12
kwartaal 01 IN DIE LEWE LIG soos Hy in die lig is.

kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

1

kwartaal01INDIELEWE

LIGsoos Hy in die lig is.

Page 2: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

32

Helderheid!Hierdie jaar is ons tema Lewe in die lig soos Hy in die lig is! Dit is gebaseer op die wonderlike teksvers in 1 Johannes 1:7 “Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons

van elke sonde.”

Om in die lig te lewe, het verskeie dimensies - hoe ons moet leef in God se lig, hoe ons lig verkry deur iets beter te verstaan en hoe ons die lig kan wees. Ons begin met die reeks “beLIG” wat al hierdie dimensies aanspreek. Die teksvers help ons ook om te fokus op helderheid. Ons wil lidmate daardeur help om helder en duidelik te weet: dis wat ek glo. Ons wil ook die selfvertroue by lidmate kweek

om met wysheid en insig oor ons geloof te praat.

Lydenstyd begin in hierdie kwartaal. Dit is die tyd in die kerklike jaar wanneer ons nadink oor Jesus se kruisiging en opstanding. Ons fokus dan op wie Jesus as God en mens is. Ons reis saam na die belangrikste naweek van ‘n Christen se hele kerklike jaar – Paasfees!

Baie groete! Die predikantspan

Page 3: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

54

Wat beteken dit dat Jesus sê Hy het nie gekom om die wet ongeldig te maak nie, maar om dit tot sy volle vervulling te bring?

Hoe sien jy die verskil tussen sekerheid en onsekerheid binne jou eie geloofslewe?

Hoe verstaan jy “helderheid”? Wat beteken dit “om helderheid oor iets te kry”?

Is daar altyd slegs een duidelike swart of wit antwoord vir alles in die lewe?

Wat beteken dit om intensioneel te besluit om aan jou geloofslewe te werk? Hoe kan helderheid deel vorm van jou geloofsgroei?

Oor watter verhale in die Bybel of sake in die kerk sal jy graag helderheid wil kry?

Hoe gaan jy sorg dat jy helderheid hieroor kry?

Dink jy helderheid kan tot sekerheid lei, al is daar nie altyd ‘n maklike swart of wit antwoord oor ‘n bepaalde saak nie?

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Wat beteken sekerheid? Het sekerheid altyd te doen met ‘n duidelike swart of wit antwoord oor ‘n onderwerp? Of het sekerheid te doen met helderheid? Helderheid is om iets te verstaan. Die mens kry helderheid as hy verstaan hoe iets werk of wat die verskillende kante van ‘n saak behels. As iets helder en duidelik is, kan jy jouself posisioneer. Jy kan jouself duidelik uitdruk selfs al is daar nie noodwendig ‘n swart of wit antwoord vir alles nie.

Die godsdienstige leiers in Jesus se tyd het die wet op ‘n sekere manier verstaan. Hulle het honderde reëls oor die wet neergelê (swart of wit). Hulle sou lees dat die Here vra dat ons die Sabbat sal heilig. Om dit te doen, het hulle ‘n klomp reëls neergeskryf oor wat hulle sou glo dit beteken. Dit sou insluit om net ‘n sekere hoeveelheid treë op ‘n Sabbat te gee of die minimum te doen rondom etes. Hulle hele verstaan van die wet se “hart” het verlore gegaan omrede hulle so behep geword het met die reëls. Wanneer Jesus mense op ‘n Sabbat gesond maak en kos gee (die swart of wit reëls breek) is die Fariseërs ontsteld. Hulle glo Jesus breek die letter van die wet. Hy is ongehoorsaam aan die wet. Was Jesus werklik ongehoorsaam aan die wet?

Jesus sê “Moenie dink Ek het gekom om die wet of die profete ongeldig te maak nie... maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry”. Wat bedoel Jesus hiermee? Hy het gekom om vir die mens helderheid

te bring. Hy wil hê die mens moet helder verstaan waaroor die wet gaan. Dit verduidelik Hy in Matteus 22: 34-40. Die wet gaan ten diepste oor liefde. Die Jode se leiers het dit vergeet. Hulle harte was nie meer reg ingestel nie. Hulle het slaafs ‘n klomp reëls nagevolg sonder om te verstaan waaroor dit werklik gaan. Hulle het “wit gepleisterde grafte” geword. Hulle was mooi aan die buitekant maar vuil aan die binnekant. Hulle harte het nie plek vir liefde gehad nie.

