16
VRYDAG 18 JULIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Pikkie se groenboontjiebredie is pure winterkos. Niël Stemmet deel dié resep uit sy blitsverkoper agter+blad op www.bloemnuus.co.za, die webblad van Bloemnuus. Jens Friis NIËL STEMMET se kosboek agter+blad verkoop soos soetkoek – en met rede, want nes sy voorganger sout+peper, kan dit ééndag Africana word. Maar in albei dié kroonwild-boe- ke gaan dit eerder oor die beskry- wings van die lewe toe eenvoud nog ’n towerwoord was en mense mekaar geméns het om aan die lewe te bly. Dié bobaaskok en uitsoek-agter- bladskrywer kuier vandag om 10:00 op die Vryfees. In die Diakonale Lokaal 1 van die Van der Merwe Scholtz-saal sal hy gesels oor waar sy inspirasie vandaan kom. Die boekegesprek is gratis. Dit word na jou gebring deur die Boekefees, geborg deur Van Rensburg-patoloë, (sien adver- tensie hierbo), Lapa en die mediaborg Bloemnuus. Niël, ’n oud-Upingtonner, kom spesiaal vir die geleentheid van De Kelders naby Hermanus waar hy deesdae ’n gastehuis besit. ’n Mens kan jou net voorstel aan watter watertand-geregte die gaste aan sy tafel daar aansit. Maar agter+blad gaan oor veel meer as net erfeniskos. Soos Elmari Rautenbach verlede week in Rapport geskryf het: “Dit is ’n boek wat die hartsnare tokkel en selfs ’n traan bring. Waar Ouma ’n sny warm witbrood met botter en perskesnipperkonfyt smeer, twee skyfies kaas opsit en sê: ‘Vertel my van jou dag.’ Waar stories (die skrywer se agterblad- rubrieke in die tydskrif Tuis) met foto’s afgewissel word, terloopse resepte en talle lesersbriewe.” Stel jou selfoon se wekker vir 09:30 (kom betyds, die lokaal kan vol raak) en kom kuier saam oor kos uit vergange jare. S Ook Dana Snyman vertel eg en met deernis stories van ons land se gewone mense. In Onder die radar skryf hy met nederigheid en respek oor die mense wat ander- sins ongesiens lewe, en in die proses verryk hy ons. Dana is om 17:00 aan die woord. S Die Bloemfonteiner Zarine Roodt gesels môre om 10:00 oor Enkelreis, memoires van ’n dapper vrou wat tydens haar besoek aan labirinte in Engeland en ’n Griekse eilandjie gaandeweg haar binnewêreld leer ken. Dié kosboek is kroonwild

Bloemnuusbl 20140718

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140718

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20140718

VRYDAG 18 JULIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Pikkie se groenboontjiebredie is pure winterkos. Niël Stemmet deel diéresep uit sy blitsverkoper agter+blad op www.bloemnuus.co.za, diewebblad van Bloemnuus.

Jens Friis

NIËL STEMMET se kosboekagter+blad verkoop soos soetkoek– en met rede, want nes syvoorganger sout+peper, kan ditééndag Africana word.Maar in albei dié kroonwild-boe-

ke gaan dit eerder oor die beskry-wings van die lewe toe eenvoudnog ’n towerwoord was en mensemekaar geméns het om aan dielewe te bly.Dié bobaaskok en uitsoek-agter-

bladskrywer kuier vandag om 10:00op die Vryfees.In die Diakonale Lokaal 1 van

die Van der Merwe Scholtz-saal salhy gesels oor waar sy inspirasievandaan kom.Die boekegesprek is gratis.

Dit word na jou gebring deurdie Boekefees, geborg deur VanRensburg-patoloë, (sien adver-tensie hierbo), Lapa en diemediaborg Bloemnuus.Niël, ’n oud-Upingtonner,

kom spesiaal vir diegeleentheid van De Keldersnaby Hermanus waar hydeesdae ’n gastehuis besit.’n Mens kan jou net voorstel

aan watter watertand-geregtedie gaste aan sy tafel daaraansit.Maar agter+blad gaan oor veel

meer as net erfeniskos.Soos Elmari Rautenbach verlede

week in Rapport geskryf het: “Ditis ’n boek wat die hartsnare tokkelen selfs ’n traan bring. WaarOuma ’n sny warm witbrood metbotter en perskesnipperkonfytsmeer, twee skyfies kaas opsit ensê: ‘Vertel my van jou dag.’ Waarstories (die skrywer se agterblad-rubrieke in die tydskrif Tuis) metfoto’s afgewissel word, terloopseresepte en talle lesersbriewe.”Stel jou selfoon se wekker vir

09:30 (kom betyds, die lokaal kanvol raak) en kom kuier saam oorkos uit vergange jare.

S Ook Dana Snyman vertel eg enmet deernis stories van ons landse gewone mense. In Onder dieradar skryf hy met nederigheid enrespek oor die mense wat ander-sins ongesiens lewe, en in dieproses verryk hy ons. Dana is om17:00 aan die woord.

S Die Bloemfonteiner ZarineRoodt gesels môre om 10:00 oorEnkelreis, memoires van ’n dappervrou wat tydens haar besoek aanlabirinte in Engeland en ’nGriekse eilandjie gaandeweg haarbinnewêreld leer ken.

Dié kosboek iskroonwild

Page 2: Bloemnuusbl 20140718

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014

Page 3: Bloemnuusbl 20140718

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 3

SMia Buitendach van Bloemfontein, asookLouis en Sandra Holtzhausen van Zastron,vertrek einde Julie na Duitsland en Switzer-land vir die troue van Frans Holtzhausen enDajana Joseph, ’n Duitser.

Hulle het mekaar drie jaar gelede in dieMidde-Ooste ontmoet terwyl hulle al tweedaar gewerk het.

Die twee het na Switserland verhuis waarhy as bourekenaar werk en sy is ’n bemar-kingsbeampte vir ’n universiteit.

Ná die troue in die pragtige Swartwoud lê’n toer van Duitsland, Switserland, Italië enOostenryk voor. Mia sal ook familie inBelgië besoek.

S Die volgende lesers het kaartjies opwww.bloemnuus.co.za na Return of theAncestors op die Vryfees gewen: Barend vander Merwe, Yolandi Alberts, ChristieBester, Gerda van der Knokke, MimiSlabbert en Amy Kettles.

S Johann Ströhfeldt, ’n bouer en ontwikke-laar, is skuldig bevind op 21 aanklagte vanbedrog en tot 36 maande korrektiewe toesiggevonnis. Ströhfeldt het ’n pleit- en- vonnis-ooreenkoms met die staat aangegaan waarinhy skuld op al die aanklagte teen hom bekenhet.

S Loraine van Heerden wen twee kaartjiesna Snotkop se konsert. Sien die Dagboek virmeer besonderhede oor Snotkop (FrancoisHenning) se optrede.

S Torsten van Jaarsveld het ’n kontrakver-lenging losgespeel. Dié veelsydige voorspelersal tot 2016 ’n Cheetah wees.

