22
1 Maand-Krant MEI 2013 WAPADRANT GEMEENTE IS 3 WAPADRANT GEMEENTE IS 3 WAPADRANT GEMEENTE IS 3 WAPADRANT GEMEENTE IS 30 JAAR OUD JAAR OUD JAAR OUD JAAR OUD! Om hierdie unieke mylpaal in ons bestaan as gemeente te vier het ons besluit om die jaarlikse vreugdefees te vervroeg na die naweek van 24 Mei, om saam te val met feesvieringe vir ons 30e bestaansjaar. Die diakonie gaan uit hulle pad om hierdie ‘n fees te maak wat nog lank onthou gaan word. Ons skop die naweek af met Joe Niemand Live Joe Niemand Live Joe Niemand Live Joe Niemand Live by ons gemeente Vrydagaand 24 Mei om 19:00. Joe Niemand is baie bekend in Suid-Afrika en oorsee vir sy gospelmusiek. Hy het die afgelope 2 seisoene die hoofrol in die musiekblyspel Ester gespeel. Hy het die afgelope twee jaar in die Huisgenoot Skouspel opgetree en Joe het verlede jaar sy eerste konsert, Night of Light, in die Coca Cola Dome in Randburg aangebied. Die konsert was uitverkoop en meer as 10 000 mense het dit bygewoon. Hy het bekendheid verwerf met die fliek Faith Like Potatoes, waarvoor hy al die musiek geskryf het. Die temalied, A New Day, het hier en oorsee bekendheid verwerf. Daar is net 800 kaartjies beskikbaar as gevolg van die grootte van ons kerk. Die konsert is alreeds by skole en by ons buurkerke bemark. Koop dus vinnig kaartjies om teleurstelling te voorkom! Kaartjies is verkrygbaar by die kerkkantoor asook by iTicket. Ons verkoop ook tussen die oggend-eredienste kaartjies in die saal. Vir volwassenes en hoërskoolkinders kos dit R100 per kaartjie en vir laerskool- kinders R50 per kaartjie. Saterdag beloof om iets anders te wees as waaraan ons die afgelope jare gewoond was. Die normale stalletjies soos kerrie-en-rys, pannekoek, vetkoek, boereworsrolle, koektafel, koeldrank, lekkergoed, poeding, biertuin, wynproe, sosaties, wit olifante, hamburgers, pretpark, skyfskiet, gesigverf, closest to the pin (gholf), grootskerm-rygby (Bulls vs Sharks), Sand Art, roomys, spookasem en die teetuin gaan weer daar wees, maar die klem verskuif hierdie jaar na ‘n poging om soveel as moontlik van ons 2200 lidmate by die fees te betrek. Ander aktiwiteite wat vir Saterdag beplan word, sluit die volgende in: 4 x 4-groep kamp vanaf Vrydag op die kerkterrein Bybelvasvrae in kleingroepe Bekendstelling van ons kinders (hoër- en laerskool) se gawes Oorsig van die geskiedenis van ons gemeente Feeswapen word in stukke gedeel en kleingroepe versier dit met mosaïek

Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

1

Maand-Krant

MEI 2013 WAPADRANT GEMEENTE IS 3WAPADRANT GEMEENTE IS 3WAPADRANT GEMEENTE IS 3WAPADRANT GEMEENTE IS 30000 JAAR OUDJAAR OUDJAAR OUDJAAR OUD!!!! Om hierdie unieke mylpaal in ons bestaan as gemeente te vier het ons besluit om die

jaarlikse vreugdefees te vervroeg na die naweek van 24 Mei, om saam te val met

feesvieringe vir ons 30e bestaansjaar. Die diakonie gaan uit hulle pad om hierdie ‘n fees te

maak wat nog lank onthou gaan word.

Ons skop die naweek af met Joe Niemand Live Joe Niemand Live Joe Niemand Live Joe Niemand Live by ons gemeente Vrydagaand 24 Mei om

19:00. Joe Niemand is baie bekend in Suid-Afrika en oorsee vir sy gospelmusiek. Hy het

die afgelope 2 seisoene die hoofrol in die musiekblyspel Ester gespeel. Hy het die

afgelope twee jaar in die Huisgenoot Skouspel opgetree en Joe het verlede jaar sy eerste konsert, Night of Light, in die Coca Cola Dome in Randburg aangebied. Die konsert was

uitverkoop en meer as 10 000 mense het dit bygewoon. Hy het bekendheid verwerf met

die fliek Faith Like Potatoes, waarvoor hy al die musiek geskryf het. Die temalied, A New Day, het hier en oorsee bekendheid verwerf. Daar is net 800 kaartjies beskikbaar as

gevolg van die grootte van ons kerk. Die konsert is alreeds by skole en by ons buurkerke

bemark. Koop dus vinnig kaartjies om teleurstelling te voorkom! Kaartjies is verkrygbaar by

die kerkkantoor asook by iTicket. Ons verkoop ook tussen die oggend-eredienste kaartjies

in die saal. Vir volwassenes en hoërskoolkinders kos dit R100 per kaartjie en vir

laerskool- kinders R50 per kaartjie.

Saterdag beloof om iets anders te wees as waaraan ons die afgelope jare gewoond was.

Die normale stalletjies soos kerrie-en-rys, pannekoek, vetkoek, boereworsrolle, koektafel,

koeldrank, lekkergoed, poeding, biertuin, wynproe, sosaties, wit olifante, hamburgers,

pretpark, skyfskiet, gesigverf, closest to the pin (gholf), grootskerm-rygby (Bulls vs Sharks),

Sand Art, roomys, spookasem en die teetuin gaan weer daar wees, maar die klem verskuif

hierdie jaar na ‘n poging om soveel as moontlik van ons 2200 lidmate by die fees te

betrek.

Ander aktiwiteite wat vir Saterdag beplan word, sluit die volgende in:

� 4 x 4-groep kamp vanaf Vrydag op die kerkterrein

� Bybelvasvrae in kleingroepe

� Bekendstelling van ons kinders (hoër- en laerskool) se gawes

� Oorsig van die geskiedenis van ons gemeente

� Feeswapen word in stukke gedeel en kleingroepe versier dit met mosaïek

Page 2: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

2

� Uitstalling van 4 x 4-toerusting en -bybehore

� Braaivleisvure voor rugby

� Grootskermrugby in die saal

� Twee Lazer-paint ball-bane word opgestel

� Afskop van stemmingtuin en muur van herinnering

Sondag isSondag isSondag isSondag is daardaardaardaar ‘n gesamentlike erediens ‘n gesamentlike erediens ‘n gesamentlike erediens ‘n gesamentlike erediens om om om om 09090909::::30.30.30.30.

