8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier Year 4 • Tuesday 23 September 2014 | Tel. 028 214 1294 Die polisie word met klippe bestook in verlede week se protesaksie in Grabouw. FOTO: DAVID MORRIS Vrede broos ná Grabouw-onrus ANNETTE THERON EN JANINE VAN DER RIET Ná verlede week se onluste van vroeg Maandagoggend tot laat Woensdagaand in Grabouw, het die stof vir eers gaan lê, hoewel die atmosfeer gister by tye plofbaar was tydens ’n media-inligtingses- sie. Bongkinkosi Madikizela, die Wes- Kaapse minister van menslike ne- dersettings, Chris Punt, uitvoerende burgemeester van Theewaterskloof- munisipaliteit, Stan Wallace, muni- sipale bestuurder, Maurencia Gilli- on, lid van die Wes-Kaapse parle- ment, en John Michels, voorsitter van die Grabouw Civics Organisati- on (GCO), het die vergadering byge- woon om terugvoering aan inwoners te gee en vrae van die media te beant- woord. Sowat 1 000 betogers het Maandag- oggend die N2 by Grabouw met brandende bande, klippe en takke versper en ook moto- riste met klippe bestook. Die rede vir die betoging, volgens ’n memorandum wat deur Michels aan Punt oor- handig is, is inwoners wat om- gekrap is oor te min behui- sing, duur elektrisiteit en swak geboude paaie. Die pad tussen Grabouw en die Elgin-vallei was tussen Maandag en Woensdag aan en af vir verkeer gesluit. Punt het gesê by Vrydag se vergadering tussen die boge- noemde rolspelers, asook die Grabouw-taxivereniging, is besluit dat die munisipale bestuur- der so gou moontlik ’n vergadering van alle moontlike plaaslike rolspe- lers byeen moet roep om ’n forum op die been te bring waardeur enige kwelpunte in die gemeenskap geka- naliseer moet word. Die forum moet dien as ’n meganis- me waardeur enige inwoner enige saak kan beredder met ’n ander par- ty. Ontevredenheid met dienslewe- ring moet ook deur die forum han- teer word, in ’n poging om toe- komstige geweld af te weer. Verlede week se geweld het veroorsaak dat motoriste, vrag- motors en busse die R44-roete tussen Kleinmond en Gordons- baai moes gebruik. Ander pen- delaars het die Caledon- of Franschhoek-afritte gebruik. Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, het verlede Dinsdag kriminele klagtes gelê teen die organiseer- ders van die betoging. Sy sê leer- ders van vyf verskillende skole in die gebied kon vir drie dae lank nie skool bywoon nie. An- der inwoners moes ten duurste ompaaie gebruik om hul kin- ders skool toe te neem. Aflewerings in en om Grabouw kon by tye nie gedoen word nie. Die meeste besighede in die omgewing, insluitend die poskantoor, was ge- sluit. Selfs brandweerdienste is toegang tot Grabouw geweier ná betogers vel- de aan die brand gesteek het. Houw Hoek Inn, op die N2 tussen Grabouw en Botrivier, is ook ernstig geraak deur die stakings. Sekere inwoners sê die geweld was vir hulle traumaties. David Morris, ’n fotograaf wat se- dert die onluste uitgebreek het op die toneel was, het gesê selfs die media is met klippe bestook en was in die spervuur. Volgens luitenant Raldeen Atson van die Grabouw-polisie, is 21 mense in hegtenis geneem wat winkels be- roof en eiendom beskadig het op aan- klag van huisbraak en openbare ge- weld. Volgens Atson is almal steeds in aanhouding en verskyn hulle van- dag in die Grabouw-hof. * Lees meer oor die inhoud van die memorandum en die ooreenkoms by www.bolandgazette.co.za. Van links by gister se inligtingsessie is Stan Wallace, muni- sipale bestuurder, Chris Punt, Theewaterskloof-burge- meester, minister Bongkinkosi Madikizela, Maurencia Gil- lion en John Michels. FOTO: ANNETTE THERON

Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Citation preview

Page 1: Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 4 • Tuesday 23 September 2014 | Tel. 028 214 1294

Die polisie word met klippe bestook in verlede week se protesaksie in Grabouw. FOTO: DAVID MORRIS

Vrede broos ná Grabouw­onrusANNETTE THERONEN JANINE VAN DER RIET

Ná verlede week se onluste vanvroeg Maandagoggend tot laatWoensdagaand in Grabouw, hetdiestofvireersgaanlê,hoeweldieatmosfeer gister by tye plofbaarwas tydens ’n media-inligtingses-sie.

