8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier Year 4 • Tuesday 30 September 2014 | Tel. 028 214 1294 Jong ma se dood ’n raaisel ANNETTE THERON Almal in Caledon wonder oor die oorsaak van die dood van Cornél Groenewald (21). Haar lyk is Saterdagoggend om 08:05 deur ’n lid van die publiek in Caledon gevind. Sy het in ’n water- sloot by die bruggie in Mackaystraat gelê. Dit is die tweede keer in minder as drie weke dat ’n lid van die publiek op die lyk van ’n vrou in die hartjie van Caledon afkom. Kapt. Gerrit Botes sê Groenewald het om 07:05 die oggend haar huis verlaat op pad werk toe. Sy het egter nooit by die werk opgedaag nie en is nie weer lewend gesien nie. Volgens Botes was daar nie tekens van ’n struweling of enige gemene spel nie, en hulle vermoed sy het moontlik geval. ’n Nadoodse onder- soek sal vandag uitgevoer word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Groenwald was ’n pakker by Cale- don Spar sedert 11 Oktober verlede jaar. Gister het kollega Surita Fourie met rooi gehuilde oë vertel dat Cor- nél voor haar grootgeword het. “Ons het oorkant hulle gebly en ek gaan haar geweldig mis, veral die druk- kies wat mens so gereeld gekry het. “Ek is geskok. Hoe veilig is Cale- don? Wat gaan hier aan? So onskul- dig – op pad werk toe . . .” Fourie sê Groenewald se vyfjarige seuntjie het ’n ouma wat vir hom baie lief is en wat vir hom daar sal wees. Michelle, Groenewald se ma, was nie vir kom- mentaar beskikbaar nie. Haar broer, Francois (16), ’n leer- der by Hoërskool Overberg, sê hy is verbyster deur sy suster se dood. “Daar is ’n klomp bespiegelinge oor die dood van my suster, maar ons wag vir die nadoodse ondersoek om gedoen te word. “Ons het vir haar seuntjie, Miguel, vertel sy is dood en gaan nie weer te- rugkom nie, en hy was baie hartseer. Ek was baie lief vir my suster en gaan haar geweldig mis.” Letitia Bruintjies, een van haar beste vriendinne en medepakker by Spar, sê dit was ’n geweldige skok om van Cornél se dood te hoor. “Sy was ’n lieflike mens, altyd met ’n glimlag op haar gesig.” Bruintjies het vertel dat sy al haar lief en leed met haar gedeel het. Hulle was saam lidmate van die VG Kerk in Caledon en Groe- newald het in die kerkkoor gesing. “Cornél was altyd vriendelik en ek sal haar glimlag nooit vergeet nie. Ek sal haar altyd onthou as ’n opgeruim- de mens.” Margot Muller, ook ’n kollega by Spar, sê sy het Groenewald verlede jaar in November ontmoet. “Sy het onmiddellik in my ouers se hart ge- kruip toe sy by ons kom kuier het. “Ek gaan haar glimlag die meeste mis – sy was altyd dieselfde en het altyd geglimlag.” Op Caledon RFC se Facebook-blad was die volgende boodskap Sondag geplaas: Die rugbyklub wil graag vanog- gend sy diepste medelye betuig teen- oor die familie van Cornél Groene- wald (mooi, vriendelike jong dame wat werksaam was by Caledon Spar), wat grusaam verwyder is uit ons sa- melewing. Mag God vertroosting bring in hierdie tyd van rou. Ons sim- patie gaan ook uit aan Caledon Spar (een van ons borge), VGK Bergsig-ge- meente en al die ander instansies/or- ganisasies waarby sy betrokke was. Mag haar vriendelike en spontane geaardheid u altyd bybly #RIPCor- nellGroenewald. Teen druktyd was die begrafnisre- elings nog nie bekend nie. Dit sal la- ter vandeesweek bekend gemaak word. Spar-personeel het gister kerse gebrand en inwoners het in ’n herinneringsboek boodskappe geskryf vir Cor- nél Groenewald. Van links is Letitia Bruintjies, Margot Mul- ler, Bernice Daniels en Surita Fourie. FOTO: ANNETTE THERON

Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Citation preview

Page 1: Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 4 • Tuesday 30 September 2014 | Tel. 028 214 1294

Jong ma se dood ’n raaiselANNETTE THERON

Almal in Caledon wonder oor dieoorsaak van die dood van CornélGroenewald (21).

Haar lyk is Saterdagoggend om08:05 deur ’n lid van die publiek inCaledon gevind. Sy het in ’n water-sloot by die bruggie inMackaystraatgelê. Dit is die tweedekeer inminderasdriewekedat ’n lidvandiepubliekop die lyk van ’n vrou in die hartjievan Caledon afkom.Kapt. Gerrit Botes sê Groenewald

het om 07:05 die oggend haar huisverlaat op pad werk toe. Sy het egternooit by die werk opgedaag nie en isnie weer lewend gesien nie.Volgens Botes was daar nie tekens

van ’n struweling of enige gemenespel nie, en hulle vermoed sy hetmoontlik geval. ’n Nadoodse onder-soek sal vandag uitgevoer word omdie oorsaak van haar dood te bepaal.Groenwald was ’n pakker by Cale-

don Spar sedert 11 Oktober verledejaar.GisterhetkollegaSuritaFouriemet rooi gehuilde oë vertel dat Cor-nél voor haar grootgeword het. “Onshet oorkant hulle gebly en ek gaanhaar geweldig mis, veral die druk-kies wat mens so gereeld gekry het.“Ek is geskok. Hoe veilig is Cale-

don? Wat gaan hier aan? So onskul-dig – op pad werk toe . . .” Fourie sêGroenewald se vyfjarige seuntjie het’n ouma wat vir hom baie lief is enwat vir hom daar sal wees. Michelle,Groenewald se ma, was nie vir kom-mentaar beskikbaar nie.Haar broer, Francois (16), ’n leer-

der by Hoërskool Overberg, sê hy isverbyster deur sy suster se dood.“Daar is ’n klomp bespiegelinge oordie dood van my suster, maar onswag vir die nadoodse ondersoek omgedoen te word.“Onshet virhaar seuntjie,Miguel,

vertel sy is dood en gaan nie weer te-rugkomnie, enhywasbaie hartseer.Ekwasbaie liefvirmysusterengaanhaar geweldig mis.”Letitia Bruintjies, een van haar

beste vriendinne en medepakker bySpar, sêditwas ’ngeweldige skokomvan Cornél se dood te hoor. “Sy was’n lieflikemens, altydmet ’n glimlagop haar gesig.” Bruintjies het verteldat sy al haar lief en leed met haargedeel het. Hulle was saam lidmate

van dieVGKerk inCaledon enGroe-newald het in die kerkkoor gesing.“Cornél was altyd vriendelik en eksalhaarglimlagnooitvergeetnie.Eksalhaaraltydonthouas ’nopgeruim-de mens.”Margot Muller, ook ’n kollega by