Die diakonie van Wapadrant doen ‘n beroep op elke lidmaat, kleingroep, kind en kraai om

hierdie naweek een te maak waaroor nog lank gepraat gaan word. Ons fokusjaar is

immers “Leef en Vertel”. Kom leef jou uit hierdie naweek en vertel.Kom leef jou uit hierdie naweek en vertel.Kom leef jou uit hierdie naweek en vertel.Kom leef jou uit hierdie naweek en vertel.

############

STREEKSINODE PRETORIA: KONFERENSIE VIR ALMAL OP DV SATERDAG 1 JUNIE

BY MEYERSPARK GEMEENTE OOR DIE OPBOU EN UITBOU VAN DIE KERK

Registrasie en koffie om 8:00. Koste is R50 p.p. wat koffie, tee en middagete insluit.

Almal word hartlik uitgenooi na die konferensie Hierdie konferensie word gereël in opdrag van die

Streeksinode Pretoria. Die deputate het geoordeel om tydens die konferensie te fokus op die twee

sake wat wye belangstelling en reaksie na Sinode 2012 uitgelok het en na deputate verwys is:

Die tema is:

• Die Omkeerstrategie en

• Die saak van Eenheid-in-verskeidenheid in ons Kerke.

Ons vertrou dat die konferensie die geleentheid sal bied vir stimulerende gedagtes en besinning oor

hierdie twee aktuele sake in ons kerke. Die sprekers is Di. Piet Venter en Danie Snyman, die voor-

sitters van die deputate oor die Omkeerstrategie en Eenheid-in-verskeidenheid onderskeidelik.

Die formaat:

• Beide sprekers ontvang 30 minute elk om perspektiewe te bied. Twee respondente reageer

tydens elke sessie waarna ‘n uur aan bespreking gewy word. Aan die einde sal twee persone

geleentheid ontvang om die konferensiegangers mee te deel wat hulle tydens die

konferensie gehoor het. Broeders wat reeds ingewillig het om op te tree is Dr. Heinrich

Zwemstra, Ds. Christo Swanepoel, Dr Gerard Meijer, Ds. Griffel van Wyk en Ds. Johan Nel.

Die gemeentes binne die resort van die Streeksinode Pretoria word uitgenooi om ruimskoots

persone te stuur om die konferensie by te woon. Ons nooi ook ons broeders en susters van Kerke

buite ons ressort van harte uit.

Sal u so vriendelik wees om voor Maandag 20 Mei 2013 ‘n aanduiding te gee by

[email protected] of [email protected] as jy die konferensie wil bywoon. Ons sien uit

daarna om u by die konferensie te ontvang.

Cassie Aucamp (voorsitter)

Ferdi Kruger (skriba)

Page 3: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

3

WAPADRANT “TABLEPROJECT” WEBBLAD – OPLEIDING (DEEL 7) Hoe om jou advertensie op die “Classifieds” te laai: Een van die NUWE hooffunksies op die Wapadrant “Table”-webblad is om ‘n advertensie met ander lede te

deel. Jy kan dus enigiets adverteer of aanbied of versoek. Dis ʼn ideale geleentheid om mekaar se behoeftes

ook so te leer ken, maar ook om lidmate in ons gemeente te ondersteun. Jy verkoop dalk produkte of lewer ʼn

diens. Dit kan ook gebruik word om werksgeleenthede te adverteer of, indien jy tussen werke is in jou

beroep, om jouself en jou vaardighede bekend te stel.

Om jou advertensie op die “Classifieds”-funksie te kan laai, volg jy net hierdie stappe: STAP 1: Op die hoofblad kliek met jou muis op die woord “Classifieds”

STAP 2:

Op die volgende blad sal jy al die advertensies kry wat al geplaas is en bo-aan die blad is daar ook ʼn soek-

funksie met ʼn keuse uit verskeie kategorieë wat soos volg lyk:

Indien jy self iets wil plaas, aktiveer net die skakel “POST” en volg die volgende stappe.

STAP 3:

Kies ‘n kategorie vir jou advertensie en aktiveer die “NEXT” skakel:

Page 4: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

4

STAP 4:

Die volgende blad is waar jy die opskrif en die inhoud van jou advertensie plaas. Dit is waar jy besluit wat die

kontakbesonderhede sal wees, sowel as ʼn plek om verskeie foto’s of ander illustrasies te kan laai:

Indien jy nog inligting wil byvoeg, soos ander kontakbesonderhede, aktiveer net die skakel , “ADD DETAIL” en

vul die volgende besonderhede in soos op die volgende blad versoek:

Page 5: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

5

Hierna aktiveer jy die skakel, “CREATE POST” en daar is jou advertensie geplaas vir al die ander lede om te kan

sien en jou te kan kontak of te ondersteun.

Om nog te kan aan te sluit by Wapadrant se “Table Project” gaan na:

https://wapadrant.tableproject.org/account/login Wanneer die eerste blad oopmaak, kliek jy met jou muis op die woorde – “New here? Sign Up!” en volg dan die stappe soos dit gevra word.

##########

ADORAMUS-EREDIENSTE VIR DIE TWEEDE KWARTAAL Op die volgende Donderdagaande om 19:30 sal die eredienste in die kapel plaasvind: 16 Mei, 23

Mei, 30 Mei, 6 Junie, 13 Junie en 20 Junie. Lidmate sal weekliks in die GPS herinner word aan die

volgende datum.

^^^^^^^^^^^

THEMBALETHU WINTER WARMER 2013 Dit is al weer winter en soos ons almal weet is haweloosheid en armoede 'n baie groot probleem

in Suid-Afrika. Met dit in gedagte het ons kleingroep (W004) besluit om 'n winter warmer te

hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord

van Pretoria. Ons gaan 22 Junie na die sentrum om die dag saam met

Ernest Matsela, die hoof van die sentrum, en die kinders te spandeer.

Ons wil graag die gemeente bedank vir al die hulp wat ons gekry het

met die Kerspartytjie verlede Desember asook met die skryfbehoeftes

wat ons in Februarie vir die sentrum gevat het.

Die sentrum voorsien in hierdie stadium in die

behoeftes van so 92 kinders van die omgewing wat

betref hulle skoolbenodigdhede, asook middagete en

'n veilige omgewing waarin die kinders hul huiswerk en

leerwerk kan doen. Die sentrum ondervind baie

Page 6: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

6

probleme met befondsing en benodigdhede omdat die regering al hoe minder finansiering aan

hulle verskaf omdat hulle 'n Christelike grondslag het in hulle aktiwiteite. Hulle is amper totaal

afhanklik van skenkings van lede van die publiek of welsynsorganisasies.

