8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 9 OKTOBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling IN drie afsonderlike ongelukke die af- gelope naweek is vier Oos-Vrystaters dood, een van hulle ’n 18-jarige ma- triekleerling. Daarby het ’n ongeluk op Lionsrock die lewe van twee oorsese toeriste geëis met talle ander wat be- seer is. Die twee oorsese toeriste, van wie een van Oostenryk en ’n ander van België, se name kon nog nie bekend gemaak word nie, aangesien hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Sers. Majang Skalkie sê nege men- se is in dié wildbesigtigingsongeluk beseer. Islam Sadaawi, finansiële direk- teur, en verantwoordelik vir admini- strasie van Four Paws, word in die kri- tiekesorgeenheid van die Mediclinic Hoogland behandel. Karien Collett, woordvoerder van dié hospitaal, sê Sadaawi se toestand is stabiel. Yvonne Venter, een van die ander werknemers, het Maandag- middag ’n operasie ondergaan. Volgens Collett is al die Oostenryk- se toeriste behalwe een reeds Maan- dag ontslaan. Drie Bethlehemiete, van wie twee broers, Pieter (35) en Louis du Ples- sis (28), en Danie Hoffman (50), is in ’n motorongeluk naby Ventersdorp dood. Dié drie was lede van die Malu- ti-Oos-hengelklub en het Vrystaat- kleure in hengel gehad. Hulle was op pad terug Bethlehem toe ná ’n provin- siale byeenkoms by die Bloemhof- dam. Die Du Plessis-broers word deur hul ma, Driekie, oorleef. Pieter word ook deur sy dogter, Danielle, wat in gr. 1 is, oorleef. Sy bly by haar ma, Atel. Danie Hoffman was ’n werknemer by Telkom. Ruhan Annandale (18) van Harri- smith is Sondagoggend vroeg dood nadat hy met ’n motorfiets teen ’n paal in Bloemfontein gebots het. Ruhan was ’n matriekleerling aan Grey-kollege en sou binnekort met sy eindeksamen begin het. Hy was ’n kranige atleet wat onder andere die Suid-Afrikaanse o.15-sko- lehoogspringkampioen was. Hy het ook graag gholf gespeel. Hy word deur sy ouers, Rita en Craig Annandale, ouer suster, Rinica, en kleinboet, Loudon, oorleef. ’n Gedenkdiens word Donderdag om 14:00 in Grey-kollege se Reünie- saal vir hom gehou. ) Benewens Driekie du Plessis wat haar enigste twee seuns verloor het, het Isabel Terblanche van Bethlehem binne vyf maande haar twee seuns aan die dood afgestaan. Riaan is vyf maande gelede dood. Thinus is verlede Woensdag in die Mediclinic Hoogland aan malaria oor- lede. Hy het gereeld in Afrika gewerk waar hy dié siekte opgedoen het. Hy word deur sy vrou, Natasha, en dog- ter, Tineke (4), oorleef. Hy is Dinsdag uit die NG kerk Efrata begrawe. Naweek eindig tragies Vier van Oos-VS dood CHRISTELLE LOUWS, ’n modeontwerper van Bethlehem, het dié rok spesiaal van koerante gemaak, en nie sommer enige koerante nie. Sy het eksemplare van Maluti en Vrystaat gebruik. Die rok is vertoon deur die model en aktrise Marijke van der Westhuizen op die vroueaand wat deur Maluti, Vry- staat en Express Eastern Free State aangebied is. Nog foto’s op http://malutinews.co.za. Foto: Marguerite Vermeulen In ’n ander gedaante

Maluti 20131009

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maluti 20131009

Citation preview

Page 1: Maluti 20131009

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 9 OKTOBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

IN drie afsonderlike ongelukke die af-gelope naweek is vier Oos-Vrystatersdood, een van hulle ’n 18-jarige ma-triekleerling. Daarby het ’n ongeluk opLionsrock die lewe van twee oorsesetoeriste geëis met talle ander wat be-seer is.

Die twee oorsese toeriste, van wieeen van Oostenryk en ’n ander vanBelgië, se name kon nog nie bekendgemaak word nie, aangesien hulnaasbestaandes nog nie in kennisgestel is nie.

Sers. Majang Skalkie sê nege men-se is in dié wildbesigtigingsongelukbeseer.

Islam Sadaawi, finansiële direk-teur, en verantwoordelik vir admini-strasie van Four Paws, word in die kri-tiekesorgeenheid van die MediclinicHoogland behandel.

Karien Collett, woordvoerder vandié hospitaal, sê Sadaawi se toestandis stabiel. Yvonne Venter, een van dieander werknemers, het Maandag-middag ’n operasie ondergaan.

Volgens Collett is al die Oostenryk-se toeriste behalwe een reeds Maan-dag ontslaan.

Drie Bethlehemiete, van wie tweebroers, Pieter (35) en Louis du Ples-sis (28), en Danie Hoffman (50), is in’n motorongeluk naby Ventersdorpdood. Dié drie was lede van die Malu-ti-Oos-hengelklub en het Vrystaat-kleure in hengel gehad. Hulle was oppad terug Bethlehem toe ná ’n provin-

siale byeenkoms by die Bloemhof-dam.

Die Du Plessis-broers word deurhul ma, Driekie, oorleef. Pieter wordook deur sy dogter, Danielle, wat ingr. 1 is, oorleef. Sy bly by haar ma,Atel.

Danie Hoffman was ’n werknemerby Telkom.

Ruhan Annandale (18) van Harri-smith is Sondagoggend vroeg doodnadat hy met ’n motorfiets teen ’n paalin Bloemfontein gebots het.

