12
VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Sport Dansers ryg die medaljes in Bl. 12 Troeteldiere Stem vir gunsteling op Facebook bl. 10 Vermaak Theuns laat stem op Bfn-verhoog hoor bl. 3 OPKNAPPINGSWERK aan Hoffmanplein ten bedrae van R38 miljoen moes teen einde April voltooi gewees het, maar dié projek is steeds nie afgehandel nie. Nuwighede sluit die beskerming van die monument, die vergroening van die plein, die oprigting van busskuilings en die sluiting van Groenendalstraat in. Foto: Jens Friis MENSE kan hulle nog tot 22 Augustus vir die Oupa en Ouma Roos-eerbewys inskryf. Rig navrae aan Ans Coetzee by 082-467-6471, e-pos ans@athalia of [email protected]. Werk nog nie voltooi

Bloemnuusbl 20140815

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140815

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20140815

VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Sport

Dansersryg diemedaljesin

Bl. 12

Troeteldiere

Stem virgunstelingopFacebook

bl. 10

Vermaak

Theuns laatstem opBfn-verhooghoor

bl. 3

OPKNAPPINGSWERK aan Hoffmanplein ten bedrae van R38 miljoen moes teen einde April voltooi gewees het, maar dié projek is steeds nie afgehandel nie. Nuwighede sluit diebeskerming van die monument, die vergroening van die plein, die oprigting van busskuilings en die sluiting van Groenendalstraat in. Foto: Jens Friis

MENSE kan hulle nog tot 22 Augustus vir die Oupa en Ouma Roos-eerbewys inskryf. Rignavrae aan Ans Coetzee by 082-467-6471, e-pos ans@athalia of [email protected].

Werk nog nie voltooi

Page 2: Bloemnuusbl 20140815

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, is met vakansie. Hier is hy by die Colloseumin Rome. Inge Strydom neem in sy plek as redakteur waar. Foto: Verskaf

Inge Strydom

DIE Bloemfonteinse sanger Franzelhet onlangs haar solo-loopbaan viriets groters verruil.

Sy is deesdae deel van die pop-groep Mwah! en het na Johannes-burg verhuis om die nuwe uitda-ging in haar loopbaan daar aan tepak.

“Ek het aan my volgende solo-al-bum begin werk toe my pad op dieregte tyd en die regte plek metMwah! s’n gekruis het.

“ ’n Solo-loopbaan kan baie maklikeensaam raak. Dit is nou vir mybaie lekker om op die verhoog tegaan en twee ongelooflike vroue issaam met my. Dit is ook beter om as’n groep op die pad te wees as alleen– veral vir vroue.”

Sy verseker egter haar Vrystaatseaanhangers sy sal gereeld ’n draaikom maak en dat sy haar groeplede,Talana Vuren en Loriska Bubb, dieVrystaat van hoek tot kant wil komwys.

Franzel beskryf die nuwe Mwah!as ’n vaste eenheid wat mekaar virhul vertonings baie goed met nuweidees en energie aanvul.

Hulle werk aan hul eerste liedjieas nuwe groep en dit behoort teendie einde van die jaar uitgereik teword.

“Ons het reeds ons eerste optredesaam met die Jukebox Roadshow inMusina gehad. Dit was ’n ongeloofli-ke ervaring,” vertel Franzel.

Franzelnou ookMwah!

Die Bloemfonteinse sanger Franzel isnou deel vanMwah! Van links is Fran-zel deWet, LoriskaBubbenTalanaVu-ren. Foto: Starbust Promotions

FRIDAY, 15 AUGUSTS The Bloemfontein City Orchestra (BCO)presents its Best of Broadway productiontoday and tomorrow in the Sand du PlessisTheatre. The show will feature the full BCOwith lead vocalists, band and back-up singersplaying music from some of the best-lovedmusical and theatre produc- tions like TheLion King, Evita, Hairspray, Cats and others.Ticket sales are open and tickets areavailable from R120 at Pacofs (051-447-7772)and BCF Micro Finance (Kenworth Centre).SKlub 100 se bingo-aand word deurJeandré Smith by die Hoërskool Pres. Steynin Piet Odendaalweg, Bainsvlei, aangebied.Dit begin om 18:30 en kos R120 per persoonwat ’n ete insluit. Bring eie glase en drink-goed. Pryse te wen. Bring kaartjie saam. BelAnnetjie Pretorius by 082-549-6179.SHelpende Hand Bloemfontein hou om 09:30’n spesiale oggend vir die versterking vansy fonds vir die Bloem Beurs in die NGkerk Hospitaalpark se saal. Dit kos R100.Jana du Plessis en Du Preez Stoltz saloptree. Bel Marietjie Gerber by 082-563-0532.

