12
VRYDAG 25 APRIL 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA WWW.BLOEMNUUS.MOBI Two Oceans Tshiamo proud of his first race p 11 Wel en Wee Pa, dogter uitgevat vir goeie doel bl. 2 Dagboek Vier van Bfn pak die lang pad Kaap toe bl. 4 Juanita du Plessis tree op Vrydag 2 Mei in Bloemfontein in die Kovsiekerk op. Die konsert word deur Afrikoon-produksies aangebied en Bloemnuus is ’n mediaborg. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Rig navrae aan 082-481-8881. Lees meer op bl. 3. Foto: Clinton Lubbe Juanita bekoor Rosestad

Bloemnuusbl 20140425

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140425

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20140425

VRYDAG 25 APRIL 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA WWW.BLOEMNUUS.MOBIGRATIS

Two Oceans

Tshiamoproud ofhis firstracep 11

Wel en Wee

Pa, dogteruitgevatvir goeiedoelbl. 2

Dagboek

Vier van Bfnpak dielang padKaap toebl. 4

Juanita du Plessis tree op Vrydag 2 Mei in Bloemfontein in die Kovsiekerk op. Die konsert word deur Afrikoon­produksies aangebied en Bloemnuus is ’n mediaborg. Kaartjies isby Computicket beskikbaar. Rig navrae aan 082­481­8881. Lees meer op bl. 3. Foto: Clinton Lubbe

JuanitabekoorRosestad

Page 2: Bloemnuusbl 20140425

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

SDIE volgende mense in Bloemnuus selesersgebied is onlangs oorlede:

* Marie Botha (gebore 1915)* David Janse van Rensburg (gebore 1979)* Schalk Lombard (gebore 1924)* Anne Serfontein (gebore 1958)* Arthur Stead (gebore 1936)* Kotie Strydom (gebore 1921)* André Visser (gebore 1953)* Willem Gouws (gebore 1959)* Gustav Loesch (gebore 1939)* Jacobus Hattingh (gebore 1967)* Wynand Piennaar (gebore 1942)

S Die Bloemfonteiners Isabell (25) en haarman, Martin Beyleveld (30), is uit meer as2 000 deelnemers onder die 12 finaliste virdie Suid-Afrikaanse Bruid van die Jaar-kompetisie. Hulle is in November verledejaar getroud. Die wenners word môre inKaapstad bekend gemaak.

S Die fliek Leading Lady se wêreldpremièrevind op 7 en 8 Junie op die Seattle- Interna-sionale Filmfees in Noord-Amerika plaas.Die fees lok jaarliks ongeveer 150 000mense. Die Suid-Afrikaanse sanger Bok vanBlerk is ook in die fliek te sien. Kyk na ’nvoorsmaak van die fliek by www.bloem-nuus.co.za.

S Neil Wagner, Suid-Afrikaanse snelbouler,wat nou vir Nieu-Seeland krieket speel, ensy boeremeisie, Lana Koekemoer, is diePaasnaweek in Hartbeespoort getroud.

SMeer as 100 mense landwyd het oor diePaasnaweek op die paaie gesterf. Verledejaar het 241 mense oor die Paasnaweeklandwyd gesterf.

S Die Bloemfonteinse langasem PaulinaNjeya (36) het Saterdag in die Twee Osea-ne-ultramarathon (56 km) in Kaapstadgewys sy is ongetwyfeld die beste seniorvroue-ultra- en -marathonatleet (42,2 km)wat die Vrystaat nóg opgelewer het. Sy wasSuid-Afrika se eerste vrou oor die eind-

streep toe sy met die beste vertoning vanhaar loopbaan vorendag gekom het omvyfde algeheel te eindig.

S ’n Jong man van 22 jaar is weensbeweerde dronkbestuur in hegtenis geneemná ’n ongeluk buite Bloemfontein wat byna

’n hele gesin van die stad uitgewis het.Botha Viljoen (39) en sy vrou, Engela (36),asook hul babadogtertjie, Abi (agt maande),is Vrydagaand in ’n botsing reg van voorop die Maselspoortpad naby die BramFischer-lughawe dood.

S Die tweede jaarlikse Black Tie and PinkPrincess-bal vir pa’s en hul dogters isonlangs op die Summerwood-landgoedgehou. Laerskoolmeisies van Bloemfonteinhet hul mooiste rokkies vir ’n aand vandans en glans aangetrek. Van die geld watmet die aand ingesamel is, is aangewendom Novuyo Tintane se droom van ’n pienkbed met bykomstighede in samewerkingmet Reach for a Dream te verwesenlik.Gaan kyk na nog foto’s by www.bloem-nuus.co.za.

S Die eenjarige Ciara Wesso is uit diehospitaal ontslaan nadat sy byna in ’nswembad verdrink het. Haar ouers, Charlot-te en Ferdi, sê sy is weer haar ou self enhet selfs weer met haar ouer boetie, Caleb(4), gestoei.

