10
| 1 | R33.00 (BTW ingesluit) Uitgegee deur die GKSA 2015/2016-3 UITGAWE 36 ligdraer Wees 'n GEBED is ook sending Bybelstudie: DIE WOORDLOSE BOEKIE Kan ek met ‘n ONGELOWIGE TROU?

R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 1 |

R33.00 (BTW ingesluit)

Uitgegee deur die GKSA 2015/2016-3

Uitgawe 36

ligdraerWees 'n

Gebed is ook sendingBybelstudie: die Woordlose boekie

Kan ek met ‘n onGeloWiGe trou?

Page 2: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 2 |

die span vir Uitgawe 36redakteUrkarin [email protected]& JeUgkantoorwilna [email protected] ontwerperrozanne [email protected] gelededr. victor e. d’assonville [email protected] Mac [email protected]

Like ons op facebook Follow ons op twitter

gaan kyk op pinterest

Besoek ons webblad:

www.kruispad.net

Wie is ons?Kruispad is ‘n jeugtydskrif wat gerig is op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat tot geloofsgroei lei.

ons verklaar Die menings in die artikels is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van bydraes.

uitgegee deur die GksA

Posadres: Posbus 20700, noordbrug, 2522

tel: 018 297 3986/7sel: 082 532 1620

e-pos: [email protected]: 018 293 1042

Web: www.kruispad.netdrukkers: sunnyprint

tel: 012 664 0940

bankrekeningbesonderhedenaam van rekening: GksA Admin buro

h/a kruispad, bank: AbsA, tak: 632005

rekeningnommer: 670 140 040

vertalerdoretha [email protected] ByBelstUdieds. Brahm [email protected] ConradiedepUtate JeUgsorgds. albert [email protected]. Maarten van Helden, lourens Venter, ronald bain, Hillegert Wilcocks, Andrew Pol, lientjie Jooste, Marieke van renssen, Geopende deure

Page 3: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

inHoUdred@kruispad: Ek is te besig 5Lesers gesels: Gaan vertel aan die mense 6Fokus: Die kerk is die ligdraers in die wêreld 8Fokus: Merke ... gereed ... gaan 12Geopende Deure: Gebed is ook sending 16Insig: Die Here leer jou alles 20Gebed: Dink oor jou gebed 22Advertensie: Bestel tydlyne 26Bybelstudie: Die Woordlose Boekie 27Intekenvorm: Teken in op Kruispad 39Bybelstudie: Alleen met die Bybel 40 Rubriek: Daniël getuig elke dag 42Hulp: Jy is genoeg 44Leefstyl: Vertel aan almal 46Werkplek: Sending waar jy werk 48Verhoudings: Kan ek met 'n ongelowige trou? 50Sending: Duitsland as sendingland 52Sending: Bereik God se kinders agter tralies 54Uitreike: Begin 'n uitreik 56Teksverse: Gebruik jou swaard 58Kampe: Waterpret 60Aanlyn: Leesstof op die web 62Tong in die kies: O, die skottelgoed 63

Page 4: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 5 |

red@kruispad

| 5 |

Roei besig uit jou woordeskat – anders

gaan jy dalk uit jou besige lewe verdamp.

S ommer vroeg hierdie jaar loop ek

my teen ‘n begrip vas wat my dwars

in die krop steek. Té besig. Almal is te besig.

Ons praat daaroor. Dis my verskoning, my

lewensuitkyk, my visie én my openingsin.

Mense is so besig dat jy nie weet of jy dalk

veronderstel is om skuldig te voel as jy ‘n

vriendin vir koffie nooi nie.

Ek het besluit om oorlog teen die té

besig wees te verklaar. Dit is nie iets wat

sommer maklik uit jou denkraamwerk

verdwyn nie. Die woorde klou hardnekkig

in jou woordeboek vas. Dit leer my egter

selfbeheersing, want voor ek antwoord

moet ek eers stop en dink of ek regtig te

besig is.Jy kies waarmee jy jou dag wil volmaak.

