15
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 23 11 Augustus 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR External Whole School Evaluation Vanaf 14 tot 17 Augustus 2017 ontvang ons skool ‘n besoek vanaf hoofkantoor. Ons verwelkom graag die 4 persone wat die evaluering gaan doen. Akademie Die toetsreeks het vandag begin en ons wil ‘n ernstige beroep ons op leerders doen om asb. goed voorbereid skool toe te kom. Kaskardag Ons herinner ons ouers aan die kaskardag/kuierfees op 2 September. Dit gaan ‘n heerlike kuierdag met ‘n bekende gaskunstenaar wees – pret vir die hele gesin! Ons rig ‘n vriendelike versoek aan ons ouers om asb. die leerders te ondersteun met dié fondsinsamelingsprojek. Die vorms kom stadig! BELANGRIKE DATUMS VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeellede wat verjaar: Connie Steenkamp - 14 Augustus Vivia Muller - 16 Augustus Mag dit vir julle ‘n wonderlike, geseënde lewensjaar wees. DATUM AKTIWITEIT KULTUUR 15 Augustus Junior- en seniorkoor: NG Weltevreden Koorfees 17 Augustus Junior- en seniorkoor: L/s Louw Geldenhuys Koorfees 14 25 Augustus Laerskool Fairland Kunswedstryd (LFK) SPORT 8 12 Augustus Seniortennis: Bethlehem-toernooi 16, 18, 23 & 25 Augustus Krieket-aandreeks: (1ste span) Tuis ALGEMEEN 2 September Kaskardag (Gr. R- tot gr. 7-leerders) 16 September Vriende van Fairland 7 September Inligtingsdag: Genooide Gr. R- en gr. 1-2018 leerders AKADEMIE 11 Augustus Toetsreeks: Gr. 4- tot gr. 7-leerders begin

UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

  • Upload
    dinhdat

  • View
    216

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 23 11 Augustus 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

External Whole School Evaluation

Vanaf 14 tot 17 Augustus 2017 ontvang ons skool ‘n besoek vanaf hoofkantoor.

Ons verwelkom graag die 4 persone wat die evaluering gaan doen.

Akademie

Die toetsreeks het vandag begin en ons wil ‘n ernstige beroep ons op leerders doen om asb. goed voorbereid skool toe te kom. Kaskardag Ons herinner ons ouers aan die kaskardag/kuierfees op 2 September. Dit gaan ‘n heerlike kuierdag met ‘n bekende gaskunstenaar wees – pret vir die hele gesin! Ons rig ‘n vriendelike versoek aan ons ouers om asb. die leerders te ondersteun met dié fondsinsamelingsprojek. Die vorms kom stadig!

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellede wat verjaar: Connie Steenkamp - 14 Augustus Vivia Muller - 16 Augustus Mag dit vir julle ‘n wonderlike, geseënde lewensjaar wees.

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR 15 Augustus Junior- en seniorkoor: NG Weltevreden Koorfees

17 Augustus Junior- en seniorkoor: L/s Louw Geldenhuys Koorfees

14 – 25 Augustus Laerskool Fairland Kunswedstryd (LFK)

SPORT 8 – 12 Augustus Seniortennis: Bethlehem-toernooi

16, 18, 23 & 25 Augustus

Krieket-aandreeks: (1ste span) Tuis

ALGEMEEN 2 September Kaskardag (Gr. R- tot gr. 7-leerders)

16 September Vriende van Fairland

7 September Inligtingsdag: Genooide Gr. R- en gr. 1-2018 leerders

AKADEMIE 11 Augustus Toetsreeks: Gr. 4- tot gr. 7-leerders begin

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

2

REDAKSIE

Ons het die afgelope week Vrouedag gevier en ek het ‘n bietjie gaan dink oor die moontlike redes vir dié feesviering. Hoekom nou juis Vrouedag en nie Mannedag nie? Daar moet ‘n baie goeie rede wees hoekom ons die vrou as lewende wese vier en ‘n spesiale dag aan haar toewy.

Dis na diepe introspeksie en ernstige navorsing dat ek tot die volgende gevolgtrekking gekom het:

Die vrou is ‘n unieke wese wat haar brute krag en uitsonderlike intelligensie meesterlik onder ‘n dekmantel van vroulike verfyndheid wegsteek. Bewaar jou siel as jy enige van die twee onderskat net omdat sy mooi klein en fyn is en ‘n pienk toppie dra. Gróót fout!

