12
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling DIE in-plek om deesdae te gaan kampeer, is Go- bles Folley – of so dink sommige mense. Die afgelope paar naweke het kampeerders sommer al vroeg opgedaag, hul tente tussen die bloekombome op die oewer van die dam opge- slaan, hul visstokke uitgehaal en luilekker ont- span. Sommige natuurliefhebbers gaan stap ge- reeld by Gobles Folley, ander draf en geniet die natuurskoon en biodiversiteit. Corrie Craven het al vantevore gesê Gobles Folley se wal is gegooi om die ontsaglike hoe- veelheid natuurlike syferwater van die gebied wat dit bedien, op te vang vir biodiversiteit in die natuurlewe vir inwoners. Daar was altyd klein vleilandjies wat in so ’n mate vergroot het dat rooipootvalkies, waad- voëls, watervoëls, kroon- en bontkiewiete, kal- koen-ibisse (op die Rooilys; dr. Gerhard Ver- doorn bevestig dit), swaeltjies, paddas, vlinders en insekte hier ’n tuiste en jagveld gevind het. Hier is egter geen ablusiegeriewe of vullis- dromme vir kampeerders om vullis in te gooi nie, want Gobles Folley het nie ’n kampeerterrein nie. Willie Hattingh, ’n bekende sakeman en voor- sitter van die Bethlehem-Rotariërs, sê indien kampeerders toegelaat word om by Gobles Fol- ley uit te span sal dit nie meer lank duur voordat dit in ’n plakkerskamp ontaard nie. ’n Klomp daklose en werklose mense bly reeds by een van die Dihlabeng-munisipaliteit se massavullishouers digby Gobles Folley. Dr. Natie Wessels, voorsitter van die Hoog- land-Natuurlewevereniging, sê die vereniging het ongelukkig geen insette of jurisdiksie oor eni- ge van die groen gebiede rondom Bethlehem nie en kan dus nie die agteruitgang aanpak nie. Maluti het by die Dihlabeng-munisipaliteit na- vraag gedoen of dit wettig is om gratis by Golbes Folley te kampeer en of mense kan kampeer en uitspan waar hulle wil, maar teen druktyd is nog geen terugvoer hieroor ontvang nie. Natuurlewe hiér in gevaar Ál meer kampeerders slaan by Gobles Folley tent op KAMPEERDERS en hengelaars by Gobles Folley.

Maluti 21 08 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maluti 21 08 2013

Citation preview

Page 1: Maluti 21 08 2013

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

DIE in-plek omdeesdae te gaan kampeer, isGo-bles Folley – of so dink sommige mense.Die afgelope paar naweke het kampeerders

sommer al vroeg opgedaag, hul tente tussen diebloekombome op die oewer van die dam opge-slaan, hul visstokke uitgehaal en luilekker ont-span.Sommige natuurliefhebbers gaan stap ge-

reeld by Gobles Folley, ander draf en geniet die

natuurskoon en biodiversiteit.Corrie Craven het al vantevore gesê Gobles

Folley se wal is gegooi om die ontsaglike hoe-veelheid natuurlike syferwater van die gebiedwat dit bedien, op te vang vir biodiversiteit in dienatuurlewe vir inwoners.Daar was altyd klein vleilandjies wat in so

’n mate vergroot het dat rooipootvalkies, waad-voëls, watervoëls, kroon- en bontkiewiete, kal-koen-ibisse (op die Rooilys; dr. Gerhard Ver-doorn bevestig dit), swaeltjies, paddas, vlinders

en insekte hier ’n tuiste en jagveld gevind het.Hier is egter geen ablusiegeriewe of vullis-

dromme vir kampeerders om vullis in te gooi nie,wantGoblesFolleyhet nie ’n kampeerterreinnie.Willie Hattingh, ’n bekende sakeman en voor-

sitter van die Bethlehem-Rotariërs, sê indienkampeerders toegelaat word om by Gobles Fol-ley uit te span sal dit nie meer lank duur voordatdit in ’n plakkerskamp ontaard nie.’n Klomp daklose en werklose mense bly

reeds by een vandieDihlabeng-munisipaliteit se

massavullishouers digby Gobles Folley.Dr. Natie Wessels, voorsitter van die Hoog-

land-Natuurlewevereniging, sê die vereniginghet ongelukkig geen insette of jurisdiksie oor eni-ge vandie groengebiede rondomBethlehemnieen kan dus nie die agteruitgang aanpak nie.Maluti het by die Dihlabeng-munisipaliteit na-

vraag gedoen of dit wettig is om gratis byGolbesFolley te kampeer en of mense kan kampeer enuitspan waar hulle wil, maar teen druktyd is noggeen terugvoer hieroor ontvang nie.

Natuurlewe hiér in gevaarÁl meer kampeerders slaan by Gobles Folley tent op

KAMPEERDERS en hengelaars by Gobles Folley.

Page 2: Maluti 21 08 2013

2 MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

aucor.com

property|wheels

|movables

Vir Finansiering skakel:Celestè 082 374 5078

Navrae - Jakoef: 0824589372 |[email protected]

EnormeVo

ertuigve

iling

aucor.com

Datum: Dinsdag, 27 August 2013 om 10:30Perseel: Krugerlaan 1, Estoire, Bloemfontein

160X BankvoertuieBehoorlik gelas deur die Terugname- enVlootbestuurders vanWesbank, MFC (‘n divisie van Nedbank), Nedbank Ltd, Mercedes-Benz Financial Services SA (Pty) Ltd., Daimler Fleet Management SA (PTY) Ltd., sal Aucor die volgende per publieke veiling verkoop:

