8
SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar fokus ons op die tema: 'n Hart vir Ander. In die eerste twee kwartale gaan ons aan die hand van 'n gids, getiteld: Genoeg is genade, kyk hoe God se hart klop vir die wêreld, van Genesis tot Openbaring. Hierdie gids gaan ons help om opnuut te ontdek dat ons, die kerk, God se vennote is, wat saam met God leef en werk vir die herstel en herskepping van die hele aarde. In die derde kwartaal gaan ons ook 'n kursus aanbied op Woensdae, aan die hand van videosnitte, wat nog dieper delf in hierdie gids: Genoeg is genade, of te wel in Engels: Manna and mercy. Die aanbieder op die videosnitte is Alan Storey, 'n predikant van die Central Methodist Mission gemeente in Kaapstad, en die gesprekke rondom die videosnitte sal gefassiliteer word deur myself. Deur die loop van die jaar gaan ons ook elke kwartaal twee geloofsgewoontes inoefen, om hierdie nuwe lewenstyl binne God se nuwe wêreld in te oefen. Al die geloofsgewoontes fokus op ons tema: 'n Hart vir Ander, en gaan as volg ingedeel word in die vier kwartale: KWARTAAL 1: TYD VIR ANDER Geloofsgewoonte: Tyd om te rus. Geloofsgewoonte: Tyd om te dien. KWARTAAL 2: PLEK VIR ANDER Geloofsgewoonte: Nooi ander in. Geloofsgewoonte: Gaan uit na ander. KWARTAAL 3: HELP ANDER Geloofsgewoonte: Vra vir hulp. Geloofsgewoonte: Bied hulp aan. KWARTAAL 4: DEEL MET ANDER Geloofsgewoonte: Geniet en vier dinge Geloofsgewoonte: Deel en gee dinge weg Mag ons almal vanjaar verras word deur die oorvloed van God se nuwe wêreld. Mag ons ontdek dat ons elkeen genoeg het: genoeg tyd, genoeg plek, genoeg gawes en genoeg bates, om God se oorvloedige liefde en genade met mekaar te deel en te geniet. Ons dominees se visie vir 2017 Tinus van Zyl My hoop is dat ons as gemeente mekaar in hierdie jaar sal help om God se nuwe wêreld oral om ons raak te sien en daaraan deel te neem. Deur die geloofsgewoontes wat ons saam gaan oefen, naamlik om tyd te maak vir ander, om plek te maak vir ander, om ander te help en ook ons goeters te deel met ander, is my wens dat ons gemeente nóg vriendeliker, nóg gasvryer, nóg meer dienend en nóg meer vrygewig sal raak, as wat ons reeds is. Dit is 'n besondere voorreg om deel te wees van so 'n geloofsgemeenskap wat my kan help om te groei. Ek weet ek kan dit nie op my eie doen nie. Net God kan my lewe verander. En God gebruik hierdie gemeente, hierdie mense, om my lewe te transformeer. Rian Verster Anders as vorige jare is 2017 die jaar waarin ek as “afge- tredene” in 'n kontrakpos begin werk. Ek kan eerlik sê dat ek nie hieroor negatief is nie. Dit is 'n wonderlike voorreg om saam met mense in 'n verhouding te lewe. 'n Verhouding waarin dit gaan oor die ontdekkingsreis waarmee God besig is. Ek sien daarna uit om rustiger, meer gefokus en meer direk die seniors in die gemeente te bedien. Ek bid dat ons saam met mekaar sal soek en sal ontdek waarmee God besig is in ons eie lewens, in ons gemeenskap en wêreld. Dat Hy ons deur sy Woord en Gees sal lei om ons plek in sy plan te vind! En natuurlik sien ek uit daarna om meer tyd vir Maria en die kinders en die kleinkinders te hê! Jana Dickason My droom en wens vir 2017 is dat ons nie net as 'n gemeente nie, maar as 'n gemeenskap, mekaar sal mobiliseer en ondersteun om deur die liefde en wysheid van God, ons omgewing werklik aan te raak, te “belig” en te inspireer, om 'n hart vir ander te hê! Mag ons jonk, oud, arm, ryk en ongeag ras of klas uit ons “boksies” klim en werklik mekaar in liefde omarm. Mag die Jeug tuiskom by die wyse gryses en mag die wyse gryses tuiskom by die Jeug. Ons gemeente het tog reeds 'n visie, “Dissipels van Jesus, SAAM in diens van God se nuwe wêreld”. André van Wyk My droom vir Durbanville Gemeente vir 2017 is dat ons as geloofsgemeenskap al hoe meer sal groei in ons verstaan en uitlewing van die Here se liefdesopdrag. Dat ons saam met ons jaartema, 'n Hart vir Ander, opnuut mag leer wat dit beteken om my naaste lief te hê. Nie net in geïsoleerde dade nie, maar dat dit 'a way of life' sal word. Mag Jesus se lewegewende Lig so deur ons skyn. “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Joh.13:34-35 nder INHOUDSOPGAWE Etienne Snyman - Nuwe Energie ................................02 My Genade is vir Almal .............................................. 02 Vrouebediening Authenticityx3 ................................. 02 Jana se Intreepreek ..................................................... 02 Vrouebediening - Reis deur die Streek ...................... 02 D4J .............................................................................. 03 4x4 Dag ....................................................................... 03 Redakteur: 2017 Is ‘n jaar van ... ............................... 03 Mannebediening ........................................................ 03 Seisoene van die “Kerklike Jaar” ............................... 04 Ponté van Zyl .............................................................. 04 Dankbaarheidsoffers ................................................... 04 Ek en die Enneagram ................................................. 05 2016 eindig op ‘n hoogtepunt ................................... 05 Jeug 2017 - Wat beplan ons? ......................................06 Belydeniskamp ........................................................... 06 Tieners doen Gasvryheidswerk .................................. 06 Skoenprojek ................................................................ 07 Reformasie 500 ........................................................... 07 Vrede ........................................................................... 07 Wat gebeur in die 1ste Kwartaal van 2017 ............... 08 Durbieland ............................................................ 08 Spiritualiteit & Geregtigheid ...................................... 08 Resep: Paas-sjokolademuffins .............................. 08 Tinus van Zyl

SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

SIGUITGAWE 1 FEBRUARIE 2017

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Hierdie jaar fokus ons op die tema: 'n Hart vir Ander.

