4
MAANDELIKSE NUUSBRIEF 6 FEBRUARIE 2020 Uit die kantoor “When we fail to acknowledge and celebrate small victories, we get discouraged and the flame inside us starts to dwindle.”www.kristinkoonce.com Dit is ongelooflik om die positiwiteit van kinders aan die begin van ’n jaar te ervaar. Dit het die vermoë om almal wat daarmee in aanraking kom, aan te steek en met energie te laai. Die afgelope vakansie het ek baie kere gedink hoe mens daai positiewe energie, wat ’n kind uitstraal aan die begin van ’n jaar, kan koester sodat dit dwarsdeur in die jaar behoue kan bly. Die oplossing is die vier van klein oorwinnings. Deur die klein treë wat ons kinders, hetsy op sport of akademiese gebied, vorentoe gee vir hulle te wys en op te let en dan saam met hulle bly te wees, hou hulle gemotiveerd en bou aan hulle selfvertroue. Kom ons help ons kinders om mikpunte te stel, maar help hulle om die tree wat in daardie rigting gegee word te monitor. Dit sal die wêreld se verskil maak. Ek is so opgewonde vir ons kinders in ons skool en wat bereik kan word in 2020. Raak betrokke by jou skool en by jou kind en geniet die tye saam. Onthou, dié skool is ons almal s’n. Groete Pieter de Bruyn LAKOBOKNUUS Wêreld-hardopleesdag 2020 Ons biblioteek het die inisiatief op 5 Februarie ondersteun en ons opvoeders het met oorgawe ingespring om vir al ons kinders ’n heerlike kinderverhaal hardop voor te lees. Dit het gepaard gegaan met “funky” hoofbedekkings, verskillende stemme en gesigsuitdrukkings. Die registeropvoeders het klasse uitgeruil om dié lekkerte nog lekkerder te maak. Die kinders was gek oor hierdie bederf en dalk moet ons dit sommer ’n gereelde instelling maak. Op die foto hierbo vermaak mnr. Pieter die Graad 2's. Klerebank Die nuutste bestelvorms is reeds uitgegee vir ouers om skoolklere te bestel wat hul kinders benodig, veral vir die komende Wintermaande Die laaste dag vir hierdie briefies om terug te wees by juf. Ammie is 12 Februarie. DATUMS VERANDER / BYGEVOEG Die volgende datums is nie op die jaarprogram nie of het verander. Neem kennis daarvan. Gericke se sportdag vind op die 4de April 2020 plaas. Die volgende spanne neem deel: Netbal van o.8 tot o.13 (een span van elk) Rugby o.7 ; o.9 ; o.11 en o.13 Alle datums van krieketproewe op die jaarprogram verander. U sal binnekort meer inligting ontvang. Landloop se finale datums sal aan die einde van die eerste kwartaal beskikbaar wees. Laai gerus ons jaarprogram van ons webtuiste af. Remediëring Laerskool Koue Bokkeveld het vir my ‘n ongelooflike geleentheid gegee om die leerders individueel te help. Remediëring bied individuele onderwys aan om optimale leer te bevorder. Tydens remediëring help ek van Graad R tot Graad 7 leerders. Elke leerder werk teen sy/haar eie pas. Dit is vir my ‘n voorreg om met die leerders te werk en om hulle as individue te leer ken. Daar word verskeie materiale gebruik om vordering te verseker en ek werk saam met elke klasjuffrou. Ons werk almal saam as ‘n span en ons geniet elke oomblik. Ek sien uit na 2020 en om met elke Bokkie te werk. Liefde, Anke de Kock @lakobok

LAKOBOKNUUS - Laerskool Koue Bokkeveldlaerskoolkbv.co.za/wp-content/.../02/LAKOBOKNUUS-6... · Juffrou Hanle vertel ons 'n bietjie meer van die toer na die Suid-Kaap: "Die Vrydagmiddag

