37
Die smeulende lamppit en die geknakte riet Die verhaal van ’n vader: Arnon Grunberg se roman, Tirza 1. Inleiding: Teoretiese invalshoek Arnon Grunberg se roman Tirza is in drie afdelings verdeel: 1. “Die huur” 2. “Die offer” 3. “Die woestyn”. Dié titels slaan op die sentrale gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die lewe soos wat dit vergestalting vind deur wat met bepaalde mense in ’n sekere tyd op ’n sekere plek gebeur. Aan die grond van die verhaal lê ’n aaneenskakeling van ’n reeks geselekteerde gebeurtenisse. Tussen die aanvang en die slot van die verhaal weerspieël dié gebeurtenisse ’n kontinue samehang (Lämmert 1968: 26). Die verteller het ’n oorsigtelike blik op die gebeure. Hy weet waartoe die gebeure lei en wat aan die slot gebeur en met antisipasies (vooruitskouings) en retroversies (terugskouings) bewerkstellig hy die skakeling van gebeure met mekaar tot ’n sinvolle geheel. In my bespreking konsentreer ek op die vertelde tyd (die tydsbestek waarin ’n gebeurtenis afspeel) en verteltyd (die tyd wat dit duur om ’n ’n tydsbestek in die verhaal te omskryf met ander woorde die aantal sinne, paragrawe, bladsye wat vir die omskrywing vereis word). Verteltyd gee om verskillende redes prominensie aan sekere gebeure bo ander. So kan baie verteltyd bestee word aan ’n gebeurtenis van korte duur, wat dit sodoende uitlig as van beslissende belang vir die verloop van die verhaal. Terwyl gedagtes uiteraard van vervlugtigende aard is, kan dit eweneens uitvoerig weergegee word as onder andere motivering vir ’n personasie se dade of as openbaring van sy karakter. Mitsdien gee ek in my bespreking van Tirza veral ook aandag aan die gesproke en gedagte woord. Die vaste struktuur van die roman is die resultaat van Grunberg se vermoë om deurgaans die kontinue samehang tussen verskillende

Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

Die smeulende lamppit en die geknakte riet Die verhaal van ’n vader: Arnon Grunberg se roman, Tirza 1. Inleiding: Teoretiese invalshoek Arnon Grunberg se roman Tirza is in drie afdelings verdeel: 1. “Die huur” 2. “Die offer” 3. “Die woestyn”. Dié titels slaan op die sentrale gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die lewe soos wat dit vergestalting vind deur wat met bepaalde mense in ’n sekere tyd op ’n sekere plek gebeur. Aan die grond van die verhaal lê ’n aaneenskakeling van ’n reeks geselekteerde gebeurtenisse. Tussen die aanvang en die slot van die verhaal weerspieël dié gebeurtenisse ’n kontinue samehang (Lämmert 1968: 26). Die verteller het ’n oorsigtelike blik op die gebeure. Hy weet waartoe die gebeure lei en wat aan die slot gebeur en met antisipasies (vooruitskouings) en retroversies (terugskouings) bewerkstellig hy die skakeling van gebeure met mekaar tot ’n sinvolle geheel. In my bespreking konsentreer ek op die vertelde tyd (die tydsbestek waarin ’n gebeurtenis afspeel) en verteltyd (die tyd wat dit duur om ’n ’n tydsbestek in die verhaal te omskryf met ander woorde die aantal sinne, paragrawe, bladsye wat vir die omskrywing vereis word). Verteltyd gee om verskillende redes prominensie aan sekere gebeure bo ander. So kan baie verteltyd bestee word aan ’n gebeurtenis van korte duur, wat dit sodoende uitlig as van beslissende belang vir die verloop van die verhaal. Terwyl gedagtes uiteraard van vervlugtigende aard is, kan dit eweneens uitvoerig weergegee word as onder andere motivering vir ’n personasie se dade of as openbaring van sy karakter. Mitsdien gee ek in my bespreking van Tirza veral ook aandag aan die gesproke en gedagte woord. Die vaste struktuur van die roman is die resultaat van Grunberg se vermoë om deurgaans die kontinue samehang tussen verskillende

Page 2: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

2

gebeure en tussen wat met ’n personasie gebeur en wat hy/sy dink te bewerkstellig. Deel 1: Die huur Die roman begin met die sin: “Jörgen Hofmeester staan in die kombuis en sny tunavis vir die partytjie” (p.11). Die maak van sushi en shasimi eis veel minder verteltyd – een kort paragraaf van vier sinne – as die gedagtegang van Hofmeester, terwyl hy daarmee besig is. Binne die eerste twee bladsye blyk dit dat die partytjie ’n viering is van sy jongste dogter Tirza se suksesvolle aflegging van haar skooleindeksamen, maar dat die sukses daarvan vir die vader net so belangrik is as vir die dogter. Dit val trouens op dat net hy met die voorbereidings van die eetgoed besig is wat saamhang met sy siening van ouerskap soos dit tot uitdrukking kom in hoe hy die verloop van die partytjie vir homself voorstel: “…Hy sal met die verskillende gaste ’n praatjie aanknoop en terloops sê: ‘Probeer die inkvis-sashimi.’ ’n Selfwegsyferende ouer; dit sal hy wees. Dit is die geheim van ouerskap: om jouself weg te syfer. Ouerliefde is die offer wat swyend gebring word. Alle liefde is ’n offer. Niemand sal iets daarvan aan hom sien nie. Aan hom is daar ook niks te sien nie. Sommige sal hom gelukwens met Tirza se indrukwekkende uitslae…” (p.12). Met verwysing na ouerliefde as ’n offer stel die skrywer die volle toekenning van betekenis aan dié begrip in vooruitsig in Deel 2 van die roman waarvan dit die titel is. Op dié tydstip gee Hofmeester in sy gedagte aan ouerliefde as ’n offer die sin van ’n wegsyfering van sy persoon as vader. Hy besef dat hy op die partytjie nie sal opval nie en deur dit te beskou as sy selfgewilde wegsyfering, bevry hy hom van sy minderwaardigheidsgevoel. Sy dogter se prestasies sal tydens die partytjie aan hom status gee. Behalwe sy dogter se geslaagdheid is sy status vir hom verbonde aan sy huis, sy tuin en sy straat. Die afskilferende verf op die kosyn van die kombuisdeur herinner hom aan sy vel en dat die tyd naderkom dat die ouderdom hom sal dwing om sy huis te verkoop. Die oorgawe waarmee hy hom wy aan die maak van die sushi is sy verweer teen die bedreiging van die verlies van sy dogter en sy huis en dus van sy status. Terselfdertyd hoort die voorbereiding van eetgoed vir Tirza se partytjie by kosmaak in die

Page 3: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

3

algemeen wat vir hom ’n houvas op die lewe gegee het gedurende die drie jaar lange afwesigheid van sy eggenote. Dit het vir hom ’n roeping geword om vir sy kinders te kook wat dit nooit vir sy eggenote was nie. Die “stoof was sy ware werkplek” (p.16). Die aand met die terugkeer van die eggenote bevind Hofmeester hom oudergewoonte in die kombuis. By die lui van die voordeur-klokkie veronderstel hy dat dit die huurder van die aangrensende woonstel is. Terwyl hy aan die huurder dink wat waarskynlik met eindelose klagtes voor die deur staan, kom die gedagte aan sy eggenote by hom op. Om te kla het sy soos alle eggenotes met huurders gemeen gehad. Hofmeester se gedagtes neem die verteltyd in beslag wat dit duur voordat Tirza die deur oopmaak. Die verteller is so intiem vertroud met Hofmeester se innerlike dat sy weergawe van wat Hofmeester dink, oorkom as Hofmeester se eie gedagtes . So onthou Hofmeester hoe hy hom in die verlede teen die huurder en huurinstansies as huisbaas verweer het en hy en die verteller besluit : “Die roofdier Hofmeester is taai” (p.17). Die sin wat direk daarop volg en waarmee ’n nuwe paragraaf ’n aanvang neem, lui: “’n Minuut later, meer sou dit nie gewees het nie, het Tirza die kombuis binnegekom” (p.17). Die verteltyd word eers gewy aan die uitdrukking van ontreddering op Tirza se gesig waaroor Hofmeester wonder of dit werklik is wat hy sien en indien wel of dit lank reeds daar was. Dan eers volg haar mededeling: “Dit is Mamma” (p.17). Voortdurend word daar tussen die hede en die verlede beweeg. Ná Tirza se mededeling volg die herontmoeting van Hofmeester met sy vervreemde eggenote nie dadelik nie, maar rapporteer die verteller eers Hofmeester se gedagtes en gevoelens tydens die eggenote se durende afwesigheid en stilswye. In teenstelling tot die “taai roofdier Hofmeester” blyk sy toenemende kwesbaarheid uit die herinneringe daaraan. By die uitbly van die eggenote se spoedige terugkeer waarop hy gehoop het, is die stereotipe siening van die helende krag van die tyd vir hom verkeerd bewys: “Die tyd heel nie alle wonde nie, het hy besef, die tyd skeur wonde oop, sorg vir vergiftiging en ontsteking. Die dood maak miskien ’n einde aan alle pyn; die tyd laat na om dit te doen” (p.19). Die terugkeer van die eggenote waarop hy nie meer gehoop het nie, vang hom onkant . As hulle van aangesig tot aangesig met mekaar

Page 4: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

4

staan, is hy pynlik bewus daarvan dat hy nie die woorde vind wat hy gedink het hy haar sou toevoeg by hul weersiens nie. Hy wou sterk oorgekom het: “Die riet wat nie gebreek is nie; selfs nie eens geknak nie” (p.33). Dié gedagte kom uit die Ou Testament: “Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie” (Jes. 42:3). Hofmeester wou die teendeel van dié Bybelse uitspraak bewys, maar sy onbeholpenheid bevestig eerder die teenoorgestelde in die beleefdheidsgesprek wat hy en die eggenote voor die deur en in die voorportaal voer totdat hulle uiteindelik by die woonkamer ingaan. Daar gedra die eggenote haar inderdaad soos ’n huurder wat alles ondersoekend bekyk en konstateer dat Hofmeester die huis van binne nie goed onderhou het nie. Om in beheer te bly terwyl die eggenote indirek te kenne gee dat sy nog reg het op die huis, vra Hofmeester haar om saam te eet. Haar teenstribbeling is skyn, want niks anders staan haar te doen as om saam te eet nie. Dat kook en eet ’n steunpunt vir Hofmeester is, blyk uit sy antwoord as die eggenote hom maan om hom nie “af te sloof” nie: “ ‘Kook is nie afsloof nie, het hy sag gesê, ‘dit behoort gedoen te word. Ek het ’n gesin. Ek kook. Dit is my werk’ ” (p. 36). Nie soseer eet nie, maar spesifiek eet saam met Tirza onderskraag hom in sy wankele bestaan en het vir hom byna religieuse betekenis verkry: “Die tafel was al gedek vir twee. Hy het die tafel gedek lank voordat die ete klaar was. Soms het hy dit dadelik gedoen nadat hy van die werk af tuisgekom het. Omdat hy nie kon wag dat hy en Tirza weer aan tafel sou sit nie, omdat daardie oomblik die ewewig herstel het wat altyd weer gedreig het om verlore te gaan. Tirza en hy aan tafel, besig om te eet. Die skyn van ’n gesin en meer as dit, ’n verbond. ’n Heilige verbond” (pp. 36 – 37). Die heilige verbond is versteur deur die ongewenste derde persoon, die teruggekeerde moeder van Tirza. Die ete saam met die eggenote is een van die belangrikste episodes in Deel 1 en neem ongeveer 7 bladsye verteltyd in beslag. Dit word ingelui met die mededeling: “Die dogter het gaan sit”, maar die dogter onttrek haar aan die moeisame gesprek en onderbreek eindelik die pynlike stilte met die vraag: “Waarom het jy daardie mens nie by die deur uitgeskop nie?”. Haar pa se antwoord lui dat ’n mens nie ’n vrou by wie jy “twee kinders

