8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 2 OKTOBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling VIR Clive Craig van Fouriesburg is ’n jare lange wens uiteindelik vervul toe hy ’n paar maande gelede vir hom ’n rooi en swart 1958-Austin Healey aangeskaf het. Vanjaar was hy gereed om ook aan die Suid- Afrikaanse Veteraan- en Antieke Voertuigver- eniging se Claudi van Rooyen-gedenk-rendez- vous-tydren deel te neem – al was dit net vir een dag. Die tydren word al die afgelope paar jaar in die Oos-Vrystaat gehou. Deelnemers gaan op Fouriesburg tuis en dit is op die 120-jarige dorp waar elke rit vir die dag begin het. Deelnemers van oor die land heen het Woensdag op Fouriesburg aangekom en Don- derdagoggend is die eerste been van die tyd- ren aangepak. Motors is in verskillende katego- rieë ingedeel met die oudstes en stadigstes wat eerste vertrek het. Philip Heyns, een van die organiseerders, sê die voertuie se spoedme- ters was toegeplak en navigators moes met ’n stophorlosie bepaal hoe vinnig hulle ry. Elke voertuig moes binne ’n sekere tydsduur by ’n bepaalde punt wees. Hulle het die Bethlehem-lughawe aange- doen waar daar tee gedrink is. Hierna was dit Paul Roux, Senekal en Rosendal toe. Op Ro- sendal is middagete geëet waarna Ficksburg en Fouriesburg gevolg het. Vrydag was die roete na Golden Gate, Har- rismith en Kestell en terug na Fouriesburg. Saterdag was Clarens aan die beurt. Sater- dagaand is die prysuitdeling op Fouriesburg gehou. Abe Zelinga en navigator, Lucille Zei- linga, het met hul 1964-Volvo 122s gewen. Hul- le is gevolg deur John en Jenny Reidy met hul 1960-Austin Healey MK1 met Fanie en Marie- tjie van Rensburg met hul 1932-Ford V8. Die enigste ander Oos-Vrystaters, Tertius van der Linde en Dieter Viljoen van die Maluti Auto Antique-klub op Bethlehem, het derde in hul afdeling vir motors tussen 1960 en 1970 ge- eindig. Craig en sy vrou, Martie, het Vrydag Australië toe vertrek om by hul kinders te gaan kuier, dus kon hy nie die tydren voltooi nie. Groot wens in Austin vervul CLIVE CRAIG (links) van Fouriesburg met sy Austin Healey waaraan hy en Michael Hauptfleisch aan die Rendezvous-tydren deelgeneem het. Foto: Lynda Greyling SATERDAG was nasionale kolwyntjiedag vir Kinder-kankerbewusmakingsmaand en kolle- gas, familie en vriende van Pieter en Igne Weyer het verseker dat sowat 2 500 kolwyntjies by die Dihlabeng Mall verkoop word. Van links is Liza Botes, Igne Weyer, René Bakker en Veronica van Noordwyk. Tineke Bakker staan agter. Gaan kyk gerus op http://maluti- news.co.za hoe klein Vernoné Weyer haar kolwyntjie geniet het. Foto: Lynda Greyling DIE Maluti-a-Phofung-munisipaliteit is een van twee Vrystaatse munisipaliteite waarvan die krag moontlik afgesny gaan word. Eskom beplan om die Maluti-a-Phofung- en die Ngwathe-munisipaliteit se krag af te sny aangesien hulle bykans R400 miljoen agter- stallig is. Die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit skuld R205 miljoen en Eskom beplan om sy krag op 4 Desember af te skakel. Oos-Vrystaatse dorpe wat geraak word, is Harrismith, Qwaqwa, Kestell, Tshiame, Phut- haditjhaba en Tsheseng. Openbare kennisgewings oor die beplande afsluiting het die afgelope week in plaaslike koerante verskyn. Hierin word partye wat ge- raak word, genooi om kommentaar te lewer oor hoekom Eskom moet of nie moet voortgaan met die afskakeling nie. Die sluitingsdatum vir Maluti-a-Phofung vir kommentaar is 6 November. Die finale besluit sal op 26 November gepubliseer word. Kommentaar rakende die afsny van Ngwa- the se krag moet teen 8 November ingedien word en die finale besluit word op 28 November gepubliseer. Stefanie Jansen van Rensburg, Eskom- woordvoerder, sê die munisipaliteite het tot dan kans om betalingsooreenkomste met Eskom aan te gaan. Peter Frewen, DA-lid in die provinsiale wet- gewer, het intussen gesê raadslede sal met die munisipale bestuurders vergader sodat daar dadelik oor terugbetalingsopsies onderhandel kan word. “Indien Eskom in Desember die elektrisiteit afsny, sal meer as 450 000 inwoners in die don- ker gelaat word,” het Frewen gesê. Die DA het intussen met die Nasionale Ener- giereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) in Pre- toria vergader. Luidens ’n verklaring is Eskom volgens afde- ling 21 van die Elektrisiteitsverdelingswet (Reti- kulasie) nie by magte om gebruikers wat hul elektrisiteitsrekeninge betaal se krag af te sny nie. Die DA het Eskom versoek om sy kennisge- wing om die krag af te sny te heroorweeg. Ace Magashule, die Vrystaat se premier, het in 2010 ’n komitee saamgestel om die nie-beta- ling van munisipale rekeninge te hanteer. Es- kom is deel van dié komitee. Die DA het Eskom en die premier versoek om dringend aandag aan die saak te gee. O-VS-dorpe dalk in die donker Smul lekker aan kolwyntjies

