20
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 1 Die KOSMOS Jaargang 34 uitgawe 6 April 2013 OORDENKING IN HIERDIE UITGAWE ‘n Riller van ‘n pas Van Toeka tot nou… Die goedkoopste Streekskamp ooit! Gelukkige Moedersdag vir al die moeders

Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 1

Die KOSMOS

Jaargang 34 uitgawe 6 April 2013

Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013

OORDENKING

IN HIERDIE UITGAWE

‘n Riller van ‘n pas

Van Toeka tot nou…

Die goedkoopste Streekskamp ooit!

Gelukkige Moedersdag vir al die moeders

Page 2: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 2

INHOUDSOPGAWE

Oordenking……….…............…..1

Redaksie………..…………..........2

Van die Voorsitter………..….......3

Voogdelys…………….….…........4

Verjaarsdae……………...............5

Huweliksherdenkings…..............5

Nuttige Wenke....................5 & 13

Lekkerbek……..….……...…........6

Streeks Baadjies.........................7

Voorraad.....................................7

Lief en Leed................................7

Ek en My Wa…………......…......8

Uit God se Apteek......................9

Uit die Natuur………………..….10

Die Pas van alle Passe.............11

Saamtreknuus……….…...........12

Tegnies.....................................13

Tieners......................................14

Senior Burgers..........................14

Kleuters……………...…….…....15

Moedersdag..............................16

Oplossing van Blokkiesraaisel.17

Blokkiesraaisel..........................18

Van Toeka tot Nou....................19

Jaarprogram………..………......20

REDAKSIE

Hallo Sawanante

Mens kan voel die winter begin en

die blare val van die bome af. Ons

hoop julle gaan ‘n lekker warm winter

beleef, en dat dit nie te koud sal

wees nie.

Ons het ‘n interresante bergpas wat

die manne sal geniet veral as die

woonwa agter daar bul van bakkie

gesleep word ! Onthou om julle

baadjies te bestel voor die erge koue

kom.

Tot volgende keer.

Marianne

REDAKSIE

Nog ‘n maand is verby en ons voel

die winter wat ons met mag en

mening bekruip. Mag hierdie

KOSMOS jou lekker warm laat voel.

Stuur asseblief vir ons jul bydraes.

Hierdie is Oosvaal se nuusblad en

ons wil baie graag van ons lede se

nuus en artikels plaas want dan

alleen kan die nuusbrief tot sy volle

reg kom.

Aan al die moeders – geniet ‘n

wonderlike Moedersdag.

Alta Grobler

Page 3: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3

‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE

Dagsê Vriende

April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas. Ons kamp

gedurende April by Badplaas het toe uitgereën, die koue front daag op

Donderdag aand en by Vrydag is dit behoorlik koud en nat. Niemand sien

kans vir die elemente en daar word besluit ons bly lekker warm en droog by

die huis.

Ons volgende kamp is die gebiedskamp die naweek van 24 -26 Mei 2013 by

Loskopdam. Ons streek staan as kamp kommandante, so almal is welkom om

saam te kom kamp. Dit sal miskien ons laaste kamp wees voor die AJV in

Augustus.

Sover het ons geen belangstelling ontvang van julle om gedurende Julie

maand te gaan toer nie. As daar enige iemand is wat graag wil toer kontak my

so gou as moontlik voordat al die reëlings gestaak gaan word en die toer

afgestel word. Ons het nog tyd tot die einde van die maand om die finale

besluit te neem. Onthou ons kan nie minder as drie woonwaens wees op die

toer nie. Laat weet gou asseblief.

Verder moet ons regmaak vir die winter. Kyk mooi na julle self en jul familie

en geniet die leesstof en nuus in die maand se Kosmos. Dankie aan almal

wat bydraes maak, die nuusbrief word vir julle uitgegee om by te bly met

SAWA en Oosvaal se doen en late.

Vriendelike Oosvaal groete

Mooi Bly

Andre Erasmus

ADVERTENSIE

Ons bied die geleentheid vir julle om

besighede, koop/verkoop hoekie te adverteer in

ons nuusbrief teen ‘n geringe fooi. Kontak vir

Marianne of Alta gerus indien jul belangstel.

