361

Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za
Page 2: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Lig in die Duister'n Reeks Oordenkinge oor

die Evangelie volgens Johannes

Louis NelTweede Hersiene Uitgawe: Mei 2016

Nota: Klik op die om na 'n opname van die hoofstuk te luister

Page 3: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Inhoud

VoorwoordLig in die DuisternisJesus - SkepperMaak Jou KeuseDie Koning Kom Kuier!Jesus Tussen OnsDie Lam van GodAndreas die EvangelisJesus is GodBruilof in KanaTempelreinigingOngelowige ChristeneNikodemus in die NagGebore Uit Water En GeesDie Ewige LeweWat Is Liefde?Lig en DonkerJohannes se GetuienisDie Vrou by die Put (1)Die Vrou by die Put (2)Die Oes is RypGeloofstoetsDie Man by BetesdaJesus, Seun van GodDie Hofuitspraak

Page 4: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Brood in OorvloedJesus Loop op die SeeJesus, die Brood van die LeweEet die Brood!Om Jesus te VolgGod is Steeds in BeheerAan God Al Die EerOm Jesus te KenStrome Lewende WaterDie FonteinIs die Ou Testament Steeds Relevant?Jy is Vergewe...By die Lig van die KampvuurOngeloofWie se Kind is Jy?Jesus Word BeledigBeproewingeIntimidasieGeestelike BlindheidDie Goeie HerderHardkoppige OngeloofDie Dood se Angel is WegU Was te Laat, Here.....Die Dood Word OorwinJesus se Teregstelling BeplanSalf vir Jesus se VoeteDie Intog

Page 5: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Sterwe Bring LeweJesus Red Ten Spyte VanVoetewasVerraad! Verraad!Het Jy MY Lief?Jesus en die Vader is EenDie Gees In JouDie WingerdstokBly in MY liefdeGetuig Ten Spyte VanDie Werk van die Heilige GeesDroefheid word BlydskapDirekte Toegang tot die VaderDie Hoëpriesterlike GebedJesus Gevange GeneemPetrus se verraadJesus voor PilatusKruisig Hom!Koning van die JodeDit Is VolbringJesus het Opgestaan!Vrede vir Julle!Visser van MenseHet jy My lief?

Page 6: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Voorwoord“In die begin het God die hemel en die aarde geskep” -so begin die Woord van God in Genesis 1:1. Blaai ons naJohannes 1:1, dan lees ons wat Johannes skryf vanJesus: “In die begin was die Woord”, skryf hy en dangaan hy aan deur te vertel dat hierdie einste Woord allesgeskep het. Jesus, Almagtige God, is die skepper van dieheelal.

Hou nou maar jou Bybel oop by albei gedeeltes, wantons lees verder in Genesis 1 dat alles aan die beginpikdonker en onbewoonbaar was, maar dat die heeleerste ding wat God geskep het, lig was. Ja, nog voordatdie hemelligte, die son, maan en sterre geskep was, hetHy alreeds lig gemaak. Maar Hy het verder gegaan endie lig en donker van mekaar geskei.

Terug by Johannes 1, sien ons dat daar lewe was isJesus, die Woord, maar ook dat hierdie lewe die lig virdie wêreld was. Hoe geweldig belangrik is lig nie vir allelewe!

Jesus is Skepper! Jesus is God! Jesus is lewe! Jesus is Lig!Dit is hierdie gedagtes wat Johannes wil beklemtoon - wiluitbasuin sodat almal kan hoor.

Page 7: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Lig in die Duisternis

Inleiding tot die Evangelie van Johannes

Wie is God? Dit is vandag die vraag op baie mense selippe. Veral by tieners is dit ‘n baie aktuele enterselfdertyd ook verwarrende vraag. Verby is die daetoe almal saam met jou op skool Christene was en dalksaam met jou in die Sondagskoolklas gesit het. Vandagmaak hulle kennis met 'n streep verskillendegodsdienste en hulle maats is Moslems, Hindoes enaanhangers van die tradisionele Afrika-godsdiens,voorvaderaanbidding. En dan is meeste nog kerkloos enGodsdiensloos. Watter een van al hierdie magdom vangode is die regte een? Is daar ooit ‘n God?

Mense gaan soek op verskillende plekke na God omhierdie antwoord te bevredig. Sommige gaan soek Homin die natuur, ander weer in die kleurvolle beelde vandie Hindoe-geloof of joga of die een of andermisterieuse Oosterse geloof. En dan is daar diegene watna ‘n intensiewe soektog tot die slotsom kom dat daargladnie ‘n God is nie. 'n Paar jaar gelede is ‘n pastoor hoftoe gesleep oor ‘n “diskriminerende” advertensiebordwat hy langs die pad laat oprig het. Daarop het gestaan:The fool says in his heart: There is no God. “Is onsAteïste dan onnosele gekke?” wou die kêrel wat homvoor die hof gedaag het weet.

INHOUD

Page 8: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

As ons uitgekom het by die ware antwoord oor wie Godis, is die tweede baie belangrike vraag: Nou wie is Jesusdan? En daarop gee Johannes sommer in die heel eersteverse ‘n baie duidelike antwoord. Vir sommige mense issy antwoord heeltemal té duidelik. Dit laat hulleongemaklik voel. Só ongemaklik voel die Jehovah'sGetuies daaroor dat hulle in hulle vertaling die Bybelverander het om by hulle siening te pas. Hulle beweer:Jesus is 'n god!

Maar nie alleen wil Johannes jou vertel wie Jesus is nie.Hy wil jou ook bekendstel aan Hom. Hy wil jou na Jesustoe neem sodat jy Hom persoonlik kan ontmoet en leerken. As jy dalk nog sou huiwer oor daardie ontmoeting,dan kom Johannes en hy vertel jou presies waarom ditso dóód-noodsaaklik is dat jy daardie ontmoeting wélnakom. In die baie bekende gesprek tussen Jesus enNikodemus in hoofstuk 3, sien ons duidelik dat as jy nievir Jesus wil ontmoet nie, jy die oordeel van God beslisnie sal vryspring nie. Jesus is die enigste waarborg vir ‘newige lewe.

Dalk moet ons ook die vraag vra: “Wie was hierdie man,Johannes, dat hy met soveel gesag kon skryf oor God enJesus?”

Johannes het sy kennis van Jesus op ‘n baie persoonlikevlak opgedoen. Hy het die benydenswaardige voorreg

INHOUD

Page 9: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gehad om as 'n jong man vir drie volle jaar lank elke dagsaam met Jesus te wees en Sy teenwoordigheid teervaar. Met sy eie oë het hy die talle wonderwerkegesien wat Jesus gedoen het. Hy was by toe Jesus diesiekes genees het en dooies weer lewe gegee het. Hyhet gehelp om die kos uit te deel aan die skare van 5000wat Jesus gevoed het met ‘n paar vissies en broodjies.Maar belangriker nog het hy die wonderlike liefde konervaar wat uit Jesus gestraal het. Hy kon eerstehands,prakties leer wat dit beteken om jou liefde uit te leef.Johannes was een van Jesus se dissipels, die “geliefdedissipel.” Hy was een van die twaalf uitgestuurdes ofApostels wat die taak gehad het ná Jesus se hemelvaartom die Evangelie aan al die nasies uit te dra.

‘n Baie interessante vraag is: “Hoe het dit gekom datJohannes die boek geskryf het?” Baie mense dink datJohannes een mooi dag onder ‘n boom gaan sit en beginskryf het. Nee, dit is nie hoe dit gebeur het nie. Oor ‘nlang tydperk het Johannes vir die gemeente vertel van aldie dinge wat gebeur het. Die wonderlike woorde vanJesus het kraakvars in sy geheue gebly, en baie van diegesprekke kon hy letterlik seker woord-vir-woordonthou. Dit was ‘n tydperk in sy lewe wat ‘n baie grootindruk op hom gemaak het. Soos wat verskillendesituasies in die gemeente opgeduik het, het hy

INHOUD

Page 10: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

antwoorde gaan soek in die dinge wat Jesus gesê engedoen het, net soos wat ek dikwels ook staaltjies gaanopdiep uit my kinderdae om sekere geloofswaarhede teillustreer. Uiteindelik, baie jare later, het hy hierdie dingebegin neerskryf, en eers omtrent 60 jaar na Jesus sekruisiging is die Evangelie finaal volledig geskryf.

Een van die talle beelde wat Johannes so meesterlikgebruik in hierdie boek, is die beeld van lig wat in dieduisternis skyn en die duister verdryf. Dit is dan ook dietitel van ons reeks dagstukkies oor die boek Johannes:“Lig in die Duisternis”. Hierdie is so ‘n gepaste gedagte,want vir baie ongelowiges is die wêreld waarlik ‘n plekvan duisternis. Iemand wat die waarheid soek, tasgewoonlik in die pikdonker rond sonder om dieantwoord te kan kry. Jesus is die ware Lig wat in hierdieduisternis skyn en die donker verdryf. Hy is die énigsteware Lig! En daarom is die Johannes-Evangelie so ‘nbesonderse Boek om vir iemand te gee wat soekend is.Dit is die ganse Evangelie in ‘n neutedop.

Kom, gordel vas vir ‘n reis saam met my uit die duisterna die Lig wat helder skyn!

Gebed:

Here, U is die enigste ware Lig! Ek aanbid U, en bringaan U al die eer. Dankie vir ‘n Johannes wat gehoorsaam

INHOUD

Page 11: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

was en hierdie wonderlike Evangelie geskryf het sodatbaie mense van die Lig kan leer.

INHOUD

Page 12: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus - Skepper

Johannes 1:1-5

“Wie is Jesus?” het ons gister gevra. Vandag geeJohannes die antwoord in helder, duidelike taal. Hybegin sy boek met ‘n reuse “WOW!!” deur die vraag teantwoord op so ‘n wyse dat ons absoluut géén twyfel salhê oor presies Wie Jesus is nie. En daarom begin hy ditdan ook met ‘n baie mooi en dramatiese lied - eintlik ‘nloflied: “In die begin was die Woord, en die Woordwas by God, en die Woord was self God.” In Grieksstaan daar: Én àrché yn ò lògos, kaì ò lògos yn pròs tonØeòn, kaì Øeòs yn ò lògos. (Ek het Grieks probeerweergee in gewone skrif.)

Wanneer ons hierdie eerste verse lees, kan ons nieanders nie as om in aanbidding voor Jesus neer te val,want Sy almag en grootheid en oneindigheid word hierbeskryf.

Die eerste vyf verse van Johannes neem ons terug na diebegin van alles nog lank voordat die heelal bestaan het.Wanneer was daardie begin? Niemand weet nie, enniemand kan dit ooit bepaal nie. Die totaalonbegrypbare is dat Hy van ewig af was. Diesterrekundiges se teorie is dat die heelal sy begin gehadhet 15 duisend miljoen jaar gelede. Ja, Jesus was alreeds

INHOUD

Page 13: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

lank voor dit!

Nog meer indrukwekkend, is die feit dat Jesus die Eenwas wat verantwoordelik was vir die skepping vanhierdie einste heelal. Die vraag is al dikwels gevra: Hoegroot is die heelal werklik? As ons by onsself kan begin:ek is maar ‘n ou spikkeltjie op die aarde, maar net so isdie aarde ‘n klein spikkeltjie in die hemelruim, totaalverdwerg deur die ster waarom ons wentel, die son. Dieson, op sy beurt, is een van 300’000 miljoen sterre watin ‘n reuse plat skyf, genaamd die Melkweg draai. Dit is‘n galaksie wat 100’000 ligjare in deursnee is. As ons vatdat die son (wat baie ver van ons af weg is) slegs 8 lig-minute weg is, kan jy maar vir jouself uitwerk hoe groothierdie melkweg rêrag is. Maar kom ek vertel jou ‘n ougeheimpie: Die melkweg is sélf maar ‘n ou spikkeltjie indie heelal! Daar is miljoene soortgelyke galaksies in dieheelal, sommige selfs nog baie groter as die Melkweg.En nou wil sommige slim manne beweer dat die heelaldalk maar een van 'n klomp heelalle is!

Waarom gee ek vir jou hierdie verskriklike syfers? Maarnet om jou weereens te laat besef hoe groot enalmagtig die Skepper van dit alles, Jesus, is. En diewonder is dat selfs die kleinste detail, ‘n skoenlappertjieof blommetjie of kleurvolle tropiese vissie, nie vergeet isnie.

INHOUD

Page 14: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

‘n Verdere punt wat Johannes vir ons wil laat verstaan, isdat Jesus die Een is wat lewe gee. Die wetenskap hetbaie ver gevorder, en hulle beweer dat hulle al selfs(baie eenvoudige) lewe kan verwek uit chemiesestowwe. Die feit is egter dat slegs Jesus, die Skepper vanlewe, ware, sinvolle lewe kan gee. Die mens beweer dathy ook kan skep, maar om iets te skep, het jy materiaalnodig. Om byvoorbeeld ‘n pot te kan skep, het jy kleinodig. Jesus het alles geskep uit niks. Hy het ook lewegeskep uit niks!

Maar die lewe waarna hier verwys word, is nie maar netgewone lewe nie, maar dit dui op die ewige lewe watalleen Jesus kan gee.

In hierdie beknopte geskiedenis van die ontstaan vanalles, verwys Johannes ook na een van die wondere vandie skepping: Lig. Ja, Jesus het ook lig gegee, en hierdieLig het in die duister geskyn. Die duister waarnaJohannes hier verwys, is natuurlik die duister van diesondeval, wat gedreig het om die wêreld te oorweldig.

Het jy al ooit ware duisternis beleef? Ek was ‘n jongseun, toe ons eendag verneem van ‘n asemrowendegrot iewers in die Laeveld. Bewapen met flitsligte, hetons die berg opgeklim om by die grot te kom. Dit wasindrukwekkend, en ek het my verstom oor die reuse salewaardeur ons gegaan het. Ek het verdwerg gevoel deur

INHOUD

Page 15: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die indrukwekkende kunswerk van druipsteen wat soos‘n groot monster met ‘n gapende bek lyk. Die grot isvernoem na hierdie manjifieke beeldhouwerk: “Die Grotvan die Skreeuende Monster.” Jare later word ditontwikkel en kry dit die naam: Sudwala Grotte. Onsbesluit om almal ons flitsligte af te skakel. Die pik-giet-swart-nag donker is oorweldigend. Dan skakel iemand ‘nflou flitsie aan, en skielik is al die duister verdryf.

As een enkele klein gloeilampie die duisternis in daardiereuse grotsaal kon verdryf, hoeveel te meer nie diehelder ligglans van Jesus nie! Toe die duisternis van diesonde op sy ergste was, het Jesus se versoening aan diekruis eensklaps alles verander, en die duister is vir ewigoorwin. Ja, inderdaad is die duister steeds daar, maar ditkan die helder lig van Jesus nooit uitdoof nie.

Die woord “Uitdoof” kan egter ook anders vertaal word:dit kan beteken dat die duisternis die lig nie kon aanvaarnie. Ja, daar is menige mense wat daardie lig van Jesussien, maar dit steeds nie wil aanvaar nie. “Ek is nog niegereed nie”, hoor ek dikwels, of “Ek moet eers beterword!” Van die eerste verse tot aan die heel einde vanhierdie boek van Johannes kom die uitnodiging omdaardie wonderbare lig te aanvaar. Regdeur die boekhoor jy Jesus klop aan die deur van jou hart. Jy is dieenigste wat daardie deur kan oopmaak en Jesus inlaat.

INHOUD

Page 16: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

As jy dit nog nie gedoen het nie, is nóú die regte tyd!

Gebed:

Here, ek aanbid U, want U is groot en almagtig, dieSkepper, die enigste ware Lig.

INHOUD

Page 17: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Maak Jou Keuse

Johannes 1:6-13

Op ons ou plaas was kerse ‘n algemene ding. In elkekamer was daar een en hulle moes die klipharde donkersag maak. In die eetkamer, daar waar ons saans gesit engesels het om die tafel en waar alles maar gebeur het,het Ouma egter saans die Aladdin lamp aangesteek.Hierdie lamp het ‘n baie delikate asbes sakkie gehad watskitter-wit gegloei het, en ‘n helder wit lig gegee het watalles om jou verlig. Daar was nou vir jou ‘n wáre lig!

Johannes skryf van Johannes die Doper: Hy was soos ‘nkersie. Johannes was nou nie juis die ware lig nie maarsy doel in die lewe was om voorbrand te maak vir dieware Lig wat op pad was. Hy moes kom getuig en dit hethy met volle oorgawe gedoen, soveel so dat dit homuiteindelik sy lewe gekos het.

Ja, ek en jy is ook kersies. Ons doel is ook om van dieware Lig te getuig. Die vraag is egter wat ons met onskersliggies maak? Laat ons hulle skyn of steek ons hulleweg?

Maar eintlik gaan dit in hierdie gedeelte oor die wareLig, daardie Een wat soos die Aladdin lamp Sy ligglansskitterwit versprei: Jesus!

Ons ou Aladdin lamp het sy lig gegee in die eetkamer

INHOUD

Page 18: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

waar ons gesin saans saam was. Jy kon op een van tweemaniere daarop reageer: Jy kon daar in die glans van dielig lewe, of jy kon uit die vertrek stap, die donker in. Diekeuse was joune. Die wêreld het ook verskillendgereageer op Jesus, die ware Lig. Sommige heteenvoudig hulle rug op Hom gedraai en die duisternisingestap. Ander het weer met vreugde Sy lig aanvaar indie geloof. En daarmee kom ons by een van diebelangrikste aspekte van die Evangelie, naamlik dat jydaardeur gedwing word om ‘n keuse te maak. Elkeenwie se pad Jesus s’n gekruis het, moes net eenvoudigbesluit wat hy sou doen. Daarna is jy nooit weerdieselfde nie. Jy kan nooit ‘n neutrale keuse maak nie. Jykan Hom nie net eenvoudig ignoreer nie. Jy moetbesluit, óf vír óf téén Hom. Hierdie besluit kan jou totalelewe vir altyd verander.

In vers 10 en 11 vertel Johannes juis van ‘n groep mensewat besluit het téén Jesus. Hulle wou Hom nie asverlosser aanvaar nie. Die tragiese (en baie vreemde) isdat hierdie mense die eiendom van die Woord is. Hy hethulle geskape, maar skielik wil hulle niks van Hom weetnie. Hulle wil Hom nie erken nie. Erger nog: hulle wilHom nie eers kén nie. As Johannes sê dat hulle Syeiendom is, dan is dit nie maar net ‘n lewelose stukeiendom nie. Die woord dui eintlik iets van familie aan,

INHOUD

Page 19: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dus beteken dit eerder dat hulle deel van Sy familie is.Wat sake erger maak, is die feit dat hulle na Sy beeldgeskape is. Dink maar vir jouself: as jy na ‘n familielidvan jou stap vir wie jy baie omgee, en die persoon geejou ‘n vuil kyk, draai sy rug op jou en loop weg! Hoe soujy voel? Beslis baie seergemaak! So moet Jesus sekerook voel oor elkeen wat Hom as Messias verwerp.

Maar gelukkig het almal nie hulle rug op Hom gedraainie. Johannes noem van diegene wat Hom aangeneemhet. Wat beteken dit om Jesus aan te neem? Om te gloin Hom as jou Verlosser. Dit behels ‘n persoonlikeverhouding met Jesus waar jy jou totale vertroue opHom plaas en Hom onvoorwaardelik liefhet. Van Sy kantaf reageer Hy deur jou op te neem in Sy familiekring. Jyword ‘n kind van God en dus deel van die intieme gesinvan Jesus. Hoe word ‘n mens deel van ‘n gesin? Deurgeboorte. Wanneer ‘n baba gebore word, is hyoutomaties deel van die gesin. Het hy enige aandeel inhierdie geboorteproses? Nee! Mamma doen al dieharde werk. In die gesin van God is dit die Heilige Geeswat jou die wedergeboorte gee. Later sal ons sien (inhoofstuk 3) hoe Jesus vir Nikodemus verduidelik vanhierdie wedergeboorte.

“Maar dit maak nie sin nie!”, hoor ek al hoe iemandvir my sê, “Eers sê jy EK moet Jesus aanneem, en

INHOUD

Page 20: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dan sê jy weer God doen alles. Watter een is reg?”

Het jy al ooit op ‘n treinspoor gaan staan en die sporegoed bekyk? Waar kom hulle bymekaar? Nee, hulle kannie, want hulle is parallel aan mekaar. Maar die feit is dathulle in presies dieselfde rigting gaan. Maar ‘n trein kannie op slegs een spoor ry nie. Hy het altwee nodig. Netso is hierdie twee gedagtes albei waar: Ja, God doen aldie werk. En ja, ek moet die besluit neem. Dit is tweeparalelle lyne wat albei nodig is vir ‘n mens om ‘n kindvan God te kan word. As die een weggelaat word, gaanjou lewenstreintjie verseker ontspoor, want hy kan óóknie op net een spoor loop nie.

Ek weet vanoggend dat die meeste mense wat hierdiedagstukkie lees alreeds deel is van die gesin van God. Ekweet egter ook dat daar vanoggend iemand is wathierdie lees wat nog nie die besluit gemaak het om deelte word van die gesin nie. As dit jy is, dan wil ek pleit byjou om dit vandag nog te doen. Jou aandeel in die“transaksie” in maar baie klein. Hy doen al die res!Kontak my gerus by [email protected]

Gebed:

Here, ek bid vanoggend vir elkeen wat nog nie diebesluit geneem het om U te volg nie. Lê asseblief diebegeerte in hulle harte om ook U kinders te wil wees.

INHOUD

Page 21: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Koning Kom Kuier!

Johannes 1:14-18

Beteken die datum 27 Mei 1947 vir enigiemand ietsbesonders? Waarskynlik nie, maar in die NasionaleKruger Wildtuin was dit ‘n baie besonderse dag. Vir baielank was daar voorberei vir hierdie groot dag. In diePretoriuskop ruskamp is daar selfs spesiale hutte,koninklike hutte gebou vir ‘n baie besonderse besoekerwat daardie dag die wildtuin sou besoek en daar souoorslaap, niemand anders nie as die koning vanEngeland, koning George VI.

Toe die groot dag aanbreek, is die hekke van die wildtuinvir alle ander besoekers gesluit, en slegs die koning en sygevolg het die ongelooflike voorreg gehad om die ganseKruger Wildtuin vir hulleself te hê. Die Britse regeringhet ‘n versoekie gehad: dit sou darem baie gaaf wees asKoning George en een van die prinsesse elkeen ‘n leeukon skiet. Stevenson-Hamilton, die parkhoof, het ampervan sy stoel afgeval toe hy daardie versoek hoor. Nee, ditsou nie deug nie, en die koning moes maar sy jag-geweer tuis laat. Vir ‘n volle dag lank het hierdie stoetdie wildtuin deurkruis, en doodmoeg die aand byPretoriuskop aangekom vir ‘n nag in die Afrika bos.

Die organiseerders van die koninklike huishouding het

INHOUD

Page 22: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

egter besluit dat dit te gevaarlik sou wees. Die koningkon net dalk miskien malaria opdoen. Hy moes die nagmaar tevrede wees om in sy trein te slaap op Witrivier.Hy het dus nooit in die hut, wat spesiaal vir hom gebouis, geslaap nie!

As jy mooi dink, is hierdie eintlik ‘n absurde verhaal van‘n koning vir wie die wêreld nie goed genoeg was nie.Onthou, Suid-Afrika was toe nog ‘n Britse kolonie, endus deel van Koning George se Koninkryk.

Hoe wonderlik, verfrissend anders is die nuus watJohannes kom gee nie! Die Woord (Jesus) is die Koningvan alle konings en die Eienaar en Skepper van die ganseheelal! Hy het mens geword en onder ons kom woon.Daar staan letterlik dat Hy kom tent opslaan het tussenons. Ons moet dit lees in die konteks van die volk Israel,toe hulle as ’n nomadiese volk deur die woestyn geswerfhet en in tente gewoon het. Die tent van die Here (dietabernakel) is tussen die volk opgeslaan en daar het dieHere gewoon. So anders as koning George, wat so hoogverhewe was dat niemand anders naby hom toegelaat isin die wildtuin nie, het Jesus (die Woord) een van onsgeword en Hom gemeng met ander mense. Selfstollenaars, Samaritane, sondaars en doodgewonevissermanne! Anders as koning George, vir wie selfs ‘nsplinternuwe, baie spesiale hut in Pretoriuskop nie eers

INHOUD

Page 23: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

goed genoeg was nie, het Jesus dikwels buite in die veldop die harde grond geslaap. Hy is immers in 'n vuil,stinkende stal gebore! Hy het swaarkry geken en siektesen gevaarlike situasies het Hom nie afgeskrik nie.

Koning George het homself gedistansiëer van gewonemense. Hy was immers koninklik! Koning Jesus, aan dieander kant, was menslik toeganklik. Selfs kindertjies konna Hom toe kom met vrymoedigheid, al was hulleonrein en bloot as eiendom gesien.

Kyk, ons moenie vir een oomblik maar aanneem datJesus “gewoon” was nie! Johannes maak dit baieduidelik dat ons Sy heerlikheid en genade aanskou het.In alles wat Hy gedoen het gedurende daardie drie jaarvan Sy bediening op aarde, het mense verstom gestaanoor Sy krag en wysheid en majesteit. Geen wonderwerkwas te groot vir Hom nie, en selfs die natuurkragte wasHom gehoorsaam. Die hemel het vir Hom oopgegaantydens Sy doop. Genade het Hy in oorvloed gehad. Onssien dit wanneer hy die vrou wat owerspel gepleeg hetvergewe. Ook wanneer Hy die Samaritaanse vrou metdie duistere geskiedenis stuur om te gaan preek, en diemal man in die begraafplaas op ‘n sending stuur omalmal van Hom te vertel.

In vers 18 kom Johannes by die hoogtepunt, die kernvan hierdie pragtige lied. Hy maak die bewering dat

INHOUD

Page 24: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

niemand God nog ooit gesien het nie. Maar dan kom dieverrassende: Jesus het God aan ons kom bekend stel. Hyis self God, dus het die mense van 2000 jaar gelede dieunieke voorreg gehad om God in lewende lywe teaanskou.

Vandag is die enigste wat verander het, die feit dat Jesus‘n verheerlikte liggaam het en dat Hy nie nou meer virons fisies sigbaar is nie. Hy woon egter steeds onder onsin dié sin dat Hy alomteenwoordig is, en dat Hypersoonlik bemoeienis maak met elkeen van ons. Ditmaak dus nie saak wie jy is nie. Jesus beskou Homselfnie as te verhewe om by jou te wees en met jou tegesels nie, al is Hy God almagtig, die Skepper van dieheelal en Koning van alle konings. Al moet ek Homsteeds die respek en eer gee wat ‘n Koning van Systatuur behoort te kry, kan ek terselfdertyd ook metHom gesels oor my elke dag se behoeftes en my smarte.Ek kan my blydskap en vreugdes met Hom deel. Hy is niesoos enige ander koning nie. Jesus is waarlik uniek! Daaris slegs EEN soos Hy! Kom ons aanbid Hom daarvoor.

Gebed:

Jesus, ons eer U, opgestane Heer, Lewensvors enKoning, U wat triomfeer!

INHOUD

Page 25: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus Tussen Ons

Johannes 1:19-28

Daar is onder die Joodse volk ‘n baie groot verwagting.Vir baie jare al word hulle onderdruk deur die Romeinewat die ganse wêreld in hulle mag het. Is daar ooithoop? Is daar ooit ‘n uitkoms in sig? Daniël het in syvisioene die hoop gelê by die volk dat God in beheer is,al gaan dit ook hóé sleg, en al is die verdrukking ook hóégroot. Hy het ook by hulle die verwagting geskep dat dieuitkoms op pad is en dat die Here die Messias sou stuur.

Maar ‘n ander profeet, Jesaja het ‘n nóg groterverwagting by die volk geskep. Sowat 530 vC word diebaie bekende Jes. 40 geskryf waarin die aankoms vandie Koning beskryf word. Op daardie stadium was dievolk in ballingskap, en die land was in ‘n liederliketoestand. Paaie het selfs nog erger gelyk as watsommige van ons plattelandse paaie vandag lyk. Waareenmaal ‘n hoofweg was, was dit nou ‘n kronkel-voetpaadjie, besaai met klippe. Op só ‘n pad kan dieKoning, wat op pad is na Jerusalem, tog nie ry nie?Iemand moet vooruit gaan en die klippe wegrol en diepad reguit maak vir die triomfantlike intog van dieKoning na Sy hoofstad. Die gate moet opgevul word endie pad moet rybaar en mooi gemaak word.

INHOUD

Page 26: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Daar moet egter ook iemand vooruitgaan om dieaankoms van die koning aan te kondig, want dit saldarem ‘n skande wees as die Koning in Jerusalemaankom ná die ballingskap, en daar is niemand om Homte verwelkom nie! Almal moet weet dat hierdie niesommer enige ou leiertjie is nie, maar die Koning. En Syontvangs moet groot en glansryk wees. Almal moet daarwees.

Nou verskuif die toneel 560 jaar aan. Daardie Koningwaarvan Daniël en Jesaja geskryf het, was inderdaad oppad. Die tyd was ryp, en die Messias-verwagting onderdie Jode het hoog geloop. Vir eeue het die Jode nooit ‘nware profeet gesien nie, en nou skielik is hier iemand indie land wat baie snaaks optree. Hy preek nes dieprofete van die ou tyd, en hy is baie anders as enigeenwaaraan hulle gewoond is. Boonop doop hy links en regsalmal wat na sy preke kom luister. Jy was nie sommernet gedoop nie! Dit is iets wat slegs gedoen is wanneeriemand van buite by die Joodse volk kom aansluit. Diedoop was dan ‘n soort reinigingsritueel tervoorbereiding van sy inskakeling. Maar Johannes doopvoor die voet, selfs Jode. Dit het nie sin gemaak nie! Watwas aan die gang? Dit laat die kerkleiers wonder of hynie dalk die Messias is nie?

‘n Hoë afvaardiging van geestelikes word gestuur om te

INHOUD

Page 27: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gaan ondersoek instel. Dit is interessant om te weet dathierdie mense eerlike bedoelings gehad het. Hulle stuurnie ‘n politieke afvaardiging nie, maar priesters enLeviete, dié mense wat met die geestelike dinge besig is.Terloops, die Leviete was uit die stam van Levi, en hullemoes diens doen in die tempel om die priesters methulle take te help. Hulle was ook verantwoordelik ommusiek te maak in die tempel.

As die manne by Johannes kom, wil hulle weet of hy dieMessias is, en hy ontken dit heftig. Die Jode het geglodat Elia die Messias sou voorgaan, of dan ten minste ‘ngroot profeet soos Elia. Maar ook dít ontken Johannes.Hy is maar net die stem wat roep, die een wat dieaankoms van die Koning aankondig. En hy is die een watdie pad gereedmaak vir die Koning om op te ry.

En dan sê Johannes die skokkende ding: “Tussen jullestaan die Messias en julle herken Hom nie!”

Hoe profeties was hierdie woorde van Johannes nie!Inderdaad het Jesus kort na hierdie gebeurtenis beginoptree en die mees asemrowende wonderwerkegedoen en gepreek en per geleentheid openlik verklaardat Hy die Messias, die Seun van God is. Maar steedshet die geestelikes Hom nie herken as die Een na wiehulle kom soek het nie. Vandag, tweeduisend jaar later,wag die Jode nog steeds tevergeefs op die koms van die

INHOUD

Page 28: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Messias. Ons kan maar net bid dat hulle oë sal oopgaanvoor die tweede koms van die Koning. Maar ons kan dieHere dank dat daar darem al ‘n handjievol Jode is watJesus al ontdek het.

Maar waar laat dit ons, my en jou? In die eerste plekmoet ek seker maak dat ek wél vir Jesus herken het, endat ek ‘n persoonlike verhouding met Hom het. As ditdie geval is, het ek en jy in ‘n sekere sin dieselfde taak asJohannes, om die triomfantlike aankoms van die Koningaan te kondig aan almal wat nog nie van Hom weet nie.Ja, soos in Johannes se tyd, is al die tekens daar datJesus se wederkoms op hande is. Die tyd is swaar-swanger! Maar ons het ook die taak om die pad vir Homgelyk te maak. Die tyd is kort! Ons durf nie nou op onslouere sit en rus nie. Elkeen wie se pad ons kruis moetweet van Jesus. Inderdaad is Hy tussen ons, saam metons. Daar is egter baie mense wat Hom nie herken nie.Dit is ons taak om Jesus bekend te stel aan elkeen metwie ons in aanraking kom. Kom ons doen dit!

Gebed:

Here, vanoggend aanbid ek U as die lewende Here - dieEen wat tussen ons is. Gee my die ywer om U aan elkeenvoor te stel.

INHOUD

Page 29: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Lam van God

Johannes 1:29-34

Händel het jare gelede die asemrowende Paaskantatageskryf: “Die Messias.” Meeste mense onthou egter netdie Hallelujakoor daaruit. In die kantata is daar egter 'nhele reeks wonderlike liedere. Vanoggend weerklink eenvan die aangrypende gedeeltes uit Händel se Messias inmy gedagtes: “Behold: The Lamb of God! Behold:The Lamb of God!” Dit eggo deur my hele wese. “Dááris die Lam van God”.

Wat het Johannes só ‘n ding maak sê? Sékerlik moesJohannes vir Jesus geken het as kind en jong man. Hullewas immers familie. Johannes moes ‘n vermoede gehadhet wie Jesus waarlik was, want as ons die gedeelte oorJesus se doop lees in Matteus 3:13-17, sien ons hoeJohannes terugdeins wanneer Jesus hom versoek omHom te doop. Hy het homself nie waardig geag om Jesuste doop nie. Maar die bevestiging op sy vermoede heteers gekom direk na die doop, toe die groot wondergebeur wat Johannes in sy diepste wese geruk het. Diewonder van die hemel wat voor sy oë oopgegaan het, endie Heilige Gees wat neerdaal op Jesus in die vorm van‘n duif. En dan daardie stem uit die hemel, die stem watalleen aan God kan behoort: “Dit is My geliefde Seun.Oor Hom verheug Ek My.”

INHOUD

Page 30: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Baie mense is onder die indruk dat die Heilige Geesslegs in die Nuwe Testamentiese konteks gemeld word.Dit is egter nie waar nie. In die eerste verse van Genesis(Gen 1:2) sien ons al dat die “Gees van God” betrokkewas by die skepping. Ons sien ook telkemale dat dieHeilige Gees op belangrike persone met ‘n spesifieketaak gekom het, soos konings, profete en rigters. In 1Samuel 10:10 lees ons só van Saul: “Die Gees van Godhet kragtig in hom gewerk”. Daar is dikwels gemelddat so ‘n persoon deur die Gees gesalf is. Die HeiligeGees het sulke mense dan besonderse krag gegee omhulle take af te handel. Baie goeie voorbeelde hiervan isGideon, Simson en Dawid.

Wanneer die Heilige Gees dus op Jesus kom, kry Hy ‘nspesiale taak wat Hy moet gaan uitvoer, en hiervoor geedie Gees Hom ‘n besonderse krag. Sy openbare optrede(bediening) begin van hierdie dag af, en mense staanverstom oor die dinge wat deur Hom gebeur.

Drie jaar later gebeur die grootste wonderwerk egter,toe Jesus die Heilige Gees “aangee” aan alle gelowiges.Skielik is die krag van die Heilige Gees nie meer beperktot slegs uitgesoekte, spesiale mense nie, maar is dit totbeskikking van elkeen wat deel is van die gesin vanJesus.

Dit is hierdie gebeure wat Johannes die profetiese

INHOUD

Page 31: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

woorde laat sê het: “Dáár is die Lam van God wat diesonde van die wêreld wegneem”. Of Johannes werklikdie volle omvang van sy woorde besef het, is tebetwyfel. Hierdie “Lam” na wie Johannes verwys konook een van ‘n paar betekenisse hê: Dit kon die Paaslamwees wat geslag is ter herinnering van Israel severlossing uit Egipte. Of die Offerlam wat elke dagvolgens die voorskrifte in Eksodus 29:38-42 geoffer is.Dit kon egter ook die skaap of bok wees wat op diegroot Versoendag in die woestyn ingestuur is om dievolk se sondes weg te neem.

Dit maak egter nie saak watter een van hierdiemoontlikhede ons kies nie - die boodskap bly presiesdieselfde. Al het Johannes dit op daardie stadium niebesef en verstaan nie, was Jesus die Lam watgeslag/geoffer sou word in die ware sin van die woord.Hy sou drie jaar later wreedaardig “geslag” word asfinale offer tot versoening van die volk se sondes. Maardié slag nie alleen vir Israel se sondes nie, maar vir dieganse wêreld s’n. As Paaslam kan ons vandag Sy slagtingherdenk. Nie oor die Israeliete se verlossing uit Egiptenie, maar oor óns verlossing van die mag van die sonde.

As ons mooi oor die ware betekenis van hierdie woordedink, dan kan ons maar net in dankbaarheid voor onsVerlosser neerval, want die prys wat Hy betaal het is

INHOUD

Page 32: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

onmeetlik groot. Die feit is dat God ‘n regverdige Regteris, en dat Sy heilige Wese so skoon en rein is, dat Hy nieanders kan as om die swaarste straf te gee op sonde nie.Daar is nie plek vir sonde in God se Koninkryk nie, dusmoet die persoon wat teen Hom sondig die straf van diehel kry, ‘n ewige straf, weg van die aangesig van God af.Jesus het egter as Offerlam met Sy lewe betaal, en diestraf op Hom geneem sodat ek en jy vrygespreek kanword van daardie verskriklike straf. Daar is egter ‘nvoorwaarde, een wat Johannes later onomwondeuitspel: Om jou geloof in Jesus te vestig.

En daarom kan elkeen wat deel het aan daardie offervan die Lam vandag Jubel en die Here dank deur ‘n lewevan dankbaarheid te leef. Die “pakket” wat Jesus egterbied is baie groter as net ‘n lewe van dankbaarheid,want soos ons reeds gesien het is die Heilige Gees deelvan hierdie nuwe lewe wat Hy gee. Die Heilige Geesmaak die Woord van God vir jou lewend, en nou is dieBybel nie meer net ‘n geskiedenisboek vol mooi storiesen gedagtes nie, maar dit word God se riglyn vir joutotale lewe. Soos wat die Heilige Gees vir Jesus kraggegee het en toegerus het vir Sy bediening, en so ooklater vir die apostels, so doen Hy vandag ook vir my enjou as ons Hom toelaat.

Gebed:

INHOUD

Page 33: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Dankie Here, dat U ook die Heilige Gees vir onsgegee het.

INHOUD

Page 34: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Andreas die Evangelis

Johannes 1:35-42

As ek sou sê dat Johannes die Doper die héél eersteevangelis was, sou meeste mense dalk met mysaamstem. Hy was immers die een wat van Jesus getuighet. Daar was egter iemand anders wat met sy heeleerste ontmoeting met Jesus gehardloop het om andermense na Jesus te bring. Maar nou loop ek die verhaalvooruit!

Die dag na Johannes se getuienis oor Jesus is hyweereens besig om mense te doop toe Jesus daarverbyloop. Johannes kyk op: “Dáár is die Lam vanGod”, sê hy terwyl hy stip na Jesus kyk. Twee van sy eiedissipels hoor dit, en dadelik is hulle baie geïnteresseerdin Johannes se opmerking. Hulle los hulle leermeesternét daar en loop agter Jesus aan.

Vir ‘n rabbi soos Johannes was dit ‘n klap in die gesig asjou leerlinge jou só soos ‘n sak patats los om agter ‘nander, beter rabbi aan te loop. Vir Johannes was ditegter werksbevrediging, want hy het sy doel bereik. Ditwas immers waarvoor hy daar was, om die pad voor teberei sodat mense Jesus kon volg.

Ek bedryf hierdie dagstukkie-bediening onder dievaandel van die NG Kerk. As iemand egter deur my

INHOUD

Page 35: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

bediening vir Jesus sou ontmoet en hy skakel in by dieAGS of Baptiste of watter ander Christelike kerk ookal,sal ek jubel en juig, want ek werf nie lidmate vir die NGKerk nie, maar ek werf volgelinge vir Jesus! Johannes hetpresies ook dit gedoen. Hy het volgelinge vir Jesusgewerf.

Wanneer Jesus die twee manne agter Hom sienaandrentel, wil Hy weet wat hulle dan nou soek? Hulleantwoord is half onseker - ontwykend: “Waar gaan U tuisRabbi?” Jesus gee nie bloot ‘n adres of Sybesigheidskaartjie nie. Nee, Hy nooi hulle uit: “Komsaam, dan sal julle sien.” Wat daar alles daardie middaggepraat is, weet ons nie. Die twee manne het egter sóaan Jesus se lippe gehang, dat hulle die ganse middagdaar spandeer het.

En toe kan Andreas dit nie langer hou nie: hiérdie Rabbiwat hy ontmoet het, móét hy eenvoudig met anderdeel! Hy spring op en hardloop na sy broer, Simon, envertel hom van die wonderlike Rabbi wat hy ontdek het.Hy sleep vir Simon saam na Jesus toe.

Maak Jesus jou óók so opgewonde dat jy Hom neteenvoudig nie vir jouself kan hou nie? Is dit vir jou ookso ‘n obsessie om ander mense na Jesus toe te vat sodathulle Hom kan ontmoet? Ek het al verskeie verhalegehoor van iemand met so ‘n obsessie, en dan word die

INHOUD

Page 36: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

persoon wat hy na Jesus lei ‘n evangelis wat duisendemense vir die Koninkryk werf.

Van Andreas hoor ons nie juis weer veel in die NuweTestament nie. Slegs twaalf keer word sy naam vermeldas een van die dissipels. Hy kry nêrens erkenning vir ietsbesonders wat hy gedoen het nie. Nogtans het Andreasgesorg vir ‘n groot opskudding in die geskiedenis van diekerk. Die dag toe hy vir Simon na Jesus toe gebring het,het die groot hoekpilaar van die kerk, die Petrus-Rotswat die kerk van Jesus geloods het in wording gekom.

Ja, ou Simon was maar ‘n rowwe, ongekunstelde,heethoofdige visserman wat gepraat en dikwels gedoenhet voordat hy gedink het. Hy was beslis ‘n baieonwaarskynlike kandidaat vir die pos van evangelis. Nogbaie méér onwaarskynlik as die leier van die ganseChristelike kerk. Maar Jesus het dwarsdeur hierdie hardedop gekyk toe Andreas hom daar aanbring. Hy hetonder die harde kors ‘n juweel gesien. “Jy is Simon seunvan Johannes”, sê Jesus vir hom, as Hy stip na dieongemaklike Petrus kyk. “Jy sal Sefas genoem word.”Sefas is Aramees vir “Rots”. In Grieks is dit “Petrus”. Synaam word minstens 160 keer genoem in die NuweTestament, naas Paulus die naam wat die meeste maleverskyn. Petrus se invloed op die kerk was astronomies.Dit het wel ‘n volle drie jaar geneem om daardie harde

INHOUD

Page 37: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dop te deurdring, maar na Pinksterdag sien ons in Petrus‘n onverskrokke leier wat duisende mense met homsaamvat om die triomfantlike kerk van Jesus te bou.

En waar het dit alles begin? By ‘n Andreas watopgewonde was oor Jesus, en bereid was om iemandanders na Jesus toe te lei. Andreas het nie baie opleidinggehad nie. Hy het maar een enkele middag in Jesus segeselskap deurgebring. Dit was egter oorgenoeg om vanhom ‘n evangelis te maak.

Dikwels voel ons dat ons eers ‘n EEIII en GetroueGetuies kursus plus 'n paar ander moet deurtrapvoordat ons dit durf waag om met iemand oor Jesus tegesels. Al wat Jesus van jou en my vra is om bereid tewees. Ons het immers die Heilige Gees om ons te lei in‘n gesprek! Dit is nie die taak van ‘n leraar om mense naJesus te lei nie. Daardie taak behoort aan doodgewonegelowiges, ek en jy! Andreas het dit bewys, en die tallenuwe gelowiges na die “Pinksterontploffing” het ditweereens bewys toe dit nie die Apostels was wat dieEvangelie uitgedra het nie, maar doodgewone mense.Petrus en sy maters het slegs leiding gegee.

Gebed:

Here, maak my asseblief gewillig om soos ‘nAndreas ander mense na Jesus te lei.

INHOUD

Page 38: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus is God

Johannes 1:43-51

Die inwoners van die skilderagtige dorp waar ekgrootgeword het, Waterval Boven, was baie patriotiesteenoor hulle dorp. Moontlik was dit as gevolg van diepatriotisme wat uitgestraal het uit ‘n baie spesialeonderwyser: Oom Fred Geyser. Vandat ek my verstandhet, het hy daar gebly. Toe ek 'n paar jaar gelede daarwas, was hy steeds daar, steeds in presies dieselfde huisas sestig jaar gelede.

Sowat 15 kilometer van Waterval Boven af is daar ‘nander, baie kleiner dorpie genaamd Machadodorp. Onshet altyd met minagting van hierdie dorpie en syinwoners gepraat, en jy het so min moontlik tyd daarspandeer. Machadodorp was net eenvoudig benede onswaardigheid. Selfs vandag weet min mense van diebestaan van Machadodorp. Kon daar óóit iets goed uitMachadodorp kom? Wel, dalk was dit suiwer jaloesiewat ons so laat voel het, want Machadodorp het ietsgehad wat Waterval Boven nooit beskore was nie. Daarwas 'n wonderlike warmwaterbron wat talle besoekersgelok het. Inderdaad was daar dus iets báie goed inMachadodorp!

In die landstreek Galilea was daar ‘n niksbeduidende

INHOUD

Page 39: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dorpie met die naam Nasaret. Ek wil hom ampervergelyk met Machadodorp. Op hierdie einste dorpiehet Josef gewerk as timmerman. Daar het Jesus by PaJosef die ambag geleer. Nes Machadodorp het daarblykbaar nie veel aangegaan op die dorp nie. Selfs diemense uit die omgewing het neergesien op die inwonersvan Nasaret. Die kerkleiers was nog minder beïndrukmet hulle, want volgens die ringkoppe het die mensevan Galilea nie geleef soos wat hulle baie strengvoorskrifte aanbeveel het nie. Die inwoners van Galilea,en veral Nasaret was deur hulle geminag. En met hierdie“Nasaret” bordjie om Sy nek moes Jesus begin met Sybediening.

As Rabbi het Jesus alreeds twee volgelinge gehad:Andreas en sy broer Sefas (Petrus). Nou loop Hy virFilippus raak, en Hy nooi hom uit: “Volg My”. Hierdieuitnodiging het baie meer behels as wat dit op die oogaf lyk. Dit sou beteken dat Filippus alles moes los en niealleen saam met sy nuwe Leermeester gaan en na Homluister nie, maar hy sou die voorbeeld van sy Meestermoes navolg en leef soos Hy leef. Filippus het geweetwat dit behels om ‘n Rabbi te volg, en hy was bereid omdie groot stap te neem. Om ‘n volgeling te wees,beteken ook dat jy ander volgelinge moes werf, en vandag een af het Filippus dit gedoen: hy het vir Natanael

INHOUD

Page 40: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

raakgeloop en vir hom van Jesus vertel. Hy vertel virNatanael dat hulle die Een gekry het van wie Moses endie profete geskryf het, met ander woorde die Messias.

Ons is so geneig om die Ou Testament vandag eenkantte skuif en slegs die Nuwe Testament te lees. Dikwelssien ons die Ou Testament as ‘n geskrif vol gru-verhalevan oorlog en moord en verraad en egbreuk. Daarbykom die stringe en stringe argaïese wette wat absoluutniks te doene het met ons lewe vandag nie. As ons egtertoelaat dat die Heilige Gees ons begelei deur die OuTestament, sien ons die voetspore van God dwarsdeurdie Ou Testament loop. Ons sien tussen al diebloedvergieting en doodslag van die mense, die geduld,genade, liefde en vergifnis van God soos ‘n goue draadloop. En as ons mooi kyk, ontdek ons vir Jesus daar. Ds.Danie Haasbroek beskryf in sy boek “Die wonder vanJesus in die Ou Testament” hoedat Jesus telkemale indie Ou Testament na vore tree. Die Ou Testament is ‘nintegrale deel van die Woord van God, en die God vandie geskiedenis praat vandag, na duisende jare met onsdeur Jesus.

Toe Natanael hoor dat Jesus uit Nasaret kom, is hyverbaas, want “kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” Isdit ooit moontlik dat die lang verwagte Messias uit so ‘nverfoeilike dorpie kan kom? Hy moes darem ten minste

INHOUD

Page 41: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

uit Jerusalem gekom het, daar waar die tempel is, enwaar Dawid regeer het! Dalk is ons vandag ewe verbaasas ons verneem dat Jesus in die Ou Testament ook is!

As Natanael egter by Jesus kom, tree Jesus seGoddelikheid duidelik na vore wanneer Hy laat blyk datHy vir Natanael ken, al het Hy hom nog nooit gesien nie.Natanael kan sy ore nie glo nie, want Jesus weetabsoluut alles van hom af! Hy erken Jesus as die Seunvan God en die Koning van Israel.

Wat Natanael egter daar beleef het was maar net diebegin. Hulle sou nog “die hemel oop sien”(v 51).Ongekende wonderwerke sou hulle beleef, en die wareGodheid van Jesus sou hulle eerstehands aanskou. Jesuswas juis op pad na Galilea, en daar in die dorpie Kana,die tuisdorp van Natanael, sou die eerste asemrowendewonderwerk by ‘n huweliksonthaal plaasvind.

Het jy al vir Jesus as die Almagtige God ontdek? Is Jesuswaarlik vir jou die Koning wat op die troon sit en regeer?Is Hy waarlik vir ons die Een voor Wie ons moet neervalin aanbidding? Ons vergeet te maklik wie Jesus waarlikis. Ja, natúúrlik is Hy die Een wat by ons is en ons handvashou en vertroos. Maar ons mag nooit vergeet dat Hyterselfdertyd ook die Skepper is, en baie hoog bo onsnietige mensies verhewe is nie. Aan Hom kom al die eeren lof en aanbidding toe!

INHOUD

Page 42: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here Jesus, ek aanbid U vandag, en ek wil aan U almy lof en dank bring.

INHOUD

Page 43: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Bruilof in Kana

Johannes 2:1-11

Die nuwe Rabbi, Jesus, en Sy handjievol eerste dissipelskry ‘n uitnodiging na ‘n bruilof. Nou weet ons datbruilofte in Israel ‘n lang uitgerekte affêre was watdikwels ‘n week lank kon duur. Ek wil amper vir Jesus sê:“Here, daar is nie tyd vir sulke alledaagseonbenullighede nie. Die tyd is kort! U wéét mos dat Unet drie jaar het om alles af te handel!” Maar dan hoorek Jesus se rustige stem as Hy vir my sê: “Toemaar Louis,moenie bekommerd wees nie. Hierdie bruilof is ‘n baiebelangrike mylpaal.”

Kom, ek nooi jou uit om saam met my na hierdie bruiloftoe te gaan. Ons bly naby Jesus, want ek is baienuuskierig om te sien presies wat Hy bedoel het.

Ons stap die vertrek binne, agter Jesus en Sy dissipelsaan. Van ver af kon ons al die musiek en gelag envrolikheid hoor. Binne is dit ‘n baie jolige affêre: dit dansen sing en vier fees dat dit ‘n aardigheid is. Heimlikwonder ek waarom Jesus Hom met sulke joligheidophou. Is Sy bediening op aarde dan nie veronderstelom iets baie ernstig te wees nie? Ek vly my gemaklikneer op 'n kussing langs een van die tafels. Maria, Jesusse moeder groet ons hartlik. Sy is al van eergister af hier.

INHOUD

Page 44: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Eetgoed is daar in oorvloed, en die atmosfeer is een vangroot vreugde.

Maar gou sien ek dat alles nie so baie kosjer is nie. Ekmis my ou rooiwyntjie, wat so kenmerkend van enigebruilof is. Dan sien ek hoe Maria oorleun na Jesus toe.Sy lyk bekommerd. Ek spits my ore om te kan hoor watsy sê bo die lawaai uit. “Die wyn is op!” is al wat ek kanuitmaak. Dis ‘n ramp! Wat gaan Jesus doen? Ek sien hoeHy sy kop skud. Nee, Hy gaan nie help nie. Dan besluitHy tóg om die arme bruidegom, wat veronderstel is omdie wyn te voorsien, uit sy verknorsing te help. Hybeduie iets vir Maria, en dan verdwyn sy. Die volgendeoomblik begin die kelners water aandra na die grootklipkanne toe wat gebruik word vir die reinigingsrituele.Al sewe die reuse kanne word propvol gemaak. En danbeduie Jesus vir die kelners om van die water uit te skepen vir die seremoniemeester te gaan gee.

Ek sien hoe die man se gesig ophelder as hy die “water”proe: Dis nie water nie - dit is wyn! Héérlike wyn! ‘n Volle700 liter daarvan! Ek loer in die rigting van Jesus sedissipels. Hulle is in ekstase! Nou wéét hulle dat hullekeuse om Jesus te volg die regte een was.

Ek wonder oor die betekenis van al hierdie gebeure. Endan gaan daar skielik vir my ‘n liggie op. Jesus het met ‘ndoel na hierdie bruilof gekom. Dit was nie maar net tyd

INHOUD

Page 45: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

uithang en partytjie hou nie! Hy het simbolies hier diepligte van die bruidegom kom oorneem deur die wyn tevoorsien. En dan onthou ek dat Johannes in Openbaring19:5-10 geskryf het van die “bruilof van die Lam.” Daarword Jesus beskryf as die Bruidegom. En as Bruidegomby uitstek, voorsien Hy in oorvloed. Wie sal ooit 700 literwyn opdrink op ‘n bruilof?

Maar daar is meer: Amos het mos geprofeteer vanhierdie wyn wat so in oorvloed sou vloei met die komsvan die Messias. Gaan lees gerus weer daardie laastehoofstuk (Amos 9:13-14), waar hy sê dat die wyn van dieberge sal afdrup. Dit is vir jou oorvloed!

Nou begin dinge vir my in plek val. Ek kyk na dieklipkanne. Daar is iets omtrent hulle! Waarom het Jesusnou juis besluit om Sy wyn in reinigingskanne te maak?Wat sou Hy daarmee wou sê? En dan skielik sien ek dit:Daardie kanne is gebruik om die water in te hou vir dieJode om hulle reinigingsrituele na te kom, soos wat diewet vereis. Dit is met ander woorde kanne wat die wetversimboliseer. Wat doen Jesus? Hy verander dit in ietswaarmee ’n mens feesvier. Die wetskanne word noufeeskanne! Omdat Jesus, die Bruidegom hier is, is onsnou nie meer aan die wet gebonde nie maar kan onssaam met Hom feesvier.

Iets wat my laat wonder het, is waarom Jesus eers

INHOUD

Page 46: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

geweier het om aan Maria se versoek te voldoen, en toedoen Hy in elkgeval die wonderwerk? Ek dink dat Jesusdaarmee wou sê dat Hy nie deur mense voorgesê kanword wat om te doen nie, nie eers Sy moeder nie. Maarwat Hy gedoen het was die wil van Sy Vader, en daaraanalleen was Hy gehoorsaam.

Ek sien hoe Jesus se dissipels in verwondering na hulleMeester kyk. Vandag het hulle geleer dat Hy nie sommerenige Rabbi is nie, maar dat Hy mag en heerlikheid het.Is Hy dalk waarlik die Messias?

Hoe sien ek en jy vir Jesus? Ons is geneig om Hom tesoek in die bonatuurlike. Dalk moet ons ‘n slaggie ons oëoopmaak en Hom soek in die doodgewone, alledaagsedinge van die lewe, soos ‘n bruilof! Om Jesus te herken,moet ‘n mens bereid wees om die klein wonderwerkewat elke dag in jou lewe gebeur raak te sien en Jesus ingeloof daarin te herken. Maar dan moet ons ook dieregte ding doen en Hom al die eer gee vir hierdie dinge.Loof Hom met jou hele hart!

Gebed:

Here Jesus, U is God en Heer! Dankie vir al Uwonderdade wat ek elke dag kan beleef.