Maluti 20131002

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maluti 20131002

Citation preview

Page 1: Maluti 20131002

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 2 OKTOBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

VIRClive Craig van Fouriesburg is ’n jare langewens uiteindelik vervul toe hy ’n paar maandegelede vir hom ’n rooi en swart 1958-AustinHealey aangeskaf het.Vanjaar was hy gereed om ook aan die Suid-

Afrikaanse Veteraan- en Antieke Voertuigver-eniging se Claudi van Rooyen-gedenk-rendez-vous-tydren deel te neem – al was dit net vireen dag.Die tydren word al die afgelope paar jaar in

die Oos-Vrystaat gehou. Deelnemers gaan opFouriesburg tuis en dit is op die 120-jarige dorpwaar elke rit vir die dag begin het.Deelnemers van oor die land heen het

Woensdag op Fouriesburg aangekom en Don-derdagoggend is die eerste been van die tyd-ren aangepak.Motors is in verskillende katego-rieë ingedeelmet die oudstes en stadigsteswateerste vertrek het. Philip Heyns, een van dieorganiseerders, sê die voertuie se spoedme-ters was toegeplak en navigators moes met ’nstophorlosie bepaal hoe vinnig hulle ry. Elke

voertuig moes binne ’n sekere tydsduur by ’nbepaalde punt wees.Hulle het die Bethlehem-lughawe aange-

doen waar daar tee gedrink is. Hierna was ditPaul Roux, Senekal en Rosendal toe. Op Ro-sendal is middagete geëet waarna Ficksburgen Fouriesburg gevolg het.Vrydag was die roete na Golden Gate, Har-

rismith en Kestell en terug na Fouriesburg.Saterdag was Clarens aan die beurt. Sater-

dagaand is die prysuitdeling op Fouriesburggehou. Abe Zelinga en navigator, Lucille Zei-linga, het met hul 1964-Volvo 122s gewen. Hul-le is gevolg deur John en Jenny Reidy met hul1960-Austin Healey MK1 met Fanie en Marie-tjie van Rensburg met hul 1932-Ford V8.Die enigste ander Oos-Vrystaters, Tertius

van der Linde en Dieter Viljoen van die MalutiAuto Antique-klub op Bethlehem, het derde inhul afdeling vir motors tussen 1960 en 1970 ge-eindig.Craig en sy vrou,Martie, het VrydagAustralië

toe vertrek om by hul kinders te gaan kuier, duskon hy nie die tydren voltooi nie.

Groot wens inAustin vervul

CLIVE CRAIG (links) van Fouriesburg met sy Austin Healey waaraan hy en Michael Hauptfleischaan die Rendezvous­tydren deelgeneem het. Foto: Lynda Greyling

SATERDAGwas nasionale kolwyntjiedag vir Kinder­kankerbewusmakingsmaand en kolle­gas, familie en vriende van Pieter en Igne Weyer het verseker dat sowat 2 500 kolwyntjiesby die Dihlabeng Mall verkoop word. Van links is Liza Botes, Igne Weyer, René Bakkeren Veronica van Noordwyk. Tineke Bakker staan agter. Gaan kyk gerus op http://maluti­news.co.za hoe klein Vernoné Weyer haar kolwyntjie geniet het. Foto: Lynda Greyling

DIE Maluti-a-Phofung-munisipaliteit is een vantwee Vrystaatse munisipaliteite waarvan diekrag moontlik afgesny gaan word.Eskom beplan om die Maluti-a-Phofung- en

die Ngwathe-munisipaliteit se krag af te snyaangesien hulle bykans R400 miljoen agter-stallig is.Die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit skuld

R205 miljoen en Eskom beplan om sy krag op4 Desember af te skakel.Oos-Vrystaatse dorpe wat geraak word, is