Bongkinkosi Madikizela, die Wes-Kaapse minister van menslike ne-dersettings, Chris Punt, uitvoerendeburgemeester van Theewaterskloof-munisipaliteit, Stan Wallace, muni-sipale bestuurder, Maurencia Gilli-on, lid van die Wes-Kaapse parle-ment, en John Michels, voorsittervan die Grabouw Civics Organisati-on (GCO), het die vergadering byge-woonomterugvoeringaan inwonerste gee envrae vandiemedia te beant-woord.Sowat 1 000 betogers hetMaandag-

oggend die N2 by Grabouwmet brandende bande, klippeen takkeversper enookmoto-riste met klippe bestook.Die rede vir die betoging,

volgens ’n memorandum watdeur Michels aan Punt oor-handigis, is inwonerswatom-gekrap is oor te min behui-sing, duur elektrisiteit enswak geboude paaie.Die pad tussen Grabouw en

die Elgin-vallei was tussenMaandagenWoensdagaanenaf vir verkeer gesluit.Punt het gesê by Vrydag se

vergadering tussen die boge-noemde rolspelers, asook dieGrabouw-taxivereniging, isbesluit dat die munisipale bestuur-der so gou moontlik ’n vergaderingvan alle moontlike plaaslike rolspe-lers byeenmoet roep om ’n forum opdie been te bring waardeur enigekwelpunte in die gemeenskap geka-

naliseer moet word.Die forummoetdienas ’nmeganis-

me waardeur enige inwoner enigesaak kan beredder met ’n ander par-ty. Ontevredenheid met dienslewe-ring moet ook deur die forum han-

teer word, in ’n poging om toe-komstige geweld af te weer.Verlede week se geweld het

veroorsaak datmotoriste, vrag-motors en busse die R44-roetetussen Kleinmond en Gordons-baai moes gebruik. Ander pen-delaars het die Caledon- ofFranschhoek-afritte gebruik.DieWes-Kaapseminister van

onderwys, Debbie Schäfer, hetverlede Dinsdag krimineleklagtesgelê teendieorganiseer-dersvandiebetoging.Sysê leer-ders van vyf verskillende skolein die gebied kon vir drie daelank nie skool bywoon nie. An-der inwoners moes ten duursteompaaie gebruik om hul kin-

ders skool toe te neem.Aflewerings in en om Grabouw

kon by tye nie gedoen word nie. Diemeeste besighede in die omgewing,insluitend die poskantoor, was ge-sluit.

Selfs brandweerdienste is toegangtotGrabouwgeweiernábetogersvel-de aan die brand gesteek het.Houw Hoek Inn, op die N2 tussen

GrabouwenBotrivier, is ook ernstiggeraak deur die stakings.Sekere inwoners sêdie geweldwas

vir hulle traumaties.David Morris, ’n fotograaf wat se-

dert dieonlusteuitgebreekhet opdietoneel was, het gesê selfs die mediais met klippe bestook en was in diespervuur.Volgens luitenant Raldeen Atson

vandieGrabouw-polisie, is 21mensein hegtenis geneem wat winkels be-roof en eiendombeskadighet op aan-klag van huisbraak en openbare ge-weld.Volgens Atson is almal steeds in

aanhouding en verskyn hulle van-dag in die Grabouw-hof.* Lees meer oor die inhoud van die

memorandum en die ooreenkoms bywww.bolandgazette.co.za.

Van links by gister se inligtingsessie is StanWallace,muni-sipale bestuurder, Chris Punt, Theewaterskloof-burge-meester, minister Bongkinkosi Madikizela, Maurencia Gil-lion en John Michels. FOTO: ANNETTE THERON

Page 2: Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 23 September 20142

23 September) ACVV Caledon Protea-dienssentrum bied ’ninligtingsoggend oor Alzheimer se siekte aanmet Yvonne Janse van Rensburg as spreker.

24 September) 200 jaar van Onderwys-feesviering (Erfenis-dag). Feesprogram op webwerf.

) Overberg Skole-sagtebal bekendstellings-toernooi. Almal welkom. Navrae Margi Hill072 623 5558 / Kobus Mike 028 214 7368 / J. Da-vids 072 912 4716.

27 September) L.R.Schmidt Primêr Jazz-aand op die skool-terrein. (Bring eie vleisie saam). Bel: A. Jellen0 079 796 0019.

) Caledon-rugbyklub speel weg-wedstryd teenSafcol te Grabouw.

)MyddletonAnglikaanseKerkbasaarom9:00.Braaivleis, potjiekos, lekkergoedtafel, poe-ding en koektafel. Basaar-pretloop/-stap, wa-terglybaan en springkasteel.

1 Oktober) ACVV Caledon Protea-dienssentrum og-gendtee. Anneke van Loggerenberg en haar

musiekleerlinge sal ’nprogramaanbied inCa-ledon-Wes kerksaal. 0 028 212 1407.

2 Oktober) VLVOpenbare sake-vergadering om 15:00 inNG kerk Caledon-Wes. Navrae Retha Skein:0 028 212 1432.

4 Oktober) VGK Caledon-basaar om 10:00.

) Caledon-rugbyklub speel tuis-wedstryd teenStandards.

10 Oktober)Volkskerk vanAfrika 90ste bestaansjaar, fees-naweek. Youth Rally om 19:30. Navrae Lisma073 895 0088 /mnr Arendse 072 526 7504 / Ds Ro-byn 082 683 7899.

11 Oktober)Die1994-matrikulantevanAlbertMyburghSe-kondêr in Bredasdorp hou hul 20-jaar-reünie indie Albert Myburgh-skoolsaal. Vir meer inlig-ting kontak Deidré by 082 715 1298 of Francoisby 083 220 9081.