In die eerste twee kwartale gaan ons aan die hand van 'n gids, getiteld: Genoeg is genade, kyk hoe God se hart klop vir die wêreld, van Genesis tot Openbaring. Hierdie gids gaan ons help om opnuut te ontdek dat ons, die kerk, God se vennote is, wat saam met God leef en werk vir die herstel en herskepping van die hele aarde.

In die derde kwartaal gaan ons ook 'n kursus aanbied op Woensdae, aan die hand van videosnitte, wat nog dieper delf in hierdie gids: Genoeg is genade, of te wel in Engels: Manna and mercy. Die aanbieder op die videosnitte is Alan Storey, 'n predikant van die Central Methodist Mission gemeente in Kaapstad, en die gesprekke rondom die videosnitte sal gefassiliteer word deur myself.

Deur die loop van die jaar gaan ons ook elke kwartaal twee geloofsgewoontes inoefen, om hierdie nuwe lewenstyl binne God se nuwe wêreld in te oefen. Al die geloofsgewoontes fokus op ons tema: 'n Hart vir Ander, en gaan as volg ingedeel word in die vier kwartale:

KWARTAAL 1: TYD VIR ANDERGeloofsgewoonte: Tyd om te rus.Geloofsgewoonte: Tyd om te dien.

KWARTAAL 2: PLEK VIR ANDERGeloofsgewoonte: Nooi ander in.Geloofsgewoonte: Gaan uit na ander.

KWARTAAL 3: HELP ANDERGeloofsgewoonte: Vra vir hulp.Geloofsgewoonte: Bied hulp aan.

KWARTAAL 4: DEEL MET ANDERGeloofsgewoonte: Geniet en vier dingeGeloofsgewoonte: Deel en gee dinge weg

Mag ons almal vanjaar verras word deur die oorvloed van God se nuwe wêreld. Mag ons ontdek dat ons elkeen genoeg het: genoeg tyd, genoeg plek, genoeg gawes en genoeg bates, om God se oorvloedige liefde en genade met mekaar te deel en te geniet.

Ons dominees se visie vir 2017Tinus van ZylMy hoop is dat ons as gemeente mekaar in hierdie jaar sal help om God se nuwe wêreld oral om ons raak te sien en daaraan deel te neem.

Deur die geloofsgewoontes wat ons saam gaan oefen, naamlik om tyd te maak vir ander, om plek te maak vir ander, om ander te help en ook ons goeters te deel met ander, is my wens dat ons gemeente nóg vriendeliker, nóg gasvryer, nóg meer dienend en nóg meer vrygewig sal raak, as wat ons reeds is.

Dit is 'n besondere voorreg om deel te wees van so 'n geloofsgemeenskap wat my kan help om te groei. Ek weet ek kan dit nie op my eie doen nie. Net God kan my lewe verander. En God gebruik hierdie gemeente, hierdie mense, om my lewe te transformeer.

Rian VersterAnders as vorige jare is 2017 die jaar waarin ek as “afge-tredene” in 'n kontrakpos begin werk. Ek kan eerlik sê dat ek nie hieroor negatief is nie. Dit is 'n wonderlike voorreg om saam met mense in 'n verhouding te lewe. 'n Verhouding waarin dit gaan oor die ontdekkingsreis waarmee God besig is.

Ek sien daarna uit om rustiger, meer gefokus en meer direk die seniors in die gemeente te bedien. Ek bid dat ons saam met mekaar sal soek en sal ontdek waarmee God besig is in ons eie lewens, in ons gemeenskap en wêreld. Dat Hy ons

deur sy Woord en Gees sal lei om ons plek in sy plan te vind!

En natuurlik sien ek uit daarna om meer tyd vir Maria en die kinders en die kleinkinders te hê!

Jana DickasonMy droom en wens vir 2017 is dat ons nie net as 'n gemeente nie, maar as 'n gemeenskap, mekaar sal mobiliseer en ondersteun om deur die liefde en wysheid van God, ons omgewing werklik aan te raak, te “belig” en te inspireer, om 'n hart vir ander te hê! Mag ons jonk, oud, arm, ryk en ongeag ras of klas uit ons “boksies” klim en werklik mekaar in liefde omarm. Mag die Jeug tuiskom by die wyse gryses en mag die wyse gryses tuiskom by die Jeug. Ons gemeente het tog reeds 'n visie, “Dissipels van Jesus, SAAM in diens van God se nuwe wêreld”.

André van WykMy droom vir Durbanville Gemeente vir 2017 is dat ons as geloofsgemeenskap al hoe meer sal groei in ons verstaan en uitlewing van die Here se liefdesopdrag. Dat ons saam met ons jaartema, 'n Hart vir Ander, opnuut mag leer wat dit beteken om my naaste lief te hê. Nie net in geïsoleerde dade nie, maar dat dit 'a way of life' sal word. Mag Jesus se lewegewende Lig so deur ons skyn.

“Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Joh.13:34-35

nder

INHOUDSOPGAWE

Etienne Snyman - Nuwe Energie ................................ 02

My Genade is vir Almal .............................................. 02

Vrouebediening Authenticityx3 ................................. 02

Jana se Intreepreek ..................................................... 02

Vrouebediening - Reis deur die Streek ...................... 02

D4J .............................................................................. 03

4x4 Dag ....................................................................... 03

Redakteur: 2017 Is ‘n jaar van ... ............................... 03

Mannebediening ........................................................ 03

Seisoene van die “Kerklike Jaar” ............................... 04

Ponté van Zyl .............................................................. 04

Dankbaarheidsoffers ................................................... 04

Ek en die Enneagram ................................................. 05

2016 eindig op ‘n hoogtepunt ................................... 05

Jeug 2017 - Wat beplan ons? ...................................... 06

Belydeniskamp ........................................................... 06

Tieners doen Gasvryheidswerk .................................. 06

Skoenprojek ................................................................ 07

Reformasie 500 ........................................................... 07

Vrede ........................................................................... 07

Wat gebeur in die 1ste Kwartaal van 2017 ............... 08

Durbieland ............................................................ 08

Spiritualiteit & Geregtigheid ...................................... 08

Resep: Paas-sjokolademuffins .............................. 08

Tinus van Zyl

Page 2: SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

“My genade is vir almal”Wêreldbiddag vir Vroue - 3 Maart 2017

Hierdie dag word altyd op die eerste Vrydag in Maart

gedenk en vanjaar is die skrywersland die Fillipyne.