Harrismith, Qwaqwa, Kestell, Tshiame, Phut-haditjhaba en Tsheseng.Openbare kennisgewings oor die beplande

afsluiting het die afgelope week in plaaslikekoerante verskyn. Hierin word partye wat ge-raak word, genooi om kommentaar te lewer oorhoekom Eskom moet of nie moet voortgaanmet die afskakeling nie.Die sluitingsdatum vir Maluti-a-Phofung vir

kommentaar is 6 November. Die finale besluitsal op 26 November gepubliseer word.Kommentaar rakende die afsny van Ngwa-

the se krag moet teen 8 November ingedienword en die finale besluit word op 28Novembergepubliseer.Stefanie Jansen van Rensburg, Eskom-

woordvoerder, sê diemunisipaliteite het tot dankans om betalingsooreenkomste met Eskomaan te gaan.Peter Frewen, DA-lid in die provinsiale wet-

gewer, het intussen gesê raadslede sal met diemunisipale bestuurders vergader sodat daardadelik oor terugbetalingsopsies onderhandelkan word.“Indien Eskom in Desember die elektrisiteit

afsny, salmeer as 450 000 inwoners in die don-ker gelaat word,” het Frewen gesê.Die DA het intussenmet die Nasionale Ener-

giereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) in Pre-toria vergader.Luidens ’n verklaring is Eskom volgens afde-

ling 21 van dieElektrisiteitsverdelingswet (Reti-kulasie) nie by magte om gebruikers wat hulelektrisiteitsrekeninge betaal se krag af te snynie.Die DA het Eskom versoek om sy kennisge-

wing om die krag af te sny te heroorweeg.Ace Magashule, die Vrystaat se premier, het

in 2010 ’n komitee saamgestel om die nie-beta-ling van munisipale rekeninge te hanteer. Es-kom is deel van dié komitee.Die DA het Eskom en die premier versoek

om dringend aandag aan die saak te gee.

O-VS-dorpe dalk in die donker

Smul lekker aan kolwyntjies

Page 2: Maluti 20131002

2 MALUTI, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013

AL is dit nog ’n hele paar maande voor die tyd,word Kansa se volgende jaarlikse Relay for Lifeop Bethlehem reeds beplan.Dié Relay for Life word op 28 Februarie 2014

gehou. Muller Janse van Rensburg, wat weeras voorsitter dien, sê dat talle nuwighede vir diéRelay beplan word en Bethlehemiete wat ditbywoon onder meer op televisie sal verskyn.Daar word iets spesiaals vir survivors beplan,

die gebruiklike luminaria-sakkies sal weer be-skikbaar wees en die aand self gaan hope ver-maak bied. Spanne wat hulle voor einde De-sember inskryf, betaal slegs ’n R50-inskry-wingsbedrag. Spanne wat hulle daarna inskryf,

sal die volle bedrag van R300 moet betaal.Spanne moet soos vanjaar R3 000 insamel.Virmeer inligting kanMarynaSwart byKansa

gebel word by 058-303-3522 of 082-520-8909.Die ander Oos-Vrystaatse Relay’s for Life

vind soos volg plaas:V Harrismith: 25 Oktober 2013;V Frankfort: 8 November 2013 (Bark for Life);

V Vrede 22 November 2013;V Clarens: 16 Desember (Bark for Life);V Senekal: 8 Februarie 2014;V Reitz; 7 Maart 2014; enV Ficksburg: 7 Maart 2014.

Spanne moet spring vir Kansa-Relay

SAM’S PIANOBAR, Jerbai, Whi­te House en Met­huze is die vier ta­vernes wat besoe­kers aan dieKwêla/Maloti­Ma­kiti kon besoek.Hier is Adele Nau­dé van Bloemfon­tein voor Sam’s Pi­ano Bar.

KLETSKOMBUIS was een van diehoogtepunte op die Kwêla/Maloti-Makiti op Fouriesburg. Van Fouries-burg se knap vroue het die voorberei-ding van geregte gedemonstreer.Hester Steyn en Mathabo Lekga-

banyana van Glen Skye het vir fees-gangers gewys om chakalaka temaak terwyl, René Scheepers enMantsiki Mokoena beesstert enstampmielies voorberei het.Lynda Greyling van Maluti het

gaan inloer byKletskombuis toe Tes-sa Pienaar en Amelia Mokoena kof-fiekoekies gebak het. Met die sangerDavid Fourie as aanbieder en Tessaen Amelia se kwinkslae het hulle diegehoor laat skater.

So tussendeur het die twee vrouewaardevollewenke gegeeomdie 70-jarige familieresep ’n ware treffer temaak. Amelia was aanvanklik diePienaars se huishulp, maar die heer-like reuk uit die kombuis het haar oor-

tuig dat sy eerder koekies wil bak.Sy ken nou al 15 verskillende re-

septe uit haar kop, maar die koffie-koekies bly een van haar gunstelin-ge. Ná die demonstrasie kon almalheerlik aan die koekies smul.

Knap vroue en sanger laat gehoor skater

AMELIA MOKOENA (middel) meetdiemeel en sif dit terwyl sangerDavidFourie en Tessa Pienaar toekyk.Foto’s: Lynda Greyling STROOP word bygevoeg.

TESSA verduidelik hoe die beslagmoet lyk.

’n OU VLEISMEULTJIE met vormsvooraanword gebruik omdie koekiesuit te druk. Tessa verduidelik hier dat’n mens nogal spiere kry om diemeulte gebruik. DIE eindproduk.