)Volkskerk van Afrika debutante-dinee om19:30 by Emil Weder Sekondêre Skool. NavraeLisma 073 895 0088 / mnr Arendse 072 526 7504 /Ds Robyn 082 683 7899.

12 Oktober)Volkskerk van Afrika feesdiens om 09:00 inVolksweg, Genadendal. Prediker: Prof. NicoKoopman, dekaan fakulteit teologie, Universi-teit Stellenbosch. Navrae Lisma 073 895 0088 /mnrArendse0725267504/DsRobyn0826837899.

) Saterdag 27 September hou die AnglikaanseKerk op Myddleton hul kerkbasaar. Dit beginom9:00. Daar sal heerlike braaivleis, potjiekos,lekkergoed,poedingen ’nkoektafelwees.Saammet die basaar is daar ’n basaarpretloop/-stapwat slegs R5 inskrywingsgeld kos. Vir die kin-ders sal daar ’n springkasteel en waterglybaanwees om heeldag te baljaar.) Die RiviersonderendKersmarkword vanaf

26 tot29November indieNGkerksaal inRivier-sonderend gehou. Alle voornemende uitstal-lers kan Christel Viljoen bel by 083 4481 735 [email protected]. Inskrywings sluit 1 Okto-ber.) On 24 September the Overberg Develop-

ment Association (ODA) in partnership withtheShipwreckMuseum,CapeAgulhasMunici-pality and Radio Overberg 98.4fm will host theCapeAgulhasTreasureTracksevent inBredas-

dorp. Based on the tv programme, the AmazingRace, it will start at De Heide Primary Schoolat 10:00 – theeventwill include15historicalpit-stops; fun activities; prizes to be won by en-trants andwill end offwith a community ‘bringand braai’ at Liefdesnessie.For more information contact Mike at

082 409 0118 and check out this link: http://www.sahistory.org.za/events/2014-cape-agul-has-treasure-tracks) Besides the top notch wines from Elim and

surrounds, visitors at this year’s hosting farm,Black Oystercatcher, can tuck into some of thebest country food available on 11 October andmellow out to the sounds of Valiant Swart.Some of Africa’s southernmost wineries, alongwith the most southerly brewery, Fraser’s Fol-ly, will showcase their remarkable quality:Black Oystercatcher, Strandveld Vineyards,The Giant Periwinkle, The Berrio, Ghost Cor-ner, JeanDaneelWines,Lomond,SijnnandDâ-bar. The entrance fee for the Elim Wine andFood Celebration is R75 per person, includinga branded wine glass. Entrance for under eigh-teens is free. Tickets are available atwww.webtickets.co.za.

Emily Siegelaar van Lang-straat in Bereaville het op 3September haar negentigsteverjaardag gevier. Sy is dieoudste inwoner in Bereavilleen haar familie en vriende istrots op hierdie mylpaal endankbaar aan God vir Sygroot genade en wil haargraag Psalm 23 toewens.Die Here is my Herder, magGod se genade en seëningenet rus op haar.

Besonderevrouevereer

Stefné van Dyk, watlank op Caledon bymusiekonderrig be-trokke was, was dienaaswenner van-jaar in die kategorievir Vrou van dieJaar by die Over-strand-munisipali-teit se toekennings-aand op 26 Augus-tus.Stefné is deesdae

gemoeid met mu-siekontwikkelingonder die jeug vanKleinmond en dieHandevat-marim-ba-orkes, wat sy opdie been gebringhet, tree dikwels open presteer in diekompetisies waar-aan hulle deelneem-DiewennerwasEnaGeldenhuys tuis-versorger van sie-kes op Gansbaai..

Stefné van Dyk (links),was die naaswennervanjaar in die kategorievir Vrou van die Jaar bydie Overstrand-munisi-paliteit se toekennings-aand. Die wenner wasEna Geldenhuys (naas-links), tuisversorger vansiekes op Gansbaai, enDinah Johnson (regs),’n afgetrede leerkragwat haar steeds toewyaan onderwys opHaws-ton, was derde. ZaanCilliers van Pikkewyn-tjies Pre-primêr op Bet-tysbaai en Corrie Ger-ber van die SiyabulelaPre-primêr op Klein-mond, was ook onderdie finaliste. By diewenners is burgemees-ter Nicolette Botha-Gu-thrie (naasregs). FOTO:FANIE KRIGE

Page 3: Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 23 September 2014 3

Burglar sentencedA man was sentenced totwo years imprisonmentthis week for burglaryand attempted theft inCaledon for crimes com-mitted in Genadendal.

According to Capt. Gus-tavTamboer, stationcom-mander for the Genaden-dal police, Quinton Isaks(28) was found guilty ontwo charges, includingburglary and attemptedtheft, on 10 September inthe Caledon Magistrate’sCourt. He was sentencedto two years imprison-

ment, suspended for fouryears with certain condi-tions.

“Burglaries have be-come a problem as repeatoffenders are back on thestreets. We further wantto warn the broader com-munity to be alert and totake responsibility fortheir property.

“The most important isto report all crime to yourlocal police station. To-gether we can make a dif-ference in our communi-ties,” said Tamboer.

Megaweek was baie gewildORA LAUBSCHER

Nog ’n suksesvolle Agri Megaweekis sopas verby en vanjaar het die die-re die harte by die ekspo gesteel.