SATERDAG 16 AUGUSTUSS Die Botaniese Vereniging van Suid-Afrikase Vrystaattak hou sy jaarvergadering om10:00 in die Opvoedkundige Sentrum,Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin(VNBT). Die gasspreker is prof. Johan Spiesvan die departement genetika (UV) en dieonderwerp Growing the species Lachenalia.Vir gratis bywoning RSVP voor 14 Augustusby [email protected]), anders moetdie toegangsgeld betaal word. Bel Jan-Hen-drik Keet by 071-541-4853.S ’n Selfverdedigingsklas word van 11:45tot 14:00 ten bate van Kansa in die Protea-Wilgeholf-sentrum (bo Gys die Slagter)aangebied. Dit kos R30 per persoon. BelSharlien by 084-459-7260.SNá verloop van baie jare begin dieVriende van Naln om 10:00 ’n herstrukture-ringsvergadering in die ouditorium vanNaln. Almal is welkom om dit by te woon.Navrae: Reza Brits by 082-781-7926 of Anne-lien Diedericks by 076-741-0628.S ’n Kits-voorgeboortekursus vir ma’s van16 weke en minder swanger, asook 22 wekeen meer swanger. Kontak sr. Darhita Moutonby 072-682-6134 of [email protected] meer inligting. Beperkte plek is beskik-baar.

SUNDAY, 17 AUGUSTSKrishna Janmashthami (Hindu).S From Past to Present: ’n Klein versame-ling vereer die Bloemfonteinse kunstenaarLouis Cott tot 24 Augustus in Oliewenhuis.S Die bekende sangpaar Francois enElizabeth Fourie is vanjaar se gaskunste-naars in die NG kerk Brandfort se jaarliksegospeldiens om 09:30 in die Tri Hunt-reser-vaat. Navrae: Hannika Struwig by 082-873-2650 of [email protected].

MAANDAG 18 AUGUSTUSSThe Compassionate Friends is ’nselfhelp-ondersteuningsgroep met geen rasse-,godsdienstige of maatskaplike grense watvriendskap en begrip bied aan bedroefdeouers, sibbe en grootouers wat kinders aandie dood afgestaan het. Byeenkomste om18:00 maandeliks op die kampus van die UVin die DF Malherbe-gebou in Graduandi-straat. Vandag word ’n byeenkoms gehou. Ditis gratis en almal wat ’n kind aan die doodafgestaan het, is welkom. Bel Aubrey by082-455-7433 of Carol by 079-885-2224.

DINSDAG 19 AUGUSTUSS Joshua na die Reën is vanaand in InnieSkuur. Kaartjies kos R100 by Kiki Corner,Exclusively Monicas en Music Inc. of be-spreek plek by [email protected]. Navrae: 079-387-3614.

DONDERDAG 21 AUGUSTUSSRay Dylan vermaak vanaand Bloemfontei-ners in Innie Skuur. Kaartjies is R100 by

Kiki Corner, Exclusively Monicas en MusicInc. Navrae: 079-387-3614.

VRYDAG 22 AUGUSTUSSBoshof-rooivleisekspo-en-skou. Tol duToit, 082-494-2691.SBinnelanders: Almal is hartseer enemosioneel oor Wimpie. Quinton se terug-keer as heeltydse aanbieder verloop nievolgens plan nie. Jana kry ’n onverwagsebesoeker.S Fear and Loss – Industrial Karoocurated by Katie Barnard du Toit (Reservoir– Oliewenhuis Art Museum). This exhibitionrepresents a contribution of artworks byartists all over South Africa who areconcerned about the Karoo ecology. Anunderlying concern of this body of workrelates to the postmodern conditions ofconsumerism and capitalism which appear tobe the driving force behind the proposedexploration of shale gas in the larger Karoobasin. The exhibition will consist of installa-tions and framed artworks. A series oflectures, in collaboration with NationalMuseum and University of the Free Statescientists, is also planned.