Spar, sê sy het Groenewald verledejaar in November ontmoet. “Sy het

onmiddellik in my ouers se hart ge-kruip toe sy by ons kom kuier het.“Ek gaan haar glimlag die meeste

mis – sy was altyd dieselfde en hetaltyd geglimlag.”Op Caledon RFC se Facebook-blad

was die volgende boodskap Sondaggeplaas:Die rugbyklub wil graag vanog-

gend sy diepste medelye betuig teen-oor die familie van Cornél Groene-wald (mooi, vriendelike jong damewatwerksaamwasbyCaledonSpar),wat grusaam verwyder is uit ons sa-melewing. Mag God vertroostingbringinhierdietydvanrou.Onssim-patie gaan ook uit aan Caledon Spar(eenvanonsborge),VGKBergsig-ge-

meenteenaldieander instansies/or-ganisasies waarby sy betrokke was.Mag haar vriendelike en spontanegeaardheid u altyd bybly #RIPCor-nellGroenewald.Teen druktyd was die begrafnisre-

elings nog nie bekend nie. Dit sal la-ter vandeesweek bekend gemaakword.

Spar-personeel het gisterkerse gebrand en inwonershet in ’n herinneringsboekboodskappe geskryf vir Cor-nél Groenewald. Van links isLetitia Bruintjies,MargotMul-ler, Bernice Daniels en SuritaFourie. FOTO: ANNETTE THERON

Page 2: Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 30 September 20142

) Hiermee wil die geldinsamelingbestuur vanDisa Senior Burger Dienssentrum, Myddleton,graag die volgende borge en persone bedank virhul vrygewigheid met sy jaarlikse lenteloop Sa-terdag 6 September: Mev. Basson vir die sken-king van die wors en Robert Carelse vir diebraai daarvan. Baie dankie – julle hulp wordwaardeer en dit gaan nie ongesiens verby nie.

Verder, vir Camilla Balie van maatskaplikedienste, vir die aanry van die springkasteel.Dankie dat ons op jou kon staatmaak. Dan, virShadows en Ashley vir die verskaffing van diemusiek.

Ook, aan JD Henn, vir alle borge van skyfies,koeldrank, nartjies, vir die springkasteel,asook die roetebeplanning.

Aan Yvonne Geduld vir die lekker braaihouten die rooster, vele dank.

Laastens, baie dankie vir al die deelnemers.Op18Oktoberworddaar ’nmaskerbalvir lief-

dadigheid in die Caledon-stadsaal deur KansaRelay for Life aangebied. Vir kaartjies, bel virSchunette by 072 913 5701 of Anne-Marie by082 324 8934.) Op 13 Oktober begin Carpe Diem Opleiding-

sentrum weer met opleiding in huisbestuur entuisversorging in die Vlei View-saal in BergsiginCaledon.Diekursusvinddaagliksvanaf08:00tot 16:00 plaas en duur tot 4 Desember. Kursus-fooi beloop R2 000 en alle handboeke is inge-sluit.

Sluitingsdatum vir inskrywing is 3 OktoberInskrywingsvorms is by die Gazette beskik-

baar. Vir verdere navrae, bel suster de Waal by028 212 1138 of 071 125 4704.) Die jaarlikse basaar en fynbosuitstalling

van Stanford-gemeente is besig om ’n fees virdie hele gemeenskap te word. Vanjaar word ditop 4 Oktober gehou en is daar naas die basaarook verskeie kattebak-verkopings om mensevan buite te betrek. Talle interessanthede salte koop aangebied word.

Die deure na die saal open 10:00 met gebak,poeding en vars vleis, maar besoekers kan vanvroeg af reeds ontbyt by die kafee koop, of ietste drinke by die teetuin.

’n Potjiekoskompetisie en lekker musiek indie gees van Erfenismaand rond die prentjie af.Daar is ’n trofee en groot pryse (waaronder ’nslagskaap) op die spel in die kompetisie. Vir re-elseninskrywingsvorms(R100perinskrywing)bel die kerkkantoor by 028 341 0966/028 341 0681of Carlien by 072 337 1544.) Die bekende kinderskrywer Niki Daly be-

soek Caledon-biblioteek Maandag 6 Oktober9:30 tot 12:00. Stories word vertel uit sy boek met’n geleentheid vir vrae en antwoorde. Dit sluitook ’n knip-en-plak oggend in.) Die ACVV Caledon Protea Dienssentrum

bied op 1 Oktober ’n oggendtee met musiek aanin Caledon Wes-kerksaal. Anneke van Logge-renbergenhaarmusiekleerlingesal ’nprogramlewer en die Dienssenttrum sal ’n heerlike teeaanbied. Kaartjies teen R20 is by die ProteaDienssentrum beskikbaar op Maandae tot Don-derdae vanaf 8:00 tot 13:00.) Die Volkskerk van Afrika vier oor die na-

week van 10-12 Oktober sy 90ste bestaansjaar.Op Vrydag, 10 Oktober, word daar ’n Youth Ral-ly om 19:30 aangebied vir alle jongmense. Sater-dag 11 Oktober is daar ’n Debutante Dinee om19:30 by Emil Weder Sekondêre skool en Sondag12 Oktober om 09:00 die oggend sal daar ’n fees-diens aangebied word in Volksweg, Genaden-dal. Die prediker vir die oggend is prof. NicoKoopman, dekaan, fakulteit Teologie, Universi-teit Stellenbosh. Navrae: Lisma 073 895 0088;Mnr Arendse 072 526 7504; ds. Robyn082 683 7899.

Radio Overberg by alle feesteLente is in die lug, en vir ons was dit uit en uitdie afskop van ’n voorspoedige lente.

Radio Overberg het baie trots die dorp ver-teenwoordig by Agri Megaweek. Ons was Sater-dagoggend vanaf 09:00 in volle glorie op die ter-reinvirdieheledag.SharonBrink,HeyneBrinken Hannes Smal het musiek gemaak en uitge-saai, die luisteraars het kom groet, en met dielekkerste musiek het Radio Overberg Gazebobaie aftrek geniet. Die een hoogtepunt van diedag was toe Chester Williams en sy gesin komgroet het.

Verlede Woensdag het ons dieselfde gedoenmet Braaidag, en Radio Overberg het ook Sater-dag die Elim-fees gaan ondersteun.

Natuurlik sou niks hiervan moontlik geweeshetsonderonsborgenie,enAnre’sFuneralswasweer eerste op die toneel om te help.

Woensdag 1 Oktober gesels Rudi de Waal metSteveHofmeyr.Stevehet ’nnuweCDvrygestel,en Rudi gaan om 14:30 met Steve gesels oor symusiek.RadioOverberggaanook ’nCDof tweeweggee. Moet ook nie Rudi se weeklikse resepmis nie. Dis liplekker luistergenot elke Woens-dag met Rudi se “Mengelmoes Jolyt” van 13:15tot 15:45..

