26
Gereelde Papsmere kan jou lewe red

2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Cervical cancer is the 2nd most common cancer among South African women & the leading cancer among black South African women - 1 in 39 women in South Africa will be diagnosed with Cervical Cancer (NCR 2005). Having regular Pap smears can detect abnormal cells in the cervix (mouth of the womb), that could develop into Cervical Cancer. We encourage all women to go for Pap smears at least every 3 years, from the age of 25, to detect abnormal cells early. http://cansa.kansa.co.za/womens-health/

Citation preview

Page 1: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Gereelde Papsmere kan jou lewe red

Page 2: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Servikale kanker is die tweede mees algemene kanker onder

Suid-Afrikaanse vroue

Page 3: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

SA Statistiek soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2005*

*

Page 4: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Wat is servikale kanker?

Die serviks is die onderste gedeelte of die mond van die baarmoeder.

Dis een van die mees algemene kankers onder Suid-Afrikaanse vroue.

Servikale kanker kan genees word indien dit vroegtydig

opgespoor en behandel word!

Servikale kanker ontwikkel nie skielik nie.

Daar is ‘n geleidelike verandering van normale

servikale selle, deur verskeie vlakke van abnormaliteit, tot

kankeragtige groeisels en uiteindelik tot kanker.

Die hele proses kan baie jare neem.

Page 5: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Wat is ‘n Papsmeer?

Dis 'n toets om abnormale selle in die serviks op te spoor om kanker te help voorkom

Deur gereeld vir ‘n Papsmeer te gaan, kan behandeling betyds toegepas word om sodoende die ontwikkeling van gevorderde servikale kanker te stuit

Alhoewelsommige vroueongemak kanervaar, is ‘nPapsmeer

gewoonlik vinnigen pynloos

Page 6: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Indien abnormaleselle opgespoor

word, sal jyverwys word virbehandeling omdie ontwikkeling

van servikalekanker te voorkom

Hoe word ‘n Papsmeer gedoen?

Om ‘n visuele ondersoek van die vagina en serviks moontlik te maak en om dit makliker te maak om ‘n servikale sel-monster te neem, plaas ‘n gesondheidspraktisyn ‘n instument genaamd ‘n spekulum in die vaginale kanaal

Servikale selle word dan met ‘n klein houtspatel of ‘n klein servikale borseltjie versamel

Die selle word op ‘n glasskyfie gesit wat dan na ‘n laboratorium gestuur word om onder ‘n mikroskoop bestudeer te word

Page 7: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Loop jy ‘n risiko vir servikale kanker?

Kom ons vind uit!

Page 8: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Jy het ‘n groter kans om servikalekanker te kry indien...

Jy langdurige Menslike Papilloomvirus (MPV) infeksies kry

Hoekom?MPV infeksies van die serviks is 'n primêre risikofaktor vir servikale

kanker en is verantwoordelik vir 70% van alle gevalle

Page 9: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Wat is MPV?

Die Menslike Papillomavirus (MPV) bestaan uit 'n groep van meer as 100 verwante virusse

MPV tipes 16 418 is 'n hoë risiko

MPVs word deur vel-tot-vel kontak en liggaamsvloeistowwe versprei

Sowat 40 tipes MPV word seksueel oorgedra deur genitale kontak

Sommige MPV's, soos dié wat gewone vratjies op hande en voete veroorsaak, versprei nie maklik nie

Na raming is MPV

infeksies

verantwoordelik

vir meer as 5% van

alle kankers

wêreldwyd

Page 10: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Sowat 15 hoë risiko MPV-tipes (ook bekend as onkogeniese of karsinogeniese MPV's) is geïdentifiseer

MPV entstowwe voorkom infeksie met sekere MPV tipes, soos dié wat verbind word met die ontwikkeling van servikale kanker, genitale vratjies, en ander minder algemene kankers

Vra jou mediese praktisyn vir meer inligting oor entstowwe wat beskikbaar is

Hoë risiko MPV veroorsaak na raming...70% van servikale en anale kankers

50% van vaginale, vulva en penale kankers

20% van kop- en nekkankers

Wat is MPV?

Page 11: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Jy het ‘n groter kans om servikale kanker te kry indien...

Jy 'n verswakte immuunstelsel het

Hoekom?Vroue met verswakte immuunstelsels – soos wanneer met

Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS) gediagnoseer of weens gebruik van medikasie wat die immuniteitstelsel

onderdruk vir outo-immuniteitsiektes of na orgaanoorplantings – is meer geneig om servikale kanker te kry

Page 12: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Jy het ‘n groter kans om servikale kanker te kry indien...