INHOUD

Page 47: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Tempelreiniging

Johannes 2:13-22

Jesus en Sy dissipels gaan na Jerusalem toe om Paasfeeste gaan vier. Wanneer presies dit in die kronologie inpas,is nie baie seker nie. Wanneer ons vandag geskiedenisneerskryf, dan maak ons seker dat dit in die korrektekronologiese volgorde is. Vir die Jode was dit niebelangrik nie. Wat wél belangrik was, was om die regteboodskap op die regte plek neer te skryf. Volgens anderevangelies het hierdie gebeurtenis eers reg aan dieeinde van Jesus se bediening plaasgevind. Ons moenieons koppe breek oor die volgorde nie. Johannes wou 'nbaie belangrike boodskap tuisbring, en dit het presieshier in sy Evangelie ingepas.

Wat presies het daardie dag by die tempel gebeur? Dieagtergrond van dit alles is dat mense baie ver gereis hetom in Jerusalem te kom om in die tempel te kom offer.Hulle moes op donkies ry of dikwels selfs te voet daarkom. Dit het dikwels ‘n week of langer geneem. Om so‘n reis aan te pak met ‘n skaap of twee, of dalk ‘n paarduiwe, was alles behalwe prakties. En as jy dit nog soudoen, dan het hierdie offerdiere maar bitter vaal gelykaan die einde van jou reis. En daar het die wisselaars,soos dit enige goeie Jood betaam, ‘n nis in die markgesien. Vaal diere is omgeruil vir mooi blinkvet diere wat

INHOUD

Page 48: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

aanneemlik sou wees vir offer. Teen ‘n prys natuurlik! Ofjy kon daar reg in die tempelplein vir jou ‘n offerskapiekoop.

Geld was ‘n ander kwessie: Romeinse geld was totaalverbied in die tempel, want daar was ‘n beeld op, diévan die keiser. Die wet sê baie duidelik dat jy nie vir jou‘n gesnede beeld mag maak nie, en wat was hierdieanders as 'n gesnede beeld van die goddelose keiser?Dit moes omgeruil word vir Joodse geld. Teen ‘n prys,natúúrlik. En selfs met die Joodse geld was daar ‘nprobleem, want die metaal in die munte was nie altyd sosuiwer nie want smelterye was daardie jare maarprimitief. Slegs suiwer munte mag vir offergeld gebruikword. En weereens moes die arme mense maar betaalom hulle munte om te ruil.

Intussen word die wisselaars ryk uit ander mense seprobleme. Ons kan maklik sê dat hulle maar net ‘nbesigheid bedryf het. Die probleem is dat geld hulleafgod geword het, en hulle het mense in nood uitgebuit.Blykbaar het hulle buitensporige winste gemaak. Hullewas mense wat in die tempel gewerk het en wat dikwelsin diens van ryk priesters was. Hulle was as sulks dusgeassosieer met God. Vir hulle het die klem egterverskuif van God af na geld toe. ‘n Mens moet dit baieduidelik besef dat bymotiewe absoluut géén plek het in

INHOUD

Page 49: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

jou aanbidding nie. As dit die geval is, moet jy jouverhouding met God ernstig herbesin.

Dit is dáárom dat Jesus met ‘n sweep onder hulleingeklim het. Hy het hulle tafels omgekeer en hulle diereuit die tempel uitgejaag. Hieroor was die Jode woedend.As ons die ander evangelies hiermee saamlees, sien onsdat hierdie insident die laaste strooi was vir die JoodseRaad om Jesus gevange te neem en te laat kruisig.

Ons kan egter baie meer lees in hierdie handeling asslegs die fisiese dinge wat daardie dag gebeur het.Johannes beskryf ‘n uitspraak wat Jesus daar gemaakhet omtrent die tempel wat Hy in drie dae sou opbou asdit afgebreek sou word. Ons weet natuurlik dat Hy metdie tempel sy eie liggaam bedoel het. As ons dan Jesusse tempelreiniging in hierdie lig sien, sien jy ‘n baiedieper betekenis in die handeling.

Die Jode moes in die tempel gaan offers bring. Daarvoorhet hulle geld of offerdiere nodig gehad. Jesus het egterdie geld uitgesmyt en die offerdiere uit die tempeluitgejaag. Nou het die Jode niks meer gehad om te kanoffer nie. Hulle hele offerstelsel het in gedrang gekom.Dit was so goed as om vir hulle te sê: “Julle hoef niemeer Tempel toe te kom nie”. Dit was inderwaarheid ‘nsimboliese handeling om aan te toon dat Jesus nou dienuwe, volmaakte Tempel sou word. Die tempel was

INHOUD

Page 50: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gesien as die woonplek van God. As jy dus by Jesus is, isjy by God, die nuwe Tempel. By Hom is al hierdie offersnie meer nodig nie. Hulle is uitgedien omdat Jesus reedsdie finale offer gebring het. Al die Joodse gebruike enkultus is dus nou oorbodig.

Vandag maak ons dikwels ook ‘n baie groot fout, omGod in ‘n kerkgebou te wil plaas. Dikwels word daardiegebou vir ons heilig soos wat die tempel vir die Jodeheilig was. Maak ons dan nie dalk ook ‘n afgod vandaardie gebou nie?

Uit wat ons hier bo gelees het, sien ons dat Jesus nie netdie offers vervang het nie, maar ook die tempel. Daarwaar Jesus is, dáár is die tempel. Ons weet ook dat Jesusgesê het dat Hy altyd by ons is (Mat 28:20). Ons is dus tealle tye by hierdie Tempel, en ons kan Hom aanbid nétwaar ons is. Dit is nie nodig vir spesiale tye en spesialeplekke en spesiale omstandighede nie. Baie gelowigesspandeer byvoorbeeld hulle rytyd soggens werk toe ingesprek met Jesus, in plaas van om te kla oor dieverkeer.

Gebed:

Dankie Here, dat ek my oggend kan begin ingesprek met U, en dat ek ook kan weet dat U diehele dag lank my Gespreksgenoot is.

INHOUD

Page 51: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Ongelowige Christene

Johannes 2:23-25

Volgens 'n sensus was daar in 2013 53 miljoen mense inSuid-Afrika. 80% het gesê dat hulle Christene is. Dus kanons aanneem dat daar meer as 40 miljoen Christene inSuid-Afrika is. Ons is dus ‘n uiters geseënde land! Of isons werklik? As daar dan soveel Christene is, waaromwas die kerk gister so leeg? Almal kon tog nie by die eenof ander reuse saamtrek van Billy Graham gewees hetnie?

Terloops, tydens die laaste Mighty Men kongres hetgroot koerante soos Beeld en Rapport feitlik die gansekoerant gewy aan die reuse saamtrek. Ek onthou nog diefoto van die see van gesigte van manne wat na OomAngus gaan luister het. Dit het jou ’n knop in die keelgegee. Byna 1% van alle Suid-Afrikaanse mans wasdaardie naweek daar. Dit gee ’n mens hoop vir dietoekoms. Ons land is nie so ’n slegte plek as wat mensedit wil afmaak nie. Dalk kan ons selfs goed voel ooronsself. Maar dit was al 'n hele paar jaar gelede. Wat hetintussen gebeur?

Daar is egter ook ‘n ander probleempie oor daardie 40miljoen mense wat beweer dat hulle Christene is. Slegs‘n klein handjievol is werklik gelowiges, mense wat Jesus

INHOUD

Page 52: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

in die geloof aangeneem het. En ongelukkig is dit ook sodat van hierdie gelowiges daar ook net ‘n kleinpersentasie is wat waarlik hulle geloof uitleef deur ‘nlewende, persoonlike verhouding met Jesus. Dit helpniks dat jy ‘n Mighty Men gebeurtenis bywoon, en tweeweke later is jy maar net weer jou ou self nie. Daardiewonderlike opbouende geleentheid moet vir jou dievonk wees om ‘n ware verhouding met Jesus te begin.

Hoofstuk 3 van Johannes, Jesus se gesprek metNikodemus, is seker een van die mees gelese hoofstukkein die ganse Bybel, en veral vers 16. Daarom was ditnodig vir Johannes om eers ‘n kort inleiding daaroor teskryf, sodat ‘n mens hierdie gesprek beter kan verstaan.In vers 23 skryf Johannes dat terwyl Jesus in Jerusalemwas om Paasfees te vier, daar groot getalle mense totgeloof gekom het in Hom, omdat hulle die wonderwerkegesien het wat Hy gedoen het. Die vraag watonmiddellik by ‘n mens ontstaan, is wat van al hierdiegelowiges geword het toe Jesus die dag gekruisig is? Diegroot hartseer is dat baie van hulle daardie droewigedag saam geskree het: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!” Hoeis dit moontlik?

Die antwoord hierop is dat die woord “Geloof” nie altyddeur Johannes gebruik is vir daardie soort geloof wat ‘ntotale oorgawe of persoonlike verhouding met Jesus

INHOUD

Page 53: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

beskryf nie. Met ander woorde, mense wat positief voeloor Jesus, en wat agter Hom aanloop om Sy wonders tesien, was ook deur Johannes “gelowiges” genoem. Diewerklikheid het as ‘n reuse skok gekom vir hierdie selfde“gelowiges”, toe Jesus in Joh 8:44 die bom laat bars:“Julle is kinders van die duiwel!”

Ons moet dus in die eerste plek baie versigtig weeswanneer ons die Bybel lees, dat ons baie goed verstaanin watter verband sekere woorde of gedagtes gebruikword. Ons moet onthou dat dit bitter moeilik is om uit ‘nantieke taal soos Grieks, en met ‘n totaal anderagtergrond as waarin ons vandag leef, ‘n akkuratevertaling te kan maak wat presies weergee wat dieskrywer se bedoeling was.

Maar nog meer belangrik, is die feit dat ons baieversigtig moet wees oor wat ons eie “geloof” behels. Ditmag nie slegs ‘n verwonderingsgeloof wees soos watdaardie volgelinge van Jesus gehad het nie. Soos onsreeds gesien het, is daar miljoene Suid-Afrikaners wat so‘n geloof het. In Jesus se eie woorde was hulle “kindersvan die duiwel”. Die tyd het gekom dat elke Christen,ook ek en jy, homself die vraag moet afvra, of sy geloofeg is. Het dit die stempel van Jesus op? As jy nie seker ishieroor nie, wil ek vra dat jy my dadelik kontak. Jy kansommer die skakeltjie hier onder gebruik. Of gaan gesels

INHOUD

Page 54: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

met jou dominee of pastoor. Dit is lewensbelangrik!

In vers 24 sê Johannes dat Jesus “Hom nie op hulleverlaat het nie”, bedoelende die mense wat tot geloof inHom gekom het. Dit beteken eintlik dat Hy Homself nieaan hulle toevertrou het nie, omdat Hy geweet het watin hulle gemoedere aangaan. Hierdie gedagte word eerswerklik duidelik as ons hoofstuk 3 lees. Dit handel oordie gesprek met Nikodemus. Jesus het diewedergeboorte vir hom verduidelik, maar Nikodemuswas so vasgevang in sy eie redenasies, dat hy eintlikgladnie verstaan het waaroor dit gaan nie. Dalk wóú hynie verstaan nie, of dalk was hy bang om te verstaan. SyFariseër-vriende kon hom dalk net verwerp het.

Maar Nikodemus was nie die enigste wat nie wouverstaan nie. Hierdie “gelowiges” wou ook maar netverstaan wat hulle pas. Al die wonderwerke was pragtig,en hulle droom dat Jesus, die Messias, hulle sou red vandie verdrukking van die Romeine, het gemaak dat hulleaanhangers geword het van Jesus. Hy was egter nieopgewonde oor die aanhang wat Hy geniet het nie,want Hy het hulle binneste geken.

Ja, Jesus ken ook my binneste en Hy ken joune. Het Hyrede om opgewonde te wees oor ons dissipelskap?Hierdie is 'n vraag wat ons elkeen vir onsself moet afvra.

INHOUD

Page 55: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here, ek kom vanoggend ontbloot na U. U ken mydeur en deur. Ek glo in U met alles wat in my is.

INHOUD

Page 56: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Nikodemus in die Nag

Johannes 3:1-4

Nikodemus was ‘n baie belangrike man. Hy was ‘nleiersfiguur onder die Jode, ‘n geleerde man wattoegewy was aan die wet van God. Nikodemus was ‘nFariseër en ‘n gerespekteerde leermeester. Maar hy wasook lid van die Joodse Raad, waar hy saam met dieander leiers belangrike besluite moes neem oor dieJoodse gemeenskap. Ons lees drie keer in Johannes seEvangelie van Nikodemus. Die eerste keer wanneer hy indie nag na Jesus kom sodat sy mede-raadslede hom niedalk saam met Jesus sou sien nie. Ja, hierdie leier wasbang! Maar later, wanneer ’n groot krisis vir Jesus kom,en die kerkleiers Hom wil gevange neem, is ditNikodemus wat onverskrokke vir Jesus probeer opkom.Nadat Jesus gekruisig is, en al Sy dissipels verdwyn het,was dit weereens Nikodemus, die Fariseër en JoodseRaadslid wat na vore tree en die nodige middelevoorsien om Jesus se lyk te balsem. Ons sien dus dat nieál die kerkleiers korrup was nie. Hulp het dikwels uit diemees onverwagse oord gekom.

Maar wat het daardie nag gebeur?

Nikodemus het gehoor van hierdie nuwe Rabbi watsoveel opslae maak. Die wonderwerke waarvan hy

INHOUD

Page 57: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

verneem het was vir hom vreemd. ’n Klein stemmetjiehier binne in hom het vir hom bly sê dat daar baie meerin hierdie Rabbi is as wat hy, Nikodemus, wil erken. MaarJesus is totaal onbekend in Israel, en hy móét net virhomself gaan uitvind wat aangaan. Dit is ‘n bietjie van ‘nverleentheid vir hom om openlik na Jesus te gaan, wanthoe sou dit nou lyk as ‘n gerespekteerde leermeester wilgaan kers opsteek by ‘n Rabbi waarvan niemand nogeers gehoor het nie? En dan was daar dinge wat hygehoor het van hierdie Man, wat nie so baie kosjer isnie. Wat sal sy Fariseër-vriende van hom dink? Nee, hymoet liewer onder dekking van die nag na Hom gaansodat daar nie te veel vrae sal wees nie. En dan sal hynatuurlik sy woorde baie mooi moet kies om nie sy eieonsekerheid te wys nie.

Wanneer Nikodemus vir Jesus opspoor waar Hy besig isom die dag se gebeure met Sy dissipels te bespreek,voel Nikodemus bitter ongemaklik tussen die rowwevissermanne en doodgewone mense. Nou moet hy wysdat hy darem nie sommer net ‘n hierjy-se ou man is nie:“Rabbi, ons weet dat U ‘n leermeester is wat vanGod af gekom het”, begin hy baie hoogdrawend,“want niemand kan hierdie wondertekens doen watU doen as God nie by hom is nie.”

Nikodemus hoop heimlik dat Jesus hom sal antwoord en

INHOUD

Page 58: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

bevestig dat Hy die Messias is, die Een waarvan hy al sobaie gelees het in die Skrifte, en van Wie hy sy leerlingeal so baie geleer het. ‘n Tinteling gaan deur Nikodemusse liggaam: sê nou net hy het rêrag die Messiasontdek......

Maar Jesus sien dwarsdeur Nikodemus. Sy antwoord isgladnie wat Nikodemus verwag het nie. Jesus sienNikodemus se héél diepste behoefte raak, ‘n behoeftewaarvan Nikodemus sélf nie eers weet nie: “Dítverseker Ek jou: as iemand nie opnuut gebore wordnie, dan kan hy die Koninkryk van God nie siennie.” Jesus se antwoord slaan Nikodemus tussen die oë.Die arme man is stomgeslaan. Watter soort vanantwoord is dit? Hierdie Rabbi praat in raaisels! ‘n Menskan tog nie weer ‘n slag gebore word nie? Wat presiesbedoel Hy daarmee?

Nikodemus is baie ernstig oor sy ontmoeting met Jesus.Hy kies sy woorde sorgvuldig en berekend. Nogtans is hyeerlik met sy vrae. As dit maar net nog ‘n oppervlakkigeuitlokking was, soos so dikwels van die Fariseërs gekomhet, sou hy openlik in die dag na Jesus gegaan het.Nikodemus het dus gehoop om waarlik iets van Jesus teleer. En Nikodemus was beslis nie teleurgestel nie!

Jesus se eerste antwoord het hom nou wel tussen die oëgeslaan, maar Nikodemus kan sommer voel dat hier nog

INHOUD

Page 59: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

‘n baie diep gesprek kan gebeur. Sommer dadelik moethy uitvind dat Jesus nie maar net die Wonderwerker iswat water in wyn kan verander nie, maar dat daar baiemeer in Hom is. Hy verstaan Jesus se eerste antwoorddalk verkeerd, dalk 'n bietjie opsetlik! As Jesus sê datiemand “opnuut gebore” moet word, gebruik Hy ‘ndubbelsinnige woord, wat ook kan beteken “van bogebore”, met ander woorde dat dit ’n geboorte van Godaf is.

Jesus se gesprek met Nikodemus oor diewedergeboorte, sou hierdie man se ganse leweverander. Dit is die héél belangrikste gebeurtenis inénige mens se lewe. Nikodemus se ore was gespits. Hywou elke woord van hierdie gesprek indrink. Vir my enjou is hierdie gesprek ewe belangrik, en ons moet ditoor en oor en oor lees sodat ons herinner kan word aandaardie belangrike gebeurtenis in ons lewe, die dag toedit gevoel het asof die son bollemakiesie slaan vanblydskap. Ons kan dus ook nie anders nie, as om dievolgende paar dae te spandeer aan hierdie gesprek.

Gebed:

Here, dankie dat ek saam met Nikodemusopgewonde kan wees oor daardie nuwe lewe watalleen U kan gee deur die Heilige Gees.

INHOUD

Page 60: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebore Uit Water En Gees

Johannes 3:4-8

Wanneer Jesus vir Nikodemus sê dat jy weer geboremoet word, dan verstaan Nikodemus dit totaal verkeerd.NiKodemus wil dit verstaan dat dit dui op ‘n fisiesegeboorte waar ‘n ou man letterlik weer in sy moederinklim en dat die geboorteproses herhaal word. Dit istotaal onsinnig! Eintlik is dit presies wat Jesus wou hê,en dit gee Hom die geleentheid om verder teverduidelik. Hy herhaal Sy sin feitlik woord-vir-woord,maar Jesus vervang die woord “opnuut” met “Water enGees”.

Daar is al baie gestry oor presies wat Jesus met hierdietwee woorde bedoel. Die “Gees” gedeelte is nie ‘nprobleem nie. Dit sê in géén onduidelike terme dat dieHeilige Gees betrokke is by die wedergeboorte. Maarwat van “water?” Wat presies bedoel Jesus daarmee?Die een denkrigting sê dat dit dui op die doop asgeleentheid wanneer ‘n mens in God se Koninkrykingaan. In hoofstuk 4 sien ons egter dat Jesus teenoordie Samaritaanse vrou na Homself verwys as die“Lewende Water”.

Water speel ‘n baie belangrike rol in die simboliek vanreddingswerk van Jesus, en jy kan dus met redelike

INHOUD

Page 61: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

veiligheid aanneem dat Jesus hier na Homself verwys asHy sê dat jy uit “Water en Gees” gebore moet word. Ditsou met ander woorde beteken dat jy slegs gered kanword wanneer twee dinge met jou gebeur: die HeiligeGees moet in jou kom en Jesus moet jou die nuwe lewegee deur Sy versoening.

Hierdie dinge is baie moeilik om te verstaan, want onswil dink in konkrete, menslike terme. Ons het egter hierte doene met ‘n geesteswêreld wat vir ons onsigbaar is.Die groot wonder gebeur die dag met jouwedergeboorte. Dan begin hierdie geesteswêreld vir jou‘n werklikheid word om die eenvoudige rede dat jy dééldaarvan word. Jy word dan ook sensitief vir diegeestelike dinge wat rondom jou gebeur. Jy word dus ‘nburger van die geestelike wêreld. Eintlik het jy dubbeleburgerskap, want jy is steeds aardsgebonde, maar jy isnie meer beperk tot die aardse nie, want nou kan jy bohierdie beklemmende aardse dinge uitstyg.

Praat ek in raaisels? Vir Nikodemus was hierdie ook ‘nraaisel, en Jesus het dit maar al te goed besef. Daaromgebruik Hy die beeld van die wind om vir hom teverduidelik. Jy kan nie die wind sien nie. Jy kan ook nieverduidelik waarvandaan dit kom en waarheen dit gaannie. Nogtans weet jy dat dit daar is. Jy kan die uitwerkingdaarvan voel op jou vel. En jy kan sien hoedat dit die

INHOUD

Page 62: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

blare laat ritsel. In ‘n storm kan jy die krag daarvanbeleef. Jy sien hoe dit in staat is om selfs reuse bome teontwortel. Jy hoef egter nie antwoorde te hê op al dievrae nie. Jy hoef dit nie te verstaan om seker te kanwees dat die wind wel daar is nie.

Net so is dit met die Gees: Jy hoef nie alles omtrentHom te verstaan nie. Jy hoef nie al die antwoorde te hêoor byvoorbeeld hoe dit moontlik is dat Hy in jou kanwoon nie. Wanneer ons die geesteswêreld betree, is ditasof jou verstand gaan stilstaan. Alles is net soveelgroter en meer onbegryplik as die eenvoudige wêreldsewaaraan ons gewoond is. Maar net soos met die wind,ervaar jy die uitwerking van die Heilige Gees ook op ‘ntasbare wyse. Jy sien hoe Hy in mense se lewens werken wonderlike dinge verrig. Is dit ooit moontlik vir ‘ndoodgewone plaasboer om 'n halfmiljoen manne op ‘nnaweek bymekaar te kry en die elemente te trotseer omna ‘n preek te luister? En dit boonop sonder dat daareers ‘n rugbywedstryd betrokke is? Nee! Baie beslis nie!Tóg gebeur die absoluut onmoontlike, en ons kan ditalleen toeskryf aan die kragtige werk van die HeiligeGees wat ‘n eenvoudige plaasboer gebruik. En ek kantalle soortgelyke voorbeelde noem, wat net eenvoudignie anders verklaarbaar is nie.

Iemand vra my 'n tyd gelede die vraag: “Hoe hoor ‘n

INHOUD

Page 63: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

mens God se stem? Baie mense hoor Hom methulle praat, en ek wil dit ook hoor.” Jou eerstereaksie is om te lag oor so 'n vraag, maar as jy mooigaan dink, is dit ‘n baie diep vraag. Ja, ek kan ookonomwonde sê dat ek een van daardie mense is watGod hoor praat. Hy praat elke dag met my! Het ek alooit Sy stem fisies gehoor, soos ‘n stem uit die hemel?Nee! Nou hoe werk dit dan?

Wanneer die Heilige Gees die dag in jou lewe kom, maakHy nuwe deure vir jou oop. Waar die Bybel eers ‘nstorieboek vol gru-verhale was, word dieselfde Bybelnou vir jou ‘n riglyn vir jou lewe en ‘n boek waarin jyGod se genade en liefde raaksien. As jy Hom toelaat omdeur die Woord met jou te praat, word hierdie ‘nlewende Woord, en hoor jy God se stem deur dit wat jylees. Op dieselfde manier ervaar jy Sy stem tydens ‘nerediens of wanneer iemand preek. Jy wéét net dat ditdie stem van God is. Hoe presies weet ek dit? Nee, ditkan ek jou nie sê nie. Elke persoon ervaar dit anders. Diegroot geheim is dat ons sensitief moet word om Sy stemte herken wanneer Hy praat. Dit kan alleen gebeurwanneer ons gedurigdeur daaraan werk om nader ennader aan Hom te leef.

Gebed:

Here, ek dank U dat U genade oor my so groot is,

INHOUD

Page 64: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dat ek U teenwoordigheid en U stem kan ervaar.

INHOUD

Page 65: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Ewige Lewe

Johannes 3:9-15

Nadat Jesus so mooi vir Nikodemus verduidelik het vandie wind en die wedergeboorte, verstaan Nikodemus,die bekende leermeester, steeds nie: “Maar hoe is ditmoontlik?” hoor ons hom vir Jesus vra. Die manierwaarop Jesus hierdie wonderlike waarhede aanNikodemus bekend maak, is absoluut briljant. Hy sê netgenoeg om die man aan die dink te sit, maar Hy sê ditop só ‘n manier dat dit by Nikodemus ‘n brandendebegeerte laat om meer te weet. Alles word nie uitgespelnie. Dit word amper in raaisels gestel sodat hy hongerword om nog meer te wil uitvind.

Uit die vorige dagstukkie het ons gesien dat dit gaan oordie geboorte van Bo, die wedergeboorte. Maar hierdie isnet die helfte van die storie. Dit gaan verder ook oor diemanier waarop jy God moet ken. Om Hom waarlik tekan leer ken, moet jy geestelik sensitief wees, iets watslegs gebeur wanneer die Heilige Gees in jou leweinkom en ingryp in jou lewe.

Vir Nikodemus, as wetsgeleerde Fariseër is hierdie nuweidee totaal onverstaanbaar. Hy is immers geleer omstreng volgens die riglyne van die wet te leef ennoukeurig elke tradisie wat voorgeskryf is te onderhou.

INHOUD

Page 66: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Op hierdie wyse kan jy die saligheid verwerf deur God teeer. Waarom sou hy dan nou ‘n nuwe geboorte nodighê?

Maar dan laat verdiep Jesus die misterie wanneer Hypraat van die “aardse en hemelse” dinge. Hoe kom dieaardse en die hemelse bymekaar? Wat het hulle metmekaar te doen? Met die aardse verwys Jesuswaarskynlik na die nuwe geboorte (die wedergeboorte)wat wél hier op aarde plaasvind. As Nikodemus daarmee‘n probleem het, as hy dit nie kan verstaan nie, hoe salhy dan nog die wonderlike dinge verstaan wat daarnágebeur? Die wonder van die ewige lewe, en die manierwaarop die Heilige Gees menselewens totaal verander,is iets wat ‘n mens se verstand totaal te bowe gaan.

Eintlik kom die aardse en hemelse dinge bymekaar bydie kruis op Golgota. Dit is hiér waar alles totaalverander het. Hier word die Joodse wet en tradisiesvervang met Jesus se versoening. Jesus gebruik diebeeld van die koperslang om vir Nikodemus teverduidelik. Tydens die Israeliete se uittog uit Egipte, hethulle weer in een van hulle berugte kerm-en-weeklaagsessies verval. Dit was al die hóéveelste keer, en beslisdie laaste strooi. Hulle het gekry waarvoor hulle gesoekhet: die straf van God! Hy het slange gestuur en baie vandie kermende Israeliete is deur hulle gepik en gedood.

INHOUD

Page 67: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Maar weereens is God se genade baie groter as Sy straf,en toe beveel Hy Moses om ‘n afbeelding van ‘n slanguit koper te maak. Dié moes Moses op ‘n paal sit.Enigeen wat deur ‘n slang gepik is moes slegs na diekoperslang kyk om genees te word.

Hierdie was eintlik ‘n wonderlike profetiese handeling,want daardie koperslang was ‘n heenwysing na Jesus. Hysou ook so aan ‘n “paal” hang. Net soos wat dieIsraeliete wat na die koperslang gekyk het, sou bly leef,so sal die mense wat kyk na Jesus aan die kruis, metander woorde in Hom glo, bly leef. Die koperslang wasegter ‘n simboliese en baie tydelike oplossing, wantmense het steeds daarna gesterf. Die nuwe bedelingbring egter iets wonderliks, want om in Jesus te glo kryjy nie alleen lewe nie, maar die EWIGE lewe! Dit is ietswat radikaal verskil van die doodgewone saai ou aardselewe. Die kwaliteit van die nuwe lewe is onbeskryflikbaie beter. Dit is egter nie iets wat eers eendag salgebeur wanneer jy sterf nie, maar dit is iets wat alreedsgebeur met jou wedergeboorte.

Van daardie oomblik af is daar ‘n baie belangrike verskil.Nou lewe jy nie meer alleen nie, maar God is saam metjou. Nou leef die Heilige Gees in jou en Jesus is vandaardie oomblik af by jou. As jy Paulus se brief aan dieFilippense lees, sien jy watter soort uitwerking dit op die

INHOUD

Page 68: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

kwaliteit van jou lewe het. Omdat God in jou is, het jynou hierdie borrelende blydskap wat jou lewe vul, selfsin die slegste toestande. Dit is wat gemaak het datPaulus en Silas jubelend kon sing, terwyl hulle stukkendgeslaan en in ysterkettings geboei in die stinkende tronkin Filippi gelê het. Hulle mede-gevangenes kon nieverstaan waarom hierdie twee dit kon regkry om sovrolik te sing nie.

Vandag is daar baie gelowiges wat kan getuig van so ‘nborrelende lewe gevul met blydskap, een van diewonderlike gawes van die ewige lewe. Dalk vra jyvanoggend die vraag: “Maar waarom het ek dan niedaardie blydskap in my lewe nie?” Dalk is dit blootomdat jy nie die Heilige Gees wil toelaat om jou lewe sóte vul en te beheer dat jy daardie blydskap kanondervind nie.

Die ewige lewe het twee fases: die aardse en diehemelse. Tydens die aardse fase hang dit van jouself afwat jy daarmee maak. Hoe nader jy aan God leef en hoemeer jy Hom toelaat om jou lewe te beheer, hoe meersinvol en vreugdevol sal dit wees. Elkeen wat in Jesus glohet alreeds die ewige lewe. Lééf dan daardie ewige lewereeds hier op aarde voluit!

Gebed:

INHOUD

Page 69: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, ek kan U nie genoeg dankie sê vir diewonderlike gawe van die ewige lewe wat U ook virmy gegee het nie. Dankie vir die heerlike vreugdewat ook daarmee saamgaan.

INHOUD

Page 70: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Wat Is Liefde?

Johannes 3:16-18

Johannes 3:16 kan met reg as die middelpunt van dieBybel gesien word. Dalk nie geografies nie, maar beslisin ‘n geestelike sin. Hierdie enkele versie plaas alles watons in die vier evangelies oor Jesus lees in ‘n Goddelikeperspektief. God se liefde vir die wêreld, ook vir jou enmy, is so groot dat Hy bereid was om sy Seun, Jesusdaarvoor op te offer. Let wel: God se liefde vir die wêreldsluit almal in. Dit is nie net vir die “goeie” mense nie,maar ook vir slegtes en selfs Goddeloses!

Wat presies word met die woordjie “liefde” bedoel? Ekdink ons kan uit al die verskillende beskrywings daarvanoor ‘n wye spektrum geskrifte duidelik aflei dat liefdenie ‘n emosionele saak is nie. Verliefdheid watbyvoorbeeld elkeen van ons as tieners getref het, wassuiwer emosie. Of dalk was dit maar ons hormone watmet ons op loop geraak het. Ongelukkig is dit daardieselfde verliefdheid wat dikwels ook maak dat mensetrou, en ‘n jaar of twee later, wanneer die emosieopgedroog het, skei hulle weer.

Ware liefde kan dalk beter vertaal word met diewoordjie “lojaliteit”. Wat is dit wat twee mense vir vyftigof sestig jaar gelukkig bymekaar hou, selfs deur die

INHOUD

Page 71: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

swaar tye en die tye waar hulle vir mekaar kan kwaadword? Dit is ‘n onbeskryflike liefdesband, waarvanintense lojaliteit ‘n onlosmaaklike deel vorm. Dit behelsonder meer ‘n verpligting teenoor mekaar. Dat hulle namekaar sal omsien en mekaar sal help en bystaan deurdik en dun.

Dalk kan ons so ‘n ietsie hiervan sien in die liefde vanGod vir die mens. Hy was bereid om alles op te offer omons te red.

In ‘n liefdesverhouding is daar egter twee kante. Godhet alreeds Sy kant gebring, en nou is dit ons beurt omdaarop te antwoord. Jou antwoord is nie ‘n emosionelebesluit nie, maar ‘n nugtere wilsbesluit om God seliefdesaanbod te aanvaar. Dit is ál wat Hy van jou vra.Wat daarop volg is dat die liefdesverhouding gebouword, soos in enige stabiele huweliksverhouding.Natúúrlik is daar ook emosie by betrokke, by partymense baie meer as ander.

Om enige liefdesverhouding te laat slaag, verg hardewerk. Die twee partye moet mekaar deeglik leer ken.God ken my alreeds deur en deur. Nou is dit my beurt,en ek leer Hom ken deur die openbaring wat oor Homgeskryf is, die Bybel te bestudeer. Kommunikasie is vanuiterste belang in enige verhouding en beslis só ook inmy verhouding met God. Hy praat met my deur die

INHOUD

Page 72: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Woord en daarom moet ek dit lees. Maar ek gesels ookmet Hom deur gebed. Gebed is dus nie maar iets watverpligtend is vir elke Christen nie, maar dit is joukommunikasie met God.

Liefde beteken ook dat twee partye bereid sal wees omdinge vir mekaar te doen. Van God se kant af is die sluisevan die hemel oop met alles wat Hy vir my doen. Dievraag is: Wat is ek bereid om vir Hom te doen?

Maar kom ons kyk na enkele van die dinge wat Hybereid is om vir my te doen. In Johannes 3:16 lees onsdat ek nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kry.Om verlore te gaan, beteken dat jy van die Lewende Godse teenwoordigheid afgesny word. Dit beteken dat jysonder Sy gawes en Sy liefde moet klaarkom. As onsmaar net mooi gaan dink aan alles wat ons van Hom afkry, dan is die implikasies hiervan te verskriklik om aante dink. As jy egter besluit om in ‘n liefdesverhoudingmet Hom te gaan, word hierdie moontlikheid totaaluitgesluit. Maar die bonus is dat jy boonop diewonderlike ewige lewe kry. Dit beteken dat die aardsefase van jou lewe vir ewig verleng word anderkant dieafsterwe van jou ou liggaam, of jou tydelike“tentwoning” soos Paulus dit beskryf. En wanneer onsOpenbaring lees, kry ons ‘n klein kykie in die wonder vandie lewe anderkant daardie poorte. Dit is beslis iets

INHOUD

Page 73: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

waarna elke gelowige met groot verwagting enopgewondenheid kan uitsien.

Daar is egter ‘n verdere aspek in hierdieliefdesverhouding: Oordeel! Ons kry dikwels die idee datons bang moet wees vir God, veral as ons die OuTestament lees. Daar kan ons die indruk kry dat HyIemand is wat straf. Inderdaad kan God nieongeregtigheid verdra nie. Anders as ons eie politiekestelsel waar korrupsie en ongeregtigheid dikwels maaronder die mat ingevee word, is Hy regverdig.Ongeregtigheid word beslis gestraf. Hy wil ons egter niein die hemel “inboelie” deur ons met straf te dreig nie.Inteendeel: Hy wil ons in Sy liefdesarms inroep. Jesus isnie gestuur om te kom straf nie, maar om diegene watalreeds veroordeel is te kom red. Ek was verdoem totdie ewige straf, totdat ek Jesus se roepstem herken het,en geantwoord het deur Sy aanbod te aanvaar. Vir jarehet Hy gesoebat, maar ek het my doof gehou vir System. Tot daardie wonderlike dag........

Teen die agtergrond van die donker wolke vanverdoemenis en ewige verderf, straal die positiewe ligvan Jesus se sending om mense soos ek en jy te komred. Dit is soos iemand wat sy eie lewe opoffer en in diebriesende golwe van ‘n stormsee inspring omdrenkelinge wat gedoem is te gaan red.

INHOUD

Page 74: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here, U liefde vir my is so onbeskryflik groot. Ekbely dat my liefde vir U maar skraps is - help myasseblief om my liefde ten volle uit te leef.

INHOUD

Page 75: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Lig en Donker

Johannes 3:19-21

Dramaties, stadig sluip ons voetjie-vir-voetjie na die ou“spookhuis”. My twee niggies het die naweek kom kuieren ek het hulle vertel van die verskriklike gespokery watdaar in die ou huis aangaan. Grootoog en bewend vanopgewondenheid volg hulle kort op my hakke om dannou eerstehands hierdie verskriklike spook te aanskou.

Toe ek hoor dat die twee kom kuier, kry ek die idee omdie twee bangbroeke ‘n poets te bak. Die ou huis isverwaarloos. Die plafon en mure is pikswart gerook. Eksit al my seuntjie-vernuf bymekaar, en ek prakseer ‘nspookfiguur uit koerantpapier om hierdie besoek vanWilma en Mari Botha een te maak wat hulle nie gou souvergeet nie. ‘n Ingewikkelde katrolstelsel gee my spookvlerke wanneer ek ongemerk 'n toutjie trek.

Skemeraand neem ek die tweetjies op ‘n “spooktoer”.So sluip ons drietjies gemaak-versigtig na die ouspookhuis. Die swartgerookte mure skilder ‘n prentjie soreg uit ‘n rillerfliek. Die skeefgetrekte deur swaai luid-krakend oop. Ek moet sluk om my lag in te hou as eksien hoe my twee niggies bewe van bang-geit. Diedonker in die huis omklem jou hart, en hulle wil-wil netomspring. Ek kry my toutjie beet, en trek. En dan verrys

INHOUD

Page 76: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die wit gedaante hier vlakvoor ons oë. Al gillende sien jynet hakskeentjies soos hulle hardloop na die ouplaashuis waar die warm, helder lig van die Aladdinlamp hulle met ope arms in die eetkamer verwelkom. Eklê soos ek lag. My plannetjie het gewerk!

Duisternis word geassosieer met die bose. Rolprentemaak baie deeglik gebruik daarvan en tonele wat angsen verskrikking en veral bose dinge wil uitbeeld, is alydgehul in ‘n kleed van duisternis. Hoe donkerder, hoeboser. Waarom? Die bose het bitter baie dinge om wegte steek. Die bose laat jou net sien wat hy jou wil laatsien. In die ou spookhuis was die enigste ding wat diemeisies moes sien, die “spook.” Johannes sê in vers 20dat diegene wat kwaad doen die lig haat. Hulle vermy ligsoos die pes, want in die lig kom hulle bose dade in dieope.

Die duister boesem van nature vrees by ‘n mens in. Ekonthou nog die blye dag toe ons uiteindelik op die plaas‘n Lister kragopwekker gekry het. Nou het ons elektrieseligte in die huis gehad! Die probleem was egter datdaardie enjintjie saans slaaptyd afgesit moes word endaardie twyfelagtige voorreg was myne! Ek het dieknoppie gedruk om die ding dood te maak, en danhardloop ek dat die stof so staan terwyl die liggie alflouer en flouer word, om betyds in my kooi te spring

INHOUD

Page 77: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

voordat dit hééltemal pikdonker is. Dit het altyd gevoelasof daar iets uit die donkerte in my nekhare blaasterwyl ek hardloop vir my kooi.

Lig, aan die ander kant, bring rus en vrede in jougemoed. Kyk maar net hoe koek almal saam om diewarm gloed van ‘n vuurtjie in die bos, veral as jy boonopweet dat daar allerhande kriepiekrôlies in die donkerskuil. Lig verdryf die duister. Waar daar lig is, kan daarnie duisternis wees nie. Toets dit maar: gaan in ‘npikdonker vertrek in, en steek ‘n ou piepklein kersie aan.Onmiddellik is die duisternis weg en die vertrek is gevulmet 'n sagte ligglans. Skakel jy egter ‘n groot buislig metsy blou-wit lig aan, dan is selfs die donkerste hoekiehelder verlig.

Jesus het as Lig by uitstek na hierdie donker wêreldgekom. Donker was dit inderdaad tydens Sy koms, wantnie alleen was die ganse wêreld regeer deur dieysterhand van die goddelose Romeinse regering met alsy afgode nie, maar in die Joodse geledere was dieIsraeliete oorskadu deur die Fariseërs wat God se wettetotaal ondraaglik en onmoontlik vir die mense gemaakhet. Twee absolute uiterstes het die lewe baie donkergemaak.

Toe kom Jesus!

INHOUD

Page 78: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Hoe heerlik verfrissend was Sy koms nie! Helder het Sylig geskyn. Daardie Lig het mense gewys dat daarIemand is wat waarlik vir hulle omgee. Daardie Iemandhet nie van hulle vereis om die swaar laste van die wette dra nie. Die bose het baie hard probeer om elkegreintjie lig uit te doof, maar Jesus het die duisternisverdryf toe Sy helder lig begin skyn. Verby was die tyddat jy deur harde werk en die onderhouding van die wetjou saligheid moes verdien. Deur slegs in Jesus se Lig teleef, verkry jy die saligheid, nie uit eie verdienste nie,maar suiwer uit genade. Die donker wolk van God seoordeel word nou vervang met die helder lig vanbevryding en vergifnis.

Dit is so tragies dat daar steeds soveel mense is wat leefin die duister. Die lig van bevryding skyn helder, maarhulle verkies om ‘n gevangene van die duister te wees.Die oordeel hang pikswart oor hulle, en al wat hullemoet doen om daaruit te kom, is om die geskenk vanJesus se verlossing te aanvaar.

Ek weet dat hier vanoggend iemand is wat hierdiedagstukkie lees, wat steeds onder daardie donker wolkleef. Dalk is dit jy. Moontlik het jy ‘n brandende begeertein jou hart om daar uit te kom. Kom dan na die Lig engryp Jesus se aanbod aan!

Gebed:

INHOUD

Page 79: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, dankie dat U die Lig na die wêreld gestuurhet. Dankie dat U ook vir my daardie Lig gegee het.Ek bid inniglik vir elkeen wat hierdie stukkie lees,en steeds in die duister is.

INHOUD

Page 80: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Johannes se Getuienis

Johannes 3:22-36

Het Jesus ooit mense gedoop? As jy onseker is, lees dangerus weer Johannes 3:22-26 waar Johannes beskryfhoe Jesus en Sy dissipels mense doop en Johannesgekonfronteer word deur ‘n Jood. Daar was ‘n stryeryoor reinigingsgebruike, en toe vra die Jood so terloopsvir Johannes of hy bewus is daarvan dat sy “Opposisie”ook nou hierdie doop-ding doen? Mense stroom glo naHom toe.

Hy het sekerlik gehoop om Johannes jaloers te maak, entoe speel hy die twee teen mekaar af. Maar hy het niemet Johannes se lojaliteit teenoor Jesus rekening gehounie. Hy het nie in die minste bedreig gevoel hieroor nie.Johannes maak dit dan ook baie duidelik dat hy homselfmaar net as ‘n boodskapper sien. Sommige mense hetdalk gedink dat Johannes die Christus is, maar hy ontkendit heftig by herhaling. Hy is maar net voor die Christusuitgestuur. Hy doop in elkgeval nie omdat hy dink dat hybeter as ander is nie, maar omdat God hom daardieopdrag gegee het. Hy voer slegs God se opdragte uit.

Maar dit is nie al nie. Johannes besef al te deeglik datJesus waarlik die Christus is. Daarom is Jesus baie groteras wat hy is. Hy, Johannes moet minder word sodat

INHOUD

Page 81: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus, die Christus, verheerlik kan word. Dit is immers sydoel op aarde. Dit is waarvoor hy gestuur is.

Elke gelowige, ek en jy ingesluit, is ‘n gestuurde net soosJohannes die Doper. Die Here het vir elkeen van ons ‘nuitgesoekte taak. Vir Johannes was dit om die pad virJesus gelyk te maak. Hy het dit met groot yweruitgevoer. Die vraag is wat ek en jy maak met die taakwat die Here vir ons gee. Doen ons dit halfhartig, dalkuit pligsbesef? Of maak ons dalk soos die slaaf wattoevertrou was met die klomp geld en dit toe gaanbegrawe het?

Die vraag wat mense dikwels vra is: “Wat is dan noueintlik my taak?” Ja, natuurlik is ons almal verskillend, ennatuurlik het elkeen ‘n ander opdrag van die Here. Diegroot, oorkoepelende opdrag vind ons egter in Matteus28:19, waar Jesus nie alleen die Apostels nie, maar saammet hulle ook elke gelowige die opdrag gee: “Gaan ....maak dissipels....”. Dit beteken nie dat elkeen ‘nevangelis of ‘n sendeling moet wees nie. Maar ditbeteken dat ek bereid moet wees om die taak wat ekgekry het om die uitbreiding van die Evangelie tebevorder, moet uitvoer so goed as wat ek kan, al is ditnou ook net om vloere te skrop! Een taak wat elkeenvan ons het, is om liefde uit te leef op so ‘n manier datdit ander mense honger maak vir die Evangelie.

INHOUD

Page 82: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

In die volgende paar verse speel Johannes die Doper insy antwoord die hemelse teenoor die aardse af. Hy maakin die eerste plek seker dat sy hoorders deeglik daarvanbewus is dat Jesus uit die hemel kom. Hy is immerstotaal anders as ons gewone aardlinge. Jesus, dieHemelse, is natuurlik dan ook verhewe bo alle aardsedinge. As mense wil ons dinge uit ‘n eg-menslikeoogpunt sien. Ons “praat die taal van die aarde”. Ons wildinge uitredeneer volgens gewone natuurwette. As ekbyvoorbeeld vir jou sou vra hoe God se vergifnis werk,dan sal jy waarskynlik vir my sê dat jy dit gladnie kanverstaan dat God se vergifnis so totaal, allesomvattend isnie. Hoe is dit moontlik dat Hy maar net elke keer weeren weer vergewe? Ons probeer dit menslik beredeneer.Wat egter vir ons onmoontlik lyk, is by Hom moontlik.

Dalk is dit juis hierdie menslike redenasie wat gemaakhet dat die Jode vir Jesus verwerp het. Hulle het diewonderwerke gesien en hulle het die wonderlike dingewat Jesus gesê het met hulle eie ore gehoor. Maaromdat hulle dit menslik (aards) wou uitredeneer, konhulle dit net eenvoudig nie aanvaar nie. Jesus was dievergestalting van God op aarde, maar die Jode kon ditnet eenvoudig nie glo nie. Hulle het die Messias virhulleself baie anders voorgestel. Hy moes ‘n magtigeheerser wees wat hulle sou verlos van die Romeinse

INHOUD

Page 83: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

heerskappy. Maar hier sien hulle ‘n Kneg wat kom doopen dien en mense gesond maak en met kindertjiesspeel.

Dan waarsku Johannes hulle: “God het Hom immersgestuur!” Wat daardie mense nie besef het nie, was dathulle God in aksie gesien het. Al wat van hulle verwagwas, was om dit wat hulle gesien het te glo en in diegeloof God se aksie te aanvaar. Johannes herhaal hierJesus se woorde aan Nikodemus (Joh. 3:16): “Wie in dieSeun glo, het die ewige lewe”, maar hier is ook ‘n baieernstige waarskuwing by: “wie egter aan die Seunongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar diestraf van God bly op hom.” (Joh. 3:36). Om aan die Seunongehoorsaam te wees, beteken om nie in Hom te glonie. God alleen kan die ewige lewe gee. Hy doen ditalleenlik deur geloof in sy Seun, Jesus Christus. Johanneswil doodseker maak dat nie alleen die Jode nie, maar dieganse wêreld vandag daardie boodskap begryp. Komons volg sy voorbeeld na en versprei die boodskapverder.

Gebed:

Here, help my asseblief om my opdrag om Jesus seEvangelie te versprei, met ywer uit te voer.

INHOUD

Page 84: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Vrou by die Put (deel 1)

Johannes 4:1-18

Ek sien eenmaal ‘n beriggie in die koerant, dat Liz Taylorop trou staan. “Wonderlike nuus!” sou ‘n mens mos sêvan enige huwelik-in-wording. Maar nee, in haar gevalwas dit stokou nuus! Dit was toe al haar negende keer!Stokoud was sy, maar steeds het sy gehunker na jongblaartjies, net om hulle weer te los wanneer sy moegraak vir hulle. Nou wat het hierdie brokkie nuus dan met‘n dagstukkie te doen? Alles! Die vrou in vandag severhaal het ‘n reputasie wat byna net so lank is as Lizs’n.

Om net eers die prentjie in perspektief te stel: Jesus ensy dissipels het van Galilea af na Jerusalem gegaan omdie Paasfees te vier, ‘n reis van sowat 150km. Daar vindSy gesprek met Nikodemus plaas.

Dit was ‘n baie suksesvolle besoek, want mense het ingroot getalle om hulle saamgedrom. Hiervan het dieFariseërs, wat groot invloed gehad het in die Jerusalemomgewing, niks gehou nie.

Nou is hulle egter weer op pad terug na Galilea. Dalkwou Hy konfrontasie met die Fariseërs op hierdiestadium vermy. Hulle volg die kortste roete deur dieSamaritaanse gebied. Dit was nie ‘n gewilde roete nie,

INHOUD

Page 85: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

want die Jode het liefs die Samaritane totaal vermy.

Dit was twaalfuur die middag, en die manne was moegen honger. Naby die dorpie Sigar stop hulle by ‘n put watnog uit Jakob se tyd dateer. Jesus besluit om daar te blywag terwyl die ander vir hulle gaan middagete koop indie dorp. (Mosbolletjie se kommentaar: Was dit KFC ofMcDonalds?)

En dan gebeur ‘n snaakse ding: hier, in die hitte van diedag, kom ‘n Samaritaanse vrou aangestap met ‘n kruikop haar skouer. G’n ordentlike vrou loop haal water inhierdie warm uur nie, en veral nie alleen nie! Om tegaan water haal, is ‘n sosiale geleentheid vir die vrouensom te klets en al die skindernuus op te vang. Waarom ishierdie een alleen? Het sy dalk iets om weg te steek?

Maar dan gebeur nog ‘n snaakser ding: Jesus vra vir haar‘n bietjie drinkwater. Die vrou kan haar ore nie glo nie. ‘nJood wat vir haar, ‘n Samaritaan, water vra? Die Jode hetdie Samaritane soos die pes vermy. Jy eet of drink beslisnie saam met hulle nie, want dan word jy onrein. Ditwas so erg, dat sommige Jode selfs geglo het dat hullebesmet kon raak, selfs as ‘n Samaritaan se skaduwee opjou val.

Die vrou se verbasing is dus gladnie ongegrond nie.Maar dinge raak erger as Jesus ‘n gesprek met haar

INHOUD

Page 86: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

aanknoop. Nie alleen is sy ‘n Samaritaan nie, maarboonop ‘n vrou. Dus is sy op die heel onderste trappievan die sosiale rangorde. Sy is net nog ‘n stukkieeiendom van iemand. Baie gou kom ons uit die gesprekagter dat sy boonop ‘n gure reputasie het. In skrilleteenstelling hiermee, het ons so pas gelees van Jesus segesprek met Nikodemus, wat op die hoogste sport vandie sosiale leer is.

En dan moet ons maar net besef dat Jesus verby al onsmenslike beperkinge kyk. Status maak nie by Hom saaknie. Of dit nou die hooggeplaaste Nikodemus is of diestraatvrou, Jesus is daar vir almal, regoor die sosialespektrum.

Die gesprek is baie interessant. Dit begin met Jesus watvir water vra. Die vrou antwoord Hom met ‘n vraag watfokus op die verskriklike kontras tussen Jode enSamaritane. Tussen die lyne deur, lees ons haar vraag:“Julle Jode dink mos dat julle beter is as ons Samaritane,nie waar nie?”

Jesus sien regdeur haar vraag, en Sy antwoord sê virhaar dat Hy baie meer is as net ‘n gewone Jood. Hy iseintlik God se gawe aan hierdie wêreld. Dan bied Hyhaar “lewende water” aan om haar dors te les. Niealleen sou hierdie water haar onmiddellike behoeftesbevredig nie, maar dit sou haar vir ewig laat lewe.

INHOUD

Page 87: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Daardie water is dieselfde wat vandag elke mens se dorsna God en redding kan bevredig. Eers verstaan hierdievrou gladnie waaroor dit alles gaan nie. Maar dan gaanhaar oë uiteindelik oop, en sy word Jesus se héél eerstesendeling, as sy vir almal in die dorp van Jesus gaanvertel, soos ons weldra in die volgende perikoop sal sien.

Die gesprek neem nou ‘n wending, wat die vinger reg opdie groot probleem in haar lewe druk: haar huwelik. Sywas al vyf keer getroud. Of sy geskei was en of haarmans almal dood is, weet ons nie. Ons weet egter dat syin ‘n uiters magtelose posisie was, omdat sy nie virhaarself kon sorg nie. Nou het sy uit radeloosheidsommer by ‘n man gebly - iets wat totaal onaanvaarbaarwas. Haar lewe is deur sonde verdor. Sleepvoet het sydeur die lewe moes gaan, en ander vroue vermy, wanthulle kwetsende aanmerkings het bitter seer gemaak.Die lewe het haar baie stief behandel. Sy het aan dieeinde van haar paadjie gekom.

Sou Jesus waarlik vir haar ‘n uitkoms kon gee? Souhierdie lewende water waarvan sy so pas gehoor het,dalk ‘n antwoord kon wees? In ons volgende dagstukkiekyk ons DV. hoe hierdie gesprek verder uitdraai.Inderdaad wag daar goeie nuus, ook vir jou en my.

Gebed:

INHOUD

Page 88: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, soms voel dit vir my asof berge van sonde opmy skouers lê. Dankie dat ek vandag kan weet datU alles alreeds vergewe het, en nie meer daaraandink nie.

INHOUD

Page 89: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Vrou by die Put (deel 2)

Johannes 4:19-30

Jesus het ‘n groot risiko geneem: as Jood was dit in dieeerste plek ongehoord dat Hy met ‘n Samaritaanse vrou‘n gesprek sou aanknoop. Mense sou Hom daaroorminag. En die feit dat haar reputasie so guur was, hetnou nie juis die situasie verbeter nie. Omdat Hy 'nLeermeester met twaalf voltydse leerlinge was, het ditSy risiko verder vergroot. Boonop was daar die reuseskares van aanhangers wat Hom gedurig gevolg het. Hykon sy geloofwaardigheid verloor, en Sy volgelinge konopdroog. In kort: Hy kon baie verloor deur hierdiegesprek. Nogtans het Hy gekies om dit te doen, want niealleen het hierdie arme vrou Hom op daardie stadium inhaar lewe bitter nodig gehad nie, maar sy sou ook baievir Sy bediening onder die Samaritane beteken.

As Jesus vir die verbaasde vrou wys dat Hy alles van haaraf weet, en dat sy selfs haar diepste hartsgeheime nievir Hom kan wegsteek nie, begin sy besef dat sy hier metiemand baie spesiaal te doene het. Hoe het hierdievreemde Man geweet van haar huwelikskatastrofe? Enhoe het Hy geweet dat sy in sonde saam met ‘n anderman bly? Hy moet beslis ‘n profeet wees, ‘n Man vanGod. Maar net om seker te maak, sal sy Hom ‘n bietjietoets met ‘n strikvraag waarop niemand werklik ‘n

INHOUD

Page 90: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

antwoord het nie. Sy sleep dus die groot twispunttussen die Jode en Samaritane in: die ding oor dietempel. Waar sou nou eintlik die regte plek wees om teaanbid, Jerusalem of Sigem?

Hierdie ding het eintlik begin toe die tempel inJerusalem gebou is. Die Samaritane wou saam met dieJode aan die tempel bou, maar die Jode wou hiervanniks weet nie. Samaritane is mos onrein, onthou! Endaar begin die hele kwaaivriendskap ding. Maar dit hetook nie daar geëindig nie. Die Samaritane het ‘n bietjiegaan grawe in die geskiedenis, en toe ontdek hulle datAbraham daar by Sigem ‘n altaar vir God gebou hetnadat die Here Sy verbond met Abraham bevestig het.Hierdie sou mos nou die éintlike plek wees waar dietempel gebou moes word. (Gen 12:6,7). Uiteindelik boudie Samaritane dan ook hulle eie tempel op dieGeresimberg by Sigem, maar later vernietig die Jode ditweer. En nou is almal vir almal kwaad!

Jesus verduidelik vir haar dat dinge totaal gaan verander,en dat dit nie meer gaan saakmaak waar ‘n mens aanbidnie. Dit sou gladnie meer nodig wees vir enige heiligeplekke nie, nie eers Jerusalem of Sigem nie. Maar symoet haar oë oophou, want die groot verlossing is ophande. Die Here kanaliseer hierdie verlossing na diewêreld deur die Jode.