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LAKOBOKNUUS - Laerskool Koue Bokkeveldlaerskoolkbv.co.za/wp-content/.../02/LAKOBOKNUUS-6... · Juffrou Hanle vertel ons 'n bietjie meer van die toer na die Suid-Kaap: "Die Vrydagmiddag

MAANDELIKSE NUUSBRIEF – 6 FEBRUARIE 2020

Uit die kantoor “When we fail to acknowledge and celebrate small

victories, we get discouraged and the flame inside us

starts to dwindle.”www.kristinkoonce.com

Dit is ongelooflik om die positiwiteit van kinders aan die

begin van ’n jaar te ervaar. Dit het die vermoë om almal

wat daarmee in aanraking kom, aan te steek en met

energie te laai.

Die afgelope vakansie het ek baie kere gedink hoe mens

daai positiewe energie, wat ’n kind uitstraal aan die begin

van ’n jaar, kan koester sodat dit dwarsdeur in die jaar

behoue kan bly.

Die oplossing is die vier van klein oorwinnings. Deur die klein

treë wat ons kinders, hetsy op sport of akademiese

gebied, vorentoe gee vir hulle te wys en op te let en dan

saam met hulle bly te wees, hou hulle gemotiveerd en bou

aan hulle selfvertroue. Kom ons help ons kinders om

mikpunte te stel, maar help hulle om die tree wat in daardie

rigting gegee word te monitor. Dit sal die wêreld se verskil

maak.

Ek is so opgewonde vir ons kinders in ons skool en wat

bereik kan word in 2020. Raak betrokke by jou skool en by

jou kind en geniet die tye saam.

Onthou, dié skool is ons almal s’n.

Groete

Pieter de Bruyn

LAKOBOKNUUS

Wêreld-hardopleesdag 2020

Ons biblioteek het die inisiatief

op 5 Februarie ondersteun en

ons opvoeders het met oorgawe

ingespring om vir al ons kinders

’n heerlike kinderverhaal hardop

voor te lees. Dit het gepaard

gegaan met “funky”

hoofbedekkings, verskillende

stemme en gesigsuitdrukkings.

Die registeropvoeders het

klasse uitgeruil om dié lekkerte

nog lekkerder te maak. Die

kinders was gek oor hierdie

bederf en dalk moet ons dit

sommer ’n gereelde instelling

maak. Op die foto hierbo

vermaak mnr. Pieter die Graad

2's.

Klerebank Die nuutste

bestelvorms is reeds uitgegee vir ouers om skoolklere te bestel wat hul

kinders benodig, veral

vir die komende

Wintermaande Die laaste dag

vir hierdie briefies om

terug te wees by juf. Ammie

is 12 Februarie.

DATUMS VERANDER / BYGEVOEG

Die volgende datums is nie op die jaarprogram nie

of het verander. Neem kennis daarvan.

Gericke se sportdag vind op die 4de April 2020 plaas. Die volgende spanne neem deel: Netbal van o.8 tot o.13 (een span van elk) Rugby o.7 ; o.9 ; o.11 en o.13 Alle datums van krieketproewe op die jaarprogram

verander. U sal binnekort meer inligting ontvang.

Landloop se finale datums sal aan die einde van die

eerste kwartaal beskikbaar wees.

Laai gerus ons jaarprogram van ons webtuiste af.

Remediëring Laerskool Koue Bokkeveld het vir my ‘n ongelooflike geleentheid gegee om die leerders individueel te help. Remediëring bied individuele onderwys aan om optimale leer te bevorder. Tydens remediëring help ek van Graad R tot Graad 7 leerders. Elke leerder werk teen sy/haar eie pas. Dit is vir my ‘n voorreg om met die leerders te werk en om hulle as individue te leer ken. Daar word verskeie materiale gebruik om vordering te verseker en ek werk saam met elke klasjuffrou. Ons werk almal saam as ‘n span en ons geniet elke oomblik. Ek sien uit na 2020 en om met elke Bokkie te werk. Liefde, Anke de Kock