Vroue se emosionele intelligensie is enig in sy soort. Mans sukkel om vroue te verstaan, want hulle kan nie die vrou se emosies peil nie. Onthou dat vrouens bv. huil as hulle hartseer is, of bly is, of diep geroer is, of bitterlik kwaad is of nie hulle sin kry nie, of in die moeilikheid is of sommer net.

Vrouens kan enigiets doen wat hulle wil en as hulle moet. Hulle wil net nie altyd die begroting laat klop, of die motor laat diens of die vuilgoedblikke uitsit vir die munisipaliteit nie. Net so, is hulle soms bang vir die boor en gril hulle vir goggas. Die feit is dat hulle KAN AS HULLE MOET!

Vrouens verstaan alle mans 100%, want mans is nie baie moeilik om te verstaan nie. ;-) Inteendeel…

Vroue is onontbeerlik in die samelewing. Hulle help ons om die beste weergawes van onsself te wees. (Hulle karring en kerm tot jy dit regkry!) Hulle sal saam met jou bly wees, kwaad wees, gelukkig wees, op ‘n dieet wees, saam met jou lag en veral saam met jou huil!

Maar bowenal, is hulle ons ma’s, oumas, tannies, niggies, juffrouens, beste vriendinne en het vrouens harte so groot soos die heelal.

Mag die vrou in jou lewe geseënd wees en jy haar vertroetel en koester vir die rol wat sy in jou lewe speel. Onthou dat jy haar heel moontlik nooit gaan verstaan nie, maar dat sy jóú wel verstaan en liefhet ongeag, want daar’s baie plek in haar hart! Erika

OUD-LEERDERS PRESTEER

Soos in verlede week se Vinkie berig is van Morné Brandon en Christopher Schreuder wat vir die SA Skole-rugbyspan gekies is, net ‘n spogfoto van dié twee oud-leerders!

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

3

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Laerskool Fairland WhatsApp-groepe

Die volgende reëls en riglyne is van toepassing op alle WhatsApp-groepe (ouers en kinders):

1. Die groep dien as ‘n kommunikasiemiddel. 2. Slegs belangrike en relevante inligting word op die groep geplaas. 3. Onder geen omstandighede mag ouers, leerders of onderwysers bespreek word nie. Iemand wat

hom daaraan skuldig maak sal dadelik van die groep verwyder word. 4. Geen neerhalende, rassistiese, vulgêre of beledigende opmerkings mag op die groep gemaak word

nie. Hulle sal dadelik van die groep verwyder word. 5. Geen argumente tussen lede mag plaasvind nie. Hulle sal dadelik van die groep verwyder word. 6. Wees asseblief konsidererend: die groep is buite perke voor 06:00 soggens en na 22:00 saans. 7. Geen sosiale praatjies word op die groep gedoen nie. 8. Geen inhoud van enige godsdienstige aard mag op die groep geplaas word nie. 9. Geen huiswerk word op die groep bespreek nie. 10. Geen advertensies word op die groep geplaas nie. 11. Geen “voice notes” word toegelaat nie. 12. Beperk alle tekens tot die absolute minimum. Moenie elkeen kommentaar lewer nie. 13. Kontak ‘n lid persoonlik op sy WhatsApp indien dit individueel van aard is. Moenie dit op die groep

sit nie.

Hierdie reëls sal voortdurend aangepas word.

Ons maak staat op die samewerking van elkeen wat op groepe is.

Ebbe le Roux Adjunkhoof Beheerliggaam en skoolbestuur

Kaskarkuierfees op Saterdag 2 September 2017

Tema: Dis heerlike lente!

Elke leerder het op Maandag 31 Julie ‘n donasielys ontvang. Help asseblief die leerders om hierdie lyste

te voltooi. Daar is groot pryse op die spel en daar sal elke Maandag in Augustus ook gelukkige trekkings

in die saal gehou word.

Die 4x4 kaskarwedrenne begin met ‘n optog om 12:00. Die resies hou aan tot 16:00 en sluit dan af met

‘n ouer-onderwyserresies. Trek solank u drafskoene aan! Die kaskarprogram is te sien op die School

Communicator onder Bronne / Algemeen.

