11
DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 Presidente 2017 Presidente 2017 Presidente 2017

Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

  • Upload
    lekhue

  • View
    219

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11

Die KOSMOS

Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017

Presidente 2017Presidente 2017Presidente 2017Presidente 2017

Page 2: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 2 VAN 11

OORDENKING “Soek allereers die koninkryk – Leer by Henry

Cloud”

MATTHÉÜS 6:33-34 AFR53

33Maar soek eers die koninkryk van God en sy

geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg

word.

34Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom

oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie

kwaad.

Dr Henry Cloud is ’n wêreldbekende sielkundige, skrywer en spreker by topklas leierskapkonferensies oor die hele wêreld heen. Hy is die medeskrywer van die BOUNDARIES-reeks boeke waarvan miljoene eksemplare oor die hele wêreld heen verkoop is. Henry was op universiteit toe een van sy verhoudings met ’n meisie nie uitgewerk het nie. Terselfdertyd is ’n ander droom van hom verpletter. Hy het baie depressief gevoel en was “at the end of his rope”, soos hy dit self beskryf. Hy was glad nie godsdienstig toe hy hierdie vreeslike gaping tussen sy drome en die realiteit ervaar het nie. Op sy boekrak het ’n Bybel gestaan en hy het dit opgetel. Hy het dit oopgemaak by die vers wat sê jy moet die koninkryk van God eerste soek, dan sal Hy vir jou al die ander dinge gee. Verder het die gedeelte gesê dat jy jou nie oor môre moet bekommer nie. Hy het vir hom die saak uitgemaak dat God hier ’n lewe belowe wat werk omdat God dit laat uitwerk. Wie wil dit nie hê nie? Hy het tot God gebid en vir God gevra om hom te vind. Van daardie dag het Henry die Bybel as sy basis gebruik om mense te help. Hy noem die Bybel die vernaamste behandeling vir depressie, angs en verslawing. Enige suksesvolle kliniese proses of praktyk kan jy teruglei na die Bybel. Dis vir Henry belangrik dat elke mens moet weet dat God ’n werklikheid is – ’n realiteit en Hy het jou baie lief. Jy kan jou lewe maar aan Hom toevertrou. GEBED: Here, dankie dat ek in u arms kan spring. Dankie dat U my toekoms in u hand hou en dat ek my nie hoef te bekommer nie. Hierdie oordenking is geneem uit #KIESDIELEWE deur Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.

INHOUDSOPGAWE

Voorbladnuus...............................1

Oordenking……….…............…....2

Redaksie………..……………........3

Van die Voorsitter………..….........3

Voogdelys…………….….…..........4

Verjaarsdae…………….................5

Huweliksherdenkings…................5

In die Kombuis…...……...…..........5

Lief en Leed..................................6

Voorraad.......................................6

Algemene Jaar Vergadering……..7

Saamtreknuus: Gebiedskamp…...8

Saamtreknuus: Presidente…........9

Saamtreknuus:De Voetpadkloof 10

Jaarprogram………..……….........11

Page 3: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 3 VAN 11

i

‘n PAAR WOORDE VAN ANDRé

Dagsê Geagte Vriende

Nog ‘n SAWA jaar wat aan ‘n einde kom. Ons AJV vir 2017 was n sukses maar ons moes

weereens die vergadering in Secunda hou om n kworum te verseker. Volgende jaar sal ons

hard werk om te verseker dat die AJV weer op n kamp kan geskied.

Met ons streek het dit goed gegaan deur die jaar. Ek hoop en vertrou dat volgende jaar vir

ons ‘n jaar gaan wees waarin ons kan groei en weer lekker kan saamkuier by die

saamtrekke.

Baie geluk en sterkte aan die nuwe bestuur vir 2018 hoop en vertrou dat almal n bydrae

kan maak en geniet om saam met SAWA vriende te werk en kamp.

On beplanning vir 2018 is nog nie gefinaliseerd op die stadium maar hoop om binnekoert

die jar program aan julle te stuur. Ons beplan om ons eie kampterrien hier in Secunda te

besoek hierde jaar en dan ook so help met die opbouing van die kampplek. Huidiglik werk

hulle nog hard om die kamp;ek gereed te kry vir hulle eerste besoekers in September.

