2.4.1, 4.2.1.1 Groep bespreking

Besin oor opvoerings en skryf in eie persoonlike joernaal daaroor.

Wk 30

- 16 -

WERKSKEDULE KUNS & KULTUUR

GRAAD 4

KWARTAAL 4

Organiserende beginsel: Gebruik liggaam, stem, taal, natuurlike & gevonde bronne

WK LEERUIT-KOMS

ASSESSERINGSTANDAARDE en KERNONDERRIG

OG

MUSIEK en DRAMA 4.3.2.2

Beplan ’n drama en bespreek die tema / storie / onderwerp van die drama wat gedoen gaan word.

Verduidelik die rol of die regisseur. Verduidelik hoe die karakters gekies word.

DANS 4.1.1.1, 4.2.1.1

Stel ’n opwarmingsroetine bekend. Bespreek ’n storie van ’n dans. Bespreek woordeskat om die dans te beskryf. Bespreek die gebruik van rekwisiete en kostuums.

31

LU 1, 4

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2

Verduidelik die konsep van ‘visuele idee’. Stel tegnologie bekend wat visuele idees kan kommunikeer,

soos video’s of prente wat op beweging, vorm en ruimte fokus.

Wk 31

MUSIEK en DRAMA 4.1.2.1, 4.3.2.2

Bespreek die storielyn van die drama deur te fokus op:

o ’n spannende begin;

o ’n sin van konflik of probleme wat opgelos moet word; en

o ’n interessante einde of oplossing.

32

LU 1, 3

DANS 4.2.1.1

Bespreek danse se betekenis in eie gemeenskappe. Gebruik gepaste woordeskat om die tipes van kostuums,

rekwisiete, ruimte en musiek wat in eie gemeenskappe gebruik word, te beskryf.

Wk 32

- 17 -

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2

Beplan die konstruksie van ’n model wat ’n dansbeweging uitbeeld.

MUSIEK en DRAMA 4.1.2.1, 4.3.2.2

Bespreek die persoonlikhede van die karakters, die manier waarop hulle praat en beweeg, en die tipe van taal wat hulle gebruik.

Skep dialoog wat by die karakters, die tema en die situasie pas. DANS 4.2.1.1

Bespreek die konsep van ‘die gebruik van ruimte’. Gebruik eie dans om die gebruik van ruimte te demonstreer.

33

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2

Verduidelik die gebruik van papier of draad om modelle te ontwerp.

Ontwerp ’n model deur papier / draad te gebruik wat ’n dansbeweging uitbeeld.

Wk 33

MUSIEK en DRAMA 4.1.2.1, 4.3.2.2

Bespreek die gebruik van spesiale effekte, verhoogruimte, gepaste rekwisiete en kostuums om ’n drama te versterk.

DANS 4.2.1.1

Demonstreer gepaste woordeskat (sleutelwoorde) wat eie dans beskryf.

ASSESSERINGSTAAK 4 AKTIWITEIT EEN

34

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2

Make ’n driedimensionele model wat ’n dansbeweging voorstel.

Wk 34

35

LU 1, 3

MUSIEK en DRAMA 4.1.2.1, 4.3.2.2, 4.4.3.2.

Bespreek die klankeffekte wat die drama kan versterk.

Oorweeg die gebruik van tegnologie in die drama indien dit beskikbaar is, bv. mikrofone, ligte, spesiale effekte, ens.

Wk 35

- 18 -

DANS 4.1.1.1, 4.3.1.1

Skep ’n kort dansreeks oor eie gemeenskap in ’n groep.

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2 Maak en stal kunswerke uit

Finaliseer die maak van die driedimensionele model wat ’n dansbeweging uitbeeld.

MUSIEK en DRAMA 4.1.2.3, 4.4.3.2

Oefen die drama.

DANS 4.1.1

Evalueer die dansopvoering en gee terugvoering.

36

LU 1, 3

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2

Formele assessering

Hou ’n uitstalling van papier-maché- / draadmodelle.

Wk 36

37

LU 1, 3

MUSIEK en DRAMA 4.1.2.3, 4.4.3.2

Voer die drama op.

Wk 37

38

LU 1, 3

DANS 4.4.4.2, 4.3.1.1 Formele assessering (3)

Besin oor opvoering van die dans in persoonlike joernaal.

Wk 38

- 19 -

MUSIEK en DRAMA 4.1.2.3, 4.4.3.2

Formele assessering, gaan voort om:

Besin oor die opvoering en neem die volgende in ag: o Gepaste woordeskat om eie drama te beskryf o Tyd, plek en stemming o Tema o Elemente van opvoering o Kostuums

Storielyn

VISUELE KUNSTE 4.1.4.2

Formele assessering

Uitstalling van draad- / modelle van papier-maché.

DRAMA en MUSIEK 4.2.2.1

Besin oor opvoering in persoonlike joernaal. DANS 4.2.1.1

Besin oor opvoering in persoonlike joernaal.

39

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Besin oor uitstalling in persoonlike joernaal. Gee voorstelle vir verbeteringe.

Wk 39

DRAMA en MUSIEK 4.2.2.1

Besin oor opvoering in persoonlike joernaal en gee voorstelle vir verbeteringe.

DANS 4.2.1.1

Besin oor opvoering in ’n groepbespreking.

40

LU 2

VISUELE KUNSTE 4.2.4.1

Besin oor uitstalling in ’n groepbespreking.

Wk 40

KUN

S EN

KU

LTU

UR

FORM

ELE

OPT

EKEN

ING

SVEL

LEER

AREA

:GR

AAD:

4 / 5

/ 6

KLAS

:ON

DERW

YSER

:SK

OOL:

KUNS

EN KU

LTUU

RLO

1 Sk

eppin

g, In

terp

reta

sie en

Aanb

ieding

LO 2

Besin

ning

LO 3

Deeln

ame e

n Sam

ewer

king

LO 4

Uitd

rukk

ing en

Kom

mun

ikasie

KODE

S VIR

REKO

RDER

ING:

4 Ui

tstek

end (

80 –

100%

)3

Bevre

digen

d (50

– 69

%)

2 Ge

deelt

elik (

35 –

49%

)1

Nie B

ereik

nie (

0 – 34

%)

JAAR

:TA

AK 1

TAAK

2TA

AK 3

TAAK

4FIN

ALE

KODE

a = af

wesig

x = ni

e ing

ehan

dig ni

eL =

laat

inge

hand

ig10

010

010

010

0K

Leer

uitko

mste

Asse

sserin

gsta

ndaa

rde

Vorm

van A

ssesse

ring

Datu

m va

n Asse

sserin

gNa

am en

Van

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24