U is welkom om u eie vleis, eetgerei of piekniekmandjie saam te bring. Die skool verskaf vure wat vanaf

17:00 gereed sal wees.

Vanaf 12:00 - 16:30 sal daar twee gladiatorbane wees, een vir kleuters en gr. 1-leerders en dan ook ‘n

groter baan vir gr. 2- tot gr. 7-leerders. Die bandjies vir hierdie bane sal vanaf Maandag 21 Augustus te

koop wees by die registeronderwysers.

Tussen 17:00 en 18:00 kom ‘n baie bekende gaskunstenaar by ons optree. Sy naam bly egter ‘n geheim

tot dan. Bly gerus vir hierdie optrede - u gaan dit beslis baie geniet!!

Daar sal deurentyd stalletjies wees, waar heerlike lekkernye te koop aangebied sal word.

Teken die datum aan en kom kuier saam met ons!

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

4

Aansoekers moet ten volle gekwalifiseerd wees. Sportafrigting ‘n vereiste

Ervaring van: Algemene skoolsake Skooladministrasie Uitstekende rekenaarvaardighede in verskeie rekenaarprogramme ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2018 Salaris Onderhandelbaar

Stuur verkorte CV na [email protected]. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00.

NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

VRIENDE VAN FAIRLAND

“Wie is ons…”

In 1995 wou Bob Williams, die direkteur van die Amerikaans Ruimte Teleskoop Instituut, die Hubble Ruimte teleskoop laat kyk na ‘n stukkie naghemel met absoluut niks in nie. Vir 100 ure.

Volgens sy kollegas was dit ‘n uiters slegte idee. Dit kon hom sy werk kos. Daar was baie beter dinge om na te kyk. Die publike opinie oor die teleskoop het klaar ‘n reuse knou gekry na die aanvanklike foutiewe beelde, en die Hubble projek sou nie nog ‘n teleurstelling kon oorleef nie.

Williams het egter geweet dat daar die moontlikheid kon wees om verder as ooit te vore na ons hemelruim te kyk. Die projek het voortgegaan. Vir 100 ure het die teleskoop gestaar na ‘n area kleiner as ‘n 30ste van ‘n vol maan se deursnit in een van die verveligste dele van ons nagruim.

Die resultaat was ongelooflik. Die stukkie”niks” het eintlik bestaan uit duisende sterrestelsels. Meer as 3000 van hulle is gesien, met party tot 12 biljoen jaar oud. Met hierdie foto is die mat onder die astrofisika gemeenskap uitgeruk. Dit het veroorsaak dat die geskatte hoeveelheid sterrestelsels nou omtrent 50 biljoen was: net soveel as wat daar sterre is in ons eie Melkweg! Hierdie ontdekking het my baie laat nadink oor die mens en ons plek in hierdie enorme wêreld. Die psalmdigter sê die volgende:

“As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om?” Psalm 8:4(Die Boodskap)

Ons is vir God belangrik! Partykeer wys God dat hy vir mense omgee deur ander mense te gebruik. Dit is ook een van ons doelstellings by Vriende van Fairland.

Julle kan gerus na die merkwaardige foto gaan kyk op http://hubblesite.org/image/1271/category/57-hubble-deep-field

Corné van Graan Direkteur: Vriende van Fairland

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

5

AKADEMIE

Toetsrooster 3de Kwartaal

Derde Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 18 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels

Vr. 25 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Di. 29 Augustus Tegnologie

Vr. 1 September NW NW NW NW

Vr. 8 September SW SW SW SW

Vr. 15 September

EBW

KULTUUR

SENIORKOOR

Beide kore Ons is hard aan die werk vir ons volgende optredes. Neem asb. kennis van die volgende belangrike datums. Verdere inligting oor die optredes sal volg. Neem asb. kennis dat die betalingsinligting i.v.m. kaartjies vir die optredes van 15 en 17 Augustus, wat op die School Communicator geplaas is. Belangrike datums

15 Augustus - NG Weltevredenpark Koorfees 17 Augustus - Laerskool Louw Geldenhuys Koorfees 25 Augustus – Fairland Kunswedstryd

JUNIORKOOR

Belangrike datums

15 Augustus - NG Weltevredenpark Koorfees 17 Augustus - Laerskool Louw Geldenhuys koorfees 25 Augustus - Fairland Kunswedstryd 7 September - Gr. R - en gr. 1 - inligtingsoggend tydens skooltyd 22 Oktober - NG Aasvoëlkop Juniorkoor kleredrag vir optredes Dogters: groen langmou skoolhemp, groen skoolromp, grys lang kouse, skoolskoene, skooldas en 2

boksterte

Seuns: groen langmou skoolhemp, lang grys skoolbroek, skooldas, swartbelt en skoolskoene.

