11
TIEROOG Volume: 8 Datum: 22 Mei 2015 UIT DIE KANTOOR Nog een week voor die eksamen. En met dié woorde trek my keel sommer toe. Onmiddellik dink ek aan sperdatums. Ons werklewens is gevul met sperdatums. Dit bring mee dat ons gefokus is op wat moet gebeur en letterlik op adrenalien lewe. Dit bring my by die vraag: “Hoekom doen ons wat ons doen? Hoekom is dit wat ons doen vir ons so belangrik? Gaan die wêreld werklik ‘n beter plek wees as ons aanhou doen wat ons doen? As hoof van die beste skool wat daar is, is dit lekker om die bogenoemde vrae te antwoord. Hoekom doen ek wat ek doen? Ek het al die vraag baie keer gevra en elke keer kom ek by dieselfde antwoord: My werksfilosofie is dat ek net in een kind se lewe ‘n verskil wil maak. Ek glo met my hele hart as net een kind vir my kom dankie sê vir die verandering wat ek in sy/haar lewe gemaak het, het ek in my werksdoel geslaag. Ek het in my ‘n grootse behoefte om my skoolkinders gelukkig te sien en sal alles in my vermoë doen om dit reg te kry. Hoekom is dit wat ek doen vir my so belangrik? Ek sien my taak as ‘n Godgegewe taak en wil nie ons Hemelse Vader teleurstel nie. Daarmee saam wil ek my beste gee vir ons skool. Ek sit baie ure in by die skool en wil hiermee dit onomwonde stel dat ek my alles wil gee vir ons skool sodat dit sal strek tot voordeel van ons kinders. Gaan die wêreld werklik ‘n beter plek wees as ons aanhou doen wat ons doen? Dit is ‘n gegewe dat onderwys in Suid-Afrika gebuk gaan onder groot druk. Die feit dat onderwys gesien word as die antwoord op die kritiese vraagstukke soos werkloosheid en sosiale verval, dra by tot die vergrote druk. Tog glo ek met my hele hart dat onderwys kan antwoord op die roepstem en die talle uitdagings wat bestaan die hoof kan bied. Vir dit om plaas te vind, moet elke rolspeler, sy rol speel asof sy lewe daarvan afhang. Elkeen van ons gaan moeilik ons rol vertolk indien die ander rolspelers nie net so hard saamspeel nie. Dit is van kritiese belang dat ek opnuut elke dag die besluit neem om aan te hou en aan te hou. Ek is bevoorreg om my rol by Hoërskool Tygerberg te kan speel. Ek wil u verseker dat ek dit met oorgawe en entoesiasme doen sodat ons kinders die voordeel kry. Baie dankie vir

Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

  • Upload
    ledieu

  • View
    245

  • Download
    26

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGVolume: 8 Datum: 22 Mei 2015

UIT DIE KANTOOR

Nog een week voor die eksamen. En met dié woorde trek my keel sommer toe. Onmiddellik dink ek aan sperdatums. Ons werklewens is gevul met sperdatums. Dit bring mee dat ons gefokus is op wat moet gebeur en letterlik op adrenalien lewe. Dit bring my by die vraag: “Hoekom doen ons wat ons doen? Hoekom is dit wat ons doen vir ons so belangrik? Gaan die wêreld werklik ‘n beter plek wees as ons aanhou doen wat ons doen?

As hoof van die beste skool wat daar is, is dit lekker om die bogenoemde vrae te antwoord. Hoekom doen ek wat ek doen? Ek het al die vraag baie keer gevra en elke keer kom ek by dieselfde antwoord: My werksfilosofie is dat ek net in een kind se lewe ‘n verskil wil maak. Ek glo met my hele hart as net een kind vir my kom dankie sê vir die verandering wat ek in sy/haar lewe gemaak het, het ek in my werksdoel geslaag. Ek het in my ‘n grootse behoefte om my skoolkinders gelukkig te sien en sal alles in my vermoë doen om dit reg te kry.

Hoekom is dit wat ek doen vir my so belangrik? Ek sien my taak as ‘n Godgegewe taak en wil nie ons Hemelse Vader teleurstel nie. Daarmee saam wil ek my beste gee vir ons skool. Ek sit baie ure in by die skool en wil hiermee dit onomwonde stel dat ek my alles wil gee vir ons skool sodat dit sal strek tot voordeel van ons kinders.

