6
Vroueflitse – Herfs 2018 uitgawe 1 Vroueflitse Herfs 2018 uitgawe Dankie Here, vir stilhouplekke langs die pad, vir genade oomblikke op ons lewensreis, en vir U liefde wat nooit ophou nie. Medewerkers Vroueflitse Herfs 2018 uitgawe: Redakteur en bladuitleg: Mari-lizé Beukes Subredakteurs: Ds Johan Bezuidenhout - Predikantspare: “Dít het ervaring ons geleer……..” Mari-lizé Beukes Inkleurterapie Teksversorging: Karin Steenekamp Mari-lizé Beukes Webblad: www.nhsv.org.za – sien Vroueflitse skakel. Teken in op Vroueflitse en stuur ‘n epos aan Rozelda Nel - [email protected] Tel 012 325 0117 kantoor

Vroueflitse - nhsv.org.za · Al hierdie dinge is goed en wel ... predikantspaar te maak en te ervaar en dit is die laaste paar punte: n Persoonlike lewende verhouding met God. Leef

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Vro

uef

litse

– H

erfs

201

8 u

itga

we

1

Vroueflitse Herfs 2018 uitgawe

Dankie Here, vir stilhouplekke langs die pad,

vir genade oomblikke op ons lewensreis,

en vir U liefde wat nooit ophou nie.

Medewerkers Vroueflitse

Herfs 2018 uitgawe:

Redakteur en bladuitleg:

Mari-lizé Beukes

Subredakteurs:

Ds Johan Bezuidenhout

- Predikantspare: “Dít het

ervaring ons geleer……..”

Mari-lizé Beukes

Inkleurterapie

Teksversorging:

Karin Steenekamp

Mari-lizé Beukes

Webblad:

www.nhsv.org.za – sien

Vroueflitse skakel.

Teken in op Vroueflitse en

stuur ‘n epos aan Rozelda

Nel - [email protected]

Tel 012 325 0117 kantoor

Vro

uef

litse

– H

erfs

201

8 u

itga

we

2

Predikantspare: “Dít het ervaring ons geleer…….”

Ds Johan Bezuidenhout – Welstandskomitee M.Th. Pastorale Terapie

Kom ons kyk na ’n ingesteldheid en vele persoonlikheidseienskappe wat predikante en hul vrouens meen moontlik kan bydra tot ‘n gemakliker aanvaarding, inskakeling en uitlewing van die rol en lewensstyl as predikantspaar:

‘n Gesonde selfbeeld. Aanvaarding van jouself met jou sterkpunte en swakhede. Konsentreer op sterkpunte en skaaf en ontwikkel dit wat swakker is.

Eerlikheid. Met jouself en oor jouself. Weet en aanvaar wat jou gawes, talente en swakhede is.

Individualiteit. God maak nét meesterstukke. Onthou dat jy enig en uniek is. Wees getrou aan wie en wat jy is. Wees eerder ’n eerstehandse “ekself” as ’n derderangse weergawe van iemand anders. Daar word nie van jou verwag om jou individualiteit prys te gee nie.

Vertroulikheid. Tussen man en vrou. Ten opsigte van wie sy die pastorie se studeerkamer sien inkom en uitgaan, telefoongesprekke wat sy hoor, sake wat haar man by haar klankbord en deel, wat lidmate met haar deel.

Respek vir dit wat haar man as konfidensieël vir homself hou. Aanvaar en maak vrede met die werklikheid dat hy nie alles wat in die gemeente gebeur met jou gaan en kan deel nie en dat jy soms in sekere situasies soos ‘n “buitestaander” gaan voel, al is jy positief, entoesiasties, meelewend en betrokke en sy beste vriend en vertroueling.

Opregte vriendelikheid. Op ‘n natuurlike en spontane manier.

Netheid. Op haarself as persoon, hul huishouding, tuin en gesin.

Sy word beskou as ‘n verteenwoordiger van die gemeente. Weet dat lidmate na jou opkyk.

Akkommodering van persoonlikhede, belangstellings en standpunte. Dit sonder om haarself prys te gee nét ter wille van ander of om haar idees op ander af te forseer.

Volwassenheid. Volwasse redenering, verstaan en beplanning dra altyd by om baie makliker diversiteit en enige aspek van ‘n verskil te hanteer, uit te redeneer en te benader.

Ingelig. Rakende haar onmiddellike omgewing, die milieu van die Kerk in die algemeen, nuuswaardighede en algemene sake van belang.

Begrip vir verskeidenheid, mense, agtergrond, ontwikkelingsvlakke en denkpatrone.

Aanvaarding van haarself, omstandighede, die eise wat die predikant se roeping aan hom en hul gesin stel, onveranderlikes en gegewe omstandighede.