Wel en wee

Die tweede jaarlikse Black Tie and Pink Princess­bal vir pa’s en hul dogters is onlangsop die Summerwood­landgoed gehou. Laerskoolmeisies van Bloemfontein het hul mooi­ste rokkies aangetrek vir ’n aand van dans, glans en bederf saammet hul pa’s. Vier Disney­prinsesse het hulle by die deur verwelkom. Van links is, voor: Clarissa Venter en ZandriHarmse; agter: Estelee Tolken, Nadine Thompson, Elne Lubbe en Louise Sevenster (perso­neel van Eduplus). Foto: Verskaf

Die tweelingAnne van Aswe­gen en Joey Ver­maak (geboreGroenewald) isop 4 Oktober1934 in Koffiefon­tein gebore enhet ook daarskoolgegaan.Hulle woon albeinou in Bloemfon­tein en sal van­jaar hul 80steverjaardag vier.Tweelinge kanhul foto’s stuurna [email protected].

Inge Strydom neem vir die volgende tweeweke as redakteur vanBloemnuuswaar ter­wyl Jens Friis met verlof is.

Dié vier maats van Bloemfontein het ná hul Paaseierskattejag ’ngroot vonds gehad. Van links is Cailyn de Kock, Lea van denHeever,Gerrit Prinsloo en Abi Correia. Foto’s: Verskaf

Luhandré Bezuidenhoudt (3) van Bloemfontein het Paasnaweekterdeë geniet en het sommer ook Paashaas gespeel. Sy ouers isYolandé en Lukas Bezuidenhoudt.

Vier vanjaar 80 j.

Page 3: Bloemnuusbl 20140425

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 3

Clarise Haasbroek en Bernhard Faasen (van die groep Amen) opdie Ghoema­musiekeerbewysgeleentheid. Albei kunstenaars isvan Bloemfontein. Foto: Verskaf

SUID-AFRIKA se platinumprin-ses, Juanita du Plessis, vermaakBloemfonteiners op Vrydag 2Mei in die Kovsiekerk inBloemfontein. Inge Strydom hetmet haar gesels.

Hoe voel jy oor al diehoogtes wat jy al in jouloopbaan bereik het? Dit voelelke dag so onwerklik, en ekweet dit is net genade van Bo.Ek is so geseënd met ongeloofli-ke aanhangers.

Jy het ’n reeks, CountryHart, in Amerika gedoen.Vertel van jou ondervinding.Dit was vyf baie besige weke. Ekhet ongelooflike mense ontmoet,pragtige plekke gesien en baieoor die verskillende country-sty-le geleer, maar dit was hardewerk en ek het baie na Suid-Afrika verlang.

Wat sal jou altyd terug naSuid-Afrika toe lok? Diemense, ons kultuur, ons natuur,ons kos en die klimaat. Suid-Afrika, my land.

Wat moes jy altyd by jou hêop jou toer na Amerika? Baiegeduld en gebede, ’n positiewegesindheid en my gesin.

Was dit moeilik om voorander gehore op te tree? Ditwas vir seker ’n uitdaging enmet tye senutergend, aangesienhulle nie verstaan wat ek singnie. Maar dit was baie lekker endie terugvoering elke keer baiepositief.

Watter van jou liedjies is virjou die lekkerste om virSuid-Afrikaanse gehore tesing? Ons Koning kom, Pinkie,Volla! Eintlik moeilik om net ’npaar uit te sonder. Elke liedjiehet ’n betekenis vir my.

Het jy al ’n blaps op ’nkonsert gehad? Daar was ’npaar kere dat ek blapse beleefhet. My mikrofoon was al af, ekhet eenkeer ’n paar jaar geledevan die verhoog geval en op ’noom se skoot beland. My broekhet ook al in ’n vertoninggeskeur.

Bloemfonteiners sien baieuit na jou vertoning. Wat kanhulle van jou konsert verwag?’n Lekker saamkuier- en saam-

singaand. Ek gaan van my outreffers, sowel as nuwe treffers,sing, en ’n bietjie country.

Hoe besluit jy op jou uitrus-tings vir vertonings? Ek is baiebevoorreg met ’n ongelooflikeontwerper, Roedolf D. Couture. Hyken my styl en weet presies wat omvir elke vertoning te maak.

Waarna sien jy die res van diejaar uit? My nuwe country-albumwat oor so ’n paar maande uitge-reik sal word. Asook my en SteveHofmeyr se vertoning in CarnivalCity op 30 Mei en 1 Junie – Hoog-tyd.

Wat is jou grootste droom, ofhet jy dit al verwesenlik? Tot nouwas dit om ’n country-album inNashville op te neem en die albumword oor ’n paar maande uitgereik.Môre droom ons weer.

As jy nie ’n sanger was nie,wat sou jy wees? ’n Veearts.

Hoe ontspan jy? Ek gaanontspan op ons plaas saam met mygesin en ek hou baie van lees.

Wat weet baie min mense vanjou?Ek is kleinserig wat my hare

betref.

As jy R1 miljoen op enigiets

kon bestee, wat sou jy daar-mee doen?Ek sou wild koop. Veral in die

stadium sables (swartwitpense).

Sing jy saam as jy jouliedjies oor die radio hoor?Ja.

Jolig met Juanita

Kitsfeite oor Juanita:Melktert of koeksis-ters? Melktert.Hakskoene of platskoene? Plat skoene.Buitelewe-aktiwiteiteof ontspanning by diehuis? Ontspanning by diehuis, maar ook ons plaas.Waar het jy grootge-word? Ek het in Wind-hoek grootgeword en nouwoon ek in Pretoria.As jy jouself in vyfwoorde moet opsom,sou dit wees:KoningskindNederigLewenslustigDankbaarPositief

) Kyk na die video vanKaalvoetkind opwww.bloemnuus.co.za.