@lakobok

Page 2: LAKOBOKNUUS - Laerskool Koue Bokkeveldlaerskoolkbv.co.za/wp-content/.../02/LAKOBOKNUUS-6... · Juffrou Hanle vertel ons 'n bietjie meer van die toer na die Suid-Kaap: "Die Vrydagmiddag

AB-Tutoring AB-Tutoring skop hierdie jaar af met splinternuwe pakkette. Die pakkette is van Graad 1 tot 4. Die ouer(s) kan self kies waarmee hul kind gehelp moet word. Hulp word verleen met Tale, Wiskunde of Huiswerk. Vir die Graad 1 leerder is ‘n sessie 40 minute lank en vir die Graad 2 tot 4 leerder 60 minute. Alle sessies is R100 per les en AB-Tutoring sal nodige ondersteuningsmateriaal verskaf, indien nodig. Alle sessies word uit my klaskamer op Laerskool Koue Bokkeveld se perseel gedoen. Dankie aan almal se ondersteuning tot dusver en dankie aan Laerskool Koue Bokkeveld wat hulle deure vir my oopgemaak het en my so welkom laat voel het. Liefde, Anke

Klashulp

Alecia Kamfer was die afgelope vier jaar by ons skool betrokke as klashulp. Sy was 'n regte raakvatter en het hoofsaaklik in die Grondslagfase gehelp, maar was altyd bereid om oral uit te help en tot sport af te rig. Sy het die pos as programhoof by Trappies Bewaarskool aanvaar. Ons is baie trots op haar en wens haar sterkte en net die mooiste wense toe!

Nella Theron, 'n bekende gesig by ons, is in haar plek aangestel. Nella was verlede jaar in Nederland. Voor dit was sy 'n klashulp by Pre-Gr R. Ons en ons kinders is bekend met haar en baie bly om haar weer by ons terug te hê! Welkom, juffrou Nella, mag jy baie gelukkig wees by Laerskool Koue Bokkeveld!

Eerskomende Saterdag, 8 Februarie, vind die Sone Byeenkoms op ons skool se velde plaas. Daar is 36 van ons skool se atlete wat gaan deelneem aan hierdie byeenkoms. Die byeenkoms word deur die Sone gereël en ons bied slegs die geriewe aan. Ons wens elke atleet sterkte toe! Baie dankie ook aan ons OOV en ouers wat die snoepie gaan behartig en beman vir die dag. Ons waardeer jul moeite en opoffering!

English Day To help make English Day more successful, I've decided to compile a group of grade 6 learners in order to create an English Day Committee. These learners will act like ambassadors on English Day, making sure everyone is aware and focused on improving their English. They will also help to come up with new ideas on improving English Day and make sure that all activities on the day run smoothly. These learners are: Karin, Kay, Ester, Danica, Chris-Marie, Sofia, Cara, Lucia and Deandre. Watch this space to see what these dynamic girls have planned for their first English Day as a committee.

Personeelnuus

Juffrou Carlien verwag haar tweede babatjie en juffrou Annelize trou oor bietjie meer as 'n maand.

Ons is saam met julle opgewonde!

Graad R

Welkom aan Tilla Januarie wat aangestel is vir

twee oggende as assistent by Graad R. Ons

hoop die kleintjies bring baie vreugde vir jou.

Kom kuier saam met ons skoolfamilie op

Vrydag 13 Maart. Bied jou hulp aan en wees

deel van die pret in die WILDE WESTE. Stof

solank jou WILD WEST klere af, poets jou

BOOTS en oefen daai LINE DANCE.

Moenie 'n KAKTUS wees en uitmis op die

lekkerte van die SALOON nie. Al is dit

DROOG, sal die WILDE WESTE jou 'n

lafenis bied.

Krieketnuus Ons eerste ligawedstryd vir die o.11-seuns het Maandag, 3 Februarie, plaasgevind. Ons

manne het teen Laerskool Morrisdale gespeel en het pragtig presteer. Ons het 122 lopies

vir 20 beurte geslaan en toe vir Morrisdale uitgeboul vir 27 lopies. Daar was ’n paar

pragtige prestasies. Hanno du Toit slaan 51, nie uit nie en vat 3 paaltjies. Theo van Rooyen

slaan 25, nie uit nie en vat 2 paaltjies en Charl du Toit het ’n driekuns behaal. Baie geluk,

manne! ’n Groot groep van ons seuns het in die Desembervakansie deur CDA krieket gespeel. Dit is

’n wonderlike geleentheid vir die seuns. Ons wag vir terugvoer van CDA oor hulle

prestasies en sal dit deurgee sodra ons dit ontvang het. Dankie, vir die ekstra harde werk,

manne!

Page 3: LAKOBOKNUUS - Laerskool Koue Bokkeveldlaerskoolkbv.co.za/wp-content/.../02/LAKOBOKNUUS-6... · Juffrou Hanle vertel ons 'n bietjie meer van die toer na die Suid-Kaap: "Die Vrydagmiddag

TENNISNUUS Juffrou Hanle vertel ons 'n bietjie meer van die toer na die Suid-Kaap:

"Die Vrydagmiddag het ons die bekende Kango Grotte besoek. Wat ‘n belewenis en die

hoogtepunt vir baie op die toer. Ons het Vrydagaand teen Laerskool Wesbank gespeel. Die meisies

se telling was 4 elk en die seuns 3-5. Ons laaste wedstryd het 23: 20 geëindig (tennis is onder

spreiligte gespeel) en ons is na ons akkommodasie by die Klein Karoo Vaardigheidsskool. Die

meisies het sommer ‘n koue stort gevat en almal was 24: 10 veilig in die bed.

Die Saterdagoggend het ons teen Laerskool George-Suid gespeel. Ons wen George-Suid 14 -10.

Ons sê baie dankie aan beide skole vir ons mooi ontvangs.

Daarna het ons Wilgewandel besoek, kameel gery, ‘waterslides’ gery, foefie slide en watertrapkarre.

Op die middag se spyskaart was burgers en chips. Later het ons gaan swem en die aand gesellig

saam gebraai.

Die toer is iets spesiaals en iets wat ons sal koester en wat ons sal inspireer vir verdere goeie

tennis!

Baie dankie aan Gerhardt Kotze van South Africa Long Distance Transport vir die borg van oefen

tennis tops. Ons lyk baie spoggerig. Dankie ook aan Tannie Lida vir die skenk van Powerades en

snoepgoed vir die pad."

Ba'Bino & Pre-Graad R Op 31 Januarie 2020 het ons weer ‘n suksesvolle Appel Vastrap op Rocklands aangebied. Daar het 150 mense die dans bygewoon en “DJ Wico” was aan die brand. Baie dankie aan al ons ouers wat hard

gewerk het. Ook ‘n spesiale dankie aan De Keur vir die gebruik van hul fasiliteite in oestyd asook aan al ons borge. Komende naweek werk ons ouers weer by die jaarlikse Tankwa

Trek. Dankie aan entoesiastiese ouers wat reëlings vinnig kafdraf.

Karakterkampioene 'n Karakterkampioen is 'n uitblinker. Hy/sy toon uitsonderlike

karakter. Ons sien dit raak. Leerders (Graad 1 tot 7) ontvang

tydens saal 'n sertifikaat hiervoor. Hou gerus ons Facebook-

bladsy dop om te sien wie hulle is.

Hierdie toekennings vorm deel van die skool se

waardegedrewe stelsel. Gedurende die jaar sal daar

maandeliks op 'n waarde gefokus word.

Gedurende Januarie het ons die vyf kernwaardes van die skool

hersien. Vra gerus u kind uit oor die handjie. Ons fokus tydens

Februarie op verantwoordelikheid.

By Laerskool Koue Bokkeveld VOER ons ons kinders NET DIE

BESTE. Kyk wat word hulle gevoer:

V – verantwoordelikheid O – omgee E – eerlikheid R – Respek NET DIE BESTE – uitnemendheid

Valentynsdag Dis weer amper tyd om hierdie dag te vier!