CARO EN JEAN MEIRING se skenkelpotjiewas ’n treffer. Die twee het saammet agt anderaan die potjiekoskompetisie op Fouriesburg seMaloti­Makiti deelgeneem. Die Meirings sê diegroot geheim is om eers die uie te braai en uitte skep, daarna die skenkels te braai, speseryeby te voeg en dan die groente by te voeg. Diepotjie moenie geroer word nie. Later kom dieuie en soppoeier by om die sous te verdik.

DIE wenpotjie: skaapskenkels en groente.Foto: Lynda Greyling

MaakMakiti­wenpot

BALANSEER ’n bietjie ses dobbelsteentjies op’n stokkie wat jy tussen jou tande vasknyp, ofprobeer omdrie ballonne in die lug te hou terwyljy net ’n minuut kans het om dit te doen.Dit was van die speletjies wat die Radio Ja-

karanda-omroeper Maljan, oftewel Johan vander Merwe, deelnemers aan die nasionale Nis-sandag by Bethlehem Nissan laat speel het.Die hoogtepunt van die dag was dieMaster-

chef-kompetisie waarin twee spanne met drielede elk ’n houermet geheimebestanddele ont-vang het.Natasja Pretorius, Kobie Rossouw en Derek

Wells het repies biefstuk, asook groente, rys enspeserye, ontvang, terwyl Charl Keown, De Vil-liers Rosseau en Jaco Strydom maalvleis,groente, pasta en speserye ontvang het.Hulle het ’n uur tyd gehad om hul geregte,

’n hoofgereg en ’n nagereg, voor te berei.

Albei spanne het hul ondersteuners gehadwat hulle aangemoedig het.Die groep beoordelaars het onder meer na

die kreatiwiteit en hoe die geregte voorgesit is,asook die tekstuur en smaak, gekyk.Die twee spanne was baie gelykop, maar

eindelik was dit Keown se span se nagereg, ’nBaked pear delight, wat hom laat wen het. Diespan se hoofgereg was ’n Spicey bolognaise.Die ander span se hoofgereg was ’n Slapderm-kerrie en hul nagereg ’n Onderstebo-paella.

Meesters slaags in die kombuis

DIE wenspan is Jaco Strydom, De Villiers Ros­seau en Charl Keown.

NATASJA PRETO­RIUS, Kobie Rosseauen Derek Wells, dieander Masterchef­span, berei hul hoof­gereg voor.

CHARL KEOWNen sy spanlede se hoofgereg,’n Spicey bolognaise. DIE wen­nagereg, ’n Baked pear delight.

Page 3: Maluti 20131002

MALUTI, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013 3

BESOEK Maluti se webwerf. Ek kyk vir jou!Kayden Wessels van Fouriesburg wil graagMaluti­lesers aanmoedig omMaluti se web­werf te besoek. ’n Leser wat die webwerfhttp://malutinews.co.za besoek, staan diekans om ’n prys te wen.

BESOEKweekliksMaluti sewebwerf enstaan die kansom ’n prys tewen.

Neem gerusdeel aan diekompetisie.

Die webwerfis:

http://maluti-news.co.za.

Wenprys

LEON VAN DIJKHORST, wat oortwee maande met die Suiderkruis-projek begin, is op die Trans-Bavi-aans-bergfietsren beseer toe hy in’n botsing teen ’n motor betrokkewas.Hy het ’n operasie ondergaan,

maar het herstel sodat hy4 200 kmoor Suid-Afrika heen kan fietsry.VanDijkhorst sou aanvanklik die

fietsry met hardloop afgewisselhet, maar moes op aandrang vandie spesialis dit laat vaar.Die roete begin op 30November

in Limpopo en is in die vorm van’n kruis. Dit eindig op 8 Januarie opAlexanderbaai. Van Dijkhorst,Voermol se bestuurder vir die sen-trale streek, gaan met hierdie po-ging geld insamel om die landbou-

sektor te beskerm.Altesaam 80% van die geld wat

deur die projek gegenereer word,sal via die Agri Securitas-trust-fonds vir die voorkoming van mis-daad op plase en landelike gebie-de aangewend word.Die oorblywende geld sal gelyk-

op verdeel word vir die voorkomingvan renosterstropery en Bybelver-spreiding.Die projek word deur talle borge

ondersteun wat ’n aantal landbou-maatskappye insluit.Besoek gerus Van Dijkhorst se

webwerf (suiderkruisprojek.co.za)om ’n skenking te doen. Die sken-kingsgerief is gekoppel aan deel-nemende koöperasies. Boere kanlewende hawe of graan ook skenk.