’n Kleurvolle verwelkoming op die eerste dag van AgriMegaweek op Bredasdorp Woensdag 17 September.

FOTO’S: ORA LAUBSCHER

Ovies Ryan Carelse, Rodlin Arendse en Jo-han Coetzee geniet die kort verposing tus-sen al die aanbiedings by Agri Mega Parkop Bredasdorp Woensdag 17 September.Leerders van die tegniese en landbou-ho-erskole het die Expo besoek.

Floraland Fresh se personeel by Agri Megaweek

By Megaweek het dwerg- of miniatuur-diertjies baieaandag en ongekende belangstelling getrek.

Sarie Mommsen van Bredasdorp by die pragtigePercheron-hings Tennessee Cauvaliere.

Tiny, die dwergbulletjie, groet ’n ander megaweekgan-ger van groter statuur. Tiny het gekwalifiseer om indie Guinness Book of World records te verskyn.

Vol naweek vir polisie’n Saak van strafbare manslag word tansdeur die Caledon-polisie ondersoek.

Op Vrydag 19 September was vier Koreaan-se burgers in ’n botsing betrokke by die VanBrakel-kruising.

Volgens kapt. Gerrit Botes was die motorwaarin hulle gery het vanaf Stanford op padin die rigting van die N2. Die bestuurder vandie voertuig het na bewering versuim om testop en met ’n bakkie gebots.

Drie van die Koreaanse burgers is oorledeen een is tans in die hospitaal met ernstige be-serings.Die insittendes vandie bakkiewas ligbeseer en reeds uit die hospitaal ontslaan.)Op Sondag 21 September het daar twee

moorde indieNewFrance informelenederset-ting in Botrivier plaasgevind. In die eerstevoorval het ’n man na bewering sy vriendin

doodgesteek nadat sy by ’n vriendin oorge-slaap het. Die man het glo vermoed sy was in’n verhouding betrokke omdat sy nie die vori-ge aand huis toe gekom het nie.

Die man is op die toneel deur die polisie inhegtenis geneem.)In ’n ander voorval het ’n man ’n geleende

hamer terugbesorg aan die eienaar. Daar het’n woordewisseling tussen hulle ontstaan endie eienaar van die hamer is met ’n mes dood-gesteek.

Diemoordverdagte isnogopvryevoetnadathy van die toneel weggehardloop het voor diepolisie se aankoms. In albei gevalle word ’nsaak van moord ondersoek.)Enigiemand wat belangstel om die polisie

’n loopbaan te maak, kan nou weer aansoekdoen. Die aansoekvorms is by die SAPD inCa-ledon en Botrivier beskikbaar.

Page 4: Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 23 September 20144

Ons LeidsmanOns LeidsmanVoor Jesus opgevaar het na die hemel het Hyvir Sy dissipels gesê dat Hy hulle nie alleensal agterlaat nie, maar dat Hy die Trooster,dieHeiligeGees, sal stuur ombyhulle teweesen om hul daagliks te lei in alle waarheid.Joh.14:16-17.Vandag is ons as wedergebore Christene so

bevoorreg om die Heilige Gees in en met onste hê. Ons moet Hom dus nie ignoreer nie,maar leer ommet die Heilige Gees te kommu-nikeer. Die Bybel leer ons dat die Gees vanGod deel is van die Drie-Eenheid en dat ditjuis Hy is wat ons leer, lei, troos, waarskuen elke dag onderrig . Joh.14:26. Onsmoet dusleer om Sy stem te hoor, want as ons daagliksbewus kan wees van Sy rol in ons lewe, dansal ons minder foute maak en ons sal in ’ngoeie persoonlike verhoudingmetGod staan.Die rol van die Heilige Gees in ons lewens

is ontsettend belangrik en as ons Hom igno-reer, dan bedroef ons Hom. Hy maak ook aanons bekend die dinge van die toekoms(Joh.16:13), so as onsmooi luister na Sy stem,salHyvir onsduidelikheidgeeoor sakewaar-oor ons miskien onseker is.Dis nie altyd maklik om Sy stem te hoor

nie,maarhoemeeronsmetHomtydspandeerhoe duideliker sal ons Sy stem hoor.

PAST. GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

How benevolent are the wind turbines?How benevolent are the wind turbines?Biotherm’s technical director states his beliefthat theCaledonwind turbines, after 8months’operation, have not affected any blue cranes.He also states, with a great degree of certain-

ty, that the turbines are not a threat to the birdlife. The first statement, a vague belief, be-comesanemphaticassertion–howis this justi-fied? After all, the specialist employed by Bio-therm is reported to be uncertain as to thecause of death of two birds found on the site,and could or would not reveal their species.As this is one of the very first wind farms

in South Africa, the development of suitablemethodology used for the monitoring of birdsand bats is critical to themitigation of any sig-nificant impacts on many important species,including the blue crane. It therefore is a sur-prise that more substantial details have notbeen given to back up Biotherm’s claims and

that Cape Nature seems reluctant to get in-volved.What has been learned from any pre-con-

struction monitoring concerning the local ac-tivity levels of birdsandbats?HasCapeNaturebeen informed of any monitoring results dur-ing the site operation? Will findings and anyproposals from monitoring be made availableto the public? If so, when?How many people are on the monitoring

team, how often do they search the site, howmuch of the site, and how long for each visit?What precautions are taken where growing

cropsmay obscure any carcasses?What proce-dures are used for assessing search efficiencyand scavenging rates? Please, let us all see justhowbenevolent thesewind turbines reallyare,and how justifiable Biotherm’s enthusiasm is.

