4
SIG PAASUITGAWE 2018/1 FEBRUARIE Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld ALIVE aanddiens Tinus van Zyl Durbanville Gemeente se nuwe aanddiens, ALIVE, het met 'n BANG begin! Op 21 Januarie het meer as 250 mense die snikhete 30°+ trotseer en die Here met oorgawe geloof en geprys vir die wonder om te kan asemhaal – die geskenk om te kan lewe. Reeds voor die diens begin het, het die kerkgebou al gewemel van aktiwiteite: van die band wat oefen en hulle instrumente instel, klanktegnici wat die nuwe klankstelsel en ligte uittoets, vrywilligers wat geurige koffie brou en koppies uitpak en tienerleiers wat hooibale aandra en gereed staan om mense by die deur te verwelkom. Die verrassendste aspek van hierdie eerste ALIVE aand- diens, buiten die groot aantal mense wat opgedaag het, was die wye verskeidenheid mense wat dit bygewoon het. Dit was duidelik dat ALIVE nie net 'n jeugdiens is nie. 'n Groot aantal middeljarige en selfs 'n paar afgetrede lidmate was daar, plus 'n hele paar studente en jong werkendes, asook 'n groot groep tieners (van laat laerskool tot laat hoërskool). Die terugvoer was dat die diens elkeen op een of ander manier aangespreek het. Sommige volwassenes het opge- merk dat hulle eintlik maar net kom kyk het waaroor dit gaan, en toe ervaar het dat God hulle op 'n besondere wyse aangespreek het. In die ALIVE aanddienste behandel ons die boek van Brian McLaren, Seeking Aliveness. Dit fokus op die feit dat ons almal die begeerte het om ALIVE te voel. Soms kan ons so vasval in die roetine van die lewe, of so ingesluk word deur die gejaagdheid van die wêreld, dat ons vergeet watter wonder dit is om te kan asemhaal en te kan lewe. Somtyds moet ons eers deur siekte of tragedie tot stilstand geruk word, om uiteindelik weer te besef watter groot gawe die lewe is. Eers daarná begin ons weer nadink waarom ons hier op aarde is en waarvoor ons eintlik behoort te lewe. Op Sondag 11 Februarie het Heinz Wickler met ons kom gesels oor die vraag: “Wat is jou doel in die lewe?” Dit het mooi aangesluit by ons tema van die eerste kwartaal, Alive in the story of creation, waarin ons nadink oor die doel waarvoor ons geskape is. Heinz som “meaning of life” op in twee dele, nl om God te eer en sy Koninkryk uit te brei – volgens hom ons diepste skeppingsdoel. Op Sondag 15 April doen hy saam met die band die lof en aanbidding en sing ook liedere van sy nuwe album, Roar. Die film, Roar, waarin hy optree vanaf 2 Maart, is ook deel van The Purpose Campaign wat mense help met hierdie onder- werp. Ons nooi jou graag uit, ongeag wie jy is of wat jou verhaal is, om by ALIVE aan te sluit en deel te wees van God se verhaal. “Laat alles wat asemhaal, die Here prys!” (Ps 150)

SIG - 1 - Durbanville Gemeente - 1.pdf · 2018-02-26 · SIG PAASUITGAWE 2018/1 FEBRUARIE Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld ALIVE aanddiens Tinus van Zyl

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SIG - 1 - Durbanville Gemeente - 1.pdf · 2018-02-26 · SIG PAASUITGAWE 2018/1 FEBRUARIE Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld ALIVE aanddiens Tinus van Zyl

SIGPAASUITGAWE 2018/1 FEBRUARIE

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

ALIVE aanddiensTinus van ZylDurbanville Gemeente se nuwe aanddiens, ALIVE, het met 'n BANG begin! Op 21 Januarie het meer as 250 mense die snikhete 30°+ trotseer en die Here met oorgawe geloof en geprys vir die wonder om te kan asemhaal – die geskenk om te kan lewe.

Reeds voor die diens begin het, het die kerkgebou al gewemel van aktiwiteite: van die band wat oefen en hulle instrumente instel, klanktegnici wat die nuwe klankstelsel en ligte uittoets, vrywilligers wat geurige koffie brou en koppies uitpak en tienerleiers wat hooibale aandra en gereed staan om mense by die deur te verwelkom.

