15
1 Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 Eksamen vrae en antwoorde Subtropiese Antisiklone (hoogdrukselle) oor Suid-Afrika. 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat antisiklone oor Suid-Afrika toon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. FIGUUR 1.1: ANTISIKLONE 1.1.1 Lugdruksel A is in die winter verder (noord/suid) geleë. 1.1.2 Lugdruksel B word die (Suid-Atlantiese/Suid-Indiese) Hoogdruksel genoem. 1.1.3 Wanneer isobare weg vanaf lugdruksel B verleng word, vorm dit 'n (rug/trog). 1.1.4 Die lugdruklesing by C is ongeveer (1 012 hPa/1 016 hPa). 1.1.5 Die windspoed by weerstasie D is (20 knope/10 knope). 1.1.6 Die windrigting by weerstasie D is (noordoos/noordwes). 1.1.7 Lugdrukselle A, B en C verteenwoordig die (ekwatoriale laag-/ subtropiese hoog-) drukgordel. (7 x 1)(7) 1.2 FIGUUR 1.2 toon lyndonderstorms oor Suid-Afrika. FIGUUR 1.2 LYNDONDERSTORMS OOR SUID-AFRIKA.

Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

  • Upload
    others

  • View
    36

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

1

Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020

Eksamen vrae en antwoorde Subtropiese Antisiklone (hoogdrukselle) oor Suid-Afrika.

1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat antisiklone oor Suid-Afrika toon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

FIGUUR 1.1: ANTISIKLONE

1.1.1 Lugdruksel A is in die winter verder (noord/suid) geleë. 1.1.2 Lugdruksel B word die (Suid-Atlantiese/Suid-Indiese) Hoogdruksel genoem. 1.1.3 Wanneer isobare weg vanaf lugdruksel B verleng word, vorm dit 'n (rug/trog). 1.1.4 Die lugdruklesing by C is ongeveer (1 012 hPa/1 016 hPa). 1.1.5 Die windspoed by weerstasie D is (20 knope/10 knope). 1.1.6 Die windrigting by weerstasie D is (noordoos/noordwes). 1.1.7 Lugdrukselle A, B en C verteenwoordig die (ekwatoriale laag-/ subtropiese hoog-) drukgordel. (7 x 1)(7) 1.2 FIGUUR 1.2 toon lyndonderstorms oor Suid-Afrika. FIGUUR 1.2 LYNDONDERSTORMS OOR SUID-AFRIKA.

Page 2: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

2

1.2.1 Noem die front oor die binneland waar lyndonderstorms ontstaan. (1 x 1)(1) ANT: Vogfront (1) (1 x 1) (1) 1.2.2 Watter bewyse dui daarop dat lyndonderstorms getoon word? (1 x 2)(2) ANT: 'n Breë band wolke wat van NW tot SO oor die land strek (2) (Cumulonimbuswolke) in 'n ry georganiseer vanaf NW tot SO (2) Konvergerende lugmassas oor die binneland (2) Teenwoordigheid van die vogfront (2) [ENIGE EEN] 1.2.3 Waarom word lyndonderstorms oor die algemeen met die somer geassosieer? (1 x 2)(2) ANT: Laagdruk oor die land tydens somer trek vog vanaf die oseane oor die land in (2) Inversielaag bo platorand in somer en laat die invloei van vogtige lug toe (2) Versterkte konvergensie van lugmassas as gevolg van goed-ontwikkelde hoogdrukselle langs die kus (2) Verswakte Kalaharihoogdruksel ondersteun die hoër vertikale styging van lug op die binneland (2) Teenwoordigheid van die vogfront oor die binneland tydens die somer (2) [ENIGE TWEE] 1.2.4 Wat is die bron van vog vir die vorming van lyndonderstorms? (1 x 2)(2) ANT: Warm lug wat bo die Indiese Oseaan /Warm Mosambiek-/Agulhasstroom voorkom (2) Warm vogtige tropiese lug wat vanaf die Suid-Indiese Hoogdruksel divergeer (2) Warm vogtige lug vanaf die Noordoostelike winde (2) [ENIGE EEN] 1.2.5 Waarom is daar gewoonlik 'n digter wolkbank oos van die front? (2 x 2)(4) ANT: Warm vogtige lug vanaf die ooste (meer vogtig) bereik die binneland (2) Koue droë digte lug uit die weste laat minder digte vogtige lug styg (2) Lug aan die oostekant is onstabiel (2) Grootskaalse kondensasie lei tot digte wolkformasie oos van die vogfront (2) [ENIGE TWEE] 1.2.6 Verduidelik waarom die weerstoestande wat met lyndonderstorms geassosieer word, erger as geïsoleerde (normale) donderstorms is. (2 x 2)(4) ANT: Duur oor 'n langer tydperk (2) Hulle dek 'n groter/wydverspreide gebied (2) Skade is meer wydverspreid (2) Konstante invoer van vogtige lug vanaf die oseaan (2) Konstante formasie van cumulonimbuswolke langs die vogfront (2) Sterker opheffing en kondensasie langs die vogfront (2) Stortreën of swaar reënval en/of hael (2) Kan enige tyd van die dag voorkom (2)

