Upload
dangdieu
View
369
Download
36
Embed Size (px)
Citation preview
NKABV
Graad 10
Hersienings-
Graad 10
Graad 10boek
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10boek
Eksamen
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Graad 10
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-
Hersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekHersienings-boekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekboekHersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
enEksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-Eksam
en
Hersienings-
Verken_Exam Practice Book_COVER_Gasvryheidstudies_Gr10.indd 2 2011/09/02 3:19 PM
Graad 10 GASVRYHEIDSTUDIES
TOETS EEN Punte: 60
VRAAG 1 Verskeie moontlike antwoorde word vir elke vraag voorsien. Dui die korrekte antwoord aan deur slegs die letter langs die vraagnommer neer te skryf. 1.1 Hierdie toestel word gebruik om kos warm te hou en die water moet nie wegkook nie.
A Stoommantelketel
B Kantelbraaipan
C Bain-marie
D Salamander (1)
1.2 Hoekom moet ’n sjef ’n kokshoed dra?
A Die hoed dui op die posisie wat die kok beklee.
B Die hoed laat die kok sjiek lyk.
C Die hoed absorbeer sweet.
D Die hoed hou syof haar hare op hul plek. (1)
1.3 Brandveiligheid is noodsaaklik in ’n kombuis. Watter van die volgende moontlikhede
hou nie met hierdie begrip verband nie?
A Die toestand van draagbare verwarmers
B ’n Pot olie op ’n warm stoofplaat wat nie dopgehou word nie
C ’n Skoorsteen wat nie in ’n goeie toestand gehou word nie
D Die berging van skoonmaakmateriaal, veral olierige lappe, in ’n kas (1)
1.4 50 g sout = __________ kg
A 0,005
B 0,05
C 0,0005
D 0,5 (1)
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 1 7/2/2011 4:09:48 PM
2
1.5 As kos vinnig oor matige hitte in ’n bietjie warm olie geroer word, word dit __________.
A bedruip
B geglaseer
C gesoteer
D gegeur (1)
1.6 Wat is die term vir vinnig roer om die volume van ’n mengsel te vermeerder en die
mengsel te verdik deur lug te inkorporeer?
A Verroom
B Klits
C Vermeng
D Klop (1)
1.7 Die hooffunksie van koolhidrate is:
A om uitgediende selle te bou.
B om nuwe weefsel te bou.
C om ’n bron van energie te wees.
D om liggaamstemperature te reguleer. (1)
1.8 Vitamine C is:
A ’n stabiele vitamien.
B vetoplosbaar.
C hittestabiel.
D wateroplosbaar. (1)
1.9 Muffins waarvan die beslag te lank geroer is:
A moet nie voorgesit word nie.
B het ’n eweredige vorm.
C het ’n eweredige tekstuur.
D is bo-op gepunt. (1)
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 2 7/2/2011 4:09:48 PM
3
1.10 Vloeistowwe word by voorkeur gemeet volgens __________.
A massa
B gewig
C volume
D geeneen van opsies A, B of C nie. (1)
[10] VRAAG 2 Pas die items in Kolom A by die beskrywings in Kolom B. Skryf net die LETTER van jou keuse langs die nommer van die toepaslike vraag.
Kolom A Kolom B
2.1 Die bergingstemperatuur vir kouevleis, eiers en slaaisouse A 0 C–4 C
2.2 74 C B 5 C–74 C
2.3 Kookpunt C Kamertemperatuur
2.4 Koelkamertemperatuur D 5 C–100 C
2.5 18 C E Minus 18 C tot minus 24 C
2.6 Gevaarsone vir kos F Bevrore vleis
2.7 Ontdooi in die yskas G Bakterieë vermenigvuldig nie, maar die meeste word nie by hierdie temperatuur gedood nie
2.8 Kamertemperatuur H 100 C
2.9 Bevrore I 1 C–5 C
2.10 Veilige bevriesing J 0 C–74 C
K 212 C
L Gaar kos soos hoenderpasteie en vleisbrood word maklik sleg
M 5 C–63 C
N 0 C–18 C
[10]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 3 7/2/2011 4:09:48 PM
4
VRAAG 3 Lees die resep hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg:
MUFFINS 5 ml sout 50 ml suiker 375 ml melk 100 ml botter of margarien, gesmelt 15 ml bakpoeier 2 eiers 475 ml koekmeelblom 1) Laat die muffins ’n paar minute lank in die pan afkoel, maak dit los van
die pan, lig dit versigtig uit en laat dit op ’n draadrak afkoel.
2) Klits die eiers en die melk saam, en voeg die droë bestanddele saam met die gesmelte botter of margarien by. Meng net totdat al die droë bestanddele klam is – moenie te lank klop nie.
3) Plaas die droë bestanddele in ’n mengbak en roer deur totdat alles goed gemeng is. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele.
4) Smeer die holtes in ’n muffinpan goed met margarien. Voorverhit die oond tot 200 C.
5) Verdeel die beslag tussen die gesmeerde holtes in die pan. Bak teen 200 C vir 20–25 of tot goudbruin en deeglik gaar.