Die verrassendste aspek van hierdie eerste ALIVE aand-diens, buiten die groot aantal mense wat opgedaag het, was die wye verskeidenheid mense wat dit bygewoon het. Dit was duidelik dat ALIVE nie net 'n jeugdiens is nie. 'n Groot aantal middeljarige en selfs 'n paar afgetrede lidmate was

daar, plus 'n hele paar studente en jong werkendes, asook 'n groot groep tieners (van laat laerskool tot laat hoërskool).

Die terugvoer was dat die diens elkeen op een of ander manier aangespreek het. Sommige volwassenes het opge-merk dat hulle eintlik maar net kom kyk het waaroor dit gaan, en toe ervaar het dat God hulle op 'n besondere wyse aangespreek het.

In die ALIVE aanddienste behandel ons die boek van Brian McLaren, Seeking Aliveness. Dit fokus op die feit dat ons almal die begeerte het om ALIVE te voel. Soms kan ons so vasval in die roetine van die lewe, of so ingesluk word deur die gejaagdheid van die wêreld, dat ons vergeet watter wonder dit is om te kan asemhaal en te kan lewe. Somtyds moet ons eers deur siekte of tragedie tot stilstand geruk word, om uiteindelik weer te besef watter groot gawe die lewe is. Eers daarná begin ons weer nadink waarom ons hier op aarde is en waarvoor ons eintlik behoort te lewe.

Op Sondag 11 Februarie het Heinz Wickler met ons kom gesels oor die vraag: “Wat is jou doel in die lewe?” Dit het mooi aangesluit by ons tema van die eerste kwartaal, Alive in the story of creation, waarin ons nadink oor die doel waarvoor ons geskape is.

Heinz som “meaning of life” op in twee dele, nl om God te eer en sy Koninkryk uit te brei – volgens hom ons diepste skeppingsdoel.

Op Sondag 15 April doen hy saam met die band die lof en aanbidding en sing ook liedere van sy nuwe album, Roar. Die film, Roar, waarin hy optree vanaf 2 Maart, is ook deel van The Purpose Campaign wat mense help met hierdie onder-werp.

Ons nooi jou graag uit, ongeag wie jy is of wat jou verhaal is, om by ALIVE aan te sluit en deel te wees van God se verhaal. “Laat alles wat asemhaal, die Here prys!” (Ps 150)

Page 2: SIG - 1 - Durbanville Gemeente - 1.pdf · 2018-02-26 · SIG PAASUITGAWE 2018/1 FEBRUARIE Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld ALIVE aanddiens Tinus van Zyl

02

André AgenbagIn die verlede het Durbanville Gemeente vier voltydse leraars en twee jeugwerkers in haar diens gehad. Met inagname van ons finansiële situasie poog die Kerkraad om voortaan hierdie werk met behulp van drie voltydse leraars

en twee kontrakposte te doen. Die raamwerk hier onder verduidelik hoe die situasie tans daar uitsien en daarna word verduidelik hoe dit deur die loop van die jaar sal ontwikkel:

Na omvattende besinning oor die gemeente se finansiële en bedieningsituasie het die Kerkraad op 13 Februarie 2018 besluit om later vanjaar 'n derde voltydse leraar te beroep met diensaanvaarding op 1 September 2018. 70% van hierdie pos sal in beslag geneem word deur die neem van volle oorsigtelike verantwoordelikheid vir die gemeente se Jeugbediening, met spesifieke betrokkenheid by die senior jeug en jong volwassenes. 30% van die pos sal gewy word aan interkerklike samewerking en die ontwikkeling van 'n missionale kultuur in die gemeente, in besonder onder die jeug.

Die ideale bedieningstruktuur waarnatoe ons werk, sou so voorgestel kon word:

ONS PREDIKANTE: SÓ LYK DIT

Durbieland boer vooruit tot voordeel van ons gemeente

Louise MalherbeDie pragtige Durbieland Kleuterskool, wat in ons gemeentesentrum gehuisves word, is nou byna 14 maande oud en gaan van krag tot krag.