Hulle het "My genade is vir almal"

("Am I being unfair to you?" in Engels)

as tema gekies, met Matt 20: 1-16 as teks.

Durbanville se gemeentes kom om 10:00 by die

Methodiste Kerk in Bowlersweg bymekaar .

Jana DickasonMet die intrap van die nuwe jaar verwelkom ons ook ons nuwe jeugwerker, Etienne Snyman. Baie van julle het hom dalk al gesien sing, gesien agter die klavier, kitaar en selfs die poppekas en as jy bevoorreg genoeg was, het jy hom ontmoet! Etienne en sy vrou, Annelet Slazus(Proponent werksaam by Bybelmedia), het vanaf P.E. verhuis om by ons aan te sluit. Hy is opgewek, begaafd en vol energie en ons is baie opgewonde dat hy by ons span aansluit!

‘n Paar van die tieners het Etienne 'n vuurdoop ge-gee met die volgende vrae:Jané Theron: “As jy jouself in een woord moet beskryf, wat sal daardie woord wees?” Etienne: Ummm, Etienne?

Lily de Jager: “Hoe het jy hier uitgekom en wat verwag jy?” Etienne: “Ek het met 'n motorkar gekom en ek verwag om die jeugwerker te wees. Of mis ek iets in die vraag?”

Francia Streicher: “Hoekom het jy Durbanville Gemeente gekies?” Etienne: Hulle het dalk vir my gekies, maar ek het aansoek gedoen omdat ek geweet het Jana werk hier!

Jané Theron: “Wat is jou gunsteling fliek en waarom?”Etienne: “Bietjie van 'n dom vraag. Star Wars: The Force Awakens.

Angelique van der Merwe: “Wat is jou doelwit in die kerk?” Etienne: “Ek sal graag wil sien hoe die Jeug as spirituele gelykes in die kerk ingesluit word soos wat Jesus gedoen het met die kinders wat na Hom toe gekom het.”

Jané Theron: “Verkies jy burgers of pizza? Etienne: “Ek sal seker moet sê … buza, nee, pizgers. Hmm, kan ek antwoord dat ek sushi verkies?”

Barry Keet: “Wat is jou gunsteling Bybelvers?” Etienne: “Dis nou 'n goeie een! Ek hou nogals van Galasiërs 3:28 en van Matteus 5:44-45”

Andrew de Jager: “Hoe voel dit om deel te wees van Durbanville Gemeente, en kan jy jouself nog lank by ons gemeente sien?” Etienne: “Dis regtig baie lekker om hier te wees! Ek sal graag baie lank hier wil werk, so lank soos wat ek kan!”

Op 'n ernstige noot, deel Etienne sy droom en wens met ons: “My droom en wens vir die Jeugbediening is om te sien hoe die Jeug ingesluit en bemagtig word as spirituele vennote in die totale lewe en groei van die gemeente. Hulle is nie die kerk van die toekoms nie, maar die kerk van vandag, en ons kan hulle ten volle vertrou om ons te leer hoe en waar met die kerk.

Ons het regtig met die Jeug 'n wonderlike geleentheid om die kerk te neem vanwaar dit is tot waar dit kan wees.”

Baie welkom by Durbanvile Gemeente, Etienne!

Etienne Snyman – Nuwe Energie

Cindy van der Merwe2017 het op ‘n hoë en baie geseënde noot afgeskop toe prop. Jana Dickason op Sondag 8 Januarie 2017 deur ds. André van Wyk bevestig is as jeug-predikant vir 'n tweejaartermyn internskap-program.

Jana het haar intreepreek by dieselfde geleentheid gelewer en na die tyd het die gemeente heerlik saam gekuier en tee gedrink.

Ons seënwense en gelukwensing vergesel Jana, Vernon en Keira vir die nuwe fase in hulle lewens.

Jana se intreepreek

Zaretha KingSoos julle weet kan geen gemeenskap volledig wees sonder 'n Vrouebediening nie.

Ons wil graag 'n Vrouebediening daarstel wat werklik 'n droom en passie het om vroue te bemagtig, te omarm en 'n goeie voorbeeld stel van hoe vroue en die rol van die vrou verander en ook vernuwe het.

Ons het 'n paar vroue geïdentifiseer om ons te help om hierdie droom 'n werklikheid te maak, maar is altyd oop vir nog voor-stelle en aanbevelings van vroue wat hier 'n bydrae kan maak. Die ideaal is dat ons 'n span bymekaarstel wat die bediening koördineer en ook saam dink en beplan oor hoe om 'n verskil te maak.

Reeds deel van ons Vrouebediening is “Authenticityx3” wat “creative journaling” en "decoupage" werkswinkels aanbied. Deur hierdie werkswinkels word vroue gehelp om hul emosies, ge-dagtes en drome op 'n kreatiewe manier uit te beeld en te ver-werk.

As jy ook opgewonde is oor hierdie geleentheid en betrokke wil raak, kontak asseblief vir ds Jana by 021 975 6370

AUTHENTICITYX3 WERKSWINKELS VIR VROUE - 2017

25 Februarie – 'n Hart vir Ander ... 1 Kor 13

1 April – Dankie met 'n verskil (of “'n Dankbare Hart”?)1 Tes 5:18 Die Boodskap: Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ookal met julle gebeur.

3 Junie – Warm Winterhart ... Joh 13:35 Die Boodskap: Hierdie Liefde van julle moet as't ware hard en duidelik praat. Mense moet daarna kyk en sê: Kyk net, daar's 'n volgeling van Jesus.

