10
Jaargang 15 - Uitgawe 36 24 November 2017 REDAKSIONEEL Ons nader nou vinnig die einde van hierdie werksjaar en stadig maar seker, begin dinge af te skaal..., steeds is daar egter belangrike inligting wat gedeel moet word, maak dus baie seker van die inhoud van hierdie uitgawe. Na hierdie een, is daar nog net twee oor, die laaste uitgawe sal DV op 8 Desember 2017 verskyn. Indien julle berigte, ensovoorts het wat nog hierdie jaar moet verskyn, stuur dit asseblief na [email protected] (Dinsdae @ 12:00). NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE Nasionale Biddag Sondag 26 November 2017: Ons herinner gemeentes weer aan die versoek van die Algemene Sinode, om waar moontlik, binne julle eie konteks, reëlings te tref om in jul onderskeie gemeenskappe sáám met ander gelowiges, voorbidding te doen vir groter eenheid tussen alle Suid-Afrikaners, ongeag taal en ras, die armes, werkloses en gemarginaliseerdes in ons samelewing, asook vir ʼn geseënde toekoms vir alle Suid-Afrikaners. Missionale Kerkorde - Nuwe hoop vir NG Kerk: Ongeveer 33 persone van die onderskeie NG Sinodes het op 13 en 14 November 2017 in Pretoria saamgekom, om onder leiding van 'n Taakspan van die Wes-Kaap, saam te dink oor 'n nuwe Kerkorde vir die NG Kerk - lees gerus hier ‘n samevatting deur Quintus Heine oor hierdie werkswinkel. Vlnr: Quintus Heine (voorsitter), Nelus Niemandt en Gustav Claassen NUUS UIT DIE SINODE BEDIENING: BEGELEIDING (Kuratorium/Seminarium) Legitimasie 2017: Dit was die voorreg van die Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat, om op Dinsdag 21 November 2017, agt studente aan te beveel vir legitimasie. Baie geluk aan hierdie individue. Mag die bediening vir julle goed wees en mag julle goed wees vir die kerk…

NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 [email protected] Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

Jaargang 15 - Uitgawe 36 24 November 2017

REDAKSIONEEL

Ons nader nou vinnig die einde van hierdie werksjaar en stadig maar seker, begin dinge af te skaal..., steeds is daar egter belangrike inligting wat gedeel moet word, maak dus baie seker van die inhoud van hierdie uitgawe. Na hierdie een, is daar nog net twee oor, die laaste uitgawe sal DV op 8 Desember 2017 verskyn. Indien julle berigte, ensovoorts het wat nog hierdie jaar moet verskyn, stuur dit asseblief na [email protected] (Dinsdae @ 12:00).

NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE

Nasionale Biddag Sondag 26 November 2017: Ons herinner

gemeentes weer aan die versoek van die Algemene Sinode, om waar moontlik, binne julle eie konteks, reëlings te tref om in jul onderskeie gemeenskappe sáám met ander gelowiges, voorbidding te doen vir groter eenheid tussen alle Suid-Afrikaners, ongeag taal en ras, die armes, werkloses en gemarginaliseerdes in ons samelewing, asook vir ʼn geseënde toekoms vir alle Suid-Afrikaners.

Missionale Kerkorde - Nuwe hoop vir NG Kerk: Ongeveer 33 persone van die onderskeie NG Sinodes het op 13 en 14 November 2017 in Pretoria saamgekom, om onder leiding van 'n Taakspan van die Wes-Kaap, saam te dink oor 'n nuwe Kerkorde vir die NG Kerk - lees gerus hier ‘n samevatting deur Quintus Heine oor hierdie werkswinkel. Vlnr: Quintus Heine (voorsitter), Nelus Niemandt en Gustav Claassen

NUUS UIT DIE SINODE

BEDIENING: BEGELEIDING (Kuratorium/Seminarium)

Legitimasie 2017: Dit was die voorreg van die Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat, om op Dinsdag 21

