Upload
others
View
8
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie 2017 www.wouwtjies.co.za Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847
J
y k
an
ook o
p o
ns
voorb
lad a
dve
rtee
r!
Kon
tak:
lisa
@w
ou
wtj
ies.
co.z
a
LW
: P
rod
ukte
/Die
nst
e h
ier
gea
dver
teer
wo
rd n
ie n
ood
wen
dig
deu
r d
ie s
ko
ol
gek
on
do
nee
r n
ie.
17 OKTOBER
2
2
PERSONALIA Me. Anne-Marie Lubbe
Me. Anne-Marie Lubbe tree eerskomende Dinsdag, 1 Augustus af ná 25 jaar
getroue diens by Laerskool Anton van Wouw. Me. Lubbe het in 1992 by Laerskool
Anton van Wouw begin, waar sy verantwoordelik was vir die mediasentrum sowel
as die onderrig van Afrikaans.
Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om Me. Lubbe hartlik te bedank vir
die jare wat sy verbonde was aan Laerskool Anton van Wouw. Me. Lubbe se liefde
vir boeke en vir Afrikaans sal ons altyd bybly. Die fondasie wat sy by die kinders
gelê het is van onskatbare waarde. Die vaardighede wat Me. Lubbe by duisende
kinders ontwikkel het, kan nooit gering geskat word nie.
Ons wens vir me. Lubbe ’n wonderlike aftrede toe, mag u net geluk, vreugde en
vrede ervaar in die nuwe lewensfase wat nou vir u voorlê.
Die skool verdaag eerskomende Maandag, 31 Julie om 12:30, omdat daar ‘n
afskeidsfunksie vir Me. Lubbe gehou word.
Die naskoolleerders verdaag om 12:30 na die naskool toe. Daar sal wagklasse
gereël word vir leerders wat nie om 12:30 afgehaal kan word nie. Sportoefeninge
gaan soos normaalweg voort. Alle krieketseuns van o.9-o.13 moet asseblief nie
huistoe gaan nie, aangesien daar spesiaal ’n krieketkliniek vir die seuns gereël
word, vanaf 12:30. Die krieketseuns moet om 12:30 aanmeld by die krieketnette.
3
3
Klerebank-winkel (Tweedehandse skoolklere)
Winterhemde (seuns en dogters) op uitverkoping vir R10, slegs vir 2 weke,
vanaf Maandag 31 Julie – Vrydag 11 Augustus.
Voornemende Gr. 1-ouers vir 2018, kom kyk gerus vroegtydig vir goeie,
bruikbare skoolklere vir 2018. Baie beperkte voorraad vir Gr. 1’s.
GRAAD 1-INSKRYWINGS: 2018 Alle ouers wat hulle kinders ingeskryf het vir Graad 1 in 2018 sal kennis ontvang
van die Departement dat u aanvaar is by ons skool.
U behoort vanaf Maandag ’n SMS te ontvang. U moet asseblief self ook op die
stelsel ingaan en die plasing aanlyn aanvaar. Indien die stelsel wys dat u suksesvol
aanvaar is by ’n ander skool en Anton van Wouw se naam verskyn nie daar nie,
moet u asseblief met Me. Simoné Wallace in verbinding tree, sodat ons u
behulpsaam kan wees om die verandering te maak.
Alle ouers moet ook seker maak dat die lys van vorms wat verlede kwartaal aan u
verskaf is, by die skool ingehandig word.
KWARTAALBEPLANNING Vir u gerief heg ons ‘n kalender by hierdie Wouwtjienuus aan. Dit bevat al
die datums en inligting rondom die kwartaal se aktiwiteite.
Ons sien uit na ‘n besige kwartaal saam met ons personeel, ouers en
leerders!
4
4
Baie geluk aan die volgende leerders met hul pragtige kultuuruitslae:
Naam Instansie Kategorie Simbool
Ethel Coetzee
Pta. Eisteddfod Blokfluit Snelstudie A++ Kategoriewenner
Pta. Eisteddfod Eksamen voordrag-program Gr.4
A++ Kategoriewenner
Pta. Eisteddfod Concerto 12 en onder
A++ Kategoriewenner
Pta. Eisteddfod Modern 12 en onder A++ Kategoriewenner
Pta. Eisteddfod Voor-Klassiek 12 en onder
A++ Kategoriewenner
Pta. Eisteddfod Bladlees Graad 4 A+
Pta. Eisteddfod Blokfluit Schoerd Shuch Wisseltrofee
Beste Blokfluit Concerto
Pta. Eisteddfod Blokfluit Czardas Wisseltrofee
Mees belowende Jnr. Blokfluitspeler
Pta. Eisteddfod Blokfluit Pryswennerskonsertoptrede
Akrobaat: Interprovinsiaal
Akrobaat 9,33 Dring deur na SA top 10
Kiki Butler
Akrobaat SA's Akrobaat 9.2
Delano Kemp UNISA Klavier Voorgraad 1 Bo 80% Onderskeiding
Chante Kemp Trinity Eksamen Klavier 87% Onderskeiding
Amy Cross Pta. Eisteddfod Rolprent Musiek-blyspel
A+
5
5
Anton van Wouw
Seniorkoor, AHMP
Angeli koor en
JAK DE PRIESTER!