Juanita du Plessis tree op 2 Mei in die Kovsiekerk in Bloemfontein op.Foto: Verskaf

Maak opgang

Page 4: Bloemnuusbl 20140425

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

Wat gebeur wanneer en waar in diegroter Bloemfontein? Bloemnuus segewilde Dagboekblad is die plek om tekyk. Dit word ook gelaai opwww.bloemnuus.co.za.

Stuur dagboekinskrywings in dieonderstaande formaat (moenie volledigenuusverklarings stuur nie) na [email protected]. Dit is gratis. Diespertyd is Dinsdag om 09:00.

VRYDAG 25 APRILS Hy het van jongs af die geit gehad om tegaan loer wat anderkant die bult lê endeesdae doen hy dit vir die kykNET-reeksLeef jou reis. Kyk waarheen reis GerriePretorius vanaand op Leef jou reis om 19:30op kykNET (kanaal 144).S Colours of drought: Uitstalling deurSandy Thomas by Gallery on Leviseur.

SATERDAG 26 APRILS Die Cheetahs speel om 17:05 teen dieStormers in die Vrystaat-stadion. AdamTas tree na die wedstryd op.S Idees-tydskrif se werksessie word virdie derde agtereenvolgende jaar by dieBloemskou aangebied.Daar gaan twee klasse deur die Idees-span,Dala Watts en Ciskia Hanekom, aangebiedword. Die oggendklas (toukuns) is van09:00 tot 12:00 en die middagklas (Japanseboekbind) van 14:00 tot 17:00. Elke werkses-sie kos R250 per persoon. Bespreek by079-504-3912.S Photography forum, Gallery onLeviseur, 11:30. Kezia, 082-835-2335.S Christiaan Kritzinger, Innie Skuur,R100.S Volksblad se gewilde Kos-en-kunsmarkvind oudergewoonte van 09:00 tot 15:00 indie Botaniese Tuin in Bloemfontein plaas.Vandeesmaand se tema is deli-, kaas- enwynprodukte. Die jongspan sal op ’nspringkasteel kan baljaar, terwyl Ma hulleop spookasem, roomys en springmielieskan trakteer. Lootjies sal weer ten batevan Volksblad se Ons Gee Om-projek(voorheen die Volksblad-Kersfonds)verkoop word. Toegang is R11 vir volwas-senes en R6 vir kinders. Navrae: BiancaPrins by [email protected] ’n Slypskool vir die Afri-Visie Skryf ’ntreffer-kompetisie word van 09:00 tot 17:00by Innie Skuur aangebied. Bespreek by073-404-6171 of [email protected].

SONDAG 27 APRILS Vryheidsdag. Openbare vakansiedag.SMandela – His Life and Legacy,National Geographic Channel (kanaal 181)om 20:05.S Bloemskou bied vanjaar die eerste keer’n gospelfees met Onbeskaamd, ThaboHlongwane, Nedine Blom en Joe Niemandaan.

MAANDAG 28 APRILS Dit is ’n openbare vakansiedag omdatVryheidsdag op ’n Sondag geval het.S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad bykoerantverkopers in Bloemfontein teenslegs R20.

DINSDAG 29 APRILS Donkermaan.S Bloemfontein-veerpyltjieklub seweeklikse kluboefening om 19:00 by TheOld Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal iswelkom. Carien Els, 072-992-3199.S Binnelanders: Sonja moedig At aan om’n verhouding met Nina te bou, en daar isbesliste menings oor die besluit oorMorné.Huisreëls is aan die orde van die dag virdie meisies, en Okkie kry ’n blink gedagteby Ilse. Jana probeer uitvind wat At vanhaar voorlegging dink, en Margot isbekommerd oor Jana.S Pensioentrekkersdag by Makro:Winskopies wag op afgetredenes opDinsdae by dié winkel. Makro is ’ngereelde adverteerder in Bloemnuus.

DONDERDAG 1 MEISWerkersdag. Openbare vakansiedag.S Die fliek Ek Joke Net 2 begin vandaglandswyd draai. Lees ’n onderhoud meteen van die vervaardigers van die fliek opwww.bloemnuus.co.za

VRYDAG 2 MEIS Juanita du Plessis, Kovsiekerk, 20:00.R100 by Computicket.

SATERDAG 3 MEIS The Arrows by die Ou Presidensie om18:00. Bel 086-722-7950.

Vier Bloemfonteiners gaan ter bewusmaking van die nood van honger studente Kaap toe stap. Ntokozo Nkabine, Adéle van Aswegen(albei van die UV), Nico Piedt en Ronél Warner vertrek op 1 Mei te voet van Bloemfontein na Kaapstad ter bewusmaking van die UVse No Student Hungry­beurs (NSH­beurs). Hulle gaan meer as 1 000 km aflê. Die publiek word genooi om op 1 Mei om 10:00 aan ’n5 km­pretstap by die Universiteit van die Vrystaat (UV) deel te neem om die viermanskap op hul pad te plaas.

Adam Tas tree môre ná die Cheetahs sewedstryd teen die Stormers (17:05) in dieVrystaat­stadion by die Castle Deck op.