Om helderheid te kry oor die liefde en die wet is maklik. Wat van moeiliker sake? Hoe kry ‘n mens helderheid oor ander aspekte van jou geloof? Hoe verstaan ons teenstrydighede en ongemaklike verhale in die Bybel? Wat doen ons wanneer Christene baklei oor hoe die Bybel verstaan moet word? Wie is nou reg oor sekere sake? Lê sekerheid in maklike antwoorde of in ‘n helder verstaan van ‘n bepaalde saak?

Al hoe ‘n mens helderheid in die lewe kry, is deur iets te doen. Om passief te wees, help niks nie. Deur te wag dat iemand anders namens jou verantwoordelikheid neem vir jou geloofsreis is nie slim nie. Jy moet self groei in jou geloofslewe. Dit doen jy deur intensioneel aan jou verhouding met die Here te werk.

Jy sal helderheid kry wanneer jy aksie neem.

DR. ZANDER VAN DER WESTHUIZEN MATTEUS 5:17-20

BELIG - REEKS 13-19 JANUARIE 2019

HELDERHEID

Page 4: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

76

Ligtorings het twee doele:• Eerstens, om gevaar uit te wys, en• Tweedens, om rigting aan te dui / hoop te bring.

Ligtorings word langs gevaarlike kuslyne gebou waar die rotse, riwwe, digte mis en seestrome reeds verskeie skepe laat sink het. Die doel van die ligtoring is juis om in die donkerte of tydens digte mis skepe te waarsku van die gevaarlike kus sodat die stuurmanne die skip weg van die gevaar kan stuur.

As ligdraers is dit deel van ons opdrag om juis dit te doen. Ligtorings is nie net daar om gevaar uit te wys nie. Ligtorings dui ook rigting aan; en hoop. Dink maar aan die talle verhale van vissermanne, veral dié met kleiner skuite, wat oorval is deur digte mis of donkerte, wat eerstens met die hulp van die ligtoring hul posisie kan bepaal en dan met die ligtoring as baken, hul skuite veilig na die wal kan stuur. Meer as dit – die lig van die ligtoring bring hoop – veral in duisternis. Nou is daar hoop op ‘n veilige tuiskoms. So ‘n ligtoring is ‘n baie mooi beeld wat aansluit by die Johannes-gemeenskap se verstaan van God as die lig vir die wêreld en gelowiges as die ligdraers.

Jesus sê in Johannes 8:12:

“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Die hele Johannes-evangelie is vol verhale van Jesus wat wys Hy is die lig. Verder in die drie Johannes-briewe is ook die bekende taal van “lig” - hoe ‘n geloofsgemeenskap moet lyk en funksioneer.

In ‘n wêreld vol storms is Christene die draers van God se lig. Solank gelowiges na aan die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die ware en ewige lig – altyd kragtig in ons lewens sal skyn. Mag ander dit raaksien en daardeur geïnspireer word. Mag ons die ware Lig (Jesus) vir die wêreld wys.

DS. KARIN STEYN JOHANNES 8:12

BELIG - REEKS 20 - 26 JANUARIE 2019

LEWE IN DIE LIGSOOS HY IN DIE LIG IS!

Hoe verstaan julle hierdie beeld van God as LIG?

Wat doen lig aan duisternis; hoe verstaan julle dit binne julle lewens?

Deel verhale met mekaar waar God lig in julle lewe gebring het.

Ligtorings staan langs gevaarlike kuslyne. Waar in Suid-Afrika is daar sulke gevaarlike kuslyne?

Hoe kan ons lig vir die gemeenskap wees?

Dink hoe kan julle, deur met iets nuuts vorendag te kom, lig in die komende week wees?

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Page 5: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

98

“Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.”(Joh. 3:5)

Ek het al baie keer in my lewe mense geëtiketteer - hierdie ou is sommer net ‘n onbeskofte lummel of sy is ‘n regte bedorwe brokkie. Jy neem vooraf ‘n besluit oor iemand se persoonlikheid en hoe jy teenoor daardie persoon gaan optree. Dikwels behou hierdie mense hul etiket in my oë - of dit nou reg is of verkeerd. Elke dan en wan word ek egter verras. Ek sien hoe die onbeskofte lummel met sy kinders speel, of ek vind uit dat die bedorwe brokkie vir ‘n hele gesin in haar agterplaas sorg. Ek vind uit dat hierdie persoon weet hoe verlies voel. Iets gebeur dan in my binneste. Ek sien die mense in ‘n nuwe lig. Ek herdefinieer hulle. Ek verander, nie hulle nie. Dis ek wat my opinie verander. Dit is wat gewoonlik gebeur wanneer daar nuwe lig op ‘n onderwerp val.

Wedergeboorte is ‘n woord wat nie sommer oor my lippe kom nie. Die term is al in die verlede rondgegooi as ‘n pakslae of selfs as ‘n spogwoord. Huiwering om die woord te gebruik, sou tog nodig wees. Iemand het my al probeer seermaak deur my geloof te betwyfel met die sin: “’n wedergebore Christen sal nie so iets sê nie.” Dis juis waarom die term so problematies is.