Durbieland is 'n uitbreiding van ons gemeente met 'n tweeledige doel. Nie net is dit 'n uitbreiding van ons gemeente se bedieningsveld ook na voorskoolse jeug en hulle ouers nie, maar dra dit ook by tot die onderhoud van ons infrastruktuur en geboue. Aangesien die langtermyn onderhoud van geboue groeiende druk op alle NG gemeentes plaas, was dit nodig om alternatiewe opsies en deelmodelle te oorweeg. Die ooreenkoms met Durbieland Kleuterskool is dus van groot waarde vir ons gemeente, juis omdat ons steeds volledige gebruik van die gebou op Sondae behou, en ons die gebruik van die gebou in die week ook steeds met die kleuterskool deel.

Durbanville Gemeente bly die volledige eienaar van die gebou, en is voorts ook deel-eienaar van die kleuterskool. Dit beteken 'n gesonde finansiële inspuiting vir die

gemeente se finansies op die medium- en langtermyn, terwyl ons voorts trots is op die aantreklike nuwe stand van die gebou na die doelgemaakte vernuwing wat aangebring is.

Die addisionele goeie nuus is dat Durbanville Gemeente opgewonde is om deel te wees van die nuwe Graad R-aanbod wat Durbieland ook vanaf 2018 bied. Ons gemeenskap ervaar reeds geruime tyd 'n groot behoefte aan opvoedkundige instellings wat Graad R aanbied en vanaf 2018 het Durbieland twee Graad R-klasse van onderskeidelik 13 en 18 kinders. Hier is nog ‘n paar plekkies oop en belangstellendes kan met hulle kontak maak.

Durbieland het in Januarie 2017 sy deure met 35 personeellede vir 175 kinders oopgemaak. Vandag is daar 294 kinders, 56 personeellede en die kleuterskool het sy volle kapasiteit bereik. Dit is duidelik dat Durbieland (en gevolglik ook Durbanville Gemeente) nie net 'n duidelike behoefte in ons gemeenskap aanspreek nie, maar ook tot groot voordeel van ons gemeente op verskillende vlakke is. Ons sien uit na 'n voortgesette rooskleurige vennootskap met Durbieland.

HUIDIGE WERKSVERDELING: 2018

Tinus van Zyl· Eredienste· Lering· Kerklike Feeste· Vrouebediening· Getuienisaksies· Clara Anna

Fontein· Rentmeersterskap· Alive Aanddiens

en Senior Jeug (tot met beroeping

van derde voltydse leraar)

André Agenbag· Uitvoerende Leraar· Oorkoepelend: Senior

Bediening· Kleingroepe· Gebed en Spiritualiteit· Gasvryheid· Nuwe Lidmate· Kommunikasie· Mannebediening· Omgeediens· Kuier Feeste· Gemeente “events”

VOLTYDSE LERAARS

Jana Dickason· Junior Jeug · Help Tinus van Zyl in die tussentyd met

Alive Aanddiens en Senior Jeug

Jana se kontrak eindig op 31 Des 2018.

Rian Verster· Besoeke aan Seniors· Eredienste by Seniors· Kleingroepe by

Seniors

Rian se kontrak word elke drie maande hersien.

VASTE TERMYNPOS SENIOR KONTRAKPOS

Permanente leraar Permanente leraar

Kontrakpos: Seniors

Permanente leraar

Kontrakpos: Jeug

NUWE KOMMUNIKASIESPAN

Mariette Steyn 2018 is die jaar waarin ons ’n grootse poging wil aan-wend om ons gemeentelede beter ingelig te hou oor veral belangrike sake, groot besluite wat deur die kerk-raad geneem moet word, vrae wat by ons lidmate ont-staan, onduidelikhede oor vorige kommunikasie, ens.

Ons het ’n paar planne reeds op die tafel, soos onder andere die gemeentevergadering wat op Sondag 4 Maart gehou word, ons Blitsig (Sondagafkondigings) wat nou ook aan lidmate ge-epos word op Vrydae, ens.

Tydens ons gemeentevergadering wil ons hoor watter behoeftes daar by ons mense is, watter vrae gevra word, wat ons beter of anders kan doen, ens.

Aan die begin van hierdie jaar is ons bevoorreg om af te skop met ’n nuwer, groter en veral kundiger kommuni-kasiespan. Met ds André Agenbag wat die predikant verantwoordelik is vir hierdie afdeling, is ons baie opge-wonde oor die nuwe dinamika wat hy aan ons gemeente se kommunikasie kom gee. Jackie Pretorius is natuuurlik ons Bestuurder: Steundienste en die rol wat sy nog altyd in die verskeie bedieninge gespeel het, het onskatbare waarde. Sy weet wat in die gemeente, kerk-raad en al ons aksies aangaan en hou ons op ons tone. Met die groot verlies van Cindy se vertrek, is ons dank-baar oor Alrina Krige wat hierdie deel by haar oorge-neem het. Sy's by Ontvangs in die kerkkantoor – die “voorportaal” tussen kerkpersoneel en lidmate.