Radio Overberg is jou Radiostasie vir Inspi-rasie.

Chester Williams en sy gesin met Marné Joubert, sta-siebestuurder van Radio Overberg op Saterdag 20September by Agri Megaweek.

Elgin-trompoppies skitterby Boland-kampioenskapDie Elgin-trompoppiespan het Vrydag 12September aandieBoland-kampioenskapby die Dal Josafat-stadion in die Paarldeelgeneem.

Die meisies het weereens gewys dat daarrekening gehou moet word met Elgin.

Die span het ’n eerste plek behaal in dievlaggroep-afdeling en ook onderskeideliktweede en derde plek in die “Pom, non-prop-groep”, “Small drill” en “Lar-ge Drill”, en het die “Squad”en “Display”-afdelings ge-wen. Alhoewel daar strawwekompetisie vir die meisieswas, het Elgin ’n tweede plekte behaal.

Die Elgin Drummies is metalgehele tweede plek as dieChamp of Champs 2014 by dieprovinsiale kampioenskapbekroon. By dié geleentheidis twee van die meisies vereermet Boland-kleure en sal ookdie Wes-Kaap se provinsialespan op nasionale vlak ver-teenwoordig.

Merencia Willson en Chamiel Visagie is al-bei van Dennegeur Boerdery. Dit is die vyfdeagtereenvolgende jaar wat dié plaas se trom-poppies provinsiale kleure oplewer.

Die slagspreuk vir die jong trompoppies is:“One Team – One Soul – One Goal”.

Verskeie skole van regoor die land neemaan die prestige-sport deel.

Met harde werk en deursettingsvermoëkan hulle provinsiale kleure en later ookSuid-Afrikaanse kleure (SAMCA) of Protea-kleure verwerf, waarna hulle Suid-Afrikakan verteenwoordig by internasionale by-eenkomste.

Nie al die kinders is finansieel so goed daar-aan toe nie en daarom rig die groep graag ’nversoek aan plaaslike sakelui om in hulle tebelê deur skenkings.

Hulle benodig dringend ondersteuning virdie aankoop van nuwe uniforms en sweetpak-ke, sowel as vervoer en akkommodasie vir dienasionale kompetisie wat van 3 tot 11 Oktoberin die Vygieskraal in Kaapstad sal plaasvind.

Om die trompoppies te ondersteun, stuur’n e-pos aan 2 [email protected] ofskakel 2 079 504 1371.

Die meisies van Elgin-trompoppies.

1 Oktober) ACVV Caledon Protea Dienssentrum og-gendtee met musiek. Anneke van Loggeren-berg en haar musiekleerlinge sal ’n programin Caledon-Wes kerksaal aanbied. Navrae oorkaartjies 028 212 1407.

2 Oktober) VLV Openbare sakevergadering om 15:00 inNG kerk Caledon-Wes. Navrae Retha Skein028 212 1432.

4 Oktober)VGK Caledon Basaar om 10:00.Caledon-rugbyklub speel tuiswedstryd teenStandards.

)Stanford Gemeentefees. Basaar en fynbos-uit-stalling. Vir navrae skakel die kerkkantoor by028 341 0966/ 028 341 0681.

)Daar word op Saterdag 4 Oktober in die NGkerksaal op Bredasdorp ’n “Vroue het Vlerke”Vrouedag gehou van 08:30 tot 11:00, waarnadaar ’n Mammo Mark van 11:00 tot en met 17:00sal wees.Tydens die oggendsessie tree drie sprekers opwat onderskeidelik bydraes sal lewer rondomliggaam, siel en gees.Geld word onder meer ingesamel ten bate van

die Pink Trees for Pauline-inisiatief wat pasafgeskop het op Bredasdorp.Skakel met Theresa by 083 584 2382, ook metvrouehetvlerke op Facebook.

10 Oktober) Volkskerk van Afrika negentigste bestaans-jaar Feesnaweek. Youth Rally om 19:30. Na-vrae Lisma 073 895 0088 / mnr Arendse072 526 7504 / Ds Robyn 082 683 7899.

11 Oktober) Die 1994-matrikulante van Albert MyburghSekondêr in Bredasdorp hou hul 20-jaar-reü-nie in die Albert Myburgh skoolsaal. Vir meerinligting kontak Deidré by 082 715 1298 ofFrancois by 083 220 9081.

)Volkskerk van Afrika Debutante-dinee om19:30 by Emil Weder Sekondêre Skool. NavraeLisma 073 895 0088 / mnr Arendse 072 526 7504/ Ds Robyn 082 683 7899.

12 Oktober)Volkskerk van Afrika Feesdiens om 09:00 inVolksweg, Genadendal. Prediker: Prof. NicoKoopman, dekaan fakulteit Teologie, Univer-siteit Stellenbosch. Navrae Lisma 073 895 0088/ mnr Arendse 072 526 7504 / Ds Robyn082 683 7899.

17 Oktober)NickStevens treeop inNGkerksaal,Greyton.Kaartjies is tekoopby1854RestaurantinGrey-ton en sluit ’n vingerete in. Bring eie verver-sings.Kontak 072 306 4168 of 028 254 9639 vir navraeof besprekings.

Page 3: Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 30 September 2014 3

Beslag op perlemoenANNETTE THERON

Die Caledon-polisie het Woensdag 24 Septemberbeslaggelêop5 948perlemoenmet ’n straatwaar-de van R520 000.Volgens ’nwoordvoerdervandieCaledon-poli-

sie het die polisie ’n verdagte wit bakkie opge-merk en afgetrek op die N2. ’n Saak van besitvan perlemoen is geopen. Een verdagte het Vry-dag 26 September in die Caledon-hof verskyn.

Stock theft, burglary on the riseANNETTE THERON

The annual police statistics released on19 September show that stock theft,burglary at non-residential premisesand drug-related crime have risen mostover the past year in the Theewaters-kloof region, Bredasdorp and Napier.

