4
Tel. 021 863 2700/1635 - Faks 021 863 2797 Epos: [email protected], www.suiderpaarl.co.za, Ds. Carel van Wyk 082 870 5701, Ds. Theo Hay 083 280 6184 Dr. André Kilian 082 320 1784, Jeug: Vicus Kruger 082 929 7163 Ds. Lenois Stander 084 627 9543 (Bybel-Media) Ons Jaartema: Jubeljaar 50 (Lukas 4:19) Baie welkom aan alle nuwe vriende. Ons wil julle graag ontmoet na die erediens op die verhoog. Dit is met groot opgewondenheid dat ons uitsien om hierdie jaar saam met julle kinders te groei. Ons is tans in ons 6de jaar van die Bybelmedia LP3 reeks. Die ontwerp bestaan uit `n lyn met hoofmomente van die Bybelse verhaal. 12 Panele word gebruik om die lyn te bou. Verskeie prente help die kinders om die verhaal binne die groter prent van die Bybel te plaas en te verstaan. Portrette van figure word op die panele geplaas om visuele konteks en agtergrond te skep vir die tydperk waarin die karakters geleef het. Reekse van Kidsxpress word ook in die lyn ingepas om diepte aan ‘n spesifieke Bybelverhaal te gee. Graad 1 – God se Coolste plan. Ons sien ons hoef nie `n plan te maak om die wêreld heel te maak nie. Die Here is die Planmaker. Hy nooi ons om opgewonde te raak oor sy plan, en om Hartlik welkom! 08:00 EREDIENS – Ds. Carel van Wyk 09:00 KLAPMUTS - Dr. André Kilian 09:30 EREDIENS - Ds. Theo Hay 09:30 Ark Gr 1-6 en kleuterkerk 18:00 Flavourdiens by die Tienerkerk Volgende Sondag 08:00 EREDIENS – Ds. Carel v Wyk 09:00 KLAPMUTS – Ds. André Kilian 09:30 EREDIENS - Ds. Theo Hay 09:30 Ark vir Gr 1-6 en kleuterkerk. 18:00 Tienerkerk Help! kommunikasie = NB! *Gaan jou kontak inligting na in voorportaal. *Veral jou epos adres. *Ons sal net relevante geestelike inligting epos. *SMS is te duur.

Hartlik welkom! - Suider-Paarl Gemeente · prente help die kinders om die verhaal binne die groter prent van die Bybel te plaas en te verstaan. Portrette van figure word op die panele

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Tel. 021 863 2700/1635 - Faks 021 863 2797 Epos: [email protected], www.suiderpaarl.co.za,

Ds. Carel van Wyk 082 870 5701, Ds. Theo Hay 083 280 6184 Dr. André Kilian 082 320 1784, Jeug: Vicus Kruger 082 929 7163

Ds. Lenois Stander 084 627 9543 (Bybel-Media)

Ons Jaartema:

Jubeljaar 50 (Lukas 4:19)

Baie welkom aan alle nuwe vriende. Ons wil julle graag ontmoet na die erediens op die verhoog.

Dit is met groot opgewondenheid dat ons uitsien om hierdie jaar saam met julle kinders te groei. Ons is tans in ons 6de jaar van die Bybelmedia LP3 reeks. Die ontwerp bestaan uit `n lyn met hoofmomente van die Bybelse verhaal. 12 Panele word gebruik om die lyn te bou. Verskeie prente help die kinders om die verhaal binne die groter prent van die Bybel te plaas en te verstaan. Portrette van figure word op die panele geplaas om visuele konteks en agtergrond te skep vir die tydperk waarin die karakters geleef het. Reekse van Kidsxpress word ook in die lyn ingepas om diepte aan ‘n spesifieke Bybelverhaal te gee. Graad 1 – God se Coolste plan. Ons sien ons hoef nie `n plan te maak om die wêreld heel te maak nie. Die Here is die Planmaker. Hy nooi ons om opgewonde te raak oor sy plan, en om

Hartlik welkom! 08:00 EREDIENS – Ds. Carel van Wyk

09:00 KLAPMUTS - Dr. André Kilian

09:30 EREDIENS - Ds. Theo Hay

09:30 Ark Gr 1-6 en kleuterkerk

18:00 Flavourdiens by die Tienerkerk

Volgende Sondag

08:00 EREDIENS – Ds. Carel v Wyk

09:00 KLAPMUTS – Ds. André Kilian

09:30 EREDIENS - Ds. Theo Hay

09:30 Ark vir Gr 1-6 en kleuterkerk.

18:00 Tienerkerk

Help!

kommunikasie = NB! *Gaan jou kontak inligting na in

voorportaal. *Veral jou epos adres.