SATERDAG 23 AUGUSTUSS Die Gereformeerde kerk Reddersburg hou’n biltongete. Mariëtte Venter, 082-948-2818.S Die NG kerk Hospitaalpark hou om 09:00’n 5 km-pretstap. Inskryfgeld is R10 virvolwassenes en R5 vir kinders. Pryse saluitgedeel word. Willie Vorster by 082 829 4310S Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging(BSV) en AfriForum hou van 08:00 tot 15:00die jaarlikse BSV-slypskool vir ontluikendeskrywers onder leiding van die spanningsro-manskrywer Chanette Paul in die Noorder-bloem-aftreeoord se saal in Metzstraat,Bayswater. Sy gaan fokus op interessantetemas soos Afrikaanse Ontspanningsfiksiesedert 1995, Skryftegniese vaardighede enstylelemente, Die kernverhaallyn, Plot enstorie, Fokalisering wat nie ’n vloekwoord isnie, Karakters wat nie zombies wil wees nie,al is hulle en Skryf en herskryf voor dieeindproduk. Die slypskool kos R300 met ’nspesiale tarief vir BSV-lede. Skakel 073-388-3377 of stuur ’n e-pos na [email protected] Die Hoërskool Sentraal se jaarlikseverjaardagviering. Spitbraai en vermaakdeur Peter Mitchell en Andriëtte Norman isby die kaartjies ingesluit. Kaartjies R200.Kontak Susan Potgieter by 078-346-6796.

Dagboek

Susan McAlpine, ’n Suid-Afrikaans gebore blokfluitspeler van Amsterdam, gee op 15 Au-gustus om 19:00 ’n uitvoering in die Siloam-kerk inWestphallstraat in Bloemfontein, bege-lei deur Erik Dippenaar op die klavesimbel. ’n Werksessie oor kontemporêre blokfluitmu-siek word op 16 Augustus om 10:00 aangebied. Navrae: dr. Petrus Krige by 083-468-6046.

Page 3: Bloemnuusbl 20140815

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 3

DIE kaartjies verkoop soossoetkoek vir die konsert vanTheuns Jordaan met sy rasperstemwat op 29 Augustus in die Kovsie-kerk in Bloemfontein gaan optree.Theuns sê hy sien net so baie soossy aanhangers na dié konsert uit.Inge Strydom het met hom gesels.

Jy kom van Bethulie. Het jy nog ’nverbintenis daar? Ja. Ek het daargrootgeword. My ouers woon en boer nogdaar naby en ek kom gereeld daar.

Waar was jy op skool? Bethulie enGraaff-Reinet.

Waarvan hou jy die meeste van dieomgewing? Bethulie – die stilte en dieruimte.

Wat is jou gunstelingplek in die landen waarom? Wildernis, oor die wonderli-ke natuur.

Waar woon jy nou? Pretoria en Stellen-bosch.

Ongeveer hoeveel konserte doen jy perjaar? 70 van hulle.

Wat is die vreemste of interessantsteding wat jou nog vir ’n liedjie geïnspi-reer het? My meisie was ’n finalejaar-mediese student en het die aand metbloedoortappings gewerk – dít is waar dieidee vir Soos Bloed se oorsprong lê.

Watter van jou liedjies is die lekkersteom vir gehore te sing? Bloutrein

Wie het jou leer kitaar speel en hoelank speel jy al? Ek het myself geleer enek speel van matriek af.

Watter ander instrumente kan jy nogbespeel? Mondfluitjie.

Watter beroep wou jy volg toe jy kleinwas? Ek wou ’n veearts of argitek word.

Waarvoor gril jy, of het jy dalk ’nvrees vir iets? Spinnekoppe.

Die lekkerste gereg is . . . Braaivleis.