OF Het 'n korter duur (2) Geïsoleerde donderstorms dek 'n baie klein gebied (2) Geïsoleerde donderstorms sal nie in wydverspreide skade veroorsaak nie (2) Geïsoleerde donderstorms het nie 'n konstante bron van vog nie (2) Kom slegs laatmiddag voor (2) [ENIGE TWEE. KANNIE NA DIESELFDE FAKTOR AAN BEIDE KANTE VERWYS NIE]

Page 3: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

3

1.3 FIGUUR 1.3 toon 'n kuslaagdruksel (L) wat met bewegende versteurings geassosieer word. FIGUUR 1.3 ‘N KUSLAAGDRUKSTELSEL.

1.3.1 Gebruik die isobare om te bewys dat L 'n laagdrukstelsel is. ANT: Lugdruk neem af na die middel toe/Laagste waarde in die middel (1) 1.3.2 Waar ontstaan laagdruksel L? ANT: Langs die weskus van Suid-Afrika (1) 1.3.3 In watter rigting beweeg laagdruksel L tussen Langebaan en Kaapstad? ANT: Suidwaarts/Suid-suidooswaarts (1) 1.3.4 Watter tipe neerslag word met laagdruksel L langs die Weskus geassosieer? ANT: Mis (1) 1.3.5 Noem die lugtemperatuur wat met die aanlandige vloei van laagdruksel L by Langebaan geassosieer word. ANT: 20°C (1) 1.3.6 Hoe roteer lug rondom laagdruksel L? ANT: Kloksgewys (1) 1.3.7 Met watter bewegende versteuring word die warm, droë noordoostelike wind geassosieer? (7 x 1)(7) ANT: Bergwinde (1) 1.4 Verwys na FIGUUR 1.4 wat op binnelandse temperatuurinversie gebaseer is.

FIGUUR 1.4: BINNELANDSE

TEMPERATUURINVERSIE

Page 4: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

4

1.4.1 Wat is temperatuurinversie? (1 x 1)(1) ANT: 'n Toename in temperatuur met 'n toename in hoogte (1) Negatiewe temperatuurverval (1) [KONSEP] [ENIGE EEN] 1.4.2 Watter seisoen word deur die posisie van die inversielaag in skets A verteenwoordig? (1 x 1)(1) ANT: Winter (1) 1.4.3 Teken 'n eenvoudige deursnit wat die posisie van die temperatuurinversie in skets B sal toon. (2 x 1)(2)