INHOUD

Page 91: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Maar Jesus verduidelik ook vir die vrou hoe wareaanbidding lyk. Hulle het aanbid sonder om waarlik tebesef wat hulle doen. Wanneer hierdie dinge gebeurhet, sal mense werklik eers besef hoe om die Here teaanbid, en wat Hy van hulle verlang. Gelowiges sal Homdan “deur die Gees en in waarheid aanbid” (Joh 4:24).Dit het natuurlik vooruit gewys na die wonderlikewerking van die Heilige Gees. Mense sou nou nie meerin tempels of op berge vir God hoef te gaan soek nie,maar die Heilige Gees sal binne-in elke gelowige wees.Dit gee jou natuurlik direkte toegang tot God. In plaasdaarvan dat gelowiges na God moet gaan, gaan Hy nouna die gelowiges toe. Wat ‘n wonderlike gedagte!

Ek weet nie hoeveel hierdie vrou werklik van die gesprekverstaan het nie. Om die waarheid te sê, verstaan onsvandag nog steeds nie, want hoe is dit moontlik vir dieGees om in elkeen van ons te woon? Verstaan ons diealomteenwoordigheid van God? Sal ons ooit Jesus sesoenverdienste verstaan? Die vrou se antwoord is danook baie insiggewend, dat die Messias, die Christus,alles eendag sal kom bekend maak. Hy sal al dieantwoorde op haar vrae hê. Eintlik is dit baie ironies,want sy het steeds nie besef dat dit in werklikheid dieMessias was wat daar met haar staan en praat het nie.Dan antwoord Jesus haar: “Dit is Ek, Ek wat met jou

INHOUD

Page 92: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

praat.”

Ek dink dat die vrou se oë oopgegaan het, en dat sybegin besef het dat hierdie nie sommer maar ‘n Profeetis nie. Sy het haar kosbare kruik net daar gelos en vir diemense in die dorp gaan vertel. Sy het haar vrees vir watdie mense van haar sou sê opsy geskuif om die goeienuus aan almal uit te basuin.

Hierdie woorde van Jesus laat jou en my ook voor ‘nbesliste keuse. Die eerste ding waaroor ons moetbesluit, is of ons gaan aanvaar dat Hy waarlik dieMessias is, en nie sommer maar net die een of anderwonderlike Profeet nie. Aanvaar ons dit, dan bring ditook sekere implikasies mee: in die eerste plek betekendit dat ek Sy verlossingsgeskenk moet aanvaar, en dus in‘n persoonlike verhouding met Hom moet staan. Maardaar is ook verdere implikasies: Hierdie geskenk is sogroot, dat ek nie anders kan nie as om ‘n lewe vandankbaarheid te leef. Hierdie vrou het haardankbaarheid betuig deur te vergeet van wat mense sêvan haar, en die blye nuus uit te blaker. Hoe doen ek enjy dit?

Gebed:

Here, dankie dat U ook aan my die waarheidopenbaar het. Ek wil dankbaar leef en u Naam

INHOUD

Page 93: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

verheerlik met alles wat ek doen.

INHOUD

Page 94: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Oes is Ryp

Johannes 4:27-42

Die dissipels keer terug van die dorp Sigem, waar hullegaan kos koop het. Dit was maar half ‘n ongemaklikesituasie, want hier moes hulle kos koop by Samaritane.Hulle ongemak verdiep egter as hulle terugkom by dieput, en Jesus, hulle Rabbi aantref in gesprek met ‘nSamaritaanse vrou. Boonop is hierdie vrou se voorkomsmaar baie twyfelagtig. Hulle besluit om liewer doodstilte bly oor hierdie teer sakie, want hulle verstaan nou netmooi gladnie wat aan die gang is nie. Boonop is dit ‘nbitter ongemaklike situasie om oor te praat. Hulleverligting is groot as sy daar omspring en terughardloopdorp toe. Nou kan hulle die belangrike dinge van dielewe afhandel, soos om te eet.

Die manne het uit hulle pad uit gegaan om kos in diehande te kry. Hulle is moeg en honger. Hulle gee virJesus Sy kos, maar weereens moet hulle terugdeins oorhulle Meester se optrede: Nee, Hy is nie honger nie. Hyhet kos waarvan hulle nie weet nie! Hy sal nie eet niedankie! Die manne kyk vir mekaar met ‘n vraagteken opdie gesigte. “Waar sou Hy kos vandaan gekry het?” Jesusverduidelik dat Sy kos is om die wil van die Vader tedoen.

INHOUD

Page 95: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus wil die prioriteite van ‘n gelowige by die dissipelsprobeer inskerp. Hulle sukkel om te verstaan. Ja, eersbaie later het hulle hierdie dinge begin verstaan. Dit waseers nadat Hy na die Hemel opgevaar het en hulle dieHeilige Gees ontvang het. Maar nou is al die begrippewat Jesus gebruik vir hulle totaal vreemd. Jesus probeereintlik vir hulle sê dat die normale dinge van die lewe,soos om te eet, minder belangrik is as die geestelikedinge. Hulle moet die wonderlike geestelike wêreld watvoor hulle oë besig is om te ontvou, raaksien. Warehonger is om dít te wil doen wat die Here van jou vraom te doen.

Jesus tuur oor die vlakte, en dan sien Hy hoedat ‘nmenigte mense uit die dorp stroom op pad na hulle toe.Hy glimlag. Ja, die vrou het gaan vertel, en nou wil almalin die dorp weet van “die Man wat haar alles van haarlewe vertel het”. Wat ‘n oes!

“Die oes is ryp”, deel Hy sy dissipels mee, en nou is hulletotaal uit die veld geslaan. Wat sou hulle Meester dannou hiermee bedoel? Jesus verduidelik vir hulle van dielande wat vol ryp are staan, spierwit, net reg om geoeste word. Met hierdie “lande” sinspeel Jesus natuurlik opdie Samaritane, wat op daardie stadium sekerlik ookalreeds ‘n baie sterk Messiasverwagting gehad het. Hullehet net so swaar in die Romeinse verdrukking geleef as

INHOUD

Page 96: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die Jode. Ja, hulle was ryp vir die oes, naamlik om Jesusse volgelinge te word. Die dissipels loer oor hulleskouers en raak half kriewelrig as hulle die groot skareSamaritane aangeloop sien kom.

Jesus gaan egter rustig voort en Hy verduidelik vir hullehoe ‘n oes nou eintlik werk. Dit is nie iets wat sommernet gebeur nie. En boonop is dit nie een enkele persoonse werk nie. Nee, daar is spanwerk by betrokke om ‘nsuksesvolle oes te kan lewer. In hulle gedagtes kan diemanne ‘n prentjie vorm van wat daar op die landgebeur: Eers die ou wat met sy ploeg agter die os aanloop en die grond omdolwe. Dan is daar die kêrel watmet sy sak agterna stap en die saad in die grond strooi.En wanneer die koring groot geword het en ryp is, is ditdalk weer iemand anders wat kom met die sekel om dieare af te sny en die gerwe in bondels te bind. Dit is beslisnie alleen-werk nie, en al die bure spring gewoonlik inom te kom help.

Terwyl die opgewonde Samaritane haastig nader kom,begin die dissipels die prentjie kry, dat Jesus nie van ‘ngewone oes praat nie, maar dat Hy sinspeel op diegeestelike oes van volgelinge van Jesus. Vandag is ditsteeds net so waar. Daar is diegene wat die Woord saai,en daar is ander wat moet bossies uitkap, bossies vansonde, sodat die lewensplante kan groei. Dan is daar

INHOUD

Page 97: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

weer diegene wat die wonderlike voorreg het om dieoes te kan insamel, want hier sien jy uiteindelik die vrugop die arbeid van baie ander geestelike werkers.

Ek het die groot voorreg om te kan saai deur diedagstukkies wat ek uitstuur. Ek sien eintlik bitter min vandie vrug van my arbeid, maar ek doen dit in die wete datdie saad wat ek saai op vrugbare aarde sal val, en datiemand anders eendag jubelend sal kan oes van mypoging.

Ja, daardie Samaritaanse vrou het die ongelooflikevoorreg gehad om te kon deel in Jesus se oes. Die landewas ryp, en al wat sy moes doen, was om die finaleboodskap te gaan aflewer. Dit het sy gedoen met volleoorgawe. Die resultaat was dat die (uitgeworpe)Samaritane net eenvoudig nie genoeg kon kry van Jesusnie. Alhoewel die dissipels sekerlik niks van die ideegehou het nie, het Jesus tog besluit om twee dae daaroor te bly by hulle. Hierdie was ‘n belangrike oes! Hoekon Hy dit óóit so laat staan om op die lande te vrot?

Gebed:

Here, ek loof en prys U vir die wonderlike voorregwat ek het om deel te mag wees van die span. Helpmy om die taak wat U my gee met volle oorgaweuit te leef.

INHOUD

Page 98: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Geloofstoets

Johannes 4:43-54

Dit moes seker twee baie ongemaklike dae vir diemanne gewees het tussen die Samaritane van Sigem.Maar, alhoewel dit 'n uiters suksesvolle bediening onderdie Samaritane was, is dit genadiglik uiteindelik verbyen is hulle op pad na hulle tuisland, Galilea. Dan sê Jesus'n baie snaakse ding vir die manne: “‘n Profeet word niein sy eie land geëer nie!” Wanneer ons egter dievolgende paar verse van Johannes lees, verstaan jygladnie wat Jesus bedoel het nie, want hier lyk dit dannou asof die mense van Galilea Hom baie goed ontvang.Hy word met ope arms terug verwelkom.

Dit is gevaarlik om die Bybel te wil verstaan deur slegsenkele versies te lees. Dikwels moet jy ander gedeeltesdaarmee saam lees om die spesifieke gedeelte in sykonteks te plaas. Ons moet onthou dat Johannes hierdieEvangelie geskryf het om bepaalde gedagtes by sy leserstuis te bring. As ons die ander evangelies saam lees, dankry jy ‘n breër prentjie van Jesus se bedoeling. Matteus13:53-58 vertel hoedat die mense van Jesus se tuisdorpNasaret, Hom verwerp het. Lukas skryf dat hulle Homselfs van ‘n krans wou afgooi (Luk. 4:28-30).

As Johannes dus skryf dat die Galileërs vir Jesus

INHOUD

Page 99: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

verwelkom het, was dit slegs ‘n tydelike ding. WanneerHy egter dinge begin sê wat hulle ongemaklik laat voel,draai hulle die rug op Hom, selfs Sy eie broers!

Van Sigem af neem die groep se reis hulle reg noord,verby Nasaret, tot by Kana waar Hy die water in wynverander het. Hulle volgende stop sou Kapernaum wees,sowat 25km verder, langs die see van Galilea. In Kanakom ‘n man Jesus tegemoetgeloop. Hy is bitterbekommerd en baie moeg, want hy het baie haastig diehele ent pad van Kapernaum geloop toe hy verneem datJesus in Kana is. Sy seun is baie siek, en hy kan enigeoomblik sterf van die koors. Hierdie man is ‘nregeringsamptenaar. Hy werk dus vir Herodus Antipas,die regeerder van daardie streek.

Wanneer die man uiteindelik by Jesus uitkom, moet hyeers aanhoor hoedat Jesus hom toets: Is hy nie dalkmaar net daar om ‘n wonderwerk te kom sien nie? Onswil amper vra: “Maar hoe kón Jesus? Kon Hy nie sien datdie man desperaat is nie?” Ons moet onthou datduisende mense na Jesus gestroom het uitnuuskierigheid. Ek is séker dat baie van daardie menseegter iets gekry het wat hulle nie verwag het nie, en asveranderde mense weggegaan het. Gaan jy nie ookdikwels maar uit blote nuuskierigheid na 'n grootsaamtrek soos byvoorbeeld 'n Mighty Men, 'n Daniël of

INHOUD

Page 100: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Ester konferensie nie? En dan keer jy terug as 'n totaalveranderde mens?

Wanneer Jesus hierdie man “uitlok”, sien ons egter uit syantwoord dat hy Jesus gesien het as die enigsteoplossing vir sy probleem. Hy tree nie eers in die een ofander teologiese gesprek met Jesus, soos baie van dieander gedoen het nie, maar hy smeek Jesus omasseblief dadelik te kom. Sy seun sterf! Hierdiehooggeplaaste stort sy hart uit voor Jesus.

Maar steeds sien ons dat Jesus nie doen wat die manvra nie. Hy gaan nie saam met die man om vir die kindhande op te lê of die een of ander teken te gaan doennie. Die mense het geglo dat ’n geneser die sieke moetaanraak, sodat sy krag van hom af kan vloei na die sieketoe. Jesus se krag is egter nie afhanklik van aanrakingnie. Hy toets die man se geloof nog verder, en Hy stuurbloot die man terug huistoe. Die amptenaar moes maarnet glo dat sy seun sou leef. Wat het in sy gedagtesomgegaan terwyl hy die lang pad huistoe begin stap? Virhom het daar twee dae voorgelê, twee dae waar hymaar net kon hoop en probeer glo voordat hy by diehuis sou wees. Twee dae waarin sy senuwees hom souopvreet!

Maar op daardie presiese oomblik het die kind gesondgeword, so verneem die amptenaar later van sy

INHOUD

Page 101: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

werksmense.

Daar was egter ‘n bonus, ‘n baie groot bonus. Hierdieondervinding het die man en sy gesin so aangegryp, datdie hele gesin gelowig geword het. “Hy en sy helehuisgesin het tot geloof in Jesus gekom”, lees ons in Joh.4:53.

Ek en jy word dikwels ook soos hierdie amptenaargetoets. Daar is ‘n saak waarvoor ons bid, en dan komdie antwoord dat die Here ons gebed verhoor. Maar danvolg die lang pad “huistoe” waar niks gebeur nie, en jywonder of die Here ooit onthou het van jou gebed.Hierdie is nie ‘n maklike pad nie! Jy het twee keuses: jykan die hele pad loop en jou siek bekommer of die Hereooit van jou onthou, of jy kan loop en jubel, in die wetedat jy op Hom kan vertrou, al lyk alles op hierdieoomblik totaal verlore.

Ek weet hoe moeilik daardie pad is. Ek het hom alverskeie kere geloop, en op die oomblik loop ek homalweer. Die versoeking is baie groot om in die donker putvan depressie in te sak, en jou probleme met die wêreldte deel. Positiewe vertroue in Hom, en ‘n uitleef vanware blydskap, is al wat jou op daardie pad staande kanhou.

Gebed:

INHOUD

Page 102: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, ek glo en ek vertrou op U beloftes, al sien eknog niks. Here, gee my die krag om staande en volvreugde te bly, asseblief!

INHOUD

Page 103: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Man by Betesda

Johannes 5:1-17

Jesus het ‘n tydlank in Galilea gewerk, en toe weer dietog aangepak na Jerusalem om die een of ander fees byte woon. Hierdie was ook nie Jesus se enigste besoekaan Jerusalem nie. Ons weet byvoorbeeld van tenminste drie paasfeeste wat Hy daar bygewoon het, endaarom weet ons dat Jesus se bediening vir ongeveerdrie jaar aangehou het.

Die skaappoort was een van etlike poorte in Jerusalemse ringmuur. Hierdie een was aan die noordekant. Nabydie skaappoort was ‘n openbare bad met die naamBetesda. Ons moet onthou dat mense in daardie jare niedie luukse gehad het van ‘n badkamer in die huis nie.Wanneer iemand moes was, het hy na een van dieopenbare baddens gegaan. Rondom die Betesda-badwas daar vyf pilaargange. Dit was ‘n afdak met ‘n muuraan die een kant en 'n ry pilare aan die ander kant omdie dak op te hou. Hier kon mense rustig sit en hulle tydafwag om te gaan was. Hier het die siekes dan ook gelêen wag vir die water om in beroering te kom.

Daar is geglo dat die Betesda-bad se watergenesingskragte gehad het. Van tyd tot tyd het die waterom die een of ander onverklaarbare rede begin beweeg.

INHOUD

Page 104: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Dit sou dan ‘n engel wees wat die water geroer het. Dieeerste persoon wat dan in die water kon kom, wordgenees, van watter soort siekte hy ookal aan ly. In sekerevan die minder betroubare manuskripte van dieJohannes Evangelie is daar dan ook ‘n byvoeging watbeskryf dat ‘n engel van die Here in die bad neerdaal hetom die water te roer.

Johannes beskryf vir ons van ‘n insident waar Jesustydens hierdie besoek aan Jerusalem ook by dieBetesda-bad aangedoen het. En daar tref Hy ‘n man aanwat alreeds agt en dertig jaar siek is. Hy is desperaat,want hy kan net eenvoudig nie gou genoeg by die waterkom wanneer dit begin roer nie. Elke keer is daariemand wat hom voorspring. Jesus gee die man ‘n nuwekans in die lewe. “Wil jy gesond word?” Wat ‘n vraag!Natúúrlik wil hy! Maar hy kom net nooit betyds in diewater nie!

“Staan op, tel jou goed op en loop.” sê Jesus vir dieverdwaasde man. En skielik is hy gesond! Ek kan myamper voorstel hoe hierdie man moes gevoel het. Hyhet nie vir hierdie Vreemdeling gevra om hom te helpnie. Tóg het die Man reguit na hom gegaan en gehelp.Hy ken hierdie man van géén kant af nie, en tóg weet Hypresies wat met hom verkeerd is, en Hy maak homgesond. Onmiddellik voel hy hoedat die lewe in sy

INHOUD

Page 105: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gebroke liggaam instroom. Hy spring op, tel sy matrasop, en loop huistoe. Nee, ek dink hy het dalk eerderhuistoe gehuppel, jubelend!

Maar daar was ‘n probleem: toe hy hierdie Vreemdelingwou bedank vir Sy weldaad, was sy Weldoener net weg.Jesus het tussen die skare in verdwyn. Maar hierdie wasnie die enigste probleem nie: die Jode was die éintlikepyn! Hulle bars totaal sy borreltjie toe hulle hom uittrapomdat hy sy matras huistoe dra. Dit is mos dieSabbatdag, en dan mag jy geen werk doen nie. Om ietste dra is werk, “en jy is nou besig om die wet teoortree!”“Maar ek het maar net gedoen wat die Man gesê het ekmoet doen”, probeer hy sy ernstige misstap regverdig.“Watter Man?” wil hulle weet. Nee, hy weet nie. Hy kenHom mos nie?

Later, wanneer die man in die tempel is, loop Jesus homweer raak. “Kyk, jy is nou gesond”, sê Jesus vir hom,“Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie ietserger met jou gebeur nie.”. Sou dit nou beteken dat dieman gestraf sou word elke keer as hy ‘n sondetjie doen?Dit sou darem verskriklik wees, want ek en jy weet datdaar nie ‘n enkele dag omgaan dat ons nie sommer ‘nstreep sondes doen nie. Sonde is sonde, al is dit ook netin jou gedagtes. Nee, ek dink nie dit is wat Jesus bedoel

INHOUD

Page 106: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

het nie. Elders verduidelik Hy vir Sy dissipels datwanneer iets erg gebeur, dit nie noodwendig ooriemand se sonde is nie, maar dat God dalk iets daarmeewil bereik.

Kom ons dink ‘n bietjie mooi: wat is ware sonde? Wat isdie ergste sonde waaraan jy kan dink? Om moord tepleeg? Om te roof? Om te haat? Nee, die ergste sondewat jy ooit kan pleeg is om Jesus te verwerp. Die strafdaarvoor is die ewige verderf. Ek wil die straf nie eersbeskryf nie, want dit is te gruwelik. Hoe verwerp jyJesus? Deur nie Sy geskenk van die ewige lewe teaanvaar nie. In Joh 3:32 het ons gelees: “Wie in die Seunglo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seunongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar diestraf van God bly op hom.”Wanneer Jesus dus vir die man sê dat hy nie verdermoet sondig nie, bedoel Hy dat die man in Hom moetglo. Wat is die “iets erger” wat met hom kan gebeur? Ashy nie glo nie sal die verskriklike straf van die verderf ophom wees.

Ek het al verskeie kere die vraag gevra, en ek sal dit nogbaie vra: Het jy al opgehou sondig? Het jy al Jesus segeskenk aanvaar? Hierdie is ‘n baie belangrike vraag,maar jou antwoord is die belangrikste ooit in jou lewe.Dit is ‘n antwoord wat die verskil maak tussen lewe en

INHOUD

Page 107: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dood.

Gebed:

Here, ek wil vanoggend ernstig bid vir elkeen wathierdie dagstukkie lees, en nog nie geantwoord hetop U pleidooi om U geskenk te aanvaar nie.

INHOUD

Page 108: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus, Seun van God

Johannes 5:18-29

Die slim manne sê dat daar gedurende die Israeliete seuittog uit Egipte sowat driemiljoen mense moes wees.As jy nou sou begin sommetjies maak, staan jy verstom:Wat ‘n logistieke nagmerrie moes dit nie wees omdriemiljoen weerbarstige Jode te voet deur ‘n woestynte laat trek nie! Waar het hulle genoeg water vir almalgekry? En kos? Daar is mos nie sulke luukses in diewoestyn nie? En hoe het Moses dit reggekry om driemiljoen mense in een nag deur die see te laat trek omvan die Egiptenare af weg te kom? Dink net oor hoe ’ngroot gebied hulle elke keer hulle tente moes opslaan!Menslik gesproke is dit alles totaal onmoontlik. Ennogtans het dit gebeur. God het hulle water gegee en Hyhet hulle ook op ‘n wonderbaarlike wyse van kosvoorsien en hulle onderhou. Sommige geleerdes rekendat die Jode nie almal gelyk getrek het nie, en dat diegroot uittog met slegs 'n gedeelte van die stamme was.Maar selfs met 'n tiende van die volk sou dit steeds 'nreuse wonderwerk wees.

In die lig hiervan, is die wonderwerk waar Jesus die manby Betesda gesond gemaak het ‘n relatief kleinwonderwerkie. Nogtans lok dit ‘n vurige reaksie uit bydie Jode. Hulle is woedend oor Jesus hierdie man laat

INHOUD

Page 109: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

“werk” het op die Sabbatdag. Wanneer Jesus hullehierop antwoord, jaag Sy antwoord hulle nog verder dieharnas in. Nou stel Hy Homself aan God gelyk! Dit magmos nie!

Hoe kom hulle daarby uit? Jesus sê vir hulle dat Sy Vadertot nou toe werk (d.w.s. óók op die Sabbat) en dat Hydus ook mag werk. Alleen God mag op die Sabbat werk,só redeneer die Jode, en as Jesus dus sê dat Hy ook opdaardie heilige dag mag werk, stel Hy Homself aan Godgelyk! Hy mag doen wat God alleen mag doen. Dit ismos laster! En nét daar wil hulle Jesus doodmaak.

Dan verduidelik Jesus van die verhouding tussen ‘n paen sy seun, ‘n beeld wat almal daardie tyd baie goedgeken het. Daar was nie ambagskole of tegniese kollegeswaar jy opleiding kon gaan kry in die een of anderambag nie. Die pa het die seun sy ambag geleer. Nogmeer: die pa het die seun die lewenskuns geleer. As ‘nman dus ‘n goeie pottebakker is, het almal geweet datsy seun eendag ook ‘n goeie pottebakker sou wees. Hyhet immers by ‘n meester die kuns aangeleer. Opdieselfde wyse kon aflei van iemand wat ‘n goeiepottebakker was, dat sy pa ook een was, want waaranders sou hy die kuns kon aanleer?

Dit het die Jode baie goed verstaan. Dan gaan Jesusverder: Hierdie mense is maar ál te bewus dat alleen

INHOUD

Page 110: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

God lewe kan gee. As iemand nou uit die dood opgewekword, kan daar absoluut géén twyfel wees dat dit vanGod af kom nie. As Jesus dus iemand uit die dood souterugbring, dan is dit maar net logies dat Hy die Seunvan God is, want waar anders sou Hy dit kon leer?

Jesus vat hierdie argument egter nog 'n stappie verderen Hy praat oor die oordeel. Regdeur die Ou Testamentleer ons dat dit alleen God is wat mag oordeel.Inderdaad maak Hy van tyd tot tyd gebruik van ‘nspesiale gesant om die oordeel oor te dra. Dit bly egtersteeds God wat oordeel. Jesus kom openbaar nou egteriets nuut: Die Vader het ál die oordeel aan die Seunoorgelaat. Dit is nou dus die Seun (Jesus) wat oordeel.

Beteken dit nou dat ons Jesus moet sien as ‘ngenadelose God wat gereed staan met ‘n swaard omelkeen wat sonde doen te verdelg? Nee, beslis nie!

Ons moet eers die vraag vra: wat oordeel nou eintlikbeteken? Dit is die teenoorgestelde van redding.Wanneer ons hierdie Evangelie van Johannes lees, sienons hoedat die reddings-gedagte keer op keer na vorekom. Joh. 3:16 sê dat die Seun lewe gee. Só ook Joh.5:24, 6:37, 6:40, 6:54 en nog baie ander plekke.Wanneer ons dus lees van Jesus se oordeel, moet onsdaarin terselfdertyd God se gróót genade raaksien. Syoordeel tree slegs in werking wanneer Hy verwerp word

INHOUD

Page 111: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

en iemand Hom nie wil erken as God nie. Wanneer jynie Sy soenverdienste, waarvoor Hy so verskriklik duurbetaal het aan die kruis, wil aanvaar nie. Hoe moeilik isdit dan om in Jesus te glo?

Maar daar is ‘n verdere saak betrokke: Eer! Dit is ietswat daardie tyd geweldig belangrik was, selfsbelangriker as wat dit vandag is. Om eer te betoon aaniemand, het beteken dat jy sy waardigheid erken. Dat jyook vir ander mense laat verstaan dat daardie persooneer waardig is. Om egter geëer te kan word, moet jywerklik eer verdien. In Jesus se geval is dit baie duidelikdat Hy ál die eer verdien wat enigiemand kan gee. Weierjy om Hom daardie eer te gee, beledig jy nie alleen virJesus nie, maar ook terselfdertyd die Vader.

Ons gee gewoonlik eers eer aan mense wat dit werklikverdien nadat hulle al dood is. Ons durf egter nie onseer weerhou van Jesus nie, want daar is niemand groteras Hy nie. Sy dade is groter as wat enige menslikeverstand ooit sal begryp. Nie alleen het Hy die gansekosmos uit niks geskep nie, maar Hy het ook vir jou enmy gered uit die ewige verderf. Sal ons Hom nie al onseer en aanbidding gee nie?

Gebed:

Here, U is onbeskryflik groot en goed en genadig.

INHOUD

Page 112: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Ons aanbid U met alles wat binne in ons is.

INHOUD

Page 113: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Hofuitspraak

Johannes 5:30-47

Daar is kort-kort groot hofsake aan die gang waarbyvooraanstaandes in die samelewing betrokke is. Telkensmoet ons lag (of dalk eerder huil) as ons hoor hoe diegrotes lieg en kleitrap om uit die moeilikheid te probeerbly. Vandag verloop hofsake natuurlik totaal anders as inklassieke tye. Toe was daar nie spanne advokate watmet hulle boekgeleerdheid skuldige mense op tegniesepunte kon lospraat nie. In daardie jare was ‘n hofsaakmaar baie eenvoudig. Dit was net die aanklaer, diegetuies, die beskuldigde en die regter. Die beskuldigdemoes sy eie verdediging waarneem, en op grond van sygetuienis en dié van die getuies vir en teen hom, moesdie regter ‘n besluit maak.

Ons sien in Johannes 5:30-47 ‘n tipiese hofsaak, waarJesus, die Beskuldigde, getuig oor Homself. Ek en jy isdie regters wat ‘n besluit moet maak oor Hom. Dieantwoord waarby ons moet uitkom, is: Wie is Jesuswerklik?

Omdat hierdie ‘n hofsaak is, gaan ons getuies moetroep. Die wet vereis immers dat daar getuies moetwees. Die getuienis van ‘n aangeklaagde alleen is niegoed genoeg nie. Dit wil egter nie beteken dat Jesus nie

INHOUD

Page 114: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die waarheid praat nie. Ons kan sonder twyfel aanvaardat Jesus se getuienis alleen genoeg is. In vers 34 sêJesus self dat Hy nie nodig het om te steun op mense segetuienis nie. Vir die doel van die “hofsaak” gaan onsegter ook ander getuies inroep, net om die stempel teplaas.

Die eerste getuie wat ons in hierdie saak roep, isJohannes die Doper. Sy getuienis is helder en duidelik. InJoh 1:29-34 getuig hy van Jesus. Hy begin deur te sê:“Dáár is die Lam van God wat die sonde van diewêreld wegneem.” Hy sluit sy getuienis af met: “Hy isdie Seun van God.” Ek en jy kan dalk reeds klaarbesluit dat hierdie getuienis dalk goed genoeg is. Met sygetuienis is daar absoluut niks verkeerd nie. Jesus sêegter sélf dat Hy nie Johannes se getuienis nodig hetnie, al was dit hóé waar. Johannes is maar ’n blote mens.Hy is verganklik. Hy is maar ook nes ‘n ou lampie wat ‘nruk gebrand het, en toe weer doodgegaan het. Selfs diegroot profeet Johannes se getuienis is maar bittertydelik. Heel waarskynlik sal baie mense hom vandag nieeers meer glo nie. Jesus se eie getuienis is egter baiegroter en gewigtiger as dié van Johannes, en baie, baiebeter. Kom ons gaan kyk ‘n bietjie na hierdie getuienis:

Die eerste stukkie getuienis wat Jesus noem, is Sy werke.Gaan kyk maar na al die dinge wat gebeur het, al die

INHOUD

Page 115: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

wonderwerke wat Jesus verrig het in die drie jaar van Sybediening. Hy het mense genees, duiwels uitgedryf,storms stilgemaak en skares kos gegee uit feitlik niks.Hierdie soort van dinge kan alleen van God af kom. Sulkedade kan nie aan die duiwel toegeskryf word nie. Is ditnie al klaar genoeg getuienis nie?

Maar daar is meer: In die tweede plek, sê Jesus dat selfsdie Vader oor Hom getuig. Waar kon jy byvoorbeeld ooit‘n beter getuienis kry (menslik gesproke) as die dag vanJesus se doop, toe die Stem van die Vader klokhelder uitdie hemel weerklink het: “Dit is My geliefde Seun....”?Jesus swaai die hofsaak om, as Hy die aanklaers diebeskuldigdes maak: “Sy Woord lewe nie werklik injulle nie”, beskuldig Jesus die Joodse leiers. Hulle isblind en doof vir die Woord van God. Ja, hulle ondersoekdie Geskrifte wat juis van Jesus getuig, maar hulle leesaspris daar verby. Hulle sien God nie raak daarin nie, enhoor nie Sy stem nie. En die ergste is dat hulle Jesusverwerp, omdat hulle Hom nie in die geskrifte herkennie.

Die derde getuienis is dan juis ook hierdie einsteGeskrifte. Vir die Jode het hierdie Skrifte absolute kraggedra, en wat daarin geskryf was, was wet. Hulle het ookmaar ál te duidelik besef dat hulle daarin die pad salvind wat lei na die ewige lewe. Maar die Skrifte het vir

INHOUD

Page 116: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hulle geword soos ‘n doolhof wat lei na nêrens. Ja, dit istóg moontlik om die Bybel te lees en totaal daarinverdwaal te raak. Dit gebeur wanneer jy jou nie laat leideur die Heilige Gees nie. Die Bybel is soos ‘n padkaart,‘n padkaart na Jesus. Jy sal met my saamstem dat as jydoelloos na ‘n padkaart kyk, dan is dit net ‘ndeurmekaar spul strepe. Die Joodse leiers het ook nooitJesus se Naam in hierdie padkaart ingelees nie. Hullewóú net eenvoudig nie. Net soos die Jode van ouds, salons ook nie by Jesus uitkom as ons nie hierdie Padkaartwat die Here ons gegee het ernstig opneem nie. Al dieaanwysings wat ons nodig het is daar: Moses het uit dieOu Testament aanwysings gegee, en so ook Jesaja. En indie Nuwe Testament is daar talle. Al hierdie dinge is deelvan die getuienis wat God gee aangaande Jesus.

Die getuienis lê op die tafel. Ek en jy as regters, moetnou ‘n uitspraak lewer. Wie sê jy, regter, is Jesus? Stem jysaam met die Joodse leiers? Of aanvaar jy die getuieniswat God Sélf gee?

Om egter slegs te erken dat Jesus God is, is nie genoegnie. Satan erken dit ook! Slegs as jy kies om in 'nlewende verhouding met Jesus as Verlosser te staan,kan jy gered word. Die keuse, liewe leser, is joune!

Gebed:

INHOUD

Page 117: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here Jesus, ek aanvaar die getuienis uit die Woordvan God aangaande U onvoorwaardelik en met myhele hart en siel en verstand. Ek aanvaar U as myVerlosser!

INHOUD

Page 118: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Brood in Oorvloed

Johannes 6:1-15

Jesus en sy dissipels was langs die see van Galilea in dieomgewing van Betsaida-Julius. ‘n Reuse skare is agterhulle aan, nuuskierig om te sien of Jesus weer grootwondertekens gaan doen. Die woord het gou verspreien elkeen wou vir homself hierdie wonderlike dingebeleef. Jesus sien sommer baie gou dat Hy hier onder indie vlakte verlore sou wees, dus klim Hy halfpad teendie berg op sodat daar ‘n natuurlike amfiteater vorm.Daar gaan sit Hy saam met Sy dissipels. Die verhoog isopgestel vir een van die mees aanskoulike wonderwerkeóóit. Steeds groei die skare aan.

“Filippus”, roep Jesus een van die manne nader. “Waargaan ons kos kry vir al die mense?” Filippus skrik homyskoud. Hy laat sy oë gaan oor die reuse skare wat by dieminuut nog aangroei. “Vyfduisend manne alleen”, dinkhy by homself, en toe begin hy sommetjies maak. As dievrouens en kinders wat aan hierdie manne gekoppel isbygetel word, moet daar maklik vyftienduisend mensewees. Om hulle almal kos te gee, sou maklik ‘n jaar sesalaris kos. En hulle is maar arm vissermanne! Hoe kansy Meester van hulle verwag om vir soveel mense kos tegee? Hier sit ‘n skare wat helfte van Loftus gaan volpak!

INHOUD

Page 119: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Hulpeloos kyk Filippus rond, terwyl Jesus hom fyndophou. Andreas beduie laggend vir hom dat hier in dievoorste ry ‘n jong seuntjie sit met vyf garsbroodjies entwee bokkems, gedroogde vissies. Dalk kan hulle ditgebruik! Maar dis maar ‘n ou druppeltjie in die emmer!Hiermee gaan hulle nie ver kom nie.

Jesus het egter lankal geweet wat Hy sou doen. Daardieseuntjie was nie verniet daar nie, en die feit dat hydaardie dag juis vyf broodjies by hom sou hê, was beslisook nie toevallig nie. Alles was haarfyn beplan. Daar sounet mooi een broodjie wees vir elke duisend gesinne.Oorgenoeg! Jare gelede het Hy vir ‘n volle veertig jaarlank elke dag in die woestyn genoeg manna en kwartelsuit die hemel voorsien vir drie miljoen mense. Om virhierdie ou paartjies kos te gee, sou daarteenoor ‘nrelatief klein ou wonderwerkie wees. Hy beduie vir dieskare om te gaan sit. Die grasbedekte hange van dieheuwel was ‘n ideale plek vir hierdie piekniek wat souvolg. Ek kan my indink oor wat in die mense se koppeomgegaan het. Die afwagting was groot.

Jesus dank God vir die kos, en die dissipels kry die taakom dit uit te deel. En dan gebeur die wonderwerk: Diebrood en vis raak net nie op nie. Hoe meer die manneuitdeel, hoe meer word die kos! Dit klink soos ‘n byenessoos die mense praat. Hulle kan nie glo wat besig is om

INHOUD

Page 120: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

voor hulle oë te gebeur nie. Nee, dit kan nie anderswees nie: hierdie Jesus is beslis die Messias! Nóú is dietyd om Hom te kroon sodat Hy die volk van Herodus enPilatus en al die Romeine kan verlos!

Maar Jesus is nog nie klaar met die wonderwerk nie.Eers moet daar ‘n ou Joodse gebruik uitgevoer word, omdie oorskiet bymekaar te maak, want mens mag mos niemors nie! As hulle daarmee klaar is, is daar nie mindernie as twaalf mandjiesvol wat oorgebly het van die vyfou garsbroodjies, nadat vyftienduisend mense daarvangeëet het.

‘n Uiters aanskoulike wonderwerk, inderdaad. Maardaar steek baie meer agter hierdie wonder as net dieasemrowende grootheid daarvan.

Johannes meld nie verniet in hierdie perikoop van diePaasfees wat op hande was nie. Jesus was op die puntom hierdie fees ‘n totaal nuwe betekenis te gee. DiePaasfees was natuurlik die fees van die herdenking vandie uittog uit Egipte, toe God die volk verlos het uit diekloue van die Farao. Een van die groot simbole vanhierdie fees was juis die ongesuurde brood wat hullemoes eet. Later, tydens Jesus se laaste paasmaal saammet Sy vriende, verwys Hy dan ook juis na die brood asSy liggaam. Met hierdie wonder kom deel Jesus diebrood oorvloedig uit. Sy liggaam sou daar in oorvloed

INHOUD

Page 121: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

wees vir elkeen wat in Hom glo. Maar anders as diemanna wat Hy in die woestyn voorsien het, wat slegstydelik was, is hierdie “brood” wat Hy sou gee vir ewig.

Maar daar sou meer as net brood op die spel wees. Opdie paasfees speel die bloed van die lam wat geslag isook ‘n simboliese rol. In Egipte het daardie bloed diedoodsengel laat verby gaan. Jesus se kosbare bloed watHy gestort het aan die kruis, laat ook vandag vir jou enmy wat in Hom glo, die doodsengel verby gaan, diedoodsengel van die ewige verderf.

Die skare wou Jesus kroon as Koning. Dit sourampspoedig wees, want dit sou ‘n politieke rewolusiemeebring. Pontius Pilatus en die Romeinse Ryk souonttroon word, en Jesus sou die Koning word vanPalestina. ‘n Paar miljoen mense sou gered word. Jesusverkies egter om dit van die hand te wys. Sy Koninkryk isimmers veel groter as net ‘n klein politieke rykie. Dit isverhewe bo enige politiek. Hy moes die ganse wêreldred van die mag van die owerste, die duiwel. Daarom isHy vandag ook my en jou Redder.

Gebed:

Here, dankie dat U baie groter dink as mense, endat U ook hierdie wonderlike reddingsplanuitgewerk het sodat elke mens op aarde gered kan

INHOUD

Page 122: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

word as hulle in U glo.

INHOUD

Page 123: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus Loop op die See

Johannes 6:16-21

Baie jare gelede gaan ons op ’n hengelekspedisie inMosambiek, in die Limpoporivier se mond. Ek was nogmaar nie eers tien jaar oud nie. Alles was daardie jaremaar bitter primitief. Ons het met ons Landrover gekomtot ‘n paar kilometer van die mond af, en die laaste entmoes per roeibootjie aangepak word. ‘n TienjarigeSjangaan seuntjie kry die taak om ons te vervoer na dietotaal verlate sandbank by die mond. Twee dae later, na‘n onvergeetlike uitstappie keer ons terug. Dit is alskemer as ons in die volgelaaide bootjie klim. Dieseuntjie vat die roeispane vas, en kreun onder die vrag.As hy in die middel van die rivier kom, sien ons dat hiermoeilikheid is. Ons beweeg agteruit in die rigting van dieoop see! Dit wemel van haaie en krokodille in hierdiewater. Tot ons skok besef ons later dat die gety besig isom uit te gaan, en ons word see toe gesuig. Ons por dieroeier aan, en hy sweet. Dit begin donker word, en diesituasie lyk beslis nie rooskleurig nie. Ek sien al hoe onsalmal versuip, of erger nog: opgevreet word!

Dan gebeur die ding wat my hart amper laat staan het:Die seuntjie sit skielik sy roeispane neer, mompel iets inSjangaan, en spring uit die skuit uit. Gaan hy ons nou nethier los dat ons maar diepsee toe kan spoel? Natuurlik

INHOUD

Page 124: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gaan hy swem vir sy lewe en ons aan ons eie genadeoorlaat! Ek begin klaar maak om my teen die haaie enkrokodille te verweer. Maar dan, tot ons verwondering,sien ons hoe hierdie laaitie op die water loop. Agter diebootjie staan hy, en hy stoot die bootjie teen die stroomop.

Moes ons toe ontdek dat die water hier skaars kniediepis, en dat dit baie makliker is om die boot te stoot as omte roei. Nodeloos om te sê, het ons toe veilig aan walgekom!

Jesus se dissipels was in ‘n soortgelyke situasie. Nadaardie dag toe Jesus die reuse skare kos gegee het metslegs vyf broodjies en twee vissies, moes Hy berg-opvlug om van die mense af weg te kom. Ek weet nie watin die dissipels se koppe aangegaan het nie, maar ek kanmaar net raai. Toe dit begin aand word, moes hullenoodgedwonge maar in die skuit klim en begin roei omoorkant te kom by Kapernaum. Hulle kon nou nie meerlanger vir Jesus wag nie. Sou hulle nog talm, sou diedonker hulle vang voordat hulle oorkant kom. Hy wasnet weg, dus vaar hulle sonder Hom. Dit was nie ‘nmaklike bootvaart nie, want skaars begin hulle roei, ofdie wind steek op. Hoe verder hulle roei, hoe sterkerraak die wind, en hulle kry dit reg van voor. Vir vyfkilometers beur hulle teen die geweld van die storm, en

INHOUD

Page 125: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dit voel asof die roeispane hulle nêrens bring nie. Regdeur die nag roei die moedelose manne teen hierdiestormwind in. Matteus skryf in sy Evangelie dat ditvoortgeduur het tot dagbreek toe (Matt 14:22-33).

Die arme kêrels was totaal uitgeput. Die vorige middagnog moes hulle bontstaan om vir vyftienduisend mensekos te gee. En nou is hulle boonop nog beroof van hullewelverdiende slaap. Maar nog is dit het einde niet: Uitdie mistigheid van die storm sien een van die manne ‘nfiguur op die water na hulle aangestap kom. “Kyk!”,beduie hy met ‘n hand wat bewe. Die manne is lam vanvrees: “’n Spook!” sê hulle vir mekaar. “Ons einde hetaangebreek!” Onheilspellend kom die “gedaante” alnader en nader. Die manne skree van angs.

Dan herken hulle vir Jesus! Hulle is stomgeslaan. Jesusklim in hulle skuit. Die wind bedaar, en hulle roei die kortentjie na hulle bestemming. Die manne verstaan nie.

Daardie nag het die manne ‘n baie harde les geleer. Wathet hulle in die eerste plek besiel om sonder Jesus tevertrek? Wat sou hulle daar oorkant sonder Hom doen?Hy was immers die rede waarom hulle gegaan het!Sonder Hom, het hulle baie gou uitgevind, is hulle in diemoeilikheid. Wat veronderstel was om ‘n uur of twee seroei te wees, het uiteindelik die hele, ganse nagaangehou en in ‘n absolute nagmerrie ontaard. As hulle

INHOUD

Page 126: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

net ‘n klein bietjie langer vir Jesus gewag het, souhierdie hele aaklige rit waarskynlik verspot maklikgewees het. Die dissipels het ook iets anders geleer: Dieoomblik toe hulle Jesus in die skuit inhelp, gaan lê diewind. Met Jesus aan boord, verdwyn hulle nagmerrieskielik soos mis voor die son. Hulle het verniet ‘nslapelose nag beleef!

Wat sê dit vandag vir jou en my? Dat ons dit nie durfwaag om die lewensstorme aan te pak sonder Jesus nie.Sonder Hom kan ons maar verseker wees, sal dit in ‘nnagmerrie ontaard. Ek weet baie goed! Ek het dit al tallemale beleef. Hóéveel keer het ek al ‘n krisis beleef in mylewe, en dit dan sonder Sy hulp probeer oplos. En elkekeer nog het ek lelik tweedebeste daarvan afgekom. Diekere wat ek egter alles in Sy bekwame hande oorgelaathet, het dit totaal anders verloop. Nee, Hy het nie elkekeer die probleem vir my opgelos nie, maar nog elkekeer het Hy getrou vir my die krag en rustigheid gegeeom hierdie krisis te weerstaan. ‘n Wonderlike voorbeeldvan Sy krag in krisistye, sien ons in hoe Louis en HettieBrittz destyds reageer het toe hulle so wreed aangevalwas en hulle in Jesus se krag wonderlik staande kon bly.

Gebed:

Here, dankie dat U altyd daar is vir my, selfs deurdie grootste krisisse. Help my asseblief om U te

INHOUD

Page 127: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

vertrou in alles in my lewe, selfs deur die grootstemoeilikhede.

INHOUD

Page 128: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus, Brood van die Lewe

Johannes 6:22-40

Die wonderwerk wat Jesus gedoen het, toe Hy die reuseskare kos gegee het met vyf brode en twee vissies, hetmense se verbeelding aangegryp. Die volgende dag ishulle weer daar. As dit manna uit die hemel reën, danmoet jy sorg dat jy skep! ‘n Gratis ete is mos nie teversmaaie nie. As hulle egter nie vir Jesus op dieselfdeplek kry nie, doen hulle baie groot moeite om Hom opte spoor. Hulle klim selfs in skuite en vaar oor die meerna Kapernaum om Hom daar te gaan soek.

Ja, dit is alles baie mooi en goed dat die mense vir Jesussoek met so ‘n passie, maar hulle soek Hom om totaaldie verkeerde rede. Hulle wil net hulle eie behoeftesbevredig! Hulle soek nóg brood. Hulle spoor Hom op,maar Jesus sien dadelik dwarsdeur hulle: Hulle het noggladnie verstaan waaroor dit alles gaan nie. Dan beginJesus vir hulle verduidelik dat dit nie oor fisiese broodgaan nie, maar oor geestelike brood, want dit is diebelangrikste in die lewe. Die brood wat hulle eet is maarbitter tydelik. Dit stil jou honger vir ‘n kort rukkie, maardie geestelike brood is ewig.

Hierdie geestelike brood kan jy egter net op een plekkry: by Jesus. In vers 27 sien ons weereens hoe verhewe

INHOUD

Page 129: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus werklik is. Die woorde: “God die Vader het Homdie mag daartoe verleen.” beteken dat Hy deur die héélhoogste gesag aangestel is. In Grieks staan daar letterlikdat die Vader die Seun verseël het. Met ander woorde,Hy doen alles in die gesag van God. Dit kan ook nieanders nie, want Hy is deel van die Goddelike Drie-Eenheid.

Dit wil tóg vir ons lyk asof hierdie mense begin begryphet dat hulle hier te doene het met die Messias. Hullewil van Jesus weet wat God van hulle verwag. Wieanders as die Messias kan so ‘n antwoord gee? Jesus seantwoord is eenvoudig: Geloof! Die mense het miskienwél vermoed dat Hy die Messias is, maar hulle het nieeers náástenby begryp Wie hierdie Messias is nie.Wanneer ons deur die Ou Testament blaai, begin jy ‘nprentjie kry van Jesus, en dit wat jy sien, laat jou inaanbidding voor Hom neerval. Ja, inderdaad ontmoetons Hom telkemale in die Ou Testament. Die héél eerstemaal is in die Skeppingsverhaal, waar Hy die Skepper isvan die hemel en die aarde, die ganse heelal. Op talleplekke daal Hy uit die hemel neer om as God seBoodskapper op te tree. So byvoorbeeld neem Hy dievorm van ‘n man aan as Hy met Abraham kom praat.Wanneer God met Moses praat, en die Verbondstentmet die teenwoordigheid van God gevul is in die vorm

INHOUD

Page 130: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

van ‘n wolk, dan is dit Jesus, die Seun van God wat daarteenwoordig is. Ook op die berg Sinai waar Moses diewet ontvang, is dit weereens Jesus wat teenwoordig is.En so kan ons aangaan.

Wat ek hiermee wil sê, is dat Jesus se bloteteenwoordigheid ‘n mens met groot ontsag vul. Watdoen die mense? Hulle soek brood! Hulle soekwondertekens. In plaas daarvan dat hulle in aanbiddingvoor Hom neerval, eis hulle net allerhande dinge.Hoeveel tekens moet Hy nóg doen voordat hulle souglo?

Hulle haal aan uit die Geskrifte dat God hulle voorvadersmanna uit die hemel gegee het. Nou is dit presies ookwat hulle wil sien, dat Jesus vir hulle manna uit diehemel moet gee sodat hulle behoorlik kan glo. Hoeironies tog, want hulle voorvaders het óók God sewonderwerke geminag. Hulle het al die dinge gesiengebeur daar in die woestyn en dit persoonlik beleef, ennogtans het hulle nooit op God vertrou nie. Nou moetJesus vir hierdie nuwe geslag Israeliete ook sê: “Jullesien My, en tog glo julle nie in My nie.” (Joh 6:36).

Die spreekwoord lui, dat jy ‘n perd tot by die water kanbring, maar dat jy hom nie kan maak drink nie. Dit ispresies wat hier gebeur het. Al die tekens was daar. Diemense het Jesus gesien en beleef dat Hy waarlik die

INHOUD

Page 131: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Messias is. Hulle het die wondertekens gesien gebeur.Hy was binne hulle almal se bereik. ‘n Mens kan met diebrood in jou hand staan, maar steeds honger wees, omdie eenvoudige rede dat jy dit nie eet nie.

Jesus gee vir hulle (en ook vir jou en my) diewonderlikste beloftes: “Ek sal hom wat na My toekom nooit verwerp nie.” (v 37) “Dit is die wil van MyVader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo,die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom in die laastedag uit die dood laat opstaan.” (v 40). Hoeveel meerwil jy nog hê? Nogtans verwerp hulle dit. Vandag wordJesus se beloftes steeds weggesmyt.

Hoe ervaar ons vandag vir Jesus? Hy word al te dikwelsafgemaak as ons “Maatjie”, en daar word selfs deurgelowiges amper spottenderwys na Hom verwys. Onsmoet onthou met Wie ons te doen het, en dat Hy diehoogste gesag in die hemel beklee. Ja, Hy is hierteenwoordig, alreeds ‘n onbegryplike wonder! Maarselfs hier reg langs my is Hy steeds die Een voor Wie ekin aanbidding moet neerval. Ons moet egter ook vironsself die vraag afvra, of ons Sy beloftes ons eiegemaak het. Klou ons daaraan vas met alles in ons?

Gebed:

Here Jesus, ek val vanoggend in groot eerbied en

INHOUD

Page 132: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

verwondering voor U neer in aanbidding. Aan Ukom al die lof en eer en dank en aanbidding toe.

INHOUD

Page 133: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Eet die Brood!

Johannes 6:41-59

Ons het pas gesien in die vorige dagstukkies dat menseverwonderd is oor Jesus. Is Hy nie dalk die langverwagteMessias nie? Hulle wil hom selfs kroon as Koning,ongelukkig oor die totaal verkeerde redes! As Jesusegter vir hulle wil laat verstaan dat Hy die “Brood uit dieHemel” is, dan het Hy een treetjie te ver gegaan. Hulleken Hom dan mos! Hy is Josef en Maria se kind. Hulle isdoodgewone aardlinge, hoe kan Hy nou wil kom maakasof Hy uit die hemel kom? Dit is ‘n bietjie dik vir ‘ndaalder!

Ongelukkig is dit steeds vandag die reaksie van baiemense. Daar is steeds diegene wat Jesus slegs wil sien as‘n soort verhewe Profeet. Hoe kan dit moontlik wees datHy ‘n hemelse Wese kon wees? Nee, sê hulle, dit watJesus gesê en gedoen het, was alles net in die geestelikesin bedoel. Selfs Sy opstanding uit die dood wil hullegeestelik sien, want dit is mos nie moontlik nie?

Dan verduidelik Jesus, en Hy begin deur te sê dat dieVader in beheer is van alles. As iemand van die Vaderleer en aan Hom behoort, sal hy ook na Jesus gaan.Hierdie versie word so maklik uit verband geruk, enmense interpreteer dit so, dat slegs diegene wat deur

INHOUD

Page 134: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

God na Jesus gestuur word, gered sal word. Dit wil netweereens vir ons sê dat dit baie gevaarlik kan wees om‘n enkele versie uit te sonder en ‘n leerstelling daaromte bou. Dit moet gelees word saam met die res van diegedeelte, en as ons wyer lees, sien ons duidelik dat ‘nmens se oproep tot geloof nooit uitgesluit kan word nie.Ja, inderdaad is dit die genade van God wat maak dat jykan glo, maar terselfdertyd is dit jouverantwoordelikheid as mens om Jesus te aanvaar as jouVerlosser. Jy moet ‘n wilsbesluit maak!

Ons kan in hiedie verse ook duidelik die groot genadevan die Vader sien. Hy trek mense na Jesus toe. Vandag,aan die einde van die tye, is dit so klokhelder-duidelik.Regdeur die wêreld is daar evangeliste wat Jesusverkondig. Die tegnologie het so geweldig ontplof, datdaar vandag min mense is wat steeds kan beweer dathulle nie van Jesus kon hoor nie. Die internet basuin SyNaam uit en roep mense op om in Hom te glo. Dit isslegs die mees afgeleë gedeeltes in die wêreld wat nietoegang daartoe het nie. Televisie stasies saai oral dieboodskap uit, en radiogolwe bereik die meesonbereikbare dele van die aarde. Almal basuin Jesus seredding uit. As dit nie genade is nie, wat is?

Tweeduisend jaar gelede was dit dalk anders, en slegsdie Jode het van God geweet. Maar selfs dit het die Here

INHOUD

Page 135: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

baie gou verander, toe mense soos Paulus en symedewerkers binne enkele jare die nuus deur die gansewêreld versprei het.

Maar dit is nie genoeg om slegs die Woord te hoor nie.Daar is ‘n reaksie nodig op die Vader se aksie: in vers 47sê Jesus: “Wie in My glo, het die ewige lewe”. Die menswat deur die Vader “getrek” is, moet reageer deur inJesus te glo. Jesus verduidelik dit deur middel van ‘nbeeld. Hy beskryf Homself as die “Brood van die lewe”.Om blootweg brood te eet, sal slegs jou honger tydelikstil. Selfs “heilige” brood, soos die manna wat dieIsraeliete in die woestyn gekry het, was tydelik. Die“Brood van die Lewe” het egter ewigheidswaarde. Dithelp egter nie dat jy slegs na hierdie “Brood” kyk en diterken en waardeer nie. Nee, om dit werklik betekenis tekan gee en van waarde vir jou te maak, moet jy dit eet.

Dit word so mooi versinnebeeld in die nagmaalsviering.Wanneer ons daardie stukkie brood eet, dan belei enbevestig ons daarmee dat ons deel het aan Jesus.Terselfdertyd versterk Hy my geloof daarmee, deur mydaaraan te herinner dat ek daardie stap geneem het omHom deel te maak van my lewe. Watter stap? Dat ekJesus se geskenk van die ewige lewe aanvaar het, enHom onvoorwaardelik aanvaar het as my Verlosser enenigste Saligmaker.

INHOUD

Page 136: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Dit bring my by ‘n skrikwekkende gedagte: As ek nog niedaardie stap geneem het nie, durf ek nie nagmaalgebruik nie, want dan gaan ek vir almal wat saam metmy die nagmaal gebruik, lieg. Die ergste is dat ek ook virGod lieg, deur te sê dat ek deel het aan Jesus, terwyl ditnie die geval is nie.

Jesus gaan verder deur die beeld te gebruik dat iemandwat deel in Hom wil hê, Sy bloed moet drink. Bloed isdie lewensaar van iemand se lewe. Daarsonder is lewenie moontlik nie. Toe Jesus aan die kruis gehang het, hetal Sy bloed gedreineer. Toe die soldaat ‘n swaard in Jesusse sy druk, was daar nie meer bloed nie, net water. Hyhet al Sy kosbare bloed gestort sodat ek en jy kan lewe.Wanneer ek nagmaal gebruik, wil ek dan juis, wanneerek die wyn drink, bely dat Jesus se bloed ook vir mygestort is. Ek het deel daaraan. Maar Hy antwoord deurte sê dat daardie selfde bloed my gereinig het en dat mysondes vergewe is.

In kort kan ons dus sê dat die nagmaal twee dinge doen:In die eerste plek herinner dit ons aan wat Jesus vir onsaan die kruis gedoen het. Maar in die tweede plekherinner dit ons ook aan dit wat ons vir Hom moetdoen.

