Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Mnr. S Weber
Hoof
Hoofleiers 2017
Mev. C de Bruin
Onderhoof
Kaskardag Kaskardag
Hokkiespan
Matriekafskeid
1. Welkomswoord van die Hoof
Sonneveld Akademie bied gehalte-onderrig, met persoonlike aandag deur ‘n
toegewyde personeelkorps, in afsonderlike klasse vir elke graad vanaf Graad RR tot
Graad 12. By Sonneveld Akademie ondersteun ons ‘n kennisgedrewe sisteem
gebasseer op selfwerksaamheid waar aktiewe, kritiese en ondersoekendedenke
aangemoedig word. Derhalwe word klasse aangebied met die fokus op die
ontwikkeling van 21ste-eeu- leervaardighede wat insluit, kreatiewe denke, kritiese
denke, groepvaardighede asook kommunikasievaardighede. Ten einde elke leerling
die geleentheid te gee om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel, word die klasse
beperk tot nie meer as 25 leerlinge. Tans is die “Kurrikulum Assesserings
Beleidsverklaring” aanvaar as die skool se kurrikulum vir alle grade. Bykomend tot
die betrokke kurrikulum word Bybelonderrig as vak aangebied en geassesseer soos
vervat in die Christelike etos van die skool. Sonneveld Akademie is geregistreer en
geakkrediteer as ‘n volwaardige onafhanklike skool en eksamensentrum van die
Onafhanklike Eksamineringsraad (“IEB”), waarvan die hoë standaard wye
internasionaal erkenning geniet.
By Sonneveld Akademie ondersteun ons die beginsel van holistiese ontwikkeling van
die kind en daarom is sport- en kultuuraktiwiteite integraal deel van die
opvoedingsproses. Vir die veiligheid van u kind is daar ‘n naskoolsentrumdiens
beskikbaar by die skool.
Saam met u, wil ons die geleentheid daar stel vir die holistiese ontwikkeling van u
kind binne ‘n veilige en geborge omgewing. Daarom heg ons ook groot waarde aan
ouerbetrokkenheid in die opvoedingsproses. Baie dankie dat u die tyd geneem het
om hierdie inligtingsstuk onder oë te neem. Kom kuier gerus by ons en ervaar wat
ons u kind kan bied binne die raamwerk van ‘n baie bekostigbare private
onderrigstelsel.
Baie welkom by Sonneveld Akademie.
Skoolhoof
2. Welkomswoord deur die Beheerliggaam
Om gelukkig te wees, is om gemoedsrus te hê. Om te voel dat jy jou heel beste lewer.
Jou lewenshouding moet so wees, dat jy elke geleentheid ten volle benut. Hierdie
lewenshouding kan slegs so wees, as jy ten volle ‘n kind van God is.
As Voorsitter, was dit die afgelope jaar ‘n voorreg, ‘n trots en bo alles ‘n plesier, om
deel te wees van hierdie pragtige skool, waar ons ons leuse “Vir God en Volk” kan
uitleef!
Elke kind wat deel is van Sonneveld Akademie, word toegerus om as trotse jong
Afrikaner, as Geesvervulde jong Christen, waarlik tot eer van God te leef.
Wanneer u nou deur die Inligtingstuk blaai, sal u ons skool leer ken, nie net as ‘n skool
waar hoë akademiese standaarde en Christelik-volkseie belangrik is nie, maar waar
u as ouer werklik ‘n inspraak het, oor hoe u kind opgevoed en onderrig word.
Kom ons gaan saam die toekoms in met geloofsvertroue en onthou: “Ons is tot alles
in staat deur Christus wat ons krag gee.”
Voorsitter
Beheerliggaam
3. Geskiedenis van Sonneveld Akademie
Die Kerkraad van die Afrikaanse Protestantse Kerk Brakpan het gedurende 1992
besef dat die onderwys in Suid-Afrika in ‘n krisis verkeer en besluit om ‘n Privaatskool
vir Christelik-volkseie onderwys te stig. Deur die onvermoeide ywer van Ds. Piet du
Preez, voorsitter van die Kerkraad, is ‘n Kommissie vir Onderwys saamgestel wat die
hele aangeleentheid t.o.v. ‘n nuwe skool moes ondersoek.
