10
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof, juf. Bettie Die klein vroutjie met die groot hart Na 34 jaar moet ons afskeid neem van ons geliefde juf. Bettie. Dit is nou haar beurt om na ‘n jarelange toewyding aan die opvoeding van ons kinders, uiteindelik haar lewenstaak af te sluit. Bettie Viljoen was ‘n opvoeder van formaat, ‘n gebore onderwyseres. Hiervan kan letterlik duisende oud- leerders getuig. Nie net was sy ‘n uitstekende Afrikaanse onderwyseres nie, maar later jare ‘n wiskunde onderwyseres met ‘n besonderse gawe vir verduideliking. Op die sportveld het sy uitgeblink as afrigter van veral verspring en ook netbal, maar dis haar rol as deel van die bestuur en later as adjunkhoof wat die grootste impak gehad het op ons skool. Sy het as onderwyseres gewerk saam met 3 verskillende skoolhoofde: Mnre. Van Tonder, Badenhorst en natuurlik vir die afgelope klompie jare, mnr. Willie Goosen. Vir elk van die fases van ons skool se geskiedenis, was sy onontbeerlik en ‘n ware aanwins. Vir haar kollegas was sy nog altyd ‘n kalm toevlug. Haar simpatieke oor en onpartydige hantering van sake, het menige krisis afgeweer en probleme opgelos. Bettie se lewenslus en energieke stappie was ‘n voorbeeld vir almal. Niks was ooit te veel moeite nie. Haar liefde vir haar beroep en veral vir die kinders, het oorgespoel in die wyse waarop sy die naskoolsentrum vir baie jare ontwikkel en bestuur het. Vir die kinders was sy maar net altyd juf. Bettie en hulle het met groot vrymoedigheid na haar toe gegaan met al hulle vrese en probleempies. ‘n Opvoeder soos juf. Bettie is suiwer goud werd en sal nie maklik vervang kan word nie, maar haar voorbeeld sal bly staan en is iets waarnatoe ons almal kan strewe. Bettie, ons wense vir jou sluit ‘n lang en gelukkige toekoms as afgetredene toe. Ons weet jy gaan nie stilsit nie, maar ons hoop dat jy die tyd sal gebruik om saam met Ben, ‘n paar van daardie welverdiende vakansies te neem, dat jy jou kinders en kleinkinders sal geniet en dat jy nog gereeld sal kom inloer...want ons gaan jou vreeslik baie mis! Van die personeeel, ouers en leerders

UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons groet ons adjunkhoof, juf. Bettie

Die klein vroutjie met die groot hart

Na 34 jaar moet ons afskeid neem van ons geliefde juf. Bettie. Dit is nou haar beurt om na ‘n jarelange toewyding aan die opvoeding van ons kinders, uiteindelik haar lewenstaak af te sluit. Bettie Viljoen was ‘n opvoeder van formaat, ‘n gebore onderwyseres. Hiervan kan letterlik duisende oud-leerders getuig. Nie net was sy ‘n uitstekende Afrikaanse onderwyseres nie, maar later jare ‘n wiskunde onderwyseres met ‘n besonderse gawe vir verduideliking. Op die sportveld het sy uitgeblink as afrigter van veral verspring en ook netbal, maar dis haar rol as deel van die bestuur en later as adjunkhoof wat die grootste impak gehad het op ons skool. Sy het as onderwyseres gewerk saam met 3 verskillende skoolhoofde: Mnre. Van Tonder, Badenhorst en natuurlik vir die afgelope klompie jare, mnr. Willie Goosen. Vir elk van die fases van ons skool se geskiedenis, was sy onontbeerlik en ‘n ware aanwins. Vir haar kollegas was sy nog altyd ‘n kalm toevlug. Haar simpatieke oor en onpartydige hantering van sake, het menige krisis afgeweer en probleme opgelos.