Gebed:

INHOUD

Page 137: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, dankie dat ek vandag kan weet dat ek deelhet aan U liggaam. Dankie dat U dit vir my bevestigdeur die nagmaal. Help my om ook my deel vir U tedoen met groot ywer.

INHOUD

Page 138: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Om Jesus te Volg

Johannes 6:60-71

Jesus se woorde het Sy volgelinge geskok tot in hullefondamente.

Dit was heerlik om agter Jesus aan te loop. Die blotegedagte dat Hy dalk die Messias kan wees, het menseopgewonde gemaak. Hy het altyd die mooiste dingegesê, en Hy was so toegeeflik en liefdevol. En dan wasdaar natuurlik al die ongelooflike wonderwerke: blindeswat kon sien; lammes wat weer kon loop; dowes watkon hoor. Jesus kon elke kwaal onder die son genees,selfs duiwels uit mense uitdryf! Natuurlik was die kersieop die koek daardie dag toe Hy vir vyftienduisend mensekos gegee het. Hoe het Hy dit reggekry? Hy móés neteenvoudig die Messias wees! Dit was heerlik om agterJesus aan te loop!

Maar skielik draai Jesus om en Hy sê vir hulle dieallerverskriklikste dinge, goed waarvan hulle net mooiniks hou nie. Hy insinueer dat hulle sy liggaam eet en sybloed drink! Nee sies! Nou raak dit ‘n bietjie erg, eintlikwalglik! Hoe kán Hy?

Een-vir-een het die mense begin omdraai en huistoegaan. Hulle het nou genoeg gehoor. Hulle borrel isgebars. Die Jesus wat hulle wou sien, het nie

INHOUD

Page 139: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gematerialiseer nie. Hulle is bitter teleur gestel.

Jesus kyk hulle weëmoedig agterna: “Skrik dit julle af?”vra Hy ‘n retoriese vraag. Ja, natúúrlik weet Hy dat diedinge wat Hy so pas gesê het hulle sou afskrik. “Wat dannog as julle die Seun sien opvaar na waar Hy voorheenwas?” vra hy agterna as die stroom verlaters al hoegroter word. Hulle het ‘n aardse Messias verwag, Eenwat sou regeer soos Koning Dawid. Hulle wou 'n Messiashê wat al hulle vyande sou vermorsel en weer van dievolk Israel ‘n groot volk sou maak. Hulle wou dat hierdieMessias net aangename dinge doen en mooi dinge sê.En boonop moes Hy vir ewig hier bly! Wat sou dit helpas Hy weer vertrek hemel toe? Nee wat, hulle sou maarliewer weer terugkeer na die ou gebaande weë soos watMoses en die Fariseërs dit uitgestippel het. Dit is baiemakliker!

Uiteindelik bly net ‘n klein ou handjievol manne oor.“Wil julle nie ook maar weggaan nie?” vra Jesus.

Dit is ‘n baie somber prentjie wat ons hier voor ons sienafspeel, en dan voel dit vir jou asof Jesus nou totaal Sydoel gemis het. Moes Hy dan nie soveel mense asmoontlik bereik het in die drie jaar nie? Sê nou maar netdaardie vyftienduisend wat die wonderbrood gekry hetkon almal dissipels word en begin om die Woord uit tebasuin - sou dit nie wonderlik gewees het nie? Hulle sou

INHOUD

Page 140: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die ganse wêreld vir Jesus kon oorwin in ‘n kort tydjie!

Jesus dink egter totaal anders as die mense. Hy het niereuse getalle nodig nie. Hy kan werk met klein groepiesmense en eintlik verkies Hy dit so. Uiteindelik sou dit netdie twaalf (eintlik elf) wees wat oorbly, asook ‘n paarvroue. Maar hierdie klein groepie sou later so kragtigwerk nadat die Heilige Gees oor hulle gekom het, dathulle die ganse wêreld aan die brand sou steek met dieonblusbare vuur van die Evangelie.

Ons staar ons dikwels so blind teen getalle. In die kerkkerm en weëklaag ons dat dit maar weer net dieselfdeou paartjies is wat alles moet doen. Dit is dieselfde ouhandjievol wat reageer as daar ‘n oproep is. Ons soekdie Mighty Men getalle, en ons raak opgewonde as daar‘n halfmiljoen manne bymekaar kom en mekaar aan diebrand steek. Dit is alles mooi en goed, maar steeds is ditdie klein groepies waar die groot dinge gebeur.

Inderdaad was dit vir hierdie dosyn manne wat Jesusuitgekies het nie maklik nie. Tot dusver het hulle alreedsagtergekom dat dinge nie maklik gaan as jy vir Jesus wilvolg nie. Dit kos van jou harde werk. Kyk maar hoe moeshulle bontstaan om daardie groot skare mense kos tegee! Dikwels is daar bitter teleurstellings, soos die eenwat hulle so pas beleef het. Net toe dit nou lyk asofhulle Meester se bediening ‘n hoogtepunt bereik het,

INHOUD

Page 141: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

loop al Sy volgelinge weg. As hulle geweet het watpresies vorentoe op hulle sou wag, dan wonder ek ofhulle nie dalk ook die hasepad sou gekies het nie. Dievolgende jaar of twee sou met duwweltjies en distelsbesaai wees. Hulle Meester sou dinge doen wat volgenshulle tradisies totaal onaanvaarbaar is, en die owerhedesou hulle vervolg. Boonop sou een van hulle groepuitdraai om ‘n verraaier te word. Hulle sou dikwelshonger en moeg moes gaan slaap op die kliphardegrond.

Vandag, as jy werklik bereid is om Jesus voluit te volg, isdit steeds nie ‘n maklike pad nie. Jy moet jou maarklaarmaak vir teleurstellings, vervolging en swaarkry. Ditis egter oor en oor en oor die moeite werd! Diearbeidsvreugde wat jy ervaar, is onbeskryflik groot. Dielewensvreugde wat daarmee saamgaan is borrelend.Maar die héél grootste van alles, is die wonderlikeeendag waarna jy kan uitsien, die dag wanneer Jesusweer op die wolke gaan verskyn soos wat Hy opgevaarhet!

Gebed:

Here, ek wil my álles vir U gee. Ek wil U voluit volg.Gee my asseblief die krag daarvoor.

INHOUD

Page 142: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

God is Steeds in Beheer

Johannes 7:1-9

Wanneer Kersfees naderkom, raak mense opgewonde.Almal is vrolik en almal sien uit daarna. In Jesus se tydwas dit die Huttefees wat mense opgewonde gemaakhet. Hierdie fees het plaasgevind van die 15de tot 22stevan die 7de maand, Tisjri van die Joodse Godsdienstigekalender. Dit was ‘n vrolike fees waartydens niemandgewerk het nie. Mense het vir hulle hutjies gebou vanbeblaarde takke en 'n week lank daarin gebly. Dit moesdie Israeliete herinner aan die uittog uit Egipte, waarhulle in sulke hutte moes woon. Van die kenmerke vandie fees is dat daar elke dag ‘n vuuroffer aan die Heregebring is.

Die fees het ook bekend gestaan as “Die fees van dieinsameling”, omdat dit plaasgevind het pas nadat dieoes en die vrugte op hulle arbeid ingesamel is. Dit hetgepaard gegaan met groot vrolikheid. So byvoorbeeld isdaar op die eerste aand ‘n ligvertoning gehou met grootkandelare. Daar is gesing, en die manne het fakkeldanseuitgevoer te midde van musiek. Hierdie feesgedruis hetregdeur die nag aangehou tot die oggend. Op die laastedag was daar ‘n drankoffer wat gepaard gegaan het met‘n watergieting, om die water uit die rots in die woestynte herdenk.

INHOUD

Page 143: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

So pas voor hierdie fees begin, kom daar ‘n paar baieinteressante dinge na vore omtrent Jesus se bediening.Jesus was op hierdie tydstip in Galilea. Jerusalem het virJesus gevaarlik begin word, want die Joodse leiers het Sybloed gesoek. Dus bly Hy daar weg, want Jesus wou niewillens en wetens in die leeu se bek instap nie. Toe Sybroers dus by Hom kom aandring dat Hy weer ‘n slag inJudea moes gaan preek, weier Jesus.

Jesus se broers het ‘n verskuilde agenda gehad: hullewas gladnie so opgewonde dat die Evangelie verspreiword nie. Dit het eerder gegaan om hulle eie aansien.Solank as wat hulle Broer in die kollig is en groot skareslok, is dit ook goed vir hulle eie ego, want dan geniethulle ook aandag: “Dis my Broer daardie, die Een wat diewonderwerke doen!” Natúúrlik was hulle terdeë bewusvan die feit dat Hy baie spesiaal was. Maar het hullegeglo dat Hy die Messias is? Nee! Vir hulle was Jesusmaar net hulle ouer Broer, die “Wonderwerke-Broer”.

Dit is tog so tragies dat Jesus selfs vandag nog vir baieChristene dieselfde “Wonderwerke-Broer” is. Hullevereenselwig hulle met Hom omdat dit goed is om aandaardie Naam gekoppel te wees. Dit gee jou daardieekstra stukkie status in die lewe. Gaan selfs soms kerktoe om dit te bevestig, en gee ruimskoots (in geld of tyd)vir die een of ander liefdadigheidsorganisasie. Vra jy

INHOUD

Page 144: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

egter vir die persoon of hy ‘n verhouding met Jesus het,dan word jy skeef aangekyk. So ver wil hy darem nou niegaan nie!

Jesus het vier broers gehad: Jakobus, Joses, Simon enJudas. Aanvanklik het hulle Hom as Messias verwerp. Nádie gebeure aan die kruis en Jesus se opstanding hethulle egter tot ander insigte gekom, en uiteindelik hetJakobus die leier geword van die gemeente inJerusalem. Hy skryf dan ook die Brief van Jakobus. OokJudas moes in die geloofskringe uitgestyg het, want hyhet die Brief van Judas geskryf. Ongelukkig weet onsvandag niks verder van die ander twee broers, en watvan hulle geword het nie.

Wanneer Jesus die versoek van Sy broers afwys, om naJudea te gaan, verduidelik Hy vir hulle: “Vir My het dietyd nog nie gekom nie” (v 6). Alles was haarfynuitgewerk in die wonderlike raadsplan van God. Elkeklein detail was belangrik. Elke gesprek, elke ontmoetingmoes plaasvind, want alles het deel uitgemaak van diegroot plan wat God uitgewerk het. Ons moet dit baiedeeglik besef dat Hy in volle beheer was van absoluutalles. Dit was nie maar toevallig dat daar nie blyplek wasin Betlehem met Jesus se geboorte nie. God het dit sobeplan en voorsien, sodat die Seun van God in “skande”gebore moes word as deel van die prys wat Hy moes

INHOUD

Page 145: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

betaal vir die sondeskuld van die wêreld. Dit is nie maartoevallig dat die Joodse leiers Jesus so gehaat het nie.Dink net: wat sou gebeur het as hulle Hom erken het asdie Messias, en Hom gekroon het as Koning? Dan souJesus nooit die marteldood aan die kruis kon sterf nie,en sou die groot versoening nooit kon plaasvind nie.

Jesus moes op presies die regte tyd op die regte plekwees, en die skande om deur Sy eie dissipel verraai teword, was van uiterste belang. Dat alles moes plaasvindtydens die Paasfees, was ewe belangrik. Die ganse heelalhet gefokus op hierdie gebeure, selfs die beweging vansterre, planete en komete.

Dit bring ons by die vraag: as God daardie tyd in vollebeheer was, is dit vandag steeds waar? Daardie tyd hetdit gelyk asof alles skeef loop. Vandag voel dit ook virons asof alles totaal buite beheer geraak het. Nee, Hy issteeds in volle beheer! Ons verstaan nie altyd die dingenie. Dit is ver verhewe bo ons menslike verstand. As onsdit wil beredeneer, raak ons verward. Daarom kan ek enjy vandag maar net rustig wees oor die gebeure rondomons, en wéét dat God se tyd en Sy tydsberekeningakkuraat is, en dat Hy in beheer is van alles. Ek en jy kandit nie verander nie. Ons moet net doen wat Hy van onsvra, want elkeen van ons is ‘n ratjie in die horlosie vanGod se tyd.

INHOUD

Page 146: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here, dankie dat ons kan weet dat U steeds in vollebeheer is, en dat ons daarom rustig kan wees.

INHOUD

Page 147: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Aan God Al Die Eer

Johannes 7:10-24

Gister het ons gesien hoedat Jesus se broers by Homaangedring het dat Hy na Jerusalem gaan vir dieHuttefees, en dat Hy geweier het. Nou sien ons egterdat Hy tóg gaan, maar Hy handhaaf ‘n lae profiel sodatdie mense Hom daar nie eers raaksien nie. Almal hetnatuurlik verwag dat Hy daar sou wees. Hierdie isimmers die ideale geleentheid vir iemand soos Jesus omreuse skares te trek sonder veel moeite. Maar Jesus hetnet verdwyn tussen die menigtes.

Weereens moet ons besef wat Jesus se doel was. Ditwas nie om reuse skares mense te beïndruk met grootwonderwerke en indrukwekkende genesings nie. Syprimêre doel was om versoening te kom doen en God seliefde en genade sodoende prakties te kom uitleefteenoor die mense. Sy sekondêre doel was om ‘nkerngroepie te kom oplei om hierdie liefde van God aandie wêreld te gaan verkondig.

Op die fees gaan daar ‘n gefluister op tussen die mense,‘n gefluister oor wie Jesus werklik is. Mense is duidelik intwee kampe verdeel. Aan die een kant het ons diegenewat glo dat Jesus wél ‘n goeie Man is. In ander woordegestel, beteken dit dat hulle van mening is dat die dinge

INHOUD

Page 148: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

wat Hy doen en sê tóg van God af kom en dat God dusaan Jesus se kant is. Die tweede groep mense glopresies die teenoorgestelde: Hy mislei almal! Sy werkekom dus, volgens hulle van die misleier, die duiwel af.

Wanneer jou pad die dag met dié van Jesus kruis, móétjy ‘n duidelike keuse maak. Niemand is neutraal nie. Asjy nie ‘n besliste keuse maak om Jesus te volg nie, danvolg jy outomaties die duiwel. Dit is nogal ‘nskrikwekkende gedagte! Enigeen wat nog nie op daardiepunt gekom het om ‘n verhouding met Jesus aan teknoop nie, is volgelinge van die duiwel. En dit is dannatuurlik ook waarom ons wêreld vandag in so ‘n chaosgedompel is. Die duiwel besef dat sy uurglas uitloop, endat hy alles moet inspan om siele te wen, en daaromspan hy elke volgeling van hom (alle nie-gelowiges) inom sy doel te bereik. Selfs gelowiges wat lou geword hetword verlei om mee te werk, en die duiwel kry dit baiegoed reg!

Halfpad deur die fees besluit Jesus tóg om Sy dekking teverbreek, en Hy begin om mense in die tempel te leer.Die slim manne was stom van verbasing oor Jesus seinsig en kennis oor die Skrifte, want anders as hulle, hetHy geen formele opleiding gehad nie (menslikgesproke). Eintlik is dit baie ironies, want hoe gee ‘nmens die oorspronklike Outeur van die Skrifte (die

INHOUD

Page 149: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Bybel) opleiding om Sy eie Boek te begryp? Hoe lei ‘nmens die Wetgewer op om Sy eie wet te verstaan? Jesuswas die Een wat daardie tyd op die berg Sinai vir Mosesdie wet geskryf het op die kliptablette, met Sy eie vinger.Jesus was die Een wat later daar in die woestyn virMoses die wet prakties kom verduidelik het in die tentvan samekoms. Elke keer as Jesus met Moses kom geselshet, het daar ‘n wolk die ganse tent gevul, en die helevolk het dit gesien. Dit was Jesus wat neergedaal hetvanuit die hemel. Ja, en dit was ook Jesus wat met dieaardsvader, Abraham kom praat het, en daar dieverbond met hom gesluit het.

Nou leer daardie selfde Jesus die mense in die tempel,en hulle is verbaas oor Sy kennis.

Maar nou kom ook ‘n ander saak na vore: AlhoewelJesus verdien om al die eer en verheerliking te kry, skuifHy dit eerder op die agtergrond, want hier is ‘n baiegroter saak by betrokke. Jesus praat nie oor Homself nie,maar Hy leer die mense van die hoogste Gesag. Jesusstel Homself ondergeskik aan die gesag van God Drie-Enig. Ja, vir ons as nietige mense is dit maar bittermoeilik om te verstaan. Daar is egter ‘n groot doel agterdie feit dat Jesus veral hier ondergeskik is. Ons moetonthou dat Hy hier as mens verneder is as deel van Symissie. Daarom veral moet Hy ondergeskik wees aan

INHOUD

Page 150: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

God. En wanneer Hy mense leer, is dit belangrik dathulle van God moet leer, want Hy is immers dieoorsprong van alles. Alle eer moet aan Hom toekom.

So dikwels maak ons as gelowiges die fout om nie Jesusse voorbeeld te volg nie, en so ‘n bietjie heerlikheid vironsself te wil hou. Byvoorbeeld: Ek het 50 boeke geskryfen dit maak my natuurlik ‘n gesiene skrywer. Intussenvergeet ek gerieflikheidshalwe dat as God my nie in dieeerste plek die talent gegee het nie, was ek niks.Tweedens vergeet ek dat dit Hy is wat die woorde in mymond lê, en daarsonder sal elke bladsy ‘n mislukkingwees. Wanneer ek dus oor een van my boeke uitwei,dan behoort ek nie die skrywer daarvan op te hemel nie,maar die oorspronklike Outeur, naamlik die Heilige Gees.Jesus het so ver gegaan dat Hy nie alleen Homself aanGod ondergeskik gestel het nie, maar dikwels ook aanander mense. Ons sien dit wanneer Hy Sy dissipels sevoete was, en wanneer Hy Homself sien as ‘n Dienskneg.Ook wanneer Hy Hom meng met die uitgewekenes ensondaars waarop almal neergesien het, sien ons Synederigheid. In die samelewing van vandag waar menseopgehemel word, en dit mode is, is dit bitter moeilik vir‘n gelowige om Jesus se voorbeeld na te volg. Maar komons maak ‘n begin daarmee: Ons gee al die eer aan Goden wees nederig teenoor ons medemens. So weerkaats

INHOUD

Page 151: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

ons Jesus se lig!

Gebed:

Here, gee my asseblief nederigheid, en leer my omal die eer aan U te gee.

INHOUD

Page 152: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Om Jesus te Ken

Johannes 7:25-31

Ken ek rêrag vir Jesus? Maar natúúrlik! Wat vir ‘n soortdom vraag is dit dan nou? Nee, dit is nie werklik so domas wat dit klink nie.

In Jerusalem het die mense wat op die Huttefees wasook gedink dat hulle vir Jesus ken. Oor die afgelope tydhet hulle baie met Hom te doen gekry, en hulle hetgesien waartoe Hy in staat is. Hulle het verwonderdgestaan oor die ongelooflike dinge wat Hy vermag het.Maar hulle was ook deeglik bewus van die feit dat diekerkleiers Jesus se bloed gesoek het, en juis dáárom washulle so verbaas dat Hy dit durf waag het om openlik tepreek in die tempel. Nog meer verbasend is die feit datdie owerhede nie ‘n vinger probeer lig het om iets teenJesus te doen nie, al het hulle al baiekeer gedreig omHom dood te maak. Die mense het begin wonder of dieJoodse Raad nie dalk tóg tot ander insigte gekom hetnie. Het hulle nie dalk begin besef dat Jesus die Messiasis nie?

Maar dan lig Johannes die sluier so ‘n bietjie oor dieware toedrag van sake, en hy lig sy lesers in dat daareintlik ‘n totaal ander rede was: In God se grootraadsplan was alles nog nie afgehandel vir Jesus se

INHOUD

Page 153: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

teregstelling nie. Sy tyd was nog nie daar nie, en al soudie manne ook hóé hard probeer het, sou hulle Jesusgeen leed kon aandoen nie. God was in totale beheervan die situasie, en alleen wanneer presies die regte tydaangebreek het soos deur God bepaal, sou hulle diegroen lig kry om Jesus dood te maak.

Daar is egter ‘n ander saak wat Johannes hier vir onsuitlig, en dit is dat die mense nie werklik vir Jesus herkenhet vir Wie Hy werklik was nie. O ja, hulle het gedink dathulle Hom ken, maar eintlik het hulle Hom gladnie gekennie. Hulle redenasie was dat wanneer die Messias kom,Sy herkoms eintlik ‘n groot misterie sou wees. Hy konbeslis nie die Messias wees nie, al doen Hy al hierdiewonderlike dinge, want daar was absoluut niksmisterieus omtrent Sy herkoms nie. Ja, hulle ken selfs Syouers, Josef en Maria geken. Waar is die misterie dan?

En dit was juis waar die héél grootste probleem gelêhet: Hulle het gladnie Jesus se Vader geken nie.Weereens dink hulle dat hulle Hom ken, maar in hulleywer om hulle Godsdiens te bedryf, het hulle totaal bydie God van hulle Godsdiens verby geleef. En in dieproses het hulle vir God verkeerd leer ken. Van die liefdeen genade van God het daar in hulle lewens niksoorgebly nie. Hulle het die wet so nougeset probeeruitleef, dat hulle totaal by die kern van die wet, naamlik

INHOUD

Page 154: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die liefde, verby geleef het.

Daar was ‘n duur les wat hulle moes leer: Eers wanneerjy vir God waarlik ken, kan jy vir Jesus die Messias leerken. Die teendeel is egter ewe waar: Jy kan slegs waarlikvir God leer ken deur Jesus. Praat ek in raaisels? Nee,eintlik gladnie, want Jesus is God!

Die vraag is: Wat beteken dit werklik om Jesus te ken?Hierdie is ‘n vraag wat die afgelope sestien jaar wathierdie dagstukkies uitgestuur word, al talle male gevrais. Die vraag is al menige keer in hierdie dagstukkiesbeantwoord. En ja, die antwoord word op talle plekke indie Bybel gegee, dikwels baie reguit, onomwonde enonverbloem. Nogtans kry ek kort-kort ‘n e-pos wat mydie vraag vra: “Wat beteken dit om Jesus te ken?”

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek raak beslis niemoedeloos as ek die vraag keer op keer kry nie.Inteendeel, ek spring op en af van opgewondenheid,want dit beteken dat iemand my uitnooi om dieEvangelie met hom/haar te deel. En dit is die een dingwat my die meeste vreugde in die lewe gee. Dus: Stuurmaar gerus jou vraag. Ek beantwoord dit met grootliefde en geduld, en beslis sonder om daaroor te kla.

In die Bybel word daar ‘n paar stellings (beloftes)gemaak, sommige deur Jesus persoonlik, stellings wat

INHOUD

Page 155: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die sleutel gee oor hoe om Jesus te leer ken. Joh 3:16 sêpertinent dat diegene wat in Jesus glo, nie verlore salgaan nie. Die sleutelwoord hier is: “Glo”. Joh 5:24 sê datdiegene wat in Hom glo wat Jesus gestuur het, die ewigelewe het. Eweneens sê 1 Joh 5:13 dat die ewige lewebehoort aan diegene wat in die Seun van God glo.Weereens die sleutelwoord: “Glo”. 1 Joh 5:12 sê: “Wiedie Seun het, het die ewige lewe”.

Alles kom dus neer op geloof. Om Jesus waarlik te ken,beteken dat jy in Hom glo. Dit is egter nie maar ‘n geloofaan Sy bestaan nie, maar dit beteken dat jy al jouvertroue op Hom plaas as jou Verlosser. Dit kom neer op‘n persoonlike verhouding met Hom, net soos wat ‘nman en vrou in ‘n huwelik ‘n onlosmaaklikeliefdesverhouding het. Die enigste manier om iemandwerklik te ken, is wanneer daar ‘n intieme verhoudingmet daardie persoon is. As ek dus sê dat ek Jesus ken,dan impliseer dit dat daardie verhouding ‘n werklikheidis. Die werklikheid is ook dat as daar nog nie so ‘nintieme verhouding is nie, dan ken ek Hom nog nie.

Ek bely vanoggend onomwonde: Ek ken vir Jesus! Kan jydieselfde sê? Ken jy hom?

Gebed:

Here, dankie dat ek U ken. Dankie dat U my gered

INHOUD

Page 156: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

het van die ewige verderf.

INHOUD

Page 157: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Strome Lewende Water

Johannes 7:32-39

Terwyl Jesus die mense leer in die tempel, raak Hybewus daarvan dat die mense oor Hom fluister. Hy isook wel deeglik bewus van die komplot wat gesmeeword om Hom gevange te laat neem - die tempelwagtewas immers al op pad om Hom te gaan gryp. En dan sêJesus ‘n skokkende ding: Hy sou nog net ‘n kort tydjie byhulle wees. Ja, Hy sou hulle verlaat, en waar Hy heengaan sou hulle nie kon kom nie. Hulle verstaan dit totaalverkeerd (soos gewoonlik) - hulle dink dat Hy gaanemigreer na Griekeland toe! Natuurlik bedoel Jesushiermee dat Hy sou sterf en na die hemel gaan. Dieskokkende is dat Hy geweet het dat die meeste van diemense wat daar teenwoordig is, die binnekant van diehemel nie sou sien nie, as gevolg van hullehardkoppigheid en hulle ongeloof.

Dit was die sewende dag van die Huttefees. Diefeesgangers het elke dag van die fees na die Siloam putgegaan en water gaan haal om na die tempel toe teneem. Daar het hulle dit dan by die altaar uitgegooi. Alsingende het die mense takkies rondgeswaai ensitrusvrugte omhoog gehou. Dit was ‘n teken van die oeswat verby was, en op hierdie manier sê hulle dan vir dieHere dankie vir die oes. Die water was ‘n simbool van

INHOUD

Page 158: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die water uit die rots wat die Here hulle in die woestyngegee het. As ons egter Esegiël 47:1-9 lees, sien ons datdie profeet vertel van ‘n visioen van ‘n stroom water watuit die tempel stroom. Hierdie stroom is so sterk dat dit‘n magtige rivier word. Die Jode het dan ook geglo datdaar in die laaste dae fisies ‘n rivier uit die tempelrotssal stroom. Ons lees ook in Openbaring 22 van hierdierivier van lewende water. Volgens Esegiël vloei die rivierso sterk dat dit die Dooie See vul en vars maak, en datvissermanne ‘n ryke verskeidenheid vis daar sal kry. Ditgaan nuwe lewe aan die land gee, en waar daar eensdorre woestyn was, gaan dit lowergroen word.

Jesus het hierdie pragtige tradisie van die Jode, omwater na die tempel te bring, aangegryp. Terwyl allesvars in hulle geheue is, basuin Hy dit uit sodat almal indie tempel dit kan hoor: “As iemand dors het, laat hyna My toe kom en drink!” Ek dink die tempel hetskielik in ‘n asem-ophou-stilte verval. Alle oë is op Jesus.Wat sou Hy daarmee bedoel? Nou het Hy ál die aandag:“Met die een wat in My glo”, gaan Hy voort, “is ditsoos die Skrif sê: Strome van lewende water sal uitsy binneste vloei.”

‘n Doodse stilte hang in die tempel. Dan begin dit gonssoos ‘n swerm bye: “Wat bedoel Hy? Verwys Hy dalk naEsegiël se profesie? Gaan die water dalk nou uit die

INHOUD

Page 159: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

tempelrots begin stroom?” Maar soos dit al so tallemale gebeur het, verstaan die mense Jesus netweereens totaal verkeerd. Hy verwys hier na ietsheeltemal anders, ‘n geweldige gebeurtenis wat selfs diestroom water uit die rots sou oorskadu. Johannesverduidelik in vers 39 waarna Jesus verwys. Hy wysvooruit na die groot Pinksterdag ‘n paar jaar later, toedie Heilige Gees op die gelowiges uitgestort sou word.

Oor bietjie meer as 'n maand hou die NG Kerk weereens‘n week van Pinksterdienste. Dit is nou al ‘n jarelangetradisie, en seker een van die mees geseënde tradisiesvan die kerk. Die hoogtepunt word natuurlik bereik opPinkster Sondag, wanneer die uitstorting van die HeiligeGees herdenk word. Wat ‘n heerlike gebeurtenis moesdit nie gewees het nie!

Die beeld wat Jesus hier gebruik is dan ook so akkuraat-beskrywend van dit wat sou gebeur. Strome vanlewende water wat sal vloei uit die gelowiges. Petruswas die eerste om dit te ervaar, want op daardie dag hethierdie man wat weggekruip het tydens Jesus severhoor, opgestaan en die skare toegespreek. Diewoorde het letterlik uit hom geborrel soos ‘n fonteinheerlike soet water, toe hy verduidelik wat aan diegebeur was. Drieduisend mense het op daardie dag totgeloof gekom. Die borrelende stroom water het hulle

INHOUD

Page 160: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

net eenvoudig meegesleur.

Daardie selfde stroom borrel vandag nog steeds net sosterk. Die Lewende Water waarvan Jesus vertel het, is inelke gelowige. Ongelukkig skroef die meeste van ons ‘nprop op die Bron sodat dit veilig binne bly. Haal afdaardie prop! Gee die Heilige Gees die geleentheid omook uit jou te kan stroom!

Gaan kyk ons na Esegiël, dan sien ons hoedat hierdiestroom lewe gee so ver as wat dit gaan. Inderdaad hethierdie stroom in Jerusalem begin, net soos Esegiëlvoorspel het, en het dit lewe gebring in die dorrewoestyn. Die Gees het elke gelowige aangespoor om dieEvangelie uit te basuin. Binne ‘n baie kort tydjie het ditoor die ganse wêreld gevloei, deur Judea, Samaria,Griekeland, Sirië, Afrika en tot in die hartjie van Rome.

Vanoggend wil ek by jou pleit om die Heilige Gees ook injou lewe toe te laat om jou te gebruik as bron waaruit Sylewegewende water kan borrel. Al wat Hy van jou vra isjou bereidheid. Hy sal die res Self doen! Wees net ‘ninstrument in Sy bekwame hande. Hy sal die werk doen!

Gebed:

Here, dankie dat U Heilige Gees ook in my lewe is.Help my asseblief om Hom toe te laat om my lewete gebruik tot U eer.

INHOUD

Page 161: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Fontein

Johannes 7:37-39

My hart bons in my keel as ons om Suid Heuwel ry,verby die Elandskrans vakansie oord. Dit is 'n paadjiewat ek tog so goed ken! En tóg ken ek dit nie, want ekhet hierdie paadjie veertig jaar laas bewandel. Agter onslê die sluimerende dorpie, Waterval Boven, en hier voorons die skilderagtige gasteplaas, Tegwaan. My oë soekvir bekende landmerke, en kort-kort gaan daar 'nflikkerinkie op as ek iets sien wat ek onthou. Die eerstesestien jaar van my lewe het ek hier op hierdie plaasdeurgebring. Hier het ek leer loop, leer praat, leerswem, leer fietsry en 'n innerlike liefde vir die natuuraangeleer. In my kleintyd was die plaas se naamDoornhoek.

Die opgewondenheid borrel binne in my: wat gaan ekhier kry? Bestaan die ou gronddam nog, die een waarinek en my maats in die middae na skool kaal geswemhet? En die groot dam wat Oupa in die spruit gebou het,waar ek menige blinklyf-forel vir ure lank moes bekruipvir 'n watertand aandete? En die fontein? O, daardiewonderlike fontein!

Oorhaastig pak ons die motor af en dan begin ek stap,droomverlore. Ek soek met elke tree herinneringe uit my

INHOUD

Page 162: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

kleintyd. Veldblommetjies groet my vrolik. In mygedagtes klink die uitbundige gelag van seuns wat in diewater rondplas in 'n tuisgemaakte sinkplaat bootjie watsink as jy net roer in hom.

“Die fontein”, maal dit in my kop, “die fontein! Ekmoet by die fontein uitkom om net weer vandaardie heerlike soet water te kan proe.” Maar diedonker vang my, en ek moet huistoe.

As ek heelwat later in die kooi lê, dan sien ek in mygeestesoog die fontein, so halfpad teen die klipkoppieop. Die kristalhelder, yskoue soet water borrelonophoudelik onder 'n reuse granietrots uit. Weereenslê ek plat op my maag en drink my trommeldik aandaardie heerlike water. Ek kon nooit genoeg daarvan krynie - gedrink tot my maag eintlik pyn.

Skaars begin dit vroegoggend lig raak, of ek is op. Ek pakmet dapper en stapper die klipkoppie agter die ouplaashuis aan. Daardie jare het ek dit sommeruitgehardloop! Nou stoom en blaas ek teen die steiltesuit. Uiteindelik is ek bo. Die uitsig is asemrowend.Skurwe sandsteen klippe wat deur eeue se wind enweer gevorm is tot meesterlike kunswerke, lê verstrooioor die hele koppie. My oog soek die fontein. Daar is 'nonbegaanbare ruigte tussen my en daardie helderwaterbron. Ek probeer daardeur worstel, maar met

INHOUD

Page 163: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

trane in my oë moet ek naderhand tou opgooi. Myteleurstelling is baie groot as ek nie by die oorsprongvan die fontein kan uitkom nie. Ek soek die stroompieonderkant die fontein, en volg dit. 'n Wonderwêreld vanwoude en mistige dammetjies waar forelle baljaar vouvoor my oop. ’n Ou wilgerboom hang lui-lui sy langsliert-arms oor die stroompie. 'n Vleiland vanpapkuilriete en aronskelke wat wemel van lewe,omsoom die spiëelgladde watertjies. Naaldekokersswiep oor die mistigheid, en die enkele waterhondjiedans oor die water oppervlak. Onderkant diedammetjies strek 'n byna onbegaanbare vleiland, ver totonder by die spruit, 'n vleiland deurspek met lewe.

My teleurstelling oor die fontein wat ek nie kan sien nie,gaan stadig oor in verwondering oor al die lewe wathierdie enkele fonteintjie voed. Hoe wonderlik is dit dat'n magdom van bome, plante en diere absoluut floreer,en letterlik jubel en juig in daardie enkele fonteintjie watongesiens onder die rots uitborrel.

Jesus het dit daardie dag by die tempel uitgebasuin: “Asiemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê:Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”(Joh 5:37-38). As 'n klein fonteintjie in 'n klipkoppie byWaterval Boven soveel lewe kan gee, hoeveel te meer

INHOUD

Page 164: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

nie die Bron van alle lewe, Jesus nie. Was jy al by daardiebron? Het jy al geproe hoe soet die Lewende Water iswat Jesus gee? Doornhoek se bron was vir my versper,sodat ek nie daar kon bykom nie. Die ware Bron, Jesus,is altyd toeganklik! Hy nooi jou eintlik uit om daarheente kom en te drink. As jy eenmaal geproe het aan dielewende water wat Jesus gee, dan borrel en bruis dit injou op, en jy kan net eenvoudig nie stilbly daarvan nie.

Dit is daardie einste lewende water wat dieSamaritaanse vrou met wie Jesus eenmaal gesels het,laat opspring het om die hele gemeenskap te gaanvertel van Jesus, die Man wat vir haar nuwe lewe gegeehet. Ja, so opgewonde was sy oor die wonderlike water,dat almal in die dorp na Jesus gestroom het om ook vandaardie water te kry.

Ou Doornhoek se fonteintjie se water maak myopgewonde, maar die Lewende Water wat Jesus geelaat my rondspring en jubel en sing vanopgewondenheid, want Hy gee nie net lewe nie, Hy ISdie lewe! In Hom en deur Hom het alle dinge tot standgekom. Hy is die Bron van alle lewe. Is jy ookopgewonde oor Jesus? Sê dit dan vir Hom! Sê dit ook viralmal waarmee jy vandag in aanraking kom.

Gebed:

INHOUD

Page 165: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, ek dank U vir die heerlike soet water van dielewensfontein waaruit U my gegee het om te drink.

INHOUD

Page 166: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Is die Ou Testament Steeds Relevant?

Johannes 7:40-52

Ek het so dikwels al mense hoor sê: “Nee, ek lees nie dieOu Testament nie. Die ou dinge het verby gegaan, slegsdie Nuwe Testament is vandag van toepassing op ons asgelowiges!” Ander sê weer dat die Ou Testament tog netpropvol geweld is, afgryslike, wrede verhale vanbloedvergieting en oorlog en moord. ‘n Ander argumentlui dat die Ou Testament die verhaal is van die Jode,maar dit het geëindig die dag toe hulle vir Jesus verwerphet. Dus hoef ons net die Nuwe Testament te lees. Niksin die Ou Testament is meer op ons van toepassing nie.

Wanneer ons die Ou Testament begin lees, sien ons dansommer in die héél eerste hoofstukke van moord endoodslag. Kain vermoor sy eie broer, Abel net omdat hyjaloers is omdat die Here Abel se offer aanvaar en niesyne nie. Enkele verse later sien ons al hoe geweld oordie aarde spoel. So erg raak dit dat God verplig is om dieganse mensdom uit te roei met die sondvloed en slegseen gesin oorhou.

Wanneer die konings, Saul, Dawid en die bloeddorstigeAgab eers op die toneel verskyn, dan ken diebloedvergieting géén einde nie. Dikwels gaan ditgepaard met owerspel, afgodery, verkragting en

INHOUD

Page 167: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

korrupsie.

Beteken dit dat ons die ou Geskrifte maar moet laat lêen stof opgaar?

Nee, beslis nie! Ons moet in die eerste plek vir onsselfdie vraag afvra: Wat is die boodskap van die Bybel as ‘ngeheel? Die antwoord is eenvoudig, maar ookterselfdertyd baie kompleks. Dit is 'n boodskap wat jy niein een sinnetjie kan weergee nie. Ek sien die boodskapas een wat wil vertel van die liefde en genade van God.Die Bybel wil ons iets leer van die Skepper van alledinge. In die Nuwe Testament word die boodskap oor enoor gegee: Die mens is sondig en dus verlore, maarJesus, die Seun van God het na die aarde neergedaal endie prys betaal om diegene wat in Hom glo, te red.Weereens God se liefde en genade wat hier na voretree.

Maar wat van die Ou Testament? Sien ons daardie selfdeliefde en genade? En wat van Jesus? Buiten vir ‘n paarprofesieë oor Hom, sien ons niks van Jesus in die OuTestament nie? Dan het ek vanoggend vir jou ‘nverrassing! Ja, inderdaad sien ons die lelike kant van diemens in die Ou Testament. Daar word nie doekiesomgedraai as dit beskryf word nie. Maar terselfdertydsien ons God se liefde reg van die héél eerste woorde indie Skrifte af soos ‘n goue draad deurloop reg tot op die

INHOUD

Page 168: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

laaste bladsye van Maleagi. En ons sien Jesus, die Seunvan God optree dwarsdeur die ganse Ou Testament.

In Johannes 7:40-52 hoor ons hoe die mense redekaweloor Wie Jesus werklik is. Sommige beweer dat Hy dieProfeet is wat die Messias sou vooruitgaan terwyl anderweer van mening was dat Hy die Messias is. Waar hethulle hiervan gehoor? Nie bloot uit oorlewering nie,maar uit die Skrif, die Ou Testament. Later sien ons datdie Skrifgeleerdes en Fariseërs ook betrokke raak by diedebat. Hierdie is mense wat ‘n deeglike studie van dieOu Testament gemaak het.

Die feit is dat die mense wat in die Ou Testamentiese tyegeleef het, vir Jesus geken het. Nee, hulle het Hom niein dieselfde gedaante geken as wat die NuweTestamentiese mense Hom leer ken het nie, maarnogtans was daar. Baie mense wat in die OuTestamentiese tye geleef het, het ‘n persoonlikeverhouding met Jesus gehad.

Die héél eerste keer dat ons met Jesus kennis maak is indie heel eerste versie in die Bybel, waar gesê word datGod in die begin die hemel en die aarde geskep het.“Maar dit is mos nie Jesus nie?” sou jy dalk sê. Johannes1:1-3 verduidelik dat Jesus die Skepper is. In Gen 1:26 sêGod: “Kom Ons maak die mens as Onsverteenwoordiger, Ons beeld”. Hier sien ons die Vader,

INHOUD

Page 169: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Seun en Heilige Gees saam optree. In Gen 3 lees onshoedat dieselfde Skepper (Jesus) met Adam en Evagesels het. Daar was alreeds sprake van ‘n liefdevolle,sinvolle verhouding.

In Gen 18 lees ons van die besoekers wat Abrahamontvang het. Twee van hulle was engele maar die derdewas Jesus, die Seun van God. Abraham het ‘n baie langgesprek met Hom gehad. Na Abraham het Jakob selfsmet Jesus gestoei by die Jabbokspruit. Daar het Jesushom geseën. In Eksodus 3:2 lees ons van Moses seroeping, toe die Engel van die Here (Jesus) in diebrandende doringbos aan hom verskyn het. Na ‘n langgesprek met Moses, stel Hy Homself bekend asJAHWEH. In Eksodus 33 lees ons hoedat Jesus gedurigmet Moses in gesprek was in die tent van samekoms.

Hierdie is maar enkele uittreksels van Jesus severskyning en omgang met die mense van die OuTestament. Daar is talle voorbeelde, soos Gideon en nogvele meer. Ons sien die groot teenstelling tussen diemens se sondige lewe en Jesus se liefde, genade envergifnis regdeur die Ou Testament. Gaan lees dit gerusmet ‘n nuwe bril, en sien Jesus daarin raak.

Gebed:

Here, dankie vir U groot liefde en genade aan die

INHOUD

Page 170: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

mensdom deur soveel duisende jare. U is waarlikliefde!

INHOUD

Page 171: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jy is Vergewe...

Johannes 8:1-11

Jesus bring die nag op die Olyfberg deur. Anders as dieander Rabbi’s wat gemaklik op een plek bly en hulleleerlinge in gemak leer, verkies Jesus om so ‘n grootgebied moontlik te dek. Die gevolg is dat Hy dikwelsmaar in die veld op die harde grond moet slaap, nie diegemaklikste van gastehuise nie!

Wanneer Jesus die volgende oggend weer by die tempelaankom, wag daar alreeds ‘n klomp mense op Hom. Hygaan sit, en die mense kom maak ‘n groot kring om Homsodat almal Hom kan hoor. Daar was baie mense, en dieFariseërs en Skrifgeleerdes het dit jaloers aanskou.“Hierdie Jesus trek al meer en meer van die volk,en vergiftig hulle met Sy leerstellings”, sê hulle virmekaar, “maar vanoggend het ons ‘n onaangenameverrassinkie vir Hom!” Een van die tempelwagte wordnader geroep: “Bring daardie vrou!” word hy beveel.

Hardhandig word ‘n jong vrou nader gesleep. Sy huilwant sy weet maar ál te goed wat op haar wag. Dit is ‘nverskriklike einde wat haar in die gesig staar. Sy is bitterbang. O waarom het sy tog toegegee aan haarbegeertes? Daardie man het sy voete onder haaruitgeslaan met sy sjarme. Dat hy getroud was het nie

INHOUD

Page 172: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

saakgemaak nie: sy was smoorverlief op hom. Hy hetgesê dat sy vrou hom nie verstaan nie, nie bevredig nie.Een enkele nag van hartstogtelike passie ...... en toeword hulle uitgevang.

Snikkend staan sy daar, hardhandig rondgepluk deur diewagte. Die einde is te verskriklik om aan te dink. Hullegaan haar met klippe doodgooi. Dit is ‘n grusame,pynlike dood wat nie vinnig kom nie. Haar bene gaangebreek word deur groot klippe, en as sy uiteindeliksterf, gaan haar liggaam gegooi word waar die aasvoëlshaar gaan opvreet. Grusaam!

Huilend word die vrou gesleep tot in die kring waarJesus besig is om die mense te leer. “Uit hierdie eengaan Hy Homself nie kan uitwurm nie!” sê diegeleerde manne vir mekaar. Een van die Fariseërs treena vore: “Meneer”, spreek hy vir Jesus aan, “hierdievrou is op heterdaad betrap waar sy owerspelgepleeg het.” Hy grynslag, want nou het hy hierdieJesus in ‘n strik wat Sy einde gaan beteken. “Moses hetons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig,maar wat sê U?”

Hulle weet baie goed dat daar ‘n paar lelike slaggate is.Die kort en lank daarvan is dat Jesus nie ‘n keuse gehadhet nie. Volgens die wet móés sy gestenig word. StemHy egter saam, dan wys dit dat Hy nie die wet goed ken

INHOUD

Page 173: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

nie, want die man moes eintlik saam met haar gestenigword. Maar daar is ‘n ander probleempie: die Romeinsewet sê dat die Jode nie ‘n doodsvonnis mag voltrek nie.As sy dus gestenig word, soos die Joodse wet vereis,oortree hulle die Romeinse wet. Sou Jesus egter sê datsy nie gestenig moet word nie, gaan Hy teen die wet vanMoses in. Hy keur boonop terselfdertyd ook sondegoed. Nou het hulle Hom uiteindelik vas! Watter kanttoe Hy ookal gaan, Hy is in die moeilikheid!

Jesus maak of Hy hulle vraag ignoreer. Dit maak hullebriesend! Hy móét ‘n antwoord gee! Uiteindelik staanHy op: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewetehet, die eerste klip op haar gooi.” sê Jesus bedaard,en maak dan weer asof Hy hulle ignoreer.

Johannes vertel dat hulle een vir een omgedraai enbegin wegloop het, tot net die vrou agterbly. “Moenieaan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wilhê nie”, is die Jode se leuse. As een van hulle dus ‘n klipsou optel, dan stel hy homself bloot aan dieselfde soortoordeel. Die kring mense wat om Jesus staan is tjoepstil.Wat het hier gebeur? Jesus het elkeen van hulle regtergemaak oor sy eie lewe. Die maatstawwe wat jy virander mense wil stel - is hulle dieselfde maatstawwewaaraan jy jou eie lewe meet? Voldoen jy self daaraan?Ek dink elkeen van daardie skare het diep skuldig gevoel,

INHOUD

Page 174: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

want almal het al hierdie vrou veroordeel vir haarvieslike daad.

Na ‘n bitter ongemaklike stilte, kom Jesus orent:“Mevrou, waar is hulle?” wil Hy van haar weet. “Hetnie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”“Niemand nie, Here”, snik sy dit dankbaar uit. Dan sienons hoe Jesus haar in liefde vergewe. Hy veroordeelhaar nie maar Hy waarsku haar om nie weer te sondignie.

Hoe groot is God se genade en Sy vergifnis nie! Selfshierdie vrou se doodsonde word vergewe. Mense het aldikwels vir my geskryf dat hulle sonde so groot is dathulle nie weet of God hulle óóit sou vergewe nie. Gaanlees dan maar weer Jesaja 1:18. Ja, Sy vergifnis isallesomvattend. Maar saam daarmee gaan ook ‘nverantwoordelikheid, ‘n opdrag om die sonde af tesweer. Dit beteken in kort dat ons in ‘n intiemeverhouding met Jesus moet leef. Sonde is om NIE God sewil te doen nie. Sy wil is om in Jesus te glo. Dit betekenom Hom te dien en elke dag daardie verhouding metHom meer en meer intens te maak en Hom met jou helehart en siel en verstand lief te hê.

Gebed:

Here, dankie dat U ook al my gruwelike sondes

INHOUD

Page 175: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

vergewe het. Ek wil U dien, Here, met alles wat inmy is.

INHOUD

Page 176: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

By die Lig van die Kampvuur

Johannes 8:12-20

Ons sit in die Bos om ‘n heerlike gesellige kampvuurtjie.Dit is laataand, en die vuurtjie knetter en vlam op as ekdie laaste paar kurkdroë sekelbos takkies opgooi. ‘nHeerlike geur van egte boskruie vul die lug. Die warmvlammetjies van ons vuurtjie verlig die bos rondom onsin ’n snoesige, warm gloed. Al die duisternis om onsword verdryf. Alles is mooi en stil en vreedsaam. Al watons hoor is die vuurtjie wat so heerlik gesels.

Maar dan begin die dun takkies uitbrand, en al watoorbly is ‘n dik stomp wat hardnekkig nog klein blouvlammetjies optower. Ja, die kole gloei nog rooi, maardie vuurtjie is uitgebrand. ‘n Doodse stilte sak oor onstoe. Skielik kom ons agter hoe donker en dreigend diebos rondom ons werklik is. Ek hoor ‘n takkie kraak. Onsprobeer kyk of ons iets sien, maar die duisternis isoorweldigend. Vrees omklem my hart - wat kan ditwees? Dalk ‘n luiperd? Dalk ‘n leeu? In die verte klink dieonheilspellende klaaglied op van ‘n hiëna. ‘n Koue rillinggaan langs my ruggraat af. ‘n Nag in die bos kanangswekkend wees, veral as die pikdonker duisternis jouoorval.

Solank ‘n kampvuurtjie helder brand, voel jy veilig. Die

INHOUD

Page 177: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

vuurtjie wat knetter verdryf nie alleen die duisternis nie,maar ook die ander onheilspellende bosgeluide.Wanneer die vuurtjie doodgaan begin jy allerhandedinge hoor wat jou bang maak. Presies dieselfde geld virjou geestelike lewe.

Die tema van lig en duister kom keer op keer voor inJohannes se Evangelie. Hier sien ons weereens dat Jesusvir Sy hoorders sê dat Hy die Lig vir die wêreld is. WieHom volg sal nooit in die duisternis lewe nie. Lig was indaardie tyd ‘n algemene Godsdienstige beeld om diekontras tussen goed en kwaad aan te dui. Mense was indaardie jare afhanklik van klein olielampies om lig temaak wanneer dit begin donker raak. As jy ná donkernog enigiets wou doen, moes jy ‘n lampie gebruik,anders knoei jy. So ‘n lampie het dus sin gegee aan ‘nmens se lewe. Terselfdertyd was die duisternis weergebruik as dekking vir bose dade. As ‘n rower jou goedwou vat, het hy dit in die donker gedoen om sy identiteitweg te steek asook om jou onverhoeds te betrap.

Duisternis word ook in dieselfde lig gesien as blindheid.Het jy al ooit deur die rowwe veld probeer stap in ‘npikdonker nag sonder ‘n flits? Dit laat jou voel hoe ditmoet wees om blind te wees. Ek onthou ‘n geleentheidby Doornkloof in die Vrystaat, waar ‘n klompie van onsVoortrekkers so ‘n staptog meegemaak het. Miershope,

INHOUD

Page 178: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

klippe en grensdrade het hulle tol swaar geëis, en nadaardie aand was daar talle bloukolle en nerf-afmaermerries.

Wanneer Jesus dus sê dat Hy die Lig is vir die wêreld,dan is daar ‘n paar gedagtes wat na vore kom. Die eerstevraag is of ek daardie Lig in my lewe het? Daarsonder isek geestelik blind, en gaan elke liewe klippie in my padmy hard met moeder aarde laat kennis maak. SonderJesus se Lig is dit pikdonker rondom my, en is ek in diemag van die bose. Dan is dit soos om sonder ‘n vuurtjiein die bos te sit, en die leeus en ander kriepiekrôlies hierrondom jou te hoor. Angswekkend!

Met Jesus se Lig in my lewe is dit egter anders. Dan hoefek nie die donker van die bose te vrees nie. Maar dit isook die plig van my as gelowige om Jesus toe te laat omSy lig in my te laat skyn. In die bos gloei die kole van mykampvuur alreeds. Om egter ‘n knetterende vuurtjie tehê, verg van my om hout en takkies op te gooi. In mygeloofslewe is dit presies dieselfde: Om Jesus toe te laatom Sy Lig helder te laat skyn, verg van my om die houten takkies van “goeie werke” op te gooi. Wat betekendit? In die eerste plek om my liefde uit te leef teenoormy medemens. Maar terselfdertyd beteken dit ook datek my verhouding met Jesus sal koester. Dit doen ekonder meer deur ‘n gesonde gebedslewe asook ‘n

INHOUD

Page 179: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gedurige honger na die Woord. ‘n Mens kan nooitophou leer uit die Woord nie. Ek het oor die afgelopeweek dinge ontdek uit die Woord wat ek nooit geweethet nie, en ek het gedink dat ek darem ‘n bietjie kennishet!

Ons kan baie leer uit ‘n kampvuur. Hy begin met ‘n hoopdun takkies wat vinnig opvlam en ‘n helder lig gee. Maarhulle brand gou uit, en dan moet jou vuur weer gestookword. So is dit met iemand wat nuut in die geloof is:Daar is nog nie werklik ‘n basis nie, en sy geloof verfloumaklik as dit nie gestook word nie. Maar soos die aandvorder en daar al baie hout gebrand het, vorm dit ‘nwarm basis van kole, wat net ‘n paar takkies verg om ditweer vrolik te laat brand. Net so vorm jou kennis ‘nstewige basis vir jou geloof, wat sorg dat dit maklik kanopvlam. As jy egter nie hout opgooi nie, gaan die koleweldra koud word, en so ook met jou geloofsvuurtjie. Asdit nie gedurig gestook word nie, gaan dit stadig koudword.

Stook dus vandag daardie kampvuurtjie van jou geloof,sodat Jesus se lig helder deur jou kan skyn en dieduisternis van die bose kan verdryf.

Gebed:

Here, ek wil U lig laat skyn in my lewe. Help my om

INHOUD

Page 180: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

te onthou om dit gedurigdeur te stook.

INHOUD

Page 181: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Ongeloof

Johannes 8:21-30

Die gesprek wat Jesus nou met die Jode het, is in ‘nsekere sin uit die menslike oogpunt gesien, totaalonbegryplik. “Hoe werk dit?” wil ons uitroep. Ons sienook in hierdie gesprek ‘n frustrasie opbou, beide van dieJode se kant af en van Jesus af. “Wie is jy?” vra dieJode, nadat Jesus al talle male vir hulle verduidelik hetwie Hy is. “Waarom praat Ek eintlik nog met julle?”vra Jesus moedeloos. Hoeveel duideliker moet Hy ditdan nóg stel? Maar tóg is daar ‘n diep geheimeniswanneer Jesus verduidelik, iets wat te groot is vir onsmenslike verstand om ooit te begryp.

Hierdie gesprek is een van die belangrikste uitsprake vanJesus oor die dinge wat daar by die kruis gebeur het. Hyvertel vir die mense dat Hy weg gaan, en dan sê hyverder ook vir hulle dat hulle nie kan kom waar Hy heengaan nie. In Joh. 7:34 het Hy dieselfde ding vir hullegesê. Dit is ‘n dringende waarskuwing hierdie!Ongelukkig is dit een wat die Jode verkies om teignoreer. Hulle verkies om nie te verstaan wat Hy bedoelnie: “Gaan Hy dalk selfmoord pleeg?” wonder hulle.Lagwekkend! Hulle maak totale gekke van hulleself.

Terloops, daar was eenmaal ‘n beriggie in die koerant

INHOUD

Page 182: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

oor ‘n gemeente wat ‘n reuse plakkaat op hullekerkgronde opgerig het met 'n aanhaling uit die Bybel:“Die dwaas sê in sy hart dat daar nie ‘n God is nie”.‘n Ateïs het erg aanstoot geneem, want hierdeur wordhy mos uitgekryt as ‘n dwaas. Hy is hof toe hiermee, enhy het sy saak gewen, want dit is ongrondwetlik omiemand ‘n dwaas te noem as hy nie glo nie, al sê dieWoord van God anders. Ja, hy mag dalk sy hofstrydgewen het, maar die arme man het ‘n baie groter gevegverloor, en dit maak hom die grootste dwaas watbestaan. Want wat help dit jy het wel alles op aarde, enjy verloor die reg om die ewige lewe te kan hê?

Jesus spel dit weereens vir die Jode uit: Hy is van daarbo, nie van hierdie wêreld nie. Kon Hy dit duideliker sê?Hy is van die hemel af. En hiermee het Jesus baie beslisnie bedoel dat Hy ‘n engel is nie! Ja, Hy het wél die titelEngel, maar dit is ‘n verhewe titel: Engel van die Here.Dit beteken egter nie dat Hy ‘n engel is nie, maar Hy isGod. In Sy verduideliking gebruik Jesus die term “Ek iswat Ek is” om te sê Wie Hy werklik is.

As ons die gebeure gaan lees oor Moses se roeping inEksodus 3, sien ons eerstens dat toe Moses diebrandende doringbos sien, dat dit eintlik die “Engel vandie Here” was wat in die gedaante van ‘n brandendebos aan hom verskyn het (dus Jesus). Later in die

INHOUD

Page 183: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gesprek, as Moses wil weet hoe hy vir die Israelietemoet sê, wie hom gestuur het, sê die Here vir hom: “Ekis wat Ek is” (JHWH of JAHWEH).

