6
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 38 5 Desember 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge. Daar was vele hoogtepunte, maar ons het ook intense hartseer beleef in 2017. Hiermee ʼn groot dankie aan elke leerder, ouer en personeellid wat van 2017 ʼn jaar gemaak het om te onthou. Ons groet vir Elsabe Venter wat afgelos het in Melissa Breedt en Marelize Nel se klasse die afgelope jaar. Elsabe, jy is ‘n staatmaker – dankie dat jy altyd bereidwillig is om in te staan vir ons personeel. So ook Ilene Oberholzer dankie vir jou harde werk en dat jy ook altyd bereid is om ons te kom help. Ilene het in Lize Schoeman se plek afgelos. Nicole Grobler en Lieneke Coetzee, assistent-opvoeders, verlaat ons ook aan die einde van die jaar. Dankie ook vir julle harde werk. Ons glo en vertrou dat dit met jul goed sal gaan in die privaatsektor. Laaste maar nie die minste nie, Louisa van Rensburg tree aan die einde van die jaar af. Louisa, na 18 jaar groet ons jou met seer harte. Dankie vir al jou harde werk. Ons wense vir jou sluit ‘n lang en gelukkige toekoms as afgetredene toe. Ons weet jy gaan nie stilsit nie, maar ons hoop dat jy die tyd sal gebruik om net lekker dinge te doen, dat jy jou man en jou kinders sal geniet en dat jy nog gereeld sal kom inloer. Ons gaan jou darem nog by die naskoolsentrum sien. My wens vir elkeen van julle is ʼn heerlike vakansie. Mag julle goed rus en die feesgety se vrede en vreugde ten volle ervaar.

Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! · Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge

  • Upload
    others

  • View
    21

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! · Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 38 5 Desember 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018!

Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge. Daar was vele hoogtepunte, maar ons het ook intense hartseer beleef in 2017. Hiermee ʼn groot dankie aan elke leerder, ouer en personeellid wat van 2017 ʼn jaar gemaak het om te onthou. Ons groet vir Elsabe Venter wat afgelos het in Melissa Breedt en Marelize Nel se klasse die afgelope jaar. Elsabe, jy is ‘n staatmaker – dankie dat jy altyd bereidwillig is om in te staan vir ons personeel. So ook Ilene Oberholzer – dankie vir jou harde werk en dat jy ook altyd bereid is om ons te kom help. Ilene het in Lize Schoeman se plek afgelos. Nicole Grobler en Lieneke Coetzee, assistent-opvoeders, verlaat ons ook aan die einde van die jaar. Dankie ook vir julle harde werk. Ons glo en vertrou dat dit met jul goed sal gaan in die privaatsektor.

Laaste maar nie die minste nie, Louisa van Rensburg tree aan die einde van die jaar af. Louisa, na 18 jaar groet ons jou met seer harte. Dankie vir al jou harde werk. Ons wense vir jou sluit ‘n lang en gelukkige toekoms as afgetredene toe. Ons weet jy gaan nie stilsit nie, maar ons hoop dat jy die tyd sal gebruik om net lekker dinge te doen, dat jy jou man en jou kinders sal geniet en dat jy nog gereeld sal kom inloer. Ons gaan jou darem nog by die naskoolsentrum sien.

My wens vir elkeen van julle is ʼn heerlike vakansie. Mag julle goed rus en die feesgety se vrede en vreugde ten volle ervaar.

Page 2: Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! · Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge

2

Ons groet die gr. 7- leerders

Sommige van die gr. 7-leerders het hul skoolskoene geskenk aan leerders van Laerskool Claremont. Baie dankie vir julle vrygewigheid, hulle het groot waardering daarvoor.

Julle is almal op pad na julle onderskeie hoërskole toe. Julle betree nou amper die “grootmens”-wêreld. Julle weet wie julle is en waar jul vandaan kom. Onthou altyd hoe trots ons op julle is en leef julle drome ten volle uit! Ons beste wense vergesel julle op jul pad vorentoe.

Personalia

Yolandé van Dyk se dogter, Zandri, ontvang behandeling. Ons glo en vertrou dat sy sommer gou beter sal voel. Julle bly in ons gebede.

