12
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 34 10 November 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Paula van der Walt met haar dogter, Alzette en Eduan Steenkamp, wat op Woensdag 9 November in die huwelik getree het. Ons glo en vertrou dat ons Hemelse Vader jul paadjie saam in oorvloed sal seën. Inskrywingsboeke Boeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur skool toe. Indien die boeke nie teruggestuur word skool toe nie, sal ons aanneem dat u kind/ers nie Laerskool Fairland in 2017 gaan bywoon nie. Die name van dié leerders moet ons dan aan die GDO stuur. BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 10 Nov. Juniorkoor-afsluiting 11 28 Nov. Eksamen: Gr. 4 gr. 7- leerders 28 Nov. Gr. 1- tot gr. 6-afsluiting 30 Nov. Gr. 7-afsluiting (Gold Reef City) 7 Des. Skool sluit om 11:00 VAN DIE BEHEERLIGGAAM BELEIDE Dit is die skool se beleid dat ouers alle probleme wat tydens skoolure en skoolaktiwiteite opduik, met die betrokke personeellid of skoolbestuur bespreek. GEEN ouer het die reg om direk by n ander ouer se kind betrokke te raak nie. Dit word deur die skool hanteer.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 34 10 November 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Personalia Baie geluk aan Paula van der Walt met haar dogter, Alzette en Eduan Steenkamp, wat op Woensdag 9 November in die huwelik getree het. Ons glo en vertrou dat ons Hemelse Vader jul paadjie saam in oorvloed sal seën. Inskrywingsboeke Boeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur skool toe. Indien die boeke nie teruggestuur word skool toe nie, sal ons aanneem dat u kind/ers nie Laerskool Fairland in 2017 gaan bywoon nie. Die name van dié leerders moet ons dan aan die GDO stuur.

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN

10 Nov. Juniorkoor-afsluiting 11 – 28

Nov.

Eksamen: Gr. 4 – gr. 7-

leerders

28 Nov. Gr. 1- tot gr. 6-afsluiting

30 Nov. Gr. 7-afsluiting (Gold

Reef City)

7 Des. Skool sluit om 11:00

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

BELEIDE Dit is die skool se beleid dat ouers alle probleme wat tydens skoolure en skoolaktiwiteite opduik, met die betrokke personeellid of skoolbestuur bespreek. GEEN ouer het die reg om direk by ‘n ander ouer se kind betrokke te raak nie. Dit word deur die skool hanteer.

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

2

REDAKSIE

Vandag wil ek gesels oor hoop. Die gebeure van die afgelope tyd was nie eintlik van so ‘n aard dat dit ‘n

mens hoopvol stem oor die toekoms van ons land nie. Soveel negatiewe dinge wat jou as mens direk

raak, het dikwels die gevolg dat ‘n gevoel van frustrasie in moedeloosheid omsit. Dis natuurlik

heeltemaal verstaanbaar! Eindelose kragonderbrekings, dae sonder water, “state capture”, gebrek aan

werksgeleenthede, stygende pryse, die droogte, optogte en vandalisme, en so aan en nog meer…

Dis genoeg om enige normale mens magteloos te laat voel. Hoe moet jy dan steeds in hoop lewe? Op

watter manier kan jy jouself motiveer om elke dag van vooraf met ‘n positiewe gesindheid aan te pak,

met entoesiasme en toewyding te bly hoop vir beter dae? Hierdie redaksie het ook nie antwoorde vir dit

alles nie, maar glo tog dat ons vir mekaar iets kan beteken in die omstrede tye waarin ons ons bevind.

Hierdie week wil ons julle graag bemoedig met die volgende:

Die wapenrusting van gebed en geloof sal jou pantser teen die aanslae van die geweldenaars. Die

genade sal by almal wees wat in liefde lewe en mekaar met getrouheid ondersteun.

Mag jy hierdie week in hoop lewe.