GPS: S 29°06.767’O 026°16.567’

| Voertuie | SNVs | Minibusse | Bakkies | Karavaan | Vierwielmotorfiets- & sleepwa100xVoertuie, SNVs&Minibusse• 9x 2012, 2011, 2010 & 2009VW Polo Vivo• 4x 2012 & 2010 Renault Sandero 1.6• 3x 2012 & 2010 Chevrolet Aveo 1.6L• 2x 2012 & 2011 CMC Amandla 2.2 14-Sit• 2x 2012 & 2011 GWM Florid 1.5• 2012 Renault Clio III 1.6 Avantgarde• 2012 Tata Indica 1.4 LE LTD• 2011 BMW X5 xDRIVE30d M-Sport Outo• 2011 Mercedes C220 CDi BE Classic Outo• 2011 Mercedes C200 BE Avantgarde Outo• 2011 VW Golf VI 1.4 TSi Trendline• 2011 Opel Astra 1.4T Enjoy• 2011 Audi A1 1.2T FSi Attraction• 2011 Kia Sportage 2.0 CRDi• 2x 2011 Toyota Yaris Zen3 ACS• 2x 2011 & 2008 Toyota Corolla 1.6 & 1.4Professional• 2011 Chevrolet Optra 1.6• 2011 Nissan Tiida 1.6 Visia• 2x 2010 & 2008 Toyota Quantum 2.7Sesfikile 14 & 15-Sit• 2010 BMW X1 XDrive 2.0D Exclusive• 2010 Mercedes C180K BE

• 2010 BMW 120i• 2010 Audi A4 2.0 TFSi AMB Multi• 2010 Mitsubishi Pajero Sport 3.2 DI-D GLS Outo• 2010 Ford Everest 3.0 TDCi XLT• 2010 Hyundai Getz 1.4HS• 2010 Kia Soul 1.6• 2010 Chery QQ3 0.8 TE• 2009 VW Crafter 50HR 80 F/C 22-sit• 2009 Audi Q7 3.0 TDi V6 Quatro Tip• 2009 Dodge Journey 2.7 SXT Outo• 2009 Mercedes C200K Avantgarde Outo• 2009 BMW 320i• 2009 Honda Civic 2.2 CDTi VXI• 2009 VW Golf VI GTi 2.0 TSI• 2009 VWVelociti 1.4i• 2008 Mercedes C320 CDi Avantgarde Outo• 2008 Toyota Rav 4 2.0 GX• 2008 VW Caddy Maxi 1.9 TDi Paneelwa• 2008 Mercedes C200K Classic• 2008 BMW 323i Outo• 2008 Toyota Yaris T135xBakkies,Dubbelkajuite&4x4s• 2013 GWM Steed 5 2.2 MPiWorkhorse• 2012 Chevrolet Utility 1.4 Sport

• 2012 Mahindra Bolero NEF Loadrunner• 3x 2011 & 2009 Nissan NP 200 1.6• 2011 Toyota Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 A/T D/K• 2011 Toyota Hilux 3.0 D-4D Raider Xtra Cab• 2011 Toyota Hilux 2.7 VVT-i Legend 40 D/K• 2011 Nissan Navara 2.5 DCi XE K/Cab• 2011 Isuzu KB300 D-Teq 4x4 D/K• 2011 JMC BD 2.8 TD• 2010 Ford Ranger 3.0 TDCi XLT Hi-Trail• 2010 Mitsubishi Triton 2.4 MPi 4x2 D/K• 2009 Toyota Hilux 3.0 D-4D Raider R/B D/K• 2009 Nissan Hardbody NP 300 2.4i Raider4x4 D/K• 2x 2009 & 2008 Opel Corsa Utility 1.8 & 1.4• 2008 Toyota Hilux 2.5 D-4D SRX 4x4• 2008 Nissan Navara 4.0 V6 4x4 D/K• 2008 Ford Ranger 4.0iV6 XLTHiTrail Sup/Cab• 2008 Ford Bantam 1.6 XLT• 2008 Nissan 1400 Champ• 2008 GWM Steed 2.8 TC D/K

VOORWAARDES: ‘n Terugbetaalbare registrasiedeposito van R10 000 is betaalbaar per bank- of bank-gewaarborgde tjek, debiet/ kredietkaart of EFO. GEEN KONTANTWORD AANVAAR NIE. ‘n Dokumen-tasiefooi van R2000 (BTW ingesluit) is betaalbaar op elke lot. 6% Koperskommissie (BTW uitgesluit) isbetaalbaar op elke lot. Alle aanbiedinge sluit BTW uit. Aucor mag bie namens die verkoper tot die re-serweprys. Bewys van adres en ID-Dokument vir FICA-registrasie word benodig. Afslaer: Dave Price

Datum: Saterdag, 31 Aug. om 10:30Perseel: 1 Krugerlaan, Estoire, BFN

Notisie

Diamant- &Meubelveiling

Karavaan, Vierwielmotorfiets en-sleepwa• 2012 RMRMark 2 Enkel Vierwielmotorfiets-sleepwa• 2009 Jurgens Exclusive S154 Karavaan• 2008 Suzuki LTZ 400Vierwielmotorfiets

20x Nie-lopend / Ongeluksbes-kadigde voertuieBesigtiging: Maandag, 26 Aug.

vanaf 08h30 tot 16h00

MILA HAMMAN se ma, Ilse, was die eerste omMila vir vanjaar se Magic Photography, Malutien die Metropolitan-sentrum se babakompeti-sie, in te skryf. Sy neem aan die afdeling drietot vier jaar deel. Foto’s: Magic Photography

LEANE, dogter van Divan en Lizzy Wolmaransvan Bethlehem, is vir Magic Photography, Ma­luti en die Metropolitan-sentrum se babakom-petisie, ingeskryf. Sy neem in die afdeling 6 tot12 maande deel.

Meld hulle aan vir jaarlikse babakompetisie

OM iets nuuts wat jy graag wil hê te koop, bydie huis aan te kom, dit oop te maak en te sienallerhande ander goed is in die boks kan ont-stellend wees.

George Heinlein, wat vir hom ’n nuwe elek-triese rolsaag by ’n winkel in die DihlabengMall gekoop het, het tot sy groot ontsteltenisbrosjures met aanwysings vir verskeie anderfabrikate van elektriese ware soos bore, asook

’n klomp nuwe onderdele en bykomstighedein hul plastiekverpakking, in die boks gekry toehy dit by sy huis oopgemaak het.