Beserings stuit ryer nie

MALUTI het op Facebook ’n foto ge-plaas van tuinvullis en rommel wat op’n sypaadjie gegooi is. Rommel entuinvullis word deesdae oral op sy-paadjies en selfs tussen bome langsLoch Athlone gegooi. Moet diegenewat hulle daaraan skuldig maak, be-boet word, of moet die munisipaliteitagter hulle skoonmaak?Lesers kan gerus saamgesels of an-

dersins nuuswenke verskaf op http://facebook.com/Maluti. Kommentaaroor die rommel is soos volg:Elna Knobel: “Boetes vir seker! Dalkal manier dat hul kan besef dis elkeense verantwoordelikheid om dorp enomgewing skoon te hou. Wonder nethoe lyk hul huise?”Sonja Swanepoel: “Ergste van alles:Inwoners van La Provence is meren-

deels verantwoordelik vir hierdie ge-mors. Ek woon in La Provenceweg ensien daagliks hoe tuinwerkersmet krui-waens afloop dam toe omdandie hoopvullis daar te gaan neersmyt.“Dan praat ek nie eens van die bak-

kie-vragte bourommel wat daar ge-dump word nie. Hoe ‘dinges’ ’n mensnou op jou eie voorstoep? En dan isdit nog sogenaamde ‘gesiene’ mensevan ons dorp. Owee, enmoet hulle tognie aanspreek nie, dan word jy ordent-lik gevloek en geskel. Wat my betref,moet die hoogste boetes aan dié rom-melstrooiers opgelê word, maar diemunisipaliteit kan ook maar so nou endan ’n skoonmaak-veldtog begin langsdie dam af. ’n Paar vullisdromme salook nie skade doen nie.“Ons eens kosbare kleinnood, die

Loch Athlonedam, is besig om in ’nreuse-ashoop te verander!”Yvonne Coertzen: “Ek sien gereeldhoe tuinwerkers in Panorama tuinvullisin die veld of op die middelmannetjiegooi. As hulle net die plastiek sakkewaarin dit gesit is, weer sal terugneemen in die asblik gooi of hergebruik, saldit al klaar beter vir die omgewingwees. Ek wil ook dat mense wat hulleaan rommelstrooi skuldig maak, swaarbeboet word.”

Lesers vaar uit teen rommel op Facebook

DAAR is nog te veel moe-der- en kindersterftes in dieVrystaat.Die Vrystaatse departe-

ment van gesondheid wilnou moeder- en kindersterf-tes in die provinsie drastieslaat afneem.’n Veldtog vir die vermin-

dering van moeder- en kin-dersterftes in die Vrystaat isby die Phekolong-hospitaalbekend gestel.Aida Girma, woordvoer-

der van Unicef in Suid-Afrika, het gesêSuid-Afrika is ’n leier in Afrika ommoe-der- en kindersterftes te verminder. Syis besonder opgewonde oor die be-kendstelling van die CARMMA-projek.Dr. Benny Malakoane, Vrystaatse

LUR vir gesondheid, het gesê in 2008is 300 uit 100 000 gevalle van sterftes

by geboorte in Suid-Afri-ka aangemeld en op dieoomblik is dit 152. Dit is’n afname van bykans50%.Malakoane het gesê

dié sterftes in hospitalekan voorkom word.“Ons kan nie meer

toelaat dat vroue en kin-ders sterf in ons gerie-we nie.“Dit kan ook voorkom

word deur die gehaltevan ons hospitale te verbeter,” het Ma-lakoane gesê.Malakoane het personeel van pro-

vinsiale hospitale voor stok gekry toehy gesê het hulle het self nie vertrouein dié hospitale nie omdat hulle na pri-vate hospitale gaan as hulle siek is.Dr. Sepele Matela, provinsiale pedi-

ater, sê MIV/vigs dra grootliks tot diesterftes by.“Ons het nou verskeie planne inge-

stel om ’n afname in die sterftes te be-werkstellig.“Ons vroedvroue het byvoorbeeld

opleiding gekry om moeders en hulkinders meer bekwaam in hospitale tebehandel,” het Matela gesê.Die Phekolong-hospitaal is een van

die hospitale wat moeders met vroeg-gebore babas die kangaroemetodeleer om hul babas te versorg.Vroeër het babas in broeikaste aan-

gesterk, maar met die kangaroemeto-de word die baba teen die moeder sebors vasgehou.Die hospitaal het ’n spesiale kamer

ingerig waarvoor die hospitaal tweegemakstoele en ’n televisiestel aange-skaf het sodatmoeders na opvoedkun-dige video’s oor babasorg kan kyk.

Kindersterftes moet daal

DR. BENNY MALA­KOANE, LUR vir ge­sondheid.

EK KOOP TWEEDE-HANDSE FIETSE AAN VIR

KONTANT. Skakel073 5099 526.

SELFVOERDERS ENKRUIPVOERDER TE

KOOP ASOOKROLLERS VIR UBEITELPLOEË.

SKAKEL: 072°798°5065OF 084°397°4172.

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding, rivens,tiles, etc.Tel. 058 303 4840.12 Archbell Street, Bethle-

hem.

Flower Fun Kwekery:Lente is planttyd! Nuwevoorraad, vars blomme envrugtebome beskikbaar.058 303 8423. Cambrigestr.58. By silo's. Oop Ma. - Sa.

Woonstel te huur: 2-slk, 1-badk, motorafdak. R3600/mnd. 082 773 8712.

Benodig die dienste van 'nsekuriteitsbeampte metGraad C en rybewys. Pos be-hels skofte. Faks verkorteCV na 058 303 4422.