Dagboek

S Die Bloemskou word van 24 April tot3 Mei op die skouterrein aangebied envanjaar is daar net twee dae wat nieskoolvakansiedae is of oor ’n naweek valnie. Daar is heelwat nuwe aktiwiteite soosdie Bloemskou-talentsoek-kompetisiewaarvoor daar die laaste tyd uitdunrondesgehou is. Die tien finaliste tree op 24 en 26April op. Gesinne en vriende kan hulleook vir die Crazy Olympics en 2-in-1-hin-dernisbaan inskryf. Besoek bloem-skou.co.za vir meer inligting.

SONDAG 4 MEISWil jy hê jou hond moet gehoorsamerwees? Die Dog Training Club kan help.Hulle kom Sondae om 16:00 by die Laer-skool Sand du Plessis byeen. Maak gebruikvan die ingang in Hippocratestraat. NeliaSmit, [email protected] Die NG kerk Hospitaalpark, Mayo-straat, het elke Sondag twee eredienste om09:00 en 18:00.

MONDAY, 5 MAYS Yom Hazikaron (Jewish).S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad bykoerantverkopers in Bloemfontein teenslegs R20.

TUESDAY, 6 MAYS Yom Ha’atzmaut (Jewish).

WOENSDAG 7 MEIS Begin van tweede termyn vir onafhank-like skole.S Verkiesingsdag. Die vyfde algemeneverkiesing sedert 1994. Die president hetdié dag kragtens die bepalings van die Wetop Openbare Vakansiedae (Wet 36 van1994) tot ’n openbare vakansiedag verklaarom kiesers die geleentheid te bied om hulstemme uit te bring.

DONDERDAG 8 MEIGholfdag. Die Laer Meisieskool Oranjebied ’n beterbal-Stableford (kiesspel) bydie Bloemfontein-gholfbaan aan. Dit kosR250 per persoon. Abel Bezuidenhout by083-309-8733.

VRYDAG 9 MEIS Die Hoërskool Fichardtpark vier sy30ste bestaansjaar met ’n reünienaweek.Bel Iselma Parkin, 082-568-5579 vir meerinligting en ook vir die feesprogram.S NG gemeente Heuwelsig hou hulweeklikse gebedsbyeenkoms om 06:00.Frances Wessels, 051-436-5218.S Volksblad se jaarlikse Vroue-oggend.Vanjaar sal die sanger Chris Chameleondie vroue vermaak, terwyl daar aan ’nheerlike ete gesmul word.Brenda Myburgh sal as seremoniemeesteroptree en elke vrou sal ’n geskenkpak kry.Die oggendparty, wat in samewerking metGWK en Chevrolet aangebied word, beginom 08:30 by die Woodlands FunctionVenue.Kaartjies kos R300 per persoon en is bySpotted Apple beskikbaar.Skakel 051-447-1086.

Page 5: Bloemnuusbl 20140425

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 5

Ilze van Rooyen het dié foto onlangs by die Windmill­casino­en­vermaaklikheidsen­trum geneem. Met die foto is Ilze ’n eetbewys van Rosie’s Brasserie in die casinoryker. Stuur gerus foto’s na [email protected]. Digitale foto’s moet groter as1 MB wees. Daar word voorkeur gegee aan foto’s wat in Bloemfontein geneem is.Vorige wenfoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien. Foto: Ilze van Rooyen

Leserslens

Page 6: Bloemnuusbl 20140425

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratisplasing in Bloemnuus na [email protected] kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees.Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem.Nog troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Getroud

Lesly­Ann en Morné van Niekerk. Foto: Appelliefie Art & Photography

Levert en Janice Solomons. Foto: Luzel Nel

Page 7: Bloemnuusbl 20140425

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 7

Med

iaCorne

r10

0114/A/R

Johannesburg na Bloemfontein. Met vlugte vanaf

slegs R940*, is dit geen wonder dat ons roete blom nie.

Hierdie spesiale tarief is net beskikbaar op die volgende SA Express vlugte: SA 1001/2 | SA1003/4 | SA 1011/12 SA 1013/14 | SA 1017/18 | SA 1021/22 | SA 1023/24

Of jy nou vir besigheid of plesier rondrits, ons glo dit moet ’n veilige, sorgvrye en plesierige

ervaring wees – en natuurlik so ekonomies as moontlik. So van kostedoeltreffend gepraat, is

daar niks wat ons prys van R940* vir ’n eenrigtingkaartjie tussen beide stede kan klop nie.

*Eenrigtingkaartjie op ons Johannesburg en Bloemfontein roete, onderhewigaan beskikbaarheid. Koste sluit belasting uit. Bepalings en voorwaardes geld.