Hoop lulle geniet die nuusbrief want dit is Kobus Roets se eerste uitgawe as die nuwe

redakteur, ek wil dan ook vir hom sterkte toewens en vra dat ons almal hom sal

ondersteun.

“Mag barmhartigheid en vrede en die liefde vir julle vermenigvuldig word”

Sien Julle by die volgende kamp

Groete, Andre Erasmus

REDAKSIE

Goeie dag mede kampers

Hierdie is my eerste probeer slag met die Kosmos. Marianne het n pragtige nuusbrief saam

gestel en n hoe standaard daar gestel. Dit gaan moeilik wees om daarby kers vas te hou. Ek

is net dankbaar dat sy in gestem het om te help met die eerste paar uitgawes.

Ons wil vir Marianne bedank vir die jare wat sy die Oosvalers op hoogte gehou het met al

die nuus in en om ons woonwaens en tentwonings.

Op die laaste bestuurs vergadering is daar ingestem dat die Kosmos een keer per kwartaal

sal uitgaan na al die lede. Ek het uitgemis met die eerste twee kwartale, maar hier is dan die

eerste vir hierdie jaar.

Kobus RoetsKobus RoetsKobus RoetsKobus Roets

Page 4: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 4 VAN 11

VOOGDELYS

André en Marianne Erasmus (Tel André 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr. 25, Secunda

Kobus en Annatjie Bester (Tel Kobus 082 651 2281) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Wag ‘n Bietjiestr. 9

Kobus en Hannatjie Roets (Tel Kobus 083 2300 551) e-pos Adres: [email protected] Straatadres: Rooiwalstr. 12, Secunda

David en Rea van As (Tel David 071 867 0129) e-pos Adres:

[email protected]; Straatadres: Waterbergst. 9, Secunda

Lance en Retha Batts (Tel Retha 082 873 6016) e-pos Adres:

[email protected]; Straatadres: Bostonstr. 3, Secunda

Lance & Retha Batts, Francois & Mariane Ueckermann,

Brad & Astrid Blake, Chris & Thiana Bornman

Johan & Magda van Dyk, Ronnie & Magda Moorcroft,

Theo & Elize Saayman, , Edwin & René Sieberhagen

Alta & Martiens Grobler, Frans & Ohna Steyn, Paul &

Anriëtte van Schalkwyk, Neil & Henriëtte van Wyk,

Hennie en Monica Oosthuizen, Andre en Annemarie

Fourie, Div de Villiers, Danie & Annalie Meyer

Page 5: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 5 VAN 11

A

HERDENKINGSHERDENKINGSHERDENKINGSHERDENKINGS

IN DIE KOMBUIS Lekker Hoender slaai

Jy benodig 1-2 heel hoenders Pakkie gesnipperde spek Blikkie ertjies 1k skulp noodles 1 en ʼn halwe koppie mayonnaise 4 el sweet chilli sous 1 ui Sout en peper Metode: Kook hoender tot sag. Ontbeen en braai bietjie bruin saam spek. Maak noodles gaar. Meng alles in bak. Meng mayonnaise en sweet chilli sous Gooi sous oor hoender mengsel Gooi sout en peper oor Sit in yskas tot ete. Baie lekker

Huweliks Herdenking

25 Okt – Niel & Henriette van Wyk

27 Okt – Kobus & Hannatjie Roets

5 Nov – Danie & Annalie Meyer

19 Nov – Andre & Marianne Erasmus

1 Des – Theo & Elize Saayman

2 Des – Johan & Magda van Dyk

18 Des – Frans & Ohna Steyn

Verjaar September

11 – Kobus Bester 11 – Monica Oosthuizen 13 – Anriette van Schalkwyk 21 – Andre Erasmus 24 – Elize Saayman

Oktober

3 – Annemarie Fourie 25 – Paul van Schalkwyk 26 - Div de Villiers 27 – Hannatjie Roets

Page 6: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 6 VAN 11

Ons neem met LEED kennis van:

� Ohna Steyn was in hospitaal en het ʼn hart operasie

ondergaan. Oosvaal wens haar alle sterkte toe met hierdie

groot operasie. Ons bid vir haar spoedige genesing en

herstel toe.