In hierdie verband benodig ons hulp in die vorm van komberse, ou klere, blikkieskos, asook

algemene verbruiksgoedere vir die huis, of die hulp van ander kleingroepe en individue. Enige

hulp word sonder maat waardeer. Ons kyk daarna om 'n kombers, serp en twee pare sokkies vir

elke kind te gee. Mens kan dit vir ongeveer R120 by PEP aankoop.

Ons wil ook graag vir elke kind 'n kospakkie opmaak wat die

kinders daardie dag kan saamneem huis toe.

Daar sal 'n kartondoos in die saal wees waarin skenkings geplaas

kan word. As daar enige plek is waar u spesifiek betrokke wil raak

of as u enige navrae het, skakel vir Riaan Roodt 083 281 0662 of

[email protected]. Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting volgende maand.

*********

WWESSKAMP IN DIE BERGE 2013 Ons nooi alle jong werkendes asook senior studente uit na ons jaarlikse Wwesskamp in die

berge. Hierdie jaar vind die kamp plaas oor die langnaweek in van 14–17 Junie 2013. Die

kampterrein is Bergventure naby Champagne Castle in die Drakensberge. Koste is steeds

slegs R650 per persoon - dit sluit akkommodasie en alle etes in. Reiskoste soontoe en terug

is vir jou eie rekening. Vir meer inligting, kontak Erna Dreyer by 011 886 0580 of

[email protected].

********

KOEKVERKOPING Die koekverkopings gaan voort in 2013. Ons gaan die geld steeds gebruik om inwoners van Paul Jungnickeltehuis by te staan, op verskillende maniere. Die volgende verkoping vind plaas op 19 Mei 2013, net na die eerste oggenddiens. Enige geldelike bydraes of gebak of lekkernye is baie welkom. Plaas dit asb voor of na die eerste diens op die tafel in die saal. Daar sal iemand wees om dit te ontvang. Bring asb geld saam om van hierdie lekker eetgoed te koop! Vir meer inligting kontak Annemarie Schoeman by 082 601 3526. Baie dankie. Kleingroep G028.

^^^^^^^^^^^^^

VAN SERINGBOOM TOT KERKGEBOU “Van Seringboom tot Kerkgebou, die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke” (2010) is ʼn hardeband-publikasie waarin die kerkbou van die Gereformeerde kerke beskryf word en met foto’s geïllustreer word. Hierdie is ʼn geleentheid om die kerkgebou en gemeente waarin jy gedoop is, of waar jy dalk jare van jou lewe deurgebring het, te onthou. ʼn Mooi koffietafelboek en teen R200 baie bekostigbaar. Die boek is by die kerkkantoor te besigtig en te koop.

Page 7: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

7

STAND VAN DIE FINANSIËLE SAKE VAN WAPADRANT-GEMEENTE

**************

SUNRISE NASKOOL … DankSUNRISE NASKOOL … DankSUNRISE NASKOOL … DankSUNRISE NASKOOL … Dankie is soie is soie is soie is so ‘n‘n‘n‘n klein woordjie…klein woordjie…klein woordjie…klein woordjie…

Waar begin ‘n mens? By die begin…Oktober 2011. ‘n Oproep van Eunice, Garsies Laerskool,

om ons te laat weet dat ons 3 klein mensies die kans gekry het om Sunrise Naskool by te

woon met geen koste-implikasies vir ons as ouers nie. Ek het gevoel asof ek 10 meter bo die

grond sweef, want dit was genade uit die boonste hemele!

Ek en Philip het van daardie dag af ongekende seën en liefde jeens ons drie beleef en

daarom die klein druppel van Dankie! in die groot emmer van Sy genade en Sunrise Naskool.

Shannon, alias Tinktinkie, 7 jaar oud, was ‘n skaam teruggetrokke klein dogtertjie en in ons

ouerharte was ‘n bekommernis oor haar vordering, akademies sowel as emosioneel. Sy het

gegroei tot vandag se volwaardige 9-jarige met waagmoed, behulpsaamheid en ‘n sterk

wilskrag om haar beste te gee, al word sy moeg en huilerig. Tannie Daleen en die Sunrise-

juffrouens was altyd daar om aan te moedig en baie liefde te gee.

Joshua, 10 jaar oud, was net nie lus vir huiswerk nie en ‘n dromer van formaat. Die

selfstandigheid en gemotiveerdheid om sy beste te gee is ooglopend vandat hy die

aanmoediging, aanvaarding en liefde van Daleen-hulle ontvang het; sy punte het met 100%

verbeter.

Daniël, 13 jaar oud, met sport en speel sy enigste fokus, het baie gou agtergekom dat daar

meer van hom verwag word, en tot vandag toe is sy motivering die pragtige woorde van

Daleen, waarmee sy hom aangemoedig het om sy beste te gee want sy GLO in hom. Daniël

het met 20% verbeter in al sy vakke en dra sy motivering oor na sy hoërskoolloopbaan .

Inkomstes is nog onder begroting maar lyk baie konstant. Uitgawes ook nog onder

begroting maar styg elke maand. Laaste styging in Maart maand, kan ook

toegeskryf word aan die jaarlikse verhoging in die personeel se salarisse.

Page 8: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

8

Hierdie is net ‘n klein deeltjie van wat in ons kinders se lewens verander het vandat hulle by

Daleen en haar span ingeskakel het… die finansiële hulp wat ons ontvang het, bv Daniël se

Graad 7-toer, Shannon se arbeidsterapie, die “vreeslike” lekker kos wat die tannies gemaak

het, Whacky Wednesdays-burgers by Steers, Kersfeesgeskenke, skryfbehoeftes, klere, en dit

nog “gręnd,” nuwes ook…

Dit is met nederigheid en oorweldigende liefde in ons harte waarmee ons hierdie briefie

skryf om weereens Dankie! te sę vir julle onselfsugtigheid, julle onbaatsugtige liefde

waarsonder die projek Sunrise nie suksesvol sou gewees het nie. Vergewe ons as ons nie die

nodige name hier noem nie, maar ons het meestal met Daleen gekommunikeer, so aan al die

hande wat betrokke was… mag julle Sy seën ervaar in julle lewe en dat julle sal aanhou met

hierdie wonderlike werk.

Baie liefde

Philip en Nancy Swart (083 977 9011)

//////////////

FORMELE DINEE – 14 SEPTEMBER Onthou jy nog 1983? Verlang jy na ‘n ete waar jy formeel kan aantrek? Is julle laaste mooi foto op julle troue geneem? Lus vir ‘n

‘grand’ ete sonder onderbreking?