KORT ná Paasnaweek begin die pret inBloemfontein éérs met die jaarlikse Bloem-skou wat vermaak vir oud en jonk bied.Vanjaar se slagspreuk is nie verniet nie:Bloemen lêka Bloemskou!Hier is enkele van die hoogtepunte

waarna besoekers vanjaar kan uitsien:) Die grootste opelug-saalperdskou terwêreld met sowat 910 perde: 21 tot 26 April.) Die Boerwindhondskou op 26 April in diehoofbeesring.) Die Toyota-afslaerskompetisie op 29 Aprilin die Pepsi-teater.) Die tweede nasionale SA Stamboek/Vleissentraal-bulgroeitoetskompetisie op29 April in die hoofbeesring.) ’n Motiveringsontbyt vir landbouers metClaude Moller op 30 April (09:00 tot 12:00) indie banketsaal – bespreking by Veeplaas.) Die MTN-4x4-demonstrasiebaan metdaaglikse demonstrasies en saamrygeleent-hede om 11:00 en 15:00.) Die Makro-uitstallings, daaglikse demon-strasies en spesiale aanbiedings in dieVioletsaal.) Die CMW Back to Back-skeer-, -spin- en-breimarathon op 26 April ten bate van dieAthalia-tehuis vir bejaardes in Bloemfon-tein.) Die Marlin Kiddies-ruimte oorkant diehoofarena aan die landboukant bieddaagliks aktiwiteite soos sing, dans, balspeel en inkleur aan. Die twee karaktersMandy en Mickey lewer ook daagliks ’nproduksie oor hoe om pret te hê wanneer jyleer.) Skeerdemonstrasies daagliks van 27 Aprilin die skeertent.)Minute-to-win-it en kinderspeletjies op28 April en 1 Mei van 13:00 tot 15:00 op diePick n Pay-verhoog.) Tjiff en Tjaff-karakters van kykNET metkindervertoning op 30 April om 17:30.) Ronald McDonald op 1 Mei om 10:00 en2 Mei om 11:30.) Kinderkoekversierkompetisie saam mettannie Magda van Kokkedoor op 2 Mei om14:00.) Dairy Corporation-melkhalfuur – daagliksin die Melkstal om 17:30 – melk ’n koei enproe van die melk.) Grootste kreatiewe handwerkafdeling inSuid-Afrika wat vanjaar meer as 2 500inskrywings gekry het. Besoek www.bloem-skou.co.za vir datums en tye van demon-strasies in weef-, laslap- en kwiltwerk,asook kreatiewe breiwerk.) Die tydskrif Idees bied werksessies intoukuns en Japanse boekbind op Saterdag26 April om 09:00 en 15:00 aan. Kaartjieskos R250 en is by Spotted Apple by 079-504-3912 beskikbaar. Kaartjies sluit skoutoegangin.) Die Vodacom-treintjie met ’n roete op dieskouterrein.) Die Troeteldiersaal met wilde voëls,hoenders, kouvoëls, papegaaie, sierduiwe en’n dieretuin.) Pretparkritte. Onthou die gratis kaartjieper leerling van 6 tot 11 jaar op Sondag27 April. Daar is ook ’n spesiale prys vanR100 vir onbeperkte ritte tot 20:00 op 24 en30 April – vierwielmotorfietse en stampkar-re uitgesluit.Meer as 100 000 besoekers besoek oor tien

dae die Bloemskou met sowat 450 uitstallersin uitstalsale en buiteruimtes.Kom geniet ’n Bloemen Lêka-skou op die

Bloemskou-terrein.Besoek www.bloemskou.co.za vir meer

inligting.

Lientjie Mentz

CRAZY OLYMPICS word vanjaar die eerstekeer op die Bloemskou aangebied.Die R & R Crazy Olympics word op Sondag

27 April van 10:00 tot 16:00 in die VerticalSigns-hoofarena gehou.Ruan Viljoen van R & R Events verduide-

lik die Crazy Olympics is ’n prettige geleent-heid waarop familielede en vriende inspanne van vier om ’n prys meeding.Die Crazy Olympics bestaan uit tien

verskillende nommers soos sakresies enski-hardloop waarvoor die spanne punte kry.Die span wat aan die einde van die ronde diemeeste punte kry, wen ’n prys.Spanne wat hulle vir die Crazy Olympics

wil inskryf, kan vooraf plek bespreek, maarbeperkte plek sal ook op die skou beskikbaarwees. Die inskryfgeld vir ’n span van vierlede is R100.S Bespreek vooraf plek by Viljoen by076-573-4044 of stuur ’n e-pos [email protected].

‘Bloemenlêka’ hier

Speel-speelOlimpies

www.bloemnuus.co.za

Page 8: Bloemnuusbl 20140425

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

Page 9: Bloemnuusbl 20140425

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 9

Page 10: Bloemnuusbl 20140425

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014

LIFE’S COMFORT SOLUTIONS,a leading retailer and estab-lished brand in Lesotho,announced the opening of itsfirst store in Bloemfontein.Located in Bloem Plaza,

adjacent to Fashion World, thestore boasts a variety of goodssuch as electrical appliances,footwear, homeware, cellularequipment and electronics. Thestore opened on Thursday, 10April.Life’s Comfort Solutions (or

LCS) has been trading in andaround Lesotho for the past 13years. With six existingbranches in the land-lockedcountry of Lesotho, theirrecently established long-term

strategy is to open five branch-es every year for the next fiveyears in Southern Africa. Witheach of these branches servinga different market, LCS BloemPlaza is set to cater for themiddle- to lower-income bracketof the Bloemfontein market byoffering them a range of goodsfor their home and lifestylewhilst not having to pay afortune for it. Official tradinghours will be from 09:00 to 18:00from Mondays to Fridays and09:00 to 15:00 on Saturdays. Thestore will be closed on Sundaysand public holidays. For moreinformation, visit the websitewww.lifescs.net or like it onFacebook.