9 Augustus – Kosbaar (Ma-en-dogter geleentheid) ... Jes 43:4 Die Boodskap: Jy is so dierbaar vir My. Jy is belangrik vir My. Ek is baie lief vir jou.

7 Oktober – 'n Nuwe Begin ... Rom 8:12 The Message: God's Spirit beckons. There are things to do and places to go!

18 November – 'n Lushof ... Hooglied 4:13Die Boodskap: “Jy is 'n lushof met die allermooiste vrugtebome en die allerheerlikste geure”

Slegs 9 Augustus se werkswinkel sal in die oggend plaasvind.Die res is almal 12:00 tot 16:00, Koste: R300 pp

Alle toerusting en materiaal word verskaf, asook ligte versnaperinge en iets te drinke.

VROUEBEDIENINGAuthenticityx3

02

Teken in op

INTERAKSIEKontak Ankia du Plooÿ

[email protected] of

Mariëtte Steyn

[email protected]

Groepe: R60 per jaar vir 4 uitgawes –

sluit posgeld in.

Enkelinskrywings: R65 per jaar

REIS DEUR DIE STREEK

Mariëtte SteynOns Vrouebediening is op sinodale vlak besig met ‘n program om deur ons streek te beweeg met “roadshows” sodat ons geleidelik by alle vroue kan uitkom. Hierdie bymekaarkom-geleenthede wil ons gebruik om vir vroue te vertel waarmee ons besig is, hoe ons hulle wil/kan help om vroueleierskap te ontwikkel en om hulle te bemagtig en dan saam te nooi op die reis.

Ons wil graag daarop fokus om te luister na wat elke vrou na die tafel bring en dit dan as wegspringplek ge-bruik. Ons wil elkeen se “input” kry en wil dus vir ons vroue sê dat dit wat hulle sê en voel, vir ons waardevol is en deur ander vroue se samewerking kan ons ons proses en ons doel beter ontwikkel.

Hierdie bymekaarkom-geleenthede is nie ‘n inligtingsoggend nie, maar 'n oggend waar ons almal saam God hoor deur na mekaar te luister.

Ons wil graag vroue van verskillende ouderdomsgroepe en “all walks of life” betrek en glo dat God elkeen wat hierdie geleenthede bywoon, self gestuur het.

Vir ons as taakspan is dit ‘n groot voorreg om deel te kan wees van die pad en ons glo ons Here wil ons ook so in ons streek gebruik.Vir meer info kontak ds Ankia du Plooy by [email protected]

VROUEBEDIENING Wes-Kaapland

Page 3: SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

André van WykD4J – Durbanville vier Jesus – het in 2014 begin as 'n veld-tog om die kerke in Durbanville te verenig en saam aan God se koninkryk ook hier in ons gemeenskap te bou. Verskeie inisiatiewe het gevolg en die verhoudings tussen verskeie kerke is oor die jare versterk. In 2017 staan ons voor 'n nuwe uitdaging. Hoe kyk die wêreld daarbuite na die Here se kerk in Durbanville? Waar ons fokus die afgelope jare sterk was om as gelowiges in die Here mekaar te leer ken en vertrou, skuif ons fokus nou meer na ons gemeenskap en hoe ons dienend 'n verskil hier maak.

Daarvoor word twee dinge vir 2017 beplan:Eerstens gaan ons gedurende Mei fokus op verhoudinge:

huwelike, gesinne en enkellopendes. As kerk besef ons die geweldige druk wat die wêreld op hierdie verhoudinge plaas.

So die vraag bly: Hoe kan die kerk mense vanuit God se perspektief help binne hul verhoudinge. Hou gerus die aankondiginge dop vir meer inligting in hierdie verband.

En tweedens is daar 'n groot skuif by die sopkombuis – die sopkombuis verander saam met MES en ander D4J-kerke na die Durbanville Center of Hope. Ons hoop om meer kerke te betrek en sodoende beter en meer dienste aan ons straat-mense te verskaf in ons strewe om hul op te hef en te rehabiliteer. Mag Jesus se Lig ook op so 'n manier hier in ons dorp skyn!

Die herinneringe aan die afgelope somervakansie is nog vars in ons geheue en ons kan nog helder die lekker sonskyndae, ontspantye en saamkuiers onthou – al het die nuwe jaar alweer te vinnig gesnel deur die eerste maand. ‘n Maand van rondhardloop agter kinders, sportbyeenkomste, skoolboeke, nuwe programme uitwerk, ens. aan.

Die nuwe jaar lê nog 11 maande lank en talle nuwe uitdagings wag op elkeen van ons.

Ons familie het so pas my ma se 90ste verjaarsdag gevier en almal het van heinde en ver saamgetrek om hierdie wonderlike geleentheid te kom vier. Al sewe ons kinders met hul eggenotes, die 15 kleinkinders en hul eggenotes en die 12 agterkleinkinders. In La Provence aftreeoord, Welgelegen, is daar behoorlik fees gevier, foto’s geneem en herinneringe uitgehaal. Voorwaar ‘n besondere voorreg. En, as ‘n mens jou dierbares so sien, dan kan jy nie help om te wonder wat 2017 vir elkeen gaan inhou nie. 2016 was in ons familie die jaar van die dogtertjies, want drie agterkleindogters is gebore. Ek was bevoorreg om een van hierdie drie se ouma te wees en my lewe het verander. Tot dusver het ons vanjaar in die beplanning ‘n troue oppad en wie weet wat nog ... Dat alles nie net vreugde-geleenthede gaan wees nie is ‘n realiteit.

MAAR, dis in sulke wonderlike saamweesgeleenthede met jou hartsmense dat jy weer besef hoe groot God se genade is. Soms wonder ek net hoe gereeld ons vir Hom dankie sê dat hy almal nog ‘n jaar gespaar het. Soms is dit ons mense naaste aan ons wat ons vergeet om dankie voor te sê. ‘n Dankie vir die tye wat hulle by jou staan as jy hartseer is, hulle jou woede trotseer

en absorbeer en hulle jou dra deur die slegte dae.