Page 4: Maluti 20131002

4 MALUTI, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013

BALLERINAS en dansers kon vanjaar die eerste keer aan die Harrismith­eisteddfod deelneem.Leerlinge van die Campus Studio van Carol Cochrane op Bethlehem het deelgeneem. Van linksis, voor: Carissa Tredoux (klassiek A), Tsholo Montsitsi (klassiek B) en Kyra Forster­Myburgh(klassiek B); agter: Rinic Blignaut (klassiek A), Maretha van Zyl (klassiek A), Chrismarie Bester(klassiek A+), Tenelle Papenfus (hip­hop), Corné du Preez (klassiek B) en Kyra van Biljon (klas­siek A).

ALTESAAM drie leerlingevan die Laerskool TruidaKestell, Mila van Wyk, Bea-te Boshoff en Steven Sacht-Luwes, het aan die Hubertvan der Spuy-musiekkom-petisie in Kaapstad deelge-neem.

Die drie, almal klavier-leerlinge van Jenny Reed,was 3 van 6 leerlinge in dieVrystaat en deel van die 22finaliste wat aan die gesog-te kompetisie deelgeneemhet.Al drie het die halfeind-

ronde gehaal.Tjellis Arjen van Renssen

van Pretoria het die gouemedalje ontvang, violis NeoMotsatse van Gauteng diesilwermedalje en pianis Si-mon Fan Wu die bronsme-dalje.

Leerlinge vaar goed in Kaap

Page 5: Maluti 20131002

MALUTI, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013 5

Page 6: Maluti 20131002

6 MALUTI, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013

DIE Bethlehem-ekspo word van 3 tot 5Oktober op die Bethlehemse skouterreingehou. Die ekspo behels weer die tentoon-stelling van nuwe motors, trekkers, vlooi-markte en uitstallers van oor die land heen.

’n Fees vir liefdadigheid – talle aktiwitei-te:Die fees is gerig op liefdadigheid en ’nfeestelike atmosfeer word beplan met ’nmallemeule, stalletjies, biertuin, sterkman-,honde-, valskermvertonings, bulletjierugby,mininetbal, minihokkie en vele ander.’n Nuwe “reuse”-trekker se vernuf gaan

vertoon word. Maluti verneem dat dietrekker ’n GPS-stelsel het en sonder ’nbestuurder kan funksioneer . . . daar is

natuurlik ’n hele klomp goed wat voorafgedoen moet word voordat die trekker opsy eie lande kan ploeg.Wees ook op die uitkyk vir die herlaaikur-

sus, perdevertoning, trekkerkompetisie en-demonstrasie, Farmyard en Petting Zoo virdie kinders, springkastele, perd met waen-tjie vir kinders, amateurbokstoernooi,vryestylmotorfietsvertoning, veldfietsritte,vierwielmotorfietse op die baan agterRaubex, die Diamond Rush-kompetisie,4x4-voertuigbaan op die skouterrein en baiemeer.) Perdevertoning) Blikkies-run ten bate van die CharlotteTheron-kinderhuisAlle mototrfietsryers van alle klubs is

welkom om aan die blikkies-run deel teneem. Bring ’n blikkie kos saam as deelvan jou toegangsgeld. Motorfietsryers gaandan saam ry tot voor die paviljoen en dieblikkies in ’n massahouer plaas. Dieorganiseerder is Mike Malan. Bel hom by076-570-3710.) Vryestylmotorfietsvertoning (ExtremeRide Authority)) Kroning van Mej. KoringkorrelSaterdag vanaf 13:30. Meisies 4 tot 8 jaar,9 tot 12 jaar en 13 tot 15 jaar. Trek mooiaan. Meld jou by die hoofpaviljoen op dieskouterrein aan.) Dihlabeng Mall se Diamond Rush-be-sigheidsaflosDie besigheidsaflos word ook vanjaar op die

skouterrein aangebied.Dit word deur Liezel Wessels van die

Bethlehem-marathonklub gereël.) KunstenaarsDie vertonings word op Vrydag en Saterdagvan 08:00 aangebied en duur tot omstreeks23:00.) Kunstenaars op Vrydag:Marius van Wyk, Christiaan van Zyl,Heuning en Bok van Blerk.) Kunstenaars op Saterdag:Marius van Wyk, Christiaan van Zyl,Slipstream, Zirk Bergh, Monique en FrediNest.) ToegangsgeldR60. Dit sluit die optrede van kunstenaarsin.

Hope vermaak op Bhm se ekspo’n BLOMMERANGSKIKKING­DEMONSTRASIE is een van die talle de­monstrasies wat vanjaar op die Bethlehem­ekspo gedoen gaan word.Hier lewer Peto Odendaal, een van die demonstreerders ’n demonstra­sie.

VELDFIETS­ EN VIERWIELMOTORFIETS­RYERS kan gerus aan die Bethlehem­ekspokom deelneem. Daar gaan op die 4x4­baan opdie skouterrein, asook agter Raubex, geryword.