3.1 Resepte moet op ’n spesifieke manier geskryf word. Skryf die resep hierbo op die korrekte manier oor. Skryf die bestanddele in die regte volgorde en dan net die nommers van die stappe vir die metode neer. (Moenie die hele sin in elke stap van die metode oorskryf nie.) Voeg een verdere brokkie inligting by hierdie resep wat gepas is vir die produk. (16 ½) (8)
3.2 Teken ’n koringaar en voorsien jou tekening van byskrifte. (3) 3.3 Meel is ’n baie belangrike bestanddeel in die bakproses. Beskryf DRIE verskillende
soorte meel benewens koekmeel. (6) 3.4 Watter rol speel die eiers in die muffins? (2 ½) (1) 3.5 Motiveer hoekom mise-en-place so belangrik is by die voorbereiding van koekbakkery.
(4 ½) (2) [20]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 4 7/2/2011 4:09:48 PM
5
VRAAG 4 4.1 Jy moet ’n vrugteslaai van vars somervrugte berei. Stel ’n tabel op van DRIE gepaste
vrugte, klassifiseer hulle en noem ’n kenmerk van elke klas. (10) 4.2 Skryf ’n paragraaf oor hoe om vrugteslaai van gehalte voor te berei en voor te sit. (10) [20]
[TOTAAL: 60 punte]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 5 7/2/2011 4:09:48 PM
6
Graad 10 GASVRYHEIDSTUDIES
TOETS TWEE Punte: 60
VRAAG 1 Verskeie moontlike antwoorde word vir elke vraag voorsien. Dui die korrekte antwoord aan deur slegs die letter langs die vraagnommer neer te skryf. 1.1 Die mes en vurk word gewoonlik soos volg gedek:
A 25–30 cm uitmekaar.
B op die kleinbordjie.
C regs van die plekdekking.
D met die handvatsels gelyk met die rand van die tafel. (1)
1.2 Jogurt:
A is ’n melkproduk.
B het ’n vlabasis.
C kan ook ’n sorbet genoem word.
D is ’n produk wat van suurmelk gemaak word. (1)
1.3 Kies die korrekte antwoord om die volgende graansoorte en sade van fyn tot grof te
rangskik.
A Gerolde sade, volgraan, stampkoring, growwe sade
B Volgraan, gerolde sade, stampkoring, growwe sade
C Stampkoring, gerolde sade, volgraan, growwe sade
D Volgraan, stampkoring, gerolde sade, growwe sade (1)
1.4 Wanneer room geklits word:
A moet die toerusting koud wees.
B sal een koppie room wat geklits word, twee koppiesvol lewer.
C skei dit wanneer dit te lank geklits word.
D Al die bogenoemde. (1)
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 6 7/2/2011 4:09:48 PM
7
1.5 Uitstekende diens word gelewer wanneer:
A ’n mens aangenaam optree teenoor klante.
B ’n mens in mense se liggaamlike en geestelike behoeftes voorsien.
C ingeligte en vaardige personeel ’n positiewe houding het.
D tasbare dienste gelewer word. (1)
[5] VRAAG 2 Besluit of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs WAAR of VALS langs die toepaslike vraag. 2.1 Buffet-etes is geskik vir enige maaltyd, insluitend ontbyt. (1) 2.2 Ramekins word gebruik om individuele porsies voor te sit. (1) 2.3 “Blue Mountain” is ’n soort koffie. (1) 2.4 Die blommerangskikkings op ’n buffettafel moet van verskillende hoogtes wees. (1) [4] VRAAG 3 Voltooi die sinne deur die ontbrekende woord of woorde te verskaf. Skryf slegs die nommer van die vraag en die antwoord neer. 3.1 Plat breekgoed is __________. (1) 3.2 Stasie mise-en-place is __________. (1) 3.3 Die kookmetode wat gebruik word om eiers te posjeer, is __________. (1) [3]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 7 7/2/2011 4:09:48 PM
8
VRAAG 4 Pas die items in Kolom A by die beskrywings in Kolom B. Skryf net die LETTER van jou keuse langs die nommer van die toepaslike vraag.
Kolom A Kolom B
4.1 Ou eiers A Was eiers
4.2 Ekstra-groot eier B 60 C–65 C
4.3 Berg eiers C Gelatienagtige wit
4.4 Eierwitpoeier D Geposjeerde eier
4.5 Eierwit stol E Te lank gekook
4.6 Net aan die een kant gebak F 69 g
4.7 Vars eiers G 65 C–70 C
4.8 Gekraakte dop H Blink doppe
4.9 Groen ring I 61 g
4.10 Benediktuseiers J Meringue
K Omelet
L Geposjeerde eier
M Ronde punt na bo
N Gebakte eier
O Asyn
[10]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 8 7/2/2011 4:09:48 PM
9
VRAAG 5 ’n Kontrolelys verseker dat jy niks vergeet wanneer jy ’n luukse eetlokaal voorberei nie. Stel ’n lys op van al die items wat jy moet afmerk wanneer jy ’n werkstasie in die eetgedeelte van ’n luukse restaurant voorberei. [15] VRAAG 6 Jy het onlangs gekwalifiseer en beplan om ’n klein, gesellige en intieme restaurant met 50 sitplekke in ’n winkelsentrum te open. Die restaurant sal ongelisensieerd wees en hoofsaaklik ontbyt, pasta en biefstuk bedien. Aangesien hierdie projek nog in die beplanningstadium is, oorweeg jy verskillende vereistes. Beantwoord die volgende vrae: 6.1 Stel ’n lys op van die glase wat jy sal nodig hê en noem die rede vir jou keuse. (10 ½) (5) 6.2 Verduidelik hoe die eetgerei vir ’n buffet-ontbyt soggens vir die klante beskikbaar gestel
kan word. Sluit ’n lys van die verskillende eetgerei wat benodig word, by jou antwoord in. (4)
6.3 Verduidelik aan ’n werker hoe die linne geberg moet word. (4) 6.4 Beskryf die beginsels van die beplanning van ’n buffet. (10) [23]
[TOTAAL: 60 punte]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 9 7/2/2011 4:09:49 PM
10
Graad 10 GASVRYHEIDSTUDIES
TOETS DRIE Punte: 60
VRAAG 1 Verskeie moontlike antwoorde word vir elke vraag voorsien. Dui die korrekte antwoord aan deur slegs die letter langs die vraagnommer neer te skryf. 1.1 Watter kombinasie is die beste wanneer ’n spyskaart beplan word?
A Blomkool met kaassous en macaroni-kaas
B Tamatiesop en gemengde slaai
C Biefstuk en skyfies
D Pap en bredie, en brood-en-botterpoeding (1)
1.2 Die gewone hoeveelheid vir ’n porsie groente is:
A 80–100 g.
B 150–200 g.
C 65–80 g.
D 200–250 g. (1)
1.3 Wors is baie gewilde kos. Watter vleisproduk kom gewoonlik in alle soorte wors voor?
A Beesvleis
B Varkvleis
C Skaapvleis
D Hoender (1)
1.4 Wie is verantwoordelik vir kamerdiens?
A Die dienspersoneel vir die betrokke vloer
B Die hoofkelner vir die stasie
C Die kelner vir die stasie
D Die sitkamerpersoneel (1)
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 10 7/2/2011 4:09:49 PM
11
1.5 Die vleissnit wat prysgewys mees geskik is vir maalvleis is:
A varkdikrib.
B beesfilet.
C skaapboud.
D kalfsniertjies. (1)
[5] VRAAG 2 Voltooi die sinne deur die ontbrekende woord of woorde te verskaf. Skryf slegs die nommer van die vraag en die antwoord neer. 2.1 ’n Vaste spyskaart staan bekend as __________. (1) 2.2 ’n Suid-Afrikaanse ontbyt sluit die volgende in: __________. (1) 2.3 ’n Porsie gaar graankos soos hawermoutpap is __________ ml. (1) 2.4 Die Franse term vir ’n wynkelner is ’n __________. (1) 2.5 Die vermenging van twee of meer bestanddele staan bekend as __________. (1) [5] VRAAG 3 Pas die items in Kolom A by die beskrywings in Kolom B. Skryf net die LETTER van jou keuse langs die nommer van die toepaslike vraag.
Kolom A Kolom B 3.1 Pesto A Klein vierkante gevulde pasta
3.2 Carbonara B Tamatiesous, tamatie-concasse en parmesaankaas
3.3 Marinara C Conchigli 3.4 Spaghetti D Fettucini 3.5 Bolognaise E Fusilli 3.6 Ravioli F Eiers, spek en kaas 3.7 Skulpvormig G Seekos 3.8 Napolitana H Lang strooitjies 3.9 Graan I Maalvleis en tamatiepuree 3.10 Spiraalvormig J Basielkruid, dennepitte en olyfolie K Alfredo L Durum M Macaroni N Au beurre
[10]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 11 7/2/2011 4:09:49 PM
12
VRAAG 4 Noem die stukke eetgerei wat hieronder getoon word. Skryf die letter (A tot J) neer, en dan die naam van die item langsaan.
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
[10] VRAAG 5 5.1 Maalvleis is ’n uiters bederfbare produk en jy moet dus seker maak dat dit vars gemaal
is. Watter VIER voorstelle kan jy maak oor dinge waarop ’n mens moet let wanneer jy maalvleis koop? (4)
5.2 Dui aan hoe pasta gekook moet word. (6 ½) (3) [7]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 12 7/2/2011 4:09:49 PM
13
VRAAG 6 Jy is ’n kelner in ’n besige restaurant. Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Die restaurant is Vrydagaande baie besig. Baie mense daag om 19h00 op en is dus terselfdertyd klaar geëet. Baie mense vra dus hul rekeninge terwyl ander probeer betaal. Een van die kelners raak taamlik geïrriteerd en antwoord nogal kortaf dat hy op pad is met die rekening. Wanneer jy na sy tafel kyk, sien jy dat die sout- en peperpotte en die nageregborde nog op die tafel is. Die kelner neem bloot die rekening na die tafel en sit dit neer. Wanneer die klant die vouer oopmaak, moet hy ’n ander kelner vra om vir hom ’n pen te bring. Jy neem die vouer na die kasregister en voel terselfdertyd dit is taai. Wanneer die kelner die fooitjie kry wat vir hom gelaat is, is hy nie baie bly daaroor nie. Hy voel hy het meer verdien en is dus taamlik nors.
Noem watter probleme of foute in die gevallestudie voorkom en verduidelik hoe hierdie kwessies, waar moontlik, reggestel kan word. [6]
VRAAG 7 7.1 Verduidelik watter soort atmosfeer jy in jou restaurant behoort te skep en hoe jy dit kan
bereik. (8) 7.2 ’n Maaltyd word dikwels afgesluit deur koffie te drink. Verduidelik die prosedure om
koffie te skink. (6) 7.3 Wat is die DRIE belangrikste laaste stappe vir mise-en-place? (3) [17]
[TOTAAL: 60 punte]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 13 7/2/2011 4:09:49 PM
14
Graad 10 GASVRYHEIDSTUDIES
TOETS VIER Punte: 60
VRAAG 1 Verskeie moontlike antwoorde word vir elke vraag voorsien. Dui die korrekte antwoord aan deur slegs die letter langs die vraagnommer neer te skryf. 1.1 ’n Entrepreneur is iemand wat:
A sakegeleenthede gebruik om vir hom- of haarself geld te maak.
B ’n leemte in die mark vind.
C nuwe produkte ontwerp en bemark.
D al die bogenoemde doen. (1)
1.2 Die korrekte titel van die persoon wat gaste by die deur van die restaurant verwelkom,
is die:
A kelner/kelnerin.
B gasheer/gasvrou.
C maître/maîtresse d’hôtel.
D sjef. (1)
[2] VRAAG 2 Besluit of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs WAAR of VALS langs die toepaslike vraag. 2.1 Die hoogste stergradering vir ’n bed-en-ontbytonderneming is gewoonlik vyf sterre. (1) 2.2 ’n Mens moet elektriese toerusting ontkoppel voordat jy dit skoonmaak. (1) [2] VRAAG 3 Voltooi die sinne deur die ontbrekende woord of woorde te verskaf. Skryf slegs die nommer van die vraag en die antwoord neer. 3.1 Skoonmaakmiddels moet in ’n __________ pakkamer vir chemikalieë geberg word. (1)
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 14 7/2/2011 4:09:49 PM
15
3.2 __________ seep moet gebruik word om in die kombuis hande te was. (1) [2] VRAAG 4 ’n Klein herberg wat 48 gaste kan huisves, word binnekort geopen. Dit het ’n kroeg, ’n ontvangstoonbank en bedien volledige maaltye. Help die personeel deur ’n organogram op te stel om te toon watter soort werk beskikbaar sal wees. Maak seker dat jy die VIER funksionele en minstens TIEN toepaslike poste noem. (14 ½) [7] VRAAG 5 Dit is baie belangrik dat die higiëne en veiligheid van die werknemer en klant by die uitvoering van alle funksies in die kombuis voor oë gehou word. 5.1 Verduidelik hoe die kombuisuniform ’n rol speel in higiëne en veiligheid. (4) 5.2 Skoonmaak en ontsmetting is belangrik om veiligheid en sanitasie in die kombuis te
handhaaf.
a) Noem DRIE stowwe wat voedsel besmet. (3)
b) Noem VIER skoonmaakmiddels en noem watter rol hulle in die skoonmaakproses speel. (8)
5.3 Jy is die opsiener in die kombuis. Skryf ’n paragraaf waarin jy aan nuwe
kombuispersoneel verduidelik hoe hulle messe en lemme moet hanteer om beserings te voorkom. (6)
5.4 Verduidelik wat die volgende veiligheidstekens beteken:
a)
c)
b)
d)
(4) [25]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 15 7/2/2011 4:09:49 PM
16
VRAAG 6 ’n Vriend het aan jou geskryf om jou te vra oor die verskillende soorte akkommodasie wat beskikbaar is. Dié persoon het ’n beperkte begroting en moet ander akkommodasie as net duur hotelle en herberge oorweeg. Skryf ’n paragraaf om te verduidelik watter ander soorte akkommodasie beskibaar is en noem die rede hoekom elke soort goedkoper sal wees. [8] VRAAG 7 Die plaaslike kroeg, The Pig and Trotter, het onlangs afgebrand. Gedurende die ondersoek wat na die brand gedoen is, is daar vasgestel dat die brand in die kombuis ontstaan het. Niemand is beseer nie, aangesien al die personeellede die reëls betreffende brandveiligheid gehoorsaam het. 7.1 Beskryf kortliks DRIE moontlike gevare wat hierdie brand kon veroorsaak het. (9) 7.2 Watter reëls het die personeel gevolg om enige beserings te voorkom? (5) [14]
[TOTAAL: 60 punte]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 16 7/2/2011 4:09:49 PM
17
Graad 10 GASVRYHEIDSTUDIES TOETS EEN MEMO
VRAAG 1 1.1 C (1)
1.2 C (1)
1.3 C (1)
1.4 B (1)
1.5 C (1)
1.6 B (1)
1.7 C (1)
1.8 D (1)
1.9 D (1)
1.10 D (1) [10] VRAAG 2 2.1 I (1)
2.2 G (1)
2.3 H (1)
2.4 A (1)
2.5 C (1)
2.6 M (1)
2.7 F (1)
2.8 L (1)
2.9 E (1)
2.10 N (1) [10] VRAAG 3 3.1 Muffins
Bestanddele
475 ml koekmeelblom 50 ml suiker 15 ml bakpoeier 5 ml sout 2 eiers 375 ml melk 100 ml botter of margarien, gesmelt
Metode
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 17 7/2/2011 4:09:49 PM
18
4, 3, 2, 5, 1 Voorbeeld van variasie: Voeg kaneel en appel by (16 ½) (8)
3.2
(3)
3.3 Enige DRIE van die volgende (maksimum van twee punte per soort meel):
Volgraanmeel ( ) bevat 100% van die koringkorrel ( ) en kan gemaal of steengemaal wees. ( )
Witbroodmeel ( ) is nie so wit soos witkoekmeel nie. ( )
Bruinbroodmeel ( ) bevat meer fyn koringsemels, ( ) wat meer vesel by die dieet voeg. ( )
Bruismeel is sagte, wit meel ( ) waarby ’n chemiese rysmiddel ( ) gevoeg is om die gebak te laat rys. ( )
Semolina ( ) is die gemaalde endosperm van die koringkorrel. ( ) Dit het ’n hoë styselinhoud, ( ) en semolina van die hoogste gehalte word van durummeel gemaak. ( )
Koeskoes ( ) word van durumkoring gemaak. ( ) Nadat die semel en koringkiem verwyder is, ( ) word die endosperm gestoom, in klein korreltjies gedruk en gedroog. ( ) (6)
3.4 Verryk die mengsel
Dien as bindmiddel (2 ½) (1)
3.5 Enige VIER van die volgende:
Deur al die toerusting en gereedskap gereed te kry, ( ) die bestanddele te kry en hulle vooraf af te meet ( ) en om die bestanddele voor te berei, ( ) byvoorbeeld om neute te kap, kan jy verseker dat die bakwerk suksesvol sal wees ( ) want wanneer nat bestanddele by die droë bestanddele gevoeg word, ( ) word rysmiddels aktief. ( ) (4 ½) (2)
[20]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 18 7/2/2011 4:09:49 PM
19
VRAAG 4 4.1
Vrugte (enige drie) Klassifikasie Kenmerke
Aarbeie ( ) Sagte vrugte ( ) Sag, ( ) hoë waterinhoud, ( ) uiters bederfbaar ( )
Perskes, ( ) nektariens, ( ) pruime, ( ) kersies, ( ) druiwe, ( ) dadels, ( ) appelkose ( )
Pitvrugte ( ) Dun skil ( ) met ’n harde pit of klein pitjie ( )
Veselperskes ( ) Tropiese vrugte ( ) Soet, ( ) variasie in kleur, ( ) tekstuur ( ) en voorkoms ( )
Enige ander somervrugte ( ) Gepas vir die betrokke vrug ( ) Toepaslike punte ( )( )( )
(3 3) (9)
Een punt vir die korrekte keuse van somervrugte. (1)
4.2 Enige TIEN van die volgende:
Koop of pluk net jong, sagte slaaiblare, vrugte of groente. ( )
Voeg slaaisous net voor opdiening by, anders sal die slaai verlep. ( )
Gebruik kraakvars bestanddele wat afgespoel is. ( )
Bestanddele moet netjies gesny wees. ( )
Gebruik ’n skerp mes van vlekvrye staal om kneusing te voorkom. ( )
Berei die slaai voor net voordat dit voorgesit word. ( )
Bedek die slaai en hou dit in die yskas. ( )
Sit netjies voor. ( )
Maak seker dat alle bestanddele in die slaai geïdentifiseer kan word. ( )
Gebruik ’n verskeidenheid kleure in die slaai. ( )
Kies mooi bakke of dienskottels. ( )
Eksperimenteer met vrugtedoppe, soos ’n halwe pynappel wat uitgehol is. ( )
Garneer die slaai op ’n gepaste manier. ( ) (10)
[20]
[TOTAAL: 60 punte]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 19 7/2/2011 4:09:49 PM
20
Graad 10 GASVRYHEIDSTUDIES TOETS TWEE MEMO
VRAAG 1 1.1 A (1)
1.2 A (1)
1.3 D (1)
1.4 D (1)
1.5 C (1) [5] VRAAG 2 2.1 Waar (1)
2.2 Waar (1)
2.3 Waar (1)
2.4 Waar (1)
[4] VRAAG 3 3.1 ’n stuk breekgoed (1)
3.2 die voorbereiding van ’n werkstasie in ’n area waar kos bedien word (1)
3.3 saggies kook / prut (1)
[3] VRAAG 4 4.1 H (1)
4.2 I (1)
4.3 M (1)
4.4 J (1)
4.5 B (1)
4.6 N (1)
4.7 C (1)
4.8 O (1)
4.9 E (1)
4.10 L (1)
[10]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 20 7/2/2011 4:09:49 PM
21
VRAAG 5 5 Enige VYFTIEN van die volgende:
Item Ja Nee
Brood- en bottermesse ( )
Soplepels ( )
Vismesse en -vurke ( )
Vleismesse en -vurke ( )
Dessertlepels en -vurke ( )
Tee- en koffielepels ( )
Skeplepels en -vurke ( )
Smaakmiddels (souse, sout- en pepermeul) ( )
Mandjies vir brood en broodrolle ( )
Glase (waterglase, rooi- en witwynglase) ( )
Botteloopmaker en drie-in-een kurktrekker ( )
Ekstra skoon tafellinne (servette en tafeldoeke) ( )
Tee-/koffietoerusting (melkbekers, suikerpotte, koppies en pierings, teelepels) ( )
Tandestokkies ( )
Spyskaarte en wynlyste ( )
Onderbord ( )
Ekstra notaboek om bestellings aan te teken en pen ( )
Vouers vir rekeninge ( )
Ekstra kerse en vuurhoutjies ( )
[15]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 21 7/2/2011 4:09:49 PM
22
VRAAG 6 6.1 Koeldrank-/sapglase – om soggens sap of water en, wanneer nodig, koeldrank te
bedien
Bierglase – om saans bier te bedien want selfs hoewel die restaurant nie gelisensieerd is nie, kan klante hul eie bier saambring en bierglase mag dus nodig wees
Rooiwynglase – selfs hoewel die restaurant nie gelisensieerd is nie, kan klante hul eie wyn saambring en dus mag rooi- sowel as witwynglase nodig wees
Witwynglase – selfs hoewel die restaurant nie gelisensieerd is nie, kan klante hul eie wyn saambring en dus mag rooi- sowel as witwynglase nodig wees
Vonkelwynglase – ingeval klante hul eie vonkelwyn saambring (10 ½) (5)
6.2 Die antwoord kan enige VIER van die volgende insluit:
As die tafel nie gedek is nie, ( ) gaan haal die klante self die nodige eetgerei by die buffettafel. ( ) Hierdie eetgerei kan teelepels, messe, vurke, vismesse, visvurke, broodmesse en dessertlepels vir graankosse insluit. ( )
As die tafel gedek is, ( ) het elke plekdekking dalk net ’n dessertlepel, ’n mes en vurk en ’n broodmes. ( ) Die klante gaan haal die res van die eetgerei by die buffettafel, afhangend van hul behoeftes. ( ) (4)
6.3 Berg die linne op rakke wat met papier gevoer is, of draadrakke.
Hou items van dieselfde soort en grootte bymekaar.
Berg die linne met die vou na buite, aangesien dit dan makliker is om voorraadopname te doen.
Gebruik die EIEU-stelsel (eerste in, eerste uit). (4)
6.4 Enige TIEN van die volgende:
Rangskik die tafels só dat daar goeie vloei is – U-vormig, V-vormig of enige ander vorm wat vir die funksie en lokaal gepas is. ( )
Plaas die tafels naby die kombuis sodat die vloei van mense nie deur diens- of skoonmaakpersoneel onderbreek word nie. ( )
Stel twee bedieningspunte op om die vloei van diens te versnel. ( )
Varieer die hoogte van die geregte. ( )
Maak seker dat daar op elke tafel ’n fokuspunt is, soos dat die hoofgereg goed geplaas is. ( )
Onthou, eenvoud is belangrik. ( )
Rangskik geregte in volgorde van die spyskaart. ( )
Plaas warm geregte aan die punt van die bedieningsry van die buffet. ( )
Plaas souse en slaaisouse langs die voedselitem waarvoor dit bedoel is. ( )
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 22 7/2/2011 4:09:49 PM
23
Plaas duur voedselitems nader aan die agterkant van die tafel of nader aan die punt van die bedieningsry. ( )
Maak seker dat die skepgerei vlekkeloos skoon is. ( )
Hou voedsel- en veiligheidsaangeleenthede in gedagte. ( )
Plaas spesiale voedselbehoeftes afsonderlik, verkieslik met naamkaartjies. ( ) (10) [23]
[TOTAAL: 60 punte]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 23 7/2/2011 4:09:49 PM
24
Graad 10 GASVRYHEIDSTUDIES TOETS DRIE MEMO
VRAAG 1 1.1 C (1)
1.2 C (1)
1.3 B (1)
1.4 A (1)
1.5 A (1) [5] VRAAG 2 2.1 table d’hôte (1)
2.2 boerewors, sosaties, gebakte boontjies en sampioene (1)
2.3 200–250 (1) 2.4 sommelier (1)
2.5 vermenging (1)
[5] VRAAG 3 3.1 J (1)
3.2 F (1)
3.3 G (1)
3.4 H (1)
3.5 I (1)
3.6 A (1)
3.7 C (1)
3.8 B (1)
3.9 L (1)
3.10 E (1)
[10]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 24 7/2/2011 4:09:49 PM
25
VRAAG 4 A) dessertlepel (1)
B) lepel vir koeldrank met roomys (1)
C) teelepel (1)
D) soplepel (1)
E) vismes (1)
F) visvurk (1)
G) broodmes (1)
H) dessertvurk (1)
I) steakmes (1)
J) vleismes (1) [10]
VRAAG 5 5.1 Enige VIER van die volgende:
Gemaalde bees- of skaapvleis moet ’n ryk, helder kleur hê en nie ligrooi of pienk wees nie. ( )
As maalvleis lig van kleur is, bevat dit dalk proporsioneel baie vet. ( )
Wees op die uitkyk vir maer, fyngemaalde, klam maalvleis van goeie gehalte. ( )
Grofgemaalde, vetterige maalvleis sal nie goeie resultate lewer nie. ( )
Vermy enige maalvleis wat droog lyk en donker van kleur is. ( )
Maalvleis moet vars ruik. ( ) (4)
5.2 Plaas die pasta in kokende sout water waarby olie gevoeg is om te voorkom dat die pasta vassit.
Kook totdat dit al dente is.
Dreineer en sit onmiddellik voor. (6 ½) (3) [7] VRAAG 6 6 ’n Kelner moet geen tekens van irritasie toon nie en moet kalm, beleefd en
professioneel bly.
Die sout- en peperpotte asook die breekware wat vir die nagereg gebruik is, moes afgedek gewees het voordat die rekening voorgelê is.
Die rekening moet aan die gasheer oorhandig of aan ’n bepaalde persoon gegee word.
Daar moet ’n pen in die vouer wees.
Die vouer moet skoon en sonder enige taaierigheid wees.
Die kelner moet waardering toon vir enige fooitjie, die klant bedank en hom of haar vriendelik groet. [6]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 25 7/2/2011 4:09:49 PM
26
VRAAG 7 7.1 Enige AGT van die volgende:
Beligting: ( ) Vir ontbyt is ’n helder, sonnige vertrek mooi en minimale beligting word benodig. ( ) Bedags is helder en natuurlike lig die beste. ( ) As etes saans bedien word, gebruik kerse en/of sagte beligting. ( )
Musiek: ( ) Die keuse moet by die dekor ( ) en die tyd van die dag pas. ( )
Lewende plante ( ) moet goed versorg wees om doeltreffend te wees. ( )
Temperatuur: ( ) Egalige, gemaklike temperatuur ( ) moet gehandhaaf word. As dit warm is, mag lugversorging nodig wees, ( ) maar as dit in die winter koud is, kan verhitting of kaggelvure nodig wees. ( )
Rangskikking van tafels: ( ) Die antwoord moet by die styl van die restaurant pas. ( ) (8)
7.2 Enige SES van die volgende:
As jy koffie uit ’n koffiepot met ’n kort tuit skink, tel die koppie op. ( )
As jy koffie uit ’n koffiepot met ’n lang tuit skink, kan die koffie op die tafel bly. ( )
Skink of bedien koffie vanaf die regterkant. ( )
Plaas ei oor van die koppie aan die regterkant. ( )
Plaas die teelepel regs of agter die koppie, ( ) terwyl die oor van die koppie na regs gedraai is. ( )
Bied die koffie met warm of koue ( ) melk ( ) en suiker aan. ( ) (6)
7.3 Enige DRIE van die volgende:
Verwyder alle vuil glase en leë bekers of houers. ( )
Verwyder alle gebruikte skottels en eetgerei. ( )
Bedek alle vrugte wat oorgebly het, met plastiek en plaas dit in die yskas. ( )
Dek alle tafels af en verwyder die tafeldoeke. ( )
Vee die toonbanke en tafels af. ( )
Skakel die masjiene vir warm dranke af en maak hulle skoon. ( )
Rangskik die tafels en berei die eetkamer vir die volgende bediening voor. ( )
Volg die korrekte skoonmaakprosedures vir die linne, eetgerei, glasware en enige ander toerusting. ( )
Berg die linne, breekgoed, eetgerei, glasware en toerusting op die korrekte plek en manier. ( )
Sluit pakkamers en kaste. ( ) (3) [17]
[TOTAAL: 60 punte]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 26 7/2/2011 4:09:49 PM
27
Graad 10 GASVRYHEIDSTUDIES TOETS VIER MEMO
VRAAG 1 1.1 D (1)
1.2 C of B (1) [2] VRAAG 2 2.1 Waar (1)
2.2 Waar (1)
[2] VRAAG 3 3.1 afsonderlike (1)
3.2 Anti-bakteriese (1) [2] VRAAG 4 4
Algemene bestuurder
Assistent-bestuurder
Ontvangskantoor Kos en drank Voedselbereiding Akkommodasie
Besprekings-bestuurder K & D-bestuurder Hoofsjef Huishoudster
Ontvangsdame Hoofkelner Sous-sjef Skoonmakers
(14 ½) [7]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 27 7/2/2011 4:09:49 PM
28
VRAAG 5 5.1 Enige VIER van die volgende:
Vuiligheid kan goue op ligte kleure gesien word. ( )
’n Dubbelborsbaadjie en lang moue beskerm die liggaam teen hitte en moontlike brand- en skroeiwonde. ( )
’n Lang voorskoot beskerm die bene teen spatsels en warm kos. ( )
’n Kokshoed voorkom dat hare in die kos beland en absorbeer sweet. ( )
Skoene moet rubbersole hê en liefs van leer gemaak wees om voete te ondersteun en te beskerm. ( )
Tekstielstof moet sterk, duursaam en wasbaar wees aangesien uniforms elke dag gewas moet word. ( ) (4)
5.2 a) Enige DRIE van die volgende:
Stof en vuiligheid op oppervlakke waar voorbereiding gedoen word ( )
Ander kossoorte ( )
Afval waarvan daar op die korrekte manier ontslae geraak moet word ( )
Kruisbesmetting deur mense ( )
Kombuispeste soos rotte en insekte ( ) (3)
b) Enige VIER van die volgende:
Seep ( ) sal olierigheid en vetterigheid oplos. ( )
Ontsmettingsmiddels ( ) sal die meeste kieme dood. ( )
Stoom ( ) is ’n steriliseerder en dood alle kieme. ( )
Saniteermiddels ( ) los vetterigheid op en dood kieme. ( )
Antiseptiese middels ( ) beheer en dood kieme op jou liggaam. ( ) (8)
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 28 7/2/2011 4:09:49 PM
29
5.3 Die paragraaf moet enige SES van die volgende punte insluit:
Gebruik die gepaste mes vir die spesifieke taak, byvoorbeeld ’n ontbeningsmes om bene uit vleisstukke te verwyder. ( )
Hou messe skerp, want stomp messe vereis bykomende druk, wat tot snywonde kan lei. ( )
Volg die vervaardiger se aanwysings om messe skoon en skerp te maak. ( )
Sorg dat daar geen vetterigheid op die handvatsles van die messe is nie. ( )
Sorg dat wanneer messe vasgehou of gedra word, die punt altyd na onder is. ( )
Plaas messe plat op ’n oppervlak neer. ( )
Sorg dat, wanneer jy messe skoon vee, die punte van die lemme weg van jou liggaam is. ( )
Moenie messe in die opwaswater plaas nie, want iemand kan per ongeluk sy of haar hande sny. ( ) (6)
5.4 a) Daar is ’n risiko van gevaar
b) Gehoorsaam / voer die opdrag uit
c) Stop – jy moet niks doen nie
d) Brandbestrydingstekens (4)
[25] VRAAG 6 6 Selfsorg-chalets en woonstelle – gaste kook hul eie kos en berei hul eie maaltye
voor en diens is beperk
Kampeerterreine – gaste bly in hul eie tente
Karavaanparke – gaste bly in hul eie karavaan en/of tent, of huur ’n karavaan
Hostelle vir rugsakreisigers – gaste gebruik gemeenskaplike slaap- en wasfasiliteite [8]
VRAAG 7 7.1 Enige NEGE van die volgende:
Vullis: ( ) ’n Opeenhoping van kartonne, verpakkingsmateriaal ( ) en ontvlambare produkte. ( )
Elektrisiteit: ( ) Elektriese bedrading is ’n bron van hitte – ( ) ’n fout in die bedrading kan ’n brand veroorsaak. ( ) Verwaarloosde bedrading en die verkeerde gebruik van elektriese toestelle ( ) is die grootste oorsaak van brande. ( )
Toestelle: ( ) Olie wat sonder toesig in die diepbraaier, op die stoof of in die oond ( ) gelaat word, kan oorverhit en begin brand. ( ) (9)
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 29 7/2/2011 4:09:49 PM
30
7.2 Enige VYF van die volgende:
Hulle het al die toestelle afgeskakel. ( )
Hulle het al die vensters en deure toegemaak. ( )
Hulle het die ontsnappingsroete gevolg. ( )
Hulle het kalm gebly en nie gehardloop nie. ( )
Hulle het onmiddellik na die versamelpunt gegaan. ( )
Hulle het nie omgedraai om hul besittings te gaan haal nie. ( )
Die personeel buite die kombuis het nie ’n deur oopgemaak nie. ( ) (5) [14]
[TOTAAL: 60 punte]
Gasvryheidstudies Toetse.pdf 30 7/2/2011 4:09:50 PM
www.mml.co.za
Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad
Kantore in Johannesburg, Durban, King William’s Town, Pietersburg, Bloemfontein en
Webwerf: www.mml.co.za
© Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.
gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word
inligtingsbewaring.
graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.
Eerste uitgawe 2011
Verken_Exam Practice Book_COVER_Gasvryheidstudies_Gr10.indd 1 2011/09/02 3:19 PM