� Chris Bornman was ook in hospitaal met ʼn knie operasie. Alle

beterskap word hom ook toe gebid.

� Ons dink ook aan Vinkie in ons gebede. Ons bid ook vir haar

krag en sterkte toe en genesing uit Vader se hand.

� Peet Venter het ook ʼn draai in hospitaal gemaak. Ons glo en

vertrou dat dit ook weer baie goed gaan met hom.

Met liefde en dankbaarheid:

� Kan ons nie verkondig van kinders en/of kleinkinders wat by

die SAWA familie toegevoeg is nie.

� Kobus Roets het in die landloop seisoen goed presteer en

het Mpumalanga verteenwoordig by die SA kampioenskappe

in Potchefstroom.

Te koop:

� Ria van As het baie lekker Eiervrug Blatjang te koop.

� 750ml HOT @ R65.00

� 750ml MILD @ R60.00

o Vir bestellings kontak Ria by 071 867 0129

VOORRAAD

Voorraadbeampte: Andre Erasmus

Sweetpakke Boshoed

Sirkel & Snorre Windjakker

Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde

Oosvaalpette

Alle verkope Alle verkope Alle verkope Alle verkope –––– Kontant met bestellingKontant met bestellingKontant met bestellingKontant met bestelling

Page 7: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 7 VAN 11

Hier word vergader

Bestuur vir 2017

Retha Batts (addisionele lid), David van As (penningmeester) , Marianne Ersamus

(sekretaresse), Andre Erasmus (voorsitter), Kobus Bester (ondervoorsitter) en Kobus

Roets -afwesig (addisionele lid).

Uitredende bestuurslede Annemarie Fourie, Hennie Oosthuizen en Jacques Fourie. Baie

dankie vir julle diens op die Oosvaal bestuur tot en met 2017.

ALGEMENE JAAVERGADERING 2017

Gehou op Vrydag 11 Augustus 2017

Andre Erasmus – Oosvaler van die jaar.

Andre en Marianne Erasmus – toekenning vir meeste streek kampe.

Baie geluk aan Lance en Andre met Streek

Ere Hoërgraad toekenning.

Geluk aan Erasmus, Batts en Bester paar. Hulle is nou lid van 100+ klub.

Page 8: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 8 VAN 11

SAAMTREK NUUS

Gebieds kamp Badplaas

Daar gebeur dit toe uiteindelik. Vrydag 24 Maart trek

Luiperds (9), Olifante (5), Suid-Oos (3), Oosvaal (5),

Panorama (3), Dagbestuur (1) – gaste ingesluit weer laer

by ’n lekker nat en koue Badplaas. Hierdie keer het Rudie

en Ilze Kleynhans van dagbestuur ook saamgekamp. Wat ’n

voorreg was dit nie om weer saam met vriende en familie

te kuier nie. Glo dit as julle wil, maar ons het ’n hele paar

(5 pare) seniorburgers ook gehad wat kom saamkamp het.

Die Luiperds het opgetree as kamp- kommandante en teen

20:30 was al die mense op die lys reeds ingeburger.

Die Luiperds het sommer van die Wildtuin af Badplaas toe

gekom om die kamp by te woon. Om 19:00 is daar weer

soos gewoonlik boeke gevat en Steyn Fourie van Suid-Oos

het voorgegaan. Na boekevat het ons lekker gekuier en

gesmul het aan vetkoek en “mince” wat deur die

kampkommandante voorberei is.