S Sanet Kruger, die vrou van ChrisKruger, is vanjaar ’n finalis in die Mev.Suid-Afrika-skoonheidskompetisie. Chris, ’nknap senter wat saam met sy broer Jorrie(heelagter) vir die Vrystaat uitgedraf het, hetin presies 100 wedstryde die Wit Tornado setrui oor sy kop getrek. Hy werk deesdae astegniese adviseur vir Meadow-veevoere indie Vrystaat en Noord-Kaapland. Hy komdaagliks in aanraking met die boere vir wiehy voorligting oor voer gee. Sanet is ’nmediese verteenwoordiger.

SAnnalize Doubell, ’n hoofredaksielid vanVolksblad, is tuis ná ’n besoek aan Engelanden Pole.

S Die meeste mense in ’n lang tyd is inBloemnuus se lesersgebied in die afgelopekoue wintersdae oorlede. Hieronder tel:

* Sophia Maria Kotze (1923)* Susanna Elizabeth Nell (1923)* Peet van der Walt (1924)* Danie Nieuwenhuys (1926)* Gertina Cornelis Cloete (1927)* Alida Naudé (1927)* Lucia van Aswegen (1928)* Johanna Christina Vos (gebore DuPlessis) (1929)* Bettie Rossouw (1930)* Machel Johanna (Henna) Beeslaar (1931)* Andrew (Sebe) Makume (1932)* Pieter Müller (1935)* Christiaan Jozua Erasmus (1935)* Kenneth Louis Stofberg (1937)* Elsie Jacoba Griesel (1941)* Johan Visser (1943)* Eastlynne Lubbe (1943)* Cornelia Susanna Magthalena Olivier(1943)* Hennie Viljoen (1944)* Andries Oberholzer (1944)* Johan Roux (1945)* Netta Jasson (1947)* Steve Botha (1948)* Catrina Magrieta Gertina (Tina) Muller(1950)* Frikkie van der Berg (1953)* Jacobus Louis Nel (1955)* Themba (Chris) Mzizi (1960)* Nomvula Shirly Ntshali (1967)* Corney Janse van Rensburg (1968)* Monica Lubbe (1969)* Frederick Theodorus du Plessis (1969)* Emmanuel Andries Bester (1984)

S Johan Cronjé was vierde in die 1 500 mop Glasgow se Grand Prix-byeenkoms watdeel van die Diamantliga-reeks is.

S Die volgende lesers het kaartjies opwww.bloemnuus.co.za na Play Me op dieVryfees gewen: Hanley Fourie, Esmeral-da Theunissen, Heloise Roux, Barendvan der Merwe, Christie Bester, MimiSlabbert, Amy Kettles, Yolandi Albertsen Gerda van der Knokke.

SDP de Lange van die HoërskoolSentraal moes inderhaas sy tasse pak virdie Cravenweek-rugbytoernooi in Middel-burg omdat die losskakel Dwayne Wesselsnie betyds van ’n besering herstel het nie.

SHennie Daniller het Saterdag inJohannesburg teen die Leeus sy 97steSuperrugby-wedstryd gespeel. Dit was dielaaste keer dat hy vir die Cheetahsuitgedraf het. Hy sluit hom binnekort bydie Italiaanse klubspan Zebre aan.

SAntoinelle Vries is in die Pelonomi-hospitaal oorlede. Sy was een van die drieoorlewendes van ’n grusame ongeluk watop die N1-hoofweg die lewe van tienfamilielede geëis het.

S Die stut Bees Roux sal hom voor dieCurriebeker-reeks in die rugbykamp vandie Vrystaat-Cheetahs aanmeld. Die32-jarige Roux het in 2009 laas in sy 17deen laaste Super-wedstryd vir die Cheetahsgespeel voordat hy spanne soos die Bulle,Clermont, Bordeaux Bègles en Trevisoverteenwoordig het. Hy is sedert verledejaar by die Leeus gekontrakteer, maar hetdaar min speelkans gekry. Roux is net virdie duur van die Curriebeker deur dieCheetahs gekontrakteer en vervangRossouw de Klerk in die groep. De Klerkgaan oorsee speel en is vroeër van sykontrak vrygestel nadat sy klubspan bereidwas om oordraggeld te betaal.

SAlbert de Klerk (78) se huis in Welthagen-straat, Fichardtpark, het afgebrand. Die skadeword op sowat R4,5 miljoen bereken.

Die brandweer-en-reddingsdiens was binneses minute nadat die oproep ontvang is op dietoneel. Albert het die afgelope drie maandealleen in die huis gewoon nadat sy vrou,Marlene, reeds sedert 14 Mei in die hospitaalis.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Zelda la Grange, steunpilaar vir wyle oudpresident NelsonMandela en skrywer van die boekGoeiemôre, Mnr. Mandela, was die afgelopepaar dae op die Bikers for Mandela-veldtog aangenaam verras deur Suid-Afrikaners se welwillendheid. Hulle het sedert verlede Vrydagverskillende projekte besoek ommense aan temoedig om vandag opMandeladag 67minute van hul eie tyd aan behoeftiges en gemeen-skapsprojekte te skenk. Zelda en ander motorfietsryers het ’n oomblik van stilte by die Mandela-standbeeld op Naval Hill gehou enlater 67 pienk rose by die standbeeld van die oudpresident gelê. Die groep het ook die Bloem Shelter aangedoen. Lees meer en kykook na foto’s van die byeenkomste op www.bloemnuus.co.za. Goeiemôre, Mnr. Mandela is te wen op dié webblad. Foto: Conrad Bornman

Welenwee

Page 4: Bloemnuusbl 20140718

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014

Walter en Cecilia Nel is in Christiana getroud. Foto: Mandie Niemann

Nelmarie en Chris Kotzee van Dewetsdorp. Foto: Gilliam Photography

ONLANGS GETROUD? Stuur ’n foto van jou troue vir gratis plasing inBloemnuus na [email protected]. Die kleurfoto moet minstens 1 MBgroot wees. Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het.Nog heelwat meer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Só is ek jawoord gevraLESERS kon op Bloemnuus seFacebook-blad vertel hoe hulledie jawoord gevra is.Met haar vertelling wen

Sallindy-Monique Grobler ’neetbewys van Rosie’s Brasserieby die Windmill-casino.“Laat op ’n Vrydagaand om ’n

kombuistafel in Beaufort-Wes hethy al sy moed bymekaarge-skraap en my ouers se toestem-ming gevra om met my te trou.My pa was ietwat knorrig en myma in ekstase.“Dae het weke geword en later

maande, maar helaas was daarnog geen ring aan my vingernie.“Ná baie skelm beplanning het

hy my Clarens toe geneem engesê dat hy my sy gunsteling-uit-kykpunt in Golden Gate wilgaan wys.“Uit die bloute, met ’n

asemrowende sonsondergangteen ’n sandsteenagtergrond, hethy op een knie afgesak en mygevra om die res van my lewemet hom te deel.“Hoewel ek stomgeslaan en

tranerig was, is daar geen twyfelnie dat die wag definitief diemoeite werd was.”S Lees die ander vertellings –van onder andere GiselaUllyatt en Sunette Gorden – opBloemnuus se Facebook-blad.