BRIAN MCMOHAN, Greyton

I see ‘my leopard’ as a special blessingI found a leopard spoor ahundredmetres be-hind my cottage recently and it pleased memore than I would care to admit. Not aunique experience at all, because I hear theautomatic cameras at Grootbos snapped aleopardmother andher cubsnot so long ago.Still, I see MY leopard as a special blessingand a sign that this natural world of oursis always more resilient and resourcefulthan we think.Here I must digress for a moment to say

something about thenameAkkedisberg, un-der which these ramblings appear. As aname and a place it’s not as grand as Maan-schijnkop or Perdeberg, both much morestriking and closer to where you are, dearreader, but I think its curiously charmingname reflects the spirit of this region.MybloodboilswhenIsee,as I too frequent-

ly do, a driver veer right over to the oppositeside of road to squash a tortoise or manglea mole snake. I now know these are deedsof ignorance done by misguided people, andI trust that they too will in time see these

defenceless creaturescrossing their road asa blessing rather thana challenge (and thatgoes for thepuffadderstoo!).When I first started

coming here some fif-teen years ago, I metthe troupe of baboonson the hillside behindme,ontopof themoun-tainI foundribbokandklipspringer and rooikat along the river. Ialso have two resident porcupine familiestwenty yards frommy cottage, but althoughthey dig up and eat my watsonias and wildgarlic all the time, I have yet to see a singleone of them.Duiker too, have found the tangle of aca-

cias belowme a safe haven andwhen I drivedown my rutted track in the morning, theyoften just politely step out of the way to letme pass without batting an eyelid.

I shouldhaveknownabout the leopardthough, because someeighteen months ago Inoticedachange in thebaboons’ behaviour.Previously theywouldswagger down to raidmy suurvye, swingfrom my gutters, ripthe green kristal-dru-iwe from my buddingvineyard and defile

my gable ends. They now only move alongthe most exposed ridges, and sit there hug-ging one another in pitiable fashion.Their warning bark has lost its menacing

edge and now when they see me coming outof the house, it sounds more cowering thancowing. Their salad days are over, ended bythe advent of my leopard, which must betracking themdayandnight.And that’showthings happen in nature.– [email protected]

ColumnColumn

Destyds was Botrivier andersERIEKA ROUX

Toehybynasestig jaargeledenaBot-rivier getrek het, het die wêreld baieanders gelyk met digte bosse oral.Hullehet geenelektrisiteit gehadnieenhetkerseen lampegebruik.Watervir huishoudelike gebruik en drink-water is uit ’n dam net bokant diespoorweg-dam geskep.So vertel oom Fred Goodwin van

Fonteinstraat in Botrivier. Hy is opStanford gebore en as dertienjarigemoes hy die skool verlaat om as ver-wer te begin werk.Hyis latermetMariaHartnickvan

Botrivier getroud en hy het as ver-wer sy brood enbotter verdien.Wan-neerwerk skaarswashet hy opplasegehelp en hy was nie bang om sakkekoring op te tel en rond te dra nie.Hy het ook gehelp wyn en brande-

wynmaak en onthou hoe hulle drui-we getrap het. “Jy moes skoon wees

en jou broekspype oprol.”By Botrivier was die werk soms ook

skaars en het hy by die spoorweëse goedereloods gewerk. Hy vertelhoe lekkerditvirBotrivierderswasom op die stasie te gaan kuier enhulle het met die stoomtrein na Ca-ledon gery.“Op die stasie lê baie van my

sweet,” vertel Goodwin, wat virHamley van die goedereloods, sta-siemeester DirkOdendal, Stasieka-fee seMalans endieposmeester, Ja-pie Roux, goed onthou.Oom Fred, wat by sy seun bly na-

dat sy vrou hom veertien jaar gele-de ontval het, was sy eie klere enkook sy eie kos. Verder werk hy indie tuin endoen allerhande loswer-kies.Hy is baie dankbaar vir die Here

dat hy goeie gesondheid geniet (hyrooknie en gebruik nie sterk dranknie), en dat hy op 27 September sytwee-en-tagtigste verjaardag salvier.

So is koring-gerwe bymekaar gemaak en op-gelaai, beduie oom Fred Goodwin.

FOTO: ERIEKA ROUX

Boland Kol-lege Caledon-kampus sepersoneel wasin ligte luim enin blou gekleevir Loslitdag opVrydag 5 Sep-tember.

Heritage Day race a community eventLocal organisations invite residentsof Bredasdorp to participate in theHeritage Day race, the 2014 CapeAgulhas Treasure Tracks.On24September, theOverbergDe-

velopment Association (ODA) inpartnershipwith the ShipwreckMu-seum, Cape Agulhas Municipality,Radio Overberg 98.4fm and UrbanSoul, will host the Cape AgulhasTreasure Tracks event.