-Red

Page 4: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 4

VOOGDELYS

Andre en Marianne Erasmus (Tel Andre 0833007706; Marianne

0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr 25, Secunda

Martiens en Alta Grobler (Tel Martiens 0824668110; Alta 0812708916) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Kleynstraat 2, Secunda

Johan en Karin Burger (Tel Johan 082 923 5614) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Vermeerstraat 18, Secunda

Johan en Magda van Dyk (Tel Magda 072 142 3229) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: William Hogge straat 1, Secunda

John en Yolanda Brummer (Tel Yolanda 079 883 6226) e-pos Adres:

[email protected]; Straatadres: Waterson straat 11, Secunda

Andre en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos

Adres: [email protected]; Straatadres: Krokodilrivierstr 7,

Secunda

Lance & Retha Batts; Hennie & Monica Oosthuyzen; David & Ria van As; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anriëtte van Schalkwyk; Neil & Henriëtte van Wyk; Henry Viviers en Gerrie & Amelia Brits

Kobus & Annatjie Bester; Janke Britz; Peet & Elsie

Jonker; Corné & Christa Thirion; Chris & Thiana

Bornman; Alta van Heerden; Peter & Vernice

Richard en Mario & Mitsi Weyers

Francis & Marlize Hodgeman; Edwin & Rene

Sieberhagen; Tinus & Marie Labuschagne en Francois

& Mariane Ueckermann

Nico Botha; Danie & Annelie Meyer; Neels & Bettie

Malan en Sakkie & Gretha Mocke

Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize Saayman;

Simon & Risella van Renssen; Frans & Ohna Steyn en

Neil & Marietta Parks

Jacques Fourie; Pierre Fourie; Div & Bella de Villiers;

Wimpie & Rita Meintjes; Gert & Lena van Rensburg en

Gerhard & Ankia van Niekerk

Page 5: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 5

VERJAARSDAE

Mei

03 – Marie Labuschagne

10 – Gregor van Deventer

11 – Michelle Parkes ‘03

13 – Chris Bornman

14 – Janke Britz

19 – Danie Meyer

19 – Magda van Dyk

23 – Corné Thirion

26 – Theo Saayman

April

06 – Hennie Oosthuyzen

07 – Mario Weyers

09 – Mitsi Weyers

17 – Karin Burger

HUWELIKSHERDENKINGS

April

01 – Francois & Mariane

Ueckermann 01 – Gerrie & Amelia Brits 02 – Gerhard & Ankia van Niekerk 05 – Edwin & Rene Sieberhagen

Mei

06 – Simon & Risella van Renssen

NUTTIGE WENKE

Page 6: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 6

LEKKERBEK – Ontvang van Magda van Dyk

Ek en Johan het baie jare gelede ‘n resepte boek

gekoop: Woonwa en Kampvuur resepte, spesiaal vir ons

kampeerders. Hierdie is een van my staatmaker resepte wat ek

ook baie by die huis maak.

Geniet dit!!!

VOORTREKKER ROOSTERKOEK

(Uit – Woonwa en Kampvuur resepteboek)

Bestanddele :

480 g (1000 ml) Meelblom

4 g (5 ml) Kremetart

5 g (5 ml) Sout

75 g (87,5 ml) Margarien

4 g (5 ml) Koeksoda

Karringmelk of Yoghurt (Genoeg om ‘n stywe deeg te maak)

480 g (1000 ml) Meelblom

4 g (5 ml) Kremetart

Metode :

Meng meel, kremetart en sout saam. Vryf margarien met

vingerpunte in meel mengsel in. Los koeksoda in ‘n bietjie van

die karringmelk/yoghurt op en voeg by meelmengsel. Meng die

res van die karringmelk/yoghurt by en maak ‘n stywe deeg.

Druk ± 12 mm dik uit. Sny in stukke of druk uit in vorms en braai

op die kole. Laat verkieslik ‘n paar minute rys voordat gebraai

word.

Page 7: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 7

STREEKS BAADJIES

Sawanante

Ons is baie opgewonde oor die nuwe baadjies vir die die Streek. Sien foto onder.

Plaas asseblief so gou moontlik jul bestellings by Martiens en Alta Grobler

S - L XL – 2XL 3XL – 5XL

Mens All weather jacket R 207.94 R 228.74 R 249.54

Ladies All weather jacket R 207.94 R 228.74 R 249.54

Bogenoemde prys sluit die koste van die borduur uit. Kontant met alle bestellings

asb.