6
6
BELANGRIKE INLIGTING
ALGEMEEN
Baie welkom terug, aan al ons leerders, onderwysers en ouers na ’n heerlike
vakansie. Ons vertrou dat u almal goed uitgerus het en gereed is, vir ’n baie
opwindende, besige derde kwartaal.
Ons verskaf graag in hierdie Wouwtjienuus ’n uiteensetting van al die
derde kwartaal se aktiwiteite aan u.
OUERAAND
Eerskomende Dinsdag, 1 Augustus word u hartlik uitgenooi na ons oueraand.
Om die aand te vergemaklik, heg ons ‘n kaart van die verskillende lokale by
hierdie Wouwtjienuus aan.
Neem asseblief kennis van die volgende reëlings:
Gr. 1-3: Afsprake op uitnodiging: 16:00–17:00: Personeel gaan by hierdie
geleentheid ouers spesifiek uitnooi om op ‘n afgespreekte tyd te kom gesels,
indien hulle dit sou nodig ag. Beskou asb. hierdie afsprake in ‘n ernstige lig en
doen asb. moeite om u kind se juffrou te kom sien, indien sy u sou uitnooi.
Oop tyd: 17:00 – 17:30. Indien u nie spesifiek uitgenooi is nie, is u welkom om
tydens die oop tyd by u kind se klasonderwyser in te loer.
Gr. 4 Afrikaans, Engels en Wiskunde: Ouers kan reeds van 17:00 die
onderwysers in die betrokke klasse besoek. Hierdie oueraand word om 17:40 vir
twintig minute onderbreek, vir ’n belangrike vergadering in die saal.
7
7
BELANGRIKE INLIGTING
Gr. 4-7 oueraand begin amptelik om 18:00 -19:30 in die klasse, maar indien u
kind enige van die volgende rekenaarspeletjies speel word u vriendelik versoek
om 17:40 in die saal te wees, waar baie belangrike inligting rakende hierdie spe-
letjies met u gedeel gaan word. Die inligting wat met u gedeel gaan word, is
slegs vir ’n volwasse gehoor bedoel en daarom versoek ons dat geen kinders
hierdie aanbieding sal bywoon nie.
Die rekenaarspeletjies is:
GTA – Grand theft auto V and VI World of Warcraft
Hatred Mortal Combat X
Walking Dead Battlefield
Dying Light Mad Max
The order: 1886 The war Z
Final Destination Call of duty black ops
Metal Gear solid 5 Dark souls
Final fantasy Grand gangsters
Until dawn Blood Bourne
The last us Ride to hell
Wouwtjiegroete
8
8
SKIET Rouxhan Rossouw (Gr. 6) is lid van die Junior SA Jagtersvereniging aan die Oos-Rand. Hy het die volgende prestasies behaal: 1 x silwer en 1 x goud: windbuks (pellet) skiet 1 x silwer en 1 x goud: .22 geweer skiet. Rouxhan is gekies om later vanjaar aan die Nasionale Junior Jagter-sportskietkampioenskappe in Welkom deel te neem. Hartlik geluk, Rouxhan! Hou so aan.
BOOGSKIET Ons is baie trots op een van ons oud-Wouwtjies, Lourens Myburgh, wat onlangs Proteakleure in boogskiet verwerf het. Lourens sal Suid-Afrika later vanjaar in Argentinië verteenwoordig tydens die Youth World Archery Championships.
9
9
MINI-HOKKIE
BELANGRIKE VERSOEK:
Geen kind mag voor of ná ‘n oefening op sy eie, of saam met maats, met ‘n
hokkiestok en -bal speel nie. Wag asseblief vir die afrigters om die oefening
amptelik te begin.
Om ongelukke en beserings te voorkom, nog voordat die oefening
plaasgevind het, versoek ons dat kinders die onderskeie wagklasse bywoon
tot 13:30. Dit laat genoeg tyd vir kinders om aan te trek en betyds te wees
vir die oefening.