Gaan die wêreld werklik ‘n beter plek wees as ons aanhou doen wat ons doen? Dit is ‘n gegewe dat onderwys in Suid-Afrika gebuk gaan onder groot druk. Die feit dat onderwys gesien word as die antwoord op die kritiese vraagstukke soos werkloosheid en sosiale verval, dra by tot die vergrote druk. Tog glo ek met my hele hart dat onderwys kan antwoord op die roepstem en die talle uitdagings wat bestaan die hoof kan bied. Vir dit om plaas te vind, moet elke rolspeler, sy rol speel asof sy lewe daarvan afhang. Elkeen van ons gaan moeilik ons rol vertolk indien die ander rolspelers nie net so hard saamspeel nie. Dit is van kritiese belang dat ek opnuut elke dag die besluit neem om aan te hou en aan te hou. Ek is bevoorreg om my rol by Hoërskool Tygerberg te kan speel. Ek wil u verseker dat ek dit met oorgawe en entoesiasme doen sodat ons kinders die voordeel kry. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ek verstaan ook dat elke akteur sy kritici het. Daarom wil ek u versoek om asseblief die vrymoedigheid te hê om my te kontak sodat ons die beste vir ons kinders kan bied. Ek is ‘n absolute voorstander van opbouende kritiek en verwelkom dit om my werksuitset te verbeter.

Ek glo dat u iets van my hart gesien het en weer eens weet ek ek is bevoorreg om die hoof van Hoërskool Tygerberg te wees.

Groete.

W Herselman

Page 2: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGAKADEMIE

Met die eksamen om die draai, gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert se Skyfstuk, “Suksesstudies,” wat volledig op die skool se webtuiste beskikbaar is.

“Volgens Ebbinghaus se geheuegrafiek vergeet ʼn mens in 24 uur ongeveer 75% van dit wat hy geleer het. As ons bv. 100 feite gelees het, sal ʼn mens na 24 uur slegs 25 onthou. ʼn Mens sal dus iets moet doen om die 75% vergeet wat in die 24 uur plaasvind, teen te werk.” Herhalende leer is dus onontbeerlik vir die onthou van feite. ‘n Studierooster vir die volgende vier weke is dus baie belangrik. Druk gerus ‘n bladsy van die kalender uit en laat die leerders elke dag ‘n stukkie van elke vak afbaken en leer.

Eksamenstres speel ook ‘n baie belangrike rol tydens eksamens en leerders onderpresteer omdat hulle te veel energie op spanning verbruik en dan nie hul volle breinkapasiteit tot hul beskikking het tydens die beantwoording van hul vraestelle nie. Hier is ‘n paar wenke:

Begin betyds opsom, leer en hersien. Sorg dat jy presies weet waaroor jy eksamen skryf en watter werk in watter vraestel gevra gaan

word. Moenie die vorige aand te laat gaan slaap nie en hou by ‘n vaste slaaproetine. Eet gesond. Moenie te veel koffie drink of enige wakkerbly-medikasie drink nie. Wees versigtig vir enige veranderinge in normale medikasie. Werk iewers ‘n klein bietjie fisiese oefening soos stap in, maar moet nie nou ‘n strawwe

oefenprogram volg as jou liggaam nie daaraan gewoond is nie. Gebruik asemhalingsoefeninge om kalm te bly. Verdeel jou vraestel volgens die punte wat elke vraag tel en moenie te veel tyd aan ‘n vraag

spandeer nie. Dit veroorsaak dat jy later moet jaag en dan maak jy foute. LEES akkuraat en “highlight” kernwoorde sodat jou antwoord by die vraag pas. Behou ‘n positiewe ingesteldheid, selfs al beleef jy die vraestel as moeilik.

Sterkte aan die leerders en hul ouers vir die Junie-eksamen.

Belangrike tye en datums:

Vanaf Vrydag, 29 Mei tot en met Dinsdag, 23 Junie verdaag die skool om 13:00

Op 24 Junie (dag 4) en 25 Junie (dag 5) verdaag die skool gewone tyd (14:30 ) en die normale skoolrooster word gevolg.

Op Vrydag 26 Junie sluit die skool vir die kwartaal om 11:00. Die rapporte vir graad 10 – 12 behoort gereed te wees. Rapporte vir graad 8 en 9 sal op die eerste Vrydag van kwartaal 2 uitgedeel word.

