10
Directorate: Curriculum FET VAK en GRAAD Lewenswetenskappe Graad 10 KWARTAAL 2 Kwartaal 2 (Week 6) ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort jy die volgende te kan doen: basiese terminologie soos hidrostatiese skelet, endoskelet, eksoskelet, aksis, atlas ens. te kan definieer diagramme/sketse van die korrekte byskrifte voorsien tussen hidrostatiese skelet, eksoskelet en endoskelet onderskei byskrifte van sketse te voorsien, verskillende tipes bene van die menslike skelet identifiseer en hul funksies te kan noem BRONNE Papiergebaseerde hulpbronne Verwys na die afdelings in jou handboek asook lesse 1 en 2 oor: Verskillende tipes skelette Die menslike skelet Funksies van die menslike skelet Struktuur van ‘n langbeen INLEIDING Jy het reeds dierweefsel in les 1 van graad 10 bestudeer Jy het die konsep van weefsels as ‘n groep soortgelyke selle wat aangepas is vir ‘n spesifieke funksie, in Graad 10 bestudeer Hersien die gedeelte oor been as ‘n weefseltipe in les 1 KONSEPTE EN VAARDIGHEDE Hieronder volg ‘n reeks definisies van terme/konsepte wat jy in hierdie afdeling gaan bestudeer. Gebruik jou handboek en onderstreep al die nuwe terme/woorde wat jy teëkom terwyl jy hierdie afdeling bestudeer. Raadpleeg die indeks/woordelys in jou handboek om hierdie nuwe terme te definieer. (Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken in toetse en eksamens wanneer jy ‘n term korrek definieer) Hidrostatiese skelet – skelet bestaande uit ‘n vloeistofgevulde ruimte wat deur spiere omring word Eksoskelet – uitwendige skelet aan die buitekant van ‘n dier se liggaam Endoskelet– inwendige skelet aan die binnekant van ‘n dier se liggaam Foramen magnum – die groot opening aan die onderkant van die menslike skedel waardeur die rugmurg gaan. Atlas – die eerste nekwerwel Aksis – tweede nekwerwel

Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

  • Upload
    others

  • View
    33

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

Directorate: Curriculum FET

VAK en GRAAD Lewenswetenskappe Graad 10

KWARTAAL 2 Kwartaal 2 (Week 6)

ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet)

DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort jy die volgende te kan doen:

• basiese terminologie soos hidrostatiese skelet, endoskelet, eksoskelet, aksis, atlas ens. te kan definieer

• diagramme/sketse van die korrekte byskrifte voorsien

• tussen hidrostatiese skelet, eksoskelet en endoskelet onderskei

• byskrifte van sketse te voorsien, verskillende tipes bene van die menslike skelet identifiseer en hul funksies te kan noem

BRONNE

Papiergebaseerde hulpbronne

Verwys na die afdelings in jou handboek asook lesse 1 en 2 oor:

• Verskillende tipes skelette

• Die menslike skelet

• Funksies van die menslike skelet

• Struktuur van ‘n langbeen

INLEIDING

• Jy het reeds dierweefsel in les 1 van graad 10 bestudeer

• Jy het die konsep van weefsels as ‘n groep soortgelyke selle wat aangepas is vir ‘n spesifieke funksie, in Graad 10 bestudeer

• Hersien die gedeelte oor been as ‘n weefseltipe in les 1

KONSEPTE EN VAARDIGHEDE

Hieronder volg ‘n reeks definisies van terme/konsepte wat jy in hierdie afdeling gaan bestudeer. Gebruik jou handboek en onderstreep al die nuwe terme/woorde wat jy teëkom terwyl jy hierdie afdeling bestudeer. Raadpleeg die indeks/woordelys in jou handboek om hierdie nuwe terme te definieer. (Let Wel: Ten minste 2 punte word toegeken in toetse en eksamens wanneer jy ‘n term korrek definieer) Hidrostatiese skelet – skelet bestaande uit ‘n vloeistofgevulde ruimte wat deur spiere omring word Eksoskelet – uitwendige skelet aan die buitekant van ‘n dier se liggaam Endoskelet– inwendige skelet aan die binnekant van ‘n dier se liggaam

Foramen magnum – die groot opening aan die onderkant van die menslike skedel waardeur die rugmurg gaan.

Atlas – die eerste nekwerwel

Aksis – tweede nekwerwel

Page 2: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

Soorte skelette:

Skelet Voorbeelde Voordele Nadele

Hidrostatiese skelet (bestaan uit ‘n vloeistofgevulde ruimte wat deur spiere omring word)

jellievis, erdwurms

Diere benodig nie ‘n gespesialiseerde ondersteuningstelsel nie, hul liggame word deur water ondersteun

Diere kan nie vinnige bewegings uitvoer nie. Dier moet in ‘n klam of waterryke omgewing voorkom. Die tipe skelet beperk die grootte van die dier. Dier word nie goed beskerm nie.