Retailer open

At the openingwere from the left Nkare Thelejane (managing direc­tor), Agnes Pakela (area manager) and André Bothma (chairmanof the board of directors). Photo: Supplied

PROMOTION

PERSOONLIKE

DIENSTE

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

KRUIEKENNER

1435

DR AZIZExperienced doctorwho have helped lotsof people already.

He is back to solve all yourproblems.

•Bring back lost lover•Penis enlargement

•Lotto and casino (win)•Financial problems

•Court casesCall Dr Aziz.

For quick and effectiveresults.

081 870 8842.

LENINGS

1445

NEED LOANS up to R120 000or cellphone contract orfuneral policy? Cell Emely:083 753 0070.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

Limousine Afslaershou elke Saterdag om08:30 'n veiling by ons per-seel agter Wiesbaden opBainsvlei. Ons verkoopvee, voertuie, implemente,meubels en losgoed.Inskrywings:051 451 1211.Jaco 079 603 9374 ofDanie 076 757 4972.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls' (herstelvan plafonne).Gratis kwot. 079 581 6654.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

1-SLK-WOONSTEL: Beskik-baar 1 Junie by Sewe Damme.R3 800 p.m. Slegs persone bo50 jaar. %079 884 2055.

TE KOOP

3201

HOUSES FOR SALE: Directfrom owner. Bloemspruit.%Anamarie 079 745 2441.

HUISE TE KOOP

3275

Heidedal: R750 000.3 bedrooms, 2 bathroomsNewly built house withmodern finishing. This houseis conveniently situated closeto Bloemspruit police station.Please call Eben079 874 1202 for moreinformation.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

WERK van die huis af, poste,ens. SMS na:072 992 0066 [email protected]

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 C SAVVABoedel wyle: CharalambosSavvaMeesterverwysingsnommer:120/2014Boedel van wyle CharalambosSavva, identiteitsnommer240816 5024 087, pensionaris,van Damonos 24, BridgeHouse, Block B, Flat number902, Limassol, Cyprus.Krediteure en debiteure in diebogenoemde boedel word ver-soek om hulle vorderinge in telewer en hul skulde te betaalby die ondergemelde binne 'ntydperk van 30 dae vanaf Vry-dag 25 April 2014.Naam en adres van eksekuteurof agent:LB Saffy, Honey Prokureurs,Posbus 29, Bloemfontein 9300.Tel: 051 403 6600

122 CW LIEBENBERGBoedel wyle: CorneliaWilhelmina LiebenbergMeesterverwysingsnommer:003044/2013Boedel van wyle Cornelia Wil-helmina Liebenberg, identi-teitsnommer 330311 0016081, pensionaris, van De Wall-weg 15, Ehrlichpark, Bloem-fontein.Krediteure en debiteure in diebogenoemde boedel word ver-soek om hulle vorderinge in telewer en hul skulde te betaalby die ondergemelde binne 'ntydperk van 30 dae vanaf Vry-dag 25 April 2014.Naam en adres van eksekuteurof agent:LB SAFFY, Honey Prokureurs,Posbus 29, Bloemfontein 9300.Tel: 051 403 6600.

122 J LABUSCHAGNEKENNISGEWING AANKREDITEURE IN

BESTORWE BOEDEL:Alle persone met vorderingeteen ondervermelde boedelmoet dit binne 30 dae (of soosaangedui) vanaf datum vanpublikasie hiervan by diebetrokke eksekuteur inlewer.Meesterskantoor: Bloemfon-teinVan: LabuschagneVoorname: JeanetteIdentiteitsnommer: 5307290104 086Laaste adres: HillandaleHealth Care Centre,Woodland Hills Boulevard,Groenvlei,BloemfonteinDatum oorlede: 9 Februarie2014Naam en adres van die ekseku-teur/gevolmagtigde: APS Fidu-ciary Services (Pty) LtdMe. P.J. KotzePosbus 100868Moreleta Plaza0167Tel: 012 x 997 2268Tydperk toegelaat vir dieindien van vorderings, indienanders as 30 dae:Adverteerder: APS FiduciaryServices (Pty) LtdMe. P.J. KotzePosbus 100868Moreleta PlazaTel. 012 x 997 2268.

122 JS FOURIEBoedel wyle: Joseph Stepha-nus FourieMeesterverwysingsnommer:3026/2013Boedel van wyle Joseph Ste-phanus Fourie, identiteitsnom-mer 231013 5017 086, pensio-naris, van Hippocrateslaan 37,Hospitaalpark, Bloemfontein9301.Krediteure en debiteure in diebogenoemde boedel word ver-soek om hulle vorderinge in telewer en hul skulde te betaalby die ondergemelde binne 'ntydperk van 30 dae vanaf Vry-dag 25 April 2014.Naam en adres van eksekuteurof agent:LB SAFFY, Honey Prokureurs,Posbus 29, Bloemfontein 9300.Tel: 051 403 6600

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

122 MM RAMANAMANEIn die boedel van wyle Mase-lehe Minnie Ramanamane,identiteitsnommer 4311100414 082, getroud binnegemeenskap van goedere metPitso John Ramanamane, inlewe woonagtig by Mokoloko-straat 7240, Rocklands,Bloemfontein, boedelnommer001287/2014.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêby die kantoor van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein, vir 'n tydperkvan 21 dae gereken vanaf Vry-dag 25 April 2014.Naam en adres van eksekuteurof gemagtigde:LB SAFFY, Honey Prokureurs,Posbus 29, Bloemfontein 9300.Tel: 051 403 6600.Faks: 051 403 6714.