Page 5: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

5

verwek het by die deur uitskop nie” en vervolg: “Daardie mens is jou ma… Sy is jou moeder. Dit was sy. Dit sal sy altyd wees” (p.47). Die eggenote sondig teen die mees fundamentele beleefdheidsreëls van ’n gesinsete as sy verwys na haar en Hofmeester se seksuele lewe wat dit ’n wonder maak dat hulle twee kinders het. Die ete word ’n ramp, ook deur Tirza se gedrag wat aan die vooraand van haar lewe as jong volwassene gekenmerk word deur kinderagtigheid. Sy “eet langtand soos ’n kind” (p.43) en skud haar kop aanhoudend “soos ’n peuter wat eintlik al moes geslaap het en wat van moegheid neulerig begin word” (p.45). Die stygende spanning loop uit op haar uitbarsting as sy skree dat sy haar ma haat en met die trap op storm na haar kamer toe. Hoofstuk 2 begin met ’n terugkeer in die tydsverloop na die tyd voordat die partytjie ’n aanvang neem. Hofmeester is nog steeds besig in die kombuis en word onderbreek deur die eggenote se vraag of Ibi, die oudste dogter, gebel het waarop hy bevestigend antwoord en sê dat sy op pad is. Dan keer sy gedagtes terug na die aand ná hulle eerste gesinsete toe dit vir hom duidelik geword het dat sy eggenote gekom het om te bly en weer op haar plek langs hom op die bed te slaap. Op haar kant van die bed het boeke en koerante hulle in haar afwesigheid opgestapel; by haar eggenoot “het die vlees woord geword” (p. 56). Die eggenote het egter kennelik die bedoeling om dié situasie om te keer en die woord weer vlees te laat word deur ’n gesprek te inisieer oor hulle liggaamlikheid en seksualiteit en hoe hulle verhouding daardeur beïnvloed is. Sy is verbete om te weet waarom hy haar nooit seksueel kon bevredig nie en hy verweer hom telkens deur haar daarop te wys dat ouerskap belangriker is as wellus. Hy ontken dat hy homoseksueel is en as sy vra wat hy dan is, indien nie gay nie, antwoord hy: “Ek is die vader van Tirza en Ibi. Veral dit. Dit is wat ek is, ja dit, nie veel meer nie, maar ook nie veel minder nie Die vader van Ibi en Tirza. Ek is die vader” (p.77).Teen haar verwyt dat hy haar nooit ’n orgasme gegee het nie, verweer hy hom weer deur te wys op die voorrang van ouerskap bo seksuele bevrediging: “ ‘Ek het jou’, het hy gesis, ‘twee kinders gegee. Is dit nie beter as ’n orgasme nie, is dit nie duisend keer beter nie?’ ” (p.78). Op haar vraag van watter soort vrouens hy hou, antwoord hy “common vrouens”: “Verkoopsters, in alle soorte en mate” (p. 84). Ten slotte noem hy “gekleurde vroue”.

Page 6: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

6

Daarop pak sy hom aan die ken beet, druk haar lippe op syne en verplig hom om haar soen te beantwoord, “al was dit net om haar nie te verneder nie, die moeder van sy kinders, die moeder van Tirza” (p.84). Die mate van beheer wat hy behou, vind hy dus nogmaals in die besef dat ouerskap al is wat hulle nog aan mekaar bind. Toe daar ’n oomblik van doodse stilte kom ná Hofmeester die eggenote die laaste taai klap gegee het, merk hulle dat Tirza in die deuropening staan. Sy staan daar met in haar arms die speelgoeddier wat nog altyd by haar slaap; ’n donkie wat “eenmaal blou was”. Dit is egter twyfelagtig of die spesiale sagte slaapdiertjie nog soos vir haar as kleuter sekuriteit verseker, want daar is nie ’n kinderlike kyk in haar oë nie; sy “staar” inteendeel na haar ouers: “ ‘Daar is niks verkeerd nie, Tirza’ , het Hofmeester gesê. Hy het ’n tree in haar rigting gegee. Sy het hom onbewoë aangekyk. ’n Mens sou byna kon sê neutraal, met die donkie in haar arms. ‘ Moenie bang wees nie, Tirza. Moet nooit bang wees nie. Mamma en ek speel ’ ” (p.87). Die leser is by afloop van die rusie tussen Hofmeester en sy eggenote nog onbekend met die oudste dogter, Ibi, en met haar plek en rol in die klaarblyklik disfunksionele gesin Hofmeester. Uit die inleidende paragraaf van hoofstuk 2 weet die leser slegs dat sy onderweg is na die partytjie; ’n vooruitwysing na hoofstuk 3 wat rondom haar sentreer. Die partytjie word binne die handelingsverloop weer uitgestel deurdat die meeste verteltyd gewy word aan ’n gebeurtenis wat bepalend is vir Ibi se verhouding met haar vader en indirek vir die verdere verloop van haar lewe. Die belangrikheid van dié gebeurtenis lê ook daarin dat die betekenis van die titel van Deel 1, “Die huur”, daarin vervat is. By die teken van die kontrak vir die huis het Hofmeester besluit om die boonste verdieping te verhuur en dit goedkoop ingerig. Die huurgeld was nodig as aanvulling van die polisse wat Hofmeester nog voor hulle geboorte vir sy twee dogters uitgeneem het om hulle toekoms, in die besonder hul studie, te verseker. Hy het by huurders die oorweldigende uitsig op die Vondelpark aangeprys en asof dit “iets spesiaals” was ook vyf persent afslag beloof as die huurder op die “eerste van die maand” betaal (p. 100). Dit het Hofmeester voor die onaangename taak gestel om die trap na die huurder se

Page 7: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

7

woonstel op te klim as hy nie self op die eerste opgedaag het nie en by hom te drentel totdat die huisbaas gekry het wat hom toekom. Langsamerhand het Hofmeester die huurder verantwoordelik gehou vir dié vernederende verpligting: “En hy het sy skuldenaars vergewe soos hulle hom vergewe het. Die geld was die vergifnis. Uiteindelik as puntjie by paaltjie kom, was vergifnis altyd geld” (p.105). Dié vergifnis het hom egter nie verhoed om angsdrome te hê oor die besoek aan die huurder nie. Op ’n dag het hy onder druk van dié spanning die ingewing gekry om Ibi te vra om dié taak op haar te neem waardeur sy vyf gulde en ’n roomys kon verdien en haar gemaan om net die koevert met die geld by die huurder te vat, beleefd te bly en nie te draai nie. Vir Ibi het dit ’n spel geword wat sy met toenemende plesier gespeel het. Sy moes maar net speel dat sy die huur invorder en so het sy deur haar vader “na te boots” sy “demone uitgedryf” (p.107). Dit was hulle “geheim”, hulle “verbond”. Origens was hulle “vreemdes vir mekaar wat toevallig in dieselfde huis gewoon het” (p.109). Die verhouding van die vader met sy oudste dogter verskil dus wesenlik van sy verhouding met sy jongste dogter. Hofmeester se “verbond” met Ibi is ’n “spel” in teenstelling met sy “heilige verbond” met Tirza wat vir hom juis deur hulle ete saam gesimboliseer word, terwyl hy en Ibi “af en toe aan dieselfde tafel hulle aandete weggesluk het” (p.109). Maar daar is ook die opmerklike ooreenkoms tussen Ibi en haar vader: sy speel met die invordering van die huur ’n spel soos wat hy doen vir wie die lewe self, soos al hoe duidelike blyk, ’n spel geword het. Een aand toe hy – soos altyd op die eerste van die maand – terugkyk op sy lewe “as ’n eindelose ry betaaldae”, het hy die “aandkoerant gelees, terwyl hy na Elgar se tjellokonsert luister”. Hy het onrustig geword toe Ibi langer as ’n halfuur wegbly (p.110). Uiteindelik kon hy die spanning nie meer verduur nie en het hy die klokkie by die deur na die huurder se woonstel gelui. Toe niemand oopmaak nie, het hy die deur na die trap wat na die huurder se woonstel lei, oopgesluit, met die trap opgeklim en by die oopstaande deur van die woonkamer ingegaan. “Hofmeester se dogter het met haar ontblote bo-lyf op die eettafel gelê … Haar nousluitende denimrompie was afgestroop” (p.114). Hy het ’n “klein staanlamp gegryp” (p.114) toe die besef tot

Page 8: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

8

hom deurdring dat die argitek anale seks met sy dogter het “soos ’n dier”; dat ’n tafereel voor sy oë afspeel wat “jy verwag om op ’n plaas, in ’n stal aan te tref. Nie in die beste gedeelte van Van Eeghenstraat nie” (p.115). Die argitek, ’n Duitser by name Andreas, het hom gesien en gegryns. Hofmeester het die staanlamp vaster gevat en ’n paar tree nader aan hom gegee “hom in die oë gekyk en toe geslaan – hard met die staanlamp op die huurder se kop – terwyl Ibi haar losgemaak het van die eettafel asof dit pas tot haar deurgedring het dat die kopulasie voorlopig tot ’n einde gekom het” (p. 116). Die afloop van dié trauma (vertelde tyd) eis tien bladsye verteltyd (pp.116 – 126). Ibi se histeriese gegil is al wat gebeur totdat die huurder tot lewe en Hofmeester tot sy sinne kom. As die argitek weer ten volle aangetrek is, skree Hofmeester op hom dat sy betaling om in die “beste deel van Amsterdam” met ’n “uitsig op die Vondelpark” te woon, nie sy dogter insluit nie (p.119 – 121). Hofmeester dwing die skoppende en protesterende Ibi weer by hulle eie woonkamer in. Dan daag die eggenote met Tirza – toe nog die klein Tirza – op en vra wat aan die gang is. In die daaropvolgende gesprek laat Ibi wat met stelligheid beweer dat sy nie meer ’n kind is nie en haar ma wat haar as ’n volwasse vrou beskou, Hofmeester steeds meer ’n buitestaander in sy gesinslewe voel. Hy gaan terug na die argitek om die huurgeld vir hom terug te bring en moet van hom hoor dat sy verhouding met Ibi “wederkerig” was (p.139) en sy “vroegryp” dogter (p. 137) daarvoor die “inisiatief” geneem het (p.139). In ’n dwaal loop Hofmeester terug na sy huis en gaan dadelik kombuis toe: “Hy het nie meer geweet wat hy was nie. Of tog, hy het geweet, hy was ’n ongeluk, dit is wat hy was. ’n Stuk ongeluk; ’n ongeluk, gemaak van bene, vleis en ’n klompie harsings” (p.143). Sy ewewig word deur Tirza herstel wat iets soek om te eet. Hy druk haar teen hom aan en tel haar dan hoog in die lug op: “ ‘Tirza’, het hy gesê, … ‘ Weet jy wat jy is? Jy is ons sonkoningin. Dit is wat jy is. Jy is ons sonkoningin. Dit is wat jy is. En later as jy groot is, gaan jy miskien dans of ’n nuwe ster ontdek of jy gaan skryf en die Nobelprys wen. Jy kan alles doen, my liefste Tirza, alles wat jy wil, want jy is die sonkoningin. En nou gaan ek jou sommer morsdooddruk’ ”(p.145). Beide die slaande rusie tussen Hofmeester en sy eggenote in hoofstuk 2 en die skokkende gebeurtenis in die Hofmeesters se

Page 9: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

9

gesinslewe rondom Ibi en die argitek se seksdaad in hoofstuk 3 loop uit op Hoofmeester se uitreiking na sy jongste dogter. Ten diepste is sy uitreiking ’n vasgryp van Tirza om sodoende sy houvas op die lewe te behou en nie ineen te stort nie. Die toenadering kom in albei gevalle van die vader se kant af. Hy verseker Tirza ná die rusie met die eggenote dat “niks verkeerd is nie” en stel so homself gerus. Ná sy ontnugtering deur Ibi wat tot gevolg het dat hy homself as ’n totale mislukkeling beskou, herstel hy sy selfbeeld deur Tirza te idealiseer en vir haar groot prestasies in vooruitsig te stel. In der waarheid is Hofmeester se ideale vir Tirza absurd. Dit is slegs enkele geniale individue beskore om die prestasies wat hy van haar verwag te behaal. Van haar begaafdheid weet die leser dusver nog net deur haar vader; onteenseglike objektiewe getuienis daaroor ontbreek. Van Hofmeester weet die leser wel seker dat agter die harnas van sy geïmproviseerde kragdadigheid onder uiterste provokasie ’n kwesbare, onsekere man skuilgaan. Deel 2: Die offer Die titel van die tweede deel, “Die offer”, skep die verwagting dat die partytjie die verwesenliking sal wees van Hofmeester se siening daarvan as ’n offer in die sin van ’n wegsyfering van homself as ’n ouer. Hoofstuk 1 van Deel 2 neem ’n aanvang deur op Hofmeester te fokus, terwyl hy op die gaste wag, maar die werklike partytjie word uitgestel. As daar om halfagt nog niemand is nie, eet hy die eerste porsie gebakte sardiens maar self op. Wanneer hy dan vir Tirza ’n varsgebakte sardientjie neem, word sy voorneme van selfwegsyfering die eerste keer op die proef gestel. Sy teleurstelling dat Tirza ’n swart rok aan het in plaas van die duur rok wat hulle saam vir die partytjie uitgesoek het, verberg hy agter die opmerking dat “alles” haar “pas” (p.149).