Between April last year and March thisyear, stock theft has gone up by 36,5% (74to 101 cases), burglaries at non-residentialpremises increased 18,9% from 370 to 459incidents and drug-related crime spiked16,9% from 1804 to 2108.Commonrobbery is upby 13,8%andbur-

glary at residential premises increased8,7% from 1119 to 2335, with Bredasdorpand Grabouw heading up the table with anincrease of 29,8% and 24%. Non-residen-tial burglaries in Grabouw peaked at33,8%.Murder is up 3,3% from 61 to 63 and the

area with the highest murder percentagewas Grabouw, with an increase of 69,5%from 23 in 2013 to 39 reported murders in2014.Drug-related crime remains a headache

in the region with an increase of 16,9%.The highest individual towns were Gena-dendal and Bredasdorp, which bothshowed an increase of over 47% – Bredas-dorp from 133 to 196 and Genadendal 122to 180. Caledon showed an increase of 9,5%from 577 to 632, Grabouw 1% from 236 to238, Riviersonderend increased to 29,9%from254 to 330 andVilliersdorp is up 19,6%from 337 to 403. Napier is the only townto reflect a decrease of 12,4% from 145 to129.Total sexual crimes in the region is down

8% from 244 to 226 reported incidents. Gra-bouw however showed an increase of 2,9%from 34 to 35, Napier increased 66,7% from6 to 10 and Riversonderend spiked at 122%from 9 to 20 committed crimes. Caledonshowed a decrease of 72,2% from 62 to 36and Genadendal is down 5,5% from 19 to18.Lt. Col. Mareé Louw, station comman-

dor of Bredasdorp, said she is happy thatmurder and rape statistics were down for2012/2013, “but unfortunately we sit witha problemwith assaults – robbery and sex-ual assault went up this year.” Louw saysrobberies are mostly repeat offenders

“that we have arrested and after a monthor two they are released and it is a viciouscircle. We had a challenging time withproperty-related crime – repeat offendersand drug abusers remain a headache.”Capt.GerritBotes, spokesperson forCal-

edon police said the crime statistics is atrue reflection of crime in the area. “Theincrease of 5,3% in assaults is mostly do-mestic violence-related and alcohol playsa big role.” Botes says unemployment isamajor contributing factor tohousebreak-ing and theft in the area. Botes appeals tosecond-hand dealers not to buy any itemswithout proper documentation or identifi-cation and to the public not to buy itemscheaply from any person on the street. Healso urges home owners to properly markall their valuable items.Botes says several stock theft arrests

were as a direct result of unemploymentin the area, although there were also ar-rests from outside the area. “The increasein drug-related crime is a sign that theSAPS do regular operations on drug out-lets and that more arrests have beenmade.” Botes thanks the public for its vigi-lance in giving information to the SAPS.

FynBloem broadens its horizonFynBloem, a pro-tea-growing andbouquet produc-tion facility nearRiviersonderend,was recently show-cased as a primeexampleofDanish-South African co-operation when itwas visited by aDanish parliamen-tary delegation on24 September.The event,

which included ashortvideoonFyn-Bloem’s CorporateSocial Responsi-bility activitiesand a tour of thebouquet produc-tion facility, was also attended by theTheewa-terskloof Mayor Chris Punt, and councillorsMartie Koegelenberg and Karo Tiemie.The partnership between local farmer Bey-

ers Beyers and Laurits Larsen of Denmark,was forged in 2009 with the aim to be the bestand most reliable supplier of quality proteasfor export overseas.Todate,FynBloemis thebiggest investment

in the Proteaceae industry, with support fromthe Industrial Development Corporation ofSouthAfrica and theDanish InvestmentFundfor Developing Countries. Larsen, director,thanked the Danish business-to-business pro-gramme for their investment in staff training

and development, which equipped the leader-ship team for the fast growth of the company.Beyers, CEO of FynBloem, said that being

able to harvest 52weeks of the year, combinedwith a state-of-the-art pack house and a posi-tive environmental footprint, make Fyn-Bloem the leader in the industry.“The UK is currently our biggest market.

While they experienced a growth in the cut-flower industry of only 2,5%, we as Cape Fyn-bos are growing at 32% year-on-year. Thisclearly shows that we are delivering the rightproduct to our customers and this paints avery positive picture for the future of fynbos,both locally and internationally.”

The delegation from Denmark with Fynbloem employees and Chris Punt, fourth fromthe right in the back row.

Page 4: Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Theewaterskloof Gazette Leader - Hoofartikel Tuesday 30 September 20144

Vind jou vreugde nie in aardse dinge nieVind jou vreugde nie in aardse dinge nieFilippense 4:4: “Verbly julle altyd in die Here!Ek herhaal, verbly julle!”Paulus moedig ons in hierdie skrifgedeelte

aan om ons blydskap in die Here te kry. As jyas wedergebore Christen nie waak nie, sal Sa-tan probeer om jou te oortuig dat jou vreugde/blydskap in baie ander dinge lê behalwe inChristus.Wanneer my daaglikse vreugde veroorsaak

worddeur sekeredingewat inmy lewegebeur,dan word daardie dinge my fokus, met anderwoorde dit word my god. As geld my gelukkigmaak en geen geld my ongelukkig maak, danhet geld my god geword.Sommige mense leef van een hoogtepunt na

’n ander hoogtepunt en dit verskaf vir hullevreugde.Wanneer hierdie hoogtepunte skielik min

raak, dan verval so ’n persoon maklik in de-pressie. Sommige lewe net vir Vrydae, wantdie naweek se af-tye en “lekker dinge” is dieenigste bron van vreugde in hul lewens.AsonsegterJesusChristusasVerlosseraan-

geneem het en Hom ons Bron van vreugde ge-maak het, dan verflou die ander totminder be-langrik. Daar is geen groter vreugde as dié inChristus nie.Die feit dat God my siel gered het en my van

’n ewige hel verlos het en my sondes met Sybloed weggewas het, is genoeg rede om daag-liksdieblydskapvandieHereteervaar.Godde-like blydskap is beskerming vir die mens.(Neh. 8:11).Mag jy ’n vreugdevolle week ervaar!

PASTOOR GERT VISSER,Caledon Christen-sentrum

Slegte diens bySlegte diens byNapier-kliniekNapier-kliniekMet ’nonlangsebesoekaandieNapier-kliniekwas ek baie teleurgesteld oor hoe besoeke enafsprake hier hanteerword. Ek as pasiënt vandie Napier-kliniek het Dinsdag gegaan vir ’nafspraak.Ek het ’n hele halfuur daar gesit voor ek

by die ontvangs en deur ’n suster gehelp konword. Ek kon hoor hoe die hoofsuster noemwat soek ons in die kliniek.Baie teleurgesteld het ek haar gekonfron-

teer en gesê dat dit ’n gemeenskapskliniek is:Sy het my aangespreek asof ek ’n dier en niksin haar oë is nie. Diens wat gelewer word isswak.

TELEURGESTELDE INWONER, Napier

NatashaPeterson, communicationsofficer forthe Overberg district, said Western Cape Go-vernment Health is aware of the complaint andwill contact the clientand investigate thematter.“We are striving towards a person-centred ap-proach to healthcare and therefore we have putseveral feedback methods in place. We urge pa-tients and visitors to send a “Please call me” to079 769 1207 or make use of the feedback boxesat our faciliteis to communicate any compli-ments, complaints or comments they may have.