Mense koppel die term aan een of ander dag of datum waar iets bonatuurliks met hulle gebeur het en hulle sodoende van die sonde verlos het.

Dis natuurlik glad nie die punt wat Jesus met hierdie stelling wil maak nie. Jesus spreek ‘n groot probleem aan wat in Nikodemus se lewe voorkom. Dit gaan oor die perspektief waaruit daar na God gekyk word. Wanneer Nikodemus in vers 2 vir Jesus komplimenteer deur te sê hy weet Jesus is van God afkomstig omdat Hy ‘wondertekens’ doen, gee hy erkenning aan alles wat Jesus juis probeer verhoed naamlik dat mense net glo as gevolg van tekens. Vandaar ook die kritiese vers in Johannes 20:29. “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”

Wat Jesus met die beeld van geboorte uit die Gees sê, is dat mense moet ophou om na God te kyk vanuit ‘n eensydige menslike perspektief, maar eerder na die wêreld moet kyk vanuit God se perspektief. Dit is natuurlik waar die bekende Johannes 3:16 inpas. God het die wêreld oneindig lief.

Om in nuwe lig te leef, is om helderheid oor ‘n saak te hê. God se perspektief is altyd vanuit liefde. God se perspektief is altyd vanuit hoop en geduld en genade. Die oomblik wanneer jy vanuit hierdie lig na die wêreld kyk, verander jou uitkyk ook. Al verander dit nie noodwendig onmiddellik die wêreld nie, verander dit jou menswees wel. Jy word “weer” gebore en bekyk die wêreld vanuit ‘n nuwe lig - God se lig.

DS. WOUTER VAN WYK JOHANNES 3:1-21

BELIG - REEKS 27 JANUARIE - 2 FEBRUARIE 2019

SIEN DIE JAARIN ‘N NUWE LIG!

Kan jy stories deel waar jy iemand skielik in ‘n nuwe lig gesien het?

Het hierdie oomblikke vir jou nuwe helderheid gegee rondom jouself en jou vooropgestelde idees?

Baie van ons wag vir ‘n ‘wonderteken’ voordat ons reageer. Bespreek Jesus se antwoord nadat Nikodemus na sy wondertekens verwys het.

Bespreek die term wedergeboorte. Is dit ‘n positiewe of ‘n negatiewe woord in jou geloofsverstaan?

Wat bedoel Jesus wanneer Hy oor wedergeboorte praat?

Waar in die wêreld is daar ‘n donkerte waar jy eerder God se lig wil sien?

Watter lig is nodig om ons nuut te verander?

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Page 6: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

1110

‘n Mens kan nie oor lig praat sonder om ook aan donker te dink nie. Ons weet dat alles wat “in die lig is”, dinge is wat goed en mooi is. Ons weet as iets “in die lig is”, is dit gewoonlik die waarheid. Dis iets wat oop is vir almal om te kan sien. Daarom is die teendeel ook waar. As iets “in die donker is”, is dit iets wat ‘n mens wil wegsteek, waaroor ons skaam is en wat niemand moet sien nie. Natuurlik is daar goed wat ons privaat wil hou. Ons weet ook daar is goed in ons lewens wat ons “in die donkerte” wil wegsteek want dit is verkeerde dinge.

Almal het ‘n donkerkant. In daardie donkerkant ontdek ons dikwels ons ware self. Dit waarmee ons sukkel, dit wat ons dink (en nie wil erken nie) en dit wat ons vasgevang hou, is meestal die aanduiding van ons ware self. Almal sukkel egter nie met dieselfde “donker dinge” nie. Party sukkel met wellus, party met gierigheid, ander weer met selfsug en ander met jaloesie. So gaan die lys aan.

Suster Mary Fischer (‘n non in die Katolieke kerk wat opleiding gee in geestelike begeleiding) het my ‘n waarheid geleer - eers wanneer jy jou donkerkant in die gesig kyk, sal jy werklik leer wie jy is. Wanneer jy “lig daarop werp”, kan jy jou grootste sonde verander in jou grootste gawe.

As jy in jouself groei en toelaat dat dit wat jou dikwels vashou, omskep in jou grootste gawe en sal jy jouself ontdek op vlakke waarvan jy nie bewus was nie.