The race is Bredasdorp’s own ver-sion of the Amazing Race. The pro-gramme starts at Albert MyburghHigh School at 10:00 and includes 13historical pit stops, cool activities,and fantastic prizes to be won andwill end off with a “bring and braai”.For information, Contact Mike on082 409 0118 orvisit http://radioover-berg.co.za/radio-overberg-kalen-der/28-treasure-tracks.

Plaaswerker van die Jaar“Ek bewe nou skoon.”

Dit was die woorde van KlausBooysen wat as die Plaaswerker vandie Jaar vir die Elgin, Grabouw, Vil-liersdorp en Vyeboomstreek aange-wys is.Klaus,vandieMonteithTrust,was

ook die streekwenner in die katego-rie vir middelbestuurders.“Ek kan eerlik sê dat die afgelope

tien jaar byMonteith Trust die bestejare van my lewe was,” het Klaus ty-dens die ontvangs van sy pryse gesê.

Izel Botha, projekbestuurder vanShine, wat die geleentheid georgani-

seer het, het Klaus as ’n fenomenalewerker, ’n wonderlike mens en ’nwaardige wenner beskryf. VolgensBotha het hulle vanjaar 116 inskry-wings vir die kompetisie ontvang.“Ek is tydensdiebeoordelingsprosestelkens stomgeslaan deur hierdiewerkers se kennis oor en passie virdie landbou. Ek kan nie wag om diepotensiaal te sien wat binne die vol-gende tien jaar in hulle ontsluit gaanword nie. Hoe die vroue in die land-boubedryf uitskiet, is ook verbly-dend om te sien.Hullewerk vir hullerespek in ’n tradisionele manswê-reld los,” het sy gesê. Tydens die ge-

leentheid is plaaswerkers ook metlangdienstoekennings vereer. PrinsSwart, ’n werker op die plaas HighNoon,het ’n toekenningvir sy44 jaardiens ontvang.“Al waaraan ek dink wanneer ek

wakker word, is my werk. Ek genietmy werk. Die jare was vir my goeden die genade van die Here dra myelke dag,” het hy gesê.

Klaus Booysen is verlede week vereer asdie Plaaswerker van die Jaar in die Elgin,Grabouw, Villiersdorp en Vyeboomstreek.

Page 5: Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 23 September 2014 5

Top­plaaswerker aangewysORA LAUBSCHER

Finaliste van oor die hele Overberg wasDinsdagaand 16 September teenwoordigtoe diewenner van dieOverberg-been vandieWes-KaapsePlaaswerkervandieJaar-kompetisie op Kleinplasie buite Bredas-dorp aangewys is.

Uit elk vandie nege kategorieëwaarinmee-geding kon word, is drie wenners aangewys.Die wenner is gekies uit die geledere van dienegedeelnemerswateerstegekomhetinhulleonderskeie afdelings.Hendrik Philander, 2014 se streekswenner,

komvandieplaasVerfheuwel indieAgulhas/

Swellendam-distrik. Hendrik het homself be-skryf as ’n gesinsman met ’n passie vir dieboerderybedryf. Hy is gebore en getoë op ’nplaas nie ver van Verfheuwel af nie, waar hyal vir die afgelope 17 jaar werksaam is.Geraldine Theunissen, reeds die afgelope

vyf jaar ’n trekkerdrywer by Wildekrans inBotrivier, het altyd gedroom van trekker-ry.Sy was die enigste vrou onder die 17 manlikedeelnemers.Haar sterk persoonlikheid, wilskrag en die

feit dat sy elke dag spesifieke doelwitte stel,het die beoordelaars so beïndruk, dat sy aan-gewys is as die wenner van die spesiale prysvir “die mees belowende deelnemer”.

Hendrik Philander, die Overberg Plaaswerker van die Jaar2014, en die werker met die meeste potensiaal, Geral-dine Theunissen vanWildekrans, saammet Chester Wil-liams. FOTO: ORA LAUBSCHER

Page 6: Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 23 September 20146

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

IN MEMORIAM

1015

JACOBUS ARENDSE op12 Oktober is dit jou eer-ste verjaardag weg vanons. Die gemis is grootmaar ons gun jou die rus.Van Lea, kinders en fami-lie.

BEGRAFNIS-

DIENSTE

1025

DOVES-Begrafnisdien-ste/Funeral Services.Giving comfort. Takingcare. Caledon: 18 Pleinstr;028 212 3054. 09 Argonst,Hermanus Business Park,028 313 1741. Kleinmond:27 Main Rd, 028 271 4971.Gansbaai: 61 Main Rd, 028384 3344. Bredasdorp:Overberg Sentrum shop12, 087 630 2011.

GELUKWENSINGS

1030

RAAI WIE IS EEN?Austen Ferrol Carelse,

Veels geluk! God seën. VanMammie, Mamma en Oupa

RAAI WIE WORD 21!22 SeptemberReorden Adonis

Geluk met jou 21ste ver-jaarsdag. Mag daar velemooi jare nog wees. Vanjou Ma Tallie, Jou Broers,

Oumas en Oupas.

