View
3
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
Les 7 vir 15 Februarie 2020
'n Volmaakte man. Daniël 6:1-5
'n Vervolgde man. Daniël 6:6-9
'n Man van gebed. Daniël 6:10
'n Beskermde man. Daniël 6:11-23
'n Geregverdige man. Daniël 6:24-28
Daniël was derde in bevel in die koninkryk van Babilon. Hy is toe aangestel as een van die drie goewerneurs onder Darius die Meder in Babilon.
Hy was ouer as tagtig jaar, en hy was nog steeds so getrou aan God soos toe hy in ballingskap na Babilon weggevoer is (Daniël 1).
“Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om ‘n grond vir ‘n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele
grond vir ‘n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie.” (Daniël 6:4)
Darius het Daniël se lojaliteit opgemerk, daarom het hy gedink hy sou hom as heerser oor die koninkryk aanstel.
Dit het die ministers jaloers gemaak (die ou sonde wat Lucifer se val veroorsaak het), hulle wou die posisie hê wat Daniël aangebied was.
Hulle het besluit om sy getrouheid as aanval teen hom te gebruik. Hulle het geweet dat hy eerder die wet van God sal gehoorsaam as die wet van die Babeloniese koninkryk.
Toe hulle Daniël ondersoek het, het hulle gevind dat hy 'n goeie administrateur was. Hy was opreg, hardwerkend, onomkoopbaar, betroubaar, eerlik, getrou en lojaal, sonder slegtegewoontes.
Om 'n doeltreffender administrasie te hê, het die koning 120 ministers aangestel. Een van die risiko's van so administrasie was dat enigeen van hulle die mag kon probeer gebruik om teen die koning saam te sweer.
Hulle het ‘n voorgestel gemaak, as ‘n manier om die leiers se lojaliteit te toets, dat alle versoeke eers gedurende 'n spesifieke tyd aan die koning gemaak moet word.
Dit het ook versoeke aan die gode ingesluit. Dit was 'n gebaar wat die koning se ego gestreel het, (hy was nie voorheen 'n verteenwoordiger van die gode nie) en 'n aanval teen Daniël.
Nadat die wet onderteken is, kon dit nie verander word nie. Daniël was veroordeel... en die leeus sou hul aandete kry.
Ten spyte van die koninklike besluit het Daniel nie probeer om sy gebedsgewoontes weg te steek nie. Hy het net voortgegaan om in die rigting van Jerusalem te bid soos wat hy altyd gedoen het (2 Kron. 6:20-40).
Aanbidding is die belangrikste punt in die konflik tussen goed en kwaad. Wie en hoe sal ons aanbid?
Wat sal ons doen as ons lojaliteit aan God in konflik is met lojaliteit aan ons land?
Die besluit wat ons neem, hang af van ons houding vandag.
Bid ek elke dag tot God? Hou ek die Sabbat apart om God te aanbid? Hoe is my daaglikse verhouding met Jesus?
“Toe die koning die woord hoor, het dit hom baie mishaag, en hy het planne beraam om Daniël te verlos, ja, tot sonsondergang toe het hy moeite gedoen om hom te red.” (Daniël 6:14)
Die ministers het Daniël as 'n gevange en ’n vreemdeling wat ongehoorsaam aan die bevele van die koning was, voorgestel. Hulle het sy wonderlike eienskappe doelbewus weggelaat.
Die keer val die koning nie vir die truuk nie. Hy het gevoel gekry dat die ministers slegte bedoelings gehad het.
Hy het die dag spandeer om 'n manier te vind om Daniël van die dood te verlos, maar hy kon dit nie doen nie (Johannes 19:12).
Daniël se getrouheid het die koning so beïndruk dat hy uitgeroep het: “Die God wat jy gedurig dien, Hy sal jou verlos.” (v. 16)
God het sy engel gestuur om
Daniël te beskerm
Na 'n slapelose nag het Darius teen dagbreek na die leeukuil gegaan. Sou Daniël nog leef?
Daniël het volgens die dekreet vir sy “misdaad” betaal. Toe draai Darius teen die ware misdadigers (jaloers, leuenaars en verraaiers).
Hul vinnige dood kontrasteer met Daniël se wonderlike beskerming.
Darius het Daniël onthef van blaam en sy posisie bevestig. Daniël het in hierdie pos gedien tot minstens die derde jaar van Kores.
Hy het ook die God van Daniël bevestig. Dit was 'n simbool van die finale bevestiging, wanneer elke knie voor die Koning van die konings sal buig.
“Alhoewel hy [Daniël] 'n mens net soos ons
met van dieselfde begeertes was, stel die
geïnspireerde woord hom as 'n foutlose
karakter voor. Sy lewe word aan ons gegee as
'n duidelike voorbeeld van wat die mens kan
word, selfs in hierdie lewe, as hy God sy krag
sal maak en die geleenthede en voorregte
binne sy bereik wyslik sal gebruik... Hy het
die behoefte gevoel om sy siel te verfris met
gebed, en het hom elke dag in ernstige smeking
voor God bevind. Hy sou nie hierdie voorreg
ontneem word nie, selfs al sou 'n leeukuil
oopgemaak word om hom te ontvang as hy
aanhou bid…”
“Daniel het God liefgehad, gevrees en
gehoorsaam. Tog het hy nie van die wêreld
weggevlug om die korrupte invloed daarvan
te vermy nie. In die voorsienigheid van God
sou hy in die wêreld wees, en tog nie van die
wêreld nie. Met al die versoekings en
verleidelikhede van die hoflewe wat hom
omring het, staan hy steeds met die
integriteit van sy siel vas soos 'n rots in die
nakoming van sy beginsel. Hy het God sy
krag gemaak en is nie in die tyd van die
grootste nood van deur God verlaat nie.”
E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 4, cp. 56, p. 569)
Recommended