Ruhan was ’n matriekleerling aanGrey-kollege en sou binnekort met syeindeksamen begin het.

Hy was ’n kranige atleet wat onderandere die Suid-Afrikaanse o.15-sko-lehoogspringkampioen was. Hy hetook graag gholf gespeel.

Hy word deur sy ouers, Rita enCraig Annandale, ouer suster, Rinica,en kleinboet, Loudon, oorleef.

’n Gedenkdiens word Donderdagom 14:00 in Grey-kollege se Reünie-saal vir hom gehou.) Benewens Driekie du Plessis wathaar enigste twee seuns verloor het,het Isabel Terblanche van Bethlehembinne vyf maande haar twee seunsaan die dood afgestaan. Riaan is vyfmaande gelede dood.

Thinus is verlede Woensdag in dieMediclinic Hoogland aan malaria oor-lede. Hy het gereeld in Afrika gewerkwaar hy dié siekte opgedoen het. Hyword deur sy vrou, Natasha, en dog-ter, Tineke (4), oorleef. Hy is Dinsdaguit die NG kerk Efrata begrawe.

NaweekeindigtragiesVier vanOos-VS dood

CHRISTELLE LOUWS, ’n modeontwerper van Bethlehem,het dié rok spesiaal van koerante gemaak, en nie sommerenige koerante nie. Sy het eksemplare vanMaluti enVrystaatgebruik. Die rok is vertoon deur die model en aktrise Marijkevan der Westhuizen op die vroueaand wat deur Maluti, Vry­staat enExpress Eastern Free State aangebied is. Nog foto’sop http://malutinews.co.za. Foto: Marguerite Vermeulen

In ’n ander gedaante

Page 2: Maluti 20131009

2 MALUTI, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013

INTERNET-VEILING property

|wheels

|movablesaucor.comTERME &VOORWAARDES: Elke koper moet registreer om te kan bie. ‘n Terugbetaalbare registrasiedeposito

van R20 000 is betaalbaar per EFO. Alle aanbiedinge sluit BTW uit. Bekragtigingsperiode van 24 uur nasluitingsbod. Onderhewig aan verandering sonder voorafkennisgewing. Reëls van die veiling,

registrasievorm & volledige besonderhede beskikbaar opwww.aucor.com

Besigtiging op terrein: Vrydag 11 & Woensdag,16 OKTOBER (08H30 - 16H00)

Bieëry Open: 14 OKTOBER 2013 om 08H00Bieëry Sluit: 17 OKTOBER 2013 om 12H00

Perseel: 48 Oranjestraat, Botshabelo

JUWEEL-VERVAARDIGINGS-

AANLEG(GOUD & SILWER)

Teru

gnam

e

Behoorlik gelas deur die Free State Development Corporation, sal Aucor die volgendeper Internetveiling verkoop:

Registreer, Besigtig&Bieby:www.aucor.com

Charles Neser 083 790 0068

HEELWAT mense het aan die Diamond Rush op die Bethlehem-ekspo deelgeneem.

BURGER LAMBRECHTS het nie net die gewigbo sy skouer uitgestoot nie, maar boonop opeen been gebalanseer nadat nie een van Beth-lehem se sterkmanne dit op die Bethlehem-ek-spo kon regkry nie.

MONIQUE AUSTIN (middel) was die wenner van die Mej. Bethlehem-ekspo se afdelingvir 9 tot 12 jaar. Ilene Beukes (links) is die eerste prinses en Suzé Fick die tweede prinses.

ANJEZ SCHOLTZ (middel) was die wenner van die Mej. Bethlehem-ekspo in die afdelingvir 13 tot 15 jaar. Lisa-Marie Grundlingh (links) was die eerste prinses en Natasha Austindie tweede prinses. Anjez was die leserskeuse.

Gekroon aswenners

FRANCINA VAN NIEKERK (middel) het die Mej. Bethlehem-ekspo se afdeling vier tot agt jaar gewen. Alecia Lenczek(links) was die eerste prinses en Anandi Hillman die tweedeprinses. Anandi was die lesers se keuse.

JOZELLE FOURIE, die Mej. Bethlehem-ek-spo-leserskeuse in die groep 9 tot 12 jaar.

OP die Mej. Bethlehem-ekspo-kompetisiewat Saterdag op die Bethlehem-skouterreingehou is, het elke deelnemer ’n kolwyntjiegekry. Hier is Angelique Shepherd.

GRACE MONGONGOA, ’n onderwyser aandie Laerskool Matswathaka, is lief vir naald-werk. Nadat sy van ’n kompetisie in Maluti ge-lees het, het sy eers haar uitrusting ontwerpwaarna dit haar sowat ’n week geneem het omdit te maak. Dié uitrusting moes van herwonnemotormateriaal gemaak word. Sy het ondermeer ’n motorbinneband gebruik. Die kompe-tisiewas deel van vanjaar seBethlehem-ekspo.Haar uitrusting het uit ’n tweestuk, handsak,hoed en skoene bestaan. Foto: Lynda Greyling

Snuffel blink klippies uit

Page 3: Maluti 20131009

MALUTI, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013 3

MALUTI se lesers staan die kans om ge-reeld ’n prys te wen. Gaan kyk gerus naWoensdag (9 Oktober) se uitgawe op diewebblad http://malutinews.co.za. Hier iswenke vir deelname:Hoe registreer jy jou met jou e-pos-

adres?) Gaan na malutinews.co.za.) Regs van Maluti se mashoof, kliek op“Login”. Onderaan die blad kliek “Regis-ter”.) Vul die inligting in en kliek “Submit”.)Maluti sal ’n e-pos stuur na die e-pos-adres wat jy verskaf het om jou rekening-besonderhede te bevestig. Maak hierdiee-pos oop en kliek op “click here” om jouinligting te bevestig en die registrasiepro-ses te voltooi. (Indien jy nie hierdie e-posontvang nie, maak seker hy lê nie in jougemorspos-lêer nie.)) Gaan terug na jou webblaaier en kliek“Register now” om die registrasieproseste voltooi.Hoe registreer jy jou met jou Face-

book-rekening?Gaan na malutinews.co.za. Regs van

Maluti se mashoof, kliek op “Login”.) Kliek bo-aan die blad “Login with Face-book”. Dié skakel vat jou deur na Face-book.) Kliek “OK” wanneer Facebook jou toe-stemming versoek om die registrasiepro-ses te voltooi.Hoe skryf jy jou in?