Links: Sallindy-Monique Gro-bler wen met haar vertelling ’neetbewys van Rosie’s Brasseriein die Windmill-casino.

Page 5: Bloemnuusbl 20140718

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 5

Stuur briewe na [email protected].

BrieweS Oppas vir die slaggat in Nelson Mande-larylaan reg voor die gebou van dieOntvanger van Inkomste.

Ek het duur betaal deurdat my motordaardeur beskadig is.

Dit lyk na ’n watermeter wat lek en dieteer daaromheen is nou al uitgekalwe.

Ek het nie eens gejaag nie, maar was inspitsverkeer en kon nie uitswaai nie, wantdaar was oral motors om my. En só is ektoe deur die gat.

Gelukkig het ek nie ’n pap band gekrynie, maar dit lyk asof die motor se vellingbeskadig is.

Hoekom maak die munisipaliteit dit niereg nie? Dit is ’n klipgooi van die BramFischer-gebou af. Hulle moet dit tograaksien.

– Slaggat-slagoffer

S Ek het die outydse posseëls op Bloem-nuus se Facebook-blad interessant gevind.

Ek is op soek na ’n seëlkenner inBloemfontein.

Ons sit met ’n uitgebreide versamelingseëls van ’n vrou en sou graag die waardedaarvan wou bepaal.– Elna van der Walt([email protected])

S Die munisipaliteit wil waterbeperkingsinstel. Pleks hy maak eerder al dielekkende watermeters reg. Ek het vier ineen straat getel. Wanneer ek dit aanmeld,vra hulle die watermeter- en rekening-nommer. Waar gaan ek dié inligting kry?Die gevolg hiervan is dat die klagte niege-log kan word nie.– Emje Vorster

S Op bl. 2 van Bloemnuus (30 Mei) hetjulle geskryf die kortste vers in die Bybelis Johannes 11 vers 35. Dit is verkeerd,die kortste vers is 1 Tessalonisense 5 vers17: Bid gedurig.

– 083-263-6083

S Van 10 tot 12 Oktober vanjaar gaan dieTheunissens die 250ste jaar vier sederthul stamvader, Marthinus AegidiusTheunissen, in Tafelbaai aan wal gestaphet. Marthinus het van Maastricht inNederland op die Admiraal de Ruiter assoldaat in diens van die H.O.I.K. hierheengevaar. Die meeste Theunissens inSuid-Afrika is sy afstammelinge.

Dr. Dan Sleigh, historikus en VOC-ken-ner, gaan die Theunissens toespreek.

Die plaas Vergelegen in Somerset-Weshet 100 jaar en vier geslagte aan dieTheunissens behoort. Middagete sal daargenuttig word en ’n toer van die plaasgaan onderneem word. Somerset-Wes isdie basis vir die saamtrek. Rig navrae aanmy.

– Frans Theunissen, Hermanus([email protected], 028-315-1990)

Page 6: Bloemnuusbl 20140718

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014

VIND meer uit oor die boube-dryf en al die nuutste produktebeskikbaar op die eersteBloembuild-ekspo wat Woensdagen Donderdag in Bloemfonteinaangebied word.

Bloembuild is ’n eerste virBloemfontein waar die Vrystaat-se Instituut van Argitekte (VIA)en die Universiteit van dieVrystaat (UV) se departementargitektuur saamstaan om dieboubedryf aan die publiek,studente en voornemendestudente bekend te stel.

Die ekspo word op 23 en 24Julie in die Callie Human-sen-trum op die Kovsiekampusaangebied.

Niel van Zyl, die presidentvan die VIA, sê ’n ekspo op ’nheelwat kleiner skaal is verledejaar by die departementargitektuur op die kampusaangebied. Dit is toe besluit dieekspo moet vir ’n groter gehoortoeganklik wees.

Die Callie Human-sentrumbied baie meer parkeerplek enis geskik om die ongeveer 50uitstallers te hanteer.

Die ekspo behels uitstallings,werksessies, lesings oorargitektuur en span-uitdagingswat groot belangstelling behoortte lok. Die uitstallers sluitverhittingstelsels, staalraamwer-ke, kombuiskaste en meubels,verf, isolasiemateriaal, dakteëlsen vele meer in. Kom vind hieralles uit voordat jy jou volgendebouprojek begin.

Daar sal ’n uitstalling weesvan plaaslike argitekte seprojekte en argitektuurstudentesal van hul ontwerpe en3D-projekte uitstal.

Studente van die SentraleUniversiteit vir Tegnologie(SUT), Vrystaat, se sentrum virsnelprototipering en vervaardi-ging (CRPM) gaan van hulwerke op die ekspo uitstal enverduidelik hoe dié proseswerk.

’n Mosaïekwerksessie word

Woensdag op die ekspo aange-bied en kaartjies daarvoor (R85)kan nog net tot môre in diePolkadot Craft Studio in diePretty Gardens-leefstylsentrumin Langenhovenpark gekoopword.

Llewellyn van Wyk van dieRaad van Wetenskaplike enNywerheidsnavorsing (CSIR)gaan Woensdag om 11:00 ’n baieinteressante praatjie oorenergiebesparing lewer.

Net daarna om 12:00 gaan dr.Dirk Conradie, ook van dieCSIR, praat oor klimaatsveran-dering.

Laminin Paints bied Donder-dag van 12:00 tot 14:00 ’nwerksessie vir die publiek,studente en professionele luioor die maak en gebruik vanverf aan.

Die hoogtepunt van die ekspovind Donderdag van 14:00 afplaas wanneer spanne bestaan-de uit studente en professionelelui mekaar die stryd aansê in ’nboukompetisie in ’n “bokskryt”in die Callie Human-sentrum.

Die boubedryf gaan oorkreatiewe probleemoplossing enspanne gaan uitgedaag word ommet 1 000 spesiale stene elk in ’nuur ’n projek te bou wat aansekere kriteria moet voldoen.Die publiek word genooi om diéinteressante kompetisie te komgade slaan.

’n Glas- en betonwerksessieword Donderdag van 16:00 tot18:00 deur Daniël van derMerwe van PPC Sement enHugh Fraser van Paragon-argi-tekte gelewer.

Besoekers aan die ekspo kanin aanmerking kom vir geluks-trekkings deur ’n vorm, wat byverskillende uitstallers en opwerksessies verskaf sal word, telaat merk.

Besoekers kan ook verver-sings in ’n straatkafee in diesentrum koop en hier ’n bietjierus en oor die uitstallings endie werksessies gesels.

STRAAT SLUIT: Die herontwikkeling van Hoff-manplein vorder met rukke en stote weensgeldprobleme. Nuwighede sluit die besker-ming van die monument, die vergroening vandie plein, die oprigting van busskuilings en diesluiting van Groenendalstraat in. Dié straatvoor die hoofposkantoor word geplavei.