Die mooiste woorde om te hoor is . . .Ons gaan nou braai.

Wat sal jou altyd opbeur? Diere.Aan watter werklikheidsreeks sal jy

deelneem? Boer soek ’n vrou.

Waaroor was jy onlangs baie senuag-tig? Om te sien of die mark die Engelsealbum Tribute to the Poets gaan aanvaar.Dit het toe darem – die album hetonlangs dubbel-platinumstatus bereik.

Wat is die snaaksste ding wat al opeen van jou vertonings gebeur het?’n Vreemde vrou wat gesê het, dit is nouuit tussen ons, omdat ek saam metJuanita sing.

Het jy al per ongeluk een van jouliedjies se woorde verkeerd gesing ofvergeet? Ja, dit gebeur gereeld metalmal.

Na wie se musiek kan jy weer en weerluister? Dire Straits, Tracy Chapman enValiant Swart.

Wat wil jy nooit weer doen nie? NewYork toe gaan. Die mense is ongeskik.

Wanneer jy ontspan, doen jy? Net niks.

Waarna sien jy vir die res van die jaarbaie uit? Die show in Bloemfontein op 29Augustus.

) Bloemnuus is ’n mediaborg van diekonsert. Kaartjies is by Computicketbeskikbaar.

Theuns kannie wag vir Bfn

Theuns Jordaan Foto: VerskafDIE volgende mense is onlangs in Bloemnuusse lesersgebied oorlede:

* Charl Enslin (1930)*Wietz Pretorius (1936)*Adam Botha (1949)* Sarah Maria Johanna Marisilio (1926)* Joan Smit (1925)*Barend Coetzee (1936)*Vinkie van der Nest (1932)*Koos Verster (1922)

S Die, aktuele weidingboek Gids tot dievolhoubare produksie van weiding,saamgestel deur prof. Hennie Snyman(departement vee-, wild- en weidingkunde,Universiteit van die Vrystaat) se eerste drukis binne ’n jaar reeds uitverkoop. Die boek ispas herdruk (tweede uitgawe) en is beskik-baar by [email protected] of021-406-4962 of bestel dit elektronies bylandbou.com. Alles rondom die volhoubarebestuur en benutting van natuurlike veld enaangeplante weidings vir kleinvee-, grootvee-en wildboere word bespreek.

S Joost van der Westhuizen gaan sylewensverhaal vertel in ’n rolprent wateersdaags in Kaapstad bekend gestel word.Hy praat oor sy rugbyloopbaan, sy kinders,Amor Vittone, sy motorneuronsiekte (MNS)en ook die seksskandaal wat sy loopbaan énhuwelik geruk het. Boonop gaan hy self indie teater wees wanneer die fliek die eerstekeer van 27 tot 30 Augustus op die kykNET-silwerskermfees draai.

S Jana du Plessis van Bloemfontein watook Finesse se Inspirasievrou vir 2013 is, wasdie eerste gas op Kwêla se nuwe stel wat

verlede Woensdag bekend gestel is. Jana het’n getuienis op die program gelewer oor haarstryd met kanker.

SWees jou eie ‘Life Coach’ In Lyn metGod se Woord deur die Bloemfonteinseskrywer Ansja Ferreira (Kwarts-uitgewers2014) is ’n boek wat jou help om uit die groefte kom en jou lewe te verander. As ’ngekwalifiseerde joernalis en life coach, bringAnsja Ferreira, beginsels van life coaching endie Woord bymekaar en help die leser omverantwoordelikheid te neem vir sy/haarlewe. Die boek bevat tien stappe vir ’nvervulde, gelukkiger lewe – en sal jou helpom jou volle potensiaal te bereik.

S Die akteur Robin Williams het sy lewená ’n lang stryd teen depressie geneem. Die63-jarige komediant en akteur is volgens diepolisie van Marin County, Kalifornië, doodaan versmoring in sy huis in Tiburon, noordvan San Francisco, gevind. Hy is Sondagaandom 22:00 laas lewend gesien. Die nooddiens iskort voor middernag ontbied en Williams isom 00:02 op die toneel dood verklaar, berigThe Guardian.