Terwyl die aankoms van die gaste uitbly, ervaar hy dieselfde angs wat hom oorval het dat by ’n boekbekendstelling net hy as redakteur en die outeur teenwoordig sou wees. Dié angs, ten spyte van sy voorneme om die gaste te beïndruk as “volmaakte gasheer” en Tirza se “gawe pa” (p.152), is die motoriese moment vir sy pynlike herinnering aan sy ontslag as redakteur by die uitgewery waar hy gewerk het “ in die begin van April” (p. 153). Die partytjie vind plaas

Page 10: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

10

op ’n “soel aand” (p.11), dus in die somer, waarskynlik in Junie, noodwendig ná bekendmaking van Gimnasium-leerlinge se eindeksamenuitslae. ’n Mens kan dus aanvaar dat tussen Jörgen Hofmeester se ontslag en die partytjie daar ongeveer twee maande (vertelde tyd) verloop het. Vanaf die oomblik dat die direkteur Hofmeester ontbied tot aan die einde van hulle gesprek wat die direkteur lank uitrek, speel ’n tragikomedie hom af (pp. 153 – 158). Ná die wisseling van gemeenplase volg die direkteur se blatante vraag: “Jörgen watter belangrike outeur het jy die hele tyd wat jy hier werk eintlik al vir ons ontdek? Het jy hoegenaamd al ’n outeur ontdek?” (p.153). Hofmeester skerm met vae verwysings dat daar interessante dinge vir hom as redakteur van vertaalde fiksie gebeur in “Duitsland, Oos-Europa, die Kaukasus” (p. 154). Die direkteur se antwoord daarop klee hy in asof die uitgewery Hofmeester ’n guns doen deur hom te ontslaan met die uitbetaling van een en ’n half jaar vir die jaar en agt maande wat hy nog moet werk. En sy formulering klink na ’n sug van verligting wat die direkteur slaak dat die uitgewery van die redakteur van vertaalde fiksie ontslae is: “Jy hoef nooit weer hierheen te kom nie. Jy hoef nooit weer kantoor toe te kom nie. Jy is vry om te gaan” (p.154). Diep vernederd dink Hofmeester vlugtig dat Tirza en niemand anders van sy ontslag moes hoor nie, omdat dit ’n skande is. Die dag ná sy ontslag wat die vaste patroon van sy lewe word, neem vyf bladsye verteltyd in beslag (pp.162 -167) met ’n relaas van hoe hy, om die skande vir bure en spesifiek vir Tirza te verberg, elke dag Schiphol toe ry en die tyd daar verwyl. Hy drentel rond, eet sy middagbroodjie en ’n vrug en om nie agterdog te wek nie, doen hy hom soms voor as iemand wat op ’n vlug wag of na ’n passasier wuif. Vir die verbyganger staan hy daar as ’n “doodgewone man” (p.165), maar vir die leser, bekend met sy minderwaardigheidsgevoel en kwesbaarheid, slaan hy ’n patetiese figuur met sy aktetas vasgeklem, terwyl hy na ’n denkbeeldige passasier wuif, soms met ’n blom in sy hand. In Hofmeester se lewe van dae op Schiphol en aandetes saam met Tirza beloof die partytjie ’n hoogtepunt. Van sy eenselwige bestaan word in die verteltyd teruggekeer na die gasheer, Hofmeester, wat

Page 11: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

11

nog steeds wag dat die partytjie moet begin : “Nadat hy die sardiens alles alleen opgeëet het, gaan hy boontoe” (p.167). As hy die slaapkamer binnegaan, neem hy onmiddellik aanstoot aan die nou denimrompie van Ibi wat die eggenote aan het. Dit gee aanleiding tot ’n gesprek wat ooreenkom met die egpaar se slaapkamergesprek ná die eggenote se terugkeer. Die een opsig waarin dit verskil, is dat die eggenote haar krenkende opmerkings nou nie op Hofmeester rig nie, maar op haar dogters betrek. Sy beroem haar op haar eie sensualiteit wat ontbreek by haar dogters wat byna geen borste het nie.Teen Hofmeester se aanvanklike verontwaardiging oor dié skamper opmerkings in, oorreed sy hom byna om met haar seks te hê voor die gaste kom, maar sien daarvan af. Die innige soen wat hulle mekaar dan ter versoening gee, herinner hom aan die lewe wat êrens in die verlede verborge is en hom nooit sal laat vergeet “wie hy mis nie” (p.183). Hy staar na die eggenote, die voordeurklokkie lui en as dit tot hom deurdring dat niemand oopmaak nie, sak paniek oor hom toe. Hy trek sy langbroek aan en hardloop by die trap af. Die partytjie het eindelik begin, maar vir Hofmeester op ’n antiklimaks. In sy haas beseer hy sy wysvinger met die oopmaak van die deur vir die eerste gas, mevrou Veldkamp, een van Tirza se onderwyseresse. Hy volg haar blik wannneer sy afkyk en as hy sy kaal voete en sy oop maag sien, ontval die woorde, “O Here”, hom. Met ’n stroom verskonings sleep hy die onderwyseres ongeveer die woonkamer in en besef tot sy verleentheid dat dit onbeleefd is (pp.184 –185). Dié ongelukkige ontmoeting lei vir Hofmeester ’n reeks ongelukkige episodes in. Hoofstuk 2 van Deel 2 neem ’n aanvang met ’n konstatering van die vertelde tyd: “Om negeuur is benewens juffrou Veldkamp en ’n ekonomie-onderwyser wat Hofmeester Hans moet noem, ’n stuk of veertien jongmense in die kamer teenwoordig, maar van Tirza is daar nog steeds geen teken nie” (p.188). Die aand voorspel niks goeds as die klokkie aanhoudend lui en hy met verskonings vir Tirza moet instaan en hom telkens moet voorstel as haar pa nie. Soos wat die tyd verstryk, word Hofmeester al hoe senuweeagtiger en bel Tirza ten einde raad op haar selfoon, maar kry net haar boodskap op haar stempos: “Haai, dit is Tirza. Ek is nie op die oomblik hier nie, maar laat gerus vir my ’n mooi boodskappie” (p. 197). Haar pa se dringende boodskap is dat

Page 12: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

12

sy so gou as moontlik moet kom; haar partytjie is al lankal aan die gang. Hofmeester gaan op die kroegstoeltjie sit en dan kom die ekonomie-onderwyser, Hans, die kombuis binne; op sy gemak en van plan om te gesels. Hans se selfversekerdheid in teenstelling met Hofmeester se onsekerheid straal vertroue uit wat sy gasheer die vrymoedigheid gee om hom uit te vra na wat ’n “verskansingsfonds – ’n hedge fund” is (p.202). Die gesprek daaroor is ’n terugverwysing na ’n episode in die verlede wat vir die tot op dié tydstip noodlottigste gebeurtenis in Hofmeester se lewe verantwoordelik was. Sy herinnering aan dié episode wat vir hom die hel in homself is om in te kyk (p. 202) word as vertelde tyd presies aangedui. Toe hy “ongeveer vyf jaar gelede na die buiteland wou reis met sewe maande se huur” (p. 203) het die bankkonsultant met hom oor verskansingsfondse gepraat. Dit het daartoe gelei dat hy besluit het om ongeveer die volle miljoen wat hy gehad daarin te belê. By die bank word Hofmeester te woord gestaan deur ’n nuwe konsultant, ’n jong blonde vrou, wat hom tot versigtigheid maan deur te vra of hy nie sy “beleggings ’n bietjie wil versprei nie” (p.203). Dié raadgewing slaan hy egter in die wind. “Een jaar later, eind-Maart, is hy weer na die bank toe” (p.205). Alles was dieselfde, behalwe dat die verskansingsfonds “in rook opgegaan het” (p.206). Hofmeester se emosies by die besef dat hy verslaan is, kom tot uitdrukking in die toenemende minagting waarmee hy die konsultant beskou. Hy het haar eers neutraal bekyk as die “vrou van die bank” (pp. 203, 204). By haar mededeling van die verpletterende nuus aan haar kliënt, word sy in skrille teenstelling met sy gevoelens die “vriendelik glimlaggende dame” (p.206). Aan die Nederlandskundige leser gaan die pejoratiewe gevoelswaarde van “dame” nie verby nie. Haar verduidelikings van wat gebeur het, kan hy in sy intense geskoktheid nie volg nie en sy word dan vir hom die “juffroutjie met die treurige gesig” wat nie werklik vir hom jammer is nie (p. 207). Teen die gesiglose vyand, die wêreldekonomie, is die “roofdier” Hofmeester, nie opgewasse nie (p. 206). As die konsultant egter die “elfde September” noem, onthou hy glashelder wat op dié dag gebeur het en kry die vyand ’n gesig; die gesig van Mohammed Atta: “Mohammed Atta, hy het Hofmeester se geld van hom afgeneem” (p. 207). Mohammed Atta was die Egiptiese vlieënier wat die vliegtuig

Page 13: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

13

gekaap het waarmee hy in die World Trade Centre in New York vasgevlieg het op 11 September 2001. Die datum, afgekort tot 9/11, het ’n universele begrip geword. Verslae het Hofmeester by die bank uit en met die straat af geloop en gewonder of die verbygangers ook deur die wêreldekonomie of deur Mohammed Atta verslaan is of deur albei. Hy het by ’n skoenwinkel ingegaan en ’n paar swart stewels aangepas. Dit het tot hom deurgedring dat soos baie ander dinge, hy hom dit nie meer kon veroorloof nie. Vir ’n sekonde het hy die drang gehad om die “skoeneverkoopster te ontklee en haar op die plek te penetreer”, omdat selfbeheersing hom niks meer kon bied nie (pp. 208 –209). Dié gedagte is ’n retroversie na sy antwoord aan die eggenote dat die common vroue van wie hy hou “verkoopsters, in alle soort en mate”is (p. 84). Die verteller laat geen twyfel dat Hofmeester nie homoseksueel is nie en bring weer by die leser die besef tuis dat Tirza sy enigste houvas is; sy is nie van hom afgeneem nie; hy het nog die sonkoningin (p.210). Met die gedagte aan Tirza word die terugkeer na die partytjie in die hede bewerkstellig. Die gesprek tussen Hofmeester en die ekonomie-onderwyser kom tot ’n einde en albei gaan apart terug na die partytjie. Hofmeester kyk na sy vrou wat met ’n seun dans wat hy ken van sy besoeke aan huis en hom terug laat dink aan ’n gesprek met Tirza “drie jaar gelede”, enkele weke nadat die eggenote hom verlaat het vir haar jeugliefde (p.214). By die aandete het Tirza gevra: “Pappa, wanneer verloor ek my maagdelikheid?” (p. 214). Ibi was dié aand ook nie daar nie. Haar afwesigheid word in ’n groter perspektief gestel as die letterlike: “Ibi was in dié tyd al besig om te verdwyn, besig om op te los, besig om haar te distansieer van die wêreld waaruit sy voortgekom het” (p.215). In die afwesigheid van Tirza se moeder en haar ouer suster moet Hofmeester sy jongste dogter se seksuele opvoeding op hom neem wat in ’n normale gesin nie die vader se funksie is nie. In haar adolessensie het Tirza net haar pa om haar dringende vraag te beantwoord oor hoe sy toenadering tot ’n seun moet soek. Ten einde raad lig hy haar wel in oor wat ’n seun van ’n meisie verwag totdat hy haar saam met hom na die tuin toe neem sodat sy in die donker nie sy trane van ontsteltenis kan sien nie. Die verwysing na