Eksoskelet (skelet wat aan die buitekant van die dier se liggaam voorkom. Bestaan uit chitien)

Invertebrate Skelet ondersteun en beskerm onderliggende weefsels en organe. Dien as aanhegtingsplek vir spiere. Voorkom dat die dier uitdroog.

Die skelet beperk die grootte en groei van die dier. Skelet is ondeurlaatbaar vir gasse.

Endoskelet (skelet aan die binnekant van die dier se liggaam. Bestaan uit been en kraakbeen)

Vertebrate Dier kan geweldig groot groei. Beskerm interne organe. Bied ondersteuning. Dien as aanhegtingsplek vir spiere. Voorsien buigsaamheid aan die liggaam vir effektiewe beweging.

Dier is kwesbaar vir hitte en koue

Page 3: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

Die Menslike Skelet:

Die menslike skelet kan in twee hoof afdelings verdeel word:

• Asskelet of Aksiale skelet

• Aanhangskelet of Appendikulêre skelet

Die aksiale skelet bestaan uit die skedel, werwelkolom en ribbekas:

Page 4: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

Die Skedel:

• Die skedel bestaan uit twee groepe bene, naamlik die kraniale bene en gesigbene. Die kranium omsluit en beskerm die brein. Die kranium van ape is kleiner as dié van die mens.

• Aan die onderkant van die skedel is ‘n groot opening genaamd die foramen magnum waardeur die rugmurg gaan.

• By die mens, is die foramen magnum meer na vore onder die skedel geleë wat die mens in staat stel om regop op twee bene te kan loop – ‘n eienskap wat ons tweevoetigheid/bipedalisme noem.

• By Afrika-ape is die foramen magnum meer na agter onder die skedel geleë

• Ape gebruik normaalweg al vier ledemate vir beweging en word dus beskryf as kwadripedaal/viervoetig (skakel met Menslike Evolusie in Graad 12)

• Die bo-kaak van die mens is vergroeid met die skedel en die onderkaak artikuleer met die basis van die skedel. Die kake van die mens is kleiner as dié van ape.

• Die verhemelte by die mens is meer gerond terwyl die verhemelte van byvoorbeeld sjimpansees meer reghoekig in vorm is.

• Die bo-kaak sowel as die onderkaak by die mens besit tande. Die tande van die mens is kleiner as dié van ape. (Skakel met Menslike Evolusie in Graad 12)

• Die mens besit vier tipes tande, almal met verskillende funksies:

Tipe tand Funksie

Snytande Byt en sny voedsel af

Oogtande/Hoektande Hou voedsel vas en skeur dit af

Voorkiestande Kou en fynmaal van voedsel

Ware kiestande Kou en fynmaal van voedsel

Page 5: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

• Die tandformule van die mens is: 2.1.2.3

2.1.2.3

Werwelkolom:

• Die werwelkolom van die mens bestaan uit 33 bene of werwels

• Die eerste nekwerwel artikuleer met die skedel en staan bekend as die atlas. Dit maak knikbewegings van die kop moontlik.

• Die tweede nekwerwel word die aksis genoem en dit maak rotasie van die kop moontlik.

• Die werwelkolom van die mens is S-vormig om buigsaamheid toe te laat en skokke te absorbeer.

• Die werwelkolom by ape is C-vormig. (skakel met Menslike Evolusie in Graad 12).

• Die werwelkolom ondersteun die skedel

• Dit omsluit en beskerm die rugmurg

• Dit dien as aanhegtingsplek vir die ribbe, rugspiere, skouergordel-en bekkengordel. Ribbekas:

• Die ribbekas bestaan uit 12 borswerwels, 12 paar ribbe en die sternum.

• Die ribbekas beskerm die organe in die borsholte nl. die hart en longe

• Dit speel ‘n rol tydens asemhaling aangesien die beweging van die ribbekas die volume van die borsholte kan vergroot of verklein.(skakel met Gaswisseling in Graad 11).

Appendikulêre skelet:

• Die appendikulêre skelet bestaan uit die skouergordel, boonste ledemate, bekkengordel en onderste ledemate.

• Die skouergordel bestaan uit 2 skapulas(bladbene) en 2 klavikulas (sleutelbene).