Moses moes sy skoene uittrek, want die Here het homlaat verstaan dat hy op heilige grond verkeer. By dieaanhoor van hierdie woorde, moes die Jode eintlik ookin aanbidding voor Jesus neergeval het, want hier washulle voor die Heilige God. Maar wat doen hulle? “Wieis jy?” vra hulle Hom. Hy het vir hulle so pas uitgespelWie Hy is, en dan kom hulle met so ‘n simpel vraag! Ditis daarom dat Jesus vir hulle sê: “Waarom praat Ekeintlik nog met julle?”

Maar dan kom die totaal onbegryplike uitspraak vanJesus, dat Hy slegs sê wat Hy van die Vader gehoor het.Ons sien hier Jesus se ware menslikheid deurkom, dat Sykennis beperk is tot wat die Vader Hom meegedeel het.Terselfdertyd sien ons Sy Goddelike kant as Hy vir hullesê dat Hy hulle kan veroordeel. Later sal ons sien hoeJesus se menslike kant nog sterker na vore tree,wanneer Hy bang en benoud is kort voor die kruisiging.Hy was waarlik mens, net soos ek en jy, maar met diegroot verskil dat Hy geen sonde in Hom gehad het nie.Maar weereens sien ons ook in Sy Menslikheid, dat daardie Goddelike deurkom, in dat Hy ten volle bewus is watvorentoe met Hom sou gebeur. Hy het presies geweet

INHOUD

Page 184: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

wat vir Hom sou voorlê tydens die kruisiging. Dit moes(menslik) absoluut skrikwekkend gewees het, en danook geen wonder dat Hy daardie verskriklike nag inGetsemané gebid het dat hierdie dinge asseblieftog niemet Hom moet gebeur nie. Dit was meer as wat enigemens sou kon verduur.

In die daaropvolgende deel van die gesprek praat Jesusvan Sy “verhoging”: Hulle, die Jode, sou Hom verhoog,en eers daarná sou hulle begin besef Wie Hy werklik is.Hierdie “verhoging” dui natuurlik op Jesus se kruisiging.Maar dit het eintlik ‘n dubbele betekenis, wantterselfdertyd dui dit ook op Sy verhoging tydens diehemelvaart, waar Jesus weer Sy regmatige plekingeneem het in die troonsaal van die almagtige God, asheerser oor hemel en aarde.

Ten spyte van die hardnekkige ongeloof van die Joodseleiers, vertel Johannes vir ons dat daar nogtans baiemense tot geloof gekom het in Jesus oor hierdie dingewat Hy vir hulle gesê het. Vandag moet ek en jy asgelowiges nie moedeloos raak as ons die ongeloofrondom ons aanskou nie. Daar is steeds ‘n groot skaregelowiges wat saam met ons die Here dien.

Gebed:

Here, dankie vir al die gelowiges wat U dien saam

INHOUD

Page 185: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

met my, en wat ook soos ek onvoorwaardelik glo inU.

INHOUD

Page 186: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Wie se Kind is Jy?

Johannes 8:31-47

Kan 'n gelowige verlore raak? Kan hy die ewige lewe watGod hom gegee het, verloor?

Hierdie vraag is al dikwels gevra en daar is menigedebatte daaroor gevoer. Is dit nie dalk tóg moontlik datjy jou geloof in Jesus kan verloor nie? In Nederland wasdaar ‘n predikant wat besluit het dat daar géén God isnie. Hy het ‘n volslae ateïs geword en wat meer is: hyverkondig dit van die kansel af! Wanneer ons die briewevan Johannes lees, sien ons dat die gemeente in tweegeskeur het en dat een deel van die gemeente nie meeraan die waarheid van Jesus vasgehou het nie. Hulle hetnie meer soos gelowiges opgetree nie. Ek het dit al tallemale beleef dat lewende lidmate een dag net wegraakuit die gemeente, en totaal vervreem raak van die kerk.

In ons Skrifgedeelte vandag sien ons iets amper nogerger, wanneer Jesus vir die Jode “wat in Hom glo” sêdat hulle kinders van die duiwel is. Dit is erg! Hoe kandit?

Maar kom ons begin by die begin: Ons het reeds in ‘nvorige dagstukkie gemeld dat wanneer Johannes praatvan iemand wat in Jesus glo, hy nie noodwendig bedoeldat die persoon ‘n gelowige is nie, maar dat dit ook kan

INHOUD

Page 187: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

beteken dat die persoon hom bloot by Jesus skaarsonder dat daar werklik ‘n intieme verhouding met Jesusis. So byvoorbeeld noem 70% van alle Suid-Afrikanershulleself Christene. Dit beteken egter baie beslis nie dathulle almal gelowiges is en in ‘n verhouding met Jesusleef nie.

Ons het reeds genoem dat hoofstuk 8 eintlik ‘n soorthofsaak is oor die identiteit van Jesus. Die vraag wordgevra, of God Jesus se Vader is? As dit die geval is, plaasdit Jesus natuurlik aan die kant van God. Ons het reedsuit die vorige verse gesien dat dit wél die geval is. Maarnou kom Jesus en Hy swaai die hofsaak om. Nou is Hýnie meer die Een wat in die beskuldigdebank staan nie,maar diegene wat na Hom luister. Die tyd het gekom dathúlle nou verantwoording doen. “As julle aan Mywoorde getrou bly, is julle waarlik My dissipels”, sêJesus vir hulle. Hier lê die toets van ware geloof in Jesus:dat jy volkome gehoorsaam sal bly aan wat Hy sê.

Hy sê verder vir hulle dat hulle die waarheid sal ken endat daardie waarheid hulle vry sal maak. Wat is hierdie“Waarheid”? Dié dinge wat vir God reg en eg is. Die Jodeverstaan Jesus alweer verkeerd. Hulle is dan Abraham sekinders, en hulle is nie slawe nie! Hoe kan Hy nou wilbeweer dat hulle nodig het om vry te word?

Maar eintlik speel hulle so reg in Jesus se hand, want Hy

INHOUD

Page 188: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gebruik nou presies hulle onkunde om te verduidelikwat hierdie vryheid waarlik beteken. Hy gebruik dieposisie van ‘n slaaf teenoor ‘n kind in die huis. Elke sewejaar moes die Jode hulle slawe vrystel. Die slaaf het dus‘n beperkte verhouding met die gesin. ‘n Kind severhouding is egter permanent. Die implikasie is datwanneer Jesus jou vry maak (deel maak van die gesinvan God), dan is dit ‘n permanente gawe.

Vir die Jode wat staan op die feit dat hulleafstammelinge van Abraham is en daarom deel is vanGod se volk (gesin), het Jesus ‘n onaangenameverrassing: Abraham was wél deel van God se gesin,maar dit maak sy nageslag nog nie deel van God se gesinnie. En hulle dade wys dit wel baie duidelik. Jesus seVader en hierdie “gelowiges” se vader kan beslis nie eenen dieselfde wees nie. Jesus verkondig die waarheid aanhulle, maar wat is hulle reaksie? Hulle wil Homdoodmaak. Jesus kom van God af. Hy (die God vanIsrael) het Sélf vir Jesus gestuur. Deurdat hulle nie virJesus wil aanvaar nie, bewys hulle nou ook dat hulleteen die God van Israel gedraai het. Dit is ‘n verskriklikegedagte! Maar dit raak erger: dit beteken terselfdertyddat hulle die duiwel as vader het! En dit is juis dááromdat hulle nie Jesus se boodskap kan of wil verstaan nie.“As God julle Vader was, sou julle My liefhê”, sê

INHOUD

Page 189: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus vir hulle (Joh 8:42).

Die Woord van God is ewig en vandag dus nog net sovars as tweeduisend jaar gelede. Dit praat ook vandagmet ons as mense in die moderne era. As daar werklik30 miljoen gelowiges in Suid-Afrika was, sou ons landbaie anders gelyk het. Ons besef egter almal dat ditbeslis nie die geval is nie en dat die grootste persentasieslegs in naam Christene is. Trek ons egter die kringnouer, en ons kyk na diegene in die kerk, dan kom onsook baie gou agter dat daar talle mense sit wat niewerklik vir Jesus ken nie. In vers 47 beklemtoon Jesusdit: “Wie ‘n kind van God is luister na die woordevan God.”

As daar dus vandag vir jou en my die vraag gevra word,oor Wie ons dink dat Jesus werklik is, dan kan ons niesommer so ‘n antwoord aanmekaarslaan nie. Diewaarheid kom uit in die dinge wat ons doen - hoe onsleef. Die antwoord word dus gegee deur ons dade.

Die vraag aan die begin: Kan ‘n gelowige verlore gaan?‘n Ware gelowige is ook maar net ‘n mens, en hy kanafdwaal, soos met die verlore seun gebeur het. Ek gloegter dat Jesus hom nooit verlore sal laat gaan nie, endat hy altyd weer teruggetrek sal word deur die liefde engenade van die Vader.

INHOUD

Page 190: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here, dankie dat ek nie ‘n slaaf is nie, maar U kind.Dankie vir al die voorregte wat U my gee, en dat Umy vashou, selfs wanneer ek struikel. Help my ommy liefde vir U ten volle uit te leef.

INHOUD

Page 191: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus Word Beledig

Johannes 8:48-59

Jesus word beledig deur die Jode op die ergstemoontlike manier waaraan hulle kan dink. Eerstensnoem hulle Hom ‘n Samaritaan. Vir hulle as Jode was dit‘n verskriklike vernedering, want soos ons reeds weet,was die arme Samaritane verag deur die Jode. Hulle isbeskou as verraaiers van die ware geloof, en al was hullehalf-Joods, was hulle beskou as oneg, omdat hulle vangemengde bloed was. Die Jode sou eerder met ‘nvolslae heiden gesprek gevoer het as met hierdie“halfgebakte” mense.

Die ironie van die saak is dat wanneer Jesus diegelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel, danwys Hy juis daarop dat dit nie die “heilige” Jode is watgoed doen aan ‘n man in nood nie, maar juis ‘n“smerige” Samaritaan. Jesus dra dus duidelik niedieselfde sentimente in Hom as die Jode nie. Ons hetreeds gesien dat Hy dit prakties uitleef deur nie dieompad rondom Samaria te reis nie, maar deur diemiddel van die landstreek te reis. Verder het ons gesienhoedat Hy waaghalsig ‘n gesprek aanknoop met ‘n baieobskure Samaritaanse vrou. Aan hierdie belediging steurJesus Hom dus gladnie. Hy ontken dit nie eers nie!

INHOUD

Page 192: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Maar die tweede belediging wat hulle Sy kant toeslinger, maak seer. Die Jode beweer dat Jesus van dieduiwel besete is. Dit kan net eenvoudig nie verder vandie waarheid af wees nie. Vandag wonder ‘n mens hoedie Jode ooit so blind kon wees. Om Iemand wat nog netgoed gedoen het en liefde uitleef tot op die héélhoogste vlak, te beskuldig van duiwelsbesetenheid, isabsurd! Het hulle nooit gesien wat Hy gedoen het nie?Het hulle nie opgemerk dat Hy duisende siek mensegenees het nie? Het hulle nie die wonderwerke watJesus gedoen het, beleef of ten minste daarvan gehoornie? Wat van die reuse skare wat Hy kos gegee het vanslegs vyf brode en twee vissies? En die water wat wyngeword het? Sê dit dan niks? Iemand wat van die duiwelbesete is, sal nie net goeie dinge doen nie! En buiten viral die wonderwerke, moes hulle Hom sékerlik toggehoor preek het. Nikodemus, hulle hooggeagte kollegahet, en Hy het Jesus agterna opgesoek om te hoor hoe‘n mens die saligheid kan verkry. Uit alles wat Jesus gesêhet moes hulle tog baie duidelik kon sien dat Hy baiebeslis nie van die duiwel besete is nie.

Vandag maak dit my diep hier binne seer, dat myHeiland so verskriklik beledig moes word. Hy wat dieduiwel beskou as die grootste vyand, word hier deur diegeestelike leiers van die volk van God daarvan beskuldig

INHOUD

Page 193: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dat Hy en die duiwel in ‘n bondgenootskap staan.Hierdie volk, vir wie Hy uitgekies het nog voor diegrondlegging van die aarde af, en wat Hy beskerm engekoester het deur die millennia, is dieselfde volk watHom nou so wreed verwerp.

Wanneer Jesus hulle antwoord, sê Hy nie ‘n dooiewoord oor die aantyging dat Hy ‘n Samaritaan is nie.Wat sou dit in elkgeval saakmaak? Hy het nie net na dieaarde gekom vir Jode nie maar ook vir Samaritane, énGrieke, Romeine, Turke, selfs Suid-Afrikaners! Dietweede aantyging ontken Hy egter ten sterkste. Hoe kandit ook anders?

Vir Jesus gaan dit egter nie oor wat die mense oor Homsê nie. Sy doel was immers nie om hier op aarde eer tekom soek nie. As dit die geval was, sou alles baie andersgebeur het. Dan sou Hy in ‘n paleis gebore word en nie‘n stinkende stal nie. Dan sou Hy ook nie te voet die landdeurreis het en snags op die harde grond geslaap hetnie. Daar is egter ‘n Groot Regter wat Hom uiteindeliksou verhoog en aan Hom al die eer gee wat Homtoekom. Maar vir nou is daar ‘n baie belangriker saak,naamlik om te kom red. Daarom waarsku Jesus die Jodedat hulle moet luister na wat Hy sê en dit ter harteneem sodat ook húlle, die spotters, die ewige lewe soukon kry.

INHOUD

Page 194: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Ek wonder soms of daar wél enige van daardie menseuiteindelik tot inkeer gekom het? O ja, ten minste eenhet tot ander insigte gekom en die grootste sendelingvan alle tye geword: Paulus! As dit kon gebeur met ‘nfanatikus soos Paulus, dan was daar sekerlik ook anderwat tot nuwe insigte gekom het en Jesus gesien het virwie Hy werklik was.

Die Jode kom nou en sleep ook vir Abraham by dieargument in. Jesus verduidelik vir hulle dat AbrahamHom goed ken, en dat Hy wat Jesus is, alreeds lank voorAbraham daar was. Hoe kan dit ook anders: Jesus is dieEen wat nie net vir Abraham gemaak het nie, maar dieganse heelal uit niks geskep het. Maar dit sou die Jodegladnie verstaan het nie. Toe doen hulle maar wat hulledie beste kan doen: hulle tel klippe op om Homdaarmee dood te gooi. Jesus moes vlug vir Sy lewe.

Hoe ironies, dat die Jode vir Jesus wou doodmaak. Hywas vir hulle juis die één kans om die ewige lewe te konkry. Sou jy nie hierdie kans met altwee jou handeaangegryp het nie? Ongelukkig herhaal die geskiedenishomself keer op keer, en vandag is die spotters steedsdaar - mense wat Jesus, die enigste Weg na die ewigelewe, verwerp, bespot en beswadder. Moenie dieselfdefout maak nie!

Gebed:

INHOUD

Page 195: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, dit maak bitter seer as ek vandag lees hoeverskriklik U beledig is. Ek aanbid U en eer U.Dankie dat U ten spyte van al die beledigings,steeds vir my die losprys betaal het.

INHOUD

Page 196: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Beproewinge

Johannes 9:1-12

Gesels ons een aand oor die beproewings van die lewe.Een persoon vra toe ‘n vraag wat seker al die een ofander tyd op elke gelowige se lippe was: “Hierdiebeproewings - is hulle nie soms God se straf op onssondes nie?” As dit die dag met ons swaar gaan, is dieHere nie dalk besig om ons te straf nie? Of as ‘n geliefdevan my weggeneem word, is dit omdat ek iewers hardgeval het? Hierdie is al ‘n baie ou vraag. Job se vriendehet dit gevra. Dit was selfs op die lippe van Jesus sedissipels. Dit was so in hulle ingedril, dat hullevanselfsprekend aangeneem het dat die arme blindebedelaar wat hulle teëgekom het, gestraf is deur Godoor sy sonde, of dalk oor sy ouers se sonde. God is indaardie tyd gesien as die God van lewe en van die goeie.Niks wat iets te doene het met pyn of siekte kan vanHom af kom nie, en daarom kan dit alleen deur die man(of sy ouers) se sonde wees dat hy ly. Deur sonde worddie goeie uit die skepping geroof. In hierdie geval is dieman van geboorte af al blind, so dit moet dus eerder dieouers se skuld wees! Dis húlle sondes wat gestraf word.

“Nee”, sê Jesus, hierdie man is blind sodat God daardeurverheerlik kan word. Die werke wat God doen moet inhierdie blinde man gesien kan word. As God dus hierdie

INHOUD

Page 197: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

man sou genees, dan sou dit weereens ‘n bewys weesvan Sy almag, liefde en genade, en dat Hy selfs dietekens van sonde kan uitwis. As Jesus die man sougenees, dan sou dit dien as ‘n verdere bewys dat Sywerke nie aan die duiwel gekoppel is (soos die leiersbeweer) nie, maar dat dit van God af kom. Daardie manwas dus blind sodat dit die mense van daardie tyd segeloof in Jesus sou vestig, en selfs vandag nog ook onseie geloof versterk.

Jesus kon maar ‘n enkele woord gespreek het, en dieman sou gesond wees. Hy verkies egter om dit op ‘nander manier te doen, ‘n baie verrassende manier: Hymaak “oogmedisyne” aan deur met spoeg ‘n bietjie kleiaan te maak, wat hy aan die man se oë smeer. Dan stuurJesus hom na die Siloam-bad om hom te was. Johannesnoem baie pertinent dat die naam van die bad beteken:“Die een wat gestuur is”. Dit is met ‘n baie goeie rede,want hierdie blinde man word nou ook ‘n gestuurde.Waarvoor is hy gestuur? Om van Jesus te gaan getuig.Dit is iets wat hy baie goed doen, nie alleen deur dievoorbeeld te wees van Jesus se wonderwerke nie, maarlater ook deur wat hy moet sê voor die Joodse Raad,waar hy namens Jesus moet praat.

Hier het ons ‘n voorbeeld van ‘n totaal ongeletterdemens wat nie eers ‘n behoorlike agtergrond het van

INHOUD

Page 198: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Godsdiens nie, en beslis nie veel weet van Jesus af nie.Nogtans gebruik die Here hom baie vrugbaar om dieboodskap van God se genade en Jesus se verlossing uitte dra. Ek en jy skuil so dikwels agter ons gebrek aangenoegsame kennis, om as getuies vir Jesus te dien.Hierdie man het met enkele woorde en sekerlik ‘nstralende gesig gaan getuig. Ons sien dieselfde met dieSamaritaanse vrou, wat met absoluut géén kennis,buiten ‘n enkele kortstondige ontmoeting met Jesus,gaan getuig het, en ‘n hele dorp in beroering gebringhet. ‘n Ander voorbeeld is die man wat duiwelsbesetewas, daar in die begraafplaas - nadat Jesus hom bevryhet, het hy gaan getuig, en ‘n hele landstreek vir Jesusgewen. Hierdie man kon slegs getuig uit wat Jesus virhom gedoen het - hy het absoluut géén Skrif-kennisgehad nie.

Die dag toe ek en jy deur Jesus gered is van die mag vandie duiwel, het ons outomaties uitgestuurdes geword.Net soos die blinde man, was ons ook geestelik blind, enJesus het ons geloofs-oë gegee om mee te kon sien.Anders as die drie mense wat ons hier bo genoem het, isons in die geweldige bevoorregte posisie dat ons vankleins af al Skrifkennis ingegee is deur ons ouers ensondagskoolonderwysers en leraars. Hoe durf ons dannog sê dat ons nie waardig is om uitgestuurdes te kan

INHOUD

Page 199: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

wees nie?

“Maar ek is bang”, sê ons dikwels. Ons is bang virverwerping. Ons sal later sien dat hierdie blinde manook verwerp is. Hy is uit die sinagoge gesmyt omdat hydit durf waag het om vir Jesus te getuig. Getuienis bringkonfrontasie. Ons sien dit baie goed by sendelinge watdie Woord uitdra in die lande waar die Evangelie niewelkom is nie. Mense wat betrokke is by die Masedonië-projek, word vervolg en selfs gedeporteer as hulleuitgevang word dat hulle Bybels uitdeel. Nog erger: dieChristene van hierdie lande word in die tronk gesmyt ofselfs doodgemaak as hulle uitgevang word dat hulle dieEvangelie uitdra. Dit is baie moeilik, en hullebeproewinge is bitter swaar. Hulle, en die sendelingewat hulle lewe waag om die Woord daar te bring, moetgedurig in ons gebede wees.

Twee vrae wat ek graag vanoggend voor jou deur wil lê:Is daar beproewinge wat dreig om jou onder te kry? Danmoet jy dit sien as ‘n geleentheid om God se Naamgroot te maak. Die tweede vraag: leef jy waarlik joumissie as uitgestuurde van Jesus uit?

Gebed:

Here, dankie vir die beproewinge in my lewe - ekweet dat U ‘n groot doel daarmee het. Leer my om

INHOUD

Page 200: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dit te omskep in getuienis vir U.

INHOUD

Page 201: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Intimidasie

Johannes 9:13-34

Die sage van die blinde man wat Jesus genees het,eindig nie met sy genesing nie - dit is maar net die begin.‘n Feit wat nie voorheen aan ons vermeld was nie, is dathierdie hele episode op ‘n Sabbatdag plaasgevind het.Die Jode het soos ‘n spul aasvoëls sit en wag vir Jesusom die een of ander van Moses se wette te oortree,maar dit gebeur net eenvoudig nie. En hier val die“oortreding” as’t ware in hulle skoot. Die Fariseërs hetgeweldig baie gemaak van die Sabbat. Hierdie wet is as’tware uitgelig bo al die ander wette. Hulle was so bangdat iemand dalk per ongeluk die Sabbatswet souoortree, dat hulle ‘n hele klomp bywette gemaak het omte beskryf wat alles nie op ‘n Sabbat gedoen mag wordnie. Sommige van hierdie wette is werklik komies en ‘nbespotting van die Fariseërs se intelligensie. In kort hetdie wet vir hulle baie swaarder begin weeg as God watdie wet ingestel het. Hulle het nie tred gehou met dieware betekenis van die wet nie.

Toe die Fariseërs dus verneem dat Jesus hierdie man op‘n Sabbat genees het, sak hulle op die arme man toe,want nou is hy hulle getuie nommer een. Hy word ooren oor en oor ondervra totdat hy naderhand moedeloosraak met hierdie spul wat maar net nie kan verstaan wat

INHOUD

Page 202: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

met hom gebeur het nie. Dat die man wonderbaarlikgenees is, het vir hulle absoluut niks saakgemaak nie.Dat hy nou vir die eerste keer in sy lewe kan sien, tel virhulle gladnie. Al wat tel is die wet, en hoe om Jesus vaste trek. Oor en oor intimideer hulle hom. Hulle kan neteenvoudig nie aanvaar dat hierdie ‘n wonderwerk konwees nie. “Wat sê jy van Hom?” probeer hulle hom in‘n hoek druk. Wie presies is Jesus vir hierdie man? Dalkweerklink dieselfde vraag vanoggend in jóú ore: Wie isJesus vir jóú?

In skrille kontras hiermee, sien ons die man se getuienisoor Jesus: Vir hom is Jesus ‘n Profeet, ‘n Boodskapper, ‘nBemiddelaar van God. Hy loop oor van lof teenoorJesus: “Hoe kan iemand wat ‘n sondaar is sulkewondertekens doen?” gooi hy die vraag voor diegeleerde manne se voete. Hierdie vraag krap hullekaarte totaal deurmekaar, en tussen die lyne deur leesons dat hulle onder mekaar begin stry hieroor.

As hulle niks van waarde uit die man gewurg kan kry nie,draai hulle na sy ouers. Hulle is egter te bang omenigiets te sê, buiten dat hulle seun blind was vangeboorte af en dat hy nou kan sien. As hulle sê wat inhulle harte is, dat Jesus die Christus is, dan is ditklaarpraat met hulle. Hulle weet baie goed dat hulle uitdie sinagoge geban sou word. Dit sou beteken dat alle

INHOUD

Page 203: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

sosiale bande met die gemeenskap vir hulle geknip souword. Hulle sou vreemdelinge word in hulle eie dorp.Hulle durf dus niks sê nie. Daarom is hulle enigstekommentaar: “Vra hom self. Hy is oud genoeg!”

‘n Tweede keer word die man nader getrek en gepepermet vrae, totdat hy naderhand vir hulle sê: “Ek het mosal vertel, en julle het nie geluister nie. Wil julledalk ook Sy dissipels word?” Nou is hulle briesend.Dan haal hulle die groot kanonne uit: Moses! Hulle isdissipels van Moses, en Moses het immers met Godgepraat.

Hoe ironies: Uit ‘n vorige dagstuk het ons gesien dat ditJesus Sélf was wat aan Moses verskyn het in Eksodus 3.Dit was Hý wat vir Moses die opdrag gegee het om dievolk uit Egipte te lei. Ons kan ook met sekerheidaanneem dat dit Jesus was wat in Eksodus 19 metMoses gepraat het op die berg Sinai. Dit was Jesus watin Eksodus 20 die Wet vir hom gegee het. Dit was ookJesus wat gereeld by talle geleenthede met Mosesgepraat het in die tent van samekoms. Moses het indiepe nederigheid selfs sy skoene uitgetrek toe hy dieeerste keer vir Jesus ontmoet. Hy het in aanbidding engroot respek met Jesus gepraat. Vir Moses was Jesusabsoluut alles in die lewe, en het hy Hom as God herkenen erken.

INHOUD

Page 204: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

In teenstelling hiermee is Moses en die wet vir dieFariseërs alles, en probeer hulle die God van Moses omdie lewe bring. Hulle weier om Hom te erken.

Aan die ander kant sien ons hoedat die man wat blindwas ontluik. Hy verander van iemand wat te bang is omte praat tot iemand wat uitgesproke vir Jesus verdedig.Die Fariseërs het hom eintlik ‘n groot guns bewys, wantvoor ons oë ontpop hy en vreesloos erken hy Jesus as ‘nMan wat van God af is. Vreesloos, want vir hom wagdaar ‘n verskriklike straf: om uit die sinagoge en dus uitdie totale samelewing geban te word oor sy standpunt.Ja, hy verstaan nog nie mooi presies waaroor dit gaannie, maar hy besef dat Jesus baie spesiaal is, en dat hydaarom aan Hom moet vasklou. Die ergste gebeur, en hywórd uitgeban! Maar ook die feit dat hy nie verstaannie, sou verander as Jesus later aan hom sou verduidelikWie Hy werklik is.

Die vraag is vanoggend: Hoeveel beteken Jesus vir my?Soveel dat ek alles oorboord sou gooi om Hom te volg?Soveel dat ek selfs bereid is om my status en vriendeprys te gee?

Gebed:

Here Jesus, U is alles in my lewe. Ek aanbid U wantU is die Koning van konings. Hou my asseblief

INHOUD

Page 205: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

staande as ek gekonfronteer word.

INHOUD

Page 206: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Geestelike Blindheid

Johannes 9:35-41

Die blinde man wat Jesus genees het, is deur 'nverskriklike lot getref: die Joodse leiers het hom uit diesinagoge geban. Dalk was hy die eerste van dieChristene wat deur die Jode vervolg is. Daar sou egternog baie volg na hom. Vir hierdie man was die strafgroot want vir die eerste keer in sy lewe kan hy sien enkan hy met volle oorgawe deelneem aan al die sosialeaktiwiteite van die gemeenskap. Die oomblik as dit egtergebeur, word hy totaal afgesny van hierdie einstegemeenskap. Wat ‘n verskriklike teleurstelling. Wat ‘nwrede straf!

Maar wie kom tot sy redding? Niemand anders nie asJesus. Hy het gehoor van die arme man se dilemma, entoe gaan soek Hy die man. Jesus het geweet dat Hy virhierdie man iets baie, baie groter en meer bevredigendkan bied as die aanvaarding deur ‘n ongelowigegemeenskap. ‘n Totaal nuwe wêreld het gewag opdaardie man - ‘n wêreld waarvan ek vandag ook deel is.Vir 'n begin is daar die asemrowende vooruitsig van dievolmaakte lewe wat eendag op hom wag. Maar dis nieal nie. Verder is daar ook die wêreld van die gelowige,wat totaal anders is as dié van die ongelowige.

INHOUD

Page 207: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

As ons verder gaan lees in boeke soos Handelinge, dansien ons hoedat die gelowiges geleef het. Daar wasliefde en daar was ‘n omgee vir mekaar wat absoluutgeen grense geken het nie. Party gelowiges het selfs sover gegaan om hulle eiendom te verkoop om geld te kryom hulle mede-gelowiges wat verdruk word te help.Vandag sien ek steeds hierdie liefde en omgee bygelowiges wat werklik erns maak met hulle geloof. Ekwas al sélf deur ‘n paar bitter moeilike tydperke in mylewe, en in daardie tye is ek letterlik op die hande gedradeur gelowiges wat waarlik omgee.

Dit is ook ‘n totaal nuwe wêreld van vriendskap wat vir‘n mens oopgaan as jy die dag tot geloof kom. Wêreldsevriendskap is dikwels bitter oppervlakkig. Maarvriendskap tussen gelowiges is op ‘n totaal anderfondament gebou. Dit het diepte en dit kyk nie nawêreldse dinge nie, maar die geestelike en die ewige.Jesus het hierdie dinge geweet, en daarom gaan soek Hydie man op om hom aan hierdie nuwe wêreld voor testel.

Wanneer Jesus hom konfronteer, is Hy deeglik bewusdaarvan dat hierdie man steeds nie besef wat presiesmet hom gebeur het nie. Ja, hy kan skielik sien, maarwie is hierdie Man wat hom genees het nou eintlik? Hyweet nie! Hy is steeds geestelik blind en hy het nodig

INHOUD

Page 208: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

om te kan sien. As Jesus hom dus vra of hy in die Seunvan die Mens glo, dan weet die man nie eers wie Jesusvan praat nie. Intussen draai die Fariseërs soos ‘n spulbrommers om hulle. Hulle weet presies van wie Jesuspraat! Hulle het oor en oor in die Skrif geleer van dieSeun.

Dan maak Jesus ook die man se geestelike oë gesond, asHy vir die man sê dat Hy, Jesus, die Seun is. Syonmiddellike reaksie is om te bely dat hy glo. Nét daaren dan aanbid hy vir Jesus. Die Fariseërs snak na hulleasems! Skielik gaan 'n nuwe wonderwêreld vir die manoop en hy sien op ‘n totaal ander vlak.

Ek onthou nog baie goed, die dag toe Jesus my oëoopgemaak het. Ek was alleen in ‘n klein rondaweltjie opAmatikulu, toe ek my hart vir die Here gegee het. Ek hetnie mooi besef wat met my gebeur het nie. Eers ‘n paardae later vra ‘n meisie my wat aangaan. My stralendegesig kon sy net nie miskyk nie. Toe verduidelik sy vir mydat ek so pas ‘n gelowige geword het. Ek het dit self nieeers besef nie. Maar skielik was alles net anders! ‘nNuwe, wonderlike wêreld het voor my oopgegaan -absoluut onbeskryflik! Dit was asof daar skille van my oëafgeval het, en ek kon sien en verstaan.

Jesus kyk die Fariseërs om Hom aan. Ja, Hy laat dieblindes weer sien, maar die wat kan sien, die sal blind

INHOUD

Page 209: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

word. Hoe verstaan ‘n mens dit? “Ons is mos nie blindnie!” hoor ons dadelik die Fariseërs protesteer. “Asjulle maar blind was......”, skud Jesus Sy kopmeëwarig.

Hulle het die Bybel deeglik geken. Hulle het al die kennisgehad wat nodig is om van God te weet. Hulle was egterso verstrengel in hulle Godsdiens en rituele en wette,dat hulle God nie meer raakgesien het nie. Hulle kon dusbehoorlik sien, maar hulle het hulleself blind gehou. Ja,vandag sien ons dit steeds dat daar hoogsgeleerdeteoloë is wat die spoor totaal byster geraak het. Hullehet al die kennis en geleenthede gehad, maar dit deurhulle vingers laat glip omdat hulle die wonder van Godnie wou raaksien nie. Daarteenoor is hierdie man watgeen kennis het nie. Vir hom laat Jesus sien - maak Hydie hemel oop sodat die man die wonder kan sien.

Dit is ‘n wonderlike voorreg om teologiese studies te kandoen, maar dan rus daar ‘n geweldige grootverantwoordelikheid op jou skouers, want jy het diekennis. Jy moet soveel harder werk aan sy geestelikelewe as die gewone man wat blind was, en wie se oëJesus oopgemaak het.

Gebed:

Here, dankie dat U ook my oë oopgemaak het

INHOUD

Page 210: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

sodat ek vandag U heerlikheid kan sien.

INHOUD

Page 211: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Goeie Herder

Johannes 10:1-21

Dit was ‘n nostalgiese kuiertjie op die plaas waar ekgrootgeword het, naby Waterval Boven. Veertig jaar hetverby gegaan. Sou ek nog die dinge daar kry wat vir mymooi was? Die ou plaashuis waarin ek grootgeword het,was 'n ruim huis met 'n reuse stoep en 'n laaaang gang.Ek kan my oë nie glo nie! Hoe is dit moontlik dat die huiskon krimp? Die stoep het skielik sommer baie smallergeword en die ellelange gang het 'n verpiepte kortgangetjie geword. Ek is bitterlik teleurgesteld. Diebuitegeboue waar ek so lekker gespeel het as kind,staan darem nog. Maar selfs hier het dinge verander, enek voel nie tevrede nie. Dit is nie soos ek dit onthou nie.

Ek stap oor na waar die ou klipkraal was. Hy is feitlikheeltemal weggesteek tussen die bome. Maar dan, asek hom vind, helder dit in my op. Daardie stewigeklipmure wat Oupa Johnny self gebou het, staan presiesnog net soos wat ek dit onthou. Onvernietigbaar hethulle behoue gebly. In my geestesoog sien ek weer diebeeste - hoor ek hulle tevrede bulk in die kraal. Ek hoorweer my hond blaf, waar hy die beeste saans gaan haalen na die kraal toe lei sodat hulle veilig sal wees agterdie vorse ou klipmure. Wonderlik dat hulle sy stemgeken het en dat hulle agter hom aangedraf het.

INHOUD

Page 212: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus vertel ‘n storie van so ‘n ou klipkraal. Net soosOupa Johnny se kraal, het hierdie een ook ‘n hek. Dit isdie enigste plek waar die vee kan in en uit, en dit is dieingang vir die veewagters. Niemand het in Oupa se kraalgekom buiten deur daardie hek nie. En nou sê Jesus datdit ook die enigste ingang is vir iemand wat regmatigdaar moet in. Ja, daar is wel mense wat oor die muurklim, maar hulle is daar vir net één doel, en dit is om testeel.

Jesus vertel dat die skape die herder se stem goed ken,en dat hulle agter hom aanloop as hy hulle roep. Dieherder ken sy skape só goed, dat hy elkeen op die naamroep. Maar hulle volg nie sommer enige stem nie.Hierdie skape volg net hulle herder en niemand andersnie. As hulle ‘n vreemde stem hoor, skrik hulle enhardloop weg.

Dit was ‘n pragtige storie, een waarmee Jesus sehoorders kon assosieer want dit was deel van diealledaagse lewe. Maar met die storie wou Jesus by hulle‘n waarheid tuisbring.

Ons kan daardie stewige vesting van die klipkraal sien asdie ewige lewe. Daar is maar net een manier om daar inte kom, en dit is deur die hek. Hierdie hek onderskei dieware van die valse. Iemand wat nie daar hoort nie, salnie daar ingaan nie. Hy sal oor die muur probeer sluip.

INHOUD

Page 213: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

In hierdie verhaal is daar slegs één kraal en één hek. Invers 7 sê Jesus dat Hy daardie Hek is en dat Hy dieenigste toegang is tot die kraal. Daar is teoloë watvandag wil beweer dat daar meer as net een manier isom in die kraal van die ewige lewe te kom. Volgens hullemoet jy net glo. Of dit nou in Budda is of die Hindoegodsdiens aanhang, maak nie saak nie, solank jy glo! Ditis snert! Jesus is die enigste weg! Hy het immers Sélf sogesê. Al die ander is diewe en rowers (vers 8). Wat doen‘n dief? Hy steel en hy slag en hy roei uit (vers 10).

In teenstelling daarmee: wat doen die herder? Hyversorg die skape in liefde en sorg dat hulle op diesappige groen gras wei. In vers 10 sê Jesus vir hulle (énvir my en jou): “Ek het gekom sodat hulle die lewekan hê, en dit in oorvloed.” Jesus het na die aardegekom, nie om te oordeel nie, maar om te red en omliefde te gee en om te versorg. In skrille teenstellinghiermee sien ons die werke van die bose. Die Fariseërs isin sy mag en al wat hulle doen is om verwoesting te saai.Hulle probeer nie alleen vir Jesus om die lewe bring nie,maar hulle maak die lewe vir die mense onmoontlik.Ons sou later sien hoedat hulle die Christene vervolg enselfs doodmaak. Hulle dink net aan hulleself.

Jesus is nie net die Ingang of Hek na die ewige lewe nie,Hy is ook die Herder wat Sy skape (die gelowiges)

INHOUD

Page 214: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

versorg en beskerm. In vers 15 sien ons hoedat Hy Sylewe aflê vir Sy skape. As ‘n herder ‘n wolf sien by syskape, sal hy sy lewe waag om die wolf te verdryf en syskape te beskerm. Jesus het bewys dat Hy daardie GoeieHerder is toe Hy sy lewe op die spel geplaas het om diebose se mag oor gelowiges vir altyd te breek. In dieproses het Jesus die grootste offer van alle tye gebring:Hy het Sy lewe gegee vir Sy skape.

Maar watter voordeel het dit vir ‘n trop skape as hulleherder dood is? Dan is hulle mos herderloos en verlore.In vers 18 verduidelik Jesus dat Hy nie alleen Sy leweaflê vir die mensdom nie, maar dat Hy dit weer opneemin opdrag van God. Diegene wat wil beweer dat Jesusnooit uit die dood opgestaan het nie, moet hulle woordesluk, want hier verduidelik Jesus waarom dit sonoodsaaklik was dat Hy weer moes opstaan. Hy leef! Niealleen lééf Jesus nie, maar Hy is steeds die Goeie Herder,en Hy versorg steeds vandag vir my en jou, Sy skape. Hybeskerm nog steeds Sy skape teen die aanvalle van diewolwe (die bose), en Hy gee Sy skape nog steeds diegroen weivelde. Maar nog meer: Hy lei hulle na daardieonvernietigbare klipvesting van die ewige lewe..

Gebed:

Dankie Here, dat U ook my Herder is, en dat ek byU veilig is.

INHOUD

Page 215: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Hardkoppige Ongeloof

Johannes 10:22-42

In Jerusalem was dit winter. Saam met die winter heteen van die Jode se groot feeste gekom: die fees van dietempelwyding. Dit het terugdateer na die jaar 164 vC.Sirië was daardie tyd die wêreldheerser, en Israel was insy greep. Aan die hoof het ‘n man gestaan met die naamAntiochus Epifanes, ‘n Goddelose despoot. Epifanes wasnie oorspronklik deel van sy naam nie. Hy het dit selfbygevoeg. Dit beteken “geopenbaarde god”. Boonop hethy die liederlikste, Godslasterlike dinge van God gesê.Om die Jode ‘n les te leer, het hy die tempel onteer deur’n beeld van Zeus in die tempel te laat oprig. Hy het selfs‘n vark op die altaar geoffer. In die winter van die jaar164 vC word die tempel weer in gebruik geneem nadatJudas Makkabeus die vyand verdryf het. Daarna hou dieJode elke jaar in die middel van Desember die Fees vandie Ligte, Chanoeka om die wyding van die tempel teherdenk. Terloops, hierdie Chanoeka fees van die ligteword in dieselfde tyd as ons Kersfees gevier.

Dit was tydens hierdie groot feestelikhede, dat Jesus indie tempel was. Die Jode drom om Hom saam. Nou soekhulle ‘n reguit antwoord: is Hy die Christus of nie?Hoeveel keer het Jesus alreeds vir hulle die antwoordgegee? Maar steeds hoor hulle nie wat Hy sê nie. “Ek

INHOUD

Page 216: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

het dit vir julle gesê, en tog glo julle nie”, sê Jesusmoedeloos. Kan hulle net eenvoudig dan nie verstaannie?

Vandag hoef ek en jy nie moedeloos te raak as ons dieevangelieboodskap aan iemand oordra, en hy heteenvoudig hardkoppig geweier om te verstaan of te glo.Selfs Jesus het hierdie probleem gehad!

Jesus verduidelik vir die Jode deur weereens die beeldte gebruik van skape. Sy skape staan in ‘n spesialeverhouding met Hom. Hulle ken Sy stem en hulle volghom. Soos ‘n goeie Herder, sorg Hy vir hulle. Hy geehulle selfs die ewige lewe. Hy beskerm hulle met Sylewe, en niemand sal hulle van Hom kan steel nie. Hyhou hulle styf vas. Waarom kan Hy dit doen, en hoe kryHy dit reg om so sterk te staan? Die Vader het hulle virHom gegee, en natuurlik is die Vader almagtig. Maarmeer nog: Jesus en die Vader is Een. Jesus identifiseerHomself dus baie intiem met die Vader.

Wat beteken dit vandag vir ons as Jesus sê dat Hy en dieVader een is? Nee, dit beteken nie dat Jesus die Vader isnie. Hy word nie die Vader nie. Jesus bly die gestuurdeSeun. Hulle is egter een omdat hulle een wil het. Hullebelange is dieselfde - dit vloei saam. Die eenheid tussenVader en Seun is ‘n eenheid van wil asook van dade. Ditimpliseer natuurlik ook dat Jesus waarlik God is. Hy is

INHOUD

Page 217: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

deel van die Goddelike Drie-Eenheid. En dit weerlê diebeweringe van die Jehovah’s Getuies, dat Jesus nie Godis nie, maar slegs ‘n Goddelike wese.

Natuurlik het die Jode baie goed begryp wat Jesus gesêhet. Dit was in hulle oë niks minder nie as Godslastering,want hiermee wil Jesus Homself as God verhef. Hulle teldan sommer ook klippe op om Hom dood te gooi. Eintlikis dit bitter ironies, want absoluut alles wat Jesusgedoen en gesê het, het daarop gewys dat Hy waarlikGod is. Uit Hom het slegs liefde en goeie dinge gekom,maar daarvoor is hierdie manne totaal blind. “Oorwatter een van hierdie goeie dinge wil julle Mystenig?” vra Jesus hulle. Hulle steur hulle egter nie aanwat Jesus sê nie. Hy moet dood omdat Hy Godslasterlikebewerings maak.

Nou kom Jesus met ‘n meesterlike argument, en Hy haalaan uit Psalm 82:6, waar die regters veroordeel word.Hier sê die Here vir hulle dat hulle almal gode is omdathulle goddelike uitsprake moet maak. Hulle moet dus virGod aanhaal en daarom behoort hulle Hom baiespesiaal te ken. Hulle verteenwoordig Hom as’t ware opaarde. As hulle “gode” was, dan soveel te meer is JesusGod. Hy sê dit nou wel nie in soveel woorde nie, maardie implikasie is daar! As die Jode Psalm 82 lees, dan kanhulle Jesus nie skuldig vind nie, want alles wat Hy gesê

INHOUD

Page 218: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

het is korrek volgens die Skrif en daarmee durf hulle niestry nie. Nou is hulle in ‘n hoek gedryf.

Ai! As die Jode maar net Jesus se woorde en dade woubymekaarbring. Dan sou hulle tot die besef gekom hetdat Jesus en die Vader deel is van die Drie-Eenheid.Maar alles help net mooi niks, want hierdie Jode is beslisnie van Jesus se skape nie, en hulle herken dus gladnieSy wonderbare stem nie. Hulle soek net één ding: Jesusse dood! Voordat hulle Hom egter kan gryp, ontglip Hyhulle. Hy vertrek uit Judea na Perea, ‘n landstreekoorkant die Jordaan.

Hoe tragies dat die Jode - Sy eie mense - vir Jesus laatgaan het. Hulle het Hom gehoor en hulle het diewonderlike dinge gesien wat Hy gedoen het, maar hullewou Hom nie aanvaar nie, wou nie in Hom glo nie. Metdie mense van Perea was dit egter anders: Hulle hetalles onthou wat Johannes die Doper oor Jesus gesê het,en dit was vir hulle genoeg om Jesus ten volle te aanvaaren glo. Hy het nie eers nodig gehad om dit metwondertekens te bewys nie. Aan hulle het Hy die ewigelewe gegee.

Gebed:

Here Jesus, ek bid vanoggend vir elkeen wat Uwoord gehoor het maar steeds onverskillig

INHOUD

Page 219: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

daarteen bly. Open asseblief hulle oë Here.

INHOUD

Page 220: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Dood se Angel is Weg

Johannes 11:1-16

Net buite Jerusalem was daar ‘n dorpie met die naamBetanië. Daar het ‘n groepie mense gewoon wat virJesus baie na aan die hart was: Maria, haar suster Martaen hulle broer, Lasarus. Veral Maria het ‘n groot plek inJesus se hart gehad, want sy was die een wat diekosbare flessie reukolie gebreek het en die inhouddaarvan op Jesus se voete uitgegooi het. Jy onthou sekernog hoe kwaad Judas hieroor was, want hierdie olie was‘n hele jaar se salaris werd. Wat ‘n vermorsing! MaarMaria het doodeenvoudig voortgegaan en Jesus sevoete met haar los hare afgedroog. ‘n Wonderlike daadvan liefde.

Maar nou was hulle in die nood. Lasarus was dodeliksiek, en Jesus moes kom help. Die ongeluk was dat Jesusen Sy dissipels inderhaas moes vlug vir die Jode, en dathulle nou in die landstreek Perea was, oorkant dieJordaan. Dit was minstens twee dae se reis om inBetanië te kom. Wanneer die boodskap Jesus-hulleuiteindelik bereik, dan was twee dae alreeds om, en diesituasie raak kritiek.

Ek kan my indink hoe die gesprekke verloop het daardieaand tussen die groepie manne. Volgens die

INHOUD

Page 221: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

boodskapper het dit gladnie goed geklink nie. Lasarusgaan dit beslis nie maak as Jesus hom nie dadelik geneesnie. Gaan Jesus terug na die leeukuil om Sy vriend tegaan gesond maak? Eintlik kan Jesus mos maar net diewoord spreek, en Lasarus sal gesond wees! Hy het ditmos gedoen met die soldaat se seun. Nee, Jesus hetbeslis nie nou nodig om weer by Jerusalem te kom nie.Die Jode gaan Hom hierdie slag nie weer laat wegkomnie. Die manne is bekommerd - wat gaan hulle Meesterdoen?

Dan stel Hy hulle gerus: Lasarus se siekte gaan nie sydood beteken nie. Dit gaan egter Jesus se magopenbaar. Die volgende dag gaan Hy net rustig voort omte preek en mense gesond te maak. En so ook die dagdaarna. En dan deel Hy die ontstellende nuus mee aandie twaalftal: “Ons gaan na Judea toe”. Die manne isgeskok! Hoe kan Jesus nou so ‘n onverantwoordelikeding wil staan en doen? Dit is mos nou Sy eie dood soekdaardie. Die Jode gaan Hom verséker daar in die handekry, en dan is dit klaarpraat! Hulle soek lankal Sy bloed!Maar Jesus is vasberade: Hy gaan na Betanië.

En dan sê Hy ‘n baie snaakse ding vir die manne: “Onsvriend Lasarus slaap, maar ek gaan om hom wakkerte maak.” Wat sou Jesus hiermee bedoel? Ons weet togdat Lasarus teen hierdie tyd alreeds dood is, en Jesus

INHOUD

Page 222: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

weet dit sékerlik ook. Waarom sou Hy sê dat Lasarus netslaap? Daar is ‘n baie goeie verduideliking hiervoor: virJesus is die dood so gering as wat dit is vir iemand om teslaap. Vir ons is die dood dikwels ‘n verskrikking, dieeinde van die pad. Daar kom alles uiteindelik tot 'neinde. Dis klaar, verby! Jesus sien dit baie anders, wantdie dood is slegs die deur na die nuwe lewe wat vir ewigaanhou. Dit is dus niks meer as ‘n slapie nie, en wanneerjy wakker word, is jy aan die anderkant van die deur. Endie berigte wat ons kry, is dat dit aan daardie kantongelooflik mooi en skoon en rein en wonderlik is. Eksien met groot verlange uit daarna.

Natuurlik verstaan die manne Hom totaal verkeerd. As ‘nsiek persoon slaap, is sy kanse op herstel mos soveelgroter. dit is dus mos nie meer nodig om na Betanië tegaan nie. Maar Jesus help hulle reg: Nee, Lasarus isdood, en dit is beslis nodig om daarheen te gaan. Dan sêJesus nog ‘n snaakse ding: Hy is bly dat Hy nie daar wasmet Lasarus se afsterwe nie. Waarom? En waarom hetHy dan nog ‘n volle twee dae tyd verkwis terwyl Hygeweet het dat Lasarus al klaar dood is? Nou sal dit nog‘n verdere twee dae neem om daar te kom. Die armeLasarus se lyk sal in hierdie hitte teen daardie tyd allankal ontbind wees.

Weereens was daar ‘n baie goeie rede vir Jesus se

INHOUD

Page 223: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

optrede: In daardie tyd het mense geglo dat iemand sesiel nie dadelik sy liggaam verlaat wanneer hy sterf nie.Jou siel bly daar rondhang, net vir die wis en onwis. Eersas die liggaam begin ontbind, drie of vier dae na systerwe, dan vertrek die siel na die “onderwêreld”. Sowas daar Griekse dokters wat beweer het dat hulleiemand uit die dood teruggebring het, en dan was diekommentaar, dat die kêrel nog nie eers behoorlik doodwas nie, menende dat sy siel nog iewers in die omtrekwas.

Jesus wou verseker dat almal sou weet dat Lasarusonherroeplik dood was. Niemand sou kon beweer dat sysiel nog in die omgewing was nie. Dan sou niemand konsê dat dit nie ‘n wonderwerk van God is nie. Thomas semoedelose reaksie is: “Kom ons gaan ook, sodat onssaam met Hom kan sterwe”. Hoe ironies dat wanneerJesus vir Lasarus lewe gee, dit juis die laaste strooi is virdie Jode om Hom om die lewe te bring. Maar dit bringnie alleen vir Lasarus lewe nie, maar hierdie handelinggee ook die ewige lewe aan Jesus se dissipels, asook aanelkeen wat in Hom glo.

Jesus is rustig hieroor, want Hy weet - en wil dit ookvandag vir my en jou sê dat as gelowiges bereid is omHom te volg, al is dit ook in die grootste gevaardenkbaar, dat ons steeds op Hom kan vertrou. Niemand

INHOUD

Page 224: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

sal ons uit Sy hand ruk nie, selfs nie eers die dood nie.

Gebed: Here, dankie dat ek vandag kan weet dat ekselfs vir die dood nie eers hoef te vrees nie, want Uhou my styf vas.

INHOUD

Page 225: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

U Was te Laat, Here.....

Johannes 11:17-32

In die dorpie Betanië is alles in rep en roer, want uit diegroot stad Jerusalem het mense daarheen gestroom omdie twee susters, Marta en Maria te kom troos na dietragiese afsterwe van hulle broer, Lasarus. Dit was skaars‘n uur se stap van Jerusalem af, dus was dit nie te veelmoeite vir hierdie mense nie, en kon hulle maklik hulledroewige plig nakom. Ja, dit was maar ‘n tragieseprentjie om al die mense so te sien huil en kerm en rou.Lasarus was ál wat hierdie twee vroue nog oorgehad hetin die lewe, en nou is hy dood, begrawe, vir ewig weg enhulle lewensbestaan saam daarmee heen.

Dan kom iemand aangedraf en fluister vir Marta in dieoor: “Jesus is op pad!” Haastig staan sy op en hardloophaar Meester tegemoet. ‘n Entjie buite die dorp kry syHom. Sy groet Hom met ‘n verwyt: “Here, as U hierwas sou my broer nie gesterf het nie.” Waarom hetHy nie betyds gekom nie? Sy het tog betyds ‘nboodskapper gestuur om Hom te laat haal. Waarom hetHy tog so lank getalm? Maar steeds glo Marta heimlikdat Jesus nog iets aan die saak kan doen. Alles kan tognie totaal verlore wees nie. Maar selfs in haar wildstedrome was sy nie voorbereid op dit wat sy binnekort souaanskou nie. As Marta dus vir Jesus sê dat sy weet dat

INHOUD

Page 226: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

God vir Jesus sal gee wat Hy vra, bedoelende datLasarus steeds gered kan word, dan sien ons ‘n sprankiehoop in haar, maar die ongeloof weeg baie swaarder asdie hoop.

Jesus antwoord haar dat Lasarus wél uit die dood salopstaan, maar hierdie gedagte is een te veel vir Marta.Dit is tog nie moontlik nie? Haar broer is al vier daedood! Sy liggaam het al begin ontbind in die bedompigeklipgraf. Dit sou beteken dat as hy uit die dood herroepword, sy liggaam totaal oorgeskep sal moet word. Godalleen is die Skepper! Nee, dit is tog totaal onmoontlik.Ja, eendag met die opstanding sal hy wél weer lewendigword. Al die kinders van God sal opstaan wanneer diefinale oordeel aanbreek. Dit glo sy, want so is sy geleervan kleins af.

Jesus se antwoord aan Marta, is vandag vir jou en myeen van die grootste trooswoorde wat ons óóit kan kry:“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo,sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe enin My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie.”Hierdie is nie maar net trooswoorde aan Marta oor haarbroer nie, maar ‘n dramatiese uitspraak wat weergalmdeur die sale van die hemel. “Glo jy dit?” vra Jesus virMarta. “Glo jy dit?” vra Jesus vandag vir jou en my. Asjy hierdie uitspraak glo, beteken dit steeds nie dat jy die

INHOUD

Page 227: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

ewige lewe het nie. Die belangrikste is dat jy in Jesus glo.Is daar ‘n verhouding tussen jou en Jesus? Het jy virHom gesê dat jy onvoorwaardelik in Hom glo en dat Hyjou Verlosser is?

Wat presies behels Jesus se uitspraak? Soos ons in dievorige dagstukkie duidelik gesien het, is die dood vir diegelowige nie die einde van die pad nie maar eerder diebegin van ‘n splinternuwe lewe. Dit is 'n lewe waar dieverskrikking van die dood nie meer ‘n faktor is nie. Onshet gesien dat die dood slegs die deur is na hierdiewonderlike lewe saam met Jesus, waar daar selfs nieeers meer siekte of oudword of pyn is nie, en waarsonde totaal afwesig is.

Marta antwoord Jesus met ‘n onseker “Ja, Here”. Ja, syweet dat Lasarus eendag sal lewe, maar nou is hy vireers dood. Maar dan kom Marta met ‘n groot verrassingvoor die dag, as sy haar onvoorwaardelike geloof inJesus uitspreek. Dit is die mees omvattendegeloofsbelydenis oor Jesus wat ons in die ganseEvangelie van Johannes kry: “Ek glo vas dat U dieChristus is, die Seun van God, die Een wat na diewêreld toe moes kom.” Kan enigeen dit duidelikerstel? Selfs die slim Skrifgeleerdes wat vir jare die Bybelbestudeer het en al die uitsprake oor Jesus oor en oorgesien het, het nie ingesien wat hierdie eenvoudige,

INHOUD

Page 228: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

ongeletterde vrou raakgesien het nie. Of Marta egtermooi begryp het wat sy so pas bely het, is ‘n oop vraag,want ons sal later sien dat sy Jesus probeer keer het toeHy Lasarus se graf wou laat oopmaak.

Jesus wou nie verder gaan in die dorp in nie. Hy hetbuite Betanië bly staan. Dalk het die spul roubeklaerswat al kermend om Maria saamgedrom het Hom gladnieaangestaan nie. Dus gaan fluister Marta vir Maria in dieoor dat Jesus aangekom het. As sy uitglip, stroom diegespuis agter haar aan om haar te gaan bystaan as sy bydie graf gaan huil. Maar dit is nie waarheen sy op pad isnie. Haar grootste Troos het aangekom, en sy gaan valby Sy voete neer. “Here, as U hier was.....” verwyt syHom.