Daar is dinge waarvoor jy nie te besig is

nie en daar is nuttelose dinge waarmee jy

jou dag volmaak. Soos om rond te dwaal in

ek is te

Facebook, al swerwend van die een video na

die volgende op soek na interessante feite.

Kan jy vir Facebook sê: “Jammer Facebook,

ek is te besig, ek sukkel om by jou uit te

kom. Volgende week sal ek probeer om jou

te sien”? Nee, jy kies om ‘n draai by Facebook

te gaan maak, maar vir jou sussie, boetie of

die vriend van kleins af skeep jy week vir

week af. Die Bybel sê daar is ‘n tyd vir alles.

Ons moet leer om te sien wanneer dit tyd

geword het om te belê in verhoudings.

Sommige mense gaan sovêr om te besig te

wees vir die Here en sy gemeente. Hulle sal

selfs sê dat die Here sal verstaan.

Mag jy besig wees uitroei hierdie jaar en leer

om te sê: “Ek het tyd vir jou, praat gerus.” «†»

Karin Bain

besig

| 5 |

Page 5: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 8 |

Die kerk

wêreldNet soos die kandelaar lig maak, moet die kerk se God se Woord verkondig. | MAArten VAn Helden (Gk Centurion) |

is die

in die

| 8 |

ligdraers

Page 6: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 9 |

die kandelaar hou aan brandIn Eksodus 25:31-40 lees ons hoe Moses deur die Here beveel word om die kandelaar te maak. Dié spesifieke instruksies maak dit duidelik dat die simboliek nie toevallig is nie. Die kandelaar staan binne in die heilige deel van die tabernakel. Daar is elke dag priesters wat seker maak dat die lampies van die kandelaar brand. Die pit moet diep in die olie wees en die rokende pit moet gereeld geknip word sodat dit weer helder brand.

Net so moet jy ook jou geestelike lewe versorg. Jy moet diep in die Woord na meer en meer van die waarheid van God soek. Die Woord moenie net jou kop bereik nie, dit moet ook jou hart aanraak. Laat die Woord jou aanspreek, vermaan, tug en bekeer, anders word jy ʼn rokende lamppit wat geen lig gee nie.

fokus

Paulus spreek die gemeente aan: “Tree onder hulle op as ligdraers in die donker wêreld ” ( Filippense 2:15).

die voorhangsel skeurDie kandelaar verlig die voorhangsel wat die skeiding tussen die twee vertrekke maak. Die voorhangsel is die simbool van die sondeskeiding tussen God en die mens. Deur die lig van die Woord wys die Heilige Gees jou sonde uit. Vandag weet ons dié voorhangsel is geskeur, ‘n bewys dat Jesus vir jou die pad na God gebaan het sodat jy werklik in die lig van God kan lewe.

| 9 |

Page 7: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 10 |

Christene moet lig draDie kandelaar verlig nie net die voorhangsel nie, maar ook die vertrek waar die priesters hul take verrig. Dié lig wys jou die pad van jou dankbaarheidslewe. As jy die ander tekste oor die kandelaar in die Bybel lees, is dit duidelik dat die kandelaar ‘n simbool van die gemeente, die kerk van Christus is. Die kerk is dus bedoel om, soos die kandelaar, die draer van die lig te wees.

Ons sê maklik, sogenaamd beskeie, dat ons nie dinge doen om deur mense gesien te word nie. Tog wil Jesus juis dat ons dinge so moet doen dat ons gesien kan word. Eintlik moet ander mense God in ons lewe raaksien. Hoe jy praat, studeer, werk, bestuur, inkopies doen of jou siekte hanteer: dit alles is die geleentheid om as beeld van God iets van sy heiligheid, goedheid en genade te wys. So weerspieël ons die heerlikheid van God (2 Korintiërs 3:18).

die kandelaar lyk soos ‘n amandelboomUit die beskrywing van die kandelaar lei ons af dat dit soos ‘n boom met takke moes lyk. Sy knoppe, kelke en kroonblare lyk soos ‘n amandelboom. Die kandelaar is gemaak van een stuk geslae goud wat gesuiwer is. Dit wys op die kerk wat deur die bloed van Christus gelouter en gewas is. Hierdeur word ons sy duursame eiendom.