Verder is Atel Streicher en Liezl Marx reeds ’n ruk deel van ons span en ons is al gewoond en bederf met dit wat hulle na die tafel toe bring. Met Louise Malherbe, werksaam in die Taalsentrum en deeltydse redigeerder, Madelein Visagie, werksaam by die Reklame afdeling van Die Burger, Gerda van Zyl, grafiese ontwerper en Leila Truter, werksaam in die drukkersbedryf, het ons ’n klomp nuwe kennis en vaardighede aan boord.

Ons wil dankie sê vir hierdie vrywilligers wat hulle bereid verklaar om tot diens van God se koninkryk ’n bydrae te lewer deur hul gawes en talente beskikbaar te stel.

Ons glo dat ons aan die einde van die jaar sal kan terugkyk en sê: “Op kommunikasiegebied het ons ’n verskil kom maak.”

André Agenbag Mariëtte Steyn Redakteur SIG

Jackie Pretorius

Atel Streicher

Louise Malherbe Leila Truter

Alrina Krige

Gerda van Zyl

Madelein Venter

Liezl Marx

Page 3: SIG - 1 - Durbanville Gemeente - 1.pdf · 2018-02-26 · SIG PAASUITGAWE 2018/1 FEBRUARIE Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld ALIVE aanddiens Tinus van Zyl

03

Jana DickasonNa aanleiding van verskeie gesprekke en terugvoer vanuit die gemeente, het ons vanjaar 'n paar skuiwe binne ons jeugbe-diening gemaak. Ons is opgewonde oor die vrug wat hierdie bediening reeds dra. As jeuggroep-leiers is ons tieners besonder diensbaar en verantwoordelik, en boonop speel hulle ‘n groot rol in die implementering van sekere skuiwe in die jeugbediening.

Wat is nuut binne die jeugbediening?In die verlede het ons jeuggroepe vir die ouderdomme Voor-skool tot Graad 3 tydens ons familiediens ontmoet, terwyl ons Graad 4's en Graad 5's na afloop van die diens ontmoet het. Vanaf hierdie jaar verdaag alle jeuggroepe vir die ouder-domme Voorskool tot Graad 5 direk na die kindermoment in die familiediens, om dan by hulle onderskeie jeuggroepe aan te sluit. Hierdie betrokke ouderdomme se jeuggroepe is dus teen 10:00 afgehandel, en ons het dan die geleentheid om almal saam koffie te geniet.

Ons Graad 4- en Graad 5- groepe se jeuggroep-struktuur lyk vanaf vanjaar ook taamlik anders. Ons is bevoorreg om Laer-skool Durbanville se nuwe leerdersentrum tot ons beskik-king te hê, en die Graad 4- en Graad 5-jeuggroepe vind gesamentlik in hierdie lokaal plaas. Ons maak van video-grepe en ken-mekaar aktiwiteite gebruik voordat ons in ons kleiner groepe verdeel, en op hierdie wyse berei ons ook die kinders voor vir ons senior jeugbediening.

Nog 'n nuutjie is dat ons hierdie jaar ons Graad 6'e ingedeel het onder die vaandel van die senior jeugbediening. In ons oë is hulle tieners! Juis om hierdie rede sluit hulle dan by ons opwindende nuwe aanddiens aan.

Ons Senior Jeug is Alive!As jy nou nog nie ‘n draai gemaak het by Durbanville Gemeente se nuwe aanddiens nie, loop jy beslis iets mis! Die Alive aanddiens word baie goed ontvang, en ons is werklik geseënd.

Ons senior jeug (Graad 6 – Graad 11) se jeuggroepe vind in die aand ná die Alive-diens plaas, wanneer die onderskeie groepe hulle jeuggroepleiers ontmoet. Ouers en jong vol-wassenes word uitgenooi om ‘n lekker koppie koffie na die diens te geniet, om sodoende gesellig te verkeer terwyl hulle vir die jeuggroepe wag om klaar te maak.