BELANGRIKE DATUMS:
4 en 5 Augustus: Kliniek aangebied deur buite-afrigters. Sien kommu -
nikeerder vir inskrywingsvorm en verdere inligting.
12 Augustus: Feestoernooi by Midstream Ridge.
26 Augustus: Feestoernooi by Laerskool Menlopark.
2 September: Feestoernooi by Laerskool Tygerpoort.
9 September: Feestoernooi by Southdowns College.
SKEURSTROKIE:
Elke speler ontvang Vrydag ‘n aparte brief met skeurstrokie, waarop ouers
asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie
getalle word gebruik vir inskrywings van die onderskeie toernooie. Ons vra
dus dat ouers asseblief sal volstaan by die inligting wat hul aangedui het op
die skeurstrokie. Alle skeurstrokies moet asseblief teen Dinsdag, 1 Augus-
tus by die onderskeie afrigters ingegee word.
10
10
Koorfees- Laerskool Anton van Wouw
Laerskool Anton van Wouw het Woensdagaand ’n skitterende koorfees aangebied... ’n fees van musiek wat almal wat teenwoordig was terdeë ge-niet het! Die aanbieding en verloop van die fees was stylvol en profes-sioneel. Die professionele kunstenaars was uitstekend en die afwisseling met koorsang het meegehelp om hierdie ’n onvergeetlike spoggeleentheid te maak. Baie dankie aan die volgende persone wat so hard gewerk het om van ons koorfees ’n reuse sukses te maak: Dr. Riekie van Aswegen – Dirigent van junior koor en organiseerder van
die koorfees Karien Kromhout – Koorfeeskoördineerder, borge en reël van Anna Davel Karin van Rooyen – Koorfeeskoördineerder Annelize McDonald en Joné Vermaak vir die dekor en blomme by die onthaal. Minette de Beer – Fotograaf Lua Visagie en Alinda Taute vir borge Celia Louwrens wat gehelp het met CD-verkope Al die Wouwtjie-ouers wat gehelp het met borge, die onthaal en
verversings Dalende du Plessis - skenking en voorbereiding van kerrie-en-rys Anja van der Walt – skenking en voorbereiding van worsbroodjies en
soetgoed Natasha Louw vir koorbankies en logistieke reëlings Die koorkomitees van die onderskeie kore. Die volgende personeel van Laerskool Anton van Wouw: Liezel Botha, Ané Friedrich, Elmien Logan, Annemarie Swart, Rohan
Janse van rensburg , Regardt Bezuidenhout, Jeandre Jones, Zanelle van der Merwe, Elrika Bierman, Marlene Klopper, Monique de Villiers, Johani Strauss, Gerda Jacobs, Lisa Potgieter, Amelia Robberts, Simoné Wallace, Ané van Loggerenberg, Petro van Wyk, Anita Fourie, Lea Ludick, Aylisa Nel.
Soos u kan sien was baie mense betrokke om van dié produksie ’n sukses te maak. Voorwaar ’n spanpoging om op trots te wees!
11
11
Jy kan ook hier adverteer! Kontak: [email protected]
LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
BEKOSTIGBARE SELFSORG VAKANSIE/SOUTHBROOM SUID.
BINNE & BUITE SEISOEN. GERIEFLIKE GROOT WONING - SLP 4-6. 2 VOLLE
BADK & KOMB MET SKOTTELGOEDWAS-SER & WASMASJIEN, SIT/TV KAMER
MET DSTV (BEPERKTE KANALE) EETKAMER
KONTAK EIENAAR MARINDA GEERDINK : 0829752488
Prestigepark Retirement Village 96 square meter. Two bedroom,
two bathrooms, under cover parking, excellent security, 24 hour care unit, restaurant. Person must be over 55 years of age. Two people per
apartment. Occupation 1 September. Long term rent. R4900 pm .
Deposit R4900. To Purchase:R500 000
Contact:083 602 7738
DR YOLANDA GOUS
TANDARTS 012 346 4505 Nicolsonstraat 270
Brooklyn NUWE INGANG
VIA RUPERTSTRAAT
(BROOKLYN VILLAGE)
Mondskerms Tandbleiking
VARS PLAASEIERS/FRESH FARM EGGS
R38.00 LARGE (30) (51-58 GRAM) R45.00 XTRA LARGE (30)
(59-65 GRAM) R55.00 JUMBO (30)
(66-75 GRAM) Whatsapp Amelia: 083 2293 511
Verjaarsdagkoeke en Cupcakes
Whatsapp ‘n foto
en ek bak dit vir jou teen bekostigbare pryse!
Petro: 082 4428 099
12
12