LIEF EN LEED

Dit lyk my Alta en Martiens se gesin is

besig met hul eie populasie groei.

Hulle gaan weereens ouma en oupa

word. Lyk my albei die pink voete

word later hierdie jaar verwag.

VOORRAAD

Voorraad Beampte:

Annemarie Fourie

Sweetpakke Boshoed Sirkel & Snorre Windjakker Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde Oosvaalpette Alle verkope – Kontant met

bestelling

Page 8: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 8

EK EN MY WA – Paul en Anriette van Schalkwyk

WAARMEE SLEEP JY? Toyota Fortuner 3.0 D4D Outomaties 4x4. 120Kw/343Nm.

WAT LOOP AGTER DIE FORTUNER? Jurgens Palma. 2011 model.

WAT PLA? Die outomatiese ratkas is geneig om meer terug te skakel teen

styl opdraendes wanneer die voertuig op spoedbeheer is.

Die kantspieels is geneig om toe te slaan met die karavaan tru spieels op in winderige

toestande.

WAT IS JOU SLEEPSPOED? 90 tot 110 km/u.

WAT IS DIE FORTUNER SE BRANDSTOF VERBRUIK? Met die lugversorger aan gee die

Fortuner so 6,5km/l en met dit af so 7,2km/l. Sonder die wa varieer dit so tussen 9 en 10 km/l

WAARMEE HET JY VOORHEEN GESLEEP?

- Toyota Fortuner Handratkas – Jurgens Penta - 1 Jaar (Wou graag ‘n outomatiese 4x4

Fortuner gehad het)

- Toyota Hi Lux 3,0 KZTE – Jurgens Penta – 5 Jaar (Enjin krag ‘n bietjie te min)

- Toyota Camry 2,2 SI – Jurgens Penta - 5 Jaar (‘n Baie lekker sleepvoertuig. Is net te laag

vir die spoedwalle in vakansie oorde)

AS JY WEER KON KIES: - Ek hou van die bestaande kombinasie, en sal nie sommer verander

nie. Ek sal dalk van karavaan verander maar nie sleepvoertuig nie. Die betroubaarheid van ‘n

sleepvoertuig is baie belangrik.

HOE LANK IS JY ‘N SLEPER? 18 Jaar.

HOE HET JY VOORHEEN VAKANSIE GEHOU? Soms met tente maar die meeste kere in

chalets en woonstelle.

WAAR HOU JY GEREELD VAKANSIE? Meestal by warmwaterbronne en natuurreservate,

andersins by plekke waar dit stil en rustig is en die oord ‘n goeie reputasie het. Die see is nie ‘n

groot trekpleister nie behalwe vir hengel.

HOE GEREELD KAMP JY? As Sawanant probeer ek om al die kampe van die streek by te

woon, maar dit is nie altyd moontlik nie. Vakansie tye en langnaweke is heerlike kampeer

geleenthede.

WAAROM KARAVAAN KAMP? Die interaksie en kuiers saam met ander Sawanante en

ander karavaan kampers is heerlik. Jy leef ook net soveel nader aan die natuur wat wonderlik

aangenaam is. Die kreatiwiteit van karavaan kampers om lekker te kamp is ongelooflik.

Ek kon nie ‘n foto van julle wa

opspoor nie, toe gebruik ek maar

hierdie foto. -Red

Page 9: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 9

UIT GOD SE APTEEK – Beet

Beet bevat betakaroteen, kalsium, magnesium, yster, fosfor, silika, vitamien B5

en foliensuur wat baie waardevol is vir swanger vroue. Foliensuur verminder die

risiko van geboorte afwykings as dit in die vroeë stadium van swangerskap

geneem word.

Beet is ook baie veselryk wat beteken dit is 'n natuurlike lakseermiddel is en wat

ook nierstene sal afbreek.

Dit help met bloedvorming, en raak ontslae van afval, gifstowwe en die

verkeerde eetreste uit die niere en lewer.

Beet bevat magnesium wat hartritme bevorder, verlig fibromialgie, kan asma-

aanvalle verminder en voorkom premenstruele sindroom en komplikasies van

suikersiekte.