November 2017, agt studente aan te beveel vir legitimasie. Baie geluk aan hierdie individue. Mag die bediening vir julle goed wees en mag julle goed wees vir die kerk…

Page 2: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

Op die foto (saam met die lede van die Kuratorium), is héélvoor, van links na regs: Nico Oosthuizen (met rooi hemp),

Elandré Swartz, Bea Otto, Bernice Baard, Suzette Lewis, Wihahn de Beer, Nadine Jacobs en Marnico Wessels

Kontakbesonderhede van gelegitimeerdes:

Van Noemnaam Selnr E-pos

Baard Bernice 082 372 9339 [email protected]

De Beer Wihahn 072 238 4534 [email protected]

Jacobs Nadine 073 996 7480 [email protected]

Luwes Suzette 082 961 2004 [email protected]

Oosthuizen Nico 076 017 0329 [email protected]

Otto Bea 083 783 6421 [email protected]

Swartz Elandré 079 023 9872 [email protected]

Wessels Marnico 082 376 1591 [email protected]

Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid:

Enige navrae oor hierdie geleentheid, kan aan Joanie Theron by 051 406 6734 gerig word.

BEDIENING: ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Die Sinodale Kerkkantoor wens vir me Irene Nibe van harte geluk met die uitsonderlike prestasie van 30 jaar diens by die Mooigenoeg Kampterrein van die NG Kerk Vrystaat. Soos wat goeie rooiwyn oor tyd verbeter, is daar geen einde aan die lojaliteit, ywer en toewyding waarmee Irene haar dagtaak verrig nie. Die Ondersteuningsdienste bedank haar vir al die harde en getroue werk oor baie jare, ons is trots op jou en jy is vir ons almal ‘n goeie voorbeeld… ons salueer jou!

(Adriaan de Ruiter, Direkteur - Bediening: Ondersteuningsdienste) Mev Christelle Smith van die Kerkkantoor wat die besprekings van Mooigenoeg hanteer, is hier saam met Irene op die foto.

Page 3: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO)

ENGO Child and Youth Care Worker 2017: Susan de Wee’s integrity and high moral values are

reflected in all facets of her work. She is reliable with donations and uses the house allowance with great caution. She is trusted by management, volunteers, social workers and her colleagues. She feels it is her calling to work with children. She applies Biblical principals in the execution of her work and it is clear in her

attitude and behaviour that she loves Jesus. She is a role model Christian and practice what she preaches.

She often sees the funny side of situations, she has a great sense of humor… there is a lot of laughter, jokes and games in the Youth Care Centre where she works. She is also able to handle conflict effectively in the centre. Susan has an outstanding relationship with all the children and she knows how to win over a child. The children loves her very much and she also loves them very much. Susan’s wisdom is recognised during training sessions with her positive input. Her wisdom is applied in the upbringing of the children, with disciplining and by helping them to reach their full potential. Susan has 12 years’ experience in child and youth care work and has completed her diploma in this. She started working at one of ENGO’s decentralized centres on the 1st of May 2014. She is the child care worker of Amor Child and Youth Care Centre in Bloemfontein.

(Christa Maree, Director Residential Child Care, ENGO)

ENGO Gesinsorg Welkom se skryfbehoefteprojek

Silwerbron Sentrum vir Bejaardes Jaareindfunksie

Op 17 November 2017 het Silwerbron Sentrum vir Bejaardes hul jaareindfunksie gehou. Wesselsbron se VLU dames het die saal versier en die Dienssentrum- komiteedames het ‘n egte boerespyskaart voorgesit.

Die Voorsitter bedank die Direksie en Bestuurslede vir die afgelope jaar se samewerking in al die projekte wat aangepak is, asook die personeel vir hul bydraes. Weereens baie dankie aan almal wat van die aand ‘n sukses gemaak het.