“Dit is nie fair game nie,” sê Heinlein.Daar was nogal twee bokse met die betrok-

ke elektriese rolsaag op die rak.“Ek het nogal die boks gekies wat die beste

gelyk het.”Heinlein sê dit is al die tweede keer dat hy

in die betrokke winkel ’n bloutjie loop.

Behalwe dat hy ontevrede is omdat hy niedie beloofde saag gekry het nie, wonder hyhoeveel kliënte nie al die bykomstighede enaanwysings vir die elektriese toerusting wathulle gekoop het, gekry het nie.

Boonop moet hy nou weer na die winkel te-ruggaan en probeer om die saak reg te stel.

“Dit neem baie tyd in beslag en ek moet ookwerk.”

Klant loop 2de keer ’n bloutjie

Page 3: Maluti 21 08 2013

MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 3

LIESBET MASEKO (links, agter) wys hoe bly sy is om ’n rolstoel van die Rotariërs te ontvang.Altesaam 110 rolstoele is deur Rotary Internasionaal se Rolstoelstigting op Bethlehem uitgedeel.Van links is, voor: Alina Maseko, JP van Wyk, John Mokoena, Rina Koch en Danie Koen; agter:Maseko, Chris Suich (Rotary Internasionaal se voorsitter vir die 1270-streek), Susan Pelser, JimMokoena, Bob Suich (Skegness Rotary-klub, Engeland), Hannes en Tess Heymans (Bethlehem-Rotariërs) en Johan van Rensburg wat ’n rolstoel namens sy ma, Joey, ontvang het.

Talle harte verbly metrolstoele van RotariërsEERS was sy ’n wurm op diegrond, nou is sy ’n skoenlap-per.Só het ’n vrou gesê nadat sy

’n rolstoel ontvang het.Dít is woorde soos dié wat

Milton Frary van Castleford,Engeland, inspireer om as Ro-tariër en voorsitter van die Rol-stoelstigting rolstoele in te sa-mel vir mense wat dit nie kan

bekostig nie.Frary sê hy het ’n paar jaar

geledemet die projek begin endit is nou die tweede keer datRotary Internasionaal rolstoe-le aan Rotary-klubs in Suid-Afrika oorhandig het.In Distrik 9320 is 5 600 rol-

stoele oorhandig en net in dieVrystaat is 1 680 rolstoele uit-gegee.Die rolstoele is deur die

Rotary-klubs aan verskillendeinstansies oorhandig.Die lede van die Bethlehem-

Rotariërs het vooraf ’n behoef-tebepaling gedoen en 110 rol-stoele is uitgedeel.Een van die ontvangers was

Lewies van der Walt wat netdie volgende dag verjaar het.“Ek kon nie ’n beter verjaar-

daggeskenk ontvang het nie.”

BELANGHEBBENDESwat die Rotariërs se rolstoeloorhandiging in die DihlabengMall bygewoonhet, is van links, voor: AnneleneHattingh, Tebello Radebe,Marjorie Drewitt (Catleford, Engeland),Robyn Peyper, Retha Fourie, Phania Lourens, Rijtje Nel, Elaine Drewitt (Catleford, Engeland)en Chris en Bob Suich (Skegness, Engeland); middel: Elize Willis, Carine Wagenaar, Chris Blig-naut, Annemie Ewon, Hilton Frery (Rolstoelstigting, Engeland), LindsayCryer, GreyCryer (distrik-goewerneur: Rotary 9320), dr. Bruce Staples en Alan Drewitt (Catleford, Engeland); agter: LieslReyneke, André Pieterse, Hannes Heymans en Carel de Bruin.

Page 4: Maluti 21 08 2013

4 MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Volhard en bly gefokus opGod se hemelse beloningVOLHARD.

2 Petrus 1:1-10Omdat julle glo, word

julle deur die krag van Godveilig bewaar . . . al is ditnodig dat julle vir ’n korttydjie bedroef gemaak worddeur allerhande beproewings, sodat dieegtheid van jul geloof getoets kan word.

Op 1 Junie 1965 het Robert Manry metTinkerbelle, ’n boot van 4 meter, stilweg uitdie hawe van Falmouth, Massachusetts,gevaar. Die bestemming was Falmouth,Engeland.

Die boot was die kleinste vaartuig nog omdie reis te onderneem. Manry was ’nkopieskrywer vir die koerant Cleveland PlainDealer. Tien jaar agter ’n lessenaar was virhom genoeg verveling vir ’n leeftyd. Manryhet net vir sy vrou en ’n paar goeie vriendedaarvan vertel.

Met sy vaart moes hy folterende, slapelosenagte verduur soos hy probeer het om uit diepad van groot skepe te bly. Sy kos hetsmaakloos geword. Eensaamheid hethallusinasies veroorsaak. Die boot se roerhet drie keer gebreek. ’n Storm het homoorboord gegooi – as hy nie ’n tou om sy lyfvasgebind het nie, sou hy hom nooit terugop die boot kon trek nie. Eindelik, ná 78 daealleen op see, het hy die hawe van Fal-mouth, Engeland, binnegevaar. Tydens dienagte agter die boot se stuur het hy homingedink hoe hy stil-stil die hawe gaan invaar,in ’n hotel gaan tuisgaan, alleen aandetegaan nuttig en die volgende oggend by eenvan die plaaslike koerante gaan hoor of hulledalk in sy storie belang stel. ’n Grootverrassing het egter op hom gewag – nuusoor hom is wyd en syd versprei.

Tot sy verbasing het 300 vaartuie met

blasende toeters die Tinkerbelleontmoet en tot in die hawebegelei. Aan wal het 47 000mense hom skreeu- end enjuigend verwelkom.

“Een van die grootste temasin die Skrif is volharding,” sê

Radiokansel wat die verhaal vertel. Dit maaknie saak hoe groot ’n mens se roeping,talent, saak of doelwit is nie – sondervolharding kan ’n mens dit nie maak nie.

Volharding beteken om aan te hou om op’n doelwit te fokus, al is die teenkanting ookhoe groot. Paulus se beeld van die volhar-ding in die geestelike lewe is ’n atleet seinspanning om ’n prys te wen. En elkeen wataan ’n wedstryd deelneem, onthou hom inalles—húlle nogal om ’n verwelklike krans teontvang, maar ons ’n onverwelklike(1Kor.9:25).