Page 14: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

14

die ligte wat afgeskakel word “êrens aan die oorkant, waarskynlik in ’n kinderkamer” is betekenisvol, veral deur die daaropvolgende gelade sin: “Storietyd was verby” (p.219). Hofmeester het saans vir Tirza voorgelees asof sy nog ’n klein dogtertjie is, al is dit uit die werke van die groot Russiese skrywers. Sy is vasgevang in ’n “storietyd” waarin sy nie meer hoort nie. Die totale donker as die lig aan die oorkant doof, is simbolies van die donker wat vir Hofmeester wag as Tirza haar kindwees ontgroei soos Ibi besig was om te doen. Die verteller hervat die kontinue verloop van die partytjie aan die begin van hoofstuk 3. Hofmeester is ’n passiewe toeskouer van juffrou Veldkamp wat roerloos op die bank sit en van die dansende kinders. Dit verbaas hom dat Tirza nog nie opgedaag of gebel het nie. Hy gaan kombuis toe en drink sy soveelste glas wyn, besluit om Tirza nogeens te bel en kry weer haar stempos. Dan gaan hy na die skuurtjie wat op dié tydstip deur soveel verwysings daarna kennelik vir Hofmeester geborgenheid verskaf. Dit is die bêreplek van sy hark en sy kettingsaag wat as tuingereedskap vir hom van groot belang is, omdat naas sy vaderskap Hofmeester sy enigste geluk vind in sy werk as tuinier. Hy word uit sy dwalende gedagtes na die werklikheid van die partytjie teruggeruk as iemand die deur oopmaak en die meisie binnekom wat haarself voorgestel het as “Ester sonder ’n h” (p.194). ’n Lang gesprek vind tussen haar en Hofmeester plaas waarin sy vertel dat sy gedruip het, nie goed is met verhoudings nie en die liefde afgeskaf het (pp. 223 – 230). As Hofmeester vra wat sy in die skuurtjie gaan doen, antwoord sy: “ ‘Ek gaan myself saggies streel’ ” (p.229). Hy kan haar nie beweeg om terug te keer na die partytjie nie, maar gaan self terug. Hofmeester het net die glas lemoensap geskink wat hy vir die wêreld- vreemde meisie in die skuurtjie wil bring as Tirza opdaag. Toe sy die boodskappe van hom gekry het, verseker sy hom, het sy so vinnig as moontlik met haar fiets gery. Hy druk haar teen hom en besef soos nog nooit voorheen nie “dat hy geen rede wil hê om sonder Tirza te lewe nie” (p. 230). Dan wys sy na die man wat in die deuropening staan: “ ‘Pappa’, sê Tirza, ‘dit is Choukri, my vriend’ ” (p. 231). Van ’n pa wat so behep is met sy dogter verwag die leser ’n sekere afstandelikheidheid teenoor haar eerste spesiale vriend, maar Hofmeester verberg van die begin af skaars sy onmiddellike weersin in dié vriend wat kennelik in sy twintigerjare is en dus veel ouer as

Page 15: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

15

Tirza. Hy stel ongemaklike vrae oor wat Choukri doen en waar hy woon en hamer op sy sekerheid dat hulle mekaar al ontmoet het, omdat hy vir Hofmeester bekend voorkom. By implikasie is ’n man wat kitaar speel, maatskaplike werk doen – waarvoor universiteits-opleiding nie ’n vereiste is nie – en naby die Centraal Station op die eilande woon, nie ’n geskikte vriend vir Hofmeester se lieflingsdogter nie. Wanneer Hofmeester vir Choukri vertel dat Tirza die sonkoningin is en haar hoog in die lug optel, sak daar ’n stilte toe wat so pynlik raak dat Tirza haar vriend binnetoe neem en Hofmeester weer die gaste met ’n bord sashimi bedien. As hy besef dat hy nie opval nie, is hy tot sy verbasing trots daarop. Hy bring immers die offer van wegsyfering. Terwyl hy na Choukri staar, weet hy meteens met sekerheid waarom Tirza se vriend vir hom bekend voorkom: Met sy breë kaak en blas vel, lyk hy op ’n haar na Mohammed Atta; kan hy familie van Mohammed Atta wees of wel Mohammed Atta self “as hy nie nagenoeg seker was dat die man dood is nie” (p. 238). Nadat Hofmeester ontdek het dat Choukri na Mohammed Atta lyk neem sy antagonisme teen Tirza se vriend irrasionele dimensies aan. In die kombuis waar die eggenote na rum soek, vertel Hofmeester haar van sy ontsteltenis oor Tirza wat Mohammed Atta in hulle huis ingebring het. Eers onthou die eggenote nie wie Mohammed Atta is nie, maar as Hofmeester, verontwaardig deur haar onkunde, verduidelik en sê dat “hy” hulle “haat”, onthou sy 9/11 en besef hoe haar eggenoot ’n situasie wat om ’n redelike benadering vra buite alle redelike perke vergroot (p.243). Hofmeester gaan na die slaapkamer, loop uit op die balkon en haal diep asem. Die vertelde tyd word aangedui deurdat hy op sy horlosie sien dis “twintig oor elf” wat beteken dat die partytjie sy hoogtepunt “tussen half-twaalf en halftwee” nader (p.246). Dan voer sy gedagtes hom weer weg as hy terugdink aan Tirza se siekte. Soos Choukri was haar siekte soos ’n “ongenooide gas” wat “ ’n tyd lank by die Hofmeesters in die huis gewoon het ” (p. 247). Hy herleef weer sy besoek aan mevrou Van Delven,Tirza se klasonderwyseres, by die Vossius Gimnasium, die vooraanstaande hoërskool waar Tirza ’n leerling was. Van haar moet hy verneem dat sy – en van die ander onderwysers – bekommerd is oor die tekens

Page 16: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

16

van ’n ontwikkelende eetsteurnis by Tirza. Op haar vrae of Tirza eet, wat sy eet en wanneer, antwoord Hofmeester: “Sy het nooit veel geëet nie, sy is ’n klein etertjie. Ons is nie ’n gesin van groot eters nie” (p. 252). Dié antwoord druis in teen die waarheid van Hofmeester se obsessionele beheptheid met kosmaak en eet. Mevrou van Delven stel voor dat hy met Tirza moet praat en haar bedoeling is duidelik dat dit nie net oor die eetversteuring moet wees nie. Hofmeester verweer hom teen die insinuasie dat hy ’n “swygsame, afwesige vader” is deur te sê dat hy baie met Tirza praat; die laaste tyd oor Tolstoi se uitspraak dat die “kuns die ydele tydverdryf van ledige mense is” (p.253). Na aanleiding van dié antwoord, lui mevrou Van Delven se sardoniese opmerking: “Daaroor praat u met ’n meisie van veertien?” (p.253). Hofmeester begryp dié opmerking tereg as ’n aanklag teen hom en kan hom net regverdig deur sy eie beeldvorming van sy dogter aan haar voor te hou: “Sy is hoogs begaafd. Hoogs, hoogs begaafd”. “Mevrou Van Delven het na hom gekyk , indringend, en haar gesig het gespreek van – hy kon nie maak of hy dit nie gesien het nie – afsku” (p. 235). In dié afsku is die tragiek van die man, Jörgen Hofmeester, saamgevat: sy eiewaarde lê nie in homself nie, maar in sy dogter wat sy onvervulde ideale vir hom sal vervul. Prestasiedruk is bekend as die oorsaak dat tieners dikwels die dieetsiekte, Anorexia nervosa, kry. Dit is skrynend ironies dat die vader wat niks liewer doen as om saam met sy lieflingsdogter aan tafel sy voorbereide disse te geniet nie en terselfdertyd aan haar hoë eise stel om as skolier en swemmer en tjellis te presteer, ook daarvoor verantwoordelik is dat sy haarself uithonger (p.261). Van die slaapkamerbalkon af sien Hofmeester hoe die lig in die skuurtjie aan en af gaan en hy onthou dat hy vir die rare Ester wat haar daarheen onttrek het ’n glas lemoensap wil neem (p.262). Hy gaan kombuis toe waar Tirza by die opwasbak staan en ’n tamatie eet. Sy beskuldigende en verwytende toon as hy haar wys op die beskikbare lekkernye dui op ’n teleurstelling wat veel dieper lê as haar keuse van ’n tamatie bo dié eetgoed: Hy is besig om Tirza te verloor. Sy wil weet wat hy van haar vriend dink. Hofmeester gee geen diplomatiese antwoord nie, maar sê dat hy besef aan wie Choukri hom van die begin af herinner het: Mohammed Atta. Tirza probeer die dreigende konfrontasie afweer, maar smeek haar pa

Page 17: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

17

tevergeefs om begrip vir haar gevoelens en faal om hom tot redelike insigte te beweeg as hy Choukri ’n “terroris” noem (pp.266 – 267). Uiteindelik maak sy ’n einde aan die geredekawel deur voor te stel dat hy “nog ’n klompie sardientjies” bak wat haar aan vroeër laat dink. Maar wat haar vroeër geluk besorg het, kan dit nou nie meer doen nie.Te midde van die gesprek met sy dogter, het Hofmeester die oomblik van waarheid beleef dat hy Tirza, die enigste een wat sin gee aan sy bestaan, reeds verloor het; “dat sy lewe verby is sonder dat dit ooit begin het” (p.267). Hofmeester kyk sy dogter agterna terwyl sy teruggaan na die partytjie en besef dat sy verander het; dat die verandering begin het by haar dieetsiekte. Sy gedagtes kry koers van die partytjie af na sy gesprek met een van die twee sielkundiges na wie Tirza gestuur is toe Hofmeester se studie oor eetversteurings nie gehelp het nie. In antwoord op sy vraag wat met Tiza aangaan; wat haar besiel, het die tweede sielkundige geantwoord: “ ‘Sy is besig om beheer oor haar lewe te kry, die beheer te herwin. Daartoe is haar siekte eintlik ’n middel. Ek dink dat u dit so moet begryp; dit gaan om beheer’ ” (p.269). “En toe die eggenote op ’n aand kort voor middernag tuiskom”, praat Hofmeester ernstig met haar oor hulle dogter se siekte (p.271). Die eggenote wat nie saam met haar eggenoot by die sielkundige of die onderwyseres was nie, bevestig nogtans hulle mening oor die diepste grond van Tirza se siekte: dat sy die beheer oor haar lewe van haar pa wou oorneem en selfstandig en onafhanklik wou word. Die moeder wys Hofmeester daarop dat hy Tirza “geen rus gun nie”, omdat alles wat hy nie kon kry nie, hy probeer “om van haar te kry”(pp.272 – 273). Vandaar sy dwang dat Tirza op verskeie gebiede moet presteer. Die laaste verwyt van sy eggenote beledig en kwets Hofmeester tot in sy diepste wese : “Dit spyt my, maar jy was nooit ’n pa vir Tirza nie.’n Vriend miskien, ’n minnaar, maar ’n pa is nie ’n minnaar nie, Jörgen” (p. 273). Dié opmerking ontketen in Hofmeester so ’n blinde woede dat hy die eggenote teen die muur van die portaal vaspen en haar keel toedruk Toe hy uiteindelik laat los, bel sy die polisie. Dié handeling is ’n retroversie na die slaande rusie in hulle slaapkamer ná die eggenote se onverwagse terugkeer en sy gevra het: “Moet ek weer die polisie bel? Soos vroeër, Jörgen?”(p.70). Op dié tydstip was dit ’n antisipasie na die rusie oor die dryfveer agter Tirza se eetsteurnis. Albei rusies

Page 18: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

18

behoort tot Hofmeester se ongelukkige verlede waaraan hy tydens die partytjie terugdink. Die twee rusies kom tot ’n opvallend ooreenkomstige einde met die gerusstelling dat in beide gevalle dit net ’n spel was. Aan die einde van die slaapkamer-rusie verseker Hofmeester Tirza wat in die deur staan dat daar niks verkeerd is nie; dat hy en Mamma net speel. Eweneens kry die twee polisiemanne wat opdaag en Hofmeester ondervra, na aanleiding van sy eggenote se oproep, die versekering dat daar van aanranding geen sprake was nie; net van ’n spel wat hy en die eggenote gereeld speel en wat soms hand uitruk. Kennelik onoortuig, vertrek die twee polisiemanne; agterdogtig en oorbluf (pp. 278 – 279). Die daaropvolgende retroversie neem korter verteltyd in beslag oor hoe Hofmeester Tirza na ’n kliniek in Duitsland geneem het waar sy wonder bo wonder van haar dieetsiekte herstel het. Op pad terug na Amsterdam vra sy haar pa of hy dink dat sy haar skooljaar moet herhaal. Uit sy antwoord blyk dat die eggenote se opmerking dat hy nie ’n pa vir Tirza is nie, bly steek het, want met sy antwoord bevry hy haar van die prestasiedruk wat hy haar altyd opgelê het: “ ‘Ek dink nie so nie’, het hy gesê. “ ‘Ek dink dat jy alles nog kan inhaal. En indien nie, is dit ook nie ’n ramp nie’ ”(p. 282). Die partytjie is die bewys dat sy ingehaal het en ’n teken van die beheer wat sy oor haar lewe begin neem. Onmiddellik nadat Hofmeester teruggedink het aan Tirza se herstel in ’n kliniek in Duitsland en hoe hy daarna die pa wou word wat hy volgens sy eggenote nooit was nie, vind sy seksuele eskapade met Ester in die skuurtjie plaas. Sy voorneme om vir haar ’n glas lemoensap te neem (p. 230), is verdring deur die gebeurtenisse op die partytie en wat in sy gedagtes afgespeel het. Hy word twee keer aan dié voorneme herinner deur die lig wat in die skuurtjie aan en af gaan (p.262 en p.283 ) voordat hy die daad by die woord voeg. Hy stap vasberade om Ester streng aan te spreek by die skuurtjie in, maar sy begin ’n gesprek, kry hom aan die mou van sy baadjie beet en laat nie weer los nie. Hofmeester vergeet dat hy ’n vader en ’n gasheer is en met verlies van al sy waardigheid het hy seksuele omgang met Ester. Hy neem die leiding in sy voltrekking van die seksdaad in alle fases. Ná penetrasie gaan hy oor tot orale seks waaruit hy kennelik die grootste bevrediging put. Dit is nie vreemd vir iemand wat so verslaaf is aan eet soos Hofmeester nie.