Saterdagoggend 05:30 was Francois en ’n paar van die

seniorburgers uit die vere vir ’n vroeë oggend swem. Om

07:45 het Lance Batts (Gebiedsvoorsitter) vir ons die dag

begin deur boeke te vat waarna daar sommer by Lance se

woonwa vergadering gehou is. Na die vergadering is daar

lekker gesamentlike straatontbyt gemaak voordat elkeen

sy eie ding in en om die swembaddens gedoen het. Om

17:00 is daar weer bymekaar gekom vir ‘n gesamentlike

braai. Ongeag die reën het ons almal weer baie lekker

saamgekuier!!!!

Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

die oord lekker vol gesit. Die gasprediker, Ds Johan Taute

vanaf Pretoria het ook ’n treffende boodskap gebring deur

die storie van die gelykenis van die verlore seun aan ons te

vertel. Na kerk is daar gou afsluiting gehou. Die Luiperds se

Welpies was weer eens opgewonde om hulle plaatjies en

vlakvarkies te kon ontvang wat toe nogal deur Peet

uitgedeel is.

Tydens die afsluiting is David & Rea van As dan ook

gelukgewens met die viering van hul 41ste

huweliksherdenking.

Aan almal wat saamgekamp het sê ons baie dankie vir

julle betrokkenheid en samesyn. Volgende

gebiedsaamtrek word beplan vir Maart 2018. Suid-Oos sal

dan optree as kampkommandante.

Aan die volgende saamtrek gepraat: ons hou eersdaags

weer Presidente by Klipdraai in Meyerton van die 14de tot

17de April. jul kan reeds ook van Dinsdag die 11de April

saam die seniorburgers kom kamp. Daar word ’n groot

opkoms verwag en dit beloof om weer eens groot pret te

wees. Hoop om julle almal daar te sien.

Gebiedsgroete

Lance Batts & Francois Storm

Page 9: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 9 VAN 11

SAAMTREK NUUS

Presidente

Klipdraai

Dinsdag 11 April 2017 ariveer ons te Klipdraai vir die

jaarlikse SAWA president saamtrek. Ons kamp eers

saam met die seniorburgers tot Donderdag wanneer

die res aansluit om te kom kamp.

Donderdag 13 April 2017 begin Klidraai van vroeg

weer vol word soos die waens inkom. Streek Goudrif

spring behoorlik rond om almal op hul afgemerkte

staanplekke te maak staan. Teen Vrydag was daar n

volle 215 waens in die oord.

Donderdag aand tree Peet en sy span (Luiperds) aan

en word daar ernstig hamburger patties gebraai en

kon die Sawanante begin hamburgers bou

Vrydag oggend na die amptelike opening en kerk diens

van die Presidente sit streek Oosvaal vir ons heerlike

koffie, tee en koek voor. Die res van Vrydag was maar

kuier kuier en lui lui gespandeer.

Saterdag oggend vroeg was daar reeds n geskarrel in

die tent soos die stalletjies uitgepak word vir die

kermis en dit gons soos die Sawanate oor en weer

kuier ook. Gebied Oos Transvaal het die jaar die Kerrie

en rys behartig en omrede streek. Om 8:30 het die

kermis en verkope begin. Dit was behoorlik n miernes

in die tent en al die stalletjie het baie goed gedoen.

Oosvaal het koffie en tee verkoop, Suid-Oos het

prego-rolle verkoop.

Hier wil ek vir Peet en sy span baie dankie sê vir jul

hulp met die aankoop en voorbereiding en die

verkope van die kerrie en rys. Ek sien reeds weer uit

na volgende jaar dat ons dit weer saam kan doen.

Dankie ook aan Retha, Kobus en Annetjie Bester van

Saterdag middag kon almal lekker rus en ontspan na

die bedrywige oggend. Sondag was almal maar net

rustig en het lekker rond gekuier na die oggend se

erediens.

Maandag oggend na afsluiting is daar begin om kamp

op te slaan en is die pad huis toe gevat. Ons sien beslis

uit na Presidente 2018 en hoop om meer waens uit

Gebied oos Transvaal daar te he.

Lance Batts

Gebieds Voorsitter

Page 10: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 10 VAN 11

SAAMTREK NUUS

De Voetpadkloof

Wat ‘n heerlike naweek het ons gehad by DeVoetpad

Kloof die naweek van 26-28 Mei 2017. Altesaam was

ons agt woonwaens, vier van Oosvaal en vier van

streek Olifantsrivier wat saam met ons kom kamp het.