Saterdag 14 September hou ons ‘n formele dinee met die tema:

1983...

(Dis toe ons gemeente begin is!) Hou solank die datum oop besonderhede volg!

############

BESOEK AAN SLOET GROVÉ IN FICKSBURG

‘n Klompie van ons lidmate beplan om die eerste naweek in Junie ‘n besoek te gaan aflê in Ficksburg

by Sloet-hulle. Ons het gevra wat hulle nodig het, wat ons kan saambring. Hulle benodig die volgende:

Die skool het witbordmerkers, karretjies in 'n goeie toestand, popklere en skopfietsies nodig. Die

“healthcare centre” benodig volwasse doeke en chirurgiese handskoene. As jy enige van hierdie items

wil skenk, plaas dit asb by die roomkleurige toonbank in die saal, duidelik gemerk “Sloet Grové”.

*************

DDDDamesoggendtee 24 amesoggendtee 24 amesoggendtee 24 amesoggendtee 24 AAAAugustusugustusugustusugustus,,,, 08:30 vir 9:00 by 08:30 vir 9:00 by 08:30 vir 9:00 by 08:30 vir 9:00 by SSSSt t t t MMMMary’s ary’s ary’s ary’s DSGDSGDSGDSG----saalsaalsaalsaal Gesamentlike uitreikaksie van Pretoria-gemeentes (georganiseer deur Geref Kerk Kameeldrift). Dis die 11de damesoggend ten bate van die kerkverband se kinderhuise. Tydens die damesoggend van 2012 kon ‘n wins van R105 000 aan die kinderhuise oorhandig word.

• Koste: R140 per persoon

• Gasspreker: Lindie Strydom

• Gaskunstenaar: Nianell Gasvroue en gaste kan nou hul name opskryf by die kennisgewingbord in saal. Wapadrant het voorheen ongeveer 10 gasvroue met gaste gehad – kom ons probeer weer! Gasvroue se name moet teen 25 Junie bevestig word op die lys of by Wapadrant Kerkkantoor (012 991 1395 / [email protected]). Indien jyself nie die geleentheid kan bywoon nie, kan finansiële bydrae inbetaal word in Wapadrant se bankrekening, ABSA tjek 3490151957, verwysing Kinderhuis.

Page 9: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

9

HEIDELBERGSE KATEGISMUS 450 JAAR – Toer in Duitsland en Nederland – 18 tot 28 September 2013

Een van ons bekendste en mees geliefde belydenisskrifte, die Heidelbergse Kategismus, is hierdie jaar 450 jaar

oud. Dit is waarlik ʼn belydenisskrif wat die toets van die eeue deurstaan het en een wat elke gereformeerde

kind van kleins af leer ken. Om die 450ste bestaansjaar van die Kategismus te herdenk, is daar hierdie jaar

verskeie uitstallings in Nederland en Duitsland wat die ontstaan en die invloed van die Kategismus uitbeeld.

Hierdie uitstallings is nie permanent nie, maar word spesiaal vir die feesjaar voorberei. As deel van die

wêreldwye herdenkingsjaar reël dr. Victor d’Assonville en ds. Malan van Rhyn ʼn toer na dié lande om die

uitstallings te kan besigtig en om die bakermat van die Kategismus te kan beleef. Kategismuskenners is ook

gereël om ons te vergesel en toeligting by elke uitstalling en plek te gee. Daarmee saam bied die toer

geleentheid vir besoeke aan van die belangrikste toerisme-besienswaardighede in Nederland en Duitsland.

Die taal op die toer is Afrikaans!

Ons bly in luukse hotelle, reis met ‘n luukse bus en doen o.a. aan by Amsterdam, Gouda, Dordrecht,

Apeldoorn, Bourtange, Emden, Münster, Keulen, Trier en uiteindelik Heidelberg! Ons vlieg terug na SA vanaf

Frankfurt. Natuurlik sluit die toer o.a. ‘n onvergeetlike bootvaart op die Rynrivier in. Seagulltoere

(www.seagulltoere.co.za) tref al die reëlings. Vir navrae en ‘n volledige toerprogram, kontak ds. Malan van

Rhyn by [email protected] of 082 858 0538, of dr. Victor d’Assonville by [email protected].

Malan van Rhyn. Gereformeerde Kerk Pretoria-Noord. Tel: +27 (0)12 546 5177 / Sel: +27 (0) 82 858 0538 /

[email protected]

///////////

EEUFEESVIERING TE ZAMBIë Dit was ‘n honderd jaar gelede dat die eerste Gereformeerde erediens in Zambië gehou is. Die gemeentelede

in Zambië wat lidmate is van die Gereformeerde Kerk Thabazimbi, het aangedui dat hulle die begeerte het om

‘n eeufeesviering te hou vir die 100ste bestaansjaar van die Gereformeerde Kerk in Zambië. Hierdie

geleentheid sal plaasvind vanaf 5 tot 7 Julie te Zambië. Indien daar enige lidmate van die Gereformeerde

Kerke in Suid Afrika is wat hierdie geleentheid wil bywoon, word julle deur hierdie kennisgewing hartlik

uitgenooi om die geleentheid by te woon. Die komitee van Thabazimbi wat die aangeleentheid reël is Ds.

Neville Boy, oudle. Jan du Toit en Koos Venter. Indien daar enigiemand in die kerkverband is wat hierdie

geleentheid wil bywoon kan julle net die kerkkantoor op Thabazimbi skakel (014 722 2275) sodat ons die

getalle kan bepaal. Daar is verblyf gereël teen eie koste. Elkeen sal sy eie verblyfkoste moet

betaal. Reisreëlings is ook elkeen se eie verantwoordelikheid. Indien u wil vlieg kan reëlings getref word om u

op Lusaka-lughawe op te laai. Ons sal egter moet weet wie kom en wanneer die vlug verwag word. Enige

navrae kan gedoen word by Ds. Neville Boy of enige een van die ander komiteelede van Thabazimbi.