Bettie se lewenslus en energieke stappie was ‘n voorbeeld vir almal. Niks was ooit te veel moeite nie. Haar liefde vir haar beroep en veral vir die kinders, het oorgespoel in die wyse waarop sy die naskoolsentrum vir baie jare ontwikkel en bestuur het. Vir die kinders was sy maar net altyd juf. Bettie en hulle het met groot vrymoedigheid na haar toe gegaan met al hulle vrese en probleempies. ‘n Opvoeder soos juf. Bettie is suiwer goud werd en sal nie maklik vervang kan word nie, maar haar voorbeeld sal bly staan en is iets waarnatoe ons almal kan strewe.

Bettie, ons wense vir jou sluit ‘n lang en gelukkige toekoms as afgetredene toe. Ons weet jy gaan nie stilsit nie, maar ons hoop dat jy die tyd sal gebruik om saam met Ben, ‘n paar van daardie welverdiende vakansies te neem, dat jy jou kinders en kleinkinders sal geniet en dat jy nog gereeld sal kom inloer...want ons gaan jou vreeslik baie mis!

Van die personeeel, ouers en leerders

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

2 Met 2016 so te sê op sy rug en 2017 om die draai, is my wens dat julle almal ‘n heerlike vakansie en vreugdevolle Feesgety ervaar. Aan elke ouer, personeellid en leerder ‘n groot dankie vir wonderlike samewerking die afgelope jaar. Ons sien uit daarna om 2017 met so ‘n span aan te pak. Ons groet ook vir Jaco van den Berg (gr.3), Debby de Villiers (gr. 6), Alida Marais (isiZulu) en Daleen Oosthuysen (Media). Baie dankie vir julle harde werk en die mooi wyse wat julle hier by ons skool ingeskakel het. Personalia

Ons dink aan Linda Dangoumou wat verlede week ‘n mediese prosedure ondergaan het. Linda, ons glo en vertrou dat dit sommer baie beter met jou gaan! Van die Personeel Mnr. Willie, jy moet lekker rus saam met Mariëtte en die seuns. Ons sien daarna uit om weer in 2017 die pad saam met jou te stap. Ons wens jul as gesin ‘n Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2017 toe.!

Gedenkklok

Die gedenkklok, geskenk deur gr. 7-2016, nader voltooiing. Ons glo en vertrou dat hierdie tradisie nog lank met ons sal wees en dat elke leerder iets spesiaals hieruit sal put. Dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het – ‘n spesiale dankie aan mnr. Servaas wat aan die stuur van sake was met hierdie projek.

Juf. Bettie groet

Aan die einde van ‘n lang pad by Laerskool Fairland, kyk ek met diepe dankbaarheid terug.

Baie dankie aan elke leerder, personeellid en ouer wat my pad gekruis het. Elkeen van julle het my lewe op een of ander wyse aangeraaak en beïnvloed.

Mag Laerskool Fairland ryklik geseën word!

Bettie Viljoen

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Ons groet vir Chris Dirks, voorsitter van die beheerliggaam die afgelope drie jaar. Chris was nege jaar verbonde aan die beheerliggaam.

Baie dankie vir al jou vele insette en die bekwame wyse waarop jy voorgeloop het. Ons wens jou en jou gesin alles van die beste toe op die pad vorentoe.

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

2

ALGEMEEN DATUMS 2017

10 Januarie Gr. 1-2017: Eerste Skooldag

11 Januarie Skool open (Gr. R-; gr. 2- tot gr. 7-leerders)

13 Januarie Atletiek: Interhuis Gr. R tot gr. 3: 11:00

13 Januarie Atletiek: Interhuis Gr. 4 tot gr. 7: 16:00

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat gedurende die afgelope week verjaar het en wat gedurende die vakansie verjaar:

Klarika Scheepers - 1 Desember Hendrik Eloff - 15 Desember Louisa van Rensburg - 16 Desember Jordaan le Roux - 27 Desember Paula van der Walt - 28 Desember Elize Oosthuizen - 31 Desember Elardus Coetzee - 5 Januarie Islé Verster - 9 Januarie

Tina Theunissen - 11 Januarie Corisa Niemand - 17 Januarie

Mag dit ‘n wonderlike, geseёnde dag en jaar wees.