Dit is seker dié moeilikste ding om te erken dat jy met iets sukkel. Dit is moeilik om jou donkerkant in die gesig te staar, rou-eerlik daaroor te wees en dit te hanteer. Jy voel skaam. Jy voel alleen. Dikwels maak jy die fout dat jy die enigste een is met ‘n “donkerkant”. Dit is nie waar nie. Selfsug kan omgeskakel word na liefdevolheid. Jaloesie kan verander na aanvaarding van jou self. Vraatsug kan omgeskakel word na gee. Al wat jy nodig het, is “die lig” en die moed om die donker in jou in die gesig te staar en iets daaraan te doen.

Paulus skryf ons moet leef soos mense wat in die lig is. Ons is reeds deur Jesus vry gemaak van sonde. Ons is reeds bevry van die donker kant van ons persoonlikheid. Leef so! Leef in die lig!

Paulus sê ook ons moet verstandig lewe. Ons moenie onsself deur leuens laat intrek nie. Ons moenie val vir die valse geluk wat sekere donker dinge in die lewe belowe nie. Nee! Wees slim! Leef in die lig!

DR. ZANDER VAN DER WESTHUIZEN EFESIËRS 5:6-20

BELIG - REEKS 3 - 9 FEBRUARIE 2019

NOU LEWE JY AS ‘N MENS VAN DIE LIG!

As jy aan lig en donker dink – watter beeld kom by jou op? Watter assosiasie of storie roep jy in herinnering?

Lees die gedeelte in Efesiërs deur. Gesels saam oor dit wat jou in die teks opval.

Wat bedoel Paulus as hy sê dat ons in die lig moet lewe?

Wat is ‘n donkerkant?

Dink jy Christene het nie donkerkante nie?

Daar is nege “dodelike sondes”: aggressie, selfsug, bedrog, jaloesie, gierigheid, vrees, vetsug, wellus en luiheid. Kan jy aan nog sondes dink wat nie binne hierdie nege val nie?

Dink jy verskillende persoonlikhede is geneig tot net sekere sondes?

Hoekom is dit belangrik om jou donkerkant in die gesig te staar en te hanteer?

Hoe kan jy elke dag in die lig leef ten spyte van dit waarmee jy worstel?

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Page 7: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

1312

Ons roeping in die lewe is niks minder of meer as dit nie:• Mense moet God kan proe deur ons leefstyl en optrede.• Mense moet God kan sien deur ons optrede.

Soutlose sout:In die destydse Palestina was die kwaliteit van sout wisselvallig. Nie alle sout was ewe goed, smaakvol of bederfwerend nie. Die swak sout het verslaan, dit het bymengsels gehad wat onbruikbaar was en het geen krag ingehou nie. Dit is weggegooi en vertrap. Jesus gebruik die beeld van sout wat verslaan om die godsdiens van baie van sy Joodse tydgenote te beskryf. Jesus kon sien hoe die Fariseërs en die Skrifgeleerdes godsdiens op ‘n manier bedryf wat sy krag verloor het. Teenoor die ware dien van God en die lewe van gehoorsaamheid en toewyding, soos die ou-Testamentiese profete dit beskryf het, het hulle hulle godsdiens in mensgemaakte, wettiese prosedures laat verval.

Ons kry tot vandag toe mense wat die dien van die Here verwar met ‘n rigiede lewenstyl wat meer om tradisie gaan as om toewyding aan God en om mense en hul genesing. Dit is mense wat die splinter in ‘n ander se oog sal raaksien, maar die balk in hulle eie oog bly miskyk. Ten diepste is dit ‘n selfgesentreerde vorm van godsdiens wat in selfregverdiging belangstel, eerder as die uitgiet van jou lewe in diens van ander.

Lig is soos sout:Lig is soos sout, alledaags en bekend, maar lig dien as metafoor met ’n soortgelyke ryk betekenis en word in die Bybel veral met God vergelyk.

Jesus se volgelinge behoort sigbaar te wees en lig uit te straal. Dit is waarom Jesus die stad met sy lig op ’n heuwel plaas en die lamp op ’n staander.

Die lig is sigbaar maar ook kwesbaar. Die lig word nie beskerm nie; die lampstaander kan omval of deur wind en weer doodgewaai word. Mense wat lig vir die wêreld is, kan hulself nooit wegsteek nie. Hulle leef en werk juis in plekke waar hulle die meeste sigbaar sal wees. Die lig wat God gee, is nie bedoel om onsself te verlig of onsself in glorie te baai nie. ’n Belangrike les wat ons moet leer, is dat Jesus die bron van lig is. Ons is net die ligdraers wat nie sonder die Bron van Lig kan skyn nie. Ons is ‘n tweede kategorie van lig. Jesus is die son en sy volgelinge is soos die maan wat die son se lig reflekteer.