1 punt vir teken van platorand 1 punt vir teken van inversielaag hoër as die platorand 1.4.4 Verduidelik waarom die posisie van die inversielaag tussen winter en somer sal verskil. (2 x 2)(4) ANT: In Somer: Bolug atmosfeer warmer (2) Warmer lug is ligter en minder dig (2) Warm stygende lug van die verhitte aardoppervlak kan die inversielaag hoër op forseer (2) Kalahari Hoog is swak ontwikkeld (2) In Winter: Die Kalahari Hoog domineer oor die Suid-Afrikaanse binneland (2) Bolugtemperatuur is kouer (2) Koue lug is swaarder en meer dig en dit forseer die inversielaag afwaarts tot benede die platorand (2) [ENIGE TWEE] 1.4.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die invloed van die posisie van die inversielaag in skets A op die klimaat en hoe dit 'n negatiewe impak op ekonomiese aktiwiteite in die binneland van Suid-Afrika het. (4 x 2)(8) ANT: KLIMAAT: Geen vogtige lug kan die binneland bereik nie (2) Beperkte kondensasie lei tot geen wolkvorming/wolklose toestande (2) Daar sal 'n gebrek aan reënval wees (2) Gebrek aan wolke verhoog aardstraling en ryp mag voorkom (2) Stabiele toestande heers (2) Op die oog af lyk dit of droogtetoestande voorkom (2) EKONOMIESE AKTIWITEITE: Beperk gewasverbouing as gevolg van reënvaltekort (2) Slegs rypbestande gewasse kan verbou word (2) Seisoenale arbeiders sal verlaagde inkomste hê, want in die winter is daar nie voldoende werksgeleenthede nie (2) Riviere verdroog en beïnvloed ontspanningsaktiwiteite wat toerisme verminder (2) Minder water sal op nywerheidsaktiwiteite impakteer (2) Beperkte kragvoorsiening weens minder hidro-elektriese krag wat in die nasionale netwerk ingevoer word (2) [ENIGE VIER. MOET NA KLIMAAT EN EKONOMIE VERWYS]

Page 5: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

5

1.5 FIGUUR 1.5 is 'n diagram wat die invloed van die plato op Suid-Afrika se klimaat toon. FIGUUR 1.5: INVLOED VAN DIE PLATO OP SUID-AFRIKA SE KLIMAAT

1.5.1 Toon skets A of skets B 'n wintertoestand? (1 x 1)(1) ANT: A (1) 1.5.2 Gee 'n bewys uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.5.1 te ondersteun. (1 x 1)(1) ANT: Die inversielaag is laer as die plato/platorand (1) Hoogdruk is oor die plato teenwoordig (1) Serk daling van lug wat koue toestande aandui (1) Vogtige lug kan nie vanaf die oseaan oor die binneland inbeweeg nie (1) [ENIGE EEN] 1.5.3 Hoe ontwikkel die inversielaag in skets A? (1 x 2)(2) ANT: 'n Sterk dalende koue lugmassa (van die Kalaharihoogdruksel) daal op 'n swakker (warm) lugmassa neer en dit veroorsaak 'n inversielaag (2) 1.5.4 Gee rekenskap van die hoogteverandering van die posisie van die inversielaag in skets B. (2 x 2)(4) ANT: Daar is sterker konveksiestrome wat die daling van koeler lug verminder (2) Dit is hoër as die plato in die somer, want die binneland ervaar hoër temperature(2) Swak dalende koue lugmassa daarom word dit nie ver na onder gedruk nie (2) Kalaharihoogdruksel nie goed ontwikkel in die somer nie (2) [ENIGE TWEE] 1.5.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe die hoogteverandering van posisie van die inversielaag oor die plato die klimaat in die binneland van Suid-Afrika tydens die somer en winter beïnvloed. (4 x 2)(8) ANT: SOMER: Addisionele warm lug word vanaf die kusgebied ingetrek (2) Stygende vogtige lug lei tot onstabiele toestande (2) Stygende vogtige lug lei tot wolkformasie oor die binneland (2) Stygende vogtige lug lei tot reënval oor die binneland (2) Soos wat warm lug styg, daal die lugdruk (2) Vogfront ontwikkel oor die binneland (2( Lyndonderstorms ontwikkel oor die oostelike binneland (2) WINTER: Warm vogtige lug word blokkeer en kan nie die binneland bereik nie (2) Gebrek aan stygende vogtige lug lei tot stabiele toestande (2) Gebrek aan stygende vogtige lug verminder wolkbedekking oor die binneland (2) Gebrek aan stygende vogtige lug lei tot geen/min reënval oor die binneland (2) Minder wolke mag tot die ontwikkeling van ryp lei (2) Toename in lugdruk, want die binneland word deur dalende lug gedomineer (2) Groot temperatuurspeling as gevolg van lae temperature snags en hoë temperature snags (2) [ENIGE VIER – moet na beide somer- en wintertoestande verwys]

Page 6: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

6

1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A of B. FIGUUR 1.6: LUGDRUKSTELSELS – SOMERTOESTANDE