Wel en wee

Sarah-Kate Scott, vrou van die radiopersoonlikheid Darren Scott, is verlede Vrydagaandin die Emperors Palace as die nuwe Mev. Suid-Afrika vir 2015 gekroon. Riana Mooi (links)is eerste prinses en Mirell Lerm Ventura is as die tweede prinses gekroon. Mirell is diedogter van ’n voormalige Bloemfonteinse burgemeesterspaar, Henri en Maxie Lerm, watnou in Hermanus woon. Inlas: Aneeka Buys van Bloemfontein het onder die toptien vanMev. Suid-Afrika 2015 geëindig. Foto: Mrs South Africa

Inge Strydom

BLOEMFONTEIN senuwe sangpaar, Chri-Zade, bestaande uitChris Pretorius enMarizanne Bekker, hetSaterdagaand in ’nstampvol Innie Skuurhul eerste CD, Reis vanLiefde, bekend gestel.Hulle het van hul eieliedjies op die CD, soosReis van Liefde en Wolf,wolf hoe laat is dit?,asook bekende liedjiessoos Neem my op vlerkeen Is jy Bang, gesing.Die gehoor het dievertoning baie genieten het ná die tyd gretigin rye gestaan virhandtekeninge en foto’ssaam met die paar.

Sangpaar stel eerste CD bekend

Regs: Chri-Zade seCD-bekendstellingverlede Saterdag inInnie Skuur was ’nreuse-sukses. Hier isvan links, voor: ChrisPretorius, Marizan-ne Bekker (Chri-Za-de) en Jaco Bezui-denhoudt (vervaar-diger van Chri-Zadese CD, Reis van Lief-de); agter: KobusBekker, Joey Bekker,Marlene Bekker enFanus Bekker.

Foto’s: Inge Strydom

Links: Chris Pretori-us en MarizanneBekker van Chri-Za-de in aksie in InnieSkuur met die be-kendstelling vanhul CD, Reis vanLiefde.

Page 4: Bloemnuusbl 20140815

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

Page 5: Bloemnuusbl 20140815

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 5

’n Goeie blommeseisoen word vir Namakwaland voorspel. Gaan jy vanjaar ’n draaidaar maak? Stuur dan vir Bloemnuus foto’s daarvan aan [email protected] foto is verlede jaar Augustus daar geneem. Foto: Jens Friis

Inge Strydom

BINNENSHUISE plante gee warmte en leweaan enige huis. Om jou huis te verfraai metpotplante het jy nie ’n hand met ’n plantnodig nie – net ’n bietjie moeite en die regtestaanplek.

Volgens Solet Scheeres se boek 1 000+Wenke vir die Huis moet jy die potplant op’n plek sit waar jy dit gereeld sal raaksienom sodoende nie te vergeet om dit teversorg nie.

Wanneer jy op ’n plant besluit het, maakseker by die kwekery of winkel waar jy dieplant gaan koop watter lig die beste sal weesvir die plant en ook hoe gereeld jy vir diespesifieke plant water moet gee. Gewoonlikvaar potplante die beste langs ’n vensterwaar dit die meeste natuurlike lig sal kry.

Kry ’n prettige pot wat jou huis se gevoelen dekor sal komplementeer en maak danso:

Gooi ’n laag hidro-kleikorrels onderin diepot en bevogtig dit goed. Sit dan die plant indie pot en gooi die potgrond by. Vul dieboonste laag weer met kleikorrels wat goed

is vir dreinering. Dit verseker ook die planthet langer water beskikbaar. Jy kan ook ’nkoffiefiltersakkie onderin die pot sit omdreinering te verbeter en te verhoed dat diegrond uitval.

Indien jy sien die grond is hard, dreineerdie plant nie goed genoeg nie en sal sand ofturfgrond die oplossing wees. Die grond kanook te nat wees wat die plant kan laat vrot.Om dit te verhoed vervang die ondergrondvan die pot en voeg klein klippies ofpolistireenkorrels by.

Indien jy later luise op die plant sien, kanjy vuurhoutjies met die swawelkoppiesliggies in die grond druk. Die swawel los indie nat grond op wat so die luise verjaag.