********** Attestate ontvang: Geref Alkantrant: Gustav Carel & Lize Cronje en dooplidmaat Liam; Helderkruin 20

Geref Bloemfontein-Noord: Dirk Cornelis & Petronella Susanna van Jaarsveld; Vaalwaterstraat 969

Geref Brooklyn: Anneke Geeste Silvis; Daffodilstraat 210

Geref Kathu (Olifantshoek): Willem & Liezl Botha en dooplidmate Wihan, Milandi en Elri; Elandshoek

nr 112, Rayton

Geref Meyerspark: Gysbert van Rooyen Oosthuizen & Elann Oosthuizen; Gordon Versterkstraat 69

Geref Plettenbergbaai: Antonie & Susanna van der Walt; Om-die-Berg 396

Geref Potchefstroom-Oos: Christoffel Johannes & Sara Janetta Christina vd Walt; Kudu Heights 1

Geref Stellenbosch: Rosa Visser; Lannatus-singel 11

Geref Waterberg: Sunel Pet; Colonial Boulevard Estate 45

Page 10: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

10

Attestate na: Geref Centurion: Johannes en Charlaine Kruger en dooplidmaat J’Laine

Geref Hartbeespoort: Nardus en Felien en dooplidmaat Marco Potgieter

Geref Lyttelton: Dirk en Nellie van Rooy

Bewys van Lidmaatskap ontvang: Annelize Potgieter, Glenmead 404

Marthinus Jacobus & Zuerita Fredrika Gouws; Mtamvuna Crescent 49

Jaco & Hendrena Catharena van der Merwe en dooplidmaat Jody; Riastraat 160

Christa & Mari Pretorius, Bonita Villa 34

Conrad Tobias & Christina Johanna van Rooyen; Swellendamstraat 83

Therina Lombard en dooplidmate Elize Elizabeth & Ricke Fredericke du Toit; The Shades 45

Bewys van Lidmaatskap aangevra: Sonja Anne-Marie, Sonel Snyman & Johané Snyman;

Mariska van Driel

^^^^^^^^^^^

ChrisanteChrisanteChrisanteChrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 997 2678 of 082 6446 741 KONTAK PERSOON: Collette Nienaber: 012 991-2702 of 072 314 1416

PRETORIA-OOS-HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 29 APRIL – 5 MEI Izabel Pretorius (Do): 998-7143; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 6-12 MEI Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Saron Vazladelis: 082 880 1537 (Di / Do) 13-19 MEI Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Daleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 20-25 MEI Izabel Pretorius (Do): 998-7143; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 26 MEI – 2 JUNIE Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Saron Vazladelis: 082 880 1537 (Di / Do) 3-9 JUNIE Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Daleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di)

LIFE FAERIE GLEN-HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S) Mariaan vd Walt: 083 2398 913

KLOOF-HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Ria Vorster: 012 997 1261

Page 11: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

11

WILGERS-HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 29 APRIL – 5 MEI Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry); Rineke Derksen: 807-2324 (Di); Dirk van Zyl: 807 8787 / 082 923 5088 (Ma); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 6-12 MEI John Botes: 803-6139/082 495 2673 (So); Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632/ 082 468 3808 13-19 MEI Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Marie Arnold: 012 803 4439 / 082 587 6526 (Di); Nancy Snyman 012

8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 20-25 MEI Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry); Rineke Derksen: 807-2324 (Di); Dirk van Zyl: 807 8787 / 082 923 5088 (Ma); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 26 MEI – 2 JUNIE John Botes: 803-6139/082 495 2673 (So); Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632/082 468 3808 3-9 JUNIE Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Marie Arnold : 012 803 4439 / 082 587 6526 (Di); Nancy Snyman 012

8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So)

ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: Keimpe de Groot: 807-7977; André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593

ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465

EUGéNE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID- AFRIKAANS Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen EUGéNE MARAIS Clara de Jonge: 083 609 9259 / 565-4485

MUELMED-, HART- & ZUID-AFRIKAANS-HOSPITAAL, JAKARAN DA, UROLOGIE Aat & Thea v d Dussen: 343-0390 X 246 / 082 332 0855; André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593

KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 013 932-1740

TUISVERPLEGING: Slegs vir Wapadrant-gemeentelede: Hetta Henning: 991-1793; Irene Hugo : 991-1269 / 084 208 6924;

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Colette Nienaber: 991-2702 / 072 314 1416 (S); Meisie v Wyk: 807-3600, Elsabé Coetzee: 365-3470; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; Thea Heckroodt: 991-0803

SENIORS - TUISBESOEK: Rineke Derksen: 807-2324; Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Lettie Louw 991 8855; Hetta Henning: 991 1793; Karla Boer: 998 6575; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091;

Page 12: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

12

VERJAARDAE: GELUKWENSING VIR MEI 2013

By “Verjaar” word die maand eers gegee en dan die dag van die verjaardag.

NoemnaamNoemnaamNoemnaamNoemnaam VanVanVanVan VerjaarVerjaarVerjaarVerjaar LandlynLandlynLandlynLandlyn SelfoonSelfoonSelfoonSelfoon Christiaan Coetzee 05/01 Amieke De Beer 05/01 991-6745 0761243205 Henda De Wet 05/01 991-8208 0839288004 Adri Joubert 05/01 0829268460 André Minnaar 05/01 998-6096 0823558308 Tom Potgieter 05/01 361-4877 Conrad De Muelenaere 05/02 365-2656 0824454318 Antonie Grové 05/02 Emma Meyer 05/02 993-3548 0723804294 Rosalee Meyer 05/02 0829297359 Lindsay Van den Burg 05/02 0827740418 Leanke Boersema 05/03 Santie Botha 05/03 993-2525 Walt Bronkhorst 05/03 Thea De Lange 05/03 0726042628 Jaco Grobler 05/03 0828027364 Lenise Henning 05/03 991-7491 0846458762 Jj Janse van Vuuren 05/03 991-0540 0834094256 Gerhard Labuschagne 05/03 0834077826 Ellen Pienaar 05/03 0845802905 Rica Schuurman 05/03 0823237232 Ockert Theunissen 05/03 0824140678 Mianét Van Der Linde 05/03 361-7889 Ricia Cellarius 05/04 996-0041 Corrien Labuschagne 05/04 0827809612 Hermie Nell 05/04 993-0828 0836599034 Melindi Roos 05/04 Meisie Tseuo 05/04 0725683133 Elsjeri Prinsloo 05/05 346-2021 0712418955 Roelien Reyneke 05/05 807-2898 Henri Van Rooy 05/05 996-0689 0829003680 Sarie Botha 05/06 809-0001 0825501126 Christo De Beer 05/06 998-9627 0824535887 Gerrit Kruger 05/06 0825571651 Riana Oeschger 05/06 0834412772 Johan Prinsloo 05/06 991-8865 0825730146 Cato Sik 05/06 991-1132 0833210473 Joy Snyman 05/06 0792778615 Marinda Steyn 05/06 756-0066 0829287347 Anton Taljaard 05/06 0834496263 Cobus Terblanche 05/06 0829235598 Frans Venter 05/06 997-0902 0828261115 Hendré Verhoef 05/06 Gerda-Maria Viljoen 05/06 802-1341 Guusta Visser 05/06 993-1389 Johan Reynders 05/07 0836524839 Nap Ries 05/07 993-4665 0732000144