Die Graad 7's bied op Valentynsdag lekker

vermaak gedurende pouse aan. Onthou

om 'n geldjie te bring! Hulle verkoop

roomys en allerhande lekkernye en daar sal

'n verskeidenheid speletjies ook wees.

Baie dankie aan almal wat reeds die

koerantjie (ValenTIMES) bestel het.

Bestellings kan nog tot Dinsdag geplaas

word.

Alle fondse wat Graad 7 op Valentynsdag insamel, word gebruik om vir die skool 'n geskenk te koop.

Dankie vir julle ondersteuning ♥ ♥ ♥

Op 30 en 31 Januarie het die leerlingraad 'n

leierskapontwikkelingskamp, aangebied deur

COOL PLAY SA, bygewoon. Hulle het dit baie

leersaam gevind. Sterkte met die groot taak op jul skouers. Ons weet jul kan!

Page 4: LAKOBOKNUUS - Laerskool Koue Bokkeveldlaerskoolkbv.co.za/wp-content/.../02/LAKOBOKNUUS-6... · Juffrou Hanle vertel ons 'n bietjie meer van die toer na die Suid-Kaap: "Die Vrydagmiddag

Die skool se kleedkamers is onlangs deur Jeanette

van der Merwe opgeknap. Gedurende die vakansie

het die personeel se kleedkamer ook 'n beurt gekry.

Dit is werklik pragtig! Ons waardeer dit regtig baie.

Ons sê baie, baie dankie!

SBL NUUS

Op 22 Januarie 2020 het ons ouers ‘n nuwe kandidaat tot die SBL genomineer en is

hy deur die SBL verkies tydens die SBL vergadering van 29 Januarie 2020. Ons wil dus

vir Denzil van der Merwe verwelkom tot die SBL waar hy ook tot voorsitter verkies is.

In dieselfde asem wil ons vir Heinie du Toit hartlik bedank vir sy ongelooflike bydrae

tydens sy voorsitterskaptermyn van die SBL. Die wyse waarmee hy sake en mense

hanteer het, laat ‘n indruk. Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons

huidige SBL lede, weer aan u bekend te maak. Indien ouers enige sake het wat hul

wil bespreek, kan u met die betrokke SBL Lid praat. U is ook welkom om Pieter de

Bruyn, direk te kontak.

SBL Groete

Denzil van der Merwe Voorsitter

Cathy du Toit Ondervoorsitter & Bemarking

Wehan Lourens Akademie

Johan Louw Geboue en Terrein

Frans van der Merwe Sport

Zelda Meaker Sekretaresse

Lizelle Bothma Finansies

Pieter de Bruyn Skoolhoof

Rolien Viljoen Personeel

Suretha Franken Personeel

Wil jy meer oor die skool weet?

Besoek gerus ons webtuiste. Gebruik

'n QR scanner en scan hierdie kode.

Pragtige Badkamers

Baie dankie aan De Keur wat hierdie pragtige

gazebo aan ons geskenk het. Op die foto het Charl

du Toit die gazebo kom oorhandig. Ons waardeer

julle betrokkenheid by die skool baie. V.l.n.r. Wilmien Oosthuizen (hoofmeisie), Pieter de Bruyn

(skoolhoof), Charl du Toit, Marno van der Merwe (hoofseun)

Oudskoliere Ons wil u aanmoedig om die skool op hoogte te hou

van oudskoliere se prestasies.

Kontak gerus vir Zelda in die kantoor by 0231670611

of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Uitblinkers op ander gebiede AJ Louw het die 1ste Februarie aan rondte 1 van die

Western Cape Offroad Club deelgeneem. Hy het in

die 1ste plek geëindig. Pragtig!

Kaylene Samuel neem karate en presteer mooi.

Kata – Brons

Kumite – Silwer

Baie geluk, Kaylene!