Een pragtige beeld wat hierby aansluit, is hoe die lig in Indië in sommige tempels gebruik word, bv. die Shesh Mahal (Hall of Mirrors). Klein spieëltjies is aan die binnekant van die hele gebou geplak. Selfs al steek jy net een kers aan, word die hele gebou verlig deur die weerkaatsings in die duisende spieëls - en dit van hierdie enkele lig.

Dit is vir my ‘n pragtige beeld van wat ons doen as ons goeie werke doen. Ons doen dit sodat die wêreld die ware Lig kan raaksien en hulle sy vader wat in die hemel is, kan verheerlik.

Praat saam oor die twee beelde wat God se kerk beskryf: sout en lig.

Hoe sal dit lyk as ons hier waar ons lewe die sout en die lig is?

Wat maak dit soms moeilik om sout/lig vir die wêreld te wees?

Dink verder saam aan nog bybelkarakters wat LIG gebring het?

Hoe verstaan julle die begrip: roeping in jou lewe?

Praat saam oor die konsep van rigiede geloof; dit waarteen Jesus kom waarsku het.

Hoe sal dit wees as ons geloof verstaan as iets wat genesing vir mense bring?

Laat die groep ‘n hedendaagse storie van lig vir mense met mekaar deel.

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

DS. KARIN STEYN MATTEUS 5: 13- 16

BELIG - REEKS 10 - 16 FEBRUARIE 2019

WEES DIE LIG! Mense wat die wêreld verander:Die Bybel is vol mense wat as sout en lig geleef het en so die wêreld om hulle verander het -• Moses het ná die veertig jaar in die woestyn die lig in Egipte gaan aansteek en die

volk uitgelei na die beloofde land.• Elia het die Agabshuis gekonfronteer en die volk laat kies om die Here te dien en die

Here het met vuur geantwoord op die berg Karmel.• Paulus het met groot passie die lig in Turkye en Europa gaan aansteek en die pyn

van tronkstraf, ontberinge, steniging, en uiteindelik die dood ervaar. Tot vandag toe nog pluk ons die vrugte van sy werk.

Die koms van die koninkryk van God is op soveel plekke en maniere kragdadig gedien deur gewone mense wat sout en lig was. Dit maak mens opgewonde oor wat die Here vandag deur ons en ons gemeente doen as ons bloot gaan wees wat ons reeds in Christus is.

Page 8: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

1514

Hoekom los mense hul werk vir ‘n ander werk? Jy sal dit nie glo nie - geld is maar sesde op die lys van redes. Die hoofrede hoekom mense kies om na ‘n ander werksomgewing te skuif, is omdat hulle nie gewaardeer voel nie. Die werksomgewing is meestal negatief en die leiers probeer konstant hul mindere uitvang deur hul swakpunte uit te wys. Dieselfde gebeur by die skool en selfs binne gesinsverband.

Rick Hanson, ‘n Amerikaanse kliniese psigiater, sê die brein is soos velcro vir die negatiewe. As iets verkeerd loop, is dit juis dít waaraan jy die meeste dink, waaroor jy die meeste praat en wat jou uit die slaap hou. Die gevolg is dat jy mense rondom jou, meestal jou geliefdes, ook in hierdie negatiewe doolhof insleep. Positiwiteit, aan die anderkant, is soos ‘n kleefvrye-teflonoppervlak. Dit gly verby so gou as wat dit oor jou pad gekom het. Om ‘n positiewe ingesteldheid te kweek, verg daarom intensionele energie en fokus.

Makliker gesê as gedaan, nê.

Rondom 55 skryf Paulus vanuit die tronk “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!”. Filippense is ‘n vreugdesbrief vanuit vreugdelose omstandighede wat deur die eeue heen vir talle mense in moeilike omstandighede bemoedig het en nuwe hoop gebring het. Een van die geheimenisse in die Filippense-brief is dat Paulus kies om aan die kleefvrye-positiewe vas te klou, al is die negatiewe velcro van sy omstandighede oorweldigend. In hoofstuk 4:8 kies Paulus om te fokus op al die mooi dinge. Hy kies om te fokus op al die WERRMP-dinge (dink maar aan die WERRMPie wat in jou tuin is). “Alles wat Waar is, alles wat Edel is, alles wat Reg is, alles wat Rein is, alles wat Mooi is, alles wat Prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.”

Ek wil jou uitdaag om mense hierdie week uit te vang deur die positiewe WERRMP-elemente aan hulle uit te wys. Wees só inskiklik teenoor alle mense want God is naby. Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

MARCO KOCH FILIPPENSE 4:4-9

BELIG - REEKS 17-23 FEBRUARIE 2018

BELIGGAAM POSITIEWE LIG

Dink terug aan negatiewe gedagtes wat lank in jou gemoed vasgesteek het.

