4
Verjaardae hierdie week Saterdag Kaylee Rutters, 12A Ankia van Gund, 9C Sondag Ruan Claassen, 9F Dee-Jay Fritz, 9G Nicole Steenkamp, 11F Maandag Faith Davids, 12G Josay Kortrooi, 9G Nathan Pienaar, 10D Brandon Scheepers, 8C Dinsdag Demi van Zyl, 11E Woensdag Izél Minnie, 11F Donderdag Corné Cloete, 8D Hannelize Lombard, 11E Vrydag Corné Jordaan, 8D Tristan Koen, 8F Jovhan van der Westhuizen, 9B Vir diegene wat in 1976 al mens was, is die oorsprong van die vakansiedag wat ons môre vier, seker nie onbekend nie. Vir die grootste gedeelte van ons huidige jonger geslagte is die gebeure van 42 jaar gelede miskien net n storie in n geskiedenisboek. Tog herdenk ons môre die leerder-opstande wat op 16 Junie 1976 in Soweto begin het en landwyd uitgebrei het, tot só n mate dat daar vir n geruime tyd n noodtoestand in Suid-Afrika van krag was. Uit watter hoek ons ook al daarna kyk, Jeugdag gedenk die feit dat die jeug in verskil kan maak. Dat jongmense nie hul omstandighede as n gegewe moet aanvaar en ambisieloos voortploeter nie. Die jeug is die toekoms, en elkeen se toekoms begin vandag! Mag ons Framesby-jeug nooit terugdeins vir uitdagings nie. Mag hulle altyd vrae vra en antwoorde soek. Mag hulle altyd vashou aan die fundamentele waardes van omgee, verantwoordelikheid, regverdigheid, respek, verdraagsaamheid en betroubaarheid, en mag elkeen daadwerklik en dinamies bou aan hierdie land se toekoms! HIERDIE WEEK Gewone skooldae tot 14:15 Vraestelle en punte word gekontroleer deurgewerk onontbeerlik vir die identifisering van foute! Vrydag 22 Junie Saalbyeenkoms rapporte daarna beskikbaar Jong omroepers in wording! Luister na Framesby se eie radio-omroepers! Donovan Jerling, Nolene Spinks en Dylan Windvogel môre is 'n hele drie ure agter PEfm se mikrofoon. Hierdie drie het die afgelope twee Saterdae opleiding by dié radiostasie ondergaan en is nou gereed om vanaf 9:00 - 12:00 Saterdag, 16 Junie, die lugtyd op 87.6fm te vul. Baie geluk julle drie! Ons glo julle gaan kook! As deel van jeugdag is hulle dan ook vanaand te siene by die Youth Bash wat by die Victory Ministry Church op die hoek van Burt Drive en William Moffat- rylaan aangebied word. Kom geniet die saamwees met ander jongmense en kom luister na musiek - Nolene gaan ook optree. Toegang is gratis en die geleentheid is vanaf 18:00 - 21:00. Bring nie-bederfbare blikkieskos saam en wys jy gee om. Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie! Uitgawe 157: 15 Junie 2018 Kontakbesonderhede: [email protected] Jeugdag - Wat vier ons?

Jeugdag - Wat vier ons? · Landlopers baie besig in eksamentyd! mb-inisiatief maak harte bly ‘n Onlangse uitreik-inisiatief deur ‘n groep dogters van ons monitorbestuur is met

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jeugdag - Wat vier ons? · Landlopers baie besig in eksamentyd! mb-inisiatief maak harte bly ‘n Onlangse uitreik-inisiatief deur ‘n groep dogters van ons monitorbestuur is met