Om te volhard in ons geestelike lewevereis om die hart geheel aan die Here oorte gee, in Hom te vertrou en die hemel diedoelwit te maak. Baie elemente druis in teendie lewenskoers. Die Heilige Gees wek diekrag en begeerte om te volhard in ons harte.Oorvloedig getuig die Skrif van die belangrik-heid van volharding. Maar wie volhard tot dieeinde toe, sal gered word (Mat.24:13,Mar.13:13) . . . verbly julle in die hoop . . . vol-hard in die gebed (Rom.12:12). Let opjouself en op die leer; volhard daarin(1Ti.4:16).

Elkeen wat volhard om ’n dissipel van dieHere Jesus te wees kan na ’n feestelikeverwelkoming in die hemel uitsien. Ons grootpraktiese hulp is gereelde Skriflesing engereelde gebed.

“Here, vandag vestig ek my oë op my winsin die hemel.”) Ds Manie Colyn www:kragvirvandag.co.za

Uitdagings grootvir linkshandigesBEKENDES soos die ten-nisspeler Martina Navrati-lova, Amerikaanse oud-president Jimmy Carter enoud-krieketspeler GrahamPollockhet iets ingemeen.Hulle is almal linkshandig.

Verlede Dinsdag is Nasionale Linkshan-digheidsdag gevier. Dit is gehou ter bewus-making daarvan dat linkshandige mense se-kere probleme ondervind.

Daar word oral net skêre vir regshandigesverkoop. Navorsing toon egter dat 68% vanlinkshandiges ’n skêr met hul linkerhand ge-bruik. Wil jy bome en struike snoei, is daarnie sommer snoeiskêre vir linkshandiges be-skikbaar nie.

Een van die grootste probleme waarmeelinkshandiges te doen kry, is om brood te sny.Hulle begin om pragtig eweredig die brood tesny, om dan die sny brood aan die einde tweekeer dikker te hê. Gelukkig is daar deesdaein al die supermarkte broodsnyers of ’n menskan klaargesnyde brood koop.

Linkshandiges sukkel om ’n slot oop temaak. Hulle gooi bal en borsel hare links, trekkinders se kouse en skoene met hul linker-hand aan, visualiseer dinge baie keer an-dersom, verf en versier mure met die linker-hand, wys rigting vir mense met die linker-hand aan en dies meer.

Vroue brei en doen hekelwerk andersom.Deesdae kry ’n mens naaldwerkmasjiene virlinkshandiges. Dit kos net bykans twee keersoveel soos dié vir regshandiges.

Navorsing toon dat 98% van alle linkshan-diges met hul linkerhand skryf en teken, 98%hul hare só kam en 92% ’n tandeborsel metdié hand gebruik.

Om eetgerei te gebruikskep ook probleme, hoewelnavorsing toon dat linkshan-diges ’nmes inhul linkerhandhou wanneer hulle iets son-der ’n vurk sny, maar wan-neer ’n vurk gebruik word, is

dit slegs 26%.Die grootste probleem wat linkshandiges

ondervind, is om te skryf. Elke linkshandigewat die uweken, endie uwe inkluis, skryf baielelik. Dit is hoofsaaklik omdat hulle nie geleerhet om ’n pen reg vas te hou nie. My linker-hand isdestydsdeurmygr. 1-juffrouagtermyrug vasgemaak om my te dwing om met myregterhand te skryf. Die uiteinde van die saakwas dat ek nie meer wou skoolgaan nie, wantdie kinders het my daaroor gespot en daarbykon ek net nie met my regterhand skryf nie.Gelukkig het my ouers met die skoolhoofgaan praat en is ek toegelaat om met my lin-kerhand te skryf.

Ek het in ’n stadium skoolgehou en is op’nkeerdeur ’n inspekteuroordie vingersgetikoor my skrif – al die kinders het net so leliksoos ek geskryf. Ek het toe pouses die skrifop die bord geskryf sodat die kinders nie die-selfde tegniek as ek gebruik nie. Wanneer ekhulle gewys het, het ek my regterhand ge-bruik sodat hulle die regteaksies konaanleer.

In Engeland is ’n program vir onderwysersontwikkel wat die taak vergemaklik om kin-ders te leer om reg met hul linkerhande teskryf.

Het enigeen al in hul klas opgelet hoeveellinkshandiges daar is, of het jy al by jou werk-plek opgelet hoeveel linkshandiges daar is?By my werkplek is ons darem twee, so dieuwe is darem nie alleen nie!

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

BETHLEHEMIET:

EK was een van ’n hele paarmense wat Donderdagoggendin die mall inkopies wou gaandoen. Toe ek by die parkeerter-rein inry, sien ek net polisie- ennooddienstevoertuie en ’n brandweerwa.

Ek was te bang om nader te gaan en het eer-der omgedraai en Sentrum toe gegaan. Ek hetgewonder of daar ’n gewapende rooftog wasen of ’n brand daar uitgebreek het. Ek kon nie

rook sien nie, maar sake hetregtig baie ernstig gelyk.

Later het ek gehoor dienooddienste het ’n spesialeoefensessie gehad om vas testel of hulle in staat is om hullein die kortste moontlike tyd te

kan mobiliseer en betyds sal kan wees ommense te red indien iets gevaarliks in die mallsou gebeur.

Wys jou net: ’n Mens moenie sommer netaanneem iets slegs het gebeur nie.

Petalje toe al die tyd net ’n oefening

DA, DIHLABENG:

A MEETING of the Dihlabeng Council hadto be cancelled on 13 August due to the una-vailability of ANC councillors. The speaker ofthe Dihlabeng council, David Lengoabala, wasforced to call off the council meeting due to thelack of a quorum.

The meeting was attended by the speakerand opposition councillors, while not a singleother ANC councillor attended.