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

6

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

LFK 14 – 25 AUGUSTUS Baie sterkte aan al ons leerders wat vir die volgende 2 weke aan die LFK deelneem!! ‘n Groot dankie aan juff. Bianca, Kayla, Monique, Klarike, Chrisné, Liza en mnr. Jaco vir al die hulp met voorbereiding vir die kunswedstryd. Dankie ook aan Karén Reyneke vir al haar hulp met die inskrywings. Ons het groot waardering vir julle harde werk.

VOORLOPIGE PROGRAM

Gedetailleerde programme is te besigtig op die Communicator en ook op die kennisgewingbord. Deelnemers moet asb. tenminste 15 minute voor hulle item by die skool wees, sodat die verloop van die program nie vertraag word nie.

L.W. AANVANGSTYE: Maandae 14:30

Dinsdae 14:00 Woensdae 14:00 Donderdae 14:30 Vrydae 13:30

WEEK 1 DAG DATUM SAAL MEDIASENTRUM

Maandag 14/08/2017 Drama: Poësie Lees

Dinsdag 15/08/2017 Drama: Monoloë Prosa

Woensdag 16/08/2017 Drama: Samesprake en mimiek

Donderdag 17/08/2017 Drama: Oop afdeling

Vrydag 18/08/2017 Drama: Spreekkore

WEEK 2

DAG DATUM SAAL

Maandag 21/08/2017 Danssolo’s

Dinsdag 22/08/2017 Instrumentaal solo’s

Woensdag 23/08/2017 Instrumentaal solo’s en groepe

Donderdag 24/08/2017 Sangsolo’s

Vrydag 25/08/2017 Revue-items, dansgroepe, sanggroepe en kore

FINAAL (BESTE VAN DIE BESTE): 31 AUGUSTUS

Name van deelnemers aan die finale rondte word bekendgemaak na afloop van die kompetisie. Die beoordelaars se beslissing is finaal. Die toppresteerders in elke genre word deur die beoordelaars bepaal na aanleiding van deelnemers se optredes in die verskillende items. Leerders wat hiervoor kwalifiseer, sal ‘n oefening tydens skooltyd hê op Donderdag 31 Augustus om die programverloop, klank en beligting in te oefen vir die finaal. Visuele kuns (LFK) Belangrike datums Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September (meer inligting volg later) Juf. Erika

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

7

SPORT

LANDLOOP

Die afgelope Donderdag 3 Augustus het ons landloopatlete te Golden Harvestpark aan ‘n

landloopbyeenkoms deelgeneem. Laerskool Fairland se atlete vaar baie goed. Die volgende leerders

eindig in hulle onderskeie ouderdomsgroepe onder die top10 plekke:

Kean Swanepoel (1ste – Seuns o/11) Nathan van den Berg (2de – Seuns o/8)

Simoné Mentz (2de – Dogters o/9) Diaan Rooseboom (2de – Seuns o/11)

Francois van Zyl (2de – Seuns o/12) Erika Spangenberg (2de – Dogters o/12)

Willem du Plooy (3de – Seuns o/8) Claudi Greeff (3de – Dogters o/11)

Johan Louw (6de – Seuns o/9) Ruan Pretorius (7de –Seuns o/8)

Joshua Liebenberg (7de – Seuns o/9) Niel Marais (9de – Seuns o/9)

Hanré Kleu (9de – Seuns o/12)

Baie geluk aan hierdie atlete. Dankie aan mnr. Jordaan en juf. Maricia wat hulle vergesel het.

Oefentye

Maandae – Woensdae: 15:45 – 17:00 Vrydae : 14:00 – 15:00

Donderdae: byeenkomste

Alle leerders van gr. 1 tot gr. 7 word uitgenooi! Kom leer saam met ons die tegniek, die genot van oefen en word lekker fiks vir die landloopseisoen.