REDAKSIE

Wat ‘n wonderlike voorreg was dit nie vir ons om hierdie dol, propvol jaar saam met julle te beleef nie! Dit is ongelooflik om te besef dat ons weereens oorvloediglik geseёnd was in soveel opsigte. Vir julle, ons lesers, wil ons dankie sê vir elke bydrae wat julle deur die afgelope jaar gemaak het tot die geluk en voorspoed van ons skool en ons leerders. Dankie vir julle teenwoordigheid by elke aktiwiteit op die sportveld, op kultuurgebied, by oueraande en by al die lekker samekomste. Dis die dinge wat ons skool laat uitstyg bo die norm. Betrokkenheid in elke kind se toekoms is ononderhandelbaar en julle het elke keer julle kant gebring. Vir mnr. Willie, die skoolbestuur, die beheerliggaam en my kollegas, wil ek sê dat julle enig in jul soort is en julle harde werk deur die jaar, is die basis vir ons suksesse.

Geniet dan nou die lekker lang vakansie, vier fees saam met julle geliefdes en mag ons Hemelse Vader julle beskerm op die paaie en veilig aan ons terugbesorg, want julle is kosbaar.

Met liefde Erika

OUERBYDRAE

Een van ons gr. 7-ouers het hierdie pragtige “afskeidsgedig” geskryf:

Liewe Laerskool Fairland

Die tyd het gekom om jou te groet. Twaalf jare was ons saam en tussen trane, soek ek die moed om te aanvaar dat ek moet gaan.

Ek skryf hierdie brief om jou te laat weet Hoe dankbaar ek aan jou is. Jy het my van die begin af welkom geheet, My kinders gegiet – broer en sus.

Jy het my toegelaat om ‘n mamma te wees My besorge verstaan, opreg. Deur jou ontmoet ek die Afrikaner gees En is nou ewig daaraan geheg.

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

4

Enige tyd van die dag kon ek stap Deur jou gange skoon en lig, En nooit op my oor het ‘n kwaai stem gekrap, Nooit in ‘n klas ‘n norse gesig.

Met trots ry ek altyd by jou verby, Elke muur en dak mooi geverf. Tennisbane, rugbyvelde kan jy nie beter kry, Met ruim klasse is ons mee bederf.

Die mense wie vir jou werk is soos goud. Passievol oor hulle beroep. Elkeen het jy self gekies, jonk en oud- ‘n besonderse, wonderlike groep.

By die ‘Dankie sê aand’ was my hart lelik groen Teen die ma’s wat nog by jou bly. Ek wonder of hulle besef wat jy doen, Hoe bevoorreg hul is, wat hul kry?

Ek wou by hul pleit om mooi na jou te kyk, Met woorde wat net sal opbou. Om betrokke te raak, dankbaarheid te blyk, Want jy bied meer as net jou gebou.

Jou belofte klok gaan vir die eerste keer lui, Die sein van ons laaste dag saam. My hart is so seer dat ons nou moet skei, Maar ek hou jou naam hoog waar ek gaan!

Jacqui Franck

KULTUUR

ATKV-interne redenaars Gr. 1-3: 27 Februarie (Saal) Gr. 4-5: 28 Februarie (Saal) Gr. 6-7: 01 Maart (voorbereid en onvoorbereid) (Saal)

LFK: REDENAARS RONDTE 1 (VOORBEREID) Gr. 1-3: 22 Maart (Saal) Gr. 4-5: 23 Maart (Saal) Gr. 6-7: 24 Maart (Saal

LFK: REDENAARS RONDTE 2 (ONVOORBEREID) Gr. 4-5: 20 April (Saal) Gr. 6-7: 21 April (Saal)