BENEWENS ’n optog deur Bethlehem se strate vorm ’n trekker­demon­strasie deel van die Bethlehem­ekspo se program.

VROUE van die Oos-Vrystaat, staannader vir ’n aand vol pragtige klere,heerlike kos, skoonheid, musiek enpret.Die jaarlikse Bethlehem-ekspo op 4

en 5 Oktober begin môreaand met ’nspoggeselligheid vir vroue wat beloofom dié hoogtepunt vir 2013 op dieOos-Vrystaat se sosiale kalender tewees.Dit is die ideale geleentheid vir elke

vrou om tyd en aandag aan haarself tebestee en heelwat pret te hê.Die geselligheid met die tema Hot &

Fabulous word in die Truida Kestell-skoolsaal aangebied en begin stiptelikom 18:30.Veiligheid kry voorkeur en daarom is

daar veilige parkeerplek, asook sekuri-teitswagte, om elke vrou gemoedsrustydens die geleentheid te gee.Formele aandrokke en trourokke deur

die bekende plaaslike ontwerperChristelle Louws en ander ontwerperssal vertoon word deur die tien topfina-liste van die Mej. Ekspo- en topsesvan die Mev. Ekspo-kompetisie, asookdeur die aktrise, model en danserMarijke van der Westhuizen (néeMaree) en Salome Nel-Gouws.Voornemende bruide kan die aand

gerus bywoon vir pragtige trourokke entroubykomstighede en juwelierswaredeur Miglio.Informele drag van die Milady’s

“M”-klerereeks sal ook saam met andersporthandelsname se sportklere bekendgestel word.

Geskenkpak van R400Elke vrou teenwoordig sal ’n ge-

skenksak van R400, ’n heerlikedriegangmaaltyd, ’n gratis skemerkelkieen verskeie kanse om lekker pryse tewen ontvang.Op die geleentheid sal foto’s geneem

word en daar sal ook ’n fotostalletjie(photo booth) wees waar almal pretfo-to’s kan neem om die aand te verewig.’n Kontantkroeg met kaartgeriewe is

ook beskikbaar.Die sanger David Fourie tree as

gaskunstenaar op en boonop word2013 se Mev. en Mej. Ekspo, asookdie leserskeuse, aan die einde van dieaand gekroon.Die ander kategorieë (ouderdom 4

tot 15) word op Saterdag 5 Oktober opdie skouterrein gekroon.Hierdie geleentheid bied aan alle

vroue van die Oos-Vrystaat die ge-leentheid om teen slegs R250 perpersoon of R2 500 per tafel nie nethaarself te bederf nie, maar ook ’nbydrae tot die J9-stigting (Joost vander Westhuizen se fonds vir motorneu-ronsiektelyers) en Kansa op Bethlehemte maak.Die wins van die aand sal aan

die twee organisasies geskenk word.Daar is nog net ’n paar kaartjies

oor.Wikkel en koop jou kaartjie, haal uit

jou spesiale nommertjie of selfs joutrourok om jou vir dié spesiale aand tetooi. Maak jou vriendinne bymekaar enkom geniet die aand.Kaartjies is te koop by Vrystaat,

Maluti en Express EFS se kantore inMullerstraat of by Christelle LouwsCouture, Solomons Mica, Nuveau, TheCut Above, Niins, Libri en Curves.

Spoggeselligheidvir Bhm se vroue

EEN van die beste hondeskole in die Vrystaat,die Royal Dog Training-klub, is op Bethlehemgeleë.Onder leiding van Louis Cierenberg leer hon-

de hier verskillende dissiplines soos vierkant-deursoeking, aanvalswerk en apparaatwerkbemeester. Die lede van die klub presteer jaar-liks op die Suid-Afrikaanse Werkershondver-eniging se kampioenskapsbyeenkoms.’n Aanskoulike hondevertoning word vanjaar

op die Bethlehem-ekspo aangebied.Kom kyk gerus Saterdag hierna.

Honde wys wie is werklik baas

LASSIE, Ria Kriel se skaaphond, is lief daarvoor om apparaatwerk te doen. Foto’s: Lynda Greyling

WAT doen Ilse Hayes en haar hond Barüh bydié buiteband? Woon die hondevertoning opdie Bethlehem­ekspo by om self te sien hoegoed die honde opgelei is.