Foto: Jens Friis

Leer oorboueryop ekspo

’n Blik op die Bloemfonteinse middestad. Redelik in die middel is die Glaspaleis, oftewel die Bram Fischer-gebou, setel van die Mangaung-munisipaliteit. Foto: Jens Friis

Page 7: Bloemnuusbl 20140718

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 7

Page 8: Bloemnuusbl 20140718

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014

BYNA 450 foto’s is in die troeteldierkompe-tisie ontvang waarin R1 000 se geskenkbewy-se van Makro op die spel is.

Daarom verskyn die beste foto’s in groepein Bloemnuus met die oog daarop om diefinaliste te bepaal.

Die eerste groep het op 23 Mei verskyn.Stem vir jou gunstelinge op Bloemnuus seFacebook-blad deur dit te like.

Alte dierbaar vir hul base

Charlene du Plooy se twee labradors, Zoey en Zita, is sussies van dieselfde werpsel. “Soos’n mens kan sien, is hulle baie lief vir mekaar.”

Cheri Rademeyer: “Pixi die kat strek haar uit nadat sy op die tas in die son aan die slaapgeraak het.”

Chantelle Grundlingh: “Abby is ’n Yorkshire-terriër. Sy weeg maar 400 g op ses weke enpas maklik in ’n 500 g-botterbakkie.”

Adri de Necker se Chlara agter die stuur.

Cheri Rademeyer: “Duet soengroetmy.Opdie foto is sy tweemaande oud.”

Nicky Snyman het Ozzy in die tuin afgeneem. Melinda Beckmann: “Abi Beckmann (4) at Ushaka.She cried when she had to leave the snakes.”

Page 9: Bloemnuusbl 20140718

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 9

Page 10: Bloemnuusbl 20140718

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014

BESOEKERS BEPERK: SANParke beperk in die winterskoolva-kansie die aantal dagbesoekers aan die Krugerwildtuin, omdatdiewildtuin reeds vol oornagbesoekers is. Dagbesoekersmoetliefs vroeg by die hek aankom. Besprekings kan ook gedoenword deur 012-428-9111 te bel. Die reëling oor hekkwotas virdagbesoekers geld tot Sondag. Foto: Jens Friis

Nuwe regulasiesgeld kinders watoorsee wil reisKINDERS wat na en vanSuid-Afrika reis, sal binnekortdeur ’n aantal bykomendedokumente vergesel moet word,het die Suid-Afrikaanse Lugdiens(SAL) gister bekend gemaak.“Met ingang Oktober sal ons

nie mense kan deurlaat wat nieál die vereiste dokumente hetnie,” het Tlali Tlali, ’n SAL-woordvoerder, gesê.Dit volg op die inwerkingstel-

ling van die wysigings aan dieSuid-Afrikaanse immigrasiewet-gewing. Een van die implikasiesis dat kinders as enigiemandjonger as 18 jaar gedefinieerword.’n Onverkorte geboortesertifi-

kaat moet getoon word vir ’nkind wat die land verlaat of

binnekom vergesel van albeiouers.Indien ’n kind saam met net

een ouer reis, moet onder meer’n beëdigde verklaring van dieander ouer getoon word.’n Kind vergesel van mense

wat nie sy of haar ouers is nie,moet onder meer beëdigde ver-klarings, afskrifte van die ouersof voogde se identiteitsdokumen-te en kontakbesonderhede hê.Indien ’n kind alleen reis, sal

amptenare op die lughaweaandring op onder meer inligtingoor wie die kind of kinders gaanontmoet.“Strenger maatreëls is in

belang van kinders se veiligheiden moet aangegryp word,” sëTlali in die verklaring.

DagboekVRYDAG 18 JULIESNiël Stemmet, skrywer enkoskenner, is om 10:00 aan diewoord in die Diakonale Lokaal 1van die Van der Merwe Scholtz-saalop die UV-kampus. Dit duur 50minute en is gratis.S Crossing: Skilderye van waterdeur Greg Schultz tot 20 Julie inGallery on Leviseur.S Portretkuns: Keur van 40kunswerke uit die eerste SPI-por-tretkompetisie by Oliewenhuis tot20 Julie.SMandela Day: Donate blood atMimosa Mall (atrium) from 09:00 to18:30. SANBS, 0800-11-9031.S Live music every Friday atFlames Bar/Restaurant at PrellerSquare, Dan Pienaar. Enquiries:051-492-0044.S Radio Kalahari Orkes om 16:30in die Aasvoëlklub.S Spelers van so ver as Madagas-kar en die Seychelle neem by dieMeisieskool Eunice aan diejaarlikse Suid-Afrikaanse Ope-skaakkampioenskap deel. Ditduur tot môre.

SATERDAG 19 JULIES Bethlehemse Lugskou. Volwas-senes R20, kinders R10.S Live music every Saturday andSunday from 11:30 to 14:00 at PrettyGardens.SRolling Stones-huldeblyk: TheRockspiders om 14:00 in dieAasvoëlklub.S Spontaan 2014 in die Blêrkas opdie Vryfees om 12:00. Toegang isgratis. Estie de Wet van Bloemfon-tein is Bloemnuus se finalis wat omdié titel sal meeding.SKunsklasse vir kinders deurLindi van Rensburg by GroenvleiCountry Market langs FransKleynhansweg net buite Heuwelsig.Hannes van Rensburg, 076-339-1851.S Skattejag-uitdaging saam metVilla Rosa-akteurs by Mimosa Mallvan 11:00 tot 13:00.S Bloemfonteinse Orgideëklubhou ’n werksessie by Ridderstraat5, Fleurdal. Alle belangstellendeswelkom. Jolene, 082-853-2196.

SONDAG 20 JULIES Live music elke Sondag byKerdoni’s Restaurant, Bayswater,van 13:00 af.SNG kerk Heuwelsig se oggend-diens vind om 09:30 plaas. BelAnnetjie du Randt by 051-436-1967.

MAANDAG 21 JULIES Vandag is die begin van diederde skoolkwartaal.S Skenk bloed by Shortstraat 11,Naval Hill, tussen 10:00 en 16:45.Navrae: 051-447-4122.S The Lotus Eaters: Handgeblaas-de glas, klankinstallasie, digitaleanimasie, papier-en-fotokonstruksie,beeldhouwerk deur BarbaraWildenboer tot 27 Julie by Oliewen-huis.S Koop ’n burger en kry ’n tweedeverniet by die Spur op Maandae.

SKoekversierkunskursus deurLize van den Heever by GroenvleiCountry Market langs FransKleynhansstraat. Bel Hannes vanRensburg by 076-339-1851.S The Compassionate Friendshou om 18:00 sy maandeliksebyeenkoms. Dit is gratis en almalwat ’n kind aan die dood afgestaanhet, kan die selfhelp-ondersteu-ningsgroep se byeenkoms in dieD.F. Malherbe-gebou op die Kovsie-kampus bywoon. Past. Peter Howeis die gasspreker. Rig navrae aanAubrey Josiah by 082- 455-7433 ofCarol de Beer by 079- 885-2224.