My flenter-hand wonder bo wonder gered’nOngelukisperdefinisieonvoorspelbaar,be-halwe vir mense van verhewe geestelikheidsoos eerw. Joshua van Nigerië, wat glo dieneerskietvandieMaleisiesestraleroordieOe-kraïene voorspel het,maar dit ongelukkig niekon doen vir die ineenstorting van sy eie lo-sieshuisnie.Nogal ironiesdatdit juishymoeswees, naamgenoot van die Bybelse Joshua,voorwiediemurevanJerigoineengestorthet,en toe tot in alle ewigheid verdoem is.Was self onlangs die slagoffer van so ’n on-

voorsiene gebeurlikheid, waarin my regter-hand vasgevang is tussen die skerp kant van’nmotordeuren’nbaksteenmuur.Dieredevirmy roekelose optrede was heel altruïsties,naamlik om te keer dat ’nmotor onbestuur in’n afrit aan’t loop gaan. Die beloning vir myrefleksaksie om die hand te probeer uitrukwas egter dat pinkie en sy maat groot opper-vlakke vel saammet lappe vleis en bekers volbloed verloor het. Dit alles veroorsaak toe datek vir die eerste keer in jarre weer ’n kliëntvan die mediese bedryf moes word.Elkekeerwatekopnuutdaaruitkom(laaste

soortgelyke geval was so 20 jaar gelede) word

ek opnuut beïndruk deurtweeaspekte:dieindrukwek-kende professionaliteit, watslegsgetemperworddeurdieprys.Aangekombydieplaas-like arts moes ek my flenter-hand, tot dan gekamoefleerbinne ’n plastieksak vol ys-blokkies,ontblootop’nspier-wit doekie, waarop die jongverpleeghulp toe tenaansigtevanal diebloed,flardes vleis en vel, onmiddellik flou val.Sy het egter gou herstel en was erg verleë

oor haar “swakte”; ek probeer haar toe gerus-steldeurhaartevertelvanprof.ChrisBarnardwatbysyeerste lykskouingook flougevalhet,waarop sy professor hom getroos het deur tesê dat slegs dié met verbeelding ooit flou val.Die arts self het my storie uitdrukkingloos

aangehoor. Ek probeer toe omhaar op te beurmet ’n ander anekdote, oor die 16de eeuseVlaamse arts Andreas Vesalius (eintlik maarAndriesWessels...)wat die gebruik van sy tydomsnywondemet ’n gloeiendeyster te behan-del probeer omseil het. “Ek het die wonde

maarmet ’nbietjie terpentynskoongemaak en die LieweHeer het hulle genees.”Myartshetdiéstaaltjieook

stilswyendaangehoor,alhoe-wel ek tog gedink het sy be-hoort dit mutatis mutandismet Betadine eerder as ter-pentyn ook waardeer het.Hoe ook al – mywonde het

tot die verbasing van die arts en myself gougenees endit sonder gebruikvandie aangebo-depenisillien.Ekhetmyanderteoriemethaargedeel, naamlik datO-positiewe skepsels soosekafstammelingevandieeerste,rateltaaieho-mo sapiens was, toegerus met onkreukbareimmuunstelsels en die vermoë om grootlikssonder dokters en medisyne te oorleef.Die rekening wat ek toe kry was ook op sy

manier ’n kunswerk, met elke item (waarvandaaronthutsendbaiewas:anderhalfA4-velle),vanaf die R350 bybetaling vir nauurse diens(negeuur op ’n Saterdagoggend) enduit nou-keurig aangeteken is met prys en BTW:R1 765,22. – [email protected]

RubriekRubriek

Reuse-pofadderin StrandveldJUANITA SHEPHERD

Op17SeptemberopdieplaasVoëlvlei,waarDeon enKatinkaLourenswoon,het ’n reuse-pofadder by hulle voor-stoep opgeseil.Die dapper Chester, ’n Engelse bul-

hond, het symense teen hierdie grootgevaar probeer beskerm. Chester hetsy lewe ingeboet deur sy heldhaftigeoptrede. Die pofadder het Chester indie gesig en binne-in sy mond gepik.Die Strandveld is bekend vir pofad-

ders,maar inwonerswatalvirbaie ja-re in die Strandveld bly sê hulle hetnog nooit so ’n reuse-pofadder gesiennie.DorieAbrahamse,diehuishulp,het

die slang se kop verbrysel. Dit is dietweede bulhond wat hierdie familiebinne 12maandeverloorhet as gevolgvan ’n pofadder-byt. Deon enKatinkahet verskeie perde van hulle kindersdaarop stal.Anja, hul jongste, is ’nbe-kende ruiter.

Dorie Abrahamse met die pofadder watChester gepik het. FOTO: JUANITA SHEPHERD

Mammomark gehouvir stryd teen kanker’n Vrouedag en Mammomark word op Saterdag4 Oktober deur Vroue het Vlerke in die NG kerkBredasdorp se saal gehou, tenbatevanPienkBo-me vir Pauline en die stryd teen kanker.Die Vrouedag vind van 08:30 tot 11:00 plaas en

kos R70 (toegang na die mark ingesluit). Diemarkvinddirekdaarna,van11:00 tot 17:00, plaasen toegang kos R20. Besoekers word gevra omiets pienks te dra.Afgesien van oorgenoeg pienk lap wat te koop

aangebied sal word, kan besoekers ook uitsienna allerhande bederf-kopies vir vroue, varskruie, vintage-klere, vars koffie, soesji, varssoetgoed, allerlei ander eetgoed (ook gesondes,soos slaai) en ’n kinderhoekie en ponie-ritte.Daar sal ook ’n gesondheidshoekie, gratis

borsondersoeke en openbare gesondheidsdien-ste wees, asook bragrootte-metings wat vrouekan help om dalk vir die eerste keer presies dieregte grootte bra te kies.Vir kaartjies en verdere navrae, bel Theresa

by 083 584 2382.

Caledon library personnel showed their support for the Pink Trees for Pauline initiative.From left are Gerhard van Wyk, Helene Viljoen and Yolanda Julies.

Oktobermaand istradisioneel Bors-kankermaand – diemaand waarin on-dersteuners van diestryd teen borskan-ker ook pienk strik-kies aanspeld. PinkTrees for Pauline-rolspelers op Bre-dasdorp het reedshulle 2014-veldtogvan stapel gestuuren bome by die in-gang tot die dorp,vanaf Swellendam, staan reeds getooi in pienk. Die rolle pienk lap word tans gesny,waarna dit verkoop word en om bome in die dorp gedraai word. Bredasdorp iseen van 96 dorpe wat hierdie jaar weer deelneem aan die inligtings- en geldinsame-lingsveldtog. In 2013 het 55 dorpe deelgeneem, wat beteken dat die inisiatiefbesig is om momentum te kry. Vir lappe, bel Amy Neethling by 082 958 9753of Beulah Erasmus by 082 485 6519 FOTO: ORA LAUBSCHER