Tuisapteek – Anna Eksteen

Page 10: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 10

UIT DIE NATUUR

Hoe om ‘n giftige skerpioen te onderskei van ‘n

minder giftige een?

Die algemene reel reg oor die wêreld is:

Skerpioene met klein knypers en groot sterte (in verhouding) is hoogs giftig

Skerpioene met groot knypers en klein sterte (in verhouding) is matig tot effe giftig

Suid Afrika het ‘n redelike groot verskeidenheid skerpioen-spesies, maar gelukkig is die

meerderheid nie fataal giftig vir mense nie. Daar is slegs 1 tot 4 sterftes per jaar, en gewoonlik

is dit kinders.

Die "Parabuthus transvaalicus" of "Suid Afrikaanse vet stert skerpioene" is ons skerpioen wat

verantwoordelik is vir die meeste sterftes.

Interessant genoeg is 75% van die voorvalle in die nag. Die skerpioene beweeg nader aan die

lig want hulle is opsoek na insekte wat ook die lig opsoek. Die meeste gevalle van skerpioen-

steke is van Oktober tot Maart, maar veral in Januarie en Februarie

Wat om te doen as jy deur ‘n skerpioen gesteek word?

Dit is een van die min gevalle waar jy vergewe sal word as jy die wilde diertjie dood maak –

dit sal baie help met die identifisering van die skerpioen en die behandeling. Dit moet egter

veilig gedoen word sonder dat daar nog ‘n steek toegedien word.

Maak die wond skoon en wend ‘n skoon verband aan waarin ys toegedraai is, en hou klam

met skoon water.

Gebruik ‘n “oor die toonbank” pynstiller soos Aspirin of Paracetamol.

Indien moontlik, gaan na die naaste hospitaal of dokter.

Kyk vir enige verandering van simptome wat mag voorkom.

Monitor pols en asemhaling

Iemand wat nie opgelei is in die behandeling van skerpioen steke nie, moet nie probeer om

behandeling toe te pas nie. Die verkeerde aanwending van teen-gif of medikasie kan baie

gevaarlik wees.

Hou die slagoffer kalm en verseker hom dat dit heel onwaarskynlik is dat iemand beswyk

aan ‘n skerpioen-steek. Dit gebeur dat so ‘n slagoffer paniekbevange raak en daar dan vals

simptome voorkom.

Berig deur Phillip Briedenhann 4x4 ATV Club

Hadogenes paucidens

(Nie so Giftig)

Parabuthus transvaalicus

(Giftig)

Page 11: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 11

Die pas van alle passe

Die voertuig wat jy sal benodig om bo te kom met jou woonwa

Page 12: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 12

SAAMTREK NUUS

Gebiedskamp: Badplaas

19 tot 21 April 2013

Martiens en Alta se wa.....

Andre en Marianne se wa...

Die naweek by Badplaas het toe nie

plaasgevind nie. Ek was siek in die

bed, en die getalle het toe verminder

na 0. Ek dink die wat oorspronklik

wou kamp, is toe maar bly hulle het

kop uitgetrek as gevolg van al die reën

wat ons toegesak het. Ons moes toe

maar ‘n foto neem van ons karavane

waar hulle onder dak by die huis

staan.

Ons sal julle by die volgende kamp

gewaar!

Groete

Andre & Marianne

Page 13: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 13

TEGNIES

PRIVAAT KOOP VAN KARAVAAN

Ingestuur deur John Brummer

Het jy raad nodig in verband met die privaat koop van ‘n woonwa? Jy wil ‘n woonwa

koop van ‘n privaat persoon, maar is onseker oor al die wetlike aspekte... Hoe sal so

‘n kontant transaksie beloop om seker te maak dat die ander persoon jou nie indoen

nie? Hoe vind jy uit of die woonwa klaar betaal is en dat die verkoper nie nog geld

skuld nie?

Kry ‘n klarings bewys by die SAPD. Dit sal eerstens verseker dat die woonwa die

gesteel is nie. Hoor dan by die verkoper waar die woonwa gefinansier was en

bevestig dit met die instansie of hy wel die eienaar was en of die wa klaar betaal is.

Hy moet die oorspronklike NATIS papiere by hom hê sodat hy dit aan jou as koper

kan oorhandig tydens die transaksie. Indien hy sê dat die woonwa nie gefinansier was

nie, vind uit waar hy die wa gekoop het en bevestig dit met die betrokke instansie.