Die pad soontoe is al amper klaar tot by die hek van die

oord, die ouens werk nog kliphard aan die pad

vorentoe oor die pas na Loskopdam maar gelukkig

draai ons af en vang net die eerste kilometer of so van

die Stop en Go.

Die kampplek is propvol met al die woonwa

staanplekke, ons groepie staan almal in ‘n ry. Die weer

speel ook mooi saam en dit is ‘n heerlike warm naweek

vir Mei maand. Die oord se nuwe onderdak warmwater

swembad is ook voltooi en almal geniet die heerlike

warm water.

Vrydagaand geniet ons sop en broodjies wat deur

Marianne voorberei is en van ons kry darem ‘n tweede

kans om sop te skep. Daarna kuier ons lekker om die

kampvuur.

Johan en Magda van Dyk kom kamp ook saam vir ʼn

slag. Johan kry kar moeilikheid Vrydag oppad na die

oord en moes inderhaas Saterdag Witbank toe om dit

uit te sorteer. Geluk nie te ernstig nie net ‘n

smeltdraad en als is weer reg. David & Rea kom ook

vroeg Vrydag oord toe maar moes terug Secunda toe

die middag vir ‘n verjaarsdag en kom eers laat die

Vrydag aand weer terug.

Saterdag bespreek ons ‘n wildrit of kan ek maar se ‘n

“wilde rit” die trokkie se suspensie voel maar bietjie

pap en ons sit hom maar vol met 9 mense. Vier van

Oosvaal en drie tannies van die volkspele gulde, op ‘n

voertuig wat oorspronklik ontwerp is net vir 5. Maar

dit was ‘n heerlike middag en ons sien heelwat wild.

Sondag skop ons af met kerk en daarna gaan eet ons ‘n

heerlike ontbyt by die oord se restaurant. Baie dankie

aan almal wat die naweek saam kom kamp het en dit

so spesiaal gemaak het. Dankie aan Jan, Johan, Fred

en Pine van Olifante en hulle families wat saam met

ons kom kamp het. Ook aan Johan & Magda, Kobus &

Annetjie en David & Rea van Oosvaal vir ‘n heerlike

naweek.

Sawa Groete

Andre & Marianne Erasmus

Page 11: Die KOSMOS - sawa.org.za · DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 11 Die KOSMOS Jaargang 39 Uitgawe 1 September 2017 Presidente 2017 . ... Sondag oggend 09:00 het die Sawanante weer die kerk op

DIE KOSMOS BLADSY 11 VAN 11

KONTAK ONS

SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/ SAWA eposadres - [email protected]

Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assossiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word

deur die Redakteur verantwoord.

OOSVAAL BANK

BESONDERHEDE

Penningmeester: David van As Bank : Standard Bank, Secunda Rekeningnommer: 137501072 Takkode 053444

Nuusblad van Streek Oosvaal van die Suid-Afrikaanse

Woonwa-Assossiasie

Redakteur en bladuitleg:

Kobus Roets,

12 Rooiwal straat, Secunda 2302

Sel: 083 230 0551

Epos: [email protected]

Oosvaal 2017/2018 Jaarprogram Datum Plek Tarief

22-25 Sep 2017 Kamp Oase – Lake Umuzi R200/staanplek/dag

13-15 Okt 2017 Kongres

27-29 Okt 2017 Badplaas R355/staanplek/dag vir 4 persone

24-26 Nov 2017 Kerskamp – Bloekompoort

26-28 Jan 2018 Kamp Oase – Lake Umuzi

23-25 Apr 2018 De Voetpadkloof – Middelburg

27 Apr – 1 Mei 2018 Dirks Place – Witbank

26-28 Mei 2018 Badplaas

31 Aug-2 Sep 2018 AJV – Kamp Oasis – Lake Umuzi

26-28 Okt 2018 Henbase - Morgenzon

NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar is