11
1 GKSA NUUSBROKKIES Sondag 1 Maart 2020 LIEF EN LEED Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 1 Maart Mev CJ Ferreira (Elsie), eggenote van prof IW Ferreira (Naas) TSP 1 Maart Mev A Lubbinge (Alta), eggenote van ds P Lubbinge (Paul) GK Mosselbaai 2 Maart Ds PJ van der Walt (Pieter) GK Witrivier 2 Maart Mev MMP van Schaik (Marietjie), eggenote van ds J van Schaik (Joop) GK Randburg 2 Maart Mev T Zwemstra (Tanya), eggenote van ds DG Zwemstra (Dinant) GK Strand 3 Maart Ds HJ Coetzee (Herman) GK Amanzimtoti 3 Maart Mev ML Nkoana (Monicca), eggenote van ds HM Nkoana (Herens) GK Ramotse 4 Maart Ds C Jooste (Christiaan) GK Waterberg 5 Maart Ds AL Pelser (Abrie) GK Bethlehem Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 1 Maart Mev MJ Coetzee (Margaretha), weduwee van ds JP Coetzee (Jan) GK Pretoria-Meintjeskop 2 Maart Mev L Denkema (Linda), eggenote van prof F Denkema (Faan) TSP 3 Maart Mev JC du Plessis (Nannie), eggenote van ds P du Plessis (Piet) GK Thabazimbi 3 Maart Ds LH van Schaik (Leo) GK Springs 4 Maart Ds OT Serobatse (Onismus) GK Ikageng

LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

1

GKSA NUUSBROKKIES

Sondag 1 Maart 2020

LIEF EN LEED

Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 1 Maart Mev CJ Ferreira (Elsie), eggenote van prof IW Ferreira (Naas) – TSP 1 Maart Mev A Lubbinge (Alta), eggenote van ds P Lubbinge (Paul) – GK

Mosselbaai 2 Maart Ds PJ van der Walt (Pieter) – GK Witrivier 2 Maart Mev MMP van Schaik (Marietjie), eggenote van ds J van Schaik

(Joop) – GK Randburg 2 Maart Mev T Zwemstra (Tanya), eggenote van

ds DG Zwemstra (Dinant) – GK Strand 3 Maart Ds HJ Coetzee (Herman) – GK

Amanzimtoti 3 Maart Mev ML Nkoana (Monicca), eggenote

van ds HM Nkoana (Herens) – GK Ramotse

4 Maart Ds C Jooste (Christiaan) – GK Waterberg

5 Maart Ds AL Pelser (Abrie) – GK Bethlehem Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 1 Maart Mev MJ Coetzee (Margaretha), weduwee van ds JP Coetzee (Jan) –

GK Pretoria-Meintjeskop 2 Maart Mev L Denkema (Linda), eggenote van prof F Denkema (Faan) –

TSP 3 Maart Mev JC du Plessis (Nannie), eggenote van ds P du Plessis (Piet) –

GK Thabazimbi 3 Maart Ds LH van Schaik (Leo) – GK Springs 4 Maart Ds OT Serobatse (Onismus) – GK Ikageng

Page 2: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

2

Hartlike gelukwense aan die volgende teologiese student met sy verjaarsdag 1 Maart Jaco Coetzee

Gods ryke seën word u toegewens vir die nuwe lewensjaar (Ps 16:5, 6)

On Friday 21 February 2020, Rev JC and Esmari Potgieter (Reformed Church Tshwane) received a baby boy, Andreas. Andreas passed away during the early hours of Tuesday 25 February 2020. The funeral is scheduled for Friday 28 February 2020 in the hall of RC Rietvallei. Please pray for Rev JC and Esmari that they receive the peace that passes all understanding.

KERKLIKE ADMINISTRASIE

Beroep ontvang

• Proponent R Steyn (Ruan) na GK Tsumeb as medeleraar met die opdrag van kerkplanting in Oshakati

Beroep bedank

• Ds C Jooste (Christiaan) van GK Waterberg na GK Potchefstroom

• Ds PGP le Roux (Pieter) van GK Wonderboompoort na GK Totiusdal

Veranderinge in kontakbesonderhede GK Bloemburg

Predikant: Ds Dirk Meijer. Sel: 068 574 3516. E-pos: [email protected] Eredienstye: 10:00 en 18:00 (LW ‘n tweede erediens vanaf 1 Maart 2020) GK Elandskraal Skriba: Martinus Beumer. Sel: 083 557 2043. E-pos: [email protected] Attes-skriba: Trevor Viljoen. Sel: 082 446 6755. E-pos: [email protected] GK Hendrina Die posadres is gekanselleer. Alle posstukke moet nou na De Jagerstraat 15, Hendrina, 1095 gestuur word. Elektroniese pos na : [email protected]

Page 3: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

3

Bevestiging Die bevestiging van ds Henk Stavast, GK Nylstroom, vind plaas op Saterdag 7 Maart 2020. Die bevestiging sal deur ds Cassie Aucamp van GK Andeon hanteer word. Ds Stavast lewer sy intreepreek op Sondag 8 Maart 2020 tydens ‘n gesamentlike erediens tussen GK Nylstroom en GK Waterberg.