Page 7: Maluti 20131002

MALUTI, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013 7

RURAL FREE STATE has been appointed by the Maluti-a-Phofung Municipality (MaP) as a service provider in respectofmanagement, operation, administration,maintenance andexpansion of the municipal electricity network, inclusive ofthe revenue process, as well as the implementation of a re-gional electrification programme.Rural FreeStatewould like tomaterially improve electricity

service delivery through network upgrades over the next 18to 36 months. In addition, they wish to become one of thetop ten cheapest sustainable suppliers of electricity in thecountry. This will only be possible if electricity losses are keptto the minimum; every consumer who uses electricity paysfairly for his share and the community actively assists in look-ing after the electrical infrastructure by reporting vandalism,theft or illegal connections.MafubeMunicipality residents arealready benefiting fromquality services and paying electricitytariffs below the national average proving that this can beachieved with a shared vision and commitment from the ser-vice provider and residents.Rural Free State’s first priority is to conduct much needed

maintenance on the network to ensure continuity of supplyand assess all health and safety risks to protect techniciansand the public. Qualified staff with the specialised expertise

necessary have already been deployed to implement thisprocess. Strategic spares have been stocked for any prob-lems which may occur and plant, tools and equipment havealso been made available to ensure that day to day opera-tions can run smoothly with the support of the residents.Many would already have noticed personnel and vehicles

from Rural Maintenance actively moving around all over themunicipal area attending to operations.Rural Free State urges all residents to be vigilant with their

security andnot to allow strangers to enter their yardswithoutconfirming their identity. Employees will be dressed in a uni-form and have identity cards with them. If there is any uncer-tainty, call the office on 0860-111-440 for confirmation.Please be aware that the meter readers take pictures of

the closing reading on the electricity meter when they takethe monthly readings. These are stored on the database toensure that readings are accurate and monthly invoicing iscorrect.Consumers can also register on the customer portal

www.ruralfreestate.co.za by using their newaccount numberwhich is reflected on the September invoice to obtain invoi-ces; update contact details, email/ postal addresses or logqueries.

DIE kleuters van die Golden Gateway­hospice se dagsorg­sentrum het die Bloukruin­landgoed se hoenderplaas nabyFouriesburg besoek.

DIE kleuters van die Golden Gateway­hospice se dagsorg­sentrum kyk hier hoe die eiers verpak word en op die ver­voerband beweeg.

Besoek hoenderplaas

Service provider appointed

Tradisioneel geklee

SARAH MAKHOA van Fouriesburg met haar tradisionele klereaan het een van die talle stalletjies op die Maloti­Makiti beman.

KHULISA SOCIAL SOLUTIONS held a workshop in Bethlehem to help members of various departments and non­profit organisations to learn to work together to improve the lives of the community served. From the left are, front:Maletato Miya, MoemaMapule, Nokulunga Tshabala, Yelaphi Merei, Ntsebe Mofokeng (Khulisa community develo­per and fund­raiser) andGraceMoseki (Khulisamanager); back: Adien Linström,Helmi Beyers, Paul Bushell (facilita­tor: psychologist, Newcastle) and Lehlohonolo Mokoena.

Donates bakkie

SESI NTOMBELA (middle), the Free StateMEC for Social Development, was the guestspeaker at the handing over ceremony of a bak­kie to the BohlokongHospice. She also handedover the keys to Agnes Mothibedi (left), theBohlokong Hospice project manager, with Da­vidMashinini, the owner of theMashinini Enter­prise Trust. Mashinini donated the bakkie. Pho-to: Lynda Greyling

WELL­KNOWN businessman David Mashininiof the Mashinini Enterprise Trust donated thisbakkie to the Bohlokong Hospice.

Page 8: Maluti 20131002

8 MALUTI, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

Drie gimnaste van die Maranata­gim­nastiekklub op Bethlehem het Vrystaat­kleure ná die provinsiale byeenkomsont­vang. Die drie wat aan die Suid­Afrikaan­se kampioenskappe in Pretoria gaandeelneem, is, voor: Marusckha Nieu­woudt (vlak 4, 11 tot 12 jaar; algeheeltweede); links agter: Helen Wessels(vlak 4, 14 jaar en jonger, algeheel twee­de) en Nathan Naude (vlak 5, 11 tot 12jaar, vierde algeheel). Foto: Lynda Greyling

Rol balle virRol balle virliefdadigheidliefdadigheid

JAPIE HECHTER in aksie.SAVILLE JANKELOWITZ Foto’s: Lynda Greyling

DS. ABRIE PELSER van die Gereformeerde kerk met Ciela Span­genberg op die agtergrond.

AVERIL DOWNING aan die speel.

PARTY mense speel ge-reeld rolbal, ander het terondersteuning van dieGereformeerde kerk serolbaldag ten bate vanKansa se Relay for Lifedeelgeneem. Elkeen vandie tien spanne het diedag by die Bethlehem-buiteklub geniet.Johan Harris en sy

span, wat uit Matty Harris,Les Burger en Stoffel vanGraan bestaan, het diedag gewen. MichaelMacklin en sy span, Elizevan der Sandt, Annette enHerman Kleynhans, wastweedemet dieVKB-spanvan Hennie Jansen, An-dré Viljoen, Bets Viljoenen Saville Jankelowitz indie derde plek. Die spin-nekop is deur MichaelMacklin en Lenatjie Nellgewen. Die Lentetoernooibegin op 11 Oktober eneindig op 13 Oktober. Al-tesaam 44 spanne vanoor die land neemdeel enspel sal op die Bethle-hem-rolbalklub en Bethle-hem-buiteklub se banebeslis word.

Vir meer foto’s ennuus gaan nawww.maluti-news.co.za