Een van ons gr. 7- leerders, Ryan Koch, se mamma is die afgelope week oorlede. Riaan en Ryan, ons dra jul in hierdie hartseertyd op aan ons Hemelse Vader en glo dat Hy vir jul vertroosting sal bied!

Van die personeel

Mnr. Willie, jy moet lekker saam met Mariëtte en die seuns gaan ontspan. Ons sien daarna uit om weer in 2018 die pad saam met jou te stap. Ons wens jul as gesin ‘n Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2018 toe!

BELANGRIKE DATUMS

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Retief Swart

Ons groet vir Retief Swart, ondervoorsitter van die beheerliggaam, vir die afgelope drie jaar. Retief was ses jaar lank verbonde aan die beheerliggaam. Baie dankie vir al jou vele insette en die bekwame wyse waarop jy jou dienste/kennis aan die skool gelewer het. Ons wens jou en jou gesin alles van die beste toe op die pad vorentoe.

Norm 2018

Met die oog op Norm 2018, wil ons graag ‘n beroep op ons ouers doen om asb. positiewe insette te lewer op die Norm van 2017 soos dit tans daar uitsien. Die 2017 Norm is op die School Communicator onder Bronne / Norm te sien.

Ons wil graag u siening daaromtrent hoor. Stuur asb. ‘n e-pos aan [email protected]. Sluitingsdatum is 22 Januarie 2018.

Johan Kilian Voorsitter: Beheerliggaam

DATUM AKTIWITEIT

AKADEMIE 6 Desember 2017 Rapporte: 07:30 – 08:00. Skool sluit om 11:00.

SPORT 18 & 24 Januarie Juniortennis: Seuns (Rondomtalie)

19 Januarie Atletiek: Interhuisbyeenkoms

2 & 3 Februarie Juniortennis: Dogters (Rondomtalie)

ALGEMEEN 15 Januarie 2018 Skool open (slegs vir personeel)

16 Januarie 2018 Skool open (slegs vir gr. 1-leerders)

17 Januarie 2018 Skool open (vir res van skool)

KULTUUR 3 Februarie 2018 Seniorkoor: Verpligte werkswinkel

Page 3: Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! · Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge

3

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat gedurende die afgelope week verjaar het en wat gedurende die vakansie verjaar:

Klarika Fouché - 1 Desember Chanel van Niekerk (assitent) - 4 Desember Hendrik Eloff - 15 Desember Louisa van Rensburg - 16 Desember Jordaan le Roux - 27 Desember Paula van der Walt - 28 Desember Elize Oosthuizen - 31 Desember Ansuné Mahelbe (assistent-opvoeder) - 3 Januarie Elardus Coetzee - 5 Januarie Islé Verster - 9 Januarie

Tina Theunissen - 11 Januarie Corisa Niemand - 17 Januarie

Mag dit ‘n wonderlike, geseёnde dag en jaar wees.

REDAKSIE

En nou begin ons almal al dink aan Kersfees met alles wat daarmee gepaardgaan. Vir alle Christene is dit natuurlik die belangrikste datum op die kalender, maar ‘n mens kan nie anders as om te besin oor alles wat Kersfees vir jou en jou familie beteken nie. Ek is bevrees dat my familie een van die is wat baie graag saam eet. Derhalwe…feesmaal uit die boeke, en ek bedoel al die boeke! Kyk, ek kan nogal smaaklik kook, maar in my familie is ek die kosmaak weeskind, want niemand kan verstaan hoekom ek nie al ‘n jaar vooruit begin beplan aan wat ons gaan eet op die volgende Kersfees nie. My ma, sussie en selfs my broers, lê goed in, pekel boude en voer duur sousies, kruie en speserye in vir die kokery. Die kompetisie is taai. Elke gesin se kombinasie van lekkernye bly hoogs geheim tot op die laaste. Dan word daar vergelyk wie het die meeste vleise, slaaie en groentedisse gaargemaak. Ek is permanent genees. Daai 3 dae in die kombuis vir een uur se beestelike genot en tonne skottelgoed, het my gebreek. Tot dit natuurlik my beurt was om reg te staan. Glo ek mos toe dat ‘n mens kan wegkom met eksotiese seekosse (maklik om gaar te maak) en snoek op die kole (my man se werk). Wat ‘n fiasko! Ek is amper uit die testament geskryf, maar gelukkig vergewe, want ek weet mos nie van beter nie. (Ek is al een in Gauteng, of soos alle Kapenaars nog van praat, Transvaal)! Nou ja, gelukkig kom my beurt eers weer oor ‘n paar jare verby. Dalk kan ek intussen leer om ‘n varkboud te rook, ‘n lamsboud te bak en ‘n beesblad te pekel. Die kalkoen sal ons sommer in die Weber sit en die hoenderpastei by iemand bestel. Hopelik… Geseënde Kersfees aan al ons lesers en ‘n wonderlike vakansie vir een en elk. Wees veilig, rus lekker en geniet die feesmaal. Ons sien daarna uit om die nuwe jaar saam met julle aan te pak. Feestelike groete Erika