Hoe dikwels gaan soek ons nie ook maar troos by Jesusnie, en dan verwyt ons Hom: “Here, as U maar netbetyds ingegryp het....” Ek praat uit dureondervinding, want ek het dit al so dikwels in my eielewe gedoen. En dan moet ek later in skaamte vir Homsê: “Here, ek is so jammer. Ek het nie besef wat Ubesig was om vir my te beplan nie.” Sal ons ooit leerom Jesus onvoorwaardelik te vertrou in alle aspekte vanons lewe?

Gebed:

INHOUD

Page 229: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, vandag wil ek vra dat U my sal help om volle,onvoorwaardelike vertroue in U te kry. U isalmagtig! By U is niks onmoontlik nie. Maar ekbesef ook dat U gedagtes baie hoër is as myne.

INHOUD

Page 230: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Dood Word Oorwin

Johannes 11:33-44

Mag ‘n mens huil? Mag ‘n mens bedroef wees? Paulusleer ons dan om altyd blymoedig te wees. Ons moetselfs deur die allerverskrikste situasie nog vrolik kan singen lag. Dan pas huil mos nêrens in die prentjie in nie. Ofhoe?

Ons tref vir Jesus aan waar Marta by Hom staan enMaria aan Sy voete kniel. ‘n Skare huilende mense dromom Hom saam. Dit is ‘n bitter droewige prentjie. En dankom die verrassende, as Jesus se gemoed vol skiet, enHy ook huil. Waarom?

Ek kom dikwels op begrafnisse, soms van mense wat eknie eers geken het nie. As ek dan tydens so ‘n roudiensmy oë oor die mense laat gaan, sien ek die droefheid opdie gesigte. Hulle het iemand dierbaar verloor, en hullehuil. Ek kry die persoon wat die bedankings doen sobitter jammer. Hy of sy begin gewoonlik vol moed enselfvertroue praat, en dan skiet die gemoed vol, en kryhulle bykans nie ‘n woord uit nie. Hierdie gebeure isgewoonlik een te veel vir my, en ek huil heerlik saammet almal, al ken ek hulle van g’n kant af nie. Dit is opsulke tye dat ek die Here dank dat ek nooit ‘n predikantgeword het nie, want ek is gans te emosioneel. Hoe kry

INHOUD

Page 231: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hy dit reg om nie saam te huil nie?

Ja, ‘n mens (en dit sluit mans ook in!) mag maar huil. Virmeeste vrouens kom dit natuurlik! Sommiges kan selfswillekeurig huil om hulle sin te kry. Maar dit is niewaaroor dit hier gaan nie.

Waarom het Jesus gehuil? Was dit omdat Hy waarlik virLasarus so lief gehad het (dis wat die Jode gedink het)?Nee, ek dink nie so nie, want Jesus was tog deeglikbewus van die dinge wat sou volg. Hy het geweet dat HyLasarus kon opwek, en boonop dat Lasarus die ewigelewe het, en dus nie werklik dood is nie. Gewoonlik soekmense Jesus se droefheid in die kortsigtigheid van Syvriende. Hulle ken Hom deeglik, en Marta het boonopdan so pas bely dat Hy die Christus is. Sy glo met haarhele hart. Tóg is daar in hulle harte steeds daardieonsekerheid, en kan hulle nét maar nie die volle prentjieraaksien nie. Is Jesus bedroef omdat hulle ten spyte vanalles nie kan verstaan nie.

Dalk moet ons ‘n paar verse aanlees om ‘n beterprentjie van Jesus se droefheid te kry. Jesus wil naLasarus se graf geneem word. Dan volg al dieopmerkings as mense sien dat Hy huil, sommige vanhulle vol deernis. Maar daar is ook die snedigeaanmerkings: “Hy kon ‘n blinde man laat sien - kon Hynie hierdie vriend van Hom ook gered het nie?” Ons lees

INHOUD

Page 232: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

in hulle opmerkings ‘n vyandigheid, ‘n verwyt enongeloof. Weereens skiet Jesus se gemoed vol en Hyhuil. Dalk moet ons dus Sy hartseer sien, nie oor Lasarusnie, maar oor die onkunde en sondigheid waarmee Hyhier te doen kry. Jesus moes sékerlik geweet het dat,alhoewel daar gelowiges onder hierdie mense was watbeslis saam met Hom in die paradys sou wees, diegrootste deel van hierdie mense op pad was die ewigeverderf in. Ek sien dus Jesus se droefheid oor almal watbesig was om verlore te gaan as gevolg van hulleongeloof.

Intussen kom die huilende stoet by die graf aan. Heelwaarskynlik was dit presies dieselfde soort graf waarinJesus nie lank daarna nie ook in begrawe sou word. Ditwas ‘n gat wat uitgekap is uit die rots, en met ‘n grootklip wat voor die opening gerol is om dit te seël. Hier isdie lyk neergelê. As dit eenmaal verseël is, word so ‘ngraf beslis nie weer oopgemaak nie, want natuurlik is diereuk van die ontbindende lyk onhoudbaar. G’n wondernie dat Marta wil keer as Jesus die ondenkbare vra, datdie klip weggerol word.

Ai Marta! Sy het met haar eie oë talle asemrowendewonderwerke aanskou wat Jesus gedoen het. Sy herkendat Hy die Seun van God is, maar steeds kan dit nie inhaar verstand indring dat Hy tot alles, absoluut

INHOUD

Page 233: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hééltemal alles in staat is nie. Dat Hy selfs in staat is omhaar broer uit die dood te laat opstaan! Dit sou natuurlikbeteken dat Lasarus se liggaam in ‘n sekere sin herskepsou moes word, omdat Hy al begin ontbind het. Maar virdie Skepper van die heelal is hierdie ‘n nietigheidjie.Vandag sou God se almag aan haar en al die ander saammet haar openbaar word.

Die doodsreuk het sékerlik om die groep gehang toe dieklip weggerol word. Maar dan bid Jesus dat die VaderHom ter wille van die omstanders die wonder van lewesal gee. Na dese moet daar géén twyfel wees dat Jesuswaarlik die Seun van God is nie. Op Jesus se bevel, sienons vir Lasarus springlewendig uit die graf gestap kom,steeds toegedraai in sy grafdoeke.

Jesus is inderdáád die opstanding en die lewe! Elkeroubeklaer wat daardie dag in Betanië was, móés ditmet hulle eie oë sien. Vandag is hierdie maar net eenvan talle sulke wondere wat ons as gelowiges se geloofversterk, en net weereens vir ons sê dat by Jesus niks,maar níks onmoontlik is nie. Glo jy dit? Ek glo met myhele hart!

Gebed:

Here, dankie dat ek vandag kan weet dat ek ‘nAlmagtige God aanbid.

INHOUD

Page 234: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus se Teregstelling Beplan

Johannes 11:45-57

Lasarus se opwekking uit die dood het ‘n geweldigegroot invloed gehad op alles wat sou plaasvind oor dievolgende klompie dae. Die mense wat daar was, hetalmal gesien wat gebeur het, en baie van hulle kon neteenvoudig nie anders nie as om tot geloof te kom inJesus. Die ander wonderdade kon dalk nog op ‘n manierverklaar word, maar hier het hulle voor hulle oë dieabsolute onmoontlike sien gebeur. Dit kan alleen maarnet van God af kom! Dit kan nie anders nie: Jesus móétnet eenvoudig die Messias, die Seun van God wees.

Maar nie almal het so gevoel nie. Daar was ook ‘ngroepie skeptiese manne, en hulle het reguit na dieFariseërs gehardloop en hulle die ontstellende nuusvertel. Hierdie nuutste wonderwerk van Jesus het virhulle die rooi ligte laat flikker. Hier kom gróótmoeilikheid as Jesus so aangaan! Dit kan selfs ‘n opstandbeteken!

Die Joodse Raad, die hoogste gesag in die Joodsesamelewing, word inderhaas bymekaargeroep. Hullebestaan uit al die politieke en godsdienstige leiers vandie gemeenskap. Die besluit wat hulle neem, neem hulledus namens die hele Joodse volk. Ons sien baie duidelik

INHOUD

Page 235: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hoe bang hierdie manne is, want as daar ‘n opstand soukom, dan was dit klaarpraat met hulle. Die Romeine wasbaie verdraagsaam teenoor die Jode. Hulle Godsdienskon hulle bedryf soos hulle wou, en hulle kon maarrustig hulle kulturele sake reël. Maar hulle het niegeduld dat daar enigsins politieke destabiliteit kom nie.Dan het hulle met ‘n ysterhand ingegryp.

Hulle het natuurlik ook die Jode baie goed geken, enhulle het geweet hoe vinnig hierdie nasie se humeur kanopvlam. Hulle was nog al die jare so en vandag is hullenog presies dieselfde. Daarom is die Romeinse troepe inJerusalem ontplooi en altyd op ‘n gereedheidsgrondslagom toe te slaan op die geringste teken van opstand. Niebaie jare later nie, in 70 nC, gebeur die ergste dan ookjuis, as Jerusalem vernietig word. Hulle trots, die tempel,verdwyn letterlik van die aardbol af, sodat daar vandagnie ‘n teken van oor is nie.

Die Joodse Raad is dus gladnie verniet so opgestres oordie situasie nie. Kajafas, die hoëpriester kom egter met‘n oplossing. Een Man moet vir die volk sterf sodat dienasie nie verlore gaan nie. Kajafas besef self nie mooidie omvang van dit wat hy so pas kwytgeraak het nie.Die gedagte van plaasvervanging, waar een persoonsterf tot voordeel van al die ander, het hy beslis niebedoel in die sin waarin ons dit vandag verstaan nie.

INHOUD

Page 236: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Johannes verduidelik egter, dat God vir Kajafas gebruikhet om te profeteer dat Jesus vir die nasie sou sterf.Maar dit sou nie slegs vir die Jode wees nie, maar inwerklikheid sou dit uitkring na die ganse wêreld toe.

Dit klink vir ons dalk vreemd dat God ‘n vyand van Jesussou gebruik om so ‘n uitspraak te maak. As ons egterdeur die geskiedenisboeke blaai, dan sien ons dat Hydikwels totale heidene gebruik het om Sy doel te bereik.Hierdie is maar net nóg so ‘n voorbeeld. Maarterselfdertyd moet ons ook onthou dat, alhoewel hierdiehoëpriester teen Jesus gekant was, hy op daardiestadium die belangrikste Godsdienstige figuur was. Hyhet immers as hoëpriester diens gedoen as die aardsemiddelaar tussen God en Sy volk. Hy praat dus asprofeet namens God. God se wil is dat Jesus namens dievolk sou sterf, en Hy maak dit bekend deur diehoëpriester. As Jesus dus aan die kruis hang, is dit omdatGod hom daar wil hê, en nie omdat die Jode so besluithet nie.

Die uurglas was besig om uit te loop. Spanning was aandie opbou oor die grootste gebeurtenis van alle tye.Hierdie was ‘n gebeurtenis só groot, dat selfs diekalender daarvolgens ingerig is. Gelowiges sowel asongelowiges moet net eenvoudig kennis neem. Die Jodehet koppe bymekaargesit en begin met hulle finale

INHOUD

Page 237: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

beplanning om Jesus vir ewig uit die weg te ruim. Jesusontglip hulle grypende vingers, en gaan bly vir ‘n rukkiein Efraim saam met Sy dissipels. Maar die Paasfees,Jesus se laaste Paasfees as Mens op aarde, was naby.Van oral af in die platteland en selfs regoor die wêreldhet mense na Jerusalem gestroom vir die Paasfees. Dieverhoog word gereed gekry vir dáárdie verskriklikeVrydag.

Almal kon die spanning voel opbou. Mense vra virmekaar of hulle dink dat Jesus na die fees toe sou kom?Almal het geweet dat as Hy Sy opwagting daar maak,sou Hy nie weer lewendig daar weggaan nie. Ook dieJoodse leiers het hulle finale reëlings begin tref. Menseword opdrag gegee, dat as Jesus Sy gesig sou wys, danmoes hulle onmiddellik laat weet word sodat Jesus inhegtenis geneem kon word.

Ek het hierdie geskiedenis al oor en oor gelees enbeleef, en elke keer klop my hart in my keel vanspanning. Gaan God se plan uitwerk? Ek wil nie hê datJesus so verskriklik moet ly nie. Maar elke keer moet eknet weereens besef dat God se gedagtes soveel hoër isas myne. Sy beplanning is perfek en Hy weet sovéélbeter wat om te doen as ek en jy. Ook in my eie lewevandag, moet ek besef dat Hy steeds in beheer is, en datek maar net kan berus by die dinge wat Hy beplan het.

INHOUD

Page 238: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here, dankie dat ek vanoggend maar net weer kanweet dat U alles in U bekwame hand hou.

INHOUD

Page 239: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Salf vir Jesus se Voete

Johannes 12:1-11

“Ons gaan na Jerusalem,” deel Jesus die twaalf mannemee. Hulle harte klop in hulle kele, want hulle weet watdit beteken. Hulle Meester loop Sy dood tegemoet!Hulle vertrek na die dorpie Betanië, net buite Jerusalem.Nou is hulle natuurlik ook reg in die gevaarsone, waardie Joodse leiers op hulle wag. Die regte oomblik moetnou net aanbreek om Hom gevange te neem en tereg testel.

Jesus en Sy dissipels word uitgenooi vir ‘n ete deur Syvriend Lasarus en dié se twee susters, Marta en Maria.Daardie aand kom lê hulle rondom die tafel soosgebruiklik. Marta is soos gewoonlik die een watrondhardloop en hulle bedien. En dan, terwyl sy soywerig aan die werk is, verdwyn Maria, en kom tevoorskyn met ‘n albasteflessie. Alle oë is op haar gerig.Asems word ingetrek, want jy kan sommer sien dathierdie ‘n baie duur fles is. Wat sou sy daarmee woumaak? Sy gaan reguit na Jesus toe, breek die nek van diefles en begin om die ganse inhoud daarvan oor Jesus sevoete uit te giet.

Nardusolie word gemaak van die wortels van dienardusplant wat in Indië groei. Hierdie olie is dus

INHOUD

Page 240: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

ingevoer uit Indië, en is peperduur. ‘n Enkele druppel oftwee is genoeg om ‘n heerlike geur te versprei. Vir Mariais dit egter nie genoeg nie, en die hele inhoud, ‘n vollehalfliter word oor haar Meester se voete uitgegiet. Diehele huis word gevul met die hemelse geur van Nardus.

‘n Doodse stilte hang oor die groep. Niemand rep ‘nwoord nie. “Weet Maria wat sy so pas gedoen het?”maal in elkeen se gedagtes. Maar Maria is nog nie klaarnie. Sy maak haar hare los, en dan begin sy om dit ashanddoek te gebruik, en Jesus se voete droog te maakmet haar goedversorgde haredos. Nou het sy almal éérssprakeloos. Jy kan letterlik hoor hoe die toeskouers snakna hulle asems. So ‘n ding word net eenvoudig niegedoen nie!

Hare was destyds vir vroue baie belangrik, en hulle hetgroot moeite gedoen om dit te versorg. Maria sehandeling is dan ook beskou as baie, baie spesiaal, want‘n vrou sou slegs haar hare só gebruik om ‘n man sevoete af te droog, as hy vir haar baie spesiaal is.Hiermee wil sy vir die man sê dat sy haar héél beste virhom wil gee. Dit sou egter baie vergesog wees om Mariase aksie teenoor Jesus as ‘n seksuele aangetrokkenheidte sien. Vir haar was Hy haar Meester. Hy het vir haarmeer as énigiets beteken en vir Hom sou sy enigietsdoen.

INHOUD

Page 241: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Judas Iskariot is die eerste om die stilte te verbreek. Hyis ‘n bitter ongelukkige man. Hy meet Maria se aksieonmiddellik in geldwaarde, want hierdie duur olie koneerder verkoop gewees het. Sy redenasie is dat die geldvir die armes gegee kon word - baie edel. Maar Judas het‘n verskuilde motief gehad: hy was geldgierig. In daardiejare het ‘n Rabbi hom nie bekommer oor die alledaagsedinge soos kos, geld ens. nie, sy volgelinge moeshiervoor sorg. In Jesus se geval was dit dieselfde, en Sydissipels moes sorg dat daar kos en andernoodsaaklikhede is. Judas was die een wat die finansieshanteer het. Hulle het egter vermoed dat daar van diegeld in sy eie sak beland het. Hierdie flessie nardusoliehet Judas se geldgierige ogies laat skitter, want dit was‘n hele jaar se salaris werd.

Het Maria geweet wat op Jesus gewag het? Het syvermoed dat haar Meester skaars ‘n week later doodsou wees? Sy sou Hom salf met die beste wat sy hetterwyl Hy lewe. Sy aanbid ‘n lewende Here! In skrillekontras hiermee kom Nikodemus ‘n week later met ‘nvolle vyftig liter speserye om Jesus vir ewig in die grafweg te bêre (Joh 19:39).

Jesus is rustig oor Maria se handeling. As Judas haar oordie vingers wil tik oor sy so mors, is Jesus se reaksie, datMaria hierdie reukolie spesiaal moes hou vir hierdie dag,

INHOUD

Page 242: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

want dit is om Hom te salf vir Sy begrafnis. Vir die armeskan hulle maar weer anderdag iets gee, maar nou isJesus die héél belangrikste.

Vir Maria was dit van uiterste belang om haar álles tegee vir ‘n lewende Here. Nie alleen offer sy baie duurreukolie op nie, maar waag sy ook haar reputasie deurhaar hare te gebruik. So maklik kon iemand dalk ietsanders gelees het in haar handeling, maar sy het nieomgegee nie. Sy het besef dat Jesus se tyd om was, endat daar dalk later nie weer ‘n geleentheid sou wees nie.

Ek dink dit is baie belangrik dat ons Jesus moet dienterwyl daar vir ons nog ‘n geleentheid is om dit te doen.So maklik wil ons sê dat ons wél eendag aan Sy voete salsit, eendag ná die wederkoms. Maar dit is ook belangrikdat ons hier en nou alles in die stryd moet werp, en alons lof en verheerliking aan Hom, die Koning van alleKonings sal bring. Maria was dankbaar vir wat Jesus virhaar gedoen het, en sy het haar dankbaarheid op ‘ntasbare wyse getoon. Is jy dankbaar vir wat Jesus vir jougedoen het, en steeds elke dag doen? Dan is dit mos netreg om ook op ‘n tasbare wyse vir Hom dankie te sê. Niemaar op ‘n halfhartige wyse, deur ‘n paar druppeltjiesolie aan Hom af te staan nie, maar om jou álles vir Homte gee. Géén offer is te groot om vir Jesus te gee nie.

Gebed:

INHOUD

Page 243: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, ek gee dikwels so halfhartig, en mydankbaarheid is so flou. Ek wil U dien met alles watek het.

INHOUD

Page 244: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Intog

Johannes 12:12-19

Die spanning is besig om op te bou tot ‘n geweldigecrescendo. Die vorige aand was dit Maria wat die duurnardusolie oor Jesus se voete uitgegooi het. En nou isdie hoogspanning voelbaar in die oggendluggie, waarJesus en Sy dissipels uit Betanië vertrek na Jerusalem.Van heinde en verre kom mense aangestroom vir diefees. Die nuus, dat Jesus ook op pad is daarheen, laat ditgons onder die menigtes wat soos ‘n lewende rivier dielaaste entjie na Jerusalem kronkel. Almal is vrolik enopgewonde. So ‘n gebeurtenis kom net eenkeer per jaar.Maar vanjaar is dit asof iets anders knaag aan diestemming. Almal besef dat daar iets baie groot gaangebeur, maar niemand kan sy vinger daarop lê nie

“Daar is Jesus!” roep een uit, en soos ‘n reuse swermkommandowurms breek ‘n groot groep mense weg,reguit na Jesus toe. Langs die pad pluk hulle palmtakkeen kom al takswaaiende en singende op Jesusafgestorm. “Prys Hom!” sing hulle uit volle bors, “LoofHom wat in die Naam van die Here kom!” Die Jode hetnog al die jare ‘n baie sterk nasietrots gehad. In Jesus setyd was palmtakke die in-ding om hierdie nasionalismete versterk en uit te basuin, amper soos die vuvuzelasdie Suid-Afrikaanse sokkerskares se gees aanblaas. “Die

INHOUD

Page 245: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Koning van Israel! Die Koning van Israel!” dreun dit deurdie menigte, wat nog al die tyd aangroei teen ‘nverbysterende tempo.

Het die einde van die verpestelike Romeinseoorheersing nou uiteindelik aangebreek? Hierdie skaredink beslis so! En ja, daar is die klein handjievol watbitter bekommerd ook maar deel in die feesvreugde.Wat gaan môre oplewer? Gaan hulle Meester dalktereggestel word? Besef hierdie jillende skare dit dannie?

‘n Jong donkie, ‘n eg-koninklike rydier, wordnadergebring. Wanneer Jesus opklim, raak die skarehisteries. Hulle dreunsang weerklink deur die klowe, eneggo dat dit kilometers ver gehoor kan word.

Maar daar is ook ‘n groepie manne wat gladniemeedoen nie. Rasend van woede, aan die een kant, entegelyk ook bekommernis, staan hulle daar enberaadslaag. “Kyk net wat doen Hy!” sis een Fariseër dituit. Hy slinger verwyte na sy hulpelose kollegas: “Sienjulle nou! Julle het net mooi niks uitgerig gekry nie!”

“Hier het ons dit nou: die ganse wêreld tou nou agterHom aan!” brom ‘n ander beswaarde. “As ons nie noubitter vinnig optree nie, gaan hierdie ding baie lelikskeefloop. Dink nou maar vir julleself: wat gaan die

INHOUD

Page 246: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Romeine doen as hulle sien dat hier ‘n groot opstandaan die uitbroei is? Dan is dit klaarpraat met ons! Dan isal ons harde werk van die afgelope jare tot niet gemaak!Daardie Romeine gaan ons opfrommel!”

“Ja”, stem sy maat saam, “Ons moet onmiddellik vanHom ontslae raak, of ons is in groot moeilikheid!”

In Sagaria 9:9 spring en jubel die woorde uit die bladsyevan die profesie: “Jubel, Sion! Juig Jerusalem! Jou Koningsal na jou toe kom. Hy is regverdig en Hy is ‘noorwinnaar, Hy is nederig en ry op ‘n donkie, op diehingsvul van ‘n donkie.”

Het enigeen van die duisende mense wat so al singendeagter Jesus aan dans, hierdie woorde onthou? Eers later,toe alles verby was, het hierdie woorde begin sin maakvir die groepie dissipels. Nou wil hulle huil, want hullesien hoe hulle Meester na Sy dood ry. Daardie mannegaan Hom beslis nie weer laat wegkom nie. Tóg ry Hygedweë die stad binne, soos ‘n Lam ter slagting gelei.Hulle verstaan dit nie. Hoe kan Hy so willens en wetensreguit in die slagyster inry?

“Hosanna!” skreeu die skare dit histeries uit. “Hosanna!Gee nóú verlossing!” Hoe profeties is hulle woorde nie!“Hosanna! Hosanna!” weergalm dit teen die stadsmurewat al nader kom. Dit is presies wat Jesus op pad is om

INHOUD

Page 247: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

te gaan doen. Hy gaan om verlossing te bewerkstellig!Maar dit is totaal anders as wat hierdie mense verwag.Hierdie Koning ry nie op ‘n vurige perd om oorlog tegaan maak, soos wat hierdie skare wil hê nie. Nee,hierdie Koning ry op ‘n sagmoedige donkie. Hy bringvrede! Die verlossing en vrede wat hulle soek, kan alleenmet geweld kom. Ja, die skrikwekkende geweld wat teenJesus gebruik is, laat ‘n mens sidder. Maar Hy het dit niemet geweld be-antwoord nie. Wanneer hulle Hom opdie mees grusame manier behandel, antwoord Hy metliefde: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wathulle doen nie.”

Die gebeure daar voor Jerusalem se trotse stadspoorte,ruk my aan die hart, net soos wat dit sekerlik ook Sydissipels geruk het. Kon die Vader nie maar netverlossing gegee het nie? Waarom moes Jesus nou juisso verskriklik ly? Dalk kon Hy, maar dan was ditgoedkoop en afgewater. Ons verlossing het verskriklikduur gekom. God se genade is nie goedkoop nie, en juisdáárom vra dit van jou en my om ons dankbaarheid metpassie uit te leef. Jesus was bereid om die volle pad testap. Hy was bereid om doelbewus in die put vol addersin te klim om ons te red. Die skrikwekkende is dat Hypresies geweet het waarvoor Hy Hom inlaat.

Gebed:

INHOUD

Page 248: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, dit ruk in my, en ek kry diep seer as ek dinkaan U groot offer vir my. Ek wil U dien, Here, metalles wat in my is, omdat ek so dankbaar is vir watU vir my, sondaar, gedoen het.

INHOUD

Page 249: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Sterwe Bring Lewe

Johannes 12:20-36

Jesus se sending hier op aarde bereik nou die finalestadium, die pylvak. Nou is dit nie meer net Jode enSamaritane wat na Hom kom luister nie, maar selfs ookGrieke wat na Hom kom soek. Hierdie is maar net dieeerste druppeltjies van die Evangelie-ontploffing wat dieganse wêreld sou tref. Sy tydjie raak al hoe korter, en Hysien alreeds die tyd van verheerliking wat op Hom wag.Dit is nou net om die draai.

Jesus verduidelik met ‘n beeld, wat met Sy sterwe gaangebeur. Dit is soos ‘n koringkorrel wat in die grondbeland. Daardie saadkorreltjie sterf in werklikheid. Maarin die proses spruit daar ‘n splinternuwe, grasgroenplant uit wat groei en uiteindelik ‘n groot oes lewer. Ekhet al dikwels iets gesaai, en dan met groot verwagtingstaan en dophou wanneer die eerste tekens van lewebegin voorkom. Wat ‘n heuglike dag, as daardie grond ‘nkrakie begin wys, en dan, as jy weer sien, dan loer dieeerste brose blaartjies deur die kraak. O die wonder vannuwe lewe!

Word die saad egter nie in die grond begrawe nie, dankan hierdie wonder nie plaasvind nie, en sal daar ook nie‘n oes kan wees nie. Die saad móét sterf voor nuwe lewe

INHOUD

Page 250: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

kan plaasvind. En nuwe lewe bring ‘n oes van baie nuwekoringkorrels voort. Op dieselfde wyse sou Jesus sesterwe nuwe lewe bring, en vrug voortbring in grootoorvloed.

Wat vir Jesus voorlê oor die volgende paar dae, isskrikwekkend. As mens is Hy diep ontsteld. Hy souliewer wou bid dat dit tog asseblief maar nie moetgebeur nie, want die hele kruisgebeure is net te veel omte verduur. Ons sien in die ander evangelies hoe Jesusdaar in die tuin van Getsemane deur die laaste nag ingebed worstel, en hoe Hy letterlik bloed sweet van angs.Ons sien dat Hy die Vader smeek om nie voort te gaannie, want dit het net te veel geword om te dra. Maardan besef Jesus die waarheid van die koringkorrel.Sonder Sy sterwe sal alles verniet wees. Dit was juishiervoor wat Hy Homself verneder het om na die aardeneer te daal uit Sy hemelse heerlikheid. Hy het niegekom om vir ons ‘n voorbeeld te kom stel oor hoe omte lewe nie. Hy het gekom om die losprys te kom betaal.

En nou lê die ergste verskrikking vlakvoor Hom. “Vader,verheerlik U Naam!” bid Jesus in volle oorgawe. Hy isbereid om die laaste ent voluit te stap tot die héél laastetree.

En skielik is daar ‘n stem uit die hemel, die stem vanGod: “Ek het my Naam verheerlik, en Ek sal dit

INHOUD

Page 251: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

weer verheerlik!” Dit was soos ‘n donderslag watrammel deur die klowe en oor die berge, en ek is sekerdat dié wat daar gestaan het, baie groot geskrik het. Ditgebeur slegs met baie besonderse geleenthede dat Godin ‘n hoorbare stem met mense praat. Hierdie wassekerlik die grootste gebeurtenis óóit inmensegeskiedenis. En hier praat God sodat almal daardit kan hoor. Almal moet net eenvoudig kennis neemvan God se heerlikheid en van die grootversoeningsdaad wat op hande is.

Jesus verduidelik egter dat saam met die versoening ookoordeel kom. Vir die duiwel het sy laaste uur van grootmag aangebreek. Met Jesus se kruisdood, word die magvan die duiwel verbreek, sodat enigeen wat in Jesus glo,nie meer in die kloue van die duiwel is nie, maar gered isdeur Jesus. Die duiwel was die heerser hier op aarde.Met Jesus se koms, betree Hy nou die terrein waar dieduiwel koning kraai, en kom onttroon hom.

Ja, hy is steeds hier, en hy het steeds mag. Paulus noemhom ‘n brullende leeu, bitter gevaarlik! Maar heers, kanhy nie meer nie, want sy mag is aan bande gelê. Dieenigste plek waar hy steeds heers, is waar daarGoddeloosheid is, dáár waar mense nie in Jesus glo nie.

Die vraag is, of die duiwel steeds vir gelowiges gevaarlikis? Kom ek verduidelik: As ‘n leeu agter tralies is, is hy

INHOUD

Page 252: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

doodveilig want van daar kan hy jou nie bykom nie.Steek jy egter jou hand deur die tralies, of kom jy tenaby aan sy hok, dan kan hy jou lelik seermaak. ‘n Mensbly net eenvoudig weg van daardie gevaarlike katte af!Die duiwel is presies dieselfde. As ‘n gelowigeonverskillig raak, kan hy bitter seer kry.

Wat is die antwoord? In vers 26 sê Jesus: “As iemandMy wil dien, moet hy My volg.” Om Jesus waarlik tedien, moet jy bereid wees om uit jou leunstoel op testaan en te doen soos wat Jesus gedoen het. Asgelowiges is ons dikwels nie bereid om grootopofferinge te maak nie. Ons neem die lewe baiegemaklik op. Diegene wat egter bereid is om gemakagter te laat en Jesus voluit te dien, ondervind ‘nlewensvreugde wat ongekend is. Paulus het dit gedoen,en die vreugde en blydskap het uit hom geborrel soos ‘nhelder fontein. Vandag is daar talle gelowiges watpresies dieselfde doen, mense wat bereid is om daardieekstra myl te stap vir Jesus. Gaan gesels gerus met so ‘npersoon, en jy sal sommer sien hoe hy straal. Kom onsbegin sommer vandag, en volg Jesus onvoorwaardelik.

Gebed:

Here Jesus, ek wil U volg met alles wat in my is. Leimy om in U voetspore te volg, en om in U helderLig te lewe.

INHOUD

Page 253: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus Red Ten Spyte Van...

Johannes 12:37-50

Deur die eeue, en veral in die vroeë Christelike kerk, wasdaar dikwels die knellende vraag: Waarom daar so minJode was wat uiteindelik in Jesus geglo het? Hy hetimmers al hierdie wonderwerke voor hulle oë gedoen,selfs mense uit die dood opgewek. Hulle het verstomgestaan oor Jesus se wonderwerke. En die wyshede watuit Sy mond voortgevloei het was ver verhewe bo diemenslike. Waarom het die Jode Hom nooit aanvaar nie?Inderdaad was dit die res van die wêreld wat uiteindelikaan die brand gesteek is deur Jesus se optrede.

Was dit maar bloot deel van God se plan? Ons sal nieweet nie, maar een ding is baie seker: Hy het geweet datdit sou gebeur. Hy het dit immers al baie jare tevorevoorspel deur Sy profete. In Jesaja 6:9,10 lees onshoedat die Here vir Jesaja gesê het dat die volk die dingesou aanskou en hoor, en nogtans sal hulle dit nieraaksien nie en nie begryp nie. En in Jesaja 53:1 sug dieprofeet, dat die volk nie die mag van die Here salraaksien in hierdie gebeure nie, en dat hulle dit nie souglo nie.

O, daar was wel ‘n klein handjievol wat uiteindelik geglohet, ‘n baie klein persentasie van die reuse groep wat

INHOUD

Page 254: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gesing het: “Hosanna! Hosanna!” Daar was selfs van dieJoodse leiers wat geglo het, maar so tragies, het hulle indie geheim geglo, want as dit in die openbaar souuitkom, was hulle uit die sinagoge en die samelewinggeban, dinge wat vir hulle so baie beteken het.

Ons wil vandag so maklik sê: “Maar dit is soonregverdig! Hulle is dan die volk van God! Hy het hulleuitverkies!”

Is dit rêrag onregverdig? Dit wil amper vandag lyk asofdie Here die Joodse volk verwerp het. As dit die gevalwas - sou ons kon sê dat die Here nie regverdig wasteenoor hulle nie? ‘n Skrikwekkende ding om te sê!

Kom ons gaan blaai ‘n bietjie in die geskiedenisboekevan die Joodse volk, en dan besluit ons maar self. Alleshet alreeds begin by die oervaders, Adam, Noag enAbraham, waar die wonder van God uitgespel is aanhierdie manne. Hulle het God intens beleef, en as onsmooi gaan lees, dan sien ons dat hulle dikwelspersoonlik met Jesus te doene gekry het. Abraham hetJesus byvoorbeeld soos ‘n mens gesien, saam met Homgeëet en met Hom gesels. Jakob, die vader van dieIsraeliete, het selfs met Jesus gestoei by die Jabbokdrif.Hy het God op Sy troon sien sit.

Later het Moses weereens vir Jesus persoonlik ontmoet

INHOUD

Page 255: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

op die Sinaiberg, en toe gebeur die grootste logistiekewonderwerk van alle tye, toe hy die volk, ‘n volle 3,5miljoen van hulle, deur die woestyn gelei het na diebeloofde land. Waar het al hierdie mense kos en watergekry in ‘n dorre woestyn? God het voorsien!Gedurende daardie tyd was Moses gedurig in gesprekmet Jesus in die tent van samekoms, en die volk het ditin verwondering aanskou. Jesus het daar in volleheerlikheid verskyn.

Wat was die volk se reaksie? Na alles wat hulle gesien enondervind het, het hulle gedurig gekerm en gemor engekla en selfs afgode aanbid. Dit was ‘n klap in die gesigvan God. Wanneer hulle, ten spyte van hulle ongeloofen weerbarstigheid, uiteindelik in die beloofde landaankom, kry hulle die wonderlikste leiers in Samuel,Dawid, Elia, Jesaja en nog baie meer. Hierdie waswonderlike mense wat met God gewandel, en die volkvan Hom geleer het. Wat doen hulle? Hulle baklei, skeur,aanbid afgode, vermoor die profete en draai keer opkeer hulle rug op God.

In kort kan ons sê dat die Joodse volk vir Jesus oorduisende jare intens beleef het soos geen ander volk opaarde nie. Tóg verwerp hulle Hom. Maar steeds is dieHere se genade nie uitgeput nie, en stuur Hy Jesus omin ‘n menslike vorm as Sy gesant na die aarde neer te

INHOUD

Page 256: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

daal. Waarheen? Na hierdie einste Joodse volk! Watdoen hulle met Hom? Hulle misken Hom en maak Homdood. Sou dit onregverdig wees as Hy sou besluit omhulle te verwerp? Ek vra maar net.......

Maar steeds is God se genade onbeskryflik groot, wantselfs die Jode wat Hom verwerp het, kry nog ‘n kans. Alwat hulle moes doen, was om in Jesus te glo. Hy het niegekom om te oordeel nie, maar om te red. Hy is dusbereid om selfs al daardie verskriklike sondes van hulleuit die verlede te vergeef en daarvan te vergeet, as hullenet in Hom sal glo. Deur in Jesus te glo, glo jy ook inGod, die Almagtige, want hulle is Een.

Jesus se aanbod geld egter nie net vir die Joodse volknie, maar ook vir die res van die wêreld. Ook vir jou enmy! Géén mens se sonde is te groot om vergifnis te krynie. As jy dalk vandag sou dink dat die ewige lewe jounooit beskore kan wees nie, as gevolg van jou verlede,dan is jy verkeerd. As Jesus selfs die weerbarstige Jode‘n tweede kans kon gee, dan kan ek en jy ook een kry.

Gebed:

Here, dankie dat U my ‘n tweede kans gegee het,en dat U ook vir my gered het, ten spyte van al mybaie sondes.

INHOUD

Page 257: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Voetewas

Johannes 13:1-17

Ons kom nou by die tweede hoof-afdeling van Johannesse Evangelie. Anders as die ander 3 evangelies, wat innaastenby kronologiese volgorde die verhaal van Jesusvertel, het Johannes eerder 'n boodskap aan sy lesersoorgedra waarin hy grepe uit Jesus se lewe geneem hetom die boodskap tuis te bring. Dit was dus nienoodwendig in kronologiese vorlgorde neergeskryf nie.

In die eerste twaalf hoofstukke het hy geskryf oor diedrie jaar van Jesus se openbare optrede. Die boodskapwat ons gekry het uit hierdie twaalf hoofstukke is, datwie in Jesus glo, die ewige lewe het. Dit het talle male navore gekom. Die volgende vyf hoofstukke (13-17) wyJohannes egter aan Jesus en Sy kerk. Ons tref Jesus aansaam met Sy volgelinge waar hulle saam ‘n maaltydnuttig, en die handelinge en gesprekke wat daarplaasvind. Jesus se laaste ure op aarde het aangebreek,en Sy volgelinge is vir Hom baie belangrik, dus bring Hydit met hulle deur, en verseker hulle dat Hy hulle viraltyd sal versorg.

Die uur het aangebreek, die finale saamvou van God segroot verlossingsplan. Johannes skets in ‘n paar woordedie agtergrond van wat op pad is om te gebeur. Hy vertel

INHOUD

Page 258: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

van Jesus se liefde vir die wêreld wat so oneindig grootwas, dat Hy tot alle uiterstes sou gaan. In die teenpool isdaar die duiwel wat God se plan probeer verongeluk,maar in die proses speel hy direk in God se hand.Johannes vertel ook vir ons dat Jesus van God af kom,en dus word Hy geskilder as die Een met alle mag enheerlikheid.

Die toneel wat voor ons afspeel, is ‘n tipiese Oostersemaaltyd, waar almal uitgestrek lê in ’n ry rondom dietafel. Jy kan jou dus voorstel dat die een se voete maarbitter naby die volgende se gesig was. Mense hetdaardie jare leersandale gedra, en die straatjies wasmaar vuil en stowwerig. Dus was dit noodsaaklik datgaste aan tafel se voete eers gewas word. Dit was dietaak van die slaaf. En as daar nie ‘n slaaf was nie, was ditdie persoon met die héél laagste status se voorreg omhierdie onaangename takie af te handel, gewoonlik dievrou in die huis.

Wanneer Jesus, die Leermeester, dus ‘n handdoek omSy lyf bind en die wasskottel vat, trek die manne hulleasems in. Dit word net eenvoudig nie gedoen nie! Bitteronwillig en sékerlik uiters ongemaklik, hou die mannehulle voete. Maar Petrus weier soos ‘n steeks donkie:“Nooit in der ewigheid nie!” steek hy vas. Ai! Ou Petruswas maar altyd dwars van die gereg! Hierdie slag het hy

INHOUD

Page 259: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gesien hoedat sy Meester verneder word om slaaf tespeel, en hy wat Petrus is, wil nie deel hê aan sy Meesterse vernedering nie. Dan moet Jesus maar weer mooiverduidelik sodat Petrus kan verstaan. En skielik gaandaar vir Petrus ‘n liggie (‘n baie klein liggie!) op. Nee, asJesus wil was, dan moet Hy asseblief sommer sy hele lyfwas! En weereens moet Jesus baie mooi verduidelik datdit nie nodig is nie.

Jesus het daardie dag gedemonstreer dat ons as Syvolgelinge se waardesisteme totaal verskil van dié vandie wêreld. Eintlik het Hy daardie dag ons waardestelselstotaal omvergegooi! God se liefde en Sy mag lê juis inopoffering en nederigheid. Hier het Hy, die Seun vanGod, Skepper van die heelal en Opperste Heerser ditprakties kom demonstreer deur Sélf Slaaf te word en dienederigste van alle werke te kom doen.

Wat wou Jesus daardie dag vir Sy volgelinge sê?

Twee gedagtes kom na vore. Die eerste gedagte is datdie voetwassery simbolies is van ons vuil sondigeverlede wat skoongewas word deur Jesus. “As ek jou niewas nie, het jy nie deel aan My nie”, het Jesus vir Petrusgesê. Om enigsins deel te kan hê aan Jesus, móét onstoelaat dat Hy ons sondes afwas (vergewe). Hoe doenHy dit? Hy het die volle straf gedra vir ons sondes met Sykruisdood op Golgota. Ons moet hierdie geskenk van

INHOUD

Page 260: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

vergifnis aanvaar en ons eie maak, dan is onsoutomaties skoon gewas.

Die tweede gedagte is dat ons Jesus se voorbeeld moetnavolg. As Hy wat so hoog bo ons verhewe is, bereidwas om die nederigste werk te doen, moet ons ookbereid wees om die minste te wees. Dit is nie maklik nie!Toe Adriaan Vlok destyds Desmond Tutu se voete gewashet, het die wêreld hom uitgelag en gespot. Dit was ‘nbitter vernederende simboliese handeling. Maardaardeur het hy baie rou wonde van oorheersing enbaasskap genees.

Ons moet dit baie duidelik besef: ‘n Mens se leweverander drasties die dag wanneer jy Jesus se vergifnisen verlossing kry. Dit is maar net die begin. Hierna moetons Jesus se voorbeeld navolg. Ons kan nie maar gaansit en ontspan nie. In hierdie gedeelte sê Jesus dit danook baie duidelik dat een van die maniere waarop onsHom moet volg, is ook daardie selfde opofferende diensaan mekaar te bewys soos wat Hy gedoen het. Ja, onswil almal graag leiers wees en die dinge doen wat edelen aanskoulik is. Min gelowiges sien egter kans vir die“vuil werk”, daardie dinge wat vernederend is om tedoen. Om op ‘n parkbankie langs ‘n vuil, stinkendeboemelaar te gaan sit en sommer net te gesels, is darembaie ver onder ‘n man se waardigheid. Hoe ver is ek en

INHOUD

Page 261: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

jy bereid om te daal sodat Jesus, die Koning, verheerlikkan word?

Gebed:

Here, ek bely dat ek nog so styf vasklou aan mywaardigheid. Help my asseblief om U wonderlikevoorbeeld na te volg.

INHOUD

Page 262: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Verraad! Verraad!

Johannes 13:18-30

Die nag is gevul met spannende drama. Die lug is so dikdat jy dit met ‘n mes kan sny. Eers die vreemdevoetewassery en Petrus se bitsige reaksie daarop. Ennou, as dit uiteindelik rustig raak om die etenstafel, laatbars Jesus weer ‘n bom. Een van hierdie intieme groepiewat die afgelope drie jaar elke oomblik met Hom gedeelhet, gaan Hom in die rug steek, verraai.

Die twaalftal het nie ‘n idee waarvan Jesus praat nie.Hulle verdink nie ‘n enkele een van hulle groep nie, nieeers vir Judas nie. Ons wil so graag vir Judas Iskariot as‘n slegte mens uitkryt. As ons egter na die dissipels sereaksie kyk, sien ons dat hy nie anders as die ander wasnie. Hy het meegedoen aan al die aktiwiteite. Om diewaarheid te sê, hy het boonop nog ‘n grootverantwoordelikheid gedra, want hy moes hullefinansies hanteer. Ja, hulle het so ‘n vae suspisie gehaddat hy dalk lang vingers het, maar niemand kon dit ooitbewys nie. Judas Iskariot was ‘n doodgewone dissipelwat saam met Johannes en Petrus en die ander gebidhet en aan Jesus se voete sit en leer het.

Maar Jesus het geweet wat diep in Judas se hart broei.Uiterlik het hy dit dalk nie gewys nie, maar diep in hom

INHOUD

Page 263: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

was hy bitter ongelukkig. Was dit dalk dat hy soos sobaie ander volgelinge van Jesus, Hom gesien het as dieBevryder uit die juk van die Romeine? Baie teoloë gloso. Toe hy sien dat dit nie sou gebeur nie, het hy dalkverbitterd geraak. Dalk wou hy gladnie eers vir Jesusdood hê nie, maar wou hy bloot deur sy verraad virJesus dwing om tot aksie oor te gaan en die Jode metmag te bevry. Die feit is dat ons net eenvoudig nie weetwat in Judas se lewe skeef geloop het nie. Maar daarwaar hulle aan die tafel gesit het, het Judas alreedsheimelik ál sy planne agtermekaar gehad. Jesus het ditgeweet!

Johannes beskryf vir ons Jesus se ontsteltenis as Hy dituitsnik: “Dit verseker Ek julle: Een van julle sal myverraai!” Vir Jesus was dit ‘n baie bitter pil om te sluk,want soveel liefde het in Sy bediening in gegaan. Metsoveel liefde en deernis het Hy hierdie twaalf manneopgelei om die wêreld te vertel van God se genade.Maar hierdie verraad was deel van God se raadsplan, enhoe aaklig dit ookal was, het Jesus dit so aanvaar.

Dit manne is verslae: Wat is nou aan die gang? Hier kantog sékerlik nie ‘n verraaier in hulle midde wees nie?Dan stamp Petrus aan Johannes: “Vra ‘n bietjie vir Jesuswat Hy bedoel.” Johannes het die ereplek langs Jesusaan tafel gehad. “Meester, wie is dit?” fluister hy. “Die

INHOUD

Page 264: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

een vir wie Ek ‘n stukkie brood gee,” sê Jesus, endaarmee gee Hy vir Judas die brood. “Wat jy wil doen,moet jy baie gou doen!” sê Jesus vir Judas, waarop dieman summier opstaan en uitstap in die nag in.

Johannes sê vir ons dat die duiwel in Judas Iskariotingevaar het die oomblik toe Jesus hom die stukkiebrood aangee. Dit laat baie vrae in ‘n mens, vrae waaropdaar dikwels gladnie antwoorde is nie.

Die eerste vraag is of God dan die duiwel in Judas selewe ingestuur het?

Die antwoord is bloot: “NEE!” Ons kan eintlik maar netspekuleer, maar vir my lyk dit asof Jesus vir Judasuitgekies het as een van die groep, juis omdat Hygeweet het dat Judas nooit waarlik lojaal sou word nie.Judas se Messiasverwagting was ‘n politieke een, en Godhet presies so ‘n persoon nodig gehad om Jesus teverraai. Judas kon dalk al lankal sy ware kleure gewyshet, maar vir God was die tyd nog nie reg nie, dus keerHy die duiwel dat hy nie vir Judas oorneem nie. Op dieregte oomblik, laat God die duiwel toe om Judas tebeïnvloed.

‘n Ander vraag wat dikwels gevra word, is of Judas ooit‘n keuse gehad het? Kon hy nie dalk die regte keusegemaak het nie? Was hy bloot ‘n pion in God se hand?

INHOUD

Page 265: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Nee, ek glo nie dat Judas ‘n pion was wat maar moesmaak soos God wou hê nie. Hy het ‘n keuse gehad, enhy het die verkeerde besluit geneem. God het egtervooraf geweet wat Judas se keuse sou wees, en juisdaarom is Judas gekies as dissipel en nie iemand andersnie.

Daar gaan deesdae stories rond, dat Judas eintlik dieheld in die verhaal is en dat hy ‘n “goeie” man was watGod se opdrag moes uitvoer om Jesus te verraai. Juisdaarom behoort hy dus ‘n ereplek te kry. Dit is nie watdie Bybel ons leer nie. In die eerste plek sien ons dat dieduiwel ‘n invloed op hom gehad het, en ook dat ditdeels geldgierigheid was wat hom gedryf het tot hierdiedaad. Hy het dertig silwerstukke hiervoor verdien.

Wat leer ons vandag hieruit? Ek dink die belangrikste isdat ons kan weet dat God in beheer is, selfs deur dieergste situasies. Hy laat die duiwel en Judas toe omhulle bose werk te doen sodat Sy groot raadsplanfoutloos sou uitwerk. Ons leer ook dat Hy alwetend is,en dat Hy selfs die toekoms ken. Wanneer dinge dus virons verlore lyk, is dit nie omdat God beheer verloor hetnie, maar bloot omdat daar ‘n groter doel is agter dingewat gebeur, en dat Hy dit toelaat omdat dit in Syraadsplan is. En nee, dit is nie God wat die slegte dingedoen nie, maar dit is die werk van die duiwel.

INHOUD

Page 266: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Dankie Here, dat ek weereens vandag kan besefdat U in volle beheer is, en dat ek daarin kan berusen steeds my volle vertroue op U kan plaas.

INHOUD

Page 267: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Het Jy MY Lief?

Johannes 13:31-38

Moeder Theresa is deur die wêreld gesien as ‘n ikoonvan diensbaarheid. Sy is vereer met ‘n Nobel Prystoekenning, die hoogste eer wat enigeen kan kry. Maaras ons na haar lewe gaan kyk, dan is dit eintlik ‘n vaalbestaan van harde werk en swaarkry. Sy het daagliks tedoene gehad met die armstes van armes. Haar maer,verrimpelde gesig was beslis nie dié van ’n filmster nie.In haar lewe was daar absoluut geen glorie nie.

Wanneer Jesus vir Sy dissipels sê dat Sy tyd vanverheerliking aangebreek het, dan moet ons ook hierdieheerlikheid in perspektief stel. In menslike terme sienons ‘n verheerliking as glans en glorie en alles wat blink.By ‘n gala-aand is almal uitgedos in die mooiste enduurste klere, en die edelstene skitter soos die sterre.Die verheerliktes word net mooi dinge toegedig, al ishulle soms vrot van binne. En die kroon wat hulleontvang, mag dalk pragtig lyk en glorie uitspel, maar ditis ook maar bitter verganklik en hol.

Jesus se verheerliking werk totaal anders: ‘n Nag vanangs in Getsemane, waar Hy bloed sweet en worstelmet God, lui Sy verheerliking in. Dan word Hy liederlikverraai deur een van Sy vertrouelinge. Hy word gevange

INHOUD

Page 268: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

geneem en voor die hof gedaag, ‘n hof waar valsegetuienis voor Hom geslinger word. Die vriend waaropSy hoop gebou is om die uitgestuurdes te lei, verloënHom in sy grootste uur van nood.

Ja, dit was maar die begin van Jesus se verheerliking. Ditsou nog baie erger word, want Hy sou gespot word, opgespoeg word, geslaan word en van bakboord nastuurboord gestuur word. Die hoogtepunt van Jesus severheerliking sou aanbreek wanneer die soldate ruwespykers deur Hom kap teen die vloekhout vas, en waarHy daar sou hang as die bespotting van die gansewêreld. Daardie plek is bedoel slegs vir die slegste vanmisdadigers. Is dit verheerliking?

Nie alleen is hierdie grusame gebeure ‘n verheerlikingvir Jesus nie, maar ook vir God almagtig. Want hierin krydie grootste liefdesdaad van alle tye gestalte. Watter pasal bereid wees om sy enigste seun, die een wat hyliefhet, te laat offer op ‘n grusame wyse sodat slegtemense gered kan word? Abraham was wel bereid om syenigste seun Isak te offer, maar dit was vir God, en ditwas baie edel. Nogtans het hy nooit tot die daadoorgegaan nie. Wanneer God dus Sy enigste Seun, dieEen wat Hy liefhet ter slagting stuur om geoffer te word,en dit sodat slegte mense wat Sy vyande is, gered kanword, kan Hy alleen bekroon word met die hoogste eer

INHOUD

Page 269: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

en verheerliking wat daar moontlik is. En Jesus, watHom vrywillig hierdie grusame marteling en vernederingonderwerp, móét net eenvoudig hiervoor verheerlik envereer word met die hoogste eer denkbaar. As MoederTheresa ‘n Nobelprys kon kry, hoeveel te meer nie Jesusnie!

Alles kom eintlik neer op liefde. Soos reeds gesê, was ditdie grootste liefdesdaad van alle tye. En dan kom Jesus,en Hy verbind hierdie liefdesdaad ook aan ‘n nuwegebod wat Hy die dissipels gee: “Julle moet mekaarliefhê.” “Aag, maar dis dan al ‘n ou gebod”, sou ons dalkwou sê, want uit die Ou Testament leer ons dat ons Godmoet liefhê en ons naaste soos onsself. Maar die liefdewat Jesus hier van praat, is baie dieper as dit. “Soos ekjulle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê”,verduidelik Hy. Hoe lief het Jesus hulle (ons)? So lief, datHy bereid was om die verskrikking van die kruis tetrotseer vir hulle (en ons). Hoe lief het ek en jy onsmedegelowige? So lief dat ons selfs die ergste martelingsal ondergaan vir hom?

Hierdie soort liefde het eintlik nie eers die tien gebooienodig nie, want outomaties sal jy nie iemand anders seeiendom vat of hom doodmaak of seermaak nie. Dit saltweede natuur wees om niks sleg van hom te sê nie.Maar hierdie liefde is nog baie dieper: Wanneer Paulus

INHOUD

Page 270: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

die liefde besing in 1 Kor 13, dan is dit die soort liefdewaarvan Jesus hier praat.

Ons sê baie maklik dat ons Jesus so liefhet (dalk ook onsmedegelowige en medemens) dat ons bereid is omenigiets te doen. In teorie is dit maklik, maar wanneerdit in die praktyk kom, dan raak dit ‘n totaal anderstorie. Ja, selfs die grote ou Petrus, die Rots, die een metdie sleutels van die Koninkryk, moes dit uitvind op dieharde manier. “Ek sal my lewe vir U aflê!” sê hy volselfvertroue vir Jesus. Maar dan moet Jesus hom hardneerbring aarde toe, want voor daardie droewige nagverby sou wees, sou die einste Petrus nie minder nie asdrie keer vir Jesus verloën het. “Ek sal my lewe vir Uaflê!” Werklik?

Petrus was werklik lief vir Jesus. Sy optrede het dit nierêrag gewys nie, en hy het hard geval. Nogtans het Jesushom steeds lief, en ons sien ná Jesus se hemelvaarthoedat Hy vir Petrus optel en sterk maak deur dieHeilige Gees. Die vraag aan elkeen van ons is of onsJesus waarlik liefhet? Hoe groot en sterk is ons liefde virHom, en hoe groot is ons liefde vir ons medegelowige?

Gebed:

Here, my liefde vir U en my medemens skiet so vertekort. Hef my op, asseblief Here.

INHOUD

Page 271: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus en die Vader is Een

Johannes 14:1-14

Jesus se dissipels het so pas die mees ontstellende dingegehoor: eers is dit dat een van hulle Hom gaan verraai,en dan moet Petrus boonop hoor dat hy daardie selfdenag nog sy Meester nie minder nie as drie keer souverloën. En dan sê Jesus: “Moenie ontsteld wees nie.Glo in God; glo ook in My.” Watter wonderliketrooswoorde, wanneer hulle die grootste krisis in hullelewe tegemoet gaan. Wanneer ek en jy vandag deur diedonkerste dieptes gaan, sê Jesus ook vir my: “Moenieontsteld wees nie. Vertrou God; Vertrou My!” Danhoef ek my oor niks te bekommer nie, want alles is in Sybekwame hande; Hy sal vir alles sorg.

In die volgende paar verse skilder Jesus vir die dissipels‘n beeld van Sy vertrek hiervandaan. Maar Hy doen ditmet ‘n doel: Die Vader het Hom gestuur om Sy kinderste kom haal. Maar eers moet die plek vir hulle gereedgemaak word, en dit is wat Jesus nou gaan doen. Hygaan binnekort vertrek na Bo om alles gereed te kry.

In hierdie laat stadium van Jesus se bediening, sien onssteeds die hopelose onkunde van die manne saam methom. “Ons weet nie waarheen U gaan nie Here,” kermThomas. Het hy nie geluister nie? Het Jesus dit nie al

INHOUD

Page 272: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

talle male uitgespel vir hulle nie? En steeds verstaanhulle gladnie!