Erika

AKADEMIE

Eksamenrooster: November 2016

Graad 4

Graad 5

Graad 6

Graad 7

Vr. 11 Nov. EBW

Ma. 14 Nov. Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 15 Nov.

Wo. 16 Nov. NW NW NW (Common) NW

Do. 17 Nov. LO

Vr. 18 Nov. Wiskunde Wiskunde Wiskunde (Common) Wiskunde

Ma. 21 Nov. Engels Engels Engels (Common) Engels

Di. 22 Nov.

Wo. 23 Nov. SW SW SW SW

Do. 24 Nov.

Vr. 25 Nov. SK SK SK SK

Ma. 28 Nov. PSW PSW PSW Tegnologie

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

3

KULTUUR REVUE 2017 Volgende jaar is dit weer revue-tyd! Ons sien al klaar uit na al die opwinding van die revue wat in Mei 2017 sal plaasvind.

Fairland Kunswedstryd Met ons eerste kunswedstryd agter die rug, gaan ons voort met die nuwe jaarlikse instelling. Dit sal weer in Augustus 2017 aangebied word. Hou vroeg volgende jaar die Vinkie dop vir nuus oor inskrywingsdatums. SENIORKOOR

Baie dankie aan elke koorouer en koorlid wat die afsluitingsdinee bygewoon het. Dit was ‘n heerlike

aand. In besonder wil ons graag die gr.7- mammas bedank o.l.v. Runicka van Rooyen en Mariëtte Steyn

wat die elegante aand met soveel grasie gereël het. Dit is ‘n voorreg om saam met sulke raakvatters te

werk. Ons gaan ons gr.7- koorlede voorwaar baie mis. Mag die nuwe lewensfase wat ingaan, besaai

wees met voorspoed en vreugde. Moet nooit ophou sing nie!

Belangrike datums 2017: 16 Januarie – Oudisies seniorkoor 14:00 tot 19:00 17 Januarie – Eerste oefening vir 2017 17:00-19:00 in die saal 11 Februarie – Verpligte werkswinkel 09:00 -16:00 (Ouervergadering 15:00-16:00) 10-12 Maart – Verpligte koorkamp. Verdere inligting sal volg. Geniet ‘n welverdiende blaaskans. Sien julle in 2017!

JUNIORKOOR

Baie dankie vir al die koormaats vir julle harde werk die jaar! Ek is so trots op elkeen van julle!! Vir elke ouer vir al die rondryery en ondersteuning...julle is goud werd! Juniorkoor 2016 afsluiting: Donderdag 10 November op die rugbyveld van 14:00-15:30. Hoop om julle almal daar te sien. Kultuuraanhaling van die week

“Surround yourself with people who make you hungry for life, touch your heart and nourish your soul.” Erika Joubert

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017:

Potchefstroom: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 2 – 7 April 2017 Konka: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

4

TENNIS Uitslae Seniorseuns B-span: Verloor 36 – 45 teen King David School Seniordogters A-span: Verloor 26 – 55 teen Louw Geldenhuys

Seniordogters B-span: Wen 52 – 29 teen Louw Geldenhuys Baie geluk aan ons seniordogters B-span wat as ligawenners aangewys is.

KRIEKET

Uitslae

Ons o/9A-, o/10A-spanne en 1ste krieketspan het in die finaal van hul onderskeie ligas gespeel. Die uitslae is soos volg: 1ste span wen met 9 paaltjies teen Fontainebleau (Mnre. Micheal en Jaco) o/9A wen met 7 paaltjies teen Jan Celliers (Mnr. Elardus) o/10A wen met 9 paaltjies teen Louw Geldenhuys (Mnr. Ruan) Baie geluk ook aan die o/9A- en o/10A-spanne wat onoorwonne in hul onderskeie ligas was.

Spesiale vermelding Aiden van den Berg (1ste span) teken 103 lopies (nie uit nie) aan. JP Reichel (o/10A-span) neem 5 paaltjies.