Kom ons maak 2017 ‘n omgee-dankie-jaar om aan te pas by ons jaartema: ‘n Hart vir Ander. Leef elke dag voluit en in dankbaarheid.

Ons skop ons jaar sommer goed af met die eerste kamp wat reeds verby is. Jana woel werklik onder die jongklomp en die klompie gaan woel vanjaar. Dankie Jana en Etienne vir die entoesiasme wat julle na die tafel bring.

My opregte dankie aan elkeen wat bydraes vir hierdie SIG versorg het. Sonder elkeen se insette en bydrae is dit nie moontlik om ‘n kerknuusbrief die lig te laat sien nie.

Lees gerus op p4 van die Jeug se beplanning vir die jaar en geniet saam met ons die foto’s van die Belydeniskamp wat voorwaar vir ‘n heerlike naweek gesorg het.

Van volgende kwartaal af sal ds Petrus Theron ook weer sy gereelde rubriek vir ons skryf. Baie dankie daarvoor.

Ons redaksie is so bietjie uitgedun met Andrew Kok, Ilse Cilliers en Lezjé van Zyl wat weg is. Sien jy dalk kans om by die kommunikasiespan betrokke te raak? Kontak dan asseblief vir Cindy by die kerkkantoor.

Tot volgende keer.

2017 is ‘n jaar van ...

Scholtz MaraisVrydagoggende 6h00 beleef ek een van die mees sinvolle tye in my week. Dit is saam met 'n groepie manne wat byeenkom om die week se teks te lees en te deel wat hulle deur die week gehoor of beleef het rondom dit.

Ons kom in die kerk bymekaar en begin met koffie en beskuit waarna ons rustig raak terwyl iemand die week se stukkie lees, in Lectio Divina-styl. Dan gesels ons daaroor en eindig af teen 6h45.

Einde verlede jaar het ons een oggend 'n ontbyt gehou waarheen heelwat van ons gemeente se manne gekom het. Ons wil vanjaar weer so iets hou.

Ons is tans 'n redelike klein intieme groep van tussen 5 en 10 manne wat gereeld opdaag, maar dis glad nie eksklusief nie. Daarom wil ek graag die geleentheid gebruik om julle te nooi om te kom kyk. Dalk is dit waar jy as man, of Pa of werkskollega hierdie jaar eerstehands kan kom ervaar wie en wat Jesus in jou lewe is.

Ons nooi alle manne dus vir Vrydagoggende 6h00 in die kerk. Vir verdere inligting bel gerus vir my, Scholtz Marais, by 0824484710 of vir Charl du Toit by 0784993946.

Mannebediening

03

Jackie Pretorius Cindy vd MerweMariëtte Steyn Redakteur SIG

Atel Streicher Jana Dickason Carollize Laing

Zaretha KingBedieningsleier: Kommunikasie

KOMMUNIKASIESPAN

Page 4: SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

04

Ponté van ZylAndré van Wyk

Ponté van Zyl, vir meeste beter bekend as “oom Ponté”, se byna 18 jaar diens by Durbanville Gemeente het Desember 2016 tot 'n einde gekom.

Wat sal my altyd van Ponté bybly? Beslis die erns en deeglikheid waarmee hy sy werk gedoen het. Wanneer jy met Ponté reël om iets reg te kry vir 'n funksie, dan hoef jy nie weer daaroor te vra nie. Dit sal betyds en reg gedoen wees. En meestal met 'n paar ekstra goed wat jy vergeet het om voor te vra en hy geweet het jy nodig gaan kry!

Verder dink ek aan sy praktiese wysheid. Hy het altyd gevra jy moet hom net tyd gee om oor 'n saak of probleem te dink en dan het hy gewoonlik die volgende dag met 'n goeie plan na vore gekom om dinge te laat werk.

Dankie Ponté vir jou diens en deelwees van ons span oor al die jare. Mag die Here jou en Elize seën in die jare wat kom.

Seisoene van die “Kerklike jaar”

Jackie PretoriusDie Seisoene van die "Kerklike jaar" het deur die eeue ontwikkel met 'n baie spesifieke ritme en inhoud. Dit help ons as volgelinge van Jesus om deur die loop van die jaar bewus te bly van Sy teenwoordigheid en verlossingswerk in ons lewe.

Die "kerklike jaar begin met Advent, wat gewoonlik die vier Sondae voor Kersdag plaasvind. Dit is die tyd waarin ons spesifiek fokus en voorberei op die fees van Christus se koms na die wêreld en sy geboorte. Kersdag is die hoogtepunt van hierdie tyd, waarna die "12 dae van Kersfees" volg. Dit duur gewoonlik tot die eerste Sondag in Januarie. Die eerste Sondag in Januarie en die tyd daarna staan bekend as "Epifanie". Epifanie is die tyd waarin ons die besoek van die wyse manne aan die pasgebore Jesus herdenk. Met hulle besoek en koninklike geskenke het hulle Jesus "uitgewys" en het hy "verskyn" (die betekenis van die woord epifanie) as die Seun van God.

Die volgende seisoen van die kerklike jaar is Lydenstyd. In hierdie tyd dink ons aan Christus se lyding en sterwe om vir ons verlossing te bewerk. Lydenstyd begin met "As Woens-dag" wat 46 dae voor Paasfees plaasvind. Die datum verskuif elke jaar, en val hierdie jaar op 1 Maart. Hierdie is 'n dag van

bekering en verootmoediging, en gelowiges deur die eeue het die dag gebruik om 'as' kruise op hulle voorkop te trek as teken van oorgawe aan die Here.

Na hierdie dag is daar 7 Sondae wat bekend staan as die Lydensweke/Lydens Sondae. Op hierdie Sondae fokus ons op Christus se lyding en die betekenis daarvan vir ons. Dit loop deur tot die Sondag voor Paasfees. Die week voor Paasfees staan bekend as "Heilige week" waarin elke dag 'n besondere betekenis het. So is daar "wit/heilige Donderdag" wat die laaste maaltyd van Jesus met die dissipels herdenk. Goeie Vrydag is die herdenking van die kruisiging en sterwe van Christus en dan is daar natuurlik die grote, Paassondag, wat die opstanding van Christus uit die dood herdenk. Dié "groot" feesdag van die kerklike jaar. 40 Dae na Paasoggend vier ons Hemelvaart en die Sondag daarna begin Pinksterweek. Pinksterweek loop uit op Pinkster Sondag wat die uitstortng van die Heilige Gees herdenk.Die tyd na Pinkster staan bekend as "Koninkrykstyd" en daar fokus ons veral op die bediening en lewe van Christus, voor ons weer by Advent in November aansluit.