’n Flou oplossing van skottelgoedseep enwarm water kan ook vir swamme en luisehelp, dit moet net op die plant en nie diegrond gespuit word nie. Jy kan die plantook elke vier na vyf weke met ’n vloeibareorganiese misstof spuit om dit gesond tehou.

Kyk jaarliks na die wortels van die plantom te bepaal of dit nie in ’n groter potuitgeplant moet word nie.

Wenke vir potplante

Page 6: Bloemnuusbl 20140815

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

Page 7: Bloemnuusbl 20140815

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 7

Page 8: Bloemnuusbl 20140815

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

STUUR ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus [email protected]. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees.Meld asseblief watter fotograaf vir wie waar afgeneem het.Nog heelwat troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Willem Fritz

DIE Yaris wat nou vervang gaan word, is diederde-geslag-Yaris. Dit is ’n heel skaflikeryding wat goeie waarde vir geld bied, maarhy kon sedert sy bekendstelling in 2011 niedie sukses van sy uiters gewilde voorgangerewenaar nie.

Dat die nuwe model se internasionalebekendstelling in Duitsland gehou is, is ooknie toevallig nie, aangesien die Europeseafdeling van Toyota die leidende rol in dieontwikkeling en ontwerp van die “nuwe”Yaris gespeel het. Die Europeërs is immerskenners wanneer dit by styl en dinamika,twee van die Yaris se tekortkominge, kom.Die opgeknapte model maak nou ’n veelgroter indruk van voor af danksy die boonsteen veel groter onderste sierroosters.

Daar is ook nuwe allooi-wielontwerpe.Agterlangs is dinge grootliks onveranderdgelaat, behalwe vir die agterligte wat ooknou met LED-ligtegnologie spog en ’n nuwebuffer met ’n donker lugvloeier onderlangs.

Binne het die Duitsers ook ’n meerergonomiese en aangenamer ruimte geskep.Die instrumentpaneel het nou ’n meerhorisontale vorm bolangs met vloeiende lyneen plastiek met ’n sagte gevoel in diemiddelste deel. Die boonste deel van dieinstrumentpaneel het ’n minder blinkvoorkoms, maar die persepsie van duursaam-heid oortuig nog nie heeltemal nie.

Die nuwe Yaris kry Toyota se nuutsteTouch 2-multimediastelsel waarvan dievolkleurraakskerm se grootte van 6,1” tot 7’’

vergroot is met ekstra gebruiksfunksies eninligting, asook integrasie met verskeieslimfoonfunksies.

Die hibriedaandrywingsuitleg het ook ’nnuwe ontwerp. Die middelste konsole staannou 23 mm hoër met die gevolg dat dieratkierie 30 mm vir verbeterde rat-oorskake-ling korter is.

Die deurpanele is ook hersien en daar isnuwe sitplekoortrekselontwerpe.

Ritgehalte en hantering het aandag gekrydeurdat die bakwerk nou meer rigied is endie vering vir ’n meer absorberende riteffens sagter ingestel is. Op ons toetsrit deurdie strate van Düsseldorf in Duitsland hetdie Yaris met sy aangename rit en positiewehantering beïndruk. Hoewel die eenliterenjinheel opgewasse vir sy taak is, moet ’n mensnie skaam wees om die ratkierie in te spannie. Tog jammer Toyota het nie ’n turboaangeskroef nie, want dit sou daardiebroodnodige ekstra oemf verskaf het.

Met die hibriedmodel is dit ’n geval vanmeer geraas as aksie wanneer jy vet gee,maar die hele punt met ’n hibried is sekerom vir beter brandstofdoeltreffendheid rustigte bestuur. . .

Wat die uiterlike betref, is die aanvanklikeprentjie van die verfriste Yaris positief.Hoewel die nuwe “snor” vir ’n rooster dalknie in almal se smaak is nie, laat hy ’n veelbeter indruk as voorheen. Die opknappingkan weer ’n bietjie vuur onder die Yaris sestert maak om sy verlore aansien te herwin.

Die nuwe Yaris kom in September Suid-Afrika toe. Die pryse is nog nie bekend nie.

Yaris kry ’n hangsnorDie nuwe Toyota Yaris.