Op 6 Januarie 1993 open Sonneveld Akademie sy deure met 28 leerlinge, van Graad
1 tot 7, en 4 personeellede onderleiding van mnr. N.S. Els as eerste Hoof. Die skool
maak aanvanklik gebruik van die geboue van die AP Kerk Brakpan. Daar word egter
onmiddellik begin met die bou van lokale vir die skool op die kerk se terrein. Op 31
Mei 1993 word die nuwe geboue, bestaande uit ‘n administratiewe blok, vyf
klaskamers en kleedkamers, op ‘n plegtige wyse, met mnr. Andrew Gerber as
gasspreker, in gebruik geneem. Die gedenkplaat is onthul deur mnr. Frank le Roux,
LV van Brakpan. Mnr. N.S. Els tree op 6 Augustus 1993 af as Hoof, maar bly aan as
gewone onderwyser.
Mnr. S. Weber word op 1 Oktober 2015 aangestel as die nuwe Skoolhoof. Sonneveld
Akademie vir CVO het voorheen bekend gestaan as Volkskool Brakpan CVO. Die
naam is verander na Sonneveld Akademie vir CVO op 1 Januarie 2016. Saam met die
Beheerliggaam van Sonneveld Akademie vir CVO, het die skool weg beweeg van die
BCVO se kurrikulum af en die KABV-Kurrikulum begin volg. Dit was ‘n groot
aanpassing, maar met toegewyde bestuur, onderwysers, leerlinge en ouers het dit
die pad na sukses makliker gemaak.
Ons matrikulante skryf die IEB (Eksamenraad) se eksamen en ontvang ‘n IEB Senior
Sertifikaat.
4. Skoolwapen
Simboliek
Die absolute soewereine heerskappy van God Drie-enig, word gesimboliseer deur die
ovaalvormige gedeelte.
Die oop boek simboliseer die Bybel as die Woord van God.
Die Volk, geanker in die Woord van God, hou die Christelike geloof en sy volkskultuur
lewend soos gesimboliseer deur die saamgestelde vlam.
Die rooi gedeelte van die vlam verteenwoordig die lewenskrag van die Volk, die geel
gedeelte die Christelike geloof en die oranje gedeelte die volkskultuur.
5. Skoolvlag
Simboliek
Die Skoolvlag word tydens Republiekdagviering, op 30 Mei 2008, amptelik ingebruik
geneem en vir die eerste keer gehys.
Die Skoolwapen in die linkerkanste derde van die vlag, op ‘n turkoois agtergrond.
Die drie bane, van bo na onder, onderskeidelik geel, wit en rooi, begin in ‘n punt en
loop skuins van bo al hoe wyer. Dit simboliseer dat die Volkskultuur geanker is in die
Bybel as Woord van God, en gedra word deur die Christelike geloof wat toekomsgerig
is met ‘n ewigheidsperspektief.
Dit gee sin aan die mens se bestaan en werk, op pad na die ewige Koninkryk van God
Drie-enig. Want uit Hom en deur Hom is alle dinge!
6. Skoollied
Kom almal saam, kom tree nou aan
Ons wil ons skoollied nou hier sing tesaam
Staan nou op aandag ons wil hulde bring...
Hier aan die Oos-Rand is ‘n skool
Genoem Sonneveld Akademie
Hier werk ons met ons hele hart en
Ons raak nooit afgemat
Ons leuse is vir God en Volk
Ons wil hier leef en speel
Ons wil hier werk vir volk en kerk want
dis ons toekoms werd
Ons wil ook hier ons denke bou om ook
ons volkstrots te behou
want ons kinders van die Heer
aanbid Hom keer op keer
Ons wil met krag wat kom van Bo
altyd in God bly glo.