Om nét te kan wees wie God haar gemaak het. Dit bevry haar van voorgee, onnodige selfbejammering, aanstellerigheid of die voortdurende pogings om te verander om in te pas of ander tevrede te stel.

Geduld. Met haarself, lewensmaat, kinders, lidmate, ander se gebreke en sterkpunte, omstandighede, benadering, werkswyse, voorstelle en insette en die kerklike etos en orde.

Bereidheid om by ander te leer. Die leuse handhaaf: “Ons bly elkeen ‘n leerling van die lewe.”

Vro

uef

litse

– H

erfs

201

8 u

itga

we

3

Opoffering beteken om jouself te gee, sonder om jouself tekort te doen. Die gelowige gee tot eer en verheerliking van God en in belang van Sy kerk op aarde in die gemeente, gemeenskap en kerk in die algemeen. Dit vra ‘n verantwoordelike en oordeelkundige spanmaat en ondersteuner van haar man om eerlik en empaties haar te help om te gee, saam te werk of te lei waar sy

haarself gemaklik vind en toereikend ag.

Emosionele stabiliteit. Gemaklik en egalig met haar eie emosies en nie onvoorspelbaar optree teenoor ander nie.

Empaties. Omgee sonder om emosioneel oormatig of té veel en té ver betrokke te raak.

Wil dien en nie kompeteer. Dit vra spanwerk, saamwerk en nie kompetisie met ander en hul idees nie. Dit verwyder opponering, vyandigheid en onnodige spanning.

Die nugtere ingesteldheid: “Elke mens kan iets beter as ‘n ander een doen.”

Onafhanklik kan funksioneer in die pastorie, gesin en huwelik. Dit nie as die norm in hul huwelik beskou en haar man se rol in die huis oorneem nie, maar wel indien omstandighede daarvoor vra.

Die kroon op haar man se kop hou. Dit vra om hom as leier in die gemeente te respekteer en op haar terrein dinge so te reël dat dit sal hande vat met wat hy beplan.

Met vrymoedigheid verantwoordelik kan delegeer. Besef en aanvaar dit is onmoontlik om in alles leiding te neem en alles self te doen. Dit help dus om take aan bevoegde en gewillige mense toe te deel en hul daarmee te vertrou.

Mensekennis. Aangesien die werksterrein een is waar dit gaan om die welwees van mense, sal gesonde en nugtere mensekennis van onskatbare waarde wees. Dit sal bydra om te kan onderskei wie is die praters en die doeners, leiers en volgelinge, dromers en realiste, fyngevoeliges en dikvelliges, spanspelers en voorlopers, die pronkperde en skaam muisies.

Leiding. Soms waar nodig of omstandighede dit vra, moet jy voorloop en mense inspireer, aanmoedig, laat saamloop en saamwerk.

Gemaklik met en tussen mense. Kommunikeer, kuier, saamwerk en sosiaal verkeer.

Lief wees vir mense. Liefde vir jou naaste.

Erkenning gee en waardering uitspreek teenoor mense.

Konsekwentheid handhaaf in alle omstandighede. Manier van groet, gelukwensinge, gesels en kuier.

Stel jou eie riglyne op bv sms NHSV-lede met hul verjaarsdae en besoek net bejaardes bo 80 met ‘n verjaarsdag. Dit maak dit maklik om te verduidelik wat is jou riglyn indien iemand ontevrede is of daarna vra of verwys.

Egalig. Nie onvoorspelbaar en wisselvallig in dieselfde situasies en met dieselfde persone nie.

Mensgeoriënteerd. Hou die mens altyd in ag en sien hom/haar nie net as ‘n nommer of instrument nie.

Aanpasbaar. Na gelang van omstandighede, eise en persoonlikhede.

Die hawebestuurder. Wat vir haar man ‘n veilige en rustige hawe probeer bied as hy tuiskom na sy omswerwinge en werk.

Roeping as predikant. Verstaan dat dit vir jou man ‘n lewensstyl is.

Vro

uef

litse

– H

erfs

201

8 u

itga

we

4

Onderskeidingsvermoë. Wanneer om iets minder belangriks met haar man te deel en wanneer om dit dalk later te doen agv sy werksdruk.

Hantering van familie en vriende. Niemand wat self nie ‘n predikantspaar is, verstaan die eise, verantwoordelikhede en hierdie lewenswyse nie. Dit is enig en uniek. Daarom is dit belangrik om met familie en vriende te gesels oor hoekom ’n mens nie altyd by alle byeenkomste, troues, begrafnisse, geleenthede en normale familiesake teenwoordig kan wees nie. Dit is nie ’n verwerping of gebrek aan belangstelling in hulle nie. Nee, dit is agv werksomstandighede en ’n gemeenteprogram. Dit is egter belangrik om alles moontlik te probeer doen en met die kerkraad te kommunikeer om sekere mylpaalgeleenthede wel te kan bywoon.