TUESDAY, 22 JULYS Binnelanders: A big surpriseawaits an unexpecting nurse. Dawnis growing ever more suspicious ofFrankie. Marcel makes a discoverythat has far-reaching consequencesfor Ilse.

S Pensioners day at Makro:Special discounts, snacks, freecoffee with sit down meal. EileenNdewere, 051-101-1000.

WEDNESDAY, 23 JULYS Binnelanders: Zadie’s auntdecides to inspect Frankie’s workplace and Okkie needs Naomi’shelp in consoling Ilse about hergrandfather. Jana eventuallyconfronts Margot about her past.S Leer meer oor koffie byGroenvlei Country Market langsFrans Kleynhansstraat. Hannes vanRensburg, 076-339-1851.

THURSDAY, 24 JULYSWill you? Won’t you? Will youjoin the dance? by Wilma Cruise(Oliewenhuis Art Museum).S Statebondspele: Afrika sal goedverteenwoordig op die 20steStatebondspele in Glasgow, Skot-land, wees. Suid-Afrikaners watdeelneem, sluit in Chad le Clos,Johan Cronjé en Caster Semenya.S Die Vriende van die Oorlogs-museum hou ’n sop-en-sjerrie-aandin die ouditorium van dieOorlogsmuseum om 18:30. Dr.Johan Loock, ABO-kenner engeoloog, sal praat oor Die verloopvan die Rebellie. Ronel Theart,082-490-3112.

VRYDAG 25 JULIESKuns, kerslig en kuier inkleinteater@rolalbklub in Gariep-dam. Danie van Huyssteen, 082-337-0785.S Die Hoër Landbouskool Landbou-dal se 1994-matrieks hou dienaweek reünie. Skryf aan [email protected].

THURSDAY, 31 JULYS Prime Circle in the Sand duPlessis Theatre at 20:00. Pacofs,051-447-7772.

VRYDAG 29 AUGUSTUSS Theuns Jordaan om 19:30 in dieKovsiekerk. Kaartjies van R110 afby Computicket.

SATERDAG 2 AUGUSTUS: Snotkop(Francois Henning) in die Bobbies-park-gemeenskapsaal om 19:00.Kaartjies teen R100 en R120 is te kryby Computicket. Leerlinge betaalR80. Bloemnuus is ’nmediaborg vandie konsert. Scott Entertainment,051-433-7040.

OOMBLACKIE GEGROET: Dinsdag sal dit 32 jaar geledewees dat Bloem-fontein tot stilstand gekomhet om een van sy groot seuns, oud-presidentC.R. Swart, te begrawe. Lees op 22 Julie meer hieroor op bladsy 2 vanVolksblad.

Page 11: Bloemnuusbl 20140718

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 11

Het jygehoor?SAdv. Barry Roux, wat OscarPistorius se regspan lei, het dieverdediging se saak gesluit.Regter Thokozile Masipa het diesaak tot 7 Augustus uitgestel. Diestaat en die verdediging sal danhul slotbetoë lewer. Dit sal naverwagting twee dae duur.

SOntmoet die Kokkedoor-wen-ners Johnny Hamman en ElsaBuys en naaswenners Chris Greeffen Marius Uys op Verskyn enVerdwyn-etes van 16 tot 20 Juliein Bloemfontein.Kaartjies vir die vyfgang-ete by

die Olive-sjefskool kos R320.Bespreek deur ’n e-pos te stuur [email protected] of bel084-584-4456.

SRiaan Manser en VastiGeldenhuys is terug in Kaapstadnadat dié paar suksesvol vanAfrika na Amerika geroei het.

SNataniël is tuis ná sy eerstekonserttoer in Australië enNieu-Seeland.

S PG du Plessis, die gevierdeskrywer, het Maandag sy 80steverjaardag gevier. Sy jongstetelevisiereeks, Pandjiewinkelsto-ries, het Dinsdag op kykNETbegin.

S Jannie Moolman het by dieInnibos-fees in Mbombela (Nel-spruit) die eerste keer opgetreesedert hy in die hospitaal belandhet met ernstige beserings wat hyop ’n ramparty opgedoen het.

S Thandi Maqubela, wat haarman, wyle waarnemende regterPatrick Maqubela, in 2009vermoor het, gaan niks van haarman se boedel erf nie.Hofdokumente is aan haar

bestel wat haar in kennis stel datsy nie van haar man se boedelvan R7,2 miljoen mag erf nie. DieNasionale Vervolgingsgesag(NVG) het ’n aansoek vir ’nbeperkingsbevel by die Wes-Kaap-se hooggeregshof ingedien om tekeer dat Maqubela geld van dieboedel erf.

SBeyoncé, die 32-jarige Ameri-kaanse superster, beklee dieeerste plek op die tydskrif Forbesse lys van die invloedrykstesterre. Haar inkomste was in eenjaar ’n geraamde R1,2 miljard enhaar sukses word gedeelteliktoegeskryf aan hoe kundig sy ismet die gebruik van sosialenetwerke soos Facebook en diefotodeeldiens Instagram. Boonopis haar ewe beroemde eggenoot,Jay-Z, no. 6 op die lys.

S Drie van die nuwe Springbokkevan 2014 het nie Cravenweek-rugby gespeel nie.Die drie spelers wat nie destyds

in hierdie toernooi gespeel hetnie, is:* Lood de Jager;* Cornal Hendricks; en* Stephan Lewies.

SAdam Tas se jongste CD, Wantjy is Boer deur Select Musiek enSony Music, het binne slegs vierweke goue status bereik.

S Frikkie du Preez, een van diesogenaamde Waterkloof-vier, salbinne 21 dae voor ’n nuutsaamge-stelde paroolraad verskyn.Dit kom nadat die beslissing

van ’n vorige raad dat hy nie opparool vrygelaat mag word nie,deur die Pretoriase hooggeregshoftersyde gestel is.’n Tweede dringende hofaansoek

deur die regspan van ChristoffBecker, nog ’n lid van dieWaterkloof-vier, wat by die hofingedien is in die hoop dat Becker

op dieselfde gronde as Du Preezook vir parool heroorweeg sal kanword, het egter misluk.

SNadine Gordimer (90),skrywer en politieke aktivis, is inhaar slaap in haar huis inJohannesburg oorlede. DiéNobelpryswenner van Suid-Afrikalaat 15 romans en 12 bundelskortverhale agter. Haar boeke isin 40 tale gepubliseer en haarjongste werk is No Time Like thePresent (2012).