Dan kom Jesus met seker die bekendste van Syuitsprake: “Ek is die Weg en die Waarheid en dieLewe.” Sommige mense wil dit vertaal dat Jesus dieware pad na die lewe is. Maar dit sou nie reg laatgeskied aan die volle omvang van hierdie uitspraak nie,want dit gaan veel dieper as slegs dat die lewe bereikkan word deur Jesus. Die fokuspunt moet op Jesusalleen wees, en dat daardie wonderlike dinge aan Homtoegedig word. Hy is die enigste Weg; Hy is dieWaarheid; Hy is die enigste Bron van lewe. As onseenmaal by Jesus uitkom, ontdek ons eers waarlik watwaarheid is, en dan ondervind ons die ware lewe, soosalleen Jesus dit kan gee.

En as enigeen dink dat hy na God kan gaan deur ‘nander weg as Jesus, maak hy ‘n baie groot fout. ‘n Menskan alleen vir God ken as jy Jesus ken, want Hy en dieVader is een. Hierdie eenheid bestaan daarin dat Jesusalles weerspieël wat in die Vader is. As die Vader dusPersoonlik hier teenwoordig was, sou Hy presiesdieselfde gedoen het as wat Jesus doen.

Die probleem is dat God so almagtig en verhewe enheerlik is, dat Sy heerlikheid die mens in ‘n oogwink souverskroei. Jesus is dus gestuur as Sy verteenwoordiger

INHOUD

Page 273: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

sodat ons met God kan kommunikeer sonder om aan Syheerlikheid blootgestel te word. Toe Jesus as mens nadie aarde gekom het, was dit nie die eerste keer dat Hyas Verteenwoordiger optree nie. Hy het dit talle male indie Ou Testamentiese tyd reeds gedoen. Die bekendstehiervan is Sy gesprekke met Abraham, Moses en Elia.

Die dissipels wil hê dat Jesus hulle die Vader wys, maarhulle weet duidelik nie waarvoor hulle vra nie. “Wie Mysien, sien die Vader,” verduidelik Jesus. ‘n Mooivoorbeeld hiervan uit die Ou Testament, is Moses seroeping (Eksodus 3:1-17). Ons lees daar dat “die Engelvan die Here” aan hom verskyn het in die brandendedoringbos. Die woord “Engel” beteken “Boodskapper”.Die Engel van die Here is natuurlik Jesus, die Seun vanGod. Soos die gesprek vorder, kom ons agter dat dit Godis wat direk met Moses gesels. Jesus praat hier met homasof Hy die Vader is. Al wat hier gebeur, is dat Jesus asdie Vader se Verteenwoordiger namens Hom met Mosespraat, want Moses sou die Vader se teenwoordigheidnooit kon oorleef nie. Wanneer die gesprek eindig, sêJesus vir Moses dat hy vir die volk moet sê dat JHWH(God) hom gestuur het.

Daardie dissipels besef dus duidelik nie hoe naby hullewerklik aan die Vader is nie, en dat hulle die hele tydbesig was met die Vader se direkte Verteenwoordiger

INHOUD

Page 274: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

nie. Maar presies dieselfde geld ook vir my en jouvandag. Die feit is dat Jesus in Sy alomteenwoordigheidook hier by jou en my is en dat Hy die deelgenoot is inalles wat ons doen en in ons gesprekke. AsVerteenwoordiger van die Vader, is Hy onbeskryflik grooten heerlik en magtig. Met hoeveel disrespek word Hydikwels behandel? En hier praat ek nie van ongelowigesnie, maar juis van gelowiges wat die Here Jesus dikwelsbehandel soos ‘n soort speelmaatjie. Daar word dikwelsspottenderwys van Hom gepraat. Ja, die Vader wordgewoonlik met groot respek behandel, maar wat onsaan Jesus doen, doen ons ook aan die Vader, want hulleis EEN.

Kom ons onthou altyd met Wie ons eintlik te doen het.Ja, Jesus is vir ons toeganklik, en ons kan te enige tydmet Hom praat. Boonop is Hy altyd daar vir ons. Ons kanal ons laste en behoeftes en vreugdes en diepstehartsgeheime met Hom deel. Maar terselfdertyd magons nie vir een enkele oomblik vergeet dat Hy Godalmagtig is, en dat Hy die Vader se Verteenwoordiger isnie. Kom ons behandel Hom met die respek waarmeeIemand soos Hy behandel hoort te word, en gee aanHom al die eer.

Gebed:

Here Jesus, ek aanbid U, want U is God almagtig,

INHOUD

Page 275: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Skepper van die heelal. En U is my Verlosser!

INHOUD

Page 276: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Gees In Jou

Johannes 14:15-31

Jesus het Sy dissipels deeglik voorberei vir die feit dat Hyweggaan, en die depressie het bitter swaar op hulleharte gedruk. Maar dan kom die goeie nuus: Hy gaan dieVader vra om vir hulle ‘n Voorspraak (Parakletos) testuur. Wat presies bedoel Hy hiermee? Hierdie woord,Parakletos, is eintlik ‘n baie moeilike woord om tevertaal, want ons het nie werklik ‘n soortgelyke woord inAfrikaans nie. Maar kom ek probeer verduidelik: Daardiejare was dit maar enkele ryk mense wat ‘n geleerdheidkon bekostig. Die gevolg was dat die oorgrotemeerderheid van die samelewing absoluut niks geweethet van die wette en reg nie. So is daar dan ‘nweldoener aangewys uit die ryk geledere wat die armmense van hierdie dinge kon leer wat van hulle verwagword, hulle te ondersteun en om hulle by te staan inbyvoorbeeld hofsake. Hierdie weldoener is die“Parakletos” genoem. Wanneer Jesus dus die HeiligeGees aan die dissipels kom voorstel, noem Hy Hom ‘n“Parakletos”.

Daar is ‘n paar baie belangrike dinge wat ons moet weetoor die Heilige Gees, dinge wat Jesus hier vir Sy dissipelsoor Hom kom sê, en dinge wat ons ook uit die OuTestament oor Hom lees.

INHOUD

Page 277: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

In die eerste plek is die Heilige Gees nie maar net ‘n kragvan God nie, maar is Hy ‘n Persoon. As ons vers 17 lees,dan sien ons dat Jesus sê: “Die wêreld kan Hom nieontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie kennie. Maar julle ken Hom omdat Hy by julle en in julle salwees.” Hier word baie duidelik verwys na die HeiligeGees as ‘n Persoon.

In die tweede plek moet ons weet dat die Heilige Geessaam met die Vader en die Seun God-Drie-Enig is. Uithierdie gedeelte sien ons dat Hy van die Vader kom. inGenesis 1:2 word na Hom verwys as die Gees van God.In Joh 14:23 sê Jesus: “Ons sal na hom toe kom....”, die“Ons” verwysende na Jesus en die Heilige Gees.

Derdens sien ons dat die Heilige Gees nie vir elkeenbeskore is nie. As ons deur die Ou Testament gaan blaai,sien ons dat dit net baie spesiale mense was wat dievoorreg gehad het om die Heilige Gees in hulle lewenste hê. Ons lees telkens van ‘n groot figuur: “Die Geesvan God het oor hom vaardig geword”. Alles sou baiedrasties verander met Pinksterdag, wanneer Jesus dieGees “uitstort” oor gelowiges. Nou is dit nie meerspesiale enkelinge nie, maar alle gelowiges. Maar steedsis daar ‘n beperking: SLEGS gelowiges sal die Geesontvang! Hy is nie bedoel vir die ongelowige wêreld nie.As ‘n ongelowige dus vir jou sê dat hy die Heilige Gees in

INHOUD

Page 278: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hom het, is dit ‘n leuen! “Die wêreld kan Hom nieontvang nie”, verklaar Jesus onomwonde in Joh 14:17.

Vierdens leer Jesus ons dat die Heilige Gees die“Parakletos” is wat met ons praat, ons leer en aan Jesusherinner (Joh 14:25). Hoe doen Hy dit? Nee, Hy praatnie ‘n hoorbare taal nie, maar Hy praat met ons hart. ‘nVoorbeeld hiervan is deur die Bybel. Vir die ongelowigeis die Bybel slegs ‘n geskiedenisboek. Vir die gelowige isdit egter die Woord van God, want wanneer jy dit leesmet ‘n biddende hart en ‘n oop gemoed, dan praat dieHeilige Gees met jou deur dit wat jy lees. Jy sien skieliknet iets in ‘n totaal ander lig as wat jy dit voorheengesien het, en dan wéét jy dat die Gees nou direk metjou gepraat het. Hoe weet ek? Dit is dikwels net ‘nonbeskryflike “gevoel” van vrede of saligheid wat oor mygemoed kom. Wanneer ek die dagstukkies skryf, is ditnet daardie vredevolle wete wat oor my hart kom, watvir my sê dat ek nou skryf wat die Heilige Gees wil hê datek moet skryf. Dit gebeur soms dat ek iets skryf wat inmy hart ‘n vraagteken, ‘n onsekerheid los. Dan gaan ekterug na daardie gedeelte en verander dit, want danweet ek dat dit nie is wat die Gees wou hê ek moes skryfnie.

In die vyfde plek sien ons dat die Heilige Gees nie maarnet tydelik in ons woon vir ‘n kort rukkie, en dan weer

INHOUD

Page 279: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

vertrek nie. Nee, Hy is vir ewig in ons (Joh 14:16). Hykom woon in ons die dag wanneer ons ‘n keuse maak virJesus. Daardie dag kom vul Hy jou lewe. Die vraag watek al dikwels gehoor het, is waarom die stem van dieGees stil kan raak in my lewe? Dalk moet ek ditverduidelik met ‘n beeld: My lewe is soos ‘n emmer volklippe, waar die klippe sonde uitbeeld. Wanneer Jesus inmy lewe kom, word my emmer vol gemaak met dieHeilige Gees. Dit is soos ‘n ewigdurende stroom watinvloei. Die sondeklippe veroorsaak egter dat daar niebaie plek in my lewe is vir Hom nie. Hoe meer vanhierdie klippe ek egter uitgooi, hoe meer plek is daar virHom, en hoe duideliker kan ek Sy stem hoor. Wat ishierdie sondeklippe? Sonde is om NIE die wil van God tedoen nie. Dit is dus nie net fisiese sondes nie, maar ookbyvoorbeeld om nie genoeg met Hom te praat of omvan Hom te leer nie.

In kort kan ons sê, dat hoe nader ons aan God leef, hoemeer gaan ons die Heilige Gees in ons lewe ondervind,en hoe meer gaan ons God se volkome vrede enblydskap in ons lewe beleef.

Gebed:

Here, dankie dat U Heilige Gees ook deel van mylewe is.

INHOUD

Page 280: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Wingerdstok

Johannes 15:1-8

Die vrug van die wingerdstok het ‘n baie groot rolgespeel in Jesus se bediening op aarde. Keer op keerword dit gebruik om God se almag te beklemtoon of omdie een of ander waarheid tuis te bring of om te dien assimboliek. Jy sal nog onthou dat Jesus se eerste grootwonderwerk juis was om wyn te maak uit water uit. Hiervoorsien Hy die vrug van die wingerdstok uit niks, en Hyvoorsien dit in oorvloed en kwaliteit. Tydens die laastemaaltyd saam met Sy dissipels word wyn die simboliekvan Sy kosbare bloed wat gestort word sodat diegelowiges kan lewe.

En nou gebruik Jesus, enkele ure voordat Hy gevangegeneem gaan word, die beeld van druiweboerdery omte wys hoe die interaksie is tussen God en die gelowiges.

Kom jy in die mooiste Kaap, dan staan jy dikwelsverstom as jy sien dat ‘n boer ‘n piepklein stukkie grondonder wingerd het, en dan staan daar dalk nog iewers ‘nwynkelder ook. Hoe is dit moontlik dat so min so baiekan produseer? In die Vrystaat strek die mielielandedikwels tot oor die horison, en dan krepeer die armeboer steeds van die ellende (of so sê hulle ten minste).

Wel, ek het darem nou ook al gesien hoe ‘n groot klomp

INHOUD

Page 281: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

druiwe een enkele miserabele ou wingerdstokkie kanproduseer. Dit is verstommend! Maar dan is daarvoorwaardes! En dit is juis hierdie voorwaardes watJesus uitspel, want wat vir die wingerd geld, geld ook virdie gelowige.

Die eerste waarheid wat ons baie deeglik moet besef, isdat daar twee elemente is waarsonder ‘n wingerdgladnie kan bestaan nie. Die eerste is die wingerdstok.Sonder hom is daar géén vrugte of lote of lewe nie. Dietweede, baie belangrike element is die druiweboer,want sonder sy intensiewe aandag sal die wingerd sowild rank dat daar geen krag oor sal wees vir vrugte nie.

In die beeld wat Jesus gebruik, stel Hy Homself voor asdie Wingerdstok, die Bron van lewe. Die Vader wordvoorgestel as die Boer wat alles in stand hou. Ons asgelowiges word gesien as die lote. Nou moet ons baiedeeglik besef dat die lote aan ‘n wingerdstok vanuiterste belang is, want sonder lote gaan daar géénvrugte wees nie. Kyk jy na ‘n wingerdstok, dan sien jyook dat daar nie ‘n hoofloot is wat al die druiwe dra, en‘n klomp mindere lote wat net ondersteun of saamgroeinie. Nee, al die lote is ewe belangrik, en almal moetvrugte dra. Pas ons dit toe op die kerk, dan is dit nie diedominee of pastoor wat al die vrugte moet dra, en diegemeente draf maar net saam nie. Almal het ‘n ewe

INHOUD

Page 282: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

groot taak.

Eintlik word hier ‘n skrikwekkende ding gesê, juis oor dielote wat niks doen nie. Hulle word afgesny, want hulle iswaardeloos. Wat presies beteken dit? Beteken dit datgelowiges wat nie hulle kant bring nie, uit die Koninkrykuitgesmyt word? In vers 6 sê Jesus dat sulke lote selfsverbrand word. Sal iemand wat eenmaal in Jesus geglohet, skielik verlore gaan? Nee, ek dink nie dat dit diebedoeling is nie. Jesus sê immers in Johannes 10:28 datniemand ‘n gelowige uit Sy hand sal ruk nie. Daar isegter baie mense wat onder die vaandel van dieChristelike geloof hulleself rondom die Wingerdstokskaar. Hulle kom selfs kerk toe, en doen dikwels aktiefmee aan gemeentebedrywighede. Maar hulle het nognooit daardie stap geneem om Jesus se verlossing teaanvaar nie. Ek weet, ek was sélf daar! Dit is hullewaarvan Jesus sê dat hulle afgesny en verbrand salword. Skrikwekkend! Moenie dat jy so ‘n loot weesnie.....

Maar die belangrike deel is, wat met die ware lotegebeur. Gaan kyk jy hoe ‘n wingerdstok lyk so kort voordie groeiseisoen, dan wonder jy of daar ooit ‘n enkelekorreltjie aan so ‘n plant kan groei. Dit is net die kaalstam, en oral waar daar die vorige seisoen nog weligelote was, is daar nou net stompies, kaal gesnoei. En dan

INHOUD

Page 283: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gebeur die wonder: binne ‘n kort tydjie begin die lotebot en rank om ‘n lowergroen boskasie te vorm, gelaaimet sappige druiwe. Daardie snoeiproses is van uiterstebelang om nuwe groei en vrugte te stimuleer. Hoe meerdrasties die snoei, hoe beter die vrugte.

In die gelowige se lewe is hierdie ook ‘n baie belangrikebeginsel. Die Vader snoei ons dikwels baie drasties, endit maak soms bitter seer. Die resultate is egter dat onsgeestelik bloei en groei en dat ons vrug kan dra. Ek hetal dikwels deur so ‘n snoeiproses gegaan, en ek wil dituitskreeu: “Here, dit is nou genoeg!” Maar ek weet datHy die Boer is wat beter weet as ek, en Hy sal ophousnoei wanneer Hy tevrede is.

‘n Ander baie belangrike aspek, is dat ‘n loot nie los vandie wingerdstok kan groei nie. Hy is totaal afhanklik vanhom, want die lewenssap vloei juis uit die wingerdstokom die loot te laat vrug dra. Net so is ons totaalafhanklik van Jesus. Ek moet in Hom bly om te kanoorleef (geestelik en andersins). Maar Hy bly ook in my!Hy is die Een wie se “lewenssap” deur my are vloei endie Een wat die vrug in my lewe gee. Sonder Hom is ektotaal verlore en absoluut waardeloos.

Gebed:

Here, dankie dat ek ‘n loot kan wees aan U

INHOUD

Page 284: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Wingerdstok. Gee my asseblief die krag om diesnoeiproses te oorleef, sodat ek baie vrug kan dravir U.

INHOUD

Page 285: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Bly in MY liefde

Johannes 15:1-17

In gister se dagstukkie het Jesus die beeld gebruik vandie wingerdstok. “Bly in My,” het Jesus by Sy dissipelsgepleit. “Bly in My,” pleit Hy ook by jou en my! Ons hetgesien hoedat die lewenssap bruis deur die lote, enlewe gee in oorvloed. Die sap gee ongekende groei endit laat die loot heerlike, stroopsoet, sappige druiwe dra.Lote wat in Jesus bly, is vasgeanker aan die Wynstok. Ditis ook nie alleen die ewige lewe wat hier ter sprake isnie, maar ‘n geestelike lewe wat bruis en groei en vrugtedra. Die rede is dat Jesus die “lewenssap” deur ons arelaat bruis, net soos in die Kaapse wingerd.

Wat is die doel van dit alles? Johannes sê in vers 8 datdit is sodat die Vader hierdeur verheerlik kan word.

Jesus het al by verskeie geleenthede gesê dat die VaderHom liefhet. Dit is baie belangrik om dit te weet. Nouvergelyk Jesus die Vader se liefde teenoor Hom met Syliefde teenoor ons. Hy het Sy dissipels (dit sluit natuurlikjou en my ook in) net so lief as wat die Vader Hom het.Dit is ‘n baie groot liefde! Jesus vra egter ook iets vanons. Dit durf nooit by ‘n eensydige liefde bly nie. Dievraag is al baie gevra: “Hoe bewys ek my liefde teenoorJesus?” Hy gee hier Persoonlik die antwoord in baie

INHOUD

Page 286: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

eenvoudige taal. Hy sê in die eerste plek dat Hy niesommer iets onmoontlik van ons vra nie. Hy het dievoorbeeld kom stel. Hy het die opdragte van die Vaderkom uitvoer as bewys dat Hy ook die Vader liefhet. Opdieselfde wyse móét ons Jesus se liefde beantwoorddeur Hom ook lief te hê. Die bewys van ons liefde virHom, is om Sy voorbeeld na te volg en Sy opdragte uit tevoer. Let wel: Die opdragte wat ons van Jesus kry is nienáástenby so moeilik as die opdrag wat Hy van die Vadergekry het nie.

Wat is Jesus se opdrag aan ons? Dit is ‘n verskriklikemoeilike een: “Julle moet mekaar liefhê!” Is ek snaaks asek sê dat dit baie moeilik is? Nee, want dit kom sommerso vanself om liefdeloos op te tree. Dit kos inspanningen selfbeheersing om in alle omstandighede mekaar liefte hê, veral as iemand in ‘n krisis beland. Dit is so maklikom hom te beskinder en swart te smeer. Jy maakdaardie persoon letterlik dood met jou woorde. Dit ismoord! Liefde is om niks te sê wat ‘n ander persoon kanseermaak nie, maar terselfdertyd ook positief teenoordaardie persoon op te tree en te probeer help.

Om Jesus se opdrag uit te voer, beteken om liefde tedink, liefde te voel, liefde te doen, liefde te leef. Liefdemoet die totale rigsnoer van jou lewe wees. Het Jesusnie as Mens juis so geleef nie? Wat ‘n wonderlike

INHOUD

Page 287: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

voorbeeld om na te streef!

Dit wil tóg vir my lyk asof daar twee norme gestel wordwat die uitleef van ons liefde betref. In die eerste plek isdaar die liefde wat in die wet beskryf word, naamlik datek my naaste moet liefhê soos ek myself het. Dit is watdie Here van my verwag. Maar die liefde wat Jesus hierbeskryf is ‘n baie meer intieme liefde; een wat nog meerintens is. Dit is die liefdesband tussen medegelowiges. Jygaan immers jou eie broer of suster baie meer liefhê as‘n vreemdeling. Wel, in Jesus is alle gelowiges boeties ensussies. Dit is dus egte naby-familiebande wat ons aanmekaar bind.

Wat behels so ‘n liefde? Paulus het dit baie duidelikuitgespel in 1 Kor. 13, waar hy onder meer sê dat liefdegeduldig is en vriendelik, nie grootpraterig, afgunstig,liggeraak of verwaand nie. Onwelvoeglikheid en eiebelang is twee dinge wat nie in liefde se woordeboekvoorkom nie, en van boekhou oor die kwaad is daargeen sprake nie. As jy Jesus se liefde in jou het, sal jy jounie verlekker in onreg nie, maar bly wees as diewaarheid seëvier.

Maar weereens moet ons besef, soos ek reeds hier bogenoem het, dat alles uiteindelik primêr gaan oor dieVader, en dat Hy eerstens in die uitleef van ons liefdeverheerlik word. Dink so daaraan: as twee broers sou

INHOUD

Page 288: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

baklei, wie is dit wat die seerste kry? Hulle ouers worddeur hulle koppestamp seergemaak! Húlle is die ouenswat die meeste ly uit die onenigheid. Aan die anderkant: het jy al ooit gehoor hoe ‘n pa kan spog as hyvertel van sy kinders wat so lief is vir mekaar? Dat hulleenigiets sal doen om mekaar te beskerm? Daardie pa wilbars van trots! Daar is niks in die lewe wat hom meerplesier verskaf nie.

God is ons Vader, en op presies dieselfde manier maakons Hom bly as ons ons liefde prakties en op ‘n baietasbare wyse teenoor ons boeties en sussies in diegeloof uitleef. Liefde teenoor ons medemens (en veralons medegelowige) is onlosmaaklik deel van ons liefdeteenoor God. As ons mekaar nie liefhet nie, is die uitleefvan ons liefde teenoor God nutteloos.

Jesus sluit hierdie perikoop af, deur terug te kom na diegedagte van die wynstok. Die dissipels (en natuurlik onsook) is aangestel om uit te gaan en vrugte te dra. Soosdie heerlike soet, sappige druiwekorrels aan diewingerdlote, moet ons liefde ook vir mekaar wees, soet,sappige vrugte. Maar dit is nie maar net ‘n versoekie vanJesus nie, dit is ‘n bevel: “Dit beveel Ek julle: Jullemoet mekaar liefhê!” (v. 17)

Gebed:

INHOUD

Page 289: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, ek staan vanoggend diep skuldig voor U,want my liefde vir my medegelowiges is afgewater.Help my asseblief om hulle onvoorwaardelik lief tehê.

INHOUD

Page 290: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Getuig Ten Spyte Van

Johannes 15:18 - 16:4

Om ‘n Christen te wees, is nie vir sissies nie! Hierdiewaarheid het ek al agtergekom toe ek nog op skool was.Vir ‘n begin was ek uitgesluit uit die “groot pret”, omdatek nie Goddeloos was nie. Ek was ‘n “voorbeeldige”outjie, maar nou nie juis ‘n uitgesproke gelowige nie. Opdaardie stadium het ek nog nie vir Jesus ontmoet nie,maar my Christelike opvoeding het ‘n groot rol gespeel.Eintlik was ek nóg vis, nóg vlees, want ek was iewerstussen die wêreld en die geloof. Ek onthou egter tweebroers wat uitgesproke Christene was. Hulle pa was ‘ndominee in die Hervormde Kerk, en hulle het hullegeloof ten volle uitgeleef in die skool. Die arme tweeoutjies was uitgeworpenes. Hulle is gespot en niemandwou iets met hulle te doene hê nie. Hulle het“gedweep” met hulle Godsdiens, of ten minste, só hetons geglo. Ja, selfs ék het saam gespot! Vandag voel ekbitter skuldig daaroor, want nou weet ek dat hulle nooitgedweep het nie, maar eenvoudig hulle Christenskapuitgeleef het. Ek bewonder hulle dat hulle in die wredewêreld van die kind steeds vasgeklou het aan hullewaardes.

In Jesus se laaste gesprek met Sy dissipels, voordat Hytereggestel word, berei Hy hulle voor vir die verskrikking

INHOUD

Page 291: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

wat op hulle wag. Die afgelope drie jaar het hulle ‘n baiebeskermde lewe gehad saam met Hom, maar nou hetdie tyd gekom dat hulle die wêreld vierkant in die oëmoet gaan kyk, en dit gaan beslis nie maklik wees nie.Hulle het gewoond geraak daaraan dat groot skaresmense in vervoering agter hulle aanloop. Nou kom dieontnugtering: die wêreld gaan hulle haat - so sê Jesus.Maar dan moet hulle nie moed verloor nie, want Jesushet dit alreeds oor en oor deurgegaan. Die Fariseërs hetHom gehaat met ‘n passie. Binne die volgende paar uursou die dissipels die volle omvang van hierdie haat metafgryse moet aanskou. Hulle moet só daaraan dink: Asdie wêreld hulle sou liefhê, dan sou daar baie groot foutwees, want dan sou hulle die eiendom van dieGoddelose wêreld wees. Hulle moet ook altyd onthou,dat hulle diensknegte is van hulle Meester, Jesus. ‘nDienskneg kan mos nie verwag om voorkeurbehandeling te kry terwyl sy Meester vervolg word nie?Hy is mos nie belangriker as sy Meester nie?

Wat vir die dissipels geld, geld ook vir alle gelowiges, endit sluit jou en my in. Jesus is immers baie belangriker asons. Ons staan beslis nie los van Hom nie. As gelowigeshet ons Hom aanvaar as ons Heer en Meester. As Hy dusvervolg moes word deur die wêreld, moet ons dieselfdekan verwag.

INHOUD

Page 292: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Ons moet egter onthou dat hierdie soort vervolging ietstotaal anders is as die snoeiproses waardeur ons gaan,waarvan ons in die vorige twee dagstukkies gepraat het.Daardie loutering is iets wat die Here aan ons doen omons geestelik sterk en fiks te maak, amper soos om indie gimnasium te gaan sweet. Dít waarvan Jesus egterhier praat, is iets totaal anders. Dit het te doen met diehaat wat die duiwel koester teenoor enige eiendom vanGod. Eintlik is hierdie hele aanslag gemik op God, maardie duiwel doen dit aan ons omdat ons God se eiendomis. Op hierdie manier probeer hy om God deur ons by tekom.

Die vraag is egter nou: as die wêreld so verskriklikvyandig is teenoor ons, sou dit nie dalk die regte dingwees as ons nou maar onsself in ‘n klooster gaanafsonder nie? Dan lei ons mos ‘n beskermde lewe waarons heeldag lank vir God in vrede kan loof en aanbid!Nee, baie beslis nie! As ons vers 26 en 27 lees, kom onsagter dat Jesus ons juis in hierdie wrede wêreld instuurom van Hom te gaan getuig. As ons nie getuig nie - hoegaan die kerk tot stand kom? Hoe gaan die kerk oorleef?Dit sal wegkwyn en verdor! Hoe het die kerk in dieeerste plek tot stand gekom? Hierdie dissipels hetpresies gedoen wat Jesus gevra het, en hulle het gaangetuig. En elkeen wat tot geloof gekom het, het verder

INHOUD

Page 293: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gaan getuig, sodat baie van die mense wat hulleself eersby die vyand, die duiwel geskaar het, tot geloof gekomhet en sélf dissipels geword het.

Natuurlik het hulle nie uitgegaan met leë hande nie.Hulle het die Heilige Gees gehad om hulle te lei in hullegetuienis. Ek en jy het vandag nog steeds die HeiligeGees om ons te lei in ons getuienis.

As jy egter dink dat dit daardie tyd maklik was om tegetuig, maak jy ‘n groot fout. Hierdie gelowiges is uit diesinagoges, en die samelewing geban. Hulle is in dietronk gestop en selfs doodgemaak, want wat hullegedoen het is gesien as Godslasterlik. Ons het dit baiegemaklik hier in Suid-Afrika. ‘n Gelowige kry nie baieteëstand nie, buiten as hy miskien begin getuig enwêreldlinge laat skuldig voel. Daar is egter baie anderlande waar gelowiges vandag bitterlik vervolg word, enwaar hulle selfs doodgemaak word as hulle durf getuig.

Vandag wil Jesus vir jou en my sê: Moenie bang weesom oor Hom te getuig nie. Ja, dit is nie maklik nie, en ekkan selfs verwag dat ek uitgelag of uitgevloek gaanword. Maar onthou dan dat Jesus presies dieselfde ennog baie meer vir jou en my deurgemaak het. Waaromsal ons dit dan nie vir Hom doen nie?

Gebed:

INHOUD

Page 294: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, gee my asseblief vandag die moed en wil enkrag om van U te kan getuig.

INHOUD

Page 295: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Werk van die Heilige Gees

Johannes 16:5-15

Dit wil lyk asof die dissipels nog gladnie Jesus seweggaan begryp nie. Maar hulle is te bang om Homdaaroor uit te vra, want dalk kry hulle nét ‘n antwoordwat hulle dalk nie wil hê nie. Ja, hulle besef dat die skrifaan die muur is, en dat Jesus beslis tereggestel gaanword. As hulle maar geweet het hoedanig hierdieteregstelling sou wees, die afgryslike verskrikkingdaarvan, sou hulle dalk die hasepad gekies het. Maar dieblote gedagte dat Jesus hulle verlaat, plaas ‘nbeklemming om hulle harte. Dit is die hele onsekerheidrondom dit alles.

Jesus troos hulle, deur te verduidelik dat Sy weggaan juisvir hulle tot voordeel sal wees. Natuurlik verstaan hulledit gladnie, en Jesus probeer ook nie eers verduideliknie, want op hierdie stadium sou dit nie vir hulle sinmaak nie. Eers later sou die lig vir hulle opgaan. Eers dánsou hulle die volledige prentjie begin sien. Maar eersmoet daar iets anders met hulle gebeur: Jesus moet virhulle die Parakletos, die Voorspraak gee.

Wat gaan die Voorspraak (die Heilige Gees) doen? Jesusnoem hier drie baie belangrike sake: Die eerste is dat dieVoorspraak die sonde van die wêreld gaan blootlê. Wat

INHOUD

Page 296: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

is sonde? Dit is om nie die wil van God te doen nie. Onskan dalk sondelysies wil opstel: dans, rook, suip ens.Maar nee, dit is nie waaroor dit gaan nie. Wat is diegrootste sonde van almal? Wat is die sonde wat joubeslis uit die hemel sal hou? Om nie in Jesus te glo nie.Hierdie is die kern van alle sonde, want sonder geloof inJesus is jy in die mag van die duiwel, en is diegruwelikste dade moontlik. Geloof in Jesus bring ‘ntotale nuwe perspektief in ‘n mens se lewe. Die vraag is:Hoe gaan die Voorspraak die sonde van die wêreldblootlê? Watter metodes gaan Hy gebruik? Dieantwoord is heel eenvoudig: Deur die getuienis enverkondiging van gelowiges. God gebruik mense(gelowiges) om Sy Woord te verkondig en aan diewêreld uit te basuin dat Jesus die enigste Weg is, en datjy sonder Hom in sonde voor God staan.

Die tweede saak wat Jesus hier noem, is dat dieVoorspraak sal bewys dat die reg aan Jesus se kant is. NaJesus se kruisiging, Sy opstanding en hemelvaart, konalles maar net eenvoudig in die vergetelheid verdwynhet. Jesus sou maar net nóg ‘n Martelaar wees watdroewig aan Sy einde gekom het. Dit het egter niegebeur nie, want die Heilige Gees het mense soosPetrus en Johannes gebruik om aan die wêreld uit tebasuin Wie Jesus werklik is. Hy is nie maar ‘n martelaar

INHOUD

Page 297: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

nie, maar waarlik God! Die taak van die Heilige Gees wasom dit duidelik te stel dat al die dinge wat gebeur het,maar net op een enkele manier verklaar kon word: Datniks hiervan kon gebeur sonder God se heilige ingrypingnie. Alles omtrent Jesus is eg en waar.

Die derde groot taak van die Heilige Gees is om diewêreld te oortuig van die oordeel wat kom. Hoe oortuigjy ‘n ongelowige van daardie oordeel, en dat hy onderdie oordeel staan? Ek dink die meeste ongelowiges leefalreeds in vrees en bewing vir dit wat wag. Almal weetwat die hel beteken, en al sê iemand vir jou dat hy nieaan die hel glo nie, dra hy heimlik die vrees in sy hart: Sênou maar net.....

Ja, die oordeel het alreeds begin met Jesus se koms: dieowerste van die wêreld (die duiwel) is reeds veroordeel.Hy het sy magsposisie klaar verloor, en die finale straf isalreeds sy voorland. Enige ongelowige is besig ompresies dieselfde paadjie te loop. Vir die duiwel is daargeen hoop meer nie, maar vir die ongelowige is daarsteeds hoop. As hy maar net die Voorspraak wil toelaatom Hom na Jesus te lei.

Maar die werk van die Voorspraak is nie net op diewêreld toegespits nie. Die Heilige Gees sal ook baieaktief betrokke wees in die lewe van elke gelowige. Dit isHy wat die gelowige in die waarheid sal lei. Dit beteken

INHOUD

Page 298: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dat Hy vir my en jou lei om te leef volgens die wil vanGod. Ons moet onthou dat toe Johannes hierdieEvangelie geskryf het, daar nog nie ‘n Bybel was soosons vandag het nie. Toe was dit van uiterste belang datdie gemeente sou luister na die influistering van dieHeilige Gees. Vandag is ons so wonderlik bevoorreg omdie Bybel te hê as riglyn. Maar steeds is dit die Gees watdeur die Bybel met ons praat en ons lewe rig.

Wat verkondig die Gees aan ons? Hy verkondig Jesus!Die hoofdoel van die Heilige Gees is nie om oor Homselfte getuig nie, maar oor Jesus. Hy verheerlik Jesus in onslewens. Hy verkondig aan ons die almag, die glorie endie grootheid van Jesus. Ek dink dat jy met my salsaamstem dat Hy dit wonderlik reggekry het uit alleswat ons tot dusver alleen uit hierdie Evangelie vanJohannes behandel het. Onthou jy nog die heel eerstehoofstukke wat gehandel het oor Jesus as Skepper vandie heelal, en al die glorie wat daarmee gepaard gegaanhet? Dit was die werk van die Heilige Gees om Johanneste lei om hierdie wondere aan ons oor te dra. Hoeheerlik word Jesus nie hierdeur verheerlik nie!

Gebed:

Dankie Jesus, dat U aan my die Heilige Gees gegeehet, en dat ek elke dag van Hom kan leer oor U.

INHOUD

Page 299: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Droefheid word Blydskap

Johannes 16:16-24

Mense beweer dat ‘n man nie geboortepyne ervaar nie.Dit is louter onsin! Ek onthou nog soos gister, daardiedag in 1975 toe ek en my Mosbolletjie se eerstelinggebore is. Eers was daar die opgewondenheid dat diedag uiteindelik aangebreek het, maar toe begin diegeboortepyne. Ek weet nie wie van ons twee die meesteangs belewe het nie. Gaan ons ooit betyds by die kliniekaankom? Elke sametrekking het die koue angssweet opmy gesig laat uitslaan van pure benoudheid. Lánk voordit werklik nodig was, het ek my kosbare afleweringreeds gedoen by Mother's Kliniek in Durban. En toebegin die pynlike wag. Minute sleep harmansdrup-stadigsoos ure verby. Met elke sametrekking, krimp ekinmekaar van pyn vir my liefling. Ek probeer haar pynminder maak, maar ek voel so magteloos.

En dan, uiteindelik, breek die oomblik aan, en sy wordlêgemaak in die teater. En dan begin die nagmerrie. Ditvoel of my binneste uitgeruk word, elke keer as sy gil vandie verskriklike pyn. Angs gryp my aan die hart as ek sienhoedat die are in haar gesig uitbult en sy bloedrooiword. Die dokter wag tot op nommer nege-en-negentigvoor hy opdaag. Weet die man ooit wat hy doen? Sê noumy kosbare Mosbolletjie kry ‘n beroerte! Ek kan mos

INHOUD

Page 300: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

sien hoe skrikwekkend haar bloeddruk styg, elke keer assy moet druk! Die angs vreet my op! Soveel vrouenssterf tydens geboorte! Ek wil haar nie nou verloor nie!

En dan skielik is alles verby, en ons eersteling maak diemooiste geluid wat ‘n mens se ore ooit beskore is:daardie eerste gil van protes omdat hy so wreed uit sysnoesige lêplek vir nege maande uitgeboender is! Blou,geswel en vrek lelik, word hy in ‘n doek toegedraai en virMamma gegee. Ons vreugde ken géén perke nie! Watoomblikke gelede nog angs was, is nou ongekendevreugde. In my Mosbolletjie se arms lê die volmaakteklein rooikopmensie, en my glimlag word net gekeerdeur my ore wat in die pad is.

Jesus verduidelik vir Sy dissipels dat dit nog net ‘n kleinrukkie is voordat hulle Hom nie meer sal sien nie. Maardit sal van korte duur wees, want binnekort is Hy weerterug, maar hierdie slag net tydelik, voordat Hy vertrekna Sy Vader. Jesus berei hulle voor vir die traumawaardeur hulle sal gaan in die volgende ruk. Hy vergelykdit met die verskriklike pyn waardeur ‘n vrou gaantydens die geboorte van haar baba.

Wat ‘n wonderlike vergelyking is dit nie! Ja, inderdaad isdit Hy, Jesus, wat al die pyn fisies beleef het en dieproses moes deurmaak. Dit was Sy lewe wat op die spelwas. Maar die dissipels moes al hierdie dinge aanskou

INHOUD

Page 301: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

met angs wat aan hulle harte gegryp het. Soms gebeurdit ook maar dat ‘n pa dit nie meer kan hanteer nie, endan hardloop hy weg. Net so kon ou Petrus dit nie meerhanteer nie, en het hy die hasepad gekies, deur te sê dathy gladnie weet wie hierdie Jesus is nie. Hy wou dieverskriklike foltering nie meer aanskou nie. Ek dinkdaardie handjievol manne en vroue wat hardnekkigvasgeklou het aan Jesus tot op die bitter einde, het elkeoomblik van Sy marteling en bespotting en kruisigingsaam met Hom beleef. Die angs het hulle harte uitgeruk.Hulle droefheid het géén perke geken nie, toe hulle Homuiteindelik daar van die kruis afhaal en na die graf toedra, om vir ewig weggelê te word. Nou was daarniemand meer om eers ‘n wonderwerk te doen om Homsoos Sy vriend Lasarus te laat opstaan nie. Dit was verby.Al hulle drome was vernietig. Hulle was bitter bang,want nou was dit dalk hulle beurt om ook vervolg teword nés hulle geliefde Meester.

Die pikswart Sabbat het gekom - ‘n Sabbat waarin hullein sak en as gesit het.

En dan breek daardie Sondagoggend aan. Eers die skokas hulle ‘n leë graf kry. Maar dan begin die berigteinstroom van alle kante af: Jesus leef! Hulle Meester hetuit die dood opgestaan! Iemand het Hom hiér gesien, entwee manne het Hom weer dáár gesien. Hy het saam

INHOUD

Page 302: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

met twee manne aandete genuttig in Emmaus. En dandie uitbundige vreugde as Hy skielik tussen hulle staanen met hulle gesprek voer.

Eers toé besef hulle die betekenis van dit alles. WanneerJesus dan ‘n ruk later na die hemel opvaar, is dit nie metdroefheid wat hulle van Hom afskeid neem nie, wantnou besef hulle dat Hy steeds by hulle is, al kan hulleHom nie meer fisies sien nie. Boonop gee Hy kortdaarna ook vir hulle die Ander Trooster, die Heilige Gees.

Terwyl Jesus vir hulle hierdie prentjie skilder, bring Hydie saak op oor gebed. Hierdie sou vir hulle ‘n uitersbelangrike vorm van kommunikasie met Hom word.Jesus maak vir hulle die deur oop na die Vader, wantdeur gebed kan hulle nou ál hulle behoeftes uitstortvoor die Heilige God. Jesus word so ook vir jou en mydie Weg na die Vader en ons kan vandag vryelik ingesprek tree met Hom deur Jesus. “Bid, en julle salontvang”, sê Jesus, nie alleen vir die manne saam metHom om die tafel nie, maar ook vir jou en my vandag,“sodat julle blydskap volkome kan wees.”.

Gebed:

Almagtige Vader, dankie dat ek ook die wonderlikevoorreg het om met U te mag praat deur Jesus, myHere.

INHOUD

Page 303: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Direkte Toegang tot die Vader

Johannes 16:25-33

Gedurende die afgelope 63 dagstukkies wat ons alreedsoor die Evangelie van Johannes gedoen het, het onstelkemale gesien hoedat Jesus beeldspraak gebruik omwaarhede tuis te bring by nie alleen Sy 12 uitgesoektemanne nie maar ook die skare mense wat gedurig agterHom aan is. Dit was baie nodig, want hulle kon neteenvoudig nie die hoë teologiese begrippe verstaan nie.Hulle verstandjies was hééltemal te klein om die dingevan God te begryp.

Ja, so gaan dit maar dikwels selfs ook met my en jouvandag. Ek moet bieg dat ‘n dominee my al dikwelstotaal verloor het tydens ‘n preek. As die hogereteologie eers rondgeslinger word, dwaal my gedagtes,en aan die einde stap ek uit en wonder waaroor diedominee dan nou eintlik gepreek het. As hy egter ‘nstorietjie vertel om ‘n waarheid te illustreer, onthou ekdikwels vir baie jare daarna steeds die storie sowel as syboodskap.

Die stories wat Jesus vertel het, het soveel impak gehad,en die waarheid só duidelik tuisgebring, dat hulle steedstweeduisend jaar later deur mense onthou word ensteeds dieselfde uitwerking het.

INHOUD

Page 304: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Vir die twaalf manne by Jesus het die tyd egter nou tekort geraak vir beeldspraak en stories. Nou moes Jesusreguit met hulle praat. Hy vertel hulle van die Vader. Totdusver was die beeld wat die mensdom van die Vadergehad het, een van ‘n onbereikbare God wat verhewe isbo alle wesens. Slegs baie spesiale persone soos diehoëpriester het toegang tot Hom. En selfs hierdietoegang geskied nie direk nie, maar deur 'n Middelaar.Ons het in ’n vorige hoofstuk gewys hoedat Moses metGod gepraat het deur Jesus, die Seun van God. Deur dieeeue het Jesus telkens as Middelaar opgetree.

Jesus het nou egter die prentjie totaal kom verander.Jesus wys hulle daarop dat die Vader nie daardie God isvoor Wie jy in vrees en bewing hoef te leef nie. Hy is niedie Een wat slegs veroordeel en verdelg nie, maar Hy isdie God van liefde. “Die Vader self het julle lief”, sêJesus vir hulle. Hy laat hulle verstaan dat hulle dan ookmaar direk met die Vader kan gesels.

Ja, net die volgende dag gebeur dit dan ook so datdaardie swaar gordyn wat God van die gewonewêreldling geskei het, die voorhangsel in die tempel, vanbo na onder middeldeur geskeur word deur die handvan God. Van daardie oomblik af is God toeganklik virelke mens op aarde. Die werk van die hoëpriester, omslegs eenkeer per jaar in vrees en bewing agter die

INHOUD

Page 305: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gordyn in God se teenwoordigheid te moet staan, hettot ‘n einde gekom.

Van nou af is Jesus nie meer die Boodskapper tussenGod en die mens nie, maar kan ons maar net Jesus seNaam noem wanneer ons met die Vader wil praat. Ek wildit probeer verduidelik: Jare gelede kom staan ‘nwildvreemde paartjie voor ons deur. “Oom Jannie vanMelkrivier het gesê dat ons na julle toe kan kom virhulp”, kondig die jong kêrel aan. En op grond van OomJannie (Pa se broer) se goeie naam, kom bly dietweetjies vir ‘n week by ons terwyl hulle met vakansie isin Durban.

Eintlik is die Vader NIE toeganklik vir alle mense nie. ‘nBhuddis en ‘n Hindoe het byvoorbeeld GEEN togang totHom nie, en hulle kan maar bid tot hulle blou word indie gesig, maar Hy sal hulle gebed nie aanhoor nie. Diesleutel is Jesus! As jy vir Jesus ken, dan het jy direktetoegang tot die Vader, net soos daardie jong man wat virOom Jannie geken het en so toegang gehad het tot ons.Hierdie is egter nie maar net ‘n oppervlakkige kennis vanJesus nie. Dit behels ‘n verbintenis, ‘n persoonlikeverhouding met Hom.

Dit is asof daar uiteindelik ‘n liggie opgaan vir diedissipels, as hulle vir Jesus sê dat hulle nou verstaan. Naal hulle vrae en gebrek aan insig, kan ons nou amper

INHOUD

Page 306: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hande klap en juig: “Hoera!” Maar dalk is dit ‘n bietjiete gou, want Jesus vermaan hulle om nie so haastig tewees met hulle belydenis nie. In die volgende paar uresou hulle nog erg ontnugter word, en gaan hulle selfsuitmekaar gejaag word. Hulle sou selfs die ondenkbaredoen, en hulle geliefde Meester, Jesus alleen los om Syeie geveg te veg, terwyl hulle verskrik wegkruip. Maardan kom die troos as Hy vir hulle verduidelik dat Hynooit alleen sou wees nie, want die Vader sou by Homwees regdeur die verskrikking. Hulle dink wél dat hullenou reeds alles verstaan, maar eers nadat al hierdiedinge gebeur het, sou die waarheid tot hulle deurdring.Jesus sê dat hulle net nie moedeloos moet raak nie. Dalkgaan alles vir hulle totaal verlore lyk, maar “Hou moed:Ek het die wêreld klaar oorwin”, troos Jesus.

Dit het ‘n kruis gekos om die manne waarlik te laatverstaan. Toe sou die ongelowige Thomas kom staanvoor die opgestane Jesus en gevul met geloof verklaar:“My Here en my God!”

Jesus se oorwinning het ook vir my en jou die swaar,ontoeganklike deure wawyd oopgegooi, sodat ons vryetoegang het tot die Vader. Vrye toegang beteken egterdat ons daarvan gebruik moet maak. Kom ons gebruikdit soveel as wat ons kan!

Gebed:

INHOUD

Page 307: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Heilige Vader, dankie vir U liefde oor ons, endankie dat ons nou in Jesus se heilige Naamtoegang het tot U.

INHOUD

Page 308: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Die Hoëpriesterlike Gebed

Johannes 17:1-26

Jesus se laaste oomblikke in gesprek met Sy dissipelsbreek aan, en Hy gebruik dit deur hulle in gebed aan dieVader op te dra. Hierdie Hoëpriesterlike gebed bestaanuit 4 fases: In die eerste deel (17:1-5) sê Jesus basies datSy werk op aarde afgehandel is, en dat Hy nou gereed isom terug te keer hemel toe. In die tweede deel (v. 6-19)sê Jesus dat daar ‘n groep mense is wat Sy boodskap ingeloof aanvaar het, en dan bid Hy vir hierdie mense. Hybid vir hulle behoeftes, en dat die Vader hulle salbeskerm. Die derde deel van Jesus se gebed (v. 20-23)handel oor ander mense wat ook nog tot geloof in Homgaan kom. Dit handel dus oor die uitbreiding van diekerk. En die slotgedeelte (v. 24-26) vra Jesus die Vaderom al die gelowiges eendag te laat kom waar Hy nouheen gaan.

Die tyd van Jesus se verheerliking het aangebreek. Watis die toppunt van Sy verheerliking? Die afgryslikekruisgebeure! Ons wil moeilik hieraan sluk, want is ditdan nie eintlik vernedering nie? As ons kyk na ons grootvolkshelde - waarin word hulle verheerlik? Racheltjie deBeer se verheerliking het gekom toe sy in ‘n sneeustormhaar klere uitgetrek het om haar boetie se lewe te red.Sy het ‘n wrede ysdood gesterf, maar dit het haar ‘n held

INHOUD

Page 309: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

gemaak. Wolraad Woltemade het ‘n held geword toe hydie ysige stormsee aangedurf het met sy perd omskipbreukelinge te red. Hy het self in die proses sy leweverloor. Jesus se verheerliking het nie gekom in Syhemelvaart nie, maar in die versoeningsdaad aan diekruis, waar Hy die straf moes verduur vir die sondes vangelowiges deur die eeue.

Dit was egter nie die enigste taak wat Jesus gehad hetnie: Uit Sy gebed sien ons dat Hy na die aarde gestuur isas God se Gesant om die Vader aan die mensdom tekom openbaar. Voor Jesus se koms, het niemand ooitdie voorreg gehad om God te kon sien nie. Moses hetwel van aangesig tot aangesig met Jesus verkeer, maarselfs toé het hy slegs die heerlikheid en glans van Jesusbeleef daar in die tent van samekoms. Wat hy daarervaar het, kon hy slegs deel met ‘n klein deeltjie van dieaarde se bevolking. In Jesus kon die mensdom God nouin lewende lywe sien en ervaar. Wat meer is, diegenewat Hom aanvaar in die geloof, word nou deel van Godse gesin, en hulle het die voorreg om Hom persoonlik tekan ken. Dit is dan ook die ware betekenis van die ewigelewe, om in die teenwoordigheid van God te kan leef. Isdit nie ‘n wonderlike gedagte nie? En nee, dit gebeur nieeers eendag nie, maar dit is reeds deel van elkegelowige se lewe.

INHOUD

Page 310: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Eintlik het Jesus se taak om God aan die mense bekendte stel al reeds duisende jare gelede begin. Abraham hetalreeds iets hiervan ervaar, toe Jesus saam met tweeengele aan hom verskyn het. Jesus het gereeld aanMoses verskyn, en God aan hom voorgestel, sodat hydaardie kennis weer aan Israel kon oordra. Maar noukom maak Jesus Homself openbaar aan alle mense, endra so die beeld van die Vader oor. Maar ‘n ander baiebelangrike deel van Sy taak was om dit aan diemensdom bekend te maak dat hulle gered kan word.Diegene wat aan Hom behoort, kry die ewige lewe. Diewonderlike is dat al hierdie mense uiteindelik na dieVader geneem sal word sodat hulle ook kan wees waarJesus heen gaan.

Verlossing is suiwer genade, en God doen al die werk.Maar die mens het tóg ‘n klein aandeel hierin: hy moetdie besluit maak of hy deel wil wees van God se gesin ofnie. Dit is al! Regdeur hierdie Evangelie sien ons Jesus seoproep om daardie keuse te maak. Het jy dit al gedoen?

In die derde afdeling van Jesus se gebed, dra Jesus Syvolgelinge wat moet agterbly aan die Vader op. Daargaan baie eise aan hulle gestel word en Jesus bid dat dieVader hulle veilig sal bewaar. Dit gaan egter nie net oorhulle nie, maar oor die Naam van God wat in gedrang is.Hulle is immers deel van God se gesin, en daarom is

INHOUD

Page 311: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hulle en God ineengeweef. Hulle belange vloei inmekaar. Daar is dus ‘n hegte eenheid tussen diegelowige en God. Uit hierdie eenheid behoort dit voortte vloei dat die kinders van God sal optree soos wat dieVader van Sy kinders verwag. Dit moet vir die wêrelddaar buite baie duidelik wees Wie se kinders hullewerklik is. Daardie eenheid behoort al hegter en hegterte groei. Jesus bid dan ook spesifiek dat niemand hulleooit uit daardie eenheid sal ruk nie.

‘n Kind van God kan egter nie net in homself en syverbintenis met God gekeer wees nie. Die blye boodskapvan verlossing moet ook uitgaan na die wêreld daarbuite. Jesus stuur hulle dan juis die wêreld in (v. 18) omnet soos Hy die Evangelie uit te basuin. Hulle moet ooknou die taak oorneem om die Vader aan die wêreldbekend te stel. Die gelowige moet as’t ware ‘n spieëlwees wat God se beeld reflekteer.

Jesus bid ook vir ‘n eenheid, nie alleen dat gelowigeseen met God sal wees nie, maar dat hulle gesamentlikas ‘n eenheid sal funksioneer. In hulle eenheid moet dieeenheid tussen gelowige en God ook sigbaar word.

Laastens pleit Jesus dat Sy liefde ook deel sal wees vanelke gelowige se lewe. Leef dus liefde uit!

Gebed:

INHOUD

Page 312: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here Jesus, dankie dat U ook vir my gebid het. Helpmy om altyd een te wees met U en mymedegelowiges.

INHOUD

Page 313: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus Gevange Geneem

Johannes 18:1-11

Al ooit gewonder waarom dit juis nodig was dat Judasdie soldate na Jesus moes neem? Hy was mos maklik omop te spoor, is dit nie? In die eerste plek sou ditmoeilikheid wees as hulle Jesus helder oordag souarresteer, want Hy het steeds baie aanhangers gehad, endie Jode wou ten alle koste vermy dat daar ‘n opstanduitbreek. Dus moes Jesus in die nag gevang word sodatdie dinge ongesiens kon gebeur. Die laaste ding wathulle wou hê is dat dit baie aandag trek.

Ons moet onthou dat dit Paasfees was, en dat Jerusalemtot oorlopens toe vol was van pelgrims van regoor diewêreld wat hier wou kom feesvier. Blyplek was natuurlik‘n nagmerrie, want al die herberge was vol. Baie van diepelgrims het net eenvoudig iewers in ‘n park of ‘nopenbare tuin vir hulle ‘n lêplekkie gekry vir die nag. Jykan jou dus indink dat om iemand in die nag op te spoortussen honderde of dalk selfs duisende mense wat daarlê en slaap, is ‘n totaal onbegonne taak. Onthou, daarwas nie straatligte nie! Natuurlik sou Jesus en die andertwaalf ook iewers in ‘n tuin oornag het. Hulle gunstelingslaapplek was in die tuin van Getsemane.

Dit is hier waar Judas in die prentjie ingekom het. Hy het

INHOUD

Page 314: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

met die Joodse Raad ooreengekom dat hy teen betalingvir hulle sou gaan wys waar om Jesus te kry. Hy hetpresies geweet waar Jesus en die ander manne souslaap daardie nag. Hy was immers veronderstel omsaam met hulle daar te wees. En so sien ons die optogvan soldate in diens van die hoëpriester en wagte watvir die Fariseërs gewerk het, gewapen met spiese enfakkels om hulle pad te vind in die donker tuin. Vooraandie duiwelse parade loop Judas, want hy is die enigstewat die pad na Jesus se slaapplek ken. Ek kan myvoorstel dat hierdie ‘n skrikwekkende optog moes wees.Die slim mense reken dat daar enigiets tussentweehonderd en seshonderd mense in hulle groep moeswees. Die ironie van die saak is dat hierdie kleinweermag daar was om een enkele Man aan te keer,iemand wat waarskynlik nog nooit in Sy lewe ‘n wapenin Sy hand gehad het nie!

Maar hierdie ironie gaan eintlik baie verder, as onsnugter oor die saak gaan dink. Hierdie verskriklike“oormag” kom eintlik om God gevange te neem! Danraak hulle ‘n nietigheidjie, want watter magtigeweermag kan een oomblik staande bly teen die hemelsemagte wat God met een enkele woord kan ontplooi? DieJode en die hoëpriester dink dat hulle die hef in diehand het. Hulle het die volle mag oor hierdie Jesus.

INHOUD

Page 315: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Maar hulle besef nie dat hulle eintlik probeer optreeteen die Koning van alle konings nie, en dat alle mag indie hemel en op aarde in Sy hande is nie. Die grootironie is dat hulle totaal magteloos voor Hom staan, endat hulle alleen regkry wat hulle regkry omdat Hy hulledit toelaat, sodat God se reddingsplan tot uitvoer kankom.

Wat sou enige mens se normale reaksie wees as hyhierdie oormag sou sien aankom, en hy weet dat hullehier is om hom te kry? Dit sou baie maklik wees om neteenvoudig in die tuin te verdwyn tussen die donkerbome in, en te gaan skuil tussen die horde mense watdaar lê en slaap. Maar wat doen Jesus? In plaas daarvandat Hy wegvlug, loop Hy hulle tegemoet! Hy weetpresies wat hulle soek, en Hy maak dit vir hulle maklik.Hy lê immers Sy lewe vrywillig af! In die anderevangelies lees ons dat Judas vir Jesus gesoen het.Johannes vertel egter dat Judas agteroor op die grondgeval het. Waarom? Dalk kan ons die antwoord gaansoek in Jesus se woorde, toe hulle sê dat hulle vir Jesusvan Nasaret soek. Sy antwoord was: “Dit is Ek!” HetJudas dalk hierin die woorde van God gehoor toe Hy bydie brandende doringbos Homself aan Moses voorgestelhet: “EK IS WAT EK IS”? Het Judas dalk nou vir dieeerste keer besef dat hy waarlik met God te doen het?