1.6.1 Lugdruksel wat tot onstabiele weerstoestande lei = A/laag (1) 1.6.2 Lugbeweging is antikloksgewys in die Suidelike Halfrond = B/hoog (1) 1.6.3 Geassosieer met koue, dalende lug = B/hoog (1) 1.6.4 Oppervlaklug konvergeer in hierdie lugdruksel in = A/laag (1) 1.6.5 Die laagste druk word in die middel van hierdie lugdruksel aangetref = A/laag (1) 1.6.6 Bolug konvergeer in hierde lugdruksel in = B/hoog (1) 1.6.7 Dra by tot die droë toestande oor die westelike helfte van Suid-Afrika = B/hoog (1) 1.6.8 Trek in die somer vogtige lug oor Suid-Afrika in = A/laag (1) (8 x 1)(8) 1.7 FIGUUR 1.7 toon 'n kuslaagdruk.

FIGUUR 1.7: KUSLAAGDRUK

Page 7: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

7

1.7.1 Wat is 'n kuslaagdruk? (1 x 1)(1) ANT: 'n Swak laagdrukstelsel wat langs die weskus ontwikkel (1) [KONSEP] 1.7.2 Beskryf die pad wat die kuslaagdruk volg. (2 x 1)(2) ANT: Beweeg suidwaarts langs die weskus (1) en ooswaarts langs die suidkus (1) 1.7.3 Waarom is die lug voor die kuslaag (B) droër as die lug agter die kuslaag (A)? (2 x 2)(4) ANT: Voor die kuslaag is daar aflandige winde wat droë lug seewaarts waai (2) Agter die kuslaag is daar aanlandige winde wat vog kuswaarts waai (2) 1.7.4 Verduidelik waarom verskillende tipes presipitasie langs die wes- en ooskus verwag word soos wat die kuslaag verbybeweeg. (2 x 2)(4) ANT: Weskus: koue lug waai aanlandig en lei tot (adveksie-) mis (2) Ooskus: warm/vogtige lug waai aanlandig en lei tot motreën (2) 1.7.5 Waarom word hierdie laagdrukstelsels gewoonlik in die winter met hoë temperature langs die kus geassosieer? (2 x 2)(4) ANT: Lug daal vanuit die Kalaharihoog kuswaarts en verhit adiabaties (teen die Droë Adiabatiese Vervaltempo) (2) Die ontwikkeling van warm/bergwinde verhoog die temperatuur langs die kus (2) Kloksgewyse sirkulasie bring warm, droë toestande na die kus toe (2) [ENIGE TWEE] 1.8 FIGUUR 1.8 toon die impak van bergwinde op kustemperature. 1.8.1 (a) Gee die laagste temperatuur wat op 27 Oktober by Vredendal aangeteken is. (1 x 1)(1) ANT: 18°C (1) [Eenheid moet aangedui word] (b) Gee die presiese tyd toe hierdie temperatuur aangeteken is. (1 x 1)(1) ANT: 24h00/0h00/12 uur middernag – 00h30/30 minute na middernag (1) 1.8.2 Gee die hoogste temperatuur wat op die grafiek aangeteken is. (1 x 1)(1) ANT: 48°C (1) [Eenheid moet aangedui word] 1.8.3 Bepaal die temperatuurspeling wat op 27 Oktober by Vredendal ondervind is. (1 x 2)(2) ANT: 30°C (2) (48°C - 18°C) [Eenheid moet aangedui word]