) Teken in met jou nuutgeregistreerdeverbruikersnaam en wagwoord. Gaan namalutinews.co.za.) Kliek op die onderafdeling “Competiti-ons” bo-aan die blad. Soek die kompetisiegenaamd “Wen twee fliekkaartjies byBethlehem Cinema!” en kliek “EnterNow”.) Beantwoord die veelkeuse-vraag.

Wen prysemet ‘Maluti’

OM ’n beoordelaar te wees is nie ’n makliketaak nie.

Die beoordelaars van vanjaar se Mej. Bethle-hem-ekspo se Bethlehem-ekspo (16 tot 24jaar) was Alda van der Merwe, Coenie Venter,Carel de Bruin, Jacolien Ungerer, Werner vander Walt en Jacolien Jacobs. Maluti het ná diekompetisie met ’n paar van die beoordelaarsgesels. Alda van der Merwe, wat jare lankskoonheidsprodukte verkoop en verskeieskoonheidskompetisies beoordeel het, sê ’n

geleentheid soos verlede Donderdagaand seHot & Fabulous is beslis ’n geleentheid virvroue om uit te hang.

Sy het gesê die aand was net te lank en salin die toekoms korter wees. Sy sou aanbeveeldat die twee hoërskole se BVHS en Wittebergoutomaties vir die kompetisie as finalis kwalifi-seer. “Dit is wonderlik om te sien hoeveel mei-sies hulle ingeskryf het. Hulle het almal soveelmeer selfvertroue gekry, elkeen was ’n wen-ner.” Sy hoop elkeen besef Jesus het elkeen

besonders gemaak. “Dit was wonderlik hoe-veel inskrywings ontvang is.”

Volgens haar was die belangrikste aspek vandie beoordeling die antwoorde op die vrae watgevra is.

Vir Coenie Venter wat ook al baie kompeti-sies beoordeel het, was die aand ook te lank.Dit was vir hom ’n stylvolle geselligheid. “Dielewe het deesdae soveel stres en dit was virmy wonderlik om te sien dat vroue ’n aand sokan geniet.”

Kompetisie gee vroue meer selfvertroue

DIE sanger David Fourie (links) het Donderdagaand op die Hot & Fabu-lous-aand wat deurMaluti, Vrystaat en Express Eastern Free State aan-gebied is, opgetree. Vir Fourie was dit ’n besonderse aand, aangesientwee van sy oud-onderwysers in die gehoor was. Coenie Venter, hoofvan die Hoërskool Witteberg, en sy vrou, Elna, het op Wepener vir homskoolgehou. David het in die revueswat Coenie aangebied het, opgetreeen in die Vrystaatse Jeugkoor gesing. Fourie sê was dit nie vir Coenienie, sou hy nie vandag op die verhoog gewees het nie. Vir Elna het hydie hoogste agting, want sy is die een wat hom Engels geleer het.

Foto: Lynda Greyling

SAMMY-JO MILLER (middel) is op die Hot & Fabulous-modeskou asMev. Bethlehem-ekspo aangewys. Sy was ook die leserskeuse. Linksis Nadia van Wyk (eerste prinses) en Wilna Allen (tweede prinses).

Foto’s: Marguerite Vermeulen

MICHELE BATTERSHILL (middel) is as vanjaar se Mej. Bethlehem-ek-spo (16 tot 24 jaar) aangewys. Lee-Ann Grundlingh was die eerste prin-ses en Chareche Hart die tweede prinses.

Bedank sy onderwysers

Page 4: Maluti 20131009

4 MALUTI, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013

Goeie selfverdedigingLUKAS 15:25 tot 32: “Toe het die oud-ste seun kwaad geword en wou nie indie huis ingaan nie. Sy pa gaan toeuit en praat mooi met hom.”’n Jong man het hom vir ’n kursus

in selfverdediging ingeskryf, vertel dieWestern Recorder.Effens onrustig of dit hom as bely-

dendeChristen betaamomdit te doengaan praat hy met sy dominee daar-oor.“Dink u dit is verkeerd om die kuns

van selfverdediging aan te leer?” vrahy.“Sekerlik nie,” antwoord die domi-

nee. “Ekhet dit as jongmanaangeleeren het baie baat daarby gevind.”“Regtig,” roep die jong man verras

uit. “Watter stelsel het u aangeleer?Die ou Engelse stelsel of die Sulivan-stelsel, of ’n Japanse een?”“Nee, nie een van hulle nie. Ek het

die Salomostelsel aangeleer.”“Die Salomostelsel?”“Ja, jy kry dit in Spreuke 15:1: ‘ ’n