So, jy word hierdie jaar hartlik uitgenooi om deel te wees van hierdie ritme!

Jackie PretoriusDankbaarheid is nie net 'n gevoel nie, maar dit is 'n manier van lewe. Daar is verskeie verwysings na dankbaarheid in die Bybel , o.a. 1 Tessalonisense 5:18 “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag” (sien ook Psalm 100:3-4, Psalm 107, Lukas 17:11-19).

Alle dankbaarheid begin by God — Hy staan aan die hart daarvan. Sonder Hom is ons dankbaarheid net nog 'n houding en nie 'n lewensingesteldheid nie.

Die mikpunt vir vanjaar se Dankbaarheidsoffer is R1 600 000. Die bedrag wat geïn is, is R1 184 210. Die Kerkraad is opreg dankbaar vir elke lidmaat wat reeds hul dankbaarheid op hierdie wyse betoon het.

Dankbaarheidsoffers kan deur middel van ‘n direkte EFT by ABSA inbetaal word, of by die kerkkantoor of in 'n koevert in die offergawe-sakkies geplaas word.

Neem hierdie gedagte met jou saam:-“If you can manage to be thankful in every situation,

really believing that God is working everything out for your good, you will end up with the victory

every single time.” — Joyce Meyers

DIE KERKLIKE JAAR

LYDENSWEEK

LYDENSTYD

EPIFANIE

KERSFEES

ADVENT

PAASFEES

PASE

PINKSTERFEES

KONINKRYKSTYD

Dankbaar-heidsoffers

Page 5: SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

Tinus van ZylIn plaas daarvan om self iets te skryf oor ons geloofsgroei-kursus: Enneagram, op 4 en 11 Maart, het ek vir my ma gevra om te sê wat die Enneagram al vir haar beteken het.

EK EN DIE ENNEAGRAM …Marina van ZylToe ek die eerste keer van die Enneagram gehoor het, was ek ietwat versigtig – dit het vir my bietjie 'volksvreemd' geklink, maar my nuuskierigheid was tog geprikkel. Na die voltooiing van 'n eenvoudige vraelys, is ek geïdentifiseer as 'n bepaalde Enneagram spiritualiteitstipe – en net daar is my voete onder my uitgeslaan. Die eienskappe van my Enneagram-tipe het my beter beskryf as wat ek dit self sou kon doen!

Die Enneagram Thought for the Day, het baie gou 'n kosbare deel van my daaglikse roetine geword. Om 'n paar punte te noem:

• Dit is kort, dikwels net 'n paar woorde, 'n kort

paragrafie.

• As ek my e-pos oopmaak, is vandag se gedagte

voor my oë … dit neem 'n paar sekondes om dit te

lees.

• Elke dag word ek herinner aan EEN, slegs een,

waarheid of gedagte.

• Dis nie 'n preek nie; dis nie kritiek nie.

• Die styl is sag en subtiel: 'n retoriese vraag, 'n

suggestie, 'n herinnering, 'n bevestiging.

• Een van die sterkste punte vir my is die

herhalende aard van die Enneagram Thoughts.

Gedrag, lewensuitkyk, spirituele gewoontes word

nie verander deur 'n waarheid eenmaal te hoor

nie … dis 'n proses van hoor en oordink en

inoefen, oor en oor… Enneagram is uitstekend

hiermee!

• Dit is bemoedigend; dit ondersteun die positiewe

karaktereienskappe waarvan mens in die

frustrasies van elke dag soms vergeet.

• Die Thoughts is verstommend gepas – dikwels, ja

dikwels, het ek al gewonder hoe Enneagram so

presies weet waaraan ek juis vándag herinner

moet word, wat ek op hierdie dag nodig het om te

bedink en te doen (of NIE te doen nie!)

Skrifgedeeltes is natuurlik onontbeerlik vir ons elke dag se handel en wandel; Bybelverse is kosbaar en dra ons deur die lewe. Enneagram vervang nie die Bybel nie. Dit vertolk keer op keer Bybelse waardes en waarhede vir my persoonlikheid, my sterk punte en my minder sterk punte.

'n Vroegoggend herinnering soos hierdie een: Try this Affirmation today: "I now affirm that I can allow myself to relax and enjoy life."(25/01/2016), help my om vandag te ontspan en met vreugde te lewe!

05

KERKKANTOORSan Domenico, Kantoor #2, Kerkstraat 10,

Durbanville 7550

Posbus 107, Durbanville 7551

[email protected]

www.durbanvillegemeente.co.za

021 975 6370 082 779 3356

Maandae tot Vrydae 08:00 - 14:00

(vir die publiek)

NG Gemeente Durbanville

ABSA Durbanville

Tjekrekening: 1410580019

Voeg asb verwysing by bv.

Naam/MDO

durbanville gemeente

Ek en die Enneagram

2016 Eindig op ‘n hoogtepunt

LIGGAAM

HARTKOP

Geloofsgroeikursus: Enneagram

Kersfees word op verskeie wyses gevier. Die feesvieringe word onder andere beïnvloed deur die feit dat dit die afsluiting van die jaar is en dit is vakansietyd.

Dit gaan gewoonlik gepaard met uitbundigheid, losbandigheid, 'n oor-vloed van drank en kos. Die eerste tekens van die Kersgety word ge-woonlik sigbaar in die winkels met kersbome en liggies. Die kommer-siële aard van Kersfees maak dat mense gelok word om met koopgierig-heid dinge te bekom, wat hulle eintlik nie nodig het nie, maar wat hulle begeertes vervul.