BETREKKINGS

Navrae 051 404 7798Navrae 051 404 7798

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 11: Bloemnuusbl 20140425

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 APRIL 2014 11

Marisa Fockema

’n OPTOMETRIS van Bloemfontein het puikgevaar op die Internasionale Skietsportfede-rasie (ISSF) se Wêreldbekerbyeenkoms inTuscon, Arizona.Neels Bornman (38) het verlede week in

die Olimpiese gragskiet-afdeling ’n 20steplek onder die voorste 80 skuts oor diewêreld heen behaal. Hy is nou Suid-Afrikase nommer een in dié afdeling.Hoewel dit die vierde keer is dat hy aan

die Wêreldbekerbyeenkoms deelneem, hethy nog nie voorheen so goed gevaar nie.Hy het ’n uitstekende algehele telling van

114 uit 125 behaal. Dit is meer as dieOlimpiese kwalifiserende standaard van 112

uit 125.Hy beklemtoon egter dat die kompetisie

nie maklik was nie.“Vir ’n sportman is dit baie moeilik om

in ’n ander tydsone mee te ding. Arizona setydsone is nege uur agter Suid-Afrika s’n.Dit neem dus minstens ’n week om daaraangewoond te raak.“Jou tegniek moet goed wees en jy moet

baie goeie beheer oor jou konsentrasie endenke hê.”Bornman skiet al vandat hy 12 jaar oud

is. Sy pa, Neels sr. , was in 1992 op dieOlimpiese Spele in Barcelona. Hy hoop nouom in sy pa se voetspore te volg en in 2016vir die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro tekwalifiseer.

Visierop spele

Neels Bornman (38), ’n optometris in Bloemfontein, het verlede week puik presteer opdie Internasionale Skietsportfederasie (ISSF) se Wêreldbekerbyeenkoms in Tuscon, Arizo­na. Foto: Verskaf

Die leerlinge van die Laerskool Universitas (Tjokkies) het aan die Maths League Challenge, wat by die Hoër­skool Eunice gehou is, deelgeneem. Die Tjokkies het die spanbeker vir die gr. 7­groep gewen. Vier leerlingewas in die toptien. Van links is, voor: Anzel van der Walt (vierde), Liané Kleynhans (eerste) en Lize de Wet(tweede); agter: Reghardt Liebenberg (sesde), Matthew Nel en Johan Rossouw. Foto: Verskaf

Oteng Mpete

COMPLETING the gruelling TwoOceans Marathon twice is a featthat requires extreme courage andendurance. For Bloemfontein bornand bred Tshiamo Tlhomelang (25)this feat was accomplished over theEaster weekend.Tlhomelang works for Old

Mutual Group Schemes as afinancial adviser.His main goal going into the

marathon was to encourage youngsoccer players and runners to taketheir sporting activities seriously.As an old boy of Grey College hewas taught that in sport “achampion is someone who gets upwhen he cannot, more importantlywhen the occasion demands it. AGrey boy will always come up tothe scratch”.Bloemnews asked him a few

questions about his Two Oceansexperience.

As a first-time participant inthe 56 km Two Oceans UltraMarathon there is a number ofthings one should do before therace. Mention a few.Carbo loading is very important

for long-distance runners. Foodssuch as pasta, rice and potatoesthat contain lots of carbohydrateshave to be consumed weeks beforethe race and the night before,because they serve as a greatsource of energy during the race.It is also vital to get at least eight

hours of sleep before the race.

How many hours did it takefor you to complete the mara-thon?It took me exactly 6 hours 28

minutes and 45 seconds to finishthe race.

Is the support of friends vitalin such a gruelling race?Yes, the support of friends and

loved ones along the route wasvery important. Friends likeNonqebo Dlamini, Likeleli Mphutla-ne and most importantly inspirati-on from my number-one supporterDisebo Emily Moleko was critical,especially towards the last 10 km ofthe race. When I saw my number-one supporter cheering for me onthe sidelines, I felt like I could goon for another 50 km.

Did you achieve all themilestones you had set foryourself?Yes, I was able to do that. Two of

my major milestones were ensuringthat I ran past the 28 km markunder three hours, I did it in2:54:26. The second was going pastthe 50 km mark under six hourswhich I managed to run in 5:47:48.The target I had set for myself

was to finish the marathon under 6hours 30 minutes, which I managedto do comfortably.

Most people have a luckycharm or follow a strict routinebefore they start a marathon.What do you do?I do have a lucky charm. I

usually walk around like a head-less chicken in a quiet area andthink about all the training andsacrifices I had to endure prior tothis day.

Leading up to the marathon,did you change your diet?To be honest, my diet never

changed.I did not stop eating my “pap ’n

vleis”, what we call Chesa Nyama,especially on weekends.

Did you not get hungryrunning for that long?Oh yes, when I reached the 52 km

mark my stomach started makingfunny noises. It sounded like theSoweto Gospel Choir in there.Fortunately they provided us withsome snacks and refreshmentsduring and after the race.

Did you get any sleep the nightbefore the race? Were younervous?Yes, I did. As I mentioned

earlier, getting eight hours of sleepis very important. I was not thatnervous until I woke up thatmorning and asked myself: “Whyam I running this race?”. That waswhen the nerves kicked in.