It is apparent that the ANC caucus in Dihla-beng is deeply divided. These divisions arenow affecting the ability of the council to func-

tion effectively. It is clear that ANC councillorsare more concerned about fighting over accessto lucrative positions than over the welfare ofDihlabeng residents.

The council is the basis of our democracyand is responsible for the delivery of basic serv-ices to our people in Dihlabeng.

The actions of ANC councillors indicate thatthey apparently have no respect for our demo-cratic institutions.

In-fighting within the ANC caucus in Dihla-beng is the reason for service delivery prob-lems and shows a disregard of the trust thatvoters placed in them.

In-fighting undermines council

Briewe /

Letters

29AUGUSTUS:Sektorpo-lisiëringvergadering vir wyk10 en wyk 11 om 17:00 indie Sederhofgebou. Dit be-hels diewoonbuurteHospi-taalheuwel, Panorama,Jordania en La Provence.Alle inwoners van die woonbuurte word ge-nooi om die vergadering by te woon.31 Augustus: Bethlehem-lugskou. Bel

Derek O’Connor by 083-629-5242.7 September: Sewentigerplussers kuier

saam indieNGkerkBethlehem-Wessekerk-saal. Antwoord teen 23 Augustus deur 058-303-3017 te skakel.14 September: Musiekdag op Kestell ten

bate vandieVolksblad-Kersfonds. ’nGospel-sangkompetisie begin om09:00 in dieBoere-vereniging se saal. ’n Kunsmark met gratisstaanplek word gehou. Rig navrae aan Jo-hann Ramage by 058-653-1136.14September:ChristiaanvanZyl, vanjaar

se Spontaan-wenner op die Vryfees, tree om

19:00 in die Metodistekerkop Kestell op. Die Bethle-hem-Metodistekerk se klok-kespelgroep treeookop.Al-les is tenbate vandieVolks-blad-Kersfonds.Bel JohannRamage by 058-653-1136.

3 Oktober: Project Runway met DavidFourie spesiaal net vir vroue in die Oos-Vry-staat. Kaartjies kos R250 en sluit ’n geskenk-sak en ete in. Dit is beskikbaar by Maluti enVrystaat se kantoor, Kansa, Curves, Nuveau,Niins en Solomons.14 September:Die Vrystaatse Jagters-en

wildbewaringsvereniging hou ’n reünie vir le-de wat in Oktober 1981 op die stigtingsverga-dering op Maselspoort was (of jy nog lid is ofnie). Bel Daan Bodenstein by 083-489-9193of Izak de Villiers by 082-570-1031. Dit wordin die Soetdoring-natuurreservaat buiteBloemfontein gehou.4 Oktober: Besigheidsaflos op die skou-

terrein op Bethlehem.

DALENEREYNEKE en Inge Fröhlich het Saterdag ’nRaggy-kwiltkursus by die Metropolitan-sen-trum aangebied. Vroue van oor die Oos-Vrystaat heen het die kursus bygewoon en elkeen het’n handsak gemaak. Van links is, voor: Fransie Oberholzer en Suzette Fourie; tweede ry: LydiaRossouw, Lucia Oberholzer, Elzette Brits, Tiekie de Jonge en Yolandi Ferreira; derde ry: AmandaBester en Gale Brits; agter: Hannie Bekker, Hester de Jager, Fifi Bezuidenhout, Paula du Toit,Chantel Pretorius, Petro Hattingh, Dalene Reyneke en Inge Fröhlich.

VKB het die afgelope week ’n ete vir sy kliënte in die Bethlehem-distrik gehou. Boere en hulmetgeselle is op biefstukke getrakteer terwyl hulle na Thys die Bosveldklong geluister het. Pierrede Villiers het werknemers wat ’n moeilike seisoen goed hanteer het, geprys en boere bedankvir hul geduld wanneer silo’s met tye vol was. Hier is van links Hennie van Zyl, Pierre de Villiers,Elizna van der Merwe van Soygro, Koos van Rensburg en Johan Fourie.

Foto: Marguerite Vermeulen

Page 5: Maluti 21 08 2013

MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 5

Skakel 0860 007 007 vandag om jou afspraak te reël.

Kom gesels gerus met ‘n Old Mutual Finansiële Adviseur of ‘n Makelaar oor jou drome en doelwitte, op weeksdae vanaf 12 – 30 Augustus 2013.

En geniet Mugg & Bean se koffie sonder ophou en ‘n Reuse Muffin, met die komplimente van Old Mutual.

Slegs by deelnemende Mugg & Bean Restaurante beskikbaar: Bloemfontein, Bethelem, Kimberley, Harrismith, Potchefstroom en Welkom.

10009799JB

/A

VERANDER JOU TOEKOMSOOR ‘N KOPPIE KOFFIE

Old Mutual is ‘n Gelisensieerde Finansiële Diensverskaffer.Besoek www.oldmutual.co.za/coffee vir bepalings en voorwaardes.

Page 6: Maluti 21 08 2013

6 MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

VADERSGIFTBOERDERY het die hoogste prys vir koeie en osse op Slabbert se vetveeveiling behaal en ook die grootsteomset behaal. Die Van den Heevers van Vadersgiftboerdery is van links Danie, Lily, Douw van Wyk van BKB Louwid-afslaers, Basie en Gerrie van den Heever.

Goeie pryse op veiling gehaalMET die hoë slagpryse in ag geneemwas die pas afgelope Slabberts-vet-veeveiling suksesvol met ’n algeheleomset van R935 415.

Ernst Mielman het die hoogste prysvir ooie en lammers behaal. Hy hetR1 250 vir ooie en R1 050 vir lam-mers gekry.

Riaan Kriek het ook R1 250 ont-vang vir ooie wat hy verkoop het.

Die Van den Heevers van Vaders-

giftboerdery het die hoogste prys virkoeie en osse wat hulle verkoop het,behaal. Die koeie het R8 900 gehaal endie osse R8 400.

Johan van der Merwe het R10 800vir ’n bul gekry.

Vadersgiftboerdery het die hoogsteomset van R290 300 behaal.

Die veiling is goed ondersteun deurkopers van Sparta Beef, Stocklush,Beefmaster, Ficksburg-abattoir, Triple

C-voerkraal, Zak Stemmet en Enslinvan Blerk.

Die veiling is met ’n prysuitdeling engeselligheid deur die Slabberts-boere-vereniging afgesluit waartydens diesanger Anton Botha opgetree het.

Die Slabberts-boerevereniging iseen van vier in die Vrystaat wat verledeweek ’n oorkonde van Vrystaat Land-bou (VL) ontvang het vir ledegeld watten volle betaal is.

VAN die Slabberts-boerevereniging se stigterslede wat die prysuitdeling ná die jaarlikse vetveeveiling bygewoon het, isvan links Basie van den Heever, Hermanus Crous, Jannie Maree (borg), Corné Kriek en HJ de Villiers.

CORNÉKRIEK (middel) was een van die verkopers op Slabberts se jaar-likse vetveeveiling wat tydens die prysuitdeling ’n prys ontvang het. Byhom is Lily van den Heever en Douw van Wyk (afslaer van BKB Louwid).

Page 7: Maluti 21 08 2013

MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 7

Koerant met hart The paper with heartI

Skakel

Johan 081 438 7715

Redene 082 405 5019

vir u advertensiebehoeftes.

Koerant met ‘n hart vir sy mense,

sy adverteerders en sy omgewing.

Koerant met ‘n hart vir sy mense,

sy adverteerders en sy omgewing.

HUISAD/MA/AUG11/JJ

Page 8: Maluti 21 08 2013

8 MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Mej. Bethlehem­ekspo

Skones se inskrywings ingewagOPSKUD, mooie meisies, die tyd raak minom in te skryf vir vanjaar se Mej. Bethlehem-ekspo.Heelwat inskrywings is reeds ontvang vir

drie van die Volksblad-groep se plaaslikekoerante, Maluti, Vrystaat en Express Eas-tern Free State, se Mej. Bethlehem-ekspo-kompetisie.Die kompetisie vorm deel van die jaarlikse

Bethlehem-ekspo wat op 4 en 5 Oktober ge-hou word.Daar kan in vyf verskillende kategorië deel-

geneem word: 4 tot 8 jaar; 9 tot 12 jaar; 13tot 15 jaar, 16 tot 24 jaar en getroude vroue.Inskrywings sluit einde Augustus. Stuur ’n

vollengte-foto, asook ’n kop-en-skouer-foto,na [email protected]. Slegs oor-spronklike foto’s of foto’s in ’n jpeg-formaat

sal aanvaar word. Dui ook duidelik aan virwatter kategorie ingeskryf word. Let daaropdat geen onvolledige inskrywings of foto’svan swak gehalte aanvaar sal word nie.Indien jy reeds ingeskryf het en nie jou foto

in die koerant sien nie, stuur ’n foto wat aandie bostaande vereistes voldoen.Lesers sal vanjaar vir hul gunsteling in elke

kategorie kan stem.

THYS VAN SCHALKWYK (besigheidsbestuurder: Budget Insurance Company) van Somerset-Wes het Bethlehem besoek om saam met JannieLabuschagne (links, bemarkingsbestuurder: Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-KwaZulu-Natal) die eerste mense te wees om tien kaartjies vir Volks­blad se Sentrale Plaaslike Koerante, Maluti, Vrystaat en Express Eastern Free State, se glansgeleentheid Project Runway te koop. Vir hulleis dit ter wille van gemeenskapsbetrokkenheid. Hulle wil Kansa en die J9 Foundation (van Joost van derWesthuizen) ook graag hierdeur ondersteun.Hulle daag nou alle motorhandelaars en versekeraars uit om ook kaartjies vir hul kliënte te koop.

MINÉ GREYLING

ANEY PRETORIUS

Ouderdomsgroep4 tot 8 jaar

SUNÉ ALLEN

HAYLEY VOLSCHENK

Ouderdomsgroep 9 tot 12 jaar

ELENÉ RAUTENBACH RIËTTE STRYDOM

Koop eerste kaartjies vir glansgeleentheid

Page 9: Maluti 21 08 2013

MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 9

Mej. Bethlehem­ekspo

SHANI MATHEWS

SARIE BRITS

NICOLE TERBLANCHE

Ouderdomsgroep 13 tot 15 Ouderdomsgroep 16 tot 24

BERNADETTE GRIESSEL

CAROLINE LESESA MARISKA ROOS

BIANCA ROOS

CHANTEL ROOSAfdeling vir getroudes

WILNA ALLEN

Page 10: Maluti 21 08 2013

10 MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

Skole pak mekaar inhokkie-eindronde

PERSONEELLEDE van Lionsrock het die Kiddies Club-kleuterskool be-soek. Benewens ’n opvoedkundige praatjie wat geleer is, is ’n reuse-leeuhoër as die skoolgebou opgeslaan. Voor die reuse-leeu is van links, voor:Chélyn Pietersen, Linique Human, Limpho Matlanyane, Cara Cilliers,Megan van der Walt en Bongani Khambule; agter: Gladys Mokoena (Li-onsrock), Tshidiso Neimande (Lionsrock), Kelly Lina (vrywilliger, Lions-rock) en Daleen Cilliers (eienaar: Kiddies Club).

DIE Hoërskole Voortrekker en Witte-berg se eerste hokkiespanne het me-kaar Dinsdag op Voortrekker se baandie stryd in die Oos-Vrystaatse eind-ronde aangesê.

Witteberg het onlangs die derby met1-0 gewen.

In Dinsdag se kragmeting was ditvan die begin af duidelik nie een vandie twee spanne gaan besgee nie. El-ke speler het met goeie spel vorendaggekom – hul aanvalswerk en verdedi-ging was uiters goed.

Teen rustyd is nog geen punte aan-geteken nie. In die tweede helfte heteers die een span by die ander eense doelhok geboer waarna dit binneoomblikke na die ander doelhok ver-skuif het.

En toe blaas die eindfluitjie met dietelling gelykop, wat beteken het dietwee spanne moes met eight secondsuitspeel om die wenner te bepaal.