• Elke boonste ledemaat bestaan uit verskeie tipes bene naamlik die humerus (langbeen), ulna (langste been in die voorarm), radius, karpale, metakarpale (beentjies wat die palm van die hand uitmaak) en falankse (beentjies wat die vingers vorm)

Page 6: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

• Die bekkengordel bestaan uit 2 heupbene. Elke heupbeen bestaan uit 3 vergroeide bene naamlik die ilium, iskium en pubis. Die heupbene is aan die agterkant aan die sakrum vasgeheg.

• Die bekkengordel by die mens is korter en wyer om die groter gewig weens die regop posisie van die mens te akkommodeer. Ape daarenteen het ‘n langer en smaller bekkengordel. (skakel met Menslike Evolusie in Graad 12).

• Elke onderste ledemaat bestaan uit ‘n femur (langste en grootste been in die menslike liggaam), die patella (knieskyf), tibia, fibula, tarsale, metatarsale en die falankse (toonbeentjies).

• Die mens het korter arms en langer bene terwyl ape korter bene en langer arms besit. (skakel met Menslike Evolusie in Graad 12)

Struktuur van ‘n langbeen: Alle bene in die boonste en onderste ledemate is langbene, behalwe die karpale en tarsale. Aktiwiteit: Gebruik jou handboek en die diagram hieronder om die struktuur van ‘n langbeen te beskryf.

Page 7: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

Ken die betekenis van die aksiewoorde in toets-en eksamenvrae:

Instruksie werkwoord

Betekenis

Noem Gee slegs die naam van iets

Differensieer Gebruik verskille om tussen twee of meer kategorieë te onderskei

Tabuleer Teken ‘n tabel en toon die antwoorde as direkte pare

Beskryf Noem in sinne die belangrikste aspekte van ‘n proses

Verduidelik Gee jou antwoord in ‘n oorsaak-effek of stelling-en- rede formaat

Vergelyk Dui die verskille en ooreenkomste tussen konsepte aan

Beantwoord die volgende vrae: Vraag 1 Noem VIER funksies van die menslike skelet.

Vraag 2:

Die onderstaande diagram stel ‘n menslike skedel voor:

Page 8: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

2.1 Tot watter van die TWEE hoof afdelings van die skelet behoort bostaande strukture? 2.2 Identifiseer die opening wat X gemerk is. 2.3 Met watter werwel sal hierdie deel van die skelet artikuleer? 2.4 Verskaf die tandformule van die mens.

Vraag 3

Die onderstaande diagramme toon die bekkengordels van ‘n manlike en vroulike individu aan.

Page 9: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

1.1 Identifiseer dele A, B, C en D.

1.2 Stel ‘n rede voor waarom die bekkengordel rigied moet wees.

1.3 Verduidelik die verskil in struktuur tussen ‘n manlike en ‘n vroulike bekkengordel.

Vraag 4

Die diagram hieronder toon die struktuur van ‘n werwel aan by die mens.

1.1 Identifiseer dele gemerk A, B, C, D, E en F.

1.2 Noem die funksie van deel gemerk F.

1.3 Hoeveel werwels is in die menslike werwelkolom teenwoordig?

Algemene foute deur leerders begaan in die eksamen:

• Leerders is nie bekend met basiese terminologie nie

• Leerders verstaan nie betekenis van die aksiewoord/e van vrae nie, byvoorbeeld die verskil tussen beskryf en verduidelik.

• Leerders nie in staat om diagramme/sketse van die korrekte byskrifte te voorsien of sketse van dele van die skelet te maak nie bv. ‘n langbeen.

AKTIWITEITE/ ASSESSERING

Voltooi die aktiwiteite/vrae in jou handboek oor die afdeling wat handel oor die menslike skelet.

Page 10: Directorate: Curriculum FET · ONDERWERP Ondersteuningstelsels in diere (Skelet – tipes, menslike skelet, funksies van die skelet) DOELWITTE VAN LES Aan die einde van die les, behoort

KONSOLIDASIE • Definieer al die terminologie aangaande die onderwerp/e wat in hierdie les gedek word

• Annoteer (voorsien byskrifte) en teken diagramme

• Verskaf die funksies van die verskillende dele van die skelet

• Onderskei tussen die verskillende tipes skelette Let Wel: Die kennis en vaardighede wat jy in hierdie afdeling opdoen, sal jou in staat stel om die volgende afdelings in graad 10, 11 en 12 beter te begryp:

• Gewrigte

• Spiere

• Menslike evolusie in Graad 12

WAARDES Uit jou studie en dit wat jy geleer het van die menslike skelet, sal jy ‘n beter begrip ontwikkel vir siektes wat met die menslike skelet verband hou bv. ragitis, osteoporose, artritis ens.