Sagte antwoord laat woede bedaar; ’nkrenkende woord laat woede ont-vlam.’ Ek ken nie ’n meer geslaagdeselfverdedigingstelsel as dit nie.”Minmense is bestand teen vriende-

like en sagte woorde. As iemand er-gerlik is en die ander persoon reageerook ergerlik, is rusie eintlik onafwend-baar. Bly die ander persoon egterkalm en praat vriendelik en verstandigterug, kan die bakleier niemet sy rusievoortgaan nie. Só skryf die Here seWoord ook ons gedrag voor: “Weesaltyd beskeie, vriendelik en geduldig,en verdra mekaar in liefde . . . ” Sómoet ons gesindheid ook teenoor onsminderes wees. Die egtheid van jouvriendelikheid kom na vore wanneerjy met ’n mindere praat, veral as diemindere jou rede vir harde woordegee: “En eienaars, behandel jul slawemet dieselfde gesindheid. Hou op omhulle te dreig. Dink daaraan dat dieHere in die hemel hulle Here en ookjul Here is, en Hy trek niemand voornie.”– www.sielsgenoot. co.za deur ds.Manie Colyn

Sê dankie vir leerkragLynda Greyling

MISKIEN het jy vanjaar begin skool-gaan, miskien is jy al in matriek, werkjy al jare of dalk is jy afgetree, maariewers in jou skoolloopbaan het ’nonderwyser jou iets geleer wat jy viraltyd sal onthou.’n Kunstenaar het onlangs vertel

hoe sy die esel waarop die swartbordin haar gr. 1-jaar by die plaasskoolwaar sy skoolgegaan het, gestaanhet, steeds gebruik en teruggedinkaan daardie jare en die onderwys.Myma, wat op skool met wiskunde

gesukkel het, het gereeld vertel vanhaar onderwyser wat kort voor dieeindeksamen vir haar gesê het: “I’lleat my hat if you pass”. Miskien wasdit die onderwyser se motivering,want Ma het geslaag.Verlede Vrydag is nasionale On-

derwyserdag gevier.Ek was toevallig by een van die

skole wat ’n nuwe bus ontvang het.Vroeër vanjaar is ’n revue by die

skool gehou om geld vir ’n nuwe busin te samel. Die hoof en onderwysershet vooraf besluit om Vrydagoggendeers vir die kinders ’n poets te bak.Almal is aangesê om op te staan

en hande te klap wanneer die buskom. Almal het by die amfiteater by-mekaargekom . . . en toe kom diebus. Dit was ’n stokou bus met ’n ba-nier en ’n groot stuk karton teen die

kant vasgemaak waarop die skool senaam pryk.Die leerlinge het opgestaan en

hande geklap. As buitestander wasdit interessant om die kinders dop tehou. Hul gevoelens was duidelik ophul gesigte te sien.Die hoof sê toe dit is die enigste

bus wat hulle kon bekostig . . . enkort daarna kom die nuwe, luuksebus daar ingery. Pragtig, in die skoolse kleure geverf met die skoolwapendaarop – ’n wenontwerp deur ’n leer-ling.Het daardie kinders net daaraan

gedink dat hulle ure moes oefen vir’n konsert of het hulle enigsins daar-aan gedink dat die onderwysers ooknet so hard soos hulle moes werk omdie bus te koop?Het jy al ooit daaraan gedink wat

’n onderwyser vir jou gedoen en be-teken het? Het jy al vir hom of haardankie gesê? Dink ’n bietjie hieroorna enmaak ’n plan om vir daardie on-derwyser te gaan dankie sê. ’n Dan-kie sal oneindig baie beteken.

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

DIE Hoërskool Witteberg spog met ’n nuwe skoolbus. Vrydagoggend het daar eers ’n stokou busby die skool aangekom met ’n plakkaat daarop wat sê dit is Witteberg se nuwe bus. Nogal met’n rooi lint. ’n Rukkie later is die leerlinge se nuuskierigheid bevredig toe ’n splinternuwe bus daaraankom. Op die foto oorhandig Paul Janse van Rensburg (hoofseun, middel) die bus se sleutelaan ds. Dougy Bubb, voorsitter van die beheerliggaam. Regs is Jana van Zyl, hoofmeisie.

SÓ lyk die Hoërskool Witteberg se nuwe bus. ’n Revue is vroeër vanjaar gehou omgeld vir die bus in te samel. Die matrieks was die eerstes wat in die bus kon ry.

VYFTIG jaar gelede is Elsie en wyleKotie van die Merwe se drieling opBethlehemgeborewaar sy steedsbly.Elsie het natuurlike geboorte aan

die seun, Flippie, geskenk en 22 uurlater is die meisies, ’n identiese twee-ling, Elsie en Marietjie, met ’n keiser-snee in die wêreld gebring.Dié drie babatjieswas glad nie klein

nie – altesaam 17 pond en 10 onse(7,91 kg).Marietjie Pretorius wat in Welkom

woon, sê hulle is baie geheg aan me-kaar.Hulle het ’n ouer suster, Rina Du-

venhage (51), ’n Bloemfonteiner, en’n jonger broer, Gerhard (47), wat opNewcastle bly.Marietjie het aan Maluti gesê hulle

het op ’n plaas Dunkalk naby Krans-fontein grootgeword. Hulle het eersonderrig aan die plaasskool ontvang-waarna hulle na die Laerskool Hoog-land toe is. Flippie was eers ’n leerlingaanVoortrekker en is later Tweespruittoe. Die meisies het aan die ou Han-delskool gematrikuleer. Hul partytjieis Saterdag in Welkom gehou.Flippie, wat in Riebeeckstad bly,

werk nou in Nigerië en kon nie die ge-selligheid bywoon nie. Elsie van derMerwe bly in Alberton.Marietjie sê sy het ’n skyfieverto-

ning van hul kleintyd tot nou saamge-stel met agtergrondmusiek en dit aan

Flippie gestuur met die opdrag dat hyop hul verjaardag daarna moet kyk.“Flippie is die saggeaarde een. Hy