Stel ‘n koop kontrak op, hoef nie baie tegnies korrek te wees nie, maar stipuleer

daarin die koopsom en ander inligting waaroor julle ooreengestem het. Moet nooit ‘n

kontant transaksie doen nie. Doen eers die betaling wanneer die wa in jou besit is.

Indien steeds gefinansier, kan die verkoper 'n "settlement" brief by die bank kry.

Betaal dan die bank direk en die verskil aan die verkoper. Indien die verkoopprys

minder as die aflosbedrag is, moet julle mekaar mooi verstaan wie die verskil gaan

inbetaal.

NUTTIGE WENKE

Karringmelkbeskuit sal lieflik uitrys as ‘n klam vel bruinpapier bo-oor die

deeg in die pan geplaas word. Haal die papier af sodra die deeg

uitgerys het.

Beskuit van volkoringmeel kry ‘n heerlike smaak as klapper by die deeg

gevoeg word.

Vou die deeg van botterbroodjies dubbel voor bak en dit sal maklik in

twee verdeel as dit gaar is.

Voeg 5ml stroop by die vloeistof van botterbroodjie deeg en dit sal nie

so vinnig uitdroog nie.

Voeg 5ml gliserien by brooddeeg terwyl jy knie en die brood sal langer

vars bly.

Page 14: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 14

Gesprek SES – Ewige

lewe!

Gebed – Here, ons dank U vir die tyd

waarin ons mekaar beter kon leer ken

het. Help ons om U ook al beter en beter

te leer ken. Dit vra ons in U naam, Here

Jesus, Amen.

1. Haal Johannes 3:16 uit die

kop aan vir mekaar.

2. Wat is die beste Kersfees - of

verjaarsdag geskenk wat jy al

gekry het?

3. As jy vir een geskenk dié

Kersfees kon vra, wat sal dit

wees?

4. Hoe dink jy is die hemel? Hoe

lyk dit? Wie is daar?

5. Dink jou vriende dat die hemel

‘n beter geskenk is as enigiets

wat hulle hier op aarde kan

kry? Hoekom of hoekom nie?

6. As jy nou die een geskenk kry

wat jy graag wil hê, hoe sal dit

jou laat voel? As jy dié

geskenk ook vir iemand anders

kan gee, wie sal dit wees?

Vervolg..

8. Elkeen wat glo in Jesus Christus

ontvang die gratis geskenk van

die ewige lewe. Wat beteken

dit? Hoe reageer jy daarop?

9. Dié geskenk is daar vir elkeen

wat jy ken. Vir wie vertel jy

daarvan?

10. Watter van jou vriende of

kennisse sou jy graag wou hê

moet ‘n Christen word?

11. Wat kan jy doen (of het jy al

gedoen) om hom of haar te help

om die liefde van Jesus Christus

te leer ken?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte

van die afgelope week. Bid vir mekaar

om mee af te sluit.

SENIOR BURGERS

Page 15: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 15

VIR DIE KLEUTERS

Page 16: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 16

MOEDERSDAG

Met die oog op Moedersdagmaand:

Geskryf deur Roc Shoaf:

Liewe Moeder

Jy is een van die kosbaarste kleinode wat die lewe my gebied het.

Jy sit die vonkel in my oë – die vreugde in my hart!

Ek weet hoe liefdevol en volhardend jy werk aan die skeringsdrade wat

uiteindelik die weefstuk van my eie lewe moet word.

In hierdie moeisame, skeppende taak het jy soms probleme om die

weefdrade presies op die korrekte plek geplaas te kry.

Dikwels moet dit vir jou voel of die hele affêre in ‘n nare kraaines

verstrengel geraak het ... en tog weet ek dat jy volhou om die heel beste

patroon te probeer weef.

Nie alle skeppende ontwerpers in die lewe is groot en beroemd nie, party

is nederig, ander ingetoë en sagmoedig; baie is voortvarend en hul doen

hul skeppingswerk met ‘n bykans onsensitiewe kragvertoon.

Maar diep in my hart weet ek, Moeder, dat jy – as jy jou sin kan kry – die

pragtigste, volmaakste weefstuk van my lewe sal wil maak. As jou

hartewens vervul moet word, sal daar nie ‘n enkele knoop uit sy plek

wees nie en die ontwerp sal alle ander oortref.