Page 19: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

19

Op dié tydstip kom Tirza saam met juffrou Veldkamp wat op pad is huis toe, af op die spektakel wat terselfdertyd skokkend en byna lagwekkend is. Albei is aanvanklik nie in staat om ’n woord uit te kry nie, maar die onderwyseres kom die gouste tot verhaal en sê aan Hofmeester dat hy weer soos toe sy aangekom het, “halfnaak” is (p.293) en as sy wegloop, kyk sy om “asof na ’n gruwelike ongeluk” (p. 294). Twee randfigure op die partytjie en in die lewe was vir dié ongeluk verantwoordelik: die onopsigtelike vader met sy onderdrukte insestueuse gevoelens vir sy dogter en dié dogter se onteenseglik psigologies ernstig-versteurde klasmaat. In haar afgryse skree Tirza huilend vir haar pa hoe hy dit kon doen en dit op haar partytjie (p.295). Dat Hofmeester seks gehad het met ’n tiener is ’n ironiese terugverwysing na sy verontskuldiging van sy optrede teenoor Ibi ná haar seksdaad met die argitek teenoor sy eggenote wat Ibi ’n “groot meisie” en ’n “vrou” genoem het : “ ‘Sy is ’n kind, ’n kind. Dit is my fout. Ek moes haar nooit boontoe gestuur het met die huur nie’ ” (p.129). As Tirza hom byna op heterdaad betrap, terwyl hy seks het met haar bloedjong klasgenoot, het hy geen verontskuldiging nie, maar staan hy magteloos – die “broek nog op sy knieë” (p.293) – voor Tirza en voor die opgawe om dié daad goed te maak as hy sy lieflingsdogter wil behou. Dis Tirza wat Hofmeester vir sy behoud, maar ook vir haar eie selfbehoud voorlopig red. Wanneer hy aan die begin van hoofstuk 5 op die bed in die slaapkamer sit soos ’n “gevangene in sy eie huis” (p.300) gaan sy na hom toe; op dié tydstip nog nie gereed om hom te verloor nie. Sy sê aan hom dat sy alreeds haar ma verloor het en dat sy wil hê dat hy “ ‘Pappa moet bly’ ”, omdat sy te jonk is “ ‘om wees te word’ ” (p.302). Hy probeer sy seksdaad met Ester goedpraat deur dit voor te hou as ’n spel net soos aan die twee polisiemanne sy geweld teen sy eggenote: “ ‘Ester en ek het gespeel. En dit het hand uitgeruk…’ ” (p. 303). Dié verklaring oortuig Tirza nie en as sy vra of hy dronk was, gryp hy dit as ’n reddingsboei. Maar die vader en die dogter kan nie die partytjie vergoeilik nie; vir albei was dit ’n ontredderende mislukking. As die partytjie heeltemal verby is en die eggenote en Ibi reeds slaap, oorreed Hofmeester Tirza om vir hom die Elgar-tjellokonsert te speel. Dit is ’n retroversie na die aand toe Hofmeester daarna geluister het

Page 20: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

20

voordat hy Ibi en die huurder op die seksdaad betrap het. In plaas daarvan dat dit vir hom sy verlore geluksgevoel herstel het, stort hy letterlik inmekaar as Tirza reeds met die trap op is na haar kamer toe. Hy val op die grond, stamp die musiekstaander om en slaag nie daarin om op te staan nie. Tirza moet hom kom ophelp. Dis ’n ironiese retroversie na vroeër die aand toe Hofmeester by sy ontmoeting met Choukri Tirza in sy besitlikheid hoog in die lug opgetel het. Onder die invloed van die Italiaanse Gewürztraminer wat hy die aand kontinu gedrink het , fluister hy in Tirza se oor: “Sonkoningin, waarom is alles so vol pyn? Waarom maak alles so verskriklik seer?” (p. 321). Dit is woorde van volkome eerlikheid en opregtheid uit die mond van Hofmeester wat van die hele lewe ’n spel gemaak het, omdat hy die werklikheid nie in die oë kan kyk nie. Met dié vraag eindig Deel 2. Deel 3: Die woestyn In sy gedagtes het Hofmeester male sonder tal vir hom sy toekoms sonder Tirza as ’n woestyn voorgestel. Die titel van Deel 3 stel dié woestyn wat Hofmeester se lewe sal word as Tirza die huis uit is in vooruitsig. Voorlopig kan hy haar egter nog by hom hou voordat sy en Choukri na Namibië vertrek en vanaf Windhoek na die Namib, die letterlike woestyn. Die inleidende sin van die derde deel lui: “Op ’n Sondagaand in die derde week van Julie sal Tirza met haar vriend vanaf Frankfurt na Windhoek vlieg” (p.325). Hofmeester het haar oortuig dat dit vinniger en geselliger sal wees as hy hulle per motor na die Frankfurt-lughawe neem en dat voorafgaande aan hulle vertrek, hulle ’n naweek in die Hofmeester-gesin se vakansiehuis in die Betuwe sal deurbring; die “perfekte begin van ’n wêreldreis” (p. 325). Terwyl Tirza en haar pa die Vrydagoggend met die motor reeds gepak in die deuropening op Choukri wag, sien Hofmeester in die aankomende vriend van Tirza – doodgewoon in ’n sweetpak met ’n sportsak oor die skouer – weer net Mohammed Atta en dit verbaas hom dat Tirza dit nie kan sien nie. Dis ’n koue, reënerige dag en ná die aankoms by hulle bestemming stook Hofmeester ’n vuur in die kaggel en maak geroosterde toebroodjies. Choukri vra een met net kaas, waarop Hofmeester sê: “ ‘Ons gesin eet ons toebroodjies met kaas en tamatie, ons is nie mal oor ham nie, ons hou nie van

Page 21: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

21

klewerige vleis nie’ ” (p.340). In dié opmerking is die Joodse identiteit van die Hofmeester-gesin verskuil: ’n dieetwet wat deur die meeste Jode onderhou word wat die eet van vark verbied. Hofmeester se Joodse afkoms motiveer waarskynlik sy afkeer in Choukri, maar kan egter nie meer as ’n bydraende faktor daartoe wees nie, omdat dit te intens en irrasioneel is. In der waarheid is dit Choukri, die verpersoonliking van Mohammed Atta, wat Hofmeester haat. As Hofmeester ná die ontbyt buitentoe gaan om in die tuin te werk, volg Choukri hom daarheen. Hy probeer kennelik om Tirza se pa se guns te wen en komplimenteer hom met die vaardigheid waarmee hy besig is om die appelboom te snoei. Sy vaardigheid skryf Hofmeester toe aan die feit dat sy ouers ’n gereedskapswinkel gehad het. ’n Sekere gevoel van skaamte waarmee Hofmeester met sy begrip van status as geleerdheid na sy ouers se werk verwys, gaan nie by Choukri verby nie; hy simpatiseer daarmee en sê: “ ‘My ouers is ook baie behoudend’ ” (p.342). Behoudendheid is kennelik vir hom sinoniem met gebrek aan status. As Hofmeester wil weet of sy ouers gelowig is, antwoord hy bevestigend. Daarop vra Hofmeester of Choukri ook wil probeer snoei. Hy put kennelik ’n sadistiese behae daarin om die seun te dwing om ’n tak wat hy aanwys af te saag. Hy verseker Choukri dat die Stihl 170, die beste kettingsaag van sy soort, veilig is. Teen sy bemoediging in dat Choukri nie bang moet wees nie, is dit presies wat hy wil hê Tirza se vriend moet wees. Dit blyk uit sy vraag as Choukri die tak afgesaag het en weer op die grond staan: “ ‘Was jy bang?’, vra Hofmeester hoopvol. ‘Was jy doodsbenoud?’ ” (p. 343). Vir die aandete braai Hofmeester drie biefstukke en hulle eet aan die tafel wat hy voor die knetterende kaggelvuur gestoot het. Alhoewel Tirza wegskram van haar vader se vrae aan Choukri oor sy ouers en die godsdiens, stuur Hofmeester hardnekkig die gesprek telkens weer in dié rigting. Choukri probeer ook dié onderwerp vermy en Tirza sê dat hy gebreek het met sy ouers. Op Hofmeester se vraag of hy al ooit die Koran gelees het, antwoord Choukri dat hy dit wel gedoen het, altans die grootste gedeelte daarvan; uit nuuskierigheid. Hy het dit by hom, omdat Tirza ook nuuskierig daaroor is (p.349). Die volgende oggend by ontbyt vra Hofmeester dat Choukri die Koran vir hom moet bring en vertel dan dat hy sy kinders “agnosties opgevoed het, maar wel vir hulle voorgelees het uit die Bybel, net soos uit

Page 22: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

22

Tolstoi ” (p.352). Later die oggend voldoen Choukri aan Hofmeester se versoek en bring vir hom die gevraagde Koran met die woorde: “ ‘Die tweetalige uitgawe’, sê Atta. ‘Spesiaal vir Tirza gekoop. Ek is eintlik ook agnosties’ ” (p.353). Hofmeester is bewus van sy skaars bedekte vyandigheid as hy daarin blaai, ’n stukkie daaruit lees en sê: “ ‘Mooi …heel mooi. Maar dit is nie Tolstoi nie’ ” (p. 353). In sy poging om minder vyandig te wees vra Hofmeester wat hy vir Tirza en Choukri kan doen. Met duidelike ergernis wys sy dogter dié aanbod af: “ ‘Niks’, sê Tirza. ‘Jy kan vir ’n slag net mooi niks vir ons doen nie’ ” (p.353). Daarop gaan werk Hofmeester weer in die tuin en dink aan die “epiloog van sy lewe” en die seksuele verhouding wat hy tydens die eggenote se afwesigheid met die huishulp uit Ghana gehad het. As dit teen sesuur weer reën, gaan hy binnetoe en loop by die woonkamer in (p.354). Wat hy sien, is ’n retroversie na die seksdaad van Ibi met die argitek. Die seksdaad vind dié keer tussen sy jongste dogter en ’n Marokkaan, nogmaals ’n vreemdeling, weer op ’n tafel plaas. Soos dit vir hom gelyk het of die Duitser Ibi “gestroop” het, lyk dit vir hom of Tirza deur die Marokkaan “oopgeskeur word”. Dit maak hom “mislik” en hy moet “duiselig” vashou aan die “vuuryster wat langs die kaggel aan sy staander hang” (pp. 355). Uiteindelik sluip hy terug kombuis toe, drink drie glase wyn, was sy gesig en hande en gaan werk, al reën dit, weer in die tuin. Daarna ry hy dorp toe en gaan koop by die Indonesiese restaurant drie klein rystafeltjies. As die vrou agter die toonbank hom van vroeër herken, ontval die opmerking haar: “ ‘Goeiste, maar hoe lyk u?’ ” (357). Hy verduidelik en sy is verbaas dat hy in sulke slegte weer in die tuin werk (p.358). Tuis roep hy tevergeefs na Tirza en eet op die ou end al drie rysrafels self op. Hy loop weer buitentoe en, gehurk in sy tuin, stel hy hom die afskeid van sy dogter en haar vriend die volgende oggend op die Frankfurt Flughaven voor (pp. 359 – 360). As hy weer binne is en dit intussen heeltemal donker geword het, besef hy dat Tirza en Choukri in ’n diep slaap geval het. Aan die werklike afskeid word min verteltyd gewy. Die saaklike konstatering lui dat dit presies verloop het soos hy gedink het en dat die toekoms hom dié een keer nie teleurgestel het nie (p. 362). Hoofstuk 2 neem ’n aanvang met sy tuiskoms om halfeen vanaf die lughawe in Van Eeghenstraat. Die eggenote begroet hom soos die vrou in die Indonesiese restaurant