FIGUUR 1.8: IMPAK VAN BERGWINDE

OP KUSTEMPERATURE

Page 8: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

8

1.8.4 Verduidelik hoe die abnormaal groot temperatuurspeling wat op 27 Oktober by Vredendal ondervind is, deur bergwinde veroorsaak is. (2 x 2)(4) ANT: Tydens die ontstaan van bergwinde is die temperatuur laag (2) Vanaf 5vm vir styg die temperatuur as die bergwind Vredendal bereik (2) Die lug verhit teen die droë adiabatiese vervaltempo/1°C per 100 m daling (2) [ENIGE TWEE] 1.8.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die voorsorgmaatreëls wat die inwoners van Vredendal moet tref wanneer 'n bergwind nader. (4 x 2)(8) ANT: VOORSORGMAATREËLS: Brandbestryders/nooddienste word vroegtydig ontplooi/op bystand om brande te sien (2) Inwoners moet blandblussers naby hê (2) Maak voorbrande/beheerde brande (2) Rig uitkyktorings op (2) Vooraf waarskuwings (TV, radio, koerante) gee inwoners tyd om water op te gaar vir die moontlike dehidrasie as gevolg van die verhoogde temperature (2) Boere kan waterpunte volmaak om te verseker dat vee nie dehidreer nie (2) Boere kan gewasse met gewasbedekkings toemaak om die impak van verhoogde verdamping en skade aan gewasse te verminder (2) Besproei lande om gewasse klam te hou (2) Skuif lewende hawe na skaduwee (2) Skuif lewende hawe na beskerming (2) Beskerm voerreserwes (2) Beplande optrede van nooddienste wat benodig sal word vir inwoners wat vatbaar vir hitte-uitputting en hitte-aandoenings lei (2) Adviseer kwesbare mense (oumense, kinders) om binnenshuis te bly (2) Kanselleer buite-aktiwiteite (2) Ontruimingsplanne moet in plek gestel word (2) Neem versekering uit (2) [ENIGE TWEE] 1.9 Verwys na FIGUUR 1.9, 'n sinoptiese weerkaart. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.9.1–1.9.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.9.8 D. FIGUUR 1.9: SINOPTIESE WEERKAART

Page 9: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

9

1.9.1 Die wolkbedekking by weerstasie X kan as … beskryf word. A gedeeltelik bewolk B wolklose toestande C betrokke D nie sigbaar nie 1.9.2 Die weer wat langs die vogfront voorkom, is oor die algemeen … A swaar reënval. B sneeuval. C donderstorms. D hael. 1.9.3 Die troglyn word met …-wolke geassosieer. A cumulus B cumulonimbus C stratus D altostratus 1.9.4 By E beweeg die warm, vogtige lug van lugdruksel A in 'n … rigting. A noordoostelike B noordwestelike C suidoostelike D suidwestelike 1.9.5 Die windrigting by weerstasie X is ... A suidwes. B noordoos. C suidoos. D noordwes. 1.9.6 Die koue, droë lug van lugdruksel B … A wig vanaf die Atlantiese Oseaan in. B wig vanaf die Indiese Oseaan in. C sny onder lugdruksel C in. D sny onder lugdruksel D in. 1.9.7 Die vorm van die troglyn word deur … bepaal. A verskille by weerstasie X en Y B die posisie van die Suid-Atlantiese Hoog C die inwigging van die Suid-Atlantiese Hoog D oneweredige verspreiding van koue en warm lugmassas (7 x 1)(7)

Page 10: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

10

1.10 Bestudeer FIGUUR 1.10, gebaseer op 'n diagram wat die invloed van die plato op Suid-Afrika se weer en klimaat toon. FIGUUR 1.10: DIE INVLOED VAN DIE PLATO OP SUID-AFRIKA SE WEER EN KLIMAAT

1.10.1 Dui skets X of Y 'n somertoestand aan? ANT: X (1) 1.10.2 Benoem lugdruksel A. ANT: Suid-Indiese Hoogdruksel/Mauritius-hoogdruksel (1) 1.10.3 Benoem die oseaan waaroor lugdruksel A geleë is. ANT: Indiese Oseaan (1) 1.10.4 Benoem lugdruksel C. ANT: Kalahari-hoogdruksel/Kontinentale Hoogdruksel (1) 1.10.5 Word lugdruksel B met stygende of dalende lug geassosieer? ANT: stygende (1) 1.10.6 Sal wolklose en stabiele toestande in skets X of skets Y voorkom? ANT: Y (1) 1.10.7 Gee 'n sterk of 'n swak daling van lug aanleiding tot die posisie van die inversielaag in skets Y? ANT: swak (1) 1.10.8 Moet die inversielaag bokant of onderkant die plato wees sodat reën oor die binneland kan voorkom? (8 x 1)(8) ANT: bokant (1)