Page 4: Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! · Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge

4

AKADEMIE Die rapporte word op Woensdag 6 Desember 2017 tussen 07:30 en 08:00 by die registerklasse uitgedeel word. Op dié dag sluit die skool om 11:00. Indien u dan reeds met vakansie vertrek het, moet

ʼn gefrankeerde koevert vroegtydig by die registeronderwyser ingehandig word. Die koevert moet groot genoeg wees vir die jaarblad ook.

KULTUUR

SENIORKOOR

BELANGRIKE DATUMS 2018

Verpligte werkswinkel: 3 Februarie 2018

REVUE-GROEPE 2018

BELANGRIKE INLIGTING Ons sal aan die begin van 2018 vir u alle inligting aangaande die afskop van ons beoogde revuegroepe in die Vinkie en op die School Communicator plaas. Ons is tans in die beplanningsfase en behoort teen vroeg volgende jaar die oudisieproses te begin. Alle leerders wat belangstel en hou van beide sing en dans, moet hulle nuusbriewe dophou vir die inligting. Ons is baie opgewonde oor die nuwe geleentheid wat van volgende jaar af vir ons kultuurleerders geskep gaan word. Hoop ons sien baie van julle by die oudisies.

SPORT

Belangrike datums 2018 (Voorlopig)

Atletiek: 19 Januarie Huissport (tuis)

Netbal: 16 – 18 Maart Netbaltoer – Camp Discovery

Rugby: o//9 19 – 21 Maart Konka

o/10 22 – 24 Maart Konka

o/11 03 – 06 April Konka

1ste & 2de 26 – 29 Maart Konka

Tennis: Juniors 25 – 28 April Bethlehem

Sien datums onder Belangrike Datums vir Rondomtalie

Seniors 08 – 11 Augustus Bethlehem

Sporttoer: 17 – 21 Junie Oos-Kaap

ALGEMEEN

VERE-KAS

Vere-kastye: (2018)

15 & 16 Jan.

Oggend 07:30-09:00 07:30-09:00 Gesluit

Middag Gesluit

Vanaf 17 Jan.

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige navrae in verband met die Vere-kas.

Page 5: Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! · Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge

5 SLUITKASSIES

Ons doen ‘n dringende beroep op alle ouers en leerders om asb. seker te maak hulle sluitkassies is leeg teen 6 Desember 2017. Slotte wat daarna nog aan is sal noodgedwonge geknip word en die inhoud sal verwyder word om die kassies gereed te kry vir 2018-verhuring. Aan die begin van die nuwe jaar sal die sluitkassies weer beskikbaar wees om te huur vir 2018. Dit geskied op ‘n “first come, first served”- basis. Hou asb. die Vinkie dop vir meer besonderhede.

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Dis HEERLIKE LENTE ~ kom ons vier dit met musiek! Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of

klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

[email protected]

DRAMAKLASSE VIR LAERSKOOL-LEERDERS Suid-Afrikaanse aktrise, TV-aanbieder, stem-kunstenaar & radio-omroeper, Mandi du Plooy Baard bied vanaf 2018 dramaklasse vir laerskool kinders aan. Met hierdie klasse beoog ons om op ‘n “FUN” manier jou kind se selfvertroue & potensiaal te ontwikkel. Indien jou kind ‘n liefde vir drama het, kan jy vir Mandi kontak by: [email protected] 0832262851

Page 6: Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! · Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2018! Aan die einde van dié jaar kyk ek met dankbaarheid terug op ʼn besige jaar vol seëninge

6