Carike Keuzenkamp is die eerste keer in 17 jaar seker sy is kankervry. ’n Onlangse skandering het bevestigdaar is geen spoor van kanker in enige plek in haar liggaam nie. Hier is sy saam met haar man, Olausvan Zyl, met wie sy 46 jaar getroud is, en kleinkinders Ewan Gallager (vyf maande) en Olaus van Zyl(2). Foto: Cornel van Heerden

ESTIE DE WET (17) van dieHoër Meisieskool Oranje ismôre Bloemnuus se finalis indie Spontaan-kompetisie opdie Vryfees.Spontaan vind tussen 12:00

en 14:00 in die Blêrkas plaas.Chris Pretorius, Bloemnuus

se verteenwoordiger verledejaar, was tweede in diékompetisie.Estie droom oor Broadway

en die West End.“Ek kan nie genoeg kry

van musiek, drama en dansnie. Sang is my groot liefde,maar ek speel ook klavier,waarop ek my eie liedjieskomponeer.”

Die volgende pryse is opdie spel in Spontaan 2014:S SpecSavers: Pryse vanR3 000.S ExecuSpecs: Pryse vanR5 800.S Z PR Communicationand Public RelationsConsultants: ’n Publisiteit-en-bemarkingpakket vanR5 000 vir elke finalis,insluitend ’n konsultasie metdie Z PR-span, ’n professione-le CV, die ontwerp van ’nCD-omslag, visitekaartjies, ’nprofessionele profiel, Face-book-profiel en vyf nuusver-klarings. Die waarde van dieprys is R40 000.S Atlantis-gastehuis:Verblyf van R4 100. Diewenner, naaswenner enderdeplekwenner wen elkeentwee nagte se verblyf virtwee mense, ontbyt ingesluit.S PCB Productions: ’nFotosessie vir die wenner,naaswenner en derdeplek-wenner van R4 500.S DV Village Music: Driemikrofone ter waarde vanR4 500.

S Agter die Mic: Sal sesmaande die wenner sebesprekings behartig. Franzel(Ghoema-benoemde) sal virdie tydperk die wenner se

mentor wees – R9 000.SMusic Inc: Gee koopbewy-se: Wenner: R1 000, tweedeplek: R800 en derde plek:R500.

Estie slaggereedvir Spontaan 2014

Estie de Wet van die Hoër Meisieskool Oranje is môre Bloem-nuus se finalis in die Spontaan-kompetisie op die Vryfees.

Page 12: Bloemnuusbl 20140718

12 BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014

Page 13: Bloemnuusbl 20140718

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 13

INGESLUIT: Mari Coetzee van die Hoër-skool President Steyn het die Vrystaatseredenaarspan gehaal.

Die lede van Pendoring is van links, voor: Henrich Krüger, Cobus Badenhorst (leier), JacoSteyn en Wijbren Nell; agter: Jonathan le Riche, Herman Naudé en Niel Swart.

Pendoring gaanmet sang bekoorDIE sangroep Pendoringtree Saterdag om 08:30 opdie Fees van die Sintuie opwat deur die departementAfrikaans-Nederlands aandie Universiteit van dieVrystaat (UV) op dieVryfees aangebied word.

In Vishuis se eetsaal saleet en musiek mekaaraanvul.

Pendoring is ’n afsplinte-ring van Veritas sesêrgroep van verlede jaar.

Hulle tree gereeld in die

stad op van oggendteepar-tye en verjaardagpartytjiestot eredienste op.

Pendoring het verledejaar op ’n boekbekendstel-ling van die skrywerJohann Nell opgetree en ditis waar prof. Hennie vanColler die groep raakgesienhet.

Die groep is toe deur VanColler gevra om op ’n Afr-ikaans-Nederlandse kongresop te tree wat op 1 Julie indie Black Mountain-hotel

aangebied is.Die oorsese afgevaardig-

des was dol op die Neder-landse weergawe van Koosdu Plessis se Gebed en isvir ’n encore daarvangevra.

Pendoring sing a cappellaen die harmoniëring klinkbaie goed.

Liedjies in Pendoring serepertoire sluit ligtemu-siekliedjies soos Weeping,Stuur groete aan MannetjiesRoux en Uptown Girl in.

FINANSIEEL

1420

A " BLACKLISTED""ITC" "DEPREWIEV"WE CAN HELP. We

finance you. Cars, Bakkies,D/Cubs available. 076 3099909 or 076 752 7446.email: martie.benecke

@gmail.com

DECLINED BY THEBANK? WHY NOT GOON TO BUY FROM USEmail to martie.benecke

@gmail.com orcall 076 752 7446

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

Consolidation Loan Online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

CONSOLIDATIONS! Payone easy instalment.Blacklisted welcome. 051430 8427 or 076 146 3142.

TE KOOP

JUWELIERSWARE &

BYKOMSTIGHEDE

1645

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls'. Asook dieherstel van plafonne. Gratiskwotasie. Skakel 079 581 6654.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

VOLWASSENES

PRIVAAT

2015

MALE EXTRAERECTION PILLS:

Stronger, harder erection.Lasts up to 5 times longerSafe for high blood and

sugar levels.100% safe and 100%discrete, delivery.

R150 for 10,R300 for 30.073 894 5273.

PVT-REMEDIES, BFN.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

Universitas: Eenmanwoon-stel, R2 500 p.m. Krag uit-gesluit. Geen troeteldiere.Skakel 082 578 3695.

HOSPITAALPARK:Eenmanwoonstel, wateringesluit. Koopkrag. R2 000p.m. Skakel 082 570 6422

TE HUUR

3205

Ruim 2-slk-woonstel inWesterbloem-sekuriteitsoord.R3 600 p.m. Moet 50 wees omdaar te bly. 083 660 2060/084 205 6858.

HUISE TE KOOP

3275

HEIDEDAL: 4-vertrek-woonhuis met badk, inPieter Schwartzstr.R85 000. Phillip 082 4513311.

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

TWEE-slk-meenthuis in LHPte huur. R5 000 p.m.Skakel 082 336 2346.

BETREKKINGS

3600

GESOEK

3601

BETROUBARE huis-hulp: Goeie verwysings.Werkgewers verhuis. Ska-kelEmily 073 802 9120of 051 436 1184.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 RB VORSTER

In die boedel van wyle RosaBelinda Vorster, identiteits-nommer 410407 0044 08 2,pensioenaris, in lewe woonag-tig by Wardenstraat 40,Noordhoek, Bloemfontein,boedelnommer 5633/2013.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêby die kantoor van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein, vir 'n tydperkvan 21 dae gereken vanaf Vry-dag 18 Julie 2014.Naam en adres van Eksekuteurof Gemagtigde:L.B. SAFFYHoney ProkureursPosbus 29Bloemfontein9300Tel. 051 403 6600Faks: 051 403 6714.

GEREGTELIKE

VEILING

4501

LOURUKUS TRUST/BROWNW A (ANDRE)KENNISGEWING VANVERKOPING INEKSEKUSIE

In die Landdroshof vir diedistrik van Bloemfontein,gehou in Bloemfontein, in diesaaknommer: 7113/2014 tus-sen:

LOUIS BURGER N.O.1ste Eiser

ROELOF JOHANNES ROS-SOUW N.O.

