Transcript
Page 1: Vaalweekblad, 2 Augustus 4 Augustus 2017 Fotografie ... · 12 Vaalweekblad, 2 Augustus 4 Augustus 2017 Fotografie VANDERBIJLPARK. - Julie is die Vander-bijlparkse Fotografiese Vereniging

12 Vaalweekblad,  2  Augustus  ­  4  Augustus  2017 Fotografie www.vaalweekblad.com

VANDERBIJLPARK. - Julie is die Vander-bijlparkse Fotografiese Vereniging se hoogte-punt van die jaar, wanneer die klub se jaarkom-petisie aangebied en die jaar se toppresteerdersaangewys word.

Lede van die klub werk die hele jaar hardom op hierdie aand erkenning te kry.

Die byeenkoms was soos altyd baie opwin-dend en strawwe, vriendskaplike mededingingwas aan die orde van die dag. Die klub se foto’swas soos gewoonlik van hoogstaande gehalteen het die beoordelaars beïndruk.

Elke klublid kon sy/haar 10 beste foto’s in-skryf en die algehele wenners in die verskillen-de kategorieë is deur onafhanklike beoorde-laars aangewys.

Daar is in elke Ster-gradering (1 tot 5 Steren Meester) meegeding, asook om die algeheleJunior- (1 tot 3 Ster) en Senior-titel (4 Ster enhoër).

Mietsie Visser is as Beste Fotograaf van2016-17 aangewys. Haar foto “Himba Vrou”maak deel van haar tien wenfoto’s uit.

In die Senior-afdeling is Haig Fourie diewenner met sy foto “Wit krapspinnekop eet in-sek”. In die Junior-afdeling is Elsje Vermeulendie wenner met haar foto “Whiskers”. Die jaar-likse Voorsitterstrofee se tema was vanjaar straatfotografie en is deur Hennie Karsten metsy foto “Helping Hands” gewen.

Die Fotograaf van die Jaar in die verskillen-de Ster-graderings is: 1 Ster - Elrick du Toit;2 Ster - Nicky Jansen van Vuuren; 3 Ster - ElsjeVermeulen; 4 Ster - Gerrie Labuschagne; 5 Ster- Renee Storm en Meester - MietsieVisser.

Daar is hierdie jaar ook sertifikategegee aan die “Werker van die Jaar”in die verskillende Ster-graderings.

Die Werker van die Jaar in die ver-skillende Ster-graderings is:

1 Ster - Nicky Jansen van Vuuren;2 Ster - Nicolaas Louw; 3 Ster - ElsjeVermeulen; 4 Ster - Rensia Fourie;5 Ster - Brenda Karsten en Meester- Hennie Karsten. Hennie is ook asdie “Algehele Werker van die Jaar”aangewys.

Die klub sien uit daarna om tydensdie jaarlikse Suid-Gauteng kompeti-sie met hierdie uitstekende foto’s tegaan meeding. Hierdie spog-byeen-koms word op 2 September by KlipRiver Estates in Risiville gehou teenR150 per persoon. Vir meer inligtingkontak Johan Brits by 082 718 8394of [email protected]

* Die klub bied weer in Septemberen Oktober ‘n beginners-fotografie-kursus aan. Inligting kan by HenkScheepers by 072 260 0513 of [email protected] verkry word.

Die kursus is daarop gemik om beginnerfo-tograwe ʼn goeie grondslag te gee in die korrek-te gebruik van kameras en toerusting. Die teo-retiese opleiding word opgevolg deur praktieseklasse in onder meer landskap; natuur; sport;makro en portret-fotografie. Die kursusgangersword ook gewys hoe om basiese fotoverwer-king in Photoshop te doen. Die kursusgelde be-loop R2 500 per persoon vir die vier dae, watʼn ligte ete en verversings elke dag insluit.

Alle amateur fotograwe word genooi om dieklubaande op die kampus van die Noordwes-

Universiteit in die Sentrum vir TelematieseLeer, Samancor ouditorium, Vanderbijlpark,by te woon op die derde Vrydagaand van elkemaand, behalwe Desember. Klubaande beginom 18:30. Die volgende klubaand vind plaasop 18 Augustus en die tema van die maandon-derwerp is ‘Musiek’. Hierdie onderwerp gaanfotograwe se bedrewenheid met hulle toerus-ting werklik toets.

Die kontakpersoon is Johan Brits by 082 7188394 of [email protected]

Besoek ook hul Facebookblad by https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub waardaar gereeld interessante wenke opgelaai word.

Fotoklub se jaarwenners gekroon

Mietsie Visser se “Himba Vrou”.

Haig Fourie se “Witkrapspinne­kop eet  insek”.

Elsje Vermeulen se “Whiskers”. 

Hennie Karsten se “Helping Hand”.

Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se wenners  in die onderskeie Ster­graderings  is onlangs aangewys. Voor van  linksis: Renee Storme, Brenda Karsten en Nicky Jansen van Vuuren. Agter van links is: Gerrie Labuschagne, Haig Fourie, Elrick du Toit,Nicolaas Louw, Hennie Karsten en Elsje Vermeulen.