Spelers van albei die spanne moesdoele na die doelhok skiet. Dit het be-hoorlik die doelwagters se vernuf ge-toets en dit was Dominique de Langevan Witteberg wat Voortrekker se po-gings afgeweer het.

Witteberg het met 3-0 die eight se-conds gewen.

Voortrekker se eerste seunspan hetteen Harriston te staan gekom. Hullehet Harriston met 2-1 geklop.

Die doelskieters in dié wedstrydwas Marcel Engelbrecht en Joërik

Potgieter.Witteberg se tweede meisiespan

het Voortrekker met 1-0 geklop, terwylVoortrekker se derde span Ficksburg

met 2-0 geklop het.) Nog foto’s is op Maluti se Face-

book- en webblad, http://maluti-news.co.za, te sien.

DOMINIQUE DE LANGE (links), doel-wagter vanWitteberg se eerste hokkie-span, verdedig hier in die eight se­conds-uitspeelstryd teen Voortrekkerin die Oos-Vrystaatse eindronde.

VOORTREKKER en Harriston seseunshokkiespanne het teen mekaarte staan gekom in die Oos-Vrystaatseeindronde met Voortrekker die wen-ner.

GIMNASTE van die Maranata-klub op Bethlehem het Noord-Vrystaatsekeure verwerf en gaan einde Augustus aan die sonebyeenkoms op Britsdeelneem. Van links is, voor: Jayden Vermaak (vlak 1, 7 jaar, algeheeleerste), Henro Becker (vlak 1, 10 tot 12 jaar, algeheel eerste) en KarliPrinsloo (vlak 3, 8 jaar, algeheel tweede); agter: Luciano di Mezza (vlak2, 7 tot 8 jaar, algeheel derde) en Cristen Kriel (vlak1, 8 jaar, algeheelsesde).

Talented brothers strut their stuff in USAKUTLOANO AND SEFENYA MOLOIfrom Bethlehem took part in the 2013Youth National Equestrian Champion-ships in Albuquerque in New Mexico,America.

Earlier this year the two brothersparticipated in the Scottsdale Arabianshow in America, becoming the youn-gest black South African horse ridersto compete there.

Kutloano was chosen from amonghundreds of his peers to be a reservenational champion (Native costume),while Sefenya made the top ten inEquitation.

At the championships riders andtheir horses compete in various cate-gories such as English, Western, Sidesaddle, Working cow, Dressage, Hun-ter discipline and Kutloano’s speciali-ty: Native costume.

These catagories, combined withleadership training, informative ga-mes, educational contests and para-des, ensured that this event rankedhigh in the young riders’ priorities.

Riding their thoroughbred Arabianhorses, Rest Assured, Black Jack andDominince, Kutloano and Sefenya

faced top-notch competition in everydiscipline they participated in.

By practicing this sport the Moloi’s

learn a lot about tack, clothing,jewellery and other horse-related acti-vities.

FROM the left are Sheila Nortjé, Deedee Bisch, KutloanoMoloi (on horse), Sefe-nya Moloi, Carlos (horse minder) and Nchakha Moloi.

Skrik nie vir dié groot leeu

Verteenwoordig N-VS

Page 11: Maluti 21 08 2013

MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013 11

Let’s Play-sokkerballe gee kinders hoopNÁ die voorsiening van meer as800 sokkerballe in 2012 aan skolevir minder bevoorregte leerlinge inBloemfontein het SuperSport Let’sPlay besluit om die projek na dieOos-Vrystaat uit te brei.Altesaam 100 balle is aan skole

vir minder bevoorregte kinders indie Oos-Vrystaat, die Maluti-Hooglandskool en die Intermediê-re Skool Fouriesburg, uitgedeel.Let’s Play, wat in 2006 begin is,

is ’n korporatiewe verantwoorde-likheidsprojek wat deur Super-Sport en vennote ontwikkel is omkinders aan te moedig om lig-gaamlik aktiewer te wees en ookom skole te help om hul sportpro-gramme op dreef te kry.“Die sokkerballe van Let’s Play

is met opwinding deur leerlinge enonderwysers ontvang. Vir veralkinders kan die speel van sport ’npositiewe ervaring wees – ditmaak hulle aktief, help hulle metsosiale interaksie en leer ook lesseoor spanwerk, sportmangees,doelwitstelling en kompetisie.“Dié balle gee vir die kinders

hoop. Die kinders was almal in ek-stase om die balle te ontvang – ditwas ’n ongelooflik positiewe erva-ring,” sê Lynne Landman, Super-Sport-mediaskakelbeampte vir dieVrystaat en Noord-Kaap. DRIE seuns van die Intermediêre Skool Fouriesburg se eerste sokkerspan met die Let’s Play-balle.

EEN van die seuns van die Maluti-Hoogland-skool speel met ’n Let’s Play-sokkerbal.

Almal se Winkel:Ons koop enige antieke engewone meubels aan. Skakel

gerus vir pryse.Johan 082 312 0855.

GRANITE & MARBLE:Kitchen tops, vanities, barcounters, etc. Tel.058 303 4840/ 082 807 7456.

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

NEED A LOAN?071°446°7284

SPESIALENAELAANBOD

vir matriekmeisies!BIO SCULPTURE GEL.(Denise in Panorama

083 378 3967.

Netjiese 1-slaapkamer-woonstel te huur vanaf1 Sept. 2013. Veilige parke-

ring. R2 500 p.m.Skakel 072 937 4307.

35, blanke man, kode 10.Enige ander werk of plaasli-ke werk. Skakel Gideon

078 041 4474.

Rose is op soek na werk ashuishulp, kinderoppasser.Het ondervinding. Ma-Vr.Skakel 078 976 3058.

DRINGEND GESOEK:Afrikaans-sprekende haar-kapster vir barbier. Mnr.

Venter 072 793 9445.