*Ons sal net relevante geestelike

inligting epos. *SMS is te duur.

gewillig te wees om deel van sy plan te word. Ons ontmoet Jesus as Verlosser en stap `n pad saam met die hoofkarakters van die Skepping tot by Josef. Graad 2 – Wys my die Weg. Die lewe is soos `n pad waarop ons loop. Niemand voor ons het al ons lewe geleef nie. Daarom is ons lewe vol verrassings, soos `n splinternuwe pad waarop ons die eerste keer ry. Natuurlik kan so `n pad ons bang maak. Daarom het ons hulp nodig. Hierdie jaar gaan ons kyk hoe God die Israeliete uit Egipte op hulle pad na Kanaan gelei het. God het vir hulle sy hand gegee en gesê: “Ek lei julle uit!” Ons gaan uit die boek Eksodus lees, maar ook uit Levitkus en Numeri. Weet jy wat die woord Eksodus beteken?. Eks = “uit” en odus = pad; Eksodus beteken daarom “die pad uit” Deur die Israeliete se groot staptog na Kanaan en Jesus in elke tree te identifiseer, gaan ons leer hoe ons,ons lewe vandag kan leef: Waarheen gaan ek? Wie gaan saam met my? Watter verrassings is daar op my pad? Watter gevare kan ek verwag en wat is my eindpunt? Ons gaan leer wat beteken die woord Verbond en saam `n model maak van die tabernakel, want so sien ons hoe Jesus ons Paaslam en Tabernakel word. Ons is die aardse woning vir die Hemelse Koning. Graad 3 – Ene Ore. Ons leef in ʼn lewende verhouding met die Here. In hierdie verhouding is daar kommunikasie. Ons Here en Leier neem ons hand en loop al pratende saam met ons vorentoe. Soms hoor ons wat Hy sê. Soms luister ons nie. Soms luister ons half. In die verhale in die Bybel sien ons wat gebeur wanneer mense luister, nie luister nie, half luister of vergeet wat hulle gehoor het. Een van die wonderlike dinge wat gebeur wanneer die Here met ons praat en ons sy stem hoor, is dat ons anders begin leef. Ons manier van leef (ons maniere, leefstyl en gedrag) verander. Dit het ʼn groot invloed op alles en almal rondom ons. Hierdie jaar se verhaal speel af teen die einde van die volk Israel se reis na die Beloofde Land. Agter hulle lê ‘n pad van dood, waarop diegene moes uitsterf wat nie geglo het dat die Here hulle veertig jaar vantevore met veiligheid in die land kon inneem nie. Die nuwe geslag is nou weer op die punt om die land binne te trek. Ons klim in die skoene van Bybelkarakters soos Bileam en Samuel en ervaar wat gebeur wanneer die Here met hulle praat. Wat het ‘n Romeinse soldaat met ‘n Christen in gemeen? Antwoord: ‘n wapenrusting. Ons kyk in diepte na die Romeise wapenrusting en leer wat ons geestelike wapenrusting vir ons beteken. Graad 4 Leef soos Jesus. Deur speletjies en vasvrae hersien ons die laaste 3 jaar se lesse. Een van die wonderlike dinge wat gebeur wanneer die Here met ons praat en ons sy stem hoor en luister wat Hy vir ons sê, is dat ons anders begin leef. In die jaar se lesse sien ons wat gebeur met mense wat luister na die Here en sy voorbeeld volg. Ons kyk na Israel se eerste drie konings, Saul, Dawid en Salomo. Daarna kyk ons na die die volgende persone in die Bybel nl: Job, Elia, Elisa, die Baal profete, Naëman, Wat is ballingskap en wat het daar gebeur?,Jesaja, Jeremia en Jona. Gr 5 – Wow, Dis waar! God se kinders is moedeloos en alles is gebreek. Die volk Israel is in Ballingskap! Uit die swaarkry leer ons ook die goeie ken, en so ontmoet ons vir Daniel, Ester, Nehemia, Habakuk. Dit is mense wat opstaan vir dit waarin hulle glo en ‘n verskil maak, al is die omstandigheid hoe sleg. Uiteindelik ‘n Verlosser! Jesus. Ons volg Jesus se lewe op aarde en leer hoe Jesus vissers van mense maak. Deur die “ Incredible me” reeks leer ons onsself ken, wie ons in Christus is en om te getuig. Gr 6 – Wie is ek in Jesus? Ons gaan hierdie jaar inbou in die kinders se geestelike volwassenheid in hulle dag-tot- dag lewe. Hoe is ek ‘n Christen in die skool, sport en ons verhoudings met ander? Ons begin met Trots vs Nederigheid gevolg deur die “Walk” reeks. Hoe kommunikeer die Ark met ouers? In die gemeentebulletin word daar elke week, die oorhoofse tema met `n kort beskrywing en die Skrifgedeeldte wat die Sondag behandel word, geplaas. ‘n Opsomming van die les is op ons webtuiste. Indien u kind nie die les kan bywoon nie, kan u self met u kind die les deurwerk. Kinders wil graag deelneem aan die gesprekke in die klas en ouers kan so help om u kind tuis te laat voel in die klas.

Nagmaal: Kinders woon die erediens saam met die ouers in die kerk by. Daar sal wel ‘n groot- groep lesaanbieding in die Bovertrek wees vir die kinders wat nie vir die hele diens kan deursit in die kerk nie. Kleuterkerk gaan voort soos normaal. Die jeugwerk in Suider-Paarl Gemeente is afhanklik van almal wat hande vat. Neem asb. vrymoedigheid om met ons in gesprek te tree oor voorstelle of wenke of dinge wat pla. Benita van der Merwe [email protected] / 083 3794 702

Ons gaan DV binnekort begin met ‘n spirituele groei-ervaring in die

mistieke/meditatiewe tradisie. Dit sal iewers in die week (in die aand) plaasvind.