Watter negatiewe stemme hoor jy tans in jou lewe?

Wat doen dit aan jou gemoed?

Deur watter gewoontes raak jy ontslae van negatiewe gevoelens? Of laat jy toe dat negatiwiteit in jou binneste prut?

Deel ‘n paar gedagtes oor hoe jy jouself kan herinner aan die WERRMPie in tye wanneer jy oorweldig word deur moeilike omstandighede.

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Page 9: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

1716

God het mens geword. Daar kan nie ‘n meer belangrike aspek van jou verstaan van Jesus wees as juis dít nie. Dit is die grootste aspek van die God wat ons dien wat Hom onderskei van alle ander gode wat mense aanbid. In alle ander godsdienste moet die mens na die godheid toe “opklim”. Dit gebeur deur die leer van prestasie te klim. Ons God het “afgeklim” en mens geword. Ons kry toegang tot God, nie op grond van prestasie nie, maar op grond van sy genade.

Jesus is God. Jesus is mens. Dit is waarom ons nie “dualisties” kan leef nie. ‘n Dualistiese (groot woord!) lewe is wanneer jy die geestelike van die menslike onderskei. Sondag is geestelik. Maandag is menslik. Bid in die kerk is geestelik. Fliek in The Grove is menslik. Ons lewe dus in twee wêrelde: ‘n wêreld waar ek broos en menslik is, en ‘n wêreld wat geestelik is; waar God is.

God het mens geword. God het twee wêrelde “getrou”. Alles wat menslik is, is goddelik, daarom is God ook menslik. Vir Christene is alles “geestelik”, en alles “goddelik” is ook menslik. Dit is een wêreld - want Jesus het mens geword en onder ons kom woon.

Jesus se menslikheid is ‘n aanhoudende herinnering aan die feit dat God ons broosheid verstaan. Jesus het self die pyn van menswees verduur tot die dood toe. Hy ken die worsteling van die mens.

Die bekende teoloog Jürgen Moltman skryf die volgende oor die tweede wêreldoorlog en God se menslikheid:

Allow me to become personal here for a moment. Ten years ago, I went through the remains of the concentration camp at Maidanek in Poland. With each step it became physically more difficult to go further and look at the thousands of children’s shoes, clothing remnants, collected hair, and gold teeth. At that moment I would have preferred from shame to be swallowed up by the earth, if I had not believed: “God is with them. They will rise again.” Later, I found in the visitors’ book the inscriptions of others: “Never again can this be allowed to happen. We will fight to see that this never again comes to pass.” I respect this answer, but it does not help the murdered ones. I also respect my own answer, which I gave at that time. But it is not sufficient.

How is faith in God, how is being human, possible after Auschwitz? I don’t know. But it helps me to remember the story that Elie Wiesel reports in his book on Auschwitz called Night. Two Jewish men and a child were hanged. The prisoners were forced to watch. The men died quickly. The boy lived on in torture for a long while. “Then someone behind me said: “Where is God?’ and I was silent. After half an hour he cried out again: ‘Where is God? Where is he? And a voice in me answered: ‘Where is God?. . . He hangs there from the gallows….

A theology after Auschwitz would be impossible, were not the sch’ma Israel and the Lord’s prayer prayed in Auschwitz itself, were not God Himself in Auschwitz, suffering with the martyred and the murdered. Every other answer would be blasphemy. An absolute God would make us indifferent. The God of action and success would let us forget

DR. ZANDER VAN DER WESTHUIZEN FILIPPENSE 2:5-11

JESUS-REEKS 24 FEBRUARIE - 2 MAART 2019

JESUS SE MENSLIKHEID

Hoekom is dit vir jou belangrik dat God mens geword het? Wat sê dit vir jou oor wie God is?

Die vroeë kerk het baie tyd spandeer om mooi te formuleer dat Jesus beide God en mens was. Hoekom dink jy het hulle tyd hieraan spandeer?

Het God mens geword net om aan ‘n kruis te moet sterf? Is daar meer daaraan dat Jesus aarde toe gekom het as net ons verlossing?

Watter verhale uit die evangelies praat die duidelikste oor Jesus se menswees? Noem ‘n paar op.

Het Jesus emosie getoon? Het Jesus gehuil? Het Jesus kwaad geword? Wat beteken dit vir ons dat Hy het?

Is daar iets van ons menswees wat God nie verstaan nie?

As God alles van menswees verstaan, hoe help dit ons om oor God te dink terwyl ons lyding beleef?

Hoe kan jy sorg dat jy nie “dualisties” leef nie?

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

the dead, which we still cannot forget. God as Nothingness would make the entire world into a concentration camp. Let me break off here, and now try, step by step, to penetrate into the mystery of God’s suffering, attempting to show how the horizon of humanity exists in the situation of the crucified God.