Page 23: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

23

deur onmiddellik op te merk dat iets moes gebeur het om hom te laat lyk soos hy lyk. Weer eens wyt hy sy verfomfaaide voorkoms aan die weer (p. 365). “Sewe dae ná Tirza se vertrek vra die eggenote aan Hofmeester: “ ‘Het sy al gebel?’ ’’ Vir ’n pa wat so behep is met sy dogter is die wedervraag waarmee hy haar vraag beantwoord vreemd: “Wie?” (p.372). Die eggenote sê dat sy uiteraard Tirza bedoel en gee haar kommer te kenne, maar Hofmeester wys die noodsaak daarvan af. Langsamerhand styg sy spanning egter so hoog dat hy besluit om self Windhoek toe te gaan om Tirza te gaan soek. Die eggenote maan hom om hom nie so “histeries te gedra nie” (p.377) en eers die Nederlandse ambassade in Windhoek te bel, maar hy rig niks uit nie, neem op ’n “Saterdagmiddag in Augustus” in Van Eeghenstraat afskeid van die eggenote (p.384), gaan na Schiphol en vlieg vandaar via Zürich en Johannesburg na Windhoek. Die onbeplande reis van Hofmeester in Namibië begin by die Heinitzburg Hotel wat sy taxibestuurder vir hom aanbeveel het en waar hy gelukkig genoeg is om nog die een beskikbare kamer te kry. Hy bespreek vir drie nagte, installeer hom in sy hotelkamer, geniet sy aandete waartydens hy Tirza se foto wat sy eggenote vir hom saamgegee het op die tafel neersit met die hoop dat iemand hom daaroor sal uitvra. Ná die ete kyk die kroegman wel daarna en kan Hofmeester by sy brandewyn en koffie hom van sy sending vertel. “In die dae daarna koop Hofmeester ’n paar sandale, gaan na die Nederlandse ambassade, loop rustig en berekend deur die stad en gaan by enkele goedkoop hotels in” (p.408). Soms wys hy vir mense Tirza se foto en vra of hulle haar dalk gesien het. Daar kom ’n keer in dié omwandelinge toe hy iemand agter hom hoor en versigtigheidshalwe sy aktetas vaster klem. Wanneer hy omkyk, sien hy ’n “meisie van ’n jaar of nege, tien in ’n slonserige rokkie” (p.410). Sy roep agter hom aan “ ‘Do you want company, sir?’ ” en hoe vinniger hy loop en hoe hy ook al probeer, kry hy haar nie afgeskud nie. Sy kry sy linkerhand beet en hou dit vas. So loop die vreemde paar by hotel Heizenburg in (pp.410 – 411). Hy neem haar saam na sy kamer toe en vra haar wat haar naam is en sy antwoord: “ ‘Kaisa’ ” en hy herhaal “ ‘Ka-isa’ ” (p. 412). Hofmeester het die kinderprostituut ’n naam gegee en ’n naam is ’n mens. Hy kan

Page 24: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

24

haar nou nie meer loslaat nie. Soos sy aan hom vashou word Kaisa sy houvas in sy reis deur die Namib soos Tirza sy houvas was in die Van Eehgenstraat in Amsterdam-Suid, die elitebuurt van Amsterdam. In ’n internetkafee manipuleer Hofmeester dit so dat hy ’n e-pos wat hyself geskryf het van Tirza ontvang. Hy laat die eggenote weet dat sy in die woestyn is en dat hy soontoe gaan om haar te soek (pp. 432, 434). So sit hy die spel voort wat sy hele lewe is. ’n Soektog in die woestyn sonder enige sekerheid dat Tirza en Choukri daar is en, indien wel, waar hulle hul moontlik kan bevind, is uiteraard ’n waansinnige onderneming. In Windhoek gaan hy nog saam met Kaisa na haar huis toe waar haar doofstom moeder bedek met vlieë lê. Geen kommunikasie is moontlik nie. Hofmeester kan net geld agterlaat en probeer om Kaisa te oortuig dat hulle uitmekaar moet gaan, maar sy klem haar aan hom vas. Die inleidende sin van hoofstuk 4 spesifiseer die vertelde tyd as “dieselfde aand” van die dag waarop Hofmeester gekonfronteer is met Kaisa se ellendige menslike omstandighede. Dié aand bring hy ’n besoek aan Herz waar daar nie meer vir hom ’n jeep beskikbaar is nie; net ’n “ligblou Toyota” waarvan hy verseker word dat hy daarmee wel die woestyn kan aandurf as hy versigtig ry (p.446). Die milieu verskuif van Windhoek na die reis van Hofmeester en Kaisa deur die Namib-woestyn. Die titel van Deel 3 van die roman is vir die eerste keer ’n verwysing na die letterlike milieu waarteen die gebeure hulle gaan afspeel. In Deel 1 en Deel 2 word die Amsterdamse milieu nie beskrywend daargestel nie; die belang daarvan lê in die betrekking waarin Hofmeester daartoe staan. Van literêre belang is dat dit duidelik blyk dat Amsterdam-Suid die stad se sjiek buurt is waaraan Hofmeester sy status verbind: Beethovenstraat waar hy persoonlik geken word, die Vondelpark waarvan hy praat asof dit aan hom behoort en die Van Eeghenstraat, vir hom die beste stukkie Amsterdam waar hy sy huis het. Die vakansiehuis in die Betuwe is ook ’n baie belangrike deel van sy milieu, omdat dit hom bind aan die herinnering aan sy ouers en hy daar in die tuin werk; ’n bevredigende en selfvervullende aktiwiteit in sy mislukte beroepslewe. Op die reis na die eintlike woestyn kan tussen Hofmeester en die kind nie veel meer gebeur nie as dat hy aanhoudend met haar praat – lang monoloë voer– en slegs noodsaaklike formaliteite by die

Page 25: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

25

ontvangs van verblyfplekke afhandel, gepaardgaande met die wisseling van oppervlakkige opmerkings. Hulle eerste oornagplek is die Okapuka Ranch. Hofmeester is weer eens daarvan bewus dat mense nog steeds na hulle kyk as ’n “ongewone paartjie; die ou wit man en die jong, besonder swart meisie. En altyd is daar dan weer die konfronterende blik van skaamte, die oomblik waarop Hofmeester alles sou wou regstel, sy bedoelings duideliker wou verklaar” (p. 452). “Selfs vir Namibiese standaarde” wek hulle by die toeskouers afkeur. Hofmeester word egter gewoond daaraan (p. 452). Onsigbaarheid hoort immers by hom; hy wou dit wees tydens Tirza se partytjie en nou word hy dit weer. Sy onsigbaarheid is vir hom gelyk aan die onkwetsbaarheid wat hy glo hy hom eie gemaak het; wie alles verloor het, kan nie meer gekwets word nie. Van die lang betoog wat hy daaroor met Kaisa voer, verstaan sy waarskynlik niks nie. Hulle reis verder na Swakopmund en neem hulle intrek in die klein Hotel Eberheim. “Dis vieruur in die middag in Namibië” (p. 463). Van vermoeienis raak hulle albei aan die slaap. As hy kort ná ses wakker word, dwaal hy doelloos in die stad rond en koop dan in ’n goedkoop klerewinkel vir Kaisa ’n “sweetpak en ’n T-hemp” (p. 463). Ná Swakopmund lei hulle weg na Sossusvlei, die werklike woestyn, maar in Sossusvlei Lodge is daar nie plek vir hulle nie en die ontvangs- dame bel die Kulala Desert Lodge waar daar wel vir hulle plek is. Die eienaar is ’n Fransman en op sy versoek eet hulle eers. Die seun wat hulle bagasie gaan haal, kom terug met die tyding dat daar te veel stof in die bagasiebak se slot gekom het en dat hulle dit die volgende dag skoon sal spuit. Dit beteken dat hulle die nag sonder die bagasie sal moet deurbring (p.469). Dit is nie vir hulle ’n probleem nie. Die Fransman vergesel hulle na hulle hut. “ ‘As u wil,” sê die Fansman. ‘kan u bo-op die dak slaap. Daar lê komberse. Sommige mense dink dis heerlik om onder die sterrehemel te slaap. Dis ’n besondere ervaring; ’n toeriste-attraksie’ ’’(p.470). Dit is presies wat Hofmeester en Kaisa wil doen. Wanneer hulle op die dak lê, onder die grootse sterrehemel in die eindelose woestyn, vertel Hofmeester wat hy nog heeltyd as ’n geheim met hom saamdra: die waarheid omtrent Tirza en Choukri se verdwyning en die rede vir Tirza se stilswye. Die ironie is dat hy dit aan ’n negejarige kind vertel wat daar kennelik geen snars van verstaan nie. Kaisa se kennis van Engels skiet ver te kort, omdat dit beperk is tot ’n paar

Page 26: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

26

woorde en die enkele aanhoudend herhaalde sinnetjie “Do you want company, sir?”. Hofmeester se vertelling aan Kaisa is ’n retroversie na die seksdaad waarop hy sy dogter en haar vriend in die vakansie- huis betrap het. Daar het dit ’n verteltyd van ongeveer ’n bladsy opgeneem: die helfte van p.354 en minder as die helfte van p. 355. Die seksdaad is nie deur die verteller beskryf nie en Hofmeester se reaksie slegs in enkele sinne: sy duiseligheid en mislikheid. In die retroversie in Hofmeester se eie woorde neem die seksdaad en die daarmee gepaardgaande reaksies van Hofmeester en die afloop byna ses volle bladsye in beslag, weliswaar deur Hofmeester se opmerkings teenoor Kaisa (pp. 472 – 478). Sy verontwaardiging spreek daaruit dat hy herhaal dat dit op ’n tafel plaasgevind het en dit in sy ouers se woonkamer (p.472). Die weersin wat hy in die daad self het, kom tot uitdrukking as hy wys op die lawaaierigheid daarvan; dat seks niks anders as lawaai is nie (p. 473). Daarnaas is dit boonop vir hom liefdeloos: “Dit was so liefdeloos, Kaisa. Opeens het ek dit gesien. Hoe liefdeloos dit was. Hoe…” (p. 473). Ondanks sy skok, het wat hy aanskou het ook by hom die gedagte tuisgebring dat sy dogter “haar deel kry”; dat die seksuele omgang met Choukri “al is wat my dogter van die lewe kry” (p.473). Hy het het gedink dat Tirza sy sonkoningin was, sy allerliefste sonkoningin en haar met die vuuryster oor die kop geslaan en toe sy op die grond lê nog twee maal (p.475). Die moord op Choukri neem veel meer verteltyd in beslag. Hofmeester vertel aan Kaisa hoe bang Choukri was en hoe hy na die kombuis gehardloop het en die kettingsaag, die Stihl MS 170 gevat het, maar dat hy niemand, veral nie Atta nie, toelaat om dít van hom af te vat nie. Hy het dit uit sy hande gevat en is agter Choukri aan wat teruggevlug het na die woonkamer. Hofmeester het hom gevra wie hy dink die sterkste is, Allah of die MS 170 en gesê hy moet tot Allah bid (p.476)Toe hy nie wou nie het hy ’n bladsy uit die Koran in sy mond gedruk en gesê hy moet nog harder roep voordat hy hom “gesnoei” het (p. 478). Die roman neem ná dié onverwagte en skokkende ontknoping ’n vinnige afloop. Ná sy belydenis vra Hofmeester vir Kaisa of sy nou verstaan waarom hy daar is; dat hy Tirza soek terwyl hy weet dat sy nooit daar was nie en dat hy wil verdwyn. Dit probeer hy dan ook inderdaad die volgende middag doen op ’n ekskursie wat die

Page 27: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

27

Fransman vir hom en Kaisa saam met die gids, Elago, gereël het. Elago stop by twee hoë duine, Big Mama en Big Papa. Hy sê dat Big Mama ’n bietjie laer as Big Papa is, maar dat die uitsig dieselfde is (p. 481). Hofmeester wil inderdaad Big Mama uitklim en Kaisa ignoreer Elago se aanbod dat sy by hom kon bly. Asof sy verstaan dat Hofmeester beplan om te verdwyn, sit sy hom agterna en haal hom in. Hy verskree haar, hy verjaag haar, maar sy gee nie bes nie en bly aan hom trek totdat sy hom weer onder het. Daarmee trek sy hom die lewe in; ’n lewe wat vir hom net onheil spel. Hy besef hy moet terug huis toe en onderweg na Lüderitz reageer hy as hy petrol ingooi by Aus op ’n selfoonboodskap van sy eggenote, bel haar en vra wat so dringend is. Sy sê dat hy onmiddellik moet terugkom, want “hulle is gevind” (p.490). Hy verwyl saam met Kaisa nog vier dae in Lüderitz waarvan hulle drie dae in hulle kamer bly. Hy loop kaalvoet, besef dat die see net soos die sand van die woestyn hom nie genadig is nie. Hy weet nie hoe om te verdwyn nie en reminisseer aanhoudend teenoor Kaisa oor sy verlede as kind en saam met Tirza. Hulle vertoef nog ’n dag in Mariental waar hy vir hom skoene koop en hulle oorslaap. Die volgende dag om “tien oor drie die middag” vertrek sy vlug na Johannesburg (p.501). Hy gee vir Kaisa sy aktetas met al sy inhoud en verseker haar dat hy terugkom en dat sy adres in Amsterdam ook daarin is. Die laaste wat hy hoor as hy by paspoortkontrole verby instap, is Kaisa wat deur ’n sekuriteitsbeampte teruggehou word en bo almal uitskree: “ ‘Do you want company, sir?’ ” (p. 504). “Die oggend vroeg arriveer hy in Zürich en die middag kom hy op Schiphol aan” (p.504). Nadat hy eers per trein en dan per trem die stad ingaan, stap hy die laaste entjie pad na sy huis toe. Hy sien die samedromming van mense in Van Eeghenstraat en dink dat hy Tirza moet bel en sê sy is gevind. “Uit sy binnesak haal hy sy telefoon” en “bel haar nommer...Dan hoor hy uiteindelik haar stem, die stem van die sonkoningin wat met geen ander stem vergelyk kan word nie. ‘Haai, dit is Tirza,’ hoor hy, Hy druk die telefoon stywer teen sy oor. Geen woord wil hy mis nie, geen letter, geen ademteug nie. ‘Ek is nie op die oomblik hier nie, maar laat gerus vir my ’n mooi boodskappie’ ” (pp 506, 507). 4. Die slot van die roman