PROPONENTE BEROEPBAAR GESTEL

Proponent R Steyn (Ruan) Sel: 072 818 4439 E-pos: [email protected]

Ruan en Zonika

Proponent J van Schaik (Hanno) Sel: 072 105 3961

E-pos: [email protected]

Hanno en Lizaní

Proponent GJ Venter (Jonker) Sel: 082 566 3216 E-pos: [email protected] Jonker en Erika met Alexander en Clarinda

Page 4: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

4

Proponent P Mkupa (Phumlani) Sel: 078 335 8753

E-pos: [email protected] Beroepbaarstelling van ds MJ Nkili ingevolge KO, art 11 Ds MJ Nkili (Jafta) Sel: 086 636 8212 / 076 489 8601 E-pos: [email protected] Beroepbaarstelling is geldig tot 31 Augustus 2020

Kennisgewing – Beroepbaarstelling van Dr VE d’Assonville

Klassis Waterberg, met die advies van die Deputate van Streeksinode Bosveld, het op sy vergadering van 25 Februarie 2020 besluit om Dr VE d’Assonville van Gereformeerde Kerk Marble Hall volgens Kerkorde artikel 11 binne die GKSA beroepbaar te stel vir die tydperk tot 31 Augustus 2020. Die Klassis het dankbaar kennis geneem van die besondere werk wat Dr d’Assonville as sendeling van Gereformeerde Kerk Marble Hall in teologiese opleiding in Duitsland doen. Vanweë finansiële druk kan die Gereformeerde Kerk Marble Hall nie meer met hierdie werk voortgaan nie. Ons bid Dr d’Assonville en sy gesin die seën van die Here toe, met die vaste vertroue dat die Here binne sy raad in hierdie tyd van

afwagting op ‘n beroep, sal voorsien. Ds C Jooste Voorsitter: Korresponderende Kerkraad (Waterberg)

Page 5: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

5

Page 6: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

6

O, AARDE!”: FLITS 26 “LAAT DAAR LIG WEES ….!” Vir dr Henk Strooiprater, mondstuk van die Deputate:Omgewing van die GKSA, en sy vrou is dit altyd ‘n vreugde wanneer hul kleindogter, Hanlie, in skoolvakansies kom kuier. Die kind praat aanmekaar - en dikwels is hulle verstom oor wat sy waarneem en kwytraak. Soos toe hulle ligte een aand uitgaan weens “beurtkrag”. Hanlie: Ek is darem bly dat God nie uitgaan nie. Nou-die-dag toe die skool se ligte uitgaan, het ons juffrou so gesê, want die Bybel sê “God is lig”. Dis daarom dat Hy aan die begin net kon sê: “Laat daar lig wees!” – en daar was lig: die lig wat van Hom uitstraal! Dr Henk: Ja, ons kan dit nie verstaan nie, maar sy’s reg. Eers op die vierde skeppingsdag het God die “ligte” in die hemelruim gesit om lig te gee en om dag en nag en die seisoene te onderskei. H: Maar wat is lig werklik, Oupa? Dr H: Dis energie wat, ons kan maar sê, God in die son ingebou het om lig aan die sonnestelsel te verskaf. As dit nie so was nie sou plante nie kon fotosinteer nie en sou dus nie kon leef nie. Daar sou ook nie seestrome en weerstelsels en klimaat wees nie. Sonder daardie lig sou lewe soos ons dit ken nie moontlik gewees het nie. H: Maar hoe maak Eskom dan lig? Is hy dan soos God? Dr H: Eskom maak nie lig nie: hy ontsluit maar net die energie wat die Skepper in sekere materiale ingebou het en stuur dit uit as elektrisisteit wat dan weer in lig omgesit word. Lampe en kerse en motorligte “maak” ook nie lig nie: dit sit bloot energie om in lig. H: Maar hoekom is die lig van die son as hy ondergaan of opkom dan nie helder nie: dis rooi of oranje? En die volmaan is dan geel! Dr H: Goeie vraag! Lig soos ons dit sien is wit, maar in werklikheid bestaan wit lig uit drie basiese kleure: rooi, blou en geel. Alle ander kleure is sekondêre kleure: mengsels van die drie. As lig deur sekere filters skyn, kan elke kleur uitgefilter word. Dis wat gebeur met sonsondergang en sonsopkoms: die atmosfeer werk soos ‘n filter sodat die blou en groen byna heeltemal uitgeskakel word. Diselfde gebeur met die maan. H: Maar wat van die reënboog? Ons juffrou sê dis ook lig waarmee God met ons praat. Maar ek verstaan nie mooi nie. Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê Hy maak ‘n verbond met die mense en die natuur dat Hy nooit weer die aarde op so ‘n manier sal straf nie. Die reënboog waarin al die kleure van lig uitstraal, sal altyd die teken wees van hierdie verbond. Ons kan sê die