Gauteng-Noord Krieket

Baie geluk aan die volgende leerders wat in hul onderskeie ouderdomsgroepe by die Gauteng-Noord krieketspanne ingesluit is: o/11: Fouché Maré o/12: Uli Bronkhorst en Reuben du Toit o/13: Werno van Wyk, Aiden van den Berg en Johan Bredenkamp MINI-KRIEKET

Uitslae

Twee o/7- en twee o/8-mini-krieketspanne het verlede Donderdag by die Randburgsportgrond wedstryde gespeel. Die uitslae is soos volg: o/7 vs Fontainebleau: Groenspan verloor en Oranjespan wen o/8 vs Cliffview Primary: Groenspan wen en Oranjespan verloor.

(Sien verdere inligting op School Communicator Bronne/Sport: Mini-krieket)

Oefentye: Gr. 1 en gr. 2: Maandag 13:10 – 14:10 Dinsdag 13:10 – 14:10 Onthou om die volgende saam te bring: Sonhoed, sonskerm, koue water en ‘n tennisbal en kolf wat duidelik gemerk is.

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

5 SKAAK Baie geluk aan Nelius van Graan (gr. 4) wat by die D10-skaakspan ingesluit is. MIDDELAFSTANDE Oefentye Vanaf 10 November tot 4 Desember oefen die middelafstandatlete Maandae tot Vrydae vanaf 10:30 tot 11:45. Onhou om jou waterbottel en hoed saam te bring. ATLETIEK Geen verdere oefeninge hierdie jaar nie. ‘n Oefenprogram is op die School Communicator onder Bronne / Sport: Atletiek gelaai sodat atlete oor die vakansietyd kan oefen.

ALGEMEEN

VERE-KAS

Ek wil graag aan almal ‘n vriendelike versoek rig om asb. te kom kyk na verlore KDA-baadjies en fleece-tops. Die wat teen die einde van die jaar nie afgehaal word nie, gaan gewas word om verkoop te word. Die Vere-kas sal tydens die eksamen alleenlik op die volgende oggende oop wees. Ma. 14 Nov., Wo. 16 Nov., Vr. 18 Nov., Ma. 21 Nov., Wo. 23 Nov., Vr. 25 Nov. en Ma. 28 Nov. Die Vere-kas sal van 8:30 - 10:00 oop wees op die dag voor die skool sluit, indien iemand wil kom voorraad kry vir volgende jaar. Dan sal die Vere-kas ook volgende jaar oop wees op die Maandag en Dinsdag voor die skool begin, van 8:30 - 10:00. Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034 FOTOBESTELLING Sport- en kultuur- fotobestellings sluit Vrydag 11 November 2016. Stuur asb. so gou moontlik die bestellings in. Geen laat bestellings sal aanvaar word nie. Juf. Elize GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak. Gr. R/07: Payton Kleynhans Gr. R/08: Kayleigh Ruffels Gr. R/09: Markus Bredenkamp Gr. R/10: Jason Trollip Gr. R/11: Zani Jacobs Gr. R/11A: Shané van Heerden

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

6

STERRE VAN DIE WEEK Gr. 1/18: Taliya Moolman Gr. 1/22: Christyn vd Westhuizen Gr. 1/24: Benré Pieters

Gr. 1/25: Ruben Kok Gr. 1/26: Leléna van Rooyen Gr. 1/27: Mariané Pretorius

Gr. 2/14: Lienka Jamneck Gr. 2/15: Carina Liebenberg Gr. 2/16: William Eddie Gr. 2/17: Zanique Theron Gr. 2/21: Luke Raymer Gr. 2/23: Leila Molenaar Gr. 3/12: Xander Calitz Gr. 3/13: Juané van Niekerk Gr. 3/28: Lomé Robberts

Gr. 3/29: Anroux Barnard Gr. 3/45: Aidan Mans Gr. 3/46: Luan Espach GOEIE GEDRAG Gr. 1/26 Channah Smith Gr. 4/52 Ivan Scheltema BIDGROEPIE Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid. Vir enige inligting, sms Kirsti 083 463-6600. TOUCH RUGBY Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns

welkom.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SWEM Laerskool Fairland se swemspan het verlede Vrydag aan ‘n swemgala deelgeneem by TrinityHouse Little Falls waar hulle 7de geëindig het uit die 10 deelnemende skole.