Page 4: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

Viljoenskroon Sentrum vir Bejaardes bied die volgende geleenthede aan:

GEMEENTE-GEBEURE

NG Moederkerk Brandfort hou Kersmark… Kontak 082 873 2650 vir meer inligting

Die volgende Kerssangdienste vind gedurende November en Desember plaas:

Besoek gerus ook ENGO se webblad by www.engo.co.za vir meer inligting oor al

hulle werksaamhede

Page 5: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

ALGEMEEN

EERSTEJAARSKAMPE 2018

NG Studentegemeente (UV-Kovsies) se Koukomkamp:

Gemeentes, plaas asseblief hierdie inligting in jul onderskeie afkondigingsblaadjies. Die reëlingskomitee skryf die volgende:

Alle voornemende eerstejaars 2018… Ons nooi jou graag uit na die kamp van jou lewe - hier gaan jy vriende vir die lewe maak, van jou grootste verwagtings ontmoet en ook 'n paar uitdagings in die gesig staar! (moenie bekommerd wees nie - ons glo nie in ontgroening nie!)

Kougomkamp 2018 se tema is, Kruispad. Ons glo dat jy op hierdie stadium van jou lewe voor ongelooflike groot keuses staan… Wat gaan ek swot? Waaraan stel ek myself bloot? Hoe vry is ek werlik en wat beteken dit? Hoe lyk my trouman/vrou? Waar is God in hierdie ongelooflike ervaring en hoe eer ek Hom hierin? Draai jy links of regs, of vorentoe by hierdie kruispad keuses?

Hierdie kamp wil jou help om 'n stewige fondasie vir 2018 te gooi, sodat jy student kan wees in die volle sin van die woord… met die wete dat God reeds daar is waar jy oor ‘n paar maande gaan wees!

Skryf asseblief aanlyn in (Afrikaans) - klik hier. Vir meer inligting, kontak gerus vir Wilmarie Vorster by 074 465 9006.

Ander 1ste-Jaarskampe: Klik hier vir inligting oor ander kampe wat ook gedurende Januarie 2018 deur

Stellenbosch (Kruiskerk), Potchefstroom (Puk-Kandelaar) en Port Elizabeth (Somerstrand), aangebied word. Daar is ook inligting oor ‘n kamp van Wellington LEEFkerk wat jaarliks vir studente aan die Hugenote Kollege (en ander tersiêre instansies in Wellington), aangebied word.

Page 6: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

Wêreldvigsdag 1 Desember 2017 Vrydag 1 Desember, is Wêreldvigsdag. MIV en Vigs is steeds ’n geweldige probleem... daar is 2000 nuwe infeksies by meisies en jong vroue tussen 15 - 24 in Suid Afrika per week! Suid-Afrika het steeds die

grootste MIV-epidemie in die wêreld, met 19% van alle mense wat met MIV leef, 15% van nuwe infeksies en 11% van Vigsverwante sterftes. Suid Afrika het ook die grootste behandelingsprogram ter wêreld. Gemeentes kan gerus die Seisoen van Menswaardigheid se pamflet, Wanneer siekte langer saamstap, by CLF bestel en in hierdie tyd in julle gemeenskappe uitdeel. Besoek gerus ook die Christian

Aids Buro of South Africa (CABSA) se webblad vir meer inligting.

16 Dae van aktivisme teen geweld teen vroue

Die skokkende inligting oor meisies en jong vroue,

onderstreep ook die aaklige verband wat daar is

tussen MIV en geslagsongelykheid, veral seksuele

geweld. Gemeentes kan gerus ook, as deel van hul

viering van die Seisoen van Menswaardigheid,

deelneem aan die 16 dae van

aktivisme teen geweld teen

vroue. Ook hiervoor is daar

inligting op CABSA se webblad.

Bybel-Media gaan ook elke dag

van dié 16 dae, grafika beskikbaar

stel. Indien gemeentes dit nog

nie gebruik het nie, kan hulle in

hierdie tyd gerus CLF se pamflet

oor Geslagsgelykheid aan lidmate

uitdeel. Lees gerus hier meer oor

die 16 dae van aktivisme...