Verjaardae hierdie week

Saterdag Kaylee Rutters, 12A Ankia van Gund, 9C

Sondag

Ruan Claassen, 9F Dee-Jay Fritz, 9G

Nicole Steenkamp, 11F

Maandag Faith Davids, 12G Josay Kortrooi, 9G

Nathan Pienaar, 10D Brandon Scheepers, 8C

Dinsdag

Demi van Zyl, 11E

Woensdag Izél Minnie, 11F

Donderdag

Corné Cloete, 8D Hannelize Lombard, 11E

Vrydag

Corné Jordaan, 8D Tristan Koen, 8F

Jovhan van der Westhuizen, 9B

Vir diegene wat in 1976 al mens was, is die oorsprong van die vakansiedag wat ons môre vier, seker nie onbekend nie. Vir die grootste gedeelte van ons huidige jonger geslagte is die gebeure van 42 jaar gelede miskien net ‘n storie in ‘n geskiedenisboek. Tog herdenk ons môre die leerder-opstande wat op 16 Junie 1976 in Soweto begin het en landwyd uitgebrei het, tot só ‘n mate dat daar vir ‘n geruime tyd ‘n noodtoestand in Suid-Afrika van krag was.

Uit watter hoek ons ook al daarna kyk, Jeugdag gedenk die feit dat die jeug in verskil kan maak. Dat jongmense nie hul omstandighede as ‘n gegewe moet aanvaar en ambisieloos voortploeter nie. Die jeug is die toekoms, en elkeen se toekoms begin vandag! Mag ons Framesby-jeug nooit terugdeins vir uitdagings nie. Mag hulle altyd vrae vra en antwoorde soek. Mag hulle altyd vashou aan die fundamentele waardes van omgee, verantwoordelikheid, regverdigheid, respek, verdraagsaamheid en betroubaarheid, en mag elkeen daadwerklik en dinamies bou aan hierdie land se toekoms!

HIERDIE WEEK Gewone skooldae tot

14:15

Vraestelle en punte

word gekontroleer

deurgewerk –

onontbeerlik vir die

identifisering van foute!

Vrydag 22 Junie Saalbyeenkoms – rapporte

daarna beskikbaar

Jong omroepers in wording! Luister na Framesby se eie radio-omroepers! Donovan Jerling, Nolene Spinks en Dylan Windvogel môre is 'n hele drie ure agter PEfm se mikrofoon. Hierdie drie het die afgelope twee Saterdae opleiding by dié radiostasie ondergaan en is nou gereed om vanaf 9:00 - 12:00 Saterdag, 16 Junie, die lugtyd op 87.6fm te vul. Baie geluk julle drie! Ons glo julle gaan kook! As deel van jeugdag is hulle dan ook vanaand te siene by die Youth Bash wat by die Victory Ministry Church op die hoek van Burt Drive en William Moffat-rylaan aangebied word. Kom geniet die saamwees met ander jongmense en kom luister na musiek - Nolene gaan ook optree. Toegang is gratis en die geleentheid is vanaf 18:00 - 21:00. Bring nie-bederfbare blikkieskos saam en wys jy gee om.

Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie!

U i t g a w e 1 5 7 : 1 5 J u n i e 2 0 1 8 Kontakbesonderhede: [email protected]

Jeugdag - Wat vier ons?

Page 2: Jeugdag - Wat vier ons? · Landlopers baie besig in eksamentyd! mb-inisiatief maak harte bly ‘n Onlangse uitreik-inisiatief deur ‘n groep dogters van ons monitorbestuur is met

Framesby is trots op ....

Saterdag 16 Junie

Sondag 17 Junie

Maandag 18 Junie

Dinsdag 19 Junie

Woensdag 20 Junie

Donderdag 21 Junie

Vrydag 22 Junie

JEUGDAG Rugby: Southern Coastal Toernooi

DAG 6

DAG 7

DAG 8 DAG 9 Skole sluit Saalbyeen-koms Rapporte

Program vir hierdie week

Dis mos hoe ons netbal dinge kan doen! By Framesby is ons ernstig oor ons sport, maar gelukkig nooit tot ‘n mate waar wen ten alle koste die oorheersende oogmerk is nie. Omdat ons ook nie omgee teen wie ons meeding nie, kry ons soms swaar teen van die opponente teen wie ons kompeteer. Oor die jare pluk ons egter gereeld die vrugte van die harde lesse. So het ons netbalspanne vroeër vanjaar deelgeneem aan die Waterkloof-toernooi en harde bene gekou. Ons dames het egter teruggekom met ‘n nuutgevonde veggees en selfvertroue, en die afgelope naweek het alles mooi bymekaar gekom tydens die Oos-Kaap Skole-kampioenskappe wat in Oos-Londen gehou is. Ons meisies was op hul heel beste en het alle teenstand van die baan gevee. Ons O/14-span het ongelukkig in hul eerste wedstryd teen Pearson verloor, maar daarna skoonskip gemaak. Uiteindelik het ons eerstespan en O/16-span as Oos-Kaap kampioene uit die stryd getree en die O/14-span as die tweede beste in die Oos-Kaap. Daarme het hulle geskiedenis gemaak deurdat dit die eerste keer is dat al drie ons A-spanne deurdring na die SA-Skole Finaal. Hierdie toernooi word op 21 en 22 Julie in Boksburg aangebied. Daar moet in gedagte gehou word dat Saterdag se toernooi gevolg het op ‘n hele reeks uitklopwedstryde in die Challenge-reeks. Om alles te kroon het ons dames ‘n paar spanne teen wie hulle vanjaar al vasgeval het, lelik op die neus laat kyk!

Ons is ongelooflik trots op julle, meisies! Gaan neem Boksburg op horings en laat almal kennis neem van die ysters van die Baai!

Lara Hough, Bronwyn Goosen. Mekayla Koekemoer,

Leandri van Rhyneveld, Chanté Els, Danika Marais,

Danielle Vermaak en Lleigh Snyman.

Agter: Simoné du Randt, Lindie Jansen, Amy-Lee Janse

van Rensburg, Shanell Greyling, Jané Nel, Leila Holm en

Nikhe Vlok. Voor: Charlize Els, Hanniska van Vuuren en

Me. Twané Nell (Afrigter)

Agter: Juanita van Tonder, Lalla Schelbert (bestuurder), Kara van Heerden, Deidri Odendaal, Enré Lötter, Nieke Ebersohn (afrigter) en Abigail Appelgryn. Voor: Karla Scheffer, Elouise Moolman en Stephanie Oberholzer

Page 3: Jeugdag - Wat vier ons? · Landlopers baie besig in eksamentyd! mb-inisiatief maak harte bly ‘n Onlangse uitreik-inisiatief deur ‘n groep dogters van ons monitorbestuur is met

Ten einde in aanmerking te kan kom vir die OP-landloopspan, moet alle landloopatlete aan drie Saterdag-ligabyeenkomste deelneem. Ons atlete was dan baie besig oor die afgelope 3 naweke. Die kompetisie by hierdie byeenkomste is baie strawwer as by die Woensdagliga’s en die roetes is ook baie meer uitdagend as by die Woensdag-byeenkomste. Tydens die Varsvlei-byeenkoms van die afgelope Saterdag het die volgende atlete plekke behaal: Dogters: O/14: Anke Scheffer (2de), O/15: Keigh-Lee van Tonder (2de), O/16: Kari Nel (1ste) en Kelly Schmidt (2de). O/17: Lara de Bloe (1ste) en Lize-Me Otto (2de). O/19: Vicky Oelofse (1ste). Seuns: O/14: Gerhard Venter (1ste) en Wehan Smith (2de). O/16: De-Leon Strydom (2de), O/17: Björn Ferreira (1ste) en O/19: Janno Agenbag (2de). Twee onderwysers, mev. Corrie de Wit en mnr. Helmuth Terblans het ook deelgeneem! Baie geluk aan al ons atlete.

Middag-aand atletiek op ons baan Nadat Framesby verlede jaar ‘n baie suksesvolle atletiekbyeenkoms, waarvan ‘n deel van die program onder spreiligte voltooi is, aangebied het, word die byeenkoms weer vanjaar op groot aandrang aangebied. Volgens Mev. Marinda Cronjé, wat verlede jaar die inisiatief geneem het, behoort die byeenkoms heelwat meer atlete te lok, en sal daar ook ‘n paar nuwighede op die program wees. So gaan die rugby- en hokkieseuns dit uitspook in die naellope, terwyl die hokkiedogters ook in aksie gaan wees. Die byeenkoms sal op 21 September aangebied word en word geborg deur HAVAL.

Landlopers baie besig in eksamentyd!

mb-inisiatief maak harte bly ‘n Onlangse uitreik-inisiatief deur ‘n groep dogters van ons monitorbestuur is met baie groot waardering begroet toe hulle ‘n hoërskool in Soweto on Sea, ‘n oorwegend informele nedersetting aan die buitewyke van Port Elizabeth, besoek het. By hierdie geleentheid is vroulike higiëne-geskenkpakkies aan ‘n groep dogters oorhandig.

Hierdie wonderlike gebaar is moontlik gemaak deur ‘n gees van omgee onder ons dogters. Die dogters van Framesby het hul harte en beursies oopgemaak en so bygedra tot ‘n besondere oomblik in ‘n groot groep minder bevoorregte meisies se lewe. Baie dankie aan almal wat bygedra het. Mag ons elke dag die nood van ander raaksien en ons medemens se belange bo dié van onsself stel. Framesby is baie trots op julle!

Page 4: Jeugdag - Wat vier ons? · Landlopers baie besig in eksamentyd! mb-inisiatief maak harte bly ‘n Onlangse uitreik-inisiatief deur ‘n groep dogters van ons monitorbestuur is met

Nadat hulle in die uitdunrondte baie goed gevaar het, het twee van ons leerders, Carli van Onselen en Lize-Mé Otto, vroeg in Junie aan die semi-finaal van die ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem. By hierdie geleentheid, wat in George plaasgevind het, het hulle die Oos – Kaap verteenwoordig. Albei het aan die afdeling vir Graad 10 tot 12 deelgeneem. Carli het ‘n voorbereide toespraak gelewer terwyl Lize – Mé ‘n onvoorbereide toespraak moes lewer. Altwee het baie goed gepraat, maar ongelukkig het nie een van hulle deurgedring na die finale rondte nie. Ons is egter baie trots op hulle en hoop hulle bou op hierdie ondervinding en vaar volgende jaar sommer baie beter!

Atkv-redenaars Get moving! Also…add to your faith… —2 Peter 1:5 In the matter of drudgery. Peter said in this passage that we have become “partakers of the divine nature” and that we should now be “giving all diligence,” concentrating on forming godly habits (2 Peter 1:4-5). We are to “add” to our lives all that character means. No one is born either naturally or supernaturally with character; it must be developed. Nor are we born with habits— we have to form godly habits on the basis of the new life God has placed within us. We are not meant to be seen as God’s perfect, bright-shining examples, but to be seen as the everyday essence of ordinary life exhibiting the miracle of His grace. Drudgery is the test of genuine character. The greatest hindrance in our spiritual life is that we will only look for big things to do. Yet, “Jesus…took a towel and…began to wash the disciples’ feet…” (John 13:3-5). We all have those times when there are no flashes of light and no apparent thrill to life, where we experience nothing but the daily routine with its common everyday tasks. The routine of life is actually God’s way of saving us between our times of great inspiration which come from Him. Don’t always expect God to give you His thrilling moments, but learn to live in those common times of the drudgery of life by the power of God. It is difficult for us to do the “adding” that Peter mentioned here. We say we do not expect God to take us to heaven on flowery beds of ease, and yet we act as if we do! I must realize that my obedience even in the smallest detail of life has all of the omnipotent power of the grace of God behind it. If I will do my duty, not for duty’s sake but because I believe God is engineering my circumstances, then at the very point of my obedience all of the magnificent grace of God is mine through the glorious atonement by the Cross of Christ. Geneem uit My Utmost for His Highest, Oswald Chambers

Deidri Odendaal oorhandig die geskenkpakkies aan me. Lolitha Cqirana van die Soweto on Sea-hoërskool

Anneke oppad na New York!

Anneke Bushby is onlangs gekies om Suid-Afrika in Julie in New York te verteenwoordig in Dans, Drama en Mondeling. Sy sal daarna nog aanbly om Suid-Afrika te verteenwoordig in die Internasionale Princess Pageant-kompetisie. Sy keer weer op 18 Julie terug na Suid-Afrika. Baie geluk, Anneke en baie sterkte!