Tieregroete.W Rossouw

Page 3: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGREVUE 2015 - GLEE

GLEE gaan oor hoërskoolleerders en al die uitdagings wat hulle daagliks in die gesig staar – daarom was hierdie reeks so ‘n lekker keuse vir ‘n revue. Elke lied het ‘n storie gehad en het gehandel oor ‘n tyd in ‘n tiener se lewe soos halsoorkop-verliefdheid, tienerswangerskap, selfmoord en sommer net lawwe kuiers.

2015 se revue het definitief sy uitdagings gehad! 143 leerders (‘n 50% groei in deelname) het hul merk op die Tiere se verhoog gelaat deur te sing, dans en toneel te speel. Meer as 80% van hierdie leerders het nog min of geen ervaring op die verhoog gehad en was maar goed skrikkerig. Van die soliste het gewonder of daar nie ‘n fout gemaak is met die toekenning van die solo’s nie en ander het wel agtergekom dat sing en dans nie so maklik is as wat dit lyk nie. Die seuns het ontdek dat hulle heupe wel los is van die res van hul lywe en die meisies het geleer dat ‘n aand in hoë hakke nie die maklikste ding onder die son is nie.

Die bywoon van oefeninge is baie streng gemonitor en die leerders het die vrugte van hul toewyding gepluk. Al het Mnr. Barend ‘n hele paar keer hard moes praat en ‘n paar ego’s bietjie kleiner geskuur, kan almal opreg sê dat (ten spyte van klankprobleme op die Donderdagaand) GLEE 2015 ‘n reuse sukses vir die Tiere was. Ons is SUPER trots op elkeen van hulle.

GLEE wil ook net vir mevv. Danieta Botha, Mariaan Ellis, Elaine Fourie, Ilze Lingenfelder en me. Murlize van Heerden bedank vir hul onbaatsugtige deelname aan ons sukses. Sonder julle kon ons dit ook nie doen nie.

Dan moet ons ook afskeid neem van ons revue-moeder, mev. Elaine van der Merwe. Vir baie jare het sy die vertonings op die planke gebring en in 2008 het haar en mnr. Barend se eerste poging saam die lig gesien.

Ongelukkig was GLEE 2015 haar swanesang by Hoërskool Tygerberg se revue. Sy laat waarlik diep spore agter en ons mis haar alreeds ongelooflik baie.

Ons wil ook graag ons ouers bedank – julle ondersteuning help ons altyd om die wa deur die drif te trek. Dit is die eerste jaar wat ons kan spog met ‘n uitverkoopte saal op die laaste aand! Baie, baie dankie!

Page 4: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGPERDRY

Hier volg die uitslae vir Michelle en Manhattan Moment wat verlede naweek (9-10 Mei 2015) aan die 4de Westelike Provinsie Qualifier vir Equestrian Sport in Stellenbosch deelgeneem het.

Hulle het ‘n 1ste en ook ‘n 2de plek in albei 1.10m Showjumping (Ruiterkuns) klasse behaal, wat daarmee dan ook weer vir hulle ‘n plek in die WP-skolespan verseker het - die 4de jaar in ‘n ry! Die Wes-Kaap Finaal sal plaasvind op 7-10 Augustus 2015. Michelle is ook aangewys as die WP-Skolespan kaptein (Hoërskole) vir 2015.

RUGBYStrand, 9 Mei 2015O.19A: 33 – 22O.19B: 17 – 13

O.16A: 8 – 8

O.15A: 0 – 15O.15B: 8 – 24

O.14A: 7 – 34O.14B: 14 29

Durbanville, 16 Mei 2015O.19A: 61 – 12O.19B: 15 – 0O.19C: 10 – 7O.19D: 25 – 5

O.16A: 24 – 8O.16B: 18 – 24

O.15A: 3 – 27 O.14A: 0 – 8O.15B: 0 – 24 O.14B: 5 – 21

Page 5: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGINLIGTINGSAAND 2015

Bekende oud- en huidige Tiere wat ons inligtingsaand bygewoon het: Justin Geduld (SA 7’s rugby), Gerda-Mari Conradie (Mej Jnr SA 2015), Eben Etzebeth (Springbokrugby), Vehon Hulme (Mej Tygerberg 2014),

Katryn Kruger (Topmodel), Michelle Jordaan (Voorbladnooi 2015). Baie dankie vir julle ondersteuning en teenwoordigheid.