Describe what it felt likefinishing the race.Words cannot even express how I

felt after crossing the finish line.My body was in pain and I couldnot even think straight. There wasactually one word that crossed my

mind after finishing the race:addicted. When I crossed the finishline I knew for a fact that I wascoming back again next year.

What’s next for you?To run the Two Oceans Mara-

thon in 2015 simply because I amaddicted to it now. My goal is tocomplete it in a quicker time thanI did this year.

Any parting words of wisdomand encouragement for peopleinterested in marathon running?All I have to say is: Run your

race. Do not be bothered about thepeople in front or behind you.

Sacrifice, sweat and joy

At the starting point of the race at05:00. From left are Tshiamo Tlho­melang, Pali Motloung and MvulaSeroto. Photos: Tshiamo Tlhomelang

Taking hands in prayer before the start of the marathon. From left areMvula Seroto, Likeleli Mphutlane, Tshiamo Tlhomelang and Pali Mot­loung.

Page 12: Bloemnuusbl 20140425

Die o.11A­span van die Meisieskool Oranje het die Truida Kestell­tennistoernooi in Bethlehem gewen. Van links is Miné Bosman, Li­né Greyling, Kristen Fichardt en Christine Kruger.

Bfn-vrou draf andervroue-atlete in stof

Rufus Botha

TWEE Bloemfonteinersen ’n legendarieseoud-Bloemfonteiner hetSaterdag in die TweeOseane-ultramarathon(56 km) die Rosestad sevaandel hoog laatwapper.Dié drie het elkeen ’n

skitterende prestasiegelewer.Bloemnuus neem die

drie atlete se vertoningsin oënskou volgens dieplekke wat hulle behaalhet – nie dat ditenigsins ’n maatstaf isvan wie die bestevertoon het nie.

Paulina Njeya(Toyota) het weerbewys sy is die bestesenior vroue-ultramara-thon- en marathon-(42,2 km) atleet wat dieVrystaat nog opgelewerhet.Die 36-jarige Njeya

was Saterdag Suid-Afri-ka se eerste vrou oordie wenstreep en hetdie beste vertoning vanhaar loopbaan gelewertoe sy vyfde algeheelgeëindig het.Slegs twee Russe, ’n

Ethiopiër en ’n Lesotho-burger, kon Njeya, wat3:50:48 aangeteken het,troef.Die naaste Suid-Afri-

kaner aan Njeya wasNtombesintu Mfunzi(4:00:52) wat meer astien minute ná haargeëindig het.

Toe ’n gejuig by dieeindpunt weergalm het,het ’n mens geweet neteen atleet is naby dieeindstreep – die voorma-lige Bloemfonteinsewêreldklasatleet, die47-jarige Zola BuddPieterse.

Budd het ’n ongeloofli-ke tyd behaal viriemand wat “slegsdeelneem om dit tegeniet”.Sy het algeheel 11de

van die vroue in ’nkookwatertyd van4:07:58 geëindig.Budd, wat die Rose-

stad vir Suid-Carolina(Amerika) verruil het,se atletiekintelligensiewas kenmerkend.Sy het die 28 km-kerf

22ste algeheel van dievroue bereik.Ná nog 14 km het sy

die marathonafstand(42,2 km) in die 15deplek bereik.Sy was eindelik net

26 sekondes agter dieZimbabwiër SamukelisoMoyo wat die laastegoue medalje in dievrouewedloop opgeraaphet.Slegs twee Suid-Afri-

kaanse vroue, Njeya

(vyfde) en NtombesintuMfunzi (agtste), konhaar troef.Njeya (3:50:48) is meer

as tien jaar jonger asBudd Pieterse enMfunzi (4:00:52), wat15 jaar jonger is, wasnie ligjare voor haarnie.

Die 73-jarige Wille-mien Smuts (PentagonPistols) het diewedloop die 22ste keervoltooi.Sy was die enigste

atleet van die vrouewat ouer as 70 jaar iswat onder die toelaatba-re tyd (7 uur) klaarge-maak het.Met haar puik tyd

van 6:09:14 het sy meeras 50 minute gerusvoordat die eindskooteindelik geklap het.Daar was 19 vroue

wat in die afdelingvir vroue 60 tot 69jaar meegeding heten sy het nie mindernie as 11 van die“jongelinge” geklop.Sy sou met ander

woorde agtste in diéafdeling geëindig het.Let wel, nie een van

die genoemde agt atleteis ouer as 61 jaar nie– dit maak dit 12 tot13 jaar jonger asSmuts.

Die Bloemfonteinse langasem Paulina Njeya was Sa­terdag die eerste Suid­Afrikaanse vroue­atleet watdie moordende Twee Oseane­ultramarathon (56 km)in Kaapstad voltooi het. Sy was vyfde van die vroue­atlete. Foto: Johan Roux

Wen Truida Kestell-tennistoernooi

Sien nog nuus en foto’s op Bloemnuus se webtuiste www.bloemnuus.co.za

D i e 3 6 ­ j a r i g eNjeya was Sater­dag Suid­Afrika seeerste vrou oordie wenstreep enhet die beste ver­toning van haarloopbaan gelewertoe sy vyfde alge­heel geëindig het.