Die Jaarboek van die NG Kerke 2018 bestaan uit inligting oor die Algemene Sinode,

streeksinodes, ringe, gemeentes en predikante van die meeste kerke in die NG Kerkfamilie. Hierdie jaarboek verskaf al langer as 160 jaar belangrike inligting oor die NG Kerkfamilie aan predikante, kerkkantore en lidmate. Die GOEIE NUUS is dat die prys vanjaar verminder is weens die ontstuimige ekonomiese toestande. Bybel-Media, uitgewer van die Jaarboek van die NG Kerke 2018, wil ook met hierdie publikasie gestalte gee aan sy leuse: Vennoot in geloof en bediening. Om u bestelling te plaas, voltooi die bestelvorm hier en stuur dit direk aan Bybel-Media.

(LET WEL: Gemeentes moet self hulle bestellings plaas, dit word nie via die Sinodale Kerkkantoor gedoen nie)

TWEEDEHANDSE PYPORREL GESOEK OM TE KOOP: Kontak asseblief vir Edmund Mc Cabe van die

Gereformeerde Kerk, Centurion indien iemand hom behulpsaam kan wees, sy selnr is 082 889 7019 en e-pos [email protected]

AKTUEEL

Zimbabwe Can Be Born Again: Church Leaders Explain Mugabe-Military Crisis:

Kerkleiers sê die volgende oor hierdie baie aktuele onderwerp in ‘n artikel in die Christianity Today, “We see the current situation not just as a crisis in which we are helpless,” wrote eight evangelical, Catholic, charismatic, and ecumenical Protestant leaders. We see the current arrangement as an opportunity for the birth of a new nation Lees die volledige artikel hier.

Page 7: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

EKOLOGIE - COP23: Wisdom needed: In a sermon during a worship service

for climate justice in Bonn, Germany, on 12 November 2017, World Council of Churches general secretary, Rev Dr Olav Fykse Tveit, called for wisdom… We seek wisdom today, wisdom to take care of this one planet, the creation of God that is granted to us, to our children, to our grandchildren, as it was to our parents and our forefathers and foremothers, and to all that lives on this planet: animals, plants, everything. Lees hier meer.

(Photo: Sean Hawkey, WCC) (Met dank oorgeneem uit VrydagNuus)

NUUSBRIEWE EN PUBLIKASIES

CHRISTELIKE LEKTUURFONDS (CLF)

Week van Gebed - 2018: Die Week van Gebed vir 2018, met die tema, Gebed vir

die wêreld op die voetspoor van die apostel Paulus, is nou by CLF beskikbaar! Dit kan hier afgelaai word (Afr of Engels), of stuur ʼn e-pos aan [email protected] indien jy dit per e-pos wil ontvang

VAKATURES

NG KERK VRYSTAAT: Die volgende vakatures word namens die Bediening: Vennote in Getuienis, bekend

gestel:

SENDELING - MISSIE JAPAN (‘n Sendingvennootskap van die NG Kerkfamilie en ander

Gereformeerde kerke in SA en die Reformed Church in Japan): Missie Japan nooi kandidate uit tot deelname aan ‘n proses om as sendeling na Japan gestuur te word. Sendingwerk in Japan verg ‘n lewensroeping, spesiale gawes en ‘n langdurige leerproses (teologie, taal en kultuur), die werf, voorbereiding en uitstuur van sendelinge is daarom ‘n proses in biddende afhanklikheid. Rig aansoeke asseblief vóór Woensdag 31 Januarie 2018, klik hier vir al die besonderhede.

DOSENT IN TEOLOGIE - JUSTO MWALE UNIVERSITEIT, LUSAKA ZAMBIË (Vennote in

Getuienis in vennootskap met die UV Fakulteit Teologie en Religie, asook die Reformed Church in Zambia): Kandidate word uitgenooi om aansoek te doen vir ‘n kontraktuele pos van drie jaar as dosent in Teologie (verkieslik Praktiese Teologie en Missiologie), aan Justu Mwale Universiteit. Rig aansoeke asseblief vóór Maandag 15 Januarie 2018, klik hier vir al die besonderhede.