POORT

DIE TIERE DOEN DIT WEER!

Baie geluk aan Annemie Sauerman en Liebe Burger wat met hulle skryfwerk letter-kundige meriete in die Poort-skryfkompetisie verwerf het.

Annemie se prosastuk, Die bloedrooi deur en Liebe se Vyf vreemde maats sal Oktober in POORT gepubliseer word.

Liebe Burger en Annemie Sauerman

Page 6: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGMA’S WAT OMGEE (TIERE GEBEDSGROEP)Die Here se beloftes aan Hoërskool Tygerberg staan vas.

JESAJA 6017: En Ek sal vrede as jou owerheid aanstel en

Geregtigheid as jou bestuurders.18: Van geweld sal in jou land (skool) nie meer gehoor

word nie – van geen verwoesting of verbrekng in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.

Gebedsbyeenkomste: Woensdae 08:00 - 09:00Plek: Hoërskool Tygerberg (ontmoet in ingangsportaal)Kontakpersoon: Marietjie Fourie (ouer) 083 327 3535

STUDENTERAAD: KOSPROJEKKos-items wat benodig word vir die kosprojek:1. Koffie, melk, suiker, tee, koeldrank.2. Pap (enige soort).3. Meel (koek-, mielie-, brood-), blikkieskos, pasta, sous vir pasta, rys.4. Toiletware bv. tandepasta, seep, toiletpapier, sjampoe, sanitêre doekies, deodorant.5. Skoonmaakmiddels bv. Handy Andy, opwasmiddel, waspoeier ens.6. Enige skenkings van vars produkte bv. vleis, groente ens. is welkom.7. Kontantskenkings is ook altyd welkom.

Help asseblief met u bydraes om ‘n bietjie vreugde in hierdie huise te verseker. Dit sal beslis opreg waardeer word.

DOELWITTE

Ons fokus op effektiewe gebruik van hulpbronne en gesonde finansiële bestuur. Ons koester hoë verwagtings vir leerderprestasies. Ons fokus op effektiewe/moderne leer- en onderrigmetodiek asook karakterontwikkeling deur die

suksesvolle balansering van akademie, sport en kultuur. Ons bevorder ‘n funksionele, veilige en gesonde omgewing wat bydra tot effektiewe leer en

onderrig. Ons ontwikkel en gee uitvoering aan ‘n bemarkings- en fondsinsamelingsplan met behulp van ‘n

deeltydse bemarker en fondswerwer. Ons trek, ontwikkel en behou ‘n diverse personeelkorps wat bestaan uit toegeruste, toegewyde en

omgeemense.

www.hstygerberg.co.za

Page 7: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGWP-HOKKIE

Baie geluk aan die volgende hokkiemeisies wat gekies is om WP by die verskillende streekstoernooie te verteenwoordig:

Monique Brönn – O.18 WP-Noordsone Danika van der Merwe – O.16 WP-Noordsone

Andrea Roodt – O.18 WP-Noordsone reserwe Nicola van der Westhuizen – O.18 WP-Noordsone reserwe

Baie geluk ook aan Lauren Johnstone, ons hokkie-organiseerder, wat gekies is om as spanbestuurder van die O.14 WP-Noordsonespan diens te doen.

Page 8: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGADVERTENSIES

Page 9: Web viewDie feit dat onderwys gesien word as ... gee ons graag weer vandag ‘n paar studiewenke uit dr Petrus Herbert ... Dit is die eerste jaar wat ons kan spog

TIEROOGTIEROOG: ADVERTENSIES

Die nuusbrief, Tieroog, verskyn elke twee weke op ‘n Vrydag.

Advertensie en bewys van betaling moet reeds die vorige Vrydag gestuur word na [email protected]

Elektroniese betaling:ABSA ParowTjekrek: 390390122Takkode: 50-21-10Verwysing: Tieroog advertensieFaks: 0219306833

2 moontlike groottes nl.:

Halfblad teen R50 per plasing Volblad teen R100 per plasing

Formaat waarin benodig word:

Halfblad: JPEG: landscape Volblad: JPEG: portrait