ATTORNEYS • NOTARIES • CONVEYANCERS

• ADMINISTRATORS OF ESTATES • LABOUR LAWYERS

PROKUREURS • NOTARISSE • AKTEBESORGERS

• BOEDELBEREDDERAARS • ARBEIDSPROKUREURS

EG COOPER MAJIEDT

131: ABSA BANKLIMITED / MJMSMITH & C DEBRUYNCASE NO 821/2012SALE IN EXECUTIONTUESDAY, 27 AUGUS-TUS 2013VEILING: VRYSTAAT HOËHOF, BLOEMFONTEIN, RE-

PUBLIEK VAN SUID-AFRI-KAIn die saak tussen:ABSA BANK BEPERK EI-SERenMARIA JOHANNA MAG-DALENA SMITH(IDENTITEITSNOMMER:720415 0224 088)1E VERWEERDERCHRISTI DE BRUYN(IDENTITIETSNOMMER740412 0023 087)2E VERWEERDERKENNISGEWINGVAN GEREGTELIKEVERKOPINGUit hoofde van 'n vonnis vandie Vrystaat Hoë Hof,Bloemfontein, Republiekvan Suid-Afrika, en krag-tens 'n lasbrief viruitwinning teen onroerendeeiendom, sal die volgendeeiendom per publieke vei-ling verkoop word opDINSDAE DIE 27STEDAG VAN AUGUSTUS2013 OM 12:00 deur DIEBALJU van die HOË HOfBETHLEHEM, gehou tedie LANDDROS-KANTORE, H/V OX-FORD- ENGREYSTRAAT, BETH-LEHEM, aan die hoogstebieër verkoop word naam-lik:EIENDOMS-BESKRY-WING:SEKERE: ERF 1668 BETH-LEHEM (UITBREIDING 19)DISTRIK BETHLEHEM,VRYSTAAT- PROVINSIEGELEË TEPASSMORESTRAAT 5,BETHLEHEM.GROOT: 1 545 (EENDUISEND VYF HONDERDVYF EN VEERTIG)VIERKANTE METER.GEHOU: KRAGTENS AKTEVAN TRANSPORT NOT7481/2001 ONDERHEWIGAAN DIE VOORWAARDESSOOS DAARIN VERMELD.DIE EIENDOM ISGESONEER VIRWOONDOELEINDESEN BESTAAN UIT DIEVOLGENDE: VERBE-TERINGS: (NIKS

GEWAARBORG NIE)SITKAMER, EETKAMER,KOMBUIS, 3 SLAAP-KAMERS, BADKAMER.Die volle en volledigeverkoopswaardes sal netvoor die verkoping deur diebalju uitgelees word en lêter insae by die kantoor vandie BALJU van die HoëHof, BETHLEHEM, of bydie eksekusieskuldeiser seprokureurs en kan tydenskantoorure besigtig word.NEEM VERDER KEN-NIS:Hierdie is 'n verkoping ineksekusie kragtens 'n vonnis

bekom in bogenoemde hof.Reëls van hiedie verkopingis beskikbaar 24 uurvoorafgaande die verkopingte die kantoor van die BAL-JU BETHLEHEM TEGREENSTRAAT 38,MÔRELIG, BETHLE-HEM:Registrasie as koper is 'nvereiste onderworpe aan diebepaalde voorwaardes, on-der andere:1. Voorskrifte van die VER-BRUIKERS-BESKERMINGSWET68 VAN 2008. (URL

http://www.iknfo.gov.za//view/DownloadFileAction?id=99961)2. FICA-wetgewing met be-trekking tot identiteit enadresbesonderhede.3. Betaling vanregistrasiegelde.4. Registrasievoorwaardes.Verkoping sal geskied deurdie kantoor van die BAL-JU BETHLEHEM, metafslaersMARTHAMAGDALENABROEKMAN.Advertensiegelde teen heer-sende publikasie-tariewe en

verkopingskoste volgenshofreëls geld.GETEKEN TE BLOEMFON-TEIN op hierdie 28 STE dagvan JUNIE 2013.BALJU - VRYSTAATHOË HOF BETHLE-HEMTEL. 087 802 6762.NC OOSTHUIZENPROKUREUR VIR EISERP/a EG COOPER MAJIEDTING.KELLNERSTRAAT 77WESTDENEBLOEMFONTEIN

Page 12: Maluti 21 08 2013

12 MALUTI, WOENSDAG 21 AUGUSTUS 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

ONDANKS ’n sterk wind het die netbalspannewat aan Oud-Skoliere se vriendskaplike liga-wedstryde op Truida Kestell se bane deelge-neem het goeie spel gelewer.Spanne van Heilbron, Harrismith, Lindley

en Bethlehem het op dié dag deelgeneem omdie negende- en tiendeplekwenners in die ligate bepaal.Die uitslae is soos volg: Heilbron se tweede

span het Oud-Skoliere se tweede span met

14-10 geklop. Dihlabeng het Oud-Skoliere setweede span met 35-5 geklop, terwyl Heilbronse tweede span Harrismith se tweede spanmet 28-23 geklop het.Oud-Skoliere se eerste span het Harrismith

se tweede span met 57-3, asook Harrismithse eerste span met 34-4, geklop.Lindley het Harrismith se eerste span met

22-13 geklop, terwyl Heilbron vir Lindley met45-17 verslaan het.

Netbalspannejaag die doele

OUD-SKOLIERE se netbalspelers wat Saterdag aan die klub se vriendskaplike liga op TruidaKestell se bane deelgeneem het, is van links, voor: Lezanne Delporte, Giséle D’Alebout (onder-voorsitter), HenriëtteNieuwenhuizen (kaptein, tweede span) en JoaniceBadenhorst;middel: Estavan Wyk (kaptein, eerste span), Adri Viljoen (afrigter) en Arista Badenhorst; agter: Jani Coetzee,Nadia van Wyk, Landé Etsebeth, Chan Maartens, Lyndall Kemp, Chantelle Cotty (voorsitter),Li-Ann Zeelie en Kariena Coetzee.

ARISTA BADENHORST (links) van Oud-Skoliere se eerste span vang die bal terwyl CeceliaUngerer van Harrismith se eerste span verdedig. Foto’s: Lynda Greyling

CHANÉL MAARTENS (met die bal) in aksie in die wedstryd tussen Oud-Skoliere se eerste spanen Harrismith se eerste span.