Bredasdorpers jag erfenisskatteORA LAUBSCHER

Dit was ’n strawweskattejagtog deur diedorp vir elk van die 48spanne van vierwat in-geskryf het.DieErfenis-skattejag

kan beskryf word as ’nmengsel van die tweebaie gewilde televisie-reekse Amazing Raceen Survivor.Dit was ’n resies teen

tyd van een erfenister-rein na die volgende enleidrade moes telkensontsyferwordalvorensdeelnemersnadievolgendepuntkon vertrek.Daar aangekom, moes hulle

eers sekere uitdagings afhandelen daarbenewens is Bredasdorp

glad nie ’n plat dorp nie!Die wenners was die span wat

die Werk vir Vuur-manne ver-teenwoordighetenhullehetheeleerste die strawwewedloop teen

tyd voltooi. Hulle het asSurvivor hotshots inge-skryf.Hulle kommentaar het

gewissel tussen “heerlik”,“fantasties maar tough”en“lekkerenopwindend”.Diémanneisoorgehaalvirnog so ’n Erfenisdagresiesvolgende jaar.Diekommentaarvandie

ander deelnemers – diejongste was 10 en die oud-ste amper 70 – was ewe po-sitief, alhoewel nie almalgedinkhet ditwas ewe lek-ker ombulte te klim en omso moeg te word nie.

Die yskoue koeldrank waar-mee hulle by die eindpunt ver-welkomisendieheerlikeerfenisbraaivleis het egter alles diemoeite werd gemaak.

Hier is hulle – die wenners van die 2014 Erfenisresiesop Bredasdorp. Van links is spanleier Ivan Mentoor, Na-thanDyk, brandweerleier RavenReynekeenRoaneVywer.

FOTO: ORA LAUBSCHER

Page 5: Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 30 September 2014 5

Boskloof woeker met bye,veldblomme en woordeThys de Villiers is diederde De Villiers-geslagwat op Boskloof boer –een van die oudste plasein die Overberg tussenStanford en Napier.

Met sy kamtig-ampteli-ke aftrede in 2002 het hy sysaai- en skaapboerdery enmelkery laat vaar en homtoegespits op veldblommeen byeboerdery. En ooktyd gemaak vir ’n ander le-wenstaak – omBoskloof sefamiliegeskiedenis deur aldie moederlyne tot byvolksplanting/binnekomsin Afrika neer te pen.Die verskyning van sy

boek Boskloof – ’n Over-bergplaas, isonlangssaammet al wat ’n boer is in die kontreien familie gevier by die bekendeplaaswinkel, Van Brakelstoor.Dienavorsingenskryf (tik-tikmet

twee vingers) was ’n taak van vas-byt. “Boskloof is nou nie in gemeen-skapsbesit of besonder bekend soos’nGrootConstantia of ’nVergelegennie. Gevolglikmoet die manwat on-derneem om die herkoms van ’n en-kele plaas (ennie eensonderdiever-naamste in die streek nie) op te te-ken, seker sy kop laat lees? Of hoe?”sê Thys in die inleiding.Thys se navorsing is asembene-

mend en ’n bewys van deursettings-vermoë soos dié van die voorgeslag-te wat hul in die kontrei kom vestighet.Veertig tot 60 besoeke aan die Ar-

gief. Tien besoeke aan die Aktekan-toor, Suid-Afrikaanse Biblioteek enKartografie. Tien besoeke aan dieCaledon-museum. Tien besoeke aanverskillende biblioteke. Honderdeure se opleeswerk.“Maar daar is soveel mooi stories

inonsbuurt.Meeste isnieopgeskryfnie; dit is oorvertellingewat behouemoet bly,” verduidelik Thys sy vol-gehoue passie.Die boek handel oor die vroeë fa-

milies van die area, oor Karnmelks-rivier, Boschvallei, Berggrond, dieversnippering (Overbergse lenings-plase wat onderverdeel is) en na-tuurlik Boskloof en sy mense.Wat dié boek so lekker leesbaar

maak, al ismensonvertroudmetdiearea, is hoe dit geskryf is. Thys ver-

tel ’n storie op ’n manierwat sy fyn humorsin uitligen hy kan ’n ding mooiraaksien en raaksê.Die boek is vol wegge-

steekte vonkel-vertellings.Een so ’n vertelling (op bl.79) is oor hoe hy sy vrou,Christa Müller, ontmoethet toe hy destyds by dieKWV in die Paarl gewerkhet en gehoor het Hoër-skool Gimnasium se Xho-sa-juffrou bied aandklasseaan.Thys se kennis oor die

kontrei se geskiedenis isbo alle twyfel. Sy liefde virdie streek, en vir Boskloof,is duidelik. Die feit dat om-trent die hele kontrei seboere opgedaag het, en sy

buurman van Appelsdrift spesiaalsykuier inNewYorkkortgekniphetom die geleentheid by te woon,spreek boekdele.Met die boek sê Thys is sy storie

nou voltooi. “Selfs al was Boskloofnie die oudste plaas nie, selfs al konhy nie op die eerste binnenshuiseswembad aan die Kaap of die besteboer in Suid-Afrika aanspraakmaak nie; en selfs al het hy nie dieoudste meulrat of die hoogste kon-sentrasie Ericas nie, sou ek steedsnie hierdie stukkie aarde vir enigeander wou verruil nie.”Dieboekgeemensopnuutwaarde-

ringvirdiegeslagtevanfamilieswatdie kontrei bewaar, en onthoumensweer die rûens vol lusern en geel ca-nola gebeur nie net sommer so nie.

By die boekbekendstelling is van links Thys de Villiers, Jan vanBrakel en Piet van Deventer. FOTO: ANNELIZE MOUTON

Vyf-en-tagtig kersiesvir VLV KaaplandDie vyf-en-tagtigste bestaansjaarvan die Vrouelandbouverenigingvan Kaapland is vanaf 19 tot 21 Au-gustus tydens die organisasie sejaarkongres in Upington op elkemoontlike manier gevier.’nSplinternuwetrofee isbekend-

gestel vir die sirkel wat die meestepuntebehaal indienaaldwerkafde-ling (borduur-, hekel-, brei-, enma-sjienwerk) en sirkel Overberg wasdie eerste ontvanger daarvan. Ditwasdiesomtotaalvan’neersteplekwat verower is deur Pam Donkinvan Bredasdorp vir naaldwerk,asook ’nderdeplekvir knoopwerk,’n tweede plek wat deur Hermienvan Zyl van Kleinmond verower isvir breiwerk en ’n derde plek virMarie Spamer van Bredasdorp virweefwerk. Corrie Fourie van dieJongensklip-tak was vierde met

haar gehekelde sak en vyfde methaar knoopwerk, terwyl Ninnie duToit van Kleinmond ’n sesde plekbehaal het met haar borduurwerk.In die kunste- en handvlyt-afde-

ling het Berta Koekemoer vanHer-manus die sirkel se naam hoog ge-hou met ’n vierde plek vir fotogra-fie en ’n vyfde plek vir haar Fleuret Skoen-inskrywing.Erika Lubbe, VLVK-president

vir nege jaar, het uitgetree. Dienuutverkose VLVK-president isKarien van Schalkwyk (née DeKock).Sy lei vir VLVK ’n nuwe tydvak

in. 70% van die lede is rekenaarge-letterd, diewebwerf en die takke seFacebook-blaaie is baie gewild enkinders oorsee verplig lede om teGoogle en te Skype om op hoogtete bly met nuwe ervarings.