Die gedeelte beklemtoon dat die kandelaar uit een stuk bestaan. Die ses takke is deel van die hoofstam. Nie aangeplak of aangeskroef nie, maar soos die takke van ‘n boom. Dit moet lyk asof hulle daaruit groei en leef.

Dink aan die beeld in Johannes 15:5: “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte ...” Ons kan slegs in verbondenheid met Christus ‘n ware kerk of gemeente wees.

| 10 |

Page 8: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 11 |

fokus

Wees die lig vir die wêreldWie in verbondenheid met Christus lewe is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik” (Matteus 5:16). Oral waar jy kom is jy ‘n helder lig wat van die grootheid en goedheid van God getuig.

Eerstens moet jy besef dat jy maar ‘n swakke mens op jou eie is. Deur die genade van Christus is jy deel van God se kerk van goud. Geheilig in Christus. Elke keer as ons iets doen vir die armes, of ‘n sieke of gevangenes

besoek, of ‘n bemoedigende sms stuur of telefoonoproep maak, kan ander Christus se liefde en goedheid ervaar.

Elke keer wanneer ons sy Woord lees, daaroor praat en van Christus getuig skyn die lig van God. Ons dra die lig van God in hierdie wêreld. Kan jy dink hoe donker moet dit word as die getuienis van die kerk stil geword het? Jy is dalk ook dikwels bang en beskeie. Loop maar liewers met jou godsdiens op jou mou. Moet jou nie skaam vir die evangelie van Christus nie. Moenie huiwer om sendingwerk te ondersteun nie. Word God se sendeling in hierdie verlore wêreld! «†»

Christus is die lig van die wêreld Jesus self sê in Johannes 8:12 – “Ek is die lig van die wêreld”. Later skryf Johannes in sy brief – “God is lig” (1 Johannes 1:5). Daarom moet ons in die geloof aan Christus verbonde bly. Dink bietjie hieraan: As daar nie lig was nie sou daar geen lewe op aarde moontlik wees nie. Daarom skep God op die eerste dag die lig. So skep Hy die moontlikheid van lewe en groei. op die vierde dag skep Hy eers die draers van die lig – die son, maan en sterre. Die ware lig kom dus van God self. ons lees in openbaring 21 dat daar op die nuwe hemel en aarde geen son of maan sal wees nie. Daar sal ook geen nag meer wees nie, want die heerlikheid van God sal alles en almal verlig. ons sal in sy lig wandel. So is dit ook met die gemeente van Christus. Hy is die lig en ons die draers van die lig. Daarom gee Hy sy Woord aan die kerk. Sy Woord is die lamp vir ons voet en die lig op ons pad (psalm 119:105).

| 11 |

Page 9: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 27 |

d ie Woordlose-boekie se kleure dien as ‘n riglyn waarmee jy iemand kan lei om te verstaan waaroor die Christelike geloof gaan. Onthou die volgorde van die kleure:

WoordloSe boekie

bybelstudiesGoud, Swart, Rooi, Wit en Groen vertel die evangelie.

| brAHM robinson (Kruispad-redAksie) |

GoUD: GOD SE HEILIGHEID

SWART: SONDE WAT SKEIDING MAAK TUSSEN ONS EN GOD

RooI: BLOED VAN JESUS WAT VIR AL JOU SONDE BETAAL EN JOU VERHOUDING MET GOD HERSTEL

WIT: REINHEID VOOR GOD WAARTOE CHRISTUS JOU GEWAS HET

GRoen: GROEI VAN JOU GELOOF TOT VOLWASSENHEID IN CHRISTUS

gebruik die woordlose-boekie wanneer jy in gesprek met iemand is oor die Hoop wat in jou leef.

Page 10: R33.00 (BTW ingesluit) ligdraer · is draers van die lig van die evangelie. Die lig verdryf die duisternis. Daarom sê Jesus: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle

| 64 |

Toe het ek die Here hoor vra:

“wie kan ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?”

EK HET GEANTWOORD: “Hier is ek!

stUUr My!”Jesaja 6:8