baklei nooit nie en is hardwerkend.“Elsie en Marietjie is identies. Hoe-

wel albei gesoute klere-ontwerpers is,verskil hul geaardhede baie.”Flippie en sy vrou, Marina, het twee

dogters, Jenny en Ansie. Marietjie,die tweede oudste van die drieling enhaar man, Willem, het ook twee kin-

ders, Wilma en Willem, ’n skoondog-ter, Mariaan, en hul eerste kleinkindis op pad. Elsie het drie kinders, ElsieSwanepoel, Jurinda Lourens en JLLourens, en twee kleinkinders.Elsie is ’n berader. Sy werk saam

met die polisie en was die voorsittervan die gemeenskapspolisiëringsfo-rum in Alberton. Marietjie is die kosterby dieNGkerkWelkom-wes.Die drie-ling se pa, Kotie is in 1999 vermoor.

Bhm-drieling vier 50 jaar

REGS: Die drieling Flippie, Elsie enMarietjie van der Merwe.

DIE drieling. Flippie van der Merwe(Welkom), Elsie Lourens (Alberton)en Marietjie van der Merwe (Wel-kom), wat op Bethlehem gebore engrootgeword het, het hul 50ste ver-jaardag gevier.

Verheugoor nuweskoolbus

LEON EN ADRI SWART van Pretoriahet nog altyd van dieOos-Vrystaat ge-hou.Die egpaar en hul gesin het gereeld

die Oos-Vrystaat besoek en Adri hetgereeld as deel van haar werk kuns-winkels in die gebied besoek.Die Swarts het op ’n dag besluit om

die stadslewe vir die platteland te ver-ruil. Toe ’n plaas, Affilande, digby Fou-riesburg in die mark kom, het hulledaarna gaan kyk. Met ’n bui reën watkort tevore geval het en ’n pragtigereënboog, was dit vir die Swarts ’n te-ken dat hulle die plaas moes koop.Sedertdien is die plaashuis opge-

knap, ’n groot deel aangebou en tuingemaak. Plaaslike sandsteen is oralgebruik.Die nuwe deel is nou ’n padstal,

maardit is ’n padstalmet ’n verskil. Be-newens tuisgebak is daar ’n geskenk-winkeltjie en kunsgalery waar talle be-kende kunstenaars se werk uitgestalword.Dit is egter die ontbyt en middag-

etes wat verskaf word wat besondersis,wantwaar kry jy op ’n spyskaart pap

en kaiings vir ontbyt? En indien jy niepap en kaiings wil hê nie is daar ’ngroot verskeidenheid om van te kies.Virmiddagete is daar ’n verskeiden-

heid slaaie soos biltong-en-vyeslaaibeskikbaar. Daar is ook ’n verskeiden-heid ander geregte by Affiplaas be-skikbaar.

Tuis op platteland

AFFILANDE se padstal, Affiplaas (regs), en plaas-huis. Orals in die tuin is interessante hoekies. Regs:Adri Swart.

Page 5: Maluti 20131009

MALUTI, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013 5

OMspogrose te kweek kan dit nou vir ’n tweedekeer gesnoei word.

Só het Jakes Cronje van Protek, wat diespreker op die Bethlehem-tuinbouklub se ver-gadering was, gesê.

Cronje het oor verskillende gifstowwe en diewerking daarvan gepraat. Hy het beklemtoondat die gif presies soos die aanwysings aange-maak moet word.

Rose het deurentyd versorging nodig.Rooispinmyt vorm in die winter. Tuiniers sien

dit nie altyd nie en voorsorg moet getref worddeur elke 80 dae ’n organiese middel te spuit.

Om spogrose te kweek moet tuiniers in Ju-nie/Julie snoei, plaagbeheer toepas en “goeie”grond verskaf.

Rose se wortelstelsel is vlak, dus moet kom-pos dig om die plant gegooi word. Om die wor-telstelsel te voed kan 2:3:2-kunsmis toegedienword.

Om mooi blomme te vorm kan kunsmis wat

hoog is aan stikstof toegedien word.Wanneer die roos nou (einde September of

beginOktober) weer gesnoei is, kan ’n organie-se misstof toegedien word. Protek Guanosol-misstof is in pilvorm en vloeistofvorm beskik-baar.

Dit word van suiwer seevoëlmis gemaak enbevat al die nodige mikro- en makro-voeding-stowwe aan die plante.

Deesdae is ’n mens onseker wat die water-gehalte is. Om te verseker dat die pH-gehaltereg is, is ’n produk, Allbuff, beskikbaar.

Daar is ook kleefmiddels beskikbaar om diegif aan die blare te laat klou sodat dit meer ef-fektief kan wees.

Die Bethlehem-tuinbouklub se volgende ver-gadering word vandag by Bethlehem Garden-world gehou.Dit begin om09:30 en alle belang-stellendes is welkom om dit by te woon. SuzieRedelinghuys gaan al die nuutste plante be-kend stel.

Groei, versorg jou spogrose

JAKES CRONJE van Protek was die spreker op die Bethlehem-tuinbouklub se vergadering. Ná’n gelukstrekking het Ans Pohl (middel) en Annette von Caues (regs), elk ’n geskenkpak ontvangwat Cronje namens die maatskappy geskenk het. Foto: Lynda Greyling

Page 6: Maluti 20131009

6 MALUTI, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013

’n VERGADERING vir die stigtingvan Compassionate Friends – ’nselfhelp-ondersteuningsgroep –word môre om 17:30 gehou. Dit is

’n groep wat vriendskap en begripaan almal bied wat kinders aan diedood afgestaan het. Rig navraeaan Hester by 082-447-6968.