PERSOONLIKE

DIENSTE

KINDERVERMAAK

1405

SPRINGKASTELE tehuur. Skakel Virginia 082321 4395.

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

GABBIANO RESTAU-RANT CALEDON. Confe-rence room 16-20 peoplefor birthdays/meetingsetc. Phone 028 212 3671for more information.

PADSTAL/RESTAU-RANT,DASSIESFON-TEIN: Vir etes, funksiesen vele meer! Skakel 028214 1475.

KRUIEKENNER

1435

REGSDIENSTE

1440

FINCK PROKUREURSCALEDON. Skakel gerusRonnie Finck by 073 4950998/028 212 1030 om 'nkonsultasie te reël. Onsbeskerm u belange.

TE KOOP

ELEKTRONIES

& DIGITAAL

1625

COMPUTER SPECIALS.Pentium 4's fromR1299,00. Refurbishedwith warranty. Call DolfUys 072 705 8577.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

TE HUUR

1820

KRAGGEREEDSKAP. Virdie huur van hoëdruk-spuite en kraggereedskap.Skakel Gabriël van derMerwe by Overberg Diens-sentrum 083 551 5406 alleure.

VAKANSIE

& REIS

REISAGENTE

2605

LG2 TRAVEL AGENCY.Online bus bookings. Call028 212 2740.

EIENDOMME

TE HUUR

3205

1 SLAAPKAMER woon-stel. Onmiddellik beskik-baar. Geen troeteldiere/kinders. R2850, elektrisi-teit uitgesluit. Skakel 028212 2135/ 083 286 8775/noodnommer 082 880 6127

GROEN

DIENSTE

4605

CALEDON KEYS &LOCKS. Ons sluit die wegvir u oop. Skakel 028 2121775/082 969 0975.

Page 7: Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Theewaterskloof GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 23 September 2014 7

Klein Ovies weerna SingapoerSam Wong, skoolhoof vanCanberra Primêre Skool inSingapoer, het vanaf 3 tot 12September die Wes-Kaap kombesoek.

Die Laerskole Overberg enBeaumont in Somerset-Wes hetas gashere vir hom opgetree.

Hy het die twee skole weer ge-nooi om volgende jaar aan ’n in-teraktiewe musiekkonsert inSingapoer deel te neem.

Opvoedkundige aktiwiteitegaan hierdie keer ook deel vandie ervaring wees. Tydens sy be-soek het die twee plaaslike skolese onderwysers ook ’n beplan-ningsessie vir die 2015-besoekmet hom gehad. Canberra Primê-re Skool is deel van ’n FutureSchool-onderwysprojek in Singa-

poer. Wong het ook belangrikeopvoedkundige beginsels met dietwee skole se onderwysers be-spreek.

Negentien klein Ovies is reedsgekies om die kulturele en op-voedkundige toer na Singapoermee te maak.

Op Dinsdag 9 September isWong op ’n luisterryke wyse deurdie skool ontvang. Sy boodskapaandieleerderswasomaltydhul-le beste te doen en tydens ’n gesel-lige aandfunksie het hy die ouersen klein Ovies wat gekies is omdie toer mee te maak, ontmoet.

Die leerders is baie opgewondeen sien baie daarna uit om vol-gende jaar die kulturele en op-voedkundige toer mee te maak.Daar is reeds met geldinsame-lingsprojekte begin.

Die klein Ovies wat volgende jaar die kulturele en opvoedkundige toer na Singa-poer gaan meemaak, saam met die skoolhoof van Canberra Primêre Skool,SamWong. In die hande van sommige leerders is die kulturele en opvoedkundigetoer se plakkaat wat gebruik gaan word om die projek in Singapoer bekendte stel, wat deur die betrokke opvoeders van Canberra Primêre Skool ontwerpis. Leerders van Maleisië en Hong Kong gaan ook by die projek betrokke wees.

Villiersdorp vier feesVilliersdorp sebekende Land-bouskou, noureeds in sy agt-en-negentigstejaar, vanaf 17tot 19 Oktober,trek vanjaar ’nnuwe baadjieaan wanneerdit saam metdie dorp se jaar-likse Kunste-fees aangebiedword. Die Vil-liersdorp Land-bou- en Kunste-feesbeloof ’nok-kasie met ’ngroot verskei-denheid – vantrekkers tot di-vas, van skou-perde tot visue-lekuns,vanpot-jiekos tot ’n bekroondekinderkoor, van ’n kokkedoor totkamermusiek en tussenin ’ngoeiesarsievermaakvirkinders.

Die Landbouskou by die dorpse skougrond op Vrydag en Sater-dag bied ’n uitstalling van trek-kers en enjins, ’n perdeverto-ning, ’n appelpak-kompetisie,reptiel- en valkvertonings, optre-des deur bekende kunstenaarssoos die broers Cobus en Christo,Armand Hofmeyr, Pluk, sowel asdie gewilde potjiekoskompetisie.

’nDemonstrasiedeur2014Kok-kedoor Johnny Hamman is eenvan die fees se hoogtepunte. An-der hoogtepunte is ’n uitstallingdeur die Suid-Afrikaanse Polisie-diens, ’n uitstalling van KaapseFynbos en ’n kos en kunsvlyt

mark.Kinders wat

die skougrondbesoek gaanhullegateuitge-niet in die“Plaaswerf”-speelpark sowelas die troetel-dierkompetisie,die “gumboot”dansers van diePrimêre SkoolElandsrivier endie kunsuitstal-ling vir kinders.