Hou die bulletin dop!

@ sitkamer vir jong volwassens skop af e.k. Dinsdag om 19:00- 21:00 by hul

nuwe sitkamer = Kikka Laborie. Tema: WORSHIP AS A WAY OF LIFE. Kontak Vicus

Kruger 082 9297163 en word deel!!!

Woensdagoggende Bybelstudie om 10:00 in die Bovertrek. Die reeks:

“God se wil” van Stephan Joubert word behandel. Almal welkom.

Die Omgeewa bediening skuif na Dinsdae-oggende om 10:00 by die stasie. Kontak

asb die kerkkantoor om deel te word van die groep wat daar bedien.

2018 Precept Bybelstudie klasse skuif na: L’Hugeunot Venue/Cellar, Val de Vie

Estate, R301 Jan van Riebeeckweg. Die boeke Esra en Haggai word behandel.

Maandag aande om 18:00 en Dinsdae oggende om 08:30. Nooi gerus julle vriende.

Kontakpersoon Ryan Whitehead [email protected] 071 609 8620

Tannie Henna Paulsen was ons oudste lidmaat. Sy is verlede jaar in Junie oorlede,

en ‘n herinneringsdiens kon weens familie- omstandighede nie op daardie stadium

plaasvind nie. Sy sou eerskomende Donderdag verjaar, daarom word ‘n klein

byeenkoms vir Dinsdag om 11:00 gereël aan huis van Gerhard en Soekie Blake, Des

Presstraat 16, De Zoete Inval.

Willem van der Colff. en sy seun (sendelinge uit Oekraïne), Tee op by Kikka Laborie

op 25 Januarie om 19:00, waar hy sy eie musiek in Afrikaans en Russies gaan sing.

Koste R150 pp, sluit in ‘n Gourmet Burger. Kontak Wessel Louw 082 693 7696

Suider-Paarl Gemeente bied ten bate van ons uitreike ‘n Valentyns-ete

aan op 14 Februarie te Marlenique landgoed. Koste R250pp sluit in ‘n

drie-gang maaltyd en ‘n bottelwyn.

24 Februarie - Klapmuts uitstappie. Meer inligting volg later.

Basaar met ‘n Plaas tema – 2 Maart. Ons beplan en woeker al reeds. Dink solank

waar en hoe jy gaan help. Kontak Francois Venter 082 527 6263.

Op-en-Wakkerklub: Kom geniet ‘n swart en wit tee op 8 Maart om 10:00. Drag:

swart en wit. Gasspreker en boekbekendstelling. Daar gaan ‘n verkoop tafel en

donasie blik wees. RSVP voor 5 Maart die kerkkantoor.

21 Januarie Flippie Barnard Monika Beukes Hannelie Burger Leah Fourie Janeson Plaatjies Francois Prinsloo Karin Smith-Hamman Luan Swart 22 Januarie Danie Alberts Henri De Villiers Paul De Villiers Robert Du Toit Riaan Liebenberg Bertus Smit Reinhard Watermeyer Petro Watts 23 Januarie Emile De Wet Janco Groenewald Daniël Haasbroek Joalet Human Elmarié Louw Luc Marais Noa Potgieter Anja Swart Andrea Terblanche

24 Januarie Jacques Botha Heleen Fourie Anine Hugo Bernard le Roux Maresa Samuel Vica-Marié Van Zyl 25 Januarie Megan Esterhuyse Michiel Kirsten Derik Lemmer Reina Pretorius Rico Prinsloo Alissa Scharrighuisen Fritz Schwabe Wilfried Schwabe Rudolf Van Der Spuy Hennie vd Westhuizen Charlotte Warie

26 Januarie James De Villiers Georg Du Preez Marco Engela Nina Haarhoff Kyla Heyl Jap Hickman Sanet Knight HJ Liebenberg Anita Loubser Elsjé Schuurman Stephen Terblanche Margeaux vd Merwe Bennie Walden 27 Januarie Bosman De Villiers Jozua Greyling Rudolf Hunlun Stella Johannes Samuel Lang Elrina Liebenberg Rachelle Marais Serina v Huyssteen

Hy (Jesus)

het ook in

Nasaret

gekom,

waar Hy

groot-

geword het,

en soos sy

gewoonte

was, het Hy

op die

sabbatdag

na die

sinagoge

gegaan.

Luk 4:16

Suider-Paarl Gemeente Absa

Takkode 632005

Tjekrekening 740580132

Jy kan op ‘n paar maniere ‘n bydrae gee. 1.Skandeer die Snapscan-kode hier bo met jou Android of Apple selfoon.

2.Per debietorder (vra ‘n vorm aan by [email protected])

3.Per elektroniese oorbetaling (sien bankbesonderhede)

4.Kontant in kollektebord.