7. Skooltye
Graad 000 tot 2 : 07:30 tot 13:00
Graad 3 : 07:30 tot 13:30
Graad 4 tot 7 : 07:30 tot 14:00
Graad 8 tot 12 : 07:30 tot 14:30
8. Huiswerk
Huiswerk is ‘n verlengstuk en aanvulling van klaswerk wat buite die klaskamer deur
die leerling self voltooi en/of geleer moet word. Die Graad 1 leerling het egter die
leiding en toesig van die ouer nodig wanneer huiswerk gedoen word en kan nog nie
heeltemal selfstandig werk nie.
Die doel met huiswerk is dat die leerling die geleentheid kry om dit wat geleer,
bemeester of verwerk moet word en waaraan reeds onder toesig in die klaskamer
geoefen is as klaswerk, op eie verantwoordelikheid deur selfstandige inspanning
(met klem op ouerleiding in Graad 1) verder in te oefen. Die doelstellings met
huiswerk is om die kind tot selfstandigheid, selfdissiplinering en verantwoordelikheid
te lei.
9. Buitekurrikulêre aktiwiteite
Die opvoedingsprogram van Sonneveld Akademie bestaan nie net uit die versamel
van feitekennis nie. Indien dit ons doel was, sou ons onvolledige jongmense die lewe
instuur. Dit is vir ons van belang dat ‘n kind ook ‘n breër belangstelling sal toon as
slegs in sy/haar skoolwerk.
Ons neem ook die vrymoedigheid om u uit te nooi om saam met u kinders by ons
skoolaktiwiteite betrokke te wees.
Sekerlik die grootste geskenk wat u as ouer u kind kan gee is tyd en belangstelling in
u kind se skoolaktiwiteite.
Sport
Sport dra nie net by tot die liggamlike uitbouing van u kind nie, maar ook tot sy/haar
geestelike verryking. Deelname word beklemtoon en ‘n oordrewe klem op
kompetisie word vermy. Die skool skakel in by streeks- en landswye
sportgeleenthede en kompetisies wat onderling tussen CVO-Skole, onder
beskerming van die BCVO, gereël word. Leerlinge kan aan enige van die volgende
sportsoorte deelneem:
Atletiek
Rugby
Netbal
Krieket
Hokkie
Skaak
Kultuur
Kultuuroordrag is inherent deel van die opvoedingsproses en daarom moedig ons
leerlinge aan om by kultuuraktiwiteite betrokke te wees. Godsdienstige en
Afrikanerfeesdae word deur die skool herdenk. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite word
deur die loop van die jaar aangebied om kinders die geleentheid te bied om binne en
buite skoolure kultuur te skep en uit te leef. Die skool skakel ook in by streek- en
landswye kunswedstryde en kultuurfeeste wat elke jaar vir CVO-Skole onder
beskerming van die BCVO-Kultuurraad gereël word. Die volgende kultuuraktiwiteite
word aangebied:
Kunswedstryd
Kultuuraande
Revue
Redenaars
10. Vakkeuses
Vepligte vakke vir Graad 7 tot 9
Afrikaans Engels Wiskunde Bybelonderrig Christelike Lewensoriëntering EBW – Besigheidstudie en Rekeningkunde Sosiale Wetenskap – Geskiedenis en Geografie Natuur Wetenskap – Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap Kuns en Kultuur Tegnologie
Verpligte vakke vir Graad 10 tot 12
Afrikaans Huistaal Engels Eerste Addisionele Taal Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid Christelike Lewensoriëntering Bybelonderrig
Keusevakke vir Graad 10 tot 12
Alle leerlinge moet drie (3) vakke uit die volgende kies:
Lewenswetenskap Fisiese Wetenskap Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) Rekeningkunde Besigheidstudie Toerisme Ingenieursgrafika- en Ontwerp Verbruikerstudie
11. Oueraande
Daar is gedurende elke kwartaal ten minste een Oueraand. Ouerinligtingsaande word
van tyd tot tyd gehou. Dit is noodsaaklik dat ouers Oueraande en Ouervergaderings
sal bywoon.
12. Verslae (Rapporte)
Leerlinge ontvang aan die einde van elke kwartaal ‘n verslag (rapport). Ons vra dat
leerlinge nie onnodig afwesig sal wees nie aangesien evaluering deurgaans geskied.