Al hierdie dinge is goed en wel – maar! Daar is nét een manier om die beste van die geleentheid as predikantspaar te maak en te ervaar en dit is die laaste paar punte:

‘n Persoonlike lewende verhouding met God.

Leef in afhanklikheid van God ons Vader. Streef om in die voetspore van Jesus te stap en Sy voorbeeld van entoesiasme, liefde en gehoorsaamheid vir en aan God na te volg. Bid, soek en ervaar in alles die krag en leiding van die Heilige Gees.

‘n Liefde vir die kerk van die Here en die volle besef en verstaan van die roeping van die kerk.

Beleef vreugde en sien die voorreg om in diens van die Here te leef en te werk.

(Hierdie is die tweede artikel in ‘n reeks van vyf waar gefokus word op ondersteuning aan die predikantsvrou - geskryf deur ds Johan Bezuidenhout, lid van die Nederduitsch Hervormde Kerk se Welstandskomitee.) _____________________________

Vro

uef

litse

– H

erfs

201

8 u

itga

we

5

Inkleurterapie Mari-lizé Beukes

“Die doel van die lewe is om jouself te ontdek!” - Carl Jung Herontdek jou kreatiwiteit met die wonderlike wêreld van inkleurpotlode, penne, kryte en verf op papier! Inkleur is die nuwe meditasie en navorsing oor baie jare heen het bewys dat enige vorm van kreatiwiteit terapeutiese waarde inhou. Inkleurboeke vir volwassenes is die afgelope paar jare wêreldwyd gepubliseer, verkoop selfs beter as resepteboeke en boekwinkels kan net nie voorbly met genoeg voorraad nie! Die verskeidenheid van inkleurboeke beskikbaar, spreek vanself en dikwels staan ons met meer as een inkleurboek by die betaalpunt! Wanneer jy met “inkleur-entoesiaste” gesels, is daar ‘n paar redes waarom inkleur onder volwassennes so ‘n wegholsukses geword het:

Bekostigbaar – jy spandeer net geld aan ‘n inkleurboek en ‘n stel inkleurpotlode, penne, ens.

Maklik – die inkleurprente is klaar geteken en jy hoef net die inkleurwerk te doen.

Nie tydrowend nie – jy kan inkleur vir 2, 5 of 10 minute en dit afhandel of later verder inkleur.

Neem nie baie plek in beslag nie - dit is maklik om op te ruim en weg te pak. Vir baie mense is inkleur ‘n heerlike tydverdryf en jeuk jou vingers om inkleurpotlode nader te trek wanneer jy deur die inkleurboeke se vrolike prente blaai. Terwyl jy inkleur, skep die inkleuraksie sekere emosies by jou, soos bv:

Inkleur help jou om op die inkleurprent te fokus waarmee jy besig is en terselfdertyd om jou kop helder en skoon te kry met iets wat jou dalk pla – dit skep maw tyd vir dink.

Met inkleur skep jy tyd vir jouself “me-time” waarin jy jouself ‘n bietjie bederf met iets wat jy graag wil doen.

Deur in te kleur, herleef jy weer jou kinderdae en die genot van inkleur as ‘n kind. Alzheimer- en demensie pasiënte sowel as gestremde persone vind ook baat by inkleur, want hulle kan die eindresultaat van hulle inkleurprojek sien. Dit help om die brein te stimuleer, hand-oog koördinasie aan te help asook om die geheue te verbeter. Dit bied ook uitkoms aan mense wat huisgebonde is agv siektes of ouderdom. Die ontspannende effek van inkleur kan ook lei tot bloeddruk wat verlaag, asemhaling wat rustiger word en beter slaappatrone. Probeer om vir ‘n halfuur voor slaaptyd in te kleur en bêre liewer die selfoon of tablet! Mandalas, die San-skritwoord vir sirkels, met hulle simmetriese en herhalende patrone is baie gewild onder volwassenes. Die Switserse psigiater Carl Jung het bevind dat sy pasiënte, met die inkleur van mandalas, meer kon ontspan en dat hulle spanningsvlakke gedaal het. Ontspan gerus met ‘n inkleurboek van jou keuse en geniet die kleurvolle wêreld wat jy op papier kan skep! Mag die inkleurgogga jou ook beetkry!

Vro

uef

litse

– H

erfs

201

8 u

itga

we

6

Boekmerke Mandala