Page 13: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

13

Jan-Louis Snyman 05/07 0837274844 Riana Viljoen 05/07 361-4077 0722951522 Gawie Engelbrecht 05/08 0829032638 Tony Schlebusch 05/08 0843828113 Bouke Spoelstra 05/08 991-4610 0823334245 Janine Tucker 05/08 0710258695 Nw Van Wyk 05/08 991-3312 0829263498 Ané Venter 05/08 996-1777 Leila Coetzee 05/09 Linda Grobler 05/09 Elmien Kraamwinkel 05/09 991-7973 0823369643 Roelof Le Roux 05/09 0823480044 Ané Mulder 05/09 Daleen Riekert 05/09 998-0973 0828599636 Danie Roodt 05/09 0834630763 Christa Schalekamp 05/09 991-8972 0835657121 Zanné Swanepoel 05/09 Leonie Van der Merwe 05/09 0824491016 Ruben Visser 05/09 Willemien Wegner 05/09 0832882093 Marieta Bodenstein 05/10 0825522704 Flip Hennop 05/10 0716077711 Billy Stonehouse 05/10 0827578240 Marjoné Strydom 05/10 991-3404 Susan Van der Merwe 05/10 998-0292 0828574459 Johann Van Niekerk 05/10 0829432351 Kobus Venter 05/10 480-7032 Rennie Vorster 05/10 0824509664 Kobus Henning 05/11 991-1793 0824666790 Susan Venter 05/11 0828943529 Iné Verhoef 05/11 993-0919 Floris Coetzee 05/12 0829066300 George Gie 05/12 Carlise Henning 05/12 993-3960 Rika Le Roux 05/12 0824358809 Charl Pretorius 05/12 809-1013 Stephanie Stark 05/12 0723712265 Bert Steen 05/12 991-0441 0834571739 Hilda Van Der Merwe 05/12 0722260595 Marié Van Zyl 05/12 0829901795 Kara Welding 05/12 Teunis Botha 05/13 998-9058 Theo Botha 05/13 0826162417 Jacques Coetzee 05/13 Jan Hendrik Van Rooyen 05/13 0834464770 Ria Van Wyk 05/13 809-0705 Letitia Woudstra 05/13 0723712236 Bert Bloem 05/14 0724216813 Pieter De Beer 05/14 Ben De Klerk 05/14 361-5088 0829234750 Eddie Hanekom 05/14 998-7658 0834399066 Tanya Kruger 05/14 0842573167 Barbara Nieuwoudt 05/14 348-1951 0718357015 Liesl Olivier 05/14 0722819123

Page 14: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

14

Janneke Slot 05/14 0835673186 Hendrik Botha 05/15 0832545027 Elsabe Coetzee 05/15 365-3470 0825138375 Ans Du Plooy 05/15 0834303536 Jannie Kruger 05/15 0824980423 Dieketseng Masebo 05/15 0722678318 Chris Meyer 05/15 807-6312 Renard Reyneke 05/15 807-2898 Laetitia Seymore 05/15 0832726885 Lianie Coetzer 05/16 0844098287 Nerika Du Plessis 05/16 347-8509 Susan Knoetze 05/16 998-8953 0721304625 Rita Schoen 05/16 809-1459 0826623964 Natascha Van Dyk 05/16 991-0516 0748976543 Luandi Van Greuning 05/16 0824884030 Stephan Visagie 05/16 0735505269 André Welding 05/16 0829289406 Thea Briel 05/17 0833813592 Lara De Villiers 05/17 Dané Erasmus 05/17 991-1177 Rudi Labuschagne 05/17 0727106357 Marelize Radley 05/17 0832791441 Luhan Weideman 05/17 998-7440 0842521000 Theunis Buys 05/18 0825975455 Donovan Clarke 05/18 0833088114 Alta Gous 05/18 365-1663 0828250757 Liena Lubbe 05/18 Juliana Swanepoel 05/18 0828292521 Riaan Van der Walt 05/18 460-1915 0827781720 Danie Van Wyk 05/18 991-3312 0833310294 Anri Wegner 05/18 0761428414 Fia Crous 05/19 998-2144 Retha Haupt 05/19 0823291360 Lina Pelser 05/19 807-6788 0824460584 Natasha Stoppel 05/19 998-0333 0720227288 Friedrich Von Maltitz 05/19 991-1316 0825115772 Unita Hanekom 05/20 998-7658 0832632591 Erica Henning 05/20 0832912364 Meindert Meindertsma 05/20 Johan Olivier 05/20 811-5024 0813553008 Ruan Van Jaarsveld 05/20 Jandré Vermeulen 05/20 Anien Coetsee 05/21 Erika Du Plessis 05/21 0837875355 Kobus Roux 05/21 998-5133 0833816722 Sarel Venter 05/21 0837108237 Antoinette De Beer 05/22 0834567736 Petrus Duvenage 05/22 0834078103 Gert Opperman 05/22 991-2011 0825783856 Dawie Styger 05/22 998-6188 0836450577 Lacia Vermeulen 05/22 991-2122 0760233190 Renske Botha 05/23 0721356575 Anna Cloete 05/23 996-1442 0828958660 Kobus Crous 05/23 0823744752

Page 15: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

15

Coert Van Der Merwe 05/23 0716724481 Gert Coetzer 05/24 0720731296 Paul Lentz 05/24 996-1652 0727825438 Johann Pollard 05/24 0829213217 Lizelle Prinsloo 05/24 348-7977 0828574405 Chantelle Schoeman 05/24 997-1109 Magda Van Niekerk 05/24 991-2736 Dawie Venter 05/24 480-7032 0836111530 Imke Wissing 05/24 0726122284 Surien Cloete 05/25 996-1442 0826732002 Elsie Du Plessis 05/25 0824312303 Durandi Havenga 05/25 0718838308 Jana Joubert 05/25 Marelise Moolman 05/25 0828561755 Seun Oelofse 05/25 662-5869 0832979152 Clarissa Welthagen 05/25 Martie Coetzee 05/26 0836407319 Willem Hechter 05/26 991-4658 0834093733 Rosalie Jansen van

Rensburg 05/26 991-7857 0823302422

Lumé Lloyd 05/26 998-9019 0735947030 Yvonne Oosthuizen 05/26 0825792714 Kobus Jan Tromp 05/26 0833576153 Annemarie Van Der Walt 05/26 0833047559 Carli Van Wyk 05/26 0723759164 Jessica Vermaak 05/26 Peet (Jnr) Vermeulen 05/26 991-2122 0727483639 Lydia Botha 05/27 013 932-3569 0724408104 Herman Leeuwner 05/27 991-3251 0823174349 Herman Steyn 05/27 991-2345 Monique Van der Merwe 05/27 991-6780 0728552106 Martinette Bode 05/28 998-7385 0828165251 Gert Du Plessis 05/28 802-1023 0761454882 Rina Groenewald 05/28 991-0251 0839971093 Henri Malan 05/28 0829910758 Johané Snyman 05/28 809-0792 0724697919 Stephen Van Der Walt 05/28 346-1152 Inge Basson 05/29 0836505278 Yolanda Booyzen 05/29 0741037919 Annelize Bronkhorst 05/29 0729347181 Charl Du Toit 05/29 0829014969 Willie Griesel 05/29 996-0023 0824542137 Casper Heystek 05/29 807-4767 0833785009 Johan Kloppers 05/29 0741040330 Heinricht Koekemoer 05/29 0846006008 Annecke Roodt 05/29 0829084955 André Sandilands 05/29 0768484267 Lianneke Viljoen 05/29 998-2665 Marthinus Wissing 05/29 0834450001 Elizabeth Bekema 05/30 0749063069 Luan Fivaz 05/30 Waldo Maritz 05/30 997-0995 Marie Nel 05/30 991-0990 0829236186 Hein Prinsloo 05/30 998-7323 0826019790

Page 16: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

16

Wouter Van der Berg 05/30 0834533917 Lientjie Van der Walt 05/30 996-1332 0829551509 Susan Van der Westhuizen 05/30 991-1479 Heinrich Du Preez 05/31 0828580410 Bronwin Henn 05/31 Christelle Heystek 05/31 0832527510 Lorrie Kruger 05/31 0715627123 Juan-Louw Roos 05/31 Ester Van Lochem 05/31 0822926176 Lané Welgens 05/31 Emil Wonigkeit 05/31 998-8648

ALMAL SE MANDJIE

Herstel van ou klokke: Het u ‘n mooi ou/antieke klok wat stilstaan, vuil is of sommer

in ‘n vergete hoekie staan omdat hy nie werk nie? Ek herstel en restoureer klokke.

Skakel Cor Meindertsma by 012 991 2719. Valley View nr 3, Haymeadowstraat, Faerie

Glen (langs Renaissance Aftree-oord).

Aandeel in ‘n wildplaas/vakansie-oord te koop. Die aandeel behels ‘n 3-

slaapkamerhuis en kumulatiewe verblyf van 9 maande per jaar. Die oord is noord-wes

van Warmbad (Bela-bela) – ongeveer 10 km buite Warmbad – en aan ‘n groot dam

geleë. Prys: R750 000 (onderhandelbaar). Kontak Lou Coetzer by 012 991 1241 of 082

332 5786.

Voltydse inslaapbediende: Ons is op soek na ʼn bediende wat betroubaar is en lief is

vir kinders. Kontak asb vir Elna by 083 228 3959.

Jurgens Impi 5-voet-waentjie 2011 in 100% goeie toestand met “nose cone” en

spaarwiel vir R5 900. Kontak Pieter van Driel by 082 649 7555.

Worshondreuntjie verniet vir goeie huis: Ons het uitgevind ons seuntjie van 2 is

allergies vir honde. Hy is aanhoudend siek en ons het besluit om ons 5-jaar-oue

worshondreuntjie weg te gee. Hy is reggemaak, en baie goed gemanierd. Hy is baie lief

vir kinders. Ek sal graag die hondjie aan ‘n gesin wil gee wat mooi na hom sal kyk.

Skakel Jaydie by 082 877 1950 of Mariaan by 072 432 7505 vir enige navrae.

Verhurings: Soek jy ‘n goeie huurder vir jou huis of meenthuis in die ooste van

Pretoria? Ons leuse is nie verniet: Jou eiendom is ONS verantwoordelikheid. Skakel

gerus vir meer inligting oor ons werkswyse en besoek ons

webwerf: www.proprent.net PROP RENT Estelle 012 993 0033 of 072 785 3935.

Page 17: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

17

Tyddeel te huur in Umhlanga Sands Hotel: vanaf 13-19 Julie (7 dae). Verblyf bestaan

uit 2 slaapkamers (een dubbelbed en 2 enkelbeddens) met ʼn badkamer en kombuis

teen R5 000. Kontak Tanya Bergh by 083 252 860.

Ons huishulp soek nog stukwerk vir een of twee dae per week. Sy is altyd opreg

vriendelik, betroubaar en uiters netjies op haarself en haar werk. Sy het baie

ondervinding met kinders opgedoen by 'n kleuterskool waar sy so ‘n paar jaar gelede

gewerk het. Skakel Magda Loots vir meer besonderhede (082 394 8053) of vir Rosinah

(076 827 6873).

Pragtige Duitse herdershondjies te koop, 8 weke oud insluitend 10kg TechnoPet

babahondekos en alle inspuitings en ontwurming. Ouers en hond uit vorige werpsel

op die perseel vir besigtiging. Beskikbaar teen R1 800 elk aan hondeliefhebbers.

Belangstellendes skakel 012 993 2816.

David Tsamago soek werk. Praat Engels, Afrikaans en Noord-Sotho. Bestuurslisensie:

C1 en PDP. Commonwealth skills development certificate: Auto Electrician.

Selfstandig, vinnig van begrip, hardwerkend en gretig om te werk, neem inisiatief. Stel

belang om vir elektrisien te werk. Kontak 0721554998

Verblyf dringend gesoek in die omgewing van die gemeente, of ten minste in die

Ooste. Dit kan ʼn 2- of 3- slaapkamerwoning wees. Indien dit in 'n kompleks is,

verkieslik met 'n klein tuin daarby. Kontak Johan Venter by 076 078 9205.

Blyplek dringend gesoek, soos 'n tuinwoonstel of kamer. André is 24 jaar oud, werk in

die ooste van Pretoria, is hardwerkend en verantwoordelik. Is bereid om R1 500 te

betaal. Ek is tegnies aangelê en sal klein werkies tuis ook kan doen. My selnommer is

076 506 9538.

Blyplek dringend gesoek. Ek werk by Koffietijd en ry met ‘n fiets werk toe en terug

wat ± 17 km is. Ek is dringend op soek na nader blyplek. Kontak Jamima of Koot by 012

991 5728.

Eco Ventures het plek vir vroulike stappers van 29 Sept–5 Oktober 2013 by hul Klein

Karoo Eco Ultra Stap. Meer besonderhede by www.ecoventures.co.za of stuur epos

aan [email protected].

Page 18: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

18

GEMEENTEKAMP

6 – 8 SEPTEMBER 2013

DIE KAMP GAAN NOU

PLAASVIND BY

MBIZI OORD WEES.

DOEN JOU BESPREKING SELF BY

[email protected] OF SKAKEL HULLE

BY

SEL 071 609 9799

OF TEL 041 001 7007

HULLE WEBTUISTE IS

www.mbizi.co.za

Atlanta Holiday Resort kan ons nie maar

akkommodeer nie omrede hulle besig is met

opgradering van die oord

HOEDSPRUIT WILDLIFE ESTATE

Besit 5000m2 van u eie stukkie

bosveld in hierdie 340 ha-landgoed geleë teen Hoedspruit.

Hierdie ses-bed-, drieslaapkamer- eenheid met drie badkamers, staan

tussen die maroelas en ander bome. Diere wei tot op jou voorstoep want

die tuin is in die bos.

Slegs 60 km vanaf die Krugerwildtuin, wat dit maklik maak om ‘n dag in die

wildtuin deur te bring. Volledig toegerus (4-ster-gehalte) met

meubels, beddegoed en kombuistoerusting vir meer as ses

persone. Prys R890 000

Kontak Hennie Breytenbach by 082 923 1428

Page 19: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

19

Meenthuis-spesialis sedert 1997

www.nelis.co.za

Kontak my gerus vir ’n GRATIS waardasie van u meenthuis in Faerie

Glen, Garsfontein, Wapadrand en Olympus.

012 991 7981 (kantoor) 082 455 9766 (Nelis) 076 023 3190 (Lacia)

www.realnet.co.za

PRAKTISERENDE PROKUREUR

STEL TESTAMENTE GRATIS OP EN HET 12

JAAR ERVARING IN DIE BEREDDERING

VAN BESTORWE BOEDELS EN

OORDRAG VAN BOEDEL-EIENDOMME

TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE.

KONTAK ANNEKE MEYER BY

083 635 3399

OM ‘N AFSPRAAK TE REëL

VERHURINGS Soek jy 'n goeie huurder vir jou huis

of meenthuis in die Ooste van Pretoria? Ons leuse is nie verniet:

Jou eiendom is ONS verantwoordelikheid.

Skakel gerus vir meer inligting oor

ons werkswyse en besoek ons webwerf: www.proprent.net

Estelle: 072 785 3935 of Magda: 072 510 6531

SWEMBAD-DOKTER!!

Vir al jou swembad se kwale – van ‘n stukkende teël,

pomp of vloer tot ‘n nuwe swembad – kontak my.

Ek sal jou ook help spaar want ek installeer ook

sonpanele.

SKAKEL ANDRé by 078 582 7962 vir vinnige diens met ‘n

waarborg.

Page 20: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

20

Ons verskaf die volgende dienste aan

individue en klein- tot medium- entiteite:

- Maandelikse en jaarlikse boekhouding

- Individue se belastingopgawe opstel en indien

- Maatskappy-, Beslote Korporasie- en Trust-belastingopgawe opstel en indien

- Maandelikse salarisdienste

- Konsultasie en sekretariële dienste/CIPRO-dienste

Epos: Nadia van Rooy ([email protected])

Sindy Lira ([email protected]) Tel: 012 807 4981

LEOFIN REKENMEESTERS

GARSFONTEIN

Benodig u persoonlike belasting- advies, maandelikse

boekhoudienste vir u besigheid, salarisstrokies vir u werknemers, hulp met SARS-registrasies? Ons verbind ons tot gehaltediens teen

billike pryse. Kontak gerus Mariaan Leonard by Leofin

Rekenmeesters 012 998 5987 of 072 32 7505. Eposadres: [email protected]

STEMPRODUKSIE EN VERHOOGSTUK RAVONNE SWART

Hierdie vermaarde operasangeres het haar

liedere-opleiding aan die Universiteit van

Stellenbosch onder leiding van prof George van

der Spuy ontvang en haar opera-opleiding is

voltooi onder voorligting van Adelheid Armhold

aan die Universiteit van Kaapstad. Sy was

verbonde aan KRUIK, SUKOVS en TRUK waar sy in

ʼn verskeidenheid hoof- en ondersteunende rolle

opgetree het. Benewens haar plaatopnames het

sy ook sangrolle in ʼn groot aantal operettes,

musiekblyspele en televisieprogramme behartig

en in samewerking met Unisa se Sentrum van

Latyns-Amerikaanse studies deel gehad in die

stigting van Villa Lobos Ensemble waar sy saam

met Wessel van Wyk (pianis) en Abri Jordaan

(klassieke kitaar) groot sukses behaal het.

Ravonne gee tans voltyds onderrig in

stemproduksie en verhoogtegniek.

Belangstellendes kan haar bereik by

079 031 9339 of 012 991 0540.

Page 21: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

21

Best Build (Pty) Ltd NHBRC geregistreer

• Nuwe huise • Motorhuise • Grensmure • Badkamers • Waterdigting • Verf • Teëls • Plafonne • Aanbouings

GRATIS KWOTASIES

Adriaan Smit 083 457 4301 Andrè Vermeulen 082 878 1634

VOLLEDIG TOEGERUSTE

3-SLAAPKAMER-CHALET

(SLAAP 6 VOLWASSENES) TE

HUUR IN HAZYVIEW (NABY

WILDTUIN)

VANAF 19–26 JULIE 2013 TEEN

HALFPRYS. CHALET WORD

DAAGLIKS GEDIENS BEHALWE

SONDAE.

KONTAK HANNES VAN ASWEGEN

VIR ENIGE NAVRAE BY

082 920 4964

Page 22: Maandkrant Mei 2013 - Wapadrant Tuisblad is net 800 kaartjies beskikbaar as ... hou vir die kindertjies van die Thembalethu Christian Community Centre in KwaMhlanga, noord van Pretoria

22

IS JY OP SOEK NA ‘N NUWE MOTOR?

Kontak my vir puik

EENSTOPDIENS, want by ons

gaan dit alles oor diens!!

Regardt van Rooy,

Barloworld Toyota, Centurion.

Kontaknr 072 517 2882 OF 012 641 7178

BALITO SELFSORG OP DIE SEE

Vakansiewoonstel vir ʼn lekker wegbreek na

Balito. Nuwe selfsorg woonstel, 3 slaapkamers, 2 badkamers. Stapafstand vanaf strand en winkels. Uitstekend vir ʼn

familie seevakansie. Mooi see-uitsig en geriewe.

Veilige aanheid met swembad teen die kus.

Kontak Pieter Vermaak by sel nr 076 673 5595 of

[email protected]