Al hierdie dinge maak dat die WARE van die kersboodskap soms verlore gaan. Durbanville Gemeete sluit 2016 af met die tradisionele Kers-konsert wat ons weer die ware betekenis van Kersfees laat onthou.

Ontvangs: Alrina Krige – X101

[email protected]

Kommunikasiebeampte: Cindy van der Merwe – X102

[email protected]

Finansiële/Admin Beampte: Christa Ferguson – X103

[email protected]

Bestuurder: Steundienste: Jackie Pretorius – X111

[email protected]

Omgeediens: Esther Blackaller – X112

[email protected]

4 Desember 2016

ADVERTEER IN SIG

Ons SIG-advertensies kos R250 vir ‘n

besigheidskaartjie-grootte. Kontak kerkkantoor.

Page 6: SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

06

Jana DickasonOns jeugspan het die jaar met 'n spoed begin en ons is geensins van plan om ons momentum te breek nie. Ons span bestaan tans uit Etienne Snyman (Jeugwerker), ds. Jana Dickason (Jeugleraar) en natuurlik ons nuutverkose tiener-komitee.

ONS TIENERKOMITEE VIR 2017 IS:Andrew de Jager, Bronwyn George, Lottie van Niekerk, Etienne de Jager, Lily de Jager, Angelique vd Merwe, Reghard Koen, Jane Theron, (Rudy, Lisa en Rumano, nie op foto nie).

Ons eerste kwartaal is belaai met aktiwiteite, moenie hierdie geleenthede misloop nie – spyt kom altyd te laat!

• The Rock (ons koffiekroeg) Elke Sondagaand 18:00 – 20:00Ons nooi alle Gr. 7 – Gr. 12 tieners om saam te kom kuier en gesels. (In die gemeentesentrum.)

• JeuggroepeElke Sondagoggend kom die Voorskoolse – Gr. 3-kinders in hulle jeuglokale bymekaar. Dit vind plaas tydens die diens vanaf 09:30 – 10:00Ons Gr. 4’s – Gr. 10’s kom na die diens bymekaar vanaf 10:00 – 10:50

Ons Belydenisklas kom by De Oude Caab bymekaar vanaf 10:00 – 10:50

Inligtingsvorms kan ook op ons webwerf afgelaai word.

• KampeOns het 'n hele paar kampe hierdie kwartaal wat julle nie moet misloop nie!27 – 29 Januarie: BelydeniskampGr. 5 en 6 Oorslaap sal aangekondig wordGr. 7 – 10 Kamp sal aangekondig word18 – 20 Maart: #Imagine Gr. 7 – 12

• “Events”17 Februarie: DatenightAlle ouers word uitgenooi na ons Datenight. Kom en word heerlik bederf terwyl die tieners 'n storm los kook. Daar is ook 'n oppasdiens vir alle kinders onder 12.

19 Februarie: ValentynspiekniekOns hou piekniek by Melkbosstrand. Alle tieners vanaf Gr. 7 – 12 is welkom!

As jy wil betrokke raak by die Jeug, kontak ds. Jana Dickason – [email protected] ofof Etienne Snyman – [email protected]

Jeug 2017 – Wat beplan ons Andrew de Jager Jane TheronLily de Jager Reghard KoenBronwyn George Angelique vd MerweLottie van Niekerk Ettienne de Jager

Belydeniskamp - 27-29 Januarie

Tieners doen Gasvryheidswerk

JEUG

Page 7: SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

VREDE

07

SENIORS

Esther BlackallerDie Durbanville Voorbereidingskool het in Oktober 2016 hulle jaarlikse konsert met tema: Jukebox Jive gehou. Twee mammas van die skool het die idee gekry om 'n geleentheid vir die kinders te skep om hulle konsert-tekkies vir behoeftige kinders in ons omgewing te skenk. "Ons kinders het so baie. Ons wou hulle aandag vestig op die nood om hulle en hulle wys hoe maklik dit is om 'n verskil te maak", vertel Gerda van Zyl en Jana Veiyra. Hulle het in samewerking met die skool en via die Omgeediens, Attie van Wyk Skool as ontvanger van die skoene geïdentifiseer.

Die ouers en kinders was só entoesiasties en het besluit dat enige goeie skoene versamel kan word. Groot was die

verbasing toe 500 pare ontvang is in elke vorm en grootte – plakkies, stewels, tekkies, sandale, van kleuterskoene tot groot manstekkies. Dit is volgens nommer gesorteer en so kon hulle presies weet wat beskikbaar was om die behoefte aan te spreek. Met 500 pare kon hulle nou ook aan méér instansies uitdeel, en daar is op die ou end ook skoene na Durbanville Kinderhuis, Woelwatertjies Childcare Home, Wonlife en Mercy Aids in Fisantekraal geneem.

Opregte dank aan elke ouer en kind vir hulle omgeeharte. Laat ons aanhou om ons kinders (en onsself!) te herinner aan hoeveel oorvloed ons het en hoe ons ander daarmee kan seën.

Skoenprojek

Reformasie 500In 2017 vind die 500-jarige vieringe van die

Reformasie wêreldwyd plaas. Om gemeentes te

ondersteun in hierdie vieringe, word 'n groot

hoeveelheid materiaal deur CLF en BM

ontwikkel. Dit sluit materiaal vir die Week van

Gebed, Pinkster, vir kleingroepe en 'n aantal

brosjures in. Die kantoor van die Algemene

Sinode vestig ook die aandag op 'n aantal artikels

wat REFO500 vir die Reformasie uitgewerk het.

Onderwerpe sluit in:

• Calvyn 'n vlugteling-sendeling

• 'Ek kan nie anders nie.'

• 'Omdat jy glo, sal jy lewe!'

Attie van Wyk Skool

Wonlife

Woelwatertjies Childcare Home

Foto: Google

Ure:Maandag tot Sondag

07:30 – 20:00

Kontaknommer:021 975 9730

E-pos:[email protected]

Mariëtte SteynHoe kry ‘n mens regtig vrede, laat gaan jou wrokke, vergewe en gaan net aan? Dis vrae wat in elkeen van ons se gemoed is en hoe ouer jy raak, hoe meer dinge hoop dalk op in jou lewe. Almal kry mos maar seer, want dis die lewe. Hy’t sy op-draendes en afdraendes. Soms hou die opdraendes net te lank aan en koester mens dikwels wrokke. Wat nie normaal is nie, is om aan ‘n wrok vas te klou en toe te laat dat dit jou vrede en geluk steel.