Page 28: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

28

(i) Die rol van antisipasies: Die skuilende onheil onder die alledaagse Daar is so ’n sterk identifikasie tussen die verteller en die hoofpersonasie dat wat Hofmeester dink en doen en wat die verteller oor sy denke en dade rapporteer, spontaan in mekaar oorgaan. Hofmeester dink meer as wat hy doen. Gebeurtenisse wat hy oproep, inbegrepe gesprekke tussen personasies, speel asof in die hede voor die leser af. Ná die ontknoping besef die leser dat van die mees onskuldige gedagtes wat by Hofmeester opgekom het antisipasies was na sy verskriklike moord op Tirza en Choukri; ’n gebeurtenis wat hy vertel aan Kaisa en aan die leser, weer eens asof dit in die hede gebeur. Die getuienis is oorweldigend dat lesers dié einde nie verwag het nie en aan die einde verras is dat hulle al die antisipasies misgelees het. Vroeg in die eerste hoofstuk dink Hofmeester daaraan dat hy sigbaar oud word en hy oorweeg om sy huis te verkoop; voorheen vir hom ’n ondraaglike gedagte, omdat sy status aan sy huis verbonde was en hy hom sterk aan die huis en tuin geheg het. Dié gehegtheid spreek uit ’n onskuldige gedagte: “Sy huis was sy trots. Die appelboom sy derde kind” (p.13). Sy kosbare, duur ketttingsaag bêre hy saam met sy ander tuingereedskap in die skuurtjie op sy erf. Dié skuurtjie word van bêreplek tot ’n plek van onheil as hy tydens Tirza se partytjie daarin met haar klasmaat seks het; ’n daad wat die finale aanleiding is tot die totale mislukking van die partytjie. Die appelboom in sy tuin in die Van Eeghenstraat verbind hom aan die appelboom by sy vakansiehuis in die Betuwe, sy eertydse ouerhuis. Die appelboom word die simbool van sy verbintenis met sy hede as geesdriftige tuinier en aan sy verlede saam met sy ouers. Tydens die naweek saam met Tirza en Choukri in die vakansiehuis snoei hy die appelboom en dwing Choukri om ook ’n tak af te saag. Die angs wat Choukri tydens sy poging beleef, is ’n antisipasie van sy doodsangs as Hofmeester hom dié Saterdag met die kettingsaag “snoei”. Dit is ironies dat waar snoei die appelboom se lewe verseker, dit die moordwapen word waardeur Choukri ’n verskriklike dood sterf. Dit reën dié naweek en die vrou in die Indonesiese restaurant waar hy rystafels koop, se verbystering oor hoe hy lyk, is ’n antisipasie van

Page 29: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

29

sy vertelling aan Kaisa van hoe hy ná die moord van die lyke van sy dogter en haar vriend ontslae geraak het. In die reën het hy die stukkies wat van Choukri oorgebly het en Tirza met haar vebryselde hoof in een gat in die tuin begrawe. Onder die onskuld van die alledaagse – ’n appelboom, ’n skuurtjie,’n duur en veilige kettingsaag – het die onheil skuilgegaan wat eers aan die einde van die roman vir die leser geopenbaar word. (ii) Die Bybelse intertekste Die aanwesigheid van die Joodse en die Ou-Testamentiese subtekste in die roman is van essensiële belang om die teks adekwaat te interpreteer. Albei kere wat Hofmeester toeskouer is van sy twee dogters se seksuele omgang met mans wat vir hom twee afkeuringswaardige seksmaats is, vind die seksdaad op ’n tafel plaas; ’n onwaarskynlike plek om seks te hê. “Tafel” suggereer die slagplek van ’n offerlam as brandoffer aan God en herinner aan die tragiese verhaal van die dogter van Jefta (Rigters 11: 30 - 40). Jefta was een van die rigters van Israel wat net een kind gehad het, ’n dogter. Wanneer Jefta die Israeliete moet lei in ’n veldslag teen die Ammoniete lê hy ’n dwase gelofte aan God af. Hy beloof dat as God die Ammoniete in sy hand gee, hy die eerste persoon wat hom, ná sy oorwinning, uit sy huis tegemoet kom, sal offer as teken van sy dankbaarheid teenoor God.Tot sy hartverskeurende verdriet is die eerste persoon wat na hom toe kom sy dogter: “En toe Jefta by Mispa kom, gaan sy dogter juis uit hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind; hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie” (Rigters 11:34). Die objek “tafel” word deur verwysing na die Ou-Testamentiese offers, spesifiek na die offer van Jefta se dogter, die simbool van die slagplek van ’n offerlam wat sy dogters vir Hofmeester is in hulle geslagtelike omgang op die onwaarskynlikste plek, ’n etenstafel; slagoffers van ’n “rasende drif” (p.473). Daarbenewens word die tafel ook op ’n ander wyse getransponeer tot ’n metafoor. Die ete aan tafel saam met Tirza nadat sy eggenote hom verlaat het en Ibi die huis uit is, het vir Hofmeester die ewewig herstel in ’n gesin wat alreeds uitmekaar geval het. Die samehorigheid van hom en Tirza aan tafel kry vir hom die “skyn van ’n gesin” en “meer as dit, ’n verbond. ’n Heilige verbond” (pp: 36, 37). Die alledaagse word deur die bewuste

Page 30: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

30

aanwending van die taal van die Bybel getransponeer tot ’n religieuse handeling. ’n Ander belangrike Bybelse interteks vir die roman is Numeri 27: 1-11, die verhaal van die dogters van Selòfhad wie se name in die eerste vers van dié hoofstuk vermeld word: “Magla, Noa, Hogla, Milka en Tirsa.” Dit was dogters met baie moed en durf wat die naam van hulle vader wat geen seun gehad het nie wou laat voortleef binne die stam van Israel waartoe hy behoort het: “(E)n hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleásar en voor die owerstes van die hele vergadering, by die ingang van die tent van samekoms, en gesê: ... Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons ’n besitting onder die broers van ons vader” (Num. 27: 2, 4). Wat veral belangrik is in die verhaal is dat God akkoord gaan met die versoek van die vyf dogters en aan Moses sê: “Die dogters van Selòfhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik ’n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan” (Num. 27: 7). Die sanksie van God aan ’n dogter om die naam van haar vader eer aan te doen en dit te laat voortleef, is grondliggend aan die hoë verwagtings wat Hofmeester van sy dogter, Tirza , koester. Sy dra immers die naam van een van Selòfhad se dogters wat hulle vader se naam eer aangedoen het. Die Ou-Testamentiese assosiasies verbonde aan die naam Tirza gee daaraan ’n meer-dimensionele betekenis: In Hebreeus beteken Tirza “sy aan wie ek groot vreugde het” en nog treffender in Engels: “She in whom I delight.” Die ah-uitgang by selfstandige naamwoorde en persoonsname in Bybelse Hebreeus dui op die vroulike vorm daarvan. Al vyf dogters van Selòfhad se name eindig op ah. Nadat Hofmeester Tirza sy “allerliefste klein dogtertjie” genoem het (p.145) kom haar ouers se besluit oor haar naam in die heel laaste passasie van hoofstuk 3 van Deel 1 ter sprake: “Toe het hulle besluit om haar Tirza te noem, eers met ’n h, later tog maar daarsonder om Hebreeuse assosiasies te vermy” (p.146). Die verbinding van Hebreeuse konnotasies aan die naam Tirzah, geskryf met ’n h in Nederlands, lyk onwaarskynlik. Dit dui eerder op die egpaar Hofmeester se vermyding van enige veronderstelling dat hulle Joods of van Joodse afkoms is, ondanks Hofmeester se klaarblyklike kennis

Page 31: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

31

van die Bybel by monde van homself of van die verteller namens hom. Wanneer Hofmeester Choukri in ’n hoek vasgekeer het en ’n blad uit die Koran in sy mond gedruk het, omdat hy geweier het om tot Allah te bid, treiter Hofmeester hom met woorde wat ’n opvallende Ou-Testamentiese parallel het. Toe hulle afgod nie vuur uit die hemel op die dele van die geslagte bul op die houtaltaar laat neerkom het op berg Karmel nie, het Elia die Baäl-priesters gespot : “Roep hard; hy is mos ’n god. Hy is seker in gepeins, of hy het hom afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word” (1 Konings 18: 27). Eweneens treiter Hofmeester Choukri met honende woorde: “ ‘ Waar is Allah?... Waar is die profeet? Waarom het hulle nie gekom om jou te help nie? Het jy nie hard genoeg geroep nie, het jy miskien nie met genoeg oorgawe gebid nie? Roep maar nog ’n keer. Allah, roep hom maar, roep hom soos wat jy jou hondjie roep wat in die park verdwaal het. Laat ons twee saam na hom roep, Atta, miskien kom hy as ons saam roep. Miskien is hy ’n bietjie doof ’ ’’ (p.477). (iii) Die grimmige kinderspel Die woord “genoot” het in Afrikaans uitsluitlik die tweede lid van ’n samestelling geword. Daar is ’n verband tussen Tirza as haar vader se “tafelgenoot” en Tirza as haar minnaar se “seksgenoot”. Die vader vind veral bevrediging in die orale fase van sy seksdaad met Tirza se klasgenoot “Ester sonder ’n h” – wat Ester identifiseer met “Tirza sonder ’n h” – in die skuurtjie. Ook met die huishulp uit Ghana het Hofmeester anale en orale seks. Andreas het eweneens anale seks met Ibi tot Hofmeester se walging. Ten diepste deins Hofmeester terug van die seksuele daad soos telkens blyk uit sy gesprekke met die eggenote. Wanneer die seksdaad tussen Tirza en Choukri in die mees aanvaarde, gebruiklike en “normale” posisie vir ’n man en vrou plaasvind, is sy walging aan die daad net so intens as die anale seksdaad tussen Ibi en Andreas. Vir Kaisa beskryf hy die seksdaad tussen sy dogter en haar vriend soos hy dit in die fynste besonderhede waargeneem het en waaruit die intensiteit van sy walging spreek. Sy weersin in die seksuele daad oorkom Hofmeester op twee maniere. Eerstens deur daarvan ’n kinderagtige speletjie te maak

Page 32: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

32

waarin hy figureer as die sluipmoordenaar met die mes en sy eggenote as die vervolgde in ’n donker park soos in ’n speurverhaal. Tweedens deur die seksuele daad te manipuleer tot die orale; die enigste moontlike bevrediging wat dit hom kan gee soos wanneer hy Ester se geslagsdeel in die skuurtjie lek: “Hy lek en hy lek en onthou niks meer van die partytjie…Dus so vergeet jy: gekniel in die skuurtjie, besig om soos ’n hond te lek, jou hande op die boude van ’n klasmaatjie van jou jongste dogter” (p.290). Die orale bevrediging wat eet en kosmaak Hofmeester gee en die genot wat hy uit orale seks put, is simptomaties van ’n onbeskermde kind wat bly steek het in die oedipale fase in ’n ongelukkige gesin. Hofmeester se verhouding met sy ouers was kennelik nie ’n vertrouensverhouding waaruit hy kon groei tot ’n geïntegreerde, welaangepaste volwassene nie. Die sterkste en mees in sigself voltooide herinnering aan sy ouers kom by hom op as hy deur die direkteur van sy uitgewery meegedeel word dat daar besluit is om hom te ontslaan: “Hofmeester het sy bes gedoen om vriendelik te lyk en vir die eerste keer in jare het hy aan sy ouers en sy hoërskooltyd gedink. Kennelik maak dit nie saak hoe oud jy word nie, vier-en-vyftig, twee-en-sestig, as daar eenmaal ’n afgeknoude skoolseun in jou kom woon het en jy hom nie betyds uitgejaag het nie, dan bly hy vir altyd. Die vernedering, dit was die konstante faktor, dit was wat hom gebind het aan wie hy op dertienjarige ouderdom was. Die vernedering wat jy jou inbeeld, was miskien nog erger as die werklikheid” (pp. 154 – 155). In die bespreking van wêreldbekende sprokies in sy boek, The uses of enchantment , sê Bruna Bettelheim: “The same basic psychological constellations which recur in every person’s development can lead to the most diverse human fates and personalities, depending on what the individual’s other experiences are and how he interprets them to himself ”(1989:169). Jörgen Hofmeester bly steek in sy ervaring as tiener waardeur hy nie in staat is om sinvolle verhoudings aan te gaan en sy probleme te deurgrond en te oorkom nie. “Wat hy die graagste sou wou hê, was om vriende te word met met Tirza se onderwysers, maar sy gawe vir vriendskap was nie groot nie” (p. 89). Die twee onderwysers van Tirza met wie Hofmeester te doen kry, juffrou Veldman en mevrou Van Delven, het net minagting vir Hofmeester en nêrens in die roman is daar enige