LFK: REDENAARS RONDTE 3 (GROEPREDENAARS) Gr. 4-5: 13 September (Saal) Gr. 6-7: 20 September (Saal)

LFK: Visuele kuns Rondte 1: Gr. 1-7: 15 Maart Rondte 2: Gr. 4-7: 23 Junie Rondte 3: Gr. 4-7: 08 September

LFK 2017 Kunswedstryd: 14-25 Augustus 2017 Finaal: 31 Augustus 2017

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

5

REVUE 2017

Finale oefening gr. R-7: Saterdag 13 Mei 2017 Revue Maandag 15 Mei 2017 – Vrydag 19 Mei 2017

ATKV

Die ATKV se temas vir 2017 is beskikbaar. Ons gee graag die temas aan julle deur vir diegene wat solank gedurende die vakansie aandag daaraan wil gee. Jul is welkom om die ATKV se webtuiste te besoek vir verdere riglyne in die verband.

Die temas vir 2017 is soos volg:

Gr. 1 - 3

* Gogga * Reënboog * Blink

Gr. 4 - 5

* Klei * Note * Blou

Gr. 6 - 7 (Huistaal en addisionele taal)

* Spieël * Krap * Klik

Geniet die vakansie! Lekker rus! Gratis dans- en dramaklasse 2017 Hierdie klasse sal weer in 2017 by die skool aangebied word! Dansklasse by juf. Adeline sal op Maandae en Woensdae aangebied word in die saal. Dramaklasse by juf. Sune sal op Donderdae aangebied word in die saal. Tye sal vroeg in Januarie bekendgemaak word. Kom neem gerus deel aan die wonderlike kans om jou passies uit te leef. Dis vet pret en ons sien daarna uit om julle by die klasse te sien!

SENIORKOOR

Belangrike datums 2017

16 Januarie – Oudisies seniorkoor 14:00 tot 19:00 17 Januarie – Eerste oefening vir 2017 17:00-19:00 in die saal 11 Februarie – Verpligte werkswinkel 09:00 -16:00 (Ouervergadering 15:00-16:00) 10-12 Maart – Verpligte koorkamp. Verdere inligting sal volg.

Geniet ‘n welverdiende blaaskans. Sien julle in 2017!

JUNIORKOOR

Belangrike datums 2017

Juniorkoor-oefening vir 2017 is Dinsdae 15:30-17:00 in die saal.

Belangrike datums:

17 Januarie - oudisies 24 Januarie - oefeninge begin 18 en 25 Februarie - werkswinkels Laaste aanhaling vir die jaar! “Always find time for the things that make you happy to be alive.”

Geseёnde Kersfees aan u elkeen!

Erika Joubert

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

6 INLIGTINGSENTRUM

Die medialeiers en leesklubleiers het op Dinsdag 29 November hul jaarafsluiting by Honeydew Mazes gehou. Die opgewondenheid was groot want die eksamen was verby, leerwerk klaar en die Kersvakansie om die draai! Die 42 leerders het hul skattejag-vraelyste ontvang en die doolhowe gaan trotseer. Gou-gou het almal se koppe gedraai van al die doodloopstrate en omkere wat daar gemaak moes word. Al die groepe moes ‘n draai by al vyf die versteekte tuine maak om al die vrae te kon beantwoord. Na die avontuur is daar allerhande speletjies gespeel. Die pretdag is afgesluit met ‘n lekker ete by McDonalds.

Baie dankie aan elke medialeier en leesklubleier van 2016. Julle was ‘n ongelooflike groep kinders, altyd bereid om te help, altyd vriendelik en beslis altyd leesgierig. Julle het die kleintjies ge-“entertain” met jul stories en prettige aktiwiteite.