Verskeiekunsgalerye enhuisstudio’s salvanaf Vrydagtot Sondag oopwees om die ta-lent van Vil-liersdorpsekunstenaars en

hul vriende van elders ten toonte stel. Die jaarlikse Elliott Kuns-veiling is reeds jare lank ’n hoog-tepunt op die Overbergse kuns-kalender. Die Mel Elliott Galerybied ook ’n lewendige demonstra-sie van abstrakte verfwerk.

Besoekers kan gerus gebruikmaak van Villiersdorp se uitson-derlike vervoerdiens, ’n trekkermet sleepwa om die dorp se kuns-galerye, restaurante en anderplekke te besoek. Die galakonsertSaterdagaand, Zaza en die Kun-steNar, bring die talente van so-praan Zanne Stapelberg, baritonNiel Rademan en pianis Elna vander Merwe na Villiersdorp.

Vir meer inligting besoekwww.villiersdorptourism.co.zaof bel 028 840 0082.

Die galakonsert Saterdagaand, Zazaen die KunsteNar, bring die talentevan sopraan Zanne Stapelberg, bari-ton Niel Rademan en pianis Elna vander Merwe na Villiersdorp.

Trust kry skoon ouditERIEKA ROUX

Die ouditeure wat die OverbergGemeenskapstrust se boeke doen,het tydens die twaalfde algemenejaarvergadering op 26 Julie hul ge-lukwense aan die trust oorgedramet die goeie finansiële bestuur.

Die ouditeure het die goeie be-stuuras“manjifiek”beskryfenge-sê hulle het ’n gesonde wins ge-toon. Die trust het in 2014 ’n winsvan meer as R600 000 getoon.

Evelyn Kiewitz, voorsitter, hetin haar voorsittersrede gesê posi-tiewe en negatiewe realiteite is al-tyd gekoppel aan die trust se werk-

saamhede en daar moet aan albeiaandag geskenk word. Sy het be-kend gemaak die trust se gewysig-de dokumente is uiteindelik gefi-naliseer en geregistreer by dieMeestervandieHooggeregshof.Syhet Badenhorst Ouditeure bedankvir bystand.

Soos in die verlede het verskeiesuksesvolle aansoekers finansiëlehulpvandie trustontvang. ’nTota-le bedrag van R190 000 is aan 24 be-gunstigdes bemaak. Die trust hetdie afgelope tien jaar meer asR300 0000 aan beurse oorhandig.

Vir navrae kan Sonja Cloete ge-skakel word by 028 212 2688.

Na ’n suksesvolle jaar is die trustees van die OverbergGemeenskapstrust vir nog ’n jaar herkies. Voor van linksis Shirley Swartz, Kleinmond, Sybill October, Stanford,Evelyn Kietwitz, Myddleton, voorsitter, Hendrika Johan-nes, Bredasdorp, algemene sekretaresse, Eunice Theu-nissen, Caledon, ondervoorsitter enSonjaCloete, admin-sekretaresse.Agter staanConnelleBalie, Caledon, tesou-rier, Morris Tshabalala, Hermanus, Cyril Davis, Caledonen Dirk Jantjies, Bredasdorp. FOTO: ERIEKA ROUX

Page 8: Theewaterskloof gazette 23 sept 2014

Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 4 • Dinsdag 23 September 2014 | Tel. 028 214 1294

Groot belangstelling het geheers vir die wedstryd van Saterdag 16 Augustusin Botrivier tussen Botrivier en Napier. Botrivier het met 30-25 gewen danksygoeie spel deur manne soos Dean Pietersen, wat hier ’n aangee suiwer raakvat,met ’n Napier-speler wat op hom afstorm. Pietersen se raakvat op pad doellyntoe is afgerond met ’n drie vir Botrivier. FOTO: ERIEKA ROUX

A weekend of exercise funThe fifth annual Staalwater MTBChallenge, hosted by Dirtopia attheCaledonCasino,HotelSpaandEntertainment, took place fromSaturday 6 to Sunday 7 Septem-ber.

Over 100 runners took part in theSpring Trail Run on Saturday, withsome 500 mountain bikers partici-pating in this year’s MTB event onSunday. The weather was perfect forthis fun outdoor family event.

Some 500mountainbik-ers partici-pated in thisyear’s Staal-water MTBChallenge.

Laerskool Bredasdorp het, in samewerkingmetdie NG gemeente Bredasdorp, op Saterdag 6September ’n baie geslaagde gholfdag by dieBredasdorp Gholfklub aangebied. Elke spanmoes twee beginners insluit, wat die kompeti-sie baie interessant gemaak het. Hierdie span-netjie, wat uit oudleerders van Laerskool Bre-dasdorp bestaan, het die oog gevang. Hullehet gelukkig ’n kaptein gehad wat hulle metraad kon bystaan. Van links is Russell Pratt,André Seegmuller, Jandri Viljoen (kaptein),Ewald Schlebusch en Juhen Pratt.