Groep vir bedroefdes gestig

MATTHEW CHERRY kon vir geengroter verjaardaggeskenk gevra hetnie.Sy grootste wens was om ’n liedjie

te laat opneem. Hy wil immers náskool ’n sanger word.Matthew, ’n lid van die Maluti-Hoog-

landskool se VRL, het al op verskeie

geleenthede by die skool opgetree.Hy is ’n inwoner van Estherhof by

die Charlotte Theron-kinderhuis(CTK) en geld vir ’n opname het ont-breek.Of só het Matthew gedink. Die on-

derwysers by sy skool het egter ondermekaar geld ingesamel sodat Mat-

thew die CD kon laat opneem.Fanie van der Walt van Fanjan Pro-

duksies het die opname gedoen.Eers is net een liedjie opgeneem,

maar Matthew sê dit was die eerstevan vele CD’s wat hy wil uitreik.Matthew het die naweek op die

Bethlehem-ekspo opgetree.

Gee 1stetree nasangroemmet CD

MATTHEW CHERRY

aucor.com

property|w

heels|m

ovables

Date: Tuesday 15 October 2013 @ 10:30

Simon: 082 444 4066 |[email protected]

aucor.com

Fleet & Repo AuctionDuly instructed by the Free State Development Corporation, Aucor willsupplement and sell the following by public auction:

Vehicles,Furniture

&Ca

terin

g

Viewing: Monday14October 08:30-16:30

Address: 95/96Mohale Street, 2nd Industrial Area,Phuthaditjhaba

15x LDVs, Cars &Trailers• 3x 2003 Mazda 323 130• 2000 Toyota Conquest 130• 2000 & 1997 Nissan 1400• 1999 Toyota Venture 2200• 1998 Toyota Hiux 1800• 1998 Toyota Corolla 160i GLE• 2x 1995 Toyota Hilux 2.4D• 1995 Nissan 1600 1 Tonner• 1994 Mobi-Jack Trailer• 1995 Closed Body Trailer• GMC Fire TruckOffice Furniture / Automation• Assorted Steel &Wooden Office Desks & FilingCabinets, Counters & Reception Desks, AssortedSwivel High Back, Visitors and other Office Chairs,Assorted Corner, Square & Round Tables, BookRacks, Partitions, Steel Racks, Roland DrawingCabinet• Assorted Faxes, Printers, Copiers, ComputersHousehold Furniture / Appliances• 3 & 4 Piece Lounge Suites & 2 Seater LeatherCouches,Wooden Dining Chairs, Plastic Garden& Bar Chairs, Dressing Tables, Head Boards,

TERMS&CONDITIONS: A refundable registration deposit of R5 000 is payable by bank or bank guaranteed cheque, debit or credit card or EFT. NOCASHWILL BE ACCEPTED. A documentation fee of R2 000.00 (VAT included) is payable on each vehicle. All offers excludeVAT. 10% BuyersCommission plus VAT is payable on each lot. Aucor may bid to the reserve price on behalf of the seller. Proof of address and ID Document is neededfor FICA-registration. Subject to changewithout prior notification. Auctioneer: Jacques van der Linde

Coffee Tables, 4 DoorWardrobes &WoodenCupboards, Pool Table, Defy 2 Door Upright Fridge,Whirlpool Chest Freezer, National Microwave Oven,Hoover & Logic 800 Deluxe Front LoaderWashingMachine, 4 Plate Stove, LG 45cmTV, Sansui 74cmTVCatering Equipment• Peel-O-Master Potato Peeler, Scotman ice Machine,Electric Boilers, Splash Back Stainless Steel Tables &5 Division FoodWarmer, Heating Unit, 2DoorStainless Steel Under Bar Fridge, Gemini 6 kgMaximumScale, Plastic Chairs, Anvil PieWarmer,Wrappers,Assorted Crockery, Pots, Pans etc.Garage Equipment / Hardware• Air Compressor, Roland Digital DPX-3600 DraftingPlotter, Assorted Steel & Table Frames,Work Benches,Electronic Safes, AssortedWood, 7 Division ironWorking Bench, Assorted Lockers, Oil Containers etc.• 18xNewCoffins, Assorted SewingMachines,Textile, Manufacturing Equipment &Accessories

aucor.com

property|w

heels|m

ovables aucor.com

Fleet & Repo AuctionDuly instructed by the Free State Development Corporation, Aucor willsupplement and sell the following by public auction:

Vehicles,Furniture

&Ca

terin

g

TERMS & CONDITIONS: A refundable registration deposit of R5 000 is payable by bank or bank guaranteed cheque, debit or credit card or EFT.NO CASHWILL BE ACCEPTED. A documentation fee of R2 000.00 (including VAT) is payable on each vehicle. All offers exclude VAT. 10% BuyersCommission plus VAT is payable on each lot. Aucor may bid to the reserve price on behalf of the seller. SUBJECTTO CHANGEWITHOUT PRIORNOTIFICATION. Proof of address and ID Document is needed for FICA-registration. Auctioneer: Jacques van der Linde

Date: Wednesday 16 October 2013 @ 10:30Address: 48Oranje St., Industrial Area, Botshabelo

Viewing: Tuesday15October08:30-16:30Jakoef: 082 458 9372 |[email protected]

11x Bakkies, Cars &Trailer• 3x 2000 & 1998 Nissan 1400 Champ• 1999 Volkswagen Citi Chico 1.3• 1997 Toyota Corolla 160i GLE• 1995 Nissan 1600 1 Tonner• 1995 Nissan Sentra 160• 1994 Toyota Camry 200i• Isuzu KB 180• Toyota Hilux• Karet TrailerOffice Furniture / Automation• Assorted Visitors Chairs, High Back Chairs, Swivel &Typist Chairs• Computer Stands, Steel &Wooden FilingCabinets, L-shapeWorking Desks, Office Desks,Assorted Partitioning, 3 Drawer Pedestals• Assorted printers, faxes, copiers, computersHousehold Furniture / Appliances• 2 Seater Couches, 3 Piece Livorno Lounge Suites,Villa Dining Chairs, Single Mattresses, Coffee Table,Plasma Stands• 4 Plate Stoves, 210L Mercury Chest Freezer,KIC Upright Freezer, KIC 2 Door UprightFreezer, Single Door Fridge, Samsung HighFocus 74cm TV, etc.