Hierdie nuwe raamwerk verseker dat selfs die laatslaper die geleentheid kry om 'n kerkdiens by te woon.

Het jeugbediening hande nodig?Ons het nooit genoeg hande tot ons beskikking by die jeug-bediening nie. As jy wil betrokke raak by kampe reël, kuier-aande, jeuggroepe (voorheen bekend as Sondagskool) of die jeugkomitee van die junior of senior jeug, kontak asseblief vir ds Jana Dickason by 0826141728 of [email protected].

#EkBely

Hoe lyk die jeugbediening in 2018?

Jana DickasonKuier, lekker kos en goeie geselskap was daar hope van op die Belydeniskamp van 2018. Tydens die naweek van 2 – 4 Februarie het die Belydenisgroep gekamp te Hermanus. Die kamp het met groot opgewondenheid weggespring. Nie net onder die tieners nie, maar hierdie jaar was daar ’n groep gemeentelede wat saam kom kamp het en ons geseën het met hulle gawes.

Die kamp was gefokus op jou Identiteit in Christus. Ons het ons reis saam begin deur lekker saam te kuier, die natuur-skoon te waardeer en stil te word in die skoonheid waarmee ons skepper ons geseën het.

Ons wil net aan elkeen wat ’n bydrae gemaak het tot hierdie kamp, baie dankie sê. Elke borgskap en kosdonasie word waardeer. Spesiale dank aan Carollize Laing vir die lekker

kos tydens die naweek en Anne en Dries Smit, wat ons gehelp het met vervoer van al die tieners. Saam hiermee was die lekker verblyf op Hermanus die kersie op die koek.

Dit was ’n voorreg om saam met die tieners hierdie reis af te skop. Die Belydenisjaar is inderwaarheid ‘n jaar waartydens die sirkel vanaf jou doopvont tot by jou geloofsaflegging voltooi word.

Belydeniskamp 2018

'n Weldaad met 'n verskilEsther Blackaller'n Senior egpaar in ons gemeente, waarvan die man 96 jaar en die vrou 81 jaar oud is, het reeds 15 jaar gelede gereageer op die oproep vir skenkings van voedsel vir behoeftige gesinne in die breër gemeen-skap. Op daardie tydstip is hul skenking gekanali-seer na die vrywillige bediening wat oom Sakkie Bosman (ook 'n senior lidmaat van ons gemeente) in Kraaifontein behartig het.

Bogenoemde egpaar (hulle verkies om anoniem te bly), het dit juis goedgedink om skenkings van vars groente te doen, om uiteindelik te verseker dat gesinne gebalanseerde maaltye ontvang.

Na 15 jaar word hul skenkings nog steeds getrou op 'n Woensdag afgelewer. Ons spreek graag ons op-regte dank en waardering uit aan almal wat op welke wyse voedsel skenk of finansieel bydra om sodoende hul medemens te dien.

Page 4: SIG - 1 - Durbanville Gemeente - 1.pdf · 2018-02-26 · SIG PAASUITGAWE 2018/1 FEBRUARIE Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld ALIVE aanddiens Tinus van Zyl

04

Paasfees is 'n doopfeesTinus van ZylPaasfees is die viering van Jesus se sterwe en opstanding. Maar boonop is Paasfees ook die viering van ons eie sterwe en opstanding, saam met Jesus, wat deur die doop plaasvind.

In die vroeë kerk was Paassondag die enigste Sondag in die jaar waartydens mense gedoop is. Die doopvont was ook in die vorm van 'n graf, met drie trappies wat na ondertoe lei, wat verwys na drie dae wat Jesus in die graf was.

Tydens hierdie doopgeleenthede het die hele gemeente opgestaan en gedraai na die Weste, waar die son ondergaan en wat daarom die simbool van die duisternis en die bose was. Die gemeente het dan hardop gesê: “Ons draai ons rug op die bose! Ons bely ons sonde met berou!” Daarna het die gemeente omgedraai na die Ooste, waar die son opkom en wat simbolies van Christus se opstanding was, en gesê: “Ons draai na Christus toe! Ons het saam met Christus gesterf! Ons het saam met Christus opgestaan!”

Vandag vind ons wêreldwyd steeds sommige van hierdie gebruike in kerke. In die Anglikaanse kerk stap die priester dan ook deur die gemeente en spat die gemeentelede met die doopwater nat, om hulle sodoende aan hulle doop te herinner.