Simoné van Aswegen (gr.2) het deelgeneem aan haar tweede Waterborn Junior Gala- swemliga op Sondag 23 Oktober en sy het haar borsslagtyd verbeter met 1.25 sekondes en ‘n derde plek behaal met 26.45 sekondes. Baie geluk Simone!

BOOGSKIET Chantei Hoffman (gr. 6) het op 29 Oktober aan ‘n boogskietkompetisie deelgeneem te Marks Park waar drie skole deelgeneem het. Chantei het ‘n bronsmedalje verower. Baie geluk Chantei!

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

7

KARATE Chris van Zyl in Gr2/17 het die Saterdag 22 Oktober deelgeneem in die PCK (Palm Court Karate) Championships by Berario Ontspanningsentrum en het 3de gekom vir die Oranje Belt Kata (7-8 jr seuns)

DRIEKAMP Ian van Heerden Gr 5.5 neem op Sondag 6 November 2016 deel aan n driekamp by Rietvleidam saam met sy pa, Jac van Heerden. Hulle het 8km geroei, 20 km fiets gery en 5km gehardloop. Hulle voltooi die driekamp onder 3ure, en het die geleentheid saam vreeslik geniet!

AKSIE-NETBAL

Simone van Belkum is Sondag gekies vir die Wes-Gauteng binnenshuis Aksie-netbalspan vir o/13 2017.

KULTUUR Maria Prinsloo (gr. 6) het die volgende toekennings ontvang by die Florida-musieksentrum vir buitengewone prestasie in musiek gedurende 2016:

Twee kunswedstrydtrofees vir kitaar

Kunswedstrydwenner : kitaar – laerskool

Die Arturo Toscanini-trofee vir hoogste prestasie in musiekteorie, graad 1 Maria is ook aangewys as een van die Top 20 presteerders by die musieksentrum. Baie geluk Maria!

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

8

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Lentetyd is hier - kom vul die atmosfeer met musiek!! Resonanze Project Musiekskool bied musieklesse aan te kies en keur - blokfluit, klavier, kitaar, viool, dromme, sang en musiektegnologie. Kontak Cindy 081 351 7491 of [email protected].

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

SKAAPTJOPS!!

Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected].

BEDIENDE

Indien iemand ‘n baie betroubare en oulike bediende soek, kontak asb. vir Chris 082 659-0822.

BETROUBARE BEDIENDE BENODIG

Besondere Betroubare Bediende benodig 2 dae 'n week ekstra werk in die Fairland omgewing. Happy is

flink en vriendelik en was in 3 jaar nog nooit 'n dag siek of weg nie... kontak LOMA 074 868 3556

RAY'S SCHOOL SHUTTLE

Ensuring safe and reliable transport. Professional and caring service, run by a Mom. Servicing areas in Northcliff, Fairlands, Cresta for school shuttle. Also offering transfer services for groups (hiking, outings, etc.) Local courier services.

Contact Ray for bookings, rates and routes on 0763066171 and [email protected]

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

9

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

10

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

11

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.comBoeke is reeds aan al die gr. 1- tot gr. 6-2016 leerders uitgedeel. Ons vra asb. dat ouers die boeke volledig voltooi en dadelik sal terugstuur

12

JNDR TRANSPORT Looking for safe & reliable transport for your child in Northcliff, Berario, Fairlands, Quellerina, Florida

Hills, Panorama, Weltevreden Park, Strubensvalley, Clearwater, Little Falls, Honeydew Manor,

Wilgeheuwel, Harveston, Bush Hills, Boskruin, Sundowner and Randpark. Pick a trustworthy transport,

which collect and drop off at your door. Contact Joselin on 082 308 2819