Jy of jou seksuele maat baie ander seksueleverhoudings gehad het (of nog steeds het)

Hoekom?Baie seksuele maats verhoog jou risiko vir MPV infeksies

Seksuele aktiwiteit vanaf 'n jong ouderdom verhoog jou blootstelling

Vroue in eie geslagtelike verhoudings behoort ook gereeld ondersoek te word omdat MIV deur liggaamsvloeistowwe

versprei word

Page 13: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Jy het ‘n groter kans om servikalekanker te kry indien...

Jy drie of meer jaar laas 'n Papsmeer gehad het

Hoekom?Vroue wat nog nooit 'n Papsmeer gehad het nie, of baie lanklaas

een gehad het, loop 'n groter risiko

Onthou... ‘n Papsmeer vir servikale kanker is die enkelmees effektiewe servikalekanker siftingstoets

Page 14: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Jy het ‘n groter kans om servikale kanker te kry indien...

Jy rook

Hoekom?Onlangse navorsing toon dat tabakrook die risiko vir

servikale kanker met 50% verhoog

Page 15: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Jy het ‘n groter kans om servikale kanker te kry indien...

Jy tussen 18 en 40 jaar oud is (vrugbaarheids-ouderdom)

Hoekom? Hoë risiko kankeragtige letsels kom meestal voor by vroue in hul

vrugbaarheidsjareVeelvuldige swangerskappe (veral nadat 5 tot 7 voltermyn

swangerskappe beleef is) verhoog verder die risiko vir servikale kanker

Page 16: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Onthou...

Indien jy ‘n aantal risiko-faktore het,

kontak jou gesondheids-praktisyn of ‘n

KANSA Sorgsentrum om uit te vind wat jy

kan doen om jou risiko te verlaag

Hoe meer risiko-faktore jy het,

hoe groter is die moontlikheid dat

jy servikale kanker kan ontwikkel

Dis moontlik om servikale kanker

te ontwikkel sonder dat enige

van hierdie faktore

teenwoordig is

Page 17: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Siftingstoetse vir servikale kanker is

beskikbaar by KANSA se Mobiele

Gesondheidseenhede en Sorgsentra landswyd

Page 18: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Wat doen KANSA om te help?

Ons help deur seker te maak datSuid-Afrikaanse vroue toegang het tot Papsmere wat potensieel hul lewens kan red

Hoe?Ons Mobiele Gesondheids-eenhede reis na veraf plekke in Suid-Afrika om vroue te bereik wat nie andersins toegang tot Papsmere sou hê nie

Page 19: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Een van KANSA se Mobiele Gesondheids-eenhede skep bewustheid en doen gratis siftingstoetse in die gemeensakap

Page 20: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Een van KANSA se Mobiele Gesondheids-eenhede skep bewustheid en doen gratis siftingstoetse

Page 21: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

• 15 140 vroue getoets vir servikale kanker, d.m.v. Papsmere

• KANSA het ‘n verdere 4 824 Papsmere gefasiliteer in venootskap met die Departement van Gesondheid

KANSA het die afgelope jaar...

Page 22: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

KANSA het die afgelope jaar...

• Ondersteuning aan 7 493 individuele kankerpasiënte verleen deur middel van ons 110 ondersteuningsgroepe en ons 2 950 opgeleide sorg- en ondersteuningsvrywilligers

• Ongeveer 3 045 pasiënte elke maand besoek en ondersteun terwyl hulle kankerbehandeling by onkologie-klinieke ontvang het

• 45 000 individue wat deur kanker geraak is met berading ondersteun terwyl 4 278 mense baat gevind het deur mediese hulptoerusting wat aan hulle geleen is

Page 23: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Wees deel van die stryd teen servikale kanker...

Gaan vir gereelde ondersoeke

Maak ’n donasie

Sluit aan as ’n lid

Word ’n vrywilliger

Page 24: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Help KANSA om onskankersiftingsprogramme uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking

by enige van ons meer as 30 KANSA Sorgsentralandswyd te maak

Page 25: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Kontak ons…

Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos [email protected]

Besoek ons webtuiste:www.cansa.org.za

Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad:https://www.facebook.com/CANSA-The-Cancer-Association-of-South-Africa/

Volg ons op Twitter:@CANSA - http://www.twitter.com/cansa

Kyk ook na CANSA se Pinterest profiel:CANSA - http://www.pinterest.com/cansa

Page 26: 2013 - Vrouegesondheid - Servikale kanker

Tolvry 0800 22 66 22www.cansa.org.za