Om van ‘n wrok ontslae te kan raak, moet daar vergifnis wees, maar dit is so dat party mense dit net nie regkry om te vergewe nie. Met erkenning aan die tydskrif, Voelgoed, deel ons ‘n opsomming van vyf stappe om uiteindelik van daardie nega-tiwiteit ontslae te raak.

1. Vind uit hoekom jy dit nie kan laat los nieSoek die oorsaak vir jou kwaadwees. Dis gewoonlik nie vir die persoon nie, maar wat hy/sy gedoen het en die gevolge daarvan wat jou seermaak. Poog om oor sulke slegte insidente te praat, moontlike mis-verstande uit te skakel en neem ‘n daadwerklike besluit om die wrok af te skud.

2. Identifiser die gevoelens wat jou wrok veroorsaakWoede is heel waarskynlik die diepste gevoel wat jy ervaar maar beslis nie die enigste nie. Gewoonlik is daar ook gevoelens soos haat, frustrasie, hartseer, jaloesie, ens. Om oor hierdie negatiewe gevoelens te kom, kan jy bv. ‘n tydsberekening op jou kwaad/ hartseer plaas en dan gaan ek vorentoe beweeg. Makliker gesê as gedoen, maar al is dit aanvanklik baie moeilik sal fokus op ander positiewer dinge uiteindelik die leemtes kan vul.

3. Los die verledeDie persoon wie se lewe die meeste versuur word deur negatiewe dinge is gewoonlik jyself en nie die persoon verantwoordelik daarvoor nie. Hou dus op met tob, raak ontslae van die bitterheid en gebruik eerder jou energie vir dinge wat jou gelukkig maak en waaroor jy kan dankbaar wees.

4. Konsentreer op dit wat jou gelukkig maak en jou eie welstandDoen dit vir jouself. Besluit vir jouself dat jy nie gaan toelaat dat negatiewe goed jou lewe langer versuur nie. Kies om te vergewe en te vergeet. Mense wat ongelukkig bly oor dinge se sielkundige en fisiese gesondheid lei daaronder. Beëindig die invloed wat die slegte dinge op jou het en kyk vorentoe.

5. Wees geduldig met jouself – tyd genees.Afhangende van hoe lank jy aan ‘n wrok vasgeklou het, sal die skade wat dit veroorsaak of meer of minder word. Neem ‘n daadwerklike besluit om jou bitterheid te laat vaar en so ook al jou nega-tiewe gevoelens. Onthou altyd dat niemand perfek is nie, jy het dalk ook al mense seergemaak. Soms kom daar wonderlike dinge uit so ‘n snoeiproses en kom jy sterker anderkant uit.

Page 8: SIG - Jan 2017 - Durbanville Gemeente › media › SIG - Jan 2017 web.pdf · SIG UITGAWE 1 FEBRUARIE 2017 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hierdie jaar

AKTUEEL

DESIGN A PRINT 021 975 9648

08

Atel Streicher

Bestanddele:500 ml (2 k) koekmeelblom125 ml (1/2 k) kakao125 ml (1/2 k) suiker10 ml (2 t) bakpoeier250 ml (1 k) sjokoladesplinters, of gebreekte sjokolade250 ml (1k) melk80 ml (1/3 k) olie2 eiers

Metode:1. Voorverhit oond tot 190°C. Bespuit muffinpan holtes met kleefwerende middel.2. Sif meel, kakao, suiker en bakpoeier en voeg die helfte van

die sjokolade by.3. Klits melk, olie en eiers. Voeg by meelmengsel en meng

net genoeg om beslag te vorm.4. Skep 'n lepelvol onder in muffinholte, gevolg deur bietjie

sjokolade en vul op met nog 'n lepel beslag.5. Bak sowat 25 minute tot gaar. Laat afkoel en verwyder uit

pan.

Paas-SjokolademuffinsLewer 12 groot of 6 jumbo

Laurie GaumTerwyl spiritualiteit 'n gonswoord van ons tyd is, kan mens met reg vra of dit net individualisties gerig is op “A pie in the sky when you die”. Terwyl dit soms voel of 'n mens se hande afgekap is omdat jy nie vatplek kry aan al die uitdagings om jou nie, rus geloof jou toe om vindingryk daarop te reageer.

Ons gaan op 'n drie weke-lange reis waarin ons ook op 'n ervaringsvlak hierna kyk deur by onsself te begin, rondom ons te kyk en bewus te raak van ons vingeraf-drukke op ons konteks.

5 Februarie om 18:30 (Kerkgebou) – Wie is jy?12 Februarie om 18:30 (Kerkgebou) – Waar is ons?19 Februarie om 18:30 (Kerkgebou) – Hoe is ons (waar ons is)?

Laurie Gaum is 'n NG-proponent wat die afgelope 10 jaar betrokke is by die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit. Die Sentrum het verlede jaar 30 jaar gelede onder leiding van aartsbiskop-emeritus Desmond Tutu tot stand gekom en fokus op kontemplatiewe spiritualiteit, met die leuse “Stilte & Solidariteit”.

SPIRITUALITEIT & GEREGTIGHEID

WAT GEBEUR IN DIE 1STE KWARTAAL VAN 2017

3 Maart18-20 Maart

Tieners

Gemeente Kamp24-26 Maart

Gemeente Kamp24-26 Maart

Wêreldbiddag vir Vroue

Gr. 6-7 Kamp - 3-5 FebruarieGr. 6-7 Kamp - 3-5 Februarie5, 12, & 19 Februarie

Reeks met Laurie Gaum

Jeugleiers Kuier23 Februarie

Jeugleiers Kuier23 Februarie

Gr. 8-10 Kamp - 24-26 FebruarieGr. 8-10 Kamp - 24-26 Februarie

Ons berig in April se SIG

meer oor Durbieland-skool