Datums: 14 Augustus Ruimsig

Bring jou waterbottel, tekkies en ‘n warm top saam.

Mnr. Jordaan

HOKKIE

Uitslae ligawedstryde (Dogters)

Ons o/9- tot o/13A-hokkiedogters het op Dinsdag 1 Augustus te Laerskool Louw Geldenhuys teen

Bryanston in hulle eerste ligawedstryde vir die seisoen gespeel. Uitslae was soos volg:

o/9A gelykop 0 - 0 o/10A wen 1 - 0

o/11A wen 2 - 0 o/12A wen 1 - 0

o/13A gelykop 1 - 1

Baie geluk aan hierdie dogters met die mooi uitslae.

Hokkie-oefentye (3de Kwartaal)

Seuns

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE DONDERDAE

Ontwikkeling 14:10 – 15:10 13:30 – 14:30 Geen oefening Geen oefening

Junior Geen oefening 13:30 – 14:30 Geen oefening 14:10 – 15:10

Senior 15:30 – 16:30 Geen oefening 14:40-15:40 14:10 – 15:10

** Die o/12- en o/13 A-spanne oefen elke tweede Maandag by die astrobaan vanaf 31 Julie tot 25 September. (5X)

Ligawedstryde vir dogters o/9 - o/13 vind Dinsdae by Louw Geldenhuys plaas. Ligawedstryde vir die seuns o/10 - o/13 vind Vrydae by Louw Geldenhuys plaas.

Dogters

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 13:40 - 14:15 13:10 - 13:45 13:10 - 13:45

o/9 – o/11 14:10 – 15:10 13:40 – 14:40 13:40 – 14:40

o/12 & o/13 15:10 – 16:10 14:40 – 15:40 14:40 – 15:40

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

8 Uitslae van die eerste Laerskool Fairland hokkie-aandreeks vir o/13A seuns- en dogters

Op Donderdag 3 Augustus het Laerskool Fairland die eerste hokkie -aandreeks hier op ons velde

aangebied. Ons o/13A-seuns en –dogterspan neem onder andere teen Laerskool Jan Celliers, Cliffview

Primary en Maragon Privaatskool Ruimsig deel. Ons o/13A-dogterspan verloor ongelukkig 1-0 in die

finaal teen Maragon Privaatskool, terwyl ons o/13A-seunspan in die finaal teen Cliifview Primary in ‘n

straf-uitskop met die wen wegstap. Baie geluk aan hierdie seuns en dogters.

Spesiale vermelding: Steven de Jong word as die beste verdedigende speler van die aandreeks

aangewys.

Baie dankie aan al die leerders en die betrokke personeel wat bygedra het tot die sukses van hierdie

geleentheid.

SENIORTENNIS

Oefeninge Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer per week by Jean en Ruan. Oefening is verpligtend en daar sal by die oefening register gehou word. Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie!

Belangrike datums

Bethlehem-toernooi: 8 – 12 Augustus Top 8 - seuns en - dogters

Seniortennisliga (Jhb-liga) Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

JUNIORTENNIS

UITSLAE

VOORLOPIGE LIGABEPALINGS

Dogters: 16 Augustus A vs Unika (t) B vs Kings School Robin Hills (t) 23 Augustus A – bye B vs Unika (w) 30 Augustus A vs Fontainebleau (t) B – bye

6 September A vs Crawford Sandton (w) B vs Randpark Primary (t) 13 September A vs Louw Geldenhuys (t) B vs Louw Geldenhuys (w)

Seuns: 15 Augustus A vs Unika (w) B vs King David Sandton (w) 22 Augustus A – bye B vs Louw Geldenhuys (t) 29 Augustus A vs Louw Geldenhuys (w) B vs Bryanston Parallel (t) 5 September A vs Trinity Randpark (w) B vs Unika (w)

Uitslae: Juniorseuns A wen 37 – 5 vs Kings School Robin Hills

KRIEKET

UITSLAE

o/10B wen met 7 paaltjies vs Trinityhouse Little Falls se o/10A-span o/11 B verloor met 1 paaltjie vs Trinityhouse Little Falls se o/11A-span