13. Afwesighede
Enige afsprake (bv. tandarts, ens.) moet liefs waar moontlik na skoolure gereël word.
Indien ‘n leerling afwesig was, word daar verwag dat ‘n verskoningsbrief van die
ouer/voog die eerste dag wat die leerling terugkeer skool toe, saamgebring word
waarin die rede(s) vir afwesigheid vermeld word. Indien u vooraf weet dat u kind nie
die skool gaan bywoon nie, moet ‘n brief aan die hoof gerig word waarin die rede(s)
vermeld word.
14. Skoolreëls: Skooldrag
Ten einde eenvormigheid te verseker, moet leerlinge hulle hou by die neergelegde
reëls i.v.m. skooldrag. Ons verwag dat ouers sal toesien dat hulle kinders elke oggend
netjies en skoon geklee sal wees. Dit moet elke leerling van ons skool se trots wees
om sy skool se klere te dra en terselfdertyd altyd hoflik, vriendelik en goed gemanierd
op te tree.
Meisies
Somersdrag (Laerskool)
Turkoois skoolrok met ‘n wit kraag. (Die lengte van die skoolrok moet sodanig
wees dat as daar met die knieë op die grond gestaan word, moet dit vier vingers
van die grond af wees).
Kort wit sokkies, sonder strepe, wat eenkeer omgevou word
Turkoois skooltrui of oortrektrui met geel en wit strepe om hals en op onderste
rifband. (Word slegs gedra as dit koud is)
Turkoois “Drimac” kan in die somer gedra word as dit reën of as dit koud is.
Turkoois skoolbaadjie met skoolwapen is opsioneel en kan gedra word van graad
1 tot 7.
Somersdrag (Hoërskool)
Grys romp en ‘n wit kortmou skoolbloes. (Die lengte van die skoolrok moet
sodanig wees dat as daar met die knieë op die grond gestaan word, moet dit vier
vingers van die grond af wees).
Kort wit sokkies, sonder strepe, wat eenkeer omgevou word
Turkoois skooltrui of oortrektrui met geel en wit strepe om hals en op onderste
rifband. (Word slegs gedra as dit koud is)
Turkoois “Drimac” kan in die somer gedra word net as dit reën.
Turkoois skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend.
8
Wintersdrag (Laer- en Hoërskool)
Lang grys broek.
Wit toeknoop, langmou skoolhemp.
Skooldas.
Lang grys kouse.
Turkoois skooltrui of oortrektrui (soos by somersdrag)
Turkoois “Drimac” (soos by somersdrag)
Turkoois skoolbaadjie (soos by somersdrag)
Seuns
Somersdrag (Laerskool)
‘n Grys kortbroek met ‘n wit kortmou hemp (die hemp mag nie by die broek
uithang nie).
Lang grys kouse.
Turkoois skooltrui of oortrektrui met geel en wit strepe om hals en op onderste
rifband. (Word slegs gedra as dit koud is)
Turkoois “Drimac” kan in die somer gedra word as dit reën of as dit koud is.
Turkoois skoolbaadjie met skoolwapen is opsioneel en kan gedra word van graad
1 tot 7.
Somersdrag (Hoërskool)
‘n Grys langbroek met ‘n wit kortmou hemp (die hemp mag nie by die broek
uithang nie).
Lang grys kouse.
Turkoois skooltrui of oortrektrui met geel en wit strepe om hals en op onderste
rifband. (Word slegs gedra as dit koud is)
Turkoois “Drimac” kan in die somer gedra word net as dit reën.
Turkoois skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend.
Wintersdrag (Laerskool)
‘n Grys langbroek met ‘n wit langmou skoolhemp.
Lang grys kouse.
Skooldas
Turkoois skooltrui of oortrektrui (soos by somersdrag)
Turkoois “Drimac” (soos by somersdrag)
Turkoois skoolbaadjie (soos by somersdrag)
Graad 1 tot 6 seuns en dogters mag kaalvoet skool toe kom in die somer. Swart
skoolskoene met ‘n bandjie oor die bokant van die voet of toerygskoene is
toelaatbaar vir dogters. Swart toerygskoene word deur die seuns gedra. Skoolskoene
moet te alle tye saam met die skoolbaadjie gedra word.
Geen sweetpakke of enige ander baadjie mag by die skooldrag gedra word nie. Slegs
die wit skoolserpe, met skoolwapen, mag gedurende die winter gedra word.
15. Selfone
Daar word ‘n vriendelike, maar ernstige beroep op ouers gedoen om toe te sien dat leerlinge nie hul selfone skool toe bring nie. L.W. Die volledige Skoolreëls en Selfoonbeleid is vervat in die skool se Prospektus.
16. Is my kind skoolgereed?
Wanneer u kind begin skoolgaan, word unieke eise aan hom/haar gestel. Hy/Sy moet onder andere: Sonder sy/haar huismense klaarkom terwyl hy/sy by die skool is. Met vreemdelinge kommunikeer en oor die weg kom. In ‘n groep tot sy/haar reg kom en hom/haarself laat geld Kritiek en konflik kan hanteer. Die oorskakeling kan maak van spontaan en informeel speel en leer na meer
formeel werk en leer. Werk al word hy/sy nie die hele tyd geprys nie. Rustig en stil sit en werk. Sy/Haar behoeftes in woorde uitdruk. Basiese taal- en skryfvaardighede hê sodat hy/sy kan leer teken, lees en skryf. Kan konsentreer en take kan klaarmaak.
Wat word vereis?
Hierdie gedeelte is ‘n kort samevatting van breedvoerige besprekings. U kan dit gebruik as riglyn om was te stel of u kind reg is vir hierdie groot mylpaal in sy/haar lewe. Skoolgereedheid impliseer dat u kind gereed is om sy/haar skoolloopbaan met ‘n redelike mate van sukses aan te pak en hy/sy behoort aan die volgende vereistes te voldoen: U kind moet goed kan sien en hoor. Neem hom/haar na ‘n pediater. Hy sal kan
bevestig of alles in orde is. U kind moet fisiek goed ontwikkel wees. Hy/Sy moet in staat wees om met sy
linkerhand bo-oor sy kop aan sy regteroor te raak. Hy/Sy moet selfstandig kan funksioneer en dinge vir hom/haarself kan doen, bv.
toilet toe gaan, aantrek, bad en sy/haar skoene vasmaak. Hy/Sy moet oor ‘n goeie liggaamsbeeld beskik – weet dat hy/sy twee voete, een
neus, tien vingers het en dies meer.
Hy/Sy moet sy/haar verskillende liggaamsdele kan opnoem en aanraak en met een liggaamsdeel aan ‘n ander kan raak, bv. met sy/haar elmboog aan sy/haar voet.
Hy/Sy moet weet dat hy/sy ‘n linkerkant en ‘n regterkant het en nie links en regs verwar nie.
Hy/Sy moet ‘n dominante hand, voet en oog hê. Hy/Sy moet ‘n goeie tydsbegrip hê, die dae van die week ken en die begrippe
oggend, middag en aand, gister, vandag en môre verstaan en reg kan gebruik. Sy/Haar selfvertroue moet redelik goed ontwikkel wees sodat hy/sy
hom/haarself kan handhaaf en nie te na gekom word nie. Sy/Haar taal moet voldoende ontwikkel wees en hy/sy moet oor ‘n redelike
woordeskat beskik. Hy/Sy moet hom/haarself in taal kan uitdruk en ook verstaan wanneer ‘n opdrag gegee word. Hy/Sy moet twee of meer opdragte wat saam gegee word korrek kan uitvoer.
Hy/Sy moet goed konsentreer en in ‘n groepverband kan funksioneer, met ander woorde stil kan sit en luister en aandag kan gee.
Hy/Sy moet syfers, letters en eenvoudige voorwerpe kan nateken.
17. Onderriggeld
Die onderriggeld beloop tans die volgende:
Skoolfonds:
Gr. 0 – 000 R1 215.00
Gr. 1 – 7 R1 470.00
Gr. 8 – 12 R1 690.00
Is betaalbaar voor die 7de van elke maand. Betaalbaar van Februarie tot Desember.
Handboekverbruikersfooi:
Gr. 0 – 000 R1 215.00
Gr. 1 – 7 R1 470.00
Gr. 8 – 12 R1 690.00
Is betaalbaar voor die 7de Januarie van elke jaar. ‘n Eenmalige bedrag – boekgelde is jaarliks betaalbaar.
Vakspesifieke fooie:
Verbruikerstudie R450.00 per leerling per jaar
RTT R450.0 per leerling per jaar
Fisiese- en Lewenswetenskap R450.00 per leerling per jaar
IGO R450.00 per leerling per jaar
Rekeningkunde Leerlinge moet voorgeskrewe handboek self aankoop
IEB registrasie (Gr 12 leerlinge) Bedrag wissel en sal jaarliks aan ouers deurgegee word
Fooie is betaalbaar oor 12 maande
L.W. Skoolgeld is onderhewig aan aanpassing t.o.v. die komende jaar.
18. Naksoolsentrum
Ons skool se Naskoolsentrum wat deur onderwysers hanteer word, voorsien naskoolse sorg vir leerlinge vanaf Graad 000 tot Graad 12.
Naskoolsentrumtye:
Gedurende die skoolkwartaal Maandag tot Vrydag Van 13:00 tot 17:30
19. Aansoek om toelating en keuring
‘n Volledige aansoekvorm moet voltooi word en die volgende dokument moet saam die aansoekvorm ingegee word:
‘n Onderhoud met die Beheerliggaam sal so spoedig moontlik met die voornemende ouers geskeduleer word. Albei die ouers, asook die voorneemende leerling, moet tydens die onderhoud teenwoordig wees.
L.W. Geen leerling word tot die skool toegelaat (ook nie voorwaardelik nie), alvorens ‘n onderhoud deur die Beheerliggaam met voornemende ouers gevoer is nie.
1. Afskrif van geboortesertifikaat of Identiteitsdokument van leerling
2. Afskrif van Identiteitsdokument van albei ouers
3. Bewys van woonadres: Water- en elektrisiteitsrekening of Telkomrekening
4. Laaste rapport van vorige skool asook ALLE portefeuljewerk vanaf Graad 7 en hoër
5. Oorplasingskaart van vorige skool
Skool toe
Die kleertjies is nog te groot, die nuwe tassie leeg, ogies
blink van verwagting. En tog voel ek die huiwering in die
stadigwordende
treetjies soos ons aanstap klaskamer toe.
Heer, vandag moet ek my kindjie afgee, en in my hart is daar
so ‘n eienaardige mengeling van trots, verwagting en
bekommernis.
Hoe sal hy die nuwe lewe ingaan? Gaan hy gelukkig wees,
maklik leer, maats maak, sy juffrou op ‘n troon plaas,
sodat sy my plek gaan
inneem in sy hartjie? Of gaan hy onaanpasbaar wees,
ongelukkig?
Gaan hy met sy lessies sukkel? Gaan die toekoms waarvan
ons gedroom het, vir hom verwerklik word, of gaan hy
ons teleurstel?
Liewe Vader, as my kind gaan slim wees, gee ons die
gendade om dankbaar te wees sonder om te spog. Want
wie is ons, liewe Heer, om ons kind se talente adverteer
asof ons self met die uitdeling daarvan te make gehad het?
En as hy nie slim is nie en hy doen sy bes sonder sukses, wil
U ons ook daarmee tevrede maak. Want wie is ons dat ons
kindjie die uitverkorene
aan die toppunt van die klas moet wees?
As U hom eendag ‘n groot man wil maak, Heer, wil U hom nie
so belangrik laat voel dat hy in die lig van ander sal wil
staan nie. En Vader, as U vir my kindjie ‘n klein en nietige
plekkie in die lewe voorberei het, laat hom met
waardigheid ook sy nederinge taak vervul. Want ook in
hom het U Uself verheerlik deur hom na U beeld te skape.
Mag geen voetpad vir hom so moeiteloos kronkel dat hy
nie deur sy foute kan leer nie, en geen berg so steil dat hy
U nie eendag op die kruin daarvan vind nie.