Getroud

Melyni en Pieter Eilers.Foto:ClaireNewbyvanProVPhotography

Carika en Duan Koen. Foto: Denver Arends

Jessica en Pite van Biljon.Foto: Palm Photography

Page 9: Bloemnuusbl 20140815

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 9

Page 10: Bloemnuusbl 20140815

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014

DIE foto’s vir die troeteldierkompetisie waarin R1 000 se geskenkbewyse van Makro op die spel is,stroom steeds in. Daarom verskyn die beste foto’s in groepe in Bloemnuus met die oog daarop omdie finaliste te bepaal. Stem vir jou gunstelingfoto op Bloemnuus se Facebook-blad.

Tog te oulik

Elmien van Deventer: “Hier is my dogtertjie met ons eend (Donald)wat ons swembad as sy dam gebruik.”

Renee Bosman: “Ditis Salvador, my spa-niël wat kyk hoeveeltennisballe hy in sybek kan kry.”

“Maarhier isdan niksbinne-indie sakvir mynie,”vertelElainePretoriusse“baba-kat”,Saggrys.

GretheSchim-per: Myminia-tuurvark-hond,Mia.

PERSOONLIKE

DIENSTE

FINANSIEEL

1420

A " BLACKLISTED""ITC" "DEPREWIEV"WE CAN HELP. We

finance you. Cars, Bakkies,D/Cubs available. 076 3099909 or 076 752 7446.email: martie.benecke

@gmail.com

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

Consolidation Loan Online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

TE KOOP

JUWELIERSWARE &

BYKOMSTIGHEDE

1645

ALLERLEI

1655

AIR-CON SPECIALS9000 BTU - R4 60012000 BTU - R4 90018000 BTU - R6 00024000 BTU - R7 900Installasie 'back toback' ingesluit.Nico 082 782 7433

BFN Modeakademie:Aliwalstraat 89

10% afslag elke Sater-dag vir Vrouemaand.Materiaal vir so min asR5.Skakel 051 430 6261.

EK KOOP GOEIEgebruikte klere, skoene,linne en kombuisware

kontant. Ek besoek u tuis.Skakel: 072 185 8217

Mushroom compost: R29/30 dm.Organic fertiliser: R125/25kg.FREE delivery in BFN - morethan 50 bags. 051 451 1174.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls'. Asook dieherstel van plafonne. Gratiskwotasie. Skakel 079 581 6654.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

EIENDOMME

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

NAVALSIG: 2-slk-meenthuis,1,5 badk, 1 motorhuis. Innetjiese veiligheidskompleks.Geen troeteldiere. R4 300 p.m.Deposito: OHB. Beskikbaar1 Oktober. %083 256 9733.

Pellissier: Ruim 2-slaap-kamer-grondvloer-meent-huis. R3 950 p.m. Beskik. 1Sept. Water en ligte uitg.%082 085 5588.

ALGEMEEN

3680

Experienced vinyl andcarpet fitter wanted:Permanent position availablein Bloemfontein, must bewilling to travel. Pleasecontact 061 425 8412.

Waiter needed for restau-rant and bar in LangenhovenPark. Experience preferable.Please contact manage-ment at 051 451 9119.

VERKOPE &

BEMARKING

3760

4 vacant sales positionsavailable:Starting package: R10 500p.m.Excellent commission structu-res.Fuel allowance.Performance bonuses.Sales experience will be anadvantage.For interview call 051 5222237 during office hours:08:00 to 15:30.

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 HW ALBERTSE

In die boedel van wyle HendrikWillem Albertse, boedelnom-mer 23430/2014, Meesters-kantoor, Bloemfontein,geboortedatum 5 Augustus1945, identiteitsnommer450805 5049 082, van Gene-raal Fickstraat 23, DanPienaar, Bloemfontein, datumvan dood 29 Junie 2014.Krediteure en debiteure in diebogemelde boedel word hier-mee versoek om hulle vorde-rings in te lewer en hulleskulde te betaal ten kantorevan die ondergetekende binne'n tydperk van 30 (dertig) dae,gereken vanaf 15 Augustus2014 datum van publikasiehiervan.EE POHLSymington & De KokPosbus 12012Brandhof 9324(MHA0052).