Vergeet hierdie diepsinnige onsin, Ma . EK HET JOU LIEF!!!!!!!!!!!!!!

Page 17: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 17

OPLOSSING VAN VORIGE

BLOKKIESRAAISEL

P M A K S K E E R T S A W

B W D E F G H I J B K L I

D K L I P D R A A I U M N

W V U T R S R Y P O N N T

A Y V A E B D D E F G H E

S T U V S A A L P D A B R

R M P O I N M L K J I K S

S I P M D G E B I E E W A

T N L K E I H G D R E F A

E E A K N R A R S O L I M

A J S R T T S K T O A H T

V N E A E N A T S I A R R

P O W P A M P K A P O G E

M L A P P A O E B O S F K

A A T L V P L E P O T E P

K M E A D O K M D C E D A

S G R A R O O A P T O B R

D H M T E K B G T S P A K

E J I W E M W A T A E R T

I U N O R M E D N E A H O

B E L A A S V R A A T K L

E B W R B J V W V J A L P

G A S D M A L J E N I K U

Page 18: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 18

BLOKKIESRAAISEL

1 3 12

3 8 11

4

4

5 7 6

7 13

8 9 16

14

9 14

2

17

6

11

5

13 10 15

Soek die volgende

DWARS: Af

1 Mario se vrou 1 Skrywer van die oordenkings

2 Maak asb die . . . oop 2 Ons bly in die omgewing

3 Hou die tentseil toe 3 . . . weersiens

4 Doen die bladuitleg 4 Bron vir gesondheids wenke

5 Het dit nodig om 2 dwars te doen 5 Ry op die water

6 Doelwit in die erekode 6 Al die dames hou hiervan

7 Ons toer hier in die winter 7 Almal stel hierin belang voor 'n kamp

8 As dit reën dan is alles . . . . . . 8 Afkorting van ons assosiasie

9 Die winter saamtrek word hier gehou 9 Sonder dit kan ons nie kamp nie

10 Eet saam met ontbyt 10 Pla altyd

11 n Stil word oomblik 11 Ons praat altyd hieroor in die artikel

12 Die rede vir ons bestaan 12 Pla in die nag

13 Moet altyd naby die ablusieblok wees 13 Is elke jaar deel van ons beplanning

14 Ma sorg hiervoor 14 Ander woord vir wit

15 Dit hou 'n mens fiks

16 Die hoofaktiwiteit by die kampe

17 Hou 'n mens vrolik

Oplossing in volgende Kosmos

AF:

Page 19: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 19

VAN TOEKA TOT NOU

1800

2050

1950

1920

1930

Page 20: Die KOSMOS - sawa.org.za · SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3 ‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE Dagsê Vriende April maand is verby en die jaar stap aan teen ‘n stewige pas

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 20

KONTAK ONS

SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/

SAWA eposadres - [email protected]

Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assosiasie (Sawa). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van Sawa is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word deur die

Redakteur verantwoord.

OOSVAAL BANK

BESONDERHEDE

Penningmeester:

Johan Burger

Bank : Standard Bank, Secunda

Rekeningnommer : 137501072

Takkode 05344

Nuusblad van Streek

Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assosiasie

Redakteur en bladuitleg:

Marianne Erasmus,

Posbus 5666, Secunda, 2302

Tel: 082 890 2019 (Sel)

Epos: [email protected]

Drukwerk en verspreiding: Andre en

Marianne Erasmus

Oosvaal 2013 jaarprogram

Datum Plek Tarief

22 – 24 Mrt Presidente - Klipdraai Meyerton

19 – 21 Apr Badplaas R170 per nag

24 – 26 Mei Gebieds Kamp - Loskopdam R175 per nag

14 – 16 Jun Wintersaamtrek – Warmbad

28 Jun – 11 Jul See Toer {Natal Noordkus}

08 – 11 Aug AJV Malonjeni R200 per nag

13 – 15 Sept Nasionaal (Malonjeni)

20 – 24 Sept Sondela (te vêr & te duur) Word verskuif

11 – 13 Okt Kongres (Buffelspoort)

25 – 27 Okt Monateng, Pretoria R330 per nag

22 – 24 Nov Eastco (Magaliesburg) R205 per nag

NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar kom