Mag hierdie Paasfees vir jou 'n ware doopfees wees! Mag jy opnuut ontdek dat Christus deur sy sterwe en opstanding al die magte van sonde, boosheid, dood en hel oorwin het. En mag jy ook opnuut ontdek dat jy, as 'n gedoopte, saam met Christus gesterf en opgestaan het, en dat jy gevolglik 'n totaal nuwe mens is wat 'n nuwe lewe saam met Christus lei.

Tinus van ZylLydenstyd neem 'n aanvang met As-Woensdag, wat vanjaar reeds op Woensdag 14 Februarie was. In hierdie tyd fokus ons op Christus se lyding en sterwe om vir ons verlossing te bewerkstellig. Hierdie is ook 'n dag van bekering en verootmoediging, asook 'n tyd van oorgawe aan die Here.

Ná As-Woensdag volg sewe Sondae wat bekend staan as die Lydensweke. Op hierdie Sondae fokus ons op Christus se lyding en die betekenis wat dit vir ons inhou. Dit loop deur tot en met Paasfees. Die week voor Paasfees staan bekend as die Groot Lydensweek (Holy Week), waartydens elke dag 'n besondere betekenis het. Neem byvoorbeeld "wit/heilige Donderdag", wat Jesus se laaste maaltyd met sy dissipels herdenk. Goeie Vrydag is die herdenking van die kruisiging en sterwe van Christus, en dan volg Paassondag, wat die opstanding van Christus uit die dood herdenk.

Gedurende Lydenstyd dink ons aan die redes waarom Jesus aarde toe gekom het. Hy het gekom om ons te red, soos ons almal weet. Ons maak egter 'n fout om te dink dat Hy ons slegs gered het om hemel toe te gaan. Dit is waar, maar Hy het ons ook kom red om op die aarde anders te lewe.

Hy het ons oë kom oopmaak om anders te kyk en te dink as gewoonlik – ruimer, meer verdraagsaam, goedgesind, nederig, vol liefde. Mense wat begin begryp en glo wat nou reeds van ons waar is, behoort nie tyd te mors met kleinlikheid, afguns en gierigheid nie. Hoe meer ons verstaan wat werklik van ons waar is, hoe minder sal ons soos kleinlike aardbewoners dink en leef.

Lydenstyd 2018

Wedersydse

Offers

Koel JogurtkoffieAtel Streicher

1 porsie

125 ml (½ k) sterk swart koffie15 ml (1 e) suiker30 ml (2 e) melk175 g volroom Griekse jogurt

1. Laat koffie koud word. Meng suiker, melk en jogurt in.

2. Giet in glas en vul met paar ysblokkies.3. Sit in Paastyd voor met Paaslekkernye.

URE: Maandag tot Sondag 07:30 – 20:00

KONTAKNOMMER: 021 975 9730

E-POS: [email protected]

Design A Print 021 975 9648

11 Februarie - 28 MaartLydenstyd

2 MaartWêreldbiddag vir Vroue

30 MaartGoeie Vrydag

09:00 Feesdiens in die Kerk

2 AprilGesinsdag (vakansiedag)

21/22 April Vrouekamp/retreat by Hermanus

25 AprilLering: Hoor God se stem in die Natuur

11:00 en 18:30 by De Oude Caab

27 AprilVryheidsdag (vakansiedag)

30-AprilSkole Vakansiedag

1 Mei Werkersdag (vakansiedag)

10 MeiHemelvaartdiens 18:30 in die Kerkgebou

(Kantoor gesluit)

12 Mei Vrouetee

13 MeiMoedersdag

14 - 17 MeiPinkster / Kinderpinkster

18:30 kerk & saal

20 MeiPinksterete: Potjiekos na eredienste

30 MeiLering: Hoor God se Stem in ander mense

11:00 en 18:30 De Oude Caab

16 JunieJeugdag (vakansiedag)

17 JunieVadersdag

20 JunieLering: Onderskei die tekens van die tye

11:00 en 18:30 by De Oude Caab

Elke Dinsdag gedurende die skoolkwartaal is daar ‘n Stilword om 08:00 en elke Donderdag Nagmaal en Gebed ook

om 08:00, in die kerkgebou.

Wat gebeur volgende ...