Catering Equipment• Convection Ovens, Pattymakers, Potato Chippers,Ice Machines, HandWrapping Machine, Hot &Cold Water Dispensers, 5 Division Steel Rack,Stainless Steel Tables, Canteen Chairs etc.Garage Equipment / Hardware• Work Benches,Working Bench with vice, ToolKits, 3 Phase Converters, Steel Table with steps,Lockers, Wooden Frames & Doors, 5 DivisionGalvanized RacksMiscellaneous• 2x Portable Trailers, Cell C/MTN/Vodacom Tailer• Assorted Air-Conditioners• Galvanized Chimney, Gazebo, Geysers, Canopy,Carpets• Assorted Labels, Material & Accessories• Basins, Electric Meter Boxes, etc.• 4x Assorted Caskets & Coffins• ScrapMetal

Page 7: Maluti 20131009

MALUTI, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013 7

AL die vrouewat aan die driespel by die Bethle-hem-buiteklub deelgeneem het, het ’n skouer-ruiker ontvang. Daarby is hulle met boekmer-ke, rangskikkings op die tafels en dies meerdeur die mans bederf.Altesaam 12 spanne van Bethlehem, Sene-

kal en Paul Roux het aan die driespel deelge-

neem.Marius Heunis en sy span met Andries en

Murka Strydom was die wenner. Susan Fouriese span bestaande uit Isabel van Wyk en Han-nie Young was tweede met Stoffel van Graanse span met Andus en Amanda Bester in diederde plek.

Spanne vaar goed in driespel

MARIUS HEUNIS en sy span het die driespel by die Bethlehem-buiteklub gewen. Van links isStefan Fourie (president), Murka en Andries Strydom en Marius Heunis.

PHAPHAMA YOUTH DEVELOPMENT inpartnershipwith Public Relations students ofthe Vaal University of Technology held a ca-reer day at the Golden Gate National Park.A total of 40 gr. 10 and gr. 11 learners of

the Moriting wa Thuto Secondary Schoolwere taken to Golden Gate to learn aboutdifferent careers available in nature conser-vation.Ntsebe Mofokeng, the project director,

said career guidance was often overlookedin the transition from education to employ-ment.“Most learners don’t know what they want

to do when they finish studying and those

who do often find they havemade the wrongsubject choices to pursue their dreams,” saidMofokeng.The activities on the day included canoe-

ing, games andmotivational talks by the stu-dents. The learners enjoyed every momentand learnt a lot.“Our aim is to challenge young people

aroundClarens andKgubetswana to believein themselves, to open their eyes to the op-portunities around themand tomakeadiffer-ence in their own lives – to provide an oppor-tunity for the youth to stop, think and evalu-ate the choices that they will make withinformation gathered.”

Fun at career daySTUDENTS during the career day held at Golden Gate.

EK KOOP TWEEDE-HANDSE FIETSE AAN VIR

KONTANT. Skakel073 5099 526.

ANTIEKE KLAVIERen stoeltjie (bankie).Okkerneuthout.

JOHN WAGSTAFF en SEUNBERLYN and

JOHANNESBURGH.Vermoedelik ouer as

85 tot 100 j.In 2005 laas gestem

waartydens die viltwerk opdie hamertjies en dempers

nuutopgeknap is.8 jaar gelede gestem8 jaar gelede laas op

klavier gespeel, 1 noot (witklawer) se ivoor is af. PrysR6 000 (of naaste aanbod).

Tel. 058 471 0398. Sel:082 339 9207

Amie Joubert (Paul Roux).

1 mooi Bonsmara-bul,R15 000. 8 verse, R7 000

stuk. Party sigbaar dragtig.25 koeie, R7 000 stuk. Partysigbaar dragtig. 5 koeiemet kalwers, R8 500 stukBTW ingesluit. Skakel082 573 4703. Alle ure.

Bethlehem.

GRANITE & MARBLE:Kitchen tops, vanities, barcounters, etc. Tel.058 303 4840/082 807 7456.

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

VLOERLENGTETAFELDOEKEKandelareEetgerei. Peto Odendaal,Lombardstr. 7. 058 303 2392.

Spacious house te let(Bethlehem)

4 bedrooms, 2 bathrooms(one guest, one en suite), 3

living-areas, hugeentertainment area with

built-in braai, built-in ovenand hot plates. New carpets.

Newly painted inside.Spacious kitchen with

separate scullery. Doublegarage with electric motor.Huge yard, fully fenced,with electric main gate.

House fully burglar-barred.R7 000. Available 1 Novem-

ber. Phone Corne072 928 6838.

300m² Stoor te huurBethlehem.

Skakel: 082 312 0855.

VENNOTE VIRVERVAARDIGING:

Ons het nuwe tegnologie virbehuising - groot aanvraag.Net ernstige mense, asse-

blief. 083 984 2265.

Ek het `n betroubarebediende wat ek voor werksoek. Maandag tot Vrydag.Vorige werkgewer verplaas.

Skakel: 083 447 8113 .

