16
Reaksies van plante op die omgewing Lewensprosesse in plante J Gerber and J Goliath 1

Lewensprosesse in plante

  • Upload
    vilina

  • View
    308

  • Download
    1

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Lewensprosesse in plante. Reaksies van plante op die omgewing. Plant hormone. ◊Algemene funksies van die volgende planthormone: Ouksiene Gibberelliene Absisiensuur Ondersoek geotropisme en fototropisme deur die beheer van veranderlikes - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Lewensprosesse in plante

Reaksies van plante op die omgewing

Lewensprosesse in plante

J Gerber and J Goliath1

Page 2: Lewensprosesse in plante

Plant hormone◊ Algemene funksies van die volgende planthormone: Ouksiene Gibberelliene Absisiensuur Ondersoek geotropisme en fototropisme deur die beheer

van veranderlikes◊ Rol van ouksiene in geotropisme deur die regulering van

differensiële groei◊ Rol van ouksiene in fototropisme deur die regulering van

differensiële groei◊ Gebruik van planthormone in landbou: Ouksiene as onkruiddoders Ouksiene om apikale dominansie te beheer Ouksiene en gibberelliene om die ontwikkeling van vrugte

te verhoog/stimuleer.

J Gerber and J Goliath2

Page 3: Lewensprosesse in plante

Plant verdedigingsmeganismes

◊ Die rol van die volgende as plant verdeigingsmeganismes:

Chemikalieë (beskerming teen infeksie van patogeniese mikro-organismes en wat deur herbivore geëet word.

Dorings (beskerm plante teen diere wat hulle eet/waterverlies te verminder)

J Gerber and J Goliath3

Page 4: Lewensprosesse in plante

Aktiwiteit 1 - Tropisme

InstruksieVerduidelik aktiwiteit oor fototropisme en

geotropisme. In pare/groepe bespreek die inligting en

beantwoord die vrae wat volg.Na 15 minute moet elke paar/groep

terugvoering gee.

J Gerber and J Goliath4

Page 5: Lewensprosesse in plante

Plant hormoneVerrig ‘n spesifieke funksie wat verdere

groei en ontwikkeling van plante beheer. Stimuleer– ‘n proses word geaktiveer.Inhibisie– ‘n proses word gestop.

J Gerber and J Goliath5

Page 6: Lewensprosesse in plante

OuksieneGroep plant hormone wat hoofsaaklik

geproduseer word in die apikale meristeme van singels en wortels.

Indoolasynsuur is die mees algemene natuurlike ouksien.

Ouksiene beweeg afwaarts in die floeëm na selle laer in die plant.

J Gerber and J Goliath6

Page 7: Lewensprosesse in plante

Funksies van ouksieneStimuleer selverdeling.Stimuleer selverlenging.Bevorder apikale dominansie (landbou).Stimuleer ontwikkeling van bywortels.Veroorsaak tropiese bewegings in in

stingels en wortels.Stimuleer die ontwikkeling van vrugte.

J Gerber and J Goliath7

Page 8: Lewensprosesse in plante

Funksies van gibberellieneStimuleer verlenging van stingels.Stimuleer wortelgroei.Bevorder blomontwikkeling.Bevorder die groei van syknoppe.Stimuleer ontkieming van sade.

J Gerber and J Goliath8

Page 9: Lewensprosesse in plante

Funksies van absisiensuurInhibeer selverdeling en groei in stingels en

wortels.Voorkom groei van knoppe en sade in

winter. Bevorder afsnyding van blare en vrugte.Beheer oop –en teomaak van huidmondjiesBevorder rypwording van vrugte.

J Gerber and J Goliath9

Page 10: Lewensprosesse in plante

Rol van ouksiene in fototropisme Fototropisme is die

groeibeweging van ‘n plant of plantdele in reaksie op ‘n eensydige ligstimulus.

‘n Hoë ouksienkonsentrasie ontstaan aan die kant van die stingel verste weg vanaf die ligbron (skadukant)

Selverdeling en selverlenging word gestimuleer en selle aan skadukant groei dus vinniger.

Die stingel buig in die rigting van die ligbron – positief fototropies..

Negatiewe fototropisme vind plaas in wortels – groei weg van ligbron.

J Gerber and J Goliath10

Page 11: Lewensprosesse in plante

Rol van ouksiene in geotropisme

Jong saailing word horisontaal geplaas – wortels groei afwaarts en stingel opwaarts.

Ouksiene versamel aan die onderkant van die wortel.

Hoër ouksienkonsentrasie n die onderkant van die wortel inhibeer selverdeling en selverlenging.

Selle aan bokant van die wortel groei vinniger a.g.v. laer ouksienkonsentrasie.

Wortel buig afwaarts – positief geotropies.

Stingel buig opwaarts – negatief geotropies.

J Gerber and J Goliath11

Page 12: Lewensprosesse in plante

Gebruik van planthormone in landbouWortelvorming by steggies.Prusering van vrugte sonder sade.Rypwording van vrugte.Toename in grootte van vrugte.Stimuleer ontkieming van sade.Beheer van onkruid.Apikale dominansie.

J Gerber and J Goliath12

Page 13: Lewensprosesse in plante

Ouksiene as onkruiddodersSintyetiese onkruiddoders bevat hoë

konsentrasies ouksiene.Vesnel metabolisme van breëblaar,

dikotiele onkruide en stimuleer dus groei. Onkruide groei so vinnig dat hul

voedselproduksie en wateropname nie genoegsaam is nie.

Plante verswak en gaan dood.

J Gerber and J Goliath13

Page 14: Lewensprosesse in plante

Apikale dominansie Apikale dominansie vind plaas

wanneer die apikale knop van die hoofstingel sterker groei as die syknoppe laer af op die stingel.

Verwydering van die apikale knop – verwydering van ouksiene.

Meer syknoppe groei onder die apikale knop.

Snoei bevorder die greoi van syknoppe.

Die waarde van snoei – plant groei bosvormig en vrugvorming word beheer.

J Gerber and J Goliath14

Page 15: Lewensprosesse in plante

Plant verdedigingsmeganisme - dorings

Skerp dorings beskerm die plant teen herbivore.

Minder skade aan plante deur herbivore en plante kan aanhou met groei.

Beperk waterverlies.

J Gerber and J Goliath15

Page 16: Lewensprosesse in plante

Plant verdedigingsmeganismes - chemikalieë

Baie plante produseer chemikalieë wat ‘n rol speel in die verdeiging teen herbivore en patogeniese organismes.

Chemikalieë is giftig en beïnvloed die verteerbaarheid van plantmateriaal.

J Gerber and J Goliath16