Hier staan die sirkelbestuur tydens die bekendstelling van die gedenkblikkie envertoon trots die trofeë wat saamgekom het van Upington af.

Shine trakteer ’n ieder en ’n elkDie Shine-ontwikkelingsprojek lewer maat-skaplike ontwikkelingsdienste op 34 plase watlede is in die Villiersdorp/Vyeboom-omge-wing. Dié program bevorder die vermoëns enselfbeeld van mense deur middel van ontwik-kelingsprogramme. Die oogmerk is om geson-de gemeenskappe te kweek wat beter sosialeen ekonomiese bydraes kan lewer.

In Augustuswasdit tydom330Shine-jeugdiges tebederfmet ’n joligemusiekkon-sert. Kunstenaars soos Afrikaans Ruk, Maddy en die UCK Dansgroep (van SA’sGot Talent) het die gehoor op hul voete gehad. In ware Shine-tradisie was dieaand ’n prettige en opbouende geleentheid waar heerlik saamgekuier is.

Op Saterdag 6 Septem-ber het Shine ouderge-woonte die skoner ge-slag bederf met sy jaar-likse Vrouedag. Daar isheerlik saam gekuier,gesmul aan lekkernye,gespog met mooi ge-skenke en kreatiwiteit isgevier met die hand-werkprojek van die og-gend. Karien Schoeman(spelterapeut van Wel-lington) het ’n briljanteouerskappraatjie gele-wer. Die oggend is op ’nhoogtepunt afgesluitmet ’n optrede deur dieimmergewilde komedi-ant Wayne McKay. Daarsal nog lank gegonsword oor hierdie lekker-lag-geleentheid.

Page 6: Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Theewaterskloof Gazette Classifieds Tuesday 30 September 20146

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

IN MEMORIAM

1015

STANLEY CLIVE JULIES28.09.2013

'n Jaar van hartseer isverby, maar in ons hartesal jy met liefde bly voort-leef. Rus sag. Van Ma enJulies familie.

STANLEY CLIVE JULIES28.09.2013

'n Jaar is reeds verby watjy weg is van ons. Diegemis is nog groot. Mooiherinneringe sal ons altydbybly. Ons gun jou die rus.Ashwell, Sharon & kinders

BEGRAFNIS-

DIENSTE

1025

DOVES-Begrafnisdien-ste/Funeral Services.Giving comfort. Takingcare. Caledon: 18 Pleinstr;028 212 3054. 09 Argonst,Hermanus Business Park,028 313 1741. Kleinmond:27 Main Rd, 028 271 4971.Gansbaai: 61 Main Rd, 028384 3344. Bredasdorp:Overberg Sentrum shop12, 087 630 2011.

GELUKWENSINGS

1030

RAAI WIE'S 1?BJORN-RAY JACQUES

4/10/2014Jy is die vonkel in onslewe! Van Mammie, Daddy,Boeta, Ouma, Auswin,Donaldon, Cheslin & Marco

VEELS GELUK met jou2de verjaarsdag Q'niciaVan Wyk op 28.09.2014.Liefde Mommy, Mamma,Ouma, Daddy, Ouma Hanaen Nana

PERSOONLIKE

DIENSTE

KINDERVERMAAK

1405

SPRINGKASTELE tehuur. Skakel Virginia 082321 4395.

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

PADSTAL/RESTAU-RANT,DASSIESFON-TEIN: Vir etes, funksiesen vele meer! Skakel 028214 1475.

KRUIEKENNER

1435

REGSDIENSTE

1440

FINCK PROKUREURSCALEDON. Skakel gerusRonnie Finck by 073 4950998/028 212 3206 om 'nkonsultasie te reël. Onsbeskerm u belange.Hawstraat 6, Caledon.

TE KOOP

ELEKTRONIES

& DIGITAAL

1625

COMPUTER SPECIALS.Pentium 4's fromR1299,00. Refurbishedwith warranty. Call DolfUys 072 705 8577.

ALLERLEI

1655

COT R150, Garage deurR600, Sitkamerstel R1200,Bar R500, 2 Banke R200,Mazda enjin & gearbox B3R6500, Enkelbed kop-stukke R800. Skakel 072466 6900

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

TE HUUR

1820

KRAGGEREEDSKAP. Virdie huur van hoëdruk-spuite en kraggereedskap.Skakel Gabriël van derMerwe by Overberg Diens-sentrum 083 551 5406 alleure.

Page 7: Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Theewaterskloof GazetteSchools - SkoleDinsdag 30 September 2014 7

Ovie-noodhulpkry hupstootDanksy ’n ruim skenking van Ken Sinclairvan Caledon Wimpy is die noodhulpspanvan Hoërskool Overberg nou goed toegerusvir die groot en belangrike taak wat hulledeurdie jaarby sportgeleenthedemoetver-rig.

Die span vir 2015 bestaan uit 21 leerders watverantwoordelik is vir noodhulpdiens by tuis-wedstryde. Die skenking van weerbestandebaadjiessal ingureweersomstandighedebeslishul taak vergemaklik.Leerders kry jaarliks die geleentheid om ’n

noodhulpkursusby tewoonwatdeuropgeleideinstrukteurs aangebied word. Hierdie oplei-ding, saam met die praktiese kennis wat hulleopdoen onder die toesig van volwasse nood-hulpwerkersengeneeshere,watookvrywilligediens verrig, is vir hulle van onskatbare waar-de. Die leerders werk in skofte en kan dus ookaan die sport van hul keuse deelneem.Die Ovies is dankbaar vir die ruim skenking

en sal die baadjies met trots dra.

Agter van links is Eddie Labuschagne, skoolhoof, VonéLourens, Coden Fouldien en Bertus Neethling, Wimpy-bestuurder. Voor staan Mari Groenewald, Ken Sinclair,Wimpy-eienaar en Steffani Magerman.

Drie klein Ovies van Laerskool Overberg hetonlangs pragtig op sport- en akademiese ge-bied presteer. Van links is Werner Brand, wen-ner van die o. 11-seunsMeestertennistoernooiwat in Somerset-Wes gehou is, Jessica Hess,wenner van die o.10-meisies Meestertennis-toernooi en Jadon Churchman, wenner van dieOverberg Engelse spelkompetisie.

Page 8: Theewaterskloof gazette 30 sept 2014

Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 4 • Dinsdag 30 September 2014 | Tel. 028 214 1294

Nicholas Stegmann is a Gr. 7 learner at ApplewoodPreparatory who represented South Africa in the Euro-pean water-skiing championship last month. Twenty-one countries were involved with more than 100 com-petitors. Nicholas took part in the u. 14 category andis now ranked sixteenth in the Euopean and Africanslalom listing. He is, however, only u. 13 and is rankedfourth in this age group.