122 TI RUDMAN

Die eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in dieboedel van wyle Trevor IanRudman, identiteitsnommer350307 5042 085, pensioena-ris, wewenaar, voorheenwoonagtig by Sewe DammeAftreeoord 7, Genl. Beyers-straat 29, Pengatonpark,Bloemfontein, boedelnommer1019/2014, lê ter insae by diekantoor van die Meester vandie Hoë Hof, Bloemfontein, vir'n periode van 21 (een twintig)dae vanaf 15 Augustus 2014.EE POHLP/a Symington & De KokPosbus 12012Brandhof 9324(MHR0088).

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 11: Bloemnuusbl 20140815

BLOEMNUUS, VRYDAG 15 AUGUSTUS 2014 11

Page 12: Bloemnuusbl 20140815

Like foto opFB en wenKarlien van Jaarsveld treemôre ná die wed-stryd (15:00) tussen die Vrystaat-Cheetahsen die Griekwas op die Castle Deck in dieVrystaat-stadion op. Gaan like dié foto vanKarlien op Bloemnuus se Facebook-blad enstaan die kans omhaar nuutste CD,Uitklop-hou, te wen.

DerdeinSAREGS: ClaudiaBarnard van dieCurro-skoolBloemfonteinhet derde inSuid-Afrika in dieouderdoms-groep 16 tot 18jaar in Federa-tion EquestrianInternational(FEI) se prelimi-nary dressagegeëindig.

Claudio Martins (links) en ThabangSitishi was deel van die Curro-skoolBloemfontein se eerste o.18-sewes-rugbyspan. Hulle het aan die Curro-streekkompetisie deelgeneem watdeur die Curro-skool Aurora aange-bied is. Hulle is al twee gekies om virdie Baobab-streekspan te speel. Diestreekspan het op die nasionalesportdag gewen.

(Lyn)dans medaljes losDie Boham’s Dance School of Excellence se dansers het aan die Suid-Afrikaanse 2014-lyn-dansmeestersbyeenkoms inModimolle (Nylstroom) deelgeneem.Daar het hulle tien goue,sewe silwer- en vier bronsmedaljes gewen. Van links is Mimi Diedericks, Rentia Roodt,Siobhan Marais, Elsabe de Jager, Johan Bouillon (afrigter), Nicole Harmse, Sanet Piek,Mariska vanGhunt, JaenSerfontein, StephanSteyn (All Star-kampioen) enAnschenBotha.Afwesig :Eldalize Kruger, Ester Botha, Bregda van Antwerp en Cathrine Marais.

LEERLINGE van dieLaerskool Jim Fouchéhet onlangs goed in hulonderskeie sportsoortegepresteer. Op die Suid-Afrikaanse kampioen-skappe het AnnekeVeldtsman, GouwsVeldtsman, NinetteVeldtsman en ZanéVeldtsman goeie uitslaebehaal.

Elmeré van den Bergen Elisca Esterhuizenhet aan die o.13-Bokkie-week deelgeneem en Jar-del Franca aan die o.13-rugby-Cravenweek enHenco Gerber aan dieo.12A-rugbyweek.

Op die Nashua-15-tal-week se B-spanne van aldie provinsies het JandréNel ook goeie uitslae be-haal.

Jandré van der Berg,Jan-Hendrik van derBerg, Sonique Barnarden Tian Bester het aandie Suid-Afrikaanse enBotswana-karatekampi-oenskappe in Kaapstaddeelgeneem.

Andrew Crout en Len-Douglas MacKay het hulslag in gimnastiek ge-wys.

JF gedy in sport

Van links is, voor: Tian Bester en Jandré van der Berg; middel: Gouws Veldtsman, Ninette Veldtsman,Andrew Crout, Len-Douglas MacKay, Jan-Hendrik van der Berg en Jandré Nel; agter: Sonique Barnard,Ninette Veldtsman, Elmeré van den Berg, Jardel Franca en Elisca Esterhuizen. Inlas bo: Anneke Veldts-man. Inlas onder: Henco Gerber.