Benodig die dienste van 'nsekuriteitsbeampte metGraad C en rybewys. Pos be-hels skofte. Faks verkorteCV na 058 303 4422.

STERFGEVALLE

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 8: Maluti 20131009

8 MALUTI, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

DIE Suid-Afrikaanse Werkershond-opleidings-vereniging (SAWDTA) se kampioenskapsby-eenkoms is vanjaar op Bethlehem beslis.Die byeenkoms, wat oor ses dae plaasge-

vind het, is deur die Vrystaat op die LaerskoolGraanveld se sportterrein aangebied.Verskeie provinsies, instansies en private

klubs van oor die land het deelgeneem.Heel nommers is op die byeenkoms aange-

bied, onder meer aanvalswerk, rigtingbeheer,reuk-opsporing (houers) en reuk-opsporing(vierkantsdeursoeking).Reuk-opsporing word verdeel in drie katego-

rieë: springstof, dwelms en ander reuke soostabak, brand, bloed, semen, ensomeer.Almal BethlehemieteDieVrystaatspanhet almal uit Bethlehemiete

bestaan. Hulle was Morné Hayes met Ray enConnie Claassen met Coda van BethlehemSAPD K9, Ria Kriel met Lassie en Luna, Wy-nand Pietersen met Cliff en Gunsten, Ilze Hay-es met Barüh en Zeus, Loné Marais en Mila,Nankie Lingenfelder en Leroy, Sarel VentermetArex en Jasper, Yolindie Venter met Louwtjieen Marius van den Heever met Abu en Jasmin.Laasgenoemde groep is almal van die RoyalDog Training-hondeklub.ReukspanneVerlede Vrydag was die hoogtepunt van die

kompetisie. Hier het dieVrystaat drie reukspan-ne ingeskryf.Deelnemers se punte is in albei die nommers

in die onderskeie reuke in aanmerking ge-neem. Een van die reukspanne, bestaande uitMarius van den Heever en Abu (springstof),Sarel Venter met Arex (dwelms) en Ilze Hayes(ander reuke), het gesamentlik diemeeste pun-te behaal. Hulle het op die prysuitdeling elk ’ngoue medalje ontvang en Johan Venter ’n wis-seltrofee.Die ander reukspan wat bestaan uit Morné

Hayes met Ray (springstof), Connie Claassenmet Coda (dwelms) en Nankie Lingenfeldermet Leroy (ander reuke) het derde geëindig.Hulle het elkeen ’n bronsmedalje ontvang.Medaljes toegekenNá die Vrydag se deelname is die volgende

medaljes toegeken.) Goud: Sarel Venter met Arex (dwelms; hou-erdeursoeking) en Jasper (aanvalswerk), Con-nie Claassenmet Coda (dwelms; vierkantdeur-soeking), Loné Marais met Mila (ander reuke:houerdeursoeking), Nankie Lingenfelder metLeroy (ander reuke; vierkantdeursoeking) enMarius van den Heever met Abu (rigtingbe-heer). Die lede het ook hul nasionale kleureontvang.) Silwer: Marius van den Heever met Jasmin(dwelms; vierkantdeursoeking), Morné Hayes(rigtingbeheer en helper by aanvalswerk), IlzeHayes (aanvalswerk en ander reuke, vierkants-deursoeking)) Brons: Wynand Pietersen met Cliff (dwelms;

houerdeursoeking en as helper by aanvals-werk), LonéMaraismetMila (ander reuke; vier-kantdeursoeking) en Ria Kriel met Lassie (rig-tingbeheer).Grand ChallengeSaterdag het die hoogtepunt, die Grand Chal-lenge, plaasgevind. Slegs deelnemers wat indie kompetisie eerste tot vierde plekke behaalhet, het weer teen mekaar deelgeneem.

Lede van die Vrystaatspan wat medaljes ont-vang het, is:) Goud: Morné Hayes met Ray (rigtingbeheeren helper by aanvalswerk), Ilze Hayes met Ba-rüh (aanvalswerk) en Loné Marais met Mila(ander reuke; vierkant- en houerdeursoeking).) Silwer:Wynand Pietersenmet Cliff (dwelms;houerdeursoeking) Ilze Hayes (ander reuke;vierkant- en houerdeursoeking), Marius van

den Heever en Abu (rigtingbeheer) en SarelVenter met Jasper (aanvalswerk).) Brons: Marius van den Heever met Jasmin(dwelms; vierkant- en houerdeursoeking) enmet Abu (aanvalswerk), Wynand Pietersen (ashelper by aanvalswerk) en Ria Kriel met Luna(rigtingbeheer).Die Vrystaatspan het 24 van 63 medaljes

verwerf – 14 goud, 9 silwer en 11 brons).

Vrystaters baas met hul hondeVrystaters baas met hul honde

NANKIE LINGENFELDER en Marius van den Heever van die Vrystaat-span en lid van die Royal Dog Training-klub op Bethlehem spog hiermet hul Springbokbaadjies. Hulle het ná die byeenkoms hul kleure ont-vang. Foto’s: Lynda Greyling

DIE Vrystaatse A-span is van links Sarel Venter, Ilze Hayes en Mariusvan den Heever. Die span spog met die Johan Venter-wisseltrofee.

LEDE van die Vrystaatspan, almal Bethlehemiete, wat medaljes op die Suid-Afrikaanse Werkershond-opleidingsvereniging (SAWDTA) se kampi-oenskapsbyeenkoms verower het, is van van links, voor: Johan Venter, voorsitter, Yolandi Venter, Ria Kriel, Nankie Lingerfelder en Loné Marais;agter: Sarel Venter, Morné Hayes, Ilze Hayes, Marius van den Heever en Wynand Pietersen.