Page 11: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

11

2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat 'n sinoptiese weerkaart van suidelike Afrika toon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. FIGUUR 2.1: SINOPTIESE WEERKAART 2.1.1 Die sinoptiese weerkaart is om (12:00/14:00) saamgestel. 2.1.2 Die seisoen wat die sinoptiese weerkaart voorstel, is (somer/winter). 2.1.3 Gebied A op die sinoptiese weerkaart is 'n (rug/trog). 2.1.4 Die weerstelsel wat met die gebied by A geassosieer word, lei tot (stabiele/onstabiele) weerstoestande. 2.1.5 Die wind by weerstasie B is 'n (NNO/SSW)-wind. 2.1.6 Die windspoed by weerstasie B is (20/10) knope. 2.1.7 Die lugdruk in die middel van die Suid-Atlantiese antisikloon is (laer/hoër) as 1 032 hPa. (7 x 1)(7) 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat antisiklone oor suidelike Afrika toon. FIGUUR 2.2: ANTISIKLONE OOR SUIDELIKE AFRIKA

Page 12: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

12

2.2.1 Benoem hoogdruksel B. (1 x 1)(1) ANT: B Kalahari hoog/Kontinentale hoog (1) 2.2.2 Waarom domineer hoogdruksel B die binneland van Suid-Afrika in die winter? (1 x 2)(2) ANT: Laer temperature oor die binneland veroorsaak dat lug daal en 'n hoogdruk veroorsaak (2) Verminderde verhitting van die aardoppervlak verminder konveksie (2) [ENIGE EEN] 2.2.3 Gee 'n rede vir die gebrek aan reënval wat met hoogdruksel A geassosieer word. (1 x 2)(2) ANT: Dalende lug verhit en kondensasie vind nie plaas nie (2) Dalende lug laat nie vog vry nie (2) Dit is oor 'n koue see geleë (2) [ENIGE EEN] 2.2.4 Verduidelik die verandering in die posisie van die antisiklone oor Suid-Afrika tussen somer en winter. (2 x 2)(4) ANT: In die somer neem dit 'n suidelike posisie in, want die son is oor die Steenboks- keerkring en al die lugdrukstelsels beweeg saam met die oënskynlike beweging van die son (2) In die somer beweeg die hoogdrukstelsels verder uit oor die see as gevolg van die intense verhitting van die land (2) In die winter neem dit 'n noordelike posisie in, want die son is oor die Kreefskeerkring en al die lugdrukstelsels beweeg noord saam met die oënskynlike beweging van die son (2) In die winter is dit nader aan die land, want die land is kouer (2) [ENIGE TWEE] 2.2.5 Verduidelik waarom die Suid-Indiese Hoogdruksel meer vogtige lug in die somer as in die winter oor die binneland invoer. (3 x 2)(6) ANT: Die inversielaag is bo die platorand en dit laat vog toe om na die binneland toe in te vloei (2) Laat toe dat warm vogtige lug styg aan die windwaartse kant van die platorand (2) 'n Intense laagdruk oor die land in die somer lei tot lugkonvergensie (2) Vogtige lug vanuit die Suid-Indiese Hoog vloei in die laagdruk oor die land in (2) Verhoogde verdamping oor die Indiese Oseaan in die somer en die vogtige lug word na die land toe gevoer (2) Die Suid-Indiese Hoog is ver van die kuslyn af en aanlandige winde het 'n groter afstand wat dit oor die see waai en meer vogtige lug word na die land toe gevoer (2) [ENIGE DRIE]

Page 13: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

13

2.3 Verwys na die gevallestudie in FIGUUR 2.3 oor die invloed van bergwinde in die Oos-Kaap. FIGUUR 2.3 BERGWINDE

2.3.1 Gee TWEE karaktereienskappe van bergwinde. (2 x 1)(2) ANT: Warm (1) en droog (1) (2 x 1) (2) 2.3.2 Verskaf redes vir die eienskappe wat in VRAAG 2.3.1 genoem word. (2 x 2)(4) ANT: WARM: Soos die lug daal (vanaf die platorand), word dit warm (2) Die lug verhit as gevolg van kompressie (2) Die lug verhit teen die Droë Adiabatiese Verval Tempo (DAVT) (2) Die lug verhit met 1 grade Celsius vir elke 100m (2) DROOG: Dalende lug is stabiel (2) Dalende lug verhit en lug moet afkoel vir kondensasie om plaas te vind (2) Skoon lug as gevolg van warm temperature (2) [ENIGE TWEE] 2.3.3 Vanuit die gevallestudie in FIGUUR 2.3, beskryf TWEE gevolge wat bergwinde op boerdery in die area het. (2 x 2)(4) ANT: Wind letsels / windskade (2) Verhoogde evapotranspirasie (2) Uitdroging van bome (2) Verminder / Laer as verwagte oes (2) [ENIGE TWEE] 2.3.4 Stel maatreëls voor wat die sitrusboere in die Oos-Kaap kan implementeer om die effek van die bergwinde op hulle opbrengste te verminder. (2 x 2)(4) ANT: Ontwikkel Windbreke (2) Gebruik van kweekhuise om verdamping en effek van wind te verminder (2) Bedek vrugte om windskade en uitdroging te verminder (2) Verhoogde besproeiing (2) Effektiewe besproeiing om verdamping te verminder, bv. drupbesproeiing (2) Besproei vroeg in die oggend of laataand (2) [ENIGE TWEE]

Page 14: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

14

2.4 Verwys na FIGUUR 2.4, wat `n lyndonderstorm in Suid-Afrika illustreer. Kies die korrekte woord(e) in hakies en skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer neer, bv. 2.4.9 middel. 2.4: LYNDONDERSTORM

2.4.1 FIGUUR 2.4 verteenwoordig die (somer/winter) seisoen. 2.4.2 Die sirkulasie van die hoogdruksel in die suidelike halfrond is (kloksgewys/antikloksgewys). 2.4.3 Die konvergensie langs die (vogfront/polêre front) veroorsaak die ontwikkeling van die lyndonderstorm. 2.4.4 Die lyndonderstorm veroorsaak (swaar reën oor `n groot deel van die binneland/sagte motreën in die Suidwes Kaap) 2.4.5 Die Noordoostelike winde veroorsaak (koue, droë/ warm, vogtige) lug. 2.4.6 Die koeler, droë lug van die (Indiese oseaan/ Atlantiese oseaan) beweeg onder die warmer lug in. 2.4.7 Kondensasie vind plaas en (cumulonimbus/ cirrus) wolke, vorm. 2.4.8 Die effek van die lugstyging en wolkformasie is die sterkste aan die (westelike/oostelike) kant van die front. (8 x 1)(8) 2.5 Verwys na FIGUUR 2.5 in die BYLAE. Voltooi die stellings hieronder deur die korrekte opsie binne die hakies te kies om elkeen van die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (2.5.1 – 2.5.7) in die ANTWOORDBOEK / FOLIO PAPIER neer. FIGUUR 2.5 BEWEGENDE VERSTEURINGS OOR DIE WES-KAAP

Page 15: Geografie Klimatologie B ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 · 6 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A

15

2.5.1 B is ʼn (hoog / laag) druk stelsel. 2.5.2 C is ʼn (hoog / laag) druk stelsel. 2.5.3 C word geassosieer met (dalende / stygende) lug. 2.5.4 Lug sirkuleer (antikloksgewys / kloksgewys) rondom drukstelsel B. 2.5.5 Drukstelsel (B / C) is dominant oor die land gedurende die winter. 2.5.6 Die lugdruk lesing by C is (hoër / laer) as 1 022 hektopaskal (hPa). 2.5.7 Die plaaslike wind by A is ʼn (vallei / berg) wind. (7x1)(7) 2.6 Verwys na FIGUUR 2.6 wat `n sinoptiese weerkaart toon. Kies EEN term in die hakies om elke stelling WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord langs die ooreenstemmende nommer (2.6.1 tot 2.6.7) op die ANTWOORDBLAD neer. FIGUUR 2.6: n` SINOPTIESE WEERKAART 2.6.1 Die drukstelsel gemerk H is die (Kalahari Hoog/Suid- Indiese Hoog). 2.6.2 Die sirkulasie by Z word geassosieer met spirale (kloksgewyse/antikloksgewyse) beweging van lug. 2.6.3 Die laagdruksel gemerk L is `n (kus-/termiese-) laagdruk. 2.6.4 (Aanlandige/aflandige) winde sal by Y ondervind word. 2.6.5 Die tipe wind wat by X waai, is `n (seebries/bergwind). 2.6.6 A word geassosieer met (cumulonimbus-/stratus-) wolke. 2.6.7 Die lugdruk by B sal (laer/hoër) wees as by A. (7 x 1)(7)