Page 7: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

7

reënboog is die weerspieëling van die veelkleurige genade van God oor sy skepping. H: Dis wonderlik, Oupa! Dr H: Ek stem saam – en ons verstaan dat daardie eerste woorde wat oor die skepping weerklink het, “Laat daar lig wees!”, nie bloot woorde was nie, maar openbaring van God: so is Hy. In 1 Johannes 1:5 staan: s “Dis die boodskap wat ons by Hom, Jesus, gehoor het en aan julle verkondig: God is lig en daar is geen duisternis in Hom nie”. Dis waarom Jesus in Johannes 8:12 sê: “Ek is die lig van die wêreld. Wie My volg sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee”. Jesus was dus ander groot openbaring van wie en hoe God is - en elkeen wat in Hom glo, leef in daardie lig en straal dit uit. H: Is dit dan reg as ons bang is vir die donker? Dr H: Ja en nee. Die Skepper het ons gemaak om in die lig te leef: sy lig. Van sy teenstander, die duiwel, sê Jesus: sy werke is duisternis en mense wat hom volg leef in die duisternis en is blind vir God se lig. Daarteenoor is Jesus die lig vir die wêreld en staan daar in Kolossense 1:12-14: “Julle moet die Vader met blydskap dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van sondes”. Daarom moet ons bang wees vir die donker wat in die harte en lewens van mense kom wanneer hulle die duiwel dien, maar ons hoef nooit bang te wees as Eskom se lig afgaan nie: in daardie nag en donkerte is ons God en Vader nog altyd daar, is ons nog altyd in die lig van sy genade, liefde, verlossing - en in sy ryk! H: Maar dan is Eskom mos ‘n baie goeie ding! Dit help ons om te sien hoe wonderlik God is. Dr H: Maar op twee voorwaardes. Eerstens moet ons elektrisiteit sien vir wat dit is: ‘n gawe van God aan die mens om dankbaar te gebruik tot sy eer. Dit beteken ons moet dit nie mors of misbruik vir sonde nie. Onthou altyd: as sy verteenwoordigers sal ons verantwoording aan die Skepper moet doen vir hoe ons sy gawes gebruik. Tweedens: Eskom moet elektrisiteit opwek en versprei op maniere wat ooreenstem met God se skeppingsplan en wette. Dit beteken dat die mense wat Eskom bedryf moet sorg dat hulle nie die aarde en atmosfeer besoedel nie – en dit is een van die mees algemene sondes oor die hele wêreld. Dit kom dan daarop neer dat die mens in sy pogings om lig te maak, eintlik nie die God van lig dien nie, maar die god van die duisternis. H: Maar dis verskriklik, Oupa! Dr Henk dink lank na oor Hanlie se spontane kommentaar. Die kind het in haar onskuld uitgedruk wat in Ps 36:10 staan: “Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig” - soos die Ou Afrikaanse Vertaling sê!

Page 8: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

8

GEREFORMEERDE PUBLIKASIES (Calvyn Jubileumboekefonds = CJBF)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected] Tel: 018 297 3986 Prys R98.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected]

Tel: 018 297 3986

Prys R100.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected] Tel: 018 297 3986

Page 9: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

9

Prys R20.00 (verpakking en posgeld uitgesluit)

FONDSINSAMELINGS / FUNKSIES / FEESVIERINGE

Page 10: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

10

Page 11: LIEF EN LEED - Wapadrant · Dr H: Jou juffrou ken die Bybel! In Genesis 9 lees ons daarvan. Na die groot vloed warmee die Here die mense oor hulle sondes gestraf het, het Hy gesê

11

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Die Here sal jou beskerm

teen alle gevaar,

jou lewe sal Hy beskerm.

Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,

nou en vir altyd.

Psalm 121:7 en 8