Jy gaan God moeilik verstaan as jy nie ook jou menslikheid verstaan nie. Met groter insig in wie jy is, kom groter insig in wie God is. Die reis om jouself te leer ken, is gelyktydig die reis om God te leer ken.

God het mens geword en onder ons kom woon.

Page 10: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

1918

“Ek glo in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;”

Met hierdie paar artikels van die Apostoliese geloofsbelydenis bely ons saam met die kerk van alle eeue dat ons glo dat Jesus waarlik die selfopenbaring van God is. Ons bely daardeur dat Jesus nie net ʼn profeet of ʼn rabbi was nie, maar dat Hy volledig uniek is deurdat Hy die titel Seun van God dra.

Dit is juis hierdie belydenis wat dit vir talle mense onmoontlik maak om die Christelike geloof te aanvaar. Die gedagte dat ʼn man uit ʼn klein Palestynse dorpie hierdie titel kan dra, klink eenvoudig verregaande. Baie mense kan maklik en graag met Jesus die mens identifiseer. Hy was soos ek en jy; Hy het honger geword en kwaad geword en moeg geword. Maar dit is sy godheid wat dikwels die afstand skep.

Hierdie week is die bedoeling dat ons kyk waarom dit so belangrikvir die kerk is om by hierdie belydenis te bly - ‘n belydenis wat ons eintlik reeds in Matteus 16:16 hoor.

Jesus vra twee vrae. 1) Wie sê die mense is Ek? 2) Wie sê julle is Ek? Petrus antwoord die vrae namens die dissipels. Vraag een het te make met die verlossingstradisie wat vir eeue reeds in die Jode se harte geleef het. Jesus word geassosieer met Johannes, Elia, Jeremia - almal profete wat God se stem op aarde was. Tog was almal ook net gewone mense met ʼn besonderse roeping. Met vraag twee maak Petrus egter die onderskeid. U is die Christus (Christus is ʼn ander woord vir Messias), die seun van die lewende God. Met hierdie antwoord erken Petrus dat Jesus wel die seun van God is.

Wat egter vandag belangriker is, is Jesus se antwoord hierop in vers 17. “Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.”

Die rede waarom die godheid van Jesus so belangrik is, is omdat dit vir ons wys hoe God se hart lyk. God openbaar Homself deur Jesus. Hierdie openbaring getuig van liefde, van genade en geregtigheid. Jesus is nie net God se stem nie (soos die ander profete nie), Hy is self God. Alles in Hom weerspieël die werklikheid dat God besig is met die mens en dat God wil hê ons moet Hom herken.

Vandag is dit vir ons van kardinale belang. Ons het vandag, te midde van chaos, haat, geweld, korrupsie en onversoenlikheid, nodig om te weet dat die God van die heelal iets anders vir ons in gedagte het; dat God anders lyk.

DS. WOUTER VAN WYK MATTEUS 16:13-20 Hoekom is dit belangrik dat ons as kerk bely dat Jesus ook volledig God is?

Sesarea-Filippi was in die antieke wêreld bekend as die plek waar die ingang tot die doderyk was. Die mense het geglo dit is ook waar ander gode beweeg. Hoe het hierdie agtergrond ‘n impak op die verstaan van Petrus se belydenis?

Bespreek ‘n paar eienskappe van God wat geopenbaar word in Jesus Christus.

Lees ook Kolossense 1:15-20 en bespreek die gedagte van Jesus se godheid aan die hand van die teksgedeelte.

Die belangrikste ‘bewys’ van Jesus se godheid is die opstanding uit die dood. Bespreek in die groep wat hierdie geloofsfeit vir jou beteken.

Bespreek ‘n paar eienskappe van God wat geopenbaar word in Jesus Christus.

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

JESUS-REEKS 3-9 MAART 2019

JESUS SE GODDELIKHEID

Page 11: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

2120

Ek wil jou hier aan die begin van lydenstyd vra: ““Wat wil julle hê moet Jesus vir jou doen?” Wat wil jy hê moet gedurende die lydenstyd gebeur?

By Jerigo het `n klomp mense rondom Jesus begin saamdrom. Hulle het gehoor van die “groot profeet” van Nasaret en hulle wou Hom sien. Terwyl Jesus saam met die skare aanbeweeg het in die pad, was daar skielik `n geskreeu aan die kant van die pad. Dit was nie ‘n goedgemanierde roep nie - die woord wat hier gebruik word om die geskreeu te beskryf, is die Griekse woord “krazo” wat op ‘n noodkreet kon dui. Dit kan ook vir die geskreeu van geestesversteurde mense gebruik word. Met ander woorde, dit was nie `n vriendelike geroep nie, maar `n desperate geskreeu! “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Die mense in die skare het na die blinde man gedraai en hom probeer stilmaak: “Vir wat skreeu jy so? Sies, man, `n ordentlike mens skreeu nie so nie! Bly stil!” Hierdie blinde man het niks gehad om te verloor nie. Daar was ‘n desperaatheid in sy geskreeu – hier was hoop!