INHOUD

Page 316: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

‘n Mens kan maar net wonder.

In ‘n normale situasie sou Jesus se dissipels saam metHom gevange geneem word. Nogtans word hulle teenalle verwagting in vrygelaat op Jesus se bevel. Selfsnadat Petrus Malgas se oor met sy swaard afgekap het,word hulle nie gevange geneem nie. Waarom? Ditillustreer die mag wat Jesus steeds oor dieomstandighede gehad het. Die dissipels het ‘n taakgehad, en die soldate was magteloos om te keer dathulle daardie taak gaan uitvoer. Jesus was in vollebeheer van die totale situasie. Wanneer Petrus sy aanvaldoen met sy swaard, probeer hy ingryp, maar ook hierneem Jesus beheer oor. Hy moes immers voortgaan metSy versoeningsdaad, en selfs Petrus kon Hom nie eerskeer nie.

Vandag is God steeds in volle beheer, al lyk die situasiesoms vir ons totaal onmoontlik. Om God te vertrouwanneer die nag op sy donkerste is, is nie maklik nie, vramaar vir Petrus! Persoonlik het ek self ook deur ‘n baiedonker tyd in my lewe gegaan, en aanvanklik was dit virmy bitter moeilik. Dit is egter suiwer genade dat ek konvrede maak, en God vertrou. O ja, en Hy het diewonderlikste mense op my pad gestuur om my handevas te hou en my te bemoedig, en my daaraan teherinner dat Hy in beheer is.

INHOUD

Page 317: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here Jesus, elke dag kom ek net meer en meer totdie besef dat U die almagtige God is, en dat U inbeheer van alles is.

INHOUD

Page 318: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Petrus se verraad

Johannes 18:12-27

Daardie nag was ‘n nagmerrie wat Petrus liewerhééltemal wil vergeet, maar hy kan nie - dit bly maal insy kop en in sy deurmekaar hart. “Waarom het ek niegeluister na my Meester nie?” skommel dit deur sydroewige gedagtes. Oor en oor bly sien hy die dinge watgebeur het, en absoluut niks maak vir hom sin nie. Eerswas daar Judas. Die adder! Hoe kon hy? Ja, dalk moeshulle die tekens gelees het, maar wie sou dit óóit vanhom verwag? Toe hy daar tydens hulle ete verdwyn het -wie sou ooit kon droom dat hy op pad was om so ‘nverfoeilike daad te pleeg? Maar Jesus het geweet: “Eenvan julle sal My verraai”, het Hy nog gesê. Petrus onthounog hoe verslae hulle was hieroor. Judas? Judas!

Toe kom die verskriklike vernedering van die voete-was.As hy maar geweet het wat op sy Meester wag, dan souhy wat Petrus is, eerder sy Meester se voete gewas het.Maar nou is dit te laat! Hulle het Hom gekruisig, en noulê Hy daar, koud in die graf.

Rou snikke van droefheid en selfverwyt skeur deurPetrus se borskas. As hy tog maar net geweet het......Maar Jesus het al hierdie dinge voorspel. Hy het dit keerop keer duidelik vir Sy dissipels uitgespel. Hoe kon hy so

INHOUD

Page 319: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dwaas wees om al Jesus se woorde te hoor, en dit byhom verby te laat gaan? Petrus is verward, bedroef,kwaad.

Wéér dink hy terug aan daardie ellendige nag - maal diebeelde deur sy benewelde verstand. “Ek is nog net ‘nklein rukkie by julle”, hoor hy nog Jesus se woorde eggodeur sy gedagtes. As hy maar geweet het hoe kleindaardie rukkie sou wees. Dit was maar ‘n paarmiserabele ure! En toe Petrus vir Hom vra waarheen Hynou eintlik gaan, is Jesus se antwoord, dat hy wat Petrusis in elkgeval nie nou kan saamgaan nie. “Later”, hetJesus gesê, “later sal jy My volg.” Maar Petrus het blykarring dat hy nóú wil saamgaan. Waar was sy gedagtes?Het hy rêrag gedink dat hy wat Petrus is, vir Jesus soukon volg aan die kruis? Skielik omklem ‘n verskriklikevrees Petrus se bang hart: “Sê nou net ..... beplan dieJode dalk om my ook so tereg te stel?”

“Ek sal my lewe vir U aflê”, het hy dit nog uitgeblakervoor Jesus, “Ek sal my lewe vir U aflê!” En dan daardiewoorde wat keer op keer dreig om sy hart uit sybinneste te ruk: “Dít verseker Ek jou: Nog voor die haankraai, sal jy My drie keer verloën.” Van voor af ruk diesnikke van berou weer deur Petrus se liggaam. Hy is alseer gehuil. Daar kan nie meer trane kom nie. Verwyt opverwyt ruk deur hom.

INHOUD

Page 320: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Hy wil nie aan die res dink nie, maar soos ‘n droom watoor en oor en oor speel, sien hy weer elke klein detail:die oormag soldate wat daar in die donker tuin vir Jesuskom soek het; Judas se strak gesig in die fakkellig, toe hyJesus aan hulle uitgewys het; Jesus, sy Meester, wat soos‘n Lam ter slagting maar net gedweë Homself aan hulleoorgee. Petrus het in ‘n magtelose woedebui probeerom die honderde soldate aan te vat met sy swaard. ‘nArme onskuldige slaaf moes boet toe sy oor afgekap is.Dis amper lagwekkend!

Verslae het hy en ‘n paar van die ander die spul op ‘nafstand gevolg. Uiteindelik het net twee van hulle diemoed gehad om tot by die hoëpriester se huis agternate loop. “Kom ons gaan kyk wat hulle met ons Meesteraanvang”, het sy maat hom aangepor. Eers wou Petrusnie. Hy was bang - baie, baie bang! Sê nou net hulleword herken? En dan word sy ergste vrese waar. ‘nSimpele diensmeisie! Sy het daar by die deur gestaan,en toe Petrus nog bewend wou insluip, blaker sy dit uit:“Jy is tog nie ook een van hierdie Man se dissipels nie?”Natúúrlik het hy dit ontken, wat kon hy anders doen?Moes hy dan vir haar gesê het: “O ja, ek is Petrus, dieleier van daardie Jesus se dissipels”? Hulle sou hom netdaar en dan doodgemaak het! Petrus probeer syoptrede regverdig, maar elke keer weerklink Jesus se

INHOUD

Page 321: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

woorde in sy kop: “Nog voor die haan kraai, sal jy Mydrie keer verloën.”

Dit was ‘n bitter koue nag. Petrus was dankbaar vir dievuur wat die manne daar in die binnehof aanmekaargeslaan het. Versigtig staan hy nader om die koue uit syliggaam te probeer uitdryf. Hy voel hoe die hitte sy lyfwarm maak, maar sy hart voel soos ‘n blok ys. Skielikvoel dit asof iemand hom met ‘n voorhamer slaan: “Jy istog nie ook een van Sy dissipels nie?” vra iemand uit diebloute. ‘n Tweede keer moet Petrus dit ontken, en later‘n derde keer. En toe, daardie aaklige geluid van diehaan - die vervloekte haan wat kraai, so asof hy vir homwat Petrus is finaal veroordeel. Snikkend het hy die nagingehardloop en gehuil en gehuil. Hoe kón hy syMeester so skaamteloos verloën terwyl Hy deur diehoëpriester verhoor word?

Die Sabbat is verby. Iewers kraai ‘n haan om te sê dat dienuwe dag, Sondag, aangebreek het. Sal daar iewers inhierdie dag ‘n sprankie hoop wees? Petrus neem ‘nbesluit: sodra dit lig word, sal hy na die graf gaan om sylaaste eerbetoon aan sy Meester te gaan gee. Hy salHom gaan smeek om vergifnis. Dalk, nét dálk, gaanhierdie dag vir hom nuwe hoop bring......

Gebed:

INHOUD

Page 322: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, dankie dat Petrus se hoop nie beskaam hetnie en dat ons vandag kan jubel: “U het waarlikopgestaan!”

INHOUD

Page 323: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus voor Pilatus

Johannes 18:28-40

Dit was baie vroeg die Vrydagoggend. Deur die nag hetdie Joodse Raad vir Jesus skuldig bevind. Maar hulle het‘n probleem: Hulle is nie in beheer van hulle eie land nie- die Romeine is. O ja, hulle het wel ‘n koning: HerodusAntipas, maar dié is maar net ‘n pion van die Romeinseryk. En boonop regeer hy ook maar net oor ‘n gedeeltevan Israel. Die res word deur sy twee broers regeer.

Oor interne sake kan die Joodse Raad sélf besluiteneem, maar die Jesus-saak het te groot geword vir hulle.Daarom word Jesus na die Goewerneur oor Judea,Pontius Pilatus geneem om gevonnis te word. Pilatuswas bekend daarvoor dat hy ‘n onbuigbare,onbarmhartige man was wat hom dikwels skuldiggemaak het aan geweld en korrupsie. Die volk het homgehaat, want hy het die lewe vir hulle dikwels baie suurgemaak. Terselfdertyd het hy in vrees geleef dat hy dalkdeur die volk by die Keiser aangekla sou word, en dat hyso sy pos kon verloor.

Die Joodse leiers het buite Pilatus se paleissaamgedrom. Hulle wou nie in hierdie heiden se woningingaan nie, want dit sou vir hulle ‘n groot dilemma wees.Dit sou beteken dat hulle onrein sou word. Daardie aand

INHOUD

Page 324: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

sou hulle die Pasga vier. As hulle hulleself deur die dagverontreinig het, kon hulle nie deel hê aan hierdiebelangrike fees nie.

Hoe ironies, dat terwyl die paaslammers daardie Vrydagin die tempel geslag word, sou Jesus, die Lam van Godaan die kruis hang. Toeval? Nee, baie beslis nie! God seraadsplan is tot op die sekonde uitgewerk!

By Pilatus se paleis word Jesus as ‘n misdadigervoorgehou. Weereens kom die verskriklike ironie van diesaak na vore, want Jesus het juis God se werke komdoen. Alles wat Hy gedoen het, het Hy in die openbaargedoen sodat almal dit kon sien. Keer op keer reflekteerdít wat Hy doen die wonderbare Lig van God. Geenenkele misdaad kan aan Hom toegeskryf word nie.

Op Pilatus se vraag, waarom hulle dan nie maar sélf virJesus kon teregstel nie, beweer hulle dat hulle as Jodenie die reg daartoe het nie. Hier sien ons ook hulledubbele standaarde, want net ‘n rukkie vantevore wouhulle die einste Jesus stenig. Later word Stefanus danook tereggestel deur hierdie einste Jode. Hy word metklippe doodgegooi. Wat ons egter deurentyd in gedagtemoet hou, is dat God al vir eeue lank deur Sy profetevoorspel het dat Jesus gekruisig sou word, en dit konslegs die Romeine doen. Dus doen hierdie Jodeonwetend presies wat God wil hê dat hulle moet doen.

INHOUD

Page 325: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Pilatus wil van Jesus weet of Hy die “Koning van dieJode” is. Die gerugte oor Jesus moes sékerlik Pilatus seore bereik het. Daar was ‘n baie sterkMessiasverwagting onder die Joodse volk. Hulle hetegter ‘n Messias verwag wat die skoene van Syvoorvader, Dawid sou volstaan. Hy moes regeer askoning oor Israel. Maar eers sou Hy die swaar juk van dieRomeine van die onderdrukte volk se seer skouersafgooi, en hulle sodoende na vryheid lei. ‘n Klompopgewonde mense was onder die indruk dat hullehierdie Koning gekry het, en hulle het Hom triomfantlikin Jerusalem inbegelei. Hulle was egter teleurgestel,want Hy het nie die swaard opgeneem nie.

Wat sou gebeur het as hierdie Messias-koning oor dieJode kom regeer het? Vir hoe lank sou hulle vrede hê,tot die volgende wêreldheerser net eenvoudig weer oorhulle sou loop? Nee, God se reddingsplan het totaalanders gewerk. Die ware Messias se regering sou nie opgeweld gebaseer wees nie, maar op liefde. Dit sou ooknie beperk wees tot slegs die Joodse volk nie, maar soustrek oor die ganse wêreld. Sy volgelinge sou ook nie vegmet ysterswaarde nie, maar met die swaard van dieWaarheid en die Woord van God. Die belangrikste isegter dat hierdie Koninkryk wat gevestig word, nie opdie aarde gebaseer is nie, maar in die hemel.

INHOUD

Page 326: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Pilatus kom baie gou agter dat Jesus geen gevaar inhouvir die magtige Rome nie. Pilatus besef maar al te goeddat Jesus onskuldig is, en desperaat probeer hy omJesus vry te laat deur ‘n plaasvervanger te laat teregstel,die rower, Barabbas. Daar is ‘n ou verhaal wat sê datBarabbas se eerste naam ook Jesus was, en dat Pilatussou vra: “Watter Jesus moet ek vrylaat - Jesus Barabbasof Jesus van Nasaret?” Die Jode het egter die verkeerdeJesus gekies! Barabbas was vir hulle ‘n held, want al washy ‘n rower, was hy ‘n bendelid van ‘nvryheidsbeweging, wat ten minste probeer het om hullevan die Romeine te bevry.

As gelowiges moet ons ook baie versigtig wees dat onsnie van Jesus Iemand probeer maak wat Hy nie is nie. Sodikwels is Jesus vir ons slegs daar vir noodgevalle.Wanneer ons in die moeilikheid is, weet ons baie gouwaarheen om te hardloop. Wanneer ons die wind vanagter het, vergeet ons gerieflikheidshalwe van Hom.Jesus is ons Koning, te alle tye en in alle omstandighede!Ons héél eerste prioriteit is om Hom te dien met alleswat in ons is. Hoe dien ons Hom? Deur Sy liefdesgeboduit te leef, nie alleen teenoor God nie, maar ook teenoorons medemens, en dan veral teenoor onsmedegelowiges.

Gebed:

INHOUD

Page 327: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here Jesus, U is my Koning. Ek wil U dien met myhele lewe!

INHOUD

Page 328: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Kruisig Hom!

Johannes 19:1-16

Die grootste drama van alle tye ontvou. Dit is ‘n dramawat ruk aan die binneste van elke mens wat dit beleef.Daar is vier partye in hierdie aangrypende drama - neevyf! In die hoofrol sien ons vir Jesus, die Koning van dieheelal. Hier lyk hy gladnie na enige soort heerser nie. Hyis verslae, uitgeput, in boeie, skynbaar totaal magteloos.Teenoor Hom staan een van die magtigste manne opaarde, die man wat totale beheer het oor die ganseJudea. Sy woord is bevel en hy kan maak en breek sooshy wil. Selfs die koning swig voor sy blaf! Maar ook hiéris alles nie wat dit op die oog af lyk nie, want onderdaardie klipharde dop skuil ‘n bang en bitter onsekermens.

Die derde karakter is eintlik ‘n groep, die vloekende,spottende, wrede, klipharde, bang-vir-niks soldate. Hulledoen wat hulle moet, en hoe meer wreedheid hulle inhulle dagtaak kan sit, hoe meer geniet hulle dit. Maarselfs die bevelvoerder onder hulle het ‘n hart iewersonder al daardie pantser.

Die vierde groep is ‘n vrome, Godvresende,wetsonderhoudende klomp manne wat op geestelikevlak die volk van Israel lei soos ‘n herder sy skape lei.

INHOUD

Page 329: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Dag-vir-dag sien ons hulle in die tempel en in sinagoges,waar hulle die mense leer van God. Onder daardieskitterwit kleed van vroomheid skuil egter ‘n vuil-swartgewaad van haat en wraaksug en moord en opgekroptewoede.

En die Vyfde Speler? God Almagtig! Met een enkelewoord kan Hy al hierdie spelers verdelg, in rook laatopgaan. Nogtans doen Hy dit nie, want die grootsteVerlossingsplan van alle tye moet binne enkele ureuitgevoer word. Hy laat dus toe dat elke speler sy magen haat en wraak en wreedheid uitleef, want alleen sókan God se reddingsplan slaag.

Soos gebruiklik by alle gevangenes wat gekruisig word,word Jesus eers gegésel. As jy ooit die rolprent: “Passionof the Christ” gesien het, sal jy verstaan wat dit beteken.Ek kon daardie bloedige toneel van Jesus se geselingnaderhand nie meer verwerk nie. Trane het oor mywange gestroom. Stukke rou vleis is uit my Meester serug geruk, elke keer as daardie sweep met dieloodballetjies Hom tref. Die verskriklike pyn wat Hy moesverduur, is onmenslik, verskriklik wreed. Oor en oor enoor tref die hale Hom. En die soldate lag en spot envloek. En omdat Hy nou kwansuis ‘n Koning is, moet Hymos ‘n kroon dra, ‘n kroon van pyn wat giftige dorings inSy kopvel inboor. Dorings brand ongenadiglik en laat die

INHOUD

Page 330: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

bloed deur Sy oë stroom. Ook die purper mantel watspot met Sy koningskap, word Hom nie gespaar nie.

Die magteloosheid en besluiteloosheid van die magtige,ongenaakbare Goewerneur Pilatus, word al duideliker.Hy het gedink dat hy al die mag in sy hande het, maarnou kom hy agter dat hy in die moeilikheid is met wát hyookal besluit. Sy hart sê baie duidelik vir hom dat hierdieMan onskuldig is, maar dan is daar die Jode en dieKeiser, in wie se slegte boekies hy beslis nie wil kom nie.Hy probeer na alle kante toe om uit die tameletjie tekom, maar hy raak net meer en meer verstrengel in dietaai gemors. En dan is daar nog hierdie voosgeslane,bebloede Man hier voor hom wat ewe kalm vir hom watPilatus is wil wysmaak dat hy, die magtige PontiusPilatus, absoluut géén gesag oor Hom het nie, en dat hyalleen kan doen wat hy doen omdat God dit toelaat.Watter vermetelheid! Maar sê nou net dit is waar...?Weereens probeer hy hom hier uitwurm, maar hy ismagteloos.

En dan was daar die Jode. “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”,weerklink hulle bloedstollende gille deur die gange vanPilatus se weelderige paleis. “Kruisig Hom! KruisigHom!” weergalm dit tot in die allerheiligste van dietempel, daar waar die histeriese, gillende priesters hulleheilige diens doen.

INHOUD

Page 331: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Dit is twaalfuur die middag. ‘n Lang, uitmergelende nagen dag van marteling, beskuldigings, hofsake ens. ens.druk alreeds bitter swaar op die bebloede skouers vanJesus. Uit die mond van ‘n skare wat slegs dae tevoregejubel het: “Hosanna vir die Seun van Dawid!” kom noudie verwytende haatgille: “Vat Hom weg! Vat Hom weg!Kruisig Hom!” Op Pilatus se vraag of hy dan nou hulleKoning moet kruisig, kom die skokkende antwoord vandie priesterhoofde: “Ons het nie ‘n koning nie; ons hetnet die keiser.” Hulle kies die keiser, ‘n Goddelose manwat hulle met ‘n passie haat, bo die heiligeHemelkoning. Skokkend! Onverstaanbaar! En so snydaardie Jode hulleself finaal van die Koning van die Jode,en so ook van God af. Tragies , uiters tragies.

Sou dit ooit moontlik wees vir God om hierdieverskriklike daad van hulle te vergewe? “Nooit in derewigheid nie!” hoor ek ‘n koor van stemme opgaan. Niebaie lank daarna nie, stap een van die voorbokke, ’nhaatlike Fariseër, na Damaskus om nóg Christene tevervolg. Daar ontmoet Saulus van Tarsus die opgestaneJesus, en word hy die grootste sendeling ooit. God severgifnis vir hom was volkome! Sit jy dalk met sonde watjy dink onvergeeflik is? As Hy daardie verskriklike sondekon vergewe - niemand se sonde is te groot vir Hom nie,ook nie joune nie. Bring dit vandag nog na Hom!

INHOUD

Page 332: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here, dankie dat U bereid is om selfs die grootstesonde te vergewe.

INHOUD

Page 333: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Koning van die Jode

Johannes 19:17-27

In die ander drie evangelies word die kruisgebeure baiegrafies beskryf. Johannes vertel egter die kruisverhaaldeur slegs enkele belangrike grepe aan te haal endaarop te konsentreer. Ons sien byvoorbeeld dat diegrootste deel van Johannes se verhaal rondom dieopskrif aan die kruis draai.

Die Romeine (en Jode) het ‘n paar metodes gebruik ommisdadigers tereg te stel. Hulle kon onthoof word ofverbrand word of gestenig word (die Joodse spesialiteit).En dan was daar kruisiging, die wreedste vorm vanteregstelling. Dit is gebruik slegs vir die mees gehardemisdadigers, en die groot doel daarmee was om menseaf te skrik sodat hulle nie misdaad sou probeer as ‘nloopbaan nie. Daarom is die kruise dan ook geplant netbuite die stad, langs ‘n besige pad, sodat almal dit konsien, amper soos ‘n lewende (?) advertensiebord teenmisdaad. Aan die kruis is dan ook ‘n nota gespyker watdie veroordeelde se misdaad beskryf. Diegene wat ditlees moet wéét: as jy hierdie misdaad pleeg, word jy ookso uitgestal!

Die Jode het vereis dat Jesus gekruisig word, maarPilatus het die laaste sê gehad in die saak: Hy het die

INHOUD

Page 334: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

nota geskryf wat Jesus se misdaad beskryf. Sy misdaad?“Die Koning van die Jode.” Net dit! Natuurlik was dieJoodse leiers bitter ontsteld hieroor, want hier wordhulle nou direk betrek by die hele smerige affêre.“Verander asseblief die klagstaat”, pleit hulle by Pilatus,“Skryf liewer dat Hy gesê het dat hy die Koning van dieJode is.” Hulle redenasie is dat Jesus beslis nie hulleKoning is nie.

Jy sal onthou, dat tydens Jesus se verhoor, Pilatus virHom gevra het of Hy dan wél ‘n Koning is? Jesus seantwoord was ‘n onomwonde: “Ja!” Pilatus het dit terharte geneem. Jesus is ‘n Koning, en daarom moet Hysterf. “Wat ek geskryf het, het ek geskryf!” hou Pilatusdus voet by stuk, en daarmee is die saak afgehandel.

Waarom is hierdie opskrif vir Johannes so belangrik, dathy selfs die ander dramatiese gebeure by die kruisafskeep om hierdie een tuis te bring?

By die kruis sien ons dat die soldate oor die klagstaatspot; die Jode dink dat dit nie waar is nie; die regterbevind dat dit die waarheid is. Jesus sterf dus as Koningvan die Jode. As die Jode egter ontken dat Hy hullekoning is, dan moet daar mos ‘n ander “Joodse volk”wees, nie waar nie? Maar wie is hierdie volk? In Joh3:16vv sien ons dat God die wêreld kom red het (nienet die Jode nie). In Joh 4 lees ons dat selfs die

INHOUD

Page 335: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

“smerige” Samaritane deel is van God se volk, wanneerJesus met die Samaritaanse vrou by die put gesels. Inhulle hordes het die Samaritane opgedaag om Jesus tekom ontmoet (tot groot afgryse van Sy dissipels!) Niebaie lank na hierdie gebeure nie, sien ons die eersteheidene wat deel word van hierdie volk, en kort voorlank is mense van alle volke, kulture en nasies deel vandie Koninkryk. En die Koning? Jesus! As die Jode dit nieso wou aanvaar nie, was hulle bloot nie meer deel vanGod se volk nie, en nie meer kinders van Abraham nie.(Lees gerus maar weer Johannes 8).

Soos gebruiklik, is die gekruisigde se klere verdeel onderdie soldate as ‘n soort beloning. Die lot word gewerpoor Sy onderkleed, sodat Psalm 22:19 in vervulling gaan.God gee aandag, selfs aan die klein detail. Toe Dawidhierdie Psalm geskryf het, was Jesus se kruisdoodalreeds lankal in beplanning. Dit was nie iets watsommer op die ingewing van die oomblik gebeur hetnie. En elke klein detail is haarfyn beplan.

Johannes noem die insident waar Jesus vir Maria, Symoeder, aan “die dissipel wat Jesus liefgehad het”(Johannes?) toevertrou. Dit illustreer eintlik prakties watJesus kom doen het. Eintlik moes Sy broer haar versorg,maar Jesus stel iemand anders aan, ‘n geestelike broer.Wanneer Hy Johannes as Maria se seun verklaar, wys Hy

INHOUD

Page 336: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

dat dit nie die aardse gesin is wat belangrik is nie, maareerder die hemelse. Sowel die “geliefde dissipel” asMaria word nou deel van hierdie hemelse gesin waarvanJesus ook deel is, die gesin wat Hy op aarde kom stighet. Wat is die een groot kenmerk van hierdie gesin?Liefde. Prakties word dit uitgespel, want onder anderebeteken dit dat hulle vir mekaar omgee en mekaarversorg. Die “geliefde dissipel” het dan ook die daad bydie woord gevoeg, en Maria in sy huis ingeneem.

Prakties ondervind ek hoedat medegelowiges daardiewonderlike, onbaatsugtige liefde in my eie lewe uitleef.Eers die dag as jy in nood verkeer, sien jy hoemedegelowiges vir jou omgee, en met hoeveel liefdehulle jou oorlaai, sonder om iets terug te verwag. Ekstaan net verstom elke dag as ek die omgee-liefde vanmy gesin in Jesus ervaar.

Deur liefde prakties uit te leef, kom ‘n mens nie alleendie liefdesgebod na nie, maar daar gebeur ook iets watnog baie belangriker is: jy weerkaats die liefde van Jesus.Jy is basies soos ‘n spieël, waarin mense nie vir jou nie,maar vir Jesus sien. Dit is immers wat belangrik is in dielewe: Jesus moet verheerlik word.

Gebed:

Here, dankie vir wonderlike gelowiges wat U liefde

INHOUD

Page 337: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

daagliks uitleef in my lewe. Help my asseblief omook dieselfde te doen.

INHOUD

Page 338: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Dit Is Volbring

Johannes 19:28-42

Jesus se laaste oomblikke breek aan. “Ek is dors”, komdie sagte woorde van die kruis af. ‘n Bietjie suur wyn op‘n spons, word aan ‘n hisoptakkie na Hom uitgehou omSy dor lippe te benat. En dan sterf Jesus met die woordeop Sy mond: “Dit is volbring!”

Kort en kragtig! Maar in hierdie toneeltjie lê ‘n skatkisvol simboliek en waarheid. Ons moet in gedagte hou datJesus op die Vrydag gekruisig is. Volgens Joodse gebruik,sou die Sabbat met sononder daardie aand begin. Maarhierdie was ‘n baie spesiale Sabbat, want die Paasfeeshet ook op hierdie Sabbat geval, sowel as nóg ‘n Joodsefees: die offer van die gerwe. Terwyl hierdiekruisgebeure dus plaasvind, is die priesters hard besig indie tempel om die offerlammers te slag vir die vieringvan die Paasfees.

As ons terugblaai in die geskiedenisboeke, merk ons dattoe die Israeliete destyds uit Egipte getrek het, hulle diebloed van die paaslam aan hulle deurkosyne moessmeer met ‘n hisoptakkie. En nou gebruik die soldaatjuis ook ‘n hisoptakkie om Jesus se lippe te smeer metwyn.

Wat sê dit alles vir my? Soos die bloed van die Paaslam

INHOUD

Page 339: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

wat geslag is, destyds die Israeliete van die dood geredhet, so is Jesus nou ook geslag as die Paaslam. En daar isboonop nog ook baie ooreenkomste. Daar wasspesifieke voorskrifte vir hierdie lammers wat geslagmoes word: Hulle moes in die eerste plek sonder gebrekwees. Jesus was ook sonder gebrek, in dié sin dat Hyabsoluut géén sonde gehad het nie. Daar was ook ‘nbepaling dat geen been van die lammers gebreek magword tydens die slagproses nie.

Die kruisigingsproses was ‘n pynlike en stadige dood,wat soms selfs dae lank kon duur. Omdat hierdiespesifieke kruisiging op ‘n Vrydag gebeur het, en ditboonop Paasfees was, het die Jode gevra dat hierdiemanne se dood verhaas moes word. Deuteronomium21:22-23 spesifiseer dat iemand wat ter doodveroordeel is en gekruisig word, deur God vervloek is.Hy mag nie ná donker daardie dag nog daar hang nie,want dan word die land verontreinig. Hy moet dusbegrawe word voor donker. En daarom die Jode se haasom die drie gekruisigdes dood te kry. Die gevolg was ‘nuiters pynlike en traumatiese handeling, waar diesoldate die manne se bene gebreek het. Die traumahiervan was waarskynlik al genoeg om hulle summier telaat sterf. Gebeur dit egter nie, dan het die dood inelkgeval gou gekom, want sonder bene om hulle aan die

INHOUD

Page 340: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

kruis te stut, moes hulle nou slegs aan hulle arms hang,wat veroorsaak dat hulle nie kon asem kry nie. Hulle hetbloot versmoor.

As die soldaat egter by Jesus kom, sien hy dat Jesusreeds dood is. Net om doodseker te maak, steek hy met‘n spies in Jesus se sy. Die bloed en water wat uitvloeihet hierdie soldaat die versekering gegee dat Jesusbeslis dood was, en dat dit ‘n mors van tyd sou wees omook Sy bene te breek. En so word die Skrif en ook dievoorskrif vir die Paaslam vervul.

“Dit is volbring”, was Jesus se laaste woorde. Alles watdie Vader van Hom verwag het, het Hy gedoen, tot opdie laaste letter toe. Sy taak is afgehandel. Die Grieksewoord wat hier gebruik word, impliseer dat Sy taak klaaris, en dat die gevolge daarvan nooit sal ophou nie.

Nou tree twee baie belangrike manne na vore, albeilede van die Joodse Raad, die einste Raad wat Jesus terdood veroordeel het. Josef van Arimatea en Nikodemusbesluit dat Jesus ‘n behoorlike begrafnis moet kry. Josefversoek Pilatus om Jesus se liggaam te kry. ‘nVeroordeelde sou nooit in ‘n familiegraf begrawe wordnie, want hy sou die grafte onteer. Josef steek egter synek uit, want nie alleen verontagsaam hy die risiko vanontering nie, maar sy eie eer en posisie in die JoodseRaad en die samelewing is in gevaar. Hy plaas absoluut

INHOUD

Page 341: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

alles op die spel omdat hy vertroue het in Jesus. OokNikodemus waag alles in die lewe as hy meer as vyftigkilogram speserye bring om Jesus se lyk voor te berei virdie begrafnis. Slegs baie belangrike persone kry die eerom soveel speserye op hulle begrafnis te hê. InNikodemus se oë is Jesus só ‘n belangrike persoon, enverdien Hy dus die eer.

Jusus word in ‘n nuwe graf begrawe naby die plek waarHy gekruisig is. Dit is belangrik, want as Jesus sevolgelinge daardie Sondagoggend na die graf toehardloop, en hulle die graf leeg kry, moet hulle versekerwéét dat hulle nie ‘n fout gemaak het om dalk na dieverkeerde graf te gaan nie. In die splinternuwe graf,waar daar nog niemand voorheen begrawe is nie, kryhulle die doeke waarin Jesus toegedraai was. Hulle móésweet dat dit die plek was waar Jesus begrawe was.

Maar nou was dit die Vrydagmiddag laat. Die son was opdie horison, en die Sabbat was op hande - én diePaasfees. Vir Jesus se volgelinge was dit sekerlik diedroewigste Sabbat ooit. En die Paasmaaltyd het hullemet lang tande geëet. Watter donker en onsekertoekoms wag op hulle? Hulle Meester is dood, en nouhet die Jode sékerlik hulle mes in vir hulle. Sou hulle ditooit kon oorleef?

Gebed:

INHOUD

Page 342: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, soms voel ek ook so verlore en verslae, envoel dit of ek van God verlaat is. Dankie dat U myin sulke tye aan die hand vat en optel en my weerlaat sien dat U in beheer is en steeds lééf!

INHOUD

Page 343: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Jesus het Opgestaan!

Johannes 20:1-18:

Het jy al ooit ‘n nagmerrienag beleef, en elke pikdonkeroomblik omgewens? As die môre asseblieftog net baiegou sal kom! Ja, ek het al 'n paar sulkes beleef. Maardaar was een in besonder wat my nou nog ‘n knop opdie maag gee as ek daaraan terug dink. Ek het daardienag met ‘n paar jong Voortrekkertjies in die Bos gaanuitslaap, sommer so onder die sterre. ‘n Wonderlikeidee, altans so het ek gedink. Maar toe die leeus die nagsommer hier baie naby begin brul, en die hiënashééltemal te naby na my sin aan ons rondgiggel en“Hoeeeep, hoeeee,” begin ek half ongemaklik raak. Sooswat die nag gevorder het, het hierdie gevaarlike geluideal nader en nader aan ons beweeg. Hier sit ek met diekinders onder my sorg, en ek stel hulle bloot aan sulkesoort gevaar! Daardie nag het harmansdrup-stadigomgeskuifel. Toe die eerste strale van die son diehorison begin verkleur, kon ek vir die eerste keer my oëtoemaak en vir ‘n paar minute slaap, voordat dieuitbundige kinders die ganse bos wakker gemaak het.

Daardie Sabbat was sekerlik die langste een in die ganselewe van die dissipels. Hulle het elke oomblik daarvanomgewens. Die Sondagoggend was nog pikdonker, toe isMaria Magdalena al op pad na Jesus se graf. Wat sy so

INHOUD

Page 344: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

vroeg daar wou gaan doen, sou net sy weet. Dalk wou symaar net naby haar Meester wees, al was Hy dan ookdood. Die nag was te lank, en sy het troos nodig gehad.Ek kan die prentjie sien van die huilende vrou wat in diedonker aansukkel, bedroef omdat sy in haar geliefdeMeester se donkerste uur, Hom nie eers kon bystaan nie.

En dan die verskriklike skok, as sy by die graf aankom, ensien dat die klip weggerol is. Met ‘n hart wat in haar keelklop, hardloop sy na Petrus om hom die skokkende nuuste gaan vertel. Iemand het Jesus se lyk gesteel! Ek kanmy voorstel die skok en afgryse op arme ou Petrus segesig. Hy en Johannes spring op en hardloop so vinnighulle kan om te gaan kyk wat aangaan. “Hoe kón hulle!”maal dit deur hulle koppe. Met hygende asem komJohannes eerste by die graf aan. Hy kyk in, en dan sienhy iets baie snaaks: Ja, die graf is leeg, maar die doekewat om Jesus se lyk gedraai was lê steeds daar. Dan komPetrus daar aan, en al hygende kruip hy in die graf in.Wat hy daar vind, plaas ‘n reuse vraagteken op sy gesig.Hy verstaan dit nie! Géén dief sou ‘n liggaam steel eneers die doodsdoeke afhaal nie! Selfs die doek wat omJesus se kop gedraai was, lê daar eenkant, netjiesopgevou. Iets is baie, baie snaaks hier! En hy verstaan ditgladnie. Dit maak net eenvoudig nie sin nie. Ek sou wátwou gee om die gesprek te kon hoor tussen die twee

INHOUD

Page 345: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

bekommerde manne toe hulle huistoe stap.

Intussen kom Maria weer by die graf aan, al huilende.Nou is haar Meester nie alleen dood nie, maar Sy lyk isboonop gesteel ook! Wat ‘n droewige situasie! Volverwagting loer sy by die graf in. Het sy dalk ‘nwonderwerk verwag? Het sy gehoop dat Jesus nog daarsou lê? En dan, die skok as sy twee baie vreemde mannemet spierwit klere in die graf sien sit. Dit was eers baielater wat sy besef het dat hulle engele was. Die hemelhet waarlik oopgegaan met Jesus se opstanding, netsoos wat Jesus voorspel het in Johannes 1:51. As syomdraai, sien sy vir Jesus agter haar staan. Deur haartrane herken sy Hom eers nie. Hy was die héél laastePersoon wat sy daar sou verwag. Maar as Jesus haar voldeernis op haar naam aanspreek, is dit asof die skillevan haar oë afval. Hy leef! Sy wil Hom vasgryp en nooitooit weer los nie! Maria Magdalena is oorstelp vanvreugde. Dan het alles tóg gebeur soos wat Hy voorspelhet! In my geestesoog kan ek die prentjie voor my sien:Maria wat waarskynlik aan die voete van haar geliefdeRabboenie (Leermeester) neerval en Hom om die benegryp en vashou en druk van pure blydskap. Sy sousékerlik sy voete onbeheers gesoen het en gehuil hetvan vreugde.

Maar dan gee Jesus haar ‘n opdrag: Nee, sy moenie hier

INHOUD

Page 346: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

aan Hom vasklou nie, maar sy moet eers vir die andergaan vertel wat sy gesien het. Sy moet ‘n getuie weesvan die opgestane Jesus. Later sou Jesus Sélf hierdiegetuienis van haar kom bekragtig. Maar nou moet syeers die ongelooflike nuus gaan oordra.

Maria het nie gras onder haar voete laat groei nie. “Ekhet die Here gesien!” borrel dit oor haar lippe wanneersy by die ander aankom, “Ek het die Here gesien!” As sytot bedaring kom, vertel sy verder: “Hy het gesê dat Hyna Sy Vader toe gaan opvaar. En Hy het ook gesê dat SyVader óns Vader is, en dat Sy God óns God is!” Oor enoor en oor het Maria sékerlik hierdie wonderlikegetuienis vertel aan elkeen wie sy teëgekom het. Sy konnet eenvoudig hieroor nie stilbly nie. Die Here hetwáárlik opgestaan!

Is dit nie ironies nie, dat ‘n eenvoudige vrou wat niksbeteken in die samelewing nie, die eerste kragtigegetuie word vir die opgestane Jesus. En dan dink onsterug aan die Samaritaanse vrou by die put, die een metdie bitter twyfelagtige karakter. Sy het ‘n hele dorp inberoering gehad met haar getuienis oor Jesus. Dan hetek en jy absoluut géén verskoning om ook ‘n getuie tewees nie. Kom ons maak werk daarvan, en wees getuiesvan die Jesus wat opgestaan het en wat vandag lewe enregeer.

INHOUD

Page 347: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Gebed:

Here, maak my asseblief ‘n kragtige getuie vir U.Gee my asseblief die vrymoedigheid om vir U tegetuig teenoor almal wat ek teëkom.

INHOUD

Page 348: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Vrede vir Julle!

Johannes 20:19-30

Dit is Sondagaand. Daardie oggend het die vroue Jesusse graf geopen gekry. Verskeie gerugte doen die rondtedat Jesus lewe, maar dit klink so onwerklik! Jesus sedissipels is bymekaar agter geslote deure. Hierdie is dieeerste kerk in sy babaskoentjies, maar hulle is ‘n baiebang groepie mense bymekaar, bang vir vervolging,want dieselfde Joodse leiers wat Jesus vervolg het, wilhúlle nou ook vervolg. Die Jode wil hierdie “sekte”wortel en tak uitroei voordat hulle die hele gemeenskapkom staan en besoedel. Waaroor hulle gesprek gegaanhet, kan ‘n mens maar net raai, maar jy kan seker weesdaarvan dat die middelpunt van die bespreking Jesuswas, want al die gebeure van die afgelope Paasfees wasvir hulle verskriklik verwarrend. Die feit dat Maria virJesus lewendig gesien het, het almal laat gis oor waar HyHom sou bevind, en allerhande vrae oor Hom doen dierondte. Maar daar was een leë plek: dié van Thomas. Hywas verward oor al hierdie dinge. Maria se verhaal hethom diep ontstel: Hoe is dit moontlik dat Jesus weerlewendig kon word? Hy is dan dood! Almal het toggesien toe Hy sterf! Die soldaat het dit bevestig. Hy isbegrawe. Hy is dood!

En dan skielik staan Jesus hier tussen hulle. Ek kan my

INHOUD

Page 349: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

voorstel dat hulle asvaal geskrik was. Hoe sou jy voel asjou geliefde wat net ‘n paar dae tevore begrawe is,skielik voor jou staan met ‘n glimlag op die gesig?"Vrede vir julle” sê Jesus met ‘n sagte stem. Watterwonderlike kalmerende woorde midde in hierdieverskrikking wat besig is om hulle harte uitmekaar teskeur. Tog só jammer dat Thomas nie daar was om ookhierdie vrede te kon ervaar nie, want dit was juis hý watdit die nodigste van almal gehad het. Hoe dikwelsgebeur dit nie dat wanneer jy die Sondag om die een ofander rede nie in die kerk was nie, iemand agterna virjou kom sê het: "Ek wens so dat jy daardie erediens konbeleef.....", en dan wil jy jouself skop dat jy nie daar wasnie. Ek dink Thomas wou homself dikwels skop omdat hydaardie ongelooflike, besonderse dag misgeloop het.

Jesus het nie net vrede gebring vir Sy volgelinge nie,maar Hy het ook ‘n opdrag vir hulle gehad: "Soos dieVader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Hullemoes net soos wat Hy gedoen het, die Evangelie gaanverkondig. Hierdie bang groepie volgelinge wat selfs diedeure agter hulle sluit as hulle bymekaar kom - húllemoet die Evangelie aan dieselfde mense gaan verkondigwat hulle wil vervolg. Dit klink absurd, maar Jesus rushulle toe met die Heilige Gees. Hulle hoef dit nie alleente doen nie, want die Heilige Gees is binnekort met

INHOUD

Page 350: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hulle. Hulle hoef nie bang te wees oor wat hulle moet sênie, want die Gees sal die woorde in hulle mond plaas.Die Evangelie wat hulle verkondig sal ‘n boodskap weesaan die wêreld: God is genadig, en Hy vergewe al jousondes. Die voorwaarde is dat jy in Jesus moet glo. Doenjy dit nie, is daar geen vergifnis nie, en dan is jy verdoemtot die ewige straf. Dit is so eenvoudig soos dit. Jesus sedissipels het dus die mag om sondevergifnis sowel asverdoemenis te verkondig.

Inderdaad raak hierdie dinge direk vir jou en my, wantvandag is dit ek en jy wat Jesus se dissipels is. Wat virhulle daardie tyd gegeld het, geld presies net so vir onsvandag. Om die waarheid te sê: ons is in ‘n baie meerbevoorregte posisie as wat hulle daardie tyd was, wanthulle was die pioeniers van evangelisasie. Hulle moesvan basies niks af begin om dinge uit te werk. Hulle hetnog nie eers baie mooi besef wat aan't gebeure was nie.Hulle het nog nie eers die implikasies van Jesus sekruisiging en opstanding besef nie, en hier word hulleklaar uitgestuur. Dalk die moeilikste van alles, was dathulle toe nog nie eers 'n Bybel gehad het soos onsvandag het nie! Vir my en jou is daar kursusse en boekeen ‘n streep mense waar jy by kan gaan aanklop vir hulp.Maar die een groot Hulp wat ons beide het is die HeiligeGees, want sonder Hom help al die moderne

INHOUD

Page 351: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

hulpmiddele wat ons het, absoluut niks. En mét Hom isselfs die mees onervare gelowige ‘n bekwame getuie ashy luister na die stem van die Heilige Gees. Selfs dieongelowige Thomas word ‘n getuie wie se getuienisdeur die eeue heen weergalm as hy Jesus aanspreek as“My Here en my God!”

Ons het so byna-byna Johannes se Evangeliedeurgewerk (daar is nog net enkele dagstukkies oor), enhier waar ons die einde nader skryf Johannes dat hyhierdie boek geskryf het "...... sodat julle kan glo datJesus die Christus is, die Seun van God, en sodatjulle deur te glo, in Sy Naam die lewe kan hê.” Ditwas vir my ‘n ongelooflike voorreg om hierdie reeks van75 oordenkinge met jou te kon deel. Die vraag is egterof jy, nadat jy dit alles gelees het, glo in Jesus as jouVerlosser. Het jy al ‘n oorgawe aan Hom gemaak, en dievergifnis van God ontvang vir jou sondes? Of staan jysteeds met een voet in die ewige verdoemenis! Ek hetoor die afgelope paar jaar die Evangelie met verskeiemense gedeel. Almal het vir my gesê dat hulle graag ookkinders van die Here wil word. As jy dalk een van hulleis, en jy het nog nie die stap geneem nie, wil ek by joupleit: neem vandág nog ‘n besluit, want more mag dalkreeds te laat wees......

Gebed:

INHOUD

Page 352: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Here, U het my gestuur om U Evangelie uit te dra.Help my om U opdrag met ‘n passie uit te voer.

INHOUD

Page 353: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Visser van Mense

Johannes 21:1-14

Vir drie jaar lank het die twaalftal van Jesus se volgelingehulle werk gelos en die Meester gevolg. Hulle het dag virdag aan Sy voete gesit en geleer van die Koninkryk vanGod. Hy het hulle op talle praktiese eksursies geneem engewys hoe die Evangelie verkondig moet word. Die doelvan hierdie hele oefening was om ‘n kerngroepiekerkleiers op te lei. Hulle was die mense wat dieEvangelie moes uitdra wanneer Hy nie meer daar wasom dit te doen nie. Hulle was ook die manne wat byHom moes oorneem en verder mense oplei om dieEvangelie te versprei. En nou skielik is Hy nie meer daarom vir hulle leiding te gee nie. Hulle sit rond en weet niemeer wat om met hulleself aan te vang nie, want skielikis hulle leierloos.

Dan wonder Petrus: sou dit nie dalk wys wees om nouterug te keer na sy ou beroep toe nie? "Ek gaanvisvang! Wie kom saam?” Sommer gou-gou het hy ‘ngewillige bemanning. “Vannag gaan ons róér onderdie blinklywe!”

Maar dinge verloop nie soos beplan nie, want soos watdit maar met menige hengel ekspedisie gaan, kom hullebaie bedroë daarvan af. Die ganse nag se harde arbeid

INHOUD

Page 354: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

lewer nie eers een enkele ou sardientjie op nie. Petrus ismoedeloos. Alles in die lewe loop vir hom skeef. Niksmaak meer sin nie. Hy, die groot visserman, die een watoral leiding neem - sy wêreld het inmekaar getuimel. Elkekeer as hy dink dat hy nou héél bo is, dan kom hy weerhard terug aarde toe. Toe hy vir Jesus sê dat hy Homnooit sou verlaat nie, het hy dit eerlik bedoel, maarJesus het vir hom gesê dat hy sy Meester sou verloën.Hoe verskriklik spook daardie nag nie steeds by hom nie,die nag toe hy wat Petrus is soos ‘n bang hond moeswegkruip sodat mense hom nie dalk sou herken nie.Drie maal daardie nag moes hy lieg, en dit nogal vir ‘nsimpel diensmeisie. En toe verloor hy alles wat vir homin die lewe saakgemaak het, toe hulle sy Meester daaraan die kruis vermoor.

En nou hierdie vernedering: hy het gedink dat hy daremnog kan visvang, maar nou kan hy nie eers meer ‘nenkele ou vissie in die hande kry nie.

En dan gebeur die wonderwerk, as Iemand daar van diestrand af vir hom aanbeveel om die net aan dieanderkant uit te gooi. Wat sal dit nou help? As daar nievisse links is nie sal daar ook nie regs wees nie! Maar hygehoorsaam, en hy sê vir die manne om die netanderkant in te gooi. En die volgende oomblik wemel ditvan visse, nie sommer net sardientjies nie, maar

INHOUD

Page 355: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

sommer gróót visse! En dan skielik dring die besef deurtot Petrus dat dit niemand anders is nie, as Jesus is watop die strand staan. Hy trek sy hemp haastig aan enspring in die see om die laaste honderd meter strandtoe te swem. Skielik het hy nou sy selfvertroue terug.Iets begin nou in sy gedagtes posvat: dit is nie hy watPetrus is wat sterk is nie, maar Jesus, sy Meester wathom daardie krag gee. Elke keer as hy iets sonder Jesuswil doen, dan misluk hy, maar as Jesus bykom dan staanhy sterk soos ‘n rots. Inderdaad moes Petrus ‘n paarweke later uitvind dat wat hy tot dusver beleef het nogniks was nie, want toe die Heilige Gees eers sy leweoorgeneem het, het hierdie rots, Petrus uitgestyg as dieonwrikbare, onverskrokke man van God wat selfs diemagtige Joodse Raad kaalvuis aanvat!

Inderdaad het Petrus daardie oggend vroeg, daar op diestrand, ook geleer dat om op jou eie krag vis te vang,niks in die sak bring nie. Met Jesus saam kan jy baievisse vang. Jesus het dit ook vir hom verduidelik dathierdie visse in die see nie is wat Hy in gedagte het virPetrus nie, maar dat hy vir Jesus visse van mense salvang in oorvloed. Hierdie ou paartjies (daar was 153visse) wat hulle op die strand uitgesleep het is nog niksteen die magdom van mense-visse wat daar gevang souword nie. Ja, op Pinksterdag alleen was die vangs drie

INHOUD

Page 356: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

duisend!

Ons is ook vissermanne (en vroue). Petrus se verhaalleer ons egter ‘n baie kosbare les. Waarom is dit dat onsbeste evangelisasiepogings dikwels ‘n totale mislukkingis? Al ons beplanning en al ons harde werk lewer dikwelsabsoluut niks op nie. Petrus moes op die harde manierleer dat hy op sy eie stoom nêrens kon kom nie. Dieoomblik toe die Here bykom, was daar sukses.

Op Pinksterdag het die groot wonderwerk gebeur, toeJesus die Heilige Gees aan Sy kerk gegee het. Dit was nienet vir die mense van daardie tyd bedoel nie, maar virdie kerk deur die eeue, ook vir ons vandag. Deur dieHeilige Gees, beleef ons vandag dieselfde krag van Jesusas wat Petrus dit destyds beleef het. Hy is in elkegelowige. Die groot geheim is om Hom net die kans tegee in jou lewe.

Die vraag kom dikwels op: Waarom beleef sommigemense die Heilige Gees meer suksesvol in hulle lewe asander? Die geheim lê daarin dat hoe nader jy aan Godleef, hoe meer gee jy die Heilige Gees geleentheid omjou lewe te beheer. Hoe minder sonde daar in jou leweis, hoe meer plek is daar vir Hom.

Gebed:

Here, dankie dat U Heilige Gees in my woon. Help

INHOUD

Page 357: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

my asseblief om so te leef dat Hy baie plek in mylewe het.

INHOUD

Page 358: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Het jy My lief?

Johannes 21:15-25

Ons het aan die einde gekom van hierdie wonderlikeboek wat Johannes geskryf het. Vir die afgelope viermaande was dit vir my ‘n ongelooflike voorreg om metjou hierdie boodskap van God se wonderbare Lig wat indie duister skyn te deel. Elke dag was vir myself ‘nverrassing, want dikwels het ek self nie eers geweet watdie boodskap van die oordenking was totdat ek dielaaste reels skryf nie.

Jesus en sy dissipels sit op die strand en eet ‘n ontbyt.Op die spyskaart is brood en vis, vars uit die see, nadatPetrus en sy manne die swaar nette wat tot oorlopenstoe vol gelaai was uitgesleep het. Ek sien hierdie prentjiein my geestesoog, rustig, met die klein brandertjies watsaggies teen die strand aanklots. ‘n Groot rustigheid hetook toegesak op die vissermanne na hierdie groot vangswaarmee hulle moes stoei.

Dan vra Jesus vir Petrus hierdie indringende vraag: ".....het jy My baie lief...?” Wat sou jou antwoord wees asJesus jou vandag daardie vraag moes vra? Natuurlik saljy net soos Petrus antwoord: “Maar natúúrlik Here, Uweet mos dat ek U liefhet!” Natúúrlik het ek en jy virJesus lief. Ons sê dit dikwels vir Hom wanneer ons met

INHOUD

Page 359: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

Hom praat. Ons sê dit selfs vir ander mense.

Toe Jesus ‘n tweede keer vir Petrus hierdie vraag vra,begin hy half kriewelrig raak: "Hoekom sou dieMeester die vraag vir my tweekeer vra? Weet Hydalk iets van my af wat ek baie goed wegsteek?”Daar sak ‘n ongemaklike stilte toe oor hierdie groepiemanne. Elkeen is besig met sy eie gedagtes. "Pas Myskape op.” sê Jesus vir Petrus.

Dit is ‘n baie groot opdrag wat Petrus hier kry. Jesus het‘n groot "kudde" bymekaargemaak oor die drie jaar vanSy openbare optrede, ‘n reuse skare van mense watHom gevolg het en dag-vir-dag aan Sy lippe gehang hetoor die wonderlike dinge wat Hy gesê het. Dit is nouPetrus se plig om hierdie kudde te gaan versorg. Petrusherkou nog aan hierdie groot opdrag, toe bars die bom.‘n Derde keer wil Jesus weet of Petrus hom liefhet.Petrus bars in trane uit: Waarom sou die Here homdriemaal vra of hy Hom liefhet? Die Here weet alles,ÁLLES! Natúúrlik weet Hy van al sy mislukkings!Natúúrlik weet Hy van al die kere wat Petrus so liederlikgefaal het!

Natúúrlik weet die Here van daardie verskriklike nag toePetrus Hom in Sy uur van nood verloën het. Hy weet vanelke dingetjie wat in Petrus se gedagtes aangaan, selfselke ding wat niemand anders van weet nie. Petrus is

INHOUD

Page 360: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

maar net ‘n sondige mens, maar ten spyte van al syswakhede en gebreke kry hy steeds die opdrag van Jesusom Sy kudde op te pas. Hoe kan Jesus hom so vertrouten spyte van sy liefdeloosheid en al sy anderswakhede?

Vanoggend praat Jesus net so duidelik met my en metjou, liewe vriend en vriendin. Ek gesels nou al geruimetyd elke dag met jou deur die dagstukkies. Enkele vandie lesers ken ek persoonlik, maar vir jou ken ekwaarskynlik gladnie eers nie - nog nooit gesien nie. Ekwens so dat dit anders kon wees en dat ek elke leser konontmoet en dat ons saam oor 'n koppie koffie kon geselsoor hierdie dinge, maar dit is natuurlik totaalonmoontlik.

Maar Jesus ken my en jou deur en deur. Die Here weetalles, ÁLLES! Soos Petrus kan ons ook maar netvanoggend in trane voor Hom kom staan en ons harteuitstort, want ons liefde vir Hom skiet so verskriklik vertekort. Dag-vir-dag bedroef ons Hom met ons liefdeloseoptrede en ons talle sondes. Maar ten spyte van dit alleshet Hy ons steeds so onbeskryflik baie lief. Hy het elkesonde van my en jou reeds vergewe en vergeet, en Syopdrag aan ons is dan ook vanoggend om te gaan skapeoppas. Hoe jy daardie opdrag gaan uitvoer is ‘n saaktussen jou en Jesus. Party van ons het baie skape gekry

INHOUD

Page 361: Lig in die Duister - dagstukkie.co.za

om na om te sien, en party net een skapie, maar dieHere gee vir elkeen na sy eie vermoë. Hy vra net dat onsdaardie skape wat Hy ons gegee het goed moet versorg,met liefde.

Ek wil hierdie reeks oordenkinge oor Johannes seEvangelie afsluit met ‘n opsomming. God het Sywonderbare lig gestuur na hierdie donker wêreld. Dithet Hom duur gekos, want in die proses moes sy Seun,Jesus, verneder word en met Sy lewe daarvoor betaal.Dit het bewys hoe ongelooflik groot God se liefde vir jouen my is. Ek en jy is die spieëls wat hierdie Lig moetweerkaats sodat elkeen met wie ons in aanraking kom,Jesus kan sien. Op hierdie manier betoon ons ook onsdankbaarheid, en sê ons dat ons ook vir Jesus lief is.

Gebed:

Here Jesus, nadat ek hierdie Evangelie gelees het,kan ek nie anders nie as om in aanbidding voor U,die Skepper van die hemel en die aarde neer te val.U is die wonderbare Lig wat helder skyn. Dankiedat ek kan weet dat U liefde vir my oneindig grootis. Leer my om U ook waarlik lief te hê, en om Uopdragte uit te voer.

INHOUD