‘n Groot dankie aan juf. Dalene wat afgelos het in die inligtingsentrum. Jy het ‘n daadwerklike verskil gemaak en jou beslis bewys as ‘n boeke-liefhebber. Dit was duidelik dat lees ook ‘n passie in jou lewe is en die passie sal bly voortleef by ons Fairlandmaats. Onthou: Neem ‘n boek saam vir die vakansie en lê gerus laag met ‘n boek in die hand! Leesgroete! Leanie Taljaard

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

7

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017 Potchefstroom: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 2 – 7 April 2017 Konka: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017 JUNIOR TENNIS

Finale tennis rondomtalie: 20 Januarie – Junior dogters 21 Januarie – Junior seuns

Verdere inligting sal volg volgende jaar.

KRIEKET

By die afgelope Gauteng Streekskrieketfees het Johan Bredenkamp, Werno van Wyk en Aiden van den Berg puik prestasies gelewer wat bygedra het dat hulle span die fees gewen het deur al hulle wedstryde te wen.

Uitsonderlike prestasies is soos volg gelewer:

Wedstryd 1: Werno van Wyk behaal 53 lopies van net 48 balle Johan Bredenkamp kry 1 paaltjie vir net 3 lopies

Wedstryd 2: Werno van Wyk boul uitsonderlik en kry 6 paaltjies vir net 25 lopies

Wedstryd 3: Aiden van den Berg behaal 50 lopies van net 39 balle

Wedstryd 4: Werno van Wyk kry 4 paaltjies vir net 21 lopies Johan Bredenkamp kry 3 paaltjies vir 30 lopies Johan Bredenkamp behaal 118 lopies van net 115 balle

By 3 van die 4 wedstryde word ‘n Fairlander aangewys as die “Speler van die Wedstryd”. Baie geluk aan die 3 leerders.

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

8 ATLETIEK Daar sal geen verdere oefeninge wees hierdie jaar nie. ‘n Oefenprogram is op die School Communicator onder Bronne / Sport: Atletiek, gelaai sodat atlete tydens die vakansietyd kan oefen.

ALGEMEEN

VERE-KAS

Ek wil graag aan almal ‘n vriendelike versoek rig om asb. te gaan kyk na verlore KDA-baadjies en fleece-tops. Die wat teen die einde van die jaar nie afgehaal word nie, gaan gewas word om verkoop te word.

Die Vere-kas sal van 8:30 - 10:00 oop wees op die dag voor die skool sluit, indien iemand wil kom voorraad kry vir volgende jaar. Dan sal die Vere-kas ook volgende jaar oop wees op die Maandag en Dinsdag voor die skool begin, van 8:30 - 10:00.

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034

BAIE DANKIE

Gr. 1/26-leerders en -ouer

Baie dankie vir die lekker bederf vir my verjaarsdag . Dankie vir julle almal se liefde en ondersteuning deur die jaar, saam het ons ‘n onvergeetlike jaar beleef.

Paula van der Walt

ADVERTENSIES RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Lentetyd is hier - kom vul die atmosfeer met musiek!! Resonanze Project Musiekskool bied musieklesse aan te kies en keur - blokfluit, klavier, kitaar, viool, dromme, sang en musiektegnologie. Kontak Cindy 081 351 7491 of [email protected].

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

SKAAPTJOPS!! Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected]. HUISOPPASSER Gaan met ‘n geruste hart met vakansie – ek versorg u huis en diere. Billikke tariewe / baie betroubaar. Kontak Anna 082 211-2862

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

9

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016-12-07 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 37 6 Desember 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons groet ons adjunkhoof,

10

Inskrywingsvorm op School Communicator – Bronne/Kultuur: Algemeen

TE KOOP

Schönberg klavier – R5 000. Moet gestem word. Ektra-groot groen honde igloo – R900. Kontak Me. Brits 083 267 7229.

256 on Smit Street, Fairland

CoRegNo: 2016/477364/07

Tel: 061 460 4287 Email: [email protected]

Visit: www.asod.co.za

Adeline’s School Of Dance (PTY) LTD