SKRIBA/KASSIER - NG BRANDFORT: Aansoekers vir hierdie pos moet aan die volgende vereistes

voldoen: Matriek, met ondervinding van Kerkkkantoorwerk, rekenaarvaardig in Pastel, MS Office (Word, Excell, ensovoorts), ‘n lidmaat van die NG Kerk wees, eerlik en betroubaar wees met vertroulike hantering van alle kerksake. Stuur aansoeke en volledige CV per e-pos aan [email protected], of handig dit by die Kerkkantoor in te Brandstraat 61 (k/u Ma, Wo 08:00-16:00 en Vr 08:00-13:00). Vir navrae, skakel die kantoor by 051 821 1102 - die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 4 Desember 2017. Indien aansoekers teen 15 Desember 2017 nog niks verneem het nie, moet hulle aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.

MEDELERAAR (Voltyds onbepaalde pos) - NG HEUWELSIG, BLOEMFONTEIN: Die kerkraad

nooi gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk om aansoek te doen. Klik hier vir volledige

Page 8: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

inligting, die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 15 Desember 2017, met diensaanvaarding nie later as 1 Mei 2018 nie.

LERAAR VASTETERMYN, KONTRAK (3 JR) - NG SENEKAL: Hierdie pos raak binnekort vakant, klik

hier vir meer besonderhede - die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 15 Desember 2017.

LERAAR - NG AANDBLOEM, BLOEMFONTEIN: Die suksesvolle kandidaat moet verkieslik 'n

geëmeriteerde leraar wees, bokant die ouderdom van sestig jaar en onder sewentig jaar. Die aanstelling word van jaar tot jaar hernu volgens die diskresie van die Kerkraad, klik hier vir volledige inligting - sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 15 Desember 2017, met diensaanvaarding vanaf Februarie 2018.

LERAAR VASTETERMYN (KONTRAK 3 JR) - NG CLOCOLAN: Aansoeke vir hierdie vakature word

ingewag, klik hier vir meer besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 10 Januarie 2018 om 12:00, met diensaanvaarding vanaf 1 Maart 2018 (onderhandelbaar).

MEDELERAAR (VASTETERMYN, KONTRAK (2 JR) - NG QUEENSTOWN: Die gemeente, geleë in

die Sinode van Oos-Kaapland, wag tans aansoeke in vir hierdie vakante pos. Klik hier vir volledige besonderhede, die sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 14 Desember 2017.

KINDERVERSORGER (vir seuns) - PRES KRUGER KINDERHUIS, REDDERSBURG: POSVEREISTES:

Toegewyde Christen

Graad 12

Geldige rybewys

Huwelikstatus: Egpare en/of enkellopendes met min of geen afhanklikes

Liefde vir kinders en vermoë om hulle emosioneel te begelei en Christelike waardes te vestig

Applikante met NACCW opleiding sal voorkeur geniet

Inwoning verpligtend

Belangstellendes kan ‘n CV met getuigskrif stuur aan Posbus 65, Reddersburg 9904, of per faks na 051 553 0083, of per e-pos na [email protected]. Navrae kan tydens kantoorure gerig word aan mnr Noeth op 051 553 0086 / 051 553 0348 / 083 325 1188. Sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 30 November 2017.

BESTUURDER - ENGO ONS WONING, SENTRUM VIR BEJAARDES, PETRUSBURG: Klik hier

vir meer inligting oor hierdie vakature, sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 15 Desember 2017.

VAKATURES - e-KERKBODE: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante

kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

VERJAARSDAE

Seënwense vir die leraar wat die komende week verjaar, mag dit ‘n besondere jaar vir u wees:

28 Nov: Ds Andries van Rooyen - VENTERSBURG - 081 289 1620, [email protected]

Page 9: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

TEN SLOTTE

Omhels die ware vreugde van Advent...