Jesus gaan staan en draai na die blinde man toe. Bo al die rumoer van die mense rondom Jesus het Hy die geskreeu van `n desperate man gehoor! Hy sê: “Roep hom nader.” Toe die mense na die blinde man toe gaan en vir hom sê dat Jesus hom nader roep, spring hy op, los sy bo-kleed net daar en gaan na Jesus toe. `n Bedelaar is iemand wat nie besittings het nie. Dit wat hy besit, het hy aangehad. Dit was hierdie bo-kleed van hom, sy enigste besitting, wat hy voor hom op die grond

gegooi het sodat die mense geld daarin kon gooi. Aan die einde van die dag het hy die bo-kleed bymekaargebind en gekyk wat daarin was. Sy bo-kleed was die enigste ding wat hy in die nag bo-oor hom gegooi het. Nou gooi hy sy bo-kleed sommer daar eenkant neer - net om na Jesus toe te gaan. Hierdie man het met so `n onwrikbare vertroue na Jesus toe gegaan dat hy elke enkele grein van sekuriteit wat hy gehad het, opsy gegooi het om by Jesus uit te kom!

Toe die blinde man uiteindelik by Jesus uitkom, vra Hy vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Wat verwag jy van My? Wil jy net nog ̀ n aalmoes uit my hand hê?

Wat vir my besonder interessant is van die verhaal uit die Evangelie van Markus, is dat die Here Jesus dieselfde vraag kort na mekaar vra: Hy het dieselfde vraag gevra in Markus 10:36 toe dit gerig was aan die twee seuns van Sebedeus - Johannes en Jakobus. Hulle antwoord by die geleentheid was: “Wanneer U as koning heers, laat ons dan langs U sit, die een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.” Net `n paar verse verder in Markus 10:51 vra die Here Jesus weer dieselfde vraag. Hierdie keer kry Hy die antwoord: “Here, dat ons oë sal oopgaan.” (Mat 20:33)

“Here, dat ons oë sal oopgaan.” sê die blindes. Voel jy dieselfde ding aan as ek? Voel jy ook dat die manne besef het dat hulle behoefte meer is as om te kan sien. Here, ons wil nie net sien nie, ons behoefte is dat ons oë mag oopgaan dat

ons ook sal verstaan en dat ons lewe mag verander.

Dit is my gebed vir jou vir die paastyd: dat jou oë sal oopgaan - dat jou oë die paastyd sal oopgaan en jy mag raaksien hoe geweldig groot die opoffering is wat Jesus aan die kruis op Golgota ter wille van jou gemaak het.

Hierdie genesing van Jesus was nie net `n geleentheid waar Hy iemand gesond gemaak het sodat hy kon sien nie. In die laaste dae van Jesus se lewe, op pad na die kruis op Golgota in Jerusalem, is Jesus steeds besig om mense se lewens te verander. Ek en jy stap in hierdie lydenstyd op pad na paastyd agter Jesus aan soos wat Hy na Jerusalem toe gegaan het.

DS. KARIN STEYN MARKUS 10: 46-52

LYDENSTYD 10 - 16 MAART 2019

LYDENSTYD BEGIN

TYD MET ANDERGebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Wat beteken lydenstyd vir julle?

Op watter manier maak julle lydenstyd spesiaal?

Wat staan vir julle uit in hierdie verhaal van genesing?

Op watter maniere tree Jesus anders op as wat van Hom verwag word?

Jesus laat die blinde man weer sien. Op watter maniere en plekke moet ons nuut leer kyk/sien?

Wat gebeur as ons deur Jesus se oë na die wêreld kyk?

Jesus vra dieselfde vraag in Markus 10. Wat staan uit in die twee broers se antwood?

Lees ook Matteus 20:33-34. Waarvan moet Jesus jou in die lydenstyd opnuut bewus maak?

Page 12: kwartaal LEWE IN DIE LIG - NG Tyger...die Here lewe, sy Woord lees en hul lewens daarvolgens inrig, dra hulle die lig wat lewe gee. Daarom is dit vandag my gebed dat God se lig, die

22

012 809 0107 . 012 809 0445 . [email protected] 51, Shere LH, Pretoria

www.facebook.com/ngtygerpoort

www.ngtyger.com

nie ter wille van onsself nie