2de EiserJOHAN DIEDERIK VAN WYK

N.O.3de Eiser

(In hul hoedanighede asTrustees van Die Lourukus

Trust)en

WILLIAM ADRIAAN BROWNVerweerder

Geliewe kennis te neem datingevolge 'n vonnis verleen op22 April 2014 in bogemeldeAgbare Hof en in terme van 'nLasbrief vir Eksekusie watdaaropvolgend uitgereik is, saldie goedere hieronder beskryfin eksekusie verkoop word aandie hoogste bieër by die BaljuBloemfontein-Wes Veilinglo-kaal, Mannionweg 4C, OuIndustriële Gebied, Oranjesig,Bloemfontein, op 5 Augustus2014 om 10:00.Inventaris:2 silwereetstelle, verskeieornamente, 1 rolstoel, 1 x 7-stuk-houttuinstel, 1 Megama-ster-gasbraaier, 1 x 4-stuk-sitkamerstel, 1 KIC-yskas, 1LG-rekenaar en Lexmark-druk-ker, 1 Canon-fotodrukker, 1TEAC- draagbare radio, 1Casio-kasregister, 1 kameramet toebehore, 1 Camp-master-gazebo.Neem asseblief kennis dat diebekendmaking van die verko-ping voldoen aan die vereistesvan die Verbruikersbe-skermingswet 68 van 2008,soos gewysig.1. Hierdie is 'n verkoping ineksekusie kragtens 'n vonnisbekom in bogenoemde hof.2. Reëls van hierdie verkopingis beskikbaar 24 uur vooraf-gaande die verkoping by diekantoor van die Balju Bfn-Wes, Derdestraat 6A, Bloem-fontein.3. Registrasie as koper is 'nvereiste onderworpe aanbepaalde voorwaardes, o.a.3.1 Voorskrifte van die Ver-bruiksbeskermingswet 68 van20083.2 FICA-wetgewing metbetrekking tot identiteits- enadresbesonderhede3.3 Betaling van terugbetaal-bare registrasiegeld3.4 Registrasievoorwaardes4. U kennisgewing van Verko-ping se hoofopskrif moet diewoord 'Veiling' bevat5. Verkoping sal geskied deurdie kantoor van die Balju Bfn-Wes met afslaers CH de Weten/of AJ Kruger en/of TIKhaudi6. Advertensiegeld teen heer-sende publikasietariewe enverkopingkoste volgensHofreëls, geld.Gedateer in Bloemfontein op20 Mei 2014.

KW BRENTLEY(LOU34/0007/SD)

Rossouws ProkureursPresident Reitzlaan 119WestdeneBloemfontein 9300Docex 31BloemfonteinTel. 051 506 2500Faks: 051 430 6079

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 14: Bloemnuusbl 20140718

14 BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014

Page 15: Bloemnuusbl 20140718

BLOEMNUUS, VRYDAG 18 JULIE 2014 15

Fietswedren hier beslisJENS FRIIS is uit en tuis ná’n road trip deur diePireneë-bergreeks op diegrens tussen Spanje enFrankryk.

HULLE sê ’n reis van duisend mylbegin met ’n eerste tree. En só wasdit ook met ons onlangse reis naEuropa.Wanneer ek mooi terugdink, het

daardie eerste “wiel” op ’n lui-lekker Desembermiddag kort voorNuwejaarsdag begin draai.Die ding het só begin: ’n Neder-

landse vriend, Jean-Louis (sommerJL genoem), het by ons gekuier enterwyl ons op die trap van onsswembad gebaai het, het hy vertelvan ’n fietsrit van enkele maandegelede.Dié het hom deur die Pireneë-

bergreeks van die landjie Andorraal langs die grens tussen Spanje enFrankryk geneem. “Dit is van diemooiste tonele op aarde,” het diékranige fietsryer beloof.Ek en my wederhelf is dol op

grootse, ongerepte natuurskoonsoos dit waardeur die ryers in dieTour de France fietsry. Daar isgeen kans dat ons dit sou aftrapnie, maar potensiaal vir ’n roadtrip per motor was daar gewis.Ons het JL vir meer inligting

gepols en só het hy met ’n natvoorvinger ’n kaart op die stenelangs die swembad begin trek.Maar die “ink” was alte vinnigdroog danksy die Vrystaatse son.“Sou julle besluit om te gaan is

die wysste raad wat ek julle kangee om nie meer as 60 km per dagte ry nie.”En ná ons terugkeer enkele dae

gelede weet ek waarom: Daar issoveel mooi dat dit ’n sonde is ommeer te probeer doen – nie dat ’nmens in elk geval kan nie, want dieafgrond is altyd naby en die paaievol esse.Ook belangrik is om die regte tyd

van die jaar daar te wees. Diewinter en die maande daaromheenis taboe, tensy jy wil gaan ski. Eksou weer in die vroeë somer (duslaat Junie) gaan, want dan is diewêreld lowergroen en oortrek vanveldblomme. Tog is daar steedssneeu (’n vreemdheid vir ’nSuid-Afrikaanse oog) op die hoëspitse – en daarsonder sou diebesoek baie minder aanskoulikgewees het.Gepraat van hoogtes: Die

laagtepunt van die besoek wasbeslis dat Wes-Europa vir Suid-Afrikaners peperduur geword het.Sedert my laaste besoek agttienmaande gelede is alles die helfteduurder – wat sin maak, want dierand het met byna 50% verswak.Trek jy 250 euro het dit jou destydsR2 500 gekos. Nou dok jy skielikR3 750 op. Ja, dit is nogal ’naardige sommetjie.Wat wel gehelp het, is dat die

verblyf in die Pireneë aansienlikgoedkoper as in Parys en Nice is,maar selfs hier betaal jy omtrentdie helfte meer as in Suid-Afrikavir iets soortgelyks.Om geld te spaar gaan ons dus

op ’n volgende keer eerder iets soosMalawi, Viëtnam of Montenegroverken. Maar juis hierom het onsbesef: Die besonderse Pireneë-kuiermóét ons indrink.

Vertrekpunt

’n Goeie vertrekpunt vir ’n reisdie Pireneë deur is Carcasonne wat’n Wêrelderfenistitel dra. DieFranse het in die Middeleeue diéstad deeglik teen aanslae van dieSpanjaarde gefortifiseer. Kyk jy op’n mooiweersdag van hier suid,sien jy die berg wat Frankryk enSpanje skei.Waarom weet ek nie, maar ek het

my ’n dorre bergreeks (byna soosdie Atlas-gebergte) voorgestel, maarreeds in die voetheuwels was ditklinkklaar: Water is volop envarings gedy langs strome watveral deur swaar sneeuneerslaegevoed word.Net só ’n verrassing was die

landjie Andorra wat in die hartvan die Pireneë wag. Soos Lesothohet dit sy onafhanklikheid daaraante danke dat dié berg feitlik

ondeurdringbaar is. As belasting-hemel gedy die eiendomsbedryf enveral ski-hotelle van meer as vyfverdiepings het die afgelope jareverrys.Oornag gerus hier, want die

regering moedig toerisme aan enprobeer hotelpryse laag hou sodatbesoekers langer kan vertoef.Waar jy die grens na Spanje

oorsteek, word motors steedsgereeld voorgekeer, want veral diesmokkel van sigarette is ’n pro-bleem. Van hier lei ’n pad noord-wes deur Spanje waar jy ná sowatdrie uur Frankryk weer binnery.Dit was opvallend hoeveel stiller

die Spaanse paaie as dié inFrankryk was – ’n groot lekkerte,want dit verg ekstra konsentrasie,omdat die stuurwiel aan die anderkant sit én waar die een pas eindig,begin die ander.