Vreugde is ‘n kern eienskap wat met die geboorte van Christus verbind word. Ons hoor van die lofliedere van Maria, Elisabet en Sagaria in Lukas, sowel as die wyses wat in diepe vreugde, geskenke en hulde aan Jesus gebring het. Ons lees van die engele wat met die heerlikheid van God, ‘n boodskap van vrede en groot blydskap vir die herders en hele volk gebring het en dit alles, omdat die Verlosser, Christus die Here, gebore is!

Hierdie blydskap, is ‘n diepe, lewensveranderende innerlike vreugde vir gelowiges. Dit is nie net ‘n vreugde by die krip in Betlehem nie, dit is ‘n vreugde wat ons anders laat kyk na die wêreld rondom ons. Advent is ‘n tyd waarin ons ons kan voorberei om, wanneer Kersfees aanbreek, dié vreugde, te kan beleef.

Deurgaans tydens Advent, kan die Isaiboom versier word met verskillende versierings wat die vreugde uitbeeld van die betekenis van die koms van die Here. Dít, is waaraan die versierings op die kersboom ons herinner. ‘n Boom wat hoop uit wanhoop voorstel, word versier met simbole van vreugdevolle hoop van hóé God die wêreld kom verander het toe Hy sy Seun vir ons gegee het. Die simbole kan uitbeeld wáárom ons anders kan kyk na wat om ons gebeur en waarom ons dan, te midde van seer en gebrokenheid, steeds diepe innerlike vreugde kan beleef.

Deur die geskiedenis is bome al op verskillende maniere versier, juis om iets van die betekenis van Christus se geboorte uit te beeld. Die boom kan behang word met handgemaakte items wat tydens Advent gemaak word en die verskillende dele van die kersverhaal uitbeeld, byvoorbeeld klokke of trompette vir vreugdeaankondiging van die engele en ‘n skaap vir die aankondiging aan gewone mense (herders)... geskenke wat simbolies is vir die hulde wat die wyses gebring het,asook ons Grootste geskenk. Ware kersvreugde, vind ons in die menswording van God!

Die blinkheid van die versierings kan simbolies wees vir die heerlikheid van God, wat met die aankondiging van die geboorte aan die skaapwagters, geskyn het. Vir gewone mense kom wys God Sy teenwoordigheid, dit terwyl hulle besig is met hulle daaglikse take... God is by ons - elke dag! Selfs wanneer ons voel ons word verdruk, ons seer ervaar, moeg is na die jaar, kom herinner God ons aan Sy teenwoordigheid! Dit is ware Kersvreugde!

Die balle is besonders ryk aan simboliek, aangesien ‘n sirkel of bal, die ewigheid van God voorstel. Dit kan dien as ‘n simbool van God se ewige trou wat Sy belofte van ‘n Verlosser, laat waar word het. Dit is ook ‘n simbool van Christus as Alfa en Omega en daarmee saam, God wat ewig oor Sy koninkryk regeer en wéér gaan kom. Die kersballe, kan ‘n herinnering word van God se ewige trou, Sy troue liefde wat nooit sal opraak nie. Dit is ware Kersvreugde!

Die kersversierings wat aan die boom of tak gehang word, help ons om te ontdek dat kersvreugde nie in aardse geskenke, partytjies en kortstondige plesier, gevind word nie. Ware Kersvreugde vind ons in die herinnering aan die belofte van ‘n Verlosser wat vervul is. Van God wat teenwoordig ís in ‘n wêreld vol seer en gebrokenheid... en van God wat ewig, in liefde, aanhou regeer en weer sal kom!

(Ds Delmarie Viljoen, Tentmakerleraar,

NG Springfontein)

Page 10: NUUS VANAF DIE ALGEMENE SINODE - NG Kerk … UITGAWE...Wessels Marnico 082 376 1591 marnicow@gmail.com Uitnodiging na die Legitimasiegeleentheid: Enige navrae oor hierdie geleentheid,

KONTAK ONS

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp)

AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

Stuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected]

(spertyd vir indiening, Dinsdae @ 12:00)

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld