Afrikaanse skoollesse

Preview:

DESCRIPTION

Afrikaanse interaktiewe PowerPoint lesse vir onderwysers, ouers wat tuis onderrig en leerders.

Citation preview

Afrikaanse

Skoollesse

Afrikaanse interaktiewe PowerPoint lesse.

TAALSTRUKTURE

Hierdie lesse kan in klaskamers gebruik word.

Is geskik vir ouers wat tuisonderrig doen.

Selfs leerders kan lesse gebruik om vanaf te leer of om hersiening te doen, of voor te berei

vir ‘n toets of eksamen.

Lesse is geskik vanaf Gr 3 - 7

‘n Lekker interaktiewe Afrikaanse PowerPoint les om leerders vergelykings te leer.

Hierdie les kan gebruik word vir aanleer, inskerping en remediëring van voornaamwoorde. Baie geskik vir leerders wat Afrikaans as addisionele

taal aanleer.

‘n Les vir aanbieding: Leer my om ‘n formele brief te skryf.

Hierdie les is geskik vir die aanbieding in die tydsbestek van ‘n halfuur en sluit ‘n kort klassikale oefening in om leerders se kennis te toets.

Hierdie les is geskik vir toets van kennis, inoefening en intervensie.

Hierdie les kan gebruik word vir intervensie, inskerping of aanleer van voorsetsels. Tydsduur is volgens leerder se vermoë.

Hierdie les verduidelik wat die bywoord se funksie is en help om bywoorde te identifiseer.

‘n Les vol animasies vir intervensie, inskerping en aanleer. Geskik vir leerders wat Afrikaans as tweede taal aanleer.

Les is geskik vir inskerping, intervensie en aanleer van geslagsvorme.

Hierdie les is geskik vir herhaling, hersiening en intervensie. Kan byvoorbeeld as ‘n vasvra oefening tussen twee spanne in klas gehou

word.

Hierdie les is geskik vir herhaling, hersiening en intervensie. ‘n Interessante les vir toetsvoorbereiding.

Hierdie les is geskik vir herhaling, hersiening en intervensie. Dit kan ook gebruik word vir toetsvoorbereiding en inskerping.

Leerders word geleer wat skryftekens is, die kappie, die deelteken, die koppelteken, die afkappingsteken en wat is ‘n hoofletter.

In hierdie les word vier soorte voornaamwoorde behandel: Persoonlike, besitlike, betreklike en vraende voornaamwoorde.

In hierdie les word vier soorte spelreëls behandel: deeltekens, kappie, afkappingstekens en aksent.

Hierdie les verduidelik goed wat direkte en indirekte rede is.

Hierdie les verduidelik wat die verskil is tussen klankgrepe en lettergrepe en hoe om woorde in lettergrepe te verdeel.

Hierdie les verduidelik wat sinonoeme, antonieme en homofone is. Elke term word goed beskryf en is geskik vir inoefening, intervensie, herhaling

en toetsvoorbereiding.

‘n Interessante les vol animasies om soortname, stofname, versamelname, eiename en abstrakte soorte naamwoorde te behandel.

Hierdie les behandel verskeie idiome. Propvol animasies vir inoefening en intervensie.

Hierdie les handel oor aanleer van rympatrone.

Hierdie les verduidelik drie soorte werkwoorde.

‘n Lekker speletjieles om sinsoorte aan leerders te verduidelik. Die les is baie geskik vir leerders wat Afrikaans as tweede taal aanleer.

Besoek ons webblad vir meer inligting.

http://skoollesse.moonfruit.com

Recommended