Fietsryers

Veral aan die Franse kant hetons hordes fietsryers, soos JLvertel het, teëgekom. Ek kan myvoorstel dit moet iets besonderswees vir ’n fietsryer om te kanvertel dat hy dele van die tradisio-nele Tour de France-roete afgetraphet, maar ek het meer keregewonder waarom iemand hom sótot die uiterste beproef.

Van oral kom hulle – bloedjonk totspierwitgrys – om met geoefende (enminder geoefende) kuite dié paaie aante durf.Elke paar honderd meter dui

padbordjies aan dat hul trappery diemoeite werd was, want hulle is soveelmeter hoër bo seespieël. Dit dui danook die gradiënt aan van die pad watkom.Op die kruin wag spanmaats op die

agterosse met ’n bemoedigendehandegeklap om die laaste paarmeters af te lê.Dit is dan tyd om spiere wat kramp

vet te smeer, energiedrankies te drinken die uitsig te bewonder.Af is maklik. Al wat dan moeilik-

heid kan gee, is dat te vinnig ry tot ’nval kan lei, of dat ’n melkkoei die padonverwags wil oorsteek.Ons het nêrens vooraf slaapplek

bespreek nie, want verblyf is volop endit bied die voordeel dat jy kan ry sover as wat jy op ’n dag kom. Baiekeerwas gastehuise en hotelle egter vol enhet ons eers by die derde of vierdeplek geholpe geraak.By oornagplekke was daar voor die

voet fietsryers wat graag meer vanveral die Cape Argus wou weet.Ook was daar ekstra belangstelling

in ons Suiderland, omdat die 29-jarigeBrit, Chris Froome, die verdedigendekampioen in vanjaar se 101ste Tourde France is. Verlede jaar was

Froome (Team Sky) in ’n klasvan sy eie en het nie veelmoeite ondervind nie om dieColombiaanse debutant NairoQuintana (wat nie vanjaar rynie) om die titel te klop.Froome, wat in Kenia gebore

is, het in Johannesburg skoolge-gaan.Die deelnemers aan 2014 se

fietstoer het die aanvanklik vanLeeds in Brittanje weggespring.Maar soos gebruiklik sal dié

ystermanne ook in Pau, Hauta-cam, Saint-Lary Pla d’Adet,Bagnères-de-Luchon en Carcas-sone se gebergtes ’n draai gaanmaak voordat hulle ná 21 dae en3 663 km die eindstreep in Paryssal oorsteek.Ek haal my hoed vir hulle af,

want dit sit nie in elkeen sebroek om dié roete te voltooinie. Geen wonder nie 12deelnemers, insluitend dievoorloper Maurice Garin, is in

1904 gediskwalifiseer vir ’nverskeidenheid redes wat dieonwettige gebruik van motors entreine ingesluit het. Indien ek indié pragtige berg moes fietsry, souek dit waarskynlik self sterkoorweeg het om te kul en ’n entjiein ’n motor af te lê.Maar genadiglik was dit darem

nie nodig nie – en sal dié onlangseroad trip my nog jare bybly. Dievolgende is sekerlik ’n bewysdaarvan: Waar ek vantevore geensin in fietsry as sport gehad hetnie, kan ek sedert ons terugkeernie wag om saans op DStv te kykna die opsomming van die dag sewedren in Frankryk nie. Loergerus; dit is op SS2, oftewel kanaal202.

S Die beste boek wat ons konopspoor om ons rit te verryk wasBack Roads France – scenic routes,charming hotels, authentic regionalcuisine van Eyewitness Travel.

Bo: Dit is ’n sprokiesmooi wêreld dié. Foto’s: Jens Friis

Links: Vanoral komhulle – bloedjonk tot spierwitgrys – ommetgeoe-fende (en minder geoefende) kuite dié paaie aan te durf.

Page 16: Bloemnuusbl 20140718

The Craven Week player Shirwin Cupido breaks away in a match between the Free State and Lions.

Free State clipLions’ claws

Shawn Belluigi

FREE STATE beat adisappointing GoldenLions side by 33-20 at the2014 u.18 Coca-Cola CravenWeek in Middelburg.

The Lions made nume-rous handling errors andwere penalised heavily atthe breakdown, neverreally giving themselves achance of victory. Victor

Maruping, Shirwin Cupidoand Alexander Jonkerscored the Free State tries,with Lourens Steenkampadding four penalties andthree conversions.

For the Lions, GavinDelport and ArmandtGrobler scored tries.Ralton October kicked apenalty and Wikus vanBiljon added a penalty andtwo conversions.

In earlier action theGriquas scored a massive96-0 win over BorderCountry Districts, thesecond biggest victorymargin in Craven Weekhistory.S The Craven Week issponsored by the Coca-Co-la Company. The world’slargest beverage companyprovides consumers withmore than 500 sparkling

and still brands. Throughthe world’s largestbeverage distributionsystem, consumers inmore than 200 countriesenjoy the company’sbeverages at a rate of 1,7billion servings a day.S For updates of the2014 u.18 Coca-ColaCraven Week, have alook at www.bloem-nuus.co.za.

Engo baat by dagLEGSATO BLOEMFON-TEIN, die departement vanverdediging se regsdienste-afdeling, hou volgendeVrydag ’n gholfdag.

Al die wins sal geskenkword aan Engo, ’n nie-wins-gewende en nie-regerings-instansie wat hulp verleenaan mense wat dit nodighet.

“Ons beoog om vir Engominstens ’n songeiser aante bring met die geld watgemaak word.

“Só word iets aan diegemeenskap teruggegee – sogepas vir die Mandeladag-viering,” sê maj. Woutervan der Berg.

Die dag begin om 10:00 opdie Tempe-gholfbaan waarnaelke span op ’n aangewesebof sal begin roteer.

Dit kos R50 per speler,maar as jy wil deelneem, sal

jy gou moet spring, wantdaar is nog net 12 plekke(3 x 4 balle) beskikbaar.

Borge kan op bowwe teenR1 000 per bof adverteer.Skenkings vir pryse is ook

welkom.Bloemnuus is ’n media-

borg van die gholfdag.Bel maj. Wouter van der

Berg by 072-565-1234 sou jymeer wou weet.