2de span wen met 68 lopies vs Trinityhouse Little Falls se 1ste span

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

9

MINI-KRIEKET

Oefening: Let Wel: Begin na afloop van hokkie-seisoen (datum sal later bekend gemaak word) en gedurende 4de kwartaal o/7 & o/8: Maandae : 13:30 - 14:15

Dinsdae : 13:00 - 14:15 Donderdae : Wedstryde:14:00 - 16:00 (sal bevestig word)

Oefening: Let Wel: Slegs vanaf 4de kwartaal o/6 - Gr. R: Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:10 Krieketvaardighede:

(o/8-leerders – vir leerders wat nie in die o/8-hardebal span opgeneem is nie)

Oefening:

Tye: Ma.: 13:30 - 14:15; Di. en Wo.: 13:00 - 13:45

RUGBY

SENTRAAL-LAERSKOLERUGBY Afgelope Dinsdag 1 Augustus het van ons o/11-, o/12- en o/13-rugbyspelers te Laerskool Esperanza aan die sentraal-laerskolerugbyproewe deelgeneem. Die volgende seuns is in hulle onderskeie ouderdomsgroepe in die sentraal-laerskolerugbyspanne ingesluit: o/11 – Michael Holmes, Malan Graham, Pieter de Klerk, Tiaan le Roux, Andrew Bateman, Jeandré Muller en Hannes Alberts o/12 – Deon Muller, Zian van Blerk en Nicholas Meintjies o/13 (Sewes) – Zack van Niekerk, Ethan Bester en Karl Pagel Baie geluk aan die seuns met hierdie mooi prestasie.

SKAAK

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal)

TYE DONDERDAE Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20 Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00 Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 15:00 - 16:30 Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 15:00 - 16:30

Skaak: Wagklas-oefentye

Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

10

INLIGTINGSENTRUM

LAPA-BOEKUITSTALLING EN SKRYWERBESOEK

Baie dankie aan elke ouer en leerder wat boeke by Lapa se boekuitstalling aangekoop het. Daar is beslis

‘n leeskultuur by Laerskool Fairland en dit is duidelik dat die leerders boeke en lees terdeë geniet. Ons

het ‘n hele paar nuwe boeke vir ons voorraad aangeskaf te danke aan die kommissie wat ons verdien het

uit die aankope.

Jaco Jacobs was soos altyd ‘n absolute bonus! Dit was ‘n voorreg om na

die uiters talentvolle skrywer te luister. Hy het ‘n hele paar boeke se

stories aan die leerders vertel en ‘n ieder en elk het aan sy lippe gehang.

Óf dit nou Prof. Fungus met sy nuutste eksperimente óf Zackie Mostert

met sy kwajongstreke was, ons het elke woordjie opgeslurp. Natuurlik

was sy “rap”-weergawe van sy gedig uit “Moenie hierdie boek uit nie!” ‘n

groot gunsteling.

Baie dankie aan Lapa Boekuitgewers, tannie Karen en tannie Marietjie wat die besoek vir ons gereël het

met al die wonderlike Afrikaanse boeke wat te koop aangebied was.

Baie dankie aan Lapa Boekuitgewers, tannie Karen en tannie Marietjie wat die besoek vir ons gereël het

met al die wonderlike Afrikaanse boeke wat te koop aangebied was.

ATKV-KINDERBOEKTOEKENNING

Diegene wat al hul ATKV-boeke gelees het, se stembriewe is ingehandig.

ATKV-LEESPROJEK

Gr. 6- en gr.7- leerders het hul vraestel geskryf. Baie dankie aan al die leerders wat so gretig gelees en

deelgeneem het aan hierdie projek.