Page 33: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

33

sprake van ’n vriend of vriende van hom nie. Sy lewe, waaraan net sy verhouding met sy dogter Tirza sin gegee het, word soos hy voorsien en gevrees het ’n woestyn. Saam met Kaisa vind sy regressie vanaf ’n dertienjarige na ’n negejarige plaas. Op hulle vierde dag in Lüderitz sê hy aan Kaisa “ ‘(W)eet jy, Kaisa…dit klink seker snaaks, maar ek dink ek is omtrent so oud soos jy. Ek is…’ Hy weet nie meer wat hy wou sê nie, of eintlik weet hy dit…Hy wil sê dat hy, Jörgen Hofmeester, die volwasse Jörgen Hofmeester, die redakteur van vertaalde fiksie eintlik nie bestaan en nooit bestaan het nie” (p. 495). As hy probeer om homself as negejarige voor die gees te roep, hoe hy gelyk het, wat hy gedra het, wat sy ouers vir hom gesê het en hy vir hulle, ontdek hy: “Sy geheue is ’n woestyn” (p.495). (iv) Die dood in die woestyn Ná die eggenote se onverwagse terugkeer, wil die gesprek aan tafel tussen Hofmeester, die vervreemde eggenote en Tirza soos te verwagte is glad nie vlot nie en Hofmeester probeer dit op gang kry deur oor Tirza se voorgenome reis in Afrika te begin praat. Hy sê dat Tirza eintlik in die hele Afrika geïnteresseerd is en “eintlik die graagste met openbare vervoer van die suidelikste puntjie van Suid-Afrika na Marokko wou reis”, maar dat hy dit verbied het. Hy voeg daaraan toe: “Openbare vervoer in die Kameroen, hoe moet ons ons dít voorstel? Die dood. Ek het êrens gelees dat hulle daar nie eens lykswaens het nie, dat hulle die dooies doodgewoon in die bus moet saamneem na die begraafplaas toe. Onder die arm” (p.44). Dit is ’n antisipasie van Hofmeester se eintlike reis in die Namib: Hy reis met die lyk van Tirza onder sy arm. Nadat hy aan Kaisa vertel het dat hy Tirza vermoor het, sê hy vir haar in wat neerkom op ’n selfgesprek met ’n onbegrypende kind van nege: “Nou weet jy hoekom ek hier is. Omdat ek Tirza soek, terwyl ek weet dat sy nooit hier was nie. Maar die eienaardigste is dat daar oomblikke is waarop ek twyfel. Dat ek nie meer met sekerheid weet nie. Dat ek dink: Dit was alles ’n spel, ’n spel in my eie kop. Dat ek dink dat sy tog maar saam met Atta Namibië toe gevlieg het, dat ek die dinge nie goed onthou nie” (p.479).

Page 34: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

34

Die moord op Tirza was egter nie ’n spel nie. Dit is voorberei deur die baie antisipasies; veral Hofmeester se vreesagtige skuheid vir die seksuele, sy geweld teen Andreas wat dié daad met Ibi gepleeg het, en sy oorweldigende weersin in Tirza se minnaar. Die verskuilde antisipasies bevestig ook die werklikheid van die moord, veral die meerdere verwysings na die kettingsaag wat die moordwapen word waarmee hy Choukri “snoei” tot stukkies liggaam. Ná sy aanskoue van die sekstoneel tussen Choukri en Tirza op die etenstafel voor die kaggelvuur in die vakansiehuis se woonkamer, word hy duiselig en moet hy vashou aan die vuuryster wat langs die kaggel hang. Die vuuryster word die moordwapen in sy hand waarmee hy sy sonkoningin doodslaan; sy dogter, die enigste mens wat hy werklik liefgehad het. By die moord eindig die spel. Tirsa, saam met die ander vier dogters van die Bybelse Selófhad, het gesorg daarvoor dat hulle vader se naam – net omdat hy geen seun gehad het nie – nie “uit sy geslag weggeneem word nie” (Num.27: 4). Hoe sal die naam van Hofmeester voortleef noudat sy dogter nie meer sy onvervulde ideale vir hom sal verwesenlik nie? Selófhad het “in die woestyn gesterf om sy sonde ontwil” (Num. 27: 3). Wat die aard van dié sonde was, word nie vermeld nie, maar dui wel daarop dat hy die beloofde land nie sou ingaan nie. Sy naam is egter met eer in sy geslagsregister opgeneem om voort te leef in die geskiedenis van Israel. Jörgen Hofmeester se poging om letterlik in die woestyn te sterf, misluk. Hy gaan nie die beloofde land binne nie, maar Van Eeghenstraat waar hy nie, soos hy verwag, verwelkom sal word as die weldoener wat ’n stigting vir straatkinders in Windhoek wil begin nie, maar gekonfronteer sal word met sy moord op twee jongmense. As hy onthou dat Tirza “gevind is” en besluit om haar te bel, weet hy nie meer soos in Lüderitz saam met Kaisa dat sy geheue ’n woestyn is nie. Hy gaan as geestesversteurde sy toekoms binne waarin, anders as wat Tirza op haar stempos sê, sy nie net op daardie oomblik nie daar is nie, maar nooit weer daar sal wees nie. Jörgen Hofmeester is vir goed met die lyk van sy sonkoning onder sy arm in die woestyn. (v) Die Sjoa (die Joodse volksmoord) as interteks Die kennis van die persoon en die lewe van ’n outeur kan nie sonder meer in die teks van enige literêre genre ingelees word nie. Dit kan

Page 35: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

35

slegs ter sprake gebring word as die verteller se karaktertekening van personasies deur die gedagte en gesproke woord en hulle optredes betrek kan word op die outeur. Die een bekende en belangrike biografiese feit oor die skrywer, Arnon Grunberg, is dat sy ouers as Duitse Jode na Nederland gekom het in die hoop om aan die Nazi’s se uitroeiingskampanje teen die Europese Jode te ontkom. Grunberg se vader het oorleef deurdat hy ondergeduik het, terwyl sy moeder op die jeugdige leeftyd van sestien Auschwitz oorleef het. Oorlewendes van die Sjoa (Hebreeus: “vernietiging”) of die Holocaust (Engels: “offer”) – internasionale terme wat ek verkies bo die veels te veralgemenende Afrikaanse vertaling “Joodse volksmoord” – staan bekend as die “tweede generasie”. Nie almal wat daaronder geskaar word, het vrede met die benaming nie. Die skrywer, Eva Hofmann, gee in After such knowldge, ’n indringende en veelkantige beskouing oor die nadraai van die Sjoa, ’n raak omskrywing oor wat onder die tweede generasie verstaan moet word. Sy doen dit as lid van dié generasie: “The story of the second generation is, above all, a strong example of an internalized past, of the way in which atrocity literally reverberates through the minds and lives of subsequent generations…But the Holocaust past, aside from being a profound personal legacy, is also a task. It demands something from us, an understanding that is larger than ourselves, that moves beyond the private vicissitudes of the inner life” (2005: 103). Die Sjoa is onderliggend aan die hele persoon van Hofmeester en sy lewe, maar as sodanig kom dit nooit eksiplisiet aan die orde nie. Dit is implisiet aanwesig in Hofmeester se verhouding met sy ouers en vind uitdrukking in wat die verteller in sy identifikasie met Hofmeester sê, maar by hoë uitsondering: “Hofmeester se ouers is getiranniseer; dit kon jy aan hulle sien, dit kon jy aan hulle ruik” (p. 103). Die angs-vallige wyse waarop hulle hul Joodsheid weggesteek het, was simptomaties van baie oorlewendes. Tydens sy eerste ete saam met Kaisa in hotel Heinitzburg vertel hy vir haar van sy ouers se vrees dat hulle Joodsheid bekend sou word: “ ‘My ouers was nie siek nie. Maar hulle was ook nie heeltemal gesond nie. Of eintlik wel, supergesond, te gesond…Hulle het alles wat siek was, gehaat. Want alles wat nie die norn was nie, was siek. Vir my ouers was daar geen verskil tussen psigiatriese pasiënte,

Page 36: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

36

Jode, swartmense, gays nie; almal ongeneeslik siek. Hulle self was genees van ’n siekte, maar hulle was tog bevrees dat daar iets daarvan agtergebly het,’n litteken, ’n afsaksel, ’n hardnekkige oorblyfsel wat enige oomblik weer kon ontsteek. Daarom het my vader eenmaal ’n Jood half doodgeslaan. Voor sy winkel. Met ’n graaf. Sodat niemand in die dorp daaraan sou twyfel dat hy genees is nie. Maar aan die einde van hulle lewe het hulle nie meer die deur oopgemaak nie. Ook nie as ons gekom het nie’ ’’ (p. 421). Ná sy belydenis van sy moord op Tirza en Choukri spreek Hofmeester sy verontwaardiging uit dat hulle seks gehad het “op die etenstafel, op die etenstafel wat my ouers s’n was” en voeg as ’n nagedagte by dat sy ouers se vreemde gedrag in hulle ouderdom die misbruik van hulle etenstafel vir seks nie geregverdig het nie: “Nou ja, hulle het wel die laaste jare van hulle lewe nie meer die deur oopgemaak nie, maar dit is ’n ander verhaal” (p.474). Dit is die verhaal van ouers wat die Sjoa oorleef het. ’n Klop aan die deur kon vir ’n Joodse gesin tydens die Tweede Wêreldoorlog beteken het dat die Gestapo op die drumpel staan. Hofmeester het in sy eie disfunksionele gesin wat tipies was van oorlewendes en dikwels ook van die tweede generasie ’n vloek gesien wat hy oorgedra het. In een van sy lang reminissensies sê hy van Tirza dat sy “siek was” en dat hy haar “siekte” was: “ ‘Ander mense kan sê: ‘Ek is siek, ek moet gesond word.’ Of: “Ek kan nie gesond word nie, hoe graag ek ook wil.’ Maar die siekte kan nie. Dit is die verskil tussen die byvoeglike en die selfstandige naamwoord. Die siekte moet ’n siekte bly. Ek is die selfstandige naamwoord.’ ” (p.457). Wat Hofmeester ontken het toe hy as vader en eggenoot nog sterk wou voorkom, erken hy nou: Hy is ’n gedoofde lamppit en ’n geknakte riet (Jes.42: 3). Die verhaal waaroor Arnon Grunberg sy roman geskryf het, is nie sy verhaal nie, maar die verhaal van ’n man wat hy uit sy kennis van die lewe en van die Ou Testament en die Sjoa op ’n diep-menslike vlak ken en begryp. Hofmeester interpreteer sy verhaal as volg: “ ‘Die verhaal. Ja,’ sê hy, ‘die verhaal van die gesin Hofmeester is die vernietiging van die gesin Hofmeester ’ ” (p. 457). Lina Spies

Page 37: Die smeulende pit€¦ · gebeurtenis binne die verloop van die verhaal wat vertel word. Die lewe self is die bron van die vertelkuns, maar uiteraard gaan dit in ’n roman oor die

37

Bronnelys Bettelheim, Bruno. 1989. The uses of enchantment. New York: Vintage. De Boekenwereld, jaargang 30 nummer 3, 2014: Arnon Grunberg. Die Bybel. 1957. Kaapstad: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap. Grunberg, Arnon. 2007. Tirza. Amsterdam: Nijgh & Van Ditmar. Grunberg, Arnon. 2014. Tirza (Uit Nederlands vertaal deur Lina Spies). Pretoria: Protea Boekuis. Hofmann, Eva. 2005. After such knowledge: A meditation on the aftermath of the Holocaust. Londen: Vintage. Lämmert, Eberhard. 1968. Bauformen des Erzählens. Stuttgart: J. B. Metzlersche Verlagsbuchhandlung. Mulder, Caroline & Vic van der Reijt (reds.). 2014. Arnon Grunberg: Ich will doch nur, dass ihr mich liebt. Amsterdam: Nijg & Van Ditmar.