Deuston Oliver van Hoër-skool Overberg is verkiestot die Boland o. 18-se-wesspan. Hulle gaan op6 en 7 Oktober in Kemp-tonpark deelneem aandie interprovinsiale toer-nooi.

Laerskool Overberg het onlangs hulle jaarlikse o. 13-sporttoer na die Suid-Kaap (George) onderneem. Klein Ovies het aan Laerskool Blanco se Top Gear-sportnaweek deelgeneem. Alle wedstryde het op Hoërskool Outeniqua se sportterrein plaasgevind. Agt-en-sestig klein Ovies het 21 wedstryde (hokkie, rugbyen netbal) gedurende die sportnaweek gespeel. Die o. 13B-netbalspan en die o. 13A-rugbyspan het al hulle wedstryde gewen. Die leerders het ook verskeiebesienswaardighede in die omgewing besoek.

Anika VenterrepresentedApplewoodPreparatorySchool andHelderbergGymnasticConnectionClub as part oftheWP teamatthe SAGF gymnastics competition (SouthZones) in Kuilsriver on 30 August. She’sthe proud winner of gold for four gymnasticroutines including vault, bar, beam andfloor. This competition is the highest levelshe could compete in for her gymnasticlevel. They can only compete on nationallevel once they are on level 4.

Mega-sportnaweek en ‘fest’ wag op OverbergDie Mega Sport Classic(MSC)-naweek vanaf Vrydag 17tot Sondag 19Oktober is ’n nuut-jie vir die Kaap Agulhas-streek,maar hierdie groot sportsaam-trek se hartklop is die oubeken-de, gewilde en gevestigde Voetvan Afrika-marathon.

Die sportnaweek by Mega Park,Bredasdorp,isgepakmethardloop-,stap-, atletiek- en bergfiets-uitda-gings en ontwikkelingmet die 38steVoet van Afrika-marathon as diehoogtepunt. Die wedloop staan al-ombekend as die taaiste marathonmet die warmste hart.Vir hierdie gesinsportnaweek,

wat ook die eerste Mega SportX-multisportekspo en ’n Oktoberfestmet ’n oempa-orkes insluit, spanAMG kragte saam met HoërskoolBredasdorp vir ’n BHS Top10-atle-tiekbyeenkoms, met sowat 1 000 at-lete van bykans 40 hoërskole en ’nverskeidenheid laerskole.Vir bergfietsryers regoor die pro-

vinsie, aangrensende dorpe en bydeelnemende skole wag daar opSondag 19 Oktober die eerste VoetvanAfrikaMTB-uitdaag oor 60 km,

30 km en 15 km.Die Voet van Afrika

Skole en alle anderjongmense in die Wes-Kaap word genooi omnou reeds op die MSCYouth Madness Face-book-blad aan te melden in te skryf vir die na-week lange jeugsport-program wat afrigting,toernooie en pryse salinsluit. MSC YouthMadness sal ondermeer ook pa-en-seun“chip en putt”, ’n XGames-buitelugspelemet ’n skaatsplank-park saam met die pro-fessionele skaatsplank-ryer, Chris van derMerwe, en afrigting entoernooie inbykanselkesportdissi-pline aanbied.Atlete kan uitsien na 42,2 km-,

21,1 km- en 10 km-roetes deur vandie mooiste, natuurskoonroetes inSuid-Afrika.Volgens EstherMöller, projekbe-

stuurder, open die SportX om 14:00Vrydag 17 Oktober en duur tot Son-

dag 19 Oktober om 15:00. Die Hoër-skool BredasdorpHSB se Top 10At-letiek vir laerskole begin die Vry-dag om 12:00 by die skool se baan,waarna die Pienk Toonjie-pretdrafen -stap vir mense en honde om18:00 begin.Saterdagoggend om 06:00 begin

die Voet van Afrika-marathon by

Mierkraal en kortdaarna die 21,1 km endie 10 km by MegaPark, voordat dieskoot klap vir die Ho-erskoleTop 10 om08:00by die Hoërskool Bre-dasdorp se baan.Alle atlete, pretlo-

pers, fietsryers en ou-ers van skoolatleteword genooi na dieheel eersteMegaOkto-berfest vanaf 18:30 Sa-terdagaand op MegaPark. Om lang rye tevoorkomkankaartjiesvooraf gekoop word.Sondagoggend van-

af07:30springdieberg-fietryers byMegaparkwegvirdie60km,30km

en 15km.VolgensEsther is diePienkToon-

tjie, tenbatevanPinkTrees forPau-line, vir alle skole, die hele gesin,werkspanne, kerkspanne, bure ensportklubs. Dit val saam met ’nToontjie-hondestap, ten bate vandie Vereniging teen Wreedheidteenoor Diere.

Alle navrae, inskrywings enkaartjies by www.megasportclas-sic.co.zaVoet van Afrika-padwedloopin-

skrywings – 42,2 km, 21,1 km, 10 kmen die Toontjie by www.topevents.co.za, Total Sports Bredasdorp entoonaangewende sportwinkels inKaapstad. Navrae by Esther by028 424 2890 .Top10-skoleatletiekinskrywings

by [email protected] byChristopher by 082 820 1033. Voetvan Afrika Bergfiets Uitdaag –60 km, 30 km, 15 km en kinderwed-ren by www.dirtopia.co.za. Navraeby Naas by 072 071 3092.Uitstallers by SportX (sport-

klubs, sporttoerusting, fiksheid, oe-fenklere, aanvullings, gesondheid,fietse, skaatsplanke, hengeltoerus-ting, jag,gesondheidskos,kosstalle-tjies, wyntuin) kan Esther by028 424 2890 bel.Mega Oktoberfest-kaartjies be-

skikbaar by ww.megasportclassic.co.za. Alle items eindig binnens-huis by Mega Park en toegang virdie naweek is gratis. Inskrywings-geld en toegangword egter vir akti-witeite van keuse betaal.

Deelnemers aan Voet van Afrika sweet dit uit.

Kom sluit aanby rolbalklubSaterdag20Septemberwasdieopeningvandierolbal-seisoen en soos in die verlede is die dag geborg deurdie Yamouyanis-familie.Pietie van Lille en Jos van der Westhuizen was die

uiteindelikewennersmetRiaanElsenPetulaFortuinin die tweede plek. Met die afskop van die nuwe sei-soen isditnoudieaangewese tydombydie rolbalklubte kom aansluit. Bel gerus vir Yvonne Pretorius by082 8511 866 vir enige verdere navrae.

Gavie du Toit (president), Jos van der Westhuizen en Pietie van Lille met diegesogte trofee. FOTO: YVONNE PRETORIUS