PRODUKSIE 2000: BOELIEVERTONING gr. 1– tot gr. 7-leerders

Op Maandag 31 Julie het Produksie 2000 weer die skool besoek. Vanjaar was die titel van die produksie “Supersterre!” en Allison het gewys wat in haar steek om die Russiese bokskampioen, Magda, ore aan te sit. Onthou jul nog die slagspreuk: As ek dink ek kan, maak ek ‘n plan, werk hard en sien dit deur tot dit gebeur! Gr. 1- tot gr.7-leerders het die produksie enduit geniet en het vasgenael gesit vir die duur daarvan.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

11

ALGEMEEN

VERE-KAS

VERE-KAS Vere-kas-tye

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Lillian Ankersmit - 082 324-5034

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Xander Grobbelaar Groenklas: Kieran Corrigan Oranjeklas: Brayden vd Merwe

Persklas: Damian Humphrey Geelklas: Renscha Blaauw Rooiklas: René Huysamen

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14 Matthew Desmore Gr. 1/22 Mia Edeling Gr. 1/24 Suné vd Berg

Gr. 1/25 Emmu Kahts Gr. 1/26 Zani Jacobs Gr. 1/27 Leandi v Rensburg

Gr. 2/15 Kayla Jonker Gr. 2/16 Daniel du Toit Gr. 2/17 Wilhelm Lombard

Gr. 2/18 Ethan Stander Gr. 2/21 Nicola Bouwer Gr. 2/23 Lomé Vorster

Gr. 3/12 Zanique Theron Gr. 3/13 Ethan Bezuidenhout Gr. 3/28 C.J. Swanepoel

Gr. 3/29 Jayden Jordaan Gr. 3/45 Sophia Smith Gr. 3/46 Sebastian Bowman

GOEIE GEDRAG

Luke Barnard en Isabell-Rose Lemon (gr. 4/49)

WOW-SPELFEES 2017

Gr. 1- tot gr.4-leerders is reeds uitgedun. Gr. 5-tot gr. 7- leerders sal binnekort hul briewe met tye ontvang

wat hul uitdunne bevestig.

Provinsiale rondte: Vrydag 15 September te LAERSKOOL HELDERKRUIN

Baie dankie aan elke ouer en leerder vir hulle entoesiasme jeens ons WOW-projek. Onthou dat selfs al

het jy nie deurgedring tot die provinsiale rondte nie, jy nog steeds ‘n wenner is! Jy het baie ver gevorder

in die proses en ons is trots op elkeen van julle! Die kompetisie is egter baie straf soos wat die uitdunne

vorder. Alle punte (skriftelik en mondeling) word in oorweging geneem met die finale besluit.

Gr. 1- tot gr. 4-leerders wat deur is na die provinsiale rondte, se name sal in volgende week se Vinkie

verskyn.

WOW-groete! Leanie Taljaard

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

12

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

KLUB-RUGBY (VKB rugbytoernooi te Frankfort)

Zack van Niekerk (gr. 7/06) het die volgende toekennings behaal tydens bogenoemde rugbytoernooi:

1. Speler van die wedstryd teen Vrystaat-platteland 2. Beste agterspeler van die algehele toernooi 3. Beste no. 10-speler van die algehele toernooi 4. Titans, Zack se span, was die wenspan van die algehele toernooi 5. Aangewys as een van die 20 spelers wat in November na Dubai toer.

Daar was meer as 200 spelers betrokke by die toernooi.

Baie geluk Zack – ons is baie trots op jou!

KULTUUR

ATKV-REDENAARS Baie sterkte aan ons leerders wat Vrydag aan die ATKV-redenaars se finale ronde deelneem! Ons hou styf duimvas vir julle!

DANS Annabelle Kirstein, gr. 1/26 het Saterdag 5 Augustus 2017 aan die South African Body of Dance (SABOD) se 2017 Gauteng National Hip Hop Championships deelgeneem. Sy het algeheel 3de geëindig in haar ouderdomsgroep.

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

13

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Bly warm hierdie winter deur jou huis te vul met vrolike musieknote!! Skryf nou in vir kitaar, sang, viool,

dromme of klavierlesse. Berario Ontspanningsentrum. Resonanze Musiekskool - 081 351 7491 -

[email protected]

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:

Spasies beskikbaar: 1.18m x 0.46m (Koste: R1700 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.)

Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])

Cakes: Birthdays, Weddings, Picture Transfer, Pops Cup Cakes: Basic Butter Cream, Novelty, Boutique Biscuits: Choc Chip, Oatmeal, Ginger, Sweet, Pecan, Peanut butter, other.

Heksie’s Bakery

Lillian Ankersmit

Phone: 082 324 5034

E-mail: [email protected] Website: Heksies.co.za

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

14

EKSTRA WISKUNDEKLASSE

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